Ons Eie Mei 2015

Page 1

Mei 2015 Jaargang 50 • 2

Lyfblad van Suidwes Landbou

Wildboerdery Hoekom wild gevoer moet word 22

RISIKOBESTUUR ’n strategie vir droogte

28


AKT UEE L

2

Ons Eie

Maart 2015

www.suidwes.co.za


Mei 2015

A K T UEE L

Jaargang 50 • 1

Lyfblad van Suidwes Landbou

Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk.

INHOUDSOPGAWE

Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks)

AKTUEEL

Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

4 Soos ek dit sien 5 Op die geestelike akker 6 Ons jong boere presteer 6 ‘Koöperasiewinkels’ gradeer op na ‘Kontreiwinkels’ 7 Suidwes Fin help boere in droogte 7 Nuut by NAMPO 8 GameX 8 Iets nuut vir vrouens op die platteland 10 Virusvrye aartappelmoere uit Tosca 16 New Holland – Europese trekkerkwaliteit 20 Bestuur risiko van wildboerdery

VOORBLAD Thomas Labuschagne, vryskutfotograaf, het hierdie koedoe in die St Lucia Isimangaliso wildreservaat afgeneem.

10

LANDBOUKUNDIG 22 Wildboerdery verander diere se voedingregime 26 SA-koringkultivars beïndruk in Soedan 28 Risikobestuur na die droogte 36 Deurmekaarbos moet net nie oorhand kry nie 40 Agrikalender

ALGEMEEN

41 Kosmiese Kwêla – Pluto van naderby

PRODUKNUUS 8 Verseker jou bates – dis jou brood en botter 14 Lekke onontbeerlik, veral met droogte 18 Voer jou hond volgens sy eie behoeftes 39 Die Hippo-reeks hamermeulens en graanverwerkingstoerusting

16 Ons Eie

Mei 2015

3


AKT UEE L

Koöperasiewinkels is bykans deel van ons kultuur

soos ek dit sien SUIDWES IS VIR geruime tyd al besig om die handels­takke in die bedieningsgebied op te gradeer en produkreekse te hersien om by verbruikersbehoef­ tes aan te pas. Dit is natuurlik geen maklike taak om kleinhandelsbesighede in die verafgeleë dele van die land te bedryf nie. Min ander instansies is bereid om dit te doen op die manier waarop Suidwes dit doen. En hoe sal die platteland nou wees sonder die ’koöperasiewinkel’? Deon Badenhorst, die operasionele bestuurder: Handel, is tans onder andere verantwoordelik vir die bestuur van die ‘Kontreiwinkels’ soos dit van nou af bekend sal staan (lees die berig op bls 6). Deon vertel so treffend van sy herinneringe aan die ’ koöperasie­ winkel’ dat ek dit graag hier herhaal. “Vir die mense in ons omgewing is Suidwes Landbou, of te wel die “Koöperasie”, sinoniem met boer­dery. Dis vir die ma’s en oumas nie vreemd om oppad plaas toe gou by die ’ koöperasiewinkel’ te

4

stop vir ’n botteltjie veemedisyne, ’n rol doringdraad of ’n waterpyplas nie. Die koöperasiestrokies land ge­ reeld in die wasma­sjien of in die paneelkissie van die plaasbakkie. Die kassiere groet jou op die voornaam en ken al jou lidnommer uit die kop. Daar was ’n tyd wat jou kinders tussen die winkel­ rakke rondgehardloop het of op die kunsmissakke in die stoor geklouter het. La­ter het hulle verkies om eerder in die motor te wag. Nog later het ma gestop en boeta moes uitspring en gou gaan kry wat pa bestel het. Intussen het boeta saam begin boer en sussa is verloof aan die buur­man. En so herhaal die geskiedenis homself weer van voor af.” Gaan loer gerus weer ‘n slag in by Suidwes se Kontreiwinkel, jy gaan verras wees met die uitgebreide produkreekse. Jy gaan waarskynlik ook verras wees met die diens wat jy daar kry – Suidwes doen baie moeite om personeel op alle vlakke op te lei om hulle te bemagtig om uitstekende klantediens te gee.

Ons Eie

Mei 2015

ADRESVERANDERING Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak­ besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker

God is goed Die konsep dat God goed is, is redelike basiese kennis by die meeste van ons, maar tog het ons geleer om bang te wees vir God. ONS IS BEKEND met die term “die vrees van die Here”, maar verwar dit met die vrees vir God. Daar word 365 keer in die Bybel gesê dat ons nie moet vrees nie, genoeg vir elke dag. Ons hoef nie vir demone, bose geeste, mense of diere bang te wees nie en tog vrees die meeste van ons die meerderheid van hulle. Boonop is ons ook nog bang vir God. Dit hoort nie so nie. God is ’n liefdevolle God wat geen behae daarin het dat ons hom vrees nie. Daar is niks wat ons kan skei van die liefde van God nie. Romeine agt sê, “Want ek is verseker dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomstige dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.”

www.suidwes.co.za

Ons word ons aardse ouers se kinders deur uit hulle gebore te word, en net so word ons God se kinders deur uit Hom gebore te word. Dit is ’n status wat ons deur geboorte (wedergeboorte) ontvang. Net soos ons eie kinders niks kan doen om op te hou om ons kinders te wees nie, maak nie saak hoe soet of hoe stout hulle is nie, so is daar niks wat ons meer of minder God se kinders maak nie. Niks en niemand kan ons van God se liefde skei nie. Die vraag wat onwillekeurig op ons harte is, “ja, maar as ek sondig moet die Here my straf”. Die antwoord is eenvoudig “ja, God moet dit straf”, maar Hy straf ONS nie, hy het alreeds vir JESUS gestraf. Onthou wat Jesaja sê, “die straf wat vir ons vrede bring, was op Hom.” God straf ons nie. God is nie ’n kwaai ou man in die hemel wat reg sit met ’n stok om ons mee te slaan nie. God is ’n liefdevolle God wat begeer om in ’n persoonlike verhouding met ons te wandel. Hy straf ons nie, want Hy het sy Seun reeds in ons plek gestraf vir elke sonde wat ons ooit gedoen het en ook vir elke sonde wat ons nog gaan doen.

Ons Eie

Daar word 365 keer in die Bybel gesê dat ons nie moet vrees nie, genoeg vir elke dag. Wanneer Hy na ons kyk, dan kyk Hy na ons deur Jesus en sien Hy geen sonde nie. Hy het dit weggevat en belowe dat Hy nooit weer daaraan sal dink nie en dit nooit teen ons sal hou nie. Wat God van ons verwag, is om met hom te wandel soos wat Adam en Eva met hom gewandel het, net met die verskil dat hy in ons woon en nie langs ons wandel nie. Ons moet soos kinders van ’n ryk erfgenaam wees en nie sleg voel om iets wat alreeds ons s’n is te vat en te gebruik nie.

Mei 2015

Jesus het die volgende gesê in Johannes 14, “Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan. 13 Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen.” Ons is efgename van God en mede-erfgename van Jesus. Dit gee aan ons alles wat die Vader het en alles wat Hy moontlik vir ons kan gee. Ons het die reg om aanspraak daarop te maak en hoef nie sleg te voel nie, want dit is ons erfporsie wat ons van ons hemelse Vader af ontvang het.

5


AKT UEE L

‘Koöperasiewinkels’ gradeer op na ‘Kontreiwinkels’ Ons Jong boere presteer By ʼn glans dinee, tydens Agri Noordwes se Jongboerkonferensie wat vanjaar op Lichtenburg gehou is, is Agri NW se Jongboer van die Jaar aangewys. Neels Fourie van Agri Schweizer het met die louere weggestap en dring outomaties as finalis deur na Toyota SA se Nasionale Jongboer van die Jaarkompetisie. Die ander finaliste in die Jongboer van die Jaarkompetisie was JP vd Berg van Agri Molopo en Pieter de Bruin van Agri Vryburg.

6

Van links op die foto hier bo: Magnus Theunissen (Agri NW Jongboervereniging Voorsitter), Pierre Vercuiel (Agri NW President), Neels Fourie (Agri NW Jongboer van die Jaar), Boeta du Toit (Agri NW Uitvoerende Hoofbestuurder) en Gerhard Diedericks (Santam)

Ons Eie

GEDURENDE DIE LAASTE twee jaar het 12 van die 19 Kontreiwinkels, soos die handelstakke voortaan genoem word, reeds ‘n nuwe baad­jie aangetrek. “Ons is deurentyd besig om ons produkreeks te hersien om seker te maak ons spreek die behoefte van ons klante aan. Ons gaan ook voortaan moeite doen om produkte aan te skaf met die oog op die vrou,” vertel Deon Badenhorst, operasionele bestuurder: Handel, by Suidwes. Verskeie takke het onlangs spesiale aanbiedinge en bekendstellings van produkte gehou. By die Kontreiwinkel op Leeudoringstad is daar so ‘n dag aangebied waar verskaffers byvoorbeeld demonstrasies van produkte gedoen het. “Die klante was aangenaam verras met die verskeidenheid reekse wat die winkel tans aanhou,” het Ryno Rall, die takbestuurder, gesê. Op Wolmaransstad is ‘n soortgelyke makietie gehou nadat die winkel opgegradeer is. Selfs OFM het met hulle “hitmobile” kom musiek maak. Klante, personeel en dorpsmense het heerlik saam gekuier. Die takbestuurder Nardus Pienaar is baie trots op sy personeel en sy nuwe winkel.

Mei 2015

www.suidwes.co.za


AK T U EE L

Plastic Droppers

RIDGEDROP-DROPPER TM Solied met riwwe Net R3,20 + BTW per meter

SABS getoe

ts

Aflewering moontlik Foto links bo: Die stampvol Kontreiwinkel op Leeudoringstad. Bo knip direkteur van Suidwes, Frans Marx (links) en takbestuurder, Nardus Pienaar die lint by die ‘nuwe’ Kontreiwinkel op Wolmaransstad. Onder is die ‘hitmobile’ van OFM.

