Ons eie feb 2014

Page 1

Februarie 2014 Jaargang 49 • 1

Lyfblad van Suidwes Beleggings Beperk

DROOGTE GEBREEK

“Dit reën tot op Tosca”

10

MIELIEMARK

waar sal dit draai vir 2014?

14


AKT UEE L

2

Ons Eie

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

FEBRUARIE 2014 Lyfblad van Suidwes Beleggings Beperk

Jaargang 49 • 1

INHOUDSOPGAWE Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk. Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus 5, Leeudoringstad, 2640 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

AKTUEEL 4 5 5 6 8 8 9 14 13

Soos ek dit sien Op die geestelike akker Nou lyk 2014 mos na besigheid Terratek meer vaartbelyn Beter geriewe vir klante byna gereed Suidwes Fin het raad met droogte Skenkings bring verligting KONTREIKUIER – Droogte in Noordwes gebreek Direkteure werk saam met personeel

VOORBLADFOTO – JJJ Harmse Die droogte is gebreek! Op die foto pak swaar reënwolke saam oor ’n mielieland net buite Bothaville. Die seisoen het op ’n mespunt gedraai –lees meer op bls 10.

BEMARKING

13 Skatting van aanplantings 14 Waar sal die mieliemark in 2014 draai?

LANDBOUKUNDIG 19 Pappegaaisiekte of Ornitose 22 Kyk uit vir kommandowurms in reëntyd 27 TEKORTSIMPTOME: DEEL 1 29 Siektebestuur op mielies 33 Agrikalender – Februarie 2014

14 9

PRODUKNUUS

25 Breëblaaronkruide op grasperke 16 NeusRing vergemaklik spening

ALGEMEEN

56 Kosmiese Kwêla

29

Ons Eie

Februarie 2014

3


AKT UEE L

Maak gereed vir die geleenthede soos ek dit sien Ek is met die motorfiets uit Pretoria weg oppad Leeudoringstad toe. ’n Lekker koel oggend, geen wind – ideale omstandighede vir die langpad op ’n fiets. In Gauteng is daar nie regtig tekens van reën nie, maar toe ek by Krugersdorp oor die bult kom, sien ek die Noordwes-provinsie lê toe onder ’n wye grys duvet. Ek steur my nie baie aan die wolkbedreiging nie, nie oor ek nie grillerig is vir natword en koudkry op die motorfiets nie – inteendeel ek verpes nat en koud. Dit is omdat ek verkeerd gepak het. Ek het die reënpak binne-in my sak gepak en dié is met spesiale bande aan die fiets vasgetrek. Ek is nie lus om nou te stop en alles af te pak om by die reënpak uit te kom nie. Buitendien heers daar op die oomblik ’n ernstige droogte in die provinsie – dit gaan nie vandag reën nie. Ek kom tot op Potch. Nee, gaan nie reën nie. Ek drink vinnig ’n koeldrank en vat pad. Ek is net uit

4

Potch uit toe ek my in ’n bank water vasry. Dit neem net sekondes om my tot op die been nat te kry, dwarsdeur die waterbestande veiligheidsbaadjie. “Lekker slim né,” sou my seun gesê het. Terwyl ek voortbeur deur die ongemak wat ek self gereël het, onthou ek iets wat Pierre Vercueil, voorsitter van Suidwes, onlangs gesê het. Hy het gepraat oor verandering wat soms ons lewens moeilik maak. “In besigheid moet jy ’n visie hê van waarheen jy wil gaan. Dan kan jy begin werk aan hoe jy daar gaan kom. Dit is wonderlik hoe ons kan fokus wanneer ons in die moeilikheid kom, maar jy moet ’n visie hê om jou op die pad te hou. Dis dan wat die ouens wat verdwaal, sê: Jy was gelukkig, jy het ’n gunstige geleentheid gekry. Ja, die geleent­ hede kom vir ons almal, maar jy moet gereed wees daarvoor en dit gryp as dit verbykom.” Ai tog, ek het só ’n mooi geleentheid daar op Potch gehad om my reënpak uit te haal.

Ons Eie

Februarie 2014

ADRESVERANDERING Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak­besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/ of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Andries van der Merwe

Op die geestelike akker

Ek groet Dit is nou so 24 jaar dat ek hierdie rubriek, Op die Geestelike Akker, behartig het. Wat ʼn genade vir my en ek hoop vir sommige van julle tot seën. ʼn Mens se hart is so vol as jy aan die afgelope 24 jaar terugdink, maar ek het dit goed gedink om so ʼn paar Skrifgedeeltes aan te haal wat vir my besondere betekenis in my lewe gehad het. Dit kan nogal vrugbaar wees as die lesers ook ʼn paar van hul kosbare tekste hierby wil neerskryf. Ek het opgegroei in ʼn tyd toe dit nog nie sielkundig verkeerd was om iets uit jou kop te leer nie. Ons moes elke Sondag ’n teks- en gesangvers opsê. Trouens, ons ouers het nog voordat ons skool toe is, vir ons teksies geleer. So was my eie eerste teks uit Psalm 23: “Die Here is my herder, my sal niks ontbreek nie.’’ Die ou seuntjie het gesê: “Die Here is my herder. Ek het niks meer nodig nie.” Toe ons ʼn bietjie ouer word, was dit Johannes 3:16: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy

enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.’’ In my latere lewe was Filippense 1: 9 en10 vir my van ongelooflike waarde, ook in die daaglikse lewe. “Ook bid ek dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees.” Ai, ons kan ons darem moeg maak met baie dinge, nie noodwendig verkeerde dinge nie, maar dinge wat nie regtig saak maak nie. Hoekom dan stry en lank daaroor redeneer?

Natuurlik is die groot gebod mos die wet van die liefde. Daarom het ons 1 Korinthiërs 13 uit die kop geleer. Hierdie hoofstuk sluit af met: “En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!” Ons kan mekaar groet met die woorde van Romeine 8:38 en 39: “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of bose magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar in Christus Jesus ons Here is.’’ Kortweg: Niks kan ons ooit van die liefde van Christus skei nie.

NUWEJAARSBOODSKAP 2014

Nou lyk 2014 mos na besigheid

O

ns staan aan die begin van 2014.

Nog ’n jaar is verby en in nabetragting onthou ons dat dit nie altyd maklik was nie. Ons het dalk ‘n geliefde deur die jaar verloor, of miskien het ons deur toetse en beproewinge gegaan soos die knellende droogte wat misoeste en veevrektes tot gevolg gehad het. Tog was daar helder oomblikke in die donker dae en uiteindelik het ons dit alles oorkom, net om weer die nuwe jaar met al sy uitdagings en geleenthede aan te pak! Die seisoen het goed begin en daar is ‘n oes op die land wat baie potensiaal inhou. Met die skryf hiervan het reën, wat ons dringend nodig gehad het, oor feitlik die hele bedieningsgebied uitgesak.

www.suidwes.co.za

Slegs ’n week voor dit was dele van Suidwes se bedieningsgebied die droogste in baie dekades, en dis veral in die westelike dele om Vryburg en Tosca waar dit baie sleg gelyk het. Dit is goed om te sien hoe die res van die land se boere en instansies uitgereik het na hierdie gebied met borge en skenkings. ‘n 1000 ton voer, wat deur boere van die Wes-Kaap bewillig is, is gratis deur Transnet na die gebied vervoer. Suidwes het ook die vervoer geborg van voer wat uit Aberdeen na die gebied aangery is. Ons harte gaan uit na ons boere en ons glo die uitkoms wat ons aan die begin van Februarie geskenk is, sal die res van die seisoen voortduur. 2013 het plek gemaak vir die Nuwe Jaar en ons

Ons Eie

Februarie 2014

wens vir elke klant en sy gesin ‘n voorspoedige jaar waar julle geseën sal word met vreugde en geluk. As ons ons oë op Hom vestig, vir wie alle dinge moontlik is, sal hierdie jaar spesiaal wees, ten spyte van al die uitdagings. Baie voorspoed en sterkte met die seisoen!

