Jan/Feb/Maart 2016 Jaargang 51 • 1
Lyfblad van Suidwes Landbou
DROOGTEVERSLAG Die effek, die hulp en die nadraai
8
Jan/Feb/Maart 2016 Jaargang 51 • 1
Lyfblad van die Suidwes Groep
Ons Eie word uitgegee deur die Suidwes Groep. Algemene kontaknommers vir die Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van die Suidwes Groep nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.
www.suidwes.co.za
INHOUDSOPGAWE AKTUEEL 4 5 6 7 7 8 9
Boodskap van die HUB Op die geestelike akker Nuwe tegnologie sal diens verbeter Toe val die reën Nuwe stuurman neem in April oor KONTREIKUIER Suidwes droogteverslag - El Niño verloor spoed - Delmas-boere help - Die nadraai van droogte
VOORBLAD Veeproduksie is geweldig deur die droogte beïnvloed en dit het reeds ‘n direkte invloed op verbruikers. Foto: Sandri Marx Fotografie
8
PRODUKNUUS 22 Kry die indringers uit met Protek 24 Perfekte pasmaats vir hooi maak
LANDBOUKUNDIG 15 Agrikalender 16 Landbouchemikalieë – die sirkel word voltooi 17 Gewasproduksie en die Wette van Minimums 20 GIFPLANTE – Lelie met ‘n skop
16 14
ALGEMEEN
41 Kosmiese Kwêla – Orion, die dominante somerkonstellasie
20
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
3
AKT UEE L
BOODSKAP VAN DIE
hoof uitvoerende beampte (waarnemend) ADRESVERANDERING
Ons sal saam die uitdagings bestuur
Indien u van adres verander het of binnekort gaan verander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel.
In nabetragting was 2015 nie altyd maklik nie. `n Mens kry die gevoel dat elke jaar moeiliker en moeiliker word en dat dit net vinniger en vinniger verbygaan. Dit voel soms of ons op ‘n “roller coaster ride” is en ons weet nie waar die einde is nie. Sommige van ons het dalk `n geliefde deur die jaar verloor of dalk ander beproewings gehad. Ek glo daar was verseker ook baie goeie oomblikke gewees, alles kon nie net sleg gewees het nie. In die Suidwes-gebied het droogte in die laaste kwartaal van 2015 voortgeduur. Ons klante het weinig tydens die optimale planttyd geplant. Weiding het vinnig agteruitgegaan en ongekende veevrektes het voorgekom. Maer vee is teen `n fraksie van die waarde verkoop. Die hele omgewing en sy mense is negatief hierdeur beïnvloed. Dit is die droogste jaar sedert aantekeninge gehou word. Dit is ook die warmste jaar ooit, warm winde en stofstorms het voorgekom en daarmee saam het wisselkoerse verswak tot rekordvlakke. Suid-Afrika gaan waarskynlik as beleggingsland tot ‘junk’-status verklaar word, rentekoerse begin styg ensovoorts. NUWE JAAR So breek 2016 aan. Vir baie van ons is dit die eerste keer dat ons so baie dinge so drukkend ervaar. Ons weet nie hoe om dit te hanteer nie. Ons raak opstandig en verbitterd. Weervoorspellings bly presies wat dit is, voorspellings. Die dokters, apteke en drankwinkels beleef uitstekende groei in hulle besighede. Teen hierdie agtergrond loop ek vroeg in Januarie vir oom Johan Haasbroek in Leeudoringstad se
4
Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.
Kontreiwinkel raak. Hy sê vir my die jaar lyk presies soos 1965. Ek vra hom om my te vertel, want ek is eers later daardie jaar gebore. Hy sê dit het daardie jaar eers middel Januarie begin reën en die boere het geplant. Dit het eers einde Mei geryp en die Koöperasie het `n rekord aantal tonne ontvang. INGESTELDHEID Ek besef dat ‘n negatiewe ingesteldheid ons nêrens gaan bring nie. Ons moet volhard in ons geloof, die Hemelse Vader het `n plan wat ons nie altyd verstaan nie. Skielike veranderinge in die weerpatrone word waargeneem en dit begin eindelik reën. Sommige plekke ontvang meer reën as ander, maar die gemoedere word baie beter. Daar heers selfs opgewondenheid, want die boere het begin plant. Boere het `n rekord aantal hektare geplant in die laaste twee weke van Januarie. Hierdie jaar is nie net tot die 40ste Desember geplant nie, maar tot die 60ste Desember. Daar is egter slegs die helfte geplant van dit waaraan ons gewoond geraak het en wat ons as norm aanvaar het. Waar laat dit Suidwes en sy klante? Die 2016/17jaar gaan geweldige uitdagings bring. Ons glo dat ons geseën sal wees met opvolgreën en dat daar nie vroeë ryp sal wees nie. Suidwes en sy klante se inkomste gaan onder druk wees. Suidwes het reeds ‘n hele aantal maatreëls in werking gestel om koste te spaar.
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
Dit is nie in Suidwes, of enige landboufinansierder, se belang om ‘n klomp plase terug te neem nie. Suidwes het verskeie finansieringsprodukte oor jare ontwikkel juis om klante in hierdie moeilike tye te ondersteun. Daar is egter sekere wetgewing waaraan voldoen moet word. Hierin het ons geen keuse nie. Klante word aanmoedig om tydig met die verhoudingsbestuurders oor hulle finansieringsbehoeftes te gesels. Die Direksie het nuwe finansieringskemas goedgekeur om veeboere te ondersteun in dié moeilike tyd. Suidwes help verder om voer in die veegebiede te versprei. Ons sê dankie aan almal wat skenkings gemaak het. In samewerking met ‘n veevoermaatskappy is ‘n goedkoop onderhoudslek geformuleer wat eersdaags beskikbaar sal wees. Suidwes het oor die laaste 100 jaar plus, baie planne vir baie uitdagings gekry. Ek glo en is oortuig daarvan dat ons vir hierdie jaar ook planne sal kry om die uitdagings suksesvol te kan uitbestuur en oor `n jaar sal ons kan terugkyk op `n suksesvolle oorlewingsjaar. Sterkte vir die jaar en groete
George Potgieter
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
Op die geestelike akker
Hou moed Hier is ‘n kort boodskap van bemoediging vir dié wat oorweldig voel. Jeremia 17:7-8 Maar dit sal goed gaan met mense wat My vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms. 8 Hulle is soos bome wat langs ‘n rivier staan. Hulle wortels gaan gaan ver af tot by die water. Sulke bome kry nie swaar as dit baie warm word nie. Hulle blare bly groen. Lang maande waarin dit baie droog is, is ook nie regtig ‘n probleem nie. Hulle hou steeds aan vrugte dra. Die Boodskap • Deur op die Here te vertrou, kan ons dit regkry om steeds vrugte dra en goeie dinge te doen onder uitdagende omstandighede. • Die wat op Hom vertrou het nie nodig om angstig te raak wanneer die droogte kom nie. • Wyer om vrees in jou hart toe te laat, fokus daarop om Hom te vertrou.
www.suidwes.co.za
GEBED: Vader, ek bid vandag tot U in wie ek my vertroue wil vasmaak, want ek weet dat U my in u gedagtes het. Ek wil vra dat u my vrees en angs sal tegemoed kom omdat ek in U vertrou. Maak asseblief my gedagtes vol kreatiewe idees en help my om my hande produktief te hou. U alleen is my hoop. Amen!
