Ons Eie Junie'16s

Page 1

Junie 2016 Jaargang 51 • 3

Lyfblad van Suidwes Landbou

New Holland se T8.435

SMARTTRAX by NAMPO gesien 15

BEESBOER van die Jaar

16



Junie 2016 Jaargang 51 • 3

Lyfblad van die Suidwes Groep

Ons Eie word uitgegee deur die Suidwes Groep. Algemene kontaknommers vir die Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van die Suidwes Groep nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

INHOUDSOPGAWE AKTUEEL 4 Op die geestelike akker 5 Soos ek dit sien 6 Kortnuus uit die Suidwes Groep 6 Varkgriep by Schweizer bevestig 7 Feeler-agentskap op Christiana bekendgestel 7 Vername beesmanne bymekaar 7 Pienaar gee erkenning aan Karaan 8 Baal vir die vale 8 Meulenaars van formaat 9 Kom kry jou jag- en slaggoed 12 Suidwes is deel van die weefsel van die gemeenskap 14 Suidwes volg nuwe benadering by NAMPO 16 KONTREIKUIER – Met ‘rafflebeeste’ word hy wenboer

PRODUKNUUS 10 Vername versekeraar gee opkomende boere broodnodige inspuiting 32 Vinnige mieliebasters maak groot impak 34 Wêreldgehalte voer met puik diens daarby

VOORBLAD Dié T8.435 Smarttrax is ‘n nuwe toevoeging tot New Holland se immergewilde T8-reeks en was by NAMPO te sien.

14

20

LANDBOUKUNDIG 22 Opwindende nuwe trekkers 24 Waak teen roofdiere gedurende die droogte 26 Strooptyd 28 Wanneer begin en eindig ‘n droogte? 31 Fooie vir identifikasiemerke van diere 37 Hier is ‘n slang in die gras 43 Plantekstrakte in voerbyvoegsels 45 Agrikalender

ALGEMEEN 22 KOSMIESE KWÊLA – Die maan doen al weer huisbesoek

Ons Eie

Junie 2016

3


AKT UEE L

Waar lê jóú broodlyn? soos ek dit sien

reukweerder, vroue higiëne) — R 169.94 • Huishoudelike skoonmaakgoed — R54.98 TOTAAL: R1 146.57

EK KOM BUITE CHECKERS tot stilstand. Ek is so besig met die strokie dat ek byna my trollie in die vrou voor my vasstoot. Ek kyk weer na die strokie, die totaal wil nie met die verwagting in my kop en die hoeveelheid produkte in die trollie strook nie. Maar die strokie is reg, alles daarop aangedui lê onder in die trollie in ‘n hopie. Ek oorweeg dit om die bottel wyn te gaan terug gee, dit is tog ‘n luukse, maar dan dink ek aan my Kaapse pêlle wat hulle neuse sou optrek vir my R32 se bottel wyn. Ek sit hom terug in die trollie. Ek gaan hom nodig hê as ek by die huis kom – vir die skok. Ja, die skroewe draai vas om die verbruiker. Die voorspelling is dit gaan nog vaster draai. Ek lees oor ons sosiale ontwikkelings­ minister, Minister Bathabile Dlamini, se flater in die parlement. Sy het beweer dat ‘n gesin van vyf kan vir ‘n maand leef op R753. Net toe ek laasmaand se strokies wou uitpluk om te kyk of ons nog in die kol is, lees ek gelukkig dat Fin24,

4

die besigheids- en finansiële-nuuswebwerf, my voorgespring het. Hulle het gaan kyk wat so ‘n mandjie, waarop ‘n huishouding van vyf mense kan leef, werklik sal kos. Volgens Fin24 het hulle die mees basiese items uitgesoek. Hulle mandjie het só gelyk (hierdie is ‘n effens verkorte weergawe): • Vars vrugte en groente (wortels, uie, tamaties, pampoen, appels, piesangs) — R218.87 • Blikkies en bottels (mieliemeel 5 kg, sonneblom­olie 750 ml, suiker 2 kg, tee 100 sakkies, koffie 750 g, rys 2 kg, appelkooskonfyt 450 g) — R214.68 • Proteïen (gevrieste hoender 5 kg, polonie 2 kg, langleefmelk een liter elke tweede dag, een brood elke 1.5 dae, pak van 18 eiers, margarien 2x 500 g) — R488.10 • Persoonlike higiëne (tandepasta, toilet­ papier, skeermeslemme, skeerroom,

Ons Eie

Junie 2016

Ek neem nou aan dat Minister Dlamini dalk die proteïen-gedeelte uitgelaat het toe sy haar mandjie gepak het. Nou moet ek baie eerlik wees – ek gaan waarskynlik ‘n stamgeveg in my gesin veroorsaak as ek ons maandelikse kruideniersbegroting na R1 146.57 probeer snoei. Daardie bedrag is nader aan ‘n week se kruideniersware in meeste van die gesinne wie ek ken se huishoudings. Dit tref my egter dat dit hier is waar die spreekwoordelike ‘tekkie die teer tref’ wat voedselsekuri­teit betref. Hoewel hierdie somme gemaak word vir die bepaling van maatskaplike toelaes, is dit tog ‘n aanduiding van die beperkinge waarmee die meerderheid van verbruikers te kampe het. ‘n Mens hoop net dat die regering die erns van hierdie maatskaplike probleem sal raaksien wanneer daar besluite rondom landbou- en grondsake geneem word. OE

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker

Wat praat jy? DEEL 1 ONS BELYDENIS/WOORDE is uiters kragtig; daarom moet ons leer om ons woorde só te gebruik dat dit vír ons werk en nie téén ons nie. So baie mense ervaar die negatiewe gevolge van hulle woorde, sonder om te besef dat hulle dit oor hulleself bring. Kyk wat die Woord hieroor sê: Jak 3:3-5 Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. V4: Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ‘n baie klein roer net waarheen die stuurman wil. V5: Net so is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge - kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand. Die roer van ‘n skip, ‘n stang in ‘n perd se bek en die tong - hierdie drie is uiteenlopend, maar die krag wat elkeen het, is merkwaardig! Dit maak nie saak hoe groot en sterk ‘n perd is nie, hy kan beheer word deur ‘n klein stukkie yster. Dit maak nie saak hoe groot ‘n skip is wat deur hewige winde voortgedryf word nie; hy word steeds met ‘n baie klein roer deur die stuurman gestuur. Dit maak nie saak hoe ferm die storm in jou lewe is, of hoe groot jou probleme is nie, jou tong kan dit draai. Jou tong kan jou probleme draai! Geen storm is so groot dat jy, as ‘n gelowige, dit nie kan oorkom of ver­ ander met God se Woord in jou mond nie. Jou belydenis gaan jou skip in die storm beheer! Ons woorde is ook saad wat ons saai, en elke saad se vrug is in homself. Wanneer ek byvoorbeeld wortelsaad saai, gaan daar wortels opkom en nie beet nie. ‘n Appelboom dra appels en nie perskes nie. Gen 1:12 Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte.

www.suidwes.co.za

Deur Annette Neethling

Dit werk dieselfde met my woorde. Dít wat ek praat, sal ek ervaar. Gaan voort om jou vol te maak met God se Woord, want waar die hart van vol is, loop die mond van oor. Matt 12:34 Want uit die oorvloed van die hart praat die mond. Vervang die negatiewe met die positiewe. Deur God se Woord te praat, vervang ek die negatiewe met die positiewe. Deur God se Woord te spreek, vervang ek siekte met genesing, tekort met oorvloed, vrees met geloof, smarte met vreugde en wanhoop met hoop. Spr 18:21 Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. Met ander woorde, ons woorde bepaal ons ervaring. Ons woorde het die vermoë om geloof of ongeloof, seën of vloek, lewe of dood, te bepaal - dít is die vrug wat dit dra, dít is die oes wat ons maai. Ongelukkig is ons van kleins af blootgestel aan negatiewe gesegdes. Luister ‘n bietjie hoeveel dood ons spreek in ons alledaagse gesprekke met mense: Ek skrik my boeglam. Ek lag my dood. Ek is siek en sat vir die gemors. Ek kan dit nie bekostig nie. Ek glo nie ...... Elke woord wat God gepraat het, was gevul met Sy geloof en het krag gehad. God het gepraat en dinge het gebeur. God het vir die vyeboom gesê hy sal nooit weer ‘n vrug dra nie, en die boom het onmiddellik verdroog. Matt 21:19 .... en Hy sien ‘n vyeboom langs die pad en gaan daarnatoe; maar Hy het niks daaraan gevind nie as net blare alleen; en Hy sê vir hom: Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer ‘n vrug kom nie! En onmiddellik het die vyeboom verdroog. Vir die storm op die see sê Hy: Mark 4:39 Swyg, wees stil ! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom. Jesus se woorde het vandag nog dieselfde krag as wat dit gehad het die oomblik toe Jesus dit gespreek het. Wanneer ons dus God se Woord

Ons Eie

praat en dit glo, skop dieselfde krag van Jesus se woorde in aksie. Dan word die Woord van God ‘n werklikheid in my lewe. Die gevolgtrekking waartoe ons dus kom, is dat, as Jesus se woorde daardie tyd genoeg krag gehad het, dit vandag ook genoeg krag het vir watter situasie ons dit ookal benodig - genesing, finansies, herstel van verhoudinge, ensovoorts. Ken jy God se beloftes? Soek God se belofte oor jou situasie in die Woord en staan daarop en mediteer daaroor, totdat dit lewend word in jou binneste. Jes. 62 : 6 Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag lank nie sal swyg nie. o Julle wat die Here herinner aan sy beloftes - moenie rus nie ... God moedig ons aan om Hom dag en nag aan Sy Beloftes te herinner.

Junie 2016

Waarom? Sal God dan vergeet? Sekerlik nie! God wil seker maak dat ons die hele tyd op Hom sal fokus en dat ons Hom sal bely - Sy beloftes, met ander woorde Sy Woord, moet die hele tyd op ons lippe wees. Wanneeer jy God se Woord in geloof praat, sal jy berge versit. Die vyeboom sal vrek, die storm sal bedaar en die vyand sal vlug. God se Woord staan vas en Hy is gereed, gewillig én in staat om Sy Woord in jou situasie in werking te stel. Jer 1:12 Ek is wakker oor my woord om dit te volbring. Maak jou los van jou probleem deur vas te hou aan jou belydenis van die Woord van God. Hou op om die pro­bleem te bid óf te praat, en begin om die oplossing te praat. Praat die eindresultaat. Lees in die volgende uitgawe, Deel 2, hoe om die oplossing te PRAAT! OE

5


AKT UEE L

Kortnuus uit die SUIDWES Groep AGRIFRIEND

Africum Beperk is in die proses om `n meerderheidsbelang in die Agrifriend Groep te verkry. Agrifriend se hoofkantoor is gesetel in Kimberley met takke in die Noord-Kaap en Oos-Kaap besproeiingsgebiede. Die maatskappy fokus hoofsaaklik op meganisasie. Die transaksie is onderhewig aan goedkeuring deur die Mededingingskommissie wat eersdaags verwag word.

RADDIX

Africum Beperk het sy versekeringsbesigheid Suidwesfin aan die Raddix Groep verkoop en is in die proses om ’n meerderheidsbelang in die Groep te verkry. Die Raddix Groep is in 2012 gestig en via die houermaatskappy en sy filiale bied die Raddix Groep advies- en tussengangersdienste in korttermynversekering, oesversekering, mediese fondse, kredietlewens- en finansiële beplannings­dienste in die Noord-Wes, Vrystaat, Gauteng en Oos-Kaap. Die Raddix Groep is ook ’n geregistreerde Nakomingspraktyk en verskaf nakomingsdienste, besigheidskonsultasie-, finansiële-, menslike hulpbronne- en informasiebestuursdienste aan die finansiële dienstesektor in Suid-Afrika.

