ONS EIE April 2016

Page 1

April 2016 Jaargang 51 • 2

Lyfblad van Suidwes Landbou

’nBoer aan die stuur by

SUIDWES 6

Tuisgemaakte

VOERPILLE 12

16

Die kuns van

TELING



April 2016 Jaargang 51 • 2

Lyfblad van die Suidwes Groep

Ons Eie word uitgegee deur die Suidwes Groep. Algemene kontaknommers vir die Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van die Suidwes Groep nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

INHOUDSOPGAWE AKTUEEL 4 Op die geestelike akker 5 Soos ek dit sien 6 ‘n Boer aan die stuur 7 Graanhanteerders laat mielie-invoere vlot verloop 8 Kry die grond gesond 8 Varkbedryf pas strukture aan 10 Kultivarkeuse deel van risikobestuur 12 Kerf bome vir veevoer 16 KONTREIKUIER – Die kuns van teling

VOORBLAD Kultivars van verskeie gewasse is by ‘n boeredag van K2 Saad bespreek. Lees die berig op bladsy 10. FOTO: Sandri Marx Fotografie

6

PRODUKNUUS 14 Brute krag en presisie

LANDBOUKUNDIG 20 Meganisasie vir die saaiboer 24 Grondversuring en kalktoediening 29 Stikstofbronne – verskeie opsies om te oorweeg 37 Agrikalender

20

16

Ons Eie

April 2016

3


AKT UEE L

Op die geestelike akker Jy is waar jy moet wees Deur Annette Neethling

Markus 11:1-4 1) Toe hulle naby Jerusalem kom, by Betfage en Betanië op die Olyfberg, stuur Jesus twee van sy dissipels 2) en sê vir hulle: “Gaan na die dorpie daar reg voor julle, en net soos julle inkom, sal julle daar ‘n jong donkie vasgemaak kry. Geen mens het nog op hom gery nie. Maak hom los en bring hom hier. 3) En as iemand vir julle sê: ‘Wat maak julle daar?’ moet julle sê: Die Here het hom nodig, en Hy sal hom gou weer hierheen terugstuur.” 4) Hulle het toe gegaan en ‘n jong donkie by die ingang, buite langs die pad, vasgemaak gekry en hom losgemaak.

ELKE PAASFEES STAAN ons in verwondering oor die volmaakte werk wat aan die kruis, vir ons, deur Jesus verrig is. Ons is vrygekoop deur kosbare bloed, ons is sondeloos en gered!! Sy genade is vir ons genoeg! Dit is te groot om te begryp. ‘n Mens kan nie anders as om te wonder wat elkeen van ons se deel in dié proses behoort te wees nie? Ons kan sekerlik nie net toeskouers wees en net staan en kyk hoe hierdie verlossingswerk gestalte in ons lewens aanneem nie? Hierdie reuse-geskenk, wat ons kry omdat Jesus dit vir ons wóú gee, ondanks die prys, vra dalk slegs dat ons soos die donkie in hierdie stukkie Skrif moet wees. Dit is opvallend dat Jesus presies geweet het waar die donkie was, en wat Hy met hom wou doen. Ons as mense is met die keuse van vrye wil gelaat, soos die donkie kan ons losruk en die pad vat in ons eie rigting in, maar voor jy dit doen, dink net oor die volgende: Jy is waar jy moet wees, want Jesus weet presies waar jy is en net soos met die donkie, weet hy waar om jou te kom haal.

Dit was die eerste keer dat iemand op die donkie gery het, hy was nooit voorheen diensbaar nie. As jy voel dat jy nog nooit diensbaar was nie, wees nie bevrees nie, Jesus het geweet hoe om die donkie te ry. Wees net bewus daarvan dat nuwe ervarings nie noodwendig gemaklik is nie. Die donkie was vasgemaak, net soos ons ook vasgemaak kan wees met gedagtes, onvergewings­ gesinheid, ontevredenheid, slegte gewoontes, vrees en vele ander bindinge wat ons kniehalter. Jesus het mense gestuur om die donkie los te maak, sodat Hy op hom deur die strate van Jerusalem kon ry. So het Jesus sy Vader se opdrag uitgevoer. In diens van Jesus, kan ons ook Vader se wil gehoorsaam. GEBED Dankie Jesus dat U ons wil losmaak van die goed wat keer dat ons beskikbaar is vir U, en vir die uitbreiding van U koninkryk. Open asseblief ons geestesoë sodat ons sal sien waar om ander te stig en aan te moedig op elkeen se pelgrimspad. Want daar is ‘n loflied in ons hart omdat U genade vir ons genoeg is!!

BESKERM JOU TUIN

TEEN ONGEWENSTE INDRINGERS WAT JOU KOSBARE PLANTE EN GRASPERK VERWOES! PROTEK MERIDIAN is ‘n uiters doeltreffende, sistemiese produk wat ‘n verskeidenheid tuinplae beheer. Meridian word in gerieflike, wateroplosbare sakkies verpak, wat dit onnodig maak om die produk te hanteer of af te meet. Die veiliger, omgewingsverantwoordelike groenbandformulasie bied baie vinnige beskerming (binne sewe dae) en langdurige beheer. Meridian word as voorkomende en genesende behandeling teen Ita­ liaanse sipresluise asook plantluise op rose toegedien. Dit bied ook vinnige beheer teen molkrieke op jou grasperk en in beddings en beheer ook die kewerlarwes (miswurms) wat jou plante verwoes. PROTEK COMPLETE 350 SC bied voorkomende en genesende behandeling teen plantluise, blaarmyners, rooidopluise, blaaspootjies, witvliee en psylla (bladvlooie) op sitrus, groente en sierplante. Complete is ‘n sistemiese produk met ‘n baie lang nawerking wat slegs seisoenaal toegedien word. Beide Meridian en Complete word gerieflik en maklik deur middel van gronddeurweking by die wortelarea van plante of as ‘n blaarbespuiting toegedien.

Wet 36 van 1947 Complete 350 SC: Imidachloprid 350 g/l, L7959, SKADELIK Registrasiehouer: ArystaLifeScienceSuid-Afrika (Edms) Bpk, Reg No 2009/019713/07 Meridian: Thiamethoxam 250 g/kg, L7824, VERSIGTIG Registrasiehouer: Syngenta (Pty) Ltd, Reg No 1998/013761/07 Versprei deur Protek, ‘n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za

4

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


Die wat voor loop

A K T UEE L

soos ek dit sien SUIDWES-TRADISIE is voortgesit toe die voorsitter van die direksie, Hansie Viljoen, ‘n seremoniële toom aan die pas-aangestelde Groep hoofuitvoerende beampte (GHUB) van die Suidwes Groep, dr Herman van Schalkwyk, oorhandig het. Dié toom is ’n simbool van die leierskap van die maatskappy wat aan die GHUB oorgegee word. Die gebaar het my laat besef hoe groot die rol is wat VERTROUE in die konsep van leierskap speel. Die leier moet vertrou dat die maatskappy stuurbaar is, die direksie moet vertrou dat die leier is wie hy sê hy is en die personeel moet vertrou dat die leier kan lei. Ek dink op die oomblik is die meeste Suid-Afrikaners diep onder die indruk van hoe wantroue in leierskap moraal kan laat verkrummel en die vesel van ‘n nasie daardeur dun geskuur word. Iemand moet VOOR LOOP en as die leier nie opdaag nie, daag die chaos op. Ek sal nooit die prentjie vergeet toe die huidige president voor die

www.suidwes.co.za

parlement geroep is om Nkandla te verduidelik nie. Die hele proses verander in ‘n sirkus, die honourable Malema dompel die setel van gesag in totale chaos en ... die man aan die hoof van die land staan nie op en sê, genoeg is genoeg nie. Sit net kop onderstebo. Saam met die woord leier, kom die woord karakter oor my tong. Karakter, seker die moeilikste van die elemente van leierskap om te meet. Karakter wys sy staal wanneer ‘n persoon opstaan en iets doen wanneer dinge moeilik raak. Ons SIEN nie dapperheid totdat die persoon voor die uitdaging van gevaar staan nie, ons SIEN nie nederigheid tot die persoon faal, maar opstaan en leer uit sy fout nie. Hierdie lewensveranderende geleenthede dra net BY tot karakter indien die leier die nodige nederigheid, bewustheid van self en leerbare gees het om daardeur tot selfverbetering aangemoedig en gemotiveer te word.

Ons Eie

April 2016

5


AKT UEE L

‘n Boer aan die stuur

Dr Van Schalkwyk glo dat leiers moet dien, en as sodanig met integriteit en verantwoordelikheid rigting behoort te gee. Hy het op verskeie vlakke in die universiteitsektor sy rol as leier gespeel en voel die tyd het aangebreek dat hy na ‘n ander speelveld met nuwe uitdagings moet beweeg. “Ek was nog altyd betrokke by die landbou – deeltyds as ‘n boer en voltyds as konsultant. Dit was nog altyd my droom om meer betrokke te raak en om my ondervinding en kennis terug te ploeg in dié sektor wat my so na aan die hart lê.”

Die nuwe ‘baas van die [Suidwes]plaas’ is ‘n man wat diep spore in verskeie velde getrap het. Dr Herman van Schalkwyk wat in April die leisels as Hoof Uitvoerende Beampte van Suidwes Landbou oor­geneem het, is nie net ‘n bewese bestuurder nie, hy is ook ‘n boer.

