Ons Eie - Augustus 2014

Page 1

Augustus 2014 Jaargang 49 • 4

Lyfblad van Suidwes Beleggings Beperk

BOER IN DIE WOESTYN Terratek reeds 1 jaar in Soedan 13

NW JONGBOER

se droogte-vuurdoop 21

32

GRONDBEWERKING die grond maak die keuse



A K T UEE L

AUGUSTUS 2014 Lyfblad van Suidwes Beleggings Beperk

Jaargang 49 • 4

INHOUDSOPGAWE Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk. Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

AKTUEEL 4 5 6 8 10 13 14 16 18 21 27 28

Soos ek dit sien Op die geestelike akker Twee besonderse Suidwes-boere Nuwe tegnologie uit Triomf se stal Dié trekkers se gô is nog lank nie uit nie Speenkalfveiling op Schweizer Twaalf maande in die woestyn Suidwes Eiendomme se trots Instandhouding bou voort op wenresep Daar’s ‘n New Holland vir elke tipe boerdery Hou jou walle bymekaar KONTREIKUIER – Lobolabeeste vir ‘n jongboer Ons praat aaitiee ... Suidwes se finansierings en versekeringsbene

VOORBLADFOTO Terratek was in Julie ‘n volle jaar in Soedan met die Amtaar-projek besig. Deon Badenhorst, bestuurder: Menslike hulpbronne by Suidwes, het hierdie foto van die drie Terratek-manne geneem terwyl hulle hulle handewerk in die woestyn beskou.

8

BEMARKING

30 Verskansing versus spekulasie

PRODUKNUUS

38 Sonneblom: waar pas Clearfield in? 48 Weidingmengsels – ‘n wetenskap op sy eie

LANDBOUKUNDIG 32 Kies die regte bewerking vir die regte grond 36 Sandolien, Sandolyf of Bosysterhout 50 Die handpenetrometer – hulp met bewerkings-­ praktyke 53 Hoogloopspuite – is dié Tallboy ’n ‘bad’ of ’n ‘good boy’? 55 Agrikalender

ALGEMEEN

21 53

57 Kosmiese Kwêla – Die supermaan

Ons Eie

Augustus 2014

3


AKT UEE L

Dis ‘n pap storie ... soos ek dit sien EK GAAN SEKER slae kry oor ek dié storie oorvertel, maar ek sal maar my slae soos ‘n man vat, want die storie is werd om oorvertel te word. As ek nou nie al die technical detail heeltemal reg het nie, vra ek solank vergifnis. Dit is ‘n storie oor bande wat lekplekke kry en ‘n mens dan in allerlei moeikhede laat beland. Dit gebeur mos meestal iewers op ‘n tyd of plek waar dit ongerieflik is, soos wanneer die noodwiel ook pap is – hy sal mos nie op die plaas in die skuur staan en pap raak nie. Dit is gans te maklik om reg te maak. Die onderwerp van ‘n gesukkel met pap wiele duik in ‘n gesprek op by ons Jongboer van die Jaar, Sakkie van Zyl. Ek kuier saam met hom en sy ouers oor middagete op Rietfontein. Ek vertel van my ou XT500-motorfiets wat ek vir jare gery het met ‘n agterband wat ek met daardie ‘patch&solution’ wat in ‘n spuitkannetjie kom, reggemaak het. As jy iewers ver in die moeilikheid kom met ‘n pap wiel, dan is daai goed soos manna en kwartels ‘n wonderwerk, dit blaas sommer die band op terwyl dit die gat toesmeer. Ja, sê oom Fanie, dis nou Sakkie Jongboer se pa, hy ken daai goed, maar as jy ‘n trekkerband daarmee moet vol kry, raak dit ‘n duur saak. Hy vertel hy het sy eie plan met die ou probleempie gemaak. Dit werk glo uitstekend, veral as dit net ‘n slowleak is. Jy gooi die wiel vol verf, sê oom Fanie. Ek dink hy het iets op my gesig gelees, want hy beginne verduidelik. Jy vat PVA, dit móét PVA wees, sommer ‘n goedkoop een. Dan trek jy die band weg van die velling en gooi die verf daar in. Natuurlik moet dit ‘n tubeless wees.

4

ADRESVERANDERING

Ek wil probeer snaaks wees, “watter kleur oom Fanie?” Nee, sê hy, jy vat wit. As dit dan iewers uitloop, dan weet jy tenminste dit is die verf. En jy gooi maar genoeg, die verf moet die hele binnekant smeer en dan stop die verf daai gaatjie toe. So maklik soos dit. En Oom het dit al meermale gebruik, vra ek. Ja, dis eintlik al wat ek gebruik, werk soos ‘n bom. Maar dit het ‘n ruk gevat om die hoeveelheid reg te kry. Ja? Ek weet sommer hier kom die kruks van die saak. Ek het een slag met die bakkie ‘n pap wiel gehad en ek gee hom toe dieselfde medisyne. Ek vat toe sommer so twee halflitertjies verf, of was dit nou liters gewees? Maak nou nie saak nie, maar ons val toe in die pad en die wiel voel heel reg. Dis toe ons so hier by 80 km per uur kom, toe beginne hop die bakkie so daar aan die reggemaakte band se kant. En soos ek spoed optel, so raak daai bakkie onbeheerbaar aan die hop. Ek moet aftrek en ‘n ander plan maak, want dit werk nie. Maar die band is styf, hy blaas niks verder af nie - die verf werk. Maar ek dink dit was dalk meer as die twee liter wat ek in laat gooi het. Ek vermoed nou maar dit was die spoed se in­ werk op die band wat die verf aan die een kant van die band laat versamel het. Dit het die hele wiel van balans af gegooi en dis toe dat ons so hop-hop ry. Maar dit is nou net die helfte van die storie. Ek ken nou nie vir oom Fanie so goed nie, maar ek sien ‘n vonkel in die oog wat my laat dink hy geniet dit om ‘n goeie poets te bak ... Die snaakste is, gaan oom Fanie voort, was toe

Ons Eie

Augustus 2014

Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak­ besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang. ek die bakkie daar na Suidwes se werkwinkel op Wolmaransstad toe vat. Ek stap daar in met ‘n hou­ ding en praat die manne aan oor dié band wat hulle die vorige keer vir my reggemaak het. Ek verduidelik vir hulle mooi hoe hulle die ding opgevoeter het en dat die saak dadelik reggestel moet word, voor daai mank band iemand se dood op die pad gaan veroorsaak. Ek vermoed, vertel oom Fanie, dat die manne by die werkswinkel vandag nog probeer uitwerk hoe hulle die vorige keer verf in daai bakkie se band gekry het. Nou weet ek nie of ek moet waarsku soos hulle mos op TV soms doen nie: Do not try this at home. Jy weet, oom Fanie is ‘n gesiene en ‘n invloedryke man.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker In die stilte sal jy Sy stem hoor Teen die tweede helfte van die jaar voel ‘n mens asof die gejaag vanjaar die ergste ooit is, maar ek is seker dit voel maar elke jaar so. Daar is eenvoudig nie tyd om alles te hanteer wat hanteer moet word nie, vergeet nog van die dinge wat jy graag wil doen. ’n Week gelede pak daardie gevoel van gejaagd­ heid my weer beet, ek voel skoon uitasem. Die volgende aand by ‘n Bybestudiegroep gesels ons oor die ‘rus van God’ soos dit in Hebreërs 4 staan. Die studiegroepleier verduidelik dat hierdie rus nie net verwys na Sondag se middagslapie nie, ook nie net die hiernamaals nie, maar na ‘n rus wat alle verstand te bowe gaan. Dit is meer ‘n gemoedstoestand van kalmte ondanks jou omstandighede en dit is nóú vir ons beskikbaar. Vers 3 sê ons kan dit kry as ons glo. Dié boodskap val toe by my op goeie grond en maak wortels, maar ek verstaan nog nie alles rondom die saak nie. Ek begin soek na ‘n voorbeeld of ‘n ‘prentjie’ van hoe die rus ingegaan kan word, iets prakties om my kop en my hart en hande bymekaar te kry.

www.suidwes.co.za

So sien die Here my hart en my ‘soek’ raak en stuur vir my die boodskap via iemand wat ek nie eens ken nie, een van Sy ander kinders, Wessel van der Walt. Wessel is een van die Terratekmanne wat in Soedan werk en hy het ‘n belewenis in die woestyn gehad en hy deel sy boodskap graag met almal. Maar laat Wessel self sy storie vertel: “EK VERSTAAN VANDAG hoekom byna al die staatsmanne en prominente leiers in die geskiedenis van die platteland kom. Ek het dit in die ruimte en die stilte van hierdie woestyn beleef. Eers is daar niks en die plek is gewoon lelik. Ek weet dit gaan vir baie vreemd klink, maar dit was vir my ’n openbaring van sintuiglike en geestelike waarneming. Ek ‘hoor’ in die stilte die ‘onhoorbare’. Ek ‘sien’ in die niks die ‘gekamoefleerde’. Dit is meer ’n gewaarwording van sintuie. En skielik begin ek al my ‘hangups’ hanteer. Nêrens op hierdie planeet kon ek nog ooit so helder

Ons Eie

Augustus 2014

introspeksie doen soos hier nie. Ek dink nie ek was al ooit so bewus van my Skepper en Sy teenwoordigheid hier by my as juis hier in die woestyn nie. Ek kyk met nuwe oë na alles. Ek sien wonders raak waar ander net voortstrompel. Skielik is almal met wie ek te doen kry, vir my net nog ’n wonderwerk wat deur my God geskape is. Ek sien die magte agter die mense raak wat hulle beheer – goed of sleg – en dit was aanvanklik skrikwekkend! Hierdie klink seker soos fiksie, en ek blameer die leser nie. Al wat ek kan sê, is dat ek hierdie belewenis vir almal toewens. As jy nie verstaan waarvan ek praat nie, dan is ek baie jammer. En jy waarskynlik baie arm. Ek skryf hierdie stukkie nie vanuit myself nie, maar in opdrag van die Heilige Gees van die God van Abraham, Isak en Jakob. Daar is iemand wat hierdie boodskap sal verstaan, en baie wat hieroor sal gis. Maar vir jou vir wie dit bedoel is: Word stil, want jou gebed is gehoor. In jou stilte sal jy My Stem hoor. Selfs met geslote oë sal jy duidelik sien wat jy moet doen.” SHALOM Wessel van der Walt

5


AKT UEE L

Twee besonderse jong

SUIDWES-BOERE Twee van Suidwes se boere is vanjaar as Jongboer van die Jaar aangewys. Sakkie van Zyl van Wolmaransstadomgewing is Agri Noordwes se keuse en Boeboe Louw van Wesselsbron-distrik is Vrystaat Landbou se Jongboer-wenner.

Sakkie van Zyl van Wolmaransstad.

6

Suidwes Landbou en die redaksie van Ons Eie wens die twee jong boere ge­ luk met hierdie besonderse prestasie. Ons Eie wil die twee boere ook aan ons lesers bekendstel en gaan by elkeen afsonderlik op die plaas ‘n draai maak om te kyk hoe hulle sake bedryf. In hierdie uitgawe kan u gerus saam kuier op Sakkie van Zyl se plaas Rietfontein, Kingswood naby Wolma­ ransstad. In die volgende uitgawe maak ons dan by Boeboe Louw ‘n draai.

Boeboe en Annelize Louw van Wesselsbron.

Ons Eie

Augustus 2014

Nuwe tegnologie uit TRIOMF se stal TRIOMF kunsmis is trots om Suid-Afrika se eerste ware eenkorrel kunsmis bekend te stel. TRIOMF se NitroPlus is sedert 1 Julie 2014 die nuutste produk vanuit die TRIOMF kunsmisfabriek. NitroPlus is ‘n enkelkorrel kuns-mis met ‘n homogene samestelling van N,P,K en ander elemente in bepaalde formulasies. Dit beteken dat hierdie eerste-van-sy-soort kuns­mis, die totale formulasie van elemente algeheel in elke korrel bevat. NitroPlus se kenmerkende kleur en unieke samestelling, maak dit alombekend as die “Formule 1 GROEN kunsmis”. Die tegnologies-gevorderde nuwe NitroPlus kuns-misaanleg by TRIOMF in Potchefstroom nog ‘n eerste van sy soort in Suid-Afrika - het die kapasiteit om NitroPlus in groot maat te produseer. Die NitroPlus enkelkorrel is perfek-hard met uiters effektiewe en tydige elementvrystelling. Produsente kan uitkyk vir die kenmerkende groen korrels van hierdie baanbreker kunsmisproduk. Produsente word aangeraai om spoedig bestel­ lings te plaas. Daar is groot en positiewe reaksie met die bekendstelling van TRIOMF NitroPlus. Kontak TRIOMF Kunsmis gerus by 0861TRIOMF of by (018) 285 1291 of via e-pos by info@triomfsa.co.za

www.suidwes.co.za



AKT UEE L

Dié trekkers se gô is nog lank nie uit nie MENSE IN DIE STRAAT kom tot stilstand elke jaar as David Roux se eerste vragte begin inkom. Die rede? Vir die afgelope 24 jaar word sy eerste aflewering met veteraantrekkers gedoen. Attie Louw (bestuurder, Leeudoringstad-silo) vertel dat vandat hy in 1992 in Leeudoring­stad aangekom het, ry die trekkers elke jaar. "Die dag word eintlik deur David self gereël, gewoonlik as sy oes feitlik gereed is. Dan ry hy, vriende en lede

8

van die veteraantrekkerklub met die ou trekkers van sy plaas af Leeudoringstad-silo toe – elke trekker met ’n vrag. Na die aflaai by die silo, word daar eers met die konvooi ’n draai deur Leeudoringstad gery en dan word die trekkers voor die Rossouw Wiele-museum geparkeer en dan kuier die manne en gesels oor die ou dae." "Die manne kom gewoonlik die vorige dag al by David op sy plaas bymekaar en soms hou hulle ploegkompetisies. Dis 'n groot gekuier," sê Attie.

