Ons eie oktober 2014

Page 1

Oktober 2014 Jaargang 49 • 5

Lyfblad van Suidwes Beleggings Beperk

BOEBOE LOUW

Vrystaat Agri se Jongboer 24

Vyf B’s van boerdery

35



A K T UEE L

OKTOBER 2014 Lyfblad van Suidwes Beleggings Beperk

Jaargang 49 • 5

INHOUDSOPGAWE Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk. Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

AKTUEEL 4 5 7 7 8 8 10 11 12 12 14 17 18 20 23 23 24

Soos ek dit sien Op die geestelike akker Finansiële verslag afgelewer Pierre Vercueil is president van Agri Noordwes Algemene Jaarvergadering goed bygewoon Sake soos gewoonlik by Kynoch Terratek pronk by skou Hertzogville-tak het groot planne Workshop safety Hy draai op ‘n tiekie Baie beperkinge op multirisikoversekering Nwet se moderne IT-oplossings vir die platteland Suidwes Meganisasie sit groot wiele aan die rol Voorkomende onderhoud Meganisasie wys hoe dit gedoen word Nuwe stelsel olie die ratte KONTREIKUIER – Baie harde werk agter dié toekenning

VOORBLAD BPI Manufacturing beskik oor goed opgeleide mense om ‘n verskeidenheid landbou-implemente te ontwerp en te bou wat geskik is vir die eise en harde omstandighede van Afrika.

17

BEMARKING

30 Verskillende strategieë met prysvasstelling

PRODUKNUUS

53 Sonneblom: Agsun 8251 gee boere gemoedsrus 55 Afrika grasspesie vernaamste weiding

LANDBOUKUNDIG 35 Die vyf B’s van boerdery voor plan(t)tyd 39 Gebruik Stikstof effektief op mielies 40 Alternatiewe besproeiing het heelwat voordele 43 Speenkanaal hou sleutel tot uiergesondheid 51 Agrikalender

24 23

ALGEMEEN

57 Kosmiese Kwêla – Vallende klippe!

Ons Eie

Oktober 2014

3


AKT UEE L

Trap mooi in jou spoor soos ek dit sien Jy moet deesdae maar mooi in jou spoor trap. Trap jy dalk iewers ‘n lot koolstof raak, dan sit jou spoor en dalk jou turf ook. Want hulle meet mos nou jou koolstofspoor. Dit voel my ons moet so versigtig trap ons sal almal in ons slippers moet rondsluip om nie toegesluit te raak nie. Ja, ek weet die goed is belangrik, ek wil ook hê my nageslag se nageslag moet die groen aarde met blou lug en rooigrond bewoon, maar dit laat my alles dink aan die boeke en boeke vol voorskrifte oor wat ek in my mond mag sit en maag toe stuur en wat nie. Ek het laas opgelet toe dit rooivleis was wat my voortydig sou doodmaak. Veral as daai vleisie ‘n lekker ruim vetjie om sy rand gehad het wat so effens verkaiing het op die kole. Man, brand so ‘n bek nou van die lus. Nou hoor ek dis doodreg om daai vetjies in te kry, en verstaan mooi, daaroor kla ek nou glad nie. Dis net asof die goed sulke mode-draaie maak. Ek raak skoon deurmekaar. Tim Noakes het my nou pas gewoond gekry aan die pastas, toe draai hy in sy spore om en nou sit wederhelfte my weer terug op

4

die rooivleis. Ek moet seker net ‘n rukkie wag dan kan ek weer Aromat oor my vleis gooi. Moet sê, ek geniet die botter wat weer terug is in die koskas. Nou lees ek verbruikers moet hulle WATERvoetspoor dophou deur te let op die hoeveelheid water wat gebruik word om sekere produkte op die tafel te kry. Navorsers aan die Universiteit van die Vrystaat fokus glo tans op die ontwikkeling van akkurate en betroubare watervoetspoor-maatstawwe wat gebruik kan word om die impak van rooivleis en ander voedselprodukte op die varswaterhulpbron in Suid-Afrika te bepaal en te bestuur. Nou wonder ek so by myself, wie gaan daardie meetinstrument aanmekaarsit en wie gaan hom toepas? Want in ons landjie kan niemand eers ‘n tolgeldstelsel met ‘common sense’ aanmekaar sit nie. ‘n Tyd gelede het wederhelfte gesê: “Los daai stuk vleis, kyk hoe drup hy van die vet – jou cholesterol, my man!” Nou gaan ek seker iets hoor soos: “Nee, nee, spoeg uit daai vleis, daar is drie emmers water in daai ding!”

Ons Eie

Oktober 2014

ADRESVERANDERING Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak­ besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker ’n Bietjie van die ‘basics’ - Genade Pieter Giesler vat ons in hierdie uitgawe terug na die basiese dinge wat God vir ons deur Sy Woord wil leer. Ons raak soms so gewoond aan die woorde dat ons nie meer die Gees daarin hoor nie. Lees hierdie stukkie stadig, woord vir woord, en laat dit insink, want dit kom reguit van God af – uit Sy genade.

www.suidwes.co.za

“Genade onbeskryflik groot...”, is die woorde van die bekende lied wat ons so graag sing. Maar wat is genade? Ons bid: “ons vra dit nie omdat ons dit verdien nie, maar enkel en geheel uit genade alleen.” Dit is waar, genade is om nie die straf wat ons verdien te ontvang nie. Ons verdien niks nie. Ons is in sonde gebore en ontvang en daar is niks wat ons uit onself kan doen om dit te verander nie. Maar, daar is ‘n ander aspek van genade wat veel groter is as dit. Genade is om dit te ontvang wat ons nie verdien nie. Ja, God het sy Seun gestuur om in ons plek te sterf, om ons sonde op Hom te neem sodat ons vry daarvan kan wees. Ons bely so gereeld dat Jesus “ter helle

Ons Eie

Deur Pieter Giesler

neergedaal” het. Hy het gaan betaal sodat ons nie hoef te betaal nie. Die Woord sê: “die straf wat vir ons vrede bring, was op Hom”. Ons verdien dit nie, maar tog het God dit alles vir ons gedoen sodat ons met Hom versoen kan wees. Genade is om alles wat God vir ons wil gee te ontvang, sodat ons soos die Woord sê: “ten volle toegerus is vir elke goeie werk”. God wil vandag vir ons sê dat Hy ons volledig toegerus het om elke taak, selfs ons dagtaak te verrig. Hy het ons toegerus, nie net om ons dagtaak te verrig nie, maar ook om die storms te trotseer wat oor ons pad kom. 2 Petrus 1 sê vir ons dat genade en vrede in oorvloed oor ons uitgestort is, en dat God ons alles gegee het

Oktober 2014

wat ons nodig het vir die lewe en vir godsaligheid. Dit beteken of ek nou die werk van die Here doen, en of ek op kantoor is; of ek skottelgoed was en of ek besig is om te ploeg – God het my toegerus om alles te doen deur Sy krag. Ons kan elke taak verrig en elke storm trotseer en as oorwinnaars uit die stryd tree. Onthou, in Christus is ons meer as oorwinnaars. Jesus het alreeds vir ons die oorwinning behaal en die genade van God wat oor ons uitgestort is, maak ons meer as oorwinnaars. Ons ontvang iets wat ons nie verdien nie, en dit is genade. Nou kan ek met vrymoedigheid bid en vra dat die genade van God die Vader met julle sal wees nou en totdat Jesus weer kom.

5


AKT UEE L

6

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Finansiële verslag afgelewer Pierre Vercueil is president van Agri Noordwes

Dié drie personeellede by Suidwes se hoofkantoor Trudie Badenhorst (assistent groepse­kretaris), Debbie Engelbrecht (groep finansiële bestuurder) en Zelda van Reenen (PA vir groep hoofregsbeampte) hou met trots die Jaarverslag van 2014 vas. Bestuur het besluit dat Suidwes die

Pierre Vercueil is onlangs as president van Agri Noordwes verkies. Tydens die Suidwes Groep se Algemene Jaarvergade­ring het Louis Smit, hoof-uitvoerende beampte (HUB) Pierre gelukge­wens en verwys na die kruispad wat landbou in Suid-Afrika bereik het, veral met grondhervor­ ming, en dat leierskap nou meer as ooit belangrik is. Louis het genoem dat Pierre bekend is vir sy koelkop benadering en versoenende houding terwyl hy ekonomiese beginsels altyd vooropstel. Ons wens graag vir Pierre sterkte toe met sy groot taak.

tegnologiese era betree en terselfdertyd ook groen gaan en papier spaar. Die verslag is baie verkort en slegs die finansiële resultate word op papier uitgegee. Die volledige verslag is op die webblad beskikbaar (www. suidwes.co.za).Hierdie stap het ’n besparing van R300,000 meegebring.

Pierre Vercueil (regs) groet die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, Gugile Nkwinti tydens ‘n besoek aan die minister se kantoor.

HOU BY DIE REËLS... Rentmeesterskap beteken om die beste tegnologie oor te dra na die volgende generasie – dit is waarom 'n toevlugsarea aangeplant moet word.

uppe marketing A11406/OE

Oes die voordele van Genuity® Yieldgard® II tegnologie en plant jou toevlugsarea aan!

Monsanto, Genuity® en YieldGard® II is geregistreerde handelsname van Monsanto Technology LLC. Monsanto Suid-Afrika (Edms) Bpk, Posbus 69933, Bryanston, 2021.

Tel: +27 11 790-8200 Faks: +27 11 790-8350 www.monsanto.co.za

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

7


AKT UEE L

Algemene Jaarvergadering goed bygewoon Die Algemene Jaarvergadering (AJV) van Suidwes Beherend het op 10 September 2014 op Leeudoringstad plaasgevind en is deur heelwat aandeelhouers bygewoon. Mnre Pierre Vercueil, Hansie Viljoen en Gert Malherbe se dienstermyn as direkteure is vir ’n verdere termyn van drie jaar bekragtig. Alle gewone en spesiale besluite is eenparig deur die aandeelhouers goedgekeur. Aandeelhouers het ook tydens die vergadering en na afloop van die besluite, geleentheid gekry om vrae te vra aan die direksie, uitvoerende

komitee, asook die ouditeure. Die Rekonstitueringsvergadering het direk na afloop van die Algemene Jaarvergadering plaasgevind. Tydens die vergadering is Pierre Vercueil weer as voorsitter van die direksie verkies en Hansie Viljoen is as ondervoorsitter verkies. Ons Eie wens mnre Vercueil en Viljoen geluk met hierdie verantwoordelike taak. ‘n Algemene Jaarvergadering moet aan spesifieke wetgewings­vereistes, asook die Maatskappy se statute voldoen.

Pierre Vercueil, is weer as voorsitter van die Direksie van Suidwes Beherend verkies

Louis Smit, Hoof-uitvoerende beampte, Suidwes Beherend

Nuwe ampsdraers vir Suidwes Beherend Die volgende ampsdraers is tot Suidwes Beherend se Direksie verkies: Ons Eie wens die direkteure geluk met hulle verkiesing en sterkte vir die termyn in 'n uiters uitdagende omgewing.

1. Pierre Vercueil (Voorsitter) 2. Hansie Viljoen (Ondervoorsitter) 3. Piet Delport (Voorsitter SEV-komitee) 4. André Botha (Voorsitter ORIT-komitee)

Die Jaarvergadering in volle swang.

Sake soos gewoonlik by Kynoch Die honderd jaar oue SuidAfrikaanse kunsmismaatskappy, Kynoch, het met ingang van 1 Julie 2014 van eienaarskap verwissel nadat Export Trading Group (Edms) Bpk (ETG), ‘n multinasionale maatskappy met ‘n groot voetspoor in Afrika, die Kynoch-aandele van Farmsecure Holdings aangekoop het. ETG doen reeds die afgelope 30 jaar sake in Afrika en is tans werksaam in 42 lande wêreldwyd. Die maatskappy se visie is om die voorste verskaffer

8

van Afrika-landbouprodukte aan die wêreld te word. Voorts streef ETG daarna om deur die globale bemarking van sy plaaslik-vervaardigde kommoditeite, ‘n sleutelrol in die groei van die vasteland te vervul. Met die oog hierop, fasiliteer ETG nie net die afset van landboukommoditeite nie, maar verskaf ook insetkommoditeite aan die boere. Onder die nuwe ETG-eienaarskap, is dit steeds “sake soos gewoonlik” vir Kynoch. Met hul visie om die voorste

Ons Eie

verskaffer van plantvoedingsoplossings aan boere in Suidelike Afrika te wees, bly Kyoch steeds aan die spits van nuwe tegnologieë en innovasie. Voorts sal die maatskappy homself steeds toespits op die verbetering en doeltreffendheid van sy kunsmisprodukte en die verhoging van plantvoedingsopname deur gewasse om sodoende die produktiwiteit en winsgewendheid van sy kliënte te verbeter. Kynoch het die produksiefasiliteite,

Oktober 2014

infrastruktuur en personeel om omvattende produkte en diens aan boere in die substreek te lewer. Die verkryging deur ETG via sy filiaal ETG Grains, sal Kynoch egter in staat stel om die logistiek, infrastruktuur en handelsinergieë in die ETG-groep te benut om die Kynoch-handelsnaam en -voetspoor in Suid- en Suidelike Afrika uit te brei en die nalatenskap wat oor die afgelope eeu daargestel is, voort te sit.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

9


AKT UEE L

Terratek Pronk by Skou Terratek het vroeer vanjaar aan die Agriworks Farmers Expo op Potchefstroom deelgeneem. “Dit was soos ‘n mini Nampo na die oes en verskeie uitstallers het die skou bygewoon dit was glad nie sleg vir ‘n eerste probeerslag nie,” het Jason Sparrow, senior grond- en agronomiespesialis van Terratek gese. Rayner van Rooyen, grondtegnikus van Terratek het hom goed van sy taak gekwyt met die opstel van Terratek se stalletjie. Hier het Rayner die Land Cruiser en die Geoprobe (grondboor) saam met ander bemarkingsmateriaal staan gemaak. Jason en Kobus Coetzee, grond- en agronomiespesialis van Terratek, het die stalletjie beman.

