Ons Eie julie 2015:1

Page 1

Julie 2015 Jaargang 50 • 3

BALZER

Lyfblad van Suidwes Landbou

22

Dié reuse-tapkar maak stroop maklik

Jongboertjies met groot planne

NUWE REEKS

Gifplante in ons streek

10 35


AKT UEE L

ONS STAAN BY JOU, ONGEAG DIE OMSTANDIGHEDE 2

Ons Eie

Maart 2015

www.suidwes.co.za


Julie 2015

A K T UEE L

Jaargang 50 • 3

Lyfblad van Suidwes Landbou

Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk.

INHOUDSOPGAWE

Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks)

AKTUEEL

Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus 31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg op hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

4 5 5 6 6 6

7 7 8 10 12 14 14 16 22 24 26

Soos ek dit sien Op die geestelike akker Net vir die vrou op die platteland Migdol kook met Steve Gooi mielies op Delmas Suidwes maak geskiedenis met nuwe silobestuurders Uitstekende wins Suksesvolle boeredag op Hoopstad Meule op Wolmaransstad voltooi graanwaardeketting Jongboertjies met groot planne Puik resultate na 24 maande van sweet ‘n Spogtrofee vir ‘n spogspan Kry kleur met Panache KONTREIKUIER - Geen vrees vir 80 000 monsters Knip strooptyd kort met ‘n Balzer New Holland se kragreuse Voorkom en beheer veldbrande

BOERDERYBESTUUR

VOORBLAD Die Balzer-tapkar is die nuutste toevoeging tot Suidwes Landbou se heelgoederereeks. Hierdie reuse-tapkar het ‘n aantal indrukwekkende kenmerke soos ‘n enorme kapasiteit van 60 ton. Foto: Sandri van den Berg van Sandriphotography

9 16

28 Gesonde finansiële bestuur

LANDBOUKUNDIG 30 Hoë opbrengste en lae risiko 32 Plantestandvariasie in mielies 35 GIFPLANTEREEKS - Boesmangif is mooi, maar giftig 44 Belangrikheid van proteïenaanvulling by wild 36 Agrikalender

ALGEMEEN 41 Kosmiese Kwêla – Bloumaan!

PRODUKNUUS 38 Lekke onontbeerlik, veral met droogte 40 Nuwe Agricol-mieliebasters lewer puik resultate 42 Sonneblom gee top-opbrengste in die droogte

10 www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

3


AKT UEE L

Sukses plant sukses, oes sukses soos ek dit sien DIT IS MERKWAARDIG dat Suidwes Landbou daarin kon slaag om, ondanks uiters moeilike natuurs­omstandighede, die beste wins in die maatskappy se geskiedenis te behaal – saam met die dividenduitbetaling is sowat R56 miljoen se waarde aan aandeelhouers ontsluit. Die besturende direkteur, Louis Smit skryf dit toe aan die Groep se groei- en diversifikasiestrategie. Die suksesvolle Jenaan-projek in Soedan is maar een van die inisiatiewe van die diversifikasiestrate­gie. Lees gerus die artikel op bls 12 oor die span in Soedan se suksesse en uitdagings. Die projek is al twee jaar lank aan die gang en groei steeds ten spyte van die moeilike omstandighede waaronder daar in die woestyn aangeplant word. Die nuwe meule op Wolmaransstad, wat die

4

ADRESVERANDERING

graanwaardeketting voltooi, is nog ‘n nuwe inisiatief onder die Africum-vaandel. Ek wonder nou of ‘n bakkery nie die prentjie mooi sal voltooi nie? Dan stop ons daar op Wollies vir ons daaglikse brood by die Kontreibakkery. As ons praat oor suksesvolle ondernemings, moet ek noem dat ek die voorreg gehad het om by NviroTek se nuwe perseel te gaan kuier. Daar is nog heelwat werk aan die gebou, maar die spannetjie onder leiding van Dailena Pienaar laat hulle duidelik nie deur enige vorm van ongemak afskrik van hulle werk nie. Dit is interessant om te sien hoe vindingryk die span te werk gegaan het om hulle laboratorium in ‘n ou gimnasium te maak werk. Ek is redelik seker dat NviroTek die enigste laboratorium is wat kan spog dat ‘n baie groot swembad deel van die laboratorium uitmaak.

Ons Eie

Julie 2015

Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak­ besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker

Gratis maar nie verniet nie In hierdie wêreld sien ons meer en meer mense wat alles verniet wil hê. Dit ontstel die meeste van ons, want ons het geleer om vir goed te werk. Ons het geleer dat wanneer ons hard vir iets gewerk het dit dan baie meer vir ons beteken. Dit ontstel ons ook omdat alles wat ons vermag het, het ons bekom deur harde werk, en as iemand anders dieselfde dinge verniet kry, dan ontstel dit ons nog meer. Ons sê dat dit onregverdig is, ons soek vergelding en sommige van ons het selfs baie slegte gedagtes oor wat ons self aan die saak sou wou doen. U kan nou tereg vra, “wat het dit met God of my geloof te make?” Dit is baie eenvoudig. In die tweede boek van Petrus, in die eerste paar verse,

sê dit dat God aan ons alles gegee het wat ons nodig het vir die lewe en vir godsaligheid. Dit beteken eenvoudig dat God alreeds alles vir ons gegee het wat ons nodig het vir ons natuurlike en vir ons geestelike lewe. Baie van ons sukkel om dit te aanvaar. Ons glo ons moet daarvoor werk of dat ons dit moet verdien. Deur dit te wil doen maak ons egter ‘n bespotting van wat Jesus vir ons gedoen het. Sien, Hy het reeds ‘n baie duur prys betaal om dit alles vir ons te gee. Hy het nie net Sy goddelikheid prysgegee en ‘n mens geword nie, maar Hy het ook Sy menswees opgegee. As mens het Hy Sy goddelike natuur opgegee en sonde vir ons geword sodat Hy al God se goedheid, guns en gawes vir ons kon koop. Hy het self ter helle neergedaal om vir ons sondes, swakhede, siektes en tekortkominge te betaal sodat

ons in Hom die volheid van God kan ervaar. Alles wat God vir ons wil gee, alles wat ons nodig het in die lewe en alles wat ons nodig het vir ons geestelike wandel, word gratis aan ons gegee. Ons kan nie daarvoor werk nie, ons kan dit nie verdien nie, ons kan dit nie meer of beter maak nie, ons moet dit bloot ontvang. Daar is egter ‘n baie duur prys daarvoor betaal en daarom is dit so ‘n groot geskenk. Wanneer ons ouers vir ons ‘n verjaardaggeskenk gee, gee hulle dit vir ons omdat ons hulle kinders is en omdat hulle vir ons lief is. Ons het geen aandeel daarin gehad om hulle kind te word nie en nog minder het ons ‘n aandeel daarin gehad om die geld te verdien wat die geskenk gekoop het. Geen kind sal, wanneer hy of sy ‘n verjaarsdaggeskenk kry, vir

hulle ouers se finansiële state vra en dit dan teruggee nie en sê, “Ek sien julle kan dit nie bekostig nie, maar ek wil hierdie geskenk baie graag hê, daarom sal ek daarvoor werk.” Die kind ontvang die geskenk met vreugde en dankbaarheid en probeer nie om dit te betaal of verdien nie. So ook, omdat ons God se kinders is en Hy lief is vir ons, gee Hy alles wat Hy is en het aan ons – gratis! Dit was egter nie verniet nie. Hy vra dat ons ‘n houding van dankbaarheid en aanbidding teen­­oor Hom moet hê oor sy goedheid. Hy vra dat ons alles waarvoor Hy betaal het, sal vat, gebruik en geniet. Neem Sy Woord en lees dit, be­ studeer dit en onthou: elke belofte in Sy Woord is alreeds “JA” en “AMEN” in Christus Jesus.

Net vir die vrou in die platteland Suidwes Landbou het vanjaar met ‘n klub net vir die vrou in die platteland begin – die Seisoene Damesklub is ‘n inisiatief waarmee Suidwes deel wil word van die ondersteuning van nie net die vrou op die plaas nie, maar ook haar eweknie op die dorp. DIE SEISOENE DAMESKLUB is met groot oorgawe en feestelikheid op vier dorpe bekendgestel. Mathys Roets (Hoopstad en Vryburg), Pieter Koen (Wolmaransstad) en Nianell (Christiana) het by die verskillende bekendstellingsfunksies opgetree. Die gaste het saamgesing, hande geklap en selfs ‘n traan of twee weggepink. Die dames het elkeen ‘n pragtige geskenksak met die logo van die Seisoene Damesklub ontvang met geskenke en voorbeelde van produkte wat by die Kontreiwinkels te koop

www.suidwes.co.za

is. Elkeen het ook die splinternuwe Seisoene tydskrif propvol artikels en afslagkoepons ontvang. “Die bekendstellingsfunksies was ‘n groot sukses en ons is baie opgewonde oor die belangstelling in die klub,” sê Lourens Brand, projekbestuur­der van die damesklub. Lede kan hulle gereedmaak vir opwindende damesdae. Die volgende op die agenda is tuinboudae wat aangebied gaan word. Word deel van díe unieke damesklub en moenie

Ons Eie

die heerlike damesdae misloop nie. Aansluitvorms is by alle Kontreiwinkels beskikbaar. Lidmaatskapkoste is R120 vir Suidwespersoneel en R150 vir ander dames.

Yolandi Marx, Estelle Botha en Elindi Liebenberg geniet hulle gate uit tydens die damesdag op Wolmaransstad.

Julie 2015

5


AKT UEE L

MIGDOL KOOK MET STEVE Sing, sing jou woorde teen my vas. Bring, jou hele lewe in 'n tas. Vat die trein na Bloemfontein. En die 506 na Petrus Steyn. En as jy wil, vat daar 'n bicycle ... OF JY NOU MET 'N BICYCLE, 'n bakkie of 4x4 ry, jy het gesorg dat jy by die Steve Hofmeyr-konsert op Migdol kom. En dit was nie sommer 'n konsert in 'n bedompige skoolsaal nie, nee, die konsert is onder die sterre tussen die silo's gehou. Die Boereklub op Migdol het geen moeite ontsien om die fees aan te bied nie en in die proses hulle fondse aan te vul. Steve was sy gewone, sjarmante self en het gou-gou die gehoor aan sy voete gehad. Sowat 1400 mense het van vyfuur af aangekom en hulle plekke in die 'arena' ingeneem. Opslaanstoele, kussinkies en komberse is neergesit vir die groot fees. Steve het gewillig saam met aanhangers vir die kamera geglimlag.

Gooi mielies op Delmas

DIE HOËRSKOOL DELMAS het vir die afgelope drie jaar 'n mie­liefees gehou om fondse vir die skool se behoeftige leerders in te samel. Suidwes Landbou was betrokke by die fees as borg. Die dag, wat met 'n bergfiets­wedren afgeskop het, was gepak met heerlike aktiwiteite soos 'n modeparade en reptielskou. Onder 'n tent was verskeie kos- en produkstalletjies waar besoekers na hartelus kon koop terwyl 'n gaskunstenaar die feesgan­gers vermaak het. Op die foto wapper Suidwes se vlae in die koue Hoëveldbries. Almal was dit eens dat die fees hierdie jaar – soos in die verlede – 'n groot sukses was.

6

Ons Eie

Suidwes maak geskiedenis met aanstelling van drie silobestuurders DIE AANSTELLING VAN drie silo­ bestuurders uit die aange­wese groepe soos gedefinieer deur die Gelykheidswet, is 'n eerste vir Suidwes. Zacharia Lekwakwe, Emmanuel Tlhagaswane en David Senatle is van die eerste Junie aangestel as silo­bestuurders by Wolmaransstad-, Bamboesspruit- en Bloemhof-silo onderskeidelik. Hulle het die standaard-ontwikkelingsprogram vir graansilopersoneel met vlieënde vaandels voltooi.

Klim die korporatiewe leer – Zacharia Lekwakwe (bo), Em­ manuel Tlhagaswane en David Senatle is onlangs as silobe­ stuurders aangestel.

Julie 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Uitstekende wins Die Suidwes Groep het vanjaar die beste wins in sy geskiedenis behaal. Verdienste per aandeel het met 21.6% toegeneem, nadat ‘n Aansporingskor­ ting aan klante betaal is, wat 174% teenoor die vorige jaar toegeneem het. Wat die resultaat meer merkwaardig maak, is die feit dat die Suidwes-gebied die afgelope vier jaar slegs sowat twee derdes van die langtermyn gemiddelde reënval ontvang het. Saam met die dividenduitbetaling is sowat R56 miljoen se waarde aan aandeelhouers ontsluit. Volgens Louis Smit, besturende direkteur van Suidwes, is die goeie resultaat te danke aan die Groep se groei en diversifikasiestrategie.

Plastic Droppers

RIDGEDROP-DROPPER TM Solied met riwwe

SABS getoe

ts

Net R3,20 + BTW per meter

Aflewering moontlik • Baie sterk en solied • Liggewig • Unieke greepontwerp: riwwe • UV-beskermend vir 20 – 30 jaar • Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) • Ideaal vir elektriese heinings • Goedkoper as hout of staal!

Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60%

Isak

Tel: 083-250-5363 Tel: 012-111-0321 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za

Suksesvolle boeredag op Hoopstad

www.plasticdroppers.co.za

Die koue wyk voor die yslike vure by die Hoopstad-boeredag.

Dr Piet Croucamp het die Boere­dag op Hoopstad op sy kenmerkende reguit manier toegespreek en 'n prentjie geskets oor wat die toekoms vir landbou inhou. Hy is verbonde aan die Departement Politieke Wetenskappe aan die Universiteit van Johannesburg en het ’n DPhil van die Universiteit van die Vrystaat en doseer sedert 1994 voor- en nagraadse kursusse aan verskeie universiteite. Sy navorsingsbelangstelling is hoofsaaklik die kwantifisering van sosiale konsepte en meetbaarheid van sosiale kohesie.