Louis Smit, BD

5


AKT UEE L

Terratek meer vaartbelyn Terratek, die spesialis-landboukundige adviesdienste op Leeudoringstad, is onlangs herstruktureer. Dit volg na die suksesvolle implementering van ‘n korporatiewe bestuursooreenkoms in Soedan met Jenaan Investments. Dit het tot gevolg gehad dat Terratek Internasionaal geskep is, sodat Terratek (plaaslik) kan fokus op die behoeftes van die plaaslike boerderygemeenskap. Terratek verskaf reeds die afgelope dekade unieke oplossings aan boerderye in Suid-Afrika, wat ‘n wye spektrum van wetenskaplike gewasverbouing- en presisieboerderytegnieke insluit. Hierdie ontwikkeling maak dit verder moontlik om Terratek se bestaande dienste uit te brei na die somerreënval­ gebied. Ten einde die diens meer vaartbelyn te maak, is ‘n assosiasie met NviroTek Laboratories aangegaan om die GIS-verwerking van die laboratoriumdata oor te neem. Volgens Dailena Hattingh, die besturende direkteur van dié nasionale, onafhanklike landbou-

6

laboratorium, sal hierdie stap verseker dat data-vloei en integriteit optimaal bestuur word. Dié diens sal ook aan ander kliënte van NviroTek Laboratories aangebied word. Volgens Jason Sparrow, senior landboukundige van Terratek, is die feit dat Terratek onafhanklik bedryf word en nie aan enige insetverskaffer gekoppel is nie, ononderhandelbaar. Dit lei tot kredietwaardige resultate en aanbevelings van die landboukundiges, wat onomwonde deur Terratek se klante vertrou kan word. Kontakbesonderhede: Dailena Hattingh Tel: 012 252 7598 Epos: dhattingh@nviroteklabs.co.za en Jason Sparrow Tel: 018 581 1275 Epos: jason@terratek.co.za

Ons Eie

Februarie 2014

... intussen in Soedan

Die eerste lusernsaailinge op die Amtaar-projek in Soedan het verskyn. Daar was verskeie vertragings wat die planttyd uitgestel het. Uiteindelik was die besproeiingstelsels reg. Die kunsmis is gestrooi, die lande is bewerk en toe is daar geplant. “Ons sien baie uit na elke dag se vordering van ons lusern. Met die regte bemestingsprogram in plek kan goeie opbrengste behaal word,” het Carl Bierman, grondkundige van Terratek Internasionaal gesê.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Desember 2013

7


AKT UEE L

Beter geriewe vir klante byna gereed SUIDWES Eiendomme het ’n aantal groot projekte en opgraderings wat voor April vanjaar afgehandel sal word. Werk aan die projekte het reeds in November verlede jaar begin. Die volgende is al aan die gang: Hoopstad Handel – ’n stoor oorkant die tak word gebou en die tak kry ook ’n graan- en finansiële kantoor. ’n Voltydse graanverkryger, verantwoordelik vir die werwing van graan, bemarkingsinstrumente soos vaste­ prys-, minimum- en maksimumkontrakte, asook vastebasiskontrakte sal by die tak gesetel wees. Daar sal ook ’n permanente verhoudingsbestuur­der wees wat na alle finansieringsbehoef­ tes sal omsien.

Die graanverkryger sal verantwoordelik wees vir die Hoopstad-, Wesselsbron- en Bultfonteinareas terwyl die verhoudingsbestuurder sal fokus op die Hoopstadarea. ’n Nuwe brandstofrybaan is ook deel van die planne vir Hoopstad. Hertzogville Handel – die tak kry ook ’n nuwe baadjie. Die kenmerkende sandsteen­bekleding wat by alle takke aangebring word, sal die ingang versier. ’n Verskeidenheid kruideniersware en vollediger reekse sal in die tak beskikbaar wees. Bouwerk is nog in die proses, maar sal eersdaags afgehandel wees. Stella Handel – dit is die tak se beurt vir ’n gedaantewisseling. Die

• Verskaffers van ’n groot verskeidenheid KALK/GIPS en KUNSMISprodukte • Hantering van alle VERVOERbehoeftes Skakel ons kantore gerus vir vinnige, vriendelike diens

Reg Nr: 2008025647

Tel: +27 16 986-3744 Sel: 079 379 7608 Fax: +27 16 986-0750 E-pos: ontvangs@botagri.co.za info@botagri.co.za

8

|

Vat Nr: 4860218736

Mitchelin Straat 39 NW 7 Vanderbijlpark, 1911 Posbus 5922 Vanderbijlpark, 1900

Ons Eie

kontrakteurs is kliphard aan die werk en sal moontlik voor die verwagte datum hul werk afhandel. Bultfontein Handel – werk aan die tak is voltooi en slegs afrondingswerk word nog gedoen. Klante kan uitsien na ’n splinternuwe koopervaring.

HERTZOGVILLE

STELLA

BULTFONTEIN

Suidwes Fin het raad met droogte Die droogtetoestand wat oor ‘n groot deel van Suidwes se bedienings­gebied heers, veroorsaak vir beide die veeboer en die graanboer ongekende druk op kontantvloei. Hierdie ongunstige posisie bring mee dat boere kuddes moet verklein terwyl produsentepryse onder druk is. Boere word genoodsaak om besluite te neem wat nie die beste finansiële bydrae tot hulle boerderyondernemings maak nie. Suidwes Fin het tans twee finansieringsopsies wat boere juis in hierdie tyd kan bystaan, naamlik Hulpskema vir Gewasse en Hulpskema vir Veeboere. Die doel van die Hulpskema vir Gewasse is om boere wat lewensvatbare en volhoubare boerderye bedryf se produksie-oorlaatskuld by Suidwes te finansier en die afbetaling daarvan

oor ‘n langer termyn te skeduleer, ten einde by te dra tot die suksesvolle voortbestaan van hierdie kliënte. Die doel van die Hulpskema vir Veeboere is om finansiering te voorsien aan bestaande Suidweskliënte wat veevoer en addisionele veelekke moet aankoop as gevolg van die verlies aan weiding weens die droogte. Dit stel die kliënt in staat om sy aanteelkudde te behou, sodat die boerdery lewensvatbaar kan bly. Beide hierdie finansierings­ produkte stel die kliënt ook in staat om paaiemente van termynlenings en huurkope te herskeduleer om die druk op kontantvloei te verminder. Indien u meer inligting benodig, kontak asseblief u naaste Suidwes Fin-verhoudingsbestuurder by die volgende nommers:

GEBIED

BESTUURDER

SELFOON

Leeudoringstad

Louis Botha

082 884 3296

Christiana

Bernhard van Zyl

082 8096523

Schweizer-Reneke

Frank Voigt

082 888 6068

Vryburg

Gysia Jansen

082 888 6104

Hoëveld

Marius van den Berg

083 635 2869

Wesselsbron

Danie Venter

071 440 2655

Inge Oelfken

Bothaville

083 635 2869

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Skenkings bring verligting Suidwes het die brandstof verskaf om ’n paar vragte lusernbale, wat deur ’n boer van Aberdeen geskenk is, na Tosca te vervoer. Ons het dié brief van Agri Molopo ontvang. Goeiedag Meneer Hiermee bedank ek u namens Agri Molopo (boereverenigings van Agri Kadebis, Jakkalskop, Leniesdeel, Moloporivier, Piet Plessis, Sukses (Bray), Thlakgameng, Tosca, Vorstershoop en Wildebeeshoorn).