• Baie sterk en solied • Liggewig • Unieke greepontwerp: riwwe • UV-beskermend vir 20 – 30 jaar • Hoë weerstand teen vuur (sien video op webwerf) • Ideaal vir elektriese heinings • Goedkoper as hout of staal!

Verlaag jou oprigting- en onderhoudskoste met gemiddeld 60%

Isak

Tel: 083-250-5363 Tel: 012-111-0321 Faks: 0866-2555-11 sakkie@plasticdroppers.co.za

www.plasticdroppers.co.za

Nuut by NAMPO SUIDWES FIN help boere om IN DROOGTE lewensvatbaar te bly Baie boere is bekommerd oor die huidige produksieseisoen weens die onder-normale reënval in die grootste gedeelte van die land se somergewas­ produksiegebied.

Vroeë aanduidings toon dat die verwagte opbrengste ver onder langtermyn gemiddelde vlakke gaan wees, wat boere se sakke gaan raak en in baie gevalle ‘n negatiewe terugbetaalvermoë tot gevolg gaan hê. Ons Eie het by die hoof uitvoeren­ de beampte van Suidwes Fin, die finansieringsafdeling van Suidwes Landbou, gaan hoor hoe die maat-

www.suidwes.co.za

skappy boere kan bystaan. “Ons het juis hiervoor twee pasmaak finansieringsprodukte ontwikkel. Dit sal bestaande Suidwes Fin-kliënte, wat lewensvatbare en volhoubare boerderye bedryf, se moontlike oorlaatskuld kan finansier,” het Martin Ehlers gesê. Hierdie twee finansierings­ produkte is ontwikkel, een vir produsente wat met gewasse boer en die ander een spesifiek vir veeboere. Die doel van die Hulpskema vir gewasse is om bestaande kliënte van Suidwes Fin se produksieoorlaatskuld oor ‘n termyn van drie jaar te konsolideer. Dit sal druk op die kontantvloei van hierdie kliënt verlig en ‘n bydrae tot sy suksesvolle voortbestaan lewer.

Ons Eie

Die doel van die Hulpskema vir veeboere is om bestaande Suidwes Fin-kliënte by te staan waar addi­sionele veevoer en lekke aangekoop moet word weens verlies aan weiding in die droogte. Dit stel die boer in staat om sy aanteelkudde te bewaar sodat die boerdery lewensvatbaar kan bly. Hierdie fasiliteit geld ook vir ‘n termyn van drie jaar met jaarlikse paaiemente (kapitaal en rente). Elke aansoek sal op eie meriete hanteer word en bepalings en voorwaardes geld. Kontak gerus u Suidwes Fin Verhoudingsbestuurder om meer uit te vind hoe Suidwes Landbou u in hierdie moeilike tye kan bystaan.

Mei 2015

NUWE NIE-UITVOERENDE DIREKTEUR by Suidwes, Bridgitte Mathews het vanjaar haar eerste NAMPO-ervaring gehad. Sy was behoorlik opgewonde oor hierdie ondervinding – “Dit was ontsagwekkend,” het sy gesê. “Behalwe die biltong en ander lekkernye wat ek orals geproe het, het ek ook die geleentheid gekry om baie na aan ‘n Sussex-bul te staan!” Bridgitte was natuur­lik beïndruk met Suidwes se uitstalling, maar sy vertel dat sy diep onder die indruk gekom het van hoeveel werk daar in boerdery is toe sy bewus geword het van die wetenskaplike aspekte soos grondontledings en van die meganisasie­ toerusting wat gebruik word. “Die feit dat daar so baie mense van regoor die land na NAMPO toe kom en elke uitstalling besigtig, wys hoe belangrik hierdie handelskou is. Ek sien baie uit daarna om dit volgende jaar weer by te woon.” Volgens ‘n persverklaring van Graan SA, organiseerder van die NAMPO Oesdag, is hulle tevrede met hoe dié 49ste Oesdag afgeloop het en uitstallers se terugvoer dui op goeie belangstelling deur vanjaar se 69 584 besoekers.

7


AKT UEE L Suidwes het in Maart ‘n groot wilddag, GameX, naby Vryburg aangebied. Bekende sprekers het boere die dag toegespreek oor volhoubaarheid van die wildbedryf, praktiese intensiewe wildboerdery, wildvoeding en vele meer. Van die sprekers was Richard York, Tina de Jager en dr Japie van der Westhuizen. Op die foto is dit duidelik dat die dag ook heelwat geleentheid vir netwerk gebied het.

Iets nuut vir vrouens op die platteland IN ’N POGING om hulle diens aan die gemeenskap verder uit te brei het Suidwes Landbou ‘n damesklub begin. Die klub staan bekend as die Seisoene Damesklub en volgens Deon Badenhorst, die operasionele bestuurder by Suidwes Handel, verteenwoordig die naam die seisoene van die lewe waardeur elkeen van ons beweeg. Hy het ook gesê dit is vir Suidwes Landbou ’n voorreg om hierdie pad saam met die dames van ons kontrei te stap. “Maar ons wil ook graag ons vriendekring vergroot. Meer erva­ rings deel en meer herinneringe skep. Daarom wil ons alle dames nooi om deel te word van die Suidwes-familie. Daar wag heerlike verrassings op lede. Moedig dus vroue aan om by dié unieke damesklub aan te sluit.

Inskrywingsvorms is by die Suidwes Kontreiwinkels beskikbaar. Rig navrae aan Lourens Brand (Projekbestuurder) by lourensb@suidwes.co.za of 053 421 9008

klub bied die SEISOENE Dames volgende: ndelikse tydskrif • ‘n Gratis tweemaa produkte wat by • Afslagkoepons op is inkels beskikbaar Suidwes Kontreiw mpetisies • Opwindende ko ter komingsgeskenk el • ‘n Unieke verw waarde van R200

PRO DUK NUUS

Verseker jou bates – dis jou brood en botter IS JY SEKER al die bates op jou plaas is beskerm teen risiko? Of het jy sommer so met die oog geskat, soos die oumense gesê het? Is jy bo alle twyfel seker dat die bedrag waarvoor jy jou besittings verseker, genoeg is? Het jy dit met ‘n kundige bespreek en by ‘n betroubare maatskappy versekering uitgeneem? Of het jy jou buurman, wat alles van alles weet, se raad gevolg en ’n skoot in die donker gegee? “Die hedendaagse boer kan nie meer sulke kanse vat nie. Die risiko’s verbonde aan die landboubedryf is net te groot om sonder behoorlike en gepaste dekking die lewe op die plaas aan te pak,” sê Hanlie Kroese, bestuurder: Sakeontwikkeling (Bates) by Santam Landbou. “Eerstens moet ’n mens ’n volledige inventaris opstel van alles van waarde op jou plaas waarsonder jy nie volhoubaar kan boer nie. Met ander woorde, as dié bates die dag byvoorbeeld gesteel of in ’n brand verwoes word, sal jy instaat wees om jou aktiwiteite

8

voort te sit? In hoe ‘n mate sal jou omset en wins byvoorbeeld geraak word? Dis die soort goed wat op jou batelys moet kom,” sê Hanlie. Sy stel voor dat boere dit in samewerking met hul makelaar doen. “As ’n mens elke dag jou besittings sien, raak jy gewoond daaraan en kan jy maklik iets oorsien. ’n Tweede oog help altyd! Maak seker dat die bates teen die regte vervangings- en markwaarde verseker word.” In die tweede plek moet jy met ’n makelaar, wat sy of haar storie ken, saamwerk. “Hulle moet ’n grondige kennis van die polis hê en ook die risiko’s van jou bedryf ken; dit wat op die plaas kan skeefloop. Landbouversekering is ’n spesialisgebied – ’n mens kan nie sommer enigiemand vertrou om jou die bes moontlike raad te gee nie.” Die derde grootste oorweging, maar beslis nie minder belangrik as die ander twee nie, is die versekeraar wat jy aanstel om jou bates te verseker. “Ek glo ’n mens moet ’n maatskappy kies met ’n bewese reputasie met regver-

Ons Eie

dige eiseskikkings, wat finansieel gesond en sterk is en ’n produk bied wat wetenskaplik geformuleer is om risiko aan te spreek,” sê sy. Santam lewer al langer as 90 jaar korttermynpolisse aan SuidAfrikaners. Die maatskappy is ook die enigste versekeraar in die land met ’n proefplaas, wat net buite Bloemfontein geleë is. Volgens Hanlie maak dié onderskrywer se reputasie en die feit dat hy werklik die belange van die boer op die hart dra en voortdurend navorsing op die gebied doen, Santam die beste versekeraar om regte egte dekking aan die boer te bied. Om seker te maak dat jou plaasbedrywighede die storms oorleef en ’n behoorlike oes oplewer, dek Santam onder meer die volgende bates: • Stropers, masjinerie, planters, trekkers, voertuie, 4x4 voertuie en swaarvoertuie. • Die strukture en inhoud van silo’s en silosakke. • Saad in transito en saad wat geberg is.

Maart 2015

• Die struktuur en die inhoud van ’n skuur. • Die gespesifiseerde inhoud van ’n skuur. • Swaarvoertuie, bakkies en sleepwaens, asook derdepartydekking hiervoor. • Melkboere se melk teen kontaminasie. • Gastehuise of jagbedrywighede op die plaas. • Lewende hawe. Omvattende dekking is vir stoetvee beskikbaar. • Wild en eksotiese wild. • Spilpunte en besproeiingstelsels. • Aanspreeklikheid. • Elektroniese toerusting. Die bogenoemde lys is maar net ’n paar van die opsies wat Santam bied. “Ons pas jou polis by jou behoeftes aan,” sluit Hanlie af. Maak vandag nog seker jou bates is reg gedek. Kontak gerus jou makelaar of skakel jou Santam Verhoudingsbestuurder vir meer inligting.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Maart 2015

9


AKT UEE L

KONTREIKUIER

Ons kuier by ‘n aartappelboer in die Suidwes-bedieningsgebied in hierdie uitgawe. Hy is JP van den Berg van die plaas Buttermere, ongeveer 25 km buite Tosca, en is einde verlede jaar as Suid-Afrika se Top Moerkweker vir 2014 aangewys.