Thys Neethling (waarnemende Groep Menslike Hulpbronne Bestuurder), Louis Smit (HUB), dr Piet Croucamp, Hanro Steenekamp (Takbestuurder Bamboesspruit) en Anton Jordaan (HUB: Graan).

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

Dr Piet Croucamp, die hoofspreker by die geleent­ heid, spreek gaste toe oor die uitda­gings wat die Suid-Afrikaanse landbou in die gesig staar.

7


AKT UEE L

Meule op Wolmaransstad voltooi graanwaardeketting Suidwes het ‘n strategiese besluit geneem om verder in die graanwaardeketting betrokke te raak deur ’n meule op Wolmaransstad by die silo op te rig. Dit is baie sentraal geleë en die infrastruktuur is reeds daar.

"DIE SILO EN stoor was reeds hier en ons spaar dus baie aan infrastruktuur. Die beplanning van die projek het reeds in Januarie vanjaar begin met die opgrade­ring van die gebou vir die meule," sê Dries van der Linde (sr. silobestuurder). In die proses is die vorige meule (Westra) se stellasie afgebreek, sinkplate vervang en geverf, die gebou binne en buite uitgeverf en die sement­vloere herstel. Die kantore is ook opgeknap. Daar is 'n groot gaandery ('gantry') bo-oor die trein­spoor gebou sodat die 'hominy chop' met die treinspoor deur middel van ’n blaaslyn vervoer kan word. ’n Vervoerband vanaf die silo na die meule is gebou om die opgebergde mielies daarheen te vervoer. ROFF, die verskaffer van die meule, het dit in April begin oprig. Die meule is met groot vragmotors na Wolmaransstad vervoer. "Dit is soos ’n groot legkaart aanmekaar gesit en ons het in Mei die eerste keer begin maal, alhoewel dit slegs vir toets­doeleindes was. Meelmonsters is na Microchem, ’n laboratorium in die Kaap, gestuur om die same­stelling daarvan te bepaal. Sodra ons die uitslae kry, word dit agterop die sakke gedruk en gaan ons laat waai," sê Dries. Die meel word onder die handelsnaam 'Maatla' bemark en die nodige inligting sal binnekort op die sakke gedruk word.

8

Die bestaande geboue op die terrein is opgeknap en ingerig om die meule te huisves. Die logo’s en kleurvolle bemarkingsmateriaal op die buise en die muur van die kantore adverteer die meule in Wolmaransstad.

1-4: Die meule is op 'n vrag­ motor vervoer en stuk-vir-stuk aanmekaar gesit. 5: Die eerste paneel is in die gebou geplaas. "Ons gaan eers met die boere omruile doen en dan sal die meel ook in die Kontreiwinkels verkoop word,” het Dries gesê. Die logo's is op die buise geverf en die kantoor kry ook die handelsmerk aan die buitekant.

Ons Eie

Links in die foto is die eerste sakke meel wat gemaal is. "Die meule is ingestel en getoets en die masjien wat vitamiene byvoeg, is gekalibreer. Sodra ons die nuwe sakke met ons handelsmerk ontvang, is ons geheel en al in produksie," sê Dries van der Linde (sr. silobestuurder).

Julie 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

9


AKT UEE L

Jongboertjies met groot planne DIE SUIDWES JONGBOERTJIEDAG word vir die derde jaar in ‘n paar streke van die maatskappy aangebied. “Die terugvoer van die jongmense wat die vorige dae bygewoon het, was so positief dat ons besluit het om dit ‘n jaarlikse instelling te maak,” vertel Deon Badenhorst (Operasionele bestuurder: Handel). Suidwes teiken hiermee leerders wat ‘n sterk passie vir landbou toon, wat landbouverwante skoolvakke neem en moontlik ‘n loopbaan daarvan wil maak. “In 2015 het ons meer streke, skole en leerders genooi om deel te neem aan hierdie unieke geleentheid en Jongboertjiedae word vanjaar op Wolmaransstad, Hoopstad, Schweizer-Reneke en Vryburg gehou. Toegang is gratis en leerders ontvang

10

Ons Eie

‘n pakket met verskeie promosiemateriaal,” sê Deon. Die programme fokus daarop om die leerders te stimuleer en sluit die volgende in: • Postmortem ondersoek op ‘n skaap • Graanverbouing (saad & kunsmis) • Verskillende bees- en skaaprasse • Veesiektes en veemiddels • Veevoeding • Meganisasie-demonstrasie • Roofdiere en ongediertes • Brand en tattoëring van vee

Boertjies van Mampho Secondary School Ons Eie het met die hoof van Mampho Hoërskool in Migdol, dr MG Lekalakala, gesels. Hy vertel dat tien van sy leerders die Jongboertjiedag bygewoon het. “Ons is ‘n groot skool wat baie gewild is omdat ons slaagsyfer so goed is,” vertel hy. Van die kinders wat die dag bygewoon het, stel belang om veeartsenykunde of in dieregesondheid te studeer. Die skool het voorheen landbougerigte vakke aangebied, maar weens ‘n tekort aan fondse en die afsterwe van die landbou-onderwyser, kan hulle dit nie meer doen nie. “Ek hoop om ‘n borg te kry om ons skool te ondersteun,” het hy gesê.

Julie 2015

Ons Eie het met Alishia Opperman en haar ma, Alida oor die Jongboer­tjiedag gesels. Haar graad 8-koppie staan net in een rigting – dié van ‘n perdeboer. Sy was een van die skoliere by die Jongboertjiedag op Schweizer-Reneke. Alishia is ‘n kranige perderuiter wat al by talle skoue en kompetisies deelgeneem het. “Sy is ‘n regte plaaskind en het die Jongboer­tjiedag baie geniet,” vertel haar ma, Alida. Alishia is in die landbouskool op Sannieshof. “Ons was ses kinders van my skool daar, drie seuns en drie dogters, en ek het dit ongelooflik baie geniet. Ek gaan beslis volgende jaar weer,” sê Alishia.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

11


AKT UEE L

Puik resultate na 24 maande van sweet Suidwes Landbou se projek in Soedan is nou reeds vir twee jaar aan die gang en baie water het al oor die projek geloop in hierdie tyd en baie hektare se gewasse is onder uiters moeilike omstandighede hier verbou.

DCA

Suidwes is twee jaar gelede gekontrakteer om landboukundige dienste by die Amtaar-projek, wat aan Jenaan Investment en die Soedanese regering behoort, te lewer om ‘n lewensvatbare landbouprojek in die noorde van Soedan te vestig. Die projek beslaan 12 000 ha en daar is reeds op 5000 ha Floppybesproeiing geïnstalleer (pale, kabelnetwerke, pypwerk en boorgate) en op 4 300 ha is daar reeds aanplantings gemaak. Die aanplantings bestaan uit lusern, Sudangras, Pearl Millet

DCA FIRE FIGHTING EQUIPMENT CC Supplier of Agricultural & Fire Fighting Equipment

en Rhodes-gras, maar gedurende die laaste jaar is daar hoofsaaklik op koring, lusern en Rhodes-gras gekonsentreer. Daar werk tans sewe Suid-Afrika­ ners op die projek. Hulle is verantwoordelik vir die totale landboukundige funksionering en bestuur van die projek. Gedurende die laaste 12 maande is daar 65 000 bale Rhodes-gras, 20 000 bale Pearl Millet en 15 000 bale Soedan-gras geproduseer met ‘n gemiddelde gewig van 650 kg

NOORD-SOEDAN

land van sand en die Nyl Verskaffer van die RINKHALS-reeks vuurvegterprodukte Ingesluit 500 ℓ 600 ℓ, 1 000 ℓ, 2 500 ℓ en 3 000 ℓ slip-on eenhede Alleenverskaffer van die Wuli-reeks pompe in SA

12

Tel: 018 290 9520 / 9407 / 5228 Cell: 082 444 1605 / 082 859 7187 Email: dcafire@lantic.net www.firefightingequipment.co.za

Ons Eie

NOORD SOEDAN IS ‘n land in Noord-Afrika en die derde grootste land in Afrika. Dit grens aan Libië in die noordweste, Egipte in die noorde, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek in die weste, Suid-Soedan in die suide, Ethiopië en Eritrea in die ooste en die Rooi See in die noordooste. Khartoem is die hoofstad en Omdoerman is die grootste stad van Noord-Soedan. NoordSoedan het ‘n oppervlakte van 1 886 068 km² en het in 2008 31 894 000 inwoners gehad. Die Blou en die Wit Nyl kom in Khartoem bymekaar en vorm die

Julie 2015

Amtaar-projek

Al Dabbah

Nylrivier wat vloei deur Egipte tot in die Mediterreense See. Die noordelike deel van NoordSoedan is hoofsaaklik woestyngebied en word gekenmerk deur sandstorms en dis juis hier waar Suidwes Landbou vir die laaste 24 maande kom nesskop het.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

per baal. Die gemiddelde opbrengs vir Pearl Millet beloop 7.5 ton/ha, Rhodes-gras 3.2 ton/ha en lusern 2.4 ton/ha. Die bale word via Port Soedan per boot uitgevoer na die Verenigde Arabiese Emirate. Daar is ook gedurende die laaste 12 maande 88 550 ton Rhodes-grassaad gebruik en 11 982 ton kunsmis is gestrooi. Die grond wat bewerk word, is in 723 plase van ses hektaar elk verdeel. Hulle gebruik Floppy besproeiing wat deur boorgate gevoed word. Met die besproeiingsnetwerk dien hulle elke 48 uur 18 mm water toe. In die somermaande wissel die temperatuur tussen 26 en 53 grade en

www.suidwes.co.za

tussen -1 en 26 grade in die winter. Die grootste uitdagings wat die projekspan tans ervaar, is windskade, watertekorte en hoë dagtemperature. Die erge hitte en wind veroorsaak ook meganiese skade aan die toerusting en implemente.

Op die foto links is die SuidAfrikaanse span van links voor Thinus Grobbelaar en Wessel van der Walt en agter van links is IB Oosthuizen, Louis Lategan, Gerald Dunhin en Johan Preto­ rius. Carl Bierman was afwesig met die neem van die foto.

Ons Eie

Julie 2015

13


AKT UEE L

'n Spogtrofee vir 'n spogspan HOU SUIDWES SE NAAM HOOG – Die o/13-rugbyspan van Gekombineerde skool Christiana het rede om breed te glimlag. Hulle het die Noordwes Platteland se Kleinskole-trofee verower en die manne is nie min trots op hulle Suidwesgeborgde rugbytruie nie. "Dié span neem oor die volgende drie weke deel aan die Luiperds-finaal en ons kan nie wag om daardie trofee ook Christiana toe te bring nie," vertel Johan Welman, silobestuurder op Christiana. Die manne van Christiana is egter nie die enigste skool wat deur Suidwes Landbou geborg word nie. Suidwes borg vanjaar al die eerste sportspanne van die skole in dorpe waar Suidwes betrokke is. Elke skool kry dieselfde bedrag en kon self besluit hoe hulle dit wou bestee. “Met hierdie inisiatief wil ons wys dat Suidwes ‘n maatskappy is wat omgee vir die gemeenskap waar dit gevestig is,” het die bemarkingskoördineerder, Sunelle van Rooyen gesê.

Kry kleur met Panache SUIDWES SE KONTREIWINKELS in die groter dorpe brei hulle verfreekse uit om die volledige reeks van Jack’s Paint aan te bied. “Dit is veral die Panache-reeks wat ons kernhandelsmerkproduk vorm en dié hoë gehalte produk bied ook uitstekende waarde vir geld,” vertel Robbie Dawes, die takbestuurder op Vryburg. Dié tak het twee kundige verfmengers, Chris Wentzel en Gerald Taylor. Op die foto’s hierby is Farm Expert Properties se gebou wat verlede maand ten volle binne en buite uitgeverf is.

14

Ons Eie

Julie 2015

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Februarie 2015

15


AKT UEE L

KONTREIKUIER

Ons Eie het by NviroTek se nuwe gebou gaan inloer om te sien hoe die grootste onafhanklike laboratorium in Suid-Afrika nou in sy nuwe baadjie lyk. Die nuwe perseel is op Ifafi, ‘n groeiende besigheidshub teen die Hartbeespoortdam wes van Pretoria en Lanseria.

Geen vrees vir 80 000 monsters

Die grond monsters word in plastiese sakkies ontvang , uitgepak en in die rekenaarsisteem opgeneem.

Wanneer ‘n laboratorium meer as 80 000 monsters per jaar hanteer, beskou die Amerikaners dit as ‘n mega-lab. “Ons doen baie meer as 80 000 monsters per jaar,” sê Dailena Pienaar, hoof uitvoerende beampte van NviroTek Labs. Volgens hulle webwerf hanteer dié laboratorium meer as 170 000 monsters en verdien dus om as ‘n mega-lab bekend te staan. Grond monsters word in verskillen­ de volumes uitgemeet vir verskeie analises.

16

Ons Eie

Julie 2015

“NVIROTEK IS TANS beslis die grootste onafhanklike laboratorium in Suid-Afrika,” sê Dailena. Hoewel Suidwes, via Africum, 80 % aandele in NviroTek besit, is meer as 80 % van die maatskappy se omset afkomstig uit ander gebiede. ”Ons kliëntebasis strek letterlik van die Kaap tot Kairo.” NviroTek is ‘n groot rolspeler in die Suid-Afrikaanse landbou en is internasionaal bekend. Die vorige perseel het nie meer aan die standaard van dié groeiende besigheid voldoen nie. Die gebou het erg agteruitgegaan en dit het nie finansieel sin gemaak om herstelwerk aan ‘n gehuurde gebou te doen nie. “Die nuwe perseel op Ifafi het teen ‘n baie goeie prys in die mark gekom en ons het besluit om dit te koop. Nou besit ons ‘n bate en daar is baie ruimte vir uitbreiding. Hoewel ons graag nader aan die groter besigheidsentra sou wou wees, is die perseel bekostigbaar en steeds maklik vir koerierdienste en vir kliënte om te bereik. Dit is ook nie ver van die Lanseria-lughawe nie,” het Dailena gesê. Vervolg op bl 18

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

17


AKT UEE L

KONTREIKUIER Die foto wys hoe ’n totale ver­ tering op kalk en kunsmismon­ sters gedoen word om katione en mikro-elemente te bepaal.