NVIROTEK

NviroTek het gedurende die afgelope paar maande die tegnologie in plek gestel om lewers en bene van diere te ontleed. Die resultate word deur veeartse gebruik vir diagnostiese ondersoeke. Die sisteem is eers met behulp van Onderstepoort getoets en die eerste Sable-lewers is van ’n veearts in Kroonstad ontvang. Die volgende besending lewers word vir ‘n veearts ontleed wat met nagraadse studie besig is. Die inisiatief is geloods om die dienste wat NviroTek aanbied, uit te brei.

AFRICUM MILLS

Die meule op Wolmaransstad is aanvanklik opgerig vir omruilmaal en het op 1 Augustus 2015 heeltyds begin maal, wat vier maande later as begroot was. Die gerealiseerde wins vir die 2015/2016 finansiële jaar was 42,66% beter as be­ groot met ‘n 35,36% opbrengs op kaptiaal geïnvesteer. Die meule het aanvanklik net “super” meel gemaal, maar maal nou ook “special” vir die kommersiële mark. Die uiteindelike doel is om 35% van die maalkapasiteit van die meule vir omruilmaal te benut en die restant vir kommersiële maal. Die Maatlahandelsmerk is reeds gevestig in die mark en die meel word verkoop by Suidwes se handelstakke en silo’s.

BUNKER OP WESSELSBRON

Die Suidwes-bunker op Wesselsbron is opgerig om 40 000 ton mielies te ontvang en is sedert 20 Mei 2016 operasioneel. Die bunker is opgerig om graan van klante uit die Wesselsbrongebied te ontvang en dan per spoor na kopers te versend. Sodoende kan Suidwes die volledige pakket van dienste aan produ­ sente bied om kompeterend in die gebied te bly.

ZESTO SILOSAKDEPOT

Die silosakdepot is strategies van groot belang om Suidwes se markaandeel in die gebied uit te brei. Die huurkontrak van die silosakdepot op Zesto is na nege jaar verleng. Suidwes het ’n mobiele hopper geïnstalleer om die innamekapasiteit van die depot na 2,000 ton per dag te verhoog. Dit stem ooreen met die gemiddelde inname-kapaiteit van Suidwes se silo’s. Die silosakdepot is opgerig om witmielies en geelmielies te ontvang. Sonneblom uit die gebied sal by Makwassiesilo ontvang word.

6

Ons Eie

Junie 2016

Varkgriep by Schweizer bevestig DIE ONDERSTEPOORT Veeartsenykundige Instituut van die Landbou Navorsingsraad het twee afsonderlike gevalle van Afrika-varkgriep in Junie bevestig. Die een uitbraak het in die Ipelegeng Township naby SchweizerReneke in Noordwes en die ander op ‘n plaas naby Koffiefontein in die Vrystaat voorgekom. In albei gevalle het ‘n groot hoeveelheid varke simptome van die siekte getoon. Dit lyk nie of die twee gevalle verband hou nie. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het varkeienaars, veral boere in die omgewing van hierdie gebiede, in ‘n persverklaring gemaan om uiters waaksaam te wees. Kontak tussen wilde en mak varke moet vermy word omdat die siekte maklik tussen varke oorgedra word. Plaasvarke is hoogs vatbaar en meeste van die besmette diere sal tekens van bloeding toon en vinnig na besmetting vrek. ‘n Klein hoeveelheid van die diere kan oorleef en hulle sal die virus vir ‘n aantal maande dra sonder enige teken dat hulle siek is, maar hulle kan ander varke waarmee hulle in kontak kom, aansteek. Beheermaatreëls fokus daarop om kontak tussen plaasvarke en vlakvarke te voorkom sodat die verspreiding van die siekte onder kuddes voorkom kan word. Sou die siekte oorspoel na wilde diere, kan dit die probleem vinnig vererger. Dit sal meer uitbrake tot gevolg hê en die handel in varke en varkvleisprodukte in die land beïnvloed.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Feeleragentskap op Christiana bekendgestel Boere en klante het ’n suksesvolle boe­redag op Christiana bygewoon waar die Feeler-agentskap, wat onlangs deur Suidwes verkry is, bekendge­stel is. Die reënerige omstandighede kon nie die geesdrif van die spre­kers en gaste demp nie. Dié maatskappye was verteenwoordig: Voermol, Roff Hamermeule, Feeler en Buckle Packaging. Op die foto hieronder is van die gaste tydens die boeredag.

Vername beesmanne bymekaar Pienaar gee erkenning aan Karaan

By ‘n Voermol-boeredag op Kleinjan Gasekoma se plaas naby Reivilo is hierdie foto geneem van die Voermol Beesboere van die Jaar vir die laaste twee jaar. Van links is Clement en Kleinjan Gasekoma saam met Jan jr. en Jan sr. van Zyl van Kroonvee. Ongeveer 80 mense het die boeredag bygewoon. Daar is baie gekonsen-

www.suidwes.co.za

treer op basiese boerderybeginsels en veral veldbestuur om beginnerboere te help om genoeg weiding gedurende droogtes te hê.

Ons Eie

Vorige HUB van Suidwes en Agbiz-voorsitter, Schalk Pienaar (regs) het ‘n Agbiz Eretoekenning aan die bekende prof Mohammad Karaan van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit AgriWetenskappe oorhandig. Prof Karaan het hierdie toekenning van Agbiz ontvang vir die besondere diens wat hy aan die SuidAfrikaanse agribesigheidsgemeenskap lewer. Prof Karaan se leierskapsrol in die Suid-Afrikaanse landbousektor is ook onlangs erken toe Agri SA ‘n eretoekenning in November 2015 aan hom oorhandig het.

Junie 2016

7


AKT UEE L

Baal vir die vale

Vroeg op ‘n windstil, sonskyn wintersdag aan die einde van Mei is ‘n balerkompetisie deur van die topverskaffers in Suid-Afrika gehou op die plaas Doornhoek van Johan Claasen. Dit was tyd om uit te haal en te wys. Volgens Hansie Swanepoel (bemarkingsbestuurder by Suidwes) kon jy die afwagting van die klante en die spanning onder die verskaffers aanvoel. Die tafel was gedek om elke produk se staal te beproef.

Die reëls vir die kompetisie was eenvoudig – die wenner is die verskaffer wat die meeste bale (gewig of volume) in die kortste tyd kan baal. Die ekonomie van die proses is ook in aanmerking geneem in die keuse van die aandrywing (trekkers) wat ingespan is. Verskeie 1,2 meter ronde balers (net met binders gelaai) het meegeding deur mieliereste te baal. Kapasiteit, spoed en betroubaarheid het die deurslag gegee. Die fabrikate wat deelgeneem het, was Krone, John Deere, New Holland,

8

Van links staan Riaan de Beer (heelgoederebemarker by Suidwes), Hansie Swanepoel (bemarkingsbestuurder by Suidwes), Piet Delport (area-bestuurder van Jupidex) en André van Wyk (Machale baler­ spesialis van Jupidex) by die McHale-baler. Claas, Galagnani, Lely (Welger) en Suidwes se wenperd, McHale – Jupidex het dié baler verskaf. Andrew van Rensburg (balerkontrakteur van Bothaville), was die aanbieder. Die balers het 30 minute lank gebaal waarna vergelyk is wie die meeste

gebaal het, watter baler die swaarste gemiddelde baal gemaak het en wie die meeste gewig in die halfuur gebaal het. Die resultate was: Swaarste baal: McHale met 286 kg; Meeste gebaal: McHale met 33 bale;

Meeste bale (gewig) gebaal in die 30 minute toegelaat, ook McHale met 9 174 kg. Die wenner was dus loshande Jupidex se pronkperd McHale. Suidwes versprei hierdie baler en hoop om ‘n impak in die mark te maak met die produkreeks. Die McHale is in twee modelle beskikbaar: die 5400 en 5500. Die 5400 maak ‘n 1,2 m baal en beskik oor ‘n opteldrom wat 2,1 m wyd is. Dié baler is toegerus met swaardiens dubbelrollaers, 50 mm aste en bypassende swaardiens ratte en kettings en het ‘n maklik bereikbare sentrale smeerstelsel (ghries). Dit beskik ook oor 18 rollers en maak ‘n hoë digtheid baal. Daarom gebruik die baler ‘n netbinder om die swaarder bale bymekaar te hou. Die 5500-model het dieselfde basiese kenmerke, maar het ‘n bykomende outomatiese olie- en ghriesstelsel en die baler is toegerus met 15 messe wat die gras in 65 cm lengtes sny. Albei balers is toegerus met ‘n valdeur (‘drop floor’) wat maklik kan sak indien verstoppings in die opteldrom voorkom. Kontak vir Hansie Swanepoel of enige van Suidwes se heelgoedere­ bemarkers vir meer inligting oor hierdie baler. Hulle kontakinligting is op Suidwes se webwerf onder die afdeling Heelgoedere beskikbaar.

Meulenaars van formaat Sedert die ontstaan van Africum Mills se Maatla-meule op Wolmaransstad, bly dié besigheid groei. "Die vraag na ons meel het so toegeneem dat ons al meer ure moes insit. Ons kry ook al hoe meer 'instap' klante soos ons bekend raak," sê Dries van der Linde (senior silobestuurder: Wolmaransstad). Die meule het verlede Augustus begin produseer en in die foto is die mense wat die werk doen.

Joseph Pitso (vragmotorbestuurder), Thys Mojalesa, Seiso Moeketsi (masjienoperateurs), Salthiel Motsoenyane, Cornelius Sakeng (vurkhyseroperateurs), Jan Diphela, Samuel Phakedi, Karla Schoeman (administrasie) en Dries van der Linde (senior silobestuurder: Wolmaransstad).

Ons Eie

Junie 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Kom kry nou jag- en slaggoed DAAR IS NOG TYD om jou jag- en slagtoebehore teen uitstekende pryse te kry. Die Jag en Slag-promosie by Suidwes se Kontreiwinkels is beslis in die kol! Hulle beloof ’kolskoot’-pryse op ’n wye reeks buitelug- en ander produkte wat elke jagter se hart vinni­ ger sal laat klop. "Ons het die takke uitgedaag om kreatiewe en unieke uitstallings in die winkels te doen," sê Deon Badenhorst (operasionele bestuur­der: Handel). "Hulle het nie teleurgestel nie – die personeel het geweldig baie moeite gedoen. Ons glo dat die verkope ons verwagtings sal oortref."

www.suidwes.co.za

Gesels kopstukke

Oom Bok Smit (links) en Wally Grant ’kamp uit’ in die Bloemhof Kontreiwinkel se jagpromosieuitstalling tydens die Jag en Slag-promosie. "Hulle is gereelde klante by ons," vertel Merie Crafford (admin-klerk) wat die foto ingestuur het.

