Ons Eie Oktober 2015

Page 1

Oktober 2015 Jaargang 50 • 4

Lyfblad van die Suidwes Groep

ENERGIE belangrike aanvulling vir wild 44

Verskans RISIKO

met kontrakfinansiering

12

Vooruitskouing van prystendense

30


2

Ons Eie

Maart 2015

www.suidwes.co.za


Oktober 2015 Jaargang 50 • 4

Lyfblad van die Suidwes Groep

Ons Eie word uitgegee deur die Suidwes Groep. Algemene kontaknommers vir die Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833 Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van die Suidwes Groep nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

INHOUDSOPGAWE AKTUEEL 4 Soos ek dit sien 4 Suidwes onthaal topklante by Sun City 5 Op die geestelike akker 6 Kortliks 6 Wesselsbron kry bunker teen 2016 7 Nuwe direkteur op Suidwes se raad 7 Vlagskip Handel- en Meganisasietak op Bothaville 8 Maatla op almal se lippe 8 Dié stoor kom van oral 10 CASE ook nou in Suidwes se mandjie 12 Verskans risiko met kontrakfinansiering 14 KONTREINUUS - Saamwerk vir oorlewing 15 Werkbare strategieë in venootskap 16 “Saamwerk, saamwerk ...” 18 Boer die New Holland-manier 20 Van koöperasiewinkel na Kontreiwinkel

VOORBLAD Die aanvulling van energie speel ’n baie belangrike rol daarin om wild in optimale liggaamskondisie te hou. Foto: JJJ Harmse

4

BOERDERYBESTUUR 22 Die arbeider is sy loon werd 27 Suidwes Fin die boer se finansieringsvennoot in goeie en moeilike tye

BEMARKING 30 Vooruitskouing van prystendense vir 2016-seisoen

LANDBOUKUNDIG 36 Bêre en gebruik elke druppel 42 Kies die regte sonneblompitklas 44 Die rol wat energie in wildvoeding speel 49 Klimaatvooruitskouing vir die seisoen 52 Die meting van plantbeskikbare grondwater 54 Agrikalender

Ons Eie

Oktober 2015

36 44 10

3


AKT UEE L

Emigreer? soos ek dit sien BY AGRI NOORDWES se kongres het ek ‘n begrip gehoor wat ek welliswaar die eerste keer hóór, maar al dikwels om my gesién het – emosionele emigrasie. Dit was dr Theuns Eloff, die hoofspreker by die kongres, wat die term gebruik het. Hy sê dit is wanneer iemand se lyf nog hier is, maar in sy kop het hy al reeds getrek. Ek sien dit al meer om my, soos mense se persepsie van die toestand in, en ván ons land versleg, so raak hulle eers kwaad, dan moedeloos en as jy weer kyk, praat hulle nie meer nie – hulle is weg, geëmigreer, landuit. Hoor my reg, ek veroordeel niemand wat so moedeloos raak dat hy lus kry om die pad te vat nie, gladnie. Om die waarheid te sê ek oorweeg dit ook dikwels. Dit is waarskynlik omdat ek nog nie regtig ‘n ander beter heenkome kon raaksien, dat ek nog nie weg is nie. En natuurlik, dit is die dinge om my elke dag wat my hier hou. My taal, mense wie ek verstaan en wie my verstaan, selfs al verskil ons. Al raak my pel vir my nukkerig omdat ons politiek nie heeltemal ooreenstem nie, weet ek waar hy vandaan kom. Ek ken sy pa. Ek weet hy hou van sy skaapribbetjie lekker krisp om die randte en binnekort lag ons weer – ek vang die grappe om die vuur en ek weet Oom Paul se verjaardag sal die reën bring. Dit is dr Eloff wat ook gesê het ons moet oppas vir moedeloos raak – dit is soos gif in die lyf. Glo my ek raak ook moedeloos, vir baie dinge, van klein dinge soos taxi’s wat op die pad maak soos hulle wil tot sotlike besluite deur hooggeplaastes met reuse-impak, maar ek weet ook van tonne dinge wat goed is. Ek weet ook my voorsate kon dinge maak werk, ek weet ook ons leer uit foute, ek weet ook ek is ‘n Afrikaan ek weet ek sal altyd verlang. Ek sal liewer stoei en praat en stry tot dinge vir ons almal werk.

Suidwes onthaal topklante

Die Klipwerf Boere-orkes het gaste vermaak, die voete laat jeuk en Piet Delport met sy konsertina op die verhoog laat spring. Hier is hy saam met die klawerbordspeler Gené van Niekerk.

by Sun City

IN DIE LIG van ‘n goeie finansiële jaar het die direksie besluit om die topklante van die maatskappy te bedank tydens ‘n glansfunksie by Sun City in Oktober 2015. Die aansporings­ korting die afgelope finansiële jaar het bykans R50 miljoen beloop wat 174% hoër as die vorige jaar is. Dit is moontlik gemaak deur 3 500 klante wat met die maatskappy sake doen en wat ingevolge die aansporing

4

en kor­tingskema, deel in die winste wat die maatskappy maak. Uiteraard kan almal nie na so ‘n geleentheid uitgenooi word nie, en is daar besluit om die 70 topklante volgens hulle kortingsbedrae te nooi. Tydens die geleentheid is die nuwe voorsitter van die Groep, Hansie Viljoen aan die klante bekendgestel.

Ons Eie

Suidwes se nuwe voorsitter, Hansie Viljoen spreek die gaste toe. Foto regs: Frans Marx (onder-voorsitter) het ‘n heildronk op die gaste ingestel. Oud en nuut van links is Louis Smit, huidige HUB en Hansie Viljoen, nuwe voorsitter saam met Fanie van Zyl, ‘n oudvoorsitter en Schalk Pienaar, vorige HUB .

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker

Mure van edelstene ‘n Tyd gelede gee die Here my dié boodskap: Elkeen van ons se lewe is soos die bou van ‘n muur. Efesiërs 2:20 Julle is ‘n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ‘n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. Dit het my laat besef ons moet gaan besin oor die materiaal waarmee ons hierdie gedenkmuur van elkeen van ons se lewens bou. Dit wil my voorkom dat die bakstene ons keuses is en ons sement dit vas met ons gesindheid. Die Here het my ‘n prentjie gegee, Hy wys hoe kollegas mekaar ophelp teen die muur, hoe ouers hul kinders versigtig wys waar is die vastrap-

www.suidwes.co.za

Deur Annette Neethling

plekkies sodat hulle teen die muur kan uitklim, hoe eggenote mekaar se hande vat en saam hoër teen die muur uitklim. Golgota was op ‘n kruin, wanneer jy ‘n entjie teen die muur opklim, en oor die muur kan kyk, sien jy ‘n bebloede kruis verrys, en vorm dit vir ons ‘n visier waardeur ons alles – lekker en sleg – kan sien. ‘n Paar maande terug sê die Here: “Ek gaan mure afbreek. Ek gaan jou muur afbreek” Ek verstaan glad nie, maar sê: “U is die Pottebakker en ons die klei.” Tog, begin ek wonder: Was die materiaal verkeerd, was die plek verkeerd, was die sement swak, hoekom, het ek dan verkeerd gehoor? Die

Ons Eie

muur word steen vir steen afgebreek en dit is ongemaklik, seer, selfs pynlik op party plekke. Die Here antwoord uit Openbaring 22:19 Die fondamente van die stadsmuur is met allerhande edelstene versier…………. Sy karakter is nie van so aard dat Hy op ‘n fondament van gewone klippe jou muur sal laat bou nie. Edelstene word uit gewone klippe gevorm wanneer hoë drukking en hitte daarop toegepas word. Ek wil jou bemoedig vandag, wanneer dit dalk vir jou voel die hitte en drukking raak te veel – daar is ‘n edelsteen aan die vorm.

GEBED Here, dit was ‘n rowwe dag, dankie dat U gehoor het toe ons soos Nehemia by die muur gevra het: “Here, maak ons hande sterk.” Here, plek-plek het ons muur se pleister afgeval, op ander plekke is die sement nie mooi gemeng nie. Wys aan ons hierdie plekke van herstel en restourasie, sodat ons skoon hande en rein harte voor U kan hê. Gee vir ons sagte harte dat ons deernis sal hê, en harde voete, Here, dat ons die ekstra myl kan loop.

Sterkte

Oktober 2015

5


AKT UEE L

KORTLIKS Wesselsbron kry bunker teen 2016 UITSTEKENDE RESULTATE Die Groep se verdienste per aandeel is 21% hoer as die vorige jaar met die Aansporingskorting 174% hoer. MEGANISASIE TAKKE SLUIT Daar is besluit om die Meganisasie takke van Clocolan en Bloemfontein te sluit weens die ongunstige Landbou ekonomiese klimaat. Van die perso­ neel is in die Suidwes Groep ontplooi. ONTTREKKING AS AANDEELHOUER UIT TRIOMF TRADING Suidwes het besluit om nie vêrder ‘n aandeelhouer in Triomf Trading te wees nie, maar slegs met die Agentskapsooreenkoms vir Triomf in Noordwes en die Noord Wes Vrystaat voort te gaan. Dit sal die ketting verkort en pryse meer kompeterend maak vir die boer.

WESSELSBRON GAAN TEEN die 2016-oes ‘n graanbunker he met ‘n opberkapasiteit van 50 000 ton. “Produsente in die Wesselsbronomgewing het hulle behoefte aan graanopbergingsfasiliteite in hulle omgewing oorgedra en Suidwes het reageer met die planne vir ‘n bunker op die perseel van die ou Wesselsbronstasie van Transnet,” het Petrus Boshoff, die senior bestuurder van Graanhantering by Suidwes gesê. Wesselsbron is een van die grootste graanproduserende areas in die somersaaigebied met baie stabiele opbrengste oor die langtermyn. Suidwes moes vier verskillende moontlikhede opweeg vir die uitbrei van die opbergkapasiteit op Wesselsbron, naamlik ‘n tradisionele sementsilo, ‘n sinksilo, silosakke of ‘n graanbunker. Die koste van die verskillende tipes opbergfasiliteite is oorweeg en Suidwes het besluit om ‘n graanbunker te bou. Dit is meer koste-effektief en ‘n meer praktiese keuse vir die betrokke ligging op Wesselsbron.