VAN SCHALKWYK WAS vir die afgelope ses jaar die rektor van die Noordwes Universiteit se Potchefstroomkampus en was voorheen vir sewe jaar die dekaan van die Fakulteit van Natuur- en Landbouwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat. “Ek is al sedert 1997 in bestuurs­ posisies. Hoewel dit akademiese bestuur was, geld dieselfde beginsels as by ander besighede. Die Potchefstroomkampus, met sy ongeveer 54 000 studente, het ‘n omset van R2,2 miljard met honderde bestuurseenhede. Om ‘n rektor te wees is dus nie ‘n akademiese pos nie, dit verg ewe veel bestuursvernuf as enige ander bestuurspos. Jy het ook ‘n begroting wat moet klop, teikens wat gehaal moet word (studente en ander

Herman van Schalkwyk saam met sy gesin afgeneem met Willem langs Herman, sy vrou Relyne, Niel en die jongste seun Herman.

6

Ons Eie

uitsette), ‘n klomp bestuurseenhede, ‘n finansiële afdeling, bemarking en kommunikasie, die registrateur of sekretarisfunksie, sekuriteit, logistiek, operasionele sake, noem maar op – mens vind dit by ‘n universiteit ook,” sê Van Schalkwyk. Behalwe vir sy akademiese loopbaan was hy ook vir ongeveer ses jaar die voorsitter van die raad van die Landbank. “Ons moes die wa in ‘n moeilike tyd deur die drif trek,” vertel hy. Dr Van Schalkwyk bestuur ook sy eie boerderybesigheid, Aginfo (handel­ drywend as AMT) vir die laaste 15 jaar en boer sedert 1992. Sy eie grond lê tussen Dealesville en Hertzogville en hy huur ook grond tussen Dealesville en Boshof asook naby Clarens. Hy boer altesaam op ongeveer 4 200 ha. “By Dealesville en Boshof boer ons met beeste (hoofsaaklik Bonsmara) en by Clarens is dit ‘n gemengde boerdery (bees, skaap, mielies en sojas). My pa kyk na die boerdery by Clarens terwyl ek omsien na die boerdery by Dealesville en Boshof. My seuns help so tussen die plase afhangend van waar hulle die meeste benodig word. Hulle was tot nou almal besig met formele opleiding (skool en/of universiteit). Die oudste maak in Junie 2016 klaar met sy opleiding en kom dan voltyds plaas toe.

April 2016

Die idee is dat hy dan as bestuurder van die plase in Dealesville en Boshof sal optree,” sê Van Schalkwyk. Onsekerheid Die landbou in Suid-Afrika gaan tans deur ‘n onseker tyd en die droogte maak die lewe nie vir boere makliker nie. Ons Eie het dr Van Schalkwyk gevra hoe hy die toekoms sien. “Dit is beslis ‘n onseker en finansieel-moeilike tyd in die landbou. Hierdie onsekerheid geld egter nie net vir die landbou nie, maar vir die breër ekonomie en die res van die wêreld. Dit is gter ook so dat elke moeilike tydperk opgevolg word deur ‘n voorspoedige een. Wat droogte betref, is die voorspellings daar dat ons aan die einde van die jaar weer ‘n nat seisoen gaan beleef. Polities dui alles daarop dat die ANC aansienlike skuiwe sal moet maak om die land se gradering en status op ‘n redelike vlak te hou. Internasionale reaksie toon dat die regerende party nie kan maak wat hy wil sonder gevolge nie. “Die groei in die wêreldbevolking veroorsaak ‘n konstante stygende vraag na landbouprodukte wat verse­ ker dat landbou ‘n belangrike sektor bly. Voorspellings vir die toekoms is dat landbou se winsgrense nie weer

www.suidwes.co.za


A K T UEE L sal daal na die vlakke voor 2007 nie. Daar is ruimte vir verdere verwerking van produkte, en geleenthede – veral met daardie produkte waarin ‘n mededingende voordeel bewerk kan word. “Die uitdaging is dus om nie in die korttermyn vas te kyk nie, maar om ‘n langtermynvisie te hê. Oor die korttermyn gaan enige besigheid deur siklusse. Geen entrepreneur mag toelaat dat korttermynuitdagings sy langtermynvisie belemmer nie. Dit is so dat hierdie droogte vir die landbousektor een van die grootste uitdagings bring. Dit maak dit moeilik om nugter besluite te neem. Dit is egter in niemand se belang dat boere die sektor verlaat nie. Daarom moet boere saam met die vennote in hulle besigheid (kredietverskaffers en dies meer) verskillende alternatiewe planne formuleer om hierdie uitdaging die hoof te bied. Die beste plan moet dan uitgevoer word. So ‘n plan sal uiteraard van boer tot boer verskil.” Toekoms van landbou “Die persepsie bestaan dat daar nie by die regerende party begrip is van die belangrike rol wat die landbousektor in die ekonomie speel nie. Die bydrae van die landbousektor tot SA se brutobinnelandse produk oor die laaste paar jaar is per slot van sake rondom 3%. Wanneer egter na die direkte, plus die indirekte bydraes gekyk word, (dws alles tot by die plaashek, voor die plaashek en daarna) gaan die bydrae tot ongeveer 25% styg. Hierdie bydrae maak die landbousektor een van die grootste indiensnemers van ons land. Die droogte toon duidelik wat die effek is wanneer landbou nie normaal kan presteer nie. Ek dink die droogte kan meehelp dat politici ‘n kopskuif maak. “Suid-Afrika is een van die lande wat die vinnigste verstedelik. Dit beteken dat al meer mense afhanklik is van voedsel wat kommersieel deur die landbousektor geproduseer word. ‘n Verswakkende wisselkoers maak invoere al duurder. Omdat landbouprodukte so ‘n groot deel van die voedselmandjie uitmaak, is dit be­langrik vir die land dat die landbou in staat gestel word om sy rol te vervul. ‘n Produktiewe landbousektor dra by tot ‘n laer inflasiekoers wat weer meehelp om ‘n laer rentekoers te bewerkstellig.”

www.suidwes.co.za

Plastic Droppers

RIDGEDROP-DROPPER TM Solied met riwwe Net R3,20 + BTW per meter

SABS getoe

ts

Aflewering moontlik • Baie sterk en solied • Liggewig • Unieke greepontwerp: riwwe • UV-beskermend vir 20 – 30 jaar • Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) • Ideaal vir elektriese heinings • Goedkoper as hout of staal!

Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60%

Isak

Tel: 083-250-5363 Tel: 012-111-0321 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za

www.plasticdroppers.co.za

GRAANHANTEERDERS laat mielie-invoere vlot verloop

Gegewe die droogte en ‘n geskatte kleiner mielie-oes, is ‘n doeltreffende mielieinvoer­program broodnodig om voedselsekerheid vir Suid-Afrika se bevolking te verseker. Die graanhanteringsketting is in die opsig besig om homself uitstekend van die taak te kwyt.

Suidwes se graanspan by die GOSA-simposium by Langebaan. TEEN MAART VANJAAR is meer as ‘n miljoen ton SuidAmerikaanse geel-mielies reeds deur die Kaapstad-, Oos-Londen-, Durban- en Port Elizabeth-hawens ingevoer en witmielie-invoere

Ons Eie

vanaf die VSA en Mexiko volg binnekort. Hierbenewens handhaaf die graanhandelaars, hawe-owerhede, Transnet en vervoermaatskappye steeds die normale invoere van kommoditeite soos koring, graansorg­

April 2016

hum, sojabone, sonneblomsaad en oliekoek vir die veevoerindustrie. “Die reusetaak word uitstekend verrig en die graanhanteringsketting verdien ‘n pluimpie hiervoor,” het Anbl 13 >>>

7


AKT UEE L

Kry die grond gesond NVIROTEK HET IN Maart ‘n werkwinkel aangebied met die tema ‘Monitor to Manage’. Die gasspreker vir die dag was Dr Doris Blaesing. Sy is ‘n assosiaatlid van ‘n konsultante-organisasie in Australië en het haar doktorsgraad in tuinbou aan die Hanover Universiteit in Duitsland verwerf. Sy fokus onder andere op geïntegreerde gewasproduksie, grondgesondheid en effektiewe gebruik van grondstowwe. Sy het met die ongeveer 150 gaste oor die bestuur van grondgesondheid gesels en te oordeel aan die hoeveelheid vrae wat gedurende vraetyd gevra is, het sy beslis die gehoor se denke gestimuleer. Volgens Dailena Pienaar (hoofuit­ voerende beampte van NviroTek) wou hulle met hierdie dag wegbreek van die formaat van inligtingsdae waar hulle gewoonlik net wys wat die laboratorium kan doen. “Ons wou mense bruikbare inligting gee en dit lyk of dit suksesvol was, ons sal dit waarskynlik in die toekoms weer so doen,” het sy gesê. Dr Hendrik Smith van NviroTek het ook oor grondgesondheid gesels. Hy het verduidelik hoekom dit belangrik is om die grond se eienskappe te verstaan om dit suksesvol te kan bestuur. “Ons moet verstaan dat grond lewe en dat die grond se gesondheid gemeet moet word aan die hand van chemiese, fisiese en biologiese eienskappe,” het hy onder andere gesê.

