ONS Eie Desember 2015

Page 1

Desember 2015 Jaargang 50 • 5

Lyfblad van die Suidwes Groep

HANSIE VILJOEN

Boer in murg en been 8

Planttyd Pasop vir hierdie foute

37



A K T UEE L

Desember 2015 Jaargang 50 • 6

Lyfblad van die Suidwes Groep

Ons Eie word uitgegee deur die Suidwes Groep. Algemene kontaknommers vir die Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van die Suidwes Groep nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

INHOUDSOPGAWE AKTUEEL 4 5 6 7 8

Kersboodskap van die Voorsitter Groete van die HUB Op die geestelike akker Pragdiere op Kroonveeveiling verkoop Leersame boeredag op Reivilo Baie belangstelling in boeredag Maak vol op Wesselsbron Suidwes maak boere groot Protek ook in die stal KONTREIKUIER by Hansie Viljoen

PRODUKNUUS 10 Parasitiese wespes fnuik vlieë 12 New Holland – meer as trekkers en stropers 20 Die Hippo-reeks hamermeulens 22 Wie is AgriSeker? 25 Syngenta se EEN-KAN

LANDBOUKUNDIG

VOORBLAD Suidwes se nuwe voorsitter, Hansie Viljoen, plant weiding onder besproeiing waarop hy ‘backgrounding’ van kalwers doen. Tans is daar baie kalwers op dié weiding weens die droogte. Foto: JJJ Harmse

30 14

14 GIFPLANTE – Die swart gif 18 Langtermyn belegging in duursaamheid 28 Laat Terratek help met meet van grondwater 30 Beheer die kuilvoerproses om gehalte te behou 35 Kunsmis wat tyd spaar 37 Pasop vir hierdie foute met planttyd 40 Agrikalender

ALGEMEEN

41 Kosmiese Kwêla – Sterrereën

28

Ons Eie

Desember 2015

3


AKT UEE L

KERSBOODSKAP 2015 van die voorsitter - Hansie Viljoen

Die eerste keuse en die Enigste Keuse

ADRES­ VERANDERING

2015 is amper iets van die verlede en die Kersgety lê al weer om die draai. Nog ’n jaar is amper verby en in nabetragting weet ons dat dit nie altyd maklik was nie. Ons het dalk ‘n geliefde deur die jaar verloor, of miskien het ons deur toetse en beproewinge gegaan. Tog was daar helder oomblikke in die donker dae en uiteindelik het ons dit alles oorkom! Met die skryf hiervan, het daar nog bitter min reën oor die Suidwes-gebied geval en boere kon nog nie begin plant nie. Dit is veral die veeboere wat baie swaar trek met meeste areas waar daar geen weiding meer oor is nie. Dit is op hierdie stadium nie ‘n mooi prentjie nie en ons kan maar net op die Hemelse Vader vertrou om die nodige uitkoms te bied. Ons weet ook egter dat indien die reëns kom, die gebied amper oornag kan verander na groen grasvelde en blokke mielies en sonneblom en ander gewasse. Laat die hoop nie beskaam nie – net soos

met al die ander uitdagings sal ons hierdie krisis ook oorkom. Ten spyte van die neerdrukkende omstandighede is daar steeds baie om voor dankbaar te wees. Suidwes het ‘n halfjaar wins op 30 Oktober van R46.6 miljoen gerealiseer voor aansporingskorting en belasting, byna 50% hoër teenoor verlede jaar. Dit is ‘n merkwaardige resultaat in die omstandighede en ek wil graag al die aandeelhouers en boere bedank vir hulle volgehoue ondersteuning. Ook die Bestuur en Personeel wat hulle taak soms moeilike omstandighede toegewyd verrig. Ons vertrou dat die reën betyds sal wees om hierdie prestasie voort te sit in die tweede helfte van die jaar. Mense maak die organisasie suksesvol en soos Kersfees nader kom, is dit ‘n spesiale tyd vir almal om saam met hulle geliefdes en vriende te

spandeer. Ek will graag aan elkeen ‘n baie geseënde Kersgety toewens. Mag die Here jou en jou gesin seën waar julle ookal die Feesgety gaan deurbring en mag 2016 net goeie dinge inhou. Ons vertrou dat die gebied op Kersdag papnat sal wees! Soos die Kerslied lei: Kersfees kom, Kersfees kom – Gee aan God die eer. Skenk aan ons ‘n helder Somerkersfees In hierdie land, o Heer. Dan sing ons landbouers mos – gee ons ‘n nat Somerskersfees, o Heer. Mag 2016 vir u ‘n pragtige en geseënde jaar wees met Suidwes u eerste keuse en ons Hemelse Vader ons Enigste Keuse. Voorsitter: Suidwes Landbou

4

DIE NADERENDE KERSGETY is ‘n aanduiding dat die maatskappy die halfpadmerk van sy finansiële jaar verbygesteek het. Die resultaat was uitstekend inaggenome die feit dat ons vir die afgelope vier jaar al ondergemiddelde reënval kry. Baie nuwe dinge is die afgelope vier jaar aangepak. Die belangrikste hiervan was die verandering van die besigheidsmodel waar ons Africum gestig het en ‘n Koöperatiewe baadjie vir Suidwes aangetrek het saam met die afverkoop van die debiteure aan die Landbank. DIt het Suidwes baie nader aan die primêre boer gebring wat ons markaandeel in handel, finansiering en graan verkryging ver-

Louis met die afskeids­ geskenk wat hy van Suid­ wes ontvang het.

Ons Eie

Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.

Hansie Viljoen

Groete van die Hoof Uitvoerende beampte Louis Smit, die HUB van Suidwes, het na vier jaar in diens van die maatskappy ‘n pos by Jenaan Investments aanvaar. Jenaan is ‘n beleggingsmaatskappy op soek na geleenthede in die landbou wereldwyd. Dit sal sy verant­ woordelikheid wees om hierdie geleenthede te identifiseer, te ondersoek en aanbevelings oor be­ leggings te maak. Louis en sy vrou Sandra sal in Abu Dhabi gevestig wees. Hy sal steeds met Suidwes kontak hê deur Terratek Interna­ sionaal, en die groot hoeveelheid graan en voer wat Jenaan jaarliks invoer wil hy graag deur Suidwes kanaliseer.

Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/ of nuwe kontak­besonderhede (adres, tele­foonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na: sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel.

Desember 2015

groot het. Dit, saam met verkryging van Agrinet, Protek en Agrifriend (in proses) het Suidwes ‘n nasionale handelsmerk gemaak en geposisioneer vir groei. Die stigting van Terratek Internasionaal en die oprigting van die meule in Wollies, asook die skuif van Nvirotek was ander hoogtepunte wat die maatskappy se besigheid gediversifiseer het sodat ons nie slegs van graan afhanklik is nie. Suidwes het ook vir die eerste keer ‘n Nasionale en Internasionale voetspoor via Agrinet en Terratek Internasionaal. Infrastruktuur is ook opgeknap en die opgradering van winkels was ‘n prioriteit. DIe CASE-agentskap is tot meganisasie toegevoeg. Vir Swart Ekonomiese Bemagtiging is baie mense opgelei en in senior poste geplaas vir blootstelling en verdere ontwikkeling. Die assistent silobestuurders is ‘n goeie voorbeeld hiervan. Suidwes het baie geld en tyd spandeer

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker

Betroubaar Maar omdat my dienaar Kaleb ‘n ander gesindheid het en My getrou gevolg het, sal Ek hom inbring in die land wat hy gaan verken het, en sy nageslag sal dit besit. Ek laai die kinders by die koshuis af en ry terug werk toe, die laaste keer vir 2015. Dit laat my weereens besef: die jaar het teen ‘n ongelooflike tempo verbygesnel. Kersfees is ‘n paar weke ver, en die “Krismis-feeling” is in die lug. Net soos die universele wet: ‘Wat jy saai sal jy oes’, is dit waar dat alle dinge verbygaan. Die goeie en die slegte. Na Kersfees volg Nuwejaar. Ons is geneig om in ‘n tweestryd te verval. Die jaar moet nou net klaar maak, ons

Deur Annette Neethling ruik die einde, maar ‘n paar goed het agterweë gebly en ons sou dit graag wou afhandel. Nou gaan ons dit soos ‘n nat sak agter ons aansleep, die nuwe, blanko, jaar in … Numeri 14:24 Maar omdat my dienaar Kaleb ‘n ander gesindheid het en My getrou gevolg het, sal Ek hom inbring in die land wat hy gaan verken het, en sy nageslag sal dit besit. Ek wil jou graag bemoedig met die volgende gedagtes: • ‘n Seun is gebore, om vir elk van ons ‘n volmaakte werk aan ‘n houtkruis te kom verrig, vier dit hierdie Kersfees. • God ken ons harte – dalk is daar goed wat jou keer om die beloofde land in te gaan, maak klaar daarmee, hierdie jaar nog. • God se plan en tyd is perfek – dalk het jy nie ‘n taak of projek afgehan-

del nie. Moses het nie die beloofde land ingegaan nie, Salomo het nie een steen van die tempel neergelê nie, maar albei het al die voorbereidings gedoen – dalk was jou taak voorbereiding? Miskien moet ons eerder vra: Hoe betroubaar is ek in my gesindheid? Numeri 13 : 30 Kaleb het egter die manne wat met Moses praat, stilgemaak en gesê: “Ons moet beslis optrek en die land in besit neem, want ons kan dit doen.” Wanneer God ons stuur om ‘n ‘nuwe land’ of ‘n ‘nuwe jaar’ te gaan verken, gaan ons dit met Kaleb se sigbare gesindheid van geloof en vertroue doen – dit sal ons lewens red, net soos dit Kaleb en Nun gered het!

Gebed : Dankie Vader dat U self die stemme van wanhoop en twyfel kom stilmaak het vir elkeen van ons toe U, U seun Jesus gestuur het. Dankie dat U gesindheid een van genade, liefde en vergiffenis was toe U aan ons gedink het by Sy kruisdood. Heilige Gees, skep in my hierdie gesindheid en maak my betroubaar daarin. In Jesus se naam. Amen.

aan die verbetering van sy naam, deur verskeie inisiatiewe soos die plaasborde oral langs veral die N12, eerste spanne van 22 skole is geborg, die damesklub is gestig, jongboertjiedae word deur die gebied gehou en Topklante word jaarliks op Sun City onthaal. Ondanks die kommersiële aard van Kersfees is ons as Christene bewus van die dieper betekenis van hierdie fees terwyl ons die geboorte van Jesus Christus vier. Dit is ook ‘n tyd om met ons geliefdes deur te bring en ek hoop dat elkeen van u innerlike vrede sal beleef in hierdie tyd. Mag die seën van God op u almal wees, waar julle julle ook mag bevind in hierdie tyd.

Louis Smit

Hoof Uitvoerende beampte: Suidwes Landbou

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2015

5


AKT UEE L

Leersame Boeredag op Reivilo

Pragdiere op Kroonveeveiling verkoop Kopers van sover as Namibië, Botswana en Zimbabwe het saam met plaaslike kopers die jaarlikse Kroonvee­veiling bygewoon. Dié veiling, wat op 4 November op Jan van Zyl se plaas tussen Reivilo en Vryburg, gehou is, lok gewoonlik baie belangstelling. ‘n Koper van ‘n buurland het R160 000 vir die besondere Brahmanbul op die foto betaal. Dit was ook die hoogste bod van die dag.

Robbie Dawes (Tak­ bestuur­der Vryburg Kon­ treiwinkel) by Jan van Zyl, 'n gewaardeerde Suidwes­ kliënt en die gasheer van die Kroonveeveiling.

Boere luister aandagtig na die spre­ kers, Tom Strydom (MSD) en Pierre Vercueil, wat by die Reivilo Boeredag opgetree het. Suidwes het saam met die Reivilo Boere-unie dié suksesvolle boeredag aangebied wat byna deur ‘n woeste wind in die wiele gery is. Tom Strydom het oor Hartwater, Rooiwater en Anaplasmose gepraat. Hy het ook vertel hoe dié siektes oor die laaste 20 tot 30 jaar reeds regoor die land versprei het. Dit gebeur wanneer beeste met bosluise van een

deel van die land na 'n ander vervoer word. Die boere is toegerus met die nodige kennis, advies en raad oor die voorkoming en behandeling van die siektes. Dit is veral belang­rik dat boere die siektes gou sal uitken om die diere vinnig te behandel. Piere Vercueil (oud-voorsitter van die Raad) het Agri Noordwes verteenwoordig. Hy het oor grondhervor­ ming gesels en Agri SA se beleid en ander belangrike inligting daaroor aan die boere oorgedra.