Om ‘n laboratorium op te pak en daarmee te trek is reeds ‘n uitdaging. Om ‘n laboratorium in ‘n gebou te maak pas wat voorheen ‘n gimnasium was, was behoorlik ‘n uitdaging. “Dit het baie kreatiwiteit, dink- en bouwerk geverg om die gim te omskep in ‘n behoorlike laboratoriumfasiliteit,” vertel sy.

Thomas Mashiane, laborato­ rium assistent by NviroTek, berei verdunnings voor wat op kunsmismonsters gedoen word vir die bepaling van N, P en K waardes.

Nuwe visie

“NviroTek is ‘n finansieel gesonde en onafhanklike klein maatskappy. Hoewel ons personeelkorps klein is, is ons baie effektief omdat hier ‘n sterk kultuur van eienaarskap gekweek is. Personeel het van die begin af die voordele van winsde­ ling gehad en daarom is almal be­ reid om by alles in die onderneming betrokke te raak,” vertel Dailena Pienaar, hoof uitvoerende beampte van NviroTek.

Saam met die nuwe perseel kan die nuwe visie wat NviroTek vir die toekoms het ook nou realiseer. Omdat dit nodig is om hulle risiko wat met die landbou gepaardgaan te verminder het die bestuurspan van NviroTek besluit om hulle dienste uit te brei na bedrywe waar om­ge­wingsimpakstudies noodsaaklik is. Dit sluit onder andere die mynbedryf in. Dr Hendrik Smith, ‘n omgewingskonsultant, is by NviroTek ingetrek om stukrag aan hierdie inisiatief te gee. “Ons het al die toerusting en kennis wat nodig is om maatskappye te help met impakstudies wat grondgesondheidontledings insluit. Ons beweeg hiermee na ‘n meer holistiese benadering jeens grond. Grond is ‘n lewendige biologiese medium met verskeie organismes en chemiese komponente en dit was nog altyd moeilik om te kon bepaal hoe gesond grond werklik is. Vervolg op bl 20

18

Ons Eie

Shadrack Motshoare besig om die pH van grond te bepaal op ‘n instrument wat deur NviroTek se span self ontwerp is en met behulp van ‘n plaaslike ingenieur gebou is. Die toerusting word so ontwerp dat dit toetse op tien monsters gelyktydig kan doen om deurset vir presisiemonsters te verhoog.

Erik Hurn, laboratorium tegnikus, besig om die koolstofin­ houd van grond volgens die Walkley Black metode te bepaal.

Julie 2015

www.suidwes.co.za



AKT UEE L

“Grondbiologie is ‘n afdeling wat in die verlede afgeskeep is. Grondbio­ logiese toetse is natuurlik al in die verlede elders in die wêreld gedoen, maar die toetsproses duur baie lank. Vir navorsingslaboratoriums is tyd nie so ‘n kwessie nie, maar vir ‘n kommersiële laboratorium is dit ‘n groot probleem. Die voordeel van die Solvita-toets is dat die meting binne 24 uur afgehandel is en die inligting oor die aktiwiteit van grondmikrobe is dan beskikbaar. “Bykomend tot die Solvita-toets gebruik ons ook die Haney-metode vir grondanalises. Die Haney-metode verskaf die res van die inligting wat nodig is om grondgesondheidswaardes te bereken, soos onder andere die C:N-verhouding, organiese N wat nie voorheen bepaal is nie asook organiese C. Hierdie kwantitatiewe waardes word dan gebruik om gronde te vergelyk. Bewerkingsmetodes en boerderypraktyke het ‘n groot invloed op grondgesondheid. So bevoordeel minimumbewerking asook die gebruik van deklaaggewasse of kombinasies van bewerkingspraktyke en deklae grondgesondheid as die klimaat dit toelaat,” vertel Dailena.

KONTREIKUIER Francois Reeders, operasionele bestuurder van NviroTek hou dop hoe Miriam Mashiane, laboratorium assistent, grondmonsters filtreer nadat dit met ‘n ekstraheermiddel geskud is.

Nuwe toetse Een van die nuwe tegnologieë wat hulle opgewonde maak, is NU-Test, ‘n tegnologie waarvoor hulle die lisensie van Agvita in Australië bekom het. Met behulp van hierdie toetse kan ‘n boer seker maak dat die voedingsopname van enige tipe gewas regdeur die seisoen voldoende is. Die voordele wat hierdie toets bring, is dat uitslae van die toets reeds die dag nadat die monster by die laboratorium

Cecile Reeders eval­ ueer watermonsters vir teenwoordigheid van mikro-organis­ mes (E.coli en fekale colivorme) om te bepaal of dit geskik is vir menslike gebruik.

afgegee is, gereed kan wees. So kan voedingprobleme in plante baie vroeg raakgesien word – voordat dit die plant se prestasie beïnvloed. ‘n Toets wat NU-Test ondersteun, is N-Check, ook ‘n oesmoniteringstoets met ‘n vinnige omdraaityd, wat die vry beskikbare en loogbare stikstof in die wortelsone akkuraat kan meet. Dit help produsente met stikstofbestuur, veral op groentegewasse soos uie en wortels waarop stikstof ‘n groot invloed het. ‘n Produsent verhoog die opbrengs en kwaliteit van sy oes asook sy winsgewendheid deur stikstof effektief te bestuur, en daarmee saam voorkom hy die gevaar dat stikstof in die grondwater kan uitloog. Volgens Dailena wil hulle vanjaar begin werk aan ISO-akkreditasie. “Dit is egter ‘n geweldige taak wat baie druk op almal plaas. Elke aspek van die laboratorium se aktiwiteite, beide die bestuur- en tegniese sisteme moet gedokumenteer word en dit neem

Verantwoordelike chemiese afvalhandtering – afval word in die tenks gestoor om deur ‘n maatskappy, wat spesialiseer in skadeloosstelling van chemika­ lieë, verwyder te word. baie tyd in beslag,” sê Dailena. Oor die toekoms sê sy dat tegnologie vinnig ontwikkel en dat laborato­ riumtegnieke meer gerekenariseerd word, sodat minder hande en chemikalieë in prosesse gebruik word. Die gebruik van infrarooitegnologie gaan die industrie baie verander. NviroTek ondersoek ook tans hierdie tegnologie.

20

Ons Eie

Julie 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

21


AKT UEE L

Knip strooptyd kort met ‘n By NAMPO het dit vanjaar behoorlik gegons oor die nuutste toevoeging tot Suidwes Landbou se heelgoedere reeks, die Balzer-tapkar. Hierdie reuse-tapkar het ‘n aantal indrukwekkende kenmerke, die gegons daaroor by NAMPO was nie verniet nie. Hierdie masjien het ‘n enorme kapasiteit van 60 ton en kan in slegs 90 sekondes leeg gemaak word. Een van Suidwes Landbou se leierboere en klante het onlangs die eerste Balzer-tapkar in Suid-Afrika by Suidwes aangekoop. Hy is baie tevrede met sy Balzer en het aan Ons Eie die volgende uitstaande voordele uitgelig: • By die klant het die Balzer en een groot rusperband trekker, wat buitendien in die stoor staan gedurende planttyd, twee 200 kw trekkers met

22

elk ‘n 23ton tapkar vervang. • Met die reuse-kapasiteit van die Balzer-tapkar dien dit ook as ‘n landsilo. Die graanverkrygers kan maklik in die land laai sonder om die stroopproses stadiger te maak. • Die Balzer-tapkar het ook ‘n ingeboude skaal van baie hoë gehalte. Dit maak die kontrolering van die stroopproses en opbrengsberekeninge maklik en meer effektief. • Laastens het die rusperbande op die tapkar minder kompaksie-effek op die lande as ‘n gewone 6 ton tapkar.

Foto bo: Uittaptyd word tot een-en-’nhalwe minuut verkort. Foto links: Die rus­ perbande verminder kompaksie in die land.

“In die landboubedryf is dit tans van kardinale belang om voor te bly met die ongelooflike ontwikkeling van tegnologie. Elke produsent moet probeer om so effektief moontlik te produseer om winsgewend te bly. Hierdie toevoeging tot Suidwes Landbou se heelgoederereeks is die ideale instrument om dit mee te vermag,” het Hanro Steenekamp, takbestuurder van Suidwes Landbou op Hoopstad, gesê.

Ons Eie

Julie 2015

www.suidwes.co.za


ALKATNDB UEEOL UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

23


AKT UEE L Die kajuite van hierdie reeks is gebou vir operateursgerief – geraasvlakke is minder as 68 db en die kajuit is 3.1 m3 groot.

New Holland se kragreuse NEW HOLLAND WEET dat opera­ teurs­gerief die sleutel is tot maksimum produktiwiteit en dus word die T8- en T9-reeks trekkers toegerus met kajuite wat slegs 68 db geraasvlakke toelaat. Gerief word verder vergroot deur ‘n ruim 3.1 kubieke meter kajuit, en ‘n lugsuspensie-sitplek wat ook met verhitting spog. Gekoppel aan die sitplek, om saam met die operateur te draai en te beweeg, is die SideWinder 2-armleu­ nings wat alle kontroles in ‘n unieke uitleg binne bereik van die operateur plaas. Met New Holland se CommandGrip word verskeie funksies in die handpalm van die operateur geplaas. Hiermee kan die operateur gerieflik die driepunt beheer, rigting verander, die satellietstuurstelsel aktiveer, ensovoorts. Albei kajuite word ten volle met ‘n geïntegreerde PLM-satellietstuurstelsel toegerus wat ook ‘n jaar gratis RTX-sein insluit. ‘n Groot Intelliview 4-skerm in die trekker verskaf ‘n verskeidenheid inligting soos brandstofverbruik en ‘n kaart van die bewerkte area aan die operateur.

24

RTX-sein bied ‘n akkuraatheid van 3,8 cm jaar op jaar sonder enige duur basisstasies of addisionele toerus­ ting. Dit kan in verskeie landprofiele soos ‘n reguit lyn, spiraal, kurwe/ kontoer aangewend word. Brand­ stofverbruik word geoptimaliseer deur GSM (Ground Speed Management) op beide reekse. Daarmee kan die operateur die spoed waarteen gewerk word kies en die trekker bepaal self die enjintoere en ratte na gelang van die vrag. New Holland se T8-reeks trekkers bestaan uit vyf modelle, naamlik die T8.275 (173 kW), T8.300 (189 kW), T8.330 (209 kW), die T8.360 (229 kW) en die T8.390 (250 kW). Hierdie trekkers spog met die langste wielbasis in hulle klas. Die wielbasis van 3 450 mm onderskei hulle duidelik van enige konkurrent. Hierdie konsep bied stabiliteit en optimale gewigverspreiding tydens die gebruik van swaar driepuntimplemente en verseker dat elke kilowatt vir trekkrag aangewend word. Ten spyte van die lang wielbasis het die trekkers ‘n buitengewone kort stuursirkel danksy ‘n spesiaal

Ons Eie

New Holland Suid-Afrika (NHSA) het ‘n reeks trekkers in hul stal wat strek vanaf 26 kW tot 447 kW. Hierdie artikel fokus op die T8- en T9-reekse trekkers tussen 173 en 447 kW.

Die SideWinder 2-armleunings plaas alle kontroles in ‘n unieke uitleg binne bereik van die operateur. ontwerpte voorseksie wat veroorsaak dat die wiele teen ‘n indrukwekkende hoek van 55 grade kan draai. Dit alleen maak die reeks uiters veelsydig – baie kort draaie kan op die wenakker gemaak word waar spasie beperk is weens lang kombinasie implemente. Die reeks trekkers maak gebruik van IPT (Iveco Powertrain) Cursor 9-liter enjins wat turbo aangejaag en

Julie 2015

tussenverkoel is. Hierdie betroubare enjins is nie net bekend vir hulle brandstofdoeltreffendheid nie, maar ook hoe wringkrag teen baie lae enjintoere aangewend word. Die enjin is gekoppel aan ‘n UltraCommand “powershift”-transmissie wat 18 vorentoe- en vier truratte bied. Die T8.275 tot T8.360 lewer 116 liter per minuut hidrouliese vloei, terwyl die T8.390 toegerus is met ‘n megavloeisisteem wat 282 liter per minuut lewer. Die olievloei is elektronies verstelbaar om aan die implement se behoefte te kan voldoen deur vier stelle eksterne hidrouliese punte. Met ‘n driepunt-hyserkapasiteit van 9 ton, ‘n standaard-toegeruste koppelstuk (quick hitch) en ‘n hoëkapasiteit swaardienstrekstang hanteer die trekkers enige implement met gemak. New Holland se T9-reeks trekkers bestaan ook uit vyf modelle, naamlik die T9.450 (298 kW), T9.505 (336kW), T8.560 (373 kW), die T9.615 (400kW) en die T9.670 (400 kW). Hierdie trekkers stuur deur middel van artikulasie. Die reeks word toegerus met 6-silinder Iveco Cursor 13 enjins wat ‘n inhoudsverplasing van 12.9 liter het en ‘n maksimum wringkrag van tot 2848 nm teen slegs 1400 opm. Gekoppel aan die enjin is ‘n 16x2vol “powershift”-transmissie wat krag aan swaardiensaste oordra. Twee bande-opsies is beskikbaar na gelang van die model. Hidrouliese olievloeilewering is 216 l/min wat deur vier stelle koppelings gelewer word en dit kan aangepas word na 428 l/min deur agt stelle koppelings indien die aanwending dit vereis. ‘n Driepunt met ‘n swaardienshegstuk (quick hitch) vorm deel van die trekkers se standaardtoerusting, so ook ‘n beladingpakket wat wielglip tot die minimum beperk en maksimum produktiwiteit tot gevolg het. Albei reekse trekkers word gerugsteun deur NHSA se landswye handelaarsnetwerk. Vir meer inligting besoek www.nhsa.co.za of kontak Ockert Scheepers by 0823802405.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

25


AKT UEE L

Voorkom en beheer

VELDBRANDE Die brande wat gedurende Februarie en Maart 2015 in die Weskaap uitgebreek het, het ons opnuut weer daaraan herinner hoe ernstig die gevolge van veldbrande kan wees. HIER IN ONS kontrei lê die grootste deel van ons brandseisoen nog voor en moet aksies ter voorkoming van die ontstaan en verspreiding van veldbrande nou aandag geniet. Daar is reeds in ander artikels aandag gegee aan die spesifieke bepalings van Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande (Wet 101/1998) en ons lig nou slegs kritiese aangeleent­hede uit wat u kan help met die voorkoming en /verspreiding van veldbrande. Die wet en artikel wat onderskeidelik op www.gov.za/ sites/www.gov.za/files/a101-98.pdf en www.landbou.com/bedrywe/sósê-die-brandwet/ beskikbaar is, moet hiermee saam gelees word.

