Maart 2015 Jaargang 50 • 1
Lyfblad van Suidwes Landbou
KROON VEE
Die Brahmaan-stoet op rots gebou 12
PLAASVEILIGHEID wees betrokke en paraat
19
Graanbemarking Volg dié strategieë vir sukses
24
AKT UEE L
2
Ons Eie
Maart 2015
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
Maart 2015 Jaargang 50 • 1
Lyfblad van Suidwes Landbou
Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk. Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.
www.suidwes.co.za
INHOUDSOPGAWE AKTUEEL 4 5 6 7 8 8 10 11 12 19
Soos ek dit sien Op die geestelike akker Bly positief in moeilike tye Die omvang van die droogte in ons gebied Indrukwekkende spuit ten toon gestel Padlangs met Suidwes Thumbs-up for excellent Service Meganisasie se uitstalruimte in wording Dié boerdery is op rots gebou, letterlik Plaasbeveiliging – wees betrokke en paraat
BEMARKING 24 Volg dié strategieë vir suksesvolle graanbemarking
LANDBOUKUNDIG 27 Gee mielies woema met stikstof- en kaliumtopbemesting 30 Droging van Sojabone 32 Acacia nirenscens Oliver – Dink weer mooi oor Knoppiesdoring 36 Agrikalender
VOORBLAD Ons kuier in hierdie uitgawe op die welbekende Kroon Vee-boerdery waar die Van Zyls een van suidelike Afrika se heel grootste Brahmaan-stoeterye bedryf. Foto: JJJ Harmse
6 19
ALGEMEEN 41 Kosmiese Kwêla – Verstaan ons Naghemel
12
Ons Eie
Maart 2015
3
AKT UEE L
Dillemas en draaipunte soos ek dit sien SOMS BRING ‘N DILEMMA ’n draaipunt in omstandighede. Ek is byvoorbeeld gedwing om vir weke hoofsaaklik op my rug te lê na ‘n rugoperasie – die gevolg van jare se onverskilligheid met die een rugstring waarmee ek ‘ge-issue’ is. Die gelêery is baie gou nie meer lekker nie, daar is dinge wat gedoen moet word en dinge wat stadig maar seker onder my vingers uitglip. As jy so op jou rug gedwing is, verloor jy skynbaar jou visie, al wat jy kan sien is die plafon en jy verloor heeltemal beheer – ons moet mos altyd in beheer bly. Die gedagtes draai saam met die dakwaaier al om een as. Daar is net een oplossing, kry jou gedagtes in ‘n ander rat, bedink net die positiewe. Ek tel die seëninge en kry baie meer as wat ek aanvanklik gedink het daar is. Ek begin dink aan die positiewe geleenthede wat ek voor die operasie beleef het en positiewe gesprekke wat ek met ander gehad het. So onthou ek my onderhoud met Jan van Zyl van Kroon
4
Vee, 2014 se Beesboer van die Jaar, en ‘n belangrike ding wat hy gesê het: “Jy moet die swak punte van jou ras omdraai in die sterk punt van jou kudde.” Hy het lekker uitgebrei oor hoe hulle dit in die boerdery gedoen het, lees gerus sy storie van bls 12 af, maar hy het ook vertel hoe hy hierdie beginsel in sy persoonlike lewe toegepas het. Ek dink onmiddellik aan my eie dilemma wat nou ‘n ernstige omdraai nodig het. So begin ek stadig maar seker fokus op die moontlikhede om my, en die planne begin vorm kry. Ek dink ook aan ons boere wat weer in ‘n droogte-dilemma gevange sit en wonder hoeveel van hulle word ook ingetrek in dakwaaier denkpatrone. ‘n Mens moet waaksaam wees oor hoe jy dink. Slegte omstandighede en swak plekke KAN omgedraai word wanneer jy op moontlike oplossings begin fokus. Sterkte vir hierdie seisoen.
Ons Eie
Maart 2015
ADRESVERANDERING Indien u van adres verander het of binnekort gaan verander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontakbesonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
Op die geestelike akker Waar bank jy? Boere moet nou weer hulle moed diep gaan haal gedurende die droogte. Peter Giesler bring vir ons hoop uit God se woord. “Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here ...” Ons ken amal hierdie Psalm en haal dit graag aan. Om die waarheid te sê is dit van kindsbeen af vir ons geleer en moes baie van ons dit vir Sondagskool memoriseer. Maar nou het tye verander. Ons word gebombardeer met verandering en onsekerheid. Alles wat vir ons kosbaar was, word bedreig: grondeise, korrupsie, droogte, regeringsverandering en selfs hoe ons kerkhou ken. Baie van ons mense het hulle heil erens anders gaan soek, in vreemde lande of bloot stad toe verhuis. Die druk en die vrees het te groot geword. Ons
www.suidwes.co.za
lees daagliks van nog ‘n plaasmoord, en vrees oorweldig ons. Die stofwolke wat uit die sonverbrande, dorre lande kom dra nie by om ons vrese en onsekerhede minder te maak nie. Die woorde, “wat gaan van ons word” het ‘n droewige refrein geword wat deur ons vorige veilige lewens sny. In sulke tye moet ek myself afvra waar my fondasie is? Is my fondasie stewig en op die rots, Jesus Christus, gebou? Baie van ons verloor hoop in die storms van die lewe wat ons onder kry. Die swaarkry word net groter en die hoop al hoe kleiner. Ek dink onwillekeurig aan Habakuk wat skryf, “Alhoewel die vyeboom nie sal bloei en aan die wingerdstokke geen vrug sal wees nie, die drag van die olyfboom sal teleurstel en die saailande geen voedsel oplewer nie, die kleinvee uit die kraal verdwyn en geen beeste in die stalle sal wees nie —nogtans sal ek jubel in die HERE, ek sal juig in die God van my heil.”
Ons Eie
Hoe is dit moontlik dat Habakuk so iets kan skryf? Daar is geen hoop vir die volgende seisoen nie, daar is geen oes tans op die lande nie, verlede jaar se oes het gevaal, my beplanning rondom sekuriteit het gevaal en daar is ook niks meer om te verkoop nie. Dit klink na ‘n uiters benarde posisie waarin Habakuk himself bevind. Hoeveel van ons was al daar en hoeveel van ons bevind ons tans daar? Maar Habakuk sê iets wat amper ondenkbaar is onder dié omstandinghede: “nogtans sal ek jubel in die Here, ek sal juig in die God van my heil” Wanneer ons ‘n persoonlike verhouding met God het, en met hom kan gesels soos met ‘n vriend, dan hoef ons nooit te twyfel nie. Sy beloftes is almal “ja” en “amen” in Christus Jesus”. Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie, Hy sal ons nooit in die steek laat of teleurstel nie. Ons is sy kinders en Hy het ons beste belang op die hart.
Maart 2015
Kom ons kyk meer prakties hierna. Wanneer die bank vir ons ‘n groot lening toegestaan het of as die weervoorspelling een honderd persent kans op reën voorspel, dan verdwyn al ons bekommernisse skielik en begin ons om te beplan, om gereed te maak vir dit wat belowe is. Wel, al die beloftes in God se Woord is van toepassing op ons, en al die vloeke is weggeneem. Staan vas op God se woord en begin om daarvolgens te beplan en nie volgens die seweuurnuus nie. Nie volgens die koerant of die regering se aankondigings op TV nie. Staan vas en begin beplan volgens God se beloftes, nie volgens die omstandighede nie. Laat ons soos Habakuk nie na die slegte negatiewe omstandighede kyk nie, maar ons oë opslaan na die Here toe. Hy sal ons nooit in die steek laat en ons nooit vergeet nie. Dit staan so geskryf.
5
AKT UEE L
Bly positief in moeilike tye Louis Smit, die hoof-uitvoerende beampte van Suidwes Landbou, het onlangs ‘n brief na aanleiding van die droogtetoestande in die gebied aan kliënte gestuur. “Dit is belangrik om nou positief te bly en nie oor te gee nie. Die omstandighede is nie in ons hande nie en ‘n moedelose en negatiewe houding gaan nie die saak verbeter nie,” sê Louis. KLIMAATSTOESTANDE • Die hittegolf- en droogtetoestande van die afgelope paar weke het reeds wydverspreide skade aan somergraanoeste aangebring. Ons aanvaar dat u as produsent die situasie met groot kommer dophou en besef terdeë dat toestande elke dag vêrder versleg met die reën wat wegbly. • Suidwes finansier produsente egter reeds meer as ‘n eeu en ons het groot begrip vir die
6
potensiële negatiewe effek wat hierdie omstandighede op u balansstaat en kontantvloei kan hê. Dit is belangrik dat u die gemoedsrus het dat Suidwes u as ‘n vennoot in boerdery beskou en u sal bystaan sover dit prakties moontlik en binne ons vermoë is. • Deur die jare is ‘n verskeidenheid van finansieringsprodukte ontwikkel wat juis in hierdie omstandighede handig te pas kan kom,
Ons Eie
afhangende van elke produsent se unieke behoeftes en omstandighede. • Indien nodig wil ons u graag aanmoedig om u Suidwes Fin verhoudingsbestuurder vroegtydig te kontak. Hulle sal verseker dat u al die verskillende opsies beskikbaar het vir oorweging om u eie finansieringsoplossing ten beste te struktureer. Onthou dat Suidwes daar is om u te ondersteun, in goeie en slegte tye.