Baie belangstelling in boeredag Suidwes betrek plaaswerkers en opkomende boere by boeredae, waar hulle opleiding in 'n verskeidenheid boerderyaktiwiteite ontvang. So het hulle by die Helpmekaarstudiegroep se Boeredag, wat by die Leeudoringstad Veilingskraal gehou is, opleiding ontvang in draad trek, onthoring en brand van beeste, die spuit en hantering van beeste en skape en die vooraansit-inspeksie ('pre start') op ou en nuwe trekkers.

MAAK VOL OP WESSELSBRON

By dié splinternuwe vulstasie op Wesselsbron kan klante nou in styl brandstof ingooi, bande laat pomp, olie en water nagaan voor hulle die langpad verder vat.

6

Ons Eie

Desember 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L Twee Jongboertjie­ dae is onlangs op Hoopstad en Wolmarans­stad gehou en kinders van die omliggende skole het dit byge­ woon.

Suidwes maak boere groot Met die Jongboertjiedae wat Suidwes oral in die bedieningsgebied hou, word honderde kinders op ‘n gesonde en opwindende manier aan die landbou blootgestel. Om te aanskou hoe ‘n skaap gedurende ‘n post mortem oopgesny word, is nie elkeen se ding nie, maar dit is een van die demonstrasies wat kinders na Suidwes se Jongboertjiedae laat stroom. Kinders van ‘n aantal skole het onlangs na Hoopstad en Wolmaransstad gestroom vir so ‘n Jongboertjiedag en dit is hier waar ‘n veearts die skaap oopgesny het en al die ingewande beskryf het. So het hulle geleer dat siektes jou diere sommer vinnig kan vernietig.

www.suidwes.co.za

Foto onder: Kinders kyk belangstellend toe terwyl Anje Kellerman hulle oor die afronding van Dorperskape vertel.

Protek ook in die stal Die jong, dinamiese maatskappy, Protek, is onlangs ook tot die Africum-stal gevoeg. Die foto is tydens die eerste direksievergadering geneem. Van links is Marius Botha (Protek finansiële konsultant), Petri Botha (Protek be­ sturende direkteur), Louis Smit, George Potgieter en Derék Linde van Suidwes Landbou.

Ons Eie

Desember 2015

7


AKTUEEL

AKT UEE L

KONTREIKUIER Ons Eie kuier in hierdie uitgawe by die nuwe voorsitter van Suidwes Landbou, Hansie Viljoen, op sy plaas Rustfontein net buite Leeudoringstad. Hansie is egter ‘n ou bekende by Suidwes se direksie – hy dien al vir die afgelope 10 jaar as direkteur vir Wyk 1.

Hansie Viljoen – ‘boer’ in murg en been

Dit is middel November en dit lyk na ‘n droë somer wat voorlê, maar Hansie Viljoen, pas verkose voorsitter van Suidwes Landbou, is hieraan gewoond. “Dit is nie die eer­ ste jaar dat dit so lyk nie. Plant sal ons plant. Ek het net een keer in my lewe oorweeg om nie te plant nie. Ek was ‘n jong man en het saam met my pa geboer. Hy was met vakansie weg en het die boerdery in my sorg gelaat. Dit was droog en ek het besluit om te wag dat die weer draai voor ek plant. Toe ek Pa oor die foon hieroor inlig, was sy antwoord kort: ‘As jy teen more nog nie begin plant het nie, Hansie, kom ek terug plaas toe’. Ek sou maar min geplant het as ek elke keer gewag het tot die vog reg is,” vertel Hansie.

Drie geslagte Viljoens – van links is Henrikus, Hansie en Boetie.

8

Ons Eie

Desember 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

KONTREIKUIER ONS GESELS OOR die toekoms van landboumaatskappye en hy is van mening dat dit tans goed gaan met Suidwes en dat die maatskappy strategies goed geposisioneer is om die toekoms tegemoet te gaan. Hy voel ook dat die landbou-ondernemings in boere se hande moet bly omdat dit die aandeelhouers by die maatskappy betrokke hou. Suidwes se aansporingskema werp vrugte af en die profiel van aandeelhouers het oor die laaste twee jaar reeds heelwat verander. “Die gemiddelde ouderdom van aandeelhouers is heelwat laer omdat die skema meer aanloklik vir jonger boere is.” Hansie voel dat beter verhoudinge tussen boere en amptenare belangrik is en dat hulle nader aan mekaar behoort te beweeg omdat die maatskappy vir albei ‘n heenkome bied. Hy reken dat dit goed is vir landboumaatskappye om in die landbouwaardeketting betrokke te raak. Suidwes het goed hierin ge­ slaag deur suksesvolle entrepreneurs te identifiseer waarmee strategiese vennootskappe onder die Africum-

vaandel, gesluit kon word. “Ons soek altyd na mense met dieselfde waardes as ons om mee besigheid te doen,” verduidelik hy. Hansie is oortuig dat landboumaatskappye ‘n belangrike rol in SuidAfrikaanse landbou speel. “Sommige

van die maatskappye is uitsluitlik op wins gefokus, maar Suidwes wil op die welstand van die boer fokus. Omdat die direksie in wykverband verkies word, het elke boer in ons gebied ‘n stem om te verseker die maatskappy bly op die regte pad.”

KALWERS OP AANGEPLANTE WEIDING

“Die 80/20 beginsel, waar 20 persent van die boere 80 persent van die voedsel produseer, geld nie by Suidwes nie. Die kleiner produsent, wat steeds ‘n lewe uit boerdery maak, is die ruggraat van ons landbou. bl 11 >>>

Hulle doen ook ‘backgrounding’ van speenkalwers op aangeplante weiding onder besproeiing. “Dit werk baie goed omdat die jong diere eers sagte kos vreet en dan stelselmatig aangepas word om rantsoene in te neem. Die diere wei vir ‘n minimum van 35 dae op die aangeplante weiding waar hulle baie min stres ervaar.” Op ‘n massa van 250 tot 260 kg gaan die diere voerkraal toe. “Ons is gelukkig om water uit die Vaalrivier tot ons beskikking te hê vir die besproeiing.” Die metode dateer uit die dae toe hulle nog ‘n melkery gehad het en die diere so gevoer is. Op die oomblik loop daar baie koeie met kalwers op spilpunte omdat weiding swak is.

Water uit die Vaalrivier.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2015

9


PRO DUKNUUS

PARASITIESE WESPES fnuik VLIEë ’N KLEIN, SWART parasitiese wesp is in Suid-Afrika geteel en het reeds bewys dat dit vlieggetalle onder SuidAfrikaanse toestande kan beheer en selfs kan VERMINDER. Van die boere in Suidwes se bedieningsgebied gesels hier oor hulle ondervinding met dié dodelike klein swart vegtertjie….. Jacques Labuschagne bestuur ‘n varkboerdery in die Vrystaat tussen Wesselsbron en Bothaville. Die vliegprobleem was uiters groot en dit was ‘n groot frustrasie vir beide mens en dier. Hy kon binne een somerseisoen ‘n verskil in die vlieggetalle waarneem. Volgens hom is die probleem met chemiese bestryding dat net die volwasse vlieg doodgemaak word, maar duisende eiers is reeds gelê. Die vernuftige wesp steek die vliegpapie dood en lê sy eie eier in die papie van die vlieglarwe. Die wesp-larwe teer

10

dan op die vlieglarwe en ‘n wesp broei uit in stede van ‘n vlieg. Sodoende kry die vlieglarwe nooit kans om uit te broei nie en word die populasie effektief verminder. Soms sal die wesp die vliegpapie eet sonder om ‘n eier te lê. Volgens Jacques is dit baie belangrik om die produk voor die ergste hitte van die somer te begin gebruik. Hy beveel aan dat meer wespe bestel moet word as wat nodig is omdat dit maklik is om

Ons Eie

af te skaal sodra vlieggetalle minder is. “BISA gee ook afslag op hierdie “booster”-getal wespe, want dit is vir hulle belangrik dat boere so gou moontlik die ewigdurende oorlog teen die vlieë wen,” vertel hy. Marnus van Niekerk bestuur ‘n algemene boerdery naby Lichtenburg en hulle vliegprobleem was so erg dat hulle skaars ‘n gesprek buite kon voer. Binne 30 dae nadat die wespe losgelaat is, kon hy ‘n verskil sien. Hy is van mening dat die vlieggetalle ongeveer 70% verminder het. “‘n Goue reël met die gebruik van die wespe is dat jy elke maand nuwe voorraad MOET aankoop aangesien die vlieg se lewensiklus 10 dae is en die wesp s’n 21 dae.” Nog ‘n boer in Vredefort se distrik

Desember 2015

het ‘n voerkraal op sy plaas. Die vliegprobleem was “absoluut verskriklik” aangesien hulle ongeveer 4 ton mis per dag produseer wat die mees ideale broeiplek vir vlieë is. Na slegs drie maande het hy ‘n dramatiese afname in die vlieggetalle waargeneem. Hy hang emmertjies met die wespe bokant die mis sodat die wespe eenvoudig afvlieg en die vlieglarwes doodsteek. Volgens hom is die pro­ bleem met chemikalieë dat die wespe ook doodgemaak word en dit is die laaste ding wat hy nou wil hê! Indien jy belangstel in hierdie wonderlike produk, kontak die verteenwoordiger op Klerksdorp, Johan Vermeulen by 0836270573 of Dr Arno Moore by hoofkantoor, 0832704866.

www.suidwes.co.za


Hansie het ook ‘n Brahman-stoet. “Sommer net vir speel. Ek is baie lief vir dié nuuskierige diere – hulle maak my rustig.” Hy glo jy moet met beeste waarvoor jy lief is boer.

A K T UEE L

My ma was altyd ‘n merkwaar­ dige boer – ek het baie by haar geleer sê Hansie. Hy wys sy balansstaat en vertel hoe belangrik kontantvloeibestuur in die sukses van ‘n boerdery is – my ma het my dit geleer.

Hansie is getroud met Wilmarie. Hy sê sy is “‘n boer se vrou”, en baie betrokke in die gemeenskap. Hulle is uiters goeie boere wat net op kleiner skaal boer – almal kan nie mega-boere wees nie,” sê hy. Die boerdery is so saamgestel dat die risiko van ‘n droogte redelik verskans is. Hansie is filosofies oor droogte: “Jy weet, ons mielieboere het mos ‘n kolletjie so groot soos ‘n mieliepit op ons koppe en as daar ‘n enkele druppel reën daarop val, dan plant ons, teen alle rede in.” Die boerdery bestaan hoofsaaklik uit ‘n helfde mielies en ‘n helfde beeste. Beeste word in ‘n voerkraal tot op slagmassa afgerond. Ongeveer 40 persent van die kalwers in die voerkraal word aangekoop, maar die res word uit hulle eie aanteelbeeste aangevul. Volgens Hansie moet die diere teen 150 dae in die voerkraal op die regte graad wees. Hulle maak baie staat op Karoo Ochse, wat hulle diere bemark, “Jy moet jou bemarker kan vertrou.”