Op die foto bo is Terratek se uitstalling met die Geoprobe en hulle Landcruiser by hulle ander bemarkingsmateriaal. Die uitstalling van hulle toerusting lok altyd groot belangstelling by besoekers en veral boere. Terratek se personeel het twee grondkerne wat met die Geoprobe geboor was uitgestal en aan die publiek verduidelik. “Ons geniet die uitstallings en al die ander boere­ bedrywighede en sal graag by ons boere se aktiwiteite betrokke wil raak met ‘n uitstalling of selfs deur ‘n praatjie te lewer oor Terratek se dienste.

Hier is die uitstalling van die twee grondkerne wat met die Geoprobe geboor was.

10

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Hertzogville-tak het groot planne

Gert Malherbe (Suidwesdirekteur) en Lourens Brand (takbestuurder) knip die lint by die ampetlike opening van die opgegradeerde Hertzogville-tak.

Die handelstak op Hertzogville het onlangs sy nuwe baadjie aan klante vertoon en die deure van die nuwe opgegradeerde tak oopgemaak vir besigheid. Uitgebreide reekse handelsware word aangebied en die winkelpersoneel staan gereed om klante met kundigheid en entoesiasme te bedien. Aan die stuur van die tak is Lourens Brand.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

11


AKT UEE L

WORKSHOP SAFETY Manage injury hazards

There are a few inherent injury hazards associated to farm workshops. Most common in South Africa are serious injuries and even death from electrocution as well as crush injury and burn wounds related to fires and explosions incurred during maintenance work on farms. More than 30% of these are eye and hand injuries. Whilst these injuries are generally not life threatening, they result in significant downtime, workers compensation claims and reduced productivity on the farm. Elias Modise, group risk manager at Suidwes compiled the following checklist that can be used to help farmers identify and manage some workshop hazards and safety risks on the farm. POWER TOOL GUARDS Replacing and maintaining the guards on workshop equipment, particularly bench grinders, is one way to reduce the risk of eye and hand injury to people working in farm workshops. • Replace bench grinder guards and broken or pitted spark deflector shields. • Check and replace all power tool guards. Keep them well maintained.

12

• Guard the air compressor belts and pulleys. • Make sure everyone wears eye protection when grinding and using cutting power tools.

• Store fuel, oil and flammable material away from welding and grinding to prevent fire and explosion or preferrably store in another save location outside the workshop.

ELECTRICAL EQUIPMENT Workshop electrocution is caused by faulty wiring and electrical installations, damaged power leads and water in the workshop. • Fit a residual current device (RCD) to the electrical circuit board to prevent electrocution. • Routinely test the RCD to ensure it works properly. • If no RCD is fitted to the electrical circuit board, use a portable residual current device. • Check and test all electrical cords and extension leads regularly for wear and damage. • Use a licensed electrician to carry out all electrical work.

PERSONAL PROTECTIVE EQUIPMENT A wide variety of personal protective equipment is available in Suidwes stores to help protect personnell against hazards in the workshop. • Make sure the appropriate personal protective equipment, including eye goggles, welding helmet, hearing protection, gloves and working

A cluttered workshop puts all workshop personnel at risk because of the danger of slipping and tripping. Serious injury and death is caused by being crushed under farm machinery and vehicles during service and maintenance. • Keep the workshop clean and tidy. Keep floors free of slip/ trip hazards including oil, tools, extension cords and rubbish. • Support vehicles and machinery with stands before working under jacked vehicles, tractors and machinery. • Inflate split rim tires in a safety cage.

Ons Eie

boots are available for all types of work. • Wear hearing protection in areas where loud noise occures. • Train and instruct all farm workers to use, store and maintain personal protective equipment. • Keep a fully stocked first aid kit in the workshop TRACTOR RUNOVER Getting run over by a tractor is the leading cause of tractor-related deaths. Farmers and workers are at the centre of this risk. Incidents are often associated with maintenance, jump-starting, checking or operating implements and alighting moving tractors. Children are also at great risk. • Keep tractor steps and handrails in good repair or replace old tractor steps with safer tractor access. • Fit steps which enable access outside the line of the rear wheel of the tractor. • Be extremely vigilant that nobody get on or off a moving tractor. • Do not jump start the tractor while standing on the ground or in front of the tires. • Maintain the hand brake. Engage the handbrake or place the transmission in park before getting on or off the tractor.

Hy draai op ‘n tiekie “Die Miller Nitro 5240 se draaisirkel, met ‘n radius van 4.1 m en die 4 542 liter tenk is maar enkele van dié selfaangedrewe spuit se voordele wat boere beïndruk het,” het Piet Delport, bemarker by Suidwes Mega­ nisasie, vertel na ‘n demonstrasie wat by Wesselsbron op Gert en Francois du Toit se plaas in September gehou is. Met die tenk wat in die middel van die werktuig geplaas is, is die spuit altyd gebalanseerd, of die tenk vol is of nie. Die enjin is agter en die spuitbalk aan die voorkant van die spuit gemonteer. Boere het ook kommentaar gelewer oor die hidrouliese veringstelsel wat uitstekend oor ongelyke oppervlaktes werk. Die 1.8 m grondvryhoogte en die unieke wielverstelling wat wissel tussen 3.05 en 4.3 m het ook beïndruk.

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

13


AKT UEE L

Baie beperkinge op

multirisikoversekering Beplan vooruit vir oesversekering in 2014/15-seisoen

Multirisikoverseke­ ring is reeds sedert die 2012/13-seisoen onder druk en in die 2013/14-seisoen baie beperk beskikbaar. Onderskrywingsvoorwaardes was baie strenger en min ‘nuwe besigheid’ is oorweeg. Almal het gehoop dat hierdie aksies en ‘n gunstige multirisikoseisoen die voortbestaan van die produk sou waarborg, maar na hewige haelstorms in sommige somerreënvalgebiede is die oesversekeringsresultate steeds nie na wense nie. Hierdie volgehoue negatiewe resultate en vrese vir aardverwarming, plaas weer druk op die voortbestaan van multirisiko-oesversekering. Kontak Gerhard Booysen, Bestuurder: Suidwesfin T: 018 581 1075 F: 018 581 1417 S: 082 888 6053 gerhardb@suidwes.co.za

14

Bo en behalwe die herverse­ keringprobleme het Suid-Afrika ook unieke uitdagings wat die sukses van multirisiko-oesversekering belemmer. Van hierdie uitdagings is byvoorbeeld: • Grootte van ons mark, beperkte deelname en koste. Weens die hoë tariewe neem net hoërisikokliënte in hoë-risikogebiede deel aan multirisikoversekering. Dit het die produk bloot net te duur gemaak om ekonomiese sin te maak. • Regerings deelname. Daar is geen regeringsondersteuning vir enige oesversekeringsinisiatiewe nie en versekeraars is op hul eie aangewese om die spreekwoordelike storms te weerstaan. • Kompetisie. Onderlinge kompetisie in ‘n krimpende mark het tot

ongesonde besigheidspraktyke gelei. Onbetroubare produksie- en leweringsstatistiek saam met die kompetisie, het tot foutiewe onderskrywingsbesluite gelei wat die produk gekelder het. • Tegnologie en vooruitskouings­ modelle. Die toenemende benutting van tegnologie en die akkuraatheid van veral weervoor­ spellings verbeter produsente se besluitneming. Dus kan risiko’s beter geëvalueer word en verse­ kering word slegs oorweeg indien die risiko nie elders afgedek kan word nie. Daar is byvoorbeeld reeds ‘n beduidende ooreenkoms tussen die uitneem van haelversekering en die voorkoms van hael binne enkele dae daarna gevind.

Die kombinasie van hierdie faktore het die produk uiters onwinsgewend gemaak en het daartoe gelei dat die herversekeraars hul blootstelling aan die RSA-mark nog verder wil verlaag. Hul deelname aan multirisiko vir die 2014/15-seisoen word dus drasties ingekort en in sekere gebiede selfs opgeskort. Die volgende maatreëls is ingestel om risikoseleksie te verbeter en om afkeuring uit te skakel. Dit geld vir almal wat hulle herversekeringsprogramme wil gebruik. Dit geld ongelukkig vir alle oesversekeraars in Suid-Afrika. Die nuwe reëls gaan dus sonder uitsondering hier toegepas word, tensy die versekeraar die risiko self wil onderskryf en dit lyk nie asof iemand dit graag wil doen nie.

So gaan dit in 2014/15 werk Multirisiko • Daar is verskeie beperkings op kapasiteit geplaas en die Noordwesprovinsie word die ernstigste daardeur geraak. • Slegs geselekteerde bestaande kliënte word deur die verseke­ raars aanvaar. Sekere gebiede gaan totaal uitgesluit word en voorwaardes word aangepas. • Nuwe besigheidsaanbiedinge is slegs beskikbaar vir toppres­ teerders. • Daar is geen standaardtariewe nie en elke produsent gaan sy eie prys betaal. • Daar is ‘n algemene tariefverhoging. Slegs enkele gebiede met geen risiko nie, kan minder betaal.

Ons Eie

Haelversekering (sewe dae wagtydperk) • Dekking tree eers in werking met opkoms, maar eers sewe dae na die kliënt die kwotasie aanvaar het. • Toestaan van rypversekering word in sommige gevalle beperk. • Weens individuele tarifering is tariewe slegs per kwotasie beskikbaar. Praktiese implikasies Die kort en die lank van hierdie wysigings is dat oesversekering nie meer geredelik aan almal beskikbaar gaan wees nie. U sal dus u beplanning vroegtydig moet doen om te verseker dat u wel kwalifiseer vir

Oktober 2014

multi-risiko sowel as haelversekering en of u wel die koste wil aangaan. Die versnelde proses bied aan u die geleentheid om ‘n volledige markondersoek te doen en om ‘n ingeligte besluit te kan neem. U dekking sal dan vroegtydig in plek wees en die sewe dae wagtydperk dus nie ‘n probleem nie. Koste-implikasies Neem ook duidelik kennis die tariewe en voorwaardes gaan vir elke individu verskil. Hierdie aksies van die versekeraars is daarop gemik om die beter risiko’s te selekteer. Dus hoe langer u verbintenis met ‘n spesifieke versekeraar is hoe gunstiger gaan u hanteer word.

bl 18 >>>

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

15


AKT UEE L

16

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Nwet verskaf moderne IToplossings vir die platteland

NWET het die Tegnologie-oplossings en IT Netwerke vir u behoeftes. Kontak ons by 018 581 0200 of by 0861 NWET IT (0861 6939 48).

www.suidwes.co.za

Tegnologie in die platteland is vir meeste huisgesinne en sake-ondernemings beperk en met verstedeliking wat toeneem, word die platteland ‘n vergete omgewing. NWET het egter in 2009 al begin met die bou en implementering van tegnologie wat aan besighede en huise in die platteland ‘n oplossing kan bied. NWET kan met trots ‘n veelsydige en omvattende diens aan klante lewer met ‘n behoefte aan nie net kommunikasie nie, maar enige IT-verwante oplossings.

Ons Eie

Suidwes het in die verlede baie verliese gely met diefstal van die koper­ kabels wat hulle bedryfspunte met hoofkantoor verbind het. Geen van die ander kommunikasie-ondernemings kon ‘n ander oplossing bied nie. Nwet kon egter beter bandwydte met minder risiko bied. Volhoubaarheid en stabiele dienslewering was vir Suidwes uiters belangrik. Nwet kon ‘n radionetwerk voorsien wat al Suidwes se bedryfspunte met Hoofkantoor op Leeudoringstad kon verbind. Die netwerk was die antwoord op die behoefte aan volhoubaarheid asook aanlyntyd en bandwydte en dit het die risiko met kabeldiefstal uitgeskakel. Sedertdien het Nwet al aan honderde boere en talle besighede in die platteland internetvryheid voorsien.

Oktober 2014

Vryheid via NWET se ‘’Broadband’’ internet. Onlangs is hierdie diens verder verbeter deur koppeling via vesel. Vesel lui ’n nuwe era van kommunikasie op die platteland in wat dieselfde gehalte en spoed bied as dit wat in ons stede beskikbaar is. Nwet het hulle diens ook uitgebrei na veiligheid en sekuriteit. Hulle verkoop en installeer die nuutste CCTV kamerategnologie wat strek van IP-kameras tot hoë definisie analoogkameras. Die stelsels kan met slimfone, tablette of skootrekenaars gebruik word sodat intekenaars via die stelsel hulle omgewing kan monitor. Besoek gerus u naaste Suidwes-handelstak waar hulle promosiekameras beskikbaar sal wees of kontak hulle by die onderstaande nommers vir enige navrae.

17


AKT UEE L

Suidwes Meganisasie sit groot wiele aan die rol >>>>>>>

Multirisiko­ versekering Dekkingsimplikasies • Dekking tree eers in werking met opkoms maar eers sewe dae na die kwotasie deur die kliënt en versekeraar aanvaar is. Om dekking met opkoms te verseker moet u dus reeds sewe dae voor die datum versekering reël. • Multi-risikodekking tree eers in werking wanneer die versekeraar die opkomsverslag aanvaar het.

Met die paar droë jare agter die rug het boere hulle vloot werktuie in stand gehou en min uitgebrei. Die wiel bly egter altyd draai en met Suidwes se bystand en uitstekende reeks produkte kon hierdie boere toerusting aankoop om hulle boerderye te verbeter. Thys Pottas van Conshara Farms naby Riebeeckstad het die Miller Nitro 5240-selfaangedrewe spuit (foto bo) by Suidwes Meganisasie gekoop. Van links op die foto is Herman Schoeman, streekbestuurder van New Holland, Thys Pottas, die trotse eienaar, Piet Delport, bemarker by Suidwes Mega­nisasie en Mario Wolfaard, hoof­bestuur­der: Meganisasie by Suidwes. Andre Bezuidenhoud van die plaas The Prairie naby Welkom het hierdie TD5.110 DT CAB laaigraaftrekker by Suidwes aangeskaf. Piet Delport wens hom geluk met dié aankoop. Andre werk ook met hierdie New Hollandprodukte: drie XT6070 DT CABs, ‘n TD5.110 DT CAB en 8030 trekkers.