VARKBEDRYF

Dr Doris Blaesing is tydens vraetyd en gedurende etenstyd behoorlik gepeper met vrae.

Bekendes by die inligtingsdag was van links: Dailena Pienaar (hoof­uitvoerende beampte van NviroTek), Patrick Nelissen (groep hoofoperasionele beampte), George Potgieter (groep hooffinansiële beampte) en die voorsitter, Hansie Viljoen.

pas strukture aan DIE SA VARKVLEISPRODUSENTE-ORGANISASIE (SAVPO) het onlangs tydens ‘n mediadag in Pretoria aangekondig dat nuwe strukture vir die varkbedryf tydens hulle algemene jaarvergadering goedgekeur is. Die besluit is geneem om ‘n einde te bring aan duplisering van funksies tussen die streekkantore en hoofkantoor en sodoende beter en meer omvattende diens aan lede te kan lewer. Die nuwe struktuur sal ook verseker dat alle produsente vir die dienste betaal. In kort beteken dit dat die streekkantore gaan sluit. Dié reëlings sal in Januarie 2017 inskop indien die Nasionale Landboubemarkingsraad dit goedkeur. SAVPO dien ‘n klein, maar dinamiese bedryf met ongeveer 250 varkboere wat om en by 110 400 sôe besit. Daar is 153 geregistreerde abbatoirs wat net meer as 2,7 miljoen varke per jaar slag. Daar is ook 9 stoettelers in die SA varkbedryf. Die Noordwes-provinsie het tans 17 800 kommersiële sôe, die tweede meeste sôe naas die Wes-Kaap se 21 000.

Aan die stuur – by die mediadag, is van links Simon Streicher (HUB van SAVPO), Marieta Human (promosies), James Jenkinson (voorsitter) en Myles van Deventer (vise-voorsitter).

8

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Molatek ad

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

9


AKT UEE L

Kultivarkeuse deel van risikobestuur

MIELIEBOERE MOET HULLE prys vasmaak en nie dink dat die prys R5 000 per ton gaan haal nie, so het Willem Engelbrecht by die jaarlikse boeredag van K2 Saad op hulle proefplaas naby Bapsfontein in Maart gesê. Engelbrecht, Bestuurder: Agronomiese gewasse by K2 Saad Bemarking, is al bekend vir sy raak voorspellings. “ONS PRYSE WEERSPIEËL nie wat in die wêreld gebeur nie, die wêreldprys vir mielies is onder druk omdat daar te veel mielies is en dieselfde geld vir koring en sojas,” het hy gesê. Hy is ook bekommerd dat mieliepryse volgende jaar erg gaan val – weens oorproduksie wanneer La Nina met gevolglike baie reën, die huidige El Ninõ opvolg. “Moenie soveel mielies produseer dat ons na uitvoer-pariteit val nie,” het hy afgesluit. Besoekers het die geleentheid gehad om te gaan kyk hoe die verskillende K2-kultivars op die lande presteer. Daar was proewe van someren wintergrane, oliesade, grasse, peulgewasse en groentes te sien. K2 Saad se nasionale navorsingsbestuur­ der, Danie Leeuwner, het met hulle

10

Besoekers het die geleentheid gehad om verskeie K2 Saad-kultivars te besigtig by die jaarlikse boeredag naby Bapsfontein.

geelmieliekultivar KKS8326B gespog en gesê volgens K2 se data, wat oor twee jaar gegene­reer is, is dit na sy mening die beste geelkultivar om in die Oostelike produksiegebied te plant. “Kultivarkeuse is deel van ‘n boer se risikobestuur. Die kultivars met kleiner planttipes kan ‘n groot verskil maak, aangesien hierdie kultivars normaalweg ‘n laer vogbehoefte het,” het hy gesê. Volgens hom het die moderne kultivars oor die algemeen ‘n laer vogbehoefte per ton graan geproduseer, as tradisionele kultivars. Hy het veral ‘n nuwe witkultivar, wat komende seisoen vir die eerste keer kommersieel beskikbaar gaan wees, vir aanplanting in die Noordwes- en Vrystaatprovinsie aanbeveel.

Ons Eie

Moderne mieliekultivars het oor die algemeen ‘n laer vogbehoef­te as tradisionele kultivars.

April 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

11


AKT UEE L

Kerf bome vir veevoer Suidwes het onlangs saam met een van sy verskaffers, ABC Hansen Africa, ‘n demonstrasiedag op Jakkalskop naby Pomfret in die verre Noordwes-provinsie gehou. Die doel met die dag was om metodes vir die gebruik van bome as veevoer in die droogte te ondersoek.

dag natuurlik gedroog word voor dit deur die hamermeule gaan, daarna is dit ‘n uitstekende bron van voer vir diere. Dit kan ook met ander voedingstowwe soos molasse gemeng word en dan verpil word om vermorsing te verminder. ABC Hansen het ook hulle verpiller, die MPEL 200 beskikbaar gestel. Dié verpiller kan

Ongeveer 30 boere het kom kyk hoe bome vir veevoer verwerk kan word tydens die demonstrasiedag op Jakkalskop.

200 kg per uur verpil afhangende van die dikte van die pil wat gepers word en die hoeveelheid ruvoer in die mengsel. Die

verpiller het 7.5 kW, drie-fase krag nodig. Hier is NviroTek Laboratoriums se voerverslag.

TYDENS DIE DEMONSTRASIE is vyf verskillende bome (Swarthaak, Sangeelhout, Rosyntjiebos, Gwarriebos en Kameeldoring) opgekerf en monsters van al vyf die boomtipes is na NviroTek Laboratoriums gestuur vir ontleding vir voedsaamheid. Ongeveer 30 boere het die dag bygewoon, sommige selfs uit Botswana. ABC Hansen het hulle intreekerwer, die Grizzly 75 beskikbaar gestel vir die kerfwerk. Die Grizzly kan hout wat 75 mm dik is teen ‘n tempo van drie tot vyf kubieke meter per uur kerf. Die kerwer kom standaard uit met ‘n 12 pk Yamaha-motor, maar ‘n 13 pk Honda-motor kan ook op versoek gemonteer word. Boere by die demonstrasie was tevrede dat die houtskyfies goed sal werk nadat dit deur ‘n hamermeule fyngekap is. Die houtskyfies moet vir ‘n

12

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L >>>

Graanhanteerders natjie Loio, president van die Graanhanteringsorganisasie (GOSA) by hul 33ste jaarsimposium op Langebaan in die Wes-Kaap op 16 Maart gesê. Sy is tydens die simposium herkies as GOSA se president. Volgens Loio verkeer die landbousektor tans in die knyp weens die droogte, ‘n verswakking in die rand én ‘n gebrek aan leierskap deur die regering. Hoewel die swakker rand ‘n direkte gevolg van die regering se aanstelling van drie ministers van finansies in een week is, is dit die verbruiker wat daaronder ly en hoër pryse moet absorbeer. Die ekonoom, dr Roelof Botha, het tydens die simposium gesê die ministers van finansies-debakel kos die land tans ‘n maandelikse invoerrekening van R9,3 miljard, wat gelykstaande is aan 200 000 lae-

www.suidwes.co.za

koste huise, oftewel 37 Nkandla’s per maand. Op ‘n positiewe noot reken hy egter dat ‘n krediet-afgradering vir die land in hierdie stadium onwaarskynlik is. Suid-Afrikaners moet besef dat klimaatsverandering ‘n verdere negatiewe impak op die landboubedryf kan hê. Prof Kobus van der Walt van die Noordwes Universiteit het tydens die simposium genoem statistiek toon aan dat globale temperature teen die einde van die eeu met tot 11°C kan styg, met ekstreme weerstoestande wat algemeen kan voorkom. Hy verwag ‘n fisiese waterskaarste in 2025, wat die plaaslike landbousektor gaan dwing om gewasse meer doeltreffend met minder water te produseer. Afgevaardigdes na die simposium het bestaan uit graanhanteerders

Ons Eie

soos Afgri, Senwes, NWK, Suidwes, OVK, BKB asook die verwerkings- en distribusiebedrywe, finansierders, graanhandelaars, insetverskaffers en statutêre rolspelers. Loio het melding gemaak van die goeie bywoningsyfer en stygende ledetal

April 2016

wat die organisasie in staat stel om as medium vir bedryfspesifieke inligting op te tree. Tydens ‘n algemene jaarvergadering is GOSA se raad eenparig herkies waarna die fasilitering van opleidingswerkswinkels in die bedryf bespreek is.