Ons Eie

Junie 2016

9


PRO DUKNUUS

Vername versekeraar gee opkomende boere broodnodige inspuiting Meer as 600 opkomende boere van nedersettings en landelike dorpe van reg oor die land is onlangs bemagtig om die proses te begin om hul bestaansboerdery na ’n kommersiële boerdery oor te skakel danksy ’n reeks verbruikersopleidingsprogramme. Tydens die opleiding, gelei deur Santam Landbou, is die nodige finansiële en sakevaardighede aan die boere oorgedra. “Die opleiding het my regtig gehelp om my klein boerdery te bestuur,” het William Mmakola, ’n opkomende boer van die Tsimanyane-nedersetting in Limpopo, gesê. “Die praktiese lesse wat ek geleer het, help my nou om my sakeplanne op te stel en te bestuur. Ek het reeds ’n aksieplan saamgestel om die omset te bestuur wat verdien word uit die kweek van vars produkte,” het hy gesê. Klass Ridane van Rust der Winter in Mpumalanga voel dieselfde as Mmakola oor die opleiding en het gesê hy het waardevolle lesse geleer wat hom nou help om sy geldelike pligte op die plaas na te kom. “Die opleiding het vir my baie praktiese wenke en idees gegee oor hoe om die onderneming beter te bestuur en ons werkers te motiveer wanneer ons nou wintergewasse begin aanplant.” “Ek wens die res van ons gemeenskap het die geleentheid gehad om die opleiding by te woon, want ek het so baie geleer,” het Mapule Emily Moggi van Brilliant Farming Corporation in Gauteng gesê. “Baie mense gaan

10

voordeel hieruit kry en dit help ons om beter boere te wees.” Gerhard Diedericks, hoof van Santam Landbou, het verduidelik dat dit nie maklik is om ’n boer in Suid-Afrika te wees nie. “Veranderende weerpatrone, die verlammende droogte, arbeidskoste en -onluste, peste en plae, dalende mededingendheid in wêreldmarkte en beperkte hulpbronne dra alles by tot Suid-Afrika se kwynende landbousektor. Diegene wat die ergste geraak word, is ons land se opkomende boere. Baie van hulle sukkel om die geldelike druk te hanteer, en het ’n gebrek aan vaardighede en ondersteuning om weerstand te bied teen die storms wat die bedryf teister.” Hy het voorts gesê die versekeraar besef dat landbou deurslaggewend is vir die toekomstige welstand van die Suid-Afrikaanse ekonomie en het daarom hierdie opleidingsveldtog, die eerste in sy soort in die bedryf, begin. “Santam is vasbeslote om opkomende boere by te staan aangesien hulle lewensbelangrik is vir die volhoubaarheid van die landboubedryf oor die lang termyn. Hoewel alle boere voor yslike uitdagings te staan kom, het klein en opkomende boere selfs meer ondersteuning nodig. Hulle beskik nie altyd oor die nodige vaardighede en steun as die noodlot tref nie. “As ’n speler in dié mark, het ons gevoel dis nodig om meer betrokke te raak as net met ons bestaande programme. Santam ondersteun boere al vir meer as 85 jaar en het ’n diepgaande insig in die uitdagings en risiko’s waarvoor hulle te staan kom. Ons is dus uitstekend geplaas om bystand te verleen, en ons kennis en kundigheid te deel oor hoe om weerstand teen risiko’s op te bou,” het Diedericks gesê. Van November 2015 tot Januarie 2016 is aan boere van KwaZulu-Natal, Gauteng, Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, die Oos- en Wes-Kaap en Vrystaat per-

Ons Eie

soonlike opleiding gegee in finansiële vaardighede, inligting oor risikobestuur, asook voortgesette raadgewing en ondersteuning. Die boere is geëien deur Santam se verhouding met landbouliggame soos die African Farmers’ Association of South Africa (AFASA), die Nasionale Organisasie vir Opkomende Rooivleisproduseerders (NERPO) en bestaande kliënte van Santam. Vennootskappe is met die diensverskaffers aangegaan – Avocado Vision, AgriSkills Transfer en Farm for Africa – om die opleidingsessies van ’n dag, vyf dae en twee weke aan te bied. Die fokus was op finansiële vaardighede, die versekeringsbedryf en die belangrikste risiko’s waarvoor boere te staan kom, asook toegang tot finansiering en die begrotingsproses. Jules Newton, besturende direkteur van Avocado Vision, het gesê die werklikheid is dat kleinskaalse boere makliker in die stelsel verlore kan raak. “Die meeste opkomende boere leef dikwels

Junie 2016

van die hand tot die mond en het nie die hulpbronne om in hulself te kan belê nie. Hierdie boere mag dalk uiters bekwaam in tegniese landbousake wees, maar dis heelwat moeiliker om die finansiële vaardighede te bekom. Santam se steun aan hierdie programme help boere regtig om hul geldsake vas te vat en stel hulle in staat om beter besluite te neem oor hoe om hul geld te bestuur. In sulke moeilike ekonomiese tye is dié vaardighede uiters belangrik om te oorleef.” Santam se opleidingsprogram vir opkomende boere maak deel uit van ’n groter strategie vir verbruikersopleiding wat die versekeraar onderneem het en wat gerig is op die opheffing van gemeenskappe en die bevordering van toegang tot finansiële dienste. Dit word gedoen ter ondersteuning van die Regering se veldtog om armoede, werkloosheid en ongelykheid te bekamp, maar ook met die wete dat opkomende markte spesifieke behoeftes het.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Junie 2016

11


AKT UEE L

Suidwes is deel van die weefsel van die gemeenskap Suidwes Landbou is nie alleenlik geplant in sy bedie­ ningsgebied nie, maar is ingeweef in die landelike omgewing waar hy sy klante, kliënte, vennote en aandeelhouers bedien, sy personeel versorg en omsien na die groter gemeenskap waarin hy funksioneer.

Die maatskappy is daarop ingestel om op verskeie wyses waarde toe te voeg in die platteland. Een van die fokusareas in die gemeenskap is die jeug en waar kan daar ‘n beter belegging gemaak word as in skole? Suidwes se direksie het onlangs besluit om geld opsy te sit om skoolkinders met sportklere te help.

Trots Suidwes

OP LEEUDORINGSTAD het die Leerlingraad van Leeudoringstad Laerskool onlangs vir die groep hoof uitvoerende beampte, dr Herman van Schalkwyk, by Suidwes se hoofkantoor kom kuier. Volgens dr Van Schalkwyk was die kinders vol vrae, maar dit het hom ook die geleentheid gegee om by hulle uit te vind wat

in hulle lewens aangaan. “Ons het heerlik saam gelag en gesels tydens hulle kuiertjie,” vertel Herman. “Ons het hulle in die Raadsaal ontvang en dit was baie oulik om die ‘oees’ en ‘aaas’ aan te hoor. Elkeen het ‘n koeldrank gekry en ek het vir hulle Suidwes-kepsies uitgedeel en hulle het vir my ‘n Leeutjies-keps gegee.”

SUIDWES SE BETROKKENHEID in die gemeenskap strek wyer as net die landbou. Skoolkinders dwarsdeur die bedieningsgebied dra met trots die sportklere wat deur Suidwes geborg is. Skole kon hulle eie ontwerpe kies om by die skool se kleure en styl in te pas. "Ons het 23 skole se sportklere geborg en dit was ’n voorreg om te sien hoe trots die leerders op hulle

klere is," sê Sunelle van Rooyen (bemarkingskoördineerder). Bestuurders van Handel, Graan (silo’s), Meganisasie asook verhou­dingsbestuurders en versekeringsadviseurs het die klere aan die sportsterre gaan oorhandig. Die Suidweslogo verskyn ook op die klere en ons glo dat Suidwes ook die ’Eerste Keuse’ van dié skoolkinders gaan word.

Schweizer-Reneke Hoërskool Sportspanne van enkele van die skole wat deur Suidwes geborg is, spog hier met hulle splinternuwe sportdrag.

Nelsdrif Laerskool Bothaville Hoërskool

12

Bultfontein gekombineerde skool

Ons Eie

Junie 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

April 2016

13


AKT UEE L

Suidwes volg nuwe benadering by NAMPO Ondanks die demper wat die heersende omge­ wingstoestande op die landbousektor plaas, het Graan SA se 50ste NAMPO-oesdag weer vanjaar die gemoedere gelig deur vir lekker landbou-afleiding te sorg. Graan SA sê hulle vierdag-handelskou het vanjaar 75 116 besoekers gelok – ‘n rekord. Altesaam 685 uitstallers het vanjaar kom kamp opslaan in Botha­ville se groot jaarlikse trekpleister en uitstal­ lers was baie positief oor die goeie besigheid wat hulle daar gedoen het. “In die verlede het Suidwes se stalletjie op die bemarking van inligting en dienste van die maatskappy gefokus, maar vanjaar het ons besluit om meer op die Kontreiwinkels se produkte te fokus”, het Deon Badenhorst (operasionele bestuurder: Handel by Suidwes) gesê. “Uit die hoeveelheid produkte wat ons oor die vier dae verkoop het, het dit baie duidelik geblyk dat ons Kontreiwinkels die regte produkte teen die regte pryse verkoop. Ons was verbaas oor hoe goed ons produkte verkoop het. Met tye was die toeloop na die stalletjie oorweldigend,” het Deon gesê. Dit was ‘n uitstekende oefening vir die bemarking van die Kontreiwinkels.

Mej Christine Bouwer, ‘n student in toerismebestuur op Potch, het gedink dié groot wiel aan ‘n New Holland-trekker is die ideale plek vir ‘n blaaskans by NAMPO.

14

Ons Eie

Junie 2016

Bo-en-behalwe die goeie verkope is baie navrae tydens die vier dae, maar ook telefoniese navrae na afloop van NAMPO ontvang. Volgens Deon is die Suidwes-stalletjie ideaal geleë en hulle het baie blootstelling aan mense wat buite Suidwes se bedieningsgebied woon, gehad. Die strategie was om met produkte soos klere, buiteleweprodukte, leerprodukte, handgereedskap asook kinderprodukte op die wyer publiek te fokus. “Die Sniper-kinderstewels het uitstekend verkoop. Die reeks is splinternuut in Suid-Afrika en ons het hordes oupas en oumas bedien wat dié stewels vir hulle kleinkinders gekoop het.” Hi-Tec en Freestyle-skoene was ook goeie verkopers saam met leerskooltasse. Agrinet se Kaufmannbuitelewereeks was baie gewild en bokse vol vlekvryestaal waterbottels en glase is verkoop. Dit het ‘n klomp harde werk en goeie beplanning geverg om verkope glad te laat verloop. Daar is baie agter die skerms geskarrel om deurlopend voldoende voorraad beskikbaar te hê. “Ons het baie uit kopersgedrag geleer wat ons sal help met ons beplanning vir 2017 se NAMPO. Volgende jaar gaan ons nog groter!” was Deon se opinie. Suidwes se tradisionele inligtingtoonbank het ook heelwat navrae hanteer, veral rakende Suidwes se finansieringsprodukte, meganisasieoplossings en graanhantering. OE

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Johan Steyn (bemarker Rumax) wys hulle toerusting aan joernaliste.

Landboumasjinerie – tuisgemaak Nuwe tegnologie en ‘sci-fi’ meganisasietoerusting was aan die orde van die dag by NAMPO. New Holland spog met hierdie Smarttrax by hulle uitstalling op NAMPO vanjaar. Die New Holland T8.435 Smarttrax is ‘n nuwe toevoeging tot die immergewilde T8-reeks en word toegerus met normale bande voor en rusperbande agter. Hierdie is die keuse vir die fynproewer en kombineer die hantering en gerief van ‘n normale trekker met die traksie en flotasie wat rusperbande bied. Kort draaisirkels sonder oormatige grondversteuring is net die begin van die lang lys voordele wat hierdie unieke sisteem inhou. Die T8.435 spog met 30 duim brëe rusperbande agter, en hierdie is ook die eerste trekker in New Holland SA se stal wat toegerus is met ‘n CVT -transmissie (constant variable transmission).

RUMAX HET UIT WORCESTER in die WesKaap gekom om hulle landboutoerusting op NAMPO uit te stal. Eienaar en stigter van die maatskappy, Jaco Pieters, het die maatskappy in sy agterplaas begin. Die groot behoefte aan plaaslik vervaardigde landboutoerusting en Jaco se eerstehandse kennis van landbou in SA het die maatskappy vinnig laat groei. Tans het hulle, hul eie perseel in Worcester en ‘n personeel­korps van 40 mense. Rumax vervaardig ‘n wye reeks konsentraatmengers, pil- en voermengers, hamermeulens, baalkerwers, misstrooiers, snoeilemme en vele meer.

Raak met een voeding ontslae van rotte en muise met Protek se Kill All

Rotte en muise is baie aktief gedurende die winter aangesien hulle op soek is na kos en ‘n geskikte plek om te bly, gewoonlik in ons huise of tuine. Daar is ‘n afname in die beskikbaarheid van kos in die winter en ons huise bied ‘n alternatiewe spens vir hierdie plae. Benewens die gesondheidsgevare wat hulle meebring, kan hierdie knaagdiere groot skade aanrig aan ons eiendom. Protek se Kill All knaagdierdoders verskaf die oplossing! Voordele:

Handige wenke:

• Beheer Noorweegse rotte, dakrotte en huismuise

- Moet nooit knaagdoders met kaal hande hanteer nie.

