Esprit de corps September 2014

Page 1

Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

september 2014 betroubaar • integriteit • lojaal • billik • eerbaar • respekvol • konsekwent • eties

SMARTNET vat vlam

>6

>19

>9 >7 mpy-esprit 3 personeel-esprit 10 popcorn-pretblad 18

>13

>8

agterstoep 20


Soedan-blog:

http://sudan.africum.biz.

esprie di kô (ghhr) Het jy al gewonder hoekom die personeeltydskrif van Suidwes Landbou (die een wat jy nou in jou hande vashou) juis esprit de corps heet? Dis nie omdat dit 'n 'grênd' woord is wat ander maatskappy moet beïndruk nie. Nee, die naam is gekies omdat dit 'n spesifieke betekenis het en omdat dit iets van die karakter van Suidwes Landbou se personeel weerspieël. esprit de corps is 'n Franse frase en as jy na woordeboeke gaan kyk vertaal dit na die volgende: 'n gevoel van eenheid/groepsgees/ samehorigheid onder lede van 'n groep wat 'n gesamentlike doel/saak/doelwit/gedeelde be­ lang het wat hulle saam suksesvol wil deurvoer. Dit impliseer ook entoesiasme/toewyding/ trots in die saak onder die lede van die groep. Dit mag dalk hoogdawerend klink om so 'n moeilik-uitspreekbare woord te kies vir 'n (grootliks Afrikaanse) tydskrif, maar ons het deur die jare agtergekom dat die woord eintlik perfek pas by die karakter en gees van Suidwes se mense. 'n Mens kan maar net kyk na die oorgawe waarmee julle aan Loslitdag en die SMARTNET-funksie deelneem om te besef dat daar 'n spesiale iets is wat die personeel bind en dit noem ons esprit de corps. As ons dit vryelik na Afrikaans vertaal is dit: die gees van ons mense. Ek het ook al verskeie uitsprake van die frase teëgekom en ek moet erken vir ons val die Frans moeilik op die oor, maar die regte uitspraak is soos volg: esprie di kô (met 'n sagte ghhr aan die einde). Die van julle wat ouer as 40 is, sal beslis die alkoholiese drankie esprit onthou wat ons as studente of jongmense gedrink het. Nou hierdie drankie het jou ook 'gees' gegee, nie noodwendig dieselfde gees as wat jy na die werkplek moet bring nie!

Nici Harmse, Redakteur: ccomc@mweb.co.za Tel: 012 332 3833 of 082 850 9719

Yolandé van Zyl, Assistent: ccomc@mweb.co.za

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign Die inhoud van esprit de corps word grotendeels saamgestel uit bydraes van die personeel van die Suidwes Groep. Dit is nie noodwendig die opinie van die bestuur of direksie van die maatskappy nie en Suidwes is nie aanspreeklik vir enige kopiereg-oortredings wat sodanige bydraes mag meebring nie. Die redaksie behou die reg voor om artikels te redigeer en oor plasings te besluit.

2

die gees van ons mense

kompetisiewenners wat kan dit wees? Zelda van Reenen (PA: Groep Hoof Regsoffisier) het reg geraai, dit is eiers! Sy wen die boek, Ryker as Dawid. Baie geluk.

wegsteek-kompetisie Die korrekte aantal pantoffels wat in die Augustus-uitgawe versteek was, was 17. Baie geluk aan Phillippina Potgieter (Bloemhof-silo), jy het mooi gekyk!

wenners glimlag James Mothobi (Christiana Handel) is in sy skik met die boek, Ons kan!, wat hy gewen het.

inhoud mpy-esprit esprit de corps – of sommer net spangees 3 Pierre Vercueil verkies as president van Agri Noordwes 4 20 redes om goed te voel 4 Nuwe bedryfstelsel olie die ratte by Meganisasie 4 Nuwe ampsdraers vir Suidwes Beherend 4 Meganisasie slaan groot slag 4 Algemene Jaarvergadering goed bygewoon 5 Rekord-oes vir Pearl Millet 5 Uit met die oue – in met die nuwe 6 Nooit 'n vervelige oomblik 8 Men made of steel 8 Handel staan gereed om diens te lewer 9

personeel-esprit

Suidwes shines 'skitterblink' on Casual Day Een mens se rommel is 'n ander se inkomste Kombuisfeë word bederf Skop jou skoene uit Lief en leed & langdienstoekennings Van 'n draai op die dansvloer na 'n ring aan die vinger

10 16 16 16 17 17

popcorn-pretblad Anke du Preez geniet die boekie wat haar ouma, Riekie, gewen het.

medewerkers

Die redaksie en medewerkers van esprit de corps is gereed om julle nuus te ontvang. Stuur vir ons stories en nuus oor gebeure in jou afdeling. Hierdie is jóú tydskrif - kom ons maak dit vol met artikels wat vir ons saakmaak. As daar ’n onderwerp is wat jy wil aanroer, stuur ’n e-pos aan die redakteur.

Augustus se

Analie Kotze – analiek@suidwes.co.za Annie Modiakgotla – anniem@suidwes.co.za Annemarie Carelzen – annemariec@suidwes.co.za Corrie Marais – corriem@suidwes.co.za Elrina van Heerden – elrinavh@suidwes.co.za Ettiene van der Merwe – ettienevdm@suidwes.co.za Ilse Sparrow – ilses@suidwes.co.za Joey van Rensburg – joeyvr@suidwes.co.za Karina van Zyl – karinavz@nwet.co.za Lanelle Loots – lanellel@suidwes.co.za Marlis de Greeff – marlisdg@suidwes.co.za Marion Fouché – marionf@suidwes.co.za Riekie du Preez – riekiedp@suidwes.co.za Sunelle van Rooyen – sunellevr@suidwes.co.za Talita Verwey – talitav@suidwes.co.za Zelda van Reenen – zeldavr@suidwes.co.za

Wegsteek-kompetisie 18 Blink idees 18 Babakompetisie – eerste inskrywings 18

agterstoep Droom jou drome in jou bed Kompetisie: wat kan dit wees?