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
5
AKT UEE L
’N NUWE, INNOVERENDE, OMVATTENDE EN EWIG GROEIENDE REEKS VAN ELEKTRIES EN VERWANTE PRODUKTE Die Nexus reeks verbind mens met tegnologie en bied toeganklike en praktiese innovasie aan die mark.
ELEKTRIES
SONKRAG TUINLIGTE
SONKRAG SEKURITEIT
NUUTSTE TEGNOLOGIE LED
BYSTAND LIGTE
Nexus is beskikbaar by deelnemende Suidwes Handelstakke en word eksklusief versprei deur
6
Ons Eie
Nuwe tegnologie sal diens verbeter Na ongeveer 20 jaar se gebruik van die AS400 en JAVA rekenaarbedienerstelsels, is Suidwes besig om met behulp van nuwe tegnologie hul besigheidsprosesse vinniger en meer effektief te maak. Gedurende 2013 is die besluit geneem dat die huidige AS400 en JAVA stelsels nie meer opgewasse is om die besigheid te ondersteun nie. Die hoë koste van ondersteuning en die verhoogde risiko van verouderde tegnologie was die dryfvere vir hierdie besluit. Na ‘n deeglike ondersoek na moontlike ERP (Enterprise Resource Planning) -stelsels om die bestaande stelsels te vervang, is daar finaal besluit op SAGE X3. Hierdie sagteware is die markleier vir medium tot groot middelmarkmaatskappye, en beskik reeds oor ‘n reeks geïntegreerde landboumodules wat Suidwes se besigheidsprosesse sou ondersteun sonder dat langdurige en duur ontwikkeling gedoen moet word. SAGE X3 sal ons toelaat om die volgende voordele aan ons klante te bied: Met SAGE RMS (Retail Management System) kan klante steeds by die tak aankoop al word kommunikasie tussen die tak en hoofkantoor onderbreek. Die stelsel verseker ook ‘n meer moderne en vinniger aankoopervaring. Klante sal toegang tot hulle fakture en state via die internet hê. SAGE bied Suidwes die voordeel om via die Internet enige stelseldokument aan ons klante beskikbaar te maak, selfs maande nadat die transaksie plaasgevind het. Omdat die belastingfakture op die internet beskikbaar is, sal soge naamde ‘slip printers’ gebruik word
by alle verkoopsterminale in ons handelswinkels. Aangesien SAGE X3 ‘n intydse stelsel is wat nie gebruik maak van bondelverwerking nie, sal maandeindeverwerking vinniger plaasvind en sodoende sal die stelsel vinniger beskikbaar wees. Die SAGE X3 platform sal ons toelaat om in die toekoms vinnig en maklik oor die internet besigheid te doen (e-commerce). Sodoende sal klante kan sien of items benodig wel in voorraad gehou word en dan die items kan bestel. Die voordele van die stelsel vir Suidwes se besigheid is dat die nuwe stelsel die besigheid in die toekoms sal ondersteun, sonder die risiko van ondersteuning wat in een maatskappy gesetel is, of dat die hardeware mag verouder. Om hierdie risiko verder te bestuur, word daar klem gelê op die implementering van die standaardfunksionaliteit van SAGE sover moontlik, aangesien enige veranderings of ontwikkeling van sagteware hierdie risiko vererger. Die intydse SAGE-stelsel sal bestuur ook toelaat om vinniger besluite te neem aan die hand van beskikbare data, om sodoende te verseker die regte besluit word geneem. Diensvlakke by alle bedryfspunte sal ook verbeter as gevolg van hierdie intydse tegnologie. Ten slotte bied SAGE X3 aan beide klante en bedryfspunte besliste voordele wanneer Suidwes finaal hierdie nuwe tegnologie implementeer.
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
Toe val die reën Met die val van die eerste reëns vanjaar kon personeel van die Graanafdeling van Suidwes Landbou se hoofkantoor hulle nie inhou nie. Hulle moes eenvoudig die lankverwagte reën buitekant gaan begroet. Die blydskap oor hierdie gawe van bo is duidelik op die manne se gesigte sigbaar.
Plastic Droppers
RIDGEDROP-DROPPER TM Solied met riwwe
SABS getoe
ts
Net R3,20 + BTW per meter
Aflewering moontlik • Baie sterk en solied • Liggewig • Unieke greepontwerp: riwwe • UV-beskermend vir 20 – 30 jaar • Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) • Ideaal vir elektriese heinings • Goedkoper as hout of staal!
Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60%
Isak
Tel: 083-250-5363 Tel: 012-111-0321 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za
www.plasticdroppers.co.za
Dié manne van Suidwes se Graanafdeling kon nie anders as om uitbundig die eerste bui reën te gaan begroet nie. Van links is Gerald Dunhin (graanverkryger), Bertus Pretorius (senior bestuurder: Graanverkryging), Christo Smit (senior bestuurder: Kommunikasie) en Jacques Pretorius (senior bestuurder: Graanbemarking).
NUWE STUURMAN NEEM IN APRIL OOR DIE DIREKSIE HET besluit om dr Herman van Schalkwyk met ingang van 1 April 2016 as Groep hoof uitvoerende beampte van die Suidwes Groep aan te stel. Dr Herman van Schalkwyk was sedert 2010 tot einde 2015 die rektor van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hy was sedert 1 Januarie 2016 die besturende direkteur van Aginfo wat hom toelê op die verskaffing van landbou-inligting en advies aan die landbousektor. Hy het sy merk gemaak as akademikus en vooraanstaande landbouekonoom, maar dit is veral sy uitstaande leierskap waarvoor hy erkenning kry. Voor sy aanstelling as rektor was hy die dekaan van
www.suidwes.co.za
die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by die Universiteit van die Vrystaat. Hy het in 1990 ‘n BCom-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal en daarna ‘n honneursgraad en MCom cum laude (1992). In 1995 het hy sy PhD in landbouekonomie ook aan die UP behaal. Hy is in 2007 deur die minister van landbou as lid van die Nasionale Landboubemarkingsraad aangestel en in 2008 as die adjunkvoorsitter van die raad van die Landbank. Hy het ook vir 18 maande waargeneem as voorsitter van die raad van die Landbank.
dr Herman van Schalkwyk
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
7
AKT UEE L
KONTREIKUIER
Suidwes droogteverslag
Suid-Afrika het in 2015 die laagste reënval gehad sedert die SA Weerdiens in 1904 begin rekord hou het. Volgens die klimaat inligtingsbestuurder van die SA Weerdiens, Elsa de Jager, is die gemiddelde jaarlikse reënval in SuidAfrika 608 mm, maar in 2015 is maar ‘n gemiddeld van 403 mm gemeet – slegs 66% van die jaarlikse gemiddeld.