JP van den Berg sê dat hy nie sy sukses aan een spesifieke aspek kan toeskryf nie, maar eerder aan ‘’n klomp goed wat in plek val.’ “Ons is bevoorreg om hier op Tosca net lae generasie aartappelmoere te kan produseer – die gebied is bekend is as ʼn gebied met baie lae virusvlakke.” Hy het verder genoem dat geen moerkweker werklik suksesvol kan wees as hy en sy hele werkspan nie die nodige toewyding aan die dag lê nie.

Virusvrye aartappelmoere uit Tosca Hennie van der Westhuizen, Bayer CropScience en JP van den Berg vroegoggend in die land by monsterneming.

D

ie Van den Bergs se plaas, Buttermere, is in die Vergeleë distrik, 180 km noord van Vryburg geleë. Dit is ’n familieplaas waar die derde generasie Van den Berg nou boer. JP se oupa, Koos van den Berg, het in 1943 hier begin boer. “Vir my en my pa, ook Koos van den Berg, is die vermeerdering van aartappelmoere ‘n spanpoging. Sedert dag een was ons nooit skaam om te erken dat ons nuwelinge in die aartappelbedryf is nie,” vertel JP. JP streef daarna om ‘n moer te produseer wat nie net aan die kriteria voldoen nie, maar ook aan die kliënt waarde vir sy geld bied. “Aangesien ons op so ‘n klein skaal begin het, is kwaliteit eerder as kwantiteit van die begin af ons fokus. Tans plant ons 56 verskillende blokke en in totaal is die gemiddelde oppervlak per blok minder

10

as ‘n hektaar. Ons moet daagliks ons lande monitor en te alle tye in die pakstoor teenwoordig wees, dit is maar van die gesonde praktyke wat ons toepas. Groot lof moet gaan aan ons getroue personeel, asook die “rogue”- span, wat ‘n onmisbare taak verrig,” sê hy. Mentor Hy het ook sy dank uitgespreek teenoor Jamie Jansen van Vuuren van die Aartappelsertifiseringsdiens vir die rol wat laasgenoemde gespeel het in die sukses van die boerdery. “Ek het oor die afgelope drie jaar gereeld by oom Jamie om hulp gaan aanklop. Hier op Tosca is die Internet bra gebrekkig, en ek tydens sy besoeke my maar so dom moontlik gehou om

’n Trotse JP van den Berg ontvang die trofee as Suid-Afrika se Top Moerkweker vir 2014.

Vervolg op bls 12 >>>

Ons Eie

Mei 2015

www.suidwes.co.za


AK T U EE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

11


soveel moontlik kennis in te win. Oom Jamie het immers jare se ondervin­ ding en het al duisende hektare se moeraanplantings gesien.” JP het aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein studeer en daar sy B.Sc. Agric en Honneurs-graad verwerf. Daarna het hy vir ʼn paar maande op ʼn moerkweker se plaas in die Christiana-omgewing gewerk om ondervinding in verband met moerproduksie op te doen. In 2009 is hy terug plaas toe om saam met sy pa te boer. Sy oupa het in 1943 daar ʼn Brahman-stoetery gevestig waarmee hy en sy pa steeds aangaan. G0 en G1-aanplantings In die 2010/11 seisoen het JP met die produksie van G0- en G1-aanplantings vir Wes-Vrystaat Aartapplemoerkwe­ kers (WVAMK) begin. In hierdie tyd het hy baie ondersteuning van ʼn buurman en mede-moerkweker, Frans Engelbrecht, gekry. Sy moere is ook dan by Frans sorteer. In die 2011/12 seisoen het hy heeltemal op sy eie die aanplantings sowel as die totale verbouing hanteer.

AKT UEE L

KONTREIKUIER

Hy het ʼn sorteereenheid aangeskaf en tydens die 2012/13 seisoen het hy 38 verskillende kultivars op twee spilpunte wat 35 ha beslaan, geplant. Daar word slegs G0-, G1- en G2-moere aangeplant waarvan al die G0-moere vanaf Rascal Seed Research Laboratories afkomstig is. ‘n Gedeelte van die G0-opbrengs word aan WVAMK verkoop, die res, wat as G1 gesertifiseer word, plant hy weer self aan, asook ʼn gedeelte van die G1opbrengs. Die grootste gedeelte van die G1- en G2-opbrengs word egter aan WVAMK verkoop. Aangesien dit net hy en Frans Engelbrecht is wat in die omgewing aartappel-aanplantings het, dra dit by tot sy sukses om virusvrye aartappelmoere te produseer. Sy goed

Die Moerkweker van 2014 ontvang ʼn oorsese reis as geskenk vir hom en sy gade na China om die 2015 Aartappelwêreldkongres by te woon en Bayer China te besoek. Die blootstelling en kennis wat daar opgedoen word, kan dan weer teruggeploeg word in Suid-Afrika. opgeleide suiweringspan stap die aanplantings elke week deur van kort na opkoms totdat die loof doodgemaak word. Hy stap self ook gereeld deur die aanplantings om die span te kontroleer. Omdat JP so baie verskillende blokkies op dieselfde eenheid plant, is vermenging een van sy grootste kopsere en daarom bestuur hy dit so noukeurig. Tydens monsterneming sal hy eerder langer neem, die personeel reg uitplaas en seker maak dat alles honderd persent volgens die Skema plaasvind as om vinnig te probeer werk en sodoende foute te laat insluip. JP is baie gesteld daarop dat hy goeie plantmateriaal aan sy kliënte voorsien, daarom spandeer hy baie

JP van den Berg, sy pa Koos saam met Hennie van der Westhuizen van Bayer CropScience. tyd tydens oes in die sorteerstoor. Daar word voordurend sakke op ʼn in­speksietafel uitgegooi en hy maak seker dat daar die minimum knolsiektes in die moersakke voorkom. Higiëne in die sorteerstoor is ook vir hom baie belangrik. Tussen verskillende kultivars wat sorteer word, word die stoor eers behoorlik skoongemaak om seker te maak dat daar nie enige aartappels los rondlê nie. So word enige vermenging voorkom. Aangesien dit vroeë generasie materiaal is wat verbou word, word al die aartappels in moersakke gepak, behalwe dié wat knolsiektes het en meganies beskadig is. Aangesien daar so baie verskillende kultivars verbou word, word elke kultivar in ʼn ander kleur sak sorteer om die verskillend kultivars na sortering makliker uit mekaar te hou. Volgens een van die beoordelaars, Sanette Thiart, Besturende Direkteur van Aartappelsertifiseringsdiens, gee hierdie boere aandag aan fyn detail en hulle kliënte se behoeftes word vooropgestel. Daar word met groot omsigtigheid en erns te werk gegaan om te verseker dat die twee belangrikste aspekte van die Skema, naamlik; fito-sanitêre vereistes sowel as kultivar-egtheid, voldoen aan die standaarde.

JP moet daagliks die lande monitor en te alle tye in die pakstoor teenwoordig wees – die gesonde praktyke wat sy boerdery suksesvol maak.

12

Ons Eie

Mei 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Februarie 2015

13


AKT UEE L PRO DUKNUUS

Lekke onontbeerlik, veral met droogte DIE NOORDWES PROVINSIE is naas die Oos Kaap. KwaZulu-Natal en die Vrystaat die provinsie met die meeste beeste – 1.74 miljoen in totaal (Meissner, 2013). Veeboere oorwinter hulle aanteelvee grootliks op natuurlike- en aangeplante weiding of mieliereste. Dit is uiteraard die mees kosteeffektiewe wyse om vee te laat oorwinter. Sekere voedingstekorte ontstaan egter reeds gedurende die herfs weens die feit dat veld volwassenheid bereik en voedingstowwe na die wortels allokeer. Die proteïeninhoud van weiding daal vinnig soos die winter nader kom. Daarmee saam styg die veselinhoud met gepaardgaande laer verteerbaarheid. Weens die huidge droogte in die Noordwes Provinsie het min somerhergroei na die aanvanklike beweiding voorgekom. Diere gaan dus hierdie jaar vroeër op laer kwaliteit weiding of reste moet voed as in normale jare. Tau se winterlek is beskikbaar vir beeste in die wintermaande. Dragtige koeie op onderhoud benodig 200 g proteïenaanvulling. Hou in gedagte dat beeste, herkouers, ruvoer verteer met behulp van rumen flora – die gebruik van NPN waarvan ureum die

14

TAU Rollermeule se depots DEPOT

goedkoopste bron van stikstof vir die mikrobe is, is algemeen in lekke. Vergelyk die ureum insluitingspeile tussen verskillende verskaffers se lekke deur die persentasie proteïen wat vanaf NPN afkomstig is op die sakkaartjie te bestudeer. Die rumen flora neem ongeveer twee weke om volledig aan te pas by ureum bevattende lekke. Sorg dat diere nie sout- of fosfaathonger is wanneer aanvulling met winterlek ‘n aanvang neem nie. ‘n Dekade se stelselnavorsing op Potchefstroom Landboukollege en Armoedsvlakte by Vryburg gedurende die negentigerjare het bewys (De Brouwer, 1998) dat reproduserende koeie in die Noordwes Provinsie P (fosfaat) aanvulling reg deur die jaar nodig het.

Ons Eie

TELEFOONNOMMER Brits

012-252 7739

Bloemhof

053-433 0301

Christiana

053-441 3511

Coligny

018-673 1675

Delareyville

053-948 0831

Hartbeesfontein

018-431 1689

Hartswater

053-474 0586

Klerksdorp

018-462 5452

Kuruman

053-712 2177

Leeudoringstad

Maart 2015

018-581 2180/1

Lichtenburg

018-632 0243

Ottosdal

018-571 1732

Parys

056-817 1189

Potchefstroom

018-293 1040

Reivilo

079-309 1977

Schweizer-Renecke

053-963 1651

Swartruggens

014-544 0814

Ventersdorp

018-264 4461

Vryburg

053-927 2593

Welkom

057-355 1169

Warrenton

053-497 3570

Wolmaransstad

018-596 1188

Zeerust

018-642 1819

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Februarie 2015

15


AKT UEE L Europese kwaliteit en betroubaarheid word saamgevat in New Holland se T6000 en T7000 trekkers wat strek vanaf 82kw tot 157kw. Hierdie trekkers is in verskeie spesifikasievlakke beskikbaar om doelgerig aan die vereistes van enige toepassing te voldoen.