Voorbladfoto: NWET se gypsies het die gees van Loslitdag vasgevang. Fotograaf: Herman Verwey

20 20


of sommer net spangees

D

ie afgelope maand het ons twee geleenthede gehad waar spangees, of sommer net GEES, die enigste bestanddeel was wat nodig was om die geleentheid ‘n sukses te maak. Die Loslit “bling”-dag het weer in die tradisie van Suidwes mense tot groot hoogtes aangevuur en die bekendstelling van SMARTNET se Drum Café ‘n hoogtepunt was. Altwee dae was reusesuksesse en ek wil graag vir almal wat bygedra het tot die sukses van hierdie geleenthede baie dankie sê. Ek het nou die dag by die Drum Café sessie die deelname van personeel dopgehou en na ‘n aanvanklike stram begin het selfs van die mees ernstigste karakters begin deelneem en dit selfs later begin geniet! Tog was daar steeds ‘n handjievol wat glad nie deelgeneem het nie. Soos met alles het ons egter met twee kampe te doen – diè wat spontaan deelneem en diè wat eerder hande gevou sit en kyk hoe die ander dit geniet. Gelukkig is laasgenoemde altyd in die minderheid. Ek wonder altyd: Kan ons vir een oomblik dink wat sal gebeur as almal daardie hou­ ding inslaan? Verbeel jou, ‘n saal met 300 mense wat almal weier om deel te neem.

Net 'n ongemaklike stilte en geen deelname nie – maak nie saak hoe hard die aanbieders probeer nie ... Gelukkig was diegene in die minderheid en het die oorweldigende meerderheid van ons mense uitstekende GEES! Deon Badenhorst as bemarkingsbestuurder het ‘n nuwe GEES in die maatskappy kom blaas met sy entoesiasme en inisiatief. Ek wil graag op elke personeellid ‘n beroep doen om hierdie nuwe seisoen positief, entoesiasties en met nuwe GEES te benader. Selfs al is die toestande maar swaar sal ‘n negatiewe houding die saak net vererger. Negatiwiteit is ‘n siekte van ons tyd terwyl ‘n positiewe benadering sake net kan verbeter en mense om jou ook aanspoor om ook positief te wees. Dink aan die effek as al 1 500 personeellede van die Suidwes Groep elke dag met ‘n positiewe gesindheid kom werk. Ons tydskrif se naam is nie verniet esprit de corps nie, die gees van ons mense. Kom ons spoor mekaar aan om positief te wees en kom ons kry GEES vir 2015! Louis Smit Hoof Uitvoerende Beampte

e

maatskappy-esprit

esprit de corps -

The recent introduction of the new SMARTNET computer system was based on a team building model. The purpose of team building is to increase the effectiveness of every individual to cooperate for the greater good and success of the team. A strong team identity should lead to: • Good communications with participants as team members and individuals; • Diverse co-workers working well together; • Better operating policies and procedures; • A climate of cooperation and collaborative problem-solving, higher levels of trust and support; • Clear work objectives; • Team members motivated to achieve goals and higher level of job satisfaction; • Increased department productivity and creativity.

september 2014

esprit de corps

3


<kortliks> Pierre Vercueil verkies as president van Agri Noordwes

maatskappy-esprit

Nuwe ampsdraers vir Suidwes Beherend

kortliks

Pierre Vercueil is onlangs as president van Agri Noordwes verkies. Tydens die Suidwes Groep se Algemene Jaarvergade­ring het Louis Smit (HUB) Pierre gelukge­wens en verwys na die kruispad wat landbou in Suid-Afrika bereik het, veral met grondhervorming, en dat leierskap nou meer as ooit belangrik is. Louis het genoem dat Pierre bekend is vir sy koelkop benadering en versoenende houding terwyl ekonomiese beginsels altyd vooropgestel word. Ons wens graag vir Pierre sterkte toe vir sy groot taak.

Pierre Vercueil (regs) groet Minister Nkwinti tydens ‘n besoek aan die minister se kantoor.

20 redes om goed te voel

Meganisasie slaan groot slag

Die titel van die aanbieding wat dr Roelf Botha tydens 'n strategiese sessie met die direksie en bestuur gedoen het, was '20 redes om goed te voel oor die vooruitsigte in 2015'. Hy het tydens die sessie die sluier gelig op die positiewe veranderings en vordering wat Suid-Afrika sedert 1994 gemaak het. Hy het daarop gewys dat Suid-Afrika die tweede grootste ekonomie in Sub-Sahara is en as sulks 'n groot rol speel in die vooruitgang van die hele kontinent.

Thys Pottas van Conshara Farms naby Riebeeckstad het hierdie Miller Nitro 5240-selfaangedrewe spuit by Suidwes Mega­ nisasie gekoop. Van links is Herman Schoeman, streekbestuurder van New Holland, Thys Pottas, die trotse eienaar, Piet Delport, bemarker en Mario Wolfaard, Hoofbestuurder: Meganisasie.

Die volgende ampsdraers is tot Suidwes Beherend se Direksie verkies: 1. Pierre Vercueil (Voorsitter) 2. Hansie Viljoen (Ondervoorsitter) 3. Piet Delport (Voorsitter SEV-komitee) 4. André Botha (Voorsitter ORIT-komitee) "Ons wens graag die direkteure geluk met hulle verkiesing en sterkte vir die termyn in 'n uiters uitdagende omgewing," sê Louis Smit (HUB).

Nuwe bedryfstelsel olie die ratte by Meganisasie ‘n Nuwe bedryfstelsel vir Suidwes Meganisasie gaan die diensvlakke by Meganisasie grootliks verskerp. “Die Equip-stelsel word internasionaal gebruik en rekenariseer alle aktiwiteite van Megani­ sasie. Dit gaan ‘n reuseverskil maak aan hoe Meganisasie in die toekoms bedryf word,” het Jaco van Niekerk, produkbestuurder by Meganisasie en hoofman oor die Equipprojek gesê. Intern gaan die stelsel die lewe vir ver­ koop­personeel in die takke en werkwinkels vergemaklik en die personeel baie meer effektief maak. Die stelsel beheer nie net

4

die mense die gees geesvan vanons ons mense

voorraad en verkope nie, maar het funksies soos ‘n skeduleringsprogram wat werktuigkundiges beter kan benut om vinniger omdraaitye vir boere se toerusting by Suidwes te verseker. Die stelsel het ook ‘n ingeboude CRNfunksie (customer relations programme) wat inligting oor klante versamel en Meganisasie in staat sal stel om klante se behoefte beter te ontleed en ‘n meer gefokusde diens te lewer. Daar word geruime tyd reeds gewerk aan die implementering van die stelsel en volgens Jaco sal dit aan die begin van 2015 gereed wees om aangeskakel te word.