Foto met erkenning aan Eugene Armer

Cut losses with PRECISION Plant with VISION Planter Monitor • Seed per 100m per row, seed population • Hectares worked and much more • Easy to install and maintain • Fertilizer and turning of axles • Can be applied to most planters • Real tough, rust and water resistant

Process Monitor for Air Seeders • Area • Speed • Tacho up to 4 axles • Alarm on each function • Easy to install • Bin / Tank full • Bin / Tank empty

Tel: 012 345 3193 Fax: 012 345 6763 Web: www.electrolee.co.za Email: info@electrolee.co.za Sales: sales@electrolee.co.za

6

Ons Eie

Oktober 2015

Proudly Made in South Africa

Die ou Wesselsbronstasie van Transnet voldoen aan al die eienskappe en daarom het Suidwes besluit om die stasie te huur en die graanbunker te bou. Die grondwerke het in September vanjaar begin en die bunkerkompleks sal teen einde Maart 2016 voltooi wees. Die ligging van die bunker moes deeglik oordink en beplan word. Graan moet per spoor en per pad gelewer kan word omdat dit ‘n groot invloed op die vervoerdifferensiaal het. Hoe meer graan met die pad versend word hoe hoër is die vervoerdifferensiaal en sal produsente ontmoedig om hulle graan daar te lewer teen die huidige vervoertariewe. Hoe meer graan egter met die spoor versend word hoe laer is die vervoerdifferensiaal en meer winsvriendelik vir produsente. Die betrokke opbergfasiliteit by Wesselsbron gaan op Safex geregistreer word vir mielies en sonneblom en die beplanning is dat die grootste deel van die graan per spoor uitgelaai sal word na kopers toe. Die foto wys waar die perseel geleë is.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Nuwe Direkteur op Suidwes se raad

Vlagskip Handel- en Meganisasietak op Bothaville THEAN GELDENHUYS IS verkies as die nuwe direkteur van Wyk 5. Die posisie het vakant geraak nadat Pierre Vercueil die tuig na 20 jaar neergelê het. Tiaan boer in die Stella-omge­ wing op die plaas Reënvlakte. Hy het op ‘n saai- en beesplaas op Stella grootgeword en was op Stella in die skool. Na skool het hy B.Com aan die Universiteit van die Vrystaat gaan studeer met ‘n Honneursgraad in Geld- en Bankwese. Na sy studies het hy in Pretoria en Middelburg as graanhandelaar vir twee jaar gewerk voordat hy by Suidwes Landbou in 2004 aangesluit het as Safex-handelaar. Van 2005 tot 2009 het hy by NWK op Lichtenburg as graanhandelaar gewerk. In 2009 het hy sy eie makelary begin en in 2010 die geleentheid gekry om saam met sy pa te gaan boer. Hulle het ‘n gemengde boerdery. Thean is getroud met Christine en hulle het drie dog­ tertjies.

www.suidwes.co.za

SUIDWES HET ONLANGS ‘n primaperseel vir die oprigting van ‘n handel- en meganisasietak op Bothaville bekom. Die bestaande handelstak is nie ideaal geleë vir die bedryf van `n besigheid nie, veral omdat die perseel moeilik toeganklik is. Die nuwe perseel is langs die hoofpad en maklik toeganklik vir klante. Daar word ‘n kategorie A-tak met die nodige buitegeboue beplan, asook ‘n groot Meganisasiesentrum vir die CASE / New Holland-agentskap. Daar sal genoeg uitstal- en parkeerruimte wees om ‘n aangename koopervaring aan klante te waarborg. Boere in die omgewing en naasliggende dorpe sal uitstekend uit hierdie fasiliteit

Ons Eie

bedien kan word weens die omvang van die infrastruktuur, toerusting en kundige personeel wat by die tak beskikbaar gaan wees.

Oktober 2015

Die illustrasie toon waar die perseel geleë is. Die beplanning is dat die perseel teen middel aanstaande jaar gereed sal wees vir sake.

7


AKT UEE L

Maatla op almal se lippe Proe my MAATLA-pap! ‘Maatla Maize’, dit gaan eers­daags die naam op almal se lippe in die townships in Suidwes se bedie­ ningsgebied wees. Maatla Maize is die handelsnaam van die mieliemeel wat Suidwes op Wolmaransstad vervaardig.

MET DIE MEULE is Suidwes verder in die graanwaardeketting betrokke en is tans besig met die bemarking van die nuwe meel. Potjiekoskompetisies, met ‘n gepaardgaande papproe by elke bymekaarkomplek, is een van die strategieë waarop tans gefokus word. Townships wat tot dusver aan die kompetisie deelgeneem het, was Makwassie, Christiana, Wolmaransstad, Leeudoringstad, Hoopstad, Ottosdal, Bloemhof en Klerksdorp. “Ons het aan die werk gespring en die eerste gemeenskaplike kompetisie in Augustus in die Kgakala-township gehou,” vertel Sello Sekgejane, lid van Suidwes se Menslike Hulpbronne­ departement.

Suidwes borg uit die aard van die saak die kompetisie en verskaf Maatla-meel vir die pap wat saam met die potjiekos geniet kan word. Volgens werknemers van Suidwes, wat betrokke was by die kompetisie, was die papproe ‘n groot sukses. Die papproe is vir die algemene publiek oopgestel en besoekers was duidelik beïndruk met die Maatla-pap en almal wou weet waar dit te koop is. Proepakkies van 1 kg is uitgedeel en die terugvoer wat ontvang is, is dat die meel vinniger as ander meel op die mark kook en smaakliker is.

Die tipe kompetisie gaan gereeld in die toekoms gehou word. Volgens Sello gaan die Maatla-meel eers ten volle in die Noordwesprovinsie bemark word en dan sal hulle hul horisonne na die res van die land skuif. Die bemarkingspoging word sterk ondersteun deur Anton Jordaan, die hoof van Graan by Suidwes, Petrus Boshoff (sr bestuurder Silo’s), Dries van der Linde (sr silobestuurder op Wolmaransstad), Casper Heymans (sr bestuurder Bamboesspruit-silo) en Sunelle van Rooyen (bemarkingskoördineerder Suidwes).

Dié stoor kom van oral GROOT DELE VAN DIE stoor wat eens op Christiana gestaan het, is onlangs deur Suidwes se Instandhoudingafdeling na Bultfontein geskuif. "Die stoor beslaan 'n opper­ vlak van bykans 675 m2. Van die plate wat vir die bekle­ding gebruik is, kom van ander store wat reeds afgebreek was," sê Ben Lubbe, die bestuurder: Eiendomme. Die proses het in Februarie vanjaar begin met die uitgrawe van die grond en bekisting van die sementvoetstukblokke. Dié blokke moet 28 dae staan voor enige konstruksie daarop vasgebout kan word. Geduren­de hierdie wagtyd het die Instandhou­

8

dingmanne die stoor in Christiana begin afbreek. Die staal is na die Ingenieurs­ afdeling op Leeudoringstad vervoer om aanpassings te maak, soos om geroeste dele te vervang, die staal in lengtes reg te sny en te verf. Hierna is die staal na die nuwe perseel in Bultfontein geneem. Die oprigting het in April begin en die stoor is einde Julie voltooi. "Ons het daarop gefokus om soveel geld as moontlik te bespaar en 80% van die materiaal is herwin. Staal en bekleding is van ou konstruksies herwin wat nie meer in gebruik was nie," sê Ben.

Ons Eie

Materiaal vir die stoor op Bultfontein is herwin van konstruksies op ander dorpe wat in onbruik geraak het.

Deursigtige plate is bo-aan die twee sykante geïnstalleer om natuurlike lig binne te laat. Geen ander beligting is in die stoor geïnstalleer nie. "Ons het gevind dat 'n plaveisel­ vloer in die stoor baie goedkoper is as ‘n gegote sementvloer. Afgesien van die plaveisel- en steenwerk, het die

Oktober 2015

vernuftige instandhoudingspan die hele projek hanteer." Onder leiding van Ben Lubbe, Johan Bezuidenhout en Morné van der Walt is die projek suksesvol afgehandel. En wat wag op die horison? "Ons splinternuwe tak in die 'prime spot' van Bothaville," sê Ben.

www.suidwes.co.za



AKT UEE L

CASE ook nou in Suidwes se mandjie IN ‘N GROOT deurbraak het Suidwes Landbou die CASE-agentskap verkry. Dit sal saam met die New Holland-agentskap bedryf word. Hierdie toevoeging gaan ‘n groot inspuiting vir die sukkelende Meganisasiebesigheid wees omdat die CASE-agentskap reeds ‘n groot markaandeel in stro­pers, hoë-kW trekkers en selfaangedrewe spuite het. Dit bestaan uit hoë-waarde items wat ‘n goeie bydrae tot die winsgewendheid van die onderneming

sal maak. Die transaksie sluit die oorname van die CASE-onderneming en -gebou in Schweizer-Reneke in. Die New Holland-onderneming sal na die CASE-gebou verskuif, terwyl die bestaande onderdele-area gebruik sal word om die bestaande winkel uit te brei. Die gebied waar die agentskap sal handel dryf, strek vanaf Sannieshof en Ottosdal in die Noorde deur die hele Suidwes-bedieningsgebied. Hoewel Hoopstad en Bultfontein