13


PRO DUKNUUS

Brute krag en presisie New Holland se T9-reeks trekkers integreer brute krag met presiesieboerderystelsels. Die eindresultaat is ‘n hoë kilowatt-pakket wat optimale werkverrigting met ongekende produktiwiteit aan die boer bied. DIE T9 REEKS bestaan uit vyf modelle, naamlik die T9.450 (298 kW), die T9.505 (336 kW), T9.560 (373 kW), T9.615 (400 kW) en die T9.670 (447 kW). Hierdie kragreuse word met 13 liter-Iveco Cursor-enjins toegerus, terwyl die groter modelle met ‘n bi-turbosisteem spog om meer wringkrag teen lae enjintoere te verseker. Die vlagskiptrekkers se artikulasiestuur bring veelsydigheid na jou boerdery met ‘n kort draaisirkel wat produktiwiteit verhoog. Hierdie masjiene is die eerste keuse vir die hantering van implemente en planters vir primêre grondvoorbereiding. Dit is te danke aan die standaardtoegeruste driepuntstelsel en ‘n ten volle verstelbare, geslo­ te­baan hidrouliese sisteem met hoë hidrouliese olievloei. Hierdie trekkers word ook met outomatiese ratskakeling toegerus en spog met ‘n 16x2 “powershift”-transmissie wat wringkrag van tot 2 848 Nm verplaas deur die swaardiensaste op die groter model. Optimale flotasie en traksie is

14

te danke aan wyer bande en ‘n beladingspakket wat doelgerig saamgestel is vir Suid-Afrikaanse toestande. Met ‘n verhitte lug-suspensiesitplek, klimaatbeheerde kajuit en kontroles aan die vingerpunte van die operateur is die trekkers uiters operateursvriendelik. Dienspunte is maklik toeganklik en onderhoud word vergemaklik met verkoelers wat oopknip en wegvou om maklik skoon te maak. Vloeistofvlakke kan maklik met glasies in stede van ‘n maatstok gekontroleer word. Die T9reeks trekkers is ook ten volle toegerus met ‘n PLM-satellietstuursisteem wat maksimum produktiwiteit bied met uiterste presisie. Die stuurstelsel bestaan uit ‘n strategiesgeplaaste 372 antenna wat tussen 12 en 44 satelliete kan opvang, ‘n gemonteerde rekenaar wat die data verwerk, ‘n groot Intelliview IVkleurraakskerm waarop die inligting verskyn, sensors wat die grade waardeur gestuur word bepaal, en ‘n

Ons Eie

geïntegreerde hidrouliese klep wat verantwoordelik is vir die stuur van die trekker. Verskeie seinopsies vir korreksie is tot die boer se beskikking – dit bepaal die akkuraatheid van die bewerking. Met die aankoop van enige T9-trekker ontvang die eienaar ook een jaar gratis “Centerpoint RTX”-sein wat ‘n akkuraatheid van slegs 3.8 cm jaar tot jaar bied sonder enige duur basisstasies direk vanaf satelliete. Die sisteem kompenseer dus vir opdraendes, afdraendes, hellings, ongelyke terrein en stuur teen die kant van kontoere om nie net die trekker nie, maar ook die implement gedurigdeur op die gewensde lyn te hou. New Holland PLM (Precision Land Management) bied ‘n reeks toerusting en presisiestelsels wat doelgerig ontwikkel is volgens die boer se spesifieke behoeftes. Dit word aangewend om opbrengste te verhoog, insetkoste te beperk en produktiwiteit te verhoog. Trek voordeel uit die ongeëwenaarde presisie en betroubaarheid wat geïntegreerde PLM-stuurstelsels aan die

April 2016

moderne boer bied op enige trekker vanaf 157 kW in die New Hollandstal. Verskeie seinopsies is beskikbaar om die gewenste akkuraatheid te verkry. Data word onmiddellik beskikbaar gestel deur die gebruik van “PLM Connect Telematics”. ‘n Gevorderde reeks PLM-sagteware verseker sorgvuldige en eenvoudige dataverwerking en analisering. “PLM Intellirate” skakel oorvleueling uit en insetkoste word verminder deur variërende toediening waar seksiebeheer toegepas word. Die T9reeks trekkers beskik ook oor ISOBUS toeganklikheid vir kommunikasie en beheer van enige presisieimplement. New Holland PLM is die keuse vir enige moderne boer vir wie tyd belangrik is en wie koste moet beperk, effektiwiteit moet verhoog en in gerief die volle potensiaal van sy plaas wil benut. Die gespesialiseerde New Hollandtrekkers word gerugsteun deur ‘n landwye handelaarsnetwerk. Besoek New Holland Suid-Afrika by www.nhsa.co.za of skakel Ockert Scheepers by 0823802405.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

15


AKT UEE L

KONTREIKUIER Ons Eie het vroeër vanjaar by Piet Delport gaan kuier op sy plaas Nooitgedacht naby Migdol. Hy is al vir 18 jaar op Suidwes Landbou se direksie en daar is min wat hy nie van beeste weet nie. Hy beskou homself as een van die ‘kleiner boere’, maar kyk mens na die rye en rye trofees en rosette in sy kantoor, is dit duidelik dat hy weet wat hy doen.

Die kuns van

TELING

“Om ‘n goeie teler te wees is ‘n gawe waarmee ‘n mens gebore word. In hierdie bedryf is twee plus twee nie altyd vier nie, jy moet die aanvoeling daarvoor hê om dit goed te kan doen. En jy moet dit natuurlik met passie beoefen en elke dag daaraan werk,” vertel Piet Delport op sy plaas Nooitgedacht.

16

Ons Eie

Piet is baie lief vir sy Rooi Angusse – “dit is die grootste enkelras in die wêreld en is vir vleiskwaliteit geteel. Hulle is natuurlike poenskoppe en het ‘n baie mooi temperament. Ek hou ook van die feit dat dit ‘n suiwer ras is en dus baie goed vir kruisteling gebruik kan word. Hulle kalf ook maklik – die boer wat met Rooi Angusse boer, slaap rustig in die nag.”

April 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

1, 2 en drie – Piet Delport en sy pyp – so ken ons almal hom. EK KLIM SAAM met ‘Oom Piet’ in sy bakkie, ons gaan beeste kyk. As jy saam met Oom Piet ry, is dit nie sommer net vir inklim nie, jy moet jou kop bymekaar hou en wakker wees – en dit het niks te make met hoe hy bestuur nie. Jou brein moet wakker wees, want Oom Piet redeneer en hy filosofeer en jy moet bybly en mooi dink voor jy praat, want Oom Piet wéét, hy is ingelig. As hy oor politiek praat, gaan haal hy dinge doer ver, nog voor die Drommedaris gebou is. Maar hy is in wese ‘n beesboer – beesboerdery is sy lewe. “My ma het glo altyd vir my pa gesê hulle moet vir my wegkry van die beeste af. ‘Die kind gaan nooit ‘n vrou kry nie,’ het sy gesê.” “Kyk, in ons huis is daar van kleins af politiek, kerk, koöperasie en geskiedenis gesels,” en dit is steeds van sy gunstelingonderwerpe. Jy kom ook gou agter wanneer Piet Delport ‘kerk’ praat, is daar twee temas: die kerk as ‘n organisasie en dan God as ‘n Lewende Persoon aan wie hy besonder verknog is. Hy vertel van die keer dat hy as jongman selfs in die sinode “nie my bek kon hou nie.” Ons gesels oor die droogte wat nie wil breek nie. “Ons kry gewoonlik van 20 Januarie af reën hier by ons en ons bly glo die reën sal kom wanneer hy moet,” sê Oom Piet. Ek glo dit is net jare se boerderyondervinding wat ‘n man sy blootstelling aan die wispelturige elemente so gelate laat aanvaar.

www.suidwes.co.za

Hy vertel van vroeër jare toe dit ook moeilik gegaan het, toe almal maar die gordels moes intrek en uitgawes beperk. “Kyk, ek is nie ‘n mega-boer nie, ek boer maar op klein skaal,” vertel Piet, maar al is hy nie ‘n mega-boer nie, maak hy ‘n sukses van dit wat hy doen. Hy is ‘n ‘beesghuru’ kom ek gou agter. ‘n Mens lees van sy prestasies in die wêreld van stoetteling teen die mure in sy kantoor. Daar is nie meer plek aan die mure vir nog rosette nie, dit hang reeds drie lae diep. Prestasie Met sy Ayrshires wen hy sewe keer in twaalf jaar die Warwick 1000 ghienies (ghn) Goue Beker op die Randse Skou en vir drie jaar was hy die opvolger vir dié gesogte prys. Dié trofee is in 1885 deur die Graaf van Warrickshire aan die Randse Paasskou geskenk vir die opperste suiweldier op die skou. Dit is van nege karaat goud gemaak en het destyds 1000 gns gekos – ‘n mens kan net raai wat hierdie trofee vandag werd is. Die Randse Skou was die grootste beesskou in die land en sommige jare was daar meer as tweeduisend beeste van oor die hele land vertoon. Piet Delport het ook vier keer die Nasionale Kampioen-koei vertoon. Dié kampioenskap word slegs elke derde jaar gehou. Sy Ayrshire-kudde het menige keer die toekenning vir

Ons Eie

die hoogste produksie in die land behaal asook rekordpryse op verskeie veilings. Sy bekende bul, Hide-A-Ways Chosen Star was op sy tyd een van die bulle met die hoogste produksie ter wêreld. Taurus het later die bul gekoop. Met Sussex-beeste het die HideA-Ways-stoet, hoewel vir ‘n kort tydperk, ook sy merk gemaak. Hulle vertoon in 1989 die Kampioen-koei en behaal ook die hoogste prys op die Nasionale veiling. Die bul HideA-Ways Lightning het ook sy merk behoorlik in die Sussex-bedryf gelaat. Dit is egter nie net met beeste dat Piet Delport soveel sukses behaal nie. Hy was ook sedert 1998 vir twaalf agtereenvolgende jare die teler van kampioene met Merino-landskape. Hulle stoet het die toneel totaal en al

oorheers tot hulle uittrede in 2014. In 1998 het hy ook die goue beker vir kleinvee op die Randse Skou met sy ooi PFD96047 gewen. In 2009 koop Piet sy eerste Rooi Angus-verse en in 2013 vertoon hy die Nasionale Grootkampioen-koei en die volgende jaar wen sy bul Hide-A-Ways Uprise elke skou waar hy vertoon word. Die bul word in 2014 op die Nasionale Angus-veiling vir ‘n Suid-Afrikaanse rekordprys van R210 000 verkoop. In 2015 word hy ook bekroon as die Nasionale Senioren Grootkampioenbul. Op dieselfde skou word Piet as Teler van Kampioene asook die vertoner met die meeste punte aangewys. Hy beskryf dit as een van die hoogtepunte in sy lewe in die stoetveebedryf. bl 18 >>>

Daar is nie meer plek aan die mure van die kantoor vir nog rosette en trofees nie, dit hang reeds drie lae diep. Hendrik boer al vir die afgelope 12 jaar saam met sy pa.