New Holland Europese trekkerkwaliteit

D

elta is die intreevlak trekkerreeks wat gekenmerk word aan eenvoud en koste-effektiwiteit. Twee modelle naamlik die T6020 (82kw) en die T6050 (93kw) is in Rops- en kajuitweergawe beskikbaar. Hier is keuses tussen ‘n 12x12 of ‘n 24x24 transmissie. Laasgenoemde keuse is met ‘n nat koppelaar toe-

16

gerus, en die trekkers lewer 63 liter per minuut hidrouliese vloei deur twee stelle eksterne koppelings. Plus is die hoër spesifikasiereeks wat net in lugverkoelde kajuitweergawe beskikbaar is en bestaan uit twee modelle naamlik die T6050 (93kw) en die T6070 (104kw). Die transmissie verander na ‘n luukser

Ons Eie

16x16 “semi powershift” weergawe, en die hidrouliese stelsel na ‘n geslote baantipe wat 113 liter per minuut lewer. Die olievloei is verstelbaar na gelang van die implement se behoef­ te, terwyl die elektronies-beheerde driepuntstelsel verdere oprateurs­ gerief en presisie meebring. Range command is die vlagskipweergawe van die T6000 reeks en bestaan uit twee modelle naamlik die T6080 (114kw) en die T6090 (121kw). Hierdie trekkers is ook slegs in kajuitweergawe beskikbaar en word toegerus met elekroniese brandstofinspuiting. Dit bring ‘n 35% verhoging in krag tydens sekere toepassings wat wringkrag kan laat styg tot 710 nm op die T6090 model. Albei hierdie trekkers word toegerus met ‘n 18x6 “range command” (semi powershift)-transmissie wat ratskakeling moeiteloos maak tydens padgebruik en grondvoorbereiding. Die driepuntstelsel spog ook met ‘n grondspoedradar wat wielglip aandui en die diepte van die implement kan beheer in baie nat toestande. Dieselfde geslotebaan hidrouliesesisteem lewer ook 113 liter per minuut olievloei deur drie meganiesbeheerde kleppe. Operateursgerief word bewerkstellig deur besonder lae geraasvlakke in die kajuit, ‘n unieke kontrole-uitleg wat strek tot aan die operateur se handpalm en ‘n elektro­ niese driepuntstelsel. T7000 is die reeks wat in twee modelle beskikbaar is, naamlik die T7040 (134 kW) en die T7060 (157 kW). Hierdie trekkers is toegerus met ‘n geslotebaan hidrouliesestelsel wat onderskeidelik 120 liter per minuut en

Mei 2015

150 liter per minuut hidrouliese vloei lewer. Hoë driepunthysvermoë, asook drie verstelbare hidrouliese kleppe voorsien olie soos vereis word deur die implement. Elektroniese driepuntbeheer, ‘n 18x6 “full powershift”transmissie en ‘n skuifbare 540, 750, 1000 opm kragaftakker vorm deel van die trekkers se standaard toerusting. Die trekkers is die ideale keuse vir spe­ sialisaanwending soos kompostering waar standaard toegeruste kruipratte ‘n grondspoed van slegs 330 meter per uur meebring. Om verder in die boer se behoeftes te voorsien is die T7060 toegerus met ‘n PLM (Precision land management) ten volle geïntegreerde satelliet stuursisteem en die T7040 is gereed met die regte bedrading vir die installering van so ‘n sisteem. Met die aankoop van ‘n T7060 ontvang die kliënt ook een jaar gratis RTX-sein wat ‘n akkuraatheid van 3.8cm jaar op jaar bied sonder enige duur basisstasies. ‘n Vergrote Intelliview 4-skerm maak die gebruik van die stuursisteem moeiteloos. Die T7040 is standaard toegerus met breë, enkel agterwiele, waar die T7060 spog met dubbel agterwiele om beter traksie en flotasie te bied. ‘n Kort draaisirkel maak die trekkers die ideale keuse vir planttoepassings, asook primêre grondbewerking en saadbedvoorbereiding. Die veelsydige reeks trekkers en vele meer is beskikbaar deur New Holland Suid-Afrika se landwye handelaarsnetwerk. Vir meer inligting besoek NHSA se webtuiste by www. nhsa.co.za of skakel Ockert Scheepers by 0823802405.

www.suidwes.co.za


AK T U EE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

17


PRO DUKNUUS

Voer jou hond

Dit is baie belangrik dat jy jou hond moet voer volgens sy eie kondisie en nie streng moet hou by die voedingsriglyne agter op die sak nie.

volgens sy eie behoeftes

MAINTENANCE EN CLASSIQUE is ‘n ten volle gebalanseerde hondekos en is al wat jou volwasse hond nodig het om gesond en in ‘n puik kondisie te bly. Maintenance of Classique is geskik vir enige hond, groot of klein, wat in die ideale gewigsperk vir sy spesifike ras val.

18

Classique is wetenskaplik geformuleer en bevat beesproteïene en Omega 3 & 6 olies. Die produk het dieselfde samestelling as Maintenance, maar bevat beesproteïene waar Maintenance volstruisproteïene bevat. Hoewel Maintenance nie spesifiek ‘n dieetproduk is nie, word

Ons Eie

terugvoer van verbruikers ontvang wie se honde gewig verloor het na ‘n paar maande op Maintenance, bykomend tot verhoogde kondisie, energievlakke en algehele gesondheid. Dit is baie belangrik dat jy jou hond moet voer volgens sy eie kondisie en

Mei 2015

nie streng moet hou by die voedings­ riglyne agter op die sak nie. Dit is slegs ‘n riglyn en alle honde, net soos mense, se aktiwiteitsvlakke en metabolisme verskil. Die hoë verteerbaarheid en absorpsieverhouding het tot gevolg dat jou hond minder gaan eet en meer voedingstowwe gaan absorbeer wat minder vir jou los om op te tel. Die Omega 3 & 6 olies gaan jou beste vriend ‘n blink pels gee en jy gaan al hoe meer met stertswaaie begroet word tydens etenstye omdat Complete so ‘n smaaklike produk is. SA Complete Pet is trots om te sê dat alle Complete-produkte by Suidwes se Kontreiwinkels beskikbaar is.

www.suidwes.co.za



AKT UEE L

Wildboerdery het die die laaste aantal jare drasties toegeneem weens die verskeie geleenthede wat die plaaslike en internasionale mark bied. Uit die aard van die saak word hierdie mark ook deur vraag en aanbod gedryf en het pryse die hoogte ingeskiet weens die uitbreiding en die soeke na eksotiese wildspesies.

R

ekordpryse word op wildveilings behaal en die waarde van kuddes styg daarmee saam. Namate groottes van die kuddes en pryse styg, verhoog die risiko en kan die verlies van teeldiere rampspoedige gevolge vir die besigheid inhou. Die standaard risobestuursstappe moet dus oorweeg word wanneer daar beplanning gedoen word en vra gerus die volgende vrae: • Watter risiko’s is daar ? • Watter risiko’s is buite my beheer ? • Wat is die waarskynlikheid dat ‘n risiko buite my beheer kan plaasvind ? • Wat is die koste-implikasie sou dit plaasvind ? • Kan ek dit self bekostig of moet ek die risiko aflê? Een van die oplossings is versekering indien dit kostedoeltreffend is en ekonomiese sin maak.

WILDVERSEKERING

Wildversekering is een van die nuutste versekeringsprodukte en het in Suid-Afrika saam met die wildbedryf ontwikkel. Dit maak voorsiening vir elke moontlike gebeurtenis wat nie deur goeie bestuur beheer kan word

20

FOTO: Thomas Labuschagne

Bestuur risiko van wildboerdery met sinvolle versekering nie. Uit die aard van die saak is dit baie gespesialiseerde versekering wat deur spesialisversekeraars hanteer word. Die rol van ‘n tussenganger soos Suidwes, word beperk tot die evaluering van die geskiktheid en gepastheid van die finansiële diensverskaffer vir die versekering van wild. Suidwes se versekeringsarm, Suidwesfin, is daarna net ‘n administrateur wat u sal bystaan met die hantering van navrae, eise en probleemaangeleenthede. Suidwesfin (Edms) Beperk (FSP15489) ondersteun die volgende wildversekeringsspesialiste: • ANIMALSURE / (Guardrisk Insurance Company (Pty) Ltd.) • ASSOCIATED MARINE (Santam) • RGA Wildlife/ (RMB Structured Insurance Limited) Vir kwotasies of enige verdere inligting kontak gerus vir Gerhard Booysen, bestuurder versekering, by Suidwes – Tel: (018) 581-1075 E-Pos: gerhardb@suidwes.co.za Sel: 082 888 6053 Suidwesfin is ‘n goedgekeurde finansiële diensverskaffer (FSP15489)

Ons Eie

BEGINSELS VAN WILDVERSEKERING Die doel van wildversekering is om dekking te verleen vir katastrofiese gebeurtenisse wat buite die beheer van die produsent is. Dekkingsopsies 1 Vrekte alle risiko Siekte / Besering / Ongeluk / Diefstal / Poach/ Brand /Weerlig 2 Beperkte vrektedekking Siekte is uitgesluit met slegs Bese­ ring / Ongeluk / Diefstal / Poach / Brand / Weerlig 3 Katastrofe dekking Brand en weerlig 4 Transito Brand / Botsing / Omslaan / Ongeluk / Kaping / Weerlig / Beserings 5 Post-vrylatingstres 6 Dekking tydens die vangproses (24 uur) 7 Step off cover Stres plus vrekte as gevolg van veld Spesifieke vereistes Die polis maak die versekerde deel van die proses deur sekere spesifieke vereistes daar te stel wat medeeienaarskap verseker, byvoorbeeld

Mei 2015

bepalings ten opsigte van: • Identifikasie van wild. • Veerartse en veeartsverslae. • Vang van wild deur spesialiste. • Vervoer, wie en hoe. • Boma spesifikasie. • Behandeling van siektes. • Hoë bybetalings en maksimum perke. Spesifieke uitsluitings • Geen karkas = Geen dekking • Geen nadoodse ondersoek = Geen dekking • Geen identifikasie = Geen dekking • Vrekte hoë ouderdom nie gedek nie. • Vrekte as gevolg van droogte nie gedek nie. • Verkluiming nie gedek. Neem asb kennis dat hierdie slegs algemene beginsels is en dat elke versekeraar elke polis individueel sal onderskryf na gelang van die risiko betrokke en die kundigheid en erva­ ring van die produsent.

www.suidwes.co.za


AK T U EE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

21


L A NDBO UKUNDI AKT UEEGL PRO DUKNUUS Foto’s: Thomas Labuschagne Koedoes in St Lucia Isimangaliso wildreservaat.