Wat u egter moet onthou!

• Die eienaar/huurder moet brandstroke wat skoon is van brandbare materiaal en wyd genoeg is om ‘n brand te beheer, maak en in stand hou. Uitsonderings kan slegs deur die Minister goedgekeur word. • Kennisgewing – Jou bure moet minstens 14 dae vooraf skriftelik kennis gegee word van jou voorneme om te brand. Die buurman of sy verteenwoordiger moet teenwoordig wees met voldoende personeel om verspreiding van die brand na hul grond te voorkom. • Brandstroke mag nie gemaak word nie wanneer die plaaslike

26

brandbeskermingsvereniging (BBV) teen die voorgestelde brand beswaar aangeteken het, of wanneer die brandgevaar in die streek hoog aangeslaan word, of wanneer die toestande nie bevorderlik vir die brand van brandstroke is nie. • Personeel en toerusting – daar word ook vereis dat die eienaar/huur­der van grond voldoende opgeleide personeel en toerusting beskikbaar moet hê om brande te kan beheer. • Alarm – wanneer jy bewus word van ‘n brand moet jy alles in jou vermoë doen om die brand te blus of te keer dat dit versprei. Dit is raadsaam om dadelik die eienaars van aangrensende grond, jou BBV, die munisipaliteit, polisie en jou verseke­raars in kennis te stel van ‘n brand wat woed.

DEUR: Gerhard Booysen, bestuurder: Suidwesfin

Die wet plaas die onus vir die voor­koming en beheer van bos- en veldbrande op die grondeienaar/ huurder van die grond. Indien die wet nie nagekom word nie kan hulle persoonlik aanspreeklik gehou word vir die fisiese skade en die koste wat aangegaan is om die brand onder beheer te bring. Versekeringskontrakte vereis ook dat daar aan alle tersaaklike wetgewing voldoen moet word alvorens eise hanteer kan word. Hanteer dus u brandrisiko hierdie seisoen met ‘n plan en voorkom verliese. BRANDRISIKOBESTUUR 1. Voorkoming van brande - Skep ‘n bewustheid van brandgevaar by deelhouers op die plaas. - Handhaaf goeie verhoudings met jou werkers en die gemeenskap.

- Tref voorsorg: voorbrande/brandbane/skoon werf/ brandbeheerprosedures. - Kom wetsvereistes en polisbe­pa­ lings na. 2. Beperk fisieses skade - Skep ‘n brandbestrydings­net­ werk, werk saam met Brand­ beskermingsver­eniging (BBV)/ Polisie/ Gemeenskap/ Working on fire (www.workingonfire.org). - Parate brandbestryding - perso­ neel, toerusting en opleiding. - Gebeurlikheidsplanne, verskuiwing van bates/diere en noodvoorrade. 3. Beperk finansiële verliese - Versprei risiko. - Kry voldoende versekering.

Indiensname van tydelike werknemers WYSIGINGS AAN DIE WET op Arbeidsverhoudinge het die voorwaardes waaronder werkne­ mers tydelik aangestel mag word ingrypend verander. Die detail kan op die webblad van die Departement van Arbeid (www.labour.gov.za – kyk na Art 198B en 198C van die Wet) verkry word. Ons bespreek die belangrikste wysigings hier. • `n Kontrak vir ‘n vaste termyn beëindig as gevolg van: - `n spesifieke “gebeurtenis”, - voltooiing van `n spesifieke taak of projek, - bereiking van `n vasgestelde datum, andersins is dit `n permanente kontrak. Die wysigings is nie van toepassing indien die werkgewer minder as

Ons Eie

tien werknemers in diens het nie, of minder as 50 werknemers in diens het en wie se besigheid vir minder as twee jaar bestaan nie, tensy die werkgewer meer as een besigheid bedryf. • `n Tydelike werknemer mag nie vir `n tydperk van langer as drie (3) maande in diens geneem word nie, tensy daar spesifieke omstandighede bestaan om `n langer tydperk te regverdig. Voorbeelde hiervan sluit in die vervanging van `n permanente werknemer wie vier (4) maande kraamverlof neem, of `n student wat praktiese werk moet doen om `n formele kwalifikasie te bereik, of `n spesifieke, nie-herhalende projek voltooi moet word, of seisoenwerk. Indien `n tydelike kontrak langer

Julie 2015

as drie (3) maande duur, word aanvaar dat dit `n permanente pos en aanstelling is. • So `n kontrak mag in die geheel gesien nie minder gunstig as ander permanente kontrakte wees nie. Dit beteken tipies dat vergoeding en voordele dieselfde as die van permanente werknemers moet wees. Hierdie mag `n wesenlike impak op indienshoudingskoste verteenwoordig. • Werkgewers word aangeraai om nie tydelike werkskontrakte van langer as drie (3) maande aan te gaan nie. Die rede vir die tydelike aanstelling moet behoorlik in die kontrak omskryf word.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

27


BO ERDERYBES T UUR

Gesonde finansiële bestuur vir die primere landbouprodusent ARTIKEL DEUR:

Martin Ehlers Hoof Uitvoerende Beampte by Suidwes Fin

Die primêre landbousektor in Suid-Afrika ervaar jaarliks al hoe groter risiko’s wat groot druk op die voortbestaan van die landbouprodusent plaas. Stygende insetkoste, verande­ rende weerpatrone en die volatiliteit in markte en produsen­ tepryse, is maar net ‘n paar voorbeelde hiervan. Om hierdie rede raak finansiële bestuur al hoe meer belangrik.

DIE BOER MOET nie net hierdie risiko’s effektief kan bestuur nie, maar ook in ‘n finansiële posisie wees om aanpassings en implementering van nuwe tegnologie te kan befonds. Daardeur kan hy sy oorlewingsvermoë op lang termyn verseker. Effektiewe finansiële bestuur gaan gepaard met die gereelde opstel van ‘n akkurate balansstaat, sowel as ‘n begrote kontantvloeistaat. Die balansstaat moet opgestel word deur markverwante batewaardes en verkieslik voor-oes syfers te gebruik. ‘n Begrote kontantvloeistaat strek oor 12 maande, waarin alle

inkomstes en alle uitgawes getoon moet word vir daardie een finansiële jaar. Die begrote kontantvloeistaat is die mees effektiewe hulpmiddel om te meet of doelwitte wat vir die jaar gestel is, behaal gaan word en indien nie, watter nie-begrote uitgawes of inkomstes die rede was vir moontlike afwykings. Die begrote kontant­ vloeistaat moet gereeld, verkieslik maandeliks, bestuur word en werklike syfers moet gekontroleer word met die begrote syfers. Enige afwykings moet opgevolg word en redes vir hierdie afwykings moet geformuleer word. Hieronder word ‘n paar verhou­dings bespreek wat ‘n bydrae kan maak tot die primêre landbouprodusent se finansiële bestuursprogram. Balansstaat Die belangrikste verhouding waarop boere in hulle balansstate moet let, is

die skuldlasverhouding. Dit word bereken deur totale laste as persentasie uit te druk tot die markwaarde van die boer se bates. Aanvaarbare norme vir hierdie verhouding word bepaal deur die tipe boerdery of bedryfstak wat beoefen word. Riglynwaardes vir boere wat gewasse verbou, is ongeveer 50% en vir ekstensiewe veeboere in die omgewing van 25%. Indien die boer binne hierdie riglynwaardes kan bly, behoort hy onder-normale produksiejare te kan absorbeer sonder om bates te vervreem. Suid-Afrika het die laaste 20 jaar ‘n dramatiese groei in die markwaarde van landbougrond gesien. Die produktiewe waarde het nie heeltemal tred gehou met hierdie groei nie. Om hierdie rede behoort ‘n boer se balansstaat dus in die meeste gevalle op aanvaarbare vlakke te wees. Die primêre drywer om oorlewingsvermoë te bepaal sal dus betaalvermoë wees, wat uit die kontantvloeistaat bereken kan word. Kontantvloeistaat Die belangrikste verhouding wat bepaal moet word as daar gekyk word na die kontantvloei, is die netto kontantvloeiverhouding. Hierdie is ‘n eenvoudige berekening waar totale inkomste as persentasie van totale uitgawes uitgedruk word. Die netto kontantvloeiverhouding is ‘n goeie aanduiding op die boerderyeenheid, of die produsent, se vermoë om produksie- en prysrisiko te kan absorbeer. Hoe groter hierdie persentasie, hoe makliker kan die produsent die genoemde risiko’s absorbeer. Om dit eenvoudig op te som, indien die netto kontantvloeiverhouding 120% is, beteken dit dat die werklike opbrengs of produsenteprys 20% laer kan wees as die begrote syfers en die produsent sal steeds in ‘n gelykbreek situasie wees. So kan werklike uitgawes 20% hoër wees as begrote

28

Ons Eie

Julie 2015

www.suidwes.co.za


B O ERDERY B ES T UUR uitgawes en die produsent sal steeds alle verpligtinge kan nakom en die nodige uitgawes en paaiemente kan diens. Indien die netto kontantvloei­ verhouding 100% is, beteken dit dat totale inkomstes gelyk is aan totale uitgawes, dus ‘n gelykbreek situasie. In hierdie geval is daar dus geen produksie- of prys risikobestuur geleentheid nie. ‘n Goeie duimreël vir die netto kontantvloeiverhouding is 120% of meer. Vir boerderyvertakkings wat meer blootgestel is aan produksie- en prys risiko’s moet hierdie persentasie hoër wees. ‘n Verdere verhouding waarop boere moet let, is die produksiekosteverhouding. Dit moet, indien moontlik, vir elke bedryfstak afsonderlik bereken word. Dit word bereken deur die totale produksiekoste geasso­ sieer vir ‘n spesifieke bedryfstak as persentasie uit te druk tot die totale inkomste vir die spesifieke bedryfstak.

Handhaaf hierdie verhouding en verlig druk op kontantvloei om kapitale items betyds te kan vervang en tred te hou met tegnologie. Hier bepaal die tipe boerdery ook die norm. Vir droëlandmielieboere varieer hierdie verhouding tussen 60% en 75% en in die geval van ekstensiewe veeboere, tussen 25% en 35%. Hierdie verhouding dui op twee belangrike punte: 1. Winsgewendheid van die spesifieke bedryfstak, en

2. of daar vir voldoende produksiekoste begroot is vir dié bedryfstak. Samestelling van skuld Die geskiedenis wys dat die samestelling van totale skuld in primêre landbou op die 50/30/20-beginsel moet wees, waar 50% van totale skuld moet bestaan uit langtermyn skuld (fasiliteite langer as vyf jaar soos byvoorbeeld ‘n termynlening van tien jaar), 30% mediumtermyn fasiliteite (fasiliteite met ‘n termyn tussen een en vyf jaar – hieronder ressorteer huurkope en veelenings) en 20% van totale skuld, die korttermyn- of produksiefasiliteite. As die bogenoemde verhouding gehandhaaf word, behoort ‘n boer nie onnodige druk op kontantvloei te ervaar nie en sal hy in ‘n posisie wees om die nodige kapitale items betyds te kan vervang en ook tred te hou met veranderende tegnologie in sy bedryf.

Die aanwending en gebruik van die verskillende tipes fasiliteite is ook baie belangrik. Bates met mediumtermynlenings bekom (voertuie, trekkers, implemente en vee) moet deur mediumtermynfasiliteite gefinansier word. Waar grond aangekoop word, moet dit met langtermyn fasiliteite gefinansier word. Die produksiefasiliteite (korttermyn finansiering) moet dus slegs aangewend word vir direkte insetkoste en ander koste geassosieer met die huidige jaar of produksieseisoen. Hierdie fasiliteit moet ook binne twaalf maande ten volle terugbetaal kan word uit die normale boerdery­ inkomste vir die periode. Waar medium- of langtermynbates gefinansier word op korttermyn fasiliteite, ondervind boere in baie gevalle onnodige druk op kontant­vloei, veral in jare waar ondernormale opbrengste of produsentepryse ervaar word.

