Ons eie desember 2014

Page 1

Desember 2014 Jaargang 49 • 6

Lyfblad van Suidwes Beleggings Beperk

OESVERSORGING Laat plante tot hul optimum potensiaal groei 33

ONTMOET

Richard Hobson GRAANPRODUSENT 2014

20

SPUITSTUKKE Onderhoud op hierdie belangrike items kan geld spaar

36


AKT UEE L

2

Ons Eie

Desember 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Desember 2014 Jaargang 49 • 6

Lyfblad van Suidwes Beleggings Beperk

Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk.

INHOUDSOPGAWE

Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks)

AKTUEEL

Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

4 5 6 8 10 11 11 12 15 17 17 17 18 20

Soos ek dit sien Op die geestelike akker Die jaar van wenners Suidwesboere maak hulle merk Nuwe lewe vir die direksie Werkgroep hou pryse dop Suidwes spog met nog ‘n presteerder Boere van die toekoms Plaaswerkers woon gewilde opleidingsdag by BD van Agrinet het sy vingers op die pols Nuwe besigheid in Suidwes-kamp De Kuile-boeredag meer as net praatjies T6000 ‘n pakket van betroubaarheid en kwaliteit KONTREIKUIER – Hy het sy voete in sy lande en in die krale

VOORBLAD Die redakteur het hierdie foto op Richard Hobson, Graanprodusent van die Jaar se plaas geneem. Richard was midde-in planttyd. Lees op bls 20 hoekom hierdie jong boer so suksesvol is.

6 20

LANDBOUKUNDIG 24 Gebruik opbrengsmonitordata vir beter bestuur 27 Het sonkrag finansiële voordele vir boerdery? 33 Refraktometers en blaarontledings help met oesversorging 36 Spuitstukbestuur kan jou baie geld spaar 40 Agrikalender

ALGEMEEN

41 Kosmiese Kwêla – Hoe land jy op ‘n komeet?

8 Ons Eie

Desember 2014

3


AKT UEE L

Diamante in die beespaadjies soos ek dit sien Dit is wyd ry Setlagole toe, deur Stella verby afdraaie na Vergeleë, Piet Plessis, Madibogo. Ek is oppad na Graan SA se Graanprodusent van die Jaar, Richard Hobson. Terwyl ek van Gauteng af so deur ons platteland ry, wonder ek oor hoe mense hier op plek­ke soos Setlagole kom tuis raak? Vir my stadsbrein is dit soos om verdwaal te wees. Ek sien Richard vind my vraag vreemd, toe ek vra hoekom hy juis hier beland het – dis sy mense hier, dit is sy wêreld en sy toekoms. ’n Week later loop ek Richard weer raak by ’n funksie op Leeudoringstad waar Suidwes Landbou hulde bring aan Richard, Sakkie van Zyl en Jan van Zyl vir hulle prestasies om aangewys te word as van ons land se beste boere (sien berig op bls 8). Dit is lekker om vir Sakkie ook daar raak te loop, want ek het ‘n paar maande tevore die voorreg gehad om vir hom op sy plaas te gaan kuier. Om hulle weer raak te loop laat my dink aan

4

Richard wat vertel hoe belangrik dit vir hom is om met die regte mense skouer te skuur. Dat hy moeite doen om hom te omring met mense wat mentors vir hom is – dat jy die gemiddeld is van die vyf mense met wie jy die meeste te doen het. Van Sakkie van Zyl onthou ek sy aansteeklike entoesiasme oor die lewe, sy positiewe uitkyk op dinge wat ander mense onderkry. Hoe hy sukses behaal het ondanks die feit dat hy bykans totaal doof is, uitgestyg het op universiteit en twee grade verwef het. Ek verwonder my aan die kaliber mense wat ek raakloop in die uithoeke van die land. My ouers het altyd die staaltjie vertel van die diamante wat op my geboorteplaas sommer so in die beespaadjies opgetel kon word. Hoewel ek niks van daardie diamante gesien het nie, het ek die voorreg om ander diamante in die beespaadjies op te tel.

Ons Eie

Desember 2014

ADRESVERANDERING Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak­ besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker Hoe bou ‘n mens ‘n kerk? Pieter Giesler vat ons in hierdie reeks terug na die basiese dinge wat God vir ons deur Sy Woord wil leer. Ons raak soms so gewoond aan die woorde dat ons nie meer die Gees daarin hoor nie. Lees hierdie stukkie stadig, woord vir woord, en laat dit insink, want dit kom reguit van God af – uit Sy genade. “Fluit fluit, die kerk is uit” lui die titel van Ds Fritz Gaum se bekende boek. Wat is die kerk vir ons vandag? Hoeveel van ons gaan nog kerk toe? Is die kerk relevant vandag? Watter kerk is reg? Moet ek elke sondag kerk toe gaan? Hierdie is vrae wat ons almal vandag vra. Ja, ons weet die geloofsbelydenis sê: “Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges”, maar ons sukkel om medegelowiges wat aan ‘n ander kerk behoort as ‘n broer of suster te sien. Ek wil hier praat oor die kerk. Die Griekse woord wat in die Bybel gebruik work vir ‘kerk’ beteken “die wat uitgeroep is”. Die kerk is dus eerstens nie die steengebou waarheen ons Sondag gaan nie. Mense is die kerk. Mense is die huis van die Here, maar nie net die wat gedoop is of wat lidmate van ‘n spesifieke kerk is nie of die wat aangeneem en voorgestel is nie. Nee, die wat uit die wêreld en uit die wêreldsisteem uitgeroep is. Die wat die naam van die Here

www.suidwes.co.za

Deur Pieter Giesler

aangeroep het, en wat Jesus koning van hulle lewens gemaak het. Ons, die gelowiges, is dus die kerk van Jesus Christus. Die Woord van God sê duidelik dat ons nie die onderlinge byeenkomste van die gelowiges moet misloop nie. Dit beteken nie noodwendig om Sondag kerk toe te gaan nie. Dit beteken veel eerder dat ons saam met ander gelowiges moet byeen kom om mekaar te versterk, vir mekaar to bid en om saam te staan. Ons is baie keer ver van die kerkgebou af, of omstandighede laat ons nie toe om daar uit te kom nie. Maak dan seker dat jy met jou buurman of buurvrou, wat ‘n gelowige is, rondom God se Woord bymekaar kom. Selfs as ‘n man en vrou met hulle kinders rondom die Woord byeen kom, dan is dit kerk. Die belofte van God is eenvoudig. “Waar twee of meer van julle byeen kom in My naam, daar sal ek in julle midde wees.” Dit is ‘n wonderlike belofte en ek wil elke gelowige, wat hierdie stukkie lees, bemoedig om die kerk van Jesus te wees, in jou huis, in jou buurt, op jou plaas. Saam met jou medegelowiges wat vir jou werk, wat ver van die dorp af is en ook nie kerkgebou toe kan gaan nie. Dit is werklik kerk en wanneer ons dit begin doen dan is die kerk nie meer irrelevant nie. Dan is die kerk nie meer “uit” nie en dan kan die Woord van God weer lewend en kragtig wees. Dan kan dit ‘n verskil maak in ons lewens. Kom ons kyk weer na ander

Ons Eie

gelowiges as ons broer of suster. Party praat nie dieselfde taal as ons nie. Party het nie dieselfde kleur as ons nie. Party trek snaaks aan, en doen dinge wat ons nie gemaklik mee is nie. Laat ons ophou om ons broers en susters in die Here te veroordeel en hulle begin sien vir wie hulle is. As God in hulle woon en hulle goed genoeg was vir Jesus om voor te sterf, dan kan ek hulle seersekerlik

Desember 2014

nie verwerp nie. Dit beteken nie ons moet saam met elkeen rondom die Woord ontmoet nie. Dit is “okay”, as ek die Engelse woord kan gebruik, om saam met dié waarmee ons gemaklik is, byeen te kom, maar kom ons sien almal in God se kerk soos God hulle sien, dan kan ons weer begin om ‘n verkil in die wêreld te maak, eensgesind en ‘n instrument in God se hand.

5


AKT UEE L

Kersgroete van die Besturende Direkteur

Louis Smit

D

ie Feesgety is weer op ons, en mens kan kwalik glo dat nog ‘n jaar verby is. Soos elke jaar was dit vol uitdagings en geleenthede op alle gebiede, maar veral op die landboufront was ons vanjaar gekonfronteer deur ‘n snel veranderde omgewing. Hoog op die agenda van uitdagings is grondhervorming, arbeidsonrus, misdaad, swak ekonomiese omstandighede en die voortslepende droogte. Ons weet almal dat ‘n boer ‘n plan kan maak en dat ons voorheen ook krisisse beleef het. Telkens het die boere dan bymekaargekom en ‘n plan beraam om die potensiële bedreiging die hoof te bied. Toegegee, landbou was waarskynlik nog nooit met soveel verandering gekonfronteer soos juis nou nie, maar die land en sy mense het kos nodig om te oorleef en derhalwe ook sy kommersiële boere. Landbou kan en sal ‘n bedeling beding wat tot die langtermyn voordeel van almal sal wees. Dit gaan egter leierskap verg met wysheid, ‘n positiewe gesindheid en ‘n versoenende benadering. Gelukkig is ons geseënd met goeie leiers wat al hierdie kwaliteite het. Hulle het egter die ondersteuning

6

Die jaar van wenners van die individue en strukture in Landbou nodig om te help om ook hierdie wa deur die drif te trek. Suidwes het reeds op verskeie forums die maatskappy se strukture en stelsels as ondersteuning aangebied. Kom die uitdagings, kom die geleent­ hede, en vanjaar het verskeie boere in Suidwes se bedieningsgebied hulleself onderskei deur uitmuntende prestasies. Eerstens is die voorsitter van Suidwes se direksie, Pierre Vercueil, verkies tot president van Agri-Noordwes. Dit kom in ‘n tyd waar Pierre ‘n groot bydrae kan maak, veral weens sy onwrikbare geloof in markbeginsels en sy visionêre benadering tot die landbou in Suid Afrika. Dan is daar, waarskynlik vir die eerste keer in die geskiedenis van Suidwes, drie boere uit ons bedieningsgebied wat onder strawwe kompetisie as Nasionale kampioene aangewys is. Al drie is groot klante van Suidwes en dit is voorwaar iets om op trots te wees!

EEN – Richard Hobson van Setlagole is aangewys as die Nasionale Graanboer van die jaar.
TWEE – Sakkie van Zyl van Kingswood is as Nasionale Jongboer van die jaar aangewys.
DRIE – Jan van Zyl van Reivilo is aangewys as Nasionale Beesboer van die jaar. Ons wil graag aan hierdie vier here hulde bring met hierdie prestasie! Dit is lekker om te kan spog dat almal groot en lojale klante van Suidwes Landbou is.