Wildboerdery verander diere se voedingregime

Alle wildspesies het in die harde omgewingstoetstande van Suid-Afrika oor eeue oorleef, waarom is dit dan nodig om hulle te voer? Lubbe Jacobs, voedingkundige by Lubern Voere, antwoord hierdie vraag. In die volgende uitgawe gaan hy skryf oor hoe belangrik proteïenaanvullings vir wild is.

ARTIKEL DEUR:

Lubbe Jacobs Voedingskundige by Lubern Voere

Wildspesies het nog altyd in Suid-Afrika oorleef en dit was moontlik omdat hulle die geleentheid gehad het om te migreer soos die seisoene verander. Aangesien eksotiese wild en selfs van die gewone spesies

22

deesdae in klein kampe aangehou word, is dit noodsaaklik om die voedingsregime van die wild aan te pas. Die rede daarvoor is dat ons as boere hulle weipatrone beïnvloed deur drade te span. Hiermee het die mens ook

Ons Eie

die diere se vermoë om vir die beste beskikbare voedingstowwe te selekteer, weggeneem. Dit is daarom ons plig om te verseker dat die regte nutriënte aangevul word. Die volgende nutriënte

Mei 2015

speel ‘n baie belangrike rol: proteïen en veral RDP (Rumendegradeerbare proteïen) en UDP (algemeen bekend as verbyvloeiproteïen of natuur-

bl 24>>>

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G >>>

Wildboerdery like proteïen), fosfaat, energie, vitamienes en die belangrikste: mikro- en makrominerale soos sink, koper, mangaan, kobalt, selenuim en magnesuim, asook spesiale doelspesifieke byvoegings soos Biotien. Wanneer ‘n boer met wild begin boer, hetsy as wildboer of reservaateienaar, het hy ‘n verantwoordelikheid om die diversiteit en ook die ekologiese balans te handhaaf. Om dit moontlik te maak is dit uiters belangrik dat die regte drakragbepalings gedoen word. Dit is egter nie so maklik nie aangesien die wildboer met gras- en blaarvreters te doen het. Dit is belangrik om dié twee aspekte te kombineer en te verseker dat die korrekte drakrag bepaal is, veral in ‘n multispesie omgewing. Meissner (1982) het drakragnorme saamgestel wat van baie waarde vir die wildboer is en ‘n meer akkurate norm kan verkry word deur dit toe te pas. Hou egter die vlogende uiters belangrike faktore ook in ag by die voeding van wild: Veldtipe en Grondtipe Dit verskil dramaties tussen omgewings en selfs op plase. Dit moet altyd in ag geneem word, veral wanneer diere van een omgewing na ‘n ander geskuif word. Die veldtipe speel ‘n ongelooflike groot rol in die nutriëntsamestelling van die plante. Die grondtipe speel weer ‘n groot rol in die mineralesamestelling van die weiding beskikbaar. So sal sandgrond byvoorbeeld laer in fosfaat wees as leemgrond. Die vermoë om water te absorbeer word grootliks deur die grondtipe bepaal. Dier se nutriëntbehoefte Elke spesie en elke fisiologiese status waarin die dier verkeer het ‘n effek op die dier se nutriëntbehoefte. So sal ‘n volwasse bul se behoeftes baie van die van ‘n jong groeiende bul verskil.

24

In die somermaande is Fosfaat die eerste beperkende nutriënt en moet dus eerste gebalanseer word. In hierdie tydperk het die diere gewoonlik lammers/kalwers by hulle en moet die mineraalstatus optimaal wees. Die mineraallek moet smaaklik wees om inname te verseker. Dit is wys om die mineraallek dwarsdeur die jaar vir die diere beskikbaar te hê, veral in sisteme waar daar dwarsdeur die jaar gekalf en gedek word. In die wintermaande is proteïen die eerste beperkende nutriënt. Indien die proteïensamestelling van die aanvulling nie reg is nie sal die diere kondisie verloor omdat die rumenflora nie in optimale toestand is nie. Onthou dat ‘n herkouer se kos deur rumenflora verteer word wat afhanklik is van stikstof vir optimale werking. Omdat ureum, wat die beste verskaffer van RDP is, nie algemeen in wildvoeding gebruik word weens die risikofaktore daarvan nie, moet ander natuurlike bronne wat hoog is in RDP gebruik word. Dit is belangrik om RDP sowel as UDP te verskaf. Natuurlike RDPbronne is koringsemels en sonneblom-oliekoek. Soya-oliekoek, volvetsoya asook sonneblomoliekoek word as UDP-bronne gebruik. Katoenoliekoek word nie algemeen gebruik nie weens die gevaar van Gossipolvergiftiging. Minerale, spoorelemente en vitamienes speel weer ‘n groot rol wanneer diere meer stres ervaar. ‘n Mineraalpak wat aan die spesifieke behoeftes van die wild voldoen, is van kardinale belang. Hulle behoeftes verskil van die van beeste en skape weens die verskille in weipatrone. Dan is daar nog diere soos renosters en zebra’s wat baie senistief is vir sekere minerale. Die beginsels ter sprake is dus: Aanvullings moet eerstens tekorte van bestaande weiding aanvul, maar tweedens ook sekere produksiebehoeftes en verwagtinge soos groei, horinggroei, melkproduksie, reproduksie en someer binne die genetiese potensiaal van die dier te bespoedig.

Ons Eie

Diere soos zebra’s en renosters is baie sensitief vir sekere minerale. Hulle behoeftes is anders as die van vee omdat weipatrone verskil.

Die strategiese aanvulling van beperkende voedingstowwe deur aanvullings (lekke of pille), stel die wildboer vandag in staat om ondanks seisoensveranderinge, wisselende reënval en droogtes tot ‘n groot mate beheer oor produksie en reproduksie te kan uitoefen. Laasgenoemde twee faktore bepaal tot ‘n groot mate die finansiële sukses of mislukking van ‘n wildvertakking. Omdat aanvullings ten doel het om die beperkende voedingstowwe (proteïen, energie, minerale en vitamiene) van die veld aan te vul, sal die seisoen (voedingswaarde van die veld op gegewe stadium) die samestelling van die aanvulling bepaal. Voedingstekorte gedurende wintermaande onstaan dus as gevolg van drie belangrike redes. Die eerste rede, wat ons maklik verstaan, is dat die konsentrasie voedingstowwe

Mei 2015

in die weiding afneem of toeneem gedurende sekere seisoene. So byvoorbeeld het winter-grasveld ‘n baie laer proteïenwaarde as gedurende die groen somermaande, terwyl die veselinhoud van die gras baie toeneem gedurende herfs en dan wintermaande. Dit is juis hierdie verhoogde veselinhoud en verlaagde verteerbaarheid (TVV), wat ‘n belangrike tweede rede na vore bring waarom aanvullings krities is. Die vrywillige droëmateriaalinname (DMI) van die dier neem af na gelang die energiewaarde van die veld verswak. Dit beteken dus dat die dier in die winter nie net verlaagde konsentrasie voedingstowwe inneem in die veld nie, maar ook minder as die normale hoeveelheid van hierdie verlaagde konsentrasie veld vreet. Verhoogde veselinhoud bring verder mee

bl 26>>>

www.suidwes.co.za



L ANDBO UKUNDI G Die projek ontvang gedurig besoekers van oral uit die wêreld en die talle besoekers was baie beïndruk met die SuidAfrikaanse koring.

SA-koringkultivars beïndruk in Soedan Terratek het ‘n koringproef in Soedan aangeplant met die oog daarop om dalk op groter skaal koring daar te verbou. Soedan voer tans groot hoeveelhede koring vir voedsel in. Daar is op twee kultivars besluit wat in die Suid-Afrikaanse nasionale kultivarproewe goed presteer het in warmer gebiede. In Soedan word relatief min koring plaaslik produseer juis weens die baie kort winter en hoë temperature. Die FAO (voedsel organisasie van die verenigde nasies) beskryf Soedan as ‘n gebied met ‘n lae tot medium potensiaal vir koringproduksie. Die Soedanese regering saam met die Egiptiese

>>>

Wildboerdery dat spoed van deurgang deur spysverteringskanaal vertraag word met gepaardgaande stadiger absorbsie van voedingstowwe en dus nog groter druk op produksiepotensiaal. Dit sou nalatig wees om met die voeding van wild en veral eksotiese wild net aan proteïenen energietekorte aandag te gee. Die minerale, vitamiene en ander byvoegsels is ook krities belangrik. Voeding moet verder ook spesiespesifiek wees, die

26

regering is besig met uitgebreide strategieë om meer koring vir hierdie streek te produseer. Beide die lande dra swaar aan broodsubsidies. Al die streke suid van die 18 grade suiderbreedte in Soedan word as lae produserende gebiede beskou. Al Dabbah is ongeveer 17,5 grade suid en val in hierdie lae opbrengspotensiaal gebied. Daar is besluit om eers ‘n proef te plant en dan ongeveer 12 hektaar koring te plant. Die saad is bestel, maar dit was ‘n baie moeilike saak weens die hoeveelheid goedkeuring wat vir die invoer van die saad verkry moes word. Die saad land eindelik in Khartoem op 10 Desember

2014, maar die optimale planttyd vir Soedan is vanaf 20 Oktober tot 15 November. Terratek wou eers wag vir die 2015-seisoen, maar het na vele oorweginng besluit om tog te plant, wetende dat die vroeë hitte van die Sahara die opbrengspotensiaal nadelig sal beïnvloed. Volgens Carl Bierman van Terratek was die watervoorsiening uit die boorgate nie voldoende nie en hulle kon die proewe nie enduit nat hou nie, maar steeds was die opbrengs uit die Suid-Afrikaanse kultivars ongeveer dubbel die opbrengs van Soedanese kultivars.