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Ons waardeer Suidwes Landbou se groot bydrae opreg. Een van ons lede het my vertel dat hy Woensdagaand geen voer vir sy beeste gehad het nie, omdat die vrag hoendermis eers Donderdag sou kom. Danksy jul ruimhartigheid kon hy Woendagaand lusern gee vir sy beeste. Ander boere wil weer die lusern gee vir hul beeste wat al lê van swakheid of melkkoeie wat vir die huis produseer. Dit is maar enkele van die dankbare getuienisse wat aan ons meegedeel is. Nogmaals dankie vir u skenking.

Agri Molopo

Februarie 2014

9


AKT UEE L

KONTREIKUIER Ons wy hierdie KONTREIKUIER aan die droogte wat in die begin van Februarie gebreek het. In een naweek het boere se omstandighede omgeswaai van hopeloos, in sommige dele van ons bedieningsgebied, na rooskleurig. In die volgende uitgawe kuier ons by een van ons gebied se opkomende boere, Jack Kokoma, van Bothaville.

Droogte in Noordwes gebreek Daar was tot die laaste naweek in Januarie nog groot kommer oor die droogte in Suidwes Landbou se bedieningsgebied. Toe begin die reën wyd oor die Noordwes-provinsie uitsak en almal skep moed.

“Dit reën tot op Tosca”

FOTO: J J J Harmse

“Dit reën tot op Tosca,” vertel Pierre Vercuiel, Suidwes se direkteur vir die Vryburg/Reivilo-wyk, waar die droogte op sy ergste was. “Dit is orals nat, in sommige dele het dit tot 300 mm gereën – meeste plekke het meer as 150 mm gehad. Dit laat mens klein voel, al hierdie genade, verlede week was ons totaal moedeloos en kyk nou,” het hy aan Ons Eie gesê. Hoewel daar groot kommer oor veevoer is, is Pierre nie bekommerd oor weiding nie. Volgens hom is daar nog drie tot vier maande van die groeiseisoen oor, afhangend van die streek. “As dit nou lekker warm word en daar kom nog reën, gaan ons genoeg weiding vir die winter hê.”

10

Volgens Beeld het daar tot 277 mm reën in die Vryburg-omge­ wing geval. Hierdie reën behoort heelwat gesaaides in Suidwes Landbou se bedieningsgebied van ondergang te red. Net voor die reën het Ons Eie met al die wyksdirekteure van Suidwes oor die droogte gesels en in daardie stadium was almal dit eens dat die seisoen op ‘n mespunt is. In sommige dele van die bedieningsgebied was daar moeilikheid. Frans Marx van die Wolmaransstad/Makwassie-wyk het vertel: “Ons reën was laat en almal kon nie klaar plant nie. Van die boere in die wyk het maar 73 mm tot dusver in die seisoen gehad – dit is nou ons

Ons Eie

Donderwolke pak saam oor die Noordwes-provinsie met ’n land mielies in die voorgrond wat naby Bothaville in afwagting staan vir broodnodige opvolgreën.

derde jaar van droogte. Van ons boere se boerderye gaan in die slag bly as die opvolgreën nie genoeg is nie.” Hansie Viljoen van die Leeudo­ ringstad-wyk het na die wye reëns gesê: “Die genade is groot en dit (die reën in Februarie) het die prentjie heeltemal verander hier in my wyk. Ons mielies is nou in saad en die potensiaal is nog daar, maar ons sal nog so 150 mm moet kry om ‘n gemiddelde oes te kan afhaal. Na

Februarie 2014

die naweek se reën is dit asof jy met ander boere praat, die manne se gemoed het heeltemal omgeswaai.” Piet Delport van die Schweizer/ Migdol-wyk het vroeër gesê, “Ons groot reën kom in elk geval na 25 Januarie eers.” Dit blyk dat hy reg was. “Ons boere gee nie moed op nie – dit is ons beroep, ons kan nie elders heen gaan nie,” het Koos le Roux van die Bloemhof/Hoopstad-wyk gesê. “Weiding is die groot gemors –

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

... en die Vet loop!

FOTO: Ettienne vd Merwe

Ettienne van der Merwe, takbestuurder op Hoopstad, stuur hierdie foto’s van die Vetrivier wat tot sy walle toe vol is. Dié rivier, wat Hoopstad van water voorsien, was tot onlangs só droog dat jy op droë grond deur hom kon stap. “Baie mense het sommer met skepnette babers gevang en ander het selfs met die hand probeer vang,” vertel Ettienne.

hier in ons wyk het ouens weiding gaan huur in die Oos-Vrystaat, maar dit is suurveld en ons beeste pas nie daar aan nie,” het Gert Malherbe van die Christiana/Hertzogville-wyk gesê. “Meeste boere se mielies is betyds geplant en ons het elke week so 20 mm gehad – ons was gelukkig tot dusver. Daar is nie ondervog nie en ons leef maar van bui reën tot bui reën,” het Theo Delport van Wesselsbron/Bultfontein-wyk vroeër gesê.

www.suidwes.co.za

Van oral stroom die goeie nuus in. Naudé Maree, takbestuurder op Schweizer-Renecke stuur hierdie foto van die dam wat byna vol is. Die dam het twee weke gelede nog net 20% water gehad nadat dit einde Desember feitlik dolleeg was. Hy rapporteer dat dit goed gereën het in hulle gebied en dat almal se gemoedere baie verbeter het.

Ons Eie

Februarie 2014

11


12

Ons Eie

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


B EM A RK I NG

Skatting van aanplantings Tydens ’n onlangse, nie-amptelike opname deur Suidwes Graan, blyk dit dat boere se somergewasaanplantings goed vergelyk met die langtermyngemiddeld. Met die bekendstel van die resultate van die opname was daar nog groot onsekerheid omdat goeie opvolgreën in daardie stadium krities nodig was. “Indien ons goeie reën kry, kan ’n normale oes verwag word. Hou duimvas!,” het die besturende direkteur van Suidwes, Louis Smit in daardie stadium gesê.

Direkteure werk saam met personeel

Geskatte opbrengs:

Hansie Viljoen, Gert Malherbe en Koos le Roux, direkteure van Suidwes, het hulle eie besighede vir ’n dag laat staan en deelgeneem aan ’n strategiese werkwinkel waaraan ongeveer 500 van Suidwes se personeel­lede deelgeneem het. Die dag se aktiwiteite het elke deelnemer gehelp om op ‘n prettige manier met sy kop die strategiese visie en missie van die maatskappy te verstaan, dit in sy hart sy eie te maak omdat hy glo dat dit die beste visie vir die maatskappy en sy mense is en dan tot aksie oor te gaan deur sy persoonlike doelwitte te implementeer. Waarom was die werkwinkel nodig? “Die direksie en bestuur het in September 2012 al tydens ’n bosberaad wyd en ver gaan dink oor hoe die maatskappy die toekoms kan ingaan om nie net te oorleef nie, maar te floreer,” verduidelik Louis Smit, BD van Suidwes. “Ons het besluit om die werkwinkel aan te bied om personeel te help om die prentjie van ons visie te sien.”

www.suidwes.co.za

Wit mielies 274 300 ha

Ons Eie

Februarie 2014

Geel mielies 53 300 ha

Sonneblom 48 800 ha

13


BEMARK I NG

Waar sal die mieliemark in 2014 draai?

ARTIKEL DEUR:

Theuns Theunissen Graanverkryger by Suidwes Graan

Om enigsins sin te maak van die huidige graanpryse en waarheen die pryse in 2014 moontlik kan neig, is dit belangrik om sekere internasionale sowel as nasionale faktore in ag te neem. Faktore wat ‘n rol speel in die bepaling van pryse sluit politieke stabiliteit, wisselkoerse, vraag en aanbod en die ru-olieprys in.