MASSAHANTERING

uitgesluit is, is die Vaalharts-skema ingesluit. Die Northmec-onderneming in Schweizer-Reneke is as ‘n lopende saak oorgeneem – al die personeel word na Suidwes oorgeplaas. Die beplanning is dat die New Hollandonderneming in Schweizer-Reneke binnekort na die Northmec-gebou sal verhuis, wat baie modern en prakties uiteengesit is. Dit sal dus beteken dat ‘n boer met CASE en New Holland by een punt besigheid sal kan doen. Die

spasie wat dan beskikbaar raak in die huidige New Holland-onderdele-area sal deur die handelstak benut word. Die handelstak bars lank reeds uit sy nate en ‘n vergroting van die winkel was onafwendbaar. Hoewel vier CASE-verkooppersone aangestel sal word, sal die res van die onderneming deur die bestaande Meganisasie-personeel bedien word. Die onderneming gaan dus vergroot sonder dat die koste noemenswaardig gaan verhoog, wat voordelig vir ekonomie van skaal gaan wees.

teen ‘n fraksie van die prys MASSAHANTERING VAN KUNSMIS is ‘n groot probleem vir produsente. Daar is tans heelwat toerusting in die mark beskikbaar wat hierdie take kan hanteer. Dit kan ‘n produsent egter maklik tot R500 000 uit die sak jaag. Myburgh Toerus­ting het hiervoor ‘n reeks toerusting ontwikkel wat, teen ‘n fraksie van die prys, dieselfde werk kan verrig. Hierdie stelsel het geen awegare nie. Alles werk deur swaartekragvloei.

 TREKKERVURKHYSER. Gebruikte hysermaste word aangepas om aan die trekker te haak. Vurkhysers tel reguit op en het dus minder hefboomreaksie. Benodig slegs 65 kw 4x4 om 1 ton op te tel. Wye reeks beskikbaar, langer en sterker. MASSASAKTORING. Hiermee kan ‘n 3 meter-vurkhyser die sak 3 meter hoog optel. Dit gee ook ‘n ekstra 500 mm reik. Die toring kan die massasakke netjies en tot vier lae op mekaar stapel.

 KUNSMISBAK. Dié bak skakel die tou aan die onderkant van die massasak uit – die tou vertraag die proses en dit mors. Die klepopening is 250 mm x 100 mm en 1 ton kunsmis vloei binne een minuut uit. PLANTERVERDELER. Die verdeler kan twee bakke gelyktydig vul. Die skuif van die trekker neem onnodige tyd. Daar is twee op ‘n agtry-planter nodig. Kontak Jannie Myburgh gerus met enige vrae by 082 417 0175 of mybtoer@gmail.com of www.mtoer.co.za

10

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

11


AKT UEE L

Verskans risiko met KONTRAKFINANSIERING deur Aubrey Marais, Bestuurder: Kontrakfinansiering by Suidwes Fin

Kontrakfinansiering word aangebied aan ‘n kliënt wat sy produksierisiko wil verskans deur middel van insetdekkingversekering en wat sy prysrisiko wil verskans deur gebruik te maak van die SAFEX-mark en die sluit van voorseisoenleweringskontrakte met Suidwes Graan. Kontak Aubrey Marais gerus vir meer inligting by: T: 018 - 581 1225 F: 018 - 581 1540 S: 079 513 7656 aubreym@suidwes.co.za

12

Die vooruitkontrakte sluit force majeur in en Suidwes Graan bestuur die force majeur in samewerking met Suidwes Fin. Force majeur is net beskikbaar vir kommoditeite wat op SAFEX AMD verhandel, naamlik: • Witmielies. • Geelmielies. • Sonneblom. • Sojabone. • Koring. Die gebeurtenisse wat aanleiding gee tot force majeur is: hael, gevolglike skade van hael, ryp, brand, sprinkane, wind, oormaat reën, vloede, koue, droogte (net op droëland-aanplantings), onbeheerbare onkruid/e, onbeheerbare peste en plae. OMVANG VAN DIE PRODUKSIELENING ‘n Produksielening vir die aankoop van produksie-insette en die finansiering van verskansingskoste, admi­ nistrasiekoste, force majeur-koste en rente, word aan die kliënt toegestaan. Die produksie-insette sluit in, maar is nie beperk tot: saad, kunsmis, kalk, onkruiddoder, plaagdoder, diesel, onderhoud en herstelwerk, arbeid, lugbespuiting en oesversekerings­ premies. Die berekening van die produksielening (rente ingesluit) is soos volg: Langtermyn gemiddelde opbrengs (LGO) wat deur die Oes-

Ons Eie

versekeraar goedgekeur is met betrekking tot die insetdekkingspolis x Kommoditeitsprys van SUIDWES Graan x Hektare aangeplant x 90% (Maksimum waarde van die produksielening = 90% van die LGO-waarde. Die omvang van die produksielening sal bepaal word na analisering van die kontantvloeistaat en die staat van bates en laste van die kliënt.) TERMYN VAN FINANSIERING Somergewasse: 1 Junie tot 31 Augustus van die daaropvolgende jaar Wintergewasse: 1 Februarie tot 31 Januarie KOSTE VAN DIE KONTRAKFINANSIERINGSPRODUK Administrasiekoste Dit is betaalbaar by die ondertekening van die finansierings­ kontrak en is R35 per ton gekontrakteer. Force majeur-koste Soos hieronder gelys en is betaalbaar by die ondertekening van die finansieringskontrak: • Mielies R40 per ton gekontrakteer. • Sonneblom R55 per ton gekontrakteer. • Sojabone R55 per ton gekontrakteer. • Graansorghum R40 per ton gekontrakteer. • Koring R55 per ton gekontrakteer. Verskansingskoste Betaalbaar by die ondertekening van die finansieringskontrak en is die koste van ‘n verkoopopsie (“PUT”). Rente op produksielening Die rentekoers is gelykstaande aan die prima-uitleenkoers van Suidwes Landbou se bankier plus 1% en word daagliks bereken en maandeliks gekapitaliseer. Rekeningkoste ‘n Koste van R57 word maandeliks gehef.

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za


AKTUEEL

KONTREIKUIER Ons Eie het Agri Noordwes se kongres in September op Lichtenburg bygewoon en rapporteer hier oor van die sake wat onder die tema ‘n Toekomsstrategie vir ‘n welvarende kommersiële landbousektor deur die sprekers aangeraak is.

Saamwerk vir oorlewing Die boodskap van Agri Noordwes se jaarkongres wat gedurende September op Lichtenburg gehou is, kan saamgevat word in Pierre Vercuiel, herverkose voorsitter van Agri Noordwes, se openingsrede waar hy die kongres bedank het vir hulle vertroue in hom. Hy het ‘n beroep op almal gedoen om saam te werk en deel te neem, “dan sal ons suksesvol wees, dit is nie ‘n eenmantaak nie,” het hy gesê.

By Agri Noordwes se kongres op Lichtenburg in September bymekaar, van links, Boeta du Toit (uitvoe­ rende hoof van Agri Noordwes), Brigadier Judith le Roux (spreker van die SAPD), Pierre Vercueil (Agri Noordwes president), Annelize Crosby (spreker en regsverteenwoordiger van Agri SA) en Omri van Zyl (inkomende hoof-uitvoerende beampte van Agri SA).

‘n Toekomsstrategie vir ‘n welvarende kommersiële landbousektor HOEWEL MNR VERCUEIL na sy taak as voorsitter verwys het, het die meerderheid van sprekers dieselfde boodskap oorgedra. Indien ons landbou in SA en die land in geheel wil sien floreer, sal almal moet handevat en saamwerk. Die amtelike tema van die kongres was ‘‘n Toekomsstrategie vir ‘n welvarende kommersiële landbousektor’. Die toekomsstrategie is dus gesetel in samewerking tussen alle betrokkenes.

Die bekende dr Theuns Eloff, tans onder andere voorsitter van die De Klerk-stigting en voorheen visie-kanselier van die Noordwes Universiteit, was die hoof spreker en het boere uit die staanspoor gewaarsku dat hy nie baie goeie nuus het om oor te dra nie. Hy het egter daarin geslaag om die gehoor ‘n gebalanseerde blik op Suid-Afrika te gee. bl 16 >>>

Dr Theuns Eloff, hoofspreker.

14

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

KONTREIKUIER

Werkbare strategieë in vennootskap VOLGENS ANNELIZE CROSBY, regs- en beleidsadviseur by Agri SA behoort alle wetgewing aan die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) gemeet te word. Die NOP erken onder andere hoe belangrik sekerheid oor eiendomsreg en besit van eiendom is. “Daar is baie detail wat nog uitgewerk moet word rondom grondhervorming,” het sy tydens Agri Noordwes se kongres gesê. “Agri SA sal aanhou om met die regering te werk. Ons kan nie eenvoudig die regering se plan van die tafel vee nie, die politieke

www.suidwes.co.za

meganismes laat dit eenvoudig nie toe nie. Intussen moet ons betrokke bly en met beter planne vorendag kom,” sê sy. “Ons uitdaging is om werkbare strategieë in ‘n vennootskapsbenade­ ring tussen staat en privaatsektor ‘n werklikheid te maak.” Me Crosby het ook gesê Agri SA moet kiesers ingelig kry oor waar hulle kos vandaan kom. “Ons het ‘n geweldige taak om aan landbou se beeld te werk,” sê sy.

Ons Eie

“Ek glo die Suid-Afrikaanse boer se intellek is van so ‘n aard dat ons die landbousektor sal kan maak werk,” — Pierre Vercueil

Annelize Crosby het boere insig gegee in die voetwerk wat agter die skerms gebeur.

Oktober 2015

Pierre Vercueil en Eric van Wyk (voorsitter van die kommersiële komitee) vergelyk vol dagboeke.