Dit is tyd vir Winterlek Van herfs tot vroeg somer kan jou kudde ‘n verskeidenheid SA Feed Phosphates proteïenaanvullings geniet. • • • •

Beeslek 42 (vroeg winter) Bees & Skaap Winterlek (middel winter tot dit reën) Volledige Skaaplek (deur die jaar) Skaaplekkonsentraat (vir ‘n verskeidenheid voermengsels)

Ons produkte verseker jou kudde se liggaamsonderhoud asook die reproduksiedoeltreffendheid van teeldiere. Vir verdere navrae, skakel ons gerus by (053) 441-3300 of stuur ‘n e-pos na info@safp.co.za.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

29


L A NDBO UKUNDI G

Hoë opbrengste en lae risiko

ARTIKEL DEUR: Deon van Zyl, streeklandboukundige by Triomf

Strooptyd is in volle swang en die opbrengssyfers is interessant in dié opsig dat daar geweldig baie variasie is. Van baie goeie en ver bo-gemiddelde opbrengste, tot oeste onder gelykbreek; alles in een seisoen of in dieselfde streek of selfs tussen buurplase. Die grootste dryfveer agter sulke wisselvallige syfers is uiteraard die reënval – die syfers wys duidelik waar dit gereën het en waar nie. Selfs waar die reën maar min was, maar op die regte tye

30

geval het, is verskille sigbaar. Oorlêlande wat voor seisoen genoeg vog (watertafel) gehad het, het oor die algemeen beter presteer as lande wat jaar-op-jaar geplant word. Gemiddelde opbrengste van 9 ton/ha witmielies en selfs hoër is al hierdie jaar aangeteken. Wanneer ons hieroor begin dink, ontstaan die vraag spontaan: wat nou vir die komende seisoen? Wat is my risiko vir die seisoen wat voorlê? Daar is aanduidings van goeie en bestendige graanpryse, maar dit is gevaarlike waters vir ‘n ander kenner. Die korrekte vraag om hierdie seisoen te vra, is dalk waarop bank ons: Hoë opbrengste of lae risiko? Die realiteit is dat daardie besluite slegs geneem kan word indien die risiko’s bekend is – veral in terme van grondvog. Die afgelope twee seisoene se relatiewe lae en onder langtermyn gemiddelde reënvalsyfers vir die Wes-Vrystaat en Noord-Wes produksiegebiede, bring mee dat grond na die seisoen oor die algemeen droër is as gewoonlik. ‘n Bietjie winterreën sal ‘n welkome aanvulling van grond-

Ons Eie

Ondersoeke op grondprofiele is die eerste stap in suksesvolle produksiebeplanning.

Julie 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

profielwater bring, maar dit is nie iets waarop ons noodwendig kan staatmaak nie. Grondvog kan voor die seisoen bepaal word sodat die risiko gekoppel aan daardie faktor geëvalueer kan word. Dit kan volgens verskeie metodes bepaal word. ‘n Doodgewone grondboor en ”met die hand voel” kan alreeds baie help, maar dit is baie belangrik dat dit so diep as moontlik geëvalueer word. Hierdie seisoen moet jy weet wat gaan onder in die profiele aan – so diep soos die keerlae waar die vog teenwoordig is. ‘n Ander en baie goeie metode om grondvog te meet, is neutronvogmeterlesings. Veral wanneer dit op ‘n ruitpatroon (grid) gedoen word en die lesingpunte met ‘n GPS-toestel gemerk word sodat die data gebruik kan word om Plantbeskikbare Waterkaarte te genereer. Dit verskaf ‘n baie goeie beeld van die verspreiding, diepte en hoeveelheid vog in die grond in ‘n land of op ‘n plaas. Hierdie inligting word dan gebruik om die seisoen se produksiepotensiaal te bepaal (saam met ander grondeienskappe natuurlik). Met

www.suidwes.co.za

hierdie inligting kan daar besluite geneem word soos: Grondbewerking – is grond by die regte vogtoestand vir die beplande bewerking? Plantdigtheid – ‘n verlaagde of verhoogde plantestand kan dalk die seisoen se risiko help verskans. Bemesting – bemesting volgens die risiko kan insetkoste hierdie seisoen verlaag, asook opbrengste optimaliseer. Oorlêlande – sommige lande moet liefs eerskomende seisoen oorlê omdat die tekort aan vog die risiko verhoog. Dit is natuurlik raadsaam om ‘n grondkundige en/of landboukundige te raadpleeg oor drumpelwaardes vir bogenoemde en om met besluitneming te help. Grondbewerking sal ook die komende seisoen belangrik wees, veral waar grond geneig is om te verdig. Grond met ‘n slik + klei-inhoud van 18% en minder is gewoonlik geneig tot verdigting, soveel so dat jaar-op-jaar diep

Ons Eie

bewerking nodig is. ‘n Verdigtingslaag of “ploegblad” knyp gewoonlik gewasse die hardste in ‘n droë grondprofiel. Direk na strooptyd en voor primêre grondbewerking begin, is ‘n geskikte tyd om die vorige seisoen se bewerking te evalueer. Tipe bewerking asook netto bewerkingsdiepte is belangrik om te ondersoek. Doen die moeite om profielgate te grawe om bewerking te ondersoek. Ons doen dit met ‘n hoëgehalte penetrometer waarop lesings geneem kan word. Grond wat vining in klei toeneem of waarvan die fisiese eienskappe tot smeer kan lei, moet juis nie onnodig diep bewerk word nie. Die regte bewerking en bewerkingsdiepte op sulke grond sal die bewerking meer effektief maak, asook dieselverbruik verbeter. Gedetailleerde grondkarte-ring en ‘n grondkaart sal help om die antwoorde op bewerking te kry. Daar is tans ook heelwat gesprekke oor bemesting vir die komende seisoen. In sekere publikasies word dit gestel dat veral stikstofbemesting verminder kan word vir die seisoen. Ons kan aanvaar dat bemesting afwaarts

Julie 2015

aangepas kan word weens die lae reënval en gevolglike laer opbrengste. Dit is egter ‘n gevaarlike veralgemening van een opinie. Dit is raadsaam om dit eerder met ‘n landboukundige en/of grondkundige te bespreek. Wat bemesting vir die seisoen betref, gaan dieselfde reëls nie noodwendig vir almal geld nie. Opbrengs, huidige grondvog, die voorafgaande seisoen se bemesting en gewasbeplanning is alles faktore wat deeglik deurdink moet word. Die klem moet hierdie komende seisoen op optimalisering van produksiepraktyke eerder as die maksimalisering daarvan wees. Doen eerder minder, maar doen dit reg. Dink aan optimum opbrengste by verlaagde risiko’s. Hierdie jaar sal boere in die versoeking wees om geld te spaar deur nie grondkartering of chemiese ruite te doen nie. Dit is juis nie die tyd nie – dit vorm die hoeksteen en bloudruk vir die bestuur van produksierisiko. Om opbrengsdata te laat verwerk deur die regte GIS-stelsels kan ook baie bydra om risiko te verstaan en te bestuur.

31


LL ANDBO A NDBO UKUNDI UKUNDI G G

Plantestandvariasie in mielies

ARTIKEL DEUR:

Gerrie Ludick Landboukundige by Technichem

‘n Wyse oom het eendag gesê: “Ou maat, die foute met planttyd sal jou die hele seisoen ry.” Daarmee, het ek geleer, het hy hoofsaaklik stand bedoel. ‘n Land jong mieliesaailinge kan uit ‘n bakkie se venster bedrieglik goed lyk. Met nadere inspeksie kan die prentjie egter anders lyk. ‘n Variasie in saailinggrootte is die eerste ding wat ‘n mens opval. Daarna sien jy die variasie in spasiëring raak, om nie eers te praat van bondeling of gapings nie.

32

Hierdie tema is al holrug gery en steeds is dit elke jaar se prentjie. Ek gee toe dat die huidige presisieombouings ‘n besliste verskil gemaak het by veral in-ry spasiëring, maar steeds kom growwe, onnodige foute voor. Planttyd kruip weer nader en dis dalk sinvol om, terwyl daar nou tyd is, baie aandag te gee aan ons planters wat verreweg die belangrikste implement op die plaas is. PLANTSPASIëRINGSVARIASIE (PSV) Moderne planters het die vermoë om pitte effektief neer te sit, maar nie alle boere het moderne planters nie. Inteendeel, die oorgrootte meerderheid boere plant met plaat-, vinger- en lugdrukplanters. ‘n Variasie in spasiëring waar plante te na aan mekaar is, veroorsaak dat meerkoppigheid van sulke plante sal verminder, as gevolg van kompetisie. Daarteenoor sal verder verspreide plante kompenseer deur hul meerkoppigheid en gewig, maar sal nie genoeg kan

Ons Eie

Plantdiepte en grondvog sal van land tot land wissel en behoort aangepas te word.

bl 34 >>>

Julie 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

33


L ANDBO UKUNDI G >>>

Plantestandvariasie kompenseer vir verlore stand nie. Wanneer boere wil oorplant, is dit raadsaam om genoeg data en inligting in te samel voor die finale besluit geneem word. Heelwat inligting is op die internet beskikbaar om die oorplantbesluit te regverdig of nie. ‘n Mens moet net Engels kan verstaan en van “corn” praat in plaas van “maize”, dan gaan ‘n hele nuwe wêreld van inligting oop. Hou altyd in gedagte dat ‘n mieliepit ‘n lewendige organisme is en dat nie al die pitte sal ontkiem nie. ‘n Goeie kwaliteit saad behoort tussen 90% en 95% ontkieming te hê – kompenseer dus daarvoor vir ‘n goeie plantestand. Riglyne om goeie spasiëring te verkry: • Gebruik altyd gesertifiseerde saad waarvan die oorsprong bekend is. • ‘n Te hoë plantspoed is ‘n groot euwel wat variasie in spasiëring veroorsaak, veral as die reën laat is en daar baie hektare geplant moet word. ‘n

• •

Goeie riglyn is tussen 8 km/h en 10 km/h. Plaatplanters en saadgrootte is essensieel. Saadmaatskappye neig daarna om minder pitgroottekeuses aan te bied, wat ‘n groot nadeel vir plaatplanters inhou. Vingerplanters moet gereeld nagegaan word, veral vir slytasie op die basisplaat en borseltjie, asook die styfheid van die vingertjies. Lugdrukplanters se grootste probleem is lugpype wat barsies het en dus ‘n onvoldoende suigeffek het om die pitte een vir een vas te suig. Maak ook seker dat die druk ooreenstem met die pitgrootte. Let op vir slytasie op die dubbel-snydrom-oopmakers en saadbuise. Vervang ronde saadbuise met reghoekige saadbuise, aangesien pitte makliker korrek in reghoekige saadbuise afval en nie spiraal nie. Let op vir geslyte kettings en ratjies op die aandrywing. Maak seker kunsmisplasing is 5 cm weg van en 5 cm onder

die pit. Hierdie is een van die grootste faktore van standvermindering, veral waar kunsmis met ‘n ureumbasis gebruik word. Kyk veral na los kunsmiskouters of penne – hulle voel vas, maar sodra dit in die grond teen ‘n spoed beweeg, hardloop dit rond. • Plantdiepte-, drukwiel- en toekrappertjieverstellings behoort op die land gedoen te word. Grondvog, bewerking, grondtipe en kleipersentasie is die faktore wat hiervoor oorweeg moet word. Lande

verskil van mekaar en die verstellings behoort dienooreenkomstig per land aangepas te word. Hierdie faktore bepaal ook of ‘n vertraging in ontkieming en/of opkoms gaan plaasvind, en kan tot ‘n week verskil. • Doeltreffende aalwurmbeheer het ‘n sterker saailing tot gevolg wat tot ‘n eenvormige planthoogte lei. Deur hierdie paar punte noukeurig na te volg behoort boere ‘n beter stand en eenvormiger tussenryspasiëring te kry.

Eenvormige spasiëring het ’n groot invloed op hoe goed die oes sal wees.

’n Te hoë planterspoed is een van die grootste faktore wat spasiëring en stand beïnvloed.

Korrekte verstellings van die drukwiele en toekrappertjies is onontbeerlik vir goeie pit-grond-kontak, asook om bladvorming te beperk.

34

Ons Eie

Julie 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G Nuwe reeks oor Gifplante in ons gebied – deur dr Franci Jordaan

Gifplante verlaag produksiepotensiaal Dr. Johannes Vahrmeijer het in 1981 reeds gesê dat een van die belangrikste probleme in die Suider-Afrikaanse landbou gifplante is. Nie alleen veroorsaak dit veevrektes nie, maar dit verlaag ook die produksiepotensiaal deurdat veeproduksie dikwels afneem waar gifplante voorkom. Om ons lesers ingelig te hou, skryf Dr Franci Jordaan, wie nou al ‘n ou bekende by Ons Eie is, van hierdie uitgawe af ‘n reeks oor gifplante in Suider-Afrika. Die direkte koste van plantvergiftiging in die veebedryf in Suid-Afrika word konserwatief

op meer as R100 miljoen per jaar bereken. Vrektes by beeste word op ongeveer 38 000 kop per jaar bereken terwyl vrektes onder kleinvee op 265 000 kop per jaar bereken word. Die werklike impak van vergiftiging is egter baie groter as dít, aangesien gifplante dikwels ook groei van diere inperk asook die produktiwiteit en reproduktiwiteit van die dier aantas. Die effek van gifplante is egter nie net tot diere beperk nie – sterftes onder mense is ook al aangeteken. Statistiek van die Algemene hospitaal in Johannesburg dui daarop dat 6.5% van

alle vergiftigings die gevolg van gifplante is (dit is slegs die syfer vir een hospitaal). In Suid-Afrika is daar ongeveer 600 inheemse en talle uitheemse gifplante wat nie net in die veld voorkom nie, maar deesdae ook in tuine of selfs as huisplante aangeplant word. In die meeste gevalle moet groot hoeveelhede van ‘n gifplant ingeneem word voordat dit ‘n effek op die dier sal hê. Indien weiding in ‘n goeie toestand is, is vergiftiging van diere gewoonlik nie ‘n probleem nie. Wanneer vind vergiftiging dan wel plaas? (1) Wanneer weiding in ‘n swak

toestand is en honger diere gedwing word om die plante te eet; (2) na langdurige droogtes of veldbrande - gifplante is dikwels droogtebestand en is die enigste groen materiaal beskikbaar; (3) wanneer diere wat nie die gebied ken nie in ‘n area geplaas word waar gifplante teenwoordig is. Vahrmeijer. J. 1981. Gifplante van Suider-Afrika wat veeverliese veroorsaak. Tafelberg UItgewers, Kaapstad.