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

9


AKT UEE L

Speenkalfveiling op Schweizer Die jaarlikse speenkalf­vei-ling op Amalia is vanjaar deur Karoo Ochse aangebied waar 2400 diere teen ‘n gemidelde prys van R19.30/kg verkoop is. “Die omset het R14 miljoen beloop,” vertel Jeanette Rossouw (handelskassiere van Suidwes), wat die foto’s ingestuur het. Ben Aspeling (stoorbestuurder) en Rientjie Joubert (verkooppsassistent) het pryse en geskenkbewyse wat deur Suidwes geborg is, aan die wenners oorhandig. “Volgens Pieter Oberholzer, agent van Karoo Ochse, is die teenwoordigheid van Suidwes by die veiling baie waardeer. Ben en Rientjie vertel dat hulle dit veral geniet het om kliënte op ‘n ander vlak te leer ken en betrokke te wees,” sê Jeanette.

Pieter Oberholzer (middel) ontvang namens Lourens de Jager die eerste prys van R2 000 vir die beste kal­ wers op die veiling. By hom is Ben Aspeling (stoorbestuurder) en Rientjie Joubert (verkoopsassistent links op die foto). Flip Fouche het die keuring volgens voerkraal-spesifikasies gedoen.

Antonie Meyer is die trotse eienaar van die kalwers wat aan hom die tweede prys van R1 000 besorg het. Ben Aspeling en Rientjie Joubert verskyn saam met hom op die foto.

10

Ons Eie

Samuel Mere, het voorheen by Suidwes se veevoer­depot op Vryburg gewerk en is dees­ dae die trotse eienaar van ‘n beesboerdery, hy ontvang met groot opgewondenheid ‘n geskenk­ pak van Rientjie Joubert.

Christiaan Gerber ontvang namens sy pa, Frans, die derde prys van R500 en ‘n braaistel, Ben Aspeling en Rientjie Joubert oorhandig die prys.

Augustus 2014

www.suidwes.co.za



12

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Twaalf maande in die woestyn Terratek was in Julie ’n volle jaar in Noord-Soedan, maar anders as ons Bybelse Israeliete het hulle nie in die woestyn gedwaal nie. Nee, die manne van Terratek was besig, erg besig. Die projek het unieke uitdagings gehad en die feit dat daar in die woestynsand lusern verbou moes word, was maar een daarvan. Jenaan Investments, ’n ontwikkelingsmaatskappy in die Verenigde Arabiese Emirate en die Soedanse regering het kragte saamgesnoer om ’n reuselandbouprojek in die noorde van Soedan van stapel te stuur. Terratek was suksesvol in hul tender om ’n landboukundige diens te lewer aan Jenaan Investments en 12 maande gelede het die eerste groep Suid-Afrika­ners hul bagasie by die Amtaar-projek, sowat 8km buite die Al Dabbah-nedersetting neergesit. Die projek vorder • 2 000 ha lusern, Soedangras en Pearl Millet is al geplant. • Verskeie aantal snysels lusern en Soedangras is reeds suksesvol gesny, gehark en gebaal. • ’n Geskatte 12 000 ha moet oor die volgende 12 maande geplant word. • Besproeiing werk in ’n 3 ure-siklus en 20 mm water word per siklus verskaf.

www.suidwes.co.za

Die Amtaar-aanleg huisves ongeveer 300 werkers van verskillende lande en kulture waarvan daar tans sewe Suidwespersoneel is. Soedan is ’n Moslemland en die amptelike taal is Arabies. Die Suidwespersoneel woon in mobiele wooneenhede wat toegerus is met elektrisiteit, ’n eie badkamer en lugversor­gingstelsel. Die span eet ook in die bestuursmenasie saam met die bestuurskorps van Amtaar. Vir die Suid-Afrikaners bly dit maar ‘n baie vreemde land om in te woon. Die personeel daar kry swaar met die: • vreemde taal • vreemde kultuur • vreemde geloof • vreemde kos • Saharawoestyn so ver as wat die oog kan sien • hitte – gemiddeld 45 – 55° C in die somer • afstand – 320 km na die naaste dorp • Vrydag is Sondag • verlange na familie • beperkte afleiding • geen alkohol.

‘n Gedeelte van die lusernaanplanting by die Amtaar-aanleg. Kyk die woestyn in die agtergrond, dit is die grond waarin geplant word.

Dit is kameelwêreld hierdie.

PIONIERS IN DIE LAND VAN SAND – Van links is Tinus Grobbelaar, Gerald Dunhin, Jaco Sonnekus, IB Oosthuizen, Wessel van der Walt en Louis Lategan. Carl Bierman was nie beskikbaar toe die foto geneem is nie.

Ons Eie

Augustus 2014

13


AKT UEE L

Suidwes Eiendomme se trots “ONS IS BAIE trots op die vernuwingswerk wat aan die drie handelstakke op Hoopstad, Stella en Hertzogville gedoen is. Ons glo dat die verbetings wat aangebring is vir al ons klante ‘n beter koopervaring sal verseker,” het die bestuurder: Eiendomme, Ben Lubbe gesê.

Hertzogville lyk so na die opgradering.

Stella se tak na die opgradering.

Die nuwe tak op Hoopstad met die ingang wat herbou is en die kenmerkende nuwe inligtingstoonbank en verbeterde beligting.

Instandhouding bou voort op wenresep NA DIE SUKSESVOLLE verskuiwing en oprig van Reivilo se stoor het Suidwes se Instandhoudingsafdeling nou ’n tweede stoor op Hoopstad ook herbou. Besparing was die fokus met dié projek en 80% van die materiaal was herwinde materiaal afkomstig uit drie ander persele. Die stoor, van bykans 1 200m2, is opgerig met die staalkonstruksie en plate vanaf die Kingswoodsilo, staal en sinkplaatbekleding van die grondboontjiedopfabriek op Hoopstad en dakplate vanaf Reivilo. Die staal is na Leeudoringstad Ingenieursafdeling se werkswinkel vervoer en daar is die verlenging van kolomme gedoen en die geroeste dele vervang. Nadat die verfwerk gedoen is, is die staal na die perseel op Hoopstad vervoer en die oprigting het in Februarie 2014 begin. Nie minder nie as 7 500 skroewe is gebruik om die plate aan die konstruksie vas te bout. Die voltooide stoor is Mei in gebruik geneem. Unieke kenmerke van hierdie bouprojek: - Staal en bekleding is herwin uit ou konstruksies wat nie meer in gebruik was nie,

14

1

2 3

- deursigtige plate is bo aan die - plaveisel is vir die vloer in die twee sykante geïnstalleer om stoor gebruik en is baie meer natuurlike lig binne te laat. Daar is koste-effektief as ‘n gegote dus geen elektriese beligting in die sementvloer, stoor geïnstalleer nie, - die draadheining om die perseel

Ons Eie

Augustus 2014

1 Oprigting van die staal konstruksie 2 Die stoor is opgerig en die dakplate is vasgemaak. Kyk na die deursigtige plate (rooi pyl) bo-aan die sykante van die stoor wat aangebring is om lig in te laat en elektriese installasie te voorkom. 3 Die voltooide Stoor.

gaan met herwinde pallisades vervang word, en - al die werk is deur die instandhoudingspan beplan en uitgevoer - slegs plaveiers is vir die vloerinstallasie gebruik.

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

15


AKT UEE L

Daar’s ’n New Holland vir elke tipe boerdery New Holland Suid-Afrika (NHSA) het ’n omvattende reeks produkte vir die SuidAfrikaanse boer in hulle stal. Die reeks sluit ’n wye verskeidenheid brand­ stofdoeltreffende trekkers, stropers en hooimaaktoerusting in. Hierdie toerusting was vroeër vanjaar by die Nampo-Oesdag by Bothaville te sien. Die omvattende reeks trekkers sluit die kragtige T9- en T8-reeks as vlagskepe, die topverkoper T7000 en T6000-reekse, asook die brandstofdoeltreffende TD5, TD en TT kompak-reeks in. Die nuwe tweewiel-aangedrewe weergawe van die TDF-boordtrekker, wat spesiaal vir die Suid-Afrikaanse mark ontwerp is, het egter die ereplek by NAMPO gekry. Dié trekker is by die skou amptelik aan die publiek bekendgestel. Die CX5090stroper en BR-rolbalers het ook groot belangstelling by besoekers gelok.

CX5090 -STROPER Gebruiklike doeltreffendheid en veelsydigheid Die CX5090-stroper is ontwerp om doeltreffendheid en produktiwiteit vir middelslag-grootte plase aansienlik te verbeter. New Holland se vierdrom-dorstegnologie is baie veelsydig en werk op ‘n wye verskeidenheid gewasse – van graan tot sonneblom en spesialis-aanplantings. Dié tegnologie waarborg ook optimale graan- en strooigehalte. Die standaard-dorsdrom se unieke konfigurasie bied die gebruiklike gehalte en prestasie wat jy van New Holland verwag. Die “Rotary Separator” verbeter skeiding, selfs waar gewasse met ’n hoë voginhoud gestroop word. New Holland se gepatenteerde “Straw Flow™ beater” versprei die gewasse egalig oor die strooiskoppe vir verbeterde skeidingsaksie en strooivloei. Die “Opti-Thresh ™” -stelsel verseker goeie gehalte strooi vir baal. Die bekroonde Opti-Fan™ -stelsel pas die waaierspoed outomaties aan wanneer teen hellings op of af gestroop word om verliese te beperk en goeie kwaliteit graan te verseker.

TDF-BOORDTREKKERS Kompak, produktief en veelsydig Die TDF-reeks is ontwerp vir die gespesialiseerde behoeftes wat vrugteboorde, olyfboorde en wye wingerde vereis, met die regte wydte en kort draaisirkel op die tweewieldryf-weergawe. Die robuuste, eenvoudige TDF kombineer bewese ontwerpelemente met die jongste tegnologiese uitnemendheid. Die drie modelle in die reeks word aangedryf deur ’n uiters doeltreffende driesilinder-Iveco-enjin wat aan Tier III- emissievrystelling voldoen, met drywing wat wissel vanaf 48 tot 59 kilowatt. Dié enjin is ontwerp met die oog op lae brandstofverbruik en hoë werkverrigting met reserwe wringkrag van tot 46%. Die groot brandstoftenk, met ʼn kapasiteit van 80 liter, sorg vir ’n voldag se werk sonder onderbrekings. Danksy die smaller spoorwydte van die voorwiele, is die TDF-trekkerreeks geskik vir die 1,5 meter-wydtebeperking wat die verbouing van sekere gewasse vereis, terwyl die vooras en vierwielaangedrewe stelsel optimale beweeglikheid bied – selfs in nou ruimtes. Die kragaftakker beskik oor twee omwentelingsnelhede, naamlik 540 en 540 E opm wat die trekkers uiters doeltreffend vir toepassings soos bespuiting maak. Die standaard 12x12“Synchromesh”- transmissie verhoog die veelsydigheid van die TDF-trekkers verder, terwyl die opsionele 20x12kruiptransmissie minimum snelhede van tot 200m/u tot gevolg het wat geskik is vir spesifieke aanwendings.

16

New Holland se allesomvattende diens New Holland Suid-Afrika het ’n ondersteu­ ningsnetwerk van 102 handelaar-afsetpunte en twee takke, asook die New Hollandopleidingsentrum in Johannesburg.

Ons Eie

Augustus 2014

BR7060 ROLBALER Perfekte baalvorming, hoë uitset Die BR7060 is ’n rolbaler met ’n veranderbare kamer en spog met New Holland se unieke “Roll-BeltTM”ontwerp wat rollers en bande kombineer om die beste bale met eweredige digtheid en ’n perfekte afwerking te vorm. Die doeltreffende optelmeganisme en invoerstelsel verseker ’n egalige vloei van materiaal, wat hoë kapasiteit en egalige bale verseker. Die gevolg is ’n hoë uitset van stewige en goed gevormde bale van 1,2 meter wyd, met ’n deursnee van 0,9 tot en met 1,5 meter.

www.suidwes.co.za



AKT UEE L

Hou jou walle bymekaar Die veiligheid van plaasdamme onder die soeklig Daar was onlangs heelwat berigte oor grootskaalse vloedskade wat in sekere gevalle veroorsaak is nadat damme gebreek het. In verskeie provinsies het paaie en huise verspoel en krag- en telefoonnetwerke is beskadig. Dit het opnuut weer fokus op die veiligheid van plaasdamme geplaas.