Ons Eie

Desember 2014

Die maatskappy het vanjaar die effek van die lae mielieprys en die algemene swak ekonomiese omstandighede gevoel en, hoewel die verwagting is dat ons sowat 20% beter as die vorige jaar sal pres­ teer, is die prestasie steeds nie na wense nie. Van die afdelings en filiale in Suidwes trek swaar weens die droogte en Bestuur fokus intens daarop om daardie besighede te optimaliseer. Die maatskappy is egter goed geposisioneer en sodra die klimatologiese omstandighede normaliseer, sal aandeelhouers die voordeel daarvan trek. Toewyding en harde werk is al wat nodig is om ‘n sukses te maak en Suidwes is geseënd om, soos in die geval van ons klante, ook toppresteerders onder ons personeel te hê. Suidwes is nie ‘n gebou in ‘n dorp of dorpe nie, maar bestaan uit mense. Dit is die personeel wat die hartklop van die maatskappy is en die klante wat ons voortbestaan verseker. Sonder mense het die maatskappy geen kultuur, etos of waardes nie. Dit is dus vir my logies om aan al hierdie mense hulde te bring en hulle te bedank vir harde werk en ondersteuning oor die afgelope twaalf maande. Ek vertrou dat elkeen ‘n goeie plantseisoen sal beleef en ‘n geseënde feesgety. Mag die tyd saam met julle gesinne ‘n vreugdevolle en spesiale tyd wees.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2014

7


AKT UEE L

MAATSKAPPYNUUS

Suidwesboere maak hulle merk

Elkeen van die drie Nasionale Boer van die Jaar-wenners het een van hierdie gesogte trofees saam met Pierre Verkueil ontvang.

8

Suidwes het vroeg in Desember ‘n spogfunksie gehou om onder andere hulde te bring aan vier boere wat groot prestasies behaal het. “Wat is ons as boere se taak vandag? Dit is om ons deel in die voedselwaardeketting vol te staan sodat verbruikers voedsel teen die beste prys kan kry,” so het Pierre Vercueil, voorsitter van Suidwes se direksie by dié funksie gesê. Met die funksie het Louis Smit, hoof uitvoerendebeampte van die Suidwes Groep trofees oorhandig aan Sakkie van Zyl van Kingswood, hy is aangewys as 2014 Toyota SA/Agri SA se Jongboer van die Jaar, aan Richard Hobson van Setlagole as Graan SA se Graanprodusent van die Jaar, Jan van Zyl van Reivilo as Voermol se Nasionale Beesboer van die Jaar en ook aan Pierre Vercueil wat as president van Agri-Noordwes aangewys is. Pierre het ook verwys na ‘n studie wat gewys het dat kos in Suid-Afrika van die goedkoopste ter wêreld is. “Dit is ‘n feit wat ons baie meer behoort te verkondig, veral in politieke kringe,” het hy gesê. Hy het kortliks verwys na die karakter van elkeen van die drie Boer van die Jaar wenners.

Ons Eie

“Jan van Zyl en sy vrou Irma het hulle merk in die veebedryf gemaak en wanneer mense van vee praat, praat hulle van Kroonvee, die naam van hulle boerdery. Jan vertel altyd dat hy en sy twee seuns eintlik met gras boer,” het Pierre vertel. “Vir Richard Hobson ken ek al van kleintyd af, ons boer in die selfde omgewing. Hy was ‘n mannetjie van so vier jaar oud, toe is hy al op die trekkers doenig, niemand het ooit gewonder wat Richard gaan doen as hy groot is nie. Baie mense praat oor

Desember 2014

Dit was ‘n gesellige kuier om die mooi opgemaakte tafels – van die direkteure van Suidwes kuier hier saam tydens die ete by Suidwes se hoofkantoor.

nuwe tegnologie, maar die doen van nuwe tegnologie is nie so maklik soos die praat daaroor nie, maar Richard doen dit met oorgawe en entoesiasme,” het hy oor dié Graanboer van die Jaar gesê. bl 10 >>>

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2014

9


AKT UEE L

MAATSKAPPYNUUS

>>>>>>>

Suidwesboere “Ek onthou vir Sakkie van sy skooldae af waar ek hulle raakgeloop het toe hy vir Stellaland krieket gespeel het. Ek onthou hoe sy pa, Fanie al om die veld geloop het – Sakkie het heeltyd geweet sy pa is daar , want Fanie het nooit ophou praat nie. Sakkie is maar vir vier en ‘n half jaar terug op die plaas en het reeds hierdie toekenning ontvang – hy is ‘n besondere gebalanseerde jongman wat net so goed in sport as in die akademie doen,” het Pierre oor Sakkie gesê. Pierre het afgesluit en gesê dat hy moed kry omdat hy by soveel jong manne hoor dat hulle kans sien om ‘n lewe uit landbou te maak. “Ons jong boere gaan landbou nog ver neem. Suidwes sal in die waardeketting bly om hierdie boeresakemanne by te staan en ons sien uit na wanneer dié jong manne by Suidwes se direksie aansluit.”

10

Die manne in blou – Lede van Suidwes se UK gesels met Brand Pretorius (in wit hemp), van links Louis Smit, Brand Pretorius, Mario Wolvaardt, Anton Jordaan en Patrick Nelissen.

Nuwe lewe vir die direksie Tydens die funksie by Suidwes se hoofkantoor het Louis Smit ook nuwe lede van die direksie van Africum en Agrinet verwelkom. “Ons is voorwaar bevoorreg om Brand Pretorius in die familie te kry en ek weet dat ons nog baie by hom gaan leer.” Brand is as onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur van Africum en Agrinet aangestel. Hy is ‘n hoogs gerespekteerde sakeman wat groot waarde tot die sukses van die twee maatskappye sal byvoeg. Louis het ook vir Bridgitte Mathews verwelkom. “Bridgitte is ‘n geoktrooi­ eerde rekenmeester wat haar B.Com

Ons Eie

Rek aan RAU verwerf het en nie net bobaas met syfers is nie maar ook besonder wel ter tale – sy kan vyf tale praat waaronder Frans.” Bridgitte is

Desember 2014

ook as onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur van die Suidwe Beherende en Africum-rade. Sy sal ook optree as die voorsitter van die Groep se Oudit, Risiko en IT-komitee.

www.suidwes.co.za


MAATSKAPPYNUUS Werkgroep hou pryse dop Almal aanvaar dat pryse tussen kleinhandelaars verskil weens faktore soos die opmerkbeleid en die tydsberekening van aankope. Eweneens aanvaar ons dat een maatskappy nie altyd, met alle items, die goedkoopste gaan wees nie. Daar is egter min dinge wat ‘n boer meer ontstel as belaglike prysverskille, veral wanneer dit by onderdele kom. Dit is verstommend hoeveel pryse wel onder kleinhandelaars verskil. In ‘n onlangse opname is daar tot 100% verskil in prys opgemerk tussen opposisiemaatskappye vir presies dieselfde produk. Selfs al is dit weens ‘n vingerfout, hou dit groot reputasieskade vir ‘n maatskappy soos Suidwes in indien dit sou voorkom. Die persepsie ontstaan dadelik dat die maatskappy duur is en dat alle ander produkte dus ook duur is. Hierdie is ‘n algemene probleem by al die landboumaatskappye wat meestal te maklik afgemaak word as ‘n eenmalige voorval, uitskieter of ‘n tydsberekeningsprobleem. Min of geen betroubare inligting bestaan egter wat deur bestuur gebruik kan word om die probleem aan te spreek nie. Suidwes het besluit om ‘n Prysmoniteringswerkgroep saam te stel wat die prysmededingendheid van Suidwes teenoor ons belang­ rikste opposisie voortdurend sal monitor. Die inligting sal gereeld versamel word en gebruik word om ‘n databasis op te bou en om tendense te bepaal. Dit sal aan die bestuur die geleentheid gee om uitskieters en foute te identifiseer, stelselprobleme uit te wys en ons opmerkbeleid beter te bestuur. Dit sal nie alleen verseker dat Suidwes pryskompeterend op ‘n mandjie produkte is nie, maar ook toesien dat aankopers teen die regte pryse aankoop. Die inligting gaan ook gereeld aan klante gekommunikeer word om moontlike persepsies in die mark reg te stel.

www.suidwes.co.za

A K T UEE L

Plastic Droppers

RIDGEDROP-DROPPER TM Solied met riwwe

SABS getoe

ts

Net R3,20 + BTW per meter

Aflewering moontlik • Baie sterk en solied • Liggewig • Unieke greepontwerp: riwwe • UV-beskermend vir 20 – 30 jaar • Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) • Ideaal vir elektriese heinings • Goedkoper as hout of staal!

Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60%

Isak

Tel: 083-250-5363 Tel: 012-111-0321 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za

www.plasticdroppers.co.za

Suidwes spog met nog ‘n presteerder IB Oosthuizen, die hoof uitvoerende beampte van Terratek is in Oktober deur die Landbouskrywersvereni­ging van SA (LBSV) aange­wys as Noordwes se Landboukundige van die Jaar. Volgens die LBSV het IB hom onderskei as ‘n uitstekende landboukundige, besigheidsstrateeg, onderhandelaar en ambassadeur vir die kundigheid binne die Suid-Afrikaanse landbouindustrie. By die aankondiging van die wenners by Landbouskrywers SA se jaarlikse toekenningsgeleentheid in Bloemfontein, het Voorsitter Magda du Toit gesê die kompetisie was vanjaar besonder straf

IB by die projek in Soedan waar Terratek besig is met reuseaanplantings van onder andere lusern in die woestyn.

Landboukundige van die jaar – voor van links is die finaliste Dr Schalk Schoeman (Mpumalanga), Prof Ferdi Meyer (Gauteng) en IB Oosthuizen (Noordwes). Agter is Magda du Toit (Voorsitter Landbouskrywers SA-Noord) en Gert Heyns (Monsanto SA).

Ons Eie

Desember 2014

aangesien boere en landboukundiges voortdurend die vlakke van uitnemendheid in hul bedryf verhoog. Dr Ferdi Meyer is as Landboukundige van die Jaar aangewys en is bekend in die landbousektor vir sy rol in die totstandkoming van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid tien jaar gelede. Die kandidate vir die Landboukundige van die Jaar-titel was Charl Hunlun van die Vrystaat, Prof Ferdi Meyer van Gauteng, Dr Schalk Schoeman van Mpumalanga, IB Oosthuizen van Noord-Wes, Dirk Günter van die Noord-Kaap en Prof Louw Hoffman van die Wes-Kaap.

11


AKT UEE L

UIT ONS OMGEWING

Boere van die toekoms Bo en regs: Izak van Zyl van Zijlboerdery het by die eerste stasie gewys hoe om 'n skaap eers rustig te maak voor dit geskeer word. Hy het inligting oor wol, gradering en skaapskeer gegee. Na die skaap gevang is, sit hulle 'n 'hoed' op sy kop wat hom vir 'n ruk lank doodstil laat lê. Izak het Merino Landskape gebruik vir sy demonstrasie.