maatskappy-esprit

< Stories uit Soedan> Carl Bierman gesels uit Soedan

Die Algemene Jaarvergadering (AJV) van Suidwes Beherend het op 10 September 2014 op Leeudoringstad plaasgevind en is deur heelwat aandeelhouers bygewoon. Mnre PS Vercueil, JJ Viljoen en GL Malherbe se dienstermyn as direkteure is vir ’n verdere termyn van drie jaar bekragtig. Alle gewone en spesiale besluite is eenparig deur die aandeelhouers goedgekeur. Aandeelhouers het ook tydens die vergadering en na afloop van die besluite, geleentheid gekry om vrae te vra aan die Direksie, Uitvoerende Komitee, asook Ouditeure. Die Rekonstitueringsvergadering het direk na afloop

van die Algemene Jaarvergadering plaasgevind. Tydens die vergadering is mnr PS Vercueil weer as Voorsitter van die Direksie verkies en mnr JJ Viljoen is as Ondervoorsitter verkies. Ons gelukwensing vergesel mnre Vercueil en Viljoen met hierdie verantwoordelike taak. ‘n Algemene Jaarvergadering moet aan spesifieke wetgewingsvereistes, asook die Maatskappy se statute voldoen. Baie lang ure en harde werk geskied, sodat die Vergadering kan plaasvind. Sekretariaat wil graag elkeen wat agter die skerms werk om van hierdie vergadering ‘n sukses te maak, bedank.

Pierre Vercueil, voorsitter van die Direksie

George Potgieter, Hoof uitvoerende beampte: Finansies

Adele Holtzhausen, Salome Pieterse (middel) en Zelda van Reenen het die aandeelhouers ontvang.

Louis Smit, Hoof uitvoerende beampte, Suidwes Beherend

Rekord-oes vir Pearl Millet Pearl Millet is een van die vier gewasse wat by Al-Dabbah verbou word en by uitstek die gewas wat gebruik word om op ‘nuwe” lande aan te plant vanweë die gehardheid van die gewas. Dit berei die grond voor vir opvolg gewas en verbeter die grond-struktuur. Die gewas word in lande soos Indië verbou vir sy graan maar dit is ook ‘n uitstekende voer gewas. Die opbrengs behaal hier op Al-Dabbah is goed en ons record is vandag gebreek. Ons nuwe record is 11,1 ton/ha.

Ds Danie Gerber open die vergadering.

Bo: Die klankspan by die Jaarvergadering was Shadrack Monnakgotu, Sam Selabe en George Mabiletsa. Bemarking het vanjaar die klank self behartig en daardeur R10 000 gespaar. Dit is met leedwese dat esprit verneem het dat Shadrack skielik oorlede is. Foto regs: Die Algemene Jaarvergadering in sitting.

'n Welkome koffie- en teebreek tydens die Algemene Jaarvergadering.

maatskappy-esprit

Algemene Jaarvergadering goed bygewoon

Louis Lategan (links) is in beheer van die sny- en baal-aksies en hou rekord van elke land se prestasie. So lyk Louis se notas wat hy elke aand in ‘n verslag oor die dag se werk en opbrengste neerpen. Hierdie inligting is baie waardevol vir die beplanning van die aanplanting en bemesting van opvolggewasse. Hierdie gewas is vreemd aan die meeste Suid-Afrikaners maar van die kultivars wat ons hier aanplant het kom uit Ovamboland in Namibië. Om hierdie opbrengste te behaal is ‘n groot spanpoging. Alles moet reg loop en niks kan aan die toeval oorgelaat word nie. – Carl Bierman uit Soedan

september 2014

esprit de corps

5


maatskappy-esprit

vooruitgang

Die Smartiedans

Ons het twee weke lank geoefen om die dans perfek te doen – spanwerk het dus reeds al ‘n maand voor hierdie bekendstelling begin. Ons het amper gesterf van die hitte binne die Smartie-pakke en kon ons skaars ons voete sien of buig as ons dit aan het maar ons het die bul by die horings gepak en ons dans gedoen. Twee 'Smarties' het selfs regte lekkergoed smarties na die personeel gegooi tydens die dans," vertel Sunelle van Rooyen.

Uit met die oue – in met die nuwe SMARTNET is op 15 September met groot fanfare bekendgestel tydens ‘n bemarkingsgeleent­ heid op Leeudoringstad en deur ongeveer 240 werknemers bygewoon. Almal is dit eens dat ons huidige rekenaarstelsel uitgedien is. Daarom het die Suidwes Direksie goedkeuring gegee vir die aankoop en oorskakeling na SAGE-sagteware. Voortaan sal SAGE binne Suidwes bekend staan as SMARTNET.

Wat behels die SMARTNET projek? In terme van tegnologie: • Ons betree ’n nuwe tegnologiese landskap. • Gebruikers kan toegang tot SMARTNET kry via veskillende platforms (slimfone/ tablette/internet) wat 'n papierlose omgewing omvat. • Fakture en ander dokumentasie kan direk na kliënte en verskaffers ge-epos word

Die bestaande stelsel:

• SMARTNET bied verbeterde verslagdoening Ons beweeg dus weg van 30-jaar oue tegnologie na iets splinternuut.

• was ou tegnologie,

Prosesse:

• was duur om te onderhou en

• SMARTNET bied “best practices”.

Rede vir die verandering:

• het nie aangepas by die veranderde omgewing nie. • As die lyne af is, is die hui­ dige stelsel nutteloos. • Ondersteuning van die huidige stelsel word net deur een maatskappy gedoen wat 'n groot risiko vir Suidwes inhou.