15


AKT UEE L

KONTREIKUIER Saamwerk vir oorlewing

Hoofspreker, Theuns Eloff is hier saam met Boeta du Toit (uitvoe­ rende hoof van Agri Noordwes), en Pierre Vercueil (Agri Noordwes president). Dr Eloff het die ‘makro-prentjie’ waarin ‘n welvarende kommersiële landbousektor gebou kan word geskets deur die bates en laste van ‘n politieke, ekonomiese, en sosiaal en sosio-ekonomiese Suid-Afrika te ontleed. “Om ‘n toekomsstrategie op te stel is dit nodig om te kyk hoe die omgewing lyk waarin die toekoms gebou gaan word en dan te fokus op die aspekte waaraan jy kan verander,” het hy voorgestel. Moedeloos Hy het boere aangemoedig om nie moedeloos te raak nie – “dit is soos ‘n gif wat jy jouself ingee”. Hy het wel gesê dat die land nou ‘n onseker tydperk ingaan omdat niemand weet wie vir President Zuma gaan opvolg nie. Sy voorstel is om te werk aan dit waaroor ons beheer het. “Ons kan nie verander aan die interne spanning binne die ANC nie. Ons kan ook nie die beleid van demografiese verteenwoordiging, regstellende aksie of kaderontplooiing in die staatsdiens verander nie.” Dr Eloff het boere gemaan om ‘comitted’ te bly – volgens hom is dit die eerste aspek waaroor ons beheer het. Hy beskryf die verskil tussen fisiese emigrasie, waar mense die land van herkoms verlaat en emosionele emigrasie, waar jy in jou kop reeds landuit is. Hy waarsku dat baie mense emosioneel ge-emigreer

16

het omdat hulle hoop verloor het. “Ek wil vir boere sê: hou aan om entrepreneuries te dink, spandeer net nou versigtig, want ons gaan op ekonomiese vlak ‘n moeilike tydperk binne. Hou aan om in jou besigheid te belê – daar is vir seker hoop. Vasbyt “Byt vas, daar gebeur genoeg goeie goed in die land en hoewel daar baie beleidonsekerheid bestaan, moet boere weet dat die land nie sonder die landbousektor kan bestaan nie,” het hy gesê. Hy het ook gesê dat die regering anders dink oor voedselse­ kerheid en dat hulle glo dat dit onder beheer is solank daar iewers kos gekoop kan word, hulle konsentreer nie op produksie nie. “Ons besef egter dat Suid-Afrika nie ‘n netto-invoerder van voedsel kan wees nie. Hierin lê die uitdaging vir die landbouers, julle moet voortdurend meer effektief as enige iemand anders wees – daar is mense wat julle produk nodig het en bereid is om daarvoor te betaal. Gedurende vraetyd het Pierre Vercueil by dr Eloff se boodskap aangesluit. “Ek glo die Suid-Afrikaanse boer se intellek is van so ‘n aard dat ons die landbousektor sal kan maak werk. Boere mag nie hulle kreatiwiteit verloor deur moedeloos te raak omdat jy op dinge fokus waaraan jy niks kan verander nie.”

Ons Eie

“Saamwerk, saamwerk …” DIE INKOMENDE Hoof-uitvoerendebeampte van Agri SA, Omri van Zyl, het by die Agri Noordwes-kongres met OFM oor saamwerk gesels. Hy het in ‘n baie positiewe boodskap gesê dat sy visie dié van ‘n verenigde landbousektor in Suid-Afrika is. “Ons gaan die uitdagings kan oorbrug as ons dit saam aanpak,” het hy gesê. “Ons moet nou daarop fokus om die interne belyning van die landbou te bestuur asook die belyning met die waardeketting, internasionale deelnemers, regering en provinsiale regering. Sodra ons dit gedoen het gaan ons energie begin skep waarmee ons almal saam sal kan werk.” Geleenthede Hy het vertel dat hy heelwat ondervinding met Afrika het en dat daar baie geleenthede in Afrika is. “Dié geleenthede lê nie noodwendig net in fisies daar gaan boer nie, ons kan ons kennis daar gaan verkoop. Ons kan in Afrika floreer met ons navorsing- en ontwikkelingskapasiteit, ons kan die middelpunt van groei en ontwikkeling in Afrika word.” Veertig persent van ons uitvoere gaan reeds na Afrika en dit groei steeds. Van Zyl sê ons moet ons produksiestelsels op steroïdes kry, die fondse gaan soek, want ons het reeds die kundigheid en die finansiële

sisteme om ons landbou uit te brei. “Ek glo dat die multi-nasionale maatskappye gaan saam met ons beweeg as ons eers aan die beweeg is – ons moet eenvoudig bo al die verwagtinge presteer, want sodra ons suksesvol raak, gaan ander industrieë by ons suksesse wil aansluit.” Positief Hy het gesê sy boodskap aan die regering is eenvoudig om te sê: “gee ons die magtiging en kom uit die pad uit, dan sal ons die landbou en die ekonomie maak werk.” Hy is ondanks die uitdagings, positief oor die toekoms in Suid-Afrika, “ons het nou nog ‘n geleentheid, ons moet net die uitdagings opneem en slim wees in hoe ons dinge struktuur gee en ons moet die invloed wat ons het gebruik.”

LANDELIKE VEILIGHEID BRIGADIER JUDITH LE ROUX is die strateeg agter die SAPD se Landelike Veiligheidstrategie en sy het ook op samewerking gefokus. “As ons veilige landelike gemeenskappe wil hê, moet ons weet dit is almal se verantwoordelikheid. Ons sal moet saamwerk en mekaar ondersteun want die uitdaging in die landelike gebiede is afstand wat hulle kwesbaar maak. Dit maak polisiëring van hierdie gebiede op ‘n geïntegreerde wyse baie moeilik,” het sy gesê. Sy het versoek dat boere en die algemene publiek steeds moet volhou om misdaad aan te meld. Volgens haar vorm dit deel van misdaadanalise wat noodsaaklik is vir die polisie om akkurate strategieë vir polisiëring saam te stel en hulpbronne korrek aan te wend. “ Help die polisie om die ware prentjie van misdaad te kry deur misdaad aan te meld. Indien ons kan slaag daarin om almal saam te werk, sal vertroue toeneem en daarmee sal verhoudings verbeter.”

Oktober 2015

www.suidwes.co.za



AKT UEE L New Holland Suid-Afrika (NHSA) is die trotse invoerder en verspreider van New Holland-trekkers in Suid-Afrika, en hier val die fokus op hulle TD- en TD5- trekkerreekse tussen 66 kW en 82 kW.

Boer die New Holland-manier ‘WAARDE VIR GELD’ kry betekenis in die New Holland TD-trekkerreeks. Hier ontmoet eenvoud, betroubaar­ heid en veelsydigheid mekaar wanneer verwys word na die TD90 (66 kW) en die TD95 (72 kW). Hierdie trekkers spog met turbo-aangejaagde 3.9ℓ Iveco-enjins wat bekend is vir brandstofeffektiwiteit en wringkrag teen lae enjintoere. Gekoppel aan die enjin is ‘n 12x12-transmissie met meganiese vorentoe- en agtertoeskakeling om moeiteloos van rigting te verander. Hierdie veelsydige trekkers word met twee stelle eksterne hidrouliese

kleppe toegerus, asook ‘n ten volle verstelbare swaardienstrekstang. Na gelang van die model word die trekkers met straallaag- of kruislaagbande aangebied, enkel- of dubbelspoedkragaftakker, hoë- of laer hidrouliese olievloei en ‘n unieke beladingspakket om aan die vereistes van enige bewerkingspraktyk te voldoen. ’n Sondak met rolbesker­ ming vorm deel van die standaardtoerusting op die trekkers, terwyl ‘n unieke uitleg al die kontroles maklik binne bereik van die operateur plaas. Trek nou voordeel uit die spesiale aanbieding, wat by enige van NHSA

se handelaars beskikbaar is, deur die veelsydige TD90 DT (meganiese voorwielaandrywing) teen slegs R330, 000 + btw aan te skaf. Die TD5-trekkerreeks word gekenmerk deur ‘n “power shuttle”, of in volksmond beter bekend as ‘n ‘nat koppelaar’. Drie modelle, naamlik die TD5.90 (66 kW), TD5.100 (74 kW) en die TD5.110(82 kW), voltooi die reeks. Die vorentoe- en agtertoeskakeling word moeitevry vanaf die verstelbare stuurkolom gedoen sonder dat die operateur sy hande van die stuurwiel hoef te verwyder. Die trekkers word in ‘n platform met rolbeskerming en sondak of ‘n lugverkoelde kajuit wat spog met baie lae geraasvlakke en uitstekende stoffiltrering vir operateursgerief aangebied. Vanuit die sitplek het die trekkers ‘n volmaakte kontrole-uitleg wat aan die operateur moeitevrye rygerief verseker. Unieke eienskappe soos die alombekende Lift’o matic verseker maklike hantering van driepunt-gemonteerde implemente. Brandstofbesparing deur New Holland se FPT, Tier3-emissievry­

stellingenjin, wat turbo-aangejaag en tussenverkoel is, is een van die trekkerreeks se hoofkenmerke. Hierdie enjins is nie net suinig met brandstof nie, maar ook bekend vir hoë wringkraguitset van tot 430 Nm in die geval van die TD5.110. Die lewensduur van die trekkers word verder verleng deur die gebruik van ‘n “Powercore”-lugfiltreringstelsel, wat onderhoudkoste ook tot die minimum beperk. ‘n 12x12 Syncro-transmissie komplimenteer die trekkers. NHSA bied ook ‘n luukse “self levelling” fabrieksgemonteerde voorlaaier. ‘n Servo-tipe kragaftakker dra by tot veelsydigheid met moeitelose inskakeling, veral met baaltoestelle. Die twee groter modelle word met ‘n 540/1000 opm-kragaftakker toegerus, terwyl die TD5.90 met 540/ 540E opm vir verdere brandstofbesparing sorg. Twee eksterne hidrouliese kleppe is standaard op die trekkers, asook straallaagbande vir flotasie en langer lewensduur. ‘n Lang wielbasis bied perfekte gewigverspreiding asook ‘n klein draaisirkel. Smal bande vir rygewasse is ook op die twee kleiner modelle beskikbaar.