18

DIE GROOTSKAALSE SKADE wat aan openbare infrastruktuur aangerig is, het dit byna onmoontlik gemaak om die totale omvang van die skade onmiddellik te bepaal. Dit was byvoorbeeld weens weggespoelde paaie vir Eskom onmoontlik om kragverbindings spoedig te herstel wat tot verdere skade en verliese gelei het. Volgens Santam Agri het verskeie gevallestudies getoon dat kleiner damme meestal breek weens die oorskryding van ‘n damoorloop “spillway” se kapasiteit. In so ‘n geval vloei water gewoonlik oor areas van die damwal wat nie van voldoende erosiebe­ skerming voorsien is nie. Die erosie verswak gewoonlik die damwal wat dit dan laat breek. Gewone reënval en afloop van reënwater wat op die kruin of helling van die damwal val, kan ook verdere erosie veroorsaak. Indien daar nie vroegtydig aan erosie op die damwal aandag gegee word en dit beperk word nie, kan dit ook lei tot die verdere verswakkking van die damwal en dit moontlik laat breek. Damme word geklassifiseer volgens die materiaal waaruit die damwal gebou is en daar word hoofsaaklik tussen grond- en be-

Ons Eie

tondamme onderskei. In Suid-Afrika word damme verder ook geklassifiseer volgens hulle veiligheidsrisiko soos vervat in die Nasionale Wet op Water (No. 36 van 1998). Die grootste veiligheidsrisiko wat verband hou met enige dam is die feit dat dit kan breek. Wanneer ‘n dam breek, sal die damwal, of ‘n gedeelte van die damwal, swig en dan in meeste gevalle ‘n vloedgolf veroorsaak. Damme wat breek is kommerwekkend omdat dit benewens grootskaalse skadeverlies, soos onlangs landswyd gesien, ook lewensverlies kan inhou. Die skade en verlies aan lewens word nie slegs beperk tot die onmiddellike omliggende area stroomaf van die dam nie. Die vloedgolf volg die natuurlike dreineringsroetes en kan heelwat verder stroomaf ook skade veroorsaak. ‘n Dam wat breek, het dus verreikende gevolge stroomaf vir die eienaar omdat die aanspreeklikheid vir enige verliese as gevolg daarvan by die eienaar van die dam lê. Santam het ‘n gedrukte pamflet, ‘Jou dam’, wat deur die Departement van Waterwese uitgegee is, beskikbaar gestel. Dit dien as ‘n handige riglyn vir dam-eienaars om

Augustus 2014

hul gronddamme en betondamme veiliger te bestuur en sodoende die risiko verbonde aan ‘n moontlike breek te verminder. Kontak Santam Agri by 012 369 1022 vir dié pamflet. Versekeraars soos Santam bied versekering vir damme aan, maar daar is sekere vereistes wat gestel word en waaraan voldoen moet word alvorens die dam oorweeg kan word vir versekering. Die vereistes sluit die volgende in: • Volledige inligting soos byvoorbeeld die ouderdom en inhoudsmaat van die dam en inligting oor die damkonstruksie, asook die koördinate van die dam, is nodig; • Damme moet kragtens die Waterwet geregistreer wees; • In sekere gevalle kan daar vereis word dat ’n ingenieur of ‘n ander professionele persoon, wat oor die nodige kennis beskik, die veiligheid van die dam ondersoek. Die polis kan ook uitgebrei word om enige aanspreeklikheidsdekking in te sluit wat uit die vloed, die bars en/of oorloop van damwalle, mag ontstaan. Bel gerus jou tussenganger of Santam-kantoor met enige verdere navrae.

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

19


AKT UEE L

20

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

KONTREIKUIER Net ’n paar kilometer anderkant die Bamboesspruit, 35 km uit Wolmaransstad, draai jy links af na Kingswood om by Rietfontein te kom waar Sakkie van Zyl boer. Hy is vanjaar Agri Noordwes se Jongboer van die Jaar en Ons Eie het by hom gaan kuier om te sien wat dit is wat dié jong man so besonders maak.

Lobolabeeste vir ‘n jongboer

Artikel en foto’s: JJJ Harmse

AGRI NOORDWES Jongboer van die Jaar Na net ‘n paar minute in Sakkie van Zyl se geselskap verstaan jy hoekom hy na net sowat drie jaar in die boerdery, raakgesien is vir die Agri Noordwes Jongboer van die Jaar-toekenning. Sy entoesiasme, nie net vir boerdery nie, maar vir die lewe, sleep jou gou-gou saam. “Boerdery is nie vir mense met ’n negatiewe uitkyk op die lewe nie. Ek weet alles is nie maanskyn en rose nie, en ons kan nie bekostig om ‘stupid’ te wees nie, dit is met nugter denke en ’n positiewe gesindheid dat ons die uitdagings in die landbou sal oorkom,” is sy filosofie. www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

SAKKIE IS NOU 34 en die jaar toe hy terugkom plaas toe om na sy studies en vyf jaar se werk in die korporatiewe landbou, te begin boer, reën dit die jaar só dat ‘alles versuip’. Die 2010/11-seisoen was besonder nat – Sakkie praat van ‘die vloed’. “Ons het by die 1 200 mm reën gehad. Ons moes sommige lande met die hand oes, want jy kon nie met ’n stroper in die lande kom nie. Ek moes op sommige plekke die beeste met ‘n trekker gaan tel het, want die bakkies het eenvoudig vasgeval. bl 23 >>>

21



>>>>>>>

Kontreikuier

Dit was ook die laaste van die groot reën, want die volgende seisoen kom die lang droogte. “My tweede seisoen op die plaas reën dit weinig, maar danksy oorgenoeg grondvog van die vorige seisoen, het ons ‘n uitstekende oes. Maar toe is die water op, en die volgende twee jaar reën dit bitter min hier in Kingswood se omgewing,” vertel hy. “Vir twee seisoene voer ek koeie met kalwers kuilvoer en hooi uit rubberbakke regdeur Desembermaand. Gelukkig het ons ‘n voerbank geskep vir sulke jare. Hierdie jaar moes ons tot middel-Januarie nog winterlek en hoendermis vir die beeste uit sit. Nee wat, ek raak nie moedeloos nie, ons maak net beter planne,” antwoord hy my, “en my pa het al oorgenoeg droogtes oorleef.” Toe die droogte hulle eie voorrade begin uitput, moes hulle gaan soek na alternatiewe weiding. Gelukkig het sy meisie (wat op 12 Julie 2014

A K T UEE L

sy verloofde geword het) se pa, wat tussen Vrede en Warden in die Vrystaat boer, ’n goeie jaar gehad en het hy en sy buurman aangebied om hulle met weiding te help. “Jy kom voor moeilike keuses te staan in sulke omstandighede, want jy moet nou

Sakkie en sy sidekick, Mauser, wat gek is na bakkiery, jy moet hom met kos van die bakkie af lok. Sy maat Morg moes tuisbly, hy jaag skape. jou kudde teen lae pryse uitdun en jy besef, jy gaan die kudde weer later moet aanvul wanneer pryse hoog is. Ons het besluit om maar op ons teelkudde te fokus. So trek ek met al ons vervangingsverse die meer as 400 km Vrede toe,” vertel Sakkie.

“Ek het die berekenings gedoen en onder die omstandighede was dit beter om die beeste na die voer te neem as om die voer na die beeste toe te bring. Ons het die jonger vervangingsverse geskuif omdat hulle ‘n beter kans gehad het om in die

Oos-Vrystaat aan te pas. Ons het verder alle ou koeie en minder produktiewe diere reeds in Desembermaand uitgehaal en verkoop en nie gewag tot April/Mei soos gewoonlik nie. Ons kon nie met swak en onproduktiewe diere sukkel nie. bl 24 >>>

“My voorgeslagte het oor jare, van ‘n klein begin af, hard gewerk om hierdie boerdery te maak wat dit vandag is. Dit vat ‘n lang tyd om ‘n boerdery van die grond af op te bou totdat dit selfversorgend is.”

www.suidwes.co.za

Ons Eie

“Dit verg baie meer bestuurs­ insette om ‘n sekere hoeveelheid omset uit vee te maak as om dieselfde hoeveelheid uit gesaaides te maak. Hoewel ek ‘n natuurlike aanvoeling vir diere het, is ek baie lief vir grond en dus vir gesaaides,” sé Sakkie van Zyl.

Augustus 2014

23


AKT UEE L >>>>>>>

Kontreikuier “Die feit dat ons saaigrond goed versprei is en dat ons voortdurend ons voerbank aanvul, het dit vir ons moontlik gemaak om die krisis te bestuur.” Hulle het die 260 verse in Junie weer gaan haal want die Oos-Vry­ staatse winters is te straf vir hulle diere. Sakkie vertel dat van die plaaswerkers verbaas was oor die klomp beeste wat in Januarie bymekaar gemaak en kraal toe gevat is vir die laaiery Vrede toe. Kobus Badenhorst, Sakkie se regterhand by die vee op die plaas, vertel toe die storie vir die werkers dat dit die beeste is wat Sakkie uitsit vir lobola wat hy aan die man op Vrede moet betaal om met sy dogter te mag trou. Die werkers was van mening dat dit darem ‘n baie ruim lobola is om vir een vrou te betaal. “Ons lag vandag nog oor dié grappie en wanneer iemand na dié verse verwys, word daar steeds van Sakkie se lobola-beeste gepraat.” “So ‘n droogte maak ‘n mens nederig. Ek was ongelooflik beïndruk met mense se vrygewigheid en

bereidwilligheid om te help. Mense het uit hulle pad gegaan om te help. Ons het ook ’n bietjie droogtehulp van Agri Noordwes ontvang en dit is al daardie bietjies wat ’n mens deur die moeilikheid kry. Ek hoop werklik dat ek ook met soveel ywer my medemens tot seën sal wees, soos diegene wat ons tydens die droogte bygestaan het,” het Sakkie gesê. “Dit is interessant hoe ‘n mens se kop onder dié omstandighede werk,” vertel Sakkie, “jy vertel jouself dat as dit volgende week nog nie gereën het nie, gaan ons maar drastiese planne moet maak. So kom volgende week en dan stel jy die drastiese planne uit tot volgende week as dit nog nie gereën het nie. So oorleef jy week na week op geloof en hoop. Ons gemeenskap op Kingswood het hier by die silo met ‘n biduur op Woensdagaande begin. Ek het daar gesien hoe manne

in die stof op hulle knieë gaan om vir uitkoms te smeek. Die biduur gaan steeds voort, al lyk dinge nou beter.” Hoe lyk die toekoms? Sakkie verwys dikwels in ons gesprek na sy voorsate. Hy is die vyfde Van Zyl wat op hierdie stuk grond boer. “Toe my oupa, Koos van Zyl, op die plaas was, en my pa nog op laerskool, moes Pa na skool in die middag met die trekkertjie en sleepwa vir my oupa bestuur terwyl Oupa kunsmis met ‘n skotteltjie oor die land uitstrooi. Dan het Oupa Koos die volgende oggend die kunsmis ingeploeg wat die vorige middag met my pa se hulp uitgestrooi is. Vanmiddag na skool moes Pa weer die trekkertjie met die wa en kunsmis vir oupa Koos dryf.” “So het my voorgeslagte oor jare, van ‘n klein begin af, hard gewerk om hierdie boerdery te maak wat dit vandag is. Dit vat ‘n lang tyd om ‘n boerdery van die grond af op te bou totdat dit selfversorgend is. Ek sien dit byvoorbeeld met my eie beeskudde. Om ‘n winsgewende boerdery van die grond af op te bou is ‘n marathon en nie ‘n “sprint” nie. Dit verg tyd en baie harde werk. Hier is baie mense se sweet oor baie jare in hierdie grond in,” vertel Sakkie.

Grondhervorming Ek vra uit oor grondhervorming. “Dit gaan op ons afkom, of ons nou wil of nie”. Dit is egter belangrik dat dit in Suid-Afrika reg gedoen word sodat landbou op die langtermyn volhoubaar kan wees tot voordeel van Suid-Afrika se mense. Die jongste voorstel van die regering wat tans op die tafel is, is nie in die praktyk haalbaar of volhoubaar nie. Hierdie voorstel skep ook baie ongemaklikheid jeens die owerheid se werklike ideale. Persoonlik dink ek dit moet, soos met die opbou van ‘n boerdery, oor ‘n lang tyd gebeur en mense wat werklik die passie en vermoë het om ‘n suksesvolle boerdery te bedryf moet begunstigdes van grondhervormingsprogramme wees. Nie individue met politieke konneksies of enige Jan Rap en sy maat wat ‘n lappie grond en ‘n koei wil hê nie. Dit kan nie binne vyf jaar reggestel word nie. Daar is al baie aksie ten opsigte van grondhervorming geneem deur produsente-organisasies soos Graan SA. Maar ongelukkig word baie van hierdie aksies nie erken nie. “As jy enigiemand net toegang tot ‘n stuk grond gee, gaan hy niks daarmee kan doen nie. Sonder ‘n titelakte in die hand is dit vir hom niks werd nie. Met die titelakte in die hand het bl 47 >>>

24

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G

26

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Ons praat aaitiee …

“Phishing”

Raak tegnologieslim NWet werp in hierdie rubriek lig op die informasie-tegnologiewêreld wat dikwels vir ‘gewone mense’ maar na duister dinge lyk.