Maart 2015
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
Plastic Droppers
RIDGEDROP-DROPPER TM Solied met riwwe
SABS getoe
ts
Net R3,20 + BTW per meter
Aflewering moontlik Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60%
Isak
Tel: 083-250-5363 Tel: 012-111-0321 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za
• Baie sterk en solied • Liggewig • Unieke greepontwerp: riwwe • UV-beskermend vir 20 – 30 jaar • Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) • Ideaal vir elektriese heinings • Goedkoper as hout of staal!
www.plasticdroppers.co.za
Die omvang van die droogte in ons gebied Christo Smit (Bestuurder Produsente Kommunikasie en Inligting) het hierdie foto’s op 9 Februarie tussen Makwassie en Wesselsbron van mielie- en sonneblomlande geneem. Die hele gebied se reënval was baie wisselvallig, tot einde Februarie het daar maar om en by 200 mm geval waar die gemiddelde reënval amper 500 mm is. Die groot bekommernis is dat as die graan se reproduktiewe stadium verby is, kan al die reën in die wêreld nie die proses omkeer nie. As die stuifmeel klaar gestort is, kan dit nie weer gebeur nie, dan is dit te laat. “Mielies kom na ongeveer 70 dae in die saad, bestuiwing is ongeveer twee weke, dan is dit verby. Indien bestuiwing nie plaasgevind het nie, ontwikkel die pitte op die koppe nie. Indien dit bestuif het en die vog is te min, trek die koppe terug, droog op en geen pitte ontwikkel nie. Geen oes nie. Party plante het sommer gevrek, geen koppe en geen pitte nie!” sê Christo.
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Maart 2015
7
AKT UEE L
‘n Leersame boeredag is op die plaas Robert Victor wat aan Carel Hatting in Wesselsbron behoort, gehou. Suidwes Meganisasie het die Miller Nitro 5240-spuit gedemonstreer.
Padlangs met Suidwes
Indrukwekkende spuit ten toon gestel “Wat die boere weereens beïndruk het, is die unieke hidrouliese suspensie van die spuit wat die boom en kajuit baie stabiel hou al ry hy oor ruwe terrein asook sy grondvryhoogte van 1.8m. Hy is ook toegerus met outostuur. Beslis eie in sy soort,” sê Piet Delport (Bemarker Heelgoedere).
Die N12-gebruikers kan sien hulle is in Suidweswêreld. “Ons het 22 borde op die N12 tussen Wolmaransstad en Christiana geplant met die produsente en hulle plase se name daarop,” vertel Ben Lubbe (Bestuurder: Eiendomme).
8
Ons Eie
Maart 2015
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Maart 2015
9
AKT UEE L
Thumbs-Up for excellent service
One of Vryburg’s regular customers, Mrs Butler, gives Vryburg animal feed store a Thumbs–Up because of the good quality service that she always receives from them.
“In our Vryburg animal feed store, we are constantly working to improve our efficiencies to ensure that the service we give our customers is world-class. We will not settle for anything less than excellence. We know that our customers have little time when they come to town and knowing this, we want to give them the best shopping experience that they can have in Vryburg. When they leave our premises it must be with a pleasant and relaxed feeling.” says Robbie Dawes, branch manager, Vryburg. Robbie also challenges his staff : “To our Vryburg staff, I am looking for Thumbs-Ups from customers and clients for good service.
Meganisasie se uitstalruimte in wording ‘n Nuwe heelgoedere-afdak word op Hoopstad tussen die silo en die handelstak opgerig as uitstalruimte vir trekkers en implemente. Suidwes Landbou se instandhoudingsafdeling hanteer self die oprigting van die afdak en die projek behoort teen die einde van April afgehandel te wees het die bestuurder van die afdeling, Ben Lubbe gesê.
PRO DUKNUUS
’n Eenstop-oplossing vir kalk, stroop en karwei Kontrakteurs wat stroopwerk, vervoer van graanmassavragte of die toediening van kalk doen, sorg dikwels vir ʼn warm onderwerp om die braaivleisvuur. ʼn Kontrakteur wat al drie hierdie dienste professioneel en stiptelik lewer, kan egter sorg dat produsente se vorige nagmerrie-ervarings plek maak vir doeltreffendheid en gemoedsrus.
10
Toe die eienaar van River North Carriers, mnr Flip de Bruyn, in 2002 die vervoerbedryf betree, het hy nie gehuiwer om vir jare lank self agter die stuur van ʼn vragmotor in te skuif nie. Hierdie eerstehandse ervaring het hom geleer dat professionaliteit op elke vlak die verskil maak in ʼn uiters kompeterende bedryf. As ʼn gevestigde naam in die losmaat-vervoerbedryf, is die onderneming se dienste intussen uitgebrei om kontrakteurstroopdienste en die toediening van landboukalk in te sluit. “Ons poog om die beste kontrakteursdiens aan produsente in die somerproduksiegebiede te lewer,” vertel De Bruyn passievol oor dié eenstopdiens wat produsente die kopseer spaar van
Ons Eie
reëlings tref met een kontrakteur vir kalktoediening, met ʼn ander vir stroopwerk en sinchronisasie met nog ʼn kontrakteur vir die karwei van massagraan. Die moderne leunwaens is toegerus met skuifvloere (walking floors) – wat vir kliënte tyd, arbeid en geld spaar. ‘n 10-ry, 76 cm Drago of ʼn 8-ry, 910 cm John Deere stropertafel word gebruik om mielies te stroop. Vir sojabone en koring word ʼn flexi-tafel ingespan. Graanmassavragte word vernaamlik by voerkrale en veevoervervaardigers afgelewer terwyl die vervoer van hominy
Maart 2015
chop, koringsemels, sonneblomoliekoek en soja-oliekoek ook hanteer word. Kalktoediening met ʼn presisiestrooier word gedoen volgens grondkaarte en met behulp van die John Deere GreenStar Guidance System (met variable rating-applikasie). Meer volledige inligting oor die unieke pakket wat produsente gebied word, is beskikbaar op die webblad by www.rivernorthcarriers. co.za, kontak Flip de Bruyn by 083 278 7784 of per e-pos by flip@rivernorthcarriers.co.za
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Maart 2015
11
AKT UEE L
KONTREIKUIER In hierdie uitgawe kuier ons in die Ghaapse Berg-gebied tussen Reivilo en Vryburg by Jan van Zyl en sy seuns. Dié wêreld staan ook bekend as die Texas van Suid-Afrika omdat dit een van die grootste beesproduksiegebiede in die land is. Jan en sy seuns is vanjaar deur Voermol aangewys as Suid-Afrika se beste beesboere.
Dié boerdery is op rots gebou, letterlik ARTIKEL en foto’s: JJJ Harmse
Die Kroonvee-handelsnaam is baie bekend in suidelike Afrika en selfs oorsee, hoofsaaklik vir die uitstekende Brahmaanteelmateriaal wat dié stoet vir jare al produseer. Die eienaar, Jan van Zyl, ken die lang, harde pad na sukses wat ‘n man soms wye draaie laat loop. As jy hóm vra wat die resep vir sukses is, is sy antwoord: “Ek het by een van my mentors lank gelede geleer om die swak punte van ‘n ras te omskep in die sterk punt van my kudde en ek het hierdie beginsel op my hele boerdery en persoonlike lewe begin toepas.”
J
an se vindingrykheid was juis een van die faktore wat hulle die toekenning besorg het. Hulle grond hier in die Ghaapse Berg lê letterlik op ‘n reuserotsplaat en hoewel hier baie ondergrondse water beskikbaar is, kan hulle nie weiding in die vlak grond vestig nie. Maar die Van Zyls laat hulle nie onderkry nie en so begin hulle letterlik lande op die rotslaag bou deur eenvoudig grond in te ry! Jan vertel dat hy eintlik met Afrikanerbeeste grootgeword het omdat sy pa met Afrikaners geboer het. Sy pa het egter op ‘n keer ‘n Brahmaanbul gekoop. “Ek was onmiddellik verlief op daai bul en hy op my, ek kon enigiets met hom regkry. Dit is hoe my passie vir hierdie wonderlike ras begin het.” Kroon Vee het letterlik uit een bul met vyf koeie op ‘n stukkie huurgrond in 1942 gegroei tot een van die grootste Brahmaan-stoeterye in suidelike Afrika. Jan verduidelik dat die naam van die boerdery eintlik al hulle belangrikste doelwitte omskryf — om diere van uitsonderlike gehalte te teel. Hulle glo ook dat hulle sukses in klante se groeiende winsgewendheid lê wanneer hulle Kroon Vee-diere in hulle kudde gebruik.
Kroon Vee se Van Zyls in een van die lande wat hulle self ‘gebou’ het op die rotslaag van die Ghaapse Berg, van links is Jan jr., Jan en Gideon. Onder is Jan en Irma by die opstal.
bl 14 >>>
12
Ons Eie
Maart 2015
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Februarie 2015
13
AKT UEE L
Jan se twee seuns, Gideon (35) en Jan jr. (28) is albei betrokke by die boerdery. Elkeen het die geleentheid gekry om sekere sleutelaspekte van die boerdery te ontwikkel en te laat groei. Gideon is veral verantwoordelik vir bemaking onder boere in Botswana. Hy is ook al aangewys as Noordwes Provinsie se Jongboer van die Jaar. Jan jr. het vir ‘n jaar by die genootskap gewerk en is ook
beoordelaar en keurder. Hy het hulle embrio- en KI-program begin en hou dit in stand. Jan sê hy was nooit ‘n ‘skouman’ nie, maar dat hulle ‘n paar jaar gelede met die Brahmaan Wêreldkongres besluit het om tog deel te neem. Hy en die twee seuns het besluit hulle moet maar ‘n strategie volg van “go big, or go home”. So laai hulle 45 beeste na die skou by die Afridome
KONTREIKUIER op Parys en kom terug met die mooi somtotaal van nege kampioene en ses reserwekampioene! “Die skou het op die ou end vir ons baie nuwe deure oopgemaak en baie besigheid gebring. Hoewel ek daardie tyd nie ‘n skouman was nie, het ek besef dat jy jou beeste na die mense toe moet vat.” Kroon Vee het ook internasionaal bekend geraak. In 2008 het hulle
embrio’s aan die Australiër, John Fenwick, verkoop. Hy het later met ‘n hele groep Aussies op die plaas kom kuier. “Die voorsitter van die Australiese Beestelersgenootskap, Shane Bishop, het vir Jan jr. genooi om die bekende telers in Australië te kom ontmoet. Die lekker van al hierdie dinge is om te sien wat Brahmane alles na my en my gesin se tafel toe gebring het; die voorreg om ‘n familiebesigheid te hê, groot bl 16 >>>
Die gras op hierdie aangeplante weiding is ‘n eksperiment met vyf verskillende grassoorte – lankswenkgras, raaigras, knopaar en wit en rooi klawer. Jan sê as die eksperiment werk, gaan hulle dit uitbrei omdat dit immergroen is en deur die jaar benut kan word.