Die kursusgangers het elk 'n koffiebeker, inligtingspakket, notaboek en pen van Suidwes Landbou gekry.

Die sprekers deel hulle kundigheid

As die toekoms van boerdery in Suid-Afrika gemeet kan word aan die entoesiasme van 80 aspirant jongboere, sal Suid-Afrikaanse landbou nog die hele wêreld voed. Sunelle van Rooyen (bemar­kings­ koördineerder by Suidwes) het die opleidings- en inligtingsdag vir aspirant jongboere op Wolmaransstad bygewoon. Hier is haar indrukke. Die onderwerpe wat bespreek is en die demonstrasies wat gegee is, is sorgvuldig ge­kies. Die meeste van die kinders word op plase groot en het daagliks te doen met boerdery-aktiwiteite. Dr Johan Coetzee, 'n veearts, het vertel van parasiete en allerlei ongewenste siektes wat skape en ander diere kan opdoen. Hy het vrae gevra en vir elke regte

antwoord het 'n kind 'n keppie ontvang. ’n Mens is verstom dat hierdie plaaskinders soveel van diere en hulle siektes weet. Daar was na elke vraag ‘n magdom hande in die lug om die vrae te beantwoord. Die kinders se oë het geblink toe ‘n geslagte skaap ingedra is en dr Coetzee verduidelik het dat hulle die skaap gaan oopsny sodat hulle mooi kon sien waar alles sit en waar siektes kan voorkom. Die belangrik­heid van higiëne tydens so ‘n ondersoek is beklemtoon. Daarna is al 80 kinders in groepe verdeel om na verskillende punte vir opleiding en inligting te gaan. Die jongste kind was net 6 jaar oud, maar die kleintjies staan nie ‘n oomblik vir die groter kinders terug nie. Dit is duidelik dat boerdery en die passie daarvoor in hulle gene is.

Nardus Pienaar (Wolmaransstad)

Dr Johan Coetzee (veearts)

Willie Marx (jnr)

Heel bo – So lyk die volgende generasie boere. Bo links – Die gehoor antwoord die vrae entoesiasties – die jong­ klomp se kennis is verstommend. Bo regs – Beloning vir 'n korrekte antwoord. Links – Cornelia Bester stap saam met die kinders na die volgende demonstrasie.

12

Ons Eie

Desember 2014

www.suidwes.co.za


UIT ONS OMGEWING

A K T UEE L

Voel die krag

Anje se Dorpers is haar trots Anje Kellerman, 'n gr 12-leerling, vertel meer oor Dorpers en wys hoe hulle getatoeĂŤer word. Sy het 'n passie vir diere en die plaaslewe en die Dorpers is haar trots. Anje het reeds die nasionale keurders-eksamen geslaag. Sy is die dogter van Thinus en Joey Kellerman.

Bo en regs: Suidwes Meganisasie het elke kind ‘n beurt gegee om saam in 'n New Holland-trekker te ry. Almal was baie opgewonde en kon amper nie hul beurt afwag nie. Meganisasie het hulle mobiele werkswinkels ook ten toon gestel.

bl 14 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2014

13


AKT UEE L

14

Ons Eie

Desember 2014

www.suidwes.co.za


>>>>>>>

A K T UEE L

Boere van die toekoms

Hennie Jacobs en sy seun Wimpie, het hulle Brahmane gebring en meer oor die ras vertel. Die kinders het spontaan aan die besprekings deelgeneem en wou so na as moontlik aan die aksie kom.

Spoor siektes so op

Dr Johan Coetzee verduidelik waar die verskillende organe van 'n skaap is. Die belangrik­ heid van higiëne tydens so ‘n ondersoek is beklemtoon. Hierdie demonstrasie het groot belangstelling ontlok.

Brandmerk is nie so maklik soos dit lyk nie

Connie van Vuuren demonstreer hoe oorplaatjies aan sy beeste geheg word. Hy het ook gewys hoe sy Beefmasters gebrandmerk word. Sommige van die kinders het ook ‘n kans gekry om te probeer – die demonstreerders het omtrent hulle hande vol gehad.

Chrisna van Vuuren is net 6 jaar oud en is haar pa Connie, se skaduwee. Sy het haar eie opsommings tydens die lesings gemaak.

Wat weeg jy?

Frans en Elize van Zyl van Franzel Bonsmaras se werkers demonstreer hoe kalwers geweeg word, hoe vrugbaarheid bepaal word en hoe die beeste gemerk word.

Plaaswerkers woon gewilde opleidingsdag by

Helene van der Merwe (takbestuurder van Suidwes op Boshof) en haar span het gedurende Oktober die jaarlikse Boshofplaaswer­kersdag aangebied wat deur 120 plaaswerkers uit die omgewing bygewoon is.

Foto bo – Zander Coetzer van Agrinet lewer 'n demonstrasie van brandspuite. Regs – Piet Mooi van Antrovet demonstreer hoe brandmerke op vee aangebring word, en hoe om diere in te ent en te doseer.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2014

15



BD van Agrinet het sy vinger op die pols Sean Bradshaw is as die Besturende Direkteur van Agrinet aangestel. Hy was tot onlangs 'n bedryfs­direkteur by Buildit/Spar en was voorheen ook by die Shoprite/Checkers- en Massmartgroepe. Sean is 'n bestuurder met sy vinger op die pols en het uitstekende ondervinding in groot- en kleinhandel.

Nuwe besigheid in Suidwes-kamp Suidwes het onlangs die beherende belang in Protek aangekoop. Protek is 'n bekende handelsmerk in die huis- en tuinmark wat veral op chemiese beheermiddels in klein verpakking fokus. Protek kom feitlik in elke hardewarewinkel in die land voor en sal deur Agrinet versprei word.

De Kuile-boeredag meer as net praatjies Suidwes was een van die hoofborge by die De Kuile-boeredag wat op Barney Vorster se plaas by Boetsap gehou is. 'n Groep van 75 boere het gekom om te leer, te beplan en die toekoms te bespreek," vertel Simone de Villiers (Takbestuurder Reivilo). Patrick Nelissen (Groep HOB & HUB by Suidwes Handel) het die sukses van die Suidwesgroep en Suidwes Landbou se drome en visie met die boere gedeel. "Ons het darem nie die hele dag net in 'n stoor gesit nie, daar was ook pretaktiwiteite waaraan die boere deelgeneem het soos die skatting

www.suidwes.co.za

van die gewig van ’n bulkalf van die Braunvieh Kristalle-stoetery. Pryse is geborg deur Cipla en Excide. ’n Nuwe voermenger is deur Silo­ king gedemonstreer en die ander verskaffers wat uitgestal het, was Lafarge, Remitto, Molatek, Feedpro, SA Feedphos en Gallagher."

Siloking se nuwe voermenger.

Ons Eie

Oktober Desember2014 2014

17


AKT UEE L

T6000-reeks ‘n pakket van betroubaarheid en kwaliteit Europese kwaliteit, afwer­ king en betroubaarheid is kenmerke van die trekkers in die New Holland T6000-reeks. Die unieke uitleg en stylvolle lyne van die reeks is met die eerste oogopslag duidelik. Dié trekkers is in drie verkillende modelle (spe­sifi­kasie­ vlakke) beskikbaar, naamlik die Delta-, Plus- en Range command-opsies. Die volledige T6000-reeks New Hollandtrekkers het ses-silinder, 6.7 liter Fiat Powertrain-enjins (FPT). Delta – Die intreevlak-trekker is onopgesmuk (eenvoudig) en koste-effektief. Daar is een model, die T6050, wat 93kw lewer. Die T6050 is in die ROPS-weergawe en lugverkoelde kajuitopsie beskikbaar. Die Delta het meganiese brandstofinspuiting wat ‘n maksimum wringkrag van 555nm teen slegs 1400opm bied. Die trekkers word gekenmerk aan hulle 12x12 meganiese gesinkroniseerde transmissies met vorentoe-agtertoe

skakeling teen die kant van die stuurkolom. Vir voorlaaier-aanwending is die trekker ook beskikbaar met 24x24 transmissies met ‘n spoelkas (nat koppelaar) en ‘n hidrouliese vorentoeagtertoe skakeling. Met ‘n oopbaan hidrouliese stelsel lewer die trekkers 63 liter/min vloei deur twee eksterne koppelings en ‘n 540/1000 omwenteling/min skuifbare kragaftakker om enige implement met gemak te kan hanteer.

LEADERS IN FEEDERS VOOR MET VOERDERS Bees-, skaapvoer- en hanteringstoerusting Vir al u plaasbenodigdhede – sedert 1968 • Verskuifbare beeskrale • Baallaaiers en -vurke • Skale en nekklampe • Honde-selfvoerders • Hooi-ringvoerders • Polibak vir kuilvoer • Kalfkanteltoestelle • Laaibanke • Spruitdippe • Selfvoerders • Tenkstaanders • Suipkrippe • Landrollers Ensemble trading 2038 cc • h.a NMR Engineering • • • • •

18

Tel: 033 26 31056 Faks: 086 548 4790 Sel: 082 871 0123 E-pos: info@nmreng.co.za Webblad: www.nmreng.co.za

Ons Eie

Die meganiese driepuntstelsel op die trekkers verskaf moeitelose beheer op wenakkers deur New Holland se “lift ‘o matic”-funksie en krag word doeltreffend oorgedra deur straallaagbande en ‘n unieke beladingpakket. Hoewel eenvoud die trekkers kenmerk, spog hulle steeds met ‘n swaardiens-agteras en meganiese voorwielinskakeling wat moeiteloos met die druk van ‘n skakelaar gedoen word. Die verstelbare stuurkolom, vering­ sitplek en unieke kontrole-uitleg is besonder gerieflik vir die operateur. Rubbermonterings verminder vibrasie en klank in die kajuit. Plus – Die reeks bestaan uit twee modelle naamlik die T6050 (93kw) en die T6070 (104kw) wat albei lugverkoelde kajuite het. Albei trekkers is toegerus met FPT ses-silinder turbo-aangejaagde enjins met meganiese brandstofinspui­ ting wat die maksimum wringkrag verhoog na 625nm teen 1400opm op die T6070. Die transmissie is aangepas na ‘n luukser 16x16 “semi powershift”-weergawe wat ook spog met outomatiese ratskakeling wat na gelang van die vrag agter die trekker die beste rat bepaal om optimale brandstofverbruik te verkry. Hierdie trekkers is toegerus met ‘n spoelkas (nat koppelaar) wat rigtingverandering sonder om te stop moontlik maak. Die luukse kajuit laat slegs 71db klank toe. Die geslote baan-hidrouliese stelsel lewer 113 li­ter/min met twee eksterne hidrou­ liese beheerkleppe wat die vloei beheer soos die implement vereis. Hierdie is die ideale trekkers vir plant en spog met ‘n elektronies-beheerde driepuntstelsel met twee eksterne