Die projek ontvang gedurig besoekers van oral uit die wêreld en die talle besoekers was baie beïndruk met die SuidAfrikaanse koring. Daar is selfs produsente wat van die saad wil invoer. Dit is veral die baie goeie staanvermoë en gehardheid van die Suid-Afrikaanse koring wat die besoekers so beïndruk het. “Finale syfers oor die opbrengs is nog nie bekend nie, maar die SA-kultivars het beslis as wenners uit die stryd getree,” het Carl Bierman van Terratek gesê.

mineraal- en spoorelementstatus van die grond, die sinergie tussen verskillende spoorelemente, minerale en vitamienes in weiding in ag neem asook die immuniteit van diere optimaal hou en sekere ekonomiese kenmerke soos horinggroei beïnvloed. Organiese spoorelemente is verder ook hoog bio-beskikbaar terwyl ander anorganiese spoorelemente in gebruik baie laag beskikbaar vir die dier is. Tekorte en wanbalanse tussen spoorelemente en vitamienes lei hoofsaaklik tot

onderontwikkeling van manlike kenmerke, soos lae spermtelling, beperkte semenbeweeglikheid (en dus konsepsiesyfer), verlaagde vrugbaarheid weens ongereelde hittesiklusse, verhoogde aborsies, embrionale verliese, vassit nageboortes, beenabnormaliteite, swak groei, verlaagde immuniteit (en dus siektes soos vrotpooitjie), dowwe haarkleed, bloedarmoede, swak inname van veld en vele meer. Dit bly verder ekonomies belangrik en krities om veral voor kalf of lam asook gedurende die eerste drie tot vier maande

daarna, die voedingstatus asook energiestatus van diere optimaal te hou. Dit verseker dat kalwers/ lammers ‘n gesonde, geil groeiende aanvang beleef en dat die moeder, wat weer beset moet raak in daardie tyd, ook in goeie kondisie bly. Dit is dus uiters belangrik dat die aanvullings wat vir wild gegee word ten volle gebalanseerd is om optimale reproduksie, groei en horinggroei te bewerkstellig. Kontak altyd ‘n voedingkundige om u daarmee te help.

Ons Eie

Mei 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

27


L A NDBO UKUNDI G

Risikobestuur na die droogte Die 2014/2015 somergraanseisoen was ‘n seisoen in twee helftes. Dit het aanvanklik baie goed begin en die verwagting vir goeie oeste was hoog. Die prentjie het egter drasties verander in ‘n kwessie van ‘n paar weke. ARTIKEL DEUR: Triomf Kunsmis Agri Xcellence Finansieringsmaatskappye soos koöperasies, banke of selfs finansierders in die privaatsektor beleef die druk van die droogte en dit verhoog dié instansies se finansieringsrisiko. Elke boerdery het akkurate finansiële rekords om besluitneming te kan doen en om as bewys te dien wanneer finansiering benodig word. Dit is noodsaaklik om rekord te hou van grond wat in produksie is deur fisiese grondkaarte, chemiese kaarte, stroperdata en toegediende voedingstofdata te versamel. Hierdie data gee ‘n duidelike prentjie van die risikoprofiel aan die finansie-

28

ringsmaatskappy en vergemaklik potensiële finansiering en versekering. Die vraag ontstaan dus hoe gaan ons as landbouers die risiko’s vir die 2015/2016-seisoen bestuur? Die grond se fisiese eienskappe in ‘n land is die een eienskap wat nooit verander kan word nie en in die fisiese eienskappe is 70 % van die risiko en/of suksesse van droëland graanproduksie vasgevang. Elke grondvorm het ‘n sekere risikoprofiel binne ‘n sekere reënvalstreek of -seisoen. Die fisiese grondeienskappe bepaal ook die bewerkingspraktyke wat gevolg behoort te word, soos

bl 31 >>>

Ons Eie

Mei 2015

www.suidwes.co.za




L A NDB O UK UNDI G >>>

Hierdie is voorbeelde van eksplorasiekartering en oorgedraagde vogbepaling.

Risikobestuur diep-rip, vlak tandbewerkings, strookbewerkings of geen bewerkings. Onkruidbestuur speel ook ‘n kern rol want ongewenste onkruide vermors opgebergde vog en kan dus hoër risiko meebring. Die oorblywende 30% van die risiko en/of suksesse van droëland graanproduksie word deur die grond se chemiese status en kultivarkeuses bepaal. Oor die algemeen het mielies die vermoë om tussen 8 en 12 kg graan per millimeter water te produseer. Dié vermoë word deur die grond se chemiese status en die keuse van kultivar beïnvloed. Hutton-grond in die Noordwes Provinsie en Wes-Vrystaat is goed gedreineer sonder ‘n kleikeerlaag, en beskik dus nie oor die vermoë om vog op te berg nie – slegs die vog wat deur die kleifraksie vasgehou word, is gedeeltelik beskikbaar aan die plant. Die grond het dus ‘n

groter risikoprofiel in die Noordwes Provinsie en Wes-Vrystaat as byvoorbeeld Avolon-grond wat oor ‘n kleikeerlaag beskik wat wel water kan opgaar. Vir risikobestuur na ‘n droeë jaar is dit dus belangrik om die grond met hoë risiko te identifiseer en te bepaal hoeveel water wel sedert die vorige seisoen gestoor is. Seisoenspotensiaaldata vir die komende seisoen kan onder verskillende reënvalscenario’s met dié data bereken word. Die mees akkurate metode om die risiko’s te bepaal is om detail grondklassifikasiekaarte te gebruik. Eksplorasiekartering kan egter ook gebruik word. Hiervoor kan op ‘n groter ruitpatroon gewerk word met behulp van lugfoto’s, historiese satellietbeelde en satellietbeelde wat vegetatiewe groei aandui.

bl 32 >>>

Voorkom groot skade effektief Termiete voed op lewende en dooie plantmateriaal en kan ernstige strukturele skade aanrig aan geboue (houtbeskadigende termiete) en grasperke en tuine (grasdraertermiete). Termiete is sosiale insekte wat kolonies vorm wat bestaan uit nimfe, werkers, soldate en reproduktiewe individue, met verskeie koninginne wat eiers lê. Houtbeskadigende termiete kan groot skade aan geboue en ander houtstrukture aanrig wat dikwels ongemerk gaan totdat die hout erg beskadig is. Hierdie skade word nie net beperk tot hout nie, maar kan ook papier, materiaal, matte en ander materiaal beskadig. Jy kan die skade voorkom met voorkomende of korrektiewe sloot-, nes- en fondasiebehandeling. Protek Terminex 350 SC bied vinnige be-skerming met ’n baie lang nawerking en beheer! Grasdraertermiete oes dooie en lewende plantmateriaal en kan skade veroorsaak aan gras, blare, takkies en saailinge. Hulle veroorsaak dikwels groot skade aan grasperke en tuine, selfs algehele vernietiging. Stop die verwoesting met gereedom-te-gebruik Termite Stop in die gerieflike strooihouer!

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

31


LL ANDBO A NDBO UKUNDI UKUNDI G G >>>

Risikobestuur

Onkruidbestuur is net so belangrik omdat onkruide opgebergde vog vermors.

bl 34 >>>

32

Ons Eie

Mei 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

33


L ANDBO UKUNDI G >>>

Risikobestuur Sien voorbeelde van eksplorasiekartering en oorgedraagde vogbepaling in die grafika hierby. Gebiede met hoë risiko vir

mielieproduksie word onder ‘n spesifieke reënval scenario aangedui, soos onder-gemiddelde reënval (300 mm reënval), gemiddelde reënval (450 mm reënval) en bo-gemiddelde reënval (600 mm reënval). Die grond wat ónder ‘n sekere

gelykbreekpunt produseer word as risikogrond geïdentifiseer. Onthou egter dat gedeeltes wat ‘n risiko vir mielieproduksie inhou, nie noodwendig ‘n risiko vir sonneblom, grondboontjies of ‘n ander alternatiewe gewas

sal inhou nie. ‘n Ander kontantgewas kan steeds suksesvol op dié gedeeltes geproduseer word teen ‘n baie laer risiko. Die onttrekking van lande vir mielieproduksie moet so praktiese moontlik benader word.

Die finansiële implikasie is soos volg: Dit gaan moeilik wees om vir die komende seisoen finansiering en versekering te bekom omdat die laaste aantal jare so wisselvallig was. Dit is ons verantwoordelikheid as landbouers om die risiko vir die komende seisoen te bestuur en die korrekte data aan die finansierders en versekeringsmaatskappye deur te gee.

70% van die komende seisoen se sukses lê opgesluit in die fisiese grondeienskappe van die plaas en dit is nou belangriker as ooit om die gebiede met lae- en hoë risiko akkuraat te identifiseer en te bestuur. 34

Ons Eie

Mei 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

35


L A NDBO UKUNDI G

Deurmekaarbos

moet net nie oorhand kry nie Ehretia rigida (Thunb.) Druce ARTIKEL DEUR:

Dr Franci Jordaan Landbouwetenskaplike, Afdeling Weiding, Landelike, Omgewing- en Landbou-ontwikkeling, Potchefstroom

Deurmekaarbos staan ook bekend as Bergwitboom en is inheems aan SuidAfrika. Dit het heelwat goeie eienskappe, maar wees versigtig dat dit nie onbeheersd op die plaas toeneem nie. Dit kom ook in Namibië, Botswana, Lesotho en Swaziland voor. Die genusnaam is afgelei van die naam van ʼn bekende Duitse plantkundige kunstenaar, G.D. Ehret, terwyl rigida na die kort, stywe takke verwys.