6

Jaydene de Jager, Suidwes se eie bellydance queen, het aangebied om op verhoog haar heupies te swaai en die gehoor moes op haar ritme dromme slaan.

die gees van ons mense

• Ons is nie uniek nie – vanilla implementering • SMARTNET bied kontroles en beheermaatreëls wat ‘n tuisgeboude stelsel nie bied nie. • Internasionaal-erkende pro­ sesse

Mense: • Almal gaan die verande­ ring ervaar! Alhoewel ons verandering verwelkom veroorsaak dit soms groot frustrasies. VERAL ONS KLANTE! • Die stelsel moet vir die mense werk en nie anders­om. • SMARTNET bied ‘n “dashboard” van alle items wat aandag benodig, soos bv. bestellings wat ontvang is maar nog nie gefaktureer nie, ens. Die implementering het op 18 Augustus begin en die beplanning is dat dit teen Junie volgende jaar voltooi gaan wees. Die verskillende partye wat betrokke is by die opstel en implementering van SMARTNET is die projekbestuurspan (die UK), die projekspan (verteenwoordigers uit die bedryf) en Datacentrix (verantwoordelik vir die opstel en implementering daarvan).

Op die maat van tamboeryne en ander musiekinstrumente is daar 'aflos-dans' gehou. 'n Instrument is soos 'n aflosstokkie aangegee en dan was dit iemand anders se beurt om te dans. Hier wys Lilla Grobbelaar hoe dit gedoen word.


maatskappy-esprit

maatskappy-esprit

Voordele van die nuwe stelsel

Een databasis van alle relevante data • Intydse stelsel (realtime system) – geen bondelverwerking nie – as `n transaksie gedoen word, is dit onmiddelik in die databasis beskikbaar vir rapportering. • Nuwe tegnologie – maak die rapportering van inligting makliker, en op verskeie platforms soos tablette, smart phones, Web ens. • Handelswinkels kan verkoop al is die lyne af. • ERP bring “best practices” – standaard prosesse waaruit ons waarde kan kry.

Die spanbou-fasiliteerders wat die personeel begelei het, het deurgaans klem gelê op spanwerk. "Ons het hulle instruksies gevolg en die dromme-ding gedoen totdat ons dit perfek reggekry het," vertel Sunelle van Rooyen, bemarkingskoördineerder. Die bemar­ kingsafdeling was verantwoordelik vir die reëlings en twee personeellede (Sunelle en Deon Badenhorst) dien ook op die projekspan om SMARTNET soomloos te implementeer.

• SMARTNET kom standaard met ‘n Retail en AGRI module, wat beteken ons sal baie minder ontwikkeling hoef te doen. • CRM module bring ons nader aan ons kliente • Ondersteuning is nie beperk tot een maatskappy soos wat tans die geval is nie

Uitdagings van die stelsel • Tydrowend om te implementeer • Implementering is baie belangrik – moeilik en duur om foute te herstel as daar nie ordentlik geimplementeer is nie • Vereis nuwe hardeware • Vereis ‘n verandering in besigheidsprosesse • Vereis ‘n hoë vlak van dissi­pline en taakgerigtheid, en bring ‘n hoë vlak van kontrole.

Projekbestuurskomitee Projekborg

Louis Smit

Graan

Anton Jordaan

Handel

Patrick Nelissen

Fin

Martin Ehlers

Korp

George Potgieter

Tegnies

Riaan de Lange

Bestuurder

Riaan de Lange

Projekspan

Sam en George (bemarking) het, net soos altyd, hulle werk gedoen, die saal help opmaak en voorberei en steeds heelhartig deelgeneem ten spyte daarvan dat hulle harte baie seer was oor die skielike afsterwe van hulle kollega en vriend, Shadrack.

Projekleier

Riaan de Lange

Admin

Nicolize Coetzee

Korporatief

Suzette Ehlers

Korporatief

Debbie Engelbrecht

Suidwesfin

Louis Botha

Graan

Aninda Schonkin

Handel

Elna Marais

Nwet

Andrid Geldenhuys

Tegnies

Johan Nortje

Opleiding

Riekie du Preez

Bemarking

Sunelle van Rooyen

Bemarking

Deon Badenhorst

"Kyk hoe geniet die toeskouers die Smartiedans. Data Centrix se spanlede was so beïndruk, hulle het selfs 'n opname daarvan gemaak," sê Sunelle.

september 2014

esprit de corps

7


maatskappy-esprit

gebeure by die takke

Nooit 'n vervelige oomblik Men made of steel Vat 'n blaaskans met jou gunsteling tydskrif

Die gesegde 'Never a dull moment' is beslis op Vryburg Handel van toepassing. Daar is altyd iets aan die gebeur en Robbie Dawes (takbestuur­ der) hou esprit gereeld op die hoogte van hulle doen en late. Kyk wat vang hulle alles aan - soos hulle sê: 'All in a day's work'!

Vurkhyseroperateur van formaat

Eric Gonkgang van Vryburg Handel maak gereeld 'n stil tydjie om esprit de corps te lees. "Hy hou daarvan om te sien wat aan die gang is met Suidwespersoneel en ook om uit te vind wat die maatskappy van die personeel verwag. Eric geniet ook die foto's van ons tak en om sy kollegas in die tydskrif te sien," vertel Robbie Dawes.

If you need to have steel cut and measured, just knock on the door of Vryburg Handel. You will find four men who have recently received certificates for 'The safe practice of the use of steel cut-off machines and profile steel cutting'. These certificates prove that the recipients are trained and have passed the tests in all aspects of steel cutting, the safe operation of machines, the visual inspection of work areas and equipment, the effective maintenance of equipment and the accurate measuring and cutting of steel. Robbie Dawes presented the certificates to his well-trained men.

James Jwili

Marius Halgryn (stoorbestuurder)

John Nkaelang (Vryburg Handel) het sy vurkhyseropleiding onlangs suksesvol geslaag. Hier ontvang hy sy sertifikaat van Robbie Dawes.

John Nkaelang

Eric Gonkgang

Incomiiiing!

Dié woorde van die bekendste Rastafariër, Bob Marley, is iets om na te streef - al is jy nie 'n Jamaikaan met rastahare nie.

8

die gees van ons mense

"Wilhelmina Morapedi (skoonmaakster, Vryburg Handel) wil graag ‘n ‘rasta’ wees en dit is die naaste wat ons haar daarmee kon help," sê Robbie Dawes.