Al drie die Viljoen-seuns wil boer. Kobus, die oudste is reeds betrokke by die voerkraal en ook by die meule op Leeudoringstad. Die meule is eintlik oupa Boetie Viljoen se onderneming. Die middelste seun, Dihan, studeer tans nog aan die Universiteit van die Vrystaat, maar is reeds betrokke by die saaiery en die beesboerdery. Die jongste, Henrikus, is betrokke by die wild- en jagvertakking en die beeste in Botswana. “Ek is dankbaar dat die seuns al van baie kleins af in die plaas en die boerdery belangstel. Ek glo dit moenie nodig wees om ‘n kind in die oggend wakker te maak nie, hy moet self wakker word omdat hy lus is vir die dag,” sê Hansie. Hansie lag oor die vraag oor sukses. “Die blote feit dat ons nog hier is, maak ons suksesvol. Ons

moes baie aanpassings maak en doen steeds so. Ons kon dit regkry om ‘n gemiddelde opbrengs van twee ton per hektaar na ses ton op dieselfde stuk grond te verhoog. Dit is maar ‘n kwessie van meer effektief en meer produktief werk en uitbei soos die geleenthede hulle voordoen. POLITIEK “Ek vat net berekende kanse, ek werk met my eie geld en daarom moet ek konserwatief wees. Ek doen niks ‘cowboy’-styl nie. Al wat werklik verander het, is die politieke klimaat. Die regering moet ons net los dat ons kan kos produseer. Dit sal goed gaan in hierdie land as daar net gepraat word van boere, nie kommersiële boere, mega-boere, kleinboere of opkomendeboere nie. Per slot van sake is ‘n boer net ‘n boer. Ons het almal

dieselfde behoeftes en probleme of jy nou in SA of in Argentinië boer.” Oor regering en landbou sê Hansie dat die ekonomiese realiteite weldrae die emosionele sal oorwin. “Ons besigheid verskaf daagliks kos aan net meer as 1.5 miljoen mense, by ons gaan almal wat hier werk elke aand met ‘n maag vol kos slaap. Hansie maak baie staat op sy mense in hierdie mega-boerdery en het vyf senior bestuurders en drie junior bestuurders en ‘n regterhand in sy kantoor wat hom help. Hansie is Boer in murg en been. “Om ‘n mielie uit saad te sien opkom, ‘n koei met haar kalf – om iets te laat groei, dit is seker maar die psige van ‘n boer. Ons verniel nie, ons laat lewe.” sê Hansie.

GROND ‘n Deel van die boerdery se risikobestuurstrategie is om die boer­ deryaktiwiteite oor ‘n wyer gebied te versprei. Hulle besit grond in Botswana, die Kalahari asook plase in Noordwes-provinsie. In die Kalahari word geboer met aanteel koeie, en speenkalwers word Leeudoringstad toe gery. Sowat twee derdes van die plaas is wildwerend omhein en in die winter word eties op die plaas gejag. In Botswana het hulle ook aanteelkoeie saam met die wild. Hulle probeer nog om internasionale jagters te werf omdat daar heelwat trofee diere is. Op beide die plase is voldoende fasiliteite en goeie en netjiese huisvesting.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2015

11


PRO DUKNUUS

New Holland

Meer as net trekkers en Stropers New Holland SA is nie net die verspreiders van goeie trekkers en stropers nie, hulle het ook ‘n wye reeks implemente beskikbaar om te verseker dat hulle aan klante se behoeftes kan voorsien. New Holland SA is onderskeidelik die invoerders van die SANTA IZABEL offset-reeks vanuit Brasilië, die MASCHIO GASPARDO-reeks implemente en planters vanuit Italië, CAMARA-misstrooiers vanuit Spanje asook die QUANTUM-reeks 3-punt en sleepspuite wat plaaslik vervaardig word en wel bekend is onder Suid-Afrikaanse boere. Nog ‘n produk wat New Holland SA trots is om te bemark, is die MILLER-selfaangedrewespuite wat ingevoer word vanuit Amerika. Die spuite is reeds bekend onder boere in Suid-Afrika

12

weens die produk se uitstaande kenmerke. Die spuitbalk wat aan die voorkant van die spuit gemonteer is, dra nie slegs by tot uitstekende sigbaarheid nie, maar dit vergemaklik die hantering van die masjien. Dit verseker ook dat chemikalieë die plante bereik sonder dat dit met stof gemeng word. Daar is ook spuitpunte agter die agterwiele aangebring om ‘n tweede keer in die spoor van die wiele te spuit. Die “monobeam” -balk van die MILLER-spuit word van top gehalte staal vervaardig. Die ontwerp van die balk verhoed dat wind die chemikalieë beinvloed en die maksimum chemikalieë bereik dus die teiken. Ander kenmerke wat die spuit in ‘n klas van sy eie plaas is die 4.6 m draaisirkel en die vol hidrouliese veerstelsel wat elke wiel onafhanklik toelaat om tot en met 250 mm op, en 250 mm af te beweeg. Dit verseker dat al vier wiele te alle tye op die grond is. Die grondvry hoogte van 1.83 m verseker dat die spuit bo-oor hoë gewasse beweeg sonder om

Ons Eie

skade aan te rig. Met die spuitbalk aan die voorkant, chemikalieëtenk in die middel, en die enjin aan die agterkant, is die spuit se gewig 50/50 verplaas. Wielwydtes is met ‘n skakelaar vanuit die kajuit, hidroulies verstelbaar vanaf 3.05 m tot 4.30 m. Spesifikasies waarin die MILLER spuite beskikbaar is sluit die volgende in: Perdekrag beskikbaar: 240 hP, 275 hP, 333 hP, 345 hP, 365 hP, en 400 hP Tenk groottes: 3785 liter polyethylene of vlekvrye staal, 4542 liter polyethylene of vlekvrye staal, 5300 liter slegs vlekvrye staal en 6056 liter slegs vlekvrye staal. Band groottes: 320, 380 of 520. Balk wydtes: 24 m, 27 m, 30 m en 36 m Die MILLER-spuite word standaard toegerus met RAVEN-Presisietoerusting wat die volgende kan insluit: ‘Global Positioning System’

Desember 2015

(GPS), balkhoogtebeheersensors, outomatiese aan- en afskakel van seksies om spuitoorvleuling te verhoed, asook selfstuur. RAVEN het ook nou ‘n nuwe sisteem bekendgestel, naamlik HAWKEYE, waar die spuit met tussenposes spuit om ‘drift’ te verminder. Dit laat die operateur ook toe om die druppelgrootte te verander. Die spuit is ook dan in staat om elke spuitpunt individueel af te skakel indien oorvleuling plaasvind. Die HAWKEYE-sisteem beskik ook oor draaikompensasie. As gevolg van die MILLER-spuit se “CAN BUS”sisteem kan ander presisietoerusting soos TRIMBLE ook op die spuite geïnstaleer word. New Holland kan ‘n MILLERspuit volgens u behoeftes en vereistes bou, hoewel daar ‘n standaard model in SA beskikbaar is. Besoek gerus u naaste New Holland-handelaar vir meer inligting, of kontak New Holland by 011 922 2300, alternatief kontak Jacques du Plessis by 083 458 7871.

www.suidwes.co.za



AKT UEEGL L A NDBO UKUNDI

GIFPLANTE

Die swart gif

Datura stramonium L. ARTIKEL DEUR:

Dr Franci Jordaan Landbouwetenskaplike, Afdeling Weiding, Landelike, Omgewing- en Landbou-ontwikkeling, Potchefstroom

Die volksnaam vir hierdie plant is gewone stinkblaar of sommer net stinkblaar. Die genusnaam Datura kom van die Hindoe-woord Dhatura - betekenis daarvan is onbekend. Die spesienaam stramonium beteken stekelrige vrug. Stinkblaar kom wydverspreid voor en word in al die provinsies van Suid-Afrika aangetref. Dit kom oorspronklik van tropiese Amerika af en is tans wêreldwyd ‘n probleem

aangesien dit veral bewerkte lande besmet. Beskrywing Stinkblaar is ‘n vertakte, halfkruidagtige, eenjarige kruid wat tot 1.5m hoog kan word. Die plant het ‘n goed-ontwikkelde penwortel wat baie lank is. Die stingels is rolrond tot hoekig, fyn geriffeld en bleek bruinerig, groen of perserig van kleur. Jong plante is dikwels yl behaard maar as dit ouer word kom geen hare voor nie. Dit plant met saad voort. Die blare is afwisselend gerangskik en eenvoudig. Dit is eierrond in vorm en tot 200mm lank en breed. Die blaarrande is half-gelob, onreëlmatig getand en beide blaaroppervlaktes is helder groen. Dit is baie fyn en yl behaard. Die blare gee ‘n onaangename reuk af as dit fyngedruk word. Die blomme is

Stinkblaar is ‘n vertakte, half-kruidagtige, eenjarige kruid wat tot 1.5m hoog kan word alleenstaande en okselstandig. Die blaarkelk is silindries. Die krone is wit, ligpers of perserig. Dit gee oorsprong aan smal en tregtervormig blomme wat lekker ruik. Die vrugte is verharde, eiervormige doosvrugte wat meer as 30 mm in deursnee is. Die sade is oortrek met spreidende dorings wat tot 10 mm lank kan wees. Die opper-

vlak van die sade en die dorings is kort behaard. Elke saad bestaan uit vier hokke en binne elke hok kom baie bruinerige, afgeplatte en niervormige sade voor. Die sade kan vir baie jare in die grond oorleef. In die geval van stinkblaar is die hele plant giftig. Groei en ontwikkeling Stinkblaar blom vanaf Oktober tot Maart, maar dit kan soms die hele jaar blom. Natuurlike voortplanting is slegs deur middel van sade. Inligting oor die groeitempo van hierdie plant varieer, maar in die algemeen lyk dit asof dit redelik vinnig tot ‘n volwasse plant kan ontwikkel. Die sade kan soms lank neem om te ontkiem, maar sodra klimaatstoestande reg is (genoeg vog en hitte) ontkiem die sade vinnig. Aangesien elke vrug baie sade bevat, het hierdie plante die potensiaal om te ‘ontplof’ wanneer klimaatstoestande gunstig is. Habitatvoorkeure Stinkblaar word veral in versteurde gebiede soos stortingsterreine en padreserwes aangetref. Dit kom ook algemeen in bewerkte

bl 16 >>>

14

Ons Eie

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2015

15


L ANDBO UKUNDI G >>>

Die swart gif landerye, rivierbeddings en rivieroewers voor. Die plante kan droë toestande redelik goed weerstaan. Gebruike van die plant Stinkblaar het spesifieke medisinale waarde - aangesien die toksisiteit van elke plant verskil is dit moeilik om die regte dosis per plant te bepaal en oordosering kom dikwels voor. Tipe toksien Die toksien wat in boesmangif gevind word, is bekend as tropaan alkaloïede wat uiters giftig vir mens en dier is. Kliniese tekens van vergiftiging Die rede waarom hierdie plant dikwels die swart dood genoem word, is omdat jong mense dikwels die sade as verdowingsmiddels gebruik. Hierdie sade word gerook of gekook en saam met ander alkoholiese middels ingeneem - dit verskaf dan aan die gebruiker ‘n halusinerende

ervaring soortgelyk aan die van ander dwelmmiddels. Jong mense gebruik dit dikwels omdat dit niks kos nie en maklik verkrygbaar is - die probleem is egter dat dit moeilik is om te bepaal hoeveel sade op ‘n keer gebruik moet word. Verskeie sterftes reg oor die wêreld het al onder jong mense voorgekom weens die misbruik van hierdie plant se sade. Vergiftiging van diere is minder algemeen hoewel dit ook al genoteer is. Die aanvanklike simptome van vergiftiging by mense en diere is ‘n vinnige pols, rusteloosheid, polidipsie, depressie, vinnige asemhaling, senuweeagtigheid, vergrote pupille, spiertrekkings, gereelde urinering, diarree, gewigsverlies en uiteindelik anoreksie. In noodlottige gevalle is die simptome die volgende: swak pols, onreëlmatige asemhaling, laer liggaamstemperatuur, koma, behou urine en stuiptrekkings.

bl 19 >>>

Die vrugte is verharde, eiervormige doosvrugte wat meer as 30 mm in deursnee is.

Die sade is oortrek met spreidende dorings wat tot 10 mm lank kan wees.

Die blare is afwisselend gerangskik en eenvoudig. Dit is eierrond in vorm en tot 200mm lank en breed.

Die blomme is alleenstaande en okselstandig. Die blaarkelk is silindries. Die krone is wit, ligpers of perserig.