• Gerieflike en maklike toediening

- Verwyder hondekos aangesien dit Vit K bevat, ‘n teenmiddel vir teenbloedstolmiddels.

• Enkelvoeding • Gereed-vir-gebruik pille, wasblokkies en vloeibare lokaas

- Gebruik vloeibare lokaas waar kos volop is en pille of wasblokkies waar daar ‘n voedseltekort is. - Vir veilige toediening, maak gebruik van ‘n lokaasstasie.

Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 Kill All Pellets: brodifacoum (teenbloedstolmiddel) 0.02 g/kg SKADELIK, L7162 Kill All Wax Blocks: brodifacoum (teenbloedstolmiddel) 0.05 g/kg SKADELIK, L7265 Kill All Liquid: brodifacoum (teenbloedstolmiddel) 0.5 g/l BAIE GIFTIG, L7163 Registrasiehouer: Almond Agro Chemicals (Edms) Bpk, reg no 1997/006442/07, Posbus 188, Van Riebeeckpark, 1629, Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PEBEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35,www.proteksa.co.za

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Junie 2016

15


AKT UEE L

KONTREIKUIER Ons Eie is saam met lede van Suidwes se bestuur, George Potgieter (groep hoof finansiëlebeampte) en Patrick Nelissen (groep hoof operasionelebeampte en HUB: Handel) en die takbestuurder op Reivilo, Simone de Villiers, na die plaas van Voermol se Beesboer van die Jaar, Kleinjan Gasekoma, om te gaan kyk hoe sy boerdery lyk.

Met

word hy

WENBOER

‘rafflebeeste’

Kleinjan Gasekoma boer tans in die hart van SuidAfrika se beeswêreld naby Reivilo. Net om te kan boer is al reeds ‘n droom wat vir hom waar geword het. “Om as Voermol se Nasional Beesboer van die Jaar aangewys te word is byna te veel om te kan glo,” het hy aan Ons Eie gesê.

16

V

ir Kleinjan is boerdery van kleinsaf ‘n droom. Hy vertel hoe hy as kind saam met sy pa verby plase gery het waar hy kon sien hoe die beeste in kampe loop. Hy het altyd verlang om eendag ook sy eie beeste in sy eie kampe te laat wei. Dit is interessant dat weidingsbestuur een van sy boerdery se sterkste punte is volgens die beoordelaars van die kompetisie. Sy droom is op ‘n plaas naby Schweizer-Reneke gebore waar hy as kind ‘n melkjong op die Lock-familie se plaas was. Die droom moes eers wag omdat hy vir 27 jaar op Pretoriastasie gaan werk het. “Maar ek moes terugkom, want daardie droom van boerdery was soos iets wat my gebyt het.” Die droom het ook nie maklik of oornag gerealiseer nie. In 2001 begin hy werk maak om sy droom te verwesenlik, maar dit is eers in 2003

Ons Eie

dat hy saam met ‘n groep mense uit sy omgewing deur die grondhervormingsaksies van die Staat ‘n plaas bekom. Dit het egter meer frustrasie as boer­dery veroorsaak. Kleinjan vertel

Junie 2016

Kleinjan Gasekoma (bo) met sy ‘mooi’ Braunvieh-beeste op die foto hieronder, het naam gemaak as die eerste opkomende boer deur dié toekenning te kry.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Junie 2016

17


AKT UEE L

KONTREIKUIER Kleinjan en sy seun, Clement (heel regs) saam met personeel van Suidwes, van links Simone de Villiers (takbestuurder op Reivilo), George Potgieter (groep hoof finansiëlebeampte) en Patrick Nelissen (groep hoof operasionelebeampte en HUB: Handel). Suidwes het ‘n trofee en ‘n korporatiewe baadjie aan Kleinjan oorhandig.

Kleinjan en sy seun, Clement, boer tans saam. Clement het as ‘n ‘rigger’ op die myn gewerk, maar volgens hom is boerdery baie beter as mynwerk. “En dit is baie veiliger,” lag hy. Kleinjan is met Mariam getroud en hulle het drie seuns en twee dogters. Die res van die gesin woon op Matlapaneng en kom oor naweke plaas toe.

dat meeste van die mense saam met hom meer belangestel het om ‘die geld te eet’ as om te boer. Te veel verskillende agendas het hom genoop om die proses om sy eie grond te bekom, aan te pak. Sy volgehoue pogings werp eindelik in 2008 vrugte af toe hy altesaam 1 233 ha grond naby Reivilo bekom het. Hy vertel van die aanvanklike frustrasies om staatshulp te bekom, maar hy was vasberade. Saam met die oorhandiging van die grond het die staat ook ‘n mentor aangestel om Kleinjan by te staan. Jare het egter

verbygegaan met min vordering en Kleinjan het eindelik met Cois Harman van Agri Start, en self ‘n boer van Zeerust, kennis gemaak. Met Cois se hulp en verdere staatshulp uit die herkapitaliseringsprogram kon Kleinjan eindelik daadwerklik aan sy droom begin werk. Hy het in ‘n stadium ‘n ou BMW 5i gehad wat hy teen R5 000 verkoop kon kry. Met dié geld koop hy toe twee dragtige koeie wat twee verse en ‘n bulkalf oplewer. So het hy stadig aan die gang gekom tot hy later nege beeste besit.

Die kommersiële kudde bestaan uit sowat 100 beeste en sy Braunvieh-stoetkudde ook uit100 diere. Kleinjan brei die kuddes uit deur die beste versies te behou.

18

Ons Eie

Junie 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Pannar

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Junie 2016

19


AKT UEE L

KONTREIKUIER Hy vertel hoe hy op die Vryburgskou ‘raffle tickets’ gekoop het en sowaar wen hy ‘n Braunvieh-bul en ‘n vers daarmee. “Ek het dadelik gehou van die mooigeit van die Braunviehs en dat hulle melk en vleis maak,” vertel hy. So word Kleinjan ‘n Braunvieh stoetteler. Sy boerdery brei stelselmatig uit met die stoet en ‘n kommersiële kudde bestaande uit ‘n mengsel van Brahman- en Bonsmarabeeste. Die boerdery sluit ook boerbokke en wild in. Dit is Kleinjan se veldbestuur wat die beoordelaars beïndruk het. Die goeie toestand van sy weiveld en die feit dat hy nog baie weiding beskikbaar het in die heersende droogte, getuig van Kleinjan se geslaagde bewaringsbestuur. Hy handhaaf ‘n la­ding van 10 ha per grootvee-eenheid wat die amptelike weidingskapasiteit vir hierdie gebied is. Die plaas is baie effektief in kampe verdeel en die vee roteer tussen die

20

Baie van die geboue, soos die opstal hier bo, en krale op die plaas is deur die Gasekomas self gebou met die hulp van Cois Harman, hulle mentor.

Ons Eie

kampe. Daar is 14 kampe op die 1 233 ha met ses suipingspunte. Sommige kampe word vir tot vyf maande gelaat om te rus. Kleinjan glo dat beeste wat beenmeel en sout in hulle dieet inkry, is baie gesonder en bied meer weerstand teen siektes. Die grootste deel van die plaas bestaan uit natuurlike soetveldweiding wat deur die jaar goeie weiding voorsien. Daar is ongeveer2 ha ploegbare grond waar hy later weiding onder besproeiing wil vestig, gelukkig het die plaas het ’n sterk boorgat. By elke suipingspunt is opvangkrale met ’n lekbak onderdak. By die verste punt en opvangkraal is ook ’n drukgang en hanteringskraal. Naby die huis het hulle staalbeeskrale met

Junie 2016

’n drukgang, laaiplekke en ’n skaal vir sowat 300 beeste gebou. Kleinjan vertel dat hulle hard op die plaas gewerk het. “Daar was niks toe ons hier gekom het nie, maar ek en my seun het geleer om alles self te doen.”

Foto onder: “Ek het onlangs Boerbokke gekoop sodat ek met meer vee as net beeste kan boer. Dit bring ook nog bronne van inkomste in my boerdery. Die bokke vreet ook bosse en só benut ek my plaas doeltreffender,” vertel Kleinjan. Die hond is permanent saam met die bokke om hulle onder andere teen roofdiere te beskerm.

www.suidwes.co.za


KONTREIKUIER In die somer pas hy ’n weeklikse wisselweidingstelsel toe en in die winter laat hy die grenskampe eers kort bewei – veral om veldbrande van sy bure af te beperk – voordat hy die binnekampe laat bewei. Sy Braunvieh-stoetkudde bestaan uit sowat 100 beeste en die kommersiële kudde ook 100 diere. Kleinjan brei die kuddes uit deur die beste versies te behou. Hy volg ’n kalftyd deur die bulle vanaf 1 Desember tot einde Maart by die verskillende troppe vroulike diere te hou. Kalwers word in April en Mei gespeen, om koeie die beste kans te gee om deur die winter te kom. Kleinjan gebruik vier stoetbulle. Hoewel hy geldelike hulp van die staat gekry het om sy boerdery te begin, boer Kleinjan vandag kontant. Hy het nog nie nodig gehad om geld vir produksiekoste te leen nie. OE

www.suidwes.co.za

A K T UEE L

Clement en Kleinjan sorg dat weiding baie goed bestuur word. Die grootste deel van die plaas bestaan uit natuurlike soetveldweiding wat deur die jaar goeie weiding voorsien.

Ons Eie

Junie 2016

21


L A NDBO UKUNDI G

Opwindende nuwe trekkers in die New Holland Suid-Afrika stal

By New Holland se uitstalling op Nampo kon boere hulle verlustig aan ‘n paar nuwe byvoegings tot New Holland se bekende en betroubare reeks trekkers. Daar was die nuwe TT4 en ‘n lang lys van nuwe aanpassings en veranderinge aan die T8s te sien. New Holland TT4 Die nuwe TT4 - trekkerreeks gaan beskikbaar wees vir die Suid-Afrikaanse mark in twee modelle naamlik die TT4.80 (60kW) en die TT4.90 (66kW). Hierdie reeks trekkers spog met nuwe stillering en ‘n uitleg van die ligte wat uniek is aan New Holland. ’n Beproefde 3.9L FPT (Fiat Powertrain) –enjin, wat turbo-aangejaag en tussenverkoel is, lewer maksimum wringkrag teen lae toere met uitstekende brandstofverbruik. Effektiewe kragoordrag word deur ’n 12x12 gesinkroniseerde transmissie verseker, en is beskikbaar met meganiese vorentoeagtertoe skakeling, asook ‘n opsionele spoelkas (Power shuttle). ‘n Platform met ROPS en ‘n doelgerigte kontroleuitleg dra by tot hoogstaande operateusgerief, terwyl 54 ℓ /min hidrouliese olievloei verseker dat enige implement met gemak hanteer kan word. By Nampo 2016 kon produsente sien dat hierdie trekkers die ideale keuse is vir enige gebruik aangesien die swaardiens agteras en lang wielbasis dit bo teenstaanders uitlig.