Kagiso Maiyane and Wellboy van Wyk from Vryburg Handel's receiving department wanted to join the army to shoot rocket launchers, but the closest they could get was to play ‘soldier’ with the Mono Pump elements during offloading.


maatskappy-esprit

Boshof (onder) Agter: Gerhard van Rhyn (aankoper), Karin Muller (stoorvoorman), Martha Matshona (algemene werker), Petrus Tuise (algemene werker), Anthony Daniels (algemene werker), Frikkie Nel (tydelike werker) en Andries Lephoi (algemene werker) Voor: Regina Motlhabi (kassier), Efraim Wereldson (algemene werker) en Moses Tshomakae (algemene werker). Inlas: Anel Botha

maatskappy-esprit

Handel staan gereed om diens te lewer Reivilo Die stoorpersoneel by Reivilo is William Kaloate (algemene werker), Maans Nelson (stoorvoorman) en Isack Teteme (algemene werker). Inlas: Hannetjie Snyman (admin-beampte

Hertzogville Agter:Â Erenst van der Berg (winkelbestuurder), Hanelie Augustyn (kassier), Marike de Jager (ontvangsbeampte), Alma Meintjies (admin-beampte), Johan van der Watt (aankoper/stoorvoorman) Middel: Jacob Mhlotshana (drywer), Daniel Horniet (algemene werker), Petrus Maloka (algemene werker), George November (algemene werker) Voor:Â Marie de Buka (kassier), Lourens Brand (takbestuurder), Maria Maripa (algemene werker), Willem Bosha (algemene werker), Job Sehloho (algemene werker)

Boshof

Bultfontein Stoorpersoneel: Abram Mgomezulu, Willeman Fokhwebe, Tjaart Pretoruis, Eric Thiart, Ben Fepane en Naas Rautenbach

Bultfontein Winkelpersoneel: Caharmaine van Zyl, Jaco Swanepoel, Andre Olivier, Juluis Motsoeu en Sannet Otto. Inlas: Auret Basson

september 2014

esprit de corps

9


personeel-esprit

Suidwes shines skitterblink on Casual Day blink gedagtes

Die strate van Leeudoring­stad het weer vanjaar soos 'n karnaval in Rio de Janeiro gelyk toe Suidwespersoneel hulle blinkste en beste aantrek en Loslitdag vier. Die tema, Bling, het mense na al wat 'n kitch ketting en kroon laat gryp. Elders in die gebied het die ander takke hulle deel bygedra deur

hulleself op te tof vir die okkasie. Menslike Hulpbronne is aangewys as die wenners van die dag met hulle Egiptiese tema en mummie. Derék Linde het die prys gekry vir die bes geklede man en Mellorey Nieuwenhoudt is gekroon as die bes geklede dame. Dit was Sjeik ben Amaal Abdul Smit wens behoorlik 'n blink affêre. Derék Linde (bo) en Mellorey

WEnners: Menslike Hulpbronne is aangewys as die bes geklede span.

Martin Ehlers oorhandig die tjek van die geld wat ingesamel is aan Deon Badenhorst.

terratek

Die ware 'Boss of Bling' Een verblindende feit is dat die 'Boss of Bling' voorwaar die Amerikaanse pianis, Liberace, was. Sy motto in die lewe was, “te veel van ‘n goeie ding is wonderlik!” Daarom het hy so uitgeblink op die verhoog. Hy was behoorlik verslaaf aan bling, sy kostuums, klaviere ens was besaai met blink stene. Hoe blinker hoe beter! n Ware blink Stefaans.

Blink blinker? Skitterblink! Wat is die trappe van vergelyking van blink? Blink, blinker en blinkste NEE, skitterblink! Hoe gemaak as jy jou geld wil sit waar jou mond is? Nieuwenhoudt (onder) geluk as Wel dan kry jy vir jou ‘n skitterblink glimlag Die wereld wenners van bes geklede persone. se duurste goud en diamant versierde kunsgebit is deur ‘n Dubaise tandarts Dr Majd Naji gemaak. Dit is gemaak van 24 karaat goud met 160 diamante wat die tande versier. Dié blinkbek is $152,700 werd, sowat R1,673,824.23 – voorwaar ‘n stel tande wat ‘n groot hap uit jou begroting kan neem. Gelukkig kan ons werkersklas se monde van verbasing oophang sonder dat ons ons beleggings verloor – ons sal maar hou by die getroue 'Colgate-smile' om ‘n skitterblink glimlag te kry. – Karina van Zyl (Nwet)

Jy is cooler as ekke

Terratek is amptelik die zefste afdeling in Suidwes. Esprit wonder wat die regte Jack Parrow hiervan sal sê.

10

die gees van ons mense


personeel-esprit

personeel-esprit

menslike hulpbronne

Koning toet kom groet Koning Tutankhamun het sy katakombe vir 'n dag verlaat en in styl die optog meegemaak – al was hy maar stywenek. Die [spyker]skrif was aan die muur: die Egiptenare het die prys vir die besgeklede afde– ling opgeraap. Dit is die eerste jaar dat Menslike Hulpbronne wen, geluk!

september 2014

esprit de corps

11


personeel-esprit

handel, krediteure & meg

blink gedagtes

Birds of a feather flock together

Loslit op Reivilo

graan

12

die gees van ons mense

Loslit op LDS

Loslit op Vryburg

spaced out


personeel-esprit

fin

personeel-esprit

t?

september 2014

esprit de corps

13


finansies & regsdienste

blink gedagtes

Take me to Bollywood

14

die gees van ons mense

personeel-esprit


personeel-esprit

personeel-esprit

fortuinsoekers nwet

september 2014

esprit de corps

15


personeel-esprit

Een mens se rommel is 'n ander se inkomste

deelname

Die manne wat die waentjies behartig maak twee keer 'n dag 'n draai deur Leeudoringstad om herwinbare materiaal te versamel.

Die mense wat van Kraaines Recycling ’n sukses maak is van voor Jim, Pieter en Enoch, in die middel is Riana, Simone en Petrus en Handy staan agter.