Vir meer inligting kontak u naaste NHSA-handelaar, besoek www.nhsa.co.za of skakel Ockert Scheepers by 0823802405

18

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

19


AKT UEE L

Van Koöperasiewinkel na Kontreiwinkel Verandering is onafwendbaar. Dit raak ons elke dag, selfs hier op die platteland. Ons sien dit in ons dorpe, in ons skole en ons sien dit ook op ons plase met weersomstandighede, insetmiddele, meganisasie, presisieboerderytegnieke, arbeidspraktyke en so kan ons aangaan.

VIR BAIE VAN ONS is dit net ‘n beslommernis, tydmors, ‘n nuwe gier wat sal oorwaai. Maar vir ons in die Handelsdivisie van Suidwes Landbou is dit opwindend, vernuwend en motiverend. Om by te bly by nuwe produkte en dienste, nuwe tegnologie, nuwe konsepte, nuwe versoeke en nuwe klante – is ‘n aangename uitdaging. Dit vereis pro-aktiewe denke, ‘n nuwe generasie energie en sakke vol planne. Onder leiding van Patrick Nelissen, Hoof Operasionele Beampte by Suidwes, is daar reeds drie jaar gelede begin met ’n proses van

verandering. Die Kontreiwinkels, soos die handelstakke van Suidwes nou bekendstaan, is een vir een opgegradeer, rakuitlegte is aangepas, produkreekse is hersien en verbreed, nuwe verskaffers is genader en die mededingendheid van ons pryse word maandeliks vergelyk. Die jaar op jaar groei van gemiddeld 30% is ‘n duidelike aanwysing dat ons Kontreiwinkels die produkte verskaf en dienste lewer waarna produsente en klante op soek is. Dertien Kontreiwinkels is reeds opgegradeer en amptelik geopen, met ‘n verdere vyf wat nog moet volg. Meeste

Netjiese, goed geordende rakke en oorgenoeg beweegruimte begroet klante in die Kontreiwinkels.

20

Ons Eie

Oktober 2015

Kontreiwinkels het ‘n volledige winkel, rybaan en stoor. Die sewe topprodukreekse in ons Kontreiwinkels is veemedisyne, troeteldierprodukte, entstowwe, handgereedskap, klerasie, besproeiing en skoene. Ons personeel ontvang gereeld produkopleiding om klante by te staan met raad en advies. Gereelde promosies word aangebied en in die plaaslike media geadverteer. Die Suidwes Handelsdivisie is ook betrokke by boeredae en Inligtingsdae wat vir produsente aangebied word. Daar word hierdie jaar ook drie Jongboertjiedae aangebied vir 12 tot 18-jariges en 500 kinders uit die kontrei word blootgestel aan verskeie boerderypraktyke wat prakties aangebied en gedemonstreer word. Daar word verder ook opleiding gegee aan plaaswerkers en inligtingsdae vir opkomende boere gereël. Suidwes se Seisoene Damesklub is ook ‘n Handelsinisiatief en daar het reeds 180 dames aangesluit wat blootstelling kry aan spesiale promosies, tuinboudae, stokperdjie-opleiding, en vele meer. Dit is ons strewe om ‘n onmisbare deel van elke produsent, boer en klant se besigheid te word. Ons winkelpersoneel, petroljoggies en stoorpersoneel poog dus om die regte produkte teen die regte prys en met uitstaande klantediens aan u te lewer.

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

21


BO ERDERYBES T UUR

Die arbeider is sy loon werd Oortydbetaling vir plaaswerkers ’n Werkgewer mag nie toelaat of verwag dat ‘n plaaswerker meer as 45 ure per week werk nie - of nege (9) ure per dag vir ’n vyf (5) dag-werksweek, of agt (8) ure per dag as meer as vyf (5) dae per week gewerk word.

WERKNEMERS OUER AS vyftien (15) maar jonger as agtien (18) mag nie meer as 35 ure per week werk nie. So bepaal die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 75 van 1997, wat werksure en oortydbetaling reguleer. Die sektorale vasstelling 13, gemaak ingevolge die Wet, is van toepassing op plaaswerkers. Per definisie word huishulpe werksaam op plase en sekuriteitswagte op plase ook as plaaswerkers geag.

Ratsbrand-kliënte neem kennis! Ratsbrand (Edms) Bpk is nou vir BTW geregi­ streer en ons moes ons pryse daarby aanpas. Kliënte wat ook vir BTW geregistreer is, eis dit eenvoudig terug, maar vir kliënte wat nie ge­ registreer is nie, bring dit ’n eksta verhoging mee. Daarom bied ons aan nie-geregistreerde kliënte 10% afslag. Dit geld tot 29 Februarie 2016 op alle produkte.

Sien ons volledige produkte- en pryslys op www.ratsbrand.co.za of skakel Willie Immelman by 0845811599

22

Ons Eie

Tydelike uitbreiding van werksure ‘n Werkgewer en plaaswerker mag ‘n geskrewe ooreenkoms aangaan ingevolge waarvan die plaaswerker se gewone werksure meer as vyf (5) ure per week vir ‘n maksimum van vier (4) maande is, én dan vir ‘n ooreenstemmende tyd verkort word met dieselfde ure. Oortyd word dan nie betaal nie. Indien die werknemer se dienste beëindig word in hierdie tyd moet die werkgewer ‘n herberekening doen en die oortyd verskuldig, betaal.

skriftelike ooreenkoms mag die tydperk verleng tot 12 maande. Sodanige ooreenkoms kan by indiensname aangegaan word, of binne die eerste drie (3) maande van diens, en is slegs vir een jaar geldig, waarna ‘n nuwe skriftelike ooreenkoms aangegaan moet word. Oortyd op Sondae ‘n Plaaswerker wie nie op die werkgewer se plaas woon nie en op ‘n Sondag werk, moet egter vir ten minste twee ure betaal word soos in die tabel uiteengesit.

Tyd gewerk op Sondag

Betaling

Een uur of minder.

Dubbel die uurloon vir een uur.

Meer as een uur maar minder as twee.

Dubbel die normale uurloon vir tyd gewerk.

Meer as twee ure maar minder as vyf.

Die normale dagloon (bo nege ure vir ‘n vyf-dagwerker).

Meer as vyf ure.

Die grootste van dubbel die dagloon of dubbel die uurloon.

Oortyd ‘n Werkgewer mag nie toelaat of vereis dat ‘n plaaswerker oortyd werk behalwe: • ingevolge ‘n ooreenkoms tussen hulle aangegaan nie, • nie meer as 15 ure per week oortyd werk nie, en • nie meer as 12 ure per dag (oortyd ingesluit) werk nie. Betaling van oortyd Werkgewers en werknemers mag per ooreenkoms reël dat tyd afgegee word vir oortyd in stede van betaling daarvoor. Dit geskied op die basis van 90 minute vir elke uur oortyd gewerk. Oortyd word dus teen 1,5 maal die uurloon betaal. Sodanige af tyd moet binne een maand gegee word na oortyd gewerk is, maar ‘n

Oktober 2015

Werk op openbare vakansiedae ‘n Werkgewer mag nie van ‘n plaaswerker verwag om op ‘n openbare vakansiedag te werk nie, behalwe ingevolge ‘n ooreenkoms. Indien hy/sy wel op ‘n openbare vakansiedag werk, wat andersins ‘n normale werksdag is, moet vergoed word teen dubbel die dagloon, of dubbel die dagloon plus ure langer gewerk as normale dagure. Indien die plaaswerker oortyd werk op ‘n openbare vakansiedag wat normaalweg nie ‘n werksdag is nie, moet die werkgewer die normale dagloon aan die werker betaal, plus die uurloon vir ure werklik gewerk.

www.suidwes.co.za


ALKATNDB UEEOL UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2014

23


AKT UEE L PRO DUKNUUS

Vandat die onbetwiste voorloper All Power gedurende 1989 die heel eerste SuidAfrikaanse sonkragwaterpompe ontwerp en vervaardig en wêreldwyd uitgevoer het, was daar verseker geen brieke aangedraai nie. NA 26 JAAR en met meer as 26 000 pompstelsels van alle groottes wat net in Suid-Afrika alleen geïnstalleer is, het kliënte met reg verwag dat All Power met nog nuwe sonkragidees vorendag sal kom. All Power het nou ‘n volledige reeks sonkragwaterpompe van gelykstroom tot 3-fase wisselstroom om besproeiingstelsels en spilpunte suksesvol direk deur sonlig aan te dryf. Warm water direk vanaf gewone sonkragmodules! Met All Power weer eens aan die voortou kan gewone bestaande elektriese “geysers” direk van gewone sonkragpanele meer doeltreffend aangedryf word. Geen onooglike apparaat op dakke nie, geen glas-tipe buise, geen loodgieterswerk is nodig nie en geen probleme met vriestoestande nie.