18

Ons Eie

Oktober 2014

Betalingsimplikasies Oesversekeringspremies is 45 dae nadat die polis deur die kliënt aanvaar is, betaalbaar. Elke versekeraar het sy unieke werkswyse om die aange­ leent­­heid ten beste te hanteer. Gesels gerus met u makelaar oor die beste beskikbare opsies. Advies 2014/15 seisoen. • Doen vroegtydig u beplanning en doen aansoek om haelverseke­ ring. • Vra u adviseur om die verskillende produkte aan u te verduidelik. • Kies die maatskappy wat u vertrou en u behoeftes aanspreek. • Plant met ‘n geruste hart, Suidwesfin sal alles verder hanteer.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

19


AKT UEE L

Voorkomende

onderhoud

Suidwes Meganisasie gee hier ‘n aantal wenke oor voorkomende onderhoud wat u toerusting ‘n baie langer lewe kan gee. Versorg hom nou goed en jou kleinkinders se kinders kan dalk daardie New Holland T7 as ‘n veteraantrekker teen ‘n goeie prys verkoop.

20

vir ‘n laaang lewe Dit is van kardinale belang dat die skoonste moontlike brandstof en olie in u New Holland-produkte gebruik word. Dit sal verseker dat u die beste moontlike werkverrigting en ook diens daaruit kry. Die diesel wat op die plaas gelewer word, is nie noodwendig skoon en vry van enige kontaminasie nie. Dus is dit raadsaam om die diesel wat uit die tenk getap word te filtreer voor dit in

Ons Eie

die dieselkarretjie getap word en ook weer wanneer dit van die dieselkarretjie na die tenk van die trekker of stroper getap word. Meeste van die komponente raak onklaar weens waterinname of onsuiwer diesel. Onthou, dit is nodig om weekliks die “water traps” op die masjien, die dieselkarretjie en die tenk te tap om te verseker dat die water wat opgevang is uit die sisteem verwyder word.

Oktober 2014

Indien u enige probleme met die brandstofsisteem ondervind sou dit raadsaam wees om u naaste New Holland-goedgekeurde handelaar te kontak. Die handelaar, in hierdie geval Suidwes Landbou, beskik oor die bes-opgeleide tegnici om hierdie probleme na te spoor en dit in die kortste moontlike tyd op te los.

bl 27 >>>

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

21


AKT UEE L >>>>>>>

Voorkomende onderhoud Wanneer dit kom by die diens van die res van die werktuig, soos die enjin, ratkas en hidrouliese sisteme, is dit belangrik om hierdie dienste te doen op die tye soos voorgeskryf in die operateurshandleiding en natuurlik deur u verkoopagent. Die handelaar is opgelei om nie net die nodige dienste te doen nie, maar ook om die werktuig te ondersoek en voorsorg te tref vir toekomstige probleme en dit betyds aan te spreek. Deur u New Hollandproduk te laat diens sal u ook die staantyd gedurende die spitsseisoen verminder en die maksimum produktiwiteit uit u belegging kry. Onthou om asb vroegtydig ‘n afspraak by u New Holland-handelaar te maak om te verseker dat u die beste moontlike diens ontvang en te verseker dat alle onderdele beskikbaar

22

is gedurende die diens van u produk. Dit is ewe belangrik om u New Holland-handelaar so spoedig moontlik in kennis te stel van enige probleem en dit so gou moontlik aan te spreek. Dit sal daartoe bydra om staantyd te beperk en u masjien so gou moontlik aan die loop te kry. Hou die planterlaers (bearings) en planterkettings asook die ratte dop vir slytasie. Onthou om kunsmisbakke binnekant deur te kyk, veral na die awegare (augers) vir slytasie, want dit kan die kalibrasie van die bakke beïnvloed. Suidwes verskaf die Spiralizer-awegaar wat ‘n baie groot verskil maak en baie akkuraat is. Vervang die huidige kunsmislaers met die SKF Agrihub op die JD-planter. Hoewel dit vier gate het, kan jy net die kouter ook vervang. Daar is egter

Ons Eie

‘n vyfgat-NSR Agrihub beskikbaar wat saam met die huidige kouters gebruik kan word. Klante kan hul JD-planterbakke ook laat toets by Suidwes se werkswinkels op die METER MAX. Dit sal u insae gee oor die bakke se prestasie en probleme op die bakke uitwys. Boere wat reeds presisieboerdery toepas kan gerus kyk na Cerealis Precision se toerusting wat meer gemik is op presisieboerdery. Dit sal bydra tot hoër opbrengste.

Oktober 2014

Die “water traps” op die masjien, die dieselkarretjie en die tenk moet weekliks getap word om te verseker dat die water wat opgevang is uit die sisteem verwyder word.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Meganisasie wys hoe dit gedoen word

Nuwe stelsel olie die ratte ‘n Nuwe bedryfstelsel vir Suidwes Meganisasie gaan die diensvlakke by Meganisasie grootliks verskerp. “Die Equipstelsel word internasionaal gebruik en rekenariseer alle aktiwiteite van Meganisasie. Dit gaan ‘n reuseverskil maak aan hoe Meganisasie in die toekoms bedryf word,” het Jaco van Niekerk, produkbestuurder by Meganisasie en hoofman oor die

www.suidwes.co.za

Equip-projek aan Ons Eie gesê. Intern gaan die stelsel die lewe vir verkooppersoneel in die takke en werkwinkels vergemaklik en die personeel baie meer effektief maak. Die stelsel beheer nie net voorraad en verkope nie, maar het funksies soos ‘n skeduleringsprogram wat werktuigkundiges beter kan benut om vinniger omdraaitye vir boere se toerusting by Suidwes te verseker.

Ons Eie

Die stelsel het ook ‘n ingeboude CRN-funksie (customer relations programme) wat inligting oor klante versamel en Meganisasie in staat sal stel om klante se behoefte beter te ontleed en ‘n meer gefokusde diens te lewer. Daar word geruime tyd reeds gewerk aan die implementering van die stelsel en volgens Jaco sal dit aan die begin van 2015 gereed wees om aangeskakel te word.

Oktober 2014

Tydens die Hoopstad-suid Boeredag wat in Augustus gehou is, het Mega­ nisasie 'n aantal demonstrasies gehou. Die blou New Holland-trekkers het weer hulle staal gewys. Volgens Artie Kruger (heelgoederebemarker: Meganisasie, Hoopstad) was die boeredag 'n groot sukses.

23


AKT UEE L

KONTREIKUIER Ons kuier by Vrystaat Agri se Jongboer van die Jaar, Boeboe Louw op sy plaas Bloudrif, 50 km buite Bothaville. Boeboe is ook betrokke in sy gemeenskap en is tans voorsitter van die Mooiveld Boerevereniging en die Distrikslandbou-unie.

VRYSTAAT Agri Jongboer van die Jaar Boeboe, Zander en Annelize Louw van Bloudrif.

Baie harde werk agter dié toekenning Petrus Albertus Louw is soos ‘n vars bries. Nog nie veertig jaar oud nie, met ‘n pragtige jong gesinnetjie, ‘n vooruitstrewende boerdery, en nou het hy ook die titel Vrystaat Jongboer van die Jaar verower. Sy lewenslus raak baie gou duidelik wanneer ‘Boeboe’, soos almal hom ken, aan die gesels raak oor die dinge wat sy ratte laat draai – natuurlik is boerdery ‘n belangrike onderwerp en veral die blink toekoms wat hy vir die landbou in Suid-Afrika sien.

24

Ons Eie

Oktober 2014

Artikel en foto’s: Tamlyn Patterson

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Wat ook bydra tot dié jongboer se sjarme, is die feit dat hy baie hard op sy plaas, Bloudrif, moes werk om dit te maak wat dit vandag is. Boeboe het op Wesselsbron grootgeword en in sy pa se voetspore gevolg. Peet Louw het destyds oorspronklik as ‘n sweiser by Vetsak op Bothaville gewerk, maar het in die vroeë sewentigs ‘n plaasbestuurder geword. In 1972/3 het hy eindelik besluit om op sy eie te gaan boer deur eers grond te huur totdat hy dit later kon koop. So het Bloudrif op dieselfde manier, eers as huurgrond, deel van die Louw’s se suksesvolle boerdery geword. Boeboe is gou om hierdie feit te beklemtoon. “Dit is nie familiegrond waarop ons boer nie. Dit is maar ‘n opgeboude boerdery, dit is nie asof

www.suidwes.co.za

ons geslagte lank al hier boer of plase besit nie. Ek was nie so bevoorreg om net in ‘n boerdery te kon instap en begin boer nie.” Boeboe het vir 13 jaar die voorreg gehad om by sy pa te kon leer, maar in 2011 is hy onverwags die diepkant ingegooi toe sy pa onverwags oorlede is. Die 36-jarige het egter die uitda­

Ons Eie

ging tromp-op geloop omdat hy selde toelaat dat dinge hom onderkry – en die res is geskiedenis. Veevertakking Hoewel sy boerdery hoofsaaklik uit droëland mielies bestaan is vee Boeboe se groot liefde. “Ek is maar ‘n ‘stockman’ en geniet die uitdag-

Oktober 2014

ings wat ‘n teelprogram bring en die afwagting van die resultate van teëling,” vertel hy. Hy het vir 12 jaar lank ‘n melkery gehad, maar het besluit om dit tot niet te maak omdat dit net nie meer winsgewend was nie. Hoewel hy gek is na sy beeste, 7,28% van die boerdery en skape (2,25%)

bl 27 >>>

25


AKT UEE L

26

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


>>>>>>>

Kontreikuier

erken hy dadelik dat dit die gesaaides – mielies (60%), koring (8%), lusern (6%) en sonneblom (7,3%) is wat die belangrikste in sy boerdery is. “Ek sal nie sonder die saaiery kan oorleef nie,” sê hy. “Maar ek moet byvoeg dat ek ook ‘n groot liefde vir die saaiboerdery het. Dit is ‘n reuse-uitdaging om elke nuwe seisoen weer aan te pak, om die oes in te sit in afwagting vir die reën en te sien of ek beter kan doen as die vorige seisoen. Ek geniet dit ook om tegnologie te gebruik en regstellings op my lande te doen.” Boeboe lag as jy hom uitvra oor die tegnologie. Hy vertel gou hoe belangrik Google in die boerdery is. “Kyk, Google is ‘n baie belangrike stuk tegnologie vir ons boere. Jy kan bykans enige vraag intik – oor vee­ siektes of plantplae – jy kry sommer onmiddellik ‘n antwoord. Ek weet dit klink seker simpel, maar dit is regtig ‘n baie handige instrument wat ons dikwels gebruik.” Op ‘n ernstiger noot is uitbreiding van die boerdery, gemeenskapsbetrokkenheid en die begeerte om ‘n verskil in plaaslike landbou te maak,

www.suidwes.co.za

A K T UEE L

Droppers for Africa ONS GLO IN EERLIKE EN OPREGTE DIENS

Hoewel sy boerdery hoofsaaklik uit droëland mielies bestaan is vee Boeboe se groot liefde. hoog op Boeboe se agenda. Hy het groot planne om die boerdery te verander. “Ek wil die skaapvertakking tot sy maksimum uitbrei en dan oor die lang termyn wil ek graag die saaiery ook uitbrei deur nog grond te huur of aan te koop. Wat die beesboerdery betref dink ek dat die ideaal is om vir elke hektaar wat ek ploeg, ‘n bees aan te hou,” is sy opinie. Uitdagings By al die geleenthede is daar uitda­ gings soos grondhervorming wat kop uitsteek. Eie aan Boeboe sien hy egter

Manie: 0828253135

E-pos: info@droppers4africa.co.za

• Soliede plastiek droppers met riwwe • Hou lyndrade eweredig uitmekaar • Uitstekende kwaliteit/baie sterk • Slegs duursame HDPE materiaal word gebruik

“Like” ons ook op Facebook by Droppers For Africa

bl 28 >>

Ons Eie

• Geen ashoop materiaal word gebruik nie • Bekostigbaar en beskikbaar in enige lengte • Idiaal vir wilds- en elektriese omheining • Landwye aflewering kan gereel word

Oktober 2014

27


AKT UEE L die geleentheid hierin om proaktief te wees en Suid-Afrika se belowende potensiaal te realiseer. “Ek dink grondhervorming is een van ons grootste uitdagings wat oor die volgende vyf jaar vir die landbou voorlê. Dit gaan egter vir ons word wat ons daarvan maak. As ons gaan stilbly en nie betrokke raak nie, gaan dit ons inhaal. “Die gronddebatte is ‘n redelike swaard oor ons koppe, maar ek dink ons sal na die tafel moet kom en self iets daadwerklik moet doen. Ek is positief oor die saak, ek dink dit móét nou gebeur, want dit is al hoe ons tot ‘n mate die ding sal stilkry. Reg of verkeerd, hoe vinniger ons deur dit kom, hoe vinniger sal die onsekerheid verdwyn.” “Ek dink steeds Suid-Afrika het die beste landbouers in die wêreld.

28

“Presisieboerdery gaan nie net oor die klomp ‘grênd’ trekkers wat jy aanhou nie,” sê Boeboe Louw.