22

New Holland T8 Die nuwe generasie T8 New Holland-trekkers spog met ‘n lang lys nuwe aanpassings en veranderings wat meer veelsydigheid meebring, terwyl ‘n nuwe model ook deel vorm van die reeks. Hierdie trekkers spog steeds met die langste wielbasis in hulle klas wat optimale gewigsverspreiding tot gevolg het. Vir die Suid-Afrikaanse mark gaan twee wielmodelle en twee rusperbandmodelle deel vorm van die reeks. Modelle wat met bande toegerus is sluit in die T8.350 (206 kW) en die T8.410 (250 kW). Albei hierdie modelle word met dubbel voor- en agterbande, groter brandstofkapasiteit, ‘n nuwe swaardiens agteras op die T8.410, en ‘n nuutontwerpte luginlaatstelsel toegerus. Die rusperbandmodelle sluit die T8.380 (229 kW) en die nuwe T8.435 (280 kW) Smarttrax in. Hierdie trekkers word toegerus met enkel voorbande, en twee rusperbandopsies agter, naamlik die 24 duim wye opsie op die T8.380 en die 30 duim wye opsie op die T8.435. Hierdie is die keuse vir die fynproewer. Dit het die hantering en gerief van ‘n normale trekker

Ons Eie

Junie 2016

met die traksie en flotasie wat rusperbande bied. Kort draaisirkels sonder oormatige grondversteu­ ring is net die begin van die lang lys voordele wat hierdie unieke sisteem inhou. Die T8.435 is die eerste trekker in New Holland SA se stal wat toegerus is met ‘n palwissel (CVT) -transmissie. Hierdie transmissie verseker dat diesel optimaal verbruik word vir die betrokke toepassing. Die krag word effektief benut deur vier direkte koppelings tussen die 9 ℓ enjin en die swaardiens agteras. Hierdie trekkers spog ook met kajuitvering vir die hoogste vlak van operateurs­ gerief. Die eerste T8.410 (250 kW) is by Nampo 2016 ten toon gestel met dubbel voor-en agterbande, asook die nuwe T8.435 met 30 duim Smarttrax-rusperbande en palwissel transmissie. New Holland Suid-Afrika se landwye handelaars netwerk het dié veelsydige reeks trekkers en vele meer beskikbaar. Vir meer inligting besoek NHSA se webtuiste by www.nhsa.co.za of skakel Ockert Scheepers by 0823802405.

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G

Waak teen ROOFDIERE gedurende die droogte

Foto: Willem Kruger https://willemkruger.wordpress. com/2013/12/

ARTIKEL DEUR:

Die afgelope Somer was ‘n katastrofe vir meeste veeboere met reën wat te laat opgedaag of glad nie opgedaag het nie. Baie veeboere gaan sover as om teelkuddes te slag net om die mees ernstige skade af te weer en dit laat hulle met beswaarlik genoeg teelmateriaal om die mas op te kom. Dit is ook waarskynlik dat die kleinwild in die veld ook ‘n knou deur die droogte toegedien is en dat hul getalle nie gesond daaruit sien nie.

Dr. Gerhard Verdoorn Onafhanklike Roofdierspesialis: Predasie Bestuursforum (PMF)

Roofdiere het waarskynlik fees gevier op die natuurlike sterftes onder wild en vee, maar nou lê die lamseisoen vir baie boere voor en die rooijakkalse en rooikatte lek hul lippe behoorlik in afwagting af. Die Predasiebe­ stuursforum of PMF is gerat om veeboere van raad en inligting te voorsien vir die bekamping en voorkoming van roofdiere sodat die lewe nie ondraaglik raak weens lammerverliese aan jakkalse en rooikatte nie. Beveiliging ‘n Baie positiewe onlangse wending is die aanbod van drie koöperasies om jakkalswerende sifdraad aan boere teen groot afslag beskikbaar te stel. Boere wie alreeds hulle lammerkampe met sulke draad beveilig het, dui aan dat verliese deur roofdiere drasties afgeneem het. Daar is steeds diegene wat glo dat die doodmaak van roofdiere om hulle bevolkings te verklein, die enigste werkbare oplossing is.

Wetenskaplike navorsing asook basiese ekologiese beginsels dui daarop dat dit ‘n futiele poging is. Wanneer ‘n spesie onder druk kom, kompenseer die diere met ‘n verbete teelpoging. Dit is om hierdie rede dat die PMF, sedert sy ontstaan, die beginsel van geïntegreerde roof­dierbestuur verkondig waarin alle aspekte van ekologiese bestuur, kuddebestuur, voorkoming en remediërende aksies inmekaar geweef word ten einde roofdierskade op ‘n aanvaarbare vlak te bring. As doodmaak van roofdiere werklik so effektief was as wat sommige mense glo, dan was die rooijakkalse en rooikatte lankal uitgewis, maar tot op hede het ons nog nie die oorlog gewen nie. Veral die lammerkampe op plase moet so gou moontlik met goeie jakkalswerende sifdraad toegespan word om roofdiere uit te hou. Daar moet ook van afwerende bestuursmaatreëls

soos beskermende diere, klokkies, reukhalsbande en dies meer gebruik gemaak word om roofdiere van vee weg te hou. In meer intensiewe boerderyomstandighede werk die beskermende honde ook uitstekend terwyl Al Pacas, donkiehingste en blesbokke weer in die ekstensiewe areas hul deel bydra om jakkalse en rooikatte van vee weg te hou. Dit verg ‘n jagter met die regte toerusting, ervaring en kennis om jakkalse en rooikatte wat skade veroorsaak, uit te wis. Om gedurig jag te maak op roofdiere sonder dat kampe behoorlik met draad beveilig word, kudde- en ekologiese bestuur aangepas is, gaan die boer net geld kos en meer jakkalse op sy plaas laat kom plak. Dit vat werklik mannemoed om roofdiere korrek aan te pak en te verminder. Niel Viljoen, wat namens die Nasionale Wolkwekersvereni­ ging (NWKV) geakkrediteerde opleiding in roofdierbestuur aanbied, het bewys dat roofdierskade met feitlik 80% verminder kan word as die proses slim en korrek aangepak word. Die PMF het ‘n Beste Praktyke-dokument op die webtuiste www.pmfsa.co.za onder knowledge library waarin die hele geïntergreerde roofdierbestuur verduidelik word. Die PMF se kundiges staan by om boere te help met diagnose en probleemoplossings: skakel Gerhard Verdoorn 082-446-8946 of Niel Viljoen 082-381-8227 vir raad en bystand. Moenie vergeet om jou draad te bestel nie!! Die voorraad gaan nie vir altyd hou nie. Elke lam wat gevang word sou kon betaal vir ‘n paar meter draad as die lam kon produseer!!

OE

24

Ons Eie

Julie 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

25


L A NDBO UKUNDI G

STROOPTYD

Hierdie tapkar het ‘n kapasiteit van 20 ton. Dit maak die stroopproses baie meer doeltreffend.

ARTIKEL DEUR:

Johan Venter Algemene bestuurder by BPI

Dit was ‘n moeilike jaar sover en vir vele graanprodusente lê daar nog ‘n paar uitdagings voor in hierdie seisoen. Strooptyd is hier en na die droogte is daar hoop. Die belangrikste is om nou goed voor te berei en natuurlik hard te werk. Die insameling van sonneblom- en ander besproeïngsoeste het reeds in sekere streke begin en vir dié wat nog nie gestroop het nie is die regte toerusting, instandhouding en voorbereiding nou van kardinale belang om ‘n optimale opbrengs te verseker. Om te voorkom dat die stroopproses tot ‘n stilstand kom en tot groot verliese lei, is die regte toerusting en ‘n voorkomende instandhoudingsprogram nodig. Die stroper en die oorlaaiwa, of ‘tapkar’ soos dit ook bekendstaan, is nou die twee belangrikste hulpmiddels om te verseker dat die stroopseisoen met die minimum staantyd verloop Die stroper moet noukeurig ondersoek word voordat daar gestroop kan word. Hoewel dit ‘n duur uitgawe is, is die aankoop en instandhouding van ‘n betroubare stroper bitter belangrik. Gaan elke onderdeel na, vervang olie-,

26

diesel- en lugfilters, kyk na die aandryfonderdele en vervang alles wat lyk asof dit nie tot aan die einde van strooptyd sal hou nie. Maak seker van die kalibrasie sodat alle inligting akkuraat deurgegee word – lees weer die stroper se handleiding. Om die stroopproses glad en ekonomies te laat verloop, behoort die stroperkapasiteit en die inhoudsmaat van die stroper by die grootte van die tapkar en die sleepwa te pas. Tapkarre met gemaklike inkrimente tot en met 28 ton is deesdae geredelik beskikbaar by top plaaslike vervaardigers wat die Suid-Afrikaanse toestande verstaan. Onthou, ‘n kundige en betroubare handelaar is sy gewig in goud werd wanneer enige landboutoerusting aangekoop word omdat hy sal sorg dat die staantyd in strooptyd verminder. Natuurlik help die beste stroper niks as die tapkar nie goed voorberei is nie. Fokus op foutiewe onderdele, pomp die bande en gaan olievlakke na. Maak seker dat die aflaai-awegaar se hoogte en lengte reg is om oor te laai. Meganisasie is die mees doeltreffende manier om ‘n boerdery

Ons Eie

Omdat hierdie sleepwa se kante kan afhaal, kan dit buite die stroopseisoen ook gebruik word.

winsgewend te bedryf. Veral in die huidige seisoen kan die regte meganisasie gedurende strooptyd ‘n groot bydrae maak. Massahantering van graan met meerdoelige massasleepwaens kan die boer tydens strooptyd baie geld spaar. Met afhaalbare kante kan sulke sleepwaens buite die stroopseisoen ook gebruik word.

Met die regte toerusting, gepaard met kundigheid, voorbereiding en instandhouding sal strooptyd sonder onderbrekings verloop en produktiwiteit aansienlik verhoog. Elke pit moet tel en die tegnologie is daar om te help. Omring jouself met kundiges in die industrie vir die beste resultate. OE

Daar is deesdae baie goeie toerusting, soos hierdie stroper, wat plaaslik vervaardig word.

Junie 2016

www.suidwes.co.za



L ANDBO UKUNDI G

Wanneer begin en eindig ’n droogte?

ARTIKEL DEUR:

Johan van den Berg Santam landbou, Bloemfontein

Om hierdie vraag te beantwoord moet daar gekyk word na die definisie van droogte, want dit het verskillende betekenisse vir verskillende belanghebbendes. Die sogenaamde ‘Weerkundige droogte’ verwys na lang tye van ondergemiddelde reënval. ‘n ‘Hidrologiese droogte’ verwys na die swak stand van damme en ondergrondse water. ‘n ‘Landboukundige droogte’ verwys na ondergemiddelde reënval wat in veral kritiese produksie­ stadiums voorkom terwyl daar ook min grondwater is. Dan is daar nog die ‘Sosio-ekonomiese’ of ‘finansiële’ droogte waar daar ‘n lang aanloop of groep van negatiewe klimaats- en ander faktore is wat die boer se kapitaalvermoë verswak. Voorbeelde is die gebrek aan aanteelvee na ‘n droogte of skuld wat gedurende die droogte opgebou het, ensovoorts.