24

GEEN BRIEKE VIR

ALL POWER

SE SONKRAGSTELSELS NIE! Klop by All Power aan, want AS DIT SONKRAG IS … IS DIT ALL POWER! www.allpower.co.za / info@allpower.co.za / Tel 041 451 3936 / Faks 086 549 0168

Spilpunte en sproeiers Sproeiers, spilpunte en kanonspuite van alle groottes word met gemak direk van die son af aangedryf, selfs onder bewolkte omstandighede. Meer as 260 drie-fase waterpompstelsels wat tot 200 000 liter per uur en selfs meer pomp, is die afgelope twee jaar met groot sukses geïnstalleer. Geen batterye, kraglyne en maandelikse beskikbaarheidsfooie nie. Geen gereelde verhoging in kragkostes nie, tot so ‘n mate dat meeste kliënte na minder as 5 jaar reeds die kapitale koste van so ‘n stelsel verhaal uit besparings wat bewerkstellig is. Die spesiale WaterMax-formule waarvolgens pompstelsels ontwerp word, laat die pompe onverbeterlik vaar onder bewolkte omstandighede. Die werking van spesiale Watermax 3-fase outomatiese MPPT-omsetters, wat vloei onder alle radiasievlakke

Ons Eie

verbeter en wat frekwensiebeheer gebruik om aan presiese vloeibehoeftes te voldoen, maak dit pure plesier om te sien hoe damme vol raak, sproeiers lustig water spuit en spilpunte met gemak die werk doen wat voorheen teen hoë aandrywingskoste gedoen moes word en wat boere moedeloos gehad het. Die doeltreffende Watermax-waterpompstelsels beteken baie meer geld in die sak vir honderde boere. Ons het talle verwysings van suksesvolle stelsels wat gemoedsrus aan voornemende kliënte kan gee. Sonkragstelsels vir behuising All Power se PowerMax-sonkragstelsels vir kothuise, woonhuise, besighede en industriële toepassings, is nou meer gewild as ooit. Klein stelsels maak voorsiening vir huisies waar net ligte benodig word, of dalk selfs ‘n TV aangedryf moet word. By groter

Oktober 2015

stelsels word yskaste, vrieskaste, rekenaars, televisiestelle, dekodeerders, alarmstelsels, wasmasjiene, ligte, sweismasjiene, kraggereedskap en talle ander toestelle met gemak aangedryf en sonder dat daar elke maand ‘n rekening is wat betaal moet word. Die PowerMax-sonkragstelsels bestaan uit net die beste plaaslikvervaardigde bi-direksionele suiwer sinusgolfomsetters en MPPT-reguleerders en word gerugsteun deur All Power se nou reeds bekende en onverbeterlike naverkoopdiens. Die voordeel van die PowerMaxstelsels is dat dit uitgebrei kan word en dus kan kliënte klein begin om ‘n huidige begroting te pas en sonder moeite die stelsel uitbrei sonder dat dit later nodig is om enige items te vervang.

www.suidwes.co.za




B O ERDERY B ES T UUR

Suidwes Fin Die boer se finansieringsvennoot in goeie en moeilike tye Deur Martin Ehlers, Hoof uitvoerende beampte Finansiering by Suidwes

Die grootste gedeelte van Suidwes se bedieningsgebied is die afgelope produksieseisoen gekenmerk deur ondernormale reënval en produksie­ toestande was vir beide graan- en veeboere baie moeilik. OPBRENGS VAN MIELIEen ander somergrane was ver onder die gemiddelde langtermynsyfers, terwyl boere in die veebedryf baie bykomende voerkoste moes aangaan om vee op bemarkbare vlakke te kry. In baie gevalle kon produsente nie al hulle finansiële verpligtinge nakom nie. Juis om hierdie rede het Suidwes Fin, die finansieringsbeen van Suidwes Landbou, twee unieke finansieringsprodukte ontwikkel om bestaande Suidwes Fin-kliënte by te staan in hierdie moeilike tyd. Hierdie twee finansierings­ produkte word so opgesom: Hulpskema vir Gewasse Die doel van die skema is om boere wat lewensvatbare en volhoubare boerderye bedryf se produksie-oorlaatskuld by Suidwes te finansier en die afbetaling daarvan oor ‘n langer termyn te skeduleer. So kan Suidwes bydra tot die sukses-

www.suidwes.co.za

volle voortbestaan van hierdie kliënte. Hierdie finansierings­ opsie is slegs beskikbaar vir bestaande Suidwes Fin-kliënte wat produksiefinansiering by Suidwes opneem. Die maksimum termyn van hierdie lening is drie (3) jaar en die paaiemente (rente en kapitaal) is jaarliks betaalbaar. Die rentekoers van hierdie lening word ooreenkomstig die risikoprofiel van die kliënt bepaal. Waar paaiemente op huurkope en termynlenings moontlik nie nagekom kan word nie, sal Suidwes Fin dit oorweeg om hierdie paaiemente te herskeduleer oor die oorblywende termyn van die betrokke fasiliteit. Die herskedulering van paaiemente sowel as die finansiering van oorlate oor ‘n langer termyn, word gedoen om die druk op die kontantvloei te verminder, en daardeur te verseker dat die kliënt oorlewingsvermoë oor die langtermyn het. Elke kliënt se aansoek word op eie meriete hanteer. Hulpskema vir Veeboere Die doel met hierdie skema is om finansiering aan bestaande Suidwes-kliënte te voorsien wat veevoer en addisionele veelekke moet aankoop weens verlies aan weiding weens droogtes. Hierdie skema stel dus die veeboer in staat om sy aanteelkudde te behou en daardeur die boerdery op lewensvatbare

Ons Eie

vlakke te kan bestuur. Die aankoop van veevoer, veelekke en die huur van bykomende weiding kan oor ‘n termyn van drie (3) jaar gefinansier word, met paaiemente (kapitaal

en rente) jaarliks betaalbaar. Ook hier word elke aansoek op sy eie meriete hanteer, en die rentekoers van die lening word deur die kliënt se ooreenkoms­ tige risikoprofiel bepaal.

MOEILIKE SEISOEN WAT VOORLÊ DAAR WORD verwag dat die komende produksieseisoen groot uitdagings aan die primêre landbouprodusent en die landboufinansierders gaan bied. Die huidige vogstatus van lande, die sprake van El Nińo sowel as beperkte fondse vir insette by sekere kliënte, gaan ‘n nuwe denkrigting vereis om oorlewingvermoë oor die langtermyn te verseker. Graanboere sal deeglike grondontle­dings moet laat doen om vogstatus sowel as chemiese status van lande te bepaal voordat aanplantings oorweeg word. Hierdie inligting moet gebruik word om die optimale punt van produksie te bepaal en sodoende optimale wins, en nie omset of opbrengs nie, te jaag. ‘n Oorlêstelsel kan oorweeg word om vogstatus weer op aanvaarbare vlakke te kry. Waar sekuriteit of terugbetaalvermoë kliënte se toegang tot finansiering negatief beïnvloed, moet aanplantings baie deeglik beplan word. Wend fondse so aan dat optimale wins gerealiseer word, al beteken dit dat net sommige lande in die komende seisoen geplant word. Hier moet deeglike finansiële

Oktober 2015

ontledings gedoen word wat nie net op historiese syfers gebaseer is nie, maar alle rolspelende faktore moet in berekening gebring word. Hoewel dit bykomende koste kan meebring, moet boere vir die komende produksieseisoen alle risiko’s optimaal bestuur. Kliënte met skuldvlakke hoër as die aanvaarbare norm van 50%, moet veral risikobestuur toepas. Prysrisiko kan bestuur word met Suidwes Graan se verskansings-opsies en voorseisoenkontrakte. Suidwes Graan het kundige personeel en verskeie produkte om optimale prysrisikobestuur mee toe te pas. Produksierisiko kan met verseke­ rings­produkte verskans word. Suidwes Versekering kan u met advies en produkte bedien. Haelversekering en multi-risikoversekering is twee produkte hiervoor. Suidwes Fin sal alles in sy vermoë doen om bestaande kliënte by te staan in die moeilike tyd wat voorlê. Indien u as kliënt enige verdere vrae het oor hoe Suidwes Fin u kan bystaan, kontak u naaste Verhoudingsbestuur­der.

27


PRO DUKNUUS

PARASITIESE WESPES fnuik VLIEë ’N KLEIN, SWART parasitiese wesp is in Suid-Afrika geteel en het reeds bewys dat dit vlieggetalle onder SuidAfrikaanse toestande kan beheer en selfs kan VERMINDER. Van die boere in Suidwes se bedieningsgebied gesels hier oor hulle ondervinding met dié dodelike klein swart vegtertjie….. Jacques Labuschagne bestuur ‘n varkboerdery in die Vrystaat tussen Wesselsbron en Bothaville. Die vliegprobleem was uiters groot en dit was ‘n groot frustrasie vir beide mens en dier. Hy kon binne een somerseisoen ‘n verskil in die vlieggetalle waarneem. Volgens hom is die probleem met chemiese bestryding dat net die volwasse vlieg doodgemaak word, maar duisende eiers is reeds gelê. Die vernuftige wesp steek die vliegpapie

28

dood en lê sy eie eier in die papie van die vlieglarwe. Die wesp-larwe teer dan op die vlieglarwe en ‘n wesp broei uit in stede van ‘n vlieg. Sodoende kry die vlieglarwe nooit kans om uit te broei nie en word die populasie effektief verminder. Soms sal die wesp die vliegpapie eet sonder om ‘n eier te lê. Volgens Jacques is dit baie belangrik om die produk voor die ergste hitte van die somer te begin gebruik. Hy beveel aan dat meer wespe bestel moet word as wat nodig is omdat dit maklik is om af te skaal sodra vlieggetalle minder is. “BISA gee ook afslag op hierdie “booster”-getal wespe, want dit is vir hulle belangrik dat boere so gou moontlik die ewigdurende oorlog teen die vlieë wen,”