Desember 2014

silinders en hake op die arms om implemente vinning en moeiteloos te haak. Range command – Dit is die vlagskip van die T6000-reeks met twee modelle die T6080 (114 kilowatt) en die T6090 (121 kilowatt). Hierdie trekkers is slegs in die kajuitweergawe beskikbaar met langer syaste op die swaardiensagteras wat dit baie maklik maak om wiele te skuif na gelang van rywydtes. Die ses-silinder FPT-enjins het elekroniese brandstofinspuiting en bied ‘n 35% verhoging in krag tydens sekere aanwendings wat die wringkrag kan laat styg tot 710nm op die T6090-model. Albei hierdie trekkers het ‘n 18x6 “range command” (semi powershift) transmissie wat ratskakeling tydens padgebruik en grondvoorbereiding vergemaklik. Die trekkers is ook toegerus met outomatiese ratskakeling en ‘n gevorderde instrumentpaneel waarop die implementwydte ingesleutel word om die oppervlak van die bewerkte areas te bepaal. Die driepuntstelsel het ‘n grond­ spoedradar wat wielglip in ag neem om die bewerkingsdiepte van die implement in baie nat toestande te beheer. Dieselfde geslotebaan hidrouliese stelsel lewer ook 113 liter/ min olievloei deur drie meganies­ beheerde kleppe. Die trekkers is baie gerieflik met besonder lae geraasvlakke in die kajuit, ‘n unieke kontrole-uitleg wat strek tot aan die operateur se handpalm en ‘n elektroniese driepuntstelsel. ‘n Elektronies-beheerde waaier op die trekkers se verkoelingspakket vergroot brandstofbesparing en verleng die trekker se lewensduur. Onderhoud word vergemaklik met verkoelers wat kan oop skuif om maklik skoon te maak, en olievlakglasies wat maklik van buite af gekontrolleer kan word en sodoende ook besoedeling voorkom. Vir meer inligting besoek NHSA se webtuiste by www.nhsa.co.za of skakel Ockert Scheepers by 0823802405.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2014

19


A KTUEE L

KONTREIKUIER Ons kuier in hierdie uitgawe op SA Graan se Graanprodusent van die Jaar, Richard Hobson, se plaas Nonen Ranch by Setlagole. Richard het ‘n lang verbintenis met Suidwes – hy was onder andere in 2010 Terratek se Presisieboer van die Jaar. Hy was ook in 2009 Agri Noordwes en Toyota se Jongboer van die Jaar.

ARTIKEL en foto’s: JJJ Harmse

Hy het sy voete in sy lande en in die krale Ek moes maar arm druk om Richard Hobson te oortuig dat ek ‘n oggend van sy tyd wil opneem vir ‘n kuier op sy plaas. Hy is midde-in planttyd en het nie baie tyd vir enige iets anders nie, keer hy. Ek verstaan egter nou, na ek die omvang van sy plantproses eerstehands beleef het, wat hy bedoel as hy sê hy het nie tyd nie. Richard glo hy moet sy voete in die land by die plantery hê as hy dit reg wil doen. En hier is nou ‘n man wat weet hoe om dinge reg te doen.

20

Nonen Ranch-boerdery is deel van die groter familiebesigheid, die Botselo-groep. Die goep behoort aan Carey Hobson, sy broer Adrian en Carey se seuns Garth en Richard. Richard is verantwoordelik vir die boerdery. Die Botselo-groep bestaan uit Botselo-carriers – ‘n vervoerbesigheid, die Botselo-meule, BotseloGrain, wat opberging doen en graanverhandeling hanteer en dan Nonen Ranch, die boerdery. Hulle het ook ‘n wildvertakking en ‘n lodge wat die waardeketting voltooi. Botselo is ‘n Tshwanawoord wat ‘lewe’ beteken. Richard is die derde genderasie Hobsons wat op die grond hier by Setlagole boer. Die Botsela-groep is baie toegespits op waardetoevoeging, vertel Richard. Met hulle mielieproduksie wil hulle ook die filosofie van ‘van die grond tot die verbruiker’ toepas. “Ons probeer om die middelman uit dié ketting te kry.” Dit is waarom hulle ook opberging doen en hulle eie meule het.

Ons Eie

Desember 2014

Hy sê hy het van kleins af net een plan gehad en dit was om te boer, “ek het nie nodig gehad om ’n kopdokter te gaan sien om te weet wat ek met my lewe wil doen nie – boerdery is van kleintyd af al my passie.” Oor presisieboerdery het Richard al heelwat in die media en ander forums te sê gehad en is van mening dat mense die term verkeerd verstaan. “Mense dink dat presisieboerdery oor tegnologie gaan en dat dit boerdery met groot, duur masjine­ rie behels. Dit gaan egter oor die optimale benutting van hulpbronne en die tegnologie is maar net werktuie wat gebruik word om hierdie doelwit te bereik,” is sy oortuiging. “Presisieboerdery begin met die ontleding van jou hulpbron en die belangrikste vir saaiboerdery is om die waterhouvermoë van jou grond te bepaal. Nadat die fisiese grondeienskappe op ruitverwy­ sings gedokumenteer is, word die chemie van die grond vasgestel en reggemaak – dit beteken eenvoudig om die pH van die grond ideaal te kry.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Richard en sy vrou Paula in die kantoor – Richard studeer aan die landboukollege op Potchefstroom en kom in 2000 plaas toe om die boerdery oor te neem. Daarna brei die boerdery dramaties uit en oor die laaste drie tot vier jaar het hulle heelwat plase in die omgewing opgekoop. Hy trou met Paula in 2006 en hulle het twee dogters, Megan (6) en Nicole (3). Paula hanteer die boerdery se finansies.

“Daar is vyf baie belangrike punte in boerdery: die grond, die chemie, navigasietegnologie, stroperdata en meganisasie.”

Die laaste stap in die presisieproses is variërende saadplasing en hier speel tegnologie ’n groot rol.” Richard sê die kombinasie van grondinligting en stroperdata vorm die basis van die saaiery. Hulle karteer grond een keer fisies en doen elke derde jaar chemiese ontledings. “Jy kan nie begin varieer met minder as drie jaar se versamelde data nie.” Richard hou van die omgewing waar hulle boer. “Die omgewing is stabiel en ek hou van ons mense hier.” Hoewel die klimaat hier ook hulle grootste risiko is, is hier goeie landbougrond wat hulle toelaat om met vee en gewasse te boer. “Jy boer maar volgens dit wat jou omgewing en die grond jou toelaat. Daar is maar altyd uitdagings en geleenthede.

www.suidwes.co.za

Ek sien dikwels hoe ouens die kluts kwytraak en probeer boer volgens iemand anders se riglyne op ‘n ander plaas.” Hulle gemiddelde reënval is in die omgewing van 480 mm per jaar, maar die uitdaging is dat dit geweldig wissel. “Ons produseer inderwaarheid vanjaar se oes met die vorige seisoen se water.” Dit is die uitdagings rondom saaiery wat Richard aantrek. “Om die potensiaal van elke vierkante meter grond te ontsluit – dit is wat my fasineer. Ons grond se potensiaal wissel ook geweldig, om oor ‘n gemiddeld te praat is eintlik onbruikbare inligting. Van ons grond het die potensiaal om 10 ton per hektaar te lewer en ander net vier ton. Ons afsnypunt is vier ton. Grond wat minder as vier ton per hektaar

Ons Eie

lewer, word onttrek vir weiding.” “Jy kan nie so boer as jy nie leer om jou data te glo en te vertrou nie – dit was vir my een van die grootste uitdagings. Om ondanks wat oupa en pa op die grond gedoen het, jou besluite suiwer op die versamelde data te baseer. Ek glo in Nike se slagspreuk “Just do it”, jy moenie te lank wonder, of die saak dood oordink nie,” sê Richard. Vir hom is daar vyf baie belangrike punte in boerdery: die grond, die chemie, navigasietegnologie, stroperdata en meganisasie. Die tegnologie is duur en daarom speel ekonomie van skaal ‹n geweldige rol in die tipe boerdery. Dit is ook die rede waarom groter boerderye al groter word en kleiner boerderye verdwyn – jou vaste koste bly dieselfde of jy groot of klein boer.

Desember 2014

Richard het baie veranderings in sy meganisasie aangebring. Toerusting moet effektief en produktief wees, glo hy. “‘n Trekker wat onder dak staan, het jy waarskynlik nie nodig nie. Daar is ‘n balans tussen werktuie wat regtig werk en ek het lank en hard gewerk om die optimale meganisasiestruk­tuur te vestig. Die norm is dat jy 0,8 kw nodig het om een hektaar te bewerk. Op ons plase is ons tans op 0,28 kW per hektaar.” Vir Richard is sy vervangingsbeleid ook baie belangrik: “Ek wil nie in planttyd met my broek op die knieë gevang word met iets wat breek nie.” Die boerdery het onlangs drie John Deere- rusperband trekkers van 412kW aangekoop en daarmee 20 John Deere bl 22 >>>

21


AKT UEE L

KONTREIKUIER Die tweede been van die boer­ dery is die beesboerdery wat uit ‘n kommersiële koeikudde bestaan en die voerkraal.

6430 en 6630 –trekkers van 81kw en 92kW vervang. Die drie groot trekkers doen dieselfde hoeveelheid werk, net meer effektief. Dit het om verskeie redes ‘n groot besparing meegebring. Richard vertel dat hy in die verlede tydens planttyd ‘n logistieke nagmerrie deurgegaan het. Hulle plant op sowat nege plase wat oor ‘n afstand van ‘n honderd kilometer strek. Daar was altyd 80 mense by die operasie betrokke en hierdie mense en al die toerusting moet van plaas na plaas trek in die

22

plantseisoen. Deur die kleiner trekkers te vervang en na massahantering van saad en kunsmis oor te skakel, is daar nou net 20 mense betrokke. Nou het hulle die voordeel van al die bespa­ rings aan tyd en geld wat daarmee gepaard gaan. Richard vertel dat sy oupa ook altyd gesê het ‘n boer se spore moet in sy lande en sy krale lê om suksesvol te kan boer. Hy glo ook vas aan hierdie filosofie. “Dit help my om gefokus te bly as ek daar is wanneer ons oes, plant of beeste werk.” Verder vertel hy

Ons Eie

dat ‘n boer tussen grondvoorbereiding en die oesproses tussen 40 en 50 onbeplande besluite neem wat 80% van die seisoen se uitkoms gaan bepaal. Dit is nou besluite soos: wanneer om op te hou plant, is dit nodig om nog bemesting te doen ensovoorts. “Dit is daardie besluite wat net gedoen kan word as jy op die lande staan waar die aksie is.” Richard is opreg beskeie wanneer hy oor sy sukses uitgevra word. “Ek kan nie arrogant wees nie, ek het al te veel verkeerde besluite geneem wat my duur te staan gekom het. Ek het vroeg al geleer dat ek baie tekorte het en dat daar baie dinge is wat ek nie goed kan doen nie en daarom moet ek my omring met die regte mense. Ek werk regtig hard daaraan om verhoudinge met die regte mense te kweek, met kundiges wat my kan help om die regte besluite te neem.” Hy vertel dat ‘n mens die gemiddeld is van die vyf mense waarmee jy die meeste omgaan – dit is dus belangrik om jou met mentors te omring. “Sukses het baie met leiserskap te doen, maar jy moet ook ‘n spanspeler wees,” is Richard se filosofie.