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


>>>>>>>

Kontreikuier

As jy die omstandighede in ag neem waaronder ons boer, en dit vergelyk met lande soos Amerika, dink ek is ons die beste landbouers wat daar is.” Lewensfilosofie Boeboe is filosofies oor die lewe en sy struikelblokke. Hy vergelyk dit met die onlangse ‘white water rafting’-ondervinding wat hy en sy vrou Annelize in Zimbabwe gehad het. “Dit was ‘n ervaring om saam met die gesin daardie wilde stroomversnellings in te vaar en te juig as jy deur is en in die stil water te lande kom. Ek het besef dat dit is hoe die lewe en die boerdery werk. Dit hang alles af van hoe jy die stroomversnelling hanteer. Jy gaan maar die rowwe waters in en kom anderkant uit of die stroomversnelling gooi jou eenkant uit en dan herstel jy die dinge wat saakmaak,” vertel Boeboe. Soos in alle beroepe, sê hy, is daar faktore wat buite mens se beheer is. In sy geval is dit water en grond wat hulle beperk. “Ons gemiddelde reënval vir die afgelope 20 jaar is 470mm. Ons kom uit twee jaar waar ons 320 mm gehad het wat maar onder die gemiddeld is. Ons kan produksie net tot ‘n sekere vlak vat, want die waterkwaliteit vanuit die Vaalrivier is nie baie goed nie. “Elektrisiteit gaan ook nie goedkoper word nie, so ons moet maar ons insette bestuur om dit ekonomies te probeer hou.” Die bestuur van sy grond hou vir Boeboe baie besig, maar hy geniet dit om aanpassings te maak. “Op ons swakker grond plant ons smutsvingergras om die marginale grond vir die beesvertakking aan te wend en so vul die twee mekaar aan.” Boeboe het al redelik gevorder op die pad na presisieboerdery. Die grond is gekarteer en die stroperkaarte se data word ingevorder en die kalktoedienings word geevalueer, maar hy is steeds effe skepties oor die konsep. “Ek dink daar is ‘n wanbegrip oor presisieboerdery. Wanneer jy die woord hoor, dink ons aan hoë tegnologie toerusting en beheer oor jou grond, maar ek wil dit kan deurtrek na my veevertakking ook.

www.suidwes.co.za

A K T UEE L

Toekenning Boeboe is maar huiwerig om oor sy titel as Vrystaat Agri se Jongboer van die Jaar te praat. “Ek wou aanvanklik niks weet van deelneem aan so ‘n kompetisie nie, maar ek moet erken ek is nou bly ek het dit gedoen, want dit het bygedra tot die ontwikkeling van my boerdery.” Nadat hy genomineer was en die eerste rondte van vrae geslaag het, het ‘n paneel van 12 beoordeelaars sy plaas besoek, twee per afdeling. “Dit veroorsaak ‘n geweldige kopskuif oor jou eie boerdery. Ons beland dikwels in ‘n gemaksone en die kompetisie

Dan is daar natuurlik Annelize, sy raakvat regterhand, wat agter die rekenaarskerm sit en duidelik die ruggraat van die boerdery vorm. “Vandat ons getroud is, is sy betrokke by die melkery en sy doen al die administratiewe goeters, die lone en die papier en boekwerk van die boerdery. Sy is my knoppiepoppie,” lag Boeboe.

Dié twee mannetjies is onafskeid­baar – Kalala (5) en Zander (3). Ouboet Peet (7) was nie beskikbaar vir die foto nie. het my gedwing om my besigheid te ontleed en vrae te vra: Is ek kompeterend? Is ek waar ek moet wees met my boedery? Ek was bevoorreg om terugvoer van 12 kundiges te kry.” “Dit was vir my ‘n baie groot eer om die toekenning te kry – dit is meer as geld werd,” het Boeboe gesê.

Ons Eie

Oktober 2014

29


BEMARK I NG

DIE A-Z VAN GRAANBEMARKING – DEEL 2

(2)

Verskillende strategieë met prysvasstelling

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Vastepryskontrak Suidwes Landbou gaan namens kliënte kontrakte op die beurs aan. So ‘n kontrak het ‘n prysvlak met verpligte lewering op ‘n sekere tydstip. Gewoonlik word ‘n mieliekontrak vir lewering in Julie aangegaan omdat dit dan gestroop word. Die sakprys vir die kliënt is die SAFEX-prys minus die vasgestelde vervoerdifferensiaal vir ‘n bepaalde silo, hantering en marge – die sogenaamde basiskoste. Die gemiddelde aftrekking by ‘n silo van Suidwes is R265 per ton. Indien die SAFEX-prys met kontraksluiting R2500 is, is die prys wat die produsent in sy sak sal sit dus R2225 per ton. ’n Kontrak word vir 100 ton op die beurs gesluit. Indien die kliënt om die een of ander rede nie sy kontrak kan diens nie, kan die kontrak uitgewas word. Dit word gedoen deur die kontrak op die beurs terug te koop. Indien die prys dieselfde sou bly, is daar ‘n kontrakkansellasiekoste van R20 betaalbaar. Indien die prys met R200 gestyg het, kos dit die kliënt R200.00 per ton, dus R20,000.00 per kontrak. Indien die prys met R200 per ton gedaal het, kan die produsent die kontrak sluit en die R20,000 in sy sak steek. Kansellasie koste is steeds betaalbaar teen R20 per ton.

In hierdie laaste aflewering van dié reeks kyk Christo Smit na moontlike strategieë wat met prysvastelling van graan gevolg kan word. Hy bespreek vastepryskontrakte, koopopsies, verkoopopsies, saaiery en hy verduidelik hoe ‘n vloerprys bestuur behoort te word.

30

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


B EM A RK I NG en die oorblywende twee derdes van sy waarde in die laaste derde van sy leeftyd.

Figuur 1 Prysberekening SAFEX prys

R 2,500

Vervoerdifferensiaal

R 203

Hantering

R 40

Marge

R 22

Vestigingskoste

R 10

Boerprys

R 2,225

SAFEX prys

R 2,200

Kansellasiekoste (a)

R 20

Mark prysverskil (b)

R 300

Kostes(a-b)

R 280

Die Koopopsie (“Call”-opsie) ‘n Koopopsie gee aan die koper daarvan die reg, maar nie die verpligting, om graan te koop teen ‘n gegewe prys, die trefprys, op ‘n sekere tyd. Die premie betaalbaar vir so ‘n opsie verdiskonteer die tydwaarde, trefprys en die risiko daaraan verbonde. Indien die koopopsie byvoorbeeld R100 kos, vir ‘n R1000 trefprys sal die prys nooit onder R900 wees nie (R1000 trefprys minus R100 premie), maar as die prys styg word die opsie meer werd. Die winspo­ tensiaal is onbeperk. Die voordeel van ‘n koop­ opsie (“Call”) is dat daar in ‘n stygende mark handel gedryf word. ‘n Verdere voordeel is dat ‘n opsie ‘n vaste koste is, wat met aankoop bekend is. Die bestuur van so ‘n opsie is nie kontant intensief nie. ‘n Tipiese strategie sal wees om ‘n koopsopsie te koop as ‘n vastepryskontrak gedoen is, maar dat daar ‘n sterk moontlikheid is dat die mark kan styg, sodat daar in die styging gedeel kan word.

Saaiery (“Call”)

kontrak gee beskerming indien die mark daal. Indien die mark sterk opwaarts beweeg, kan die verkoop­opsie gelos word om nutteloos te verval en die graan kan teen die hoër markprys verkoop word. ‘n Opsie gee aan jou die reg, maar nie die verpligting nie om die opsie uit te oefen. Indien ‘n opsie teen ‘n prys gekoop word, verloor die opsie ‘n derde van sy waarde oor twee derdes van sy tydwaarde

‘n Koopopsie kan vergelyk word met die fisiese plant van graan. Die verwagting is altyd dat pryse kan styg, dus het produsente oor die algemeen ‘n BUL-siening van die mark. ‘n Bul-siening is ‘n stygende en ‘n Beer-siening is ‘n afwaartse siening. Deur ‘n verkoopopsie (“put”-opsie) te koop, word ‘n vloerprys gevestig, wat ‘n minimumprys waarborg. Die voordeel is dat sou die mark styg, hierdie kontrak in die styging deel. ‘n Minimum/maksimum kontrak het ‘n gewaarborgde minimumprys en beperkte opwaartse potensiaal. Die kontrak kom tot stand as ‘n verkoopopsie (“put”) gekoop word en ‘n koopopsie (“call”) op ‘n hoër vlak verkoop word. Die koopopsie wat verkoop word, subsidieer die koste van die verkoopopsie (“put”). Die strategie maak die opsiekoste minder en meer bekostigbaar.

Hoe om ’n vloerprys te bestuur Die vloerprys kan bestuur word deur die verkoopsopsies op te rol. Dit beteken dat indien die mark styg, word die eerste verkoopopsie verkoop vir R81 en ‘n tweede verkoopopsie gekoop. In die voorbeeld is die opsie gekoop vir R197 op 6 Oktober 2011. Die mark styg met R240 na R1 960 op 17 November. Die eerste opsie word verkoop @ R81 en ’n tweede opsie word gekoop @ R191. Totale opsiekoste beloop R197 plus R191 = R388. Die eerste opsie word verkoop @ R81, dus is die totale opsiekoste R307. Die minimumprys het met die eerste rol gestyg tot R1 960, R105 hoër as die aanvanklike prys van R1 465. Dit word vir ‘n tweede keer gedoen. Die prys het gestyg na R2 059 op 20 Junie 2012. Die totale opsiekoste beloop R307, en die minimumprys het met R208 gestyg. Die basiskoste is opgemaak deur die vervoerdifferensiaal, die hantering en marge.

bl 32 >>>

Die Verkoopopsie (Put-opsie) ‘n Verkoopopsie word gekoop indien ‘n vloerprys verlang word, of ‘n sogenaamde minimumpryskontrak aangegaan wil word. ’n Minimumpryskontrak het ‘n minimumprysvlak en kan nooit minder as die minimumprys wees nie. So ‘n

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

31


BEMARK I NG

>>>

Verskillende strategieë Tabel 1 Minimumprys berekening Minimumprys Multi-risiko versekering Deur gebruik te maak van multi-risiko versekering kan natuurlike risiko’s tot ‘n groot mate beheer of verskans word. Die enigste gebrek aan die tipe verseke­ring is dat die graan eers moet opkom voordat die dekking in werking tree. Die risiko vanaf plant tot opkoms word nie gedek nie. Die versekering word baseer op die langtermyn gemid­delde opbrengs oor ‘n aantal jare, die sogenaamde LGO. Die versekering se dekking word baseer op 60 % van die langtermyn gemiddelde opbrengs. Die voordeel van die tipe versekering is dat die produsent beskerming geniet teen droogte, hael en ander natuurlike oorsake. Met die tipe versekering word die gevestigde oes as sekuriteit gebruik vir die finansiering. Die eiendom word dus nie gebruik as sekuriteit om finansiering te bekom nie. Seku­ riteit bestaan uit die potensiële opbrengs wat verskans word. Indien die oesskatting minder is as wat die LGO is, tree die versekering in werking.

Samevatting Die potensiaal van die studie is daarin geleë dat dit waarde kan toevoeg indien die beginsels

32

van risikobestuur in die landbou toegepas word. Dit wil voorkom asof dieselfde patroon jaar op jaar gevolg moet word om prysrisiko’s te bestuur. Deur dieselfde resep jaar op jaar te volg, word die laagtepunte van die pryskurwe uit bestuur. Deur die gelykbreekvergelyking toe te pas, word die winspotensiaal bepaal en dan kan besluite objektief en emosieloos geneem word. Indien emosie ‘n rol in besluit­ neming speel, word feite oor die hoof gesien. Risiko’s kan verder beperk word deur multirisiko verseke­ ring uit te neem. Die voordeel van die tipe versekering is dat die oes as sekuriteit dien. Die grond of eiendom word nie belas deur dit as sekuriteit aan te wend nie. Suidwes Landbou het die volgende produkte wat produsente kan gebruik om in die mark te bly: • Vaste basis kontrak – slegs die basis word bepaal en prysing kan in die toekoms geskied. • Voorskot met ‘n uitgestelde prys (VUPK)-kontrak. Die fisiese graan word op die kontantmaand (“spotmaand”) verkoop en die tonnemaat teruggekoop op Safex. Die Safex-verwysingsprys vir

Ons Eie

Datum Safex Basis Vestiging Premie

Rolkoste Boerprys

6 Okt -11 17 Nov -11 20 Jun -12 R 1,720 R 1,960 R 2,059 safex -basis R 240 R 240 R 263 koste (aanpassing) R 15 R 20 R 20 -vestiging koste R 197 R 197 R 307 (koop) -R 81 R 0 (verkoop) R 191 (nuwe koop) -totale premie R 307 R 307 (koop/verkoop/koop) R 20 R 20 R 1,465 R 1,465 R 1,673 =boerprys*

* Boerprys is die nettoprys na aftrekkings wat die produsent ontvang. die terugkoop van die graan word geneem op Maart 2015 se prys. 70% van die kontantprys word aan die produsent uitbetaal en met die restant van 30% wat teruggehou word, word ‘n Maartmaandposisie op Safex ingeneem met ‘n termynkontrak (“future”). Die voordeel is dat daar markblootstelling is terwyl ‘n gedeelte van die kommoditeit se waarde klaar ontsluit word. Die kontrak kan enige tyd gekanselleer word. Die nadeel is dat die wins en of verlies vir die produsent se rekening is. • Direkte produsente opbergle­ ning (DPO): Die graan word nie verkoop nie, maar dien as sekuriteit, waarteen produ­

Oktober 2014

sente 70% van die afgeleide Maart 2015 Safex-prys kan leen. Die afgeleide prys word bereken as: Maart 2015 Safex-prys Min: Vervoerdifferensiaal Min: Drakoste (rente en stoorkoste) Vermeningvuldig met 70%. Die lening is rentedraend en aansoeke kan by die kredietkantore verkry word. • Alternatiewelik kan koopopsies (Calls) ook oorweeg word, indien die verwagting is dat die mark kan styg. Die voordeel is dat die koste bekend is en dat die moontlike verlies beperk word tot die koste van die opsie.

www.suidwes.co.za


B EM A RK I NG

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

33



L A NDB O UK UNDI G

Die vyf 5 B’s van boerdery voor plan(t)tyd ARTIKEL DEUR:

Gerrie Ludick Landboukundige: Technichem Oesbeskerming

‘n Ou Arabiese spreekwoord lui: “He who predicts the future lies, even if he only tells the truth.” As boerdery ‘n gelykmatige besigheid was sonder enige van die verrassings wat veranderende seisoene bied, sou ‘n mens straks bostaande spreekwoord kon ignoreer. Dit is waarskynlik ons vermoë om baie jare se ‘ou’, verworwe kennis (oorgedra deur ons voorouers), te kombineer met nuwe tegnologie en toerusting dat ons SuidAfrikaanse boere as van die bestes in die wêreld beskou word.