14
Ons Eie
Maart 2015
www.suidwes.co.za
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Februarie 2015
15
AKT UEE L
Kroon Vee is nie net oor die wêreld bekend nie, maar het al met tonne trofees weggeloop. geleenthede vir my kinders, dit bring selfs bekendes van oor die wêreld na ons plaas toe - jy weet, dit is hoekom ek so lief is vir Brahmaane. Vir Jan is teling ‘n mengsel van kuns en wetenskap. Die kuns is om die koei by die regte bul
te kry. Dit gaan oor instink en ‘gevoel’ en dit is kreatiewe proses, gerig deur jare se ondervinding. Op die Ghaapse Berg moet kalwers vroeg ‘n ysterinspuiting kry. Dit is ‘n probleem wanneer die diere in die veld is, maar hiermee het hulle weer ‘n negatief omskep in ‘n positiewe eienskap van die boerdery. Die hele boerderystelsel is ontwerp sodat die koeie by die huis kan kalf. So kan die kalf dan geweeg word, die geboortegewig word in die rekenaar ingelees, die kalf kry sy oorplaatjie
KONTREIKUIER
en kan getatoeëer word en kry sy inspuiting. Die kalf is dus vir die eerste 21 dae onder direkte toesig. Na 21 dae word die kalf onthoring en volledig ge-evalueer en data soos lewenskragtigheid, bouvorm, skedekwaliteit, ensomeer word in die rekenaar ingelees vir rekordhouding deur die dier se lewensiklus. Elke koei word saam met haar kalf geëvalueer met hulle bulle in gedagte. “Dit is hoe ons volgende keer ‘n beter keuse kan maak.”
Jan hou hierdie kalfboekie al sedert die begin van die boerery getrou by. “Elke kalf is die resultaat van ‘n paringsbesluit wat ons die vorige jaar geneem het. Wanneer ons dus die kalf evalueer, evalueer ons eintlik ons eie besluit,” sê Jan.
Aan al ons bestaande en voornemende Langfos-kliënte: Ten spyte van die knellende droogte in die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap, KwaZulu-Natal en ander dele van die land, staan ons steeds by u – deur dik en dun. Kontak gerus een van ons agente landwyd om ons droogtepakkette aan u te verduidelik. Langfos-groete Gecko Fert (Pty) Ltd
Kontak ons agente in die Vrystaat:
Oos Kaap:
Albie Jacobs Kroonstad 0834621751 Theo Bezuidenhout Bethlehem 0827893101 Johan Fourie Senekal 0824000437 Hans Vos Marquard 0847017167 Lourens Botha Hennenman 0833798778 Charles Malherbe Bloemfontein 0829264801 Eicker Hennig Memel en Normandien 0794379850 Emile Gerbrands (Jnr) Bothaville 0835642244
Sarah en Eugene Osterloh Komga 0836531579 0829277886
Emile Gerbrands (Snr) Bothaville 0832651671
Noordwes Provinsie: Johan Folscher Ottosdal 0833901258 Willa Naude Ottosdal 0836878082 Johan Nel Coligny 0834191973
Corn van der Watt Humansdorp 0827749032
Suid Kaap en Weskaap: Jaco Le Roux Langkloof George 0824933519 Basie Muller Riversdal 0825785436 Dirk Swart Mosselbaai 0726995356 Dirkie Swart Heidelberg 0791919481 Hans Ellis Ashton 0842319665 George Richards Somerset Wes 0834618979
Tinus Bergh Schweizer Reneke 0827514555
Skakel ook vir George Richards Hoofkantoor 0834618979 Of ons Tegniese Adviseur Hans Ellis 0842319665
Limpopo:
U kan ook myself Kobus Swart 0833025584 skakel ons sal aan u ons droogte pakkette
Naboomspruit Danie Weilbach 0823248144 Kwazulu Natal Swartberg, Kokstad
verduidelik. Sterkte met die nuwe seisoen wat voorle en ons hoop en bid dat ons n geseende 2015 plant en oes seisoen sal beleef.
Pat Williamson 0832733580
16
Ons Eie
Maart 2015
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
Glifosaat
met nawerking HalexTM GT van Syngenta verhef onkruidbeheer in glifosaat-tolerante mielies na ‘n heel nuwe vlak. Na-opkomsbeheer sonder gelyke HalexTM GT is ‘n sistemiese na-opkoms onkruiddoder wat die bewese krag van mesotrioon, S-metolachlor en glifosaat kombineer vir ongekende na-opkomsbeheer van eenjarige breëblaar onkruide en grasse in glifosaat-tolerante mielies.
Tegnologie op sy beste HalexTM GT span die jongste tegnologie in om jou mielies die heel beste groeikans te gee: • Kontak sowel as residuele aksie. • Een produk vir ‘n wye spektrum grasse en breëblaar onkruide. • Unieke beheer van ontkiemde sowel as ontkiemende onkruide. • Veilig vir opvolggewasse soos koring, sorghum, aartappels, sojabone, droëbone, grond bone en sonneblom. • Nie klei-gebonde nie.
LEES DIE ETIKET VIR VOLLE BESONDERHEDE Halex™ GT bevat mesotrioon, S-metolachlor en glifosaat (Wet nr. 36 van 1947, Reg. nr. L9230). VERSIGTIG Halex™ GT is ‘n geregistreerde handelsmerk van Syngenta Groep Maatskappy Syngenta Suid-Afrika (Edms) Beperk, Privaatsak 60, Halfway House, 1685. Tel: (011) 541 4000. www.syngenta.co.za @SyngentaSA © Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument is voorbehou. Alle ongemagtigde vermeerdering word verbied.
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Maart 2015
17
A K T UEE L
PLAASBEVEILIGING wees betrokke en paraat Johan van Zyl Vryskut joernalis
Misdaadstatistieke bevestig dat boerdery in SuidAfrika die gevaarlikste beroep ter wêreld is. “Verlede jaar het 278 plaasaanvalle en 67 plaasmoorde in Suid-Afrika plaasgevind,” sê Chris van Zyl, assistant-hoofbestuurder: Beleidskakeling van TLU SA, wat daagliks met dié onaangename statistieke werk. “Agt plaasmoorde en 20 plaasaanvalle in die eerste paar weke van vanjaar skets boonop ’n somber prentjie vir die res van die jaar.” Noordwes is naas Gauteng die provinsie met die meeste plaasaanvalle, sê Van Zyl. “Gauteng, wat heelwat klein land-
www.suidwes.co.za
bouhoewes het, loop loshande die meeste deur. Noordwesboere word die tweede meeste geteiken, gevolg deur KwaZuluNatal, Mpumalanga en die Vrystaat.” In sommige jare, waaronder 2011 en 2012, het die meeste plaasaanvalle en moorde uit al die provinsies, in Noordwes plaasgevind. Die skokkende omvang van dié misdaad word eers besef wanneer die statistieke in perspektief geplaas word met polisiesterftes en die moordsyfer op SA burgerlikes. Dr Johan Burger, senior navorser by die SA Instituut vir Sekerheidstudies, het dit só bewoord in ’n onlangse artikel in Africa Check: “Dit is in Suid-Afrika gevaarliker om te boer as om ’n polisieman te wees: 54 per 100 000 polisiemanne is byvoorbeeld volgens amptelike misdaadstatistieke in 2012/’13 vermoor, teenoor 31,1 burgerlikes en 120,4 boere per 100 000 as die amptelike plaasmoorde vir 2012 verwerk word. Dit is 2,2 keer so hoog as dié van die polisie en 3,8 keer soveel as die algemene bevolking.” Dit is algemeen bekend dat
Ons Eie
selfs Suid-Afrika se burgerlike moordsyfer onder die hoogste vyf lande ter wêreld is, met vele lande se moordsyfer minder as 10% van dié syfer. Sowel Burger as Van Zyl sê dat die werklike aanvalle en selfs moordsyfers op plase dié skokkende statistieke boonop kan oorskry. Wat die redes vir plaasaanvalle betref, meen Burger dat die amptelike navorsingstatistieke, wat daarop dui dat byna 90% van dié aanvalle deur roof gemotiveerd is, waarskynlik na aan die waarheid is. Intimidasie, politieke- en rassemotiewe maak dus ’n veel kleiner persentasie uit. Frans Marx, direkteur van Suidwes, sê Suidwes se boere is oor die algemeen bereid om ’n aktiewe rol te speel in hul omgewing. “Ons kan darem nou van sowat 90% praat wat hul kant bring.” Marx maan dat dit noodsaaklik is vir jou eie oorlewing en ander in jou boerderyomgewing se welsyn om by ’n goeie netwerk betrokke te raak. “Gelukkig verbeter die tegnologie ook – ons is byvoorbeeld besig om ’n tegnologies gevorderde stelsel in werking te stel
Maart 2015