36

Beskrywing Deurmekaarbos is ʼn bladwisselende struik of klein boompie wat tussen twee tot vyf meter hoog kan word. Dit het stywe neerhangende (“drooping”) takke wat deurmekaar voorkom, vandaar die Afrikaanse naam deurmekaarbos. Die kroon is gerond, maar kom onnet voor as gevolg van die takke wat deurmekaar gevleg is. Die plante beskik oor ʼn penwortelstelsel waaruit sywortels dikwels ontstaan. Hierdie sywortels is dikwels vlak onder die grondoppervlakte geleë. Die bas is vaalgrys en glad. By ouer takke het die bas ʼn growwe voorkoms. Geen dorings kom op die takke voor nie. Die blare is vaalgroen van kleur en afwisselend gerangskik. Die blare kom dikwels in bondels op kort gedronge sytakkies voor. Die blare is enkelvoudig, smal omgekeer eiervormig tot eiervormig met

Ons Eie

Deurmekaarbos is ʼn bladwisselende struik of klein boompie wat tussen twee tot vyf meter hoog kan word.

gladde rande. Die oppervlak van die blare is of glad of yl behaar. Manlike en vroulike blomme word op verskillende plante gedra. Die blomme is blou, ligpers tot wit van kleur en word in saamgestelde trosse gedra. Die blomme ruik baie lekker en lok verskeie insekte. Die vrugte is ʼn ronde oranje tot rooi bessie wat gewoonlik swart word sodra dit ryp is. Groei en ontwikkeling Deurmekaarbos blom gewoon-

Mei 2015

lik vanaf Augustus tot Maart en die vrugte kom vanaf Oktober tot Januarie voor. Deurmekaarbos plant hoofsaaklik deur middel van sade voort, maar dit is ook bekend dat nuwe plante reeds uit wortelsuiers ontwikkel het. Die sade neem ongeveer 10 – 20 dae om onder gunstige toestande te ontkiem. Die groeitempo van die plante word as vinnig beskryf en dit groei ongeveer 60 – 70 cm/jaar.

bl 38 >>>

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

37


L ANDBO UKUNDI G >>>

Deurmekaarbos Habitatvoorkeure Deurmekaarbos kom in ʼn groot verskeidenheid habitatte voor – vanaf bosveld, savanna tot selfs in Karooagtige gebiede. Dit word ook in ʼn verskeidenheid grondsoorte aangetref, maar groei veral in goed gedreineerde grond. Dit is ʼn geharde plant wat relatief droogtebestand is. Ekonomiese voordele Die ekonomiese voordele van deurmekaarbos is die volgende: • Die plant is ʼn goeie voerbron vir gedomestiseerde diere sowel as wild. • Dit lok baie voëls en insekte wat dit ʼn aantreklike tuinplant maak. • Die fyngemaalde wortels kan vir verskeie siektetoestande gebruik word. Dit kan selfs vir galsiekte by beeste gebruik word. • Die ryp vrugte kan deur mense geëet word, hoewel dit nie baie lekker is nie. • Dit kan as windbrekers gebruik word. • Daar word beweer dat dit geluk aan jagters bring. Daar word beweer dat die krag van die dier wat gejag word afneem as ʼn takkie van deurmekaarbos daarna wys. • Aangesien die takke baie buigbaar is, word dit ook gebruik om boë van te maak. Ekonomiese nadele Die ekonomiese nadele van deurmekaarbos is die volgende: • Dit kan maklik in getalle toeneem wat dit kompeterend met grasse maak ten opsigte van lig, spasie en voedingstowwe. • Hoewel die plante nie dorings het nie, kan dit die beweeglikheid van diere strem indien dit in te hoë digthede voorkom. • Indien dit in digte stande voorkom verlaag die weidings-kapasiteit en die biodiversiteit van veld. • Dit verplaas ander plante in die gebied waarin dit in digte stande voorkom.

38

Die blare is enkelvoudig, smal omgekeer eiervormig tot eiervormig met gladde rande.

Die vrugte is ʼn ronde oranje tot rooi bessie wat gewoonlik swart word sodra dit ryp is.

• Die sade kan diereprodukte soos byvoorbeeld wol kontamineer. • Dit is droogte bestand wat dit uiters kompeterend met grasse maak. • Hoewel dit nie as ʼn reël gebeur nie, kan die plante ook deur middel van die wortels voortplant (dus ook vegetatief ). Meganiese en Biologiese beheer Baie min inligting is bekend oor beide meganiese en biologiese beheer van deurmekaarbos. In die literatuur wat bestudeer is, word genoem dat die plante wel meganiese beheer kan word, maar verdere detail presies hoe word nie gegee nie. Daar is ook tans geen biologiese agense wat bekend is dat dit die plante beheer nie. Chemiese beheer Deurmekaarbos word goed chemies beheer met middels waarvan die aktiewe bestanddeel tebuthiuron is. Produkte

Ons Eie

Manlike en vroulike blomme word op verskillende plante gedra. Die blomme is blou, ligpers tot wit van kleur en word in saamgestelde trosse gedra. Die blomme ruik baie lekker en lok verskeie insekte

soos Lava, Molopo 500 en 800, Railroad en Tebusan kan gebruik word. Dit kan of as saailingbespuitings toegedien word of die volwasse plante kan behandel word. Ongeag watter middel gebruik gaan word, is dit uiters belangrik dat die etiket ten opsigte van die dosisaanbeveling, die tyd van toediening asook die metode van toediening gelees en gevolg word. Afhangende van die digtheid van die bosse is chemiese beheer gewoonlik relatief duur. Dit is om hierdie rede dat dit uiters noodsaaklik is dat die etiketaanwysings uiters noukeurig gevolg moet word – moenie die doder verdun om dit sodoende te probeer “rek” nie

– die gevolg sal slegs swak resultate wees en geld wat gemors is. Dit is altyd raadsaam om ʼn kundige onkruiddoderkonsultant te raadpleeg alvorens groot bespuitings aangepak word. Deurmekaarbos word nie as ʼn onkruid geklassifiseer nie en is dus nie in die CARA wetgewing vervat nie. Ten spyte hiervan dui boere wel aan dat dit in sekere gedeeltes wel probleemafmetings begin aanneem. Indien dit enigsins lyk asof deurmekaarbos te dig op die plaas word, moet op ʼn plan van aksie besluit word. Navorsing het getoon dat indien niks gedoen word nie, die plante eksponensieel in getalle kan toeneem.

Literatuur Gebruik Botha. D.J. & De Villiers, P.D. 1984. Bome, struike en rankers van die Faan Meintjes-natuurreservaat. ISBN 0 620 07938X, Klerksdorp Rekord Drukkers Pelgrave, P.C. 1983. Trees of Southern Africa. ISBN 1 86825 171 3. Struik Publishers, Cape town. Wells, MJ, Balsinhas, H, Joffe, VM, Engelbrecht, G & Stirton, CH. 1986. A catalogue of problem plants in Southern Africa. Memoirs of the Botanical Survey of South Africa. No. 53

Mei 2015

www.suidwes.co.za


P RO DUK NUUS

Die hippo-reeks Hamermeulens en graanverwerkingstoerusting Vroeg in die huidige eeu het ABC Hansen Afrika die belange van AC Trading, wat Hippo hamermeulens in Pietermaritzburg vervaardig het, oorgeneem. Die eerste Hippo hamermeule is in 1928 bekendgestel toe Arthur Collins dit op die Royal skou van daardie jaar uitgestal het. Die patrone vir die gietstukke wat die kern is van alle Hippo hamermeulens is oorgedoen en die meulens is op verskeie wyses opgradeer, onder andere: Grootliks stofvrye werking deur die herontwerp van die sikloon asook die insluiting van filtermedia na die sikloon, vir fyn stofafval. Die metrisering van die aandrywing, aste, laers ens. wat tot op daardie stadium steeds imperiale standaard was. Alle onderdele is gelasersny, die maal-ente is van benox- en

www.suidwes.co.za

hardox-staal vervaardig vir langsamer slytasie. Die gietyster se legerings is verbeter om heelwat taaier dog effe sagter onderdele te lewer. Die masjienbasisse is dramaties herontwerp vir vurkhyservriendelikheid. Die afsakmeganisme is verander om meer gebruikersvriendelik te wees. Die afvoerpype tussen die maalgedeelte en die waaier is aantrekliker gemaak en het vervaardiging bespoedig, asook om vervanging en afhaal en herinstallering te vergemaklik. Skakeltuig is die norm op alle meulens. Dit spaar die koper aansienlike koste en vergemaklik die inbedryfstel van die meule op die terrein. Die reeks is verklein deur die vorige model 3, wat nie werklik plek gehad het tussen die 1 ½ en 47 nie, uit te skakel.

Ons Eie

Hippo 57 met trekkeraandrywing Die reuse 90kW Mammoth en 55kW L63 meulens is grootliks herontwerp. Trekkervriendelike aandrywing van die Hippo 57 en 69 wat of 540 of 900 RPM aandrywing kan hanteer is ingestel. Die kwaliteitskontrole is oor die algemeen baie opgeskerp en kers is opgesteek by die Europese vennote van ABC Hansen.

Mei 2015

Met die span ingenieurs en verkoopslui by ABC Hansen se toewyding, is daar met die uitvoer van Hippos na die VSA begin. Dit neem die spoor van die Hippo ver buite Afrika en maak dit ‘n ware internasionale handelsmerk. ABC Hansen is trots om hierdie uitstekende produkreeks deur Suidwes Landbou aan sy lede beskikbaar te stel.

39


L A NDBO UKUNDI G

Agrikalender Mei 2015 ARTIKEL DEUR:

Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te bemes en pH reg te stel met bekalking. Die opname van plantvoedingstowwe verbeter met die regstelling van die pH, sowel as die algemene gesondheid van die plante.