Desember 2014

Die tweede been van die boerdery is die beesboerdery wat uit ‘n kommersiële koeikudde bestaan en die voerkraal waar hulle eie, maar ook ingekoopte kalwers tot op 500 kg lewende gewig voer. Hulle gebruik hoofsaaklik Bonsmaras en Simbrabeeste. Vir Richard begin presisiebeesboerdery ook by die grond – die hulpbron moet geanaliseer word om te bepaal wat die drakrag daarvan is en van daar gaan dit oor kilogram vleis per hektaar geproduseer. Hulle voerkraalbeleid bepaal dat elke bees ‘n koste-eenheid is en elkeen se data moet bygehou word sodat volledige geskiedenis van die boerdery versamel kan word om die

www.suidwes.co.za


A K T UEE L Richard plant elke jaar vier verskillende kultivars. Hy plant die kultivar wat die vorige seisoen die beste gevaar het op 80% van sy aanplanting. Proewe word op niks minder as 1 00 ha geplant nie.

Daar is op elkeen van die plase so ‘n sattelietontvanger opgerig om akkuraatheid van die GPS-toerusting te verseker. Volgens Richard is hulle binne 2cm akkuraat wanneer hulle grond voorberei, plant of variërende aanpassings in die lande maak as gevolg van hierdie tegnologie wat hulle gebruik. Hy het oor die wêreld gaan kers opsteek by kundiges om die spesifieke sisteem te kry wat vir hom werk.

Hierdie spasie­ ringe is aan die trekkerwiele aangebring sodat die wiel tussen die breër rye kan loop.

www.suidwes.co.za

potensiaal ten volle te ontgin. Die voerkraal pas ook in die maatskappy se filosofie om die waardeketting te voltooi. Hulle sien die voerkraal as waardetoevoeging omdat die kalwers in die ekstra tien maande in die voerkraal nog waarde bykry en nog wins byvoeg. So is 60% van die beeste se rantsoen ‘n afvalproduk van die meule. Kalwers word op sewe maande gespeen en word dan vir 150 dae veld toe gestuur vir backrounding. Daarna word hulle vir 120 dae tot op 500 kg lewende gewig gevoer. Kalwing word met die vier maande dragtigheid ondersoek gesinkroniseer om eenvormige kalwers te gee. Koeie wat nie die eerste keer dragtig raak nie, word geslag. Hulle hou 20% van die verse terug as vervanging en groei die kudde dus met 10% per jaar.

Minimum bewerking word toegepas. Die opslagplante van die vorige seisoen is pas dood­gespuit en die nuwe aanplanting word nou gedoen. Die stoppels en plante op die land doen baie om winderosie te voorkom.

Ons Eie

Desember 2014

23


L A NDBO UKUNDI G

Gebruik opbrengsmonitordata vir beter bestuur Hoe om langtermyn opbrengsmonitordata te gebruik om risiko- en bemestingstrategieë te bestuur – Omnia se RiskIQ-benadering

Artikel deur: Tiaan Terblanche en Dr Koos Bornman, OMNIA-kunsmis

Presisieboerdery is ʼn konsep wat in elke tydskrif of publikasie van alle kante benader en gedefinieer word. In dié artikel word slegs gesels oor die waarde van langtermyn opbrengsmonitordata en die gebruik daarvan om risiko- en bemestingstrategieë te identifiseer, kwantifiseer en te bestuur.

24

Opbrengsmonitors word gebruik om verskeie parameters per ruimtelike posisie in ʼn gegewe land deur middel van verskeie sensors, asook GPS tegnologie, te meet. Die belangrikste parameter is natuurlik die hoeveelheid graan wat gestroop word. Opbrengs is die integrasie van al die fasette wat ʼn impak gehad het op ʼn spesifieke seisoen. Die meeste produsente kyk slegs na die opbrengsmonitor soos wat die stroper deur die land beweeg, net om die maksimum opbrengs wat die dag behaal is te onthou. ʼn Produsent kan meer uit hierdie inligting kry en dit sal sy toekomstige besluite makliker maak en sy produktiwiteit en effektiwiteit verhoog. Die inligting wat met opbrengsmonitors ingesamel

Ons Eie

word, moet na wense verwerk word sodat sleutelparameters daaruit opgestel kan word om bestuursbesluite te ondersteun. Een van hierdie parameters of afgeleides is die bestuursones wat verkry word deur ’n aantal seisoene se inligting relatief te vergelyk. Hoewel hierdie inligting van historiese belang is, sal dit die fundamentele basis vir toekomstige besluite wees. Met opbrengskaarte, wat byvoorbeeld vier verskillende jare se oesdata bevat, kan ooglopende ooreenkomste (hoë- en lae produksiesones) tussen die verskeie seisoene waargeneem word, al het die reënval in al vier seisoene verskil. Hierdie vier seisoene is saamgevoeg om ruimtelike bestuursones oor tyd te identifiseer. In hierdie geval is daar drie bestuur-

Desember 2014

sones naamlik: Laag, Gemiddeld en Hoog. In die Lae sone was die opbrengste laer as 75% van die gemiddelde opbrengs oor die vier seisoene. In die Hoë sone was dit hoër as 125% van die gemiddelde opbrengs oor hierdie vier seisoene. Hierdie bestuursonekaart (OmniZone) kan gebruik word om opbrengsmikpunte vir elke sone te stel om effektiewe bemestingsaanbevelings te maak. Nou is die vraag: Ons het die verskillende sones, maar wat moet my beplanningsopbrengs per sone vir die komende seisoen wees? Dit is hier waar risiko-besluite geneem moet word. “RiskIQ” (Grafiek 1) is ʼn unieke model deur Omnia Kunsmis saamgestel. Dit plot die

bl 31 >>>

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Omnia ad

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

25


L A NDBO UKUNDI G

26

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Het sonkrag finansiële voordele vir boerdery? Eskom se tariewe vir die 2015/2016 finansiële jaar gaan met 12.69% styg. Dit laat vele vrae ontstaan. Wat is die werklike impak van hierdie styging op boerderybedrywighede? Hoe gaan koolstofbelasting (Carbon Tax), wat 1 Januarie 2016 in werking tree, die landbou beïnvloed? Gaan dit meer verhogings in energiekoste veroorsaak? Kan ’n boerdery met hierdie tipe van styging in energiekoste nog lewensvatbaar en winsgewend wees? Energie is een van landbou se grootste uitgawes. Die pluspunt hiervan is dat dit een van die min uitgawes is waar ’n boer daadwerklik koste kan bespaar. Wanneer die moontlikheid oorweeg word om Eskom-krag met sonkrag aan te vul, moet ’n paar faktore in ag geneem word voor ’n ingeligte besluit geneem kan word, naamlik: • Solarenergie is ’n medium- tot langtermynbelegging, met ’n energieproduksieleeftyd van 25 jaar plus; • Die verbruiker moet bereid

www.suidwes.co.za

wees om energiebestuur toe te pas as deel van sy daaglikse aktiwiteite sodat die stelsel optimaal benut word; Sonkrag sal slegs ’n aanvulling tot Eskom-krag wees en dus sal die maandelikse vaste kostes wat deur Eskom gehef word nog steeds verskuldig wees. Die alternatief is om ’n stelsel te ontwerp wat onafhanklik van Eskom-krag is en dan die primêre bron van energie is. In so ’n geval sal Eskom versoek word om hulle punt te verwyder en kan die vaste kostes bespaar word. Daar is verskeie faktore wat in ag geneem moet word wanneer daar besluit word of ’n solarstelsel wel finansieël voordelig is. Die voordele moet in geheel geëvalueer word om ’n ingeligte besluit te kan maak. Van hierdie voordele is soos volg: Aanvulling van Energie uit Solar • Die gemiddelde energiekoste (R per KW/h – vaste kostes uitgesluit) vir ’n boerdery is tussen R0.4933 en R 0.8938 per KW/h afhangende van die tipe boerdery en die energieverbruikprofiel en die tariefskaal van die boerdery (Landrate; ruraflex ens.). Die gemiddelde energiekoste sal egter tussen R 0.3893 en R 0.4696 per KW/h wees, afhangende van die grootte van die stelsel, die tipe toerusting wat geïnstalleer word en die totale energie-

bl 28 >>>

Ons Eie

Solarstelsels is nie goedkoop nie, maar die langtermyn finansiële voordele weeg egter baie swaarder as die aanvanklike kapitale uitleg. Vir meer besonderhede kan u gerus vir Flip Opperman kontak – e-pos: pvsolutions@iburst.co.za of by telefoonnommer (012) 335 5734.

Ons spesialiseer in: Solarstelsels • Netwerk inskakeling en stelsels wat nie op die netwerk is nie • Stelsels met batterybanke as stoorkapasiteit Solarpompe – enkel fase sowel as drie fase • • • •

Eskom-energieprogramme Konsultasie Hulp met die organisering van finansiering vir solarstelsels Aansoeke vir Eskom-energieprogramme t.o.v. netwerk konneksies t.o.v. Solar Stelsels

Ons geassosieerde maatskappy het al meer as 1800 solarstelsel in Suidelike Afrika ontwerp, verskaf en geïnstalleer. Tel 082 452 9620 / Fax 086 530 6820 e-mail: pvsolutions@iburst.co.za