wat so teen Junie vanjaar reeds goed aan die gang kan wees.” Boere behoort ook kennis te neem van navorsing onder gevonnisde misdadigers self, waarin hulle die volgende drie faktore as die ergste afskrikmiddels uitgesonder het: * Gereelde patrollies in ’n gebied. * Plaashuise waar klein honde in die huis gehou word om die inwoners veral snags te waarsku. * Alarmstelsels op veiligheidsheinings. “Veiligheidsmaatskappye is wel belangrik, maar misdadigers ag hul betrokkenheid nie só hoog soos dié drie faktore nie, omdat dit hulle soms lank neem om by die plaas uit te kom en dus wegkomkans bied, sê Marx. Morris Leonard, ’n bekende boer van die Heidelbergomgewing wat in 1988 in sy boek Plaasbeveiliging – ’n handleiding vir die boer (uitgegee deur Unibook) heelwat op terroriste-aanvalle op plase gekonsentreer het, stem saam dat die motiewe vandag waarskynlik heelwat verskil van twee tot drie dekades gelede. “Boere moet bl 20 >>>
19
AKT UEE L >>>
Plaasbeveiliging
egter net so paraat wees as gedurende die terrorisme-fase,” sê hy. “Gereedheid en hindernisse, beligting, kommunikasie met bure, betrokkenheid en ander faktore is net so belangrik soos destyds.” Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, het in Januarie vanjaar tydens ’n RSG-radiopraatjie bevestig dat plaasmoorde die afgelope jare effens gestabiliseer het op tussen 56 en 65 per jaar, maar dat dit steeds ontstellend hoog is. “Januarie vanjaar se hoë moordsyfer is ook glad nie bemoedigend vir die res van die jaar nie.” Volgens Van der Merwe dui die wye voorkoms van geweldmisdade op ’n siek samelewing wat geen respek vir menselewens en ander se eiendom het nie. Dit word vererger deur die siening by oortreders dat misdaad in Suid-Afrika grootliks ongestraf bly. Van der Merwe sê verskeie faktore dra daartoe by dat plase so ’n groot teiken vir boewe is. Dit sluit die volgende in: * Die afgesonderdheid van plase maak aanvalle minder opsigtelik. Dit is meer blootgestel as waar ’n konsentrasie van wonings is. * Aanvallers weet daar is wapens op plase en ander waardevolle buit, insluitend kontant wat aan werkers uitgekeer word. * Plase word as sagte teikens beskou, veral waar daar ouer mense op die plase woon. * Die moeilike ekonomiese omstandighede dryf meer mense tot misdaad. * Die politieke ongewing bring mee dat landbouers nie na waarde geag word nie. Sarel Pretorius, veiligheidsvoorsitter van Agri Noordwes, sê dit is ’n feit dat Noordwesboere van die ergste in die land geteiken word. “Dit laat boere geen ander keuse as om hul veiligheidstelsels te versterk en samewerking met die Polisie te verbeter nie. Ons moet betrokke raak en ’n aktiewe rol speel
20
Wenke om misdaadvlakke te verlaag K
enners is dit eens dat dit belangrik is dat boere ’n taamlik akkurate beeld het van die misdadigers waarmee hulle te doen het. Dit help onder meer om hul werkmetodes te verstaan en daarvolgens te beplan.
• SCS, ’n afdeling van Pro-active Defense Solutions, sê dat plaasaanvallers gewoonlik tussen 15 en 35 jaar oud is en meestal werkloos. Hulle vorm gewoonlik groepe van drie tot sewe en teiken boere graag omdat plase ver van die gewone gedrang is. Hulle soek gewoonlik vuurwapens, geld en voertuie. • “Plaasaanvalle word meestal met militêre presisie uitgevoer. Die aanvalle is so grusaam en brutaal moontlik. Geen boer is te oud of te jonk, te ryk of te arm om deur te loop nie,” sê SCS. Navorsing dui daarop dat tronkstraf dié misdadigers nie afskrik nie. Boere is ook geneig om hul waaksaamheid te verslap wanneer daar ’n tyd lank geen voorvalle in hul omgewing was nie. • Volgens SCS word plaasaanvalle haarfyn beplan, nadat die betrokke plaas van drie tot sewe dae dopgehou is. Soms hou hulle die plaas weke lank dop om ’n patroon af te lei. • Die aanvallers probeer ook om nie as ’n groep saamgesien te word nie en gevolglik doen net een of twee lede die verkenningswerk. • Sarel Pretorius, veiligheidsvoorsitter van Agri Noordwes, maan dat waaksaamheid een van boere se grootste bondgenote is. “Hoewel die meeste aanvalle in die nag plaasvind, is aanvalle in die dag nie ongewoon nie. Wees ook dán waaksaam.” Boere behoort deurlopend aan die volgende aandag te gee: • Neem waar. “Ondersoek sake as jy ongemaklik voel en hou ook jou eie werkers dop, wat soms kop in een mus met die aanvallers is,” sê Pretorius. “Betredings wat op die oog af taamlik onskuldig voorkom, is dikwels nie.” • SCS maan dat inligting dikwels bekom word deur iemand wat voorgee dat hy werk soek. Al het ’n boer ’n werker dringend nodig, moet hy nie skroom om die werksoeker se agtergrond deeglik te ondersoek nie. Vind uit waar hy voorheen gewerk het en doen by dié werkgewer navraag. Moet hom onder geen omstandighede werk gee as hy nie ’n identiteitsdokument het nie. • Voornemende aanvallers daag ook graag op plase op onder die voorwendsel dat hulle landbouprodukte of werktuie wil koop. “Wees oplettend as vreemdes opdaag.” • Morris Leonard sê boere moet oplet vir tekens van betreding, insluitend voertuigspore, los grond op spore, die onderbreking van voertuigspore, spore (ook voetspore) wat doodgevee is en platgetrapte gras. • Frans Marx sê boere moet ook hul diere se gedrag goed leer ken en bedag wees op gedragsafwykings. “En onthou die klein hond in die huis om jou te waarsku.” • Belemmer misdadigers se toegang. SCS beveel aan dat hekke – waar prakties moontlik – gesluit gehou word en dat ’n kennisgewing daar aangebring word wat die plaas as verbode terrein beskryf. • Pretorius sê boere moet die nodige omheining aanbring, met doeltreffende alarmstelsels en beligting. Wegkruipplekke in die omgewing van die plaashuis moet verwyder word, byvoorbeeld digte struike. • Marx sê beligting moet oordeelkundig gedoen word, insluitend dat die lig oortreders moet blootstel en nie die huis skerp verlig nie. “Ons sal dalk ook ’n diefweringstelsel by vensters moet oorweeg waar vensters in ’n beskermende kas oopmaak – soos in Zimbabwe gebruik is – en toegang vertraag.” • Skakel in by die plaaslike netwerk en kommunikeer. “Onthou dat jy en jou bure in dieselfde bootjie is,” sê Pretorius. “Kommunikeer goed met hulle. Beplan saam aan jul optrede wanneer iemand nood ervaar. Probeer ook om jou kommunikasie en samewerking met die Polisie so goed moontlik te maak.” • Betrek jou huisgesin. Beplan saam aan noodmaatreëls, sodat elkeen presies weet waar die veilige punte is en hoe om te reageer, sê Marx. “Gesinslede behoort ook die nodige opleiding te ontvang vir noodgevalle.” • Moenie net skiet nie. “Onthou dat jy slegs mag skiet indien jou of iemand anders se lewe bedreig word en dit die laaste uitweg is,” maan Pretorius. “Jy het groot probleme as die betreder weghardloop en jy skiet hom van agter. Dit is noodsaaklik dat jy jou vergewis van Artikel 49 van die Strafproseswet se duidelike voorskrifte.”
om die misdaadvlakke in ons omgewing te laat daal. Misdadigers laat spaander as hulle te veel obstruksies ervaar.” Henk van de Graaf, assistenthoofbestuurder: Kommunikasie van TLU SA, sê dat plaasmisdaad in Suid-Afrika ’n netelige kwessie geraak het. “Die wêreld moet daarvan kennis neem. TLU SA het juis weer goedkeuring ontvang
Ons Eie
om die Verenigde Nasies (VN) in Maart vanjaar toe te spreek as deel van sy veldtog om bewusmaking van die stand van sake op SA plase internasionaal uit te brei.” Van de Graaf het in November verlede jaar drie minute lank oor die kwessie van plaasmoorde in Suid-Afrika gepraat tydens ’n sessie van die VN se Menseregtekomitee in Genève, Switserland.
Maart 2015
Dit het heelwat plaaslike en internasionale nuusdekking gekry. Hans van der Merwe van Agri SA sien die hoë voorkoms van misdaad op SA plase en elders só: “Ons het nie ’n eenvoudige antwoord nie, maar die vestiging van respek vir lewe en eiendom is een van die grootste uitdagings waarvoor Suid-Afrika tans te staan kom.”