www.suidwes.co.za

Hierdie nuwe gereedskap wat ons het om mee te boer, veroorsaak egter dat ons besluitnemingsprosesse al meer kompleks raak en groter ekonomiese risiko’s meebring. Dit is so dat voorseisoenplanne normaalweg die beste planne is, maar jy moet onthou dat jy dit vir een hele seisoen gaan volg, ongeag wat die klimaat of markte doen. Ons kan dus sê dat die resultaat van ons besluite eers gemeet gaan word as die geld in die

bank is, ‘n hele seisoen later! Juis daarom wil ek die 5 B’s van boerdery, naamlik Beplanning, Besluitneming, Betyds, Begin net en Bestuur, hier bespreek. Augustus en September is ons boere se beplanningsmaande. Dis wanneer boeke gevat word oor wat gewerk het en wat nie. Hoe meer tyd ons aan beplanning spandeer, hoe makliker raak ons besluitneming. G’n wonder produsente wat die beste pryse vir hulle

graan verdien, is dié wat hierdie tyd van die jaar al begin dink en werk daaraan nie! In Chantell Ilbury en Clem Sunter se boek The mind of a fox, word ‘n uitstekende matriks gebruik vir scenariobeplanning. Hierdie matriks kan ook gebruik word vir boerderybeplanning en sal byvoorbeeld lyk soos in die meegaande figuur. Uit die illustrasie kan ons sien dat daar omstandighede is

bl 37 >>>

Die “fox -matrix” vir boerderybesluitneming

Ons Eie

Oktober 2014

35


L A NDBO UKUNDI G

36

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Die vyf B’s waaroor ons geen beheer het nie, en ander waaroor ons wel sekerheid en volle beheer het. Die matriks sal verskil van boer tot boer. Die doel met so ‘n oefening is om te bepaal waaraan jy die meeste tyd en beplanning moet spandeer, en watter van die faktore die grootste risiko en finasiële impak gaan hê. Ons kan ook uit die grafiek aflei dat die meeste ander faktore bestuur kan word, omdat ons meer sekerheid en beheer daaroor het. Ons mielie-, koring- en sonneblomboere is prysnemers en daarom het ons onsekerheid oor produktepryse, maar ons kan wel onsself verskans en dus ‘n mate van beheer daaroor kry. Dit is belangrik om besluite te neem met die beste kennis tot ons beskikking, en daarvoor behoort ons onsself met mense te

omring wat die beste inligting kan verskaf oor ‘n bepaalde boerderyvertakking. ‘n Mielieboer sal byvoorbeeld sy kennis aanvul met die hulp van verteenwoordigers en landboukundiges van insetprodukte soos saad, kunsmis, diesel, onkruiddoders, implemente en trekkers. Hy sal ook om hulp aanklop by ervare ouer boere en ander suksesvolle boere in die omgewing, sy kredietverskaffer, graanhandelaar(s) en enige iemand met die nodige kennis om hom te help met sy besluite. Boere wat hul vrouens insluit by die besluitnemingsproses doen dit met groot sukses, want ‘n vrou sien dinge uit ‘n ander perspektief, wat soms ‘n balans teweegbring. Gebruik hierdie “fox-matrix” en vul die name van belangrike rolspelers by die faktore in en bou vir jouself ‘n meesterbrein wat jy gedurigdeur kan raadpleeg vir sinvolle scenariobeplanning. Dit bring my by die derde

B, naamlik Betyds. Maak maar daardie dieselpypie wat so lek betyds reg, diens die trekkers betyds, en sorg vir genoeg toerusting om die lande voor te berei of te plant, en spuit betyds teen goggas of siektes. Jy kan maar self ander aspekte neerskryf en hierdie belangrike B toets. Die vierde B is Begin net. As jy geneig is om uit te stel, moet jy besef dat jy dit sal moet bestuur en planne sal moet maak om dit te oorkom. Jy kan byvoorbeeld iemand aanstel om jou te help hiermee, want dit sal uiteindelik die sukses van jou boerdery bepaal. Die laaste B is Bestuur. Dit is krities belangrik om die besluite wat deur die seisoen geneem word, te bestuur. Dit gebeur dikwels dat besluite nie enduit bestuur word nie, en dat tyd en kapitaal so vermors word. Aanpassings deur die seisoen is een van die belangrikste bestuursbesluite in boerdery.

Om saam te vat: Beplan en bestuur jou boerdery – besluit betyds en begin net! (Bronne: The mind of a fox Scenario planning in Action: Chantell Ilbury, Clem Sunter - 2006, BoerderybestuurlesingDr. G. Sceronio - UVS 2008)

As jy geneig is om uit te stel, moet jy besef dat jy dit sal moet bestuur en planne sal moet maak om dit te oorkom. Jy kan byvoorbeeld iemand aanstel om jou te help hiermee, want dit sal uiteindelik die sukses van jou boerdery bepaal.

Nie-selektiewe onkruiddoders: Clear All & Clear Pave beheer alle ongewenste eenjarige- en meerjarige grasse, breëblaaronkruide, riete en indringerstruike. Omdat daar geen grondaktiwiteit is nie, word slegs behandelde plante beheer. Selektiewe onkruiddoders: Pure Lawn, Super Lawnweeder en Versus beheer breëblaaronkruide op grasperke sonder om die grasperk dood te maak. Servian beheer uintjies en breëblaaronkruide op grasperke sonder om die grasperk dood te maak en is verpak in ’n gerieflike wateroplosbare sakkie, dus is daar geen hantering of afmeet van produk nie. ‘n 1 g-pakkie behandel 200 m2. Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 Clear Pave: glifosaat 360 g/l a.e, L7219, VERSIGTIG, Clear All: glifosaat 360 g/l a.e, L7221, VERSIGTIG , Pure Lawn: MCPA 400 g/l, L7220, VERSIGTIG, Versus: dicamba 120 g/l, 2.4-D 180 g/l a.e., MCPA 157.5 g/l, L8879, SKADELIK - Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid-Afrika (Edms) Bpk, reg no: 2009/019713/07, Super Lawnweeder: dicamba 120 g/l, 2.4-D 180 g/l a.e., MCPA 157.5 g/l, L4370, SKADELIK, - Registrasiehouer: Enviro Weed Control Systems, reg no 1999/06136/07 , Servian: halosulfuron (sulfonylurea) 750 g/kg, L5617 - Registrasiehouer: Syngenta South Africa (Edms) Bpk, reg no 1998/013761/07 . Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Pty) Ltd, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel nr (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za

Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE-BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, tel no (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.proteksa.co.za

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

37


38

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Gebruik Stikstof effektief op mielies ARTIKEL DEUR:

Martin Harris

TRIOMF Agri Excellence

Planttyd is besig om vining nader te kruip en vir die saaiboer is die boerderyomgewing onseker die komende seisoen. Insetkoste moet doeltreffend bestuur word om te verseker dat optimum winste onder moeilike ekonomiese toestande gegenereer kan word. Kunsmis maak tussen 25% tot 27% van die totale direktoedeelbare veranderlike koste van die saaiboer uit en is sy enkele grootste inset. Stikstof maak die grootste komponent van enige bemestingsprogram uit. Die produsent se finale besluit word gewoonlik gedryf deur sy tole-ransie vir risiko met verskillende stikstofbronne en die koste daarvan. Een van die belangrikste ekonomiese oorwegings is om die koste per kilogram N te bereken:

Omdat stikstof in die grond blootgestel word aan die ammonifikasie- en nitrifikasieproses is dit belangrik om te verstaan waar elke stikstofbron inskakel in die proses. Daar bestaan vir jare reeds tegnologie wat veral in Amerika gebruik word om die vervlugtigingsrisiko van ureum te beperk deur urease-inhibeerders te gebruik. In die verlede kon die boer nie ureum bo-op die grond toegedien het nie weens groot stikstofverliese, maar die nuwe

R/kg N = Afgelewerde prys (R/ton) van Stikstofbron N-konsentrasie van produk

www.suidwes.co.za

Ons Eie

tegnologie maak dit moontlik om ‘n 46% stikstofbron bo-op die grond toe te dien met minimum verliese. Die grootste voordeel hiervan is dat die saaiboer nou toegang het tot ‘n goedkoper stikstofbron met laer risiko. Saaiboere verloor jaarliks duisende rande met stikstof wat uit die grond loog, veral op sanderige grond of grond wat uit ‘n geloogde E-horisont bestaan. Die rede is dat nitraat negatief gelaai is en saam met die water uit die grond beweeg. Op hierdie tipe grond is dit dus ‘n risiko om KAN of ANO te gebruik omdat 50% van die stikstof in die bron alreeds in nitraatvorm is. Nitrifikasie-inhibeerders word baie suksesvol gebruik om die loging van nitraat te beperk. Die nitrifikasieinhibeerder hou die stikstof langer in ammoniumvorm wat nie loog nie en die omskakeling na nitraat is stadiger. Die vraag ontstaan gereeld of dit beter is om stikstof te “pre-plant” of te ‘top-bemes’. Die antwoord op hierdie vraag is uitsluitlik opgesluit in die gronde se fisiese kenmerke. Hier speel akkurate grondklassifikasiedata ‘n baie belangrike rol. Daar bestaan reeds vir baie jare tegnolgie wat baie akkuraat vog op geslek-

Oktober 2014

teerde sones in die land kan meet, maar om die sones te bepaal moet die lande eers fisies gekarteer word. Dit is uiters belangrik om voor die plantseisoen te weet wat die vogstatus van die grond is, asook die vermoë van die grond om vog te stoor. Die gestoorde vog sal ‘n groot invloed op potensiaal hê. Omdat die Wes-Vrystaat en NoordWesprovinsie tradisioneel aan ‘n midsomerdroogte blootgestel word, kan mielieplante wat vroeg in die seisoen aan baie stikstof blootgestel is, aanvanklik baie welig groei en gedurende die midsomerdroogte in stremming ingaan. Die rede hiervoor is dat die plant te welig ontwikkel het vir die vog wat beskikbaar is in die grond. Indien die vogstatus in die grond dus voor die plantseisoen voordelig is, kan die opgebergde vog die plant deur die midsomerdroogte ondersteun. Sandgrond (kleipersentasie <15%) is baie meer geneig tot loging en dit kan moontlik meer effektief wees om topbemesting toe te dien. Daarteenoor kan dit veliger wees om meer kleierige grond (kleipersentasie >15%) te “pre-plant”, maar dan moet daar genoeg gestoorde vog wees om die plant deur die midsomerdroogte te ondersteun.

39


L A NDBO UKUNDI G

’n

Spilpunt besproei ook baie doeltreffend, die boer het byna volkome beheer daaroor. Dit kan hooggroeiende gewasse ook met sukses besproei. Maar ’n spilpunt het ook nadele en die eerste daarvan is dat dit tot die sirkelvormige land beperk is. Tensy jy een met ’n swaai-arm aanskaf, maar dit is so duur dat dit byna onbetaalbaar en dikwels nielonend is nie. Om die spilpunt se groot uitvalstukke te benut, gebruik boere dikwels klapspuite. Een van die redes waarom ’n spilpunt so duur is, is omdat elke toring met sy wielstelsel ’n elektriese motor met ’n aandryfstelsel moet hê en daarom moet daar, benewens water, ook elektrisiteit na die spilpunt aangelê word. Dit word weer die prooi van kabeldiewe en versuur die boer se lewe. Hoewel ’n spilpunt duur is, elektrisiteit vreet, onderdele het wat gereeld vervang moet word en erge wind kan soms torings omwaai om nog groter skade te veroorsaak, is dit steeds ’n doeltreffende en gewilde vorm van besproeiing.

Alternatiewe besproeiing het heelwat voordele

Die meeste hektare onder besproeiing in ons land word deur middel van spilpunte gedoen. Die voordele van ‘n spilpunt is voor-die-hand-liggend. ’n Spilpunt het net een waterpunt nodig om ’n groot gebied te besproei. Daar is spilpunte wat sirkels van tot meer as 100 hektaar kan besproei, maar as ’n mens so ’n groot land wil maak, moet jy seker maak dat jou grond homogeen is, anders kan jy nie regtig volgens elke plant se behoefte besproei nie. Spilpunte het byna geen arbeid nodig nie. Dit moet net aan- en afgeskakel word en die boer kan die moderne stelsels sommer met die selfoon vanuit sy voorhuis beheer.

40

Ons Eie

Die alternatief Oorhoofse sprinkelbesproeiingstelsels, wat aan oorhoofse kabels hang wat op pale aangebring is, oorkom baie van die spilpunt se tekortkominge: Dit is geskik vir enige vorm en grootte land en enige grondoppervlak. Dit kan in seksies met krane aangebring word sodat jy kan besluit presies watter deel van die land jy wil besproei en jy kan beheer hoeveel water elke deel moet kry. ’n Verdere voordeel van die stelsel is dat dit gebruik kan word om gewasse af te koel tydens ’n hittegolf en, soos ’n kruipspuit, verg so ’n stelsel net ’n pomp en nie ook elektriese krag vir aandrywing nie. Daar is boere wat gelukkig is om genoeg swaartekragdruk vanaf hulle waterbronne te hê, sodat hulle oorhoofse sprinkelstelsels geen aandrywing of elektrisiteit benodig nie. Daar is ook niks aan so ’n stelsel wat vir diewe die moeite werd is om te steel nie.

Oktober 2014

Die nadeel van die stelsel is dat dit baie duur is om op te rig omdat daar baie pale geplant en kabels gespan moet word. Die pale moet lank en hoog wees sodat trekkers en stropers daaronder kan beweeg. Die pale in die land bemoeilik die beweging van veral spuite. Die grootste voordeel van die stelsel is dat dit, nadat die koste vir oprigting aangegaan is, die boer byna niks aan onderhoud kos nie en die pompkoste die enigste ander uitgawe is om die stelsel doeltreffend te laat werk. Floppy Sprinkler, ‘n plaaslike verskaffer van oorhoofse sprinkelbesproeiingstelsels, is een van Terratek se verskaffers. Hulle rig saam met Terratek ’n stelsel van 12 500 ha op in die eerste fase van ’n projek van 100 000 ha in Soedan. Floppy Sprinkler se oorhoofse kabelstelsel bied ’n goeie ekonomiese oplossing vir spilpunt-uitvalhoeke asook vir enige grootte en enige vorm land. Met die unieke vloeibeheerder is besproeiing teen hellings ook maklik haalbaar. Die oorhoofse kabelstelsel het verskeie voordele. Groot trekkers en werktuie - selfs stropers - kan vryelik onder die stelsel werk aangesien pale op die werksakker 75 meter uitmekaar is. Elke stelsel kan uniek ontwerp word, presies volgens die boer se vereistes. Kunsmis en chemikalieë kan ook baie akkuraat deur die stelsel toegedien word, al staan die gewas, soos mielies, twee meter hoog! Geen spuitkarre is dus nodig nie. Water word akkuraat en tydig toegedien. Verskillende gewasse kan op verskillende blokke verbou word. Onderhoud is minimaal, want die sproeier en stelsel het nie slytende of bewegende dele nie. Behandelde pale hou tot 50 jaar. Vir lusern en aangeplante weiding kan die goedkoper, ligter stelsel gebruik word, wat nog steeds 3 meter hoog is. Die oudste oorhoofse kabelstelsel wat deur Floppy Sprinkler installeer is, werk nou 25 jaar met dieselfde sproeiers. Die stelsel is uiters geskik vir presisieboer-

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Oorhoofse besproeiing in die praktyk

Terratek se projek in die Soedan, waar voergewasse in die woestyn verbou word, maak hoofsaaklik van oorhoofse besproeiing gebruik. Ons Eie het vir IB Oosthuizen, die bestuurder oor die projek, uitgevra oor hoe die sisteme in die praktyk werk: “Dit is belangrik om eers na drie aspekte te kyk wat krities is om dié sisteem suksesvol te maak. Ongeag al die voordele en die inherente uniekheid wat die oorhoofse sisteem onderskei van enige ander besproeiingstelsel, kan so ‘n stelsel skipbreuk ly indien hierdie aspekte nie perfek in plek is nie:

Ontwerp – die ontwerp moet aanpas by die waterbron se kapasiteit, die klimaat van die spesifieke omgewing, die boerderymetodes toegepas en by die toerusting wat gebruik word. Materiaal – die beste gehalte materiaal moet gebruik word in die installasie om die sisteem oor die lang termyn suksesvol te maak. Installasie – die gehalte van die totale installasie moet uitstekend wees om die sisteem oor die lang termyn suksesvol te maak.