14

Grafiek 1: Totale produksie van VSA mielies Internasionaal Amerika het ‘n baie goeie planttyd beleef met die area van aangeplante mie­ lies wat op 38.6 miljoen ha (95.4 miljoen akkers) staan. Die VSA mielie-opbrengs word op 9.97 ton per hektaar beraam, wat die totale VSA-produksie teen 353 miljoen ton (13.925 biljoen skepels) vaspen – ‘n rekordoes (grafiek 1).

In die USDA vraag-en-aanbod­ verslag word VSA-eindvoorraad teen 41 miljoen ton (1.631 biljoen skepels) beraam. Hierdie is wel aan die lae end van die reeks van skattings wat aanvanklik tussen 2.054 en 1.654 biljoen skepels was. Die gemiddelde raaiskoot van handelaars was 47 mil­ joen ton (1.86 biljoen skepels). Verbruik as veevoer is met 2.54 miljoen (100 miljoen skepels) op, en ethanolverbruik is met 1.27 miljoen ton (50 miljoen skepels) meer aangepas teenoor die Desember 2013-skatting.

Ons Eie

Tabel 1: Wêreld vraag en aanbod

bl 16 >>>

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Februarie 2014

15


BEMARK I NG >>>>>>>>

Mieliemark 2014 Tabel 2: Totale mielies vraag en aanbod RSA

en dat voorraad volgens berekeninge einde April 2014 baie skaars sal wees met slegs vroeë lewerings en invoere wat verligting sal bring. Invoere word hoofsaaklik uit geelmielies opgemaak. Die meeste vroeë-mielies is ook geelmielies uit besproeiingsareas. Die huidige knap voorraadsituasie word duidelik in onlangse mieliepryse op SAFEX vertoon. Teen meer as R3 300 per ton, het witmielies vir lewering in Januarie 2014, baie naby aan invoerpariteit verhandel. Vir die komende seisoen word ‘n uiters sensitiewe weergedrewe mark in Suid-Afrika verwag. Volgens Christo Smit (Suidwes graanverkryger) is vog die beperkende faktor in graanproduksie in die RSA. Die internasionale mark beleef relatief goeie voorraadvlakke. Dus, sou die produserende areas baie goeie reën kry, kan die mark terugsak vanaf die huidige SAFEX-vlakke, waar uitvoer-

Wêreldeindvoorraad vir 2013/14 word teen 160.23 miljoen ton deur die USDA geskat. Dit is 1.7% meer as verlede jaar (Tabel 1). Chicago Corn vir lewering in Julie 2014 verhandel tans rondom $4.40 en die USDA geprojekteerde gemiddelde prys vir Julie 2014 bly op $4.40 per skepel. Nasionaal Die totale mielie-opbrengs in SuidAfrika vir die 2013/14-bemarkingseisoen word op 11.69 miljoen ton beraam. Die totale aanbod van mielies vir die huidige seisoen, met produ­ sentelewerings en oordragvoorraad tot op hede staan op 13.74 miljoen ton. Die totale vraag tot op hede, wat uitvoere van 2.24 miljoen ton insluit, staan op 9.75 miljoen ton. Dit los eind­voorraad begin Desember 2013 op 3.99 miljoen ton. Dit beteken dat 5.1 maande van verbruik oorbly (Tabel 2),

NeusRing® • speen met gemak • geen speenskok • langs die ma

Dis net ’n NeusRing® as dit só sê!

Vergemaklik spening Stres ontstaan by beeste wanneer geskeide koeie en kalwers tydens spening probeer om te herenig. Deur Neusringe te gebruik, kan speenstres en produksieverliese verminder omdat dit spening toelaat sonder om die diere te skei.

Produced and supplied by:

Whole Concepts cc Posbus 1806, Vryburg 8600

Tel: 053 927 4999 Sel: 082 459 9451 Faks: 086 654 5036

E-pos: judy@nosering.co.za Website: www.nosering.co.za

16

Ons Eie

Dit hou finansiële voordele in aangesien kalwers aanhou groei en koeie se kondisie tydens spening verbeter. Heinings word nie gebreek nie en kalwers leer tropgedrag aan omdat hulle by hul moeders bly. Die produk word sedert 1997 met groot sukses gebruik. Dit pas maklik in die kalf se neus en word na vier tot ses weke verwyder en kan met die volgende kalf weer gebruik word. Dit is duursaam en kan vir tot agt speenseisoene gebruik word. Neusringe is vir bokke en skape beskikbaar. Kontak Whole Concepts, tel: 053 927 4999. Besoek www.nosering.co.za

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


B EM A RK I NG Grafiek 2: Pryse van VSA witmielies vir lewering in Julie 2014 (Randfontein) • Min- maksimum kontrak • Vastebasiskontrak, waar graan verkoop word teen ‘n vaste basis en later op SAFEX geprys word. Volgens Christo Smit kan die volgende reëls as hulpmiddel dien om risiko’s te beperk: • Verskansing moet nie met ‘n bepaalde marksiening gedoen word nie. • ‘n Minimumprys moet altyd in plek wees, met opwaartse potensiaal. • ‘n Bepaalde verskansingsplan moet jaarliks nagevolg word om sukses te verseker. pariteit rondom R1 900 per ton staan. Pryse kan ook styg vir mielies in die nuwe seisoen indien reën nie val nie, met ondervog wat alreeds in groot dele van die land baie laag is. Invoerpariteit word tans bereken teen meer as R3 300 vir Julie 2014 witmielies. Witmielies vir lewering in Julie 2014,

www.suidwes.co.za

verhandel tans rondom R2 200 per ton (Grafiek 2). Die wisselkoers en brandstofpryse sal weer eens ook ‘n bepalende faktor wees, met die Rand wat tans rondom R11.10 teenoor die dollar verhandel, met die verkiesing nog om die draai.

Ons Eie

Prysingstrategieë Bemarking speel ‘n geweldige belang­ rike rol in die volhoubare bestaan van ‘n graanboerdery. By Suidwes sluit die tipe kontrakte wat oorweeg kan word, die volgende in: • Vastepryskontrak • Minimumkontrak

Februarie 2014

Risiko’s kan verder beperk word deur multirisikoversekering uit te neem. Die voordeel van die tipe versekering is dat die oes as sekuri­ teit dien.

17


18

Ons Eie

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Pappegaaisiekte of

Ornitose ARTIKEL DEUR:

Dr Jan H du Preez

Verskeie voëlsoorte soos eende, kalkoene ensovoorts kan ornitose na die mens oordra.