www.suidwes.co.za
A K T UEE L
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Maart 2015
21
AKT UEE L PRO DUKNUUS
New Holland vat raak met sy hooi- en baaltoerusting New Holland SA bied ’n volledige reeks hooi- en kuilvoertoerusting vir alle toepassings – òf jy ’n boer met vyf of 5004 hektaar is. Dié maatskappy het in 1940 die heel eerste outomatiese baler gebou en in 1960 die eerste “Haybine”- snyerkneuser. New Holland se snyer-reeks begin met ’n 488 “Haybine”sleepsekelmessnyer met kneuser en ’n snywydte van 3,2 m. Dit is ideaal vir die kleiner lusernboer met laer kW trekkers. Dan is daar die driepuntsnyers met 5, 6 en 7 skywe met snywydtes van 2,0 tot 2,8 m en ’n sleepmodel met 8 skywe en ’n sny-wydte van 3,2 m. Met die snyer kan jy tussen 12 tot 30 hektaar per dag met gemak sny. Ter aanvulling is daar drie snyerkneusermodelle wat tussen 3,2 m en 5 m wyd sny. Die snyers werk teen ’n hoë spoed en is ideaal vir boere of kontrakteurs met baie snywerk in ’n seisoen. Die twee groot modelle kan ook aan albei
22
kante van die trekker sny. Die breër rubber-kneuserrollers verkort die verdrogingstydperk en dus kan die baalwerk baie vinniger begin, veral in Suid-Afrika waar die reënval baie onvoorspelbaar is. Die modelnommers op die twee groot snyerkneusers het onlangs verander van H7450 (10skyf ) na H313 (8-skyf ), wat jou ’n snywydte van 4 m bied. Die H7460 (12-skyf ) het na H316 (10skyf ) verander, met ’n snywydte van amper 5 m. Die veranderinge aan die snyer is te danke aan die nuwe MowMax™II-snybalk wat dubbel so groot is as die MowMax™ I van die vorige reeks. Die groter skywe bied jou ’n laer en skoner sny-aksie. Dit gebruik ook minder kW, wat kleiner trekkers kan hanteer en diesel bespaar. Jy kan verwag om tussen 35 en 65 hektaar per dag te sny. Wat die kuilvoerkerwer (sleepreeks) betref, het jy twee modelle om van te kies. Die 790 en 230 bied jou ’n hoë kapasiteit-, langlewe-kerwer asook snygrootteverstellings van 4,8 mm tot 33,3 mm deur sy swaardiens-snydrom wat uit 12 messe bestaan. Hulle bied ook ’n
Ons Eie
Metalert®III-metaalverklikker om jou snyer te beskerm teen enige metaal wat moontlik in die veld lê. Saam met die kerwers is ’n mielietafel en/of gras-opteltafel beskikbaar, wat dit uitnemend geskik maak vir ’n melkplaas. Die mielietafel bestaan uit 2-ry-tafels wat verstel kan word van 711 mm tot 1 016mm en bied jou tot 18 hektaar per dag se snywerk. Die gras-opteltafels kan òf 1,8 m òf 2,1 m optel en bied jou tot 45 hektaar per dag se gras-kuilvoer. ’n Volledige reeks stamp- en rondebalers word ook deur New Holland aangebied. In die klein stampbaler-reeks is daar ’n keuse van twee modelle, die BC5060 en BC5070, wat albei met swaardiens-knopers toegerus is. Die grootste verskil tussen die twee is die opteltafels, waar die BC5060 1,7 m het en die BC5070 2,0 m het. Die groot vierkantbaler het dié jaar ’n nuwe nommer gekry: BB1290. Dit vervang die bekende BB9080 en het ’n nuwe invoerstelsel en ’n groter ratkas, wat nou nie meer ’n spoedbeperking op hierdie baler plaas nie en jou
Maart 2015
20% meer volume as die vorige reeks bied. Daar is vier rondebalermodelle om van te kies. Die BR6080 het ’n wye opteltafel wat met ’n vinger- voerstelsel werk en met tou baal. Die BR6090rotorvoerder en die BR6090rotorsnyerbalers kan met tou en net baal. Die nuwe RB125-rotorsnyerbaler baal slegs met rollers, terwyl die BR6000-reeks balers met rollers en kettings werk. Die baler is reeds beskikbaar en word in 2015 aangevul met die RB125 Combi & RB135 Combi. Dit is ’n kombinasiebaler met “wrapper”vermoë. In 2015 word die BR7060 ronde- veranderbare kamerbaler se model verander na RB150. Hierdie nuwe model het breër en dikker belde en ’n nuwe optelstelsel, wat dit ’n hoër kapasiteit gee. Die baler maak bale tussen 0,9 m en 1,5 m en werk elektronies van die trekker af. Die baler is dus ideaal vir die boer wat kuilvoerbale maak of voer per ton verkoop. Navrae: 072 869 5903
www.suidwes.co.za
ALKATNDB UEEOL UK UNDI G
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Oktober 2014
23
BEMARK I NG
Volg dié strategieë vir suksesvolle graanbemarking Jacques Pretorius Senior bestuurder: Graanbemarking
As mens maar net ’n kristalbal gehad het of as ons net môre se koerant vandag al kon hê. Hoeveel keer het ons nie al dit vir mekaar gesê nie? Die realiteit is dat niemand met sekerheid kan sê wat met graanpryse gaan gebeur nie, aangesien daar net te veel faktore is wat buite ons beheer is wat pryse beïnvloed. ’n Bekende landbou-ekonoom het altyd die sêding gehad dat “die enigste sekerheid in hierdie bedryf die onsekerheid is”. Hoe waar is dit nie? Die afgelope seisoen is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Alle fundamentele faktore het daarop gedui dat die graanpryse nie veel opwaartse potensiaal gehad het nie. Inteendeel: die vooruitsigte was baie vaal. Alle aanduidings was reeds vroeg daar dat daar ’n baie groot mielieoes aan die kom was. Behalwe vir die verwagte groot oes was daar landwyd ook baie min graan wat vooruit bemark was en was die verwagting dat oesdruk ook nog ’n groot rol sou speel. Gedurende Julie 2014 het die witmielieprys op Safex tussen R1 600/ton en R1 750/ ton verhandel en was baie produ-sente genoodsaak om teen dié vlakke te verkoop om verpligtinge na te kom. Sien die Julie 2014- WMAZgrafiek 1. In die meeste gevalle was die graanopbrengste van so ’n
24
aard dat die meeste produsente hul verpligtinge kon nakom en steeds mielies oorgehad het om in ’n latere stadium te kon bemark. Intussen het mieliepryse meer as R450/ton opwaarts beweeg en het ons baie vinnig weer vlakke van oor die R2 150/ ton gesien (sien die herstel op die Desember 2014- WMAZgrafiek 2). Die groot herstel het plaasgevind ondanks die feit dat daar in Suid-Afrika ’n groot mielieoes (14,3 miljoen ton) was en Amerika besig was om ’n rekord-mielieoes te stroop. Natuurlik het die verswakkende rand ’n baie groot rol gespeel in hierdie periode, maar dit wat hier gebeur het, het teen enige fundamentele faktore ingedruis – in so ’n mate dat die mark die oesskattingskomitee se syfers begin bevraagteken het en begin bespiegel het of daar ooit werklik so ’n groot plaaslike mielieoes was. Ongelukkig was daar steeds produsente wat nie van die prysstyging gebruik gemaak het nie. Die hoofrede hiervoor was omdat produsente nie ’n spesifieke teikenvlak gehad het waarop hulle wou prys nie. As mens nie weet waarvoor jy wag nie, hoe sal jy ooit weet as jy dit bereik het? Deur spesifieke teikenvlakke te identifiseer, wat gebaseer is op elke produsent se eie gelykbreekpunt plus ’n winspersentasie per hektaar, word emosie uit die besluit geneem om die graan te prys. Dit is menslik dat ons almal altyd probeer om teen die hoogste vlak van die mark te verkoop,
Ons Eie
maar ongelukkig gebeur dit baie selde dat dit realiseer. Baie keer is die hoogste vlak van die mark dalk een kontrak op Safex wat teen daardie spesifieke hoogtepunt verhandel het en draai die mark teen die produsent voordat hy kon verkoop het. Dit is ook so dat ’n dalende mark normaalweg vinniger daal as wat die styging tot op daardie tydstip gerealiseer het. Die feit is dat niemand in die mark met sekerheid kan sê wat met graanpryse gaan gebeur nie. Niemand het daardie kristalbal of die volgende dag se koerant nie. Dit is juis om die rede dat Safex se finansiële instrumente gebruik moet word om prysrisiko te verskans. Deur die graanprys te verskans, beteken
dit dat die produsent altyd in die mark is en kan deel in moontlike positiewe markbewegings. Voorseisoen kan die produsent oorweeg om ’n gedeelte van die gemiddelde opbrengs op lang termyn op ’n minimumprys-basis te verskans. Sodoende word daar ’n vloerprys vir die graan vasgestel, wat die risiko van ’n prysdaling minimiseer. Die minimumprys word met ’n koopopsie verskans teen ’n premie, wat niks anders is as die koop van prysversekering nie. Om die verskansingskoste te verminder, kan daar ’n minimum/maksimum-strategie gevolg word, wat ook ’n vloerprys verseker met beperkte opwaartse deelname in die stygende markpryse.