8
El Niño verloor spoed
D
ie vorige laagste reënvaljaar was 1945 toe Suid-Afrika 437 mm reën gekry het. Hoewel 2015 ‘n besondere lae reënvaljaar was, klop die drie-jaar-droogte van 1930 tot 1933 die rekord vir die ergste aaneenlopende periode met lae reënval. Die gemiddeldes waarna De Jager hier verwys, is oor die hele land bereken. Daar is natuurlik gebiede waar dit tans droeër is. Volgens die World Meteorological Organisation (WMO) is El Niño reeds verby sy kragtigste fase. Dit is egter steeds sterk en beïnvloed steeds weerpatrone wêreldwyd. Dit is hoogs
Ons Eie
waarskynlik dat die bo-gemiddelde seetemperature in die oos-sentrale Stille Oseaan, wat die El Niño -verskynsel veroorsaak, sal begin afneem. Die El Niño -vlakke sal egter matig tot sterk bly tot in Maart voor dit gedurende April en Mei sal afneem tot matige vlakke. Volgens die WMO verwag hulle dat ‘n ENSO-neutrale patroon gedurende die tweede kwart van 2016 sal terugkeer. Saamstaan deur die droogte “Dit is moeilik om ‘n algemene prentjie van die droogtetoestand in Suidwes se bedieningsgebied te gee
Jan/Feb/Maart 2016
omdat die reënval so geweldig deur die streek wissel,” het Anton Jordaan, hoof uitvoerende beampte: Graan, by Suidwes Landbou gesê. Suidwes Landbou bied talle hulpmaatreëls aan sy boere. In ‘n spesiale brief aan klante het die waarnemende besturende direkteur, George Potgieter, gesê dat boere die gemoedsrus moet hê dat Suidwes, as die boer se vennoot in boerdery, hulle sal bystaan sover dit prakties moontlik en binne die maatskappy se vermoë en bestaande wetgewing is.” “Hulp aan boere het uit soveel oorde ingestroom dat dit ‘n mens
www.suidwes.co.za
A K T UEE L ‘n knop in die keel gee,” het George Potgieter gesê. “Dit is wonderlik om te sien hoe ons land se mense kan saamstaan in tye van nood.” Hulp het van korporasies, organisasies, landbou organisasies, vakbonde, welsynsorganisasies, radiostasies, dorpe, voorstede, kerke, skole, musiekante, kunstenaars en gewone lede van die publiek uit alle hoeke van die land na boere en ander droogte
geteisterde mense gevloei. Daar is tot ‘n veiling van droogtefoto’s gehou waarmee meer as R250 000 aan ‘n hulpfonds geskenk is. In Suidwes se bedieningsgebied is daar naas finansiële hulp ook voer geskenk en water van oral aangery. Die foto’s hierby is getuienis daarvan dat daar nog soveel goedheid in die mensdom te vind is.
DROOGTEHULP
Delmas boere help Die hoenderboere van Delmas het 15 vragte hoendermis van 34 ton elk aan boere in Noordwes geskenk. Suidwes Landbou het die mis ontvang en dit in die gebiede waar die nood die grootste is laat aflewer. Boere van Boshof, Christiana, Reivilo, Schweizer-Renecke, Stella, Tosca en Vryburg kon die mis op die dorpe gaan oplaai om as veevoer te gebruik. Vervoermaatskappye soos Potgieter Vervoer & Grondverskuiwing het die rywerk gratis gedoen.
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
9
AKT UEE L
Suidwes droogteverslag
Die nadraai van droogte Hoewel daar intussen oor baie dele van die land goeie reën uitgesak het, is daar reeds skade gedoen. Vir baie mielieboere het die reën te laat gekom om te plant en die wat laat geplant het loop risiko van rypskade in die winter. Vir veeboere is weiding die groot knelpunt.
Dr David Spies, ‘n landbou-ekonoom aan die Skool vir Ekonomie aan die Noorwes Universiteit, sê die gebrek aan behoorlike weidingbestuur is, naas twee tot drie seisoene se droogte, ook ‘n faktor wat veeboere beïnvloed.
Volgens hom is dit veral by gemeenskaplike boerderypraktyke, waar afgeskorte kampe ’n rare verskynsel is, dat weiding oorbewei raak en uiteindelik vinnig uitgeput word. “Die rimpeleffek lei daartoe dat boere van diere ontslae moet raak en sodoende word markte deur ’n ooraanbod van vee beïnvloed, wat eenheidspryse vir produsente geweldig afdruk. Kleiner produsente wat nie hierdie aanslag kan absorbeer nie, word geforseer om die mark te verlaat,” sê Spies. Aan die ander kant het droogte ook ’n reuse negatiewe uitwerking op kalfpersentasies. ’n Afname in kuddegetalle word veroorsaak omdat vee in hierdie tye aan hoër vlakke van stres blootgestel is. Hierdie tendens kan oor die langer termyn ’n tekort aan diere veroorsaak wat tot ’n toename in pryse tot op verbruikersvlak sal lei. Navorsing het bewys dat natuurlike weiding na ’n droogtetoestand sowat twee groeiseisoene nodig het om volkome te herstel. “Opvolgreën is hier van kardinale belang om groei te ondersteun – veral tydens hoë dagtemperature en sterk winde wat verdampingsprosesse aansienlik verhoog, soos wat ons tans ervaar.” Hy sê dat omdat droogte ’n verkorte groeitydperk vir veral grasse meebring, word die voedingswaarde van die gras ook negatief beïnvloed. Die neiging is dan dat vee dié nuwe groen gras nog vinniger opvreet. “Reserwevoer word vroeër ingespan en dwing die produsent om bykomende voer aan te koop om die gebrek aan winterweiding aan
HET U GEWEET? Suid-Afrika word amptelik as ‘n ‘dorre streek’ geklassifiseer. Ons boer hier in een van die 30 droogste lande ter wêreld. Droogtetoestande hier volg ‘n siklus wat gemiddeld elke 10 jaar herhaal het die Departement van Water en Sanitasie einde verlede jaar tydens ‘n media geleentheid gesê. Suid-Afrika se jaarlikse gemiddelde reënval is 464 mm in vergelyking met die 860 mm wêreldgemiddeld.
te vul. In kombinasie met laer veepryse in die kort termyn, en hoë voerpryse (wat deur die stygende mielieprys gedryf word), word ’n dor prentjie geskets.” Landbouprodusente in Suid-Afrika se verhouding van skuld tot bates, is tans die hoogste ooit, nadat dit onlangs byna 50% bereik het.
vervolg op bls 13
DROOGTEHULP ‘n Prent van welwillendheid
10
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
11
A K T UEE L
Suidwes droogteverslag
Die nadraai van droogte Vergeleke met die VSA se 11%, plaas dit ongelooflike druk op plaaslike finansieringsinstellings, omdat produsente in baie gevalle nie uitstel op die terugbetaling van hulle produksielenings bekom nie. Spies sê die produsente wat twee agtereenvolgende swak oesjare kan buffer, is slegs ’n handjievol. “Ongelukkig bring droogte, tesame met huidige stygings in insetkoste, heelwat laer uitsette en winste en veroorsaak dit ’n klimaat wat baie produsente selfs permanent uit die mark druk.” Die groot uitdaging vir die veeboer is om oor die finansiële en veral kontantvloeihekkies te kom terwyl hy poog om sy kudde weer tot normale vlakke op te bou. Voerproduksie is ook onder druk weens droogte en die skielike styging in die pryse van mielies en ander insetmiddele. Stygende rooivleispryse plaas die
Veevoerverligting op Boshof en Reivilo
struikelende verbruiker ook verder onder druk, wat weerstand en ‘n soeke na ander proteïenbronne soos hoendervleis sal veroorsaak. Dit, saam met die beperkinge van ‘n kleiner kudde, word dan ‘n bose kringloop waar boere nog minder inkomste verdien, het Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB Business, gesê. Die herbou van ‘n kudde kan enigiets van twee tot sewe jaar duur voordat die boer weer in vol produksie is. In hierdie tyd van na-droogte is finansiële beplanning kritiek. Veral boere wat nie goed gedeversifiseer is nie, word aangeraai om met die finansiële instellings waar hulle lenings is, te praat om lenings te herstruktureer. Paul Makube sê banke sal altyd die omstandighede individueel bekyk omdat hulle besef dat boere se kuddestrategieë verskil.