28

Ons Eie

Dus kan daar baie reën voorkom, maar nie noodwendig die finansiële droogte of selfs landboukundige droogte breek nie. Reën kan byvoorbeeld gedurende nie-produserende stadiums soos nou in die winter voorkom, maar dit gaan nie die droogtetoestande ophef nie. Daar kan selfs bogemiddelde reënval gedurende ‘n seisoen voorkom, maar indien dit voorafgegaan is deur langdurige droë toestande, nie noodwendig die heersende droogtetoestand breek nie. Dus is ‘n landboukundige droogte vir weiding ‘n funksie van reënval (watter tyd van die jaar, hoeveel reën, tipe reën, opvolgreën, tydsverloop na reënval) en die bestuur van weiding nadat reënval voorgekom het. ‘n Sosio-ekonomiese of finansiële droogte kan egter nog lank na die ander tipes droogtes gebreek is, aanhou. Uit ‘n graanproduksie-oogpunt kan ‘n droogte vinniger gebreek word, maar die tyd in die seisoen wanneer reën voorkom, is steeds belangrik. Grondwater speel ook ‘n belangrike rol om droogte

Junie 2016

te buffer. In veral die westelike graanproduserende gebiede kan grondwater tot ‘n groot mate die intensiteit van droogte beïnvloed. Hoe lyk die reënvaltoestande vir die komende seisoen? Die huidige El Niño-verskynsel het heelwat verswak en was teen einde April 2016 slegs ongeveer 30% van wat dit was teen einde November 2015 toe die piek bereik is. Voorspellings dui dat daar alreeds teen Augustus 2016 ‘n La Niña-verskynsel sal begin heers. Die kanse vir ‘n volskaalse La Niñaverskynsel vir 2016/17 word tans op meer as 70% gegee. Die kanse vir die herontwikkeling van ‘n El Niño is minder as 5% met ‘n 25% kans vir Neutrale toestande. Die effek van die Indiese Oseaan is nog onbekend maar dit wil voorkom asof dit veral tydens sterk La Niña-seisoene ‘n kleiner negatiewe effek op reënval kan uitoefen. Gegewe die verwagting vir ‘n La Niña-verskynsel vir 2016/17, skep dit goeie vooruitsigte vir

vervolg op bl 31

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

29


L A NDBO UKUNDI G

30

Ons Eie

Junie 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Wanneer begin en eindig ’n droogte reënval vir sekere tye van die seisoen: • Daar is nog ‘n bogemiddelde kans vir reën in die eerste deel van die winter veral oor die suidelike dele van die land. • Die kanse vir lentereën (AugOkt) lyk ondergemiddeld. • ‘n Baie goeie kans vir reën bestaan vanaf die tweede deel van Oktober, maar veral rondom Desember asook Februarie/Maart 2017. Dit is veral die sentrale tot westelike dele van die land waar bogemiddelde reënval verwag word. Implikasies vir landbou Wat weidingstoestande betref, kan die volgende seisoen hopelik help om veldherstel te laat plaasvind. Goeie weidingsbestuur gaan van uiterste belang wees om te verseker dat vinnige en goeie veldherstel kan plaasvind. Dit is nodig dat spesiesamestellings herstel, saadproduksie hoog is en goeie wortelontwikkeling plaasvind.

Ongelukkig kan bogemiddelde reënval siektes en peste en plae bevorder. Weerstand teen siektes het verswak omdat dit so droog was die afgelope jare met min siektes en min inentings. Dit sou raadsaam wees om vee vroegtydig in te ent. Die goeie kans vir reën in die midsomer, kan groot negatiewe implikasies vir veral druiwe- en lusernboere inhou. Dit kan ook

die stroop van koring beïnvloed indien dit al teen einde Oktober begin reën. Gewoonlik is La Niña-jare verantwoordelik vir genoeg water om damvlakke te laat styg en dit behoort alreeds teen einde Desember ‘n positiewe effek te hê. Dit kan die besproeiingsituasie verbeter. In gebiede waar veeboere kuddes moes kleiner maak, kan

kuddebou weer begin plaasvind met die goeie reën en beter weiding wat verwag word. Dit kan die aanvraag en prys van aanteelvee verhoog. Goeie reëns kan die aanplan– ting van somergrane stimuleer en dit kan sterk afwaartse druk op graanpryse uitoefen, veral vir Julie 2017 lewerings.

OE

Opsommend Dit lyk asof die kanse goed is dat die weerkundige en hidrologiese droogtes teen die einde van 2016 gebreek kan wees, maar die landboukundige en veral sosio-ekonomiese droogte kan nog langer duur. Net goeie bestuur kan dan bepaal wanneer laasgenoemde twee tipes droogtes gebreek gaan word.

Fooie vir identifikasiemerke van diere ‘n Wettige en permanente identifikasiemerk is die eerste verdedigingslinie teen veediefstal. In Suid-Afrika maak wetgewing voorsiening vir ‘n doeltreffende diere-identifikasiestelsel. Warmysterbrandmerke vir beeste en tatoeëermerke vir kleinvee bly die mees kostedoeltreffende wyses om hierdie groepe diere te merk.

www.suidwes.co.za

Van 1 April vanjaar is die volgende veranderinge aan die fooistrukture vir identifikasiemerke geldig: • Die fooi vir die regristrasie van ‘n vee-identifikasiemerk het verhoog na R126.00 • Die fooi vir die oordrag van ‘n veeidentifikasiemerk het verhoog na R126.00

Ons Eie

• ‘n Fooi van R126.00 sal nou gehef word vir ‘n kopie van die sertifikaat. • Alle aansoeke moet vergesel word van ‘n bewys van ‘n posadres wat nie ouer as drie maande is nie. • Indien die adres van ‘n Staatsdepartement of die SAPD gebruik word, moet ‘n briefhoof van die betrokke instansie aangeheg wees. • ‘n Bykomende fooi van R23.00 is betaalbaar deur iemand wat die sertifikaat via geregistreerde pos wil ontvang.

Junie 2016

• Moenie afskrifte faks of e-pos nie. • Waar ‘n amptelike polisieversoek vir ‘n hofsaak of ‘n ondersoek gedoen word, moet die amptelike versoek op ‘n SAPD-briefhoof met die saak/ondersoeknommer daarop, aangestuur word. Rig navrae aan Sanet Chilro van die Direktoraat Dieregesondheid, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye by tel. 012 319 7433 of e-pos: SanetC@daff.gov.za

31


PRO DUKNUUS

Vinnige mieliebasters maak groot IMPAK... Deur Daneel Fourie, Agricol gewasbestuurder: Mielies

In die 2015/2016 seisoen het die vraag na vinnige wit- en geelmieliebasters in Suid-Afrika aansienlik toegeneem. Agricol se IMPAK-mieliereeks spreek hierdie behoefte aan en bied aan mielieprodusente ‘n mieliepakket van hoë gehalte. Die IMPAK-mieliereeks bestaan uit vinnige wit- en geelmieliebasters van die beste genetika vir die Wes- en Oostelike produksiegebiede. Boere kan dit met gemoedsrus vir hul hoofaanplantings plant.

32

Ultra-vinnig Die IMP 50-10-reeks het homself oor die afgelope drie seisoene bewys as een van die beste pakette vir besproeiingmielies in SuidAfrika. Hierdie geelmieliebasters val in die ultra-vinnige groeiklas, neem ongeveer 112 – 114 dae tot fisologiese rypwording en het ‘n vinnige graan-afdrogingtempo. Die IMP 50-10-reeks is uiters geskik vir ‘n rotasiesisteem met kleingrane en beskik oor uitstekende staanvermoë. Plantpopulasies van 80 000 - 100 000 plante per hektaar word aanbeveel onder ‘n vol besproeiingstelsel. Die IMP 50-10-reeks bied ook bo-gemiddelde toleransie teen blaarsiektes en hanteer hittestremming goed. In gebiede waar siektedruk hoog is, word daar steeds aanbeveel dat voorkomende middels gespuit moet word. Die IMPAK 50-10-reeks bestaan uit: IMP 50-10B, IMP 50-10R en IMP 50-10BR. Toevlugareas moet ten alle tye geplant word om hierdie tegnologie te beskerm.

Ons Eie

Vinnig Agricol se witmieliepakket bestaan uit die IMP 52-11 en die IMP 53-49-reekse. Beide hierdie reekse het die voordeel van tegnologie vir stronkboorderbeskerming of bied toleransie teen glifosaat onkruiddoder. Die IMP 52-11-reeks is bekend vir sy uitstekende opbrengspotensiaal en val in die medium-vinnige groeiklas (ongeveer 122 – 124 dae tot fisologiese rypwording). Die IMP 52-11-reeks is medium meerkopping en beskik ook oor baie goeie graankwaliteit. Dié reeks is baie geskik vir aanvullende- tot vol besproeiingstelsels indien plantpopulasies nie die 65 000 merk oorskry nie. Onder aanvullende besproeiing word ‘n stand van 35 000 – 50 000 plante per hektaar aanbeveel. Die IMP 52-11-reeks bestaan uit IMP 52-11B en IMP 52-11R. Medium Die IMP 53-49-reeks val in die medium groeiklas – ongeveer 127 dae tot fisologiese rypwording.

Junie 2016

Hierdie reeks word gekenmerk deur baie goeie meerkoppigheid en hoë opbrengspotensiaal. In die westelike produksiegebied, waar plantpopulasies gewoontlik minder as 35 000 plante per ha is, lewer hierdie mieliebasters die beste resultate. Die IMP 53-49-reeks bestaan uit IMP 53-49B en IMP 53-49R. Agricol spits hom ook toe op die SuidAfrikaanse kuilvoermark. ‘n Goeie mieliekuilvoer-baster beskik oor die vermoë om hoë gehalte, sowel as goeie opbrengste kuilvoer te lewer. SC 608 word geklassifiseer as ‘n mieliebaster met ‘n medium groeiseisoen. Hierdie baster lewer uitstekende graanopbregste en is sinoniem aan hoë styselvlakke in goeie gehalte kuilvoer. SC 608 beskik ook oor ‘n stadige graan afdro-gingstempo wat die snyproses wesenlik vergemaklik. Hierdie baster kan in enige produksiestreek aangeplant word. SC 608 verkies plantpopulasies van 18 000 tot 55 000. Goeie toleransie teen blaar- en kopsiektes is sekerlik een van SC 608 se groot voordele.

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Junie 2016

33


LL ANDBO UKUNDI A NDBO PRO DUKNUUS UKUNDI G G

Wêreldgehalte voer met puik diens daarby

Ters Pretorius (eienaar en hoof uitvoerende beampte van Telwiedré Voere) se toekomsvisie, sedert die ontstaan van Telwiedré Voere in 1997, was en is steeds om groter, landwye blootstelling te gee aan die produkte wat hulle vermeng en vervaardig. Dit het daartoe bygedra dat satellietfabrieke (of satellietaanlegte) met die Botha-familie van Vissersdam in die distrik Trompsburg gedurende 2012 begin is, en so ook met die Van Zyl-familie van Thuso Meule op Bothaville gedurende 2014.

34

Johan Botha is die direkteur van die Trompsburg-aanleg en Thabo van Zyl die direkteur van die Thuso Voere-aanleg. Die goeie terugvoer van bestaande klante oor Telwiedré Voere se hoë gehalte produkte het grotendeels aanleiding gegee tot die hierdie uitbreidings. So is die Telwiedré handelsmerk verder uitgebrei, en is moontlike toekomstige uitbreidings op nasionale vlak ook moontlik. Die aanleg op Trompsburg spesialiseer in die vermenging van skaapprodukte, maar kan ook lekke vervaardig. Een van die twee aanlegte op Heilbron, sowel as die een op Bothaville, is multispesiemeulens wat lekke apart kan vervaardig. Dit maak dit moontlik om die Telwiedré-produk so wyd as die Oos-Kaap, Noordwes, die hele Vrystaat, Gauteng, dele van Limpopo en KZN te kan versprei. Bemarkers is in al die streke bedrywig om bestaande en voornemende klante van raad en advies te bedien. Telwiedré maak gebruik van die beste veevoedingkundiges ter wêreld. Hulle staan die bemarkers by met kennis, raad en inligting oor die Telwiedré-produk en innovering daarvan.