Besturende direkteur, Instituut vir Suiweltegnologie

Ornitose is ‘n siekte wat mense wat in noue aanraking met voëls kom, veral dié wat aan die pappegaaifamilie behoort, kan opdoen. Die mikroörganisme wat ornitose veroorsaak is Chlamydia psittaci. Die natuurlike besmetting kom in meer as 100 voëlsoorte voor, beide mak en wildes, waarvan meer as 70% aan die papegaaifamilie behoort.

www.suidwes.co.za

Prakties gesproke kan feitlik alle voëlsoorte as potensiële bron van besmetting dien. Die voorkoms van C. psittaci by voëls in hokke is hoër as by vrylewende wildevoëls. Die mikroörganisme leef binne-in die selle van die liggaam. Geen doeltreffende entstof kon nog gevind word om ornitose – ‘n aansteeklike siekte wat deur voëls aan mense oorgedra word – doeltreffend aan bande te lê nie. Die

Ons Eie

siekte staan ook bekend as pappegaaikoors, voëlkoors of psittakose. Hoe doen ‘n mens die besmetting op? Ornitose is ‘n direkte soönose (‘n siekte oordraagbaar van diere of voëls na die mens). Die mens doen die besmetting op deur noue kontak met voëls, meestal en gewoonlik deur inaseming van die mikrorganisme. Die mis van besmette voëls (draers wat nie

Februarie 2014

siek voorkom nie) en siek voëls bevat die mikroörganisme. Wanneer die mis uitdroog vorm ‘n aerosol waarin die mikroörganismes voorkom en so deur die mens ingeasem kan word. Besmette vere speel ook ‘n belangrike rol by die oordrag van die siekte. Oordrag tussen voëls geskied deur inaseming of inname van besmette mis. Die oordrag van besmetting deur die eiers van voëls na die bl 21 >>>

19


20

Ons Eie

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Pappegaaisiekte volgende geslag is moontlik. Die mens is ‘n toevallige slagoffer van die siekte en oordrag van besmetting tussen mense is moontlik, maar baie seldsaam. Die siekte in voëls Verskeie voëlsoorte soos onder andere pappegaaie, duiwe, kalkoene en eende kan die siekte oordra. Voëls wat oënskynlik gesond is, kan draers wees en skei soms die organismes in die mis uit. Die besmetting in voëls is dikwels onopvallend. Indien so ‘n voël aan spanning (stres) onderwerp word, kan dit erge siektetekens toon. Die siekte kom veral onder voëls voor wanneer hulle weerstand afneem weens oorbevolking, onhigiëniese toestande in die hok of kou,

www.suidwes.co.za

voedingstekorte, lang vervoerritte, ensovoorts. Van die tekens wat in ‘n siek voël waargeneem kan word is koors, groenerige diarree, gebrek aan eetlus, vermaering, asemhalingsnood, neus en oë wat dra, lusteloosheid, ensovoorts. Bron van besmetting Die natuurlike bron van besmetting is mak sowel as wilde voëls. Mak en wilde diere kan moontlik ook as bron dien. As die gasheerdier – gewoonlik ‘n voël – aan spanningstoestande onderwerp word, vermeerder die mikroörganismes in hom en word dan in groot getalle in die omgewing uitgeskei. Voëls skei met tussenposes en soms aanhoudend vir weke of maande die mikroörganismes in die mis of tot ‘n mindere mate in die neusvog uit. Daar bestaan verskillende stamme van C. psittaci en hulle verskil in hul vermoë om die

Ons Eie

Die natuurlike besmetting van ornitose kom in meer as 100 voëlsoorte voor. siekte te veroorsaak. Dit verklaar miskien waarom die graad van die siekte in die mens so wissel. Siektetekens by die mense Die periode vanaf besmetting totdat tekens van siekte vertoon, is ongeveer tien dae, maar kan wissel van vier tot 15 dae. Die siektetekens kan koors, hoofpyn, spierpyne,

Februarie 2014

Duiwe kan ook ornitose-besmetting na die mens oordra. kouekoors, asemhalingsprobleme soos hoes of longontsteking, en lusteloosheid insluit. Die siekte in die mens kan wissel van ‘n ligte aandoening tot ‘n erge siekte. Voorkoming en beheer Algehele voorkoming en beheer van ornitose is prakties gesproke onmoontlik bl 25 >>>

21


L A NDBO UKUNDI G

Kommandowurm (Spodoptera frugiperda)

Kommandowurm (Spodoptera frugiperda)

Kyk uit vir Kommandowurms in reëntyd ARTIKEL DEUR:

Annemarie van der Merwe Grond- en agronomiespesialis by Terratek

Kommandowurm (Army of misery worm, Spodoptera exempta) is ‘n besonder skadelike pes, wat in staat is om hele aanplantings van gesaaides in ‘n kwessie van weke uit te wis. Kommandowurms kom voor in OosAfrika, Sentraal-Afrika en suidelike Afrika, asook die Arabiese skiereiland en Australië. In 2013 het uitbrake voorgekom in Noordwes en Limpopo. Die vorige groot uitbraak was in 2003, toe motte deur lugstrome van die noordelike buurstate versprei het. Uitbrake het in Desember 2012 in Tanzanië, Malawi, Zambië, Zimbabwe en Namibië voorgekom.

22

‘n Kommandowurm is eintlik nie ‘n wurm nie, maar die larwe van ‘n nagvlieënde mot en voed op alle soorte grasse, vroeë stadia van graansoorte soos mielies, rys, koring, gars, sorghum en suikerriet. Die kommandowurm se naam is ontleen aan hul gewoonte om in groot getalle uit grasvelde na gesaaides te ‘marsjeer’. Hulle neig om in die reënseisoen in baie hoë digtheid voor te kom, veral na uitgerekte droogtes. In die algemeen word kommandowurms nie deur landbouers opgemerk totdat die ruspes tien dae oud is nie en van groen na swart verander. Die motte migreer oor tiene en honderde kilometers, daarom vind uitbrake skielik plaas in areas wat vir verskeie maande vry van die peste was. Die motte se voorste vlerke is ‘n dowwe, grys/bruin met kenmerkende patrone, terwyl die agterste vlerke wit is met donker are wat daarop sigbaar is. Die motstadium van die komman-

Ons Eie

dowurm duur ongeveer tien dae. Die wyfie kan ‘n maksimum van sowat 1 000 eiers in haar leeftyd lê. Die ivoorkleurige, sferiese eiers word in groepies onder blare en grasse gelê. Die eiers word donkerder tot net voor dit uitbroei. Die eiers broei in twee tot vyf dae uit. Ses ruspestadia word in twee tot drie weke voltooi. Die ruspes kom in twee morfologiese vorme voor wat bepaal word deur bevolkingsdigtheid, naamlik die ‘skool-‘ en enkellopende vorm. Skoolvorming vind plaas by hoër digthede en die wurms is swart met ligte parallelle lyne, geen hare en ‘n blinkswart kop met ‘n onderstebo ‘V’ op die voorkop. Die enkellopende vorm, wat groen of bruin is, is vet en stadig en vermy die son deur aan die basis van grasse te voed. Volgroeide wurms grawe in die grond en papies word gevorm in holtes twee tot drie cm onder die grond. Hulle is bruin, tien tot 14 mm lank met ‘n gladde blink oppervlak en word donkerder tot amper swart voor die motte te voorskyn kom. Onder gunstige omgewingstoestande sal die motte binne sewe tot 15 dae verskyn.

Februarie 2014

Bestryding Om die wurms doeltreffend te bestry, is dit van die grootste belang dat dit betyds opgemerk moet word. As hulle reeds volgroei is, is chemiese bestryding meestal nutteloos en die grootste skade klaar aangerig. ‘n Goedkoop, maar doeltreffende bestrydingsmetode is om slote te grawe wat toegestoot word sodra die marsjerende linies wurms daarin val. Chemiese bestryding is die doeltreffendste kort nadat die wurmpies uitgekom het en hulle een tot vyf mm lank is. Die volgende omgewingsvriendelike beheermiddels word aanbeveel: Cypermethrin EC, Decis Forte, Decis, Fury 10 EW, Alpha-thrin 100SC, Concord, Qwemifsat en Ripcord EL. Daar is geen wetenskaplike bewys dat kommandowurms diere vergiftig nie, maar boere moet wel vee vir ‘n voorgeskrewe tydperk aan veld en weidings onttrek wat gespuit is. Dit wissel van drie tot 14 dae vir verskillende middels. Daar is wel berigte van vee wat in groot getalle gevrek het op weiding wat met kommandowurms besmet was.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Februarie 2014