IN JANUARIE 2014 HET Kraaines Recycling kom nes skop in Leeu­do­ringstad. Riana le Roux (Sr-klerk: Eise) het ’n besigheid in herwinning op die been gebring. Die besigheid verskaf 'n inkomste nie net vir haar seun, Pieter, wat aan Mashado Joseph Sindroom (spierdistrofie) ly nie, maar skep ook werk wat kos aan honger magies gee. Analie Kotzé (Finansiële en adminbeampte Terratek) het gaan uitvind wat dié besigheid nou eintlik doen. Sy vertel Kraaines

het Leeudoring­stad in vier dele verdeel en elke oggend van 8 tot 11 uur loop twee wer­kers met twee waentjies wat Riana spesiaal laat bou het deur die strate en laai herwinbare materiaal by die huise op. Daarna stap hulle dorp toe om die strate, sypaadjies en oop areas skoon te hou. In die namiddag verkoop die mense wat self rommel bymekaar maak (vir ekstra inkomste, en party is dit die enigste inkomste) alle herwinbare goedere wat hulle die dag bymekaar gemaak het aan Pieter

en Simone.Behalwe vir die geld wat hulle so verdien, kry hulle ook vir elke kilogram plastieksakkies wat hulle verkoop, ’n toebroodjie met ’n glasie koeldrank. Kraaines neem tot soveel as 70kg plastieksakkies daagliks in! Elke week ry hulle tussen 3 tot 3.7 ton herwinningsmateriaal weg. "Elkeen van ons kan 'n bydrae maak," sê Analie. "Een ton wit papier wat herwin word spaar 17 bome wat afgesaag sou word. So dink voor jy weer iets in die asblik gooi en skakel Kraaines Recycling om die verwydering te reël. Dit was vir my 'n groot voorreg om Kraaines te besoek waar ek gesien het hoe elkeen sy werk tot die beste van sy vermoë doen

Nie reën, wind of sneeu staan in die pad van die werk wat gedoen word nie.

– en al is dit om ons ou ’gemors’ sorteer, doen hulle dit met die grootste respek." Kontak Kraaines Recycling om deel te word van 'n belangrike saak. • Riana 082 671 2695 • Simone 079 530 3035 • Pieter 082 860 9456 – Analie Kotzé (Finansiële en adminbeampte Terratek)

Skop jou skoene uit

Kombuisfeë word bederf

As mens vir Terratek sê hulle kan gerus hulle skoene uitskop beteken dit nie noodwendig dat hulle kan ontspan met die voete in die lug nie. Nee, hulle moet letterlik hulle skoene uitskop. Die Terratek-manne werk hulle behoorlik uit hul skoene uit! Ons wonder of daai kouse 'n klankie het ... Saggies loop, Jason Sparrow. – Analie Kotzé (Finansiële en adminbeampte Terratek)

Annemarie Carelzen was die feëprinses op haar kombuistee.

16

die gees van ons mense


lief & leed

Ervaar die gees van ons mense

Ons is bly saam met: • Jan Taljaard (Onderdele, Leeudoringstad) het oupa geword van ‘n dogtertjie. • Kobus (SAFEX Makelaar) en Vicky Theron met die geboorte van Liam. • Carla de Bruyn (Winkelbestuurder Christiana) het 'n dogtertjie ryker geword. Julle is in ons gedagtes: • Riaan van Rensburg (Graanverkryger) en Hanno Fourie (Silobestuurder, Makwassie) het albei 'n operasie ondergaan. • Koos van de Venter (Sr-silobestuurder: Schweizer-Reneke) is met klierkanker gediagnoseer en was vir nog toetse in Bloemfontein.

• Debbie Engelbrecht (Groep Finansiële Bestuurder), Jaydene de Jager (Groep Korporatiewe Rekenmeester) en Hannetjie van der Linde (Betaalmeester, Menslike Hulpbronne) was in ’n gewapende roof. • Carla de Bruyn (Winkelbestuurder Christiana) se verloofde, Izak Burger, is tragies in ‘n motorongeluk oorlede. • Johan van der Watt (Aankoper/Stoorvoorman Hertzogville) is opgeneem is in Medi-Clinic vir toetse. • Thabo Salomane (Silo-operateur Amaliasilo) se vader is oorlede.

langdienstoekennings September

Welkom kleine mensie

Baie geluk aan Carla de Bruyn (Winkelbestuurder Christiana) met die geboorte van haar dogtertjie, Kaitlyn Izabella Burger.

5 Jaar • Me TG Mohlabakoe (Hoopstadsilo) • Mnr HO George (Schweizer-Renekesilo) • Mnr CA Kwang (Hoopstadsilo) • Mnr LA Seothaeng (Schweizer-Reneke Handelstak) • Mnr NG Modimola ( Handel Vryburg) • Mnr MD Senokoane (Handel Christiana) • Mej KP Mogoeng (Makwassiesilo) 10 Jaar • Mnr M van der Merwe (Ingenieurs Instandhouding) • Mnr ME Tlhagaswane (Strydpoortsilo) • Mnr L Molawa (Handel Wolmaransstad) 20 Jaar • Mev GC Bam (Suidwesfin SchweizerReneke) • Mev A Fouche (Handel Finans Krediteure)

Anel Botha en Willem Fouché was van die begin af vir mekaar bestem en na ‘n warrelwindverhouding van net drie maande het hy op sy een knie afgesak en haar die jawoord gevra. Dit nogal voor ‘n klein skare mense. Anel vertel sy het Willem amper nooit ontmoet nie – sy is langtand saam met haar niggie een aand na ‘n kuierplek op Boshof … en Willem het haar sommer dadelik raakgesien. Na ‘n paar draaie op die dansvloer en ‘n lekker gesels het hy soos ‘n gentleman aangebied om haar huis toe te neem. “Om die waarheid te sê, na hy my afgelaai het, het ek nie gedink ek sal weer van hom hoor nie, hy het nie eers my telefoonnommer gevra nie,” sê Anel. “Sondagmiddag is daar ‘n klop aan my deur en daar staan ‘n vriend van Willem wat ek die Vrydagaand ontmoet het, met die opdrag om van deur tot deur te gaan en Anel te soek wat by die koöperasie werk!” “Na drie maande se kuier het hy my een Sondag voor kerk ‘n paar pamflette van ringe gegee en gevra ek moet asseblief daarna kyk, want as ek ja sê, wil hy graag aan my verloof raak. Ons het reg voor die kerk in die bakkie gesit toe hy die pamflette vir my gee en

personeel-esprit

Esprit deel graag in die lief en leed van die personeel en ons nooi julle uit om julle nuusbrok­kies vir ons te stuur. Annemarie Carelzen (PA: Besturende direkteur) stel vir elke uitgawe die lief en leed-nuus saam. Stuur julle bydraes aan annemariec@suidwes.co.za