Hoewel die aanvanklike oprigtingskoste van ’n oorhoofse besproeiingstelsel duur is, is daar soveel ander voordele dat dié koste oor die lang termyn nie ’n groot invloed het nie. dery. Onlangs is 21 ton per hektaar mielies en 12 ton per hektaar koring onderskeidelik met die Floppy-stelsel geproduseer by Jan Kempdorp. Die koste vergelyk goed met spilpunte kleiner as 20 ha. Groot stelsels van tot 500 en selfs 1 000 ha is reeds opgerig. Ons beveel aan dat ’n professionele installeerder, wat deur Floppy Sprinkler goedgekeur is, gebruik word vir ’n netjiese stelsel. Kontak Floppy Sprinkler by 013-752-4252 vir meer inligting.

www.suidwes.co.za

Wat maak die sisteem uniek? Dit benut beskikbare grondoppervlakke optimaal – feitlik geen uitvalgrond. Onderhoud is baie laag indien die gehalte van die materiaal en die installasie goed is. Die meeste onderdele is redelik eenvoudig en algemeen beskikbaar. Onderhoud is nie net laag nie, maar ook baie eenvoudig. Dit is baie eenvoudig om te gebruik – operasionele eenvoud. ’n Nuwe ontwerp met 84 m spanne (instede van 60 m) met pale wat 6 m bo die grond is, maak die gebruik van groot toerusting moontlik en bring installasiekoste af. Dit verskaf eenvormige waterverspreiding (DU – distribution uniformity) oor die hele area. Dit is veral waardevol waar grondverskille voorkom. Spilpunte het ‘n baie hoër toedieningstempo aan die buitekant – dit veroorsaak maklik afloop en toeslaan van grond. Gevolglik is besproeiingseffektiwiteit aan die buitenste deel laag. Ons sien hoe projekte met spilpunte hier in die woestyn onder die hoë temperature

Ons Eie

sukkel om genoeg waterindringing aan die buitekant te kry en hoe dit ook sukkel om water op die grond te kry want die sproeiers maak ‘n mis wat verdamp. Matige toedieningstempo van water maak diep waterindringing moontlik. Kunsmis kan eenvoudig en eenvormig deur die sisteem toegedien word. Dit gee uitstekende beheer oor die hoeveel water wat neergesit word. Omdat dit reëndruppels naboots, is druppelimpak op die grond sowel as op klein saailinge feitlik minimaal. Waterverbruik is besonder doeltreffend. Hoewel minder water op die grond kom onder die baie warm toestande hier in die woestyn (tot meer as 50°C) en weens sterk winde, is dit sigbaar baie meer as op projekte met spilpunte rondom ons onder dieselfde omstandighede. Aanplantings kan vir die korrekte vogstatus natgemaak word met finale saadbedvoorbereiding. Die benatting is eenvormig en kan vinnig gedoen word – dit is veral belangrik vir gewasse met baie fyn sade. Dit verlaag ook risiko vir soutakkumulasie op die oppervlak waar water en grond ‘n sout-risiko is. Met die eenvormige verspreiding van water en die benattingstempo wat nader aan die infiltrasietempo van die grond geregguleer kan word, kan besproeiingstydperke beter geskeduleer word om eweredige, diep waterindringing te kry. Dit is baie moeiliker om dit by spilpunte eenvormig te kry omdat die toedieningstempo op die punt maklik die infiltrasietempo oorskry. Die “micro cooling”-effek wat ons verkry, verleng groeiperiodes van plante onder die uiterste temperature – dit

Oktober 2014

verlaag die aanvoelbare temperatuur (selfs buite geskeduleerde “microcooling” tydindeling). Dit maak hoër opbrengste moontlik. Spilpunte val en sit vas – ons sien dit by verskeie projekte hier en dan gooi hulle gruisbane vir die wiele. Hiedie gruis beskadig veral snymasjiene wanneer die toerusting dit optel. By ‘n projek hier naby staan al vyf snyers weens die (kleinerige) klippe in die gruis wat deur die masjiene is. Kunsmis kan nie die toerusting erodeer nie, want alles is plastiek – geen korosie. Energiekoste is laag omdat dit net die pomp is wat elektrisiteit gebruik. Die enkele nadele is: Die stelsel kan nie geskuif word nie, indien die grond egter reg gekies is, is dit nie nodig nie. Baie min boere skuif in elk geval hulle spilpunte. Dit neem langer om te installeer. Wind skuif die benattingspatroon, maar die impak kan verklein word met ‘n “windbreak” en is net ‘n groot probleem waar die wind erg waai. Selfs dan is resultate beter as met spilpunte. Aanvanklike koste kan moontlik ‘n nadeel wees, maar oor die langtermyn verander die som. Groot toerusting kan onder die 6 m pale beweeg.

41


L A NDBO UKUNDI G

42

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Speenkanaal hou sleutel tot Uiergesondheid ARTIKEL DEUR:

Dr JH du Preez Besturende direkteur, Instituut vir Suiweltegnologie

DIE SPEENKANAAL IN DIE punt van die speen is ongeveer 8 – 10 mm lank en ongeveer 1 mm in deursnee. Die hooffunksie van die speenkanaal is om melk in die uier te hou en te voorkom dat siekteveroorsakende (patogene) mikroörganismes (soos bakterieë) die uier binnedring. Die gesonde, onbeskadigde en intakte speenkanaal is die belangrikste enkele eerste linnie verdedigingsmeganisme teen siekteveroorsakende mikroörganismebesmetting van die koei-uier wat mastitis kan veroorsaak. Die speenkanaal (galaktogeen ­Figuur 1) is die hooftoegangsroete vir bakterieë na die uier se weefsel waar melk vervaardig word. Binnedringing na die uierweefsel kan ook deur die bloedstroom (hematogeen) of deur beserings van die speen of uier (traumatogeen) plaasvind, maar dit is nie so belangrik nie. Omdat die hedendaagse melkkoei meesal in onnatuur-

www.suidwes.co.za

like omstandighede soos nulbeweidingstelsels, behuisingstelsels en uitermatige groot troppe op weidings aangehou word, is dit van uiterste belang dat die melkkoei

Ons Eie

se speenkanale gesond, intakt en onbeskadig moet wees en normaal moet funksioneer. Die boonste tweederdes tot driekwart (ongeveer 6-7 mm) van die speenkanaal is nor-

Oktober 2014

maalweg vry van bakterieë en besmetting. Die onderste gedeelte (1-2 mm) van die speenkanaal, wat uitmond in die speenopening en in kontak

bl 44 >>>

43


L A NDBO UKUNDI G >>>

Speenkanaal

is met die omgewing waar die koei haar bevind, huisves baie keer bakterieë en dit word geredelik as normaal beskou (Figuur 2). Indien bakterieë die speenkanaal binnedring en die hele speenkanaal besmet, word dit ‘n speenkanaalinfeksie of -besmetting genoem wat ‘n speenkanaalinflammasie tot gevolg kan hê. Onderskeid moet getref word tussen speenontsteking

(telitis) en speenkanaalontsteking wat twee aparte entiteite is. Speenkanaalinfeksies word meesal veroorsaak deur ‘n enkele bakteriese besmetting (bv. Staphylococcus aureus) maar soms ook deur ‘n gemengde besmetting (twee of meer bakteriese spesies). Die belangrikste bakterieë wat mastitis veroorsaak en in die speenkanaal voorkom, is: Staphylococus aureus, Escherichia coli, Corynebacterium pyogenes, Klebsiella oxytoca, Enterobacter

Melkafskeidende eenheid / alveolus. Uierkwart het ongeveer 500 miljoen alveoli Melkbuisies

Melkbuise

Klierholte

Figuur 1: Die ontwikkeling van uierbesmetting wat mastitis veroorsaak

Speenholte Speen Speenwand Speenkringspier Speenpunt

Speenkanaal met speenkanaalopening. Die algemeenste roete (galaktogeen) hoe kieme (bakterieë) die uierkwart / speen binnedring.

Die ontwikkeling van uierbesmetting wat mastitis veroorsaak 1. Potensieel mastitogene (siekteveroorsakende) bakterieë besmet die speenpunt. 2. Bakterieë versprei na en groei in die speenkanaal. 3. Bakterieë verkry toegang tot die speen- en klierholtes (3a, 3b) en besmet die klierepiteel. 4. Bakterieë vermeerder en versprei verder deur die melkbuise tot hulle uiteindelik die alveoli, (melkproduserende eenhede) wat melk produseer en afskei, bereik. 5. Die alveoli raak besmet. 6. Die melkafskeidende epiteel van die alveoli word beskadig en sommige epiteelselle word vernietig en afgestoot. 7. Epiteelskade vererger en die volle melkklierepiteel (uier-parenchiemweefsel) van die alveoli word vernietig. Etter vorm in die alveolêre holtes en buisholtes en word deur melk uitgespoel wat nog deur die onbeskadigde alveoli gevorm word, sodoende word die mastitis klinies (sigbaar) waarneembaar. 8. Bindweefsel word om en in die beskadigde alveoli neergelê en littekenweefsel vorm wat die alveoli vervang en sodoende elimineer en onfunksioneel maak. Aangesien groot dele van die melkafskeidende weefsel vernietig word, verlaag melkproduksie en die uierweefsel word verhard en abnormaal. Die vernietiging van die alveoli is permanent en onomkeerbaar en die uierkwart.

44

Ons Eie

Speen Die normale speenkanaal is meesal tregtervormig van bo na onder. Dis deel van die speenpunt verdedigingsmeganisme.

Speenholte

Die boonste tweederdes (ongeveer 6-7 mm) van die speenkanaal is normaalweg vry an bakterieë en besmetting.

Die lengte van die speenkanaal in die speenpunt is ongeveer 8-10 mm en die deursnee ongeveer 1 mm. Die onderste derde (ongeveer 1 - 2mm) van die speenkanaal wat uitmond in die speenopening huisves baie keer bakterieë en dit word geredelik as normaal beskou.

Speenkanaal opening

Figuur 2: Speenpunt met speenkanaal

spp, Pseudomonas aeruginosa en verskeie Streptococcus spp. Die speenkanaalbesmetting kan vir ‘n onbepaalde tyd voortbestaan, die koei/uier kan dit self elimineer (gesond maak) of dit kan aanleiding gee tot subkliniese (onsigbare) of kliniese (sigbare) mastitis met al die nadelige gevolge. Mastitis hoef nie voorafgegaan te word deur speenkanaalinfeksies nie, maar kan direk ontstaan deurdat bakterieë deur die speenkanaal tot in die uierweefsel beweeg en dan daar besmetting veroorsaak (Figuur 1). Speenkanaalbesmetting is nie sigbaar nie (subklinies), is onopvallend, is ‘n entiteit op sigself en is beperk tot die speenkanaal in die speenpunt en staan los van inflammasie van die melkbuise (galaktoforitis) en mastitis waarby die uierweefsel (uierparenchiem) betrokke is. Speenkanaalbesmetting en – ontsteking kan nie met die blote oog waargeneem word nie. Goeie uier-, speen- en speenkanaalversorging is ononderhandelbaar en die hoeksteen vir goeie uiergesondheid en minimale voorkoms van mastitis. Wat is mastitis? Mastitis beteken inflammasie of ontsteking van die melkklier of uierweefsel. Die woord mastitis is afkomstig van die Griekse word mastos, wat uier beteken, en –itis, wat op ‘n inflammasie dui. Mastitis is ekonomies die belangrikste en duurste siekte in suiwelkuddes wêreldwyd as

Oktober 2014

daar nie voldoende beheermaatreëls bestaan nie. Mastitis word hoofsaaklik veroorsaak deur bakterieë (meer as 100 verskillende spesies) maar ander oorsake soos chemiese stowwe, termiese oorsake, beserings (trauma) en die inname van voedingstowwe wat sekere hormone bevat, virusse en ander mikroörganismes speel ‘n minder belangrike rol as oorsaak. Mastitis kan beskou word as ‘n ‘beroepsiekte’ van melkkoeie, omdat die mens melkkoeie met die jare geteel en geselekteer het om nie net vir haar kalf genoeg melk te produseer nie, maar baie meer as dit om finansiële voordele vir die eienaar te bring. Die ekonomie van mastitis Mastitis affekteer ongeveer elke vyfde koei uit die wêreld se populasie van melkbeeste. In Suid-Afrika het slegs agt uit elke tien koeie ‘n gesonde uier; 0.3 (3 %) het kliniese (sigbare) en 1.7 (17 %) subkliniese (nie sigbare) mastitis in een of meer uierkwarte. Die produksie-verlies van kwarte met kliniese mastitis kan van 10 tot 80 % of selfs meer wees en die met subkliniese mastitis van 5 tot 40 %. Indien moderne, voorkomende veeartsenykundige praktyke toegepas word, kan die voorkoms van mastitis in SuidAfrika met minstens nog 10 % of meer verminder word. Dit sal die jaarlikse melkproduksie met meer as 200 miljoen liter per jaar in Suid-Afrika verhoog.