DROOGTEHULP Santam
skenking
EEN VAN ONS EIE se gereelde adverteerders, Santam, het R2 miljoen geskenk waarmee die geldelike las van kommersiële en opkomende boere verlig kan word in ’n poging om die geknelde landbousektor van hulp te wees. In ’n aankondiging op Agri Suid-Afrika se 2016 Kommoditeitekongres, het die hoof van Santam Landbou, Gerhard Diedericks, gesê die skenking sal gemaak word aan die Nasionale Droogterampfonds wat deur Agri SA bestuur word. Die bydrae sal nie net lede van Suid-Afrika se vier landboubedryfsliggame bevoordeel nie, maar sluit ook opkomende boere in wat nie aan enige organisasie behoort nie. Diegene wat die meeste hulp benodig, sal voorkeur geniet. Hy het bygevoeg dat Santam voortdurend die landbougemeenskap sal help om die risiko’s te bestuur wat die volhoubaarheid van landboubronne bedreig. “As die oudste versekeraar in die sektor, met meer as 85 jaar se uitgebreide ervaring om die hoogte- en laagtepunte van landbou te hanteer, verstaan ons die rol wat boere speel om voedselsekerheid bestendig te hou. In die foto is Gerhard Diedericks (Santam se hoof van landbou), minister Bheki Cele (Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye), Phenias Gumede (Vise-President van Agri SA) en Johannes Möller (President van Agri SA).
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
13
AKT UEE L
NUWE PRODUKTE
NOU BESKIKBAAR BY
SUIDWES LANDBOU FLINTCO Flintco Ferto 1211 12T met 6M Auger Flintco Ferto 2017 20T met 6M Auger Flintco SF0606 Saadkar met 5M Auger Flintco Kraan Flintco SF0303 Saadkar met 5M Conveyor
R 239 474 + BTW R 296 421 +BTW R 176 000 +BTW R 217 684 + BTW R 125 052 + BTW
* Produkte mag verskil van die foto’s
HEELGOEDERE GEBRUIKTE VOORRAAD BESKRYWING
kW
MODEL
NH 6610 2WD Gebruikte Trekker CASE Farmall JX110 Rops Gebruikte Trekker CR9080 Gebruikte Stroper NH TD5.90DT Gebruikte Trekker NH T6090 Gebruikte Trekker NH T8.360 Gebruikte Trekker NH T8.330 CAB Gebruikte Trekker NH TM7030 Gebruikte Trekker NH T6050 Rops 16x16-Gebruik CASE MXM 310G
66 82
2009 2013
189
2005 2013 2012 2012 2013 2011 2012 2008
ENGIN URE 1362
3800 3000
AANTAL BESKIKBAAR 4 1
VERKOOPPRYS
1 1 3 1 1 1 2 1
R 2 950 000 + BTW R 300 000 + BTW R 650 000 + BTW R 1 400 000 +BTW R 1 600 000 +BTW R 490 000 +BTW R 490 000 +BTW R 650 000 + BTW
R 150 000 +BTW R 475 000 +BTW
L A NDB O UK UNDI G
Agrikalender Februarie 2016 ARTIKEL DEUR:
Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan
VEE Beeste
• •
• • •
Ons beleef tans een van die droogste seisoene waar baie min plekke, indien enige, meer as 100mm reën tot nou toe gehad het. Weinig mielies en sonneblom is teen 12 Januarie in ons gebied geplant. Die skatting is dat daar minder as 10% aangeplant is. Die abnormale hitte en droogte plaas druk op die bietjie beskikbare ruvoer om diere deur te sien. Boorgate is ook plekplek besig om op te droog. Hoewel dit moeilik is om positief te bly, is dit baie belangrik om nie in die moeilike omstandighede emosionele besluite te neem nie. Suidwes Landbou het verskeie finansieringsprodukte beskikbaar om produsente by te staan om die druk te verlig. Kontak gerus die Verhoudingsbestuurders in die onderskeie streke vir meer inligting. Die volledige lys is op die webblad (www.suidwes.co.za) beskikbaar. Bewaringspraktyke en oorlewing moet nou die uitgangspunt wees. Aangesien min kontantgewasse geplant kon word, moet voorsiening vir ruvoer gemaak word om die kudde deur die winter te voer.
• • • •
•
AKKERBOU
Verminder die kudde sodat die beskikbare voer voldoende is. • Bestuur die kudde deur swak en niedragtige diere uit te skot. Speen kalwers betyds om koeie te laat herstel en kondisie te bou vóór die voedingswaarde van die weiding daal. Gaan die koeie se tande na en skot slytkoeie uit. Hou vervangingsverse apart in ‘n trop. Evalueer bulle en begin hulle voorberei vir die dekseisoen in die komende winter en laat hulle toets vir Trichomoniase en Vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle ook toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir 6 weke geleentheid kry om op die plaas aan te pas voordat hulle dek. Skoon drinkwater is uiters belangrik om vee in stand te hou. Bosluise moet deurlopend beheer word. Voorkoming is beter as genesing; ent dus die diere vir siektes soos drie-dae-stywesiekte, knopvel en Slenkdalkoors. Ent ook vir spons- en miltsiekte. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent Vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamien A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. ’n Teken van luisbesmetting is baie sigbare lekmerke op die haarkleed. Indien beeste vir die mark gevoer word, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerke is verpligtend en moet op alle diere aangebring word.
Mielies
Skape
Doen alles om vog te bewaar en te bestuur. Met die integrering van wetenskap en tegnologie word produksierisiko’s verminder deur beperkings op te hef en uit te skakel. Hou lande skoon van onkruid en pas maksimale vogbewaring toe.
Sonneblom Bemes sonneblom voldoende om te verseker dat goeie opbrengste verkry word en hou lande skoon van onkruid. Doen tandbewerkings tussen rye om deurlugting en waterpenetrasie te bevorder.
Grondbone Inspekteer lande vir blaarvlek en Botrytisstamvrot. Die simptome van vroeë blaarvlek is bruin vlekke met ‘n duidelike geel rand om die letsels. Laat blaarvlek lyk baie dieselfde as vroeë blaarvlek, maar die vlekke is swarter en die geel letsels is afwesig.
www.suidwes.co.za
Ons Eie
• • • •
• • •
Volg ‘n doseerprogram met erkende middels. Voorkomende dieregesondheid is goedkoper as behandeling. Spuit of dip skape vir brandsiekte en Australiese jeukmyt. • Beplan en implementeer ‘n program vir voer-vloei. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd om gesonde sterk lammers te verseker. Indien moontlik, kan groenvoer of Japanese radyse vir lammerooie of speenlammers aangeplant word. Broek langwolskape om onsuiwerhede in die wol te voorkom. Bemark al die oortollige skape voordat weiding opraak en pryse daal. Prikkelvoeding voor paartyd sal beter lampersentasies tot gevolg hê. Goeie voeding twee tot drie weke na paring sal goeie besetting verseker. Om ‘n goeie lampersentasie te verseker, moet ramme voor paartyd in goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees. Tref betyds reëlings vir ‘n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie. Volgens wet moet skape getatoeëer word.