bl 34>>>
Julie 2014- WMAZ-grafiek 1
Desember 2014- WMAZ-grafiek 2
Maart 2015
www.suidwes.co.za
L A NDBO UKUNDI G
26
Ons Eie
Februarie 2015
www.suidwes.co.za
L A NDB O UK UNDI G
Gee mielies woema met stikstofen kalium-topbemesting ARTIKEL DEUR: Rupert Vermaas
Landboukundige, Triomf Agri-X
Topbemesting is vir sommige boere ’n noodsaaklike boerderypraktyk om hul stikstof- en kaliumbemesting te bestuur. Hoewel jou grond se fisiese eienskappe bepaal of jy moet topbemes en/of “preplant”, speel weersomstandighede ook ’n belangrike rol in die besluit. Loging is die algemeenste faktor wat tydens die mielieplant se groeiseisoen tot stikstof- en kaliumverliese bydra. Sommige grond is geneig tot meer stikstof- en kaliumloging (kalium in ’n mindere mate) as ander. Deur te topbemes word die voedingsbehoefte van die plant op die regte tyd aangevul en verminder ’n mens die risiko van stikstof- en kaliumverliese deur loging vroeg in die plant se groeisiesoen. Topbemesting as ’n praktyk gee die boer ook die geleentheid om die seisoen op te som en te bepaal of hy wel finansiële voordeel gaan trek deur topbemesting in ’n droë jaar te gee. Stikstof- en kaliumtekorte by mielies Dit is belangrik om ’n voedingstekort op ’n mielieplant te kan identifiseer om sodoende aandag te gee aan die tekorte en/of behoeftes. Foto’s 1 en 2
www.suidwes.co.za
wys duidelik die verskil tussen ’n stikstof- en kaliumtekort op ’n mielieplant. ’n Stikstoftekort veroorsaak ’n geel kleur, van die punt tot die middel van die onderste blare, in ’n v-vorm, wat dan tot afsterwe van die blare lei (foto 1). ’n Kaliumtekort kan geïdentifisseer word wanneer die randte van die onderste blare geel word en dan later verdroog (foto 2). Stikstof- en kaliumverliese weens loging Hoewel genoegsame stikstof (N) en kalium (K) toegedien is vir die mielieplant se totale voedingsbehoeftes, is daar ongelukkig baie faktore wat tot verliese van hierdie voedingselemente bydra. Loging is die algemeenste faktor wat tot verlies van die twee voedingselemente aanleiding gee. Stikstof is erg onderhewig aan loging in sandgronde met ’n lae klei-persentasie en ’n lae katioon-uitruilingskapasitiet (KUK). Kalium is ook onderhewig aan loging in sandgronde, maar in ’n heelwat mindere mate as stikstof. In dié sandgronde moet daar vir ekstra stikstof gekompenseer word wanneer die bemestingsprogram opgestel of uitgewerk word. In sommige gevalle is kompensasie van meer stikstof steeds nie voldoende wanneer die hoeveelheid en intensiteit van die reënbuie deur die groeiseisoen toeneem nie en
Ons Eie
Foto 1: Stikstoftekort op ’n mielieplant
Foto 2: Kaliumtekort op ’n mielieplant word ’n mens genoodsaak om ekstra topbemesting toe te dien wanneer plante tekortsimptome wys. Die werking en geskiktheid van stikstofbronne vir topbemesting Daar is vandag ’n verskeidenheid kunsmisprodukte op die mark wat aangewend kan word vir topbemesting. Die geheim is egter om elke produk se wer-
Maart 2015
king en risiko’s te verstaan en dit reg aan te wend. Urease- en nitrifikasieinhiberende ureumbronne, byvoorbeeld Nitrex®, werk uitstekend vir die aanwending van topbemesting. Dit is kostedoeltreffend en voorkom vervlugting van stikstof in ammoniakgas en verminder loging van nitraat deur die stikstofbron
bl 28 >>>
27
L A NDBO UKUNDI G >>>
Gee mielies woema langer in die ammoniumvorm te hou. Ammonium is positief gelaai en sit dus aan die negatief gelaaide kleideeltjies van die grond vas, waar die nitraatvorm weer negatief gelaai is en onderhewig is aan loging (sien grafiese voorbeeld van die nitrifikasieproses in Figuur A). Ammoniumnitraat-produkte werk ook baie goed vir topbemesting omdat dit dadelik plant-opneembaar is, maar daar is altyd die risiko van loging van die nitraatdeel van die stikstofbron. Deur elke stikstofbron se risiko’s en werking te verstaan en dit reg aan te wend, kan baie verliese uitgeskakel word en die boer sy gewasse meer doeltreffend bemes. Stikstof en kalium-opname deur die mielieplant Dit is belangrik om die tempo
28
Figuur A: Die nitrifikasie-proses van stikstof- (N) en kalium- (K) opname deur die mielieplant te verstaan om aan die plant se voedingsbehoeftes te voldoen. In grafiek 1 kan gesien word dat ’n mielieplant se stikstof- en kaliumbehoefte teen week 5 ná plant, drasties toeneem. Voldoende hoeveelhede stikstof en kalium moet nie later nie as vyf weke ná plant reeds toegedien wees. Daar is reeds verskeie kere bewys dat goeie opbrengsverhogings verkry kan word indien met kalium topbemes word. Kalium-opname deur die plant is die hoogste tydens week 6 tot 10 ná plant en dan is dit be-
Ons Eie
Grafiek 1: Tempo van voedingstof-opname deur mielies (MVSA, 2007) langrik om voldoende kalium in die grond te hê. Kalium speel ’n belangrike rol in graanvul en die vogbeheer van die plant. Deur kalium te topbemes, is mens verseker dat vars kalium deur
Maart 2015
die plant opgeneem kan word vir dié behoeftes. Indien kalium topbemes sou word, is stikstof in die vorm van ’n 3.0.1- of ’n 5.0.1-mengsel ’n goeie verhouding.
www.suidwes.co.za
L A NDBO UKUNDI G
Konveksiestrome: Winter
Droging van Sojabone Deurlugting van buise sal sake vergemaklik
Koue lug
Koue lug
Petrus Boshoff Senior bestuurder: Graanhantering
Sojaboonproduksie in Schweizer-Reneke- en Hallatshope-silo’s se bedieningsgebied is besig om drasties uit te brei. Produsente stroop die sojabone vroeër om stroopverliese weens die oopspring van peule tot die minimum te beperk. Die gevolg hiervan is dat die produk gewoonlik teen 2-3% hoër voginhoud geberg moet word. Die gebruik van bestaande oopvlamdroërs is nie doeltreffend nie en die enigste manier om die vog te bestuur, is deur middel van deurlugting. Die Schweizer-Reneke-silokompleks beskik tans oor ’n oopvlamdroër, maar die risiko is baie hoog om sojabone met ’n oop vlam te droog. Indien sojabone met ’n oopvlamdroër gedroog word en die temperatuur vir slegs vyf minute te hoog is, kan dit soveel as 100% skade aan die doppies veroorsaak. Die doppies kom los en versamel in die droër en kan veroorsaak dat daar ’n brand ontstaan, wat uiteraard tot groot skade kan lei. Die toerus van silo-buise met deurlugting sal SchweizerReneke-silo in ’n posisie plaas om die grootste persentasie van die sojaboonproduksie te ontvang en op te berg. Suidwes se Migdol-silo beskik oor twee silo-buise met deurlugting.
30
Werking van deurlugting Die doel van deurlugting is om ’n deurlopende lugvloei deur die graan te bewerkstellig om konveksiestrome teen te werk deur atmosferiese koue lug op vloervlak binne in die buis te blaas. Om hierin te slaag, moet die buis toegerus word met ’n geutstelsel, ’n waaierstelsel en ’n temperatuurmoniteringstelsel. Die geutstelsel bestaan uit ’n ronde pypgeut waarvan die binne-deursnee 600 mm is, met ’n 40 %-deurlatingsarea. Die waaiersisteem bestaan uit ’n waaiergrootte van 250 kubieke meter per minuut en ’n motorspoed van 1 480 rpm, ’n statiese druk van 400 mm WG en ’n motorgrootte van 30 kW.380 volt. Die temperatuur-moniteringstelsel bestaan uit agt moniteringspunte wat dan die temperatuur in die buis meet en aan ’n rekenaarstelsel rapporteer. Vir die stelsel om suksesvol te funksioneer, moet ’n volumevloei van 0,1 m³/min/m³, ’n lugvloeispoed van 700 m/min in die geut en ’n lugvloeispoed van 10 m/min in die graan bewerkstellig word. Die lugverplasings in ’n vol buis moet binne 15 minute plaasvind. Bedryfsprosedures Graan moet deurlug word as die hoogste temperatuur in die graanmassa 6° Celcius en meer met die omgewingstemperatuur verskil. Deurlugting moet verkieslik tussen 22:00 en 05:00 in die oggend gedoen word.
Ons Eie
Konveksiestrome: Somer
Warm lug
Daar kan met deurlugting begin word sodra die pypsisteem bedek is. Daar moet seker gemaak word dat daar voldoende luguitlaat aan die bokant van die buis is. Daar moet gereeld monsters van die graan geneem word en die temperatuur van die graan en
Maart 2015
Warm lug
die omgewing moet deurlopend gemonitor word. Graanontvangste Suidwes se Schweizer-Renekesilokompeks sal sojabone ontvang teen ’n vogpersentsie van tot 15%. Kontak u plaaslike silobestuurder in dié verband.
www.suidwes.co.za
LL ANDBO A NDBO UKUNDI UKUNDI G G
Acacia nirenscens Oliver
Dink weer mooi oor knoppiesdoring ARTIKEL DEUR:
Dr Franci Jordaan Landbouwetenskaplike, Afdeling Weiding, Landelike, Omgewing- en Landbou-ontwikkeling, Potchefstroom
Die naam van die knoppiesdoring (Acacia) is moontlik afgelei van die Griekse woord “akantha”, wat doring beteken, of “ake”, wat punt beteken. Die spesifieke epiteton nigrescens beteken swarterig of “word swart” na aanleiding van die peul wat donkerkleurig met volwassenheid word. Geografiese verspreiding Knoppiesdoring kom vanaf Tanzanië suidwaarts voor. Dit word ook in die noordooste van Namibië asook in Botswana en Swaziland aangetref. In SuidAfrika word dit veral in KwaZuluNatal, Mpumalanga, Limpopo en Noordwes aangetref. Beskrywing Knoppiesdoring is meestal ’n bladwisselende, enkelstammige boom wat tussen 10-15 m hoog kan groei. Bome van 20-30 m is egter ook al teëgekom. Die kroon van die boom kan òf gerond òf deurmekaar voorkom en die takke groei opwaarts. Die penwortel kan redelik diep in die grond voorkom en die laterale wortels kan tot 15m vanaf die moederplant strek.
32
Die bas is bruin tot swarterig, grof of skurf en bevat baie groewe. Baie opvallende, knopperige stekels kom op die bas voor. Die dorings kom as ge-kromde pare net onder die knope voor. Die doringpunte is skerp, sterk omgebuig en rooierig bruin tot swart van kleur. Die blare is dof- of grysgroen en word by die knope gedra. Dit kan òf enkel voorkom òf in pare gedra word. Dit is dubbelveervormig saamgestel en afwisselend gerangskik. Die klein blaartjies is byna sirkelvormig. Die blomme kom in are voor wat in bondels by die knope gedra word. Die blomkleur van die jong, ontwikkelende blomme kan baie wissel – van groen tot geel tot perserig-rooi. Die volwasse blomme is lig geel tot romerig van kleur en dit ruik baie lekker. Die vrugte van knoppiesdoring is gladde, reguit, leeragtige peule wat in bondels gedra word. Hierdie peule spring oop en elke peul bevat ongeveer 3-7 sade. Dié sade is plat en sirkelvormig.