Ons Eie

Telwiedré Voere is geakkrediteer by en word gereeld ge-oudit deur Dekra ISO9001:2008; AFMA “Safe Feed for Safe Food”, sowel as AfriCompliance, wat spesialiste in Afrika is op die bestuur van risiko en nakoming van neergelegde wetlike vereistes in die veevoerbedryf. Dit verseker dat Telwiedré Voere se bestuur- en kwaliteitstelsels van wêreldgehalte is en bly. Omdat die drie direkteure (eienaars) van die verskillende aanlegte almal aktiewe boere is, verstaan hulle die bedryfsituasies en omstandighede van boere. Daarom het hulle met die huidige landswye droogte alles in hulle

Junie 2016

vermoë gedoen om boere by te staan. Hulle het droogtehulp en –promosies (spesiale afslag en korting) aan die einde van Desember 2015 aangebied. Dit is steeds via koöperasies op sommige produkte beskikbaar. Kontak gerus die hoofaanleg op Heilbron by 058 8522742 vir enige verdere inligting. Besoek gerus ook die webwerf by www.telwiedre. co.za vir méér agtergrond en geskiedenis oor die bestaan en aktiwiteite van Telwiedré Voere.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

35


36

Ons Eie

Junie 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Gifplante

Hier is ’n slang in die gras

Urginea sanguinea Schinz

ARTIKEL DEUR:

Dr Franci Jordaan Landbouwetenskaplike, Afdeling Weiding, Landelike, Omgewing- en Landbou-ontwikkeling, Potchefstroom

Die volksnaam vir hierdie plant is Slangkop, Krimpsiekteblaar, Krimpsiekte-ui of Rooislangkop. Die genusnaam Urginea het vanuit ‘n naam van een van die Algerynse stamme, naamlik Ben of Beni Urgin, ontstaan. Die spesifieke naam sanguinea beteken bloedrooi en verwys moontlik na die bol/knol van die plant wat onder die grond voorkom. Geografiese verspreiding Navorsers verskil oor die endemisme van Slangkop - sommige beweer dat die plant nie inheems aan Suid-Afrika is nie, terwyl die meeste literatuur daarop dui dat dit wel inheems aan die land is. In Suid-Afrika kom dit in ses van die nege provinsies voor, naamlik in die Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes. Dit word ook in Namibië, Botswana en Zimbabwe aangetref. Beskrywing Slangkop is ‘n geofiet, met ander woorde dit is ‘n knolgewas of plant met groot ondergrondse stamme

www.suidwes.co.za

wat die winter of ongunstige klimaatsomstandighede kan oorleef. Die ondergrondse bolle is meerjarig, dit is peervormig, ui-agtig en rooibruin van kleur. Die bolle word toegevou deur swart of pers papieragtige skubbe wat dit teen uitdroging in die droë wintermaande beskerm. Die bolle van hierdie spesifieke plant kom onder die grond voor en is glad nie bogronds sigbaar nie. By van die ander Urginea-spesies kan die bolle gedeeltelik bokant die grond uitsteek. Slangkop plant voor met sade, terwyl nuwe plante ook vanuit die bolle kan ontstaan. Die blare is grys-groen, glad, langwerpig en tot 30 cm lank.

Ons Eie

Die blare het soms teruggerolde rande. Die bogrondse blaardele is eenjarig in teenstelling met die meerjarige bolle onder die grond. Gedurende die winter verdwyn die bogrondse gedeeltes heeltemal. Die bloeiwyse (blom) is ± 30 cm hoog en vertoon slangagtig - vandaar die gewone naam van slangkop. Die bloeiwyse dra talle wit blomme met groen of bruin strepe op die agterkant van die blomblaartjies. Die blomme verskyn voor die blare in die lente. Die totale lengte van die plant is ongeveer 50 cm. Die vrug het drie duidelike afdelings en spring oop om die swart, plat, gevleuelde sade vry te stel. In die geval van Slangkop is die hele plant giftig, hoewel die meeste toksiene in die blomme aangetref word. Groei en ontwikkeling Slangkop blom vanaf September tot Oktober. Natuurlike voortplanting is deur middel van sade, terwyl nuwe plante ook vanuit die ondergrondse plantbolle kan ontstaan. Min inligting is oor die groei en ontwikkeling van hierdie plant beskikbaar. Dit is wel bekend dat hierdie plant vroeg in die lente kan begin groei, selfs al het nog geen reën geval nie. Die plant gebruik die reserwes wat in die ondergrondse bol gestoor is om groei te bewerkstellig. Dit is juis hierdie vermoë van die plant

Junie 2016

om vroeg in die lente uit te spruit wat dit so gevaarlik maak, veral in droogtejare wanneer min ander materiaal groen is. Die bloeiwyse en smaaklike blare is dikwels na ‘n droogte die enigste ‘groen’ materiaal wat beskikbaar is en dit lok vee om die plant te vreet. Die toksisiteit van die plant is juis hoog in hierdie tyd van ontwikkeling – ouer plante word selde deur diere gevreet en slangkop wat dood geryp het, blyk ook nie gevaarlik te wees nie. Habitatvoorkeure Slangkop groei in ‘n wye verskeidenheid grondsoorte en is reeds op diep sowel as vlak en klipperige gronde aangetref. Dit kom veral in savannas en oop grasvelde voor. Soos reeds genoem kom dit in ses van die land se nege provinsies voor - dit het dus ‘n wye klimaatsaanpasbaarheid in terme van reënval en temperatuur. Dit dring dikwels oorbeweide veld binne en is uiters droogtebestand. Gebruike van die plant Die bolle van Slangkop word dikwels in kruie- en tradisionele medisynes gebruik. Dit word onder andere as bloedreiniger en abortiewe middel gebruik. Dit word ook vir die behandeling van geslagsiektes, abdominale pyn,

bl 39 >>>

37


L A NDBO UKUNDI G

38

Ons Eie

Junie 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G Die bloeiwyse (blom) is ± 30 cm hoog en vertoon slangagtig vandaar die gewone naam van slangkop

>>>

Slang in die gras rugpyn, asma en hoë bloeddruk gebruik. Daar word beweer dat tradisionele helers jaarliks tussen 124 000 en 380 000 bolle van hierdie plant uithaal. Dit word gedroog en óf self in medikasie gebruik óf die gedroogde bolle word verkoop. Sterftes by mense is al genoteer - hierdie sterftes kom gewoonlik as gevolg van ‘n oordosering van die middel voor. Slangkopbolle word soms in tuine as sierplante aangeplant.

hang sy kop en toon tekens van spierswakheid; verlamming en vrektes aan hartversaking. Die kliniese tekens kom ongeveer 17 tot 24 uur nadat die plant ingeneem is voor en by skape sal vrektes ongeveer twee na drie dae na die plant gevreet is voorkom. Geaffekteerde diere kan

bl 40 >>>

Tipe toksien Die toksien wat in Slangkop gevind word, is ‘n hartglikosiede bekend as transvaalin. Soos reeds genoem is hierdie toksien giftig vir mense (oordosering) en uiters giftig vir diere (beeste, skape en bokke). Kliniese tekens van vergiftiging Dit is bekend dat Slangkop ernstige veeverliese kan veroorsaak, veral vroeg in die seisoen wanneer weiding nog skaars is. Die kliniese tekens van Slangkopvergiftiging by diere sluit in: diarree; koliek; bewing; waggelgang; die dier

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Junie 2016

39


L A NDBO UKUNDI G >>>

Slang in die gras behandel word deur groot dosisse geaktiveerde houtskool vir die dier in te gee - die beste behandeling is egter om die veearts so gou moontlik op die plaas te kry. Meganiese beheer Vee wat grootword in veld waar Slangkop algemeen voorkom leer gewoonlik om dit te vermy. Die plant kan egter effektief met die hand uitgeroei word deur die bolle te verwyder. Dit is belangrik dat die totale bol verwyder moet

word, aangesien nuwe plante uit agtergeblewe bolgedeeltes kan ontwikkel. Daar is rekords beskikbaar van ‘n boer in die Wolmaransstad gebied wat jaarliks ongeveer 400 000 bolle van hierdie plant uit sy veld verwyder het. Met hierdie metode is die veld ‘skoongemaak’ van die plant. Dit is egter arbeidsintensief en sorg moet gedra word dat beskermde klere, veral handskoene, gedra word wanneer die taak aangepak word.

Die bloeiwyse dra talle wit blomme met groen of bruin strepe op die agterkant van die blomblaartjies. Die blomme verskyn voor die blare in die lente. Die totale lengte van die plant is ongeveer 50 cm.

Biologiese beheer Geen geregistreerde biologiese beheeragense kon in die literatuur vir die beheer van hierdie plant gevind word nie. Chemiese beheer Daar is tans geen geregistreerde chemiese beheermiddels vir hierdie plant nie. Wanneer die literatuur van hierdie plant bestudeer word, is dit duidelik dat daar reeds verskeie veevrektes aangeteken is as gevolg van die plant. Daar

word dikwels in die literatuur na massa of talryke diere verwys wat as gevolg van hierdie plant gevrek het. Aangesien daar tans geen geregistreerde onkruiddoder vir die beheer van hierdie plant beskikbaar is nie, moet die intensiewe taak aangepak word om dit met hande-arbeid te verwyder. Aan die einde van die dag is die kool tog die sous werd as dit by hierdie plant kom en is dit die moeite werd om, ter wille van die vee, die slang uit die gras te verwyder!

Die blare is grys-groen, glad, langwerpig en tot 30 cm lank. Die blare het soms teruggerolde rande.

Literatuur Gebruik Anoniem. 2006. Poisonous plants. Veterinary Science Library. University of Pretoria. Botha, C.J. & Venter, E. 2002. Plants poisonous to livestock in Southern Africa. University of Pretoria. Faculty of Veterinary Science. Dept. of Paraclinical Sciences, Section Pharmacology and Toxicology. Pretoria, South Africa. Van Wyk, B-E., Van Heerden, F. & Van Oudtshoorn, B. 2002. Poisonous Plants of South Africa. Briza Publications, Pretoria. Wells, M.J., Balsinhas, A.A., Joffe, H., Engelbrecht, V.M., Harding, G. & Stirton, C.H. 1986. A catalogue of problem plants in Southern Africa. Memoirs of the Botanical survey of South Africa, No. 53. Department of Agriculture and Water Supply: Pretoria.

40

Ons Eie

Junie 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Junie 2016

41


L A NDBO UKUNDI G

42

Ons Eie

Junie 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Plantekstrakte in voerbyvoegsels die volgende stap in natuurlike groeibevorderaars

Antibiotika is nie meer die eerste opsie as dit kom by voerbyvoegsels om produksie te verbeter nie. Studies toon dat plantekstrakte (PE) ’n beter alternatief is tot die antibiotiese groeibevorderaars (AGB’s) wat vandag in die meeste veevoer gebruik word. PE’s is ’n relatief nuwe groep plantaardige, natuurlike voer­ byvoegsels. Dit is hoofsaaklik afkomstig van speserye en kruie. Hoewel plantekstrakte ’n baie ou groep natuurlike byvoegsels is, word nuwe kennis voortdurend oor hul biologiese belangrikheid en werking bekom om dieregesondheid en -prestasie te bevorder. Toenemende kommer oor antibiotiese groeibevorderaars in dierevoeding het tot al hoe meer pogings gelei om verskillende plantsamestellings as moontlike natuurlike alternatiewe te gebruik. Plantaardige voerbyvoegsels is ’n uiters heterogene groep voerbyvoegsels afkomstig van blare, wortels, knolle of vrugte van kruie, speserye en ander plante. Dit kom in soliede, gedroogde en gemaalde vorm voor, of as ekstrakte of vlugtige olies. Chemiese samestelling Die chemiese bestanddele van PE’s wissel gewoonlik aansienlik, afhangend van hul samestelling en die invloed van klimaatstoestande, ligging of oestyd. Derhalwe kan verskille in doeltreffendheid tussen die PEprodukte wat tans op die mark is, hoofsaaklik aan verskille in die

www.suidwes.co.za

chemiese samestelling daarvan toegeskryf word. Dit het vervaardigers egter heeltemal te lank geneem om oortuig te word daarvan dat PE’s wel AGB’s kan vervang. In navorsing en gevallestudies is PE’s aan verskillende uitda­ gings blootgestel. In elke geval is daar duidelik getoon hoe die PE’s diere se groeiprestasie en gesondheid verbeter. Om PE’s te beskryf as ’n uitkoms nadat AGB’s verbied is, is nie ’n oordrywing nie. Resultate met Plantekstrakte Die afgelope dekade het PE’s gemengde resultate gelewer. Nuwe navorsing bied egter heelwat meer antwoorde oor PE’s, veral omrede dit in verskillende dierspesies se voer gebruik word. Heelwat navorsing is gedoen oor die gebruik van PE’s in spesifiek pluimveevoer. Met dié navorsing word al meer vrae oor PE’s beantwoord. Die bioaktiewe bestanddele in hierdie voerbyvoegsels het voordelige resultate getoon met handha­ wing van hoë voerinname, en om vertering en voeromset te verbeter. Vervaardigers het na ’n alterna¬tief gesoek en daarom word van PE’s verwag om beter

Ons Eie

Die resultaat van PE-voermengselproef op ’n kommersiële hoenderplaas dui daarop dat die PE-voerbyvoegsel voeromset met sewe punte verbeter het. te presteer deur daaglikse gewigstoename, voeromset en oorleefbaarheid te verbeter. Daarbenewens is hoë vleisgehalte ook ’n noodsaaklike vereiste. In werklikheid is dit redelik moeilik om PE’s as ’n pakket van oplossings aan te bied. Maar met verhoogde kennis oor PE’s en die werking daarvan is ons nou in staat om jong hoen­ ders se prestasie-standaard te verbeter. In ’n onlangse eksperiment is die doeltreffendheid van ’n PE-voerbyvoegsel in die verbetering van groeiprestasie en vleisgehalte in braaikuikens, onder hoogs geoptimaliseerde toestande getoets. Met die fokus op voeromset, blyk die belangrikste gevolgtrekking van die eksperiment die verbetering van voeromset te wees. Op ’n kommersiële plaas is ’n PE-voerbyvoegsel (Biomin PEP) gebruik in die dieet van tien braaikuikenhuise en dit is met tien kontrolehuise vergelyk. Die resultaat dui daarop dat die PE-voerbyvoegsel voeromset met sewe punte verbeter het (sien Figuur 1).