DFERT

16

Ons Eie

Desember 2015

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G

Langtermyn belegging in duursaamheid

Chris Botha van Wolmaransstad/ Glaudina,

EEN VAN DIE progressiewe boere in Suidwes se bedieningsgebied, Chris Botha van Wolmaransstad/Glaudina, het die vrugte gepluk van vinniger en slimmer werk. Hy het in die seisoen besluit om die sonneblomstroopproses te optimaliseer en daardeur sy risiko verminder en ooglopende finansiële- en bedryfsvoordele geniet. Chris het ‘n landsilo (58 ton) en twee 20 ton graantapkarre van AgriCAD deur Suidwes Landbou gekoop. Met hierdie aanpassing in sy meganisasiepraktyk kon hy sy sonneblomme ‘n maand vroeër klaar gestroop kry. Weens die vinnige stroopproses kon hy vogverliese tot die absolute minimum beperk en die besparing wat hy met hierdie waardeverhoging kon verkry het die twee tapkarre betaal. - - -

Ander voordele wat hy kon geniet met die vinniger oesproses is: laer risiko van brand of haelskade op die oes, werktyd is bespaar en werkers kon elders aangewend word, en groter beheer oor die oesproses.

Soos Chris tereg opmerk, bespaar hy die kapitale uitleg van twee vragmotors deur die aankoop van die drie laer koste implemente wat doelgemaak is. Hy noem verder dat sy aankope op drie kriteria berus, naamlik: kwaliteit, funksionaliteit en doeltreffendheid. “Dis ‘n langtermyn belegging in duursaamheid,” sê Chris. Chris was beïndruk met die nasorgdiens wat hy by AgriCAD gekry het. “Die verskaffer het nie sommer verdwyn na die goedere afgelewer is nie,” sê hy. Hy waardeer die volgehoue interaksie met AgriCAD en Suidwes Landbou.

18

Ons Eie

Desember 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Die swart gif Meganiese beheer Jong plante kan met die hand uitgetrek word. Ouer plante het ‘n goed ontwikkelde penwortel wat weer sal groei as dit nie heeltemal verwyder is nie - by ouer plante is meganiese verwydering alleen dus nie suksesvol nie. ‘n Kombinasie van meganiese en chemiese behandelings werk uitstekend vir die beheer van hierdie plant. Aangesien die hele plant egter giftig is, moet dit versigtig hanteer word en beskermde klere, veral handskoene, is ‘n MOET! Biologiese beheer Hoewel verskeie biologiese agense reeds ondersoek is, is nie een tans vir die beheer van die plant geregistreer nie. Chemiese beheer Hierdie plant word chemies goed beheer. Chemiese middels met die volgende aktiewe bestanddele kan gebruik word: • Blaarbespuitings - Chlorimuron etiel; 2.4D (as dimethylamine sout); Glifosaat (as natriumsout);

www.suidwes.co.za

Glifosaat (as isopropielamien sout). • Grondmiddel - Tebuthiuron. Daar bestaan geen twyfel dat hierdie plant baie gevaarlik is nie. Dit het redelike mooi blomme wat nogal lekker ruik wat mense na dit aantrek. Hoewel veevrektes as gevolg van hierdie plant tans nie baie is nie, is dit noodsaaklik dat boere daarvan kennis neem en besef dat dit ‘n uiters giftige plant is. Indien boere dit chemies wil beheer, sal dit raadsaam wees om ‘n onkruiddoderkundige te raadpleeg om die regte middel teen die regte dosis te bekom.

Jong plante is dikwels yl behaard maar as dit ouer word kom geen hare voor nie.

Literatuur Gebruik Botha, C.J. & Venter, E. 2002. Plants poisonous to livestock in Southern Africa. University of Pretoria. Faculty of Veterinary Science. Dept. of Paraclinical Sciences, Section Pharmacology and Toxicology. Pretoria, South Africa. Henderson, L. 2001. Alien weeds and invasive plants. Agricultural Research Counsil, Paarl printers, Cape Town. Henderson, M. Fourie, D.M.C., Wells, M.J. & Henderson, L. 1987. Verklaarde onkruide en uitheemse indringerpante in Suid-Afrika. Departement van Landbou en Watervoorsiening: Pretoria. Sharp, D. 2012. Table of plants species and applicable herbicides. Department of Environmental Affairs. (Unpublished). Van Wyk, B-E., Van Heerden, F. & Van Oudtshoorn, B. 2002. Poisonous Plants of South Africa. Briza Publications, Pretoria. Wells, MJ, Balsinhas, H, Joffe, VM, Engelbrecht, G & Stirton, CH. 1986. A catalogue of problem plants in Southern Africa. Memoirs of the Botanical Survey of South Africa. No. 53

Ons Eie

Desember 2015

19


PRO DUKNUUS

Die Hippo-reeks Hamermeulens en Graanverwerkings toerusting Vroeg in die huidige eeu het ABC Hansen Afrika die belange van AC Trading, wat Hippo-hamermeulens in Pietermaritzburg vervaardig het, oorgeneem. Die Hippogeskiedenis dateer terug vanaf 1928 toe Arthur Collins die eerste Hippohamermeule op die Royal skou van daardie jaar bekendgestel het.

20

Die patrone vir die gietstukke, wat die kern is van alle Hippohamermeulens, is oorgedoen en die meulens is soos volg opgradeer: Grootliks stofvrye werking deur die herontwerp van die sikloon asook die insluit van filtermedia vir fyn stofafval na die sikloon. Die metrisering van die aandrywingonderdele soos aste, laers ensovoorts wat steeds volgens imperiale standaard ontwerp was. Alle onderdele is gelasersny – die maal-ente is van benox- en hardox-staal vervaardig vir langsamer slytasie. Die gietyster se legerings (allooi) is verbeter om heelwat taaier, dog effe sagter, onderdele te lewer. Die masjienbasisse is drama-

Ons Eie

ties herontwerp om vurkhyservriendelik te wees. Die afsakmeganisme is verander om meer gebruikersvriendelik te wees. Die afvoerpype tussen die maalgedeelte en die waaier is aantrekliker gemaak en het vervaardiging bespoedig. Dit sal ook vervanging, afhaal en herinstallering vergemaklik. Skakeltuig is standaard op alle meulens. Dit bespaar koste aansienlik vir die koper en vergemaklik die inbedryfstel van die meule op die terrein. Die reeks is verklein deur die vorige Model 3 uit te skakel. Dit het nie werklik plek gehad tussen die 1 ½ en 47 nie. Die reuse 90 kW Mammoth en 55 kW L63-meulens is grootliks herontwerp.

Desember 2015

Trekkervriendelike aandrywing van die Hippo 57 en 69 wat 540 of 900 RPM aandrywing kan hanteer, is ingestel. Kwaliteitskontrole oor die algemeen is baie opgeskerp en hiervoor is kers opgesteek by die Europese vennote van ABC Hansen. Die toewyding van die span ingenieurs en verkoopslui by ABC Hansen het tot die uitvoer van Hippos na die VSA aanleiding gegee. Dit neem die spoor van die Hippo ver buite Afrika en maak dit werklik ‘n internasionale handelsmerk. ABC Hansen is trots om hierdie uitstekende produkreeks deur Suidwes Landbou aan sy lede beskikbaar te stel.

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI AKTU EEGL PRO DUKNUUS

WIE IS AGRISEKER? AGRI OES- EN BATEVERSEKERING OPLOSSINGS! AGRISEKER IS ALLEREERS ‘n gespesialiseerde onderskrywingsbestuurder in die landbou & oesversekeringsmark. Ons visie en doel is om ‘n een-stop omvattende landbou­risikobestuursdiens aan ons kliëntebasis te bied, om sodoende ‘n belangrike rol te speel in die handhawing van ‘n stabiele boerdery omsetomgewing asook in voedselsekuriteit. AgriSeker bestaan uit die oesversekeringspesialiste van die voormalige Absa Oesversekeringsbesigheid wat ‘n ooreenkoms aangegaan het met Land Bank Versekerings Maatskappy (LBIC) om oesversekering te onderskryf. Hierdie bestuursuitkooptransaksie het verseker dat bestaande kliënte en tussengangers van AgriSeker Oesversekeringsbesigheid geen diensonderbrekings ervaar het nie. AgriSeker het sy wye diensleweringsnetwerk behou en is toegerus om boere dwarsoor die hele Suid-Afrika te bereik en te diens. Ons is besig met omvangryke navorsing en tegnologiese vooruitgang om deurlopend aan kliënte se veranderende behoeftes te voldoen. Ons toets reeds die aanwending van verskeie satelliet- en grondgebaseerde-datatoepassings binne die omgewing van hedendaagse tegnologie. Hierdie toepassings omvorm ons sodat dieselfde inligting ook tot voordeel met ons kliënte se risikobestuur geïntegreer kan word.

AgriSeker het ook toegetree tot die landboubate versekeringsmark. Hierdie toevoeging tot die produktereeks, met die rugsteun van Genric Versekeringsmaatskappy, asook LBIC, versterk die aanbieding tot ‘n holistiese risikobestuursdiens aan die landboubedryf. AgriSeker word in die mark onderskei weens die manier waarop ons besigheid doen met ons waardes ongeskonde (respek, integriteit, diens, uitnemendheid, rentmeesterskap). Ons voordeel in die mark is dat ons operasionele en verseke­ ringsondersteuningsdiens bied deur ‘n unieke onderskrywing- en bestuursi­ steem. Hierdeur verseker ons flink diens met akkurate en effektiewe resultate aan ons versekeringskliënte. Tel Kantoor: +27 (0)58 307 8600 • Faks: +27 (0)58 303 8727 Epos: info@agriseker.co.za / Webwerf: www.agriseker.co.za Posbus 1479 • Acua Gebou • Archbell Straat 1 • Bethlehem, 9701 AgriSeker is ‘n gemagtigde Finansiële Diensverskaffer, FSP no: 45767

GUD-filters nou beskikbaar by

Suidwes

Onderdele-afdelings

22

Ons Eie

Desember 2015

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

23


LL ANDBO A NDBO UKUNDI UKUNDI G G

24

Ons Eie

Desember 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Syngenta se EEN-KAN onkruidbeheer oplossings – die

slim keuse

Mielieprodusente het nie tyd om te sukkel met verskeie losstaande produkte en hul onderskeie dosisse om tenkmengsels vir onkruidbeheer op te maak nie. Syngenta het jare lange ondervinding en reputasie vir doelgemaakte een-kan oplossings, wat die dinkwerk uithaal en die doenwerk makliker maak.

Samestelling van formulasies maak al die verskil Omgewingsinvloede, soos té veel of té min reën té veel of té min sonlig, ekstreme temperature, of mengbaarheid met ander produkte kan alles ‘n impak hê op die effektiwiteit van die aktiewe bestanddeel. Afgesien van die fisiese eienskappe van ‘n aktiewe bestanddeel, moet die hulpmiddels van ‘n goeie formulasie in harmonie met die aktiewe bestanddeel saamwerk om optimale werking te verseker. Syngenta verstaan hoe belangrik goeie onkruidbeheer vir die produsent is, en bestee jaarliks baie tyd en geld aan die ontwikkeling van formuleringstegnologie. Die uiteinde hiervan is pasmaak oplossings

www.suidwes.co.za

aan produsente wat onverbeterlike konsekwente resultate lewer.

en

Syngenta se kennis en ervaring met formulasies stel hul in staat om die volle potensiaal van mesotrioon te ontsluit. Na jare op die mark en baie navorsing verstaan Syngenta formulasie-chemici presies hoe die aktiewe bestanddeel mesotrioon op sy beste geformuleer moet word sodat dit optimaal presteer. Hierdie kundigheid en ervaring het Syngenta in staat gestel om innoverende formulasies, waar mesotrioon met sleutel aktiewe bestanddele gekombineer word, te ontwikkel. Die resultaat is Syngenta se “Beproefde CALLISTO® Tegnologie” familie.