Boesmangif is Mooi maar Giftig

Boophone disticha (L.f.) Herb ARTIKEL DEUR:

Dr Franci Jordaan Landbouwetenskaplike, Afdeling Weiding, Landelike, Omgewing- en Landbou-ontwikkeling, Potchefstroom

Boophone disticha – die volksnaam vir hierdie plant is boesmangif, perdeskop of seerooglelie. Die naam Boophone is afgelei van die Griekse woord bous, wat os beteken en phone, wat dood beteken - dit verwys na die dodelike eienskappe van die bol. Die spesifieke naam disticha beteken blare wat in ‘n waaiervorm gerangskik is.

Geografiese verspreiding Boesmangif kom wydverspreid voor en word in al die provinsies van Suid-Afrika aangetref asook in tropiese Afrika. Daar is ses ander spesies van hierdie genus wat ook wydverspreid deur suidelike Afrika aangetref word. Hoewel boesmangif in al die provinsies van Suid-Afrika voorkom, word dit natuurlik veral in die somerreënvalgebiede in die veld aangetref.

Beskrywing Boesmangif is ‘n baie groot en baie giftige bolplant. Die deursnee van die bol kan tot 17 cm wees en die plant kan ‘n hoogte van 60 cm bereik. Die bol is met dik, droë en donker gekleurde ‘skubbe’ bedek. Groot dele van die bol steek bo die grond uit en die bolle kan vir meer as ‘n honderd jaar in die veld oorleef. Die bol van boesmangif is baie giftig en indien dit ingeneem word kan dit die dood veroorsaak. Onder die bol kom ‘n

bl 36 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

35


L A NDBO UKUNDI G >>>

Boesmangif

goed ontwikkelde en uitgebreide wortelstelsel voor. Die blare van die plant is grysgroen van kleur. Die blaarrande is golwend en in ‘n prominente waaier gerangskik. Die blare verskyn gewoonlik eers nadat die plant geblom het. Die groot, ronde blomkoppe word soms op sulke kort stingels gedra dat dit lyk asof hulle direk uit die bol groei. Gewoonlik word die blomknoppe op ‘n duidelike stingel gedra. Die kleur van die blomme wissel van skakerings van pienk tot rooi en dit ruik soet. Die blomstele verleng nadat die plant geblom het om aan ‘n groot, ronde saadhoof oorsprong te gee. Hierdie saadhoof breek by die punt van die steel af en tuimel deur die veld terwyl dit die sade vrystel. Die sade is bekend as kapsules. Groei en ontwikkeling Boesmangif blom vanaf Julie tot Oktober. Natuurlike voortplanting is slegs deur middel van sade, terwyl dit in kwekerye deur middel van die bolle voortgeplant word. Die groeitempo van die plant is geweldig stadig - dit kan 7 tot 9 jaar neem voordat dit blom as dit vanuit saad ontwikkel. Ten spyte van die feit dat die plant so giftig is, kan plantjies daarvan in kwekerye gekoop word wat dan as geheel in die grond geplant word. Mens kan net hoop dat wanneer dit in kwekerye verkoop word, mense oor die uiters giftigheid daarvan ingelig word. Habitatvoorkeure Boesmangif floreer in volle sonlig in goed gedreineerde, sanderige grond asook in rotsagtige gebiede. Dit doen goed in gronde wat effens suur tot effens alkalies is. Die plant weerstaan droogtes baie goed, maar dit is uiters gevoelig vir ryp. Gebruike van die plant Afgesien van die feit dat dit uiters giftig vir mens en dier is, word die plante dikwels in tuine, veral rotstuine, as sierplant aangeplant. Boesmangif het baie medisinale waarde en die gebruik daarvan word dikwels deur sangomas voorgeskryf. Onoordeelkundige gebruik van hierdie plant het egter al tot verskeie sterftes gelei.

36

Die bol is met dik, droë en donker gekleurde ‘skubbe’ bedek.

Vroeër jare is die gif van hierdie plant aan spiespunte, wat vir die jag van wild gebruik is, gesmeer. Wanneer ‘n dier daarmee getref word, vrek dit gewoonlik binne sekondes. Tipe toksien Die toksien wat in boesmangif gevind word, is bekend as die isokinoliengroep alkaloïede wat uiters giftig vir mens en dier is. Kliniese tekens van vergiftiging Hoewel hierdie plant uiters giftig vir diere is, word vrektes selde genoteer. In die 17, 18 en vroeë 19 honderd is baie veevrektes genoteer - tans word min veevrektes spesifiek aan die plant toegeskryf. Soos reeds genoem, het hierdie plant medisinale waarde en word dit dikwels vir hoofpyn, borspyn, abdominale pyn, slapeloosheid, pynlike gewrigte, swelling, kneusplekke, absesse, brandwonde, septiese wonde en as ‘n kalmeermiddel gebruik. Hierdie plant is egter ook al as ‘selfmoord-’ en ‘moordwapen’ gebruik. Simptome van vergiftiging sluit in duiseligheid; rusteloosheid; verswakte visie; steiering (val maklik); visuele hallusinasies; koma en uiteindelik die dood. As mens aan die oop blomme in ‘n beperkte ruimte blootgestel word, kan jou oë seer word en jy kan ‘n erge hoofpyn ontwikkel - vandaar die algemene naam “seeroog-blom” of “seerooglelie”. Die dood kan binne twee uur intree nadat vergiftiging plaasgevind het. Meganiese beheer Boesmangif kan uitgespit of uitgekap word. Die hele bol moet verwyder en verbrand word. Aangesien die bol uiters giftig is, moet dit versigtig hanteer word en beskermde klere, veral handskoene, is ‘n MOET! Biologiese beheer Geen geregistreerde agense kon in die literatuur vir die beheer van boesmangif gevind word nie. Chemiese beheer Hoewel daar gemeld word dat die plant chemies beheer kan word, kon geen inligting (nasionaal en internasionaal) oor die spesifieke soort onkruiddoder gevind word

Ons Eie

Die blare van die plant is grys-groen van kleur. Die blaarrande is golwend en in ‘n prominente waaier gerangskik.

Die blare van die plant is grysgroen van kleur. Die blaarrande is golwend en in ‘n prominente waaier gerangskik.

Die kleur van die blomme wissel van skakerings van pienk tot rooi en dit ruik soet.

nie. Daar bestaan geen twyfel dat hierdie ‘n baie mooi veldplant is nie. Dit is juis die mooiheid van die plant wat dit ‘n uiters gesogte tuinplant maak. Hoewel veevrektes as gevolg van hierdie plant tans nie baie is nie, is dit noodsaaklik dat boere daarvan kennis neem en besef dat dit wel ‘n mooi, maar uiters giftige plant is. Indien dit in tuine voorkom,

moet daar ook sorg gedra word dat die plant, veral die bol, nie onnodig hanteer word nie - maak seker dat veral kinders, wat die blomme baie aantreklik gaan vind, wegbly van die plant af. Indien boere dit chemies wil beheer, sal dit raadsaam wees om ‘n onkruiddoderkundige te raadpleeg ten einde die regte middel daarteen te bekom.

Literatuur gebruik Anoniem. 2009. Boophone disticha. kumbulanursery.co.za. http://kumbulanursery.co.za/plants/boophone-disticha. Lithudzha, E. 2005. Boophane disticha (L.f.) Herb. South African National Biodiversity Institute’s plant information. www.plantzafrica.com Van Wyk, B-E., Van Heerden, F. & Van Oudtshoorn, B. 2002. Poisonous Plants of South Africa. Briza Publications, Pretoria. Wells, MJ, Balsinhas, H, Joffe, VM, Engelbrecht, G & Stirton, CH. 1986. A catalogue of problem plants in Southern Africa. Memoirs of the Botanical Survey of South Africa. No. 53

Julie 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

37


L ANDBO UKUNDI AKTU EEGL PRO DUKNUUS

Lekke onontbeerlik, veral met droogte DIE NOORDWES PROVINSIE is naas die Oos-Kaap. KwaZulu-Natal en die Vrystaat die provinsie met die meeste beeste – 1.74 miljoen in totaal (Meissner, 2013). Veeboere oorwinter hulle aanteelvee grootliks op natuurlike en aangeplante weiding of mieliereste. Dit is uiteraard die mees kosteeffektiewe wyse om vee te laat oorwinter. Sekere voedingstekorte ontstaan egter reeds gedurende die herfs weens die feit dat veld volwassenheid bereik en voedingstowwe na die wortels allokeer. Die proteïeninhoud van weiding daal vinnig soos die winter nader kom. Daarmee saam styg die veselinhoud met gepaardgaande laer verteerbaarheid. Weens die huidige droogte in die Noordwes Provinsie het min somerhergroei na die aanvanklike beweiding voorgekom. Diere gaan dus hierdie jaar vroeër op laer kwaliteit weiding of reste moet voed as in normale jare. Tau se winterlek is beskikbaar vir beeste in die wintermaande. Dragtige koeie op onderhoud benodig 200 g proteïenaanvulling. Hou in gedagte dat beeste, herkouers, ruvoer verteer met behulp van rumen flora – die gebruik van NPN waarvan ureum die goedkoopste bron van stikstof vir die mikrobe is, is algemeen in lekke. Vergelyk die ureum-insluitingspeile tussen verskillende verskaffers se lekke deur die persentasie proteïen wat vanaf NPN afkomstig is op die sakkaartjie te bestudeer. Die rumenflora neem ongeveer twee weke om volledig aan te pas by ureumbevattende lekke. Sorg dat diere nie sout- of fosfaathonger is wanneer aanvulling met winterlek ‘n aanvang neem nie. ‘n Dekade se

38

stelselnavorsing op Potchefstroom Landboukollege en Armoedsvlakte by Vryburg gedurende die negentigerjare het die volgende bewys (De Brouwer, 1998) : • dat reproduserende koeie in die Noordwes Provinsie P- (fosfaat) aanvulling reg deur die jaar nodig het. • dat agt tot tien gram fosfaat per dag in die somer bygevoeg moet word en vier tot vyf gram per dag in die winter en • dit is nie aan te beveel om geen fosfaataanvulling, winter of somer, te doen nie. Die ad lib-toediening van TAU P6 gedurende die somer en TAU Winterlek 40 in die winter voorsien in hierdie behoeftes. Daar word algemeen aanvaar dat die gebruik van stikstofbevattende winterlekke die inname van droëmateriaal verhoog. Die vraag is egter, hoe groot is die effek daarvan? Navorsing het bewys koeie wat nie ‘n winterlekaanvulling gehad het nie neem 1.4% van hulle liggaamsmassa as ruvoer in. Daarenteen neem koeie wat wel winterlekaanvulling gehad het 2% van hulle liggaamsmassa as ruvoer in. In praktyk beteken dit dat daar byna 2 kg meer ruvoer saam met die winterlek gevreet word. Dit is dus duidelik dat winterlek ‘n aanvulling

Ons Eie

is en nie weiding vervang nie. Hierdie beginsel geld veral by laegraadse ruvoer, laer as 45% TVV en 6% of laer proteïeninhoud. Koeie wat in die winter kalwers soog, behoort met TAU se Produksielek aangevul te word. TAU gebruik die biologies mees beskikbare fosfaatbron in al hulle lekke. Spoorelemente word ook nog in al die lekke ingemeng as ‘verse-

keringspolis’ om tekorte te voorkom. TAU is ‘n voorkeurverskaffer aan die veeboere van Noordwes Provinsie weens die gehalte, prys en die beskikbaarheid van hulle produkte. TAU se Winterlek 40 is nou teen R145 per 50 kg sak beskikbaar. Kontak Johan van Staden by 083 629 4540 vir navrae of u naaste TAU-depot.

TAU Rollermeule se depots DEPOT

TELEFOONNOMMER Brits

012-252 7739

Bloemhof

053-433 0301

Christiana

053-441 3511

Coligny

018-673 1675

Delareyville

053-948 0831

Hartbeesfontein

018-431 1689

Hartswater

053-474 0586

Klerksdorp

018-462 5452

Kuruman

053-712 2177

Leeudoringstad

Julie 2015

018-581 2180/1

Lichtenburg

018-632 0243

Ottosdal

018-571 1732

Parys

056-817 1189

Potchefstroom

018-293 1040

Reivilo

079-309 1977

Schweizer-Renecke

053-963 1651

Swartruggens

014-544 0814

Ventersdorp

018-264 4461

Vryburg

053-927 2593

Welkom

057-355 1169

Warrenton

053-497 3570

Wolmaransstad

018-596 1188

Zeerust

018-642 1819

www.suidwes.co.za


ONS BOER IN HARMONIE MET DIE NATUUR www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

39


PRO DUKNUUS

Nuwe Agricol-mieliebasters lewer puik resultate Deur Daneel Fourie, Gewasbestuurder: mielies by Agricol

Die afgelope seisoen was vir alle graanprodusente een wat hulle nie graag wil onthou nie. Tesame met die droogte was daar ook heelwat ander uitdagings gewees. Mielieprodusente kan egter baie leer uit ‘n seisoen soos hierdie. Kultivarkeuse het weer ‘n kritieke rol in die sukses of mislukking van vanjaar se mielieaanplantings gespeel. Agricol se missie is om mieliekultivars vry te stel wat onder gunstige sowel as strestoestande goeie bo-gemiddelde opbrengste kan lewer. Die afgelope paar seisoene is daar kultivars geïdentifiseer wat stabiel presteer in alle opbrengspotensiaal-gebiede. Hierdie kultivars vaar ook uitstekend in nat sowel as baie droë seisoene. IMP 53-49B is een van hierdie kultivars. Hierdie wit baster is die nuutste toevoeging tot die IMPAKreeks en is nou vir die tweede seisoen kommersieel beskikbaar. IMP 53-49B het puik presteer in die LNR- en gesamentlike proewe in die westelike produksiegebied. Hierdie mieliebaster val in die medium groeiklas, waar fisiologiese rypheid na ongeveer 127 dae bereik word. Baie sterk meerkoppigheid is sekerlik IMP 53-49B se grootste kenmerk. IMP 53-49B het uitstekende staanvermoë asook goeie toleransie teen algemene blaarsiektes en diplodia-kopvrot. IMP 53-49B kan met gemoedsrus in enige mielieprodusent se