Ons Eie

vertel hy. Marnus van Niekerk bestuur ‘n algemene boerdery naby Lichtenburg en hulle vliegprobleem was so erg dat hulle skaars ‘n gesprek buite kon voer. Binne 30 dae nadat die wespe losgelaat is, kon hy ‘n verskil sien. Hy is van mening dat die vlieggetalle ongeveer 70% verminder het. “‘n Goue reël met die gebruik van die wespe is dat jy elke maand nuwe voorraad MOET aankoop aangesien die vlieg se lewensiklus om en by 28 dae is en die wesp s’n slegs 21 dae.” Nog ‘n boer in Vredefort se distrik het ‘n voerkraal op sy plaas. Die vliegprobleem was “absoluut verskriklik” aangesien hulle ongeveer 4 ton mis per dag produseer wat die mees ideale broeiplek vir vlieë is. Na slegs drie

Oktober 2015

maande het hy ‘n dramatiese afname in die vlieggetalle waargeneem. Hy hang emmertjies met die wespe bokant die mis sodat die wespe eenvoudig afvlieg en die vlieglarwes doodsteek. Volgens hom is die pro­ bleem met chemikalieë dat die wespe ook doodgemaak word en dit is die laaste ding wat hy nou wil hê! Indien jy belangstel in hierdie wonderlike produk, kontak die verteenwoordiger op Klerksdorp, Johan Vermeulen by 0836270573 of Dr Arno Moore by hoofkantoor, 0832704866.

www.suidwes.co.za


P RO DUK NUUS

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

29


BEMARK I NG

Vooruitskouing van prystendense vir

2016-seisoen

Met die 2015-seisoen feilik agter die rug en rekord prysvlakke gedurende die oesseisoen, is die vraag nou: Wat gaan met die komende seisoen se graanpryse gebeur? ARTIKEL DEUR:

Bertus Pretorius Graanverkryger Kontrakfinansiering by Suidwes

Om ingeligte besluite te kan neem moet die volgende faktore in ag geneem word en prystendense dopgehou word: - Die oordragvoorraad in SuidAfrika. - Die komende seisoen se aanplantings. - Die effek van die voorspelde sterk El Nino-verskynsel. - Versekering – sal produsente goedkeuring kry as vooruitskouing vir die volgende jaar steeds negatief lyk? - Hoe die VSA se oes ontwikkel en die effek van verlaagde pryse vir brent ru-olie op ethanolvervaardiging. China se ekonomie is tans onder groot druk en hulle kanselleer aankooptenders. Dit dra

30

verder by tot ‘n verhoging van die internasionale oordragvoorraad van graan. Op Suid-Afrikaanse bodem is tans met ‘n rekordprys vir die 2015/2016-produksieseisoen weggespring, met Safexwitmieliepryse wat vir Julie 2016 gaan draai het by R2,700/ ton. Hierdie prysvlakke is ‘n baie groot motiveringsfaktor om weer mielies vir die volgende seisoen te plant. Produksiebeplanning moet egter konserwatief gedoen word gegewe die vooruitsigte van die El Nino verskynsel en die lae vlakke van grondvog regdeur die somersaaigebeid. In die mieliemark kan daar verwag word dat die pryse

bl 32 >>>

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

31


BEMARK I NG

Vooruitskouing van prystendense

onder druk gaan kom sodra die eerste lentere������������������ ë����������������� n val. ‘n Afwaartse potensiaal van ongeveer R300 – R400/ton kan realiseer indien genoeg reën vroeg in die produksieseisoen val. Prysvlakke van R2,650 – R2,700/ton is goeie vlakke om vloerpryse in plek te sit vir die komende seisoen. Hou ook in gedagte dat die pryse wesenlik op die klimaatstoestande gedurende die mid-

somer gaan reageer, gegewe die lae vlakke van mielies se oordragvoorraad. Dit kan tot gevolg hê dat pryse weer na rekordvlakke kan beweeg indien daar nie voldoende reën val nie. Opsiepremies om minimum-

pryse in plek te sit is tans baie duur, maar die gemoedsrus daarvan asook deelname in markpryse met die potensiaal om te kan styg, kan dalk die wenresep wees vir die komende jaar se onvoorspelbaarhe-

idweens die negatiewe natuurfaktore. Die VSA het gewys dat graanpryse die onderkant van die mark wil toets met ’n potensiële groot mielie-oes. Daar was ook sprake van verlagings tot sover

bl 35 >>>

32

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

33


L ANDBO UKUNDI G

34

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


B E M A RK I NG

Vooruitskouing van prystendense

as vlakke van $3,45/skepel vir Desembermielies. Hierdie verlaging het ’n wesenlike effek op die plaaslike pariteitsvlakke en die verlaging in pryse kan dit vir ’n tydperk onder druk plaas. Indien oesskade op die mielies in die VSA voorkom, kan ons sien dat pryse internasionaal weer kan stabiliseer tussen vlakke van $3,60 en $3,95/skepel. Vir die oliesademark lyk dinge nie veel anders nie – die sojaboon- en sonneblomoeste presteer

die afgelope seisoen soos verwag in Suid-Afrika. Wisselbou sal soos normal voortgaan en met Safex-pryse vir oliesade naby R5,000/ton vir die nuwe seisoen, behoort die hektare nie veel aangepas te word nie. Soos in die geval van mielies kan pryse vir sojabone en sonneblomme voor planttyd afwaarts neig sou dit tydig voldoende reën. Indien dit ‘n jaar met normale reënval is, kan oliesade se pryse ook negatief reageer en kan vlakke van R4,300 tot R4,500/ton weer verwag word.

OPSOMMING

van die vooruitskatting: Die produsent moet verseker dat die onderkant van sy prysportefeulje beskerm is en dat die geleenthede benut word om die opwaartse tendens in ‘n sekere tydperk in die mark te gebruik.

Beskerm jou tuin teen ongewenste indringers wat jou kosbare plante en grasperk verwoes! PROTEK MERIDIAN is ‘n uiters doeltreffende, sistemiese produk wat ‘n verskeidenheid tuinplae beheer. Meridian word in gerieflike, wateroplosbare sakkies verpak, dus geen hantering of afmeting van die produk. Die veiliger, omgewings­ verantwoordelike groenbandformulasie bied baie vinnige beskerming (binne 7 dae) en langdurige beheer. Meridian word as voorkomende en genesende behandeling teen italiaanse sipresluise asook plantluise op rose toegedien. Dit bied ook vinnige beheer teen molkrieke op jou grasperk en in beddings en beheer ook die kewerlarwes (miswurms) wat jou plante verwoes. Protek Complete 350 SC bied voorkomende en genesende behandeling teen plantluise, blaarmyners, rooidopluise, blaaspootjies, witvlieë en psylla (bladvlooie) op sitrus, groente en sierplante. Complete is ‘n sistemiese produk met ‘n baie lang nawerking wat slegs seisoenaal toegedien word. Beide Meridian en Complete word gerieflik en maklik deur middel van gronddeurweking by die wortelarea van plante of as ‘n blaarbespuiting toegedien. Wet 36 van 1947 Complete 350 SC: Imidachloprid 350 g/l, L7959, SKADELIK Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid-Afrika (Edms) Bpk, Reg No 2009/019713/07 Meridian: Thiamethoxam 250 g/kg, L7824, VERSIGTIG Registrasiehouer: Syngenta (Pty) Ltd, Reg No 1998/013761/07 Versprei deur Protek, ‘n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438, Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

35


L ANDBO UKUNDI G

Bêre en gebruik elke druppel Grondvogbewaring en effektiewe watergebruik haal die angel uit droogte ARTIKEL DEUR:

Rupert Vermaas

Landboukundige by Triomf Agri-X

Onder droogtetoestande soos dié waaraan landbouers tans blootgestel is, is dit noodsaaklik dat saaiboere so effektief moontlik graan produseer met die hoeveelheid reën wat hulle kry. IN SUID-AFRIKA IS DIE gemiddelde reënval in die tradisionele saaigebiede in die weste van die land ± 450 tot 550 mm per jaar tot in die ooste van die land waar dit ± 650 tot 800 mm per jaar reën. Met die droogte wat die afgelope paar jaar oor dié gebiede heers, het die opbrengste van gesaaides drasties afgeneem. In die weste van die land het groot dele vanjaar skaars 300 mm reën gekry en in die ooste is daar dele wat skaars 400 mm gedurende die jaar gekry het. Dit is baie moeilik om in sulke droogtes steeds relatiewe goeie oeste af te haal en steeds ‘n bestaan uit saaiboerdery uit te kan maak. Grondprofiele is tans baie

36

droog en heelwat reën is nodig om genoeg vog op te bou om in die komende seisoen ‘n vol oes te kan verwag. Om finansieël sinvol te kan boer moet elke druppel reën opgevang en so effektief moontlik deur die gewas benut word, sodat die maksimum hoeveelheid graan met daardie vog geproduseer kan word.

‘n Land waarop geenbewerking toegepas is – let op die deklaag.

Konvensionele bewerking min tot geen bewerking

Grafiek A: Opbrengsdata vir 2013 – 2015 teenoor reënval op die plaas Knopfontein *Chemiese regstellings en opheffing van verdigtings gedoen voor 2014/2015-seisoen

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

GRONDVOGBEWARING Onkruidbeheer Dit is belangrik om lande deurgaans skoon van onkruide te hou. Voorseisoense reën is van baie waarde indien dit in die grond opgegaar kan word en nie deur onkruide gebruik word voordat die gewas dit kon benut nie. Onkruide en opslagplante moet in die voorseisoen beheer word deur bespuitings of deur vlak grondbewerkings om vogverlies te beperk. Waterinfiltrasietempo Om oesreste op lande te laat, verbeter infiltrasietempo van reënwater en keer ook dat afloopwater nie verlore gaan nie. Waar hellings in ‘n land baie skuins is moet kontoere oorweeg word om afloopwater asook gronderosie te beperk. Die rigting waarin rye aangeplant word, moet afloopwater verder beperk. Dit moet dus so ver as moontlik teen die helling langs loop en nie saam met die skuinste af nie. Bewaringsbewerkingspraktyke Geenbewerking, of “no-till” soos almal dit ken, is ook ‘n goeie praktyk wat elke druppel vog in die grond bewaar. ‘n Land/ plaas wat vir ‘n paar jaar al op ‘n geenbewerkingstelsel is, het heelwat oesreste en/of ‘n deklaag wat die infiltrasietempo van reënwater verhoog. Die deklaag beperk ook verdamping van vog uit die grond uit. Geenbewerking is egter nie toepaslik op alle grondtipes nie. Waak teen verdigting op grond met minder as ± 18% klei waar ‘n geenbewerkingspraktyk gevolg word.