Ons Eie

Desember 2015

25


L ANDBO UKUNDI G Wat is Beproefde CALLISTO® Tegnologie? In 1977 het ‘n wetenskaplike opgemerk dat daar geen plante onder sy Lemoenperdestert (Crimson Bottlebrush) struik gegroei het nie. Met nadere ondersoek het hy ontdek dat die plant, Callistemon citrinus, ‘n natuurlike verbinding met onkruiddodende aktiwiteit afskei. Hierdie bevinding het tot jare se navorsing gelei en uiteindelik uitgeloop op die ontdekking van die aktiewe bestanddeel mesotrioon, wat eerste deur Syngenta bestudeer is en in 2001 kommersieel as CALLISTO® bemark is. CALLISTO® was vinnig deur produsente wêreldwyd in hul spuitprogramme ingesluit weens sy doeltreffendheid teen onkruid. Vandag leef die sukses voort met Beproefde CALLISTO® Tegnologie.

Hierdie familie van doelgemaakte mesotrioon-bevattende formulasies is ontwikkel om ‘n wye spektrum van aangepaste onkruidbeheer oplossings, sowel as gerieflike hantering in alle omstandighede te lewer.

Syngenta bied die volgende EEN-KAN oplossings: CAMIX® is ‘n voorafgemengde formulasie van Beproefde CALLISTO® Tegnologie en DUAL GOLD®. CAMIX® is spesiaal ontwikkel om uitstaande breëspektrum beheer te gee, veral vir situasies waar gebruik van triasien onkruiddoders beperk is of nie verkies word nie. Met hierdie een-kan oplossing kry die produsent uitstaande voor-opkoms beheer van beide grasse en breëblaar onkruide sonder die moeite van tenkmengsels. CAMIX® bevat ook die beveiliger benoksakor vir die gemoedsrus van gewasveiligheid onder ongunstige omgewingstoestande.

Toediening

Metode van werking

Onkruidspektrum

Wisselbou

3 redes hoekom CAMIX®

26

• Vooropkoms onkruiddoder • Kan toegedien word deur middel van trekkerbespuitings, lugtoediening en spilpunt • Mengbaar met Syngenta se triasien produkte (indien triasiene verkies of benodig word) • Toedieningshoeveelhede word bepaal deur onkruidspektrum en is nie van die hoeveelheid klei in die grond afhanklik nie • Dubbel aktiewe bestanddeel formulasie wat deur wortels, stingels en blare opgeneem word, asook opname deur lote van ontkiemende grasse • Breë-spektrum beheer van die belangrikste grasse en breëblaar onkruide vooropkoms in mielies • Geskik vir wisselbou en meeste opvolg gewasse na mielies kan na die gebruik van CAMIX® geplant word 1. Verenigbaar met wye reeks produkte 2. Gemak van afmeting en besluitneming 3. Aanpasbaar vir wisselbou

Ons Eie

CAMIX® PLUS is - soos CAMIX® - ‘n voorafgemengde formulasie van Beproefde CALLISTO® Tegnologie en DUAL GOLD®, maar bevat ook atrasien wat diep ontkiemende onkruid in hul spore stuit. CAMIX PLUS® het drie metodes van werking wat ‘n verdere stukrag in onkruidweerstandsbestuur leen. Die beveiliger benoksakor maak deel uit van die formulasie wat gemoedsrus gee onder ongunstige omgewingstoestande. • Vooropkoms onkruiddoder • Kan toegedien word deur middel van trekkerbespuitings, lugtoediening en Toediening spilpunt • Dosis is afhanklik van die onkruidspektrum en nie grondtipe nie • Drie aktiewe bestanddeel formulasie Metode van wat deur wortels, stingels en blare werking opgeneem word, asook opname deur lote van ontkiemende grasse • Breë-spektrum beheer van die Onkruidspektrum belangrikste grasse en breëblaar onkruide vooropkoms in mielies • Geskik vir wisselbou • Wagperiode van opvolggewasse hang Wisselbou af van die totale hoeveelheid atrasien wat toegedien is 1. Alles-in-een produk wat beide grasse en breëblaar onkruide beheer – 3 redes hoekom insluitend diep-ontkiemende onkruid CAMIX® PLUS 2. Gemak van afmeting en besluitneming 3. Aanpasbaar vir wisselbou

Syngenta handelsmerke wat aan die Beproefde CALLISTO® Tegnologie familie behoort demonstreer uitstaande en konsekwente resultate.

Desember 2015

www.suidwes.co.za


TM

LUMAX® is ‘n splinternuwe toevoeging tot Syngenta se voorafgemengde onkruiddoder reeks op mielies. LUMAX® is ontwikkel om die effektiefste breëspektrum onkruiddoder beskikbaar te wees en word vroeg na-opkoms aanbeveel. Bo en behalwe beheer van breëblaar onkruide, verskaf LUMAX® uitstekende beheer van moeilike grasonkruide - alles in een kan. Dit gee jou die gemoedsrus van een dosis van drie verskillende aktiewe bestanddele, terwyl die uitstekende formulasie die produsent in staat stel om dit in ‘n tenkmengsel met glifosaat te meng vir die beheer van winteronkruide – ‘n ekstra naopkomsbespuiting met glifosaat is dus nou oorbodig met LUMAX®. Onthou om die etiket van die betrokke glifosaat te raadpleeg. • Vroeg na-opkoms • Kan toegedien word deur middel van trekkerbespuitings, lugtoediening en Toediening spilpunt • Dosis is afhanklik van die onkruidspektrum en nie grondtipe nie • Drie aktiewe bestanddeel formulasie Metode van wat deur wortels, stingels en blare werking opgeneem word, asook opname deur lote van ontkiemende grasse • Breëspektrum beheer • Uitstekende beheer van grasse Onkruidspektrum • Verskaf residuele beheer wat winteronkruide insluit (in kombinasie met glifosaat) • Geskik vir wisselbou • Wagperiode van opvolggewasse hang Wisselbou af van die totale hoeveelheid triasien wat toegedien is 1. Een oplossing met drie aktiewe bestanddele en metodes van werking 3 redes hoekom 2. Onverbeterlike gras-onkruidbeheer LUMAX® 3. Mengbaar met glifosaat wat ‘n ekstra bespuiting uitskakel

HALEX™ GT is ‘n na-opkoms onkruiddoder wat spesiaal ontwikkel is vir gebruik in glifosaat tolerante mielies. HALEX™ GT bied die gemak van glifosaat maar met die voordeel van nawerking oor ‘n brëe spektrum van onkruide insluitend grasse en brëeblare. Dit bied residuele werking wat toediening soveel makliker maak en die toedieningsventster vir onkruidbeheer vergroot.

Toediening

Metode van werking

Onkruidspektrum

Wisselbou

3 redes hoekom HALEX™ GT

• Na-opkoms in slegs glifosaat tolerante mielies • Toedienings moet voor die 6-blaar stadium van onkruide geskied • Word nie deur grondtipe beïnvloed nie • Kan tot en met die V8 stadium van mielies gebruik word • Drie aktiewe bestanddeel formulasie wat onkruide beheer deur kontak en residuele nawerking • Breëspektrum beheer insluitend grasse en breëblare • Beter beheer van onkruide soos Wandelende Jood en Purperwinde wat tradisioneel suboptimaal deur glifosaat beheer word • Geskik vir wisselbou 1. Beheer beide onkruide wat reeds opgekom het asook nawerking op onkruide wat nog nie opgekom het nie 2. Vergemaklik glifosaat verdraagsame mielieproduksie 3. Beheer onkruide wat tradisioneel moeilk met glifosaat beheer word

Wat maak Syngenta se EEN-KAN oplossings die slim keuse? 1. Die vooraf vermengde formulasies vereenvoudig afmetings vir arbeiders en skakel foute tydens afmeting uit, aangesien slegs een dosis nodig is 2. Besluitneming op dosis word vergemaklik aangesien dit van die onkruidspektrum afhang en nie grondtipe nie 3. Die vooraf vermengde formulasies bevat elkeen twee of meer aktiewe bestanddeel wat die produsent ten minste twee metodes van werking bied en die risiko van onkruidweerstand verminder 4. Goeie onkruidbeheer en nawerking van sekere produkte verskaf meer buigsaamheid in terme van die toedieningsvenster vir die produsent 5. Sorgvuldige geformuleerde aktiewe bestanddele verhoog die sinergistiese werking van aktiewe bestanddele vir meer effektiewe onkruidbeheer

LEES DIE ETIKET VIR VOLLE BESONDERHEDE CALLISTO® bevat mesotrioon (Wet nr. 36 van 1947, Reg. nr. L6795). VERSIGTIG, CAMIX® bevat mesotrioon en S-metolachlor (Wet nr. 36 van 1947, Reg. nr. L8089). VERSIGTIG CAMIX® PLUS bevat mesotrioon, S-metolachlor en atrasien (Wet nr. 36 van 1947, Reg. nr. L8327). VERSIGTIG, DUAL GOLD® bevat S-metolachlor (Wet nr. 36 van 1947, Reg. Nr. L5749). SKADELIK, LUMAX® bevat mesotrioon, S-metolachlor en terbutilasien (Wet nr. 36 van 1947, Reg. nr. L7483). SKADELIK, HALEX™ GT bevat mesotrioon, S-metolachlor en glifosaat (Wet nr. 36 van 1947, Reg. nr. L8415). VERSIGTIG CALLISTO®, CAMIX®, CAMIX® PLUS, LUMAX®, HALEX™ GT en PROVEN CALLISTO® TECHNOLOGY™ is geregistreerde handelsmerke van ‘n Syngenta Groep Maatskappy.

Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak 60, Halfway House, 1685. Tel: (011) 541 4000. www.syngenta.co.za © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument is voorbehou. Alle ongemagtigde vermeerdering word verbied.

@SyngentaSA


L A NDBO UKUNDI G

Laat Terratek help met meet van grondwater Meet van Plantbeskikbare Water – die grootste beperkende faktor vir mielieproduksie in die somerreënvalgebied. Die belangrikste kwelvraag in droëlandboerdery in SuidAfrika is sekerlik hoeveel water vir plante in die grond beskikbaar is voor planttyd? Suid-Afrikaanse droëland mielieboere plant in die somerreënvalgebied op droë grondprofiele met die hoop dat genoeg reën sal val om ekonomiese opbrengste te behaal. Enige addisionele plantbeskikbare water in die grondprofiel sal die risko in mielieproduksie vir die nuwe seisoen verlaag. TERRATEK meet die plantbeskikbare water in die grondprofiel en stel produksie-inligting en kaarte saam sodat die produsent kan besluit of lande geplant of oorgelê moet word vir die nuwe seisoen. Terratek se onafhanklike landbou en omgewingskundige dienste is steeds vir produsente beskikbaar. Terratek se plaaslike span word deur geassosiëerde onafhanklike deskundiges ondersteun om tegniese dienste aan produsente te verleen sodat hulle maksimum wins kan nastreef.

• Terratek lewer die volgende spesialisdienste: • Grondklassifikasie deur middel van die Suid-Afrikaanse grondklassifikasiestelsel; • Opmeet van infrastruktuur van

28

plase met behulp van akkurate GPS toerusting; Grondmonsterneming vir presisie- en ander kleinskaalopnames; Grondchemiese evaluasie in terme van bemestingsaanbevelings, regstelling van grondsuurheid, regstelling en herwinning van besoedelde grond, regstelling en herwinning van gerehabiliteerde myngrond; Aanbevelings oor die kwaliteit van besproeiingswater; Die gebruik van geografiese verwysde inligtingssagteware vir die opstel van alle kaarte (GIS); Die bepaling van grondge-

Ons Eie

sondheid; • Die evaluasie van die invloed van bewaringsboerdery op grondgesondheid en; • Meet van voorseisoen grondwater met ‘n neutronmeter en die opstel van waterkaarte van plantbeskikbare grondprofiele. Kontak TERRATEK vir kwotasies en verdere navrae by 018- 581 1269 Die Terratek-span is: Dr. Hendrik Smith – Grondkundige (083 740 0297) Gerald Dunhin Snr Boor Tegnikus (082 808 4431) Jeanine Saunderson GIS Tegnikus (018 581 1269)

Desember 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2015

29


L A NDBO UKUNDI G

Beheer die kuilvoerproses om gehalte te behou Artikel deur: Albert van Rensburg Biomin

Kuilvoer word op die meeste plase in die een of ander stadium gebruik as voedingsbron. Boere begaan egter dikwels foute met die maak van kuilvoer wat die verskil beteken tussen ‘n produk van gehalte en ‘n minderwaardige een. Die produksie van konsekwente hoë-gehalte kuilvoer vereis goeie bestuur en aandag aan detail. Die spoed waarteen die gewas ingekuil word, die voginhoud, snylengte en kompaksie kan alles ’n groot invloed hê op die fermentasieproses en stoorverliese. Algemene foute met die maak van goeie kuilvoer is: Die materiaal is te nat (die voginhoud is bo 75 %). Die gewas moet teen die regte voginhoud (60 tot 75%) gekuil word om goeie kuilvoerfermentasie te bewerkstellig. Kuilvoer wat te nat is veroorsaak verliese weens loging en die groei van ongewenste mikroörganismes, wat weer tot onsmaaklike kuilvoer lei. Oormatige droë kuilvoer (<50% vogtigheid) verhoog egter droëmateriaalverliese (DM) weens respirasie en verhitting en bied minder geleentheid vir die groei van die gewenste melksuurbakterieë. Swak kompaksie (minder as 600 kg/m3) belemmer die fermentasieproses. ’n Minimum snylengte van 20 tot 25 mm verbeter kompaksie. Ondoeltreffende fermentasie weens ondoeltreffende melksuurbakterieë en te min suikers om die fermentasieproses te versnel.