40

hoofaanplanting gebruik word. Die baster is toegerus met beskermingstegnologie teen stronkboorder, daarom is dit noodsaaklik om die vereiste toevlugsareas aan te plant. ‘n Goeie aanvulling tot die witmieliepakket is IMP 52-11B en IMP 52-11R. Hierdie medium- vinnige reeks het die vermoë om droogteen hittestremming uitstekend te hanteer. Die IMP 52-11-reeks kom tot sy reg op laerpotensiaal lande en met laat aanplantings. Een van hierdie reeks se groot voordele is die kragtige saailinge wat onder moeilike planttoestande steeds goed opkom. Graanafdroging vind ook teen ‘n baie vinnige tempo plaas en die IMP 52-11-reeks beskik oor goeie toleransie teen

Ons Eie

diplodia-kopvrot. Agricol bied IMP 51-22B aan as ‘n geelmieliepakket. Hierdie baster val onder die medium-vinnige groeiklas en bereik fisiologiese rypheid na ongeveer 124 dae. Die baster het goed presteer in die LNR- sowel as in gesamentlike strookproewe in die westelike produksiegebiede. IMP 51-22B bied goeie stabiliteit, uitstekende staanvermoë en is sterk meerkoppig. IMP 51-22B is goed aangepas vir vroeër en laat aanplantings. Graanafdroging vind teen ‘n vinnige tempo plaas en is gewoonlik 10 – 14 dae vroeër as ander basters in sy groeiklas stroopgereed. IMP 51-22B hanteer hitte- en droogtestremming goed en het homself al in die westelike

Julie 2015

produksiestreek bewys. Hierdie baster kan met gemoedsrus deel maak van enige produsent se hoofaanplanting. Agricol bied SC 608 aan produsente vir kuilvoerproduksie. Hierdie baster het ‘n uitstekende graanopbrengspotensiaal wat sinoniem is aan goeie kuilvoer. SC 608 het die voordeel van baie stadige graanplantafdroging wat die snyproses verleng en vergemaklik. SC 608 is ‘n konvensionele geel baster wat in die mediumgroeiklas val. Die baster is sterk meerkoppig, blaarryk en produseer baie min spruite. Kuilvoer kan ongeveer 100110 dae na plant gesny word. Word deel van Agricol se suksesverhaal.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

41


PRO DUKNUUS

Sonneblom gee Topopbrengste in die droogte

Deur Joubert Swanepoel, sonneblomgewasbestuurder by Agricol

Ten spyte van die droogte in die 2014/2015-seisoen het sonneblom met bogemiddelde opbrengste kop en skouers bo ander gewasse uitgestaan. Daar heers baie onsekerheid oor of daar nog ‘n El Niño-seisoen op ons wag en dié moontlikheid moet egter nie uit die oog verloor word nie. Sou dit die geval wees, moet produsente nie die waarde van sonneblom as rotasie- en kontantgewas in hul produksiesisteem onderskat nie. Met ‘n penwortelstelsel wat vog vanuit dieper grondlae kan benut, val sonneblom in ‘n klas van sy eie wat weerstand teen droogte betref. Die geheim tot sukses vir die komende seisoen se sonneblomaanplantings gaan vir produsente op kultivarkeuse berus. Die twee belangrikste eienskappe wat egter in gedagte gehou moet word, is opbrengsstabiliteit en siekteverdraagsaamheid. Hierdie twee faktore speel die grootste rol by ‘n kultivar se langtermynstabiliteit. Kultivars wat oor ‘n

42

lang termyn getoets is, sal ‘n baie duideliker indikasie kan gee van die kultivar se prestasie onder droë- en natseisoene. Met die koms van die AGSUNsonneblomreeks het sonneblombasters met hoë opbrengspotensiaal die Suid-Afrikaanse mark aansienlik verander. Die stabiliteit van hierdie sonneblomreeks het die waarde van sonneblom as ‘n volwaardige hoofgewas grootliks uitgelig. Hierdie benadering is 13 jaar gelede nog verder versterk deur ‘n kultivar wat tot vandag toe spog as een van die kultivars op die sonneblommark met die hoogste langtermyn gemiddelde opbrengste oor al die opbrengspotensiaalgebiede. Daar word natuurlik verwys na die immergewilde AGSUN 8251. Sonneblomprodusente in Suid-Afrika is oor die afgelope dekade bederf met ‘n kultivar wat nie net in ‘n klas van sy eie is wat opbrengsstabiliteit betref nie, maar wat boere ook gemoedsrus gee met weerstandbiedendheid teen siektes. AGSUN 8251 pronk ook as een van die top presterende kultivars in die nasionale kultivarproewe en het oor ‘n periode van 13 jaar by verskeie geleenthede as wenner uit hierdie kultivarproewe getree. Met ‘n gemiddelde opbrengs van 2.21 ton/ha oor 13 seisoene teenoor die 1.99 ton/ha proefgemiddeld van al die inskrywings in die nasionale kultivarproewe kan daar

Ons Eie

by uitstek gesê word dat AGSUN 8251 ‘n leier in die sonneblommark is. ‘n Nuwe toetreder tot die AGSUN-sonneblomreeks is die baie aanpasbare AGSUN 5278. Hierdie kultivar spog ook met die unieke “stay green” eienskap en kom veral tot sy reg in pakketaanplantings met AGSUN 8251. Nog ‘n voorbeeld van stabiliteit is die immergewilde AGSUN 5264 wat uitstekend vaar met vroeë en laat aanplantings. AGSUN 5264 toon ook uitstekende stabiliteit by opbrengspotensiale van tussen 1 ton/ha en 1.5 ton/ha. Die nuutste toevoeging tot die AGSUN-

sonneblomreeks is AGSUN 5270. Hierdie kultivar spog met ‘n hoë opbrengspotensiaal en vaar uitstekend by alle opbrengspotensiaalgebeide. Vertrou die AGSUN-sonneblomreeks vir opbrengsstabiliteit in jou boerdery.

Die stabiliteit van hierdie sonneblomreeks het die waarde van sonneblom as ‘n volwaardige hoofgewas grootliks uitgelig.

AGSUN 8251 LANGTERMYN GEMIDDELD NASIONALE KULTIVAR PROEWE JAAR

PROEFGEMIDDELD

AGSUN 8251

2001/2002

1,67

1,85

2002/2003

1,89

2,27

2003/2004

1,71

2,12

2004/2005

1,74

1,89

2005/2006

1,69

1,93

2006/2007

1,82

1,91

2007/2008

2,42

2,66

2008/2009

1,83

1,94

2009/2010

2,43

2,78

2010/2011

2,17

2,5

2011/2012

2,03

2,11

2012/2013

2,11

2,25

2013/2014

2,41

2,50

GEMIDDELD

1,99

2,21

Julie 2015

www.suidwes.co.za


Sonneblombasters waarop mens verlief kan raak... Skakel gerus een van ons takke vir verdere inligting. Potchefstroom: 018 294 7470 Kimberley: 053 841 0675 Pretoria: 012 813 8079

Agsun 8251 Agsun 5264 Agsun 5278 Agsun 5270 www.suidwes.co.za

NUUT!

Plant in die kol, plant Ons Eie

Julie 2015

43


L A NDBO UKUNDI G

Belangrikheid van proteïenaanvulling by wild ARTIKEL DEUR:

Lubbe Jacobs Tegniese bestuurder by Lubern Voere

In die vorige uitgawe het Lubbe Jacobs ‘n breë oorsig gegee oor die redes waarom wild gevoer moet word of aanvullingsvoeding moet ontvang. In hierdie uitgawe bespreek hy proteïenaanvullings in meer detail. Die doel van aanvullingsvoeding is om slegs dit wat die dier nie uit die natuurlike bronne, soos weiding en ruvoere kan onttrek nie, aan te vul. Indien die diere nie die weiding of ruvoere optimaal kan verteer nie sal hulle kondisie verloor. Die belangrikste nutriënte wat aangevul moet word, is proteïene en energie. Deur slegs energie aan te vul het dit nie die gewenste uitwerking op die vertering van die ruvoer nie. ‘n Studie deur Pieter le Roux in 2004 het getoon daar was geen verskil op droë materiaal vertering van

44

ruvoere nie al het die energie van die aanvulling van 1 MJ/kg gestyg na 7 MJ/kg. Dus is proteïene die eerste beperkende nutriënt in die wintermaande. Die hoofrede hiervoor is die verhoging in die veselinhoud van die plante sodra dit van vegatiewe groei na reproduktiewe groei beweeg. Terselfdertyd verlaag die proteïeninhoud van die plant drasties en dit veroorsaak dat daar te min beskikbare stikstof (N) in die plant is om die mikroflora wat vesel verteer te onderhou. Die mikroflora wat vesel verteer kan alleenlik van stikstof leef en dus gaan die getalle afneem as daar nie genoeg N is nie. Proteïenaanvulling sal altyd gepaardgaan met ‘n klein bietjie energie. Dié aspek word in ’n volgende artikel breedvoerig bespreek. Deur dus die korrekte hoeveelheid en soort proteïen aan te vul sal die dier se vrywillige inname toeneem. Dit sal weer verseker dat die dier in ‘n beter kondisie deur die winter gaan. Die antwoord wat almal graag wil hê, is hoeveel proteïen genoeg is om optimale produksie en reproduksie te verkry. As dit by mak diere

Ons Eie

soos beeste en skape kom, is daar legio navorsing wat dit beskryf en aanbevelings maak. Wildnavorsing daarenteen is nog in kinderskoene en daar word baie aannames gemaak. Dit is baie moeiliker om akkurate inname- en verteringstudies onder wild te doen aangesien hulle nie in kratte aangehou kan word nie. Navorsing word meestal in kleiner kampe en boma’s gedoen. Publikasies wat gebruik word om te bepaal wat ‘n wildsbok nodig het, is die volgende: NRC Bees, NRC Skaap. Uit dié publikasies kan daar met redelike akkuraatheid voorspel word wat die diere nodig gaan hê in terme van proteïenaanvulling vir die verskillende produksiestadia van die diere. Die proteïenfraksie van enige grondstof bestaan uit drie dele, nl: rumendegradeerbare proteïen (RDP), rumen-nie-degradeerbare proteïen (RUP) en gebonde proteïen. Die gebonde proteïen is glad nie beskikbaar vir die diere nie. Die RDP-fraksie is die deel van die proteïenfraksie wat baie belangrik is vir die vertering van ruvoer soos uiteengesit in die vorige paragrawe. Bykans alle grond-

Julie 2015

stowwe wat proteïene bevat het ‘n RDP-fraksie. Hulle wissel net in persentasies. Grondstowwe wat algemeen in wildvoeding gebruik word om RDP te verskaf, is die volgende: koringsemels (‹bran›), sonneblomoliekoek, lusern en gluten 20. Ureum is die grondstof wat slegs uit RDP bestaan. Dit het ‘n proteïenwaarde van 2870 g proteïen/kg. Ureum word baie min in wildvoeding gebruik omdat ureum diere kan vergiftig indien dit nie reg aangewend word nie. Omdat die eksotiese wild so duur is, is die risiko miskien te hoog om ureum te gebruik. Ureum is toksies omdat dit ammonia vinnig in die bloedstroom kan vrystel wanneer die inname daarvan te hoog is. Ureum is nie op sigself toksies nie, maar verkeerde mengprosedure en swak bestuur is eintlik die oorsake. Deur ureum oordeelkundig in wildvoeding te gebruik kan baie geld gespaar word. Voedingskundiges moet boere egter oplei om dit korrek te bestuur. Net ‘n eenvoudige voorbeeld: Indien ‘n

bl 46 >>>

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

45


L A NDBO UKUNDI G >>>

Proteïenaanvulling

bekend as mikrobiese proteïen en maak ‘n groot deel van die dier se proteïeninname uit. Ander bronne buffelkoei met ‘n buffelpil van 12% van RUP is soja-oliekoek, sonneCP gevoer word, sal die koei 6 kg blom-oliekoek, gluten 20, gluten nodig hê om aan haar behoeftes 60 en canola-oliekoek. te voldoen. Indien ‘n wildslek Die doel van proteïenaanvan 40% CP gebruik word, sal 1 vulling is om die energie wat tot 1.2 kg genoeg wees. Navorsvasgevang is in die plant in die ing word reeds gedoen om dié vorm van strukturele koolhidrate aspek verder te ondersoek en by te ontsluit en beskikbaar te maak alle wildsoorte toe te pas. Ureum vir die dier. Om dit te vermag is van geen nut by diere soos moet daar mikrobiese aksie in die Zebras, renosters en vlakvarke nie. rumen wees om die koolhidrate Dié diere kan nie ureum benut nie te verander in ’n meer beskikbare en dus moet natuurlike bronne vorm soos vlugtige vetsure. van proteïen gebruik word in hulle Dr Hinner Koster het in 1995 voeding. bepaal dat indien die diere op Die RUP is die deel van die laegraadse ruvoere die regte verproteïenfraksie wat deur die ruhouding van proteïene inneem, men vloei en in die lae spysvertedie vertering dramaties verbeter ringskanaal geabsorbeer word. Dit het. Dus moet die verhouding is die deel van die proteïenfraksie tussen RDP en RUP korrek wees. wat baie belangrik is vir melk, vleis, Die mees ekonomiese verhouhoringgroei en reproduksie. Dit is ding volgens Dr Koster was 75% van uiterste belang dat die RDPRDP en 25% RUP in die aanvulling. fraksie optimaal moet wees, want Die verhouding is deur verskeie dan vermeerder die mikrobes in navorsers getoets en dit blyk dat die rumen vinnig enQuarter meer sterf dit werk. Dus1 word dit met groot Protek Guano Page Horizontal.pdf 2015/06/12 11:16 ook omdat daar baie mikrobes is. sukses op wildplase aangewend. Die afgestorwe mikrobes staan Om die inname van die

VOOR

aanvulling te bepaal moet die RDP-waardes vir die ruvoerbron beskikbaar wees, die diere se gewig bekend wees en in watter produksiestadia die dier is. Nou kan die inname van die dier bepaal word en navorsing het bewys dat ‘n herbivoor ongeveer 2.1 tot 2.5% van sy lewende massa eet aan ruvoere. Om substitusie te voorkom moet die diere nie meer as een derde van hul inname in die vorm van aanvulling kry nie. Indien die vervanging meer as ’n derde is, neem ruvoerinname af en gaan die gewenste resultate nie verkry word nie. Die aanvulling moet dus in die een derde al die proteïen bevat wat aangevul moet word. Dit is AM dus belangrik om te weet dat dit soms nie moontlik is om aan die behoeftes van ‘n dier te voldoen

indien die verkeerde aanvulling gebruik word nie. So is dit moontlik om aan ’n Swartwitpenskoei se behoeftes te voldoen met ‘n 17% proteïenaanvulling, maar nie met ‘n 10% proteïenaanvulling nie. Uit bogenoemde is dit dus duidelik dat dit moontlik is om wilde herkouers die regte aanvulling te gee wat hulle kondisie sal laat behou en reproduksie op optimale vlakke laat funksioneer. Dit is egter belangrik dat die regte aannames gemaak word en die beskikbare wetenskap toepas word. Gebruik dus altyd ‘n opgeleide en geregistreerde voedingskundige om die diens te lewer. Vir navrae oor die artikel kan Lubbe Jacobs gekontak word by 0826107491 of 0824499282.