23


24

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Pappegaaisiekte omdat daar so ‘n groot aantal gasheerdiere, insluitend wilde voëls is wat as bron van besmetting kan dien. Tot op hede is daar nog nie ‘n doeltreffende entstof beskikbaar waarmee gashere, veral voëls, geënt kan word om te verhoed dat hulle die besmetting versprei nie. Die strenge toepassing van doeltreffende kwarantynmaatreëls ten opsigte van veral voëls wat afkomstig is uit ander gebiede of lande waar die be-smetting voorkom, is noodsaaklik. Voorkomingsbehandeling (chemoprofilakse) van voëls, veral tydens vervoer, met sekere middels om uitskeiding en verspreiding van die besmetting te help voorkom, word toegepas. Hier moet die veearts geraadpleeg word aangaande die middels en dosis wat gebruik moet word. Goeie beheer, higiëne, versorging en ventilasie vir voëls wat in gevangeskap (in hokke of koue) aangehou

word om die spanning op die voëls sover moontlik te beperk en sodoende die verspreiding van die besmetting so laag moontlik te hou. Persone wat voëls aanhou, veral in die huis en sodoende in noue kontak met die voëls lewe, veral dié van die pappegaaifamilie, en siek word met asemhaling- of griepagtige simptome, moet die veearts raadpleeg oor die gesondheidstatus van die voëls en die geneesheer oor hulle eie gesondheidstoestand. Die noue kontak met voëls moet aan die geneesheer genoem word. Die publiek moet voorligting ontvang oor die oordrag en verspreiding van ornitose. Ornitose is ‘n beroepsiekte en persone wat met pappegaaiagtige voëls, kalkoene, eende en duiwe werk, val in die hoërisikogroep. Laboratoriumwerkers wat met die mikro-organisme werk, val ook in die groep van beroepsblootgestelde mense.

Noue aanraking met voëls van die pappegaaifamilie speel ‘n belangrike rol in die besmetting van die mens met ornitose. Voëls wat oënskynlik gesond is, soos pappegaaie kan draers wees van ornitose en skei soms die organisme in die mis uit.

Ornitose is ‘n beroepsiekte en persone wat met pappegaaiagtige voëls, kalkoene, eende en duiwe werk, val in die hoërisikogroep.

Breëblaaronkruide op grasperke Breëblaaronkruide op grasperke is ‘n groot probleem in huistuine en sportvelde. Protek Versus bied die ideale oplossing. Versus is ‘n selektiewe onkruiddoder wat ‘n wye verskeidenheid van algemene breëblaaronkruide op die grasperk uitroei, sonder om die grasperk dood te maak. Meng eenvoudig 150 ml Versus in 10 liter water en behandel sodra onkruid opgekom het en in ‘n aktiewe fase van groei is. Versus, vir ‘n onkruidvrye grasperk. Beskikbaar in 1 liter bottel. bl 26 >>>

NOU by Suidwes-winkels beskikbaar!

25


L A NDBO UKUNDI G

26

Ons Eie

Desember 2013

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

TEKORTSIMPTOME: DEEL 1

Hou plante dop vir tekortsimptome ARTIKEL DEUR:

Annemarie van der Merwe Grond- en agronomiespesialis by Terratek

Plantvoeding is ‘n baie belangrike faktor in plantverbouing. Min grond bevat van nature voldoende hoeveelhede toeganklike voedingselemente vir optimum produksie oor die ekonomiese leeftyd van die land. Bemesting is dus in meeste gevalle noodsaaklik om optimum oeste van goeie kwaliteit te verseker. Alle plante benodig die noodsaaklike 12 voedingselemente vir verskillende fisiologiese funksies tydens

die groeiseisoen. Die hoeveelhede wat benodig word, wissel na gelang van die spesifieke gewas. Die plantvoedingstowwe word in makro- en mikro-elemente verdeel. Makro-elemente word in deel 1 van hierdie reeks bespreek en mikro-elemente in deel 2. Makro-elemente Stikstof Die blare van ‘n plant wat ‘n

’n Kaliumtekort veroorsaak die nekrose van die blaarrante op hierdie mielieplant.

tekort aan stikstof het, is klein en liggroen tot geel in ‘n kenmerkende V-vormige patroon rondom die middelnerf. Die simptome begin by die ouer blare omdat stikstof mobiel is in die plant. Mielies het stikstof deur die hele groeiseisoen nodig. Indien die stikstof te min is, is die koppe klein en vul die pitte nie tot aan die punt nie. Fosfaat Die simptome van ‘n fosfaattekort is kleiner blare en plante met ‘n pers verkleuring op die onderste blare en stamme, veral by jonger plante. Fosfaattekort beïnvloed bestuiwing en pitvul by mielies. Dit veroorsaak klein bl 28 >>>

’n Swaweltekort se kenmerkende gestreepte voorkoms op hierdie jong mielieplante.

Hier is ’n kaliumtekort duidelik sigbaar aan die onderste blare van die mielies.


L A NDBO UKUNDI G >>>

Tekortsimptome

(vergeling) tussen die are van ouer blare.

koppe, wat soms gebuig is en die pitte is onderontwikkel.

Kalsium Kalsium is belangrik om membraandeurlaatbaarheid en selstrukture te onderhou. Tekortsimptome sluit in nekrose van die blaarpunte. By tamaties kom blom-endverrotting voor, wat bruin are aan die punt van die vrug veroorsaak. Die aborsie van blomme en jong trosse word ook veroorsaak deur ‘n kalsiumtekort. Appels kry bitterpit en by grondbone kom daar klein pitte in die peule voor. Kalsiumtekort veroorsaak dun selwande en abnormale ontwikkeling van nuwe selle.

Kalium Kaliumtekorte kom maklik by mielies en sojabone voor in droë grond omdat die opname deur die wortels belemmer word. Kalium is baie mobiel in die plant. Simptome van tekorte is chlorose (vergeling) en nekrose op die blaarrante van die ouer blare. Tekort veroorsaak ook dun stamme, vrugte wat afval en onegalige kleur en rypword van vrugte. Die plante is minder bestand teen ryp. Blomme is nie so helder nie. Plante het ook ‘n lae weerstand teen swamsiektes. Kaliumtekort by mielies veroorsaak koppe wat nie tot op die punt gevul is nie en los pitte. Magnesium Magnesium is ‘n komponent van die chlorofil in die plant. Magnesium is baie mobiel in die plant en tekorte kom voor as chlorose

28

Swawel Omdat stikstof en swawel belangrik is vir die vorming van chlorofil en die sintese van proteïene, is die tekortsimptome eenders – swak groei en liggroen tot geel blare. Swaweltekorte kom gewoonlik by die jonger blare voor, terwyl stikstoftekorte eerste by ouer blare voorkom

omdat stikstof meer mobiel is. Plante met swaweltekort het ook dun stamme en by mielies ‘n kenmerkende gestreeptheid of tussenaarse chlorose. Voedingstoftekorte kan egter reeds voorkom voordat daar enige simptome sigbaar is, daarom is dit noodsaaklik om die voedingstofstatus van die grond te monitor deur gereeld grondmonsters te neem. Terratek kan u behulpsaam wees daarmee, skakel gerus 018-5811016 vir navrae.

So lyk ’n kaliumtekort by sojabone.

Met ’n magnesiumtekort is dit die ouer blare van die plant wat vergeel, soos op hierdie mielies.