Jan/Feb/Maart 2016
15
L A NDBO UKUNDI G
Landbouchemikalieë - die sirkel word voltooi
ARTIKEL DEUR:
Thys Coetzee Besturende Direkteur van Enviro Crop Protection
Soveel as 6 000 jaar gelede al, is gewasse ontwikkel. Jagters in die huidige Irak, Turkye en Jordanië het destyds reeds eetbare sade soos koring, ertjies en lensies begin vermeerder. In China is rys en sekere grassoorte kommersieel vermeerder en in Afrika was dit rys en sorghum wat aangeplant is, veral in lande soos EkwatoriaalGuinee en Ethiopië. In die Amerikas is eers mielies en pampoengewasse veredel, daarna aartappels en sonneblom in Suid-Amerika. MET AL DIE ONTWIKKELING in plaagebheermiddels en metodes het die verbruiker van dié midels die voordeel van ’n wye keuse van produkte teen beter pryse. Die eerste uitbreek van laatroes op aartappels het ernstige gevolge gehad, soos die groot hongersnood van 1740 in Ierland. Vandag is peste en plae verantwoordelik
16
vir oesverliese van 35 % – 40 % van die potensiële voedselproduksie. Die beheer van peste en plae het noodsaaklik geword vir die voortbestaan van die mensdom. So het die Chinese ongeveer 3 200 jaar gelede reeds middels gebruik wat kwik en arseen bevat om kopluise te beheer. Die Samaritane het ook 4 500 jaar gelede swael gebruik om insekte en myte te dood – heeltemal organies in vandag se terme. Aan die beginstadium van ontwikkeling het die chemiese industrie afvalstowwe van ander industrieë vir die beheer van peste gebruik. Om roes te beheer, is rook van aftreksels van plante soos bitter lupiene en komkommers gebruik. Pyrethrum, wat van die droë blomme van Chrysanthemum cinerariaefolium verkry word, word al meer as 2 000 jaar gebruik om insekte te beheer. Produkte wat koper bevat, was van die eerstes wat gebruik is om swamme te beheer, waarvan Bordeaux die bekendste is. Koper word vandag nog as basis in baie mengsels gebruik. Tot in die 1940‘s is baie anorganiese, natuurlike produkte soos Natrium Chloraat, Salpetersuur asook Naftaleen en Kreosote vir die beheer van swamme gebruik. Die grootste probleem was egter die groot hoeveelhede wat gebruik is, die gebrek aan selektiwiteit en die negatiewe
Ons Eie
uitwerking op die omgewing. Die gebruik van sintetiese middels om peste te bestry het geweldig momentum in die 1940’s gekry met die ontdekking van produkte soos onder andere DDT, Dieldrin, Chlordaan en 2,4D. In 1942 het dr Paul Muller die Nobelprys in medisyne ontvang vir sy ontdekking dat DDT insekte kan beheer. Dit het muskiete beheer en duisende lewens as gevolg van die afname in malariasterftes, gespaar. Gedurende die 1950’s was mense nie besorg oor die gesondheidsrisiko’s nie, maar was slegs gefokus op die optimalisering van produksie deur peste en plae te beheer. In 1962 publiseer Rachel Corsan haar boek “Silent Spring” wat handel oor die onoordeelkundig gebruik van landbouchemiese middels. Daarna verander die hele landskap van die industrie. Glyphosaat, die onkruiddoder wat tans die meeste ter wêreld gebruik word, is in die 70’s en 80’s bekendgestel. Nuwe chemie soos die ‘Fops’ en die ‘Dims‘ sulfonielureum sien ook die lig. Insekdoders word ontwikkel tot die derde generasie peritroïede asook en van die Avermectiene word bekendgestel. Swamdoders soos die Triazole, Imidazole, Fenole en Dikarboksamiede word ontdek en ’n ongekende groei vind plaas in die gebruik van landbouchemiese middels wêreldwyd. Aangesien produkte spesifieke werkinge het, meer selektief is en
Jan/Feb/Maart 2016
in klein tot mikro hoeveelhede toegedien word, is dit voordelig vir produksie. Die negatiewe effek op die omgewing word ook heelwat verlaag. Groot maatskappye en verbruikers het voordeel getrek uit hierdie ontwikkelinge in die 90’s. Kundigheid om die produkte reg aan te wend is ‘n besliste vereiste en deskundiges tree tot die bedryf toe. In die laat 90’s word al minder nuwe chemikalieë ontdek en maatskappye beleef finansiële druk. Die gebruik van gespesialiseerde produkte het ongelukkig ook ‘n negatiewe kant. Weerstand teen sekere middels bou vinniger op en verkort die lewe van enkelprodukte. As gevolg hiervan word geïnteg-reerde plaagbeheer toegepas en lewende organismes, soos BT, word gebruik om pesbeheer te ondersteun. Die ontwikkeling van weerstandbiedende kultivars teen sekere onkruiddoders en die teel van gewasse wat bestand is teen sekere swamme en insekte, het verreikende gevolge. Die gebruik van chemiese middels neem af, patente op produkte verval en die toetrede van generiese maatskappye word al groter. So het die mensdom se strewe na voedselsekuriteit begin. Die natuurlike plantegroei moes egter plek maak vir dié ’nuwe’ gewasse, en so begin peste en plae ’n nuwe heenkome op voedselgewasse vind.
www.suidwes.co.za
L A NDB O UK UNDI G
Gewasproduksie en die Wette van Minimums ARTIKEL DEUR:
Dr Hendrik Smith Grondkundige PhD (Pr.Sc.Nat.) by Nvirotek
Die oes behoort aan die jaar, nie aan die land nie “The year brings the yield, not the field” Latyn: Annus producit, non ager (Erasmus’s Adagia, 1.1.44) NIEMAND KAN NOU MEER stry dat ons ‘n baie droë 2015/16-seisoen beleef nie. Ons hoop dit is net tydelik as ons die weerprofete gelyk gee. Dié seisoen gaan groot ekonomiese ongemak in droëlandboerdery veroorsaak. Dis nou – weer eens – die tyd om stil te sit (doen dit verkieslik onder ‘n boom by die huis) en dink oor wat en hoe die natuur werk om daardie pitte in die stroper se maag te laat beland. Die oesopbrengs van aanplantings is die eindresultaat van ons strewe in die landbou en twee belangrike wette bepaal die uitkoms. Dié twee wette, bekend as die wette van minimums, is eerstens: Liebig se Wet van Minimums en tweedens:
Mitscherlich se Wet van Minimums. Liebig se Wet van Minimums (circa 1840) Liebig se Wet van Minimums verklaar dat die hoeveelheid van die mees beperkende plantbeskikbare voedingselement in die grond, opbrengs beïnvloed. Indien die tekort opgehef word, verbeter die opbrengs totdat ‘n volgende element weer die beperking word. Meeste boere het al die prentjie van die houtvat gesien waar die planke die plantvoedingselemente voorstel. Die houtvat kan net soveel water (of wyn) hou as wat die kortste plank toelaat. Die opbrengs van ‘n gewas
is ‘n funksie van al die faktore wat ‘n invloed daarop het en die faktore beïnvloed mekaar. Indien die som van die reaksies opeenvolgend samewerkend is, kan die faktore met Liebig se Wet van Minimums beskryf word. Met ander woorde, min of geen verandering kom voor, alvorens die grootste beperkende faktor nie opgehef word nie. Mitscherlich se Wet van Minimums Mitscherlich se Wet van Minimums is gegrond op dié
van Liebig. Dit bepaal dat as alle groeifaktore behalwe een, aan groeiende plante voorsien word, opbrengs sal verhoog indien die beperkende faktor inkrementsgewys toegedien word. Mitscherlich stel hierdie konsep wiskundig voor en wys dat elke opeenvolgende regstellingsinkrement ‘n kleiner inkrement opbrengs lewer. Die beginsel is ook bekend as die Wet van Da-lende Meeropbrengs (met ander woorde die toename in
bl 23 >>>
Figuur 1: Vaatjie voorstelling van Liebig se Wet van Minimums.