NA 20 DAE

Organiese voeding vir ‘n gesonde tuin! Is jy op soek na ‘n organiese misstof met mikro- en makro-elemente wat jy heeljaar regdeur jou tuin kan toedien?

100% organiese misstof vir ’n lieflike tuin!

C

M

Y

CM

MY

CY

CMY

Protek Guanosol Protek Guanosol is in ‘n gerieflike pilvorm beskikbaar en is eenvoudig om te gebruik! Plaas 1 tot 3 pille per pot, plant, struik of boom en sien hoe jou plante floreer! Voedingstowwe word stadig vrygestel en kan plante tot drie maande lank voed. Protek Guanoflo Vir die vinnigste resultate, dien Protek Guanoflo weekliks as ‘n gronddeurdrenking of as ‘n blaarvoeding toe, sonder om jou plante te brand. Protek MixNozle

K

Die MixNozle is ‘n veeldoelige mengsproeikop wat Protek Guanoflo tot die korrekte oplossing verdun, d.w.s. een deel oplossing tot tien dele water. Meng een liter Guanoflo met vier liter water in ‘n emmer, konnekteer die Mixnozle aan jou tuinslang, plaas die suigbuis in die emmer en draai die spuit oop. Die Mixnozle verdun die oplossing verder tot die vereiste 1:40 verhouding.

Om meer uit te vind oor ons volledige reeks produkte, kontak ons by 0861 PROTEK (0861 77 68 35) www.proteksa.co.za

Wet 36 van 1947 Guanoflo: 13.8 g/kg N, 17 g/kg P, 2.1 g/kg K, 40.38 mg/kg Ca, 2521 mg/kg Mg, 1990 mg/kg Na, 16 mg/kg Mn, 606 mg/kg Fe,11 mg/kg Cu, 91 mg/kg Zn, 6 mg/kg B, Reg nr B3415, Guanosol: 77 g/kg N, 51 g/kg P, 36 g/kg K, 22 mg/kg Mn, 15 mg/kg Cu, 8.43 mg/kg Ca, 0,61 mg/kg Mg, 1110 g/kg Na, 516 mg/kg Zn, 16 mg/kg B, B3416. Registrasiehouer: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, Reg. No. 2009/019713/07, Versprei deur: Protek, ’n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, ww

46

Ons Eie

Julie 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

47


L A NDBO UKUNDI G

Agrikalender Augustus 2015 Koring

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit

Inspekteer lande gereeld vir die voorkoms van Russiese koringluis. Die meeste skade word tussen GS14 (vlagblaarverskyning) en GS 18 (volleaarverskyning) aangerig. Die beste beskerming word verkry deur op GS12 te spuit.

Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te bemes en pH reg te stel met bekalking. Die opname van plantvoedingstowwe verbeter met die regstelling van die pH, sowel as die algemene gesondheid van die plante. Met die styging van kunsmispryse is dit noodsaaklik om wanbalanse reg te stel om optimale benutting van voedingstowwe te kry, dit kan slegs gebeur as die balans in die grond optimaal is. Die grondprofiel is baie droog, pas plantestand afwaarts aan. Om in ‘n droë profiel te plant verhoog risiko. ‘n Laer stand sal die risiko verminder. Lande wat nie die vorige seisoen bewerk was nie, of wat baie winteronkruide op het, het gewoonlik ‘n hoër populasie grondinsekte. Bekamp hierdie insekpopulasie aangesien dit saailinge beskadig wat tot standprobleme aanleiding kan gee. Slaan ag op planttye vir hierdie seisoen. Tans is die aanduiding dat die seetemperature in die Stille Oseaan warmer as normaal is, wat op ‘n moontlike El Niño-gebeurtenis kan dui. ‘n El Niño kan natter as normale toestande in die Noordelike Halfrond veroorsaak en droër weer in die Suidelike Halfrond.

AKKERBOU Mielies Doen primêre bewerking indien moontlik. Ploeg is nie noodwendig ‘n oplossing vir Diplodia nie, maar dit kan help. Wisselbou verlaag die voorkoms van Diplodia en ander tipes kopvrot. Kultivars se vatbaarheid vir kopvrot verskil. Oorweeg eers om te plant wanneer die grondtemperatuur bokant 15° Celsius is. Te lae temperature lei tot onbevredigende kiemkragtigheid en moontlike onkruiddoderbeskadiging. Behandel saad teen grondinsekte aangesien saailinge beskadig kan word. ‘n Swak stand kan groot verliese veroorsaak. Sluit voorplantkontrakte, minimumpryskontrakte, of verskans op SAFEX om goeie pryse vir die komende seisoen te verseker. Moet egter nie meer as 30 % van die verwagte oes vooruit kontrakteer nie.

Sonneblom Sonneblom is ‘n goeie wisselbougewas, veral waar Diplodia straf voorgekom het. Plant sonneblom sodra die gevaar van ryp verby is. Maak seker dat die lande wat geplant gaan word nie residu’s van skadelike onkruiddoders soos atrazien bevat nie. Sonneblom is baie gevoelig vir veral atrazien en terbutielasien. Behandel saad teen grondinsekte om saailingskade te beperk. Bemes sonneblom tot dieselfde mate as mielies om goeie opbrengste te kry. Wees konserwatief met vooruitkontraktering.

Grondbone Grondbone is ‘n baie goeie wisselbougewas. Gesonde grondbone bind tot 30 kg N per jaar wat voordele vir die opvolgseisoen inhou. Plant tussen 15 Oktober en 25 November wanneer grondtemperatuur nie te laag is nie. Daar word aanbeveel dat grondbone met tussen 15 en 20 Kg N op sandgronde geplant word om ‘n sterk kiemplant te vestig. Behandel die saad met Rhizobium-entstof om stikstofbinding te bevorder. Behandel die saad met ‘n swamdoder wat in kombinasie met die Rhizobium gebruik kan word. Reaksie op fosfaatbemesting word slegs verkry indien die grond geweldige lae fosfaatvlakke het. Plant slegs SANSOR-gesertifiseerde saad.

48

Ons Eie

Verwagte opbrengs (ton/ha) Besmettingsvlakke by GS12 (% plante) 2.0 - 2.5

7

1.5 - 2.0

10

1.0 - 1.5

14

Bogenoemde riglyne geld slegs vir vatbare kultivars. Inspekteer lande vir vrotpootjiesimptome. Simptome sluit witare wat in kolle voorkom in, plante is verdwerg en wortels en kroon verkleur swart en breek maklik af. Wisselbou is die enigste beheermaatreël. Insekte kan in die vroeë lente voorkom as plante aan vogstremming ly. Inspekteer lande gereeld vir bruin koringmyt, want dormante eiers van die plaag kan uitbroei indien ligte reën gedurende Julie en Augustus voorkom. Simptome stem baie ooreen met droogteskade. Beheer onkruid deur tydig te spuit.

VEE Beeste Evalueer bulle en begin hulle gereed kry vir die komende teelseisoen. Laat die bulle toets vir Trichomonas en Vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke aangepas word op die plaas voordat hulle gebruik word om te dek. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent teen vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral by kalwers. Tekens van luisbesmetting is baie lekmerke op die hare, omdat die diere geïrriteerd en jeukerig is. Indien beeste vir die mark gevoer word, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar waarskynlik baie diere vir Desember afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerke is verpligtend en moet op alle diere aangebring word.

Skape Skape moet volgens wet getatoeëer word. Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Spuit of dip skape teen brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Broek langwolskape om onsuiwer wol te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Indien lamtyd Maart-April is, moet ooie voor paartyd prikkelvoeding ontvang en op goeie voeding gehou word vir twee tot drie weke na paring om goeie besetting te verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd, om ‘n goeie lammeroes te verseker. Tref betyds reëlings vir ‘n skeerspan.

Julie 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Die

gaan ig d o n jy t a w R laaste TAPKA

hê.

AUGER enorme kapasiteit van 60 ton kan in 90 minute leeggemaak word hoë gehalte ingeboude skaal rusperbande kompakteer minder

NOU BESKIKBAAR BY

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

Kontak Hansie Swanepoel by: 083 630 3736 of (018) 581 1271

49


L A NDBOALGEMEEN UKUNDI G

Kosmiese Kwêla

deur Willie Koorts

As jy mooi kyk na die tabel van die maanfases, sal jy oplet dat ons in Julie twee volmane in een maand beleef. Dit is iets wat net “once in a blue moon” gebeur! Die moderne definisie vir ‘n “bloumaan” is die tweede volmaan in dieselfde kalendermaand. Die volmaan van 31 Julie is dus ‘n bloumaan. Die laaste keer wat ons ‘n bloumaan gehad het, was in Augustus 2012.

Eintlik is dit nogal raar dat die Maan blou van kleur lyk. Dit word gewoonlik veroorsaak deur rook- of stofpartikels in die atmosfeer. “Aandster” sedert die begin van die jaar. Dit het egter die afgelope weke vinnig begin afduik na die westelike horison. Teen die middel van Augustus verdwyn Venus in die gloed van die Son wanneer dit tussen die Aarde en Son deurbeweeg. Teen September herverskyn dit weer soggens, voor sonop, in die ooste, as die “Oggendster”. Mercurius beweeg die vinnigste van al die planete – dit neem slegs 88 dae om een omwenteling om die Son te voltooi. Mercurius se blitsige beweging sal tydens hierdie groepering baie mooi sigbaar wees. Binne die bestek van twee aande, steek dit eers vir Jupiter verby (6 Augustus) en die volgende aand (7 Augustus) vir Regulus. Mercurius is nou die beste sigbaar vir die jaar en kuier nog op die westelike horison tot diep in September.

Bloumaan! “Hoe dikwels kry ons dus ‘n bloumaan?” Die datums van die maanfases herhaal elke 19 jaar. In so ’n 19-jaar siklus kom daar sewe bloumane voor. Bloumane kom dus gemiddeld elke 2.7 jaar voor. Daar is egter uitsonderings, wanneer dit baie vinniger kan herhaal. Dit neem 29.5 dae van volmaan tot volmaan. As daar dus ‘n bloumaan in Januarie is, is daar dadelik weer ’n bloumaan in Maart (en dus geen volmaan in Februarie nie). Dit is juis die geval met ons volgende bloumaan – Januarie en Maart 2018 het albei ’n bloumaan! Die volmaan van 31 Julie 2015 sal egter nie noodwendig blou

50

vertoon nie. Eintlik is dit nogal raar dat die Maan blou van kleur lyk. Dit word gewoonlik veroorsaak deur rook- of stofpartikels in die atmosfeer. Vulkane veroorsaak ook soms dat dit gebeur. Met die uitbarsting van Krakatoa in 1883, het die Maan vir amper twee jaar blou vertoon. Die dans van die Planete Augustusmaande is gewoonlik bekend as die tyd wanneer die katte snags kattermaai! Maar vanjaar is die planete ook ernstig besig om te flikflooi. Hou reeds vanaf die begin van Augustus, net soos dit skemer word, die westelike horison dop! Hier is die

Ons Eie

twee helderste planete, Venus en Jupiter, besig om die dansvloer in te wy. Tussen 6 en 8 Augustus raak die partytjie nog ernstiger! Dan sluit Mercurius ook by hulle aan. Saam dans die spulletjie dan kringe om die helder ster, Regulus! Venus is reeds die helder

Datum

Sonop

Sononder

01 Jul

07h05

17h44

15 Jul

06h03

17h50

01 Aug

06h56

17h58

15 Aug

06h45

18h05

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

Maanfases

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

18 Apr

26 Apr

04 Apr

12 Apr

18 Mei

25 Mei

04 Mei

11 Mei

Julie 2015

www.suidwes.co.za


Snapp

Chef

L A NDB O UK UNDI G

Leiers in Induksie Toestelle

50% en kook 64% vinniger

Spaar

op elektrisiteit

DIE GOEDKOPER- VINNIGER- VEILIGER MANIER VAN KOOK

NOU BESKIKBAAR BY www.suidwes.co.za

Ons Eie Julie 2015 www.snappychef.co.za

51


L A NDBO UKUNDI G

52

Ons Eie

Julie 2015

www.suidwes.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.