30

Swak verseëling. Dit veroorsaak dat lug die bunker binnekom. Daarom moet behoorlik toesig gehou word dat rotte, voëls en vee nie die plastiek beskadig nie. Stadige uitvoertempo veral in warm somermaande. Dit is belangrik om te verstaan hoe die biologiese en chemiese proses gedurende inkuiling plaasvind, wat die uitwerking daarvan op kuilvoergehalte is en hoe dit beheer en gemanipuleer kan word. Fermentasieproses Inkuiling is in wese die preservering van ‘n gewas deur die uitsluiting van lug (suurstof ), waarna fermentasie plaasvind en suikers deur melksuurbakterieë na melksuur verander word. Mikrobeaktiwiteite hou dan weens ‘n lae pH-vlak op en die materiaal bly stabiel, mits dit nie met water of lug in aanraking kom nie. Hoë-gehalte kuilvoer word verkry wanneer melksuur die oorheersende suur is wat geproduseer word, aangesien dit die mees doeltreffende fermentasiesuur is en die pH van die kuilvoer die vinnigste sal laat daal. Hoe vinniger die fermentasieproses voltooi word, hoe meer voedingstowwe sal in die kuilvoer behoue bly. Beperk verliese Die sukses van die proses word gedurende die eerste twee weke bepaal. Die eerste drie tot vyf dae van die inkuilingsproses is van kardinale belang. Die afbreek van proteïene is die hoogste op die eerste dag nadat die bunker geseël is en neem vinnig af soos wat suurstof verbruik word. Baie min proteïenafbreking vind na een week van behoorlike inkuiling plaas. Die tempo waarteen die pH daal is baie belangrik. Die pH moet binne vier dae van 6 na 4 daal. Genoeg suiker en doeltreffende melksuurbakterieë is nodig, want die suikers word deur die

Ons Eie

Swak kompaksie (minder as 600 kg/m3) belemmer die fermentasieproses.

melksuurbakterieë in melksuur omgesit. Die mees wenslike eindprodukte is asynsuur en melksuur. Droë material (DM) gaan verlore soos wat die bakterieë stysels en suikers tot asynsuur en melksuur afbreek. Die mikpunt is egter om hierdie verliese te beperk en die voedingstowwe in die kuilvoer te bewaar. Hoe vinniger hierdie proses van pH-daling geskied hoe minder voedingstofverliese kom voor. Dit is noodsaaklik dat die bakterieë wat vir die produksie van asynsuur en melksuur verantwoordelik is dadelik na inkuiling begin groei en vermeerder. Suurstof moet dus so vinnig as moontlik deur goeie kompaksie uit die bunker verwyder word. Dit laat die asynsuur- en melksuurproduserende bakterieë effektief vermeerder. Mikrobes (bakterieë wat vir fermentasie verantwoordelik is) benodig anaërobiese toestande (die afwesigheid van lug) om te groei. Soos die bakterieë suiker verbruik, word eindprodukte (asynsuur en melksuur) geproduseer, wat veroorsaak dat die pH daal. Doeltreffende fermentasie verseker ’n smaakliker en meer

Desember 2015

verteerbare voer, wat optimale DM-inname aanmoedig en gevolglik tot verbeterde diereprestasie lei. Sukses van die proses Die inkuilingsproses neem 15 tot 20 dae om ’n stabiele fase te bereik. Daar is ’n geleidelike verhoging in melksuur aangesien melksuurproduserende bakterieë die eenvoudige suikers afbreek. Wanneer melksuurbakterieë al die suiker in die gewas uitgeput het of wanneer die pH-vlakke laag genoeg daal om groei te beëindig (4 tot 4,2 of laer), begin die stabiele fase. Solank die bunker verseël en anaërobies bly, vind min biologiese aktiwiteit gedurende hierdie tydperk plaas. Soos suurstof egter stadig die bunker se mure en bedekkings binnedring, kan dit die groei van giste, muf en aërobiese bakterieë op die bunker-oppervlaktes veroorsaak. As die voer te droog is, is fermentasie beperk en die pH-vlak kan nie voldoende daal nie. Indien dit gebeur, sal verroting plaasvind. Wanneer daar aan hierdie kuilvoerbeginsels voldoen word,

bl 32 >>>

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G >>>

Kuilvoerproses kan kuilvoer se gehalte verder verbeter word deur kuilvoerentstof.

Entstof vir kuilvoer Plantmateriaal fermenteer onbeheerd in die bunker omdat daar geen beheer is oor die tipe en getalle bakterie wat natuurlik op die plant voorkom nie. Dit lei daartoe dat kuilvoer soms ongewenste komponente bevat wat die waarde daarvan as veevoere kan verminder. Dit is moontlik om beide die spoed en patroon van fermentasie te beïnvloed deur kuilvoerentstowwe by te voeg. Op hierdie wyse word fermentasie heeltemal beheer en die fermentasieproses word deur gewenste melksuurbakterieë gedomineer om voedingstofverliese te beperk. Melksuurbakterieë moet tydens die kerfproses toegedien word om te verseker die bakterieë maak doeltreffend met die materiaal kontak. Navorsing het getoon dat die getal melksuurbakterieë só drasties vermeerder vanaf kerf totdat die materiaal in die bunker geplaas word dat, as die melksuurbakterieë eers in die bunker toegedien word, hulle totaal oorheers word deur die melksuurbakterieë wat natuurlik op die gewas teenwoordig was. ’n Doeltreffende entstof kan help om goeie kuilvoer beter te maak, maar dit sal egter nie swak kuilvoer goed maak nie. Bakteriële entstowwe kan die aantal melksuurbakterieë in die kuilvoer verhoog en ’n drastiese vinnige verlaging in die pH sal dan lei tot stabiele, hoë gehalte kuilvoer met die minimum voedingstofverliese. Bakteriële kuilvoerentstof word ontwerp om die spoed en omvang van die primêre fermentasie te verhoog. Kuilvoerentstof kan geklassifiseer word volgens hulle uitwerking op die materiaal wat ingekuil word of volgens die eindprodukte wat hulle produseer. Hulle kan in twee hoofkategorieë verdeel word, naamlik homofermentatiewe en heterofermentatiewe kuilvoerentstowwe. Homofermenteerders produseer slegs melksuur van suiker. Bakteriële stamme wat aan hierdie groep behoort, is Enterococcus faecium, Lactobacillus plantarum,

32

L. acidophilus, L. coryneformis, L. salivarius, Pediococcus acidilatictici en P. damnosus. Die homofermentatiewe kuilvoerentstowwe is die mees gesogte, aangesien hulle aktiwiteit nie DM-verliese veroorsaak nie. Daar is min twyfel oor die doeltreffendheid van die homofermentatiewe kuilvoerstamme wat tans in kuilvoerentstowwe gebruik word. Homofermentatiewe kuilvoerentstowwe verbeter fermentasie en verhoog DM-herwinning. Heterofermenteerders produseer koolstofdioksied, etanol, asynsuur en melksuur. Bakteriële stamme wat aan hierdie groep behoort, is Lactobacillus brevis, L. kefiri, L. buchneri, L. cellobiosus, L. fermentum en L. viridescens. Die nadele van heterofermentatiewe kuilvoerstamme is dat die asynsuurproduksie tot energie- en droëmateriaalverliese lei. Hoewel asynsuur (vanaf heterofermenteerders) bederfbare organismes inhibeer, veroorsaak ’n oormaat daarvan (>30g/kg DM) dat voer se smaaklikheid, voerinname en diereprestasie verlaag. In goeie kuilvoer is melksuur en asynsuur gebalanseer sodat die lae pH-waarde, tesame met die asynsuur, die bederfbare organismes kan inhibeer. Die feit dat al hoe meer heterofermentatiewe kuilvoerstamme in die mark beskikbaar is, maak die keuse van die regte stam ’n moeilike een. Verbeterde smaaklikheid Melksuur is die enigste metaboliet wat kuilvoer se smaaklikheid verbeter. Ongelukkig maak hoë vlakke van melksuur kuilvoer meer vatbaar vir aërobiese bederf. Die ideaal is dus om homofermenteerders en heterofermenteerders te kombineer om voedingstofverliese te beperk en ’n balans tussen melk- en asynsuur te handhaaf vir goeie smaaklikheid en goeie aërobiese stabiliteit. Kuilvoerentstowwe wat beide homofermenteerders en heterofermenteerders bevat, word dus aanbeveel. Mielies is maklik om in te kuil omdat dit ’n relatiewe hoë suikeren styselinhoud bevat. Mielies en sorghum bevat genoeg wateroplosbare koolhidrate (10 % tot 12 %) vir suksesvolle inkuiling. Mielies en heelplant-graankuilvoere is berug daarvoor dat dit onstabiel

Ons Eie

Die kuilvoer moet deeglik verseël word sodat lug nie in die bunker inkom nie.

is sodra die bunker oopgemaak word (dit word warm). ’n Groter hoeveelheid heterofermentatiewe bakterieë in kuilvoerentstowwe is nuttig om aërobiese bederf te verminder en om die raklewe van hierdie tipe kuilvoere te verbeter (produksie van beide melksuur en asynsuur). Peulgewasse soos lusern kuil moeiliker in omdat dit min suikers bevat – gemiddeld net 5 % en dit het ‘n hoë proteïeninhoud. Die belangrikste mikpunt is om so vinnig as moontlik ’n lae en stabiele pH te bereik, met melksuur as die vernaamste fermentasieproduk. Daarom sal ’n kuilvoerentstof met ’n groter hoeveelheid homofermentatiewe bakterieë hierdie tipes kuilvoer bevoordeel en verliese beperk (produseer hoofsaaklik melksuur). Uithaal-fase Kuilvoer word warm wanneer dit uit die kuil verwyder word en met lug in aanraking kom. Dit is omdat dit begin gis en swamme groei. Veral voere wat nog heelwat residuele suikers ná inkuiling bevat, soos mieliekuilvoer, is dikwels onstabiel. Hierdie organismes omskep oorblywende plantsuikers, melksuur en ander energieryke voedingstowwe in die kuilvoer in koolstofdioksied, water en hitte. Gevolglik veroorsaak bederf gedurende die uitvoerfase verhoogde DM-verliese en ’n hoër risiko van toksiese organismes

Desember 2015

en hulle mikotoksiene. Asynsuur (afkomstig vanaf heterofermenteerders) vertraag die groei van swamme en gisting. Die probleem van aërobiese bederf is veral ernstig wanneer die voertempo stadig is vanweë die bunker wat te wyd is, en wanneer kuilvoer in warm en/of vogtige weerstoestande uit die bunker verwyder word. Verwyder ’n minimum van 150 mm kuilvoer per dag in die winter en 450 mm in die somer vanuit die kuilvoergesig (voorkant van bunker). Om kuilvoer twee tot vier keer per dag in kleiner porsies uit die bunker te verwyder, pleks van in een groot porsie, sal verhitting voorkom. Kuilvoerentstowwe kan nie goeie inkuilingspraktyke vervang nie. Die gebruik van ’n kuilvoerentstof kan egter die gehalte van kuilvoer aansienlik verbeter, aërobiese stabiliteit verbeter en verliese beperk. Die insluiting van ’n kuilvoerentstof as ’n roetineprosedure kan die boerdery se wins aansienlik verhoog. Die belangrikste aspek om hier in ag te neem is nie die prys nie, maar die opbrengs op belegging. Die duurste kuilvoerentstowwe is dikwels dié wat nie die gewenste uitwerking op kuilvoer het nie. Vir meer inligting, kontak Albert van Rensburg van Biomin by 018 468 1455 of 083 409 5315