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Die gesonde, onbeskadigde en intakte speenkanaal (tregtervormig van bo na onder) is die belangrikste enkele eerste linie verdedigingsmeganisme teen siekteveroorsakende mikroörganisme (soos bakterië) wat die koei-uier kan besmet en mastitis kan veroorsaak. In terme van ekonomiese verliese is mastitis die belangrikste siekte vir die melkboer. Daar is ‘n jaarlikse verlies van meer as R500 miljoen in SuidAfrika as gevolg van mastitis. Tenminste 17 % van alle melkkoeie is in een of meer kwarte meesal met subkliniese mastitis geïnfekteer. Die meeste van die finansiële verliese weens mastitis word veroorsaak deur swak kwaliteit van die melk, vrektes, uitskot, melk wat weggegooi moet word, die koste aan terapie en melk wat nie geproduseer word nie. Mastitis het ‘n nadelige invloed op die samestelling en kwaliteit van melk omdat mastitismelk se laktose (suiker), kaseïenproteiëne en bottervet verlaag is. Omdat mastitismelk baie etter bevat, is dit esteties onaanvaarbaar vir menslike gebruik. Mastitis speel ’n belangrike rol in melkgedraagde siektes en melkgeassosieerde soönoses (siektes oordraagbaar van die dier na die mens) soos brucellose, leptospirose, Staphylococcus enterotoksikose (voedselvergiftiging) ensovoorts. Die mastitismelk is nadelig en ongeskik vir verwerking na neweprodukte soos joghurt, kaas ensomeer. Mastitismelk kan die pasteuriseringsproses nadelig beïnvloed. Mastitisterapie kan antibiotiese resideue in die melk tot gevolg hê, wat ‘n nadelig effek op die verbruiker daarvan kan hê. ‘n Ekonomiese benadering kan melkboere oortuig van die behoefte aan ‘n mastitisbeheerprogram.

www.suidwes.co.za

Elektronmikroskoop foto (10 000 x vergroot) van bakterieë (Staphylococcus aureus) in die speenkanaal wat speenkanaalinfeksie veroorsaak. Een van die bakterie is besig om te vermeerder.

Speenkanaalskans Die speenkanaal is tregtervormig van bo na onder waar dit uitmond in die speenkanaalopening wat in kontak is met die omgewing. Omdat die speenkanaalopening baie klein is, is dit ‘n doeltreffende skans teen die binnedring van mikroörganismes na die speenholte en die uierweefsel. Die speenkanaal is ook uitgevoer met epiteelselle wat bakterieë vasvang en dit bemoeilik om te vermeerder (vetsure en kationiese proteïene) weens die keratien wat dit produseer. Van die epiteelselle in die speenkanaal wat bakterieë vasvang, skilfer elke dag af en met die melkproses word die epiteelselle met bakterieë verwyder en beskerm sodoende ook die uierweefsel teen besmetting. Die sluitspier in die punt van die speen rondom die speenkanaal verseker doeltreffende sluiting van die speenkanaal na melking om die binnedring van bakterieë te verhoed. Dit neem die sluitspier ongeveer 15 tot 25 minute na melking om die speenkanaal doeltreffend te sluit. Dit is raadsaam dat koeie staan en nie gaan lê vir ’n tyd (15 – 25 min) na melking. Die speenkanaal moet dig sluit om besmetting van die speenkanaal te verminder of te voorkom. Speendoop word ook aanbeveel na melking, want indien bakterieë die speenkanaal probeer binnedring sal die ontsmettingsmiddel in

Ons Eie

die speendoop die bakterieë meesal elimineer totdat die sluitspier die speenkanaal dig sluit. Die hidrofobiese (nie lief vir water) eienskap van die speenkanaalepiteel bewerkstel-

lig droë kondisies in die speenkanaal tussen melkings wat nadelig is vir bakteriese groei. Ten spyte van voorgenoemde skans, koloniseer (vestig) en vermeerder baie bakteriese spesies om verskeie redes in die speenkanaal. Beskadiging of versteuring van die normale mikromilieu in die speenkanaal, deur melkmasjiene wat nie reg werk nie, kan die keratienuitkleding van die speenkanaal beskadig of uitpers. Tipiese melkmasjiendefekte sluit in: melkmasjiene wat nie behoorlik funksioneer nie (te hoë vakuum), swak sanitêre toestand van die melkmasjien of oorgebruikte speenhulsrubbers wat groot krag op die speenpunt toepas. Oormelking voor en na melking (die melkereen-

bl 47 >>>

Die speenkanaal onder die ligmikroskoop. Hierdie speenkanaal is gesond, onbeskadig en heel. Die keratienuitkleding (sien pyltjie) van die speenkanaal is nie versteur nie en die mikro-milieu funksioneer normaal.

Beskadigde speenkanaal onder die ligmikroskoop. Daar is geen keratienuitkleding van die speenkanaal nie. Die uierkwart het ‘n baie groot risiko vir mastitis omdat die speenkanaalskans beskadig is en bakterieë makliker toegang tot die uier kan kry.

Oktober 2014

45


L A NDBO UKUNDI G

46

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

>>>

Speenkanaal heid is nog aan die koei gekoppel, maar daar is geen melkvloei nie) is een van dié mees nadelige aksies wat die keratienuitkleding in die speenkanaal en ander speenkanaalweefsel beskadig. Vakuumonstabiliteit het ook ‘n nadelige uitwerk-

ing op die speenkanaalskans. Die kalf wat aan die koei drink/ suip veroorsaak baie min indien enige beskadiging of versteuring in die speenkanaal – dit is ‘n natuurlike aksie teenoor die onnatuurlike melkwinning deur handmelking of masjienmelking. Speendoop voor en na

melking speel ’n geringe of geen rol in die uitskakel van speenkanaalinfeksies. By die speenkanaalopening en in die onderste (distale deel) 1 mm van die speenkanaal sal speendoop bakterieë, wat ’n bron van besmetting vir die uier kan wees, tot ‘n mate elimineer.

bl 49 >>>

Elektronmikroskopiese foto (10 000 x vergroot) van bakterieë (Staphylococcus aureus) wat in die speenkanaal koloniseer (vestig) en speenkanaalinfeksie veroorsaak. Die bakterieë lyk soos ‘n string krale met ewe groot gedeeltes.

Speendoop na melking is wenslik. Die ontsmettingsmiddel in die speendoopmiddel sal meesal die bakterieë elimineer voordat hulle die speenkanaal binnedring.

Dis uiters noodsaaklik dat oormelking (voor of na melking) voorkom moet word sodat die speenkanaal nie beskadig word nie.

Aanhoudende oormelking het die speenkanaal beskadig. Die uitstulping van die speenkanaal is duidelik sigbaar met bindweefselneerlegging (littekenvorming). Hierdie speenkanaal se skans funksioneer nie meer doeltreffend nie en bakteriese binnedringing na die uier kan voorkom.

bl 49>>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

47


L A NDBO UKUNDI G

48

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Speenkanaal Die speenkanaal en veral die getraumatiseerde of versteurende speenkanaal mikro-milieu is ’n bron van besmetting vir die uier. Belang van speenkanaalbesmettings Speenkanaalbesmettings kan nie met die normale sitobakteriologiese melkmonsterondersoeke bepaal word nie. Speenkanaalbesmetting kan net met miniatuur speenkanaaldeppers akkuraat bepaal word. Hoë voorkoms van speenkanaalbesmetting in ‘n melkkudde dui aan dat daar baie predisponerende (in-die-hand-werkende) faktore vir mastitis op die melkplaas aanwesig is. Van die belangrikste faktore is ‘n koei-onvriendelike omgewing, die melkmasjien wat nie korrek funksioneer nie, swak en ontoelaatbare melktegnieke, on-

www.suidwes.co.za

doeltreffende bestuurspraktyke, stres ensovoorts. Die voorkoms van kliniese en subkliniese mastitis is baie hoër in melkkuddes

waar speenkanaalbesmetting hoog is. Die totale bestuurstrategie op ‘n melkplaas met ‘n hoe voorkoms van speenka-

naalbesmetting, moet verbeter en geoptimaliseer word.

Normale, gesonde en heel speenpunt met die speenkanaalopening onder die ligmikroskoop. Die epiteelselle wat die speenkanaalopening en speenkanaal uitklee is funksioneel. Prosessering van die histologiese snit het veroorsaak dat die middelste deel van die speenkanaal gebroke lyk.

Speenkanaalbesmettings kan nie met die normale sitobakteriologiese melkmonsterondersoeke bepaal word nie, net met miniatuur speenkanaaldeppermonsterneming kan speenkanaalbesmetting akkuraat bepaal word.

Ons Eie

Oktober 2014

Alveoli (ovaal-ronde rooi gedeelte) met inflammasie (mastitis) onder die ligmikroskoop. Met genesing gaan bindweefselneerligging die alveoli elimineer en die koei produseer vir die res van haar lewe minder melk.

49


L A NDBO UKUNDI G

50

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Agrikalender Oktober – November 2014 Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te bemes en pH reg te stel met bekalking. Die opname van plantvoedingstowwe sowel as die algemene gesondheid van die plante verbeter met die regstelling van die pH. Slaan ag op planttye hierdie seisoen. Tans word ’n neutrale tot ’n El Nino-seisoen voorspel. Soos verlede jaar se voorspelling nie gerealiseer het nie, kan vanjaar egter ook heeltemal van die voorspelling verskil. Die mieliebalansstaat wys dat daar tans ’n oorskot aan mielies is. Poog om ’n gedeelte van die lande vir ander gewasse, soos akkerbone, grondbone en graansorghum, aan te wend mits kontrakte verkry kan word.

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

AKKERBOU

ALTERNATIEWE GEWASSE Mielies

Ploeg is nie noodwendig ‘n oplossing vir Diplodia en koolstofvrot nie, maar dit kan help. Wisselbou verlaag die voorkoms van Diplodia en ander kopvrotte en onthou dat kultivars se vatbaarheid vir kopvrot verskil. Oorweeg slegs om te plant as die grondtemperatuur bokant 15 grade Celsius is. Te lae temperature lei tot onbevredigende kiemkragtigheid en moontlike onkruiddoderbeskadiging. Deur te vroeg in die seisoen te plant, hou groot risiko in as die gesaaides in die saad kom gedurende die warm, droë periode van Desember tot Januarie. Behandel saad teen grondinsekte aangesien saailinge beskadig kan word. ‘n Swak stand kan groot verliese veroorsaak. Wees bedag op die skade wat springhaasrotte kan aanrig. Sluit voorplantkontrakte, minimupryskontrakte, of verskans op SAFEX om goeie pryse vir die komende seisoen te verseker. Moet egter nie meer as 30 % kontrakteer nie. Nismarkte wat konvensionele mielies bo GMO-mielies verkies.

Sonneblom Moet liefs nie sonneblom plant as ‘n voorplantkontrak nie gesluit is nie. Sonneblom is ‘n goeie wisselbougewas, veral waar Diplodia straf voorgekom het. Sonneblom kan geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. Maak seker dat die lande wat geplant gaan word nie residue van skadelike onkruiddoders soos atrazien bevat nie. Sonneblom is baie gevoelig vir veral atrazien en terbutielasien. Behandel saad teen grondinsekte om saailingskade te beperk. Bemes sonne-blom tot dieselfde mate as mielies, om goeie opbrengste te kry. Moenie oor-kontrakteer nie aangesien daar nie meer Force Majeur kontrakte bestaan nie.

Grondbone Grondbone is ‘n baie goeie wisselbougewas. Gesonde grondbone bind tot 30 kg N per jaar wat voordele inhou vir die opvolgseisoen. Plant tussen 15 Oktober en 25 November wanneer grondtemperatuur nie te laag is nie. Plant grondbone met tussen 15 en 20 Kg N op sandgronde om ‘n sterk kiemplant te vestig. Behandel die saad met Rhizobium-entstof om stikstofbinding te bevorder. Behandel die saad met ‘n swamdoder wat in kombinasie met die Rhizobium gebruik kan word. Reaksie op fosfaatbemesting word slegs verkry indien die grond geweldige lae fosfaatvlakke het. Plant net SANSOR-gesertifiseerde saad.

Koring Bekalking is noodsaaklik waar die pH te laag is. ‘n Goeie bekalkingsprogram is meer werd as verhoogde kunsmistoediening. Bewerk lande met ‘n diep tandwerktuig om verdigtingslae op te hef. Seël die grond met ‘n vlerkskaar, eg of V-lem indien die tandwerktuig nie met ‘n roller toegerus is nie. Beheer onkruid. Bestel saad wat op die meulenaars se voorkeurlyste is. Bestel die regte soort en hoeveelheid kunsmis volgens die grondontleding.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Akkerbone Akkerbone is goed aangepas in die NoordwesProvinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aangeplant, vir beweiding sowel as hooiproduksie. Die voordeel van akkerbone, wat ’n peulgewas is, is dat akkerbone stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) word per jaar in die grond teruggeplaas. Aanplantings kan vroeg in die seisoen gedoen word, hoofsaaklik as weiding, aangesien dit moeilik is om goeie hooi te maak wanneer reen tydens Februarie die gehalte van die hooi benadeel. Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoonlik nie so baie reen as die voer gereed is vir hooimaak nie. Hooiproduksie kan 6 ton hooi met 300 mm reen gedurende die groeiseisoen produseer met ’n ru-proteien inhoud van 14 % as 90% van die peule reeds verkleur het. Afhangend van rywydte word van 9 tot 16 kg saad per ha benodig vir aanplantings. Binneryspasiering van 10 cm tussen plante is ideaal. Saad moet op ’n diepte van 4 cm geplant word, wanneer grondtemperatuur meer as 9 grade Celsius is. Onkruiddoders is beskikbaar wat geregistreer is vir akkerboonproduksie.