April 2016

17


AKT UEE L

KONTREIKUIER >>>

Die kuns van teling Kleintyd Piet vertel dat hy reeds op vyfjarige ouderdom aan sy eerste perdeskou deelgeneem het. Sy pa het met Hackney-perde geteel en Piet was dus vertroud met skou van kleintyd af. Dit was sy droom om ‘n beoordelaar te word. “As jy die integriteit het, is dit ‘n fantastiese werk. Ek het op 19-jarige ouderdom as ‘n senior Ayrshirebeoordelaar gekwalifiseer en op 22 het ek op Hertzogville die eerste keer perde beoordeel. Ek is in 1998 deur die Duitse Merino-landskaapgenootskap genooi om in Duitsland skape te beoordeel,” vertel Piet. Vir hom was die kersie op die koek egter toe hy verlede jaar die Nasionale Kampioenskap van die swart Angusse kon beoordeel. Hy tree ook gereeld as interras-beoordelaar reg oor die land op. Dit is ‘n passie wat jou kan insluk en Piet sê: “Jy moet jou maar deur ‘n genootskap laat gebruik en misbruik as jy die passie daarvoor het.” Piet het vir 34 jaar op die Ayrshire-raad gedien, twaalf as ondervoorsitter en 16 as voorsitter. Hy het ook vir 25 jaar op die raad van die Merino-landskape gedien, tien as ondervoorsitter en twaalf as voorsitter. Hy dien die afgelope vier jaar ook op die raad van die Angusgenootskap. Die verantwoordelikheid bring egter ook voorregte – Piet het die voorreg gehad om as afgevaardigde reeds twee wêreldkongresse in Kanada en Swede by te woon. Piet se raad vir droogte is om vroegtydig voorsorg te tref. “Jy moet ‘n voerbank hê, dit is dalk nie vanjaar nodig nie, maar daar kan dalk ‘n jaar kom waar die voer wat jy geberg het, jou kudde gaan red,” sê hy. Hy meng self voer en gebruik wat hy op die plaas beskikbaar het. Hy koop net die konsentraat en meng ook sy lekke self omdat dit heelwat goedkoper is. Hy moedig boere wat in die winter in die moeilikheid geraak het aan om nie die diere van honger te laat vrek nie. “Gee eerder die diere weg aan mense wat nog voer het, gaan ‘n

18

ooreenkoms aan, soos om 50% van die kalwers terug te kry, maar moenie diere laat vrek nie – jy moet nog met jou siel ook kan saamleef,” is sy opinie. Piet boer met mielies, sonneblom en grondbone en vir die laaste 12 jaar boer sy seun, Hendrik saam met hom. Hendrik is hoofsaaklik vir die saaiery verantwoordelik.

Die boerdery het ook ‘n groot saaikomponent.

Piet se trots – dié kleurbaadjie vertel ‘n eie verhaal van jare se prestasies.

“Jy moet ‘n voerbank hê, dit is dalk nie vanjaar nodig nie, maar daar kan dalk ‘n jaar kom waar die voer wat jy geberg het, jou kudde gaan red.”

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Pannar

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

19


L A NDBO UKUNDI G

Meganisasie vir die saaiboer ARTIKEL DEUR:

Rocco Botha Hoofbestuurder van BPI Manufacturing Bothaville

Meganisasie het ‘n groot rol te speel in landbou. Dit hou nie net finansiële voordele vir produsente in nie, maar kan arbeiders se vermoëns aanvul, produktiwiteit verhoog en bydra tot die verbetering van lanbouwerkers se algemene werks­ omstandighede. Kostebesparing, optimale resultate, gemoedsrus en hoër opbrengs is alles die resultate van effektiewe mega­ nisasiebestuur.

SOMMIGE BOERE ASSOSIEER “meganisasie” met groot kapitale uitleg, maar sodra die meganisering van ‘n boerdery ondersoek word, word dit vinnig duidelik dat die voordele die nadele ver oorskry. Die aanvanklike koste van die korrekte werktuie mag dalk in sommige gevalle hoog wees, maar die besparing wat hierdie proses meebring is astronomies. Die groot geheim van meganisering is dat dit aaneenlopend moet gebeur en nie alles op een slag aangedurf moet word nie. So word die koste oor tyd geabsorbeer en is daar tyd om vir die volgende meganiseringsaankoop te beplan. Met slim transaksies en deeglike huiswerk kan koste drasties verminder word. In Suid-Afrika se onstabiele

bl 22>>>

20

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

21


L A NDBO UKUNDI G >>>

Meganisasie vir die saaiboer arbeidsmark het meganisering groot voordele. In ‘n boerdery wat effektief gemeganiseerd is, word werkverrigting minimaal deur arbeidonrus beïnvloed. ‘n Ten volle gemeganiseerde boerdery kan met enkele staatmakers die wa deur die drif trek. Tyd is natuurlik een van die groot insette wat met meganisasie bestuur kan word. Daar kan vinniger bewerk, aangeplant, bemes en gestroop word met die korrekte werktuie. Wanneer die tyd min is om die gesaaides in die grond of die oes in die silo’s te kry, gaan die gemeganiseerde boer die take baie vinniger verrig. Die tyd wat gewen word, stel die boer in staat om sy boerdery te diversifiseer en soos ‘n goed geoliede masjien te bedryf. In die huidige ekonomie is deeglike bestuur en beplanning van kardinale belang om enige besigheid winsgewend te hou. Meganisering gee toegang tot die nuutste tegnologie in die mark, so kan grondanalisestelsels verseker dat die optimale toediening of aanplanting gedoen word op ‘n gekarteerde area. Landboukundiges help met die grondontledings en volgens kartering word toedieners, strooiers, spuite en planters geprogrammeer. Met die korrekte toediening is daar nie net die voordeel van ‘n beter opbrengs nie, maar ook besparing van duur insetprodukte. ‘n Voordeel van effektiewe meganisasiebestuur, wat soos ‘n paal bo water uitstaan, is die besparing in brandstof wat dit meebring. Toetse deur verskeie maatskappye het gewys dat die tyd wat dit duur om ‘n spesifieke area te bewerk en die gevolglike brandstofverbruik, is een van die belangrikste areas waar kosteeffektiwiteit verhoog kan word. Effektiewe meganisasiebestuur verseker dat die gepaste implement met die gepaste trekker die taak in die kortste tyd afhandel. Met meganisering word daar

22

Meganisasie is die mees doeltreffende manier om ‘n boerdery winsgewend te bedryf. verseker dat die optimale platform geskep word om die beste resultate te bekom. Meganisering gee boere die gemoedsrus van masjiene wat betroubaar is, veral wanneer die hoogste werkverrigting daarvan verwag word. Meganisasie is een van die verandelikes in boerdery wat groot potensiaal het om produktiwiteit te verbeter. Menslike oordeelsfoute en die oneffektiewe gebruik van insette soos saad, kunsmis en gif is maar enkele faktore wat landbouproduktiwiteit kan affekteer. Meganisasie kan al hierdie faktore aanhelp, maar dit is nie altyd effektief om die grootste moontlike toerusting aan te koop nie, klei­ ner toerusting kan dikwels meer effektief aangewend word. Deur deeglike beplanning, ingeligte besluite en deur die gepaste produk vir jou doel aan te wend, kan meganisering op enige skaal suksesvol toegepas word.

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G

Grondversuring en Kalktoediening

ARTIKEL DEUR:

Hendrik J C Smith Grondkundige PhD (Pr.Sc.Nat.) by NviroTek

Grondversuring, naas plantbeskikbare water, is die belangrikste oorsaak dat gewasse in Suid-Afrika onderpresteer en laer as optimale opbrengste lewer. Versuring gaan gepaard met die intensiewe gebruik van die hulpbrongrond vir voedselproduksie en plant van ander gewasse. Versuring vind onder natuurlike toestande ook plaas, maar dit versnel waar grond bewerk en stikstofbevattende kunsmis ook toegedien word. Die graad van versuring is gekoppel aan die klimaat, tipe geologiese moedermateriaal, grondtipe en die gekose bewerkingspraktyk.