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

33



L A NDB O UK UNDI G

Kunsmis wat tyd spaar ARTIKEL DEUR Triomf Agri Xcellence

Die afwagting is verby, ‘daardie tyd van die jaar’ het aangebreek en trekkers dreun om grond te bewerk en kunsmis toe te dien sodat planttyd foutloos en vlot kan verloop. Dit is egter nie so eenvoudig nie en elke boer moet homself ‘n paar kritiese vrae voor planttyd afvra, sê Triomf Agri Xcellence. Die kritiese vrae waarop elke boer vir homself ‘ n antwoord moet hê, is: watter lande gaan gebruik word en watter gaan oorlê; wat is die grondpoten­ siaal en die chemiese status van die grond; wie gaan help met variërende kaarte en boerderybeplanning; en watter produkte kan in die boerdery gebruik word om maksimum wins te maak met minimum risko? Na-seisoen reën het die boere wat vanjaar vroeg kon klaar stroop baie gehelp om vroeg te kon rip en ‘preplant’. Deur hierdie tipe werk vroegtydig af te handel kan baie druk in die tradisionele ‘bottelnek’ van planttyd verlig word. Dit voel mos asof daar net te min tyd is om finansiering in plek te kry, onkruidbestuur behoorlik toe te pas, te ‘preplant’, te plant en topbemesting toe te dien waar nodig. Die ideale tyd vir toedien van

www.suidwes.co.za

kunsmis kom dan ook ter sprake. Deur die regte kunsmisprodukte te gebruik kan tydbestuur meer effektief wees. Die meer tegnologies gevorderde produkte soos Triomf se Nitrex kan vroeër toegedien word sonder enige verlies aan kunsmis voordat die plant dit ten volle kan benut. Volgens Triomf Agri Xcellence het hulle gevind dat daar geen verskille tussen verskillende stikstofbronne gesien kan word in ‘n droër seisoen wanneer opbrengs laer is nie. Die verklaring hiervoor is dat daar genoeg stikstof vir die oes beskikbaar was ongeag die bron wat gebruik is. Wanneer gemiddelde en veral bogemiddelde reën val, presteer die tegnololgies verbeterde produkte ver bo die onbeskermde produkte soos ANO, KAN en Ureum. Met die samewerking van top boere oor die afgelope twee jaar het Triomf Agri Xcellence bewys hoe effektief die regte produkte wat op die regte tyd toegedien is, kan wees. ‘n Kombinasie van Triomf Nitrex en Triomf Politan is byvoorbeeld in ‘n ‘preplant’ en gedurende plant op een van die boere se plaas toegedien op grond waar die potensiële en die voorseisoenvog korrek bepaal is. Op dié 400 ha is ‘n gemiddelde opbrengs van 8.98 ton/ha mielies met 280 mm vog vir die seisoen op die plaas behaal. Wanneer produkte reg gebruik word, is die resultaat sukses. In hulle navorsing het Triomf Agri Xcellence die grondfisiese en grondchemiese werk gedoen en as bloudruk vir hulle besluit­ neming vasgelê. Gewaskeuses en plantdatums het uiteraard die hoe­veelheid en die tipe produk wat gebruik is, beïnvloed. ‘n Praktyk is op besproeiingskoring

Ons Eie

toegepas wat teen alle rede en literatuur ingedruis het en heelwat kritiek is daaroor uitgespreek. Op grond van hulle kennis oor die werkring van Triomf Nitrex en Triomf Politain het Triomf Agri Xcellence hulle plan deurgevoer en die resultate het hulle grootste kritici stil gehad. ‘n Mengsel is aan die kliënt voorsien wat gepas was vir sy grondtoestande en gewaskeuses. Voor planttyd is 90% van die seisoen se kunsmis breedwerpig uitgestrooi voor die saadbed voorberei is. Die kunsmis was ‘n kombinasie van Triomf Nitrex (46) en Triomf Politain 1:1:1 (36) ZnS wat in een sak op die plaas afgelewer was. Hullle het sonder kunsmis geplant en tydens vlagbaarstadium ongeveer 10 weke na opkoms, is 200 kg/ha vloeibare 3:1:6 met sink en swael toegedien om proteïensintese aan te help. ‘n Blaarvoedingsprogram met Triomf Bakgat en Triomf Tri-Amino is streng nagevolg. Met hierdie metode kan 500 ha koring in twee tot drie weke gestrooi en geplant word. Dit beteken dat ‘n laat mie­

lieseisoen nie sal veroorsaak dat die koring ook laat geplant word nie. Dit haal natuurlik die druk van ‘n twee weke lange kunsmistoe­ diening uit die program uit. In die eerste seisoen het hulle op 135 ha ‘n gemiddelde opbrengs van 8 ton/ha B1-koring behaal. Dit was byna 1 ton/ha meer as die veel meer arbeidsintensiewe program wat deur ‘n ander span gevolg is en die oeste lyk hierdie seisoen nog beter as die vorige seisoen. Die praktyk om 60% tot 90% van die seisoen se kunsmis vooraf te strooi, is ook op weiding, pampoene, kool en aartappels gevolg – met ewe veel sukses. Die boer by wie hierdie proef gedoen is, getuig daarvan dat die gerief wat Triomf Nitrex bring sonder om opbrengs in te boet, maak Triomf Nitrex nou ‘n integrale deel van sy produksiepraktyk. Die resultate uit hierdie proewe behoort droëlandboere gemoeds­ rus te gee. Die bewyse is daar dat Triomf Nitrex opbrengs verhoog en daarmee saam tyd spaar.

In die eerste seisoen het hulle op 135 ha ‘n gemiddelde opbrengs van 8 ton/ha B1koring behaal. Dit was byna 1 ton/ha meer as die veel meer arbeidsintensiewe program wat deur ‘n ander span gevolg is en die oeste lyk hierdie seisoen nog beter as die vorige seisoen. Die praktyk om 60% tot 90% van die seisoen se kunsmis vooraf te strooi, is ook op weiding, pampoene, kool en aartappels gevolg – met ewe veel sukses. Die feit dat die proef onder besproeiing gedoen is, bevestig juis die waarde van Triomf Nitrex. Teen die einde van die seisoen is tussen 800 mm en 1 000 mm water op die gestrooide Triomf Nitrex toegedien. Die N-inhoud in die plant se blare asook die Brix-lesings wat elke week geneem is, was nooit onder die optimale vlakke nie. Die algehele plantgesondheid en kleur was deurgaans ideaal.

Desember 2015

35



L A NDB O UK UNDI G

Pasop vir hierdie foute met planttyd ARTIKEL DEUR:

Gerrie Ludick Landboukundige by Technichem

IN HIERDIE ARTIKEL KYK Gerrie Ludick na die foute wat gereeld gemaak word tydens planttyd. Hy wonder hoekom ons steeds sulke dom foute maak met die belangrikste oefening op die plaas. “Kom ons kyk, sonder om tyd en ink te mors, of ons hierdie

foute kan vermy in die komende seisoen.” As jy “preplant” met Ureumkunsmis, maak seker dit het reeds omgesit in ‘n nitraat, anders gaan die saailinge brand tydens die ammoniakgasfase. Gaan lê op jou maag en krap in die ry en ruik of

jy enige gas op pitdiepte ruik – dit werk, vra maar die manne wat oorgeplant het! Organo-fosfate: Lees die etikette van produkte wat jy gaan spuit of in-die-voor toedien wanneer jy plant. Organo-fosfate beperk die

effek van sommige onkruiddoders soos mesotrione. Saadbedvoorbereiding: Begin met ‘n skoon, onkruidvrye, kluitvrye saadbed. Daar is nie ‘n chemiese produketiket wat NIE

bl 38 >>>

Wat is ‘n onkruid? ‘n Onkruid word beskou as ‘n ongewenste of onestetiese plant in ‘n sekere konteks, bv. in jou tuin. Dit wil se die plant groei waar ons dit nie wil hê nie, of waar dit ekonomies skade doen. ‘n Roosboom in ‘n mielieland sal dus in hierdie geval as ‘n onkruid beskou word. Daar is talle produkte in die mark wat van hierdie ongewenste plante ontslae sal raak: Clear All / Clear Pave raak van alle ongewenste plante ontslae, dws. eenjarige- en meerjarige grasse, breëblaargrasse en –onkruid, asook indringerbome en –struike. Beide hierdie produkte is sistemies en word deur die plant opgeneem met geen grondaktiwiteit. Dus sal slegs die plante wat behandel is, uitgewis word. Om van boomstompe ontslae te raak, verf eenvoudig onverdunde Clear All / Clear Pave met ‘n kwas aan die stam. Versus / Pure Lawn – beide hierdie produkte is selektiewe onkruidmiddels, d.w.s. dit beheer breëblaaronkruid op grasperke sonder dat die grasperk sal doodmaak. Servian - ‘n Ander netelige probleem wat op grasperke voorkom, is uintjies. Dit is baie moeilik om hiervan ontslae te raak. Wanneer uintjies meganies verwyder word, bly bolletjies agter, wat beteken die uintjies weer sal groei. Servian is ‘n unieke produk wat hierdie probleem suksesvol sal aanspreek. Servian is verpak in ‘n gerieflike, wateroplosbare sakkie, dus is daar geen afmeting of direkte hantering van die produk nie. Meng eenvoudig die vereiste aantal sakkies in water en spuit vir die beheer van uintjies, sonder om jou grasperk dood te maak. Indien uintjies in beddings voorkom, kan Servian met ‘n kwas aan die uintjieplant geverf word. Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 Clear Pave: glifosaat 360 g/l a.e, L7219, VERSIGTIG, Clear All: glifosaat 360 g/l a.e, L7221, VERSIGTIG , Pure Lawn: MCPA 400 g/l, L7220, VERSIGTIG, Versus: dicamba 120 g/l, 2.4-D 180 g/l a.e., MCPA 157.5 g/l, L8879, SKADELIK - Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid-Afrika (Edms) Bpk, reg no: 2009/019713/07 Servian: halosulfuron (sulfonylurea) 750 g/kg, L5617 - Registrasiehouer: Syngenta South Africa (Edms) Bpk, reg no 1998/013761/07. Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel no

(011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2015

37


L A NDBO UKUNDI G >>>

Foute met planttyd hierdie voorwaarde uitlig nie. Boere wat geenbewerking doen is eintlik oorgelewer aan welwillendheid sou hulle skade kry of onkruid swak beheer is. Plantdiepte: Hou by die betroubare plantdieptes vir bepaalde grond. Pasop om te vlak te plant, grondtemperature varieer meer tussen dag en nag en kan opkomsprobleme veroor-saak. Vermy onkruiddoders sonder beveiligers wanneer jy plant. Lees die produketikette. Vermy sogenaamde “slang-gif” konkoksies. Derduisende rande word spandeer om tenkmengsels te toets. Sorg dat die grond ferm teen die saad druk vir beter ontkieming. ‘n Pit wat in los grond lê neem langer om te ontkiem. Kyk na kunsmisplasing. Dit is die grootste fout wat ons maak – elke seisoen! Draai die boute, wat die kouters en kunsmispenne aan die balk vasmaak, stewig vas – hulle skuif rond of wig onder die grond en dan plaas dit die

38

kunsmis te ver of te naby aan die pit. Toets jou planter vir die grootte van die saad wat jy hierdie jaar gaan plant. Onthou, oneweredige spasiëring in die ry verlaag meerkoppigheid. Pas elke land se plantstand aan, dienooreenkomstig die grond se potensiaal en beskikbare vog. Maak maar die somme, ‘n mielie drink byvoorbeeld tussen 210 tot 250 liter water. Gaan die spuitstukke op die spuite en planters na en vervang dit waar nodig. Dit is die grootste rede waarom onkruiddoders nie werk nie! Spoel die spuittenk deeglik uit met ‘n spoelproduk, veral as daar met sulfuniel-ureums gewerk is voor die tyd. Teken plant- en spuitdatums in ‘n dagboek aan. Dit help met beplanning en seisoenale take. Teken nie-Roundup-Ready lande aan. Daar is al genoeg bewyse van ouens wat vergeet het … Tydigheid van optrede is ‘n voorvereiste vir elke suksesvolle plantyd – Sterkte!