– daar’s haaie

in die WWW-waters

Ja, die term ‘phishing’ beskryf die dade van internetskelms wat probeer om sensitiewe inligting oor ‘n niksvermoedende persoon via e-pos of die internet in te katrol en die proses herinner aan visvang. Aas word uitgegooi en sonder dat jy weet, word jy ingetrek. Daar is twee goue reëls wat hier geld en dalk kan help om jou uit die warm water te hou: - As iets te goed klink om waar te wees, dan is dit! - As jy die persoon nie ken nie, ignoreer hom. - Niks op die Internet is verniet nie. Ek het gesê TWEE goue reëls, as jy agtergekom het daar is meer, dan is jy wakker genoeg om jouself baie hartseer te spaar. Nou kan jy ophou lees as jy wil tyd spaar, want dis al

www.suidwes.co.za

wat jy moet weet om nie in hierdie visvangslagyster te trap nie, maar as jy meer wil weet, kan jy gerus aanhou lees. Wat is ‘Phishing’? Dis die uitgooi van aas – wat gewoonlik lekker lyk, jou gaan ryk maak of vrees by jou inboesem – met die hoop iemand gaan byt aan die storie, of val vir die versoeking of bang genoeg wees om gehoor te gee aan die versoek. Dis die eerste gedeelte van ‘Phishing’ – die vrees of lokaas. Die res bestaan uit iets wat JY moet DOEN, klik op ‘n skakel of aanstuur van inligting met ‘n e-pos. Die inligting kan heel onskuldig wees of reeds jou bank-ID en wagwoord (‘pin’) bevat. Daarna volg ‘n meer uitgerekte proses, maar teen hierdie tyd is jy al in die slagyster aan’t spartel. Indien hulle nie reeds jou bankbesonderhede het nie, volg daar dan ‘n bedrag wat jy aan iemand betaal vir administrasiekoste voor jy jou miljoene kan kry en skatryk aftree. Nadat die geld inbetaal is, sal jy moontlik nie weer van die skelm hoor nie – behalwe as hulle dink jy is so naïef om nog inbetalings te doen ... Die oomblik as jy jou bank-ID en “pin” aangestuur het, is daar nie veel wat

Ons Eie

enige iemand vir jou kan doen om verliese te voorkom nie. Ek kry dikwels oproepe van mense wat reeds by hierdie punt verby is en dan hulp wil hê. Voorkom dat jy ooit op dié punt beland – lees weer my intreeboodskap. Wat gemaak as jy in die strik getrap het? Maak al die nodige besonderhede bymekaar en besoek die bladsy en rapporteer die voorval by: http://cybercrime.org.za/reporting Rapporteer die saak by die SAPS en rapporteer by jou bank met die saaknommer van die SAPS. Hoekom val ons hiervoor? Daar is ’n paar redes waarom ons so maklik ingesleep word by kuberslenters en dan skade ly. Ons is bloot naïef en vertrou te maklik. Ons is gekondisioneer met mooi soetsappige, onskuldige boodskappies op Facebook en ons word gekonfronteer met alles en almal wat jou wil “friend” of wat vir jou kwansuis lief is. Ons vergeet te maklik daar is skelms om elke draai op die Internet. Wenk: Moenie almal vertrou nie! As jy ‘n aanbod kry van ‘n vreemdeling, hanteer dit as sodanig of bly eerder weg.

Augustus 2014

Een van die ander groot oorsake vind sy oorsprong in ons moeilike ekonomiese klimaat: Ons kry finansieel swaar of ons dink ons kan baie beter doen vir ons families en huisgesinne en as die eerste lokaas kom, val ons pens-en-pootjies vir die skelmstreek om vinnig ryk te word. Laastens speel ons vertroue in antivirus-programme ook ‘n rol. Ons aanvaar as die programme op datum is, beskerm dit ons teen “stupid­ geit” – verskoon my Afrikaans! Dit is belangrik om die programme op datum te hou, maar dit vul net ‘n goeie verstand aan in die voorsorgketting. Ek volstaan, daar is ‘n legio ander maatreëls en inligting wat ek met julle kan deel. Om meer te lees oor die onderwerp, gaan kyk by die volgende skakels: http://www.techrepublic.com/ blog/10-things/10-tips-for-spottinga-phishing-email/ http://za.norton.com/7-tips-toprotect-against-phishing/article Rapporteer gerus enige verdagte e-pos by die NWET Hulplyn (018 581 0200) en sterkte, mag jy nooit in die visier van die geldwolwe kom nie en as jy wel daar beland, dink vinnig en bly veilig!

27


AKT UEE L

SUIDWES se finansierings en versekeringsbene SUIDWES FIN BESTAAN uit twee besighede, Suidwes Fin vir finansiering van kliënte in die primêre sowel as sekondêre landbousektore en Suidwesfin vir versekering. Dié twee besighede lewer ‘n aansienlike bydrae tot die Suidwes Groep se finansiële resultate deur uitmuntende dienslewering en innoverende finansie­ rings- en versekeringsprodukte aan die kliënte te verskaf. Suidwes Fin se perso­

Suidwes Fin – Finansiering VERHOUDING­ BESTUURDER

STREEK

KONTAKNOMMER

Louis Botha

Leeudoringstad, Wolmaransstad, Makwassie, Bamboesspruit, Kingswood, Ottosdal

Tel: 018 581 1083 Faks: 018 581 1523 Sel: 082 884 3296

Suidwesfin – Versekering ADVISEUR EN E-POS

STREEK

KONTAKNOMMER

Genévieve McEntee

Gary Middleton garym@suidwes.co.za

Schweizer-Renecke

Tel: 053 963 1161 Faks: 053 963 1273 Sel: 082 888 6087

Christiana, Bloemhof, Hartswater, Jan Kempdorp, Barkley-Wes

Tel: 053 441 2232 Faks: 053 441 2233 Sel: 082 809 6523

Frank Voigt

Marita Burger maritab@suidwes.co.za

Vryburg

Tel: 053 927 5681 Faks: 053 927 5686 Sel: 083 888 6095

Schweizer-Renecke, Migdol, Delareyville, Amalia, Bloemhof

Tel: 053 963 2145 Faks: 053 963 1273 Sel: 082 888 6068

Gysia Jansen

Blikkies Blignaut blikkiesb@suidwes.co.za

Wolmaransstad

Tel: 018 596 2320 Faks: 018 596 2394 Sel: 082 883 4699

Vryburg, Stella, Tosca, Reivilo, Kameel, Mareetsane

Tel: 053 927 5681 Faks: 053 927 5686 Sel: 082 888 6104

Marius van den Berg Hoëveld

Isabel Hattingh isabelh@suidwes.co.za

Christiana

Tel: 053 441 2213 Faks: 053 441 2233 Sel: 082 888 6098

Tel: 013 665 5062 Sel: 083 635 2869

Danie Venter

Tel: 057 899 1381 Sel: 071 440 2655

Venessa Oldewage venessao@suidwes.co.za

Leeudoringstad, Bothaville

Tel: 018 581 2515 Faks: 018 581 2512 Sel: 082 909 9644

Wesselsbron, Hoopstad, Bultfontein, Henneman, Welkom, Theunissen

Inge Oelfken

Bothaville, Viljoenskroon

Peet Struwig peets@suidwes.co.za

Leeudoringstad: Lewensversekering

Tel: 018 581 1255 Faks: 018 581 1526 Sel: 072 542 9040

Tel: 056 515 4576 Faks: 056 515 4750 Sel: 079 513 7709

Wim Grobbelaar

Hoopstad, Hertzogville, Boshof en Bloemhof

Sel: 076 981 4896

neel is mense met integriteit wie se woord nog sy eer is, wat ‘n kliënt tuis kan laat voel en altyd bereid is om daardie ekstra tree saam met die kliënt te gee. Finansiering het tans agt kantore reg oor die streek om optimale diens­lewering te verseker. Elke kantoor het ‘n bekwame verhoudingsbestuur­ der wat kliënte met kundige advies en ‘n verskeidenheid finansieringsopsies kan bedien. Versekering bestaan uit vyf korttermyn-versekeringsadviseurs en een lewens­ versekerings­adviseur. Kontak gerus u naaste verhou­dingsbestuurder en adviseur en vind uit hoe Suidwes Fin u kan bystaan met u finansierings- en risikobe­ stuursbehoeftes.

28

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

29


BEMARK I NG

DIE A-Z VAN GRAANBEMARKING – DEEL 1

(1) ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Verskansing versus Spekulasie

In dié artikel bespreek Christo Smit die verskil tussen verskansing en spekulasie. In die volgende uitgawe gaan hy voort met ’n artikel oor verskillende strategieë met prysvastelling.

30

Ons Eie

Augustus 2014

VERSKANSING GAAN OOR die beskerming van ‘n prys, meestal op fisiese graan. Die graan kan op die land wees en gaan in die toekoms gestroop word, of die graan kan in ’n silo wees. Spekulasie aan die ander kant, vind plaas wanneer daar deur middel van prysbeweging wins gemaak word. Spekulasie kan in ‘n stygende of dalende mark gedoen word.

www.suidwes.co.za


B EM A RK I NG Verskansing Verskansing beteken om prys te beskerm. ’n Afgeleide instrument wat gebruik kan word, is ‘n verkoopopsie (‘n “put”) wat gekoop kan word. ‘n Verkoopopsie gee die reg, maar nie die verpligting nie om ‘n kommoditeit teen ‘n bepaalde prys te lewer. ‘n Opsie se waarde word bepaal deur verskeie faktore soos tydsduur, tydwaarde, die trefprys (“strike”) van die onderliggende kommoditeit vir ‘n bepaalde maand, die volatiliteit van die mark, en hoe likied verhandeling van die kom­ moditeit is. Dié strategie word gevolg indien ‘n daling in prys verwag word. Indien die prys nie daal nie, verloor die verkoopopsie (“put”) waarde en verval nutteloos aan die einde van sy leeftyd. Indien pryse egter daal, neem die waarde van die verkoopopsie toe, gevolglik kan daar teen die verkoopopsie graan gelewer word teen ‘n minimumprys, of alternatiewelik kan die opsie op die mark verkoop word. Wins kan op die aanvanklike waarde gemaak word. Verskansing se verliese is beperk tot die koste van die opsies. Verkansing kan dus beskou word as bekend, beperk en bekostigbaar. Die opsie se prys is bekend, die koste is beperk en die prys is bekostigbaar. Opsies, hetsy koop- (“call”) of verkoopopsies (“put”), is relatief duur. Ongeveer 10% van die kommoditeit se waarde oor ‘n periode van ses maande. ‘n Opsie se waarde word logaritmies bepaal en verloor oor die eerste derde van sy leeftyd relatief min waarde, maar gedurende die laaste derde word die meeste tydwaarde verloor. ’n Koopopsie gee die reg maar nie die verpligting nie om graan teen ‘n vasgestelde prys te koop. ‘n Koopsopsie (“call”) word gekoop indien verwag word dat die prys sal styg. Dit word gedoen om die heersende prys te beskerm, maar terselfdertyd te deel in opwaartse prysbeweging. Indien die prys tot bokant die vlak waarteen die koop­ opsie gekoop is sou styg (“strike”), neem die waarde toe.

· Moenie verskansing doen met ‘n bepaalde marksiening nie. · Daar moet altyd ’n vloerprys met opwaartse potensiaal in plek wees, dus ‘n minimum­ prys. · Dieselfde verskansingsplan moet elke jaar nagevolg word om sukses te verseker. Hoe lyk my graan in die mark? Graan word in Oktober tot middel Desember geplant om gedurende Mei tot Augustus gestroop te word. Die graan is blootgestel aan markbeweging, opwaarts of afwaarts. Indien die graan op die mark geprys word, kom ‘n termynkontrak tot stand. So ‘n kontrak het marges wat daagliks in stand gehou moet word tot en met lewering.

‘n Paar verhandelingsterme: Lank gaan beteken om te koop Kort gaan beteken om te verkoop Verkoopopsie is ‘n “put” Koopopsie is ‘n “call” Trefprys is “strike”

Fisiese graan op die land of in die silo het presies dieselfde markblootstelling, behalwe dat daar nie ‘n kontantvloei impli­ kasie is nie. Die kontantvloei is nodig om marges op die beurs in stand te hou. ‘n Koste wat wel ter sprake is met fisiese graan in die silo, is die dagstoortarief wat die silo-eienaar hef. Die koste van kapitaal wat vasgevang is in die kommoditeit se waarde word nie verdiskonteer nie (Rente op kapitaal).