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
17
L A NDBO UKUNDI G
18
Ons Eie
Februarie 2016
www.suidwes.co.za
L A NDB O UK UNDI G >>>
Gewasproduksie opbrengs word al kleiner soos meer voeding toegedien word, totdat die toename stop). ‘n Voorbeeld van Mitscherlich se Wet van Minimums is die bekende opbrengs-kurwe soos in Figuur 2 aangedui is. Hierdie voorbeeld toon aan dat oesopbrengs met stikstofbemesting toeneem as die water wat vir plante beskikbaar is, nie ‘n beperking is nie. Die opbrengs van ‘n gewas is ‘n funksie van al die faktore wat ‘n invloed daarop het en die faktore beïnvloed mekaar. Indien die som van die reaksies opeenvolgend groter word, kan die faktore beskryf word as die Mitscherlich Wet van Minimums. Met ander woorde die reaksie op die opheffing van beperkende faktore is in verhouding met die insette en graad van tekort waarvan die uitkoms voorspel kan word. Die verskil tussen die twee wette is: Die wet van Liebig stel erge tekortkomings voor terwyl die wet van Mitscherlich matige tekortkomings voorstel. Om dus enige reaksie te hê, moet tekortkomings reggestel word. Die grootte van die reaksie hang af van die intensiteit/graad belangrikheid van die tekortkoming. Albei tipes faktore, naamlik Liebig en Mitscherlich kan ook tersefdertyd voorkom. Daar word al vir ten minste 100 jaar in Suid-Afrika geboer. Dit beteken dat bemestingstowwe reeds vir ‘n eeu lank as plantvoeding toegedien word. Aanvanklik was dit waarskynlik baie eenvoudig soos byvoorbeeld beesmis, maar algaande het bemestingspraktyke en kunsmiskwaliteit verbeter tot waar ons tans is. Daar is ‘n groot verskeidenheid bemestingsprodukte beskikbaar wat die keuse daarvan vergemaklik. Die produksiegrond in die droëlandmielieproduserende gebiede van Suid-Afrika behoort dus nie meer die Liebig-tipe tekortkomings en regstellings te vereis nie. Die tekortkomings en reaksies op regstellings is nie dramaties nie. Bemestingsproewe het bewys dat die
www.suidwes.co.za
Figuur 2: Mielieopbrengskurwe met stikstof toediening. opbrengs van kontroleproewe (met ander woorde waar geen bemesting toegedien is nie), hoër was as dié met die grootste hoeveelheid bemesting. Daar is ongeveer 12 hoofbestuurbare faktore vir plantproduksie waarvan ten minste elf van toepassing op droëlandgewasproduksie is. Hierdie faktore is: • Saadkwaliteit; • Plantpopulasie; • Planttyd; • Saadbedvoorbereiding; • Onkruid; • Siektes; • I nsekte; • Grondstruktuur; • Grond pH; • Voedingsvlakke in grond (N, P, K, Mg, S en mikro-elemente); • M ikrobe-aktiwiteit; en • Grondvog (tot mindere mate bestuurbaar deur bewerkingsmetodes, maar totaal afhanklik van reënval).
Ons kan aflei dat die plantbeskikbare water wat in die grond teenwoordig is, die hoofrol speel wanneer dit by droëlandmielieproduksie kom. Die beginsel ‘om te meet is om te weet’, geld dus ook vir plantbeskikbare water. Die besluit om te plant of nie te plant nie, kan
gerugsteun word deur die meet van plantbeskikbare water en die opstel van plantbeskikbare waterkaarte vir die boer. Terratek het die seisoen ‘n aantal boere suksesvol gehelp met die besluit om uiters droë lande eers te laat oorlê.
Droëlandmielieproduksie Mitscherlich se Wet van Minimums aanvaar dat maksimum potensiële opbrengs ‘n belangrike konstante waarde is. Hierdie aanvaarding is egter nie van toepassing op droëlandmielieproduksie nie. Die rede is dat potensiële produksie varieer met plantbeskikbare water wat weer met reënval varieer. Die potensiële opbrengs word dus beperk deur die plantbeskikbare water.
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
19
LL ANDBO A NDBO UKUNDI UKUNDI G G
GIFPLANTE
Lelie met ’n skop Crinum bulbispermum (Burm.f.) Milne-Redh. & Schweick. ARTIKEL DEUR:
Dr Franci Jordaan Landbouwetenskaplike, Afdeling Weiding, Landelike, Omgewing- en Landbou-ontwikkeling, Potchefstroom
Die volksnaam vir hierdie plant is Oranjerivierlelie of Vaalrivierlelie. Die genusnaam Crinum kom van die Griekse woord krinon wat lelie beteken. Die spesienaam bulbispermum verwys na die bolvormige saad asook die grootte van die saad. Geografiese verspreiding Vaalrivierlelies is inheems aan Suid-Afrika, Swaziland en Lesotho en kom wydverspreid deur al die provinsies voor. Dit het ook na ander wêrelddele versprei en word veral in verskeie state van die VSA aangetref. Beskrywing Die Vaalrivierlelie is ‘n geofiet, met ander woorde dit is ‘n knolgewas of plant met groot ondergrondse stamme wat die winter of ongunstige klimaatsomstandighede kan oorleef. Die ondergrondse bol is ongeveer 200mm in deursnee. Die plant groei gewoonlik tot 1m hoog. Die bol word deur baie lae papieragtige, droë, skubbe bedek wat dit teen uitdroging in die droë wintermaande beskerm. Voortplanting van die plant is deur middel van sade en die groeitempo word as matig tot vinnig beskryf. Die blare is blougrys-groen, sag, opwaarts gevou, boogvormig en die blaarrande is golwend. Die omhulsel op die basis
20
vorm ‘n ‘stam’ wat rosetvormig gerangskik is. Elke plant dra 6 tot sestien pienk en wit blomme. Die smal, hangende en trompetvormige blomme is baie aromaties en word dikwels as ‘sieklike soet’ beskryf. Die blomme word deur insekte bestuif. Die vrug is bekend as ‘n bessie. Die vrugte is groot (± 70mm in deursnee), met baie groen en ronde vlesige sade in elke vrug. In die geval van die Vaalrivierlelie is die hele plant giftig, hoewel die meeste toksiene in die ondergrondse bol voorkom. Groei en ontwikkeling Vaalrivierlelies blom vanaf September tot November. Natuurlike voortplanting is slegs deur middel van sade. Inligting oor die groeitempo van hierdie plant varieer, maar in die algemeen lyk dit asof dit redelik vinnig tot ‘n volwasse plant kan ontwikkel. Die sade kan nie lank in die grond oorleef nie. Genoegsame water is nodig voordat ontkieming sal plaasvind.
Ons Eie
Elke plant dra 6 tot sestien pienk en wit blomme.
Die omhulsel op die basis van die blaar vorm ‘n ‘stam’ wat rosetvormig gerangskik is.