A

ktiewe mikrobes in die grond oksideer koolstof, stikstof en swawelreserwes in die grond. Die eindresultaat van die oksidasieprosesse wat in die grond plaasvind, is dat die H+ ione (protone) in die grond toeneem. Die H+ ver­ plaas ander katione (positiefgelaaide ione) wat op die negatiefgelaaide kleimateriaal ge-adsorbeer is wat dan met reënwater uitloog. Die eindresultaat is dus ‘n verlaging in die grond-pH as gevolg van ‘n toename in ongewenste H+ asook ‘n vermindering van gewenste voedingskatione soos Ca2+, Mg2+ en K+. Daar is eksperimenteel bevind dat suur grond onder andere voedingstekorte van Ca, Mg, P en Mo in mielies veroorsaak. Daar is ook bevind dat, hoewel voe­ dings­­elemente in die grond beskikbaar mag wees, suur grond wortelontwikkeling so benadeel dat die plant nie genoeg Ca, Mg, P en Mo kan opneem nie. Die suur toestand is onomkeerbaar en kan net reggestel word deur kalk toe te dien. Kalk bestaan hoofsaaklik uit kalsiumkarbonaat (kalsitiese kalk) of kalsium-magnesiumkarbonaat (dolomitiese kalk). Die oormaat versurende H+ in die grond word net deur die wisselwerking van Ca2+ in kontak met die H+ neutraliseer. Ca2+ verplaas H+ op die uitruilkompleks. Die karbonaat (CO3)2- bind dan met die uitgeruilde H+ teenwoordig om uiteindelik water en koolsuurgas te vorm. Die resultaat is dat die hoeveelheid H+ in die grond verlaag en die grond-pH verhoog. Die oplosbaarheid van kalk in water is laag en die kalk moet in die bo-grond ingewerk word om die kontak neutraliseringseffektiwiteit te verbeter. As gevolg van die lae oplosbaarheid van kalk in water, bevat kommersiële kalkoplossings nie genoeg opgeloste kalk (Ca2+ en CO32-) om, met behulp van lae voorgestelde toedienvolumes oor die wortelsone, die grond pH doeltreffend te verbeter nie. Die amorfe komponente in grond met min organiese materiaal word geprotoneer (toevoeging van H+) as gevolg van die teenwoordigheid van groot hoeveelhede H+ in die grond. Die protonering van die amorfe komponente in grond verhoog die positiewe ladings beskikbaar in die grond. Die verhoging van positiewe ladings het weer ‘n nadelige effek op die beskikbaarheid van molibdaat- en fosfaat­ anione. Die verlaging in die beskikbaarheid van molibdaat en fosfaat word dan as vaslegging beskryf. Wat is grond? Dit is belangrik om eers een tree terug te gee en te kyk wat die definisie van grond is. Die definisie van grond laat ons dan besef dat ons met ‘n komplekse dinamiese sisteem te make het wanneer ons boer. Definisies van grond, grondsuurheid en kalktoediening (alle definisies gebruik met vergunning van die Grondkunde Vereniging van Suid-Afrika). bl 27 >>>

24

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G

26

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Grondversuring Die DEFINISIE van grond bestaan uit drie komponente, naamlik: - Die ongekonsolideerde anorganiese en organiese materiaal op die onmiddellike oppervlak van die aarde wat as ‘n natuurlike medium vir die groei van plante dien; - Die ongekonsolideerde materiaal op die aardoppervlak wat aan genetiese en omgewingsfaktore van moedermateriaal, klimaat (insluitende neerslag en temperatuureffekte), makro- en mikroörganismes en topogra­ fie, blootgestel en daardeur beïnvloed is, wat almal oor ‘n lang tydperk werksaam was om ‘n produk - grond - te lewer wat in fisiese, chemiese, biologiese en morfologiese eienskappe en kenmerke verskil van die materiaal (rots) waaruit dit gevorm is; en - ‘n Grondsoort is die versa­

meling van grond wat eenders is wat gespesifiseerde kombinasies van eienskappe betref. Grondsoorte word volgens ‘n grondklassifikasiesisteem name gegee. Die terme “die grond” en “grond” is kollektiewe terme wat vir alle tipes grond gebruik word, soos die woord “plante­ groei” vir alle plante gebruik word. Grondsuurheid Suurgrond is ‘n algemene term wat in die praktyk verwys na grond met ‘n lae pH waarin die groei van plante gestrem kan word as gevolg van een of meer voedingsgebreke wat direk of indirek deur die grondtoestand veroorsaak word. Om grondversuring te verstaan moet ons weet hoe suur die grond is, dus moet ons meet en weet hoe om die resultaat te interpreteer. Die onderstaande definisies help ons om te verstaan wat pH is en waar die meting inpas om suur grond te beskryf:

pH (in oplossings) Die pH van ‘n oplossing is die negatiewe logaritme tot die grondtal tien van die waterstof­ ioonaktiwiteit in die oplossing. pH = -log10aH waar aH = waterstofioonaktiwiteit. NB - Indien grond se pH met een eenheid verskil, vergelyk byvoorbeeld pH 5 en ‘n grond pH 6, beteken dit dat eersgenoemde 10 keer suurder is as ‘n grond pH 6. So is ‘n grond pH 4, 100 keer suurder is as ‘n grond pH 6; en Grond-pH (in suspensies) Grond-pH is die suurheidsgraad van grond soos bepaal met ‘n glas- of ander geskikte elektrode of indikator by ‘n bepaalde verhouding van grond tot suspensiemedium of gespesifiseerde grondwaterinhoud, uitgedruk in terme van die pH-skaal. Die suspensiemediums wat gewoonlik gebruik word, is gedistilleerde water, 1M KCl en 0,01M CaCl2. Die suspensiemedium moet gespesifiseer word wanneer pH-metings gerapporteer word

(byvoorbeeld pH in water gemeet). Beskrywende terme wat met sekere aanvaarde grond-pH waardes (in water) geassosieer word, is saamgevat in Tabel 1. Kalktoediening op suurgrond Die onderstaande definisies omskryf terme wat gebruik word om die proses van kalktoedie­ ning op suur grond te omskryf: Kalktoediening – om landboukalk of enige ander bekal­kingsmateriaal aan grond te voorsien, primêr om grond­suurheid te verminder en kalsium en magnesium vir plantgroei beskikbaar te stel. Dolomitiese kalk voorsien kalsium sowel as magnesium aan grond; Kalkmateriaal – enige materiaal wat in landbou gebruik word om die pH van suurgrond tot by ‘n bevredigende vlak te verhoog. Dit kan Ca(OH)2, CaCO3, CaMg(CO3)2 en Ca Silikaat of ander neutraliserende stowwe bevat;

bl 28 >>> bl 28 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

27


L A NDBO UKUNDI G >>>

Grondversuring Tabel 1: Beskrywende Suid-Afrikaanse grondsuurheidsvlakke, gemeet in water. Beskrywing

Grond pH (water)

Uiters suur

< 4.5

Baie sterk suur

4,5 - 5,0

Sterk suur

5,1 - 5,5

Medium suur

5,6 - 6,0

Effe suur

6,1 - 6,5

Neutraal

6,6 - 7,3 (7.0)

Effe alkalies

7,4 - 7,8

Matig alkalies

7,9 - 8,4

Sterk alkalies

8,5 - 9,0

Baie sterk alkalies

> 9,0

Kalkbehoefte – die massa landboukalk, met gespesifiseerde fisiese eienskappe, of ander gespesifiseerde kalkmateriaal wat benodig word om die pH van ‘n gegewe massa grond (area en diepte) tot die gewenste vlak onder veldtoestande te verhoog; en Landboukalk – ‘n grondverbeteringsmiddel wat hoofsaaklik uit kalsiumkarbonaat bestaan, maar ook magnesiumkarbonaat en ander stowwe kan bevat. Dit word gebruik om grondsuurheid te neutraliseer en om kalsium en magnesium aan plante

te voorsien. Kalsiumkarbonaat word dikwels landbou- of kalsitiese kalk genoem om dit van dolomitiese kalk te onderskei. Dolomitiese kalk bevat minstens 15% MgCO3 terwyl kalsitiese kalk minder as 15% daarvan bevat. Erkende landboukalk wat wettig verkoop word (Wet 36 van 1947), bevat minstens 70% CaCO3-ekwivalent en die fynheidsgraad moet sodanig wees dat ten minste 50% deur ‘n 0.25 mm-sif (60-maas VSA) kan gaan en 100% deur ‘n 1.7 mm-sif (10-maas VSA).

SAMEVATTING Grondversuring is ‘n ernstige probleem in Suid-Afrika. Enige grond versuur wanneer dit bewerk word, maar die toediening van stikstof­ bevattende kunsmis versnel grondversuring. Een ton kalk per ha per jaar vir versuring van grond onder bewerking, is ‘n duimreël wat in Suid-Afrika geld. Dié reel is oor en oor met proefmonsters in laboratoriumtoetse bevestig. Die volgende aspekte is van belang met kalktoediening op suurgrond: • Die grond-pH vir permanente gewasse moet voor vestiging reggestel word; • ‘n Kalkbehoeftebepaling moet in ‘n laboratorium gedoen word om te bepaal hoeveel kalk nodig is om die grond-pH reg te stel. Kalkbehoefte is ‘n eienskap van die grond en verander nie oor tyd nie. Dit kan dus eenmalig op ‘n spesifieke grond gedoen word; • Kalk moet in die bo-grond ingewerk word om effektief te reageer (kontakreaksie); • Ondergrondsuurheid wat op dieptes van meer as 30 cm ontwikkel, is ‘n groot praktiese probleem en kan nie ekonomies reggestel word nie; • Die gehalte van die kalkproduk wat gebruik word, is van uiterste belang.Gebruik die beste gehalte produk in terme van fynheidsgraad met die hoogs moontlike harswaarde; en • Vra gerus raad van onafhanklike kundiges indien daar enige onsekerhede bestaan.