Bome van 20-30 m is al teëgekom.
SIEN JULLE BY NAMPO
Groei en ontwikkeling Knoppiesdoring blom van Augustus tot November en vrugvorming is van Januarie tot Junie. Soos reeds genoem, spring die peule oop en die sade word op dié manier versprei. Volgens literatuur kan daar ongeveer 6 200 sade in ’n kilogram voorkom. Vir ontkieming het die sade water nodig. Dit is nie bekend of die bome nuwe plante uit
Ons Eie
Maart 2015
www.suidwes.co.za
L A NDB O UK UNDI G wortellopers kan vorm nie. Die groeitempo van die plante word as vinnig beskryf, aangesien dit ongeveer 50-70cm/jaar groei. Habitatvoorkeure Knoppiesdoring groei in ’n verskeidenheid grondsoorte. Dit kan aangetref word op vlak gronde, alluviale gronde, sandgronde en selfs ook koppies. Die bome is bestand teen vuur en droogte. Dit kan koue redelik goed hanteer, maar is baie sensitief vir ryp. In Suid-Afrika word dit veral in die bosveld en savanna- gedeeltes aangetref. Ekonomiese voordele Die ekonomiese voordele van knoppiesdoring is die volgende: • Dit is baie goeie vuurmaakhout. • Die stompe word dikwels vir heiningpale gebruik. • Knoppiesdoring is ’n baie mooi sierboom. • Die blare word deur vee en wild gevreet. • Die boom bevat taniene, wat gebruik kan word om artikels
te kleur. • Die boom het ook medisinale waarde. • Houtskool kan van die boom gemaak word. • Die hout word in die mynbedryf en vir spoorstawe gebruik. • Soms word die hout ook vir meubels gebruik. Ekonomiese nadele Die ekonomiese nadele van knoppiesdoring is die volgende: • Die aggressiewe wortelstelsel maak dit uiters mededingend met die graslaag. • Dit ding veral mee met die graslaag om water, spasie, lig en voedingstowwe. • Indien knoppiesdoring in digte stande voorkom, kan dit boerderybedrywighede strem deurdat diere moeilik in die gebiede kan beweeg. • Dit verlaag die weidingkapasiteit en biodiversiteit indien dit in digte stande voorkom. • Dit is vuur-, droogte- en termietbestand. Dié eienskappe
bl 34 >>>
Die bas is bruin tot swarterig, grof of skurf en bevat baie groewe.
Baie opvallende, knopperige stekels kom op die bas voor.
Die dorings kom as gekromde pare net onder die knope voor.
Die blare is dof- of grysgroen en word by die knope gedra.
Somer is die tyd van die jaar wanneer miere ‘n groot irritasie in en om jou huis veroorsaak. Maar moenie vrees nie, Protek beskik oor ’n reeks beproefde produkte wat gou van hierdie ongewenste gaste ontslae raak! Protek Nip It Ant Control is 'n topgehalte Suid-Afrikaanse produk teen 'n verlaagde prys. Dit is 'n 99 % natuurlike produk met 'n baie lae toksisiteit vir mense en diere. Nip It Ant Control is verpak in ‘n baie gerieflike, gereed-vir-gebruik strooihouer. Die klein korrel word deur enige grootte mier opgetel en by die nes ingedra. Dit wis die hele kolonie binne een week uit, insluitende die koningin. Protek Alphathrinn is ‘n breëspektrum insekdoder wat jou huis en tuin beskerm teen huishoudelike insekte soos miere, kakkerlakke, weeluise, vliee en muskiete. Alphathrin het ‘n vinnige uitklopaksie en lang nawerking. Die sterk aktiewe bestanddeel, Alpha-sipermetrien, bied uitstekende waarde vir geld, meng slegs 5 ml Alphathrin per liter water en behandel. Die oplossing kan op meubels, gordyne en mure gespuit word, dit is reukloos en sal nie vlek nie! Protek Knox Ant is ‘n unieke breëspektrum insekdoder wat jou huis en tuin teen algemene huishoudelike insekte soos miere, kakkerlakke, weeluise, vlieë en muskiete beskerm. Dit beskik oor ‘n baie lang nawerking en sal die hele miernes uitwis. Die oplossing kan op meubels, gordyne en teen mure gespuit word, is reukloos en sal nie vlek nie! Nou by Suidwes-winkels beskikbaar! Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 Knox Ant: diazinon 240 g/l, L7175, VERSIGTIG, Alphathrin: alpha-cypermethrin (pyrethroid) 100 g/l, L7850, VERSIGTIG, Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid Afrika (Edms) Bpk, reg. nr. 2009/019713/07. Nip-It: hydramethylnon 20 g/kg, L8579, VERSIGTIG, Registrasiehouer: Prinswer Manufacturing (Edms) Bpk, reg. nr.: 2006/095395/23 Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Maart 2015
33
L ANDBO UKUNDI G >>>
Acacia nigrensis maak dat knoppiesdoring uiters mededingend is aangesien die ongunstige toestande ander plante – veral grasse – sal benadeel, terwyl knoppiesdoring self nie negatief beïnvloed word nie. Meganiese beheer Die bome kan meganies beheer word deur swaar toerusting te gebruik, maar die versteuring wat hierdie masjiene aan die omgewing doen, moet in ag geneem word. Die gebruik van dié masjinerie is gewoonlik ook duur. Die bome kan uitgekap of afgesaag word aangesien hul herspruitvermoë slegs as medium beskryf word. Indien enige vorm van meganiese beheer wel oorweeg word, moet dit eerder in kombinasie met chemiese beheer gedoen word. Biologiese beheer In dié stadium is daar geen geregistreerde biologies beheeragente nie. Hoewel die boom vuurbestand is, lyk dit of gereelde brand die boomdigtheid kan beheer – dit is egter belangrik om die uitwerking van brand op die grassamestelling en -produksie in ag te neem. Boerbokke sal, weens die grootte van die boom, nie effektief in die beheer daarvan wees nie. Chemiese beheer Knoppiesdoring word goed met chemiese middels beheer waarvan die aktiewe bestanddeel bromacil/tebuthiuron of net tebithiuron is. Die gram aktiewe
bestanddeel vir bromacil/tebuthiuron is 250/250g/liter en vir slegs tebuthiuron is dit 500g/ liter. Beide word toegedien teen ’n dosis van 1,5liter/8,5liter water. Toediening vind plaas net voor of gedurende die groeiseisoen. Met die gebruik van onkruiddoders is dit altyd raadsaam om ʼn kundige onkruiddoderkonsultant te raadpleeg. Volgens die CARA-wetgewing word knoppiesdoring onder Regulasie 16 of ook bekend as Tabel 4 geklassifiseer, wat daarop dui dat dit ’n indikator van bosverdigting is. Die plante in hierdie tabel is nie noodwendig ’n probleem nie maar as dit in oormatige hoeveelhede voorkom, is dit indikators van swak velsbestuurspraktyke. Die plante word dus nie deur die CARA-wetgewing verbied of die boer word nie gedwing om dit te verwyder nie – daar word eerder bestuursaanpassings aanbeveel indien dit in groot hoeveelhede voorkom. Indien dit dus in groot hoeveelhede voorkom, word daar van die boer verwag om verdere verdigting, wat veldagteruitgang in die hand gaan werk, te keer. Van die maatreëls wat vir die boere voorgeskryf word, sluit in die ontworteling, af- of uitkap (indien van toepassing) asook die korrekte gebruik van onkruiddoders om die plante te beheer. Verder word voorgestel dat die dieregetalle nagegaan en aangepas moet word indien nodig en dat aktiewe veldherstel gedoen word indien dit nodig blyk te wees.
Die blomme kom in are voor wat in bondels by die knope gedra word.
Die vrugte van knoppiesdoring is gladde, reguit, leeragtige peule wat in bondels gedra word. Literatuur Masupa, T. 2011. Acacia nigrescens. www.plantzafica.com Sharp, D. 2012. Table of plants species and applicable herbicides. Department of Environmental Affairs. (Unpublished). Smit, N. 1999. Acacias of South Africa. Briza Publications: Pretoria Pelgrave, P.C. 1983. Trees of Southern Africa. ISBN 1 86825 171 3. Struik Publishers, Cape town. Wells, MJ, Balsinhas, H, Joffe, VM, Engelbrecht, G & Stirton, CH. 1986. A catalogue of problem plants in Southern Africa. Memoirs of the Botanical Survey of South Africa. No. 53
>>>
Graanbemarking As die produsent se begroting dit toelaat en hy wil of kan nie enige kostes aangaan wat prysversekering betref nie, is daar ook die opsie om ’n persentasie van die verwagte oes op ’n vasteprysbasis te verskans. Die nadeel daarvan is dat daar geen opsie vir deelname in die stygende markpryse is nie. ’n Ander strategie wat baie produsente die afgelope jaar
34
met groot sukses gevolg het, was om hulle graan in oestyd te verkoop teen die heersende pryse en dan graan aan te koop op die Safex-mark om sodoende te kon deel in opwaartse markbewegings. Die strategie waarop besluit word, hang natuurlik af van die produsent se siening oor die mark. Die beste voorseisoen-bemarkingsplan lê in ’n kombina-
Ons Eie
sie van verskillende strategieë, met ander woorde om ’n gedeelte van die potensiële oes op die land teen ’n minimumprys te kontrakteer, ’n gedeelte teen ’n vaste prys en ’n gedeelte in die kontantmark te verkoop. Die belangrikste is altyd dat prysrisiko beperk moet word. Suidwes bied vir produsente verskillende tipes graankontrakte, wat ontwikkel is om in
Maart 2015
die produsent se bemarkingsbehoeftes te voorsien. Dit is hier waar Suidwes se bekwame span graanverkrygers en makelaars die produsent van waardevolle hulp kan voorsien. Kontak Suidwes Graan se graanverkrygers of makelaars by (018) 581 1000 om meer uit te vind in dié verband.