Jan/Feb/Maart 2016
www.suidwes.co.za
L A NDB O UK UNDI G Habitatvoorkeure Rivierlelies groei normaalweg langs riviere en strome of in klam holtes in swart klei- of sanderige grond. Die plante verkies diep, nat grond en groei in volle sonlig. Die plante is ryp gehard en effens droogte verdraagsaam. Gebruike van die plant Rivierlelies het sekere medisinale waarde - aangesien die toksisiteit van elke plant verskil, is dit moeilik om die regte dosis per plant te bepaal en oordosering kom dikwels voor. Rivierlelies is ook gewilde tuinplante. Tipe toksien Die toksien wat in die rivierlelie gevind word, is bekend as alkalo誰ede van die Isokinoliengroep en dit is giftig vir mens en dier. Kliniese tekens van vergiftiging Omdat hierdie plant wyd vir medisinale doeleindes gebruik word,
www.suidwes.co.za
kom menslike vergifti-ging gewoonlik deur toevallige oordosering voor. Hoewel veeverliese as gevolg van hierdie vergiftiging min is, moet onthou word dat die alkalo誰ede in die plant baie giftig is en daarom is dit tog nodig dat boere daarvan bewus is. Aangesien hierdie plante ook dikwels as tuinplante gebruik word, is dit noodsaaklik om die toksisiteit daarvan in gedagte te hou. Simptome wat ervaar kan word indien die plante ingeneem word, is die volgende: braking; diarree; hartkloppings; verwarring; bewing; swakheid; oormatige speeksel; abnormale gang; kortasem; spierspasma; duiseligheid; naarheid; hardlywigheid en hoofpyn.
Meganiese beheer Klein plante kan met die hand uitgetrek word, veral omdat die
bl 26 >>>
Ons Eie
Die blare is blougrys-groen, sag, opwaarts gevou, boogvormig en die blaarrande is golwend.
Jan/Feb/Maart 2016
21
L ANDBO UKUNDI G >>>
Lelie met ’n skop plant in relatief vogtige areas groei. Groter plante kan uitgespit word. Aangesien die hele plant giftig is, moet dit versigtig hanteer word en beskermde klere, veral handskoene, is ‘n MOET!
Literatuur Gebruik Hankey, A. 2001. Crinum bulbispermum (Burm.f.) Milne-Redh. & Schweick. Walter Sisulu National Botanical Garden. www.plantzafrica.com. Van Wyk, B-E., Van Heerden, F. & Van Oudtshoorn, B. 2002. Poisonous Plants of South Africa. Briza Publications, Pretoria.
Biologiese beheer Geen geregistreerde biologiese beheeragense vir die beheer van hierdie plant kon in die literatuur gevind word nie. Chemiese beheer Daar is tans geen geregistreerde chemiese beheermiddels hiervoor plant nie. Hoewel veevrektes as gevolg van hierdie plant tans nie baie is nie, is dit noodsaaklik dat boere daarvan kennis neem en besef dat dit ‘n uiters giftige plant is. Indien dit as tuinplant aangeplant word, moet sorg gedra word dat veral kinders nie maklik toegang tot die plante het nie.
Die vrugte is groot (± 70mm in deursnee) met baie groen, ronde, vlesige sade in elke vrug.
Kry die indringers uit met PROTEK Raak ontslae van ongewenste bome, houtagtige plante en onkruide met Protek Triclon, ‘n hoë konsentrasie, sistemiese boom- en onkruiddoder. Triclon kan as ‘n blaartoediening op aktiefgroeiende plante, as stomptoedienings (dien toe binne 12 ure nadat boom afgesny is) of as ‘n basale bastoediening gebruik word. Triclon word in 50ml-bottels verpak en bied uitstekende waarde vir geld. Protek Kemprin is ‘n hoë-konsentrasie kontak- en maaginsekdoder, verpak in 50ml en 200ml-bottels. Kemprin beheer ‘n breë spektrum tuininsekte, insluitende bolwurm, plantluise, kommandowurm, kodlingmot, snywurm, stamboorder, vrugtevlieg, kalander, valskodlingmot, grasperkruspe, lusernruspe, stinkbesie, blaaspootjie, kriek, grasdraertermiet, witluis, blomkewer, lelieboorder en witvlieg. Voorkoming is beter as genesing! Protek Copper-Flow-Plus is ‘n kontak bakterie- en swamdoder verpak in ‘n 100ml-bottel. Copper-Flow-Plus beheer ‘n wye verskeidenheid plae, insluitende antraknose, bakteriese vlek, bruinroes, cercospora-vlek, donsige skimmel, gomvlek, roetskimmel, vroeëroes, laatroes, skurfsiekte en swartvlek. ‘n Ou, bekende gunsteling word nou in 1 liter-bottels verpak. Protek Pure Lawn is ‘n selektiewe onkruidmiddel wat ‘n wye verskeidenheid breëblaaronkruid op grasperke beheer, sonder om die grasperk dood te maak. Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 Triclon: triklopir 480 g/lit, L6661, SKADELIK, Kemprin: sipermetrien 200 g/lit, L3145, SKADELIK, Copper-FlowPlus: koper ammonium asetaat, 315 g/lit, L6831, VERSIGTIG, Pure Lawn: MCPA 400 g/l, L7220, VERSIGTIG, Registrasiehouer: ArystaLifeScience Suid-Afrika (Edms) Bpk, reg no: 2009/019713/07
Versprei deur: Protek, ‹n divisie van PE-BEE Agri (Pty) Ltd, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel nr (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za
22
Ons Eie
Jan/Feb/Maart 2016
www.suidwes.co.za
PRO DUKNUUS
New Holland het die perfekte pasmaats in trekkers en hooimaaktoerusting om die taak van hooi maak flink en perfek kaf te draf.
Perfekte pasmaats vir hooi maak DIE NEW HOLLAND TT–REEKS het lae kilowatt ekonomiese trekkers in drie modelle beskikbaar vanaf 35 kW tot 55 kW in tweetrek en viertrek konfigurasies. Die New Holland se TT45s is kompakte trekkers wat gekenmerk word deur lae onderhoudskoste en brandstofdoeltreffendheid. Hierdie trekker word toegerus met ‘n 35 kW, drieslinder Simpson-enjin wat al vir jare in die Suid-Afrikaanse landbou-omgewing beproef is. Gekoppel aan die enjin is ‘n 8x2 transmissie, en ‘n 540 opm kragaf takker wat ook ‘n grondspoed opsie insluit. Hantering van die trekkers is moeiteloos, danksy kragstuur wat standaard toegerus word en ‘n kort draaisirkel. Met ‘n hyserkapasiteit van 1500 kg hanteer die trekkers hooimaaktoerusting met groot gemak en die TT45 tweetrektrekkers is nou beskikbaar teen ‘n ongelooflike spesiale aanbod van slegs R168,000 (BTW uitgesluit), solank voorraad beskikbaar is. New Holland TT55-trekkers is toegerus met driesilinder, turboaangejaagde Iveco-enjins wat spog met Tier3 emissievrystelling. Die trekkers het ‘n kraglewering van 40 kW en ‘n maksimum wringkrag van 200 nm wat teen slegs 1400 opm verkry word. ‘n 8x2 transmissie en 540 opm onafhanklike kragaftakker vorm ook deel van die trekker se standaardtoerusting, terwyl rolbe
24
HOOIMAAKTOERUSTING skerming en ‘n sondak operateurs gerief meebring. Hierdie trekkers is ook toegerus met kragstuur, ‘n enkel hidrouliese beheerpunt en Lift’o Matic wat die beheer van driepunt gemonteerde implimente vergamaklik op wenakkers, sonder om diepte verstellings te beïnvloed. New Holland TT75-trekkers is toegerus met viersilinder turboaangejaagde Iveco-enjins wat spog met ‘n 3,9 liter kapasiteit en ook Tier3 emissievrystelling. Kraglewering op die trekkers is 55 kW, en spog met ‘n brandstofkapasiteit van 62 liter om moeiteloos deur die dag te kom voordat hervul hoef te word. Hierdie trekkers is ook standaard toegerus met ‘n 8x2 transmissie, en kan ook verkry word in ‘n 12x3 kruiprat wat ‘n grondspoed van 770m per uur tot gevolg het vir spesialistoepas sings. Rolbeskerming en ‘n sondak is standaard vir operateursgerief, asook ‘n onafhanklike 540 opm kragaftakker. Hierdie trekkers verleen gemoedsrus met enjingemonteerde hidrouliese pompe waarvan een doelgerig olie aan slegs die driepunt en twee stelle eksterne beheerkleppe verskaf. Met ‘n 2,2 m wielbasis het die trekkers besonder goeie gewigverspreiding tydens bewerkings met driepunt gemonteerde implimente, en is dit ‘n uitstekende lae koste opsie vir hooimaak toepassing.