Bronne • Claassens, A.S., 2016. Persoonlike mededeling. • Du Toit, G.J., 2016. Persoonlike mededeling. • Fölscher, W.J., 1975. Die toestand van suurgrond. Fertilizer Society of South African Journal, 2, 1975, p 53 – 55. • Jansen van Rensburg, H.G.,Claassens, A.S., Beukes, D.J., 2010. Evaluation of the effect of soil acidity amelioration on maize yield and nutrient interrelationships using stepwise regression and nutrient vector analysis, S. Afr. J. Plant & Soil 2010, 27(2), p 117 – 125.

Die mielies in die voor- en agtergrond in hierdie foto het dieselfde N, P en K voedingstatus. Die mielies in voorgrond het geen kalktoediening ontvang nie en die opbrengs was 0 ton/ha-1. Die mielies in die agtergrond het die korrekte kalktoediening ontvang en ‘n opbrengs van 7 ton/ha-1 gelewer. Foto met dank aan Dr Gawie du Toit (2014-seisoen).

28

Ons Eie

April 2016 2015 Desember

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Stikstofbronne Verskeie opsies om te oorweeg

Die vraag oor watter stikstofbron gebruik moet word vir top-bemesting is ‘n vraag wat sedert die jare sestig van die vorige eeu gevra word en steeds lyk dit of daar groot verwarring is.

Vergelyking 2 ( NH4) 2 CO 3 + 2H + Ammoniumkarbonaat

ARTIKEL DEUR:

Carl Bierman

2 NH4+ + CO2 + H2O Ammonium +koolsuurgas+water

Lanboukundige: droëlandgebiede by SidiParani

Vergelyking 3

DIE REDE HIERVOOR is die feit dat die prys van die verskeie produkte gedurig wissel en sekere produkte deur middel van byvoegings soos nitrifikasie-inhibeerders en middels wat vervlugtiging van stikstof beperk, verbeter word. Insetkoste verplig die produsent om van tyd tot tyd na alternatiewe kunsmisbronne te kyk. Dit is ook raadsaam om bewus te wees van die gevare van moontlike verliese deur vervlugtiging

en loging. Ureum is een van die goedkoopste bronne van stikstof (R/kg N) en vanweë die baie hoë konsentrasie van ureum (46%) is dit ook een van die goedkoopste produkte om te vervoer en te stoor. Om ureum optimaal te gebruik is dit nodig om die potensiële vervlugtiging tot die minimum te beperk. Dit is belangrik dat ureum met grond bedek word, want ʼn tussenproduk van die che-

miese verandering wat ureum in die grond ondergaan, is ammoniakgas (NH3) wat kan vervlugtig. Ureumreaksies in die grond Vergelyking 1 (NH2) 2CO + 2H2O

(NH4) 2CO3

Ureum + water urease Ammoniumkarbonaat

NH4 + OH

NH3

Ammonium+OH

Ammoniakgas+water

+ H 2O

Urease-inhibeerders kan ammoniakvervlugtiging beperk en dit inhibeer die reaksie van vergelyking 1 en het tot gevolg dat die stikstof langer in die ureumvorm bly. Ureum, wat ‘n neutrale molekule is wat goed oplosbaar is in water, kan dus oplos en saam met die water loog. Hierdie opsie is dus minder gewens in sanderige grond waar loging van stikstof ‘n probleem kan wees.

(NH2)CO + 2H2O ))) NH4 3 HCO + OH

bl 31 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

29


NUWE PRODUKTE

NOU BESKIKBAAR BY

SUIDWES LANDBOU FLINTCO Flintco Ferto 1211 12T met 6M Auger Flintco Ferto 2017 20T met 6M Auger Flintco SF0606 Saadkar met 5M Auger Flintco Kraan Flintco SF0303 Saadkar met 5M Conveyor

R 239 474 + BTW R 296 421 +BTW R 176 000 +BTW R 217 684 + BTW R 125 052 + BTW

* Produkte mag verskil van die foto’s

HEELGOEDERE GEBRUIKTE VOORRAAD BESKRYWING

kW

MODEL

NH 6610 2WD Gebruikte Trekker CASE Farmall JX110 Rops Gebruikte Trekker CR9080 Gebruikte Stroper NH TD5.90DT Gebruikte Trekker NH T6090 Gebruikte Trekker NH TM7030 Gebruikte Trekker NH T6050 Rops 16x16-Gebruik CASE MXM 310G

66 82

2009 2013

189

2005 2013 2012 2011 2012 2008

ENGIN URE 1362

AANTAL BESKIKBAAR 3 1

VERKOOPPRYS R 150 000 +BTW R 2 500 000 +BTW

1300 3800 3000 1000 2000 5500

1 1 1 1 2 1

R 2 950 000 + BTW R 300 000 + BTW R 650 000 + BTW R 490 000 +BTW R 490 000 +BTW R 650 000 + BTW


L A NDB O UK UNDI G >>>

Stikstofbronne Tabel 1 : Risikotoestande vir ureumvervlugtiging (NH2) 2CO + 2H2O Ureum + water karbonaat

( NH4)2 CO 3 urease

Ammonium-

Urease-inhibeerder vertraag die ureaseproses hier. Vergelyking 3 vind plaas waar daar ʼn oormaat van OHione is soos in die geval van ʼn hoë-pH grond. Deur die ureum te bandplaas, word ammoniakverlies beperk en kan die ammoniak (NH3) omgeskakel word na NH4+ wat deur die klei geadsorbeer word. Tabel 1 is ’n opsomming van die faktore wat vervlugtiging van ammonium stikstowwe kan beperk of bevorder. Tabel 2 dui die gemiddelde persentasie vervlugtiging van ureum aan oor tyd as dit net op die

Hoërisikotoestande

Laerisikotoestande

Hoë temperature (> 20°C)

Lae temperature (< 20°C)

Klam grond of hoë dou

Droë grondoppervlak

Lae KUK-grond (sandgrond)

Hoë KUK (kleigrond)

Oesreste of as van gebrande materiaal

Oop skoon grond

Hoë pH en vry kalk (pH>67)

Laer pH (<6)

Langer tyd wat ureum op die oppervlak van die Kunsmis word gebandplaas 5 cm onder die oppervlak grond lê Minder as 12 mm reën of besproeiing na uitstrooi

Besproei of kry meer as 12 mm water na uitstrooi

Tabel 2: Vervlugting van Ureum by verskillende temperature oor dae uitgedruk as % van totale ureum bemes op plat oppervlak. Temperatuur (°C) Dae

7 °C

16°C

24°C

32°C

2

0

0

1

2

4

2

2

4

5

6

5

6

7

10

8

5

7

12

19

10

6

10

14

20

bl 33 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

31


L A NDBO UKUNDI G

32

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

>>>

Stikstofbronne grondoppervlak gelaat word. Let op dat ’n lae mate van vervlugtiging sal voorkom as die ureum net vir ’n dag of twee op die oppervlak van die grond lê. Tabel 3 toon die persentasie vervlugtiging by ‘n reeks van pH-waardes. Die mate van vervlugtiging by ‘n hoë pH neem baie groot afmetings aan en die bedekking van die kunsmis met grond is van uiterste belang om die verlies aan stikstof te beperk. By ‘n pH van 7.5 kon tot 44% van die ureum na 10 dae vervlugtig het as dit net op die oppervlak gelaat word. Toestande in ‘n land kan baie varieer en tabel 4 is ‘n samevatting van ‘n reeks eksperimente wat onder verskillende toestande gedoen is om die verskillende stikstofbronne te evalueer ten opsigte van vervlugtiging. Dit is belangrik om daarop te let dat feitlik alle stikstowwe met ammonium (NH4+) of ammoniak (NH3) kan aan vervlugtiging onderworpe wees.

Tabel 3: Die vervlugtiging van oppervlak toegediende stikstfof bronne soos bepaal deur verskillende navorsers onder verskillende toestande Studie toestande

Ureum

UAN

Amsulfaat

KAN

1.Temp 24 ᵒ C, pH=7.8, kleileem met vry kalk

17

21

10

5

Meyr RD,1961

11

-

14

4

Gezgin S,1995

10 - 31

14 - 37

3- 7

18

9

3

2. Veld eksperiment pH=8.4, kalkryke klei grond, KUK 24 me/100gram 3. Eksperiment, temperatuur 18 - 29ᵒC, slikleem grond KUK=14 4. Eksperiment in somer, pH5.5 slikleem, KUK=12 me/100gram

Verwysing

Lichtner W.J, 1991

Keller GD, 1986

NB. Die doel van hierdie reeks eksperimente was om te bepaal hoe die verskillende bronne t.o.v. Vervlugtiging vergelyk onde spesifieke stel toestande Tabel 4: Vervlugting van Ureum by verskillende grond pH waardes en temperature oor dae uitgedruk as % van totale ureum bemes. (Bron SSSP 24,1960) Grond pH (H2o) Dae

5

5.5

6

6.5

7

7.5

2

0

0

0

0

1

5

4

1

2

5

10

18

20

6

4

5

7

11

23

30

8

8

9

12

18

30

30

10

8

10

13

22

40

44

SAMEVATTING Dit is duidelik dat stikstof wat uitgestrooi word en nie ingewerk word nie verlore kan gaan deur vervlugtiging. Indien die grond na uitstrooi van ʼn misstof met minstens 12 mm besproei word, kan die gevare van potensiële vervlugtiging ook drasties verlaag word. Chemiese middels (urease- inhibeerder) en swaelbevattende middels kan vervlugtiging beperk. Die ekonomie van elke bemestingsaanbeveling moet egter ondersoek word. Dit word sterk aanbeveel dat alle ammoniumbevattende misstowwe 5 cm diep gebandplaas moet word. Indien mengsels wat ureum bevat as plantmengsels gebruik word, moet die kunsmisband ook veilig, weg van die saad geplaas word. Daar is ook ‘n beperking op die hoeveelheid stikstof wat in die omgewing van die saad gebandplaas kan word. Die veilige afstand vanaf die saad geld ook vir ander mengsels.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Dit word sterk aanbeveel dat alle ammonium bevattende misstowwe 5 cm diep gebandplaas moet word. Indien mengsels wat ureum bevat as plantmengsels gebruik word, moet die kunsmisband ook veilig, weg van die saad geplaas word.