Desember 2014

27


L A NDBO UKUNDI G >>>

Sonkrag

28

produksie van die stelsel oor ’n periode van 25 jaar. Die finansiële voordeel lê daarin dat die verbruiker onmiddellik sy energiekoste vasmaak teen ’n vasgestelde tarief vir die volgende 25 jaar. Eskom-verhogings gaan dus geen verdere impak op sy energietarief hê nie en ’n onmiddellike besparing in sy energiekostes tot gevolg hê soos Grafiek 1 aandui. Die besparing in energie sal ook bydra tot die maandelikse paaiement wat aan die finansierder terugbetaal moet word, indien die stelsel gefinansier word. Die Grafieke 2 en 3 dui aan dat die energiebesparing later die paaiement van die lening oorneem, afhangend van die termyn van die lening. Deur energiekoste (dit wat deur my solarstelsel geproduseer word) op ’n bepaalde tarief vas te maak, beskerm die verbruiker sy boerdery teen enige verdere prysverhogings ten opsigte van die energie wat deur sy stelsel geproduseer word. Die verbruiker se grond se waarde verhoog, aangesien hy nou landbougrond besit wat selfonderhoudend is wat elektrisiteit betref, afhangend van die grootte van die stelsel. Dan is daar sekere inisiatiewe en rabatte waarop die verbruiker geregtig kan wees wat wesenlike finansiële voordele inhou. – Sekere van die kommersiële banke bied ’n 7% rabat / diskonto op die kapitale bedrag wat geleen word. Die verbruiker hoef dus net 93% van die kapitale bedrag wat geleen is terug te betaal, mits sodanige lening vir die installering van groen tegnologie aangewend word. – Die Departement van Handel en Nywerheid bied ook sekere rabatte aan. Hierdie

rabatte val onder die MCEP program (Manufacturing Competitive Enhancement Program) – Energie Effektiewe projekte. Daar is egter ’n beperking op watter bedrywe vir hierdie rabat sal kwalifiseer. In die landboubedryf sal dit veral boerderybedrywe wees waar daar een van die volgende aktiwiteite plaasvind: Verpakking (Pakhuis) Hier is dit veral die groente- en vrugtebedrywe wat voordeel sal trek; Slagpale – vee, pluimvee en wildsboerderye sal hier voordeel trek, mits hulle ’n slagpale op die grond het. Hierdie slaggeriewe moet egter aan alle wetlike vereistes voldoen; Wynkelders – druiweboerdery. Die wynkelder moet op die wynplaas self wees. Die verwerking van melkprodukte (soos die pasteurisering van melk) uitgesluit die melkery self. – Daar is ook sekere inkomstebelastingvoordele vir die besigheid. Hierdie belastingvoordele sluit die volgende in: Artikel 12L – is ’n groenkragrabat wat teen die besigheid se belasbare inkomste toegestaan word vir elke 1KW/h krag gegenereer uit groenkrag. Hierdie voordeel is slegs beskikbaar tot en met 1 Januarie 2020. Depresiasie-afskrywing van die solarstelsel teen belasbare inkomste. Verder is daar ook groot finansiële voordele as daar aan een van Eskom se energieprogramme deelgeneem word. Een van hierdie programme, wat tot groot voordeel vir die landboubedryf sal wees, is die bank van energie (“banking programme”). Volgens dié program kan die verbruiker nou die ekstra krag wat hy gedurende die dag genereer en nie verbruik het nie, in Eskom bank vir latere verbruik. Die verbruiker het dan 12 maande om hierdie krag

Ons Eie

te verbruik. Eskom word dus die verbruiker se batterybank. Hierdie voordeel kom egter tot sy ware potensiaal indien die boerdery op tydtariefskale is soos byvoorbeeld Ruraflex. • Die verbruiker genereer koolstofkrediete uit sy solarstelsel. Hierdie koolstofkrediete kan net soos genoteerde aandele op die ope mark verhandel word en word gewoonlik deur ander maatskappye wie se koolstof-dioksiedvrylatingsrekord nie goed is nie ge-

koop. Die verhandelingsprys word deur vraag en aanbod bepaal. • Die son se energie is verniet. Die enigste uitgawe is die kapitale uitleg vir die stelsel om hierdie energie te kan oes en om te kan skakel. • Die kapitale verhalingsperiode is gewoonlik tussen twee jaar en agt jaar, afhangend daarvan of die verbruiker vir al die voordele soos hierbo uiteengesit kwalifiseer.

Grafiek 1

Grafiek 2

Grafiek 3

Desember 2014

www.suidwes.co.za


bl 49>>>


L A NDBO UKUNDI G

30

Ons Eie

Desember 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Opbrengsmonitordata kumulatiewe waarskynlikheid vir ʼn sekere opbrengs per sone op ʼn grafiek deur te kyk na wat in die vorige seisoene gebeur het. Dit is ook toepasbaar in gewasro-tasiestelsels. Sou die produsent besluit om vir ʼn opbrengs te mik wat volgens geskiedkundige data ʼn waarskynlikheid van 50% het om te realiseer, sal die opbrengsmikpunt vir die “Lae”opbrengssone (rooi) 4.37 t/ha, 6.96 t/ha vir die “Gemiddelde”sone (groen) en 8.29 t/ha vir die “Hoë”-opbrengssone (blou) wees. Indien die produsent die komende seisoen meer konserwatief wil benader en vir opbrengs wil bemes wat, gegewe die geskiedkundige inligting, ʼn waarskynlikheid

www.suidwes.co.za

Grafiek 1

van 70% het om te realiseer, sal die opbrengsmikpunt 3.09 t/ha, 4.93 t/ha en 6.89 t/ha onderskeidelik wees. Hoe meer inligting (seisoene) in hierdie ontleding gebruik word, hoe meer seisoenale variasie word in ag geneem om die risiko

Ons Eie

beter te kan kwantifiseer. Dié inligting sal help dat daar nie onder-bemes word op hoëpotensiaal gedeeltes nie, en nie oor-bemes word op laepotensiaal gedeeltes nie. Verskeie fasette van Omnia se RiskIQ-model, soos die

Desember 2014

hellings van die kumulatiewe waarskynlikheidskurwes, word gekwantifiseer en dan doelbewus jaar na jaar gemonitor om te meet of toegepaste bestuurspraktyke werklik verbetering meebring en lonend sou wees.

31



L A NDB O UK UNDI G

Refraktometers en Blaarontledings help met oesversorging ARTIKEL DEUR:

Rupert Vermaas Landboukundige by Triomf Agri-X

Gedurende ’n gewas se groeistadium is daar verskeie maniere om te bepaal of die gewas tot sy optimum potensiaal groei. In hierdie artikel bespreek Rupert Vermaas metodes wat Triomf AgriX se landboukundiges gebruik om die voedings-elemente in ’n plant se blare te meet. So bepaal hulle of die verskillende elemente op optimum vlakke in die plant is om optimaal te groei en sodoende optimum potensiaal te bereik en goeie opbrengs te verseker. Refraktometers ’n Refraktometer word gebruik om die suikers in ’n plant te meet. Die eenheid waarin hierdie suikers gemeet word is “brix”. Plantsap word uit die blare van ’n plant gedruk en op die refraktometer gesit en ’n lesing word verkry in brix. Indien die voedingselemente in die plant op optimum vlakke is, sal die plant se suikers ook op optimum vlakke wees. Indien die suikers in die plant laag is en ’n lae brix-lesing gee, is daar gewoonlik ’n voedingselementtekort in die plant. Indien die spesifieke voedingselementtekort nie met die oog op die blare waargeneem kan word nie, kan verskeie behandelings van mikro- en makro-elemente afsonderlik op verskeie plante se blare gespuit word. Die plante kan vir ’n paar uur of selfs ’n dag gelaat word sodat die voedingselemente deur die blare opgeneem kan word. ’n Brix-lesing word na dié tydperk weer op al die verskillende behandelings geneem om

www.suidwes.co.za

vas te stel watter behandeling (voedingselement) die grootste verhoging in brix getoon het. Die plante kan dan met die element wat die grootste verhoging in suikers getoon het, behandel word deur ’n blaarbespuiting of ’n topbemesting. Die voordeel van die metode is dat daar vinnig vasgestel kan word wat die plantvoedingstekort is en dat daar tydig opgetree kan word om die tekorte aan te spreek. Blaarontledings ’n Blaarmonster is by Kridyn Boerdery in 2012 op mielies geneem nadat daar probleme op dele van die land ondervind is weens swak plantontwikkeling. Die resultate van die laboratorium is vergelyk met die kritiese blaarontledingsnormes van die spesifieke gewas (sien grafiek A).

Figuur 1: ’n Voorbeeld van ’n refraktometer Volgens die blaarontledingsresultate in grafiek A kan die afleiding gemaak word dat daar ’n tekort aan fosfate (P) en magnesium (Mg) in die plant is. Die swak fosfaatopname deur die plant het swak wortelontwik-

keling tot gevolg gehad en daarom onderontwikkelde plante. Die blaarontleding het vir ons uitgewys wat die probleme in daardie seisoen was en ’n fosfaat- en magnesiumblaarvoe-

bl 35 >>>

Grafiek A: Blaarontledingsresultate van makro-elemente in mielies in grafiekformaat

Ons Eie

Desember 2014

33


L A NDBO UKUNDI G

34

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Refraktometer ding kon help om die probleme tydelik aan te spreek. Hoewel die grondontleding, wat op dieselfde punt in die land geneem is as die blaarmonster, hoog ontleed in fosfaat, is die fosfaat nie beskibaar vir die plant nie weens die lae pH en hoë suurversadiging in die grond (sien tabel 1). Dis egter belangrik om vas te stel wat dié probleem veroorsaak het, sodat dit oor die langtermyn reggestel kan word. Volgens die grondontleding het die lae pH en hoë suurversadiging uitgewys dat die grond bekalking nodig het (’n dolomietiese kalk) om die suur in die grond op te los en sodoende fosfate beskikbaar te stel vir die plant

en ook om lae magnesium-vlakke aan te spreek. Die blaarontleding het gewys dat fosfaat- en magnesiumopname swak was gedurende daardie seisoen. Die grondontleding het bevestig hoekom fosfaat- en magnesiumopname wel swak was en dit kon aangespreek word sodat dieselfde probleme nie weer in die opkomende seisoen ondervind moet word nie. Hierdie metode van blaarontledings en brix-lesing van blare word hoofsaaklik in ’n plant se vegetatiewe groeistadium gedoen. Dan is al die suikers in die blare van die plant gestoor. Indien blaarontledings of brix-lesings van die blare geneem word in ’n reproduktiewe groeistadium van die plant, sal die lesings of

ontledings baie laer wees as in die vegetatiewe groeifase, omdat die plant die suikers wat in die blare gestoor was nou na die vrug of graan van die plant translokeer. Die neem van blaarmonsters en brix-lesings op probleemkolle in ’n land of in probleemlande kan

vir die boer die probleme asook beperkende plantvoedingfaktore uitwys. Deur die probleme of tekorte met ’n intydse blaarvoeding of ’n aangepaste bemestings- of bekalkingsprogram vir die volgende seisoen aan te spreek, kan opbrengste verhoog.