Spekulasie Spekulasie is om ‘n marksiening te hê en dienooreenkomstig posisies in die afgeleide markte in te neem om ‘n wins te realiseer indien die siening korrek is. Indien die siening verkeerd is, kan dit tot onbeperkte verliese lei. Die wins of verlies is een op een. Dit beteken dat vir elke rand beweging op die beurs, die termynkontrak ook met ‘n rand beweeg. Indien ‘n produsent wat graan op die land het, lank gaan, is hy dubbeld lank, as die graan op die land nie geprys is nie. Die risiko van so ‘n strategie is groot, aangesien die prys kan daal en die produsent op die fisiese graan sowel as op die termynkontrak of “future” verloor. PRYSRISIKO’S Verstaan jou graanmark Pryse kan bestuur word deur gebruik te maak van verskansing. Verder in die artikel word praktiese voorbeelde bespreek. Graanprodusente wat SAFEX verstaan, kan hul prysrisiko’s bestuur. Die bestuur van risiko en spekulasie moet egter nie verwar word nie. Spekulasie kan tot groot finansiële verliese aanleiding gee indien dit nie met groot omsigtigheid gedoen word nie. Produsente moet ingelig wees oor die werking van SAFEX om prysrisiko’s te bestuur. Graanprodusente is blootgestel aan ‘n magdom internasionale en plaaslike veranderlikes, tesame met groot volatiliteit wat ‘n graanboer­ dery oornag kan beïnvloed. SAFEX, tesame met goeie advies, kan bydra om prysrisiko’s te verminder. Die volgende reëls kan dien as hulpmiddel om risiko’s te beperk en besluitneming te vergemaklik – pas die beginsels as ’n duimreël toe:

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

31


L A NDBO UKUNDI G

Kies die regte bewerking vir die regte grond ARTIKEL DEUR:

Dr JA Janse van Vuuren (links) en Lodewyk Bruwer (regs) Direkteur by TRIOMF Advanced Nutrients Grondkundige by TRIOMF Agri Xcellence

Grondbewerking is ‘n onderwerp wat baie bespreking in die landbousektor aanwakker. ‘n Landbou-onderneming se basiese hulpbron - grond – sal grotendeels bepaal wat die korrekte bewerkingspraktyke is om te volg, hoewel die beskikbare implemente en die omgewing se siektedruk ook ‘n invloed het. Dit is belangrik om die fisiese eienskappe van grond te verstaan om die regte praktyk vir die plaas te bepaal. Die westelike mielieproduserende areas in Suid-Afrika is bekend vir die relatief sanderige aard van die meeste grond wat daar voorkom. Hierdie grond is dikwels geneig om te verdig, ‘n maklike praktiese reël is dat grond met kleipersentasies van laer as 20% ‘n groot verdigtingsrisiko inhou, hoewel daar uitsonde-rings is. Diep bewerkingsaksies, gewoonlik met ‘n tand- of skoffelimplement, is bykans jaarliks nodig. Spoorver­ keer kan hierdie tydperk verleng. Daar is egter baie variasie tussen streke en selfs plase. Veral

32

laagliggende dele naby riviere, panne en spruite het dikwels ‘natter’ eienskappe en moet anders bestuur word indien dit ekonomies regverdigbaar is. Hierdie grond, wat gewoonlik ‘n sagte plintiese, pedo- of neoku­ taniese horison bevat, moet vlak bewerk word. Indien ploegak­ sies daarop uitgeoefen word, word die ondergondmateriaal wat oor die algemeen ‘n hoë natrium- en magnesiuminhoud het, na die oppervlak gebring. Dit het ‘n negatiewe effek op die grond se waterinfiltrasiever­

Evaluering van bewerkingspraktyke met inagneming van grondfisiese eienskappe moë, deurlugting en algemene vrugbaarheid. Die grondop­ pervlak kan in hierdie gevalle tot op ’n diepte van sowat 35 cm met tand- of skottelimplemente bewerk word. Dit is altyd ‘n goeie praktyk om organiese materiaal op die land te los. Die terme minimumen geenbewerking verwys na die minimale versteuring van grond. Verlaagde brandstofkoste en opbouing van grondvrug­ baarheid is van die voordele hiervan. Die grondeienskappe moet egter as die finale para-

meter gebruik word wanneer ‘n bewerkingsprogram beplan word. Dit is dikwels nodig om sones op ‘n plaas verskillend te bestuur om maksimum doeltref­ fendheid te verseker. Sekere grondtipes presteer dus beter onder geen- en minimumbe­ werkingspraktyke as ander. Profielgatinspeksies bly die akkuraatste metode om ver­ digting in grond te monitor. Die beste tyd om inspeksies te doen is gedurende die vegetatiewe en vroeë blomstadiums van die

bl 34 >>>

Sandgronde is veral geneig om te verdig en diepbewerking is van tyd tot tyd nodig.

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G

Kies die regte bewerking

>>>

gewas. Wortelpatrone is dan duidelik sigbaar en die volgende seisoen se bewerkingsprogram kan akkurater beplan word. Kartering is ‘n proses waar­ deur die fisiese eienskappe van die grond vasgestel en op kaarte aangedui word sodat die beste bestuursriglyne bepaal kan word. ‘n Produk bekend as ‘Seisoenpotensiaalbepaling’ is ontwikkel wat veral goed werk in areas met relatief min variasie in grondeienskappe. ‘n Wye area kan maklik gedek word deur in­ speksiepunte verder uitmekaar te maak as met die tradisionele gedetailleerde klassifikasie. Inspeksiepunte word sowat 5 tot 10 ha uitmekaar versprei afhangende van topografie en variasie. Praktiese bestuursones word sodoende geïdentifiseer. Die enkele grootste oor­ saak van grondversuring is die gebruik van gereduseerde stikstofbronne wat tydens die nitrifikasieproses suur vrystel. Dit is veral belangrik met planttyd wanneer kunsmis in

34

die afwesigheid van aktiewe wortels gebandplaas word. Die salpetersuur wat so gevorm word, veroorsaak ‘n versuurde sone in die bandomgewing, met pH-waardes van 1 tot 2 pH eenhede laer as die res van die grondomgewing. Wanneer kalk tydens grond­ voorbereiding toegedien word, word die kalkbehoefte van die grond opgehef. Weens die hoër suurheid in die bandomgewing, word daar dus nie voldoende kalk toegedien nie. Dié probleem kan met vloeibare kalk opgelos word. Genoegsame vloeibare kalk kan in die band toegedien word om die potensiële suur te neu­ traliseer wat deur die vrysuur van gereduseerde stikstof vanaf ammonium en ureum, asook die vry suur vanaf MAP en superfos­ faat, gevorm kan word. Deur hierdie praktyk te volg kan die tussenposes van bekalking verleng word. Dit is raadsaam om goeie professionele landboukundige

Ons Eie

Profielgatinspeksies gedurende die groeiseisoen is ‘n nuttige hulp­ middel om die grond se weerstand teen wortelpenetrasie vas te stel. advies in te win soos by wyse van ‘n Akkurate-Agri span. Sulke agronome spesialiseer in die evaluering van die grond se fisiese eienskappe waardeur akkurate afleidings rakende die korrekte bemestings-, bewerkings- en besproeiingspraktyke gemaak kan word.

Augustus 2014

Dit is dikwels nodig om sones op ‘n plaas verskillend te bestuur om maksimum doeltreffendheid te verseker.

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

35


L A NDBO UKUNDI G

PROBLEEMPLANTE IN ONS GEBIED – DEEL 33

Sandolien, Sandolyf of Bosysterhout Dodonaea viscosa Jacq. ARTIKEL DEUR:

Dr Franci Jordaan Spesialis-Wetenskaplike van die Afdeling Weiding, Departement Landbou, en Landelike Ontwikkeling, Potchefstroom

Daar word gesê dat die sandolien inheems is aan lande soos Suid-Afrika, Australië, NieuSeeland, Tanzanië, Etiopië en Kenia. Dit het ook reeds versprei na lande soos Amerika en Indië en ander Afrikalande soos Botswana, Zimbabwe en Mosambiek. In Suid-Afrika is die sandolien ʼn probleemplant in veral Limpopo en die Noordwes Provinsie. Dodonaea is afgelei van die naam van ʼn Vlaamse doktor en plantkundige, Rembert Dodoens, terwyl viscosa verwys na die taai gomlagie op die blare wat ʼn blink voorkoms daaraan verleen. Beskrywing Sandolien word beskryf as ʼn struik of klein boom wat gewoonlik 3 – 5 meter hoog is, maar wat tot 10 meter hoog kan word. Die bas is donkergrys met duidelike groewe en dit skeur maklik in repe af. Die takkies van die plant is roes-rooi van kleur en taaierig. Die blare is afwisse­ lend en eenvoudig saamgestel, smal ellipties in vorm met ʼn skerp of soms ook ronde punt. Die blaarrande is glad. Die blare skei ʼn gomagtige lagie af wat veroorsaak dat dit ʼn blink voorkoms het. Die blomme is geel-groen en word okselstandig gedra in are of pluime. Die manlike en vrou­ like blomme word gewoonlik op verskillende bome gedra, maar soms word biseksuele bome (dra manlike en vroulike blomme) tog aangetref. Die blomme kom gewoonlik vanaf

36

April tot Augustus voor. Die vrug is ʼn kapsule waaraan twee tot drie papieragtige vlerke, wat vaalbruin tot koraalpienk van kleur kan wees, voorkom. Die vrugte ontwikkel vanaf Mei tot Oktober. Die sade is swart, plat en glad. Die sandolien beskik oor ʼn baie goed ontwikkelde tweeledige wortelstelsel. Die laterale wortels wat net onder die grondoppervlak voorkom, kan vanaf 1.2 – 14 meter vanaf die moederplant strek, terwyl die penwortel tussen 12 en 14 meter diep kan wees. Groei en ontwikkeling Die sandolien is ʼn meerjarige struik/boom wat aktief in die somer groei. Die uitgebreide, goed ontwikkelde wortelstelsel begin baie gou na ontkieming ontwikkel en dit maak die plant uiters kompeterend vir vog en voedingstowwe. Die sando­

Ons Eie

lien kan binne drie jaar nadat dit gevestig het, begin blom en aan lewensvatbare sade oorsprong gee. Dit is bekend dat hierdie plante geweldig baie sade vorm – ongeveer 100 000 sade per kilogram. Die sade ontkiem gewoonlik by 16 – 22°C en die kiempersentasie is ongeveer 75% na 15 dae. Bestuiwing tussen die manlike en vroulike blomme vind hoof­ saaklik plaas deur middel van wind, hoewel bye soms ook ʼn rol kan speel. Die vrugte neem ongeveer 10 tot 11 maande om ryp te word na blomvorm­ ing. Hierdie plante is relatief goed bestand teen droogtes, terwyl hul bestandheid teen ryp wissel. Habitatvoorkeure Die sandolien is aangepas om in ʼn wye reeks klimaatsones en grondtipes aan te pas. In

Augustus 2014

Suid-Afrika word dit aangetref in droë- en semi-droë gebiede asook aan die rante van immer­ groen woude. Dit word egter meestal aangetref op goedgedreineerde sanderige grond of klip­ perige koppies. Die reënval­ gradiënt waarin hierdie bome voorkom, kan wissel van 450 mm reënval per jaar tot baie hoër. Die bome floreer veral op versteurde grond en dit kan dikwels ʼn mono-stand in versteurde grond vorm. Ekonomiese voordele Die sandolien het baie ge­ bruike: Medisyne – verskeie dele van die plant, maar veral die blare, word vir ʼn groot verskeidenheid siektetoestande aangewend, byvoorbeeld vir griep, seerkeel,

bl 40 >>>

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

37


PRO MO SIE-ART I K EL

Sonneblom: Waar pas Clearfield in? Artikel deur: Joubert Swanepoel, Landboukundige by Agricol Sonneblom is een van min gewasse wat wyd aangepas is vir die Suid-Afrikaanse klimaat. Selfs onder strawwe produksietoe­ stande soos uiterste droogte of ekstreme nat toestande kan hierdie gewas goeie opbrengste lewer. Clearfield-tegnologie, wat boere in staat stel om sonneblom te bespuit met ‘n breëblaar onkruiddoder, maak dit nog geriefliker om sonneblom as ‘n rotasiegewas te plant. Die vraag moet egter gevra word: Is die mark besig om oor te beweeg na Clearfield-sonneblom of is dit bloot spekulasie?

Hoewel Clearfield-tegnologie ‘n groot mate van gerief vir die produsent in­ hou moet hy nie uit die oog verloor dat Clearfield-sonneblom vir ‘n spesifieke doel ontwikkel is nie. Oorspronklik bedoel vir boere wat hoë onkruiddruk in hulle lande ervaar of vir boere wat ‘n geen-bewerking­ stelsel implementeer; kan Clearfield voordelig wees, mits bespuitings baie ak­ kuraat en met die nodige presisie uitgevoer word. Onthou egter dat Clearfield-sonne­ blom nie ‘n volledige onkruiddoderpro­ gram vir sonneblomprodusente is nie en dat daar steeds van ander onkruiddoders gebruik gemaak sal moet word afhangende

van produksietoestande. As ‘n reël be­ hoort lande sonder probleme nie met ‘n Clearfield-kultivar aangeplant te word nie. Konvensionele sonneblom kan baie vinnig ’n effektiewe blaarkoepel vorm wat onkruid­ kompetisie doeltreffend onderdruk. Daar moet in gedagte gehou word dat Clearfield-sonneblom se produksiekoste hoër kan wees as dié van konvensionele sonneblom. Sonneblomprodusente moet dus eerder langtermyn beproefde sonne­ blomkultivars plant as om op korttermyn­ data te fokus waaroor daar baie onsekerheid is. Bring ook in berekening dat daar ‘n wag­ periode is vir sekere opvolggewasse na ‘n land met Clearfield-sonneblom geplant was. Langtermyn stabiliteit in opbrengs behoort vir sonneblomprodusente die grootste oorweging te wees wanneer kultivarkeuses gemaak word. Vir jare al verras Agricol se AGSUN-sonneblomreeks produsente met hul stabiliteit in opbrengs en siekteverdraagsaamheid. AGSUN 8251 wat die vlagskipkultivar van hierdie reeks is, spog onder sonneblombasters op die mark met die hoogste langtermyn gemid­ delde opbrengs oor al die opbrengspoten­ siaal gebiede. Hierdie feite word verder weerspieël in die nasionale kultivarproewe. ‘n Nuwe toetreder tot die mark is die baie aanpasbare AGSUN 5278 en kom veral tot sy reg in pakketaanplantings met AGSUN 8251. Nog ‘n voorbeeld van stabiliteit is die immer gewilde AGSUN 5264 wat uitstekend vaar met vroeë en laat aanplantings. Met opbrengs as maatstaf is Agricol se AGSUNsonneblomreeks sinoniem met langtermyn stabiliteit en sukses.