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

AKKERBOU Mielies Hou lande skoon indien moontlik. Dit sal die opbou van onkruidsaad voorkom, vog bewaar en primêre bewerking vergemaklik. Doen primêre bewerking so gou moontlik om vog te bewaar. Maak ‘n opname van die onkruide in die lande om seker te maak dat die regte spuitprogram gevolg word die komende seisoen. Sodoende word moontlike leemtes uitgeskakel. (Breëblaar teenoor grasse) Bespreek en evalueer die saadpakket wat aangeplant is met die verteenwoordigers van die saadmaatskappye en maak seker dat die regte kultivars vir die volgende seisoen bestel word. Vergelyk met kultivarproewe in die omgewing. Ondersoek profielgate om te bepaal of die bewerking wat gedoen is voldoende wortelontwikkeling toegelaat het en of daar nie ‘n beperkende laag gevorm het wat opgehef moet word nie. Grondmonsters moet nou geneem word. Stel pH reg deur bekalking.

inhoud van 14% as 90% van die peule reeds verkleur het. Die hoeveelheid saad benodig vir aanplantings is van 9 tot 16 kg per ha, afhangend van rywydte. Binneryspasiering van 10 cm tussen plante is ideaal. Saad moet op ’n diepte van 4 cm geplant word, wanneer grondtemperatuur meer as 9 grade Celsius is. Onkruiddoders is beskikbaar wat geregistreer is vir akkerboonproduksie. Akkerbone as alternatief is iets om in die beplanning vir die komende seisoen in gedagte te hou.

Sojabone Sojabone raak al hoe meer gewild as alternatiewe gewas. Goeie kultivars is beskikbaar, vergewis u self van die ontwikkeling van nuwe kultivars en proefresultate in die omgewing. Sojabone is ’n baie goeie wisselbougewas.

VEE Beeste

Sonneblom Stroop so vroeg as moontlik en doen primêre bewerking indien moontlik om vog te bewaar en opbou van onkruidsaad te verhoed. Deur te lank te wag is daar vogverliese sowel as saad wat kan uitval met gevolglike verlies aan inkomste.

Grondbone Neem grondmonsters en doen grondontledings op grondboonlande en doen regstellings deur bekalking. Bepaal of daar beperkende lae was, deur die profielgate te inspekteer. Indien grondbonehooi produseer word, moet dit so gou moontlik van die lande verwyder word om die kwaliteit te behou.

Koring Bekalking is noodsaaklik waar die pH te laag is. ‘n Goeie bekalkingsprogram is meer werd as verhoogde kunsmistoediening. Plant gesertifiseerde saad om te verseker dat koring eenvormig groei, blom en ryp word. Die gradering sal gewoonlik beter wees as met swak saad. Beheer onkruid op oorlêlande.

ALTERNATIEWE GEWASSE Akkerbone Akkerbone is goed aangepas in die Noordwes Provinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aangeplant, vir beweiding sowel as hooiproduksie. Die voordeel van dié peulgewas is dat dit stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) kan per jaar in die grond teruggeplaas word. Aanplantings kan vroeg in die seisoen gedoen word, hoofsaaklik as weiding, aangesien dit moeilik is om goeie hooi te maak gedurende die reëntyd. Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoonlik nie so baie reën wanner die voer gereed is vir hooi maak nie. Hooiproduksie kan 6 ton hooi met 300 mm reën gedurende die groeiseisoen produseer met ’n ru-proteien-

40

Ons Eie

• • • • • • • • • •

• Maak seker dat brandbestydingstoerusting in orde is, voordat dit ’n krisis is. Bespreek ‘n brandbestrydingsplan met die bure in die betrokke gebied. Sluit aan by die plaaslike Brandvereniging. Georganiseerde brandbestryding is baie meer effektief as induviduele pogings. Doen dragtigheidstoetse en skot onvrugbare en ou koeie uit. Onthoring kalwers voordat die horingknoppies hard word. Kastreer bulkalwers. Selekteer deurgaans vir bouvorm en vrugbaarheid. Hou diere skoon van bosluise en gewone luise. Speen kalwers vroegtydig om koeie voldoende tyd te gee om kondisie te bou voor die winter. ‘n Goeie produksielek sal baie help. Brandmerk al die diere met ‘n geregistreerde brandmerk, dit is verpligtend. Voorsien deurgaans ‘n goeie winterlek. Indien Vit A nog nie gespuit is nie, doen dit nou. Tree voorkomend op deur te ent, dit is baie goedkoper as om diere te verloor of te behandel as hulle siek is. Verseker dat diere deurgaans toegang het tot skoon drinkwater, maak krippe gereeld skoon.

Skape • Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Voorkomende dieregesondheid is goedkoper as behandeling. • Spuit of dip skape vir brandsiekte en Australiese jeukmyt. Broek langwol skape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Prikkelvoeding voor paartyd sal tot beter lampersentasie aanleiding gee. Goeie voeding twee tot drie weke na paring sal goeie besetting verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. • Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd, om ‘n goeie lammeroes te verseker. • Tref betyds reëlings vir ‘n skeerspan. • Tatoeëring van skape is volgens wet verpligtend.

Mei 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

41


LGEM EEN L A NDBOAUKUNDI G

Alan Stern, die hoof-ondersoekbeampte vir NASA se New Horison missie bekyk die lanseerplatform voor die ruimtetuig se vertrek in Januarie 2006.

Kosmiese Kwêla deur Willie Koorts

Pluto van naderby Dit is dekades sedert ons nuwe nabyfoto’s van die planete in ons Sonnestelsel gesien het. Almal hou egter asem op om binnekort die dwergplaneet, Pluto, van naby te kan beskou! Na ‘n reis van byna tien jaar, doen die New Horizons-ruimtetuig ‘n naby-verbyvlug van Pluto op 14 Julie 2015. Dit vlieg te vinnig om in ‘n wentelbaan om Pluto te gaan, so ons hou duim vas dat alles seepglad gaan verloop. New Horizons het ‘n nuwe spoedrekord opgestel en daar is ‘n paar interessante aardse artikels aan boord waarmee dit die dieptes van die ruimte gaan invlieg. Spoedrekord Met ‘n reis van 2.3 miljoen kilometer wat voorlê, maak dit sin dat die ruimtetuig lekker vinnig moet wees, anders gaan dit ‘n ewigheid neem om by sy bestemming uit te kom. Dit is dan ook presies wat die ontwerpspan gedoen het toe New Horizons op 19 Januarie 2006 gelanseer is. Met ‘n kragtige vuurpyl is die half-ton, vleulklaviervormige tuigie die ruimte ingeskiet. ‘n Halfuur na lansering bereik dit ‘n snelheid van byna 60 000 km/h – en breek die rekord vir die vinnigste mensgemaakte tuig ooit! Binne nege uur vlieg dit verby die

42

maan se wentelbaan – iets wat die Apollosendings, met die kragtigste vuurpyle wat ooit gebou is, drie dae geneem het om te bereik! ‘n Rapsie meer as ‘n jaar later, op 28 Februarie 2007, bereik dit Jupiter. Hier doen dit ‘n nabybyverbyvlug en deur middel van ‘n slingeveleffek vlieg New Horizons nog 14 000 km/h vinniger. Dié verbyvlug bied terselfdertyd ‘n goeie geleentheid om die tuig se instrumentasie te toets. Dit neem lesings van Jupiter en van sy mane se atmosfeer en magneetveld en sein dit terug Aarde toe. Alles loop nog klopdisselboom! Artifakte aan boord Die tuig het ‘n paar interessante kulturele artifakte aan boord, onder andere ‘n CD met ‘n naamlys van 434 738 name asook ‘n Amerikaanse vlag. Waar ‘n klein gewiggie benodig was om die tuig te balanseer, is ‘n Florida kwart-dollarmunt wat menslike ontdekkings uitbeeld, ingespan. Pluto is in 1930 ontdek deur Clyde Tombaugh en ongeveer een ons van sy as is ook aan boord van New Horizons. Een van die instrumente is vernoem na Venetia Burney wat as kind, destyds die naam “Pluto” voorgestel het vir die planeet. Nuwe ontdekkings Toe New Horizons gelanseer is, was Pluto nog geklassifiseer as ‘n planeet – die enigste planeet wat nog nie deur ‘n ruimtetuig besoek is nie. Intussen is dit herklassifiseer as ‘n dwergplaneet. Omdat New Horizons letterlik tussen Pluto en sy mane gaan deurvlieg, is daar intus-

Ons Eie

Hierdie voorstelling wys duidelik dat tydsberekening die kruks sal wees wanneer New Horisons verby Pluto en sy mane skiet op 14 Julie vanjaar. sen baie fyn waarnemings met ruimteteleskope vanaf die Aarde gedoen om te kyk of sy pad skoon is. In die proses is nog twee mane van Pluto ontdek. Hoewel naamgewing van nuutontdekte mane streng beheer word en volgens spesifieke reëls geskied, is daar mooi besin vir name wat verband kan hou met die New Horizons-sending. Daar is uiteindelik besluit op Nix en Hydra waarvan die eerste letters (N en H) met New Horizons in verband gebring kan word. Show-time! Met ‘n arsenaal van sewe instrumente, waaronder drie kameras, is New Horizons slaggereed om ’n magdom van inligting en foto’s in te win met die verbyvlug in Julie 2015. Dit

sal sowat 10 000 km van Pluto en 27 000 km vanaf Charon, sy grootste maan, verbyvlieg. Die beste foto’s behoort sowat 50m/ beeldelement (pixel) te wees. Tans is ons bewus van vyf mane van Pluto, maar daar is selfs ’n moontlikheid dat nog ontdek kan word tydens die verbyvlug. New Horizons se sending hou egter nie op by Pluto nie, maar daar is nog Kuipergordelvoorwerpe op sy space-kaart. Datum

Sonop

Sononder

01 Apr

06h25

15h23

15 Apr

06h32

18h09

01 Mei

06h40

17h55

15 Mei

06h48

17h46

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

Maanfases

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

18 Apr

26 Apr

04 Apr

12 Apr

18 Mei

25 Mei

04 Mei

11 Mei

Mei 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Mei 2015

43


L A NDBO UKUNDI G

44

Ons Eie

Mei 2015

www.suidwes.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.