Tabel 1: Grondontledingresultate in probleemsone. pH (KCl)

PBray1

K

Na

Ca

Mg

UIT H+

%Ca

%Mg

%K

%Na

SV

mg/kg

mg/kg

mg/kg

mg/kg

mg/kg

cmol(+)/kg %

%

%

%

%

Ondergrond

4.13

58

63

2

297

25

0.14

74.35

10.05

8.00

0.44

7.15

Bogrond

3.97

39

116

2

373

32

0.15

72.35

10.01

11.51

0.26

5.87

Bekendstelling van Protek se nuwe strooihouerreeks! Protek het wegbeweeg van die verouderde, goedkoop, boks-tipe verpakking vir hul slak- en snywurmprodukte en Protek Snails en Protek Cutworm word nou in veilige, gerieflike strooihouers verpak. Ook ingesluit in die strooihouerreeks is Protek Lurectron Fly Bait, nou in ‘n ekonomiese 300 g grootte verpak. Lurectron Fly Bait is reukloos en kan binne sowel as buite die huis gebruik word, asook in dierehokke. Protek Termite Stop is ‘n lokaas vir grasdraertermiete. Versprei eenvoudig hopies van die lokaas waar grasdraertermiete aktief is. Raak binne een week ontslae van mierneste, insluitende die koningin, met Protek Nip-it Ant Control. Nip-it is 99 % organies met ‘n lae toksisiteit vir mense en diere. Protek Carbakil is ‘n stuifpoeierinsekdoder wat op voëls, honde en katte gebruik kan word. Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 Nip-It: reg nr L8579, hydramethylnon 10 g/kg, VERSIGTIG, registrasiehouer: Prinswer Manufacturing (Pty) Ltd, reg nr 2006/095395/23 Lurectron Fly Bait: reg nR L7597, methomyl 10 g/kg, tricosene 2.5 g/kg, VERSIGTIG, registrasiehouer: Makhteshim-Agan SA (Pty) Ltd, reg nr 1992/001741/07 Cutworms: reg nr L3130, sodium fluosilicate 100 g/kg, SKADELIK, registrasiehouer: Kombat (Pty) Ltd, reg no 1979/01492/07 Snails: reg nr L5466, metaldehyde 15 g/kg, VERSIGTIG, registrasiehouer: Kombat (Pty) Ltd, reg no 1979/01492/07 Termite Stop: reg nr L5437, Sodium fluosilicate 50 g/kg, VERSIGTIG, registrasiehouer: Small Pack Solutions ((Pty) Ltd, reg nr 1997/17900/07 Carbakil, reg nr L6746 & G3707 karbaril 50 g/kg, registrasiehouer: Small Pack Solutions (Edms) Bpk, reg nr 1997/17900/07 Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Pty) Ltd, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel nr (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2014

35


LL ANDBO A NDBO UKUNDI UKUNDI G G In ’n handleiding van een van die voorste spuitstuk (nozzle) vervaardigers, begin ’n hoofstuk met ’n stelling wat op die volgende neerkom: Daar is genoegsame bewyse dat spuitstukke moontlik die mees nagelate komponent is in vandag se boerdery. Dit is een van die belangrikste items in die toediening van chemikalieë op die plaas.

Foto geneem deur: Jedrie Harmse

Spuittstukbestuur kan jou baie geld spaar ‘n Digitale meetinstrument vir akkurater meting per spuitstuk.

ARTIKEL DEUR:

Gerrie Ludick Landboukundige: Technikem Oesbeskerming

Die toediening van oesbeskermingsmiddels is ’n wetenskap en, soos ons geleer het, is daar baie faktore wat die effektiwiteit kan beïnvloed – faktore soos byvoorbeeld die klimaat, die waterkwaliteit, die mengvolgorde, spoed, balkhoogte, onkruidgrootte ensovoorts. Daar is egter nog ’n faktor wat beslis aangespreek moet word, en dit is spuitstukbestuur. Daarmee bedoel ek instandhouding, byvoorbeeld wanneer dit

36

raadsaam is om spuitstukke te vervang. Die probleem is dat die gevolge van ondoeltreffende spuitstukke eers gesien word as onkruide of insekte nie vrek nadat hulle gespuit is nie. Die ou gesegde in die onkruidbedryf is dat die duurste onkruiddoder díe een is wat nie gewerk het nie. Miljoene rande se oesbeskermingsprodukte word jaarliks met defekte spuitstukke gespuit. Tydens ’n ondersoek is dit moeilik om te bepaal wat die redes

Ons Eie

sou wees waarom die onkruid nie beheer is nie. Gewoonlik kan ’n tendens waargeneem word waar die rye in die land oneweredig beheer is. Dit is nie net lewering wat ’n invloed op die effektiwiteit van die chemie het nie. So kan die spuitstukopening beskadig word wanneer draad byvoorbeeld gebruik word om ’n verstopping skoon te maak, of met langdurige gebruik weens

bl 38 >>>

Desember 2014

Variërende beheer van hondebos in koring weens swak spuitstukbestuur.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober Desember2014 2014

37


L ANDBO UKUNDI G >>>

Spuitstukbestuur

Grafiek 1

Grafiek 2 die druk van die mengsel self. Dit belemmer die sproeipatroon wat oneweredige verspreiding en druppelgrootte bewerkstellig. Vir die doel van die oefening word slegs gekonsentreer op leweringstempo. In ‘n studie, uitgevoer op ses hoogloopspuite van vier verskillende fabrikate, is daar bevind dat nie een van die spuite binne die toegelate 6% koëffisiënt van variasie (CV) werk nie. Lesings is by elke spuitstuk met ‘n Spot on kalibrasie-instrument geneem wat die lewering uitdruk in liter per minuut. Daarna is dit verreken na liter per hektaar en vir die doel van hierdie proef is RoundupPowermax gebruik om die hoeveelheid aktief wat gelewer sou word, te illustreer. Die lewering is konstant gehou teen 150 liter per hektaar met ’n dosis van 1.7 liter per hektaar, soos op die

38

etiket aangedui. Vir dié proef is daar slegs na fisiese lewering gekyk. Resultate Grafiek 1 Afleiding: Uit hierdie data kan ons sien dat daar betekenisvolle afwykings tussen die spuitstukke is. Die resultaat is dat sommige onkruide ’n onvoldoende dosis ontvang en nie vrek nie, terwyl ander meer as genoeg kry – ’n wenresep vir onkruide om weerstand op te bou teen aanbevole dosisse! Sou die onkruiddoder op of oor ’n gewas gespuit word wat tolerant is teen die chemie, kan dit beteken dat die dosis meer is as wat toegelaat word, en die gewas kan beskadig word. Grafiek 2 Afleiding: Uit hierdie data kan ons sien dat sommige spuitstukke geslyt het en betekenisvol meer aktief

Ons Eie

lewer. Die rekenaar in die kajuit herbereken die totale volume en lewer dan minder vir die ander spuitstukke, alhoewel

nie betekenisvol minder nie. In hierdie geval sal dit dalk net nodig wees om ses spuitstukke te vervang.

Oplossing • Deur’n paar eenvoudige wenke te volg, kan boere elke jaar duisende rande spaar. • ’n Spuitstuk word baie noukeurig vervaardig. Dit is dus raadsaam om dit slegs met ’n tandeborsel skoon te maak. • Gebruik dieselfde soort (tipe en maak) spuitstukke. • Gebruik die regte spuitstukke vir die bepaalde druk en aanwending. • Maak die filters gereeld skoon om egalige lewering te verseker. • Spoel die tenk en pype met spoelmiddels wat in die mark beskikbaar is. • Vra jou chemiese agent om die spuitbalk en spuitstukke na te gaan voor die seisoen begin. • Vervang die spuitstukke na gelang van werkstyd. Plastiek spuitstukke sal meer gereeld vervang moet word as byvoorbeeld keramiek of koper. • Moenie langer aanvaar dat ’n hoogloopspuit altyd reg sal spuit nie. Dit is nie so nie!

Desember 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

39


L A NDBO UKUNDI G

Agrikalender November – Januarie 2014 Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te bemes en pH reg te stel met bekalking. Die opname van plantvoedingstowwe sowel as die algemene gesondheid van die plante verbeter met die regstelling van die pH. Slaan ag op planttye die seisoen. ’n Neutrale na El Nino-seisoen word tans voorspel. Soos verlede jaar se voorspellings nie gerealiseer het nie, kan dié jaar ook heeltemal verskil van die voorspellings. Die mieliebalansstaat wys dat daar tans ’n oorskot aan mielies is. Poog om ’n gedeelte van die lande vir ander gewasse soos akkerbone aan te wend.

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

ALTERNATIEWE GEWASSE

AKKERBOU

Akkerbone

Mielies Ploeg is nie noodwendig ‘n oplossing vir Diplodia en koolstofvrot nie, maar dit kan help. Wisselbou verlaag die voorkoms van Diplodia en ander kopvrotte. Kultivars se vatbaarheid vir kopvrot verskil. Oorweeg slegs om te plant as die grondtemperatuur bokant 15 grade Celsius is. Te lae temperature lei tot onbevredigende kiemkragtigheid en moontlike onkruiddoderbeskadiging. Behandel saad teen grondinsekte aangesien saailinge beskadig kan word. ‘n Swak stand kan groot verliese veroorsaak. Wees bedag op die skade wat springhaasrotte kan aanrig. Sluit voorplantkontrakte, minimupryskontrakte, of verskans op SAFEX om goeie pryse vir die komende seisoen te verseker. Moet egter nie meer as 30 % kontrakteer nie. Indien u belangstel kan Suidwes se graanspan vir u ’n unieke graanbemarkingsplan uitwerk! Skakel hulle gerus.

Sonneblom Moenie sonneblom plant indien ‘n voorplantkontrak nie gesluit is nie. Sonneblom is ‘n goeie wisselbougewas, veral waar Diplodia straf voorgekom het. Sonneblom kan geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. Maak seker dat die lande wat geplant gaan word, nie residue van skadelike onkruiddoders soos atrazien bevat nie. Sonneblom is baie gevoelig vir veral atrazien en terbutielasien. Behandel saad teen grondinsekte om saailingskade te beperk. Bemes sonneblom tot dieselfde mate as mielies, om goeie opbrengste te kry.

Grondbone Grondbone is ‘n baie goeie wisselbougewas. Gesonde grondbone bind tot 30 kg N per jaar wat voordele vir die opvolgseisoen inhou. Planttyd is tussen 15 Oktober en 25 November wanneer grondtemperatuur nie te laag is nie. Plant grondbone met tussen 15 en 20 Kg N op sandgrond om ‘n sterk kiemplant te vestig. Behandel die saad met Rhizobium-entstof om stikstofbinding te bevorder. Behandel die saad met ‘n swamdoder wat in kombinasie met die Rhizobium gebruik kan word. Reaksie op fosfaatbemesting word slegs verkry indien die grond geweldige lae fosfaatvlakke het. Slegs SANSOR-gesertifi seerde saad moet geplant word.

Koring Bekalking is noodsaaklik waar die pH te laag is. ‘n Goeie bekalkingsprogram is meer werd as verhoogde kunsmistoediening. Bewerk lande met ‘n diep tandwerktuig om verdigtingslae op te hef. Seël die grond met ‘n vlerkskaar, eg of V-lem indien die tandwerktuig nie met ‘n roller toegerus is nie. Beheer onkruid. Bestel saad wat op die meulenaars se voorkeurlyste is. Bestel die regte soort en hoeveelheid kunsmis volgens die grondontleding.