Skakel gerus een van ons kundige bemarkers vir verdere navrae: Vrystaat en Noordwes – Henk Crafford (078 459 4833) Noordwes, Noord Vrystaat en Botswana – Cliffe Deacon (083 441 0242) Noordwes – Franco Marais (081 018 3296) Limpopo en Gauteng – Willem Labuschagne (083 501 0109) Mpumalanga – Daneel Fourie (083 461 6671) Mpumalanga – Anina Snyman (082 772 5769) Noord-Kaap, Vrystaat en Namibië – Andreaco le Grange (083 631 7716) Kleinboer ontwikkeling – Lawrence Watch (083 977 0536)

38

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G >>>

Sandolien diarree, koors ensovoorts. Die hout is baie hard en maak goeie brandhout. Die hout word gebruik om veral stele van toerusting soos byle, harke en besems te maak. Dit kan as sierplante in tuine aangeplant word. Dit vorm uitstekende wind­ brekers. Die goed ontwikkelde wor­ telstelsel maak dit uitstekende bome om duine te stabiliseer. Dien as voedsel vir bye en verskeie voëls. Die growwe eindpunte van die takkies kan as ʼn tandeborsel gebruik word. Ekonomiese nadele Die nadele van digte stande van sandolien is die volgende: As gevolg van die goed ontwikkelde en uitgestrekte wortelstelsel van elke plant is

dit uiters kompeterend met gras ten opsigte van spasie, lig, water en voedingstowwe. Dit verplaas die bestaande plantegroei (gewoonlik die graslaag) en kan dit in digte stande totaal uitdruk. Indien die stande dig is en die graslaag heeltemal verdwyn, verhoog die erosiekwesbaarheid van die gebied aangesien die grond min gebind word. Dit het ʼn uiters negatiewe effek op die weidingskapasiteit en biodiversiteit indien dit in digte stande voorkom. Sade is relatief lig en kan oor ver afstande met die wind versprei word. Die hoë saadproduksie asook relatief hoë kiempersentasie kan ʼn groot aantal plante binne ʼn kort tyd koloniseer. Dit is relatief onsmaaklik en word nie regtig deur vee benut nie.

Die vrugte van die sandolien ontwikkel van April tot Augustus.

bl 42 >>>

Sandolien pas in baie klimaatsones en grondtipes aan.

Die donkergrys bas met duidelike groewe skeur maklik in repe af.

40

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

41


L A NDBO UKUNDI G >>>

Sandolien Hoewel nog geen sterftes onder mense gevind is nie, is daar gevind dat die sandolien toksiese stowwe bevat wat nadelig vir mense kan wees. Indien die sandolien in groot hoeveelhede deur diere gevreet word, kan dit die vee se lewers aantas. Meganiese beheer Meganiese beheer van die san­ dolien is gewoonlik koste- en arbeidsintensief en bied slegs ʼn korttermyn-oplossing vir die probleem. As die plante gesaag word, word net die boonste gedeeltes gewoonlik verwy­ der, terwyl die wortelstelsel agterbly. Nuwe groei sal vanuit hierdie wortels ontstaan. Die plante moet dus letterlik wortel en tak uitgeroei word indien sukses behaal wil word.

Biologiese beheer Die biologiese beheer van san­ dolien kan op verskeie maniere geskied: Vuur – kan as beheermaatreël gebruik word slegs in baie jong stande om saadproduksie te verhoed. Ouer, volwasse bome is relatief bestand teen vuur. Dit is egter belangrik om te onthou dat saadkieming ook deur vuur gestimuleer word. Biologiese agente – tans is daar nie spesifieke biologiese agente bekend wat effektief op die sandolien werk nie. Die plant word egter deur verskeie organismes aangetas wat die groei en ontwikkeling daarvan vertraag, maar dit nie beheer nie. Bokke, teen ʼn hoë veelading, kan gebruik word om die bosdigtheid te verminder. Indien die plaas groot is en an­ der smaaklike voerbronne ook

bl 44 >>>

Die wortelstelsel maak die plant uiters kompeterend vir vog en voedingstowwe.

Die manlike en vroulike blomme word meestal aan verskillende plante gedra.

42

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

43


L A NDBO UKUNDI G >>>

Sandolien voorkom, sal dit egter moeilik wees om ʼn hoë veelading te handhaaf sonder dat die ander smaaklike plante nie ook vertrap en gevreet word nie. Chemiese beheer Middels met die volgende aktiewe bestanddeel kan vir die beheer van die sandolien gebruik word: Bromacil/tebuthiuron – (250/250g/liter suiwer aktiewe bestanddeel). Die dosis wat toegedien word, is 1.5 liter/8.5 liter water. Die toediening ge-skied voor of tydens die reënseisoen. Saailinge: 2 ml/ plant; bome tot 1 m: 2 x 2 ml/ plant; 1 – 2 m bome: 3 – 4 x 2 ml/plant; vir elke ad­ disionele meter bokant 2 m: 2 x 2 ml. tebuthiuron – (500 g/liter suiwer aktiewe bestanddeel). Die dosis van toediening is 1.5 liter/8.5 liter water. Die toedi­ ening geskied voor of tydens die reënseisoen. Saailinge: 2 ml/plant; bome tot 1 m: 2 x 2 ml/plant; 1 – 2 m bome: 3 – 4 x 2 ml/plant; vir elke addisionele meter bokant 2 m: 2 x 2 ml (maksimum 8 dosisse). Indien die suiwer aktiewe bestanddeel 800 g/kg is, is die toediening 937 g om ʼn mengsel van 3.7 liter te maak Die behandeling wat per plant toegedien word, is dieselfde as laasgenoemde voorbeeld. Die hoeveelheid sui­ wer bestanddeel kan ook 900 g/kg wees. Die toedieningsdo­ sis sal dan 833 g/10 liter water wees. Die planttoedienings is weer eens dieselfde as die 500 g/liter aktiewe bestanddeel.

44

Volgens die CARA-wet­ gewing word die sandolien in tabel 4 geplaas wat daarop dui dat dit ʼn indikator van bosverdigting is. Die plante in hierdie tabel is nie noodwen­ dig ʼn probleem nie, maar as dit in oormatige hoeveelhede voorkom, is dit indikators van swak veldsbestuurspraktyke. Hierdie plante word dus nie deur die CARA-wetgewing verbied nie, daar word eerder bestuursaanpassings aanbeveel indien dit in groot hoeveelhede voorkom. Indien dit dus in groot hoeveelhede voorkom word daar van die boer verwag om verdere verdigting wat veldagteruitgang in die hand gaan werk te keer. Van die maatreëls wat vir die boere voorgeskryf word, sluit in die ontworteling, af- of uitkap asook die korrekte gebruik van onkruiddoders om hierdie plante te beheer. Verder word voorgestel dat die dieregetalle geverifieer en aangepas moet word, indien nodig, en dat aktiewe veldrestourasie gedoen word indien dit nodig blyk te wees.

Die sandolien is relatief goed bestand teen droogtes.

Literatuur gebruik Bromilow, C. 2001. Problem plants of South Africa. Briza Publications, Pretoria, South Africa Pelgrave, P.C. 1983. Trees of Southern Africa. ISBN 1 86825 171 3. Struik Publish­ ers, Cape Town.

Bosdigtheid kan verander word, deur bokke, teen ’n hoë veelading, te gebruik.

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

45


L A NDBO UKUNDI G

46

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


>>>>>>>

Kontreikuier

A K T UEE L

“Ek is ‘n grondboer, ek hou nie so baie van ysters nie. Ek hou daarvan om die stuk grond wat ek het te ontleed en te soek na iets wat die beste daarop gaan vaar,” sê Sakkie. die begunstigde toegang tot ‘n lening. Wanneer die lening goedgekeur word, is daar baie mense, soos lanbouekonome van die banke, raadgewers van insetverskaffers ensovoorts wat betrek kan word by die grond – die privaatsektor word betrek en dinge kan op die grond begin gebeur. Dit neem egter tyd voordat daar met die grond gewerk kan word en daar ‘n opbrengs kom. Niemand kan dit ‘fasttrack’ nie – dit neem jare en dit is in landsbelang dat dit reg gedoen word sodat dit volhoubaar kan wees. “Daar is geen ander bedryf wat tot so ‘n groot mate deur die natuur en veral weersomstandighede geraak

www.suidwes.co.za

word, as landbou nie. Dan is daar ook ‘n reeks ander sake wat boere se aandag verg, soos die ESKOM-nagmerrie, die dieselrabat, arbeidsonrus, invoerbeskerming en natuurlik misdaad, wat een van ons grootste frustrasies is en elke produsent moet teen al hierdie dinge ’n stryd voer. Ons het almal baie balle in die lug, en te midde hiervan moet ons nog internasionaal mededingend bly. Al hierdie aspekte wat deurentyd aandag verg, maak dit moeilik om uitsluitlik op grondhervorming te fokus en dit tot die regering se verwagtinge te laat vlot. En dit is nie asof kommersiële landbou nog niks gedoen het

Ons Eie

nie, ons het tog oor die laaste paar jaar al baie bereik in die verband. Graan Suid-Afrika se Ontwikkelende Landbou-afdeling se werksaamhede is ‘n sprekende voorbeeld,” sê Sakkie. Sakkie het sy BSc Agric-graad in vee- en wildkunde gedoen asook ‘n meestersgraad in landbou-ekonomie. Hy het vir drie jaar by Graan SuidAfrika gewerk en daarna vir nog twee jaar by Syngenta voordat hy begin boer het. Hy was van kleins af al aan die boer. Hy het met ‘n groentetuin begin en sy groente aan die plaaswerkers verkoop. Later het hy speenvarkies gekoop, slaggereed gemaak en dan weer op die vendusie

Augustus 2014

op Makwassie verkoop. “Ek het op ‘n stadium ook met volstruise geboer en my pa het later gesê hy het meer moeilikheid met my boerdery as met sy eie. My pa het nie dieselfde passie vir die varke en volstruise gehad as ek nie en ek moes na my studies my vark- en volstruisboerdery noodge­ dwonge oor ‘n tydperk uitfasseer omdat ek self nie genoeg tyd op die plaas kon deurbring nie. Ek het egter ‘n baie goeie beginsel hier geleer – jy maak met sommige tipes boerdery net die dag geld wanneer jy dit alles verkoop,” lag Sakkie. Wat is dit wat hom laat boer? “Ek dink dit is die dinamika van boerdery, daar is produksie- en finansiële bestuur, personeelbestuur, meganisasie, tegnologie en ‘n wye klomp aspekte daaraan wat dit vir my aantreklik maak. En ek hou daarvan om buite te wees. Jy kan sien hoe jou boerdery groei, daar is altyd ‘n nuwe kalf of iets wat groei en ontwikkel.

47


PRO DUKNUUS

WEIDINGMENGSELS – ’n wetenskap op sy eie – Dit is moeilik om die korrekte hoeveelhede of verhoudings van verskillende kultivars te bepaal wat ‘n goeie weidingmengsel uitmaak.

WAT WEL BAIE belangrik is om in gedagte te hou is die ontkiemingspersentasies van die verskillende kultivars waaruit die mengsel bestaan. ‘n Ander belangrike punt om in gedagte te hou is dat hoe meer kultivars deel vorm van so ‘n mengsel, hoe moeiliker en hoe meer kompleks raak dit om die wei­ ding te bestuur.

ARTIKEL DEUR: Niels Harmuth – akkerboukundige by Advance Seed Die ideaal is dat enige weiding­ mengsel so saamgestel moet wees, dat dit ‘n konstante en vol­ houbare vloei van kwaliteit voer regdeur die seisoen verskaf. Die bestuur van die weiding, asook bemestingpraktyke het sonder twyfel ‘n groot invloed op die veranderinge wat in die samestelling van die weiding oor ‘n periode plaasvind. Grond

wat chemies reggestel en goed voorberei is, is ‘n voorvereiste vir die suksesvolle produksie van ‘n weidingmengsel. Die volgende faktore kan aanleiding gee tot die swak vestiging van weidingmengsels: • Swak voorbereide saadbed, • oormaat onkruiddruk, • verkeerde saaiverhoudings – gewoonlik te min saad, • verkeerde plantdiepte, • saad wat swak kontak het met die grond – saadbedding nie ferm genoeg nie – eg of rol van die grond sal ontkieming bevorder, • swak kwaliteit saad lei tot swak ontkieming en vestiging, • swak enting van die peulge­ waskultivars in die mengsel, en • verkeerde verhoudings van die verskillende kultivars in die weidingmengsel. ‘n Weidingmengsel kan suk­ sesvol gevestig word deur die saad breedwerpig of in rye te plant. In sekere gevalle word dit aanbeveel om die saad eerder in rye te plant.