Ons Eie

Kunsmisbrand sigbaar op die wortels van hierdie plant

Acetochlor skade sigbaar op hierdie kiemplantjie

Desember 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2015

39


L A NDBO UKUNDI G

Agrikalender Desember 2015 ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Koring Nadat die koring gestroop is, is dit tyd om die grond reg te stel. Dit is noodsaaklik om te bekalk waar die pH te laag is. ‘n Goeie kalkprogram is meer werd as verhoogde kunsmistoediening. Bewerk lande met ‘n diep tandwerktuig om verdigtingslae op te hef. Seël die grond met ‘n vlerkskaar, eg of V-lem indien die tandwerktuig nie met ‘n roller toegerus is nie. Beheer onkruid. Bestel saad wat op die meulenaars se voorkeurlyste is. Bestel die regte soort en hoeveelheid kunsmis volgens die grondontleding.

ALTERNATIEWE GEWASSE Akkerbone

Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te bemes en pH reg te stel met bekalking. Die opname van plantvoedingstowwe verbeter met die regstelling van die pH, sowel as die algemene gesondheid van die plante. Ag moet geslaan word op planttye die seisoen. Tans word ’n El Nino-seisoen voorspel. Soos verlede jaar se voorspelling nie gerealiseer het nie, kan dit vanjaar ook heeltemal verskil van die voorspelling. Die mieliebalansstaat wys dat daar tans ’n oorskot aan mielies is. Poog om ’n gedeelte van die lande vir ander gewasse aan te wend. Gewasse soos akkerbone, grondbone en graansorghum kan oorweeg word mits kontrakte beskikbaar is.

AKKERBOU Mielies Wisselbou verlaag die voorkoms van Diplodia en ander kopvrotte. Onthou dat kultivars se vatbaarheid vir kopvrot verskil. Behandel saad teen grondinsekte aangesien saailinge beskadig kan word. ‘n Swak stand kan groot verliese veroorsaak. Wees bedag op die skade wat springhaasrotte kan aanrig. Sluit voorplantkontrakte, minimupryskontrakte, of verskans op SAFEX om goeie pryse vir die komende seisoen te verseker. Moet egter nie meer as 30% kontrakteer nie. Nismarkte vir konvensionele mielies bo GMOmielies bestaan.

Sonneblom Moet eerder nie sonneblom plant as ‘n voorplant-kontrak nie gesluit is nie. Sonneblom is egter ‘n goeie wisselbougewas, veral waar Diplodia straf voorgekom het. Sonneblom kan geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. Maak seker dat die lande wat geplant gaan word, nie residue van skadelike onkruiddoders soos atrazien bevat nie. Sonneblom is baie gevoelig vir veral atrazien en terbutielasien. Behandel saad teen grondinsekte om saailingskade te beperk. Bemes sonneblom tot dieselfde mate as mielies, om goeie opbrengste te kry. Moenie oor-kontrakteer nie, Force Majeur-kontrakte bestaan wel, maar moet aan die terme en voorwaardes voldoen. Navrae kan aan Suidwes se graanafdeling gerig word.

Grondbone Grondbone is ‘n baie goeie wisselbougewas. Gesonde grondbone bind tot 30 kg N per jaar en dit hou voordele vir die opvolgseisoen in. Plant tussen 15 Oktober en 25 November wanneer grondtemperatuur nie te laag is nie. Daar word aanbeveel dat grondbone met tussen 15 en 20 Kg N op sandgronde geplant word om ‘n sterk kiemplant te vestig. Behandel die saad met Rhizobium-entstof om stikstofbinding te bevorder. Behandel die saad met ‘n swamdoder wat in kombinasie met die Rhizobium gebruik kan word. Reaksie op fosfaatbemesting word slegs verkry indien die grond geweldige lae fosfaatvlakke het. Slegs SANSOR-gesertifiseerde saad moet geplant word.

40

Ons Eie

Akkerbone is goed aangepas in die Noordwes Provinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aangeplant, vir beweiding sowel as hooiproduksie. Die voordeel van akkerbone, wat ’n peulgewas is, is dat akkerbone stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) per jaar word in die grond teruggeplaas. Plant, hoofsaaklik vir weiding, vroeg in die seisoen. Dit is moeilik om goeie hooi te maak aangesien reën gedurende Februarie die kwaliteit van die hooi benadeel. Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoonlik nie so baie reën as die voer gereed is vir hooi maak nie. ’n Boer kan 6 ton hooi met 300 mm reën gedurende die groeiseisoen produseer. Dit sal ’n ru-proteïeninhoud van 14% hê as 90% van die peule reeds verkleur het. Van 9 tot 16 kg saad per ha is nodig, afhangend van rywydte. Binneryspasiëring van 10 cm tussen plante is ideaal. Saad moet op ’n diepte van 4 cm geplant word, wanneer grondtemperatuur meer as 9 grade Celsius is. Onkruiddoders is beskikbaar wat geregistreer is vir akkerboonproduksie.

VEE Beeste Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende teelseisoen. Laat die bulle vir Trichomoniase en Vibriose (Geslagsiektes) toets. Laat aangekoopte bulle toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke aangepas word op die plaas voordat hulle gebruik word om te dek. Hou bulle fiks deur hulle elke dag te laat loop. Diere kan teen anaplasmose ingeënt word indien vrektes gereeld voorkom. Ent teen Vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. Indien beeste gevoer word vir die mark, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere vir Desember en April afgerond word en laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerke is verpligtend, en moet op alle diere aangebring word. Bestuur bosluisbesmetting met erkende dipstowwe. Sorg dat diere toegang het tot voldoende skoon drinkwater en fosfaatlek.

Skape Voorkomende behandeling is goedkoper as nasorg. Volg ‘n goeie bestuursprogram om maksimum opbrengs en wins te verseker. Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Spuit of dip skape teen brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Indien groenvoer vir die skape aangeplant gaan word moet vogbewaring vroegtydig begin word om sukses te verseker. “Broek” langwolskape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Indien lamtyd Maart/April is, moet ooie voor paartyd prikkelvoeding ontvang en op goeie voeding gehou word vir twee tot drie weke na paring om goeie besetting te verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd om ‘n goeie lammeroes te verseker. Skape moet gemerk word, dit is verpligtend, tatoeëer dus skape om boetes te vermy. Tref betyds reëlings vir ’n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie.

Desember 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

NUWE PRODUKTE

NOU BESKIKBAAR BY

SUIDWES LANDBOU FLINTCO Flintco Ferto 1211 12T met 6M Auger Flintco Ferto 2017 20T met 6M Auger Flintco SF0606 Saadkar met 5M Auger Flintco Kraan Flintco SF0303 Saadkar met 5M Conveyor

R 239 474 + BTW R 296 421 +BTW R 176 000 +BTW R 217 684 + BTW R 125 052 + BTW

* Produkte mag verskil van die foto’s

HEELGOEDERE GEBRUIKTE VOORRAAD BESKRYWING

kW

MODEL

NH 6610 2WD Gebruikte Trekker CASE Farmall JX110 Rops Gebruikte Trekker CR9080 Gebruikte Stroper NH TD5.90DT Gebruikte Trekker NH T6090 Gebruikte Trekker NH T8.360 Gebruikte Trekker Claas Ares Gebruikte Trekker NH T8.330 CAB Gebruikte Trekker NH TM7030 Gebruikte Trekker NH T6050 Rops 16x16-Gebruik CASE MXM 310G NH TD90DT Gebruik

66 82

2009 2013

189

2005 2013 2012 2012 2008 2013 2011 2012 2008 2010

www.suidwes.co.za

Ons Eie

ENGIN URE 1362

3800 3000

Desember 2015

AANTAL BESKIKBAAR 4 1

VERKOOPPRYS

1 1 3 1 1 1 1 2 1 1

R 2 950 000 + BTW R 300 000 + BTW R 650 000 + BTW R 1 400 000 +BTW R 200 000 + BTW R 1 600 000 +BTW R 490 000 +BTW R 490 000 +BTW R 650 000 + BTW R 210 000 +BTW

R 150 000 +BTW R 475 000 +BTW

41


L A NDBOALGEMEEN UKUNDI G

Kosmiese Kwêla

deur Willie Koorts

Sterrereën Sover dit sterrereëns aangaan, is die “Geminides” beslis die hoogtepunt van die jaar. Daar kan uitgesien word na tot soveel as 50 verskietende sterre per uur tydens maksimum aktiwiteit. Vanjaar pla die maan ook nie, sodat die dowwe meteore ook sigbaar sal wees, veral bekyk vanaf ’n donker plek. ‘n Sterrereën vind plaas wanneer die aarde deur die rommel wat ‘n komeet in sy wentelbaan agtergelaat het, beweeg. Dit veroorsaak ‘n skielike toename in “verskietende sterre” wat lyk of hulle almal uit ‘n spesifieke punt tussen die sterre, die sogenaamde “stralingpunt”, ontstaan. Die beste tyd om te kyk is vanaf middernag tot sonop van 13 tot 15 Desember. Rig jouself gemaklik in waar jy ’n goeie uitsig op die noord-, noordwestelike horison het. Jy het geen spesiale toerusting nodig behalwe jou blote oog om dit te sien nie. Die menslike oog is ideaal weens die wye hoek waaruit ons beweging

42

kan waarneem. Nog ‘n voordeel van die Geminides, is dat dit maklik is om die stralingspunt te kry weens die nabyheid van die maklik herkenbare Orion sterrebeeld (sien grafika). Fokus op Castor en Pollux wat die koppe van die Tweeling voorstel. Die maan doen huisbesoek In Januarie doen die maan bietjie huisbesoek. Die maan se baan is tans so gekantel dat dit naby die Ekliptika verbybeweeg. Omdat die Ekliptika ook die pad van die planete beskryf, beteken dit dat die maan tans naby aan die planete verbyskuur vir ‘n klompie opvallende samekomste. Ongelukkig gebeur die meeste hiervan in die nanag of vroeë oggendure. Mars word eerste besoek op die oggend van 4 Januarie. Wanneer die maan rondom 02:00 opkom, sit Mars sowat 3.5 grade bokant die maan. Teen sonop het hulle al ‘n graad verder uitmekaar beweeg. Vroegoggend (04:00) op 7 Januarie sit die sekelmaantjie pragtig by beide Venus en Saturnus met die ster Antares net ‘n entjie verder weg. Nuwemaan is op 10 Januarie wanneer Mercurius slegs twee grade van die maan sit. Dit sal uiteraard nie sigbaar wees nie omdat jy direk in die son inkyk. Op 13 Januarie beweeg die maan 2.2 grade verby Neptunus en op 16 Januarie 1.4 grade

Ons Eie

vanaf Uranus. Om dit te sien sal jy ongelukkig ‘n sterk verkyker of ‘n teleskoop benodig, asook ‘n sterkaart om te weet presies waar om te kyk. Aldebaran is nouwel nie ‘n planeet nie, maar ‘n baie opmerklike groepering vind plaas op 20 Januarie wanneer die maan verby Aldebaran en sy A-vormige sterregroepie beweeg. Jupiter kom op 28 Januarie aan

die beurt. Teen 03:00 se koers sit dit minder as ‘n graad weg van die bykans volmaan. Datum

Sonop

Sononder

01 Des

05h13

19h06

15 Des

05h15

19h16

01 Jan

05h24

19h24

15 Jan

05h35

19h25

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

Maanfases

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

11 Des

18 Des

25 Des

03 Des

10 Jan

17 Jan

24 Jan

02 Jan

Desember 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2015

43



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.