Van 'n draai op die dansvloer na 'n ring aan die vinger

daar huil ek al my grimering af en kon vir die res van die diens nie my trane keer nie. Ons het ‘hele Saterdagmiddag spandeer om na ringe te kyk en ek het my droomring dadelik raakgesien. Willem wou graag op my verjaardag verloof raak maar toe ons op ‘n afskeidsfunksie van sy werk kuier roep hy my vorentoe, sak hy op sy een knie neer en vra die groot vraag voor sy vriende en kollegas.” Anel en Willem het nog nie op ‘n troudatum besluit nie, maar het reeds besluit dat hulle op Boshof sal woon. “Ek glo ‘n verhouding gaan oor gee en neem en as altwee partye ewe veel gee en neem kan ‘n verhouding nie verkeerd gaan nie,” sê Anel oor haar en Willem se verhoudingresep. Anel Botha (Admin-beampte Handel Boshof)

Langdienstoekenning Schweizer-Reneke

langdienstoekennings Hoopstad Personeel van Hoopstadsilo het onlangs hulle langdienstoekennings van Willie Botha (Silobestuurder) ontvang. Baie geluk aan elkeen.

Selina Ndabeni

Petrus Raitebane

Kerneels Segola Andries Ndakani Joshua Tladi

Meschak Phuza

Baie geluk aan Amos Seothaeng (Rakpakker) by Schweizer-Reneke Handel met vyf jaar diens. Naude Maree (Takbestuurder) oorhandig sy sertifikaat aan hom.

augustus 2014

esprit de corps

17


Blink Blink idees Blinkertjiekershouers Die somer is hier! Dis tyd vir plesier. Die bome is groen en daar is baie dinge om te doen: Ons swem en ons speel, daar is nie ‘n oomblik wat ek my verveel!

wegsteek-kompetisie Daar kruip op sommige bladsye ’n weg. Tel hoeveel keer hierdie alien in esprit verskyn (hierdie een uitge­sluit). Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek word, ontvang die boek, Hoendergeregte, wat deur LAPA Uitgewers geskenk is. Stuur jou antwoord aan: esprit.kompetisie@gmail.com Merk in die onderwerplyn: Hoeveel aliens Sluit jou naam, van en kontakbesonderhede by jou inskrywing in. Sperdatum: 18 Oktober 2014

wat kan dit wees?

wenner Julle was baie slim, die regte antwoord is eiers. Die eerste korrekte inskrywing wat uit die hoed getrek is Zelda van Reenen (PA: Groep Hoof Regsoffisier) Baie geluk! Die boek Ryker as Dawid, sal binnekort aan jou gestuur word.

Die korrekte aantal pantoffels wat in die Augustus-uitgawe versteek was, was 17. Baie geluk aan Phillippina Potgieter (Bloemhofsilo). Die boek Bobbie sal binnekort aan jou gestuur word. Hier is die bladsye waarop die pantoffels weggesteek was, kyk of jy hulle kan raaksien. Bls 2, 5, 7, 8(2), 9, 11, 13(3), 14, 15, 16(2), 18(2), 20

18

die gees van ons mense

Begin sommer nou al om kersversierings vir jou tafel maak. Die pragtige kershouertjies sal enige ete opvrolik. Hierdie kershouers is oulike geskenke wat baie goedkoop is om te maak. Benodigdhede: Botteltjies van verskeie groottes en vorms Houtlym (Ponal) Blinkertjies Vlak bakkie Kwas Metode: 1. Gooi die blinkertjies in die vlak bakkie. 2. Verf die hele botteltjie aan die buitekant met die houtlym. 3. Rol nou jou botteltjie in die bakkie met die blinkertjies. Sorg dat die gomgeverfde dele heeltemal met die blinkertjies bedek is. 4. Jy kan ook wanneer jy die botteltjie met die gom verf, 'n patroon ooplos waar die blinkertjies nie gaan klou nie. Daardie deel sal deurskynend wees en jy sal die kersie kan sien. 5. Laat die blinkertjie-bedekte botteltjie om heeltemal droog te word en versier verder met ‘n lintjie of kralletjies. 6. Plaas ‘n teeligkersie in die bottel en siedaar, 'n pragtige kershouertjie wat nie gesmelte was op die tafel sal mors nie. – Karina van Zyl (Stelselsekuriteit en Admin-beampte NWET)


hier is ons

0 - 6 maande

Liam Theron (1 maand) Kobus Theron (Graan)

Jacquestjie Carelzen (5 mnde) Ingestuur deur: Ina du Preez (Beheerbeampte, Meeldeure)

6 - 12 maande

popcorn

eerste inskrywings

Aminé van Heerden (5 mnde) Elrina van Heerden (Admin beampte: Silo’s Sentrale kantoor)

Ashley Sparrow (6 mnde) Ilse Sparrow (Hoofklerk: Versekering)

Danelle Maree (6 mnde) Carlien Pretorius (Senior Klerk, Schweizer-Reneke Silo)

Krige Pienaar (14 mnde) Nardus Pienaar (Takbestuurder: Wolmaranstad)

Anine Robinson (18 mnde) Anli Robinson (Junior Rekenmeester, Graan)

Mieke Meintjes (2 jaar) Anja Meintjes (Kredietkontroleer, Hoofkantoor)

Keagan Holtzhausen (2 jaar) Hester van der Westhuizen

Tiana Taljaard (2 jaar) Sylvia en Ewald Taljaard (Sekuriteit beamptes)

1 - 2 jaar

Kategorieë vir inskrywings:

babas: 0 – 6 mnde babas: 6 – 12 mnde kleuters: 1 – 2 jaar

kleuters: 2 - 3 jaar

Skryf nou in as jy nog nie het nie. Die inskrywings in hierdie uitgawe is in September ontvang, so as jou kleinding se foto nie hier verskyn nie, sal dit in die volgende uitgawe geplaas word. Die wenners word in die November-uitgawe van esprit aangewys. Esprit hou 'n baba- en kleuter-kompetisie vir die personeel se kleingoed. Oumas en oupas is welkom om hulle kleinkinders in te skryf. Skryf so in: 1. Stuur 'n duidelike foto van die kleinding na riekiedp@suidwes.co.za 2. Verskaf die volgende inligting: • naam, van en ouderdom van die kind op die foto • kontakbesonderhede (e-pos, telefoonnommer, naam, van en posbena­ming) van die persoon wat die foto instuur

Mianke Bamberger (10 mnde) Foto gestuur deur: Ouma Dalene Bamberger.