Protek se nuwe strooihouerreeks! Protek het besluit om weg te beweeg van die verouderde, goedkoop, boks-tipe verpakking vir hul slak- en snywurmprodukte en Protek Snails en Protek Cutworm word nou verpak in veiliger, gerieflike en gehaltestrooihouers. In hierdie nuwe strooihouerreeks is Protek Lurectron Fly Bait ook ingesluit. Dit word nou in ‘n ekonomiese 300 g-verpakking verpak. Lurectron Fly Bait is reukloos en kan binne sowel as buite die huis gebruik word, asook in dierehokke. Protek Termite Stop is ‘n lokaas vir grasdraertermiete. Versprei eenvoudig hopies van die lokaas waar grasdraertermiete aktief is. Raak binne 1 week ontslae van mierneste, insluitende die koningin, met Protek Nip-it Ant Control. Nip-it is 99 % organies met ‘n lae toksisiteit vir mense en diere. Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 Nip-It: reg nr L8579, hydramethylnon 10 g/kg, VERSIGTIG, registrasiehouer: Prinswer Manufacturing (Pty) Ltd, reg nr 2006/095395/23 Lurectron Fly Bait: reg nR L7597, methomyl 10 g/ kg, tricosene 2.5 g/kg, VERSIGTIG, registrasiehouer: Makhteshim-Agan SA (Pty) Ltd, reg nr 1992/001741/07 Cutworms: reg nr L3130, sodium fluosilicate 100 g/ kg, SKADELIK, registrasiehouer: Kombat (Pty) Ltd, reg no 1979/01492/07

48

Ons Eie

Augustus 2014

Snails: reg nr L5466, metaldehyde 15 g/kg, VERSIGTIG, registrasiehouer: Kombat (Pty) Ltd, reg no 1979/01492/07 Termite Stop: reg nr L5437, Sodium fluosilicate 50 g/ kg, VERSIGTIG, registrasiehouer: Small Pack Solutions ((Pty) Ltd, reg nr 1997/17900/07 Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Pty) Ltd, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel nr (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www. proteksa.co.za

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

49


L A NDBO UKUNDI G

Die handpenetrometer -

hulp met bewerkingspraktyke ARTIKEL DEUR:

Kobus Coetzee Grond- en agronomiespesialis by Terratek

Voorbeeld van ‘n dammetjie wat in ‘n sandland gegrawe is.

Verdigting van die grond is een van die faktore wat ‘n groot rol speel wanneer daar oor bewerkingspraktyke besluit moet word. Omdat verdigtingslae in ‘n land wortelindringing en waterinfiltrasie benadeel, kan dit groot opbrengsverliese veroorsaak en met stygende brandstof- en implementkoste kan geen produsent dit bekostig nie. Wanneer daar oor bewerkingspraktyke gesels word, kom ‘n mens vinnig agter dat dit ‘n baie subjektiewe onderwerp is. Gelukkig is instru­ mente soos die penetrometer ontwerp wat die raaiwerk uit hierdie besluit kan neem. ’n Penetrometer bepaal waar verdigtingslae in die grond voorkom, dit meet die weer­ stand byna presies en gee ‘n objektiewe beeld van die grond. Die data wat daarmee versamel word, moet egter korrek geïnterpreteer word en die korrekte prosedures moet gevolg word. Die instrument Die penetrometer is ‘n instru­ ment wat spesifiek ontwerp is om verdigting te meet. Die basiese beginsel is om deur mid­ del van ‘n kegel (die punt) die grond binne te dring. Die kegel is gekoppel aan ‘n “load cell” wat die weerstand in die grond

50

meet. Terwyl die instrument die grond binnedring, word ‘n lesing op elke cm van indring­ ing gemeet. Die weerstand in kPa word dan saam met die dieptelesing in die geheue van die penetrometer gestoor.

Voorbeeld van penetrasies wat elke 10 cm geneem word oor die ry.

Die prosedures - Grondbenatting Dit is belangrik dat die grond goed natgemaak word – vir ten minste 48 uur. Die profiel moet by veld­ waterkapasiteit wees tot op ‘n diepte van 80 cm. So kan verdigtingslae nie met ‘n droë gedeelte van die profiel verwar word nie. Die produsent kan besluit hoe hy die grond wil natmaak, dit sal afhang van die toerusting tot sy beskikking. Van die metodes wat goed werk, is om ‘n trekker se buiteband te gebruik, walletjies kan gegooi word of ‘n vlak dammetjie kan

Ons Eie

Figuur 1: ‘n Voorbeeld van die gemiddelde weerstand oor die bewerkingsry. gegrawe word, soos in die foto gewys word. Waar geen bewerking op grond toegepas word nie, word die dammetjie nie aanbeveel nie, want daar kan verdigtings vlakker as 15 cm voorkom. In diep sand­ gronde is dit egter die maklik­ ste metode om te volg.

Augustus 2014

- Afstand tussen lesings Die afstand tussen lesings kan na gelang van omstan­ dighede vasgestel word – as ‘n standaard word dit 10 cm uitmekaar geneem. Indien spoorverkeer toegepas word, kan die lesings met 10 cmintervalle geneem word so

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G wyd soos die breekaksie van die implement geskat word. Indien die breekaksie byvoor­ beeld 40 cm is, dan kan vier tot ses plekke 10 cm uitmekaar getoets word en dit word dan vyf keer herhaal by elke punt (kyk die foto). Waar ‘n produsent ‘n alge­ hele bewerking en bewarings­ bewerking toepas, kan hy dié prosedure oor die hele bewerkingswydte van die implement volg. - Vertolking van data Die data verskyn op die penetrometer se skerm tydens die toetsing, dus kan die weerstand op die onderskeie dieptes dadelik gesien word. Die data word dan afgelaai en in grafieke voorgestel om ‘n goeie idee te kry van die bewerkingsdiepte wat in die toekoms gevolg moet word (Figuur 1). Die norm vir die weerstand wat ‘n mielie- en koringwortel kan weerstaan, is 2 000 kPa. Die grafiek wys dat ‘n drastiese verhoging in weerstand vanaf 40 tot 50 cm voorkom en dat die weerstand weer begin daal tot onder 2000 kPa op ‘n diepte net minder as 70 cm. Dus sal 70 cm die ideale bewerkings­ diepte vir dié grond wees.

Figuur 2: Voorbeeld van waar penetrometerpunte gekies word volgens fisiese data.

- Hoe pas dit by presisieboerdery in Met ‘n GPS kan die spesifieke gedeelte waar penetrometer­ lesings geneem is as ‘n punt aangebring word. Die dele waar die meting gedoen was, kan dus bo-op ‘n grondkaart of selfs op ’n opbrengskaart aangedui word.

Verder kan voorafpunte volgens die grondkaart bepaal word. In die voorbeeld hierby (figuur 2) is die punte vol­ gens die klei-inhoud van die B-horison (klei-inhoud dieper as 30 cm) bepaal. Dus is daar dele in die voorbeeld wat ‘n klei-inhoud van 10% het en makliker as die areas van 15 en

20% behoort te verdig. Hierdie gedeeltes kan seisoenaal gemonitor word, en waar nodig kan aanpassings aan bewerkingspraktyke gemaak word. Met die penetrometer word onsekerheid dus verminder en dit vorm deel van presisieboerderypraktyke.

BESPROEIINGSPYPE van 15 tot 110 mm beskikbaar in enige klas by handelstakke van Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

51


L A NDBO UKUNDI G

52

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Hoogloopspuite – is dié Tallboy ’n ‘bad’ of ’n ‘good boy’? ARTIKEL DEUR:

Gerrie Ludick Landboukundige: Technichem Oesbeskerming

Tallboy – Dis die naam wat die Britte vir die 12 000pond bomme gegee het wat hulle teen Hitler gebruik het in die Tweede Wêreldoorlog. Wat daardie bomme en hoogloopspuite gemeen het, is dat albei hulle teikens moet tref, anders is dit nutteloos en kry die verkeerde goed seer! Wanneer ons oor oesbeskerming begin praat, verskuif die gesprek vinnig na die toerusting wat in die veld gebruik word. Dis ook reg so, want die tipe spuit bepaal direk die ef­ fektiwiteit van die middel wat gespuit word. Om chemikalieë soos insek-, onkruid- en swam­ doders en blaarvoeding op die regte plek en op die regte tyd

www.suidwes.co.za

toe te dien, is ‘n wetenskap wat aanhoudend verander soos nuwe molekulesamestellings uitgedink word. Dis daarom geen wonder nie dat die spuittoerusting op die plaas een van die boer se belangrikste implemente geword het nie. Met biotegnologie, soos glifosaatbestande grane, wat bygekom het, het die funk­

Ons Eie

sie en effektiwiteit van spuite al hoe belangriker geword. Die revolusionêre ‘hoogloop­ spuit’ het ‘n paar jaar gelede sy verskyning gemaak en is nou onlosmaaklik deel van groter boerderye. Ek noem groter boerderye bloot omdat kleiner boerderye dit nie kan bekostig om sulke spuite te koop nie, hoewel hulle tog soms op ‘n kontrakbasis gebruik word. ‘n Selfaangedrewe spuit bestaan hoofsaaklik uit drie dele, naamlik die aandrywing en karkas, wat bepaal waar en wanneer dit gebruik word, die spuit self, wat die chemie en die hoe hanteer, en die rekenaar wat die hoeveelheid bereken. Die tegnologie wat in die spuite gebruik word, wissel van effektief tot hoogs effektief, af­ hangende van die kleur (grap­ pie!) en die bekostigbaarheid daarvan. Dié spuite is vinnig, akkuraat en ekonomies. Nog ‘n voordeel is dat dit op hoër gewasse gebruik kan word. Mielies kan dus later in die

Augustus 2014

seisoen steeds gespuit word. Dis ‘n mondvol, nè? Waarop dit neerkom, is dat die effekti­ witeit van die spuit beslis bydra tot groter opbrengste. Maar hoekom is daar steeds klagtes van chemie wat nie werk nie, of gewasse wat beskadig word? ‘n Mens sou dadelik wou redeneer dat dit produkaanbevelings is wat daarvoor verantwoordelik is. As ons egter die fout net dáár soek, sal ons in die toekoms steeds probleme ondervind en nie al die fout-faktore hanteer nie. Veronderstel dus, vir die doel van die oefening, dat aanbevelings korrek, betyds en volgens die voorskrifte op die etiket uitgevoer is. Uit ondervinding het ons agtergekom dat probleme hoofsaaklik ondervind word wanneer die operateur ver­ keerde besluite neem. En hier vrywaar ek geensins die besluitnemer (boer of bestuurder) nie. Ek poog bloot om sommige

bl 54 >>>

53


L A NDBO UKUNDI G >>>

Hoogloopspuite van die oorsake van oneffek­ tiewe bespuitings hier te neem. Klimaat Die klimaat verander deur die dag. Dieselfde druppelgrootte wat vanoggend gekies is, sal dus nie meer teen eenuur vanmiddag geld nie! Windspoed is ook ‘n groot eu­ wel, wat veroorsaak dat die teikenarea nie voldoende getref word nie. As die wind noordwes waai teen 20 km/h en die spuit teen 30 km/h in dieselfde rigting beweeg, val die druppel teen 50 km/h. Neem jou donkerbril en sit dit op die grond neer. Wag tot die spuit verbykom en kyk of jy voldoende benatting kry. Gaan kyk ook maar na kalk­ strooiers. Die grond word so warm (50⁰+) dat die massa van die kalk- of waterdeeltjie te min is vir die opwaartse beweging van hitte van die grond af. En as inversie dan ook nog plaas­ vind, gebeur dit dat oom Kosie se sonneblomme op die plaas langsaan dit ontgeld! Waterkwaliteit Dis ongelooflik om te sien hoe

54

die waterkwaliteit van plaas tot plaas kan verskil, en selfs van boorgat tot boorgat! Toets die gate waar jy water trek in die winter wanneer die kwaliteit op sy swakste is (soute en ander minerale) en doen die regstellings dienooreenkomstig met byvoegmiddels soos buffers, ensovoorts. Mengvolgorde Die korrekte volgorde moet gevolg word wanneer meng­ sels aangemaak word, anders pak die siwwe aan of sak sekere produkte uit. Hierdie inligting kan by die gewasspesialis verkry word. Spoed Spoed is ‘n voordeel, maar kan ook ‘n nadeel wees. Dit gebeur dikwels dat gewasse wat oor ‘n tydperk van drie tot vier weke geplant is, soms in een week klaar gespuit word. Die gebruik kom veral voor by produsente wat vir ander produsente ook teen vergoeding spuit. Die fenologiese groeistadium van gewasse soos mielies kan binne 21 dae wissel van V3 tot V10. As in ag geneem word dat

Ons Eie

Opsommend Die doel van enige bespuiting is om die regte produk(te) op die regte tyd in die regte hoeveelheid op die regte teikenarea toe te dien. Myns insiens maak ons nog baie foute. Al bogenoemde faktore is mensgemaakte foute wat nie deur die tegnologie van ‘n spuit beheer word nie. Dit bly moeilik om altyd redes te kan verskaf oor hoekom ons nie effektief genoeg was nie. Ons beweeg egter ál nader aan die “fine tuning” konsep, maar tot dan moet boere maar hand in eie boesem ook steek, en toediening baie meer ernstig beskou. Ons kan nie produkte op ‘n lukraak manier toedien en dan ander daarvoor blameer nie!

onkruiddoders al meer gesofis­ tikeerd raak en etikette daarop wys dat skade kan voorkom as die vensterperiodes veront­ agsaam word, is skade byna onafwendbaar. Oesverliese sal volg, soveel meer nog as die weerstoe­ stande ook ongunstig is. Aangesien die spuite baie hektare per dag spuit, kan ver­ keerde besluite daartoe bydra dat die skade nog groter is as