Junie 2016

kontrole huise

PE-voerbyvoegsel (Biomin PEP)

Figuur 1: Effek van Biomin P.E.P. op voeromsetting Die vraag, wat nog nie beantwoord is nie, is nou: Begryp ons werklik die begrip ‘optimale produksie’? Tradi­ sionele voerprogramme het nie hierdie alternatiewe toegelaat nie en het sodoende produksieverwagtinge beperk. Met die nuwe denkrigting plaas PE’s, wat duisende jare reeds gebruik word, ons uiteindelik weer op koers.

43



Agrikalender Junie - Julie 2016

L A NDB O UK UNDI G ALTERNATIEWE GEWASSE Sojabone Sojabone begin al meer veld wen. Goeie kultivars is beskikbaar en dit kan voordelig wees om bewus te wees van die ontwikkeling van nuwe kultivars en proefresultate in die omgewing. Sojabone is ’n baie goeie wisselbougewas wat stikstof bind soos grondbone.

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit

Akkerbone

Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Grondontledings is noodsaaklik sodat die lande optimaal bemes en pH reggestel kan word deur middel van bekalking. Die opname van plantvoedingstowwe sowel as die algemene gesondheid van die plante verbeter met die regstelling van die pH.

AKKERBOU Mielies Indien moontlik moet lande skoon gehou word van winteronkuide. Dit sal die opbou van onkruidsaad voorkom, vog bewaar en primêre bewerking vergemaklik. Doen primêre bewerking so gou moontlik na stroop, om vog te bewaar. Maak ‘n opname van die onkruid in die lande om seker te maak dat die regte spuitprogram in die komende seisoen gevolg word om sodoende moontlike leemtes uit te skakel. (Breëblaar teenoor grasse) Bespreek en evalueer die saadpakket wat aangeplant is met die verteenwoordigers van die saadmaatskappye en maak seker dat die regte kultivars vir die volgende seisoen bestel word. Vergelyk met kultivarproewe in die omgewing. Ondersoek profielgate om te bepaal of die bewerking wat gedoen is voldoende wortelontwikkeling toegelaat het, en of daar nie ‘n beperkende laag gevorm het wat opgehef moet word nie. Grondmonsters moet nou geneem word om die status van die grond te bepaal. Stel pH reg deur bekalking indien nodig.

Sonneblom Stroop so vroeg as moontlik en doen primêre bewerking indien moontlik na stroop. Dit sal vog bewaar en opbou van onkruidsaad verhoed. Deur te lank te wag, kan vog verlore gaan en saad kan uitval met gevolglik ‘n verlies aan inkomste.

Grondbone Neem grondmonsters op grondboonlande en doen regstellings deur bekalking indien nodig. Deur inspeksie van profielgate kan bepaal word of wortelontwikkeling effektief was en of daar probleme was. Bepaal of daar fisiese of chemiese beperkings was. Indien grondbonehooi produseer word, moet dit so gou moontlik van die lande verwyder word om die kwaliteit te behou.

Koring Plant gesertifiseerde saad om te verseker dat koring eenvormig groei, blom en ryp word. Die gradering met gesertifiseerde saad is gewoonlik beter as met swak saad. Hou die ontwikkeling van plante dop vir enige peste en plae. Hou oorlêlande skoon.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Akkerbone is goed aangepas in die Noordwes Provinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aangeplant, vir beweiding sowel as hooiproduksie. Die voordeel van dié peulgewas is dat dit stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) kan per jaar in die grond teruggeplaas word. Aanplantings kan vroeg in die seisoen gedoen word, hoofsaaklik as weiding, aangesien dit moeilik is om goeie hooi gedurende die reëntyd te maak. Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoonlik nie so baie reën wanneer die voer gereed is vir hooimaak nie. Hooiproduksie kan 6 ton hooi met 300 mm reën gedurende die groeiseisoen produseer. Dit het ’n ru-proteïen inhoud van 14% as 90% van die peule reeds verkleur het. Afhangend van rywydte is 9 tot 16 kg saad per hektaar vir aanplanting nodig. Binneryspasiëring van 10 cm tussen plante is ideaal. Plant saad op ’n diepte van 4 cm wanneer grondtemperatuur meer as 9 grade Celsius is. Onkruiddoders is beskikbaar wat geregistreer is vir akkerboonproduksie. Hou akkerbone gerus as alternatief in die beplanning vir die komende seisoen in gedagte.

VEE Maak seker dat brandbestrydingstoerusting in orde is, voordat dit regtig nodig is. Bespreek ‘n brandbestrydingplan met die bure in die betrokke gebied. Sluit aan by die plaaslike Brandvereniging. Georganiseerde brandbestryding is baie meer effektief as individuele pogings.

Beeste Doen dragtigheidstoetse en skot onvrugbare en ou koeie uit. Onthoring kalwers voordat die horingknoppies hard word. Kastreer bulkalwers. Selekteer deurgaans vir bouvorm en vrugbaarheid. Hou diere skoon van bosluise en gewone luise. Speen kalwers vroegtydig om koeie voldoende tyd te gee om kondisie te bou voor die winter. ‘n Goeie produksielek sal baie help. Brandmerk al die diere met ‘n geregistreerde brandmerk, dit is verpligtend. Voorsien deurgaans ‘n goeie winterlek. Indien Vitamine A nog nie gespuit is nie, doen dit nou. Tree voorkomend op deur te ent, dit is baie goedkoper as om diere te verloor of te behandel as hulle reeds siek is. Verseker dat diere deurgaans toegang het tot skoon drinkwater, maak krippe gereeld skoon.

Skape Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Voorkomende dieregesondheid is goedkoper as behandeling. Spuit of dip skape vir brandsiekte en Australiese jeukmyt. Broek langwolskape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Prikkelvoeding voor paartyd sal tot beter lampersentasie aanleiding gee. Goeie voeding twee tot drie weke na paring sal goeie besetting verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd om gesonde sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd om ‘n goeie lammeroes te verseker. Tref betyds reëlings vir ‘n skeerspan. Tatoeëring van skape is volgens wet verpligtend.

Junie 2016

45


ALGEMEEN

Kosmiese Kwêla

deur Willie Koorts

Dit is altyd lekker om die Maan aand-na-aand te volg soos dit vanaf nuwemaan ‘groei’. Teen 10 Junie is die Maan reeds vyf dae ‘oud’, dit wil sê vyf dae na nuwemaan. Dit het dus al tot ’n groterige sekelmaantjie gegroei. Jy sal dan ook oplet daar sit ’n redelike helder sterretjie digby die Maan. Dit is ‘Regulus’, die helderste ster in Leo. As jy mooi kyk, sal jy die onderstebo vraagteken onder Regulus kan uitmaak. Die vraagteken vorm die Leeu se agterkop, met sy lyf verder regs – alles natuurlik onderstebo vir ons in die suidelike halfrond. Dit lyk net soos die leênde leeu op die vuurhoutjiedosie. Die naam ‘Rēgulus’ beteken prins of klein koning in Latyn. Teen 11 Junie het die Maan aangeskuif tot naby aan helder Jupiter. Gryp jou verkyker en kyk hoeveel van Jupiter se vier helder mane jy kan sien. Jy sal hulle maklik uitken, want hulle lê styf teenaan die planeet en vorm ’n reguit lyn met Jupiter. Onthou die patroon wat hulle vorm en kyk môreaand weer om te sien hoe hulle beweeg het. Soos die aand vorder, kruip die Maan al hoe nader aan Jupiter. So, Datum

Sonop

Sononder

01 Jun

07h03

17h35

15 Jul

07h08

15h35

01 Jul

07h11

17h39

15 Jul

07h09

17h45

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

net voor jy gaan inkruip, gaan loer gou vir oulaas hoe die twee intussen nader aan mekaar beweeg het. As jy die lyn verleng waarlangs die Maan teen die sterre-agtergrond beweeg, sal jy oplet die Maan mik na ’n helder groepering teen die oostelike horison. [sien Scorpius. png] Bekyk solank hierdie skouspel voor die helder amper-volmaan jou uitsig kom belemmer teen 16-19 Junie. Mars is die helder rooi “sterretjie” heel bo in hierdie groepering. Mars is tans net verby die helderste wat dit in 11 jaar was, aangesien dit op 30 Mei die naaste aan die Aarde was. As jy dit dalk gemis het hoef jy gelukkig nie weer so lank te wag nie. In Julie 2018 gebeur dit weer. Antares is ook rooi van kleur, maar nie so helder soos Mars nie. Antares staan ook bekend as die ‘hart van die skerpioen’. Die skerpioen verwys natuurlik na die sterrebeeld wat jy maklik sal uitken aan sy krulstert wat na regs lê. Die naam Antares beteken ‘mededinger van Mars’ in antieke Grieks. Dit verwys na die feit dat Antares baie soos Mars lyk en hulle maklik met mekaar verwar kan word as jy nie die naghemel goed ken nie. Antares lê juis naby aan die Ekliptika, die pad van die

Maanfases

46

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

05 Jun

12 Jun

20 Jun

27 Jun

04 Jul

12 Jul

20 Jul

27 Jul

Ons Eie

Die Maan doen al weer huisbesoek Son, Maan en planete teen die naghemel. Die prentjie word pragtig afgerond deur Saturnus, die gelerige ‘sterretjie’ laer af. Jou verkyker is

ongelukkig nie sterk genoeg om die ringe te sien nie. Daarvoor het jy ’n teleskoop nodig – selfs jou ‘spotting scope’ wat jy op die skietbaan gebruik, sal werk.

So ‘groei’ die Maan aand-naaand vanaf nuwemaan

Bo: Vroegopstaners sal ’n treffende groepering van die sekelmaan in die kop van Taurus (die Bul) in die ooste, kort voor sonsopkoms opmerk. 2 Julie en 29 Julie is die datums om op jou selfoon se kalender te merk (onthou om die alarm ook te stel). Daar is weer eens ’n rooi ster betrokke! Aldebaran stel die oog van die Bul voor. Dit beteken ‘agtervolger’ in Arabies, vermoedelik omdat dit die Sewe Susters agtervolg, soos gesien uit die Noordelike Halfrond. Die Sewe Susters kan links van die groepering gesien word, met Orion regs. Nadat jy die ryk sterreveld rondom Aldebaran met jou verkyker verken het, mik dit ook na die Sewe Susters. Jy sal oplet dat jy sommer heelwat meer as sewe sterre in jou verkyker kan sien!

Junie 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Junie 2016

47



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.