40

Ons Eie

Akkerbone is goed aangepas in die Noordwes Provinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aangeplant, vir beweiding sowel as hooiproduksie. Die voordeel van akkerbone, wat ’n peulgewas is, is dat akkerbone stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) kan per jaar in die grond teruggeplaas word. Aanplantings kan vroeg in die seisoen gedoen word, hoofsaaklik as weiding, aangesien dit moeilik is om goeie hooi te maak. Reën gedurende Februarie kan die kwaliteit van die hooi benadeel. Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoonlik nie so baie reën wanneer die voer gereed is vir hooi maak nie. Hooiproduksie kan 6 ton hooi met 300 mm reën gedurende die groeiseisoen produseer. Dit het ’n ru-proteïeninhoud van 14 % as 90% van die peule reeds verkleur het. Afhangend van rywydte, word van 9 tot 16 kg saad per ha benodig vir aanplanting. Binneryspasiëring van 10 cm tussen plante is ideaal. Saad moet op ’n diepte van 4 cm geplant word, wanneer grondtemperatuur meer as 9 grade Celsius is. Onkruiddoders, wat geregistreer is vir akkerboonproduksie, is beskikbaar.

VEE

Beeste

Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende teelseisoen. Laat die bulle toets vir Trichomoniase en Vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke op die plaas aangepas word voordat hulle gebruik word om te dek. Hou bulle fiks deur hulle elke dag te laat loop. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent Vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. Indien beeste vir die mark gevoer word, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere vir Desember afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerke is verpligtend en moet op alle diere aangebring word. Bestuur bosluisbesmetting met erkende dipstowwe. Sorg dat diere toegang het tot voldoende skoon drinkwater en ’n goeie lek.

Skape Voorkomende behandeling is goedkoper as nasorg. Volg ‘n goeie bestuursprogram om maksimum opbrengs en wins te verseker. Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Spuit of dip skape teen brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloei program uit. Indien beplan word om groenvoer vir die skape aan te plant, moet vogbewaring vroegtydig begin om sukses te verseker. “Broek” langwolskape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Indien lamtyd MaartApril is moet ooie voor paartyd prikkelvoeding ontvang en op goeie voeding gehou word vir twee tot drie weke na paring om goeie besetting te verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd, om ‘n goeie lammeroes te verseker. Merk van skape is verpligtend, tatoeër dus skape om boetes te vermy. Tref betyds reëlings vir ’n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie.

Desember 2014

www.suidwes.co.za


Kosmiese Kwêla

A NDB O UK UNDI G AL LG E M EEN

deur Willie Koorts

Hoe land jy op ’n Komeet? Dit is presies die vraag wat wetenskaplikes van die Europese Ruimteagentskap gevra het, reeds sowat 25 jaar gelede terwyl hulle ‘n baie spesiale sending begin beplan het! Hierdie sending is uiteindelik verlede maand suksesvol tot volvoering gebring

As dit kom by gewaagde en ingewikkelde ruimtesendings, is ‘n mens geneig om aan NASA (die Amerikaanse Ruimteagentskap) te dink en jy vergeet dat die Europeërs soortgelyke, of selfs meer indrukwekkende baanbrekerswerk doen. Die onlangse Rosetta/Philae sending het die wêreld se oë opnuut weer op NASA se Europese eweknie, ESA (European Space Agency), gerig. Hierdie ruimtesending is die ingewikkeldste en mees ambisieuse tot dusver en het ‘n klompie wêreld-eerstes ingesluit! Eerstens het hulle ‘n komeet van agter af ingehaal en toe daarby aangesluit om uiteindelik daarmee saam in sy wentelbaan om die Son te vlieg. Voorheen was slegs verbyvlugte van komete gedoen. Tweedens het dit ‘n landingstuig op die komeet laat afsak en daarop geland, iets wat nog nooit tevore gedoen is nie. Daar was wel ‘n paar verassings met die landing, maar nou-nou meer hieroor. Die eerste uitdaging was om

genoeg snelheid te bekom om die komeet, wat teen 135 000 km/h trek, in te haal om daarby aan te sluit. Een manier om dit te bereik, is om ‘n baie kragtige vuurpyl te gebruik. Dit is egter ‘n baie duur opsie en laat gewoonlik heelwat ruimterommel agter. Die moderne neiging is om kleiner (en goedkoper) ruimtetuie te gebruik en hulle te versnel deur middel van die sogenaamde “slingervel metode”. Dit word gedoen deur die ruimtetuig op die konvensionele manier te lanseer en dit dan te laat terugval na die Aarde (of ‘n ander planeet) sodat dit kan spoed optel. Jy maak egter seker jy mis die planeet net rakelings deur baie naby daaraan verby te vlieg. Dit het Rosetta vier sulke maneuvers geneem, een keer met Mars en drie keer met die Aarde, om genoeg spoed te bereik om die komeet te kon inhaal. Die komeet was toe net binne Jupiter se baan. Dit sou uiteindelik 10 jaar neem om so by komeet 67P/Churyu-

mov–Gerasimenko uit te kom. ‘n Mens besef hoe gesofistikeerd ruimtenavigasie is as jy dink hulle moes die komeet, wat slegs 4 km in deursnee is, in die uitgestrektheid van die ruimte vind en dan net genoeg remme aanslaan om uiteindelik daarmee saam te vlieg. Omdat daar gedurig gasse en stof deur die komeet vrygestel word wat deur die “sonwind” weggewaai word (wat uiteindelik sy stert vorm), moes hulle dit versigtig, vanaf die sonkant benader om nie die ruimtetuig in gevaar te stel nie. Hulle het stelselmatig naderbeweeg aan die komeet, 65 km aanvanklik, tot 22 km uiteindelik. Deur middel van hoë-resolusie foto’s en metings deur Rosetta se talle instrumente, is ‘n veilige landingsplek vir Philae uitgesoek. Die bevel om Philae los te laat van die landing is uiteindelik op 12 November 2014 vanaf die Aarde na Rosetta gestuur. Weens die afstand na die komeet, neem dit 28 minute vir

die radioseine om die Aarde te bereik en net so lank om bevele op te stuur na Rosetta. Die hele wêreld het asem opgehou gedurende die sewe uur wat dit Philae geneem het om teen loopspoed af te sak na die komeet. Groot vreugde het geheers toe die sein uiteindelik ontvang is dat Philae die oppervlak bereik het! Iets was egter nie heeltemal pluis nie! Daar was probleme met die radiokommunikasie tussen Philae en Rosetta wat die data en foto’s moes aflaai Aarde toe. Aan sekere lesings het dit geblyk dat Philae nog vir amper twee uur na die landing beweeg het! Uiteindelik is daar vasgestel dat dit tweemaal gehop het voor dit tot stilstand gekom het – die eerste hop was ongeveer een kilometer in die lug op en het een uur, 50 minute geduur! Weens die uiters swak swaartekrag van 67P/Churyumov–Gerasimenko, weeg die 100kg lander slegs 10g op

bl 42 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2014

41


A LGEM EEN >>>

Kosmiese Kwela die komeet! Om Philae aan die komeet te anker is sy drie landingspote toegerus met ysskroewe. Daar is ook harpoene onderaan sy romp wat in die komeet ingeskiet moet word. Terwyl dit gebeur, word Philae teen die komeet vasgedruk deur stuwer-vuurpyle. Ongelukkig was daar probleme met die stuwers en dit blyk of die harpoene ook nie gevuur het nie, wat natuurlik die bons tot gevolg gehad het. Toe die eerste foto’s van die oppervlak van die komeet ontvang is, het dit gewys dat Philae reg langs ‘n krans te lande gekom het met sy een poot in die lug! Dit het beteken dat sy sonpanele slegs 1½ uur sonlig ontvang in plaas van die verwagte 7 uur per omwenteling van die komeet (wat 12 uur duur). Dit is nie naastenby genoeg om sy batterye te herlaai nie! Die grondbeheerspan het uiteindelik wondere verrig deur al die data en foto’s wat ingesamel is tydens die afdaalfase af te laai, asook die eerste fase wetenskaplike ontledings op die komeetoppervlak te voltooi voor die battery papgeloop het. Hulle het dit selfs gewaag om Philae se boor te laat werk. Dit blyk egter nie of die boorinstrument enige monsters kon ontleed nie. Met die laaste batterykrag kon hul die landingstuig effens draai sodat die sonpanele beter belig word. Philae is geprogrammeer om weer aan die werk te spring sodra sy batterye genoegsaam gelaai het. Die hoop is dat dit nog sal gebeur soos die komeet nader aan die Son beweeg. As Philae net kan bly klou aan die komeet soos dit meer aktief raak nader aan die Son, is die beskermende skaduwee van die krans dalk nog ‘n bedekte seën om die sending te verleng. Rosetta sal na beplanning vir nog ‘n jaar saam met die komeet vlieg en dit aanhou analiseer om die veranderings wat dit ondergaan soos dit om die Son beweeg, te bestudeer.

42

Maanfases Datum

Sonop

Sononder

01 Des

05h13

19h06

15 Des

05h15

19h16

01 Jan

05h24

19h24

15 Jan

05h35

19h25

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

22 Des

28 Des

06 Des

14 Des

19 Jan

25 Jan

04 Jan

12 Jan

Die eienaardige vorm van die komeet 67P ChuryumovGerasimenko het begin duidelik word soos wat Rosetta nabyfoto’s kon begin neem, hier op ‘n afstand van 285 km. Dit was nogal ‘n verassing want dit lyk soos twee komeet-kerne wat aanmekaar vassit. Fotokrediete: ESA/Rosetta/MPS for OSIRIS Team MPS/UPD/LAM/IAA/SSO/INTA/UPM/DASP/IDA

’n Kunstenaarsvoorstelling deur ESA van Rosetta (links), Philae (middel) bokant die komeet 67P Churyumov-Gerasimenko.

‘n Deel van die ingewikkelde maneuvers wat Rosetta moes uitvoer om Philae na sy beplande landingsplek op die komeet te besorg. Fotokrediet: ESA

Ons Eie

Desember 2014

‘n Foto van die komeet, geneem deur Philae terwyl dit afgedaal het om te gaan land. Philae wat toe sowat drie kilometer bokant die komeet. Fotokrediet: ESA/Rosetta/ Philae/ROLIS/DLR

‘n Samestelling van twee foto’s deur Philae van die krans op die komeet waarlangs dit geland het. Een van Philae se pote is sigbaar onder in die foto. Fotokrediet: ESA/ Rosetta/Philae/CIVA

Die span in die ESA beheerkamer was baie verheug toe hulle sien dat die landingspote en antennas ontplooi het in hierdie foto van Philae, geneem deur ‘n kamera aan boort van Rosetta, soos dit afsak na die komeet. Fotokrediet: ESA/Rosetta/ MPS for OSIRIS Team MPS/UPD/LAM/ IAA/SSO/INTA/UPM/DASP/IDA

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G

44

Ons Eie

Desember 2014

www.suidwes.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.