Augustus 2014

wanneer minder hektare per dag gespuit sou word. Gepraat van spoed, moet liefs nie na baie reën probeer spuit nie. Hierdie spinnekoppe sit maklik vas, en dan raak die proses maar stadig. Balkhoogte Die feit dat hoogloopspuite bo-oor volwasse mielies kan beweeg bied sy voordeel, maar dit beteken ook dat dieselfde aanpasbaarheid gebruik kan word om foute reg te maak. So­ doende word lande weereens op ‘n verkeerde tyd gespuit as daar nie van valarms gebruik gemaak word nie. Laasgenoemde is onprak­ ties as produsente nie stelsels gebruik wat akkurate lasrye kan bewerkstellig nie. Gesofis­ tikeerde toerusting dra by tot effektiewer toediening van chemie op verskillende balkhoogtes. Sekere spuite verander die druk outomaties. Die feit dat daar in dieselfde modelle van verskillende teg­ nologie gebruik gemaak word, bring mee dat geen twee spuite meer oor dieselfde kam geskeer kan word nie. Dit gebeur dikwels dat pro­ dusente met mekaar oor hul onkruidbeheer praat en dan dieselfde normes wil toepas, wat lei tot oneffektiwiteit.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Agrikalender

Augustus - September 2014 ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te bemes en pH reg te stel met bekalking. Die opname van plantvoedingstowwe sowel as die algemene gesondheid van die plante verbeter met die regstelling van die pH. Met die styging van kunsmispryse is dit noodsaaklik om wanbalanse reg te stel om optimale benutting van voedingstowwe te kry, dit kan slegs gebeur as die balans in die grond optimaal is. Lande wat nie bewerk was die vorige seisoen nie, of wat baie winteronkruide op het, het gewoonlik ‘n hoër populasie grondinsekte. Wees bedag hierop aangesien saailinge beskadig kan word, wat tot standpro-bleme aanleiding kan gee. Springhaasrotte was verlede seisoen ‘n probleem en lande moet gemonitor word om uitbrake te verhoed.

AKKERBOU

Grondbone Grondbone is ‘n baie goeie wis­ selbougewas. Gesonde grond­ bone bind tot 30 kg N per jaar wat voordele inhou vir die opvolgsei­ soen. Planttyd is tussen 15 Oktober en 25 November wanneer grond­ temperatuur nie te laag is nie. Daar word aanbeveel dat grondbone met tussen 15 en 20 Kg N geplant word op sandgronde om ‘n sterk kiemplant te vestig. Behandel die saad met Rhizobium-entstof om stikstofbinding te bevorder. Behandel die saad met ‘n swamdoder wat in kombinasie met die Rhizobium gebruik kan word. Reaksie op fosfaatbemesting word slegs verkry indien die grond geweldige lae fosfaatvlakke het. Plant slegs SANSOR-gesertifiseerde saad. Koring Inspekteer lande gereeld vir die voorkoms van russiesekoringluis. Die meeste skade word aangerig tussen GS14 (vlagbaar-verskyning) tot GS 18 (volleaar-verskyning). Die beste beskerming word verkry deur op GS12 te spuit.

Mielies Doen primêre bewerking indien moontlik. Ploeg is nie noodwen­ dig ‘n oplossing vir Diplodia nie, maar dit kan help. Wisselbou verlaag die voorkoms van Diplo­ dia en ander kopvrotte. Onthou ook dat kultivars se vatbaarheid vir kopvrot verskil. Oorweeg slegs om te plant as die grondtemperatuur bokant 15 grade Celsius is. Te lae temperature lei tot onbevredigende kiemkragtigheid en moontlike onkruiddoderbeskadiging. Behandel saad teen grondinsekte aangesien saailinge beskadig kan word. ‘n Swak stand kan groot verliese veroorsaak. Wees bedag op die voorkoms van springhaasrotte. Diep bewerking beskadig hulle neste en tonnels wat kan lei tot ‘n afname in die populasie. Sluit voorplantkontrakte, minimumpryskontrakte, of verskans op SAFEX om goeie pryse vir die komende seisoen te verseker. Moet egter nie meer as 30 % van die verwagte oes vooruit kontrakteer nie. Sonneblom Sonneblom is ‘n goeie wis­ selbougewas, veral waar Diplodia straf voorgekom het. Sonneblom kan geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. Maak seker dat die lande wat geplant gaan word, nie residue van skadelike onkruiddoders soos atrazien bevat nie. Sonneblom is baie gevoelig vir veral atrazien en terbutielasien. Behandel saad teen grondinsekte om saailingskade te beperk. Bemes sonneblom tot dieselfde mate as mielies om goeie opbrengste te kry. Moenie oor-kontrakteer nie aangesien daar nie meer Force Majeur-kontrakte is nie.

Verwagte opbrengs (ton/ha)

Besmettingsvlakke by GS12 (% plante)

2.0 - 2.5

7

1.5 - 2.0

10

1.0 - 1.5

14

Bogenoemde riglyne geld slegs vir vatbare kultivars. Inspekteer lande vir vrotpootjiesimptome. Simptome sluit in wit are wat in kolle voorkom, plante is verdwerg en wortels en kroon verkleur swart en breek maklik af. Wisselbou is die enigste beheermaatreël. Insekte kan in die vroeë lente voorkom as plante aan vogstremming ly. Inspekteer lande gereeld vir bruinkoringmyt, want dormante eiers van die plaag kan uitbroei indien ligte reën gedurende Julie en Augustus voorkom. Simptome stem baie ooreen met droogteskade. Beheer onkruid deur tydig te spuit.

ALTERNATIEWE GEWASSE Die volgende gewasse kan oorweeg word as alternatiewe vir die vol­ gende seisoen. Akkerbone Akkerbone is goed aangepas in die Noordwes Provinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aange­ plant, vir beweiding sowel as hooiproduksie. Die voordeel van akkerbone, wat ’n peulgewas is, is dat akkerbone stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) kan per jaar in die grond teruggeplaas word. Aanplantings kan vroeg in die seisoen gedoen word, hoof­ saaklik as weiding, aangesien dit moeilik is om goeie hooi te maak gedurende die reëntyd.

bl 58 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

55


L A NDBO UKUNDI G

56

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


A LG EM EEN

Kosmiese Kwêla deur Willie Koorts

‘n Foto deur die skrywer geneem met die opkoms van die ‘Supermaan’ op 5 Mei 2012 oor die Bolandse berge.

Die Supermaan Dit is ongelooflik hoe die kombinasie van die Internet en die massamedia iets alledaags kan herdoop met ‘n sensasionele naam wat dit oornag in ‘n sensasie laat ontwikkel! ‘n Term wat skielik die afgelope tyd sy kop uitge-steek het, is die sogenaamde ‘Su­ permaan’. Ongeveer een maal per jaar word ons nou skielik oorval met boodskappe, veral per e-pos, en sosiale media gons behoorlik oor hoe groot en helder die supermaan gaan wees en al die natuurrampe wat dit kan voortbring! Die sogenaamde supermaan

is ‘n doodnormale verskynsel waarna sterrekundiges nog al die jare verwys het as die ‘perigeum-maan’. Net soos die wentelbane van die meeste hemelliggame, so is die baan van die maan om die aarde ook nie perfek rond nie, maar effens ellipties. As gevolg hiervan be­ weeg die maan dus gedurig na­ der en verder van die aarde. Die verste punt staan bekend as

Die skets is nie op skaal nie, maar wys hoe die maan se effens elliptiese wentelbaan dit nader en verder van die aarde neem. Met die maan in die posisie aan die linker­ kant is die toestand soos met ‘n volmaan ‘supermaan’ wanneer dit ten volle belig is en naaste aan die aarde is. Die maan in die regterkantse posisie is tydens apogeum wanneer dit die verste van die aarde weg is.

www.suidwes.co.za

‘Apogeum’ en die naaste punt, ‘Perigeum’. Dit volg dus logies dat die maan kleiner moet vertoon op apogeum (verste) en effens groter op perigeum (naaste). Die maan neem amper ‘n maand om om die aarde te wentel, wat beteken dit gebeur eintlik maandeliks dat die maan so na aan die aarde kom. Dit gebeur sowat een maal per jaar

dat die naaste punt (perigeum) met volmaan saamval. Dit is hierdie gebeurtenis wat die doemprofete so op hol het en wat hulle die supermaan ge­ doop het. Soos ons weet, word springgetye van die oseaan veroorsaak deur beide volmaan en nuwemaan. Hulle ‘verklaar’ daarom ook die perigeumnuwemaan as ‘n supermaan.

Nog ‘n manier om die verskil in grootte van die perigeum- en apogeum-mane te vergelyk met hierdie Wikipedia-voorstelling wat alles mooi saamvat.

Ons Eie

Augustus 2014

bl 58 >>>

Die grootte van die maan is hier met Stellarium-programmatuur gesimuleer om die verskil in grootte aan te dui tussen 16 Januarie, wanneer die volmaan die verste weg is van die son, in vergelyking met 10 Augustus wanneer dit op sy naaste is.

57


ALGEMEEN >>>

Kosmiese Kwela Sterrekundiges gebruik nooit die term ‘supermaan’ nie. Dit kom uit die astrologiese gemeenskap. Dit is in 1979 begin deur die sterrewiggelaar Richard Nolle met ‘n arbitrêre definisie vir ‘n sogenaamde supermaan. Hy beweer ook (verkeerdelik) dat ‘n supermaan ‘geofisiese spanning’ veroorsaak wat kan lei tot ‘n verhoogde risiko vir gebeure soos aardbe­ wings en ​​vulkaniese uitbarstings. Daar was gespekuleer dat daar ‘n moontlike verband bestaan tussen natuurlike rampe, soos die 2011 Tohokuaardbewing en tsunami en die 2004 Indiese Oseaan-aardbe-

wing en tsunami met die een tot twee weke periode rondom ‘n supermaan. Omdat daar net soveel rampe in tye sonder ‘n supermaan voorkom, kon geen bewyse van enige korrelasie gevind word tussen supermane en groot aardbewings nie. Dit gebeur dus elke maand dat die maan se afstand na die aarde wissel tussen ongeveer 357 000 km (perigeum) en 406 000 km (apogeum). Die verskil in grootte tussen die volmaan op sy verste (wat vanjaar op 16 Januarie was) tot sy naaste (vandeesmaand op 10 Augustus) is sowat 14%. Die verskil in helderheid is ongeveer 30%. Dit is interes­

sant om foto’s te vergelyk wat met identiese kamerastellings geneem is van die volmaan op dié twee uiterstes. Gaan en geniet die ‘su­ permaan’ van 10 Augustus 2014 sonder enige vrees vir al die rampe wat doemprofete daaraan wil toedig.

Datum

Sonop

Sononder

01 Aug

06h56

17h58

15 Aug

06h45

18h05

01 Sep

06h29

18h13

15 Sep

06h13

18h19

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

Maanfases

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

25 Aug

04 Aug

10 Aug

17 Aug

24 Sep

02 Sep

19 Sep

16 Sep

>>>

Agrikalender Sojabone Soja is ’n baie goeie wisselbouge­ was, mits aangepaste kultivars geplant kan word. Sojabone sit baie stikstof terug in die grond en aangesien dit ’n breëblaargewas is, kan die onkruide wat ’n probleem in mielielande word, beheer word.

Akkerbone (vervolg) Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoon­ lik nie so baie reën wanneer die voer gereed is vir hooimaak nie. Ses ton hooi kan met 300 mm reën gedurende die groeiseisoen geproduseer word met ’n ruproteïen inhoud van 14 % as 90% van die peule reeds verkleur het. Afhangend van rywydte, is van 9 tot 16 kg saad nodig om per ha te plant. Binneryspasiëring van 10 cm tussen plante is ideaal. Saad moet op ’n diepte van 4 cm geplant word, wanneer grondtemperatuur meer as 9 grade Celsius is. Onkruiddoders is beskikbaar wat geregistreer is vir akkerboon­ produksie. Hou akkerbone in gedagte as alternatief in die beplanning vir die komende seisoen.

VEE Beeste Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende teelseisoen. Laat die bulle toets vir Trichomo­ niase en Vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke op die plaas aangepas word voordat hulle gebruik kan word om te dek. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent teen Vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamien A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. Tekens van luisbesmetting is baie lekmerke op die hare, omdat die diere geïrriteerd en jeukerig is. Indien beeste gevoer word vir die mark, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere vir Desember afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerke is verpligtend, en moet op alle diere aangebring word.

58

Ons Eie

Graansorghum Sorghum is ook ’n goeie gewas om te plant as alternatief vir mielies. Wees egter baie bedag daarop dat die mark baie beperk is. Verkry liefs eers ’n kontrak voordat geplant word. Plant die regte kultivar wat die kopers verkies, om afset te verseker. Skape Skape moet volgens wet getatoeëer word. Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Spuit of dip skape vir brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Broek langwolskape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Indien lamtyd Maart/April is, moet ooie voor paartyd prikkelvoeding ontvang en op goeie voeding gehou word twee tot drie weke na paring om goeie besetting te verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg goeie weiding gedurende lam­ tyd om gesonde, sterk lammers te verseker. Prikkelvoeding vir ooie verhoog konsepsie en die voorkoms van tweelinge. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd om ‘n goeie lammeroes te verseker. Tref betyds reëlings vir ‘n skeerspan.

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2014

59



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.