Mia Elmarie du Preez (12 mnde) Foto ingestuur deur: Elmarie du Beer (Hoofklerk).

Amoré Moolman (13 mnde) Kobus Moolman (Onderdele Bestuurder, Wolmaransstad)

2 - 3 jaar

Hansie Swanepoel (17 mnde) Ansie Swanepoel (Bothaville)

Divan Ross (19 mnde) Elna Ross (Safex Admin Makelaar)

Divan Pretorius (2 jaar) Foto ingestuur deur: Hannetjie Snyman.

Mikayla Miles (2 jaar, 2 mnde) Foto gestuur deur: Ouma Jorina Theunissen.

Janique Strydom (2 jaar, 5 mnde) Foto gestuur deur: Marinda Roets

Abby Loubser (2 jaar, 8 mnde) Warren Loubser (Bemarker Wesselsbron)

Amorey Basson (2 jaar, 8 mnde) Auret Basson (Bemarker in beheer, Bultfontein)

Eilana Kotzé (2 jaar, 10 mnde) Analie Kotzé (Finansiële Admin beampte, Terratek)

Anke du Preez (2 jaar, 11 mnde) Riekie du Preez (Beampte Opleiding)

Janika Meintjes (3 Jaar) Anja Meintjes (Kredietkontroleer, Leeudoringstad)

Ernst Moolman (3 jaar) Kobus Moolman (Onderdele Bestuurder, Wolmaransstad)

Ruan Robinson (3 jaar) Anli Robinson (Junior Rekenmeester, Graan)

Sperdatum vir inskrywings:

31 Oktober

2014

Zander du Preez (2 jaar, 9 mnde) Ina du Preez (Beheerbeampte, Meeldeure)

september 2014

esprit de corps

19


agterstoep

kompetisie wat kan dit wees?

Illustrasie Yolandé van Zyl

deur Matsie Oliver

Droom jou drome in jou bed

P

arty oggende is dit raadsaam om jou drome te volg en net eenvoudig in die bed te bly. Soos Loslitvrydag, gelukkig nou ook al verby om nooit weer herhaal te word nie. Ek weet nie of ek vanjaar nóg ‘n dag soos Loslitvrydag kan oorleef nie. Eerstens is daar ‘n nuwe bulldog. Haar naam is Mollie en Sy Is Haar Eie Baas. Kort ná halfsewe bevind ek my dus toe plat op die kombuisvloer soos Mollie (nadat sy die hele nag buite op haar ontwerpersbed op die stoep moes slaap, die vernedering) my voete onder my uit gehardloop het op pad sitkamerbank toe. My beste vriende het my nooit gewaarsku teen die kombinasie van ‘n nuwe driejarige bulldog en ‘n ivoorkleurige sitkamerbank nie. As straf sit hulle nou saam met haar op ‘n wit en bruinerige sitkamerbank. In die baldadige en blye tog sitkamer toe het Mollie darem seker gemaak sy gee ‘n bietjie aandag aan my en sy raak verstrengel in my goue, silwer en rooi krale sodat dit die hele wêreld vol kan rol en spat en die dag nog ‘n bietjie opkikker met my loslit-bling. Laat die skoonheid spat tot in die verste uithoeke van jou kombuis: niks is so lekker soos om maande later jou yskas weg te skuif en hoop goue kraletjies tussen die stof te ontdek nie. Toe die nuwe hond mooi tuis is op die bank en weier om te roer, besluit ek Chrissie kan haar en die uitspattige krale hanteer, en ek loop soek die boks vol Kersversierings. Ek het die supermarkte dus vanjaar voorgespring: Ek het al op Loslitvrydag Kersversierings gedra, groen en silwer engelhare om my nek en ‘n goue engel so groot soos ‘n opgeskote kind vir ‘n borsspeld op my boesem. Ek het my daarvan weerhou om Boney Mliedjies te sing, maar dis net omdat ek nie juis nootvas is nie en ek my kollegas se goedgesindheid hoog op prys stel. By die kantoor het ek in die loslittige gees van die dag my hele elektroniese inmandjie met die druk van ‘n enkele knoppie per ongeluk vir ewig en altyd (amen) uitgewis. Deur die hiperventilasie en histerie deur het ‘n tegnikus verstaan hy moet dadelik na my toe kom. Ja, vandag nog. Ja, ek weet dis Loslitvrydag. Nee, Maandag is te laat. Nee, tienuur is te laat. Hy het sonder ‘n kalmeerpil gekom in sy loslitklere met ‘n oorbel wat op die armleuning van my kantoorstoel hang toe hy voor my rekenaar gaan sit. In die gees van die dag het hy g’n hond haaraf gemaak met die inmandjie nie. Dit het my drie weke geneem om te kalmeer oor die trauma van hond, spattende krale, ver­dwene inmandjie en nuttelose tegnikus. Ek kommunikeer tans kalmpies met ‘n rekenaarmaatskappy se inbelsentrum in Indië. Dit reën vandag in Calcutta, die moesonreën hou laat aan en die vreeslike oorstromings in Kasjmir hou toeriste weg. Hy weet eintlik ook nie wat om oor die inmandjie te doen nie, maar hy hou van gesels. En ek gaan rustig voort om loslit te wees: as ‘n mens nie ‘n inmandjie het nie, kan niemand vir jou werk stuur nie. e

Kan jy raai wat die prentjie is? Die persoon wat eerste reg raai wen die boek Tolbos wat deur LAPA Uitgewers geskenk is.

Stuur jou inskrywing aan die redakteur, Nici Harmse, by esprit.kompetisie@gmail.com Sperdatum: 18 Oktober 2014 Merk jou inskrywing so: esprit: wat sê die prentjie? Onthou om jou naam en kontakbesonderhede in te sluit. Ons plaas die wen-inskrywing in die Oktober-uitgawe.

Katrien is ’n student tydens die politieke woelinge en die Voëlvrytoer wat Suid-Afrika in die tagtigerjare tref. En in die verre Pole het ’n jong man pas duur betaal vir sy sin vir geregtigheid. Alle boeke van LAPA Uitgewers is beskikbaar in boekwinkels en op die webwerf. www.lapa.co.za

20

die gees van ons mense

Produksie, uitleg en ontwerp deur Chillidesign 082 578 7257 • 012 332 3833


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.