VEE

Beeste

Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende teelseisoen. Laat die bulle toets vir Trichomoniase en Vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke op die plaas aangepas word voordat hulle gebruik word om te dek. Hou bulle fiks deur hulle elke dag te laat loop. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent Vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. Indien beeste gevoer word vir die mark, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere vir Desember afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerk is verpligtend, en moet op alle diere aangebring word. Bestuur bosluisbesmetting met erkende dipstowwe. Sorg dat diere toegang het tot

voldoende skoon drinkwater. Skape Voorkomende behandeling is goedkoper as nasorg. Volg ‘n goeie bestuursprogram om maksimum opbrengs en wins te verseker. Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Spuit of dip skape teen brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Indien groenvoer vir die skape aangeplant gaan word moet vogbewaring vroegtydig begin om sukses te verseker. ‘Broek’ langwol skape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Indien lamtyd Maart-April is, moet ooie voor paartyd prikkelvoeding ontvang en op goeie voeding gehou word vir twee tot drie weke na paring om goeie besetting te verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd, om ‘n goeie lammeroes te verseker. Dit is verpligtend om skape te merk, tatoeer dus skape om boetes te vermy. Tref betyds reëlings vir ’n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie.

Oktober 2014

51


L A NDBO UKUNDI G

52

Ons Eie

Augustus 2014

www.suidwes.co.za


P RO DUK NUUS

SONNEBLOM: AGSUN 8251 Gee boere gemoedsrus Deur: Joubert Swanepoel, Landboukundige by Agricol

Sonneblom het oor die afgelope dekade bewys dat dit as hoofgewas kompeterend met ander hoofgewasse verbou kan word. Met die koms van hoë opbrengspotensiaal sonneblombasters op die Suid-Afrikaanse mark het die prentjie in die sonneblom bedryf aansienlik verander. Boere het al hoe meer oortuig geword dat daar waarde in sonneblom is as ‘n volwaardige hoofgewas teenoor die vanggewas wat dit destyds was. Hierdie benadering is 12 jaar gelede nog vêrder versterk deur een van die kultivars wat tot vandag toe spog met die hoogste langtermyn gemiddelde opbrengste oor al die opbrensgpotensiaal gebiede. Daar word natuurlik verwys na die immergewilde AGSUN 8251. Sonneblomprodusente in Suid Afrika is oor die afgelope dekade bederf met ‘n kultivar wat nie net in ‘n klas van sy eie is wat opbrengsstabiliteit betref nie, maar wat boere ook gemoedsrus gee met betrekking tot siekteweerstandbiedendheid, uitstekende agronomiese eienskappe en goeie bestuiwing. Bekend as ‘n sonneblomkultivar met ‘n wye genetiese potensiaal vaar AGSUN 8251

www.suidwes.co.za

uitstekend in droë seisoene en kom ook tot sy reg in baie nat seisoene. Een van die beperkinge op sonneblom is die feit dat stamsiektes plante op ‘n laat fisiologiese stadium kan infekteer. Stamsiektes soos byvoorbeeld Sclerotinia (Sclerotinia sclerotium) versoorsaak dat plante laat in die seisoen begin omval en kan produsente se opbrengste asook winsmarges aansienlik verlaag. AGSUN 8251 is een van min sonneblom kultivars op die Suid-Afrikaanse mark wat die unieke “stay green”-geen bevat. Die “stay green”-geen veroorsaak dat die stam van die plant groen bly ten spyte van die feit dat die plant naby aan stroop-gereed is. Die groen stam plaas ‘n beperking op die infeksie van sekere stamsiektes, beperk die omval van plante en verseker produsente van goeie opbrengste ten spyte van strawwe produksietoestande. AGSUN 8251 spog ook as een van die top presterende kultivars in die nasionale kultivarproewe en was oor ‘n

Ons Eie

periode van 12 jaar by verskeie geleenthede die wenner. Met ‘n gemiddelde opbrengs van 2.21 ton/ha oor 12 seisoene teenoor ‘n 1.96ton/ha proefgemiddeld van al die inskrywings in die nasionale kultivarproewe kan daar met sekerheid gesê word dat AGSUN 8251 ‘n leier op die sonneblommark is. Wanneer al die kommersieël beskikbare sonneblombasters op die mark geëvalueer word is daar bevind dat die top sonneblombasters almal twee faktore in gemeen het, naamlik puik agronomiese eienskappe en opbrengsstabiliteit. Langtermyn stabilitieit in opbrengs behoort vir sonneblomprodusente die grootste oorweging te wees met kultivarkeuse en vir jare het AGSUN 8251 boere verras met sy stabiele opbrengste en

siekteverdaagsaamheid. Daar kan dus met vrymoedigheid na AGSUN 8251 verwys word as die alles-in-een-kultivar. Hierdie is slegs een van vele hoë opbrensgpotensiaal sonneblombasters in AGRICOL se AGSUN-sonneblomreeks. ‘n Nuwe toetreder tot hierdie reeks is die baie aanpasbare AGSUN 5278 en kom veral tot sy reg in pakketaanplantings met AGSUN 8251. Nog ‘n voorbeeld van stabiliteit is die immergewilde AGSUN 5264 wat uitstekend vaar met vroeë en laat aanplantings. Met opbrengs as maatstaf gee AGRICOL se AGSUN-sonneblomreeks sonneblomprodusente volle gemoedsrus. Vind by jou naaste Suidwes-tak uit oor spesiale AGSUN 8251-aanbiedinge. Saad beskikbaar by uitgesoekte Suidwes-handelstakke.

Skakel gerus een van ons kundige bemarkers vir verdere navrae: Vrystaat en Noordwes – Henk Crafford (078 459 4833) Noordwes, Noord Vrystaat en Botswana – Cliffe Deacon (083 441 0242) Noordwes – Franco Marais (081 018 3296) Limpopo en Gauteng – Willem Labuschagne (083 501 0109) Mpumalanga – Daneel Fourie (083 461 6671) Mpumalanga – Anina Snyman (082 772 5769) Noord-Kaap, Vrystaat en Namibië – Andreaco le Grange (083 631 7716) Kleinboer ontwikkeling – Lawrence Watch (083 977 0536)

Oktober 2014

53


L A NDBO UKUNDI G

54

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


P RO DUK NUUS

Afrika grasspesie

vernaamste weiding oral in wêreld Sowat 40 jaar gelede het beesboer en sakeman, Altina Facholi grasspesies uit Afrika raakgeloop. Die spesies se voedingskrag en gehardheid het hom beïndruk. Hy het hierdie saadspesies na Brasilië geneem en oor die jare verfyn, verdeel en uitgebou tot een van die vernaamste weidinggewasse in SuidAmerika en ook ander dele van die wêreld. Die visie van hierdie pionier het direk daartoe bygedra dat die Brasiliaanse beesstapel binne die bestek van ‘n paar dekades van 22 miljoen tot vandag se meer as 209 miljoen diere gegroei het. Net tussen 2007 en 2009 het die beesgetalle in Brasilië met 6.3 miljoen

www.suidwes.co.za

vermeerder en is drakrag van 14 GVE per hektaar die norm! Meer as 40 verskillende van hierdie spesies is tans in Suid-Amerika en elders in die wêreld as veeweiding gevestig en BRAZseed het die uithaler van die variteite nagevors en is dus trots om aan sy kliënte die beste ter wêreld te bied in die vorm van ‘n gewaarborgde Facholi-produk. As alleenverskaffer van die Facholi-handelsmerk in Afrika, is dit vir BRAZseed belangrik dat kliënte weet hulle belê in ‘n produk van wêreldgehalte en die beste van die bestes! Facholi is sonder twyfel ‘n wêreldreus in die saadbedryf en beklee die nommer een plek as grootste saadverskaffer in Suid-Amerika en die derde grootste in Amerika. In 2012 is ‘n astronomiese 40 miljoen kilogram Facholisaad in Brasilië verkoop, wat kan verduidelik waarom hulle 24% markaandeel besit. Tans voer hulle uit na 19 lande. Die handelsmerk het homself onteenseglik bewys. Maak dus seker u belê in ‘n superieure produk en word deel van die omwenteling wat BRAZseed in

Ons Eie

aangeplante weiding in Afrika gaan bring! Onthou, “WEIDING IS WINS!” “Brazseed het alreeds meer as 30 000ha van hierdie saad in Suid-Afrika gevestig en klop alle

gewasse. Hierdie produk kan binne 70 dae gebruik word en is meerjarig (tussen 7 en 10 jaar) en is beskikbaar by alle takke van Suidwes Landbou,” sê Gielie Nieuwoudt van BRAZseed.

Aanplantings wat in Wesselsbron- en Viljoenskroonomgewing gedoen is.

Oktober 2014

55


L A NDBO UKUNDI G

56

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


A LG E M EEN

Kosmiese Kwêla deur Willie Koorts

Die rookstreep wat die Chelyabinsk meteoor oor Rusland in Februarie 2013 agter gelaat het.

Vallende Klippe! Die meteoor wat onlangs in die lugruim bokant Rusland ontplof het, is nog vars in ons geheue en daar is gereeld nuus oor ‘n klip wat baie naby aan die aarde verbykom, een het selfs na bewering ‘n krater gelaat. Dit voel tans asof dit al hoe meer gebeur. Suidelike Afrika het ook ‘n paar oer-kraters, van die grootstse in die wêreld, wat wys dat dit in die verlede selfs nog erger gegaan het! Statisties word die aarde ongeveer eenmaal elke 100 jaar deur ‘n 50 tot 100 m deursnee rots getref, soos die een wat in 1908 in die lug oor Siberië ontplof het. Hierdie sogenaamde “Tunguska gebeurtenis” is steeds die mees gewelddadigste kosmiese gebeurtenis op aarde wat ooit aangeteken is. Die ontploffing het sowat 80 miljoen bome oor ‘n gebied van ongeveer 2 000 vierkante kilometer platgevee en dit is meer as 500 km ver gehoor. Die ontploffing het die krag van ‘n 1 000 Hiroshima atoombomme gehad. Gelukkig het dit op

www.suidwes.co.za

‘n baie yl bevolkte deel van die wêreld gebeur en, sover bekend, is niemand beseer of dood nie. Gelukkig was die ontploffing van die Chelyabinsk-meteoor oor Rusland in Februarie 2013 heelwat kleiner. ‘n Geskatte 20 m voorwerp het die atmosfeer teen ‘n snelheid van 65 000 km/h binnegeval. Dit het sowat 30 km bokant die aardoppervlak, met die krag van sowat 20 Hiroshima atoombomme, ontplof. Dit was die tweede grootste gebeurtenis sedert Tunguska. Sowat 7 200 geboue in ses stede is beskadig en

Ons Eie

ongeveer 1 500 mense het beserings opgedoen, meestal deur vlieënde glasstukke. Meer as 180 mense is behandel vir tydelike oogskade weens die skerp lig van die meteoor, meer as 30 keer helderder as die Son! Toevallig het daar op dieselfde dag, 16 uur later en op ‘n heel ander wentelbaan, ‘n 30 m asteroïed ‘n rekord-nabyverbyvlug aan die aarde gedoen, op ‘n afstand van 27 700 km. Daar is dus geen verband tussen dié twee verskynsels nie. Net verlede maand (op 7 September) is daar ‘n soortgelyke grootte asteroïede, 20

Oktober 2014

m in deursnit, sowat 40 000 km verby die aarde. Dit mag dalk vêr klink, maar dit is net effens hoër as die baan van die kommunikasie- en TV-satelliete! Toevallig, weereens slegs 13 uur voor die nabyverbyvlug, word daar gerapporteer dat ‘n moontlike meteorietkrater van 12 m deursneë in Nicaragua ontstaan het. Mense in die omgewing het ‘n slag gehoor en selfs sproei, sand en stof gesien wat deur die ontploffing opgeskop is. Ondersoekers is egter nie oortuig dat die krater deur ‘n me-

bl 58 >>>

57


ALGEMEEN >>>

Kosmiese Kwela teoriet veroorsaak is nie. Geen brokstukke van die impakter is ooit gevind nie en geen helder gepaardgaande meteoor is gesien nie. Daar was ook geen verskroeiing van die omgewing wat tipies is met ‘n meteorietimpak nie. ‘n Aantal belangrike meteoriete is al in Suider-Afrika aangeteken. Die Hoba Meteoriet naby Grootfontein in Namibië is die wêreld se grootse yster-meteoriet. Die grootste sigbare impak-krater ter wêreld is die Vredefort koepel, 300 km in deursnee. In Namibië, naby Gibeon, het ‘n meteoriet geval. Dit het uit ten minste 51 afsonderlike brokstukke bestaan, met ‘n totale massa van 15 ton. Die mees onlangse meteoriet-val in Suider-Afrika, was op 21 Julie 2002 by Thuathe naby Maseru in Lesotho. Die gepaardgaande vuurbal kon helder oordag van so ver as Johannesburg en die Vrystaat gesien word. Minstens 500 brokstukke, met ‘n totale massa van ongeveer 30 kg, is gevind. Voor dit die atmosfeer getref het, moes die meteoroid sowat ‘n ton geweeg het. Daar is en was dus maar gedurig vallende klippe. Vandag het ons meer sensitiewe toerusting om dit op te spoor en met die mag van die media, veral die sosiale media via die internet, versprei sulke inligting soos ‘n veldbrand. Met baie sekuriteitskameras en deesdae selfs kameras in motors se voorruite, is daar dikwels volledige videomateriaal ook beskikbaar. Dit was veral die geval met die Chelyabinsk meteoor oor Rusland. Navorsers kon die trajek baie akkuraat vasstel en dit het hulle na ‘n gat in die ys gelei waar brokstukke gevind is, die grootste het 654 kg geweeg!

58

Die 12 m deursnee krater wat na bewering deur ‘n meteoriet veroorsaak is naby Nicaragua op 6 September 2014. Foto: EL 19 Digital Website, Powered By Newslook.

Hierdie klompie meteoriete wat op 21 Julie 2002 by Thuathe naby Maseru in Lesotho geval het, is deur Michael Farmer versamel. Bron: www.meteoriteguy. com/thuathe-hunt.htm

Sowat 80 miljoen bome oor ‘n area van ongeveer 2 000 vierkante kilometer is platgevee tydens die “Tunguska-gebeurtenis” in 1908.

Maanfases

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

23 Okt

01 Okt

08 Okt

15 Okt

22 Nov

31 Okt

07 Nov

14 Nov

Ons Eie

Oktober 2014

Datum

Sonop

Sononder

01 Okt

05h55

18h26

15 Okt

05h40

18h33

01 Nov

05h25

18h43

15 Nov

05h17

18h54

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

59


L A NDBO UKUNDI G

60

Ons Eie

Oktober 2014

www.suidwes.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.