April 2016

33


L A NDBO UKUNDI G

34

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

35


L A NDBO UKUNDI G

36

Ons Eie

April 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Agrikalender April tot Julie ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Koring

Die afgelope seisoen was uitermate droog. Poog om sovêr moontlik lande skoon te hou van onkruid om so veel as moontlik vog te bewaar. Maak gebruik van grondmonsters om grondvogstatus te bepaal. AKKERBOU

Bekalking is noodsaaklik waar die pH te laag is. ‘n Goeie bekalkingsprogram is meer werd as verhoogde kunsmistoediening. Bewerk lande met ‘n diep tandwerktuig om verdigtingslae op te hef. Seël die grond met ‘n vlerkskaar, eg of V-lem indien die tandwerktuig nie met ‘n roller toegerus is nie. Beheer onkruid in die lande deur selektiewe onkruiddoder te gebruik indien nodig. Plant slegs gesertifiseerde saad en kultivars wat op die meulenaars se voorkeurlyste is. Bestel die regte soort en hoeveelheid kunsmis volgens die grondontleding.

VEE

Mielies Hou lande skoon, veral die oorlêlande, om maksimale vog op te gaar deur te bewerk of te spuit. Dit sal die opbou van saad voorkom, vog bewaar en primêre bewerking vergemaklik. Waak egter daarteen om nie wortels te beskadig nie aangesien plante nog nie fisiologies volwasse is nie en skade kan voor kom. Maak ‘n opname van die onkruide in die lande. Bespreek dit met die chemiese verteenwoordiger om seker te maak dat die regte spuitprogram gevolg word die komende seisoen, om sodoende moontlike leemtes uit te skakel (breëblaar teenoor grasse). Bespreek en evalueer die pakket wat aangeplant is met die verteenwoordigers van die saadmaatskappye en maak seker dat die regte kultivars vir die volgende seisoen bestel word. Vergelyk met kultivarproewe in die omgewing. Ondersoek profielgate om te bepaal of die bewerking wat gedoen is voldoende wortelontwikkeling toegelaat het, en of daar nie ‘n beper­ kende laag gevorm het wat opgehef moet word nie. Grondmonsters moet nou geneem word. Stel pH reg deur bekalking.

Beeste Maak seker dat toerusting vir brandbestryding in orde is voordat dit regtig nodig is. Bespreek ‘n brandbestrydingsplan met die bure in die betrokke gebied. Deur georganiseerd brand te bestry is baie meer effektief as individuele pogings. Doen dragtigheidstoetse en skot onvrugbare en ou koeie uit. Onthoring kalwers voordat die horingknoppies hard word. Kastreer bulkalwers. Selekteer deurgaans vir bouvorm en vrugbaarheid. Hou diere skoon van bosluise en gewone luise. Speen kalwers in April om koeie voldoende tyd te gee om kondisie aan te sit voor die winter. Brandmerk al die diere met ‘n geregistreerde brandmerk. Voorsien deurgaans ‘n goeie fosfaatlek. Tree voorkomend op deur te ent, dit is baie goedkoper as om diere te verloor of te behandel as hulle siek is. Verseker dat diere deurgaans toegang het tot vars, skoon drinkwater.

Grondbone Inspekteer lande gereeld om die optrekdatum te bepaal. Dit word grootliks beïnvloed deur die voorkoms van siektes en blaarval. Voorkoms van swart peulvrot en blaarval behoort trekdatum te vervroeg omrede dit kwaliteit bevorder. Trek gesonde grondbone wanneer 75 % van die peule se doppe aan die binnekant bruin verkleur het. Dit is vir die meeste grondboonkultivars ongeveer 150 dae na plant. Hopies moet met ‘n skerp punt na bo gepak word om waterindringing te verhoed, sou dit reën. Meganiese uithaal van grondbone vergemaklik die oes van die bone.

Sonneblom Stroop so vroeg as moontlik en doen primêre bewerking indien moontlik om vog te bewaar en opbou van onkruidsaad te verhoed.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Skape Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Voorkomende dieregesondheid is goedkoper as behandeling. Spuit of dip skape vir brandsiekte en Australiese jeukmyt om besmetting te voorkom. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Indien moontlik kan groenvoer of Japanese radyse aangeplant word vir lammerooie of speenlammers. Broek langwol skape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Prikkelvoeding voor paartyd sal tot beter lampersentasie aanleiding gee. Goeie voeding 2 tot 3 weke na paring sal goeie besetting verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd, om ‘n goeie lammeroes te verseker. Tref betyds reëlings vir ‘n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie.

April 2016

37


L A NDBO UKUNDI G

Bestuur jou kudde in die droogte

Beskikbare weidingsmateriaal op veld (natuurlike weiding) is baie min oor groot dele van die sentrale binneland. Toestande vir ‘n verbetering van die swak weidingsituasie in die oorblywende deel van die herfs en winter is ongunstig. Afgesien van karige weidingsmateriaal wat beskikbaar is, sal die min grondvog in die lente en vroeë somer ook ‘n negatiewe effek op veldproduksie en diere hê. Oeste is reeds nadelig beïnvloed en oesreste wat normaalweg as veevoer gebruik kon word, is nie meer geredelik beskikbaar nie.

Die huidige situasie is benard, maar dit kan bestuur word. Hier is ‘n uittreksel uit ‘n verklaring deur die Rooivleisprodusent-organisasie wat die volgende maatreëls voorstel en kan help om onnodige vrektes te verhoed en finansiële verliese te verminder. Dit is deur prof HO de Waal van die Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde by Universiteit van die Vrystaat saamgestel.

Produksie en reproduksie van beeste is gewoonlik swakker tydens droogtes en diere word makliker siek - die omvang hang af van hoe ernstig die droogte is. Lakterende koeie, laat dragtige verse en speenkalwers is die kwesbaarste as gevolg van hul hoër voedingsbehoeftes. ’n Goeie begrip van die faktore is nodig vir ‘n koste-effektiewe bestuurstrategie om die gevolge van die droogte op produksie, reproduksie en gesondheid te versag. Die volgende algemene bestuursaspekte vir vleisbeeste kan oorweeg word. • Bepaal koeie en verse se dragtigheid so gou moontlik (8 weke vir koeie en 6 weke vir verse) nadat bulle verwyder is. Nie-dragtige diere kan vir uitskot geidentifiseer word. Die stadium van dragtigheid (vroeë-, mid- en laatkonsepsies) vanaf die dekseisoen moet bepaal word. • Saam met liggaamskondisie, kan die inligting gebruik word om koeie te identifiseer wat sal baat by ‘n vroegspeen en/ of strategiese aanvullingsprogram, asook die wat verkoop moet word. Ingeligte besluit­ neming skep geleentheid om die gevolge van die droogte te versag. • Skaapproduksie kan ook baie baat by die vroegspeen van lammers – die ooie word op ‘n laer

38

Ons Eie

April 2016

onderhoudsvlak gevoer en die lammers kan vinnig in ‘n kraal afgerond word. • Dieregesondheid begin by die bek. Goeie voeding is die grondslag van gesonde diere en produksie. Veranderinge in bestuur mag ook aanpassings in die program vir siektevoorko­ ming (inenting) vereis. Onthou inenting is ’n eenvoudige aksie (‘n inspuiting), terwyl opwekking van immuniteit ‘n meer komplekse proses in die dier behels wat proteïen (aminosure in die dieet) benodig om teenliggame te vervaardig. Tydens droogtes is die droë seisoene veral baie straf en die proteïeninhoud van gras laag. Tydige inenting mag oorweeg word ten einde ontwikkeling van beter immuniteit te verseker. • Drastiese veranderinge in bestuur soos die inperking in krale veroorsaak groter stress en vatbaarheid vir siektes. Die voorkoms van opportunistiese siektes mag vergroot en inen­ting word derhalwe benodig wat nie normaalweg nodig is nie. Spesifieke plaaslike toestande en omstandighede is bepalend in enige wysigings van inenting-, dip- en doseerprogramme. Bespreek enige moontlike aanpas­ sing in die siektebeheerprogram met u veearts. • Die vitamienstatus moet ook evalueer en aangevul word.

www.suidwes.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.