’n Fosfaattekort by mielies veroorSo lyk ’n stikstoftekort by mielies, die simpsaak hierdie kenmerkende pers tome wys kenmerkend aan die ouer blare. kleur aan die blare.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Siektebestuur op mielies ARTIKEL DEUR:

Kobus Coetzee

Grond- en Agronomie-spesialis by Terratek

In Suidwes se bedieningsgebied is mielies die hoofgewas wat aangeplant word en dikwels plant boere vir jare aaneen mielies op dieselfde land. Die klimaat in Suidwes se bedieningsgebied is ook wisselvallig en mielieplante verkeer gereeld onder stremming – soms is dit droogtestremming en soms is dit versuiptoestande. Enige stremming in die kritieke groeiperiode strem die mielieplant se groei en siekteweerstand. www.suidwes.co.za

Klimaat Die klimaat is natuurlik een van die grootste faktore wat die siektes op mielies onder droëlandtoestande beïnvloed. Weens die stremming van droogte was houtskoolvrot baie algemeen in die 2013-seisoen. Dit was tipies ‘n geval gewees waar die klimaattoestande die organisme wat die siekte veroorsaak meer bevoordeel het as die gewas self. Die droogte wat die gewas ervaar het, het dit baie vatbaar gemaak vir dié spesifieke orga-nisme wat weer in die hitte gedy. Talle ander stamvrotte gedy ook in droogtetoestande. Die siektes is geneig om plante te laat omval. Dit veroorsaak opbrengsverliese en verhoog arbeidskoste. Erwinia-stamvrot verkies weer warm, vogtige toestande terwyl Gibberella-stamvrot weer koeler, vogtige toestande verkies. Dus

Ons Eie

kan stamsiektes in verskillende weersomstandighede vorm. Sou die gewas en die organisme wat die siekte veroorsaak dieselfde omstandighede verkies, sal die organisme die voordeel trek wanneer die plant nie weerstandbiedend is nie of onder enige ander stremming verkeer. Met droëlandgewasproduksie is die klimaat egter nie bestuurbaar nie. Selfs plantdatum is moeilik bepaalbaar, as gevolg van die wisselvalligheid van

Februarie 2014

die droogteperiodes. Oorlêlande kan droogtestremming noemenswaardig verminder en dan kan die mielieplant beter weerstand bied teen verskeie siektes. Voedingstowwe Die balans tussen die makroen mikro-elementopname in die grond is baie belangrik. ‘n Gebalanseerde kunsmisprogram bl 30 >>>

29


L A NDBO UKUNDI G >>>

Siektebestuur is dus belangrik. Grond pH en voedingstofstatus moet dus gereeld gemonitor word deur grondmonsters te neem. Indien die grond se pH-status nie ideaal is nie, word sekere elemente vasgelê en ander elemente kom in toksiese konsentrasies voor. Dit veroorsaak dat die plant onder stremming verkeer en meer vatbaar vir siektes is. Indien die Stikstof (N)-hoeveelhede te hoog is in vergelyking met die ander primêre makro-elemente kan die plant te sappig wees met dun selwande, wat die skadelike organismes dan makliker toegang gee tot die plant. Kalium (K) is baie belangrik vir die plant se weerstandbiedendheid teen siektes. Kalium is ook belangrik vir die regulering van water, vervoer van koolhidrate en ensieme en vele ander funksies in die plant. Indien die plant oor goeie regulering beskik, sal die plant minder onder stremming verkeer en is die plant se siekteweerstand dus baie beter. Kalium in kombinasie met Kalsium is belangrik vir die plant se struktuur (selwanddikte, ensovoorts). Indien die plant ‘n sterk struktuur het, is dit ook moeiliker vir die skadelike organismes om die plant binne te dring. Meganiese skade Skadelike organismes vind dit moeilik om plante met ’n sterk selstruktuur en geen ‘oop wonde’ binne te dring. Stukkende plekke waar ‘n wurm (stamboorder, ensovoorts), nematodes, hael of ‘n implement die plant beskadig het, maak die plant vatbaar vir skadelike organismes. Dus is ‘n geïntegreerde plaagbeheerprogram baie belangrik om insekte sowel as die skadelike mikroorganismes te beheer. Dit is ook belangrik om nie die plantwortels onnodig skade aan te doen met laat bewerkings nie.

30

Wisselbou en bewerking Die risiko vir sekere siekte-epidemies is heelwat hoër wanneer mielies nie in ’n wisselbouprogram is nie. Die meeste organismes oorleef op die mie-liereste en val dan die daaropvolgende oes in veel groter getalle aan as in die vorige seisoen. Wanneer daar met ‘n nie-gasheergewas afgewissel word, en die oorblywende reste komposteer en mineraliseer, het die skadelike mikro-organisme nie meer ‘n gunstige habitat nie en is dan ‘n veel laer risiko wanneer mielies weer geplant word. Wisselbou help egter nie vir houtskoolvrot nie, aangesien die meeste droëlandgewasse gashere is vir die siekte. Omdat baie van die organismes op die mieliereste oorleef, bevorder bewaringsbewerking-siekte oordraging. Indien mielies elke jaar op dieselfde grond geproduseer word, kan die reste elke drie tot vier jaar ingeploeg word saam met die kalk wat daardie jaar gestrooi word.

Antraknose: Colletotricum gramanicola.

Kultivar, saadbehandeling en grondbiologie Kultivarkeuse is belangrik vir siekteweerstandbiedendheid.

Ons Eie

Fusarium-stamvrot: Gibberella zeae of Fusarium graminearum.

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


Die geskiedenis van die plaas en die siektes wat algemeen voorkom, moet in gedagte gehou word wanneer kultivars gekies word. Saadbehandeling teen saailingsiektes en insekte is ook algemeen beskikbaar. Die diversiteit van die grondorganismes het ‘n belangrike rol te speel in grondgedraagde siektes. Hoe groter die mikrobeverskeidenheid, hoe hoĂŤr is die kompetisie met die siekteveroorsakende mikrobe. Dus kan biologiese saadbehandelings gebruik word wat die natuurlike vyande van onderskeie patogene bevat en so siekte-onderdrukking bevorder.

Produsente het nie beheer oor die klimaat nie. Maar maak seker jou gewas ondervind so min as moontlik stremming, deur die grondchemie, biologie en bemestingspraktyke optimaal te hou gedurende die groeiperiode. GeĂŻntegreerde plaagbeheer saam met bestande kultivars is belangrik.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Houtskoolvrot: Macrophomina phaseolina.

Diplodia-stamvrot: Stenocarpella maydis en S. macrospora.

Februarie 2014

31


32

Ons Eie

Desember 2013

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Agrikalender Februarie 2014 ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

VEE

AKKERBOU Mielies Alles word gedoen om vog te bewaar en te bestuur om maksimale voordeel uit die beskikbare vog te put. Deur gebruik te maak van tegnologie soos grondontledings, chemiese en fisiese grondregstellings, kan produksie verhoog word. Die ideaal is om produksie per eenheid water te verhoog. Deur grondregstellings te doen, is gevind dat produksie van 1 ton graan per 130 mm reën verbeter het na slegs 80 mm vog per ton graan. Met die integrering van wetenskap en tegnologie word produksierisiko’s verminder deur beperkings op te hef en uit te skakel. Produksie van graan word verhoog sonder om direkte insette soos kunsmis te verhoog. Dit dra daartoe by dat graanproduksie verhoog word en daardeur word die netto-inkomste per hektaar verhoog. Hou lande skoon van onkruid en pas maksimale vogbewaring toe. Mieliestamruspers en Chilo-boorders kan begin voorkom. Besmette plante toon ‘haelskade’. Chemiese beheer moet toegepas word voor aarstoot. Drumpelwaardes vir stamboorders is 10% besmetting en 40% besmetting vir Chilo-boorders. Doen tandbewerking tussen die rye om deurlugting en waterpenetrasie te bevorder. Kantbemesting kan aangepas word, afhangende van die vogsituasie in die grond. Indien pryse aanvaarbaar is, kan ‘n gedeelte vooruit gekontrakteer word. Gewoonlik daal pryse indien oessekerheid bereik is. Grondbone Inspekteer lande vir blaarvlek en Botrytis-stamvrot. Vroeë blaarvlek se simptome is bruin vlekke met ‘n duidelike geel rand om die letsels. Laat blaarvlek stem baie ooreen met vroeë blaarvlek, maar is meer swart van kleur en die geel letsel is afwesig. Sonneblom Bemes sonneblom voldoende om te verseker dat goeie opbrengste verkry word. Hou lande skoon van onkruid. Doen tandbewerkings tussen rye om deurlugting en waterpenetrasie te bevorder. Indien pryse aanvaarbaar is, kan 30% van die LGO gekontrakteer word om hoë pryse te benut, voordat pryse daal met oessekerheid. Primêre bewerking moet so gou moontlik gedoen word nadat gestroop is, om so veel as moontlik vog te bewaar.