www.suidwes.co.za
L A NDB O UK UNDI G
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Oktober 2014
35
L A NDBO UKUNDI G Die afgelope paar maande was reënval ondernormaal. Ondergrondse vogtoestande was swak teen die einde van Desember en, indien dit sou voortduur, kan dit katastrofiese gevolge hê. Pryse van kommoditeite word grootliks bepaal deur vraag en aanbod. Indien goeie reën voor die einde van die reënseisoen sou voorkom en oeste normaal sou wees, kan pryse ’n aansienlike daling toon. Weidingstoestande op 15 Januarie was ondernormaal en voorsorg moet getref word om voorsiening te maak vir die winter. Groeityd vir veld neem af en teen die middel van Maart is die groeityd verby, met die gevolg dat plante voedingstowwe begin translokeer na die wortels om te kan oorwinter. Om die beperkte materiaal te beskerm, sal goeie voorsorg teen veldbrande baie belangrik wees gedurende die droë seisoen. ’n Aanduiding van die lae reënval die afgelope seisoen blyk uit die grafiek. Die gegewens strek van 1 Oktober tot en met 29 Desember 2014.
Agrikalender Februarie 2015
ARTIKEL DEUR:
Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan
VEE
AKKERBOU
Beeste
Mielies Alles word gedoen om vog te bewaar en te bestuur om maksimale voordeel uit die beskikbare vog te put. Deur gebruik te maak van tegnologie soos grondontledings, chemiese en fisiese grondregstellings, kan produksie verhoog word. Die ideaal is om produksie per eenheid water te verhoog. Deur grondregstellings te doen, is gevind dat produksie van 1 ton graan per 130 mm reën verbeter het ná slegs 80 mm vog per ton graan. Met die integrering van wetenskap en tegnologie word produksierisiko’s verminder deur beperkings op te hef en uit te skakel. Produksie van graan word verhoog sonder om direkte insette, soos kunsmis, te verhoog. Deur graanproduksie te verhoog, word die netto inkomste per hektaar verhoog. Hou lande skoon van onkruid en pas maksimale vogbewaring toe. Mieliestamruspers en Chilo-boorders kan begin voorkom. Besmette plante toon “haelskade”. Chemiese beheer moet toegepas word voor aar stoot. Drempelwaardes vir stamboorders is 10% besmetting en 40% besmetting vir Chilo-boorders. Doen tandbewerking tussen die rye om deurlugting en waterpenetrasie te bevorder. Kantbemesting kan aangepas word, afhangende van die vogsituasie in die grond. Indien pryse aanvaarbaar is, kan ’n gedeelte vooruit gekontrakteer word. Gewoonlik daal pryse indien oessekerheid bereik is.
Bestuur die kudde deur swak en nie dragtige diere uit te skot. Speen kalwers betyds om koeie te laat herstel en kondisie te bou voor die weiding se voedingswaarde daal. Gaan die koeie se tande na en skot koeie uit wat nie aan die standaarde voldoen nie. Hou vervangingsverse apart in ’n trop. Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende winter-dekseisoen. Laat die bulle toets vir trichomoniase en vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle ook toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke op die plaas angepas word voordat hulle gebruik word om te dek. Skoon drinkwater is baie belangrik en kan nie oorbeklemtoon word nie. Beheer bosluise deurlopend. Voorkoming is beter as genesing; ent dus die diere vir siektes soos driedae-stywesiekte, knopvel en slenkdalkoors. Ent ook vir spons- en miltsiekte. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. ’n Teken van luisbesmetting is baie lekmerke op die haarkleed. Indien beeste vir die mark gevoer word, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar waarskynlik baie diere afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerk is verpligtend en moet op alle diere aangebring word. Voervloeibeplanning is noodsaaklik om vir moeilike tye te voorsien. Indien weidingstoestande swak is, moet die kudde verklein word, voordat pryse skerp daal.
Sonneblom Bemes sonneblom voldoende om te verseker dat goeie opbrengste verkry word. Hou lande skoon van onkruid. Doen tandbewerkings tussen rye om deurlugting en waterpenetrasie te bevorder. Indien pryse aanvaarbaar is, kan 30% van die LGO gekontrakteer word om hoë pryse te benut, voordat pryse daal met oessekerheid. Primêre bewerking moet so gou moontlik gedoen word nadat gestoop is, om so veel as moontlik vog te bewaar.
Grondbone Inspekteer lande vir blaarvlek en Botrytisstamvrot. Vroeë blaarvlek se simptome is bruin vlekke met ‘n duidelike geel rand om die letsels. Laat blaarvlek stem baie ooreen met vroeë blaarvlek maar is meer swart van kleur en die geel letsel is afwesig.
36
Ons Eie
Skape Volg ’n erkende doseerprogram met erkende middels. Voorkomende dieregesondheid is goedkoper as behandeling. Spuit of dip skape vir brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ’n voervloeiprogram uit. Maak betyds voorsiening vir genoeg goeie weiding gedurende lamtyd om gesonde sterk lammers te verseker. Indien moontlik kan groenvoer of Japanse radyse aangeplant word vir lammer-ooie of speenlammers. Broek langwolskape om onsuiwerhede te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Prikkelvoeding voor paartyd sal tot beter lampersentasie aanleiding gee. Goeie voeding 2 tot 3 weke ná paring sal goeie besetting verseker. Om ’n goeie lampersentasie te verseker, moet ramme moet in ’n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd. Tref betyds reëlings vir ’n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie. Skape moet volgens wet getatoeëer word..
Maart 2015
www.suidwes.co.za
L A NDB O UK UNDI G
bl 42 >>>
www.suidwes.co.za
Ons Eie
Maart 2015
37
A LGEM EEN
Kosmiese Kwêla deur Willie Koorts
Verstaan ons Naghemel Die maklikste manier om die naghemel te verstaan, is om dit vir jouself voor te stel asof die sterre op ‘n oneindige groot bal sit, met die Aarde wat daarbinne draai. Dit verduidelik die feit dat die sterre opkom en ondergaan en hoekom die konstellasies deur die eeue hul vorm behou het. Alhoewel die sterre beweeg met betrekking tot mekaar, sit hulle te vêr van ons af om enige beweging met die blote oog te kan waarneem. Daar is egter wel “sterre” wat beweeg teen die sterre-agtergrond, vandaar die Griekse benaming van “swerwer” vir ‘n planeet. Die beweging van die planete is ook maar stadig. So stadig dat dit nie sommer direk sigbaar is nie. Die maklikste is om op agtereenvolgende aande te kyk. Wanneer twee planete verby mekaar beweeg, is dit egter meer opvallend en interessant. Die naaste wat twee planete vanjaar by mekaar verbybeweeg, gebeur op 21 Februarie. Omdat albei redelik naby aan die Aarde is, is
38
die beweging nog meer merkbaar. Hou Venus en Mars se manewales dop van 20 tot 22 Februarie. Om dit nog meer interessant te maak, sluit die groeiende sekelmaan ook aan by die groepie! Kyk net na sononder op die westelike horison. Op 4 en 5 April sit daar ‘n redelike helder ster naby die Maan. Dit is Spica, die helderste ster in Virgo, die Maagd. Reg bokant Spica is ‘n klein groepie sterre wat die konstellasie van Corvus, die Kraai vorm. Soos die Maan oor die volgende klompie dae wegbeweeg, kan mens naderhand ook die dowwe konstellasie van Crater, die Koppie begin uitmaak, sowel as Hydra, die Waterslang. Corvus, Crater en Hydra het ‘n interessante mitologiese verbintenis. Eendag stuur Apollo vir die kraai met die koppie om vir hom te gaan water haal. By die watergat aangekom, sien Corvus egter ‘n mooi groot vy wat amper ryp is. Te bang dat iemand anders dalk die vy sal pluk, pas hy dit vir ‘n paar dae op totdat dit mooi ryp is. Nadat hy die vy geëet het, besef hy dat Apollo baie kwaad gaan wees oor die lang wag vir sy water! Hy beraam toe ‘n slinkse plan. Hy skep vir Hydra saam die koppie water op en vlieg so met albei terug na Apollo. Met die slang as bewys, vertel hy vir Apollo dat dit Hydra was wat hom opgehou het by die watergat. Apollo het egter nie hiervoor geval nie. Uit woede gryp hy al drie en werp hulle in die naghemel! Vandag nog sien ons die koppie net buite bereik van Corvus met die slang wat dit oppas
Ons Eie
om seker te maak dat die kraai vir ewig dors sal bly. Oorlewering het dit dat na aanleiding van hierdie gebeurtenis, ‘n kraai die enigste voël is wat nie water vir sy kleintjies na die nes toe bring nie. Dit verduidelik ook die kraai se kras stem weens sy droë keel.
Datum
Sonop
Sononder
01 Feb
05h48
19h19
15 Feb
05h59
19h10
01 Mar
06h09
18h56
15 Mar
06h17
18h42
(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)
Maanfases
Nuwemaan
Eerste kwartier
Volmaan
Laaste kwartier
19 Feb
25 Feb
04 Feb
12 Feb
20 Mar
27 Mar
05 Mar
13 Mar
Maart 2015
www.suidwes.co.za
L A NDBO UKUNDI G
40
Ons Eie
Maart 2015
www.suidwes.co.za