Ons Eie
New Holland se hooimaaktoerusting se ontstaan strek terug na 1940 en sluit ‘n volle reeks gehalte implimente in: Driepuntsnyers is beskikbaar in vyf-, ses- en seweskyf masjiene met snywydtes van 2.0 m tot 2.8 m, asook ‘n hoëkapasiteit sleepmodel wat 3.2 m wyd kan sny. Sleep-tipe snyerkneusers is toegerus met groter skywe vir ‘n laer en skoner snit en spog met ‘n lae kilowatt vereiste. Hierdie masjiene gee nuwe betekenis aan veelsydigheid aangesien hulle aan alby kante van die trekker kan sny. Twee modelle voltooi die reeks met 3.8 en 4.8 m snywydtes. Wielharke sluit in die driepunt gemonteerde RP4 (2.6 m), RP5 (3.5 m), RP10 V-hark (7.5 m), asook twee sleepmodelle wat die TR9 (5.5 m) in-lyn en die QR12 V-hark insluit. Stampbalers is beskikbaar in twee modelle, naamlik die BC5060 en BC5070 wat alby toegerus word met swaardiens knopers, en opteltafelwydtes van 1.7 en 2 m onderskeidelik. Vastekamer rondebalers produseer 1,2 m bale en is in verskeie opsies beskikbaar. Die BR6080 word toegerus met ‘n vingertipe voerstelsel en tou om mee te bind, terwyl die BR6090 met tou en net kan bind, asook ‘n invoerrotor vir verhoogde kapasiteit.
Jan/Feb/Maart 2016
Beide masjiene spog met wye opteltafels. Die BR125 rotorsnyerbaler word met rollers toegerus instede van kettings wat op die BR6000-reeks gevind word, en spog met buste op die rol lers instede van laers om onderhoud te beperk. Die RB 150 is ‘n veranderbare kamer rolbaler waarvan die diameter van die bale verstelbaar is vanaf 0.9 tot 1.5 m. Hierdie baler word elektronies beheer en spog met dikker belde as sy voorganger. Die BB1290 is die Groot vierkant baler wat met ‘n nuwe hoë kapasiteit invoerstelsel en groter aandryfratkas spog en hierdeur tot 20% meer kapasiteit as sy voorganger het. Sleeptipe kuilvoermasjiene is beskikbaar in twee modelle waarvan beide masjiene se snitlengtes verstel kan word. Met 12 messe op die snyrotor vir verhoogde kapasiteit en ‘n metaalverklikker vir beskerming is die masjiene leiers in hulle klas en alby kan met ‘n mielieplukkerkop of grasopteltafel toegerus word. Hierdie reeks masjiene word gerugsteun en versprei deur New Holland Suid-Afrika se landwye handelaarsnetwerk. Kontak New Holland Suid-Afrika vandag nog by www.nhsa.co.za.
www.suidwes.co.za
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Desember 2015
25
ALGEMEEN
Kosmiese Kwêla
deur Willie Koorts
Orion, die dominate somerkonstellasie Hierdie tyd van die jaar oorheers die somerkonstellasie, Orion, behoorlik die naghemel. Daar is min mense op planeet Aarde wat nie Orion se Gordel ken nie. Alhoewel dit amptelik in Afrikaans bekendstaan as die “Drie Konings”, is dit ongelooflik hoe baie mense daarna verwys as die “Drie Susters”. Die verwarring kom moontlik in met die Karoodorp of dalk die “Sewe Susters” wat daar naby geleë is. IN XHOSA STAAN DIÉ DRIE sterre bekend as die “Amakroza” (om in ‘n ry te staan). Jy sal egter nooit sien dat ‘n tradisionele Xhosa-persoon met sy vin-ger na hierdie sterre wys nie! Die Amakroza-sterre word beskou as die plek waar hul voorvaders se beendere is. Indien ‘n Xhosapersoon dit sou waag om met sy vinger na die sterre te wys, sal hy as straf vratte op die gesig kry! In die Xhosa-geloof is daar lewe na die dood. Die geeste van die afgestorwenes swerf tussen die sterre rond waarvandaan hulle op hulle families afkyk om hulle van bose geeste te bewaar. Die drie gordelsterre word as die heilige blyplekke van die voorvaders beskou.
26
Dink bietjie hieraan die volgende keer as jy na die Drie Konings kyk of dit vir iemand uitwys. Earth Hour Saterdag, 19 Maart 2016, van 20:30 tot 21:30, is dit die tiende “Earth Hour”. Dit is ‘n WWF-inisiatief (World Wildlife Fund), tans die grootste klimaatsverandering bewusmakingsveldtog waaraan enigeen, reg om die wêreld, kan deelneem. Almal kan deelneem deur eenvoudig al die huisligte vir ‘n uur af te skakel. Meer as 7000 stede en dorpe neem wêreldwyd ook deel deur die beligting van bekende landmerke af te skakel. In 2015 is die ligte van meer as 1200 landmerke uitgedoof, waaronder die Sidney Operahuis, Big Ben en die Eiffeltoring. In SuidAfrika is onder andere die Nelson Mandela-brug in Johannesburg en die beligting van Tafelberg gedurende Earth Hour afgeskakel. (Vir ‘n video van Suid-Afrika, sien www.earthhour.org.za/content/ page/view-video). Mens kan wonder watter verskil dit aan aardverwarming sal maak as jy jou ligte vir net ‘n uur in ‘n jaar afskakel. Dit gaan egter oor meer as die direkte effek, maar veral oor bewusmaking oor ons elkeen se effek op die planeet weens ons lewenstyl. Daarom kan jy verder gaan as net ligte afskakel, deur betrokke te raak by ‘n “croudsourcing” of ‘n “crowdfunding”-veldtog. Behalwe individue, word gemeenskappe, besighede en selfs regerings betrek deur tot aksie oor te gaan om sodoende die impak verder uit te brei.
Ons Eie
Besoek die webwerf by www.earthhour.org of Earth Hour Suid-Afrika by www.earthhour. org/south-africa om meer uit te vind, te registreer en deel te neem of die gebeurtenis te volg soos dit afspeel op 19 Maart.
(Terloops, daar is nou ook ‘n lied: “Love Song To The Earth” https://www.youtube.com/ watch?v=ZSnOXbaXzfM) Datum
Sonop
Sononder
01 Feb
05h48
19h19
15 Feb
05h59
19h10
01 Mar
06h09
18h56
15 Mar
06h17
18h42
(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)
Maanfases
Nuwemaan
Eerste kwartier
Volmaan
Laaste kwartier
08 Feb
15 Feb
22 Feb
01 Feb
09 Mar
15 Mar
23 Mar
02 Mar
Jan/Feb/Maart 2016
www.suidwes.co.za
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Julie 2015
27
28
Ons Eie
Desember 2015
www.suidwes.co.za