www.suidwes.co.za

Die afgelope paar maande was reënval ondernormaal. Ondergrondvogtoestande is swak teen die middel van Januarie. Indien dit sou voortduur, kan dit katastrofiese gevolge hê. Pryse van kommoditeite word grootliks bepaal deur vraag en aanbod. Tans is voorraadvlakke baie laag en pryse reflekteer die situasie. Indien goeie reën voor die einde van die reënseisoen sou voorkom en oeste normaal sou wees, kan pryse ‘n aansienlike daling toon. Weidingstoestande soos op 15 Januarie is ondernormaal, en voorsorg moet getref word om voorsiening te maak vir die winter. Tans heers ‘n groen droogte, dit lyk groen, maar die veld het nie baie materiaal nie. Groeityd vir veld neem af en teen die middel van Maart is die groeityd verby, dan begin plante voedingstowwe translokeer na die wortels toe om te kan oorwinter. Goeie voorsorg teen veldbrande sal baie belangrik wees gedurende die droë seisoen, om die beperkte materiaal te beskerm. ‘n Aanduiding van die lae reënval die afgelope seisoen blyk uit die grafiek. Die gegewens strek vanaf 1 Oktober tot en met 19 Januarie 2014.

Ons Eie

Bestuur die kudde deur swak en nie-dragtige diere uit te skot. Speen kalwers betyds om koeie te laat herstel en kondisie te bou voor die weiding se voedingswaarde daal. Gaan die koeie se tande na en skot slyt-koeie uit. Hou vervangingsverse apart in ‘n trop. Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende winter se dekseisoen. Laat die bulle toets vir Trichomoniase en Vibriose (Geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle ook toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke aangepas word op die plaas voordat hulle gebruik word om te dek. Skoon drinkwater is baie belangrik en kan nie oorbeklemtoon word nie. Beheer bosluise deurlopend. Voorkoming is beter as genesing, ent dus die diere teen siektes soos drie-dae-stywesiekte, knopvel en slenkdalkoors. Ent ook teen spons- en miltsiekte. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent teen Vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. ’n Teken van luisbesmetting is baie lekmerke op die haarkleed. Indien beeste gevoer word vir die mark, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerke is verpligtend en moet op alle diere aangebring word. Voervloeibeplanning is noodsaaklik om voorsiening te maak vir die moeilike tye. Indien weidingstoestande swak is, moet die kudde betyds verklein word, voordat pryse skerp daal. Skape Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Voorkomende dieregesondheid is goedkoper as behandeling. Spuit of dip skape vir brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Maak betyds voorsiening vir genoeg goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. Indien moontlik kan groenvoer of Japanese radyse aangeplant word vir lammerooie of speenlammers. Broek langwolskape om onsuiwer wol te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Prikkelvoeding voor paartyd sal tot beter lampersentasie aanleiding gee. Goeie voeding twee tot drie weke na paring sal goeie besetting verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd, om ‘n goeie lampersentasie te verseker. Tref betyds reëlings vir ‘n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie. Skape moet volgens wet getatoeëer word.

Februarie 2014

33


ALGEMEEN

Kosmiese Kwêla deur Willie Koorts Wanneer mens na ‘n voorstelling van die sonnestelsel kyk, let jy op dat die planete se bane om die son almal byna in dieselfde vlak lê. So ook die baan van die maan om die Aarde. Dit beteken dat die maan en planete almal min of meer dieselfde pad deur die naghemel volg, soos hulle beweeg teen die sterreagtergrond – dieselfde pad wat die son daagliks oor die hemel beskryf.

Okkultasies

Omdat die maan nogal groot is en relatief naby aan die Aarde, sal mens verwag dat dit dus soms ‘bo-oor’ ‘n agtergrondster of selfs ‘n planeet moet beweeg. Die planete beweeg ook teenoor die sterreagtergrond en kan dus ook ‘oor’ ‘n ster beweeg. Sterrekundiges noem dit ‘n ‘okkultasie’. Okkultasies van die maan met helder agtergrondsterre is nogal nie so algemeen as wat mens sou verwag nie – dit gebeur slegs ‘n paar keer per jaar soos gesien vanaf ‘n spesifieke plek op die Aarde. Okkultasies van die maan met die planete gebeur in fases wat partymaal eers weer na ‘n paar jaar herhaal. Vanjaar word Saturnus 11 keer ge-okkulteer, waarvan drie uit Suidelike Afrika sigbaar is. Op 14 Februarie 2014 vind ‘n okkultasie van die maan met die ster Omicron Leonis plaas. Moenie dat dié vreemde naam jou afskrik nie. Wat okkultasies baie maklik maak om dop te hou, is dat jy slegs hoef te soek vir enige helder ster naby die maan so ‘n rukkie voor die voorspelde tyd. Bereken vir Vryburg, verdwyn dit agter die maan om 21:20 en verskyn weer om 22:05. Die tydsverskil vir omliggende gebiede is slegs ‘n minuut of twee. Die maan is egter byna vol, wat die observasie nie te maklik sal maak nie. Op 7 Maart 2014 is die omstan-

dighede baie meer ideaal. Die maan is dan naby eerste kwartier en die ster verdwyn agter die donker (nie-verligte) rand van die maan. Weereens bereken vir Vryburg, verdwyn die ster, Ain (epsilon Tauri) om 22:16 agter die maan. Hoewel dit soos een ster lyk, is dit eintlik drie sterre baie na aan mekaar. Hou die verdwyning met ‘n verkyker dop om te sien of jy dit dalk kan oplet – die sterlig mag moontlik in stadiums, oomblikke na mekaar, uitgedoof word. Die herverskyning is om 23:01, net wanneer die maan ondergaan. Vroegoggend op 21 Maart gebeur dit ook met Saturnus! Dié keer is die verdwyning aan die verligte kant van die maan wat dinge bietjie moeiliker maak, maar gelukkig is Saturnus

darem heelwat helderder. Dit verdwyn om 05:30 en verskyn weer aan die donkerkant van die maan om 06:48, tydens dagbreek. Voor die era van ruimtetuie, het okkultasies ‘n belangrike rol gespeel om die bane van die hemelliggame in ons sonnestelsel akkuraat te bepaal. Dit is ook gebruik om die topografie van die maan te bepaal asook die grootte en vorm van die asteroïedes en die mane van die planete. Selfs ringe rondom planete was deur middel van okkultasies ontdek. Die sterrewag aan die Kaap was so betrokke by die ontdekking van ‘n baie dun ringstelsel rondom Uranus wat eers jare later deur ruimtetuie gefotografeer is omdat dit onsigbaar is vanaf die Aarde.

Maanfases

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

––

06 Feb

15 Feb

22 Feb

30 Mar

08 Mar

16 Mar

24 Mar

Datum

Sonop

Sononder

01 Feb

05h48

19h19

15 Feb

05h59

19h10

01 Mar

06h09

18h56

15 Mar

06h17

18h42

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

34

Ons Eie

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Februarie 2014

35


L A NDBO UKUNDI G

36

Ons Eie

Februarie 2014

www.suidwes.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.