Grafiek B: Kilogram graan per millimeter reën vir 2013-2015 op die plaas Knopfontein *Chemiese regstellings en opheffing van verdigtings gedoen voor 2014/2015-seisoen

Faktore wat effektiewe waterverbruik van plante beïnvloed: Bewerking Die regte bewerkingspraktyk op die regte grond is een van die belangrikste faktore wat bepaal hoe effektief ‘n plant reënwater gebruik om graan te produseer. Dit is van kardinale belang omdat die plantwortels die grondprofiel so effektief moontlik moet binnedring. Effektiewe waterverbruik is feitlik onmoontlik waar daar verdigtings of enige beperkings in die grond is wat die plantwortels verhoed om so diep en so wyd as moontlik in die grondprofiel te versprei. Dit stel die plant in staat om die water optimaal uit die grondprofiel te gebruik. Monitor die grond vir verdigtings, en waar plantwortels nie die grondprofiel effektief penetreer nie, moet dié

verdigtings opgehef word. In ‘n droë jaar is dit belangrik vir die plant om effektief water uit die ondergrond te verbruik. Wanneer die reën wegbly, is die vog in die ondergrond die plant se enigste vogreserwe. Grondchemie Gewasse op grond met chemiese

tekorte of wanbalanse is geneig om droogtetoestande moeiliker te hanteer as gewasse wat in grond groei waar die chemiese status van die grond reg is. Waar chemiese regstellings soos fosfaat- en kaliumtekorte, pH en suurversadiging, katioon-verhoudings en katioon-minimumwaardes

bl 38 >>>

Monitor die grond se vogreserwes want grondprofiele is tans baie droog en heelwat reen is nodig om genoeg vog op te bou om in die komende seisoen ‘n vol oes te kan verwag.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

37


L A NDBO UKUNDI G >>>

Grondvogbewaring aangespreek is, sal plante baie gesonder, minder vatbaar vir siektes en plae wees en kan die plante droogtetoestande baie beter hanteer en water meer effektief gebruik. Dit is waarom die gesegde, “’n Honger plant is ‘n dors plant”, by baie boere en ander kundiges in die veld ontstaan het. Hier is ‘n voorbeeld van van verhoogde waterverbruikeffektiwiteit na chemiese regstellings en opheffing van verdigtings: Grafiek A en B stel die plaas Knopfontein, in die Gerdau-omgewing voor. Hier is akkurate opbrengsdata asook reënvalsyfers vir die afgelope drie jaar beskikbaar. Voor die 2015-seisoen is daar chemiese ruite (grids) getrek en chemiese regstellings oor die hele plaas van 475 ha gedoen. Van 2011 tot 2014 is daar ‘n geenbewerkingspraktyk (no-till) oor die hele plaas toegepas. Voor die 2015-seisoen is verdigtings op

38

sommige grondtipes en dele van die plaas geïdentifiseer. Dit is deur ‘n dieptand-bewerking tot op ongeveer 450 mm opgehef. 25% van die plaas se totale oppervlak het ‘n dieptand-bewerking gekry. Op die res (75%) van die plaas is ‘n geenbewerkingspraktyk steeds vir die 2015-seisoen toegepas. Grafieke A en B wys dat die effektiwiteit van die waterverbruik drasties verhoog het nadat chemiese regstellings gedoen is en nadat verdigtings opgehef is en die regte bewerkingspraktyke op die regte grond toegepas is. Die kg graan / mm reën het van 6.91 kg graan / mm reën in 2014 verhoog na 10.16 kg graan / mm reën in 2015. Hierdie verhoging in waterverbruikeffektiwiteit is reeds die eerste jaar nadat die chemiese regstellings gedoen is en verdigtings opgehef is, behaal. Samevatting In die droogte waarin ons saaiboere ons bevind is dit noodsaaklik om soveel reënwater moontlik

Ons Eie

op te gaar en die grondvogreserwe so ver moontlik op te bou. Dan is die uitdaging verder om die plant/gewas in staat te stel om die opgegaarde vog in die grond so effektief moontlik te verbruik en soveel as moontlik graan daarmee te produseer. Die ‘geheim’ is dus: 1) kry vogbewaring so effektief as moontlik deur die regte bewerk-

ingspraktyke op die regte grond toe te pas en 2) hou die grondchemiese status van die grond hoog, dan sal die effektiwiteit van die gewasse se waterverbruik verhoog. Dit gaan beteken die gewasse kan droogtetoestande beter hanteer en selfs relatiewe winsgewende oeste in die droogte lewer.

Voorbeeld van grondverdigting agv verkeerde bewerking op ’n hoë klei grond (let op na die vog en wortels wat nie deur die verdigting wil gaan nie)

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

39



L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

41


L A NDBO UKUNDI G

Kies die regte sonneblompitklas ARTIKEL DEUR: Joubert Swanepoel en Lize Henning DAAR WORD JAARLIKS ONGEVEER 550 000 hektaar sonneblom in Suid-Afrika geplant. Hoewel hierdie gewas met groot sukses verbou word en daar jaarliks baie navorsing op sonneblom gedoen word, is daar steeds wanbegrip rondom pitklasse. Daar word aanvaar dat groter sonneblom-pitklasse beter resultate as kleiner pitklasse lewer en dat groter saad vinniger ontkiem en opkom. Laasgenoemde kan dalk logies klink, maar is dit werklik so? In Suid-Afrika word kommersiële baster-sonneblomsaad volgens hul groottes in verskillende pitklasse gegroepeer en verkoop. Daar word gepoog om hierdie pitklasse, waarvan klas 1 die grootste is en klas 4 die kleinste, tydens die verwerkingsproses van mekaar te skei. Dit word gedoen deur die saad oor siwwe van verskillende groottes te gooi en in die verskillende pitklasse te skei. Die sifgrootte bepaal dus die pitklas en dit is belangrik om in gedagte te hou dat die saad se “skouer”breedte bepaal in watter pitklas die saad val en nie die lengte van die saad nie. Wanneer morfologiese aspekte van sonneblomsaad bestudeer word, moet die volgende in gedagte gehou word:

42

Daar word na sonneblomsaad verwys as ’n vrug wat bestaan uit ’n saadjie binne die perikarp of dop. In die foto is dit duidelik dat die dop rondom die saadjie vorm met lugruimtes tussen die dop en die saadjie. ’n Dun vliesie, bekend as die testa, is ook direk om die saadjie sigbaar. Die verskil in vruggrootte (saad) word deur die dop bepaal. Groot sade het ’n dik dop met groot lugruimtes, terwyl kleiner sade dun doppe het met kleiner lugruimtes. Klein sade kan dus vinniger ontkiem en opkom omdat dit in nouer kontak is met die grondwater. Dit is veral voordelig waar grondwaterinhoud laag is. Groot sade kan weer sterker saailinge produseer omdat meer voedselreserwes in die saadlobbe beskikbaar is. Om te ontkiem, moet die saad water deur die dop absorbeer tot in die lugruimtes. Sodra die lugruimtes met water gevul is, kan die saad water opneem deur die proses van imbibisie*. Gedurende hierdie proses vind gaswisseling ook tussen die saad en die grond plaas. Dik doppe, soos in die geval van groot sade, kan gaswisseling stadiger laat plaasvind en ontkieming vertraag. Die proses van ontkieming en saailingvestiging is die mees kritieke fase vir optimale sonneblomproduksie. Die sukses van hierdie proses sal ’n direkte invloed op

Ons Eie

die sonneblom se plantpopulasie asook winsmarges hê. Navorsing toon dat kleiner sonneblompitklasse die vermoë het om vinniger op te kom as groter pitklasse. Aangesien plaaslike produksietoestande in planttyd selde ideaal is en sonneblom in die praktyk nie dieper as 50 mm geplant word nie, is ideale grondvog in die sonneblomsaadbed van korte duur. Laasgenoemde punt moet dus deeglik oordink word wanneer daar oor pitklasse vir die komende seisoen besin word.

Oktober 2015

Terme wat verwarrend kan wees: * Imbibisie: proses waartydens die saad water uit die grond opneem om ontkieming te begin. Ontkieming: proses waartydens die saad ’n wortel ontwikkel nadat water uit grond opgeneem is. Ontkieming stop wanneer die wortel deur die dop verskyn. Opkoms: proses waartydens die wortel verder verleng om ’n penwortelsisteem te ontwikkel en die hipokotiel verleng om die saadlobbe deur die grondoppervlak te trek.

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Oktober 2015

43


L A NDBO UKUNDI G

Die rol wat Energie in Wildvoeding speel

ARTIKEL DEUR:

Lubbe Jacobs Tegniese bestuurder by Lubern Voere

IN DIE VORIGE ARTIKELS is bespreek hoe belangrik dit is om diere op weiding van swak gehalte die regte aanvullende voeding te gee. Weiding van swak gehalte het hoë lignienvlakke en is laag in proteïen, wat die eerste beperkende nutriënt is. Alles is daarop gemik om die dier in optimale liggaamskondisie te hou. Die aanvulling van energie speel ’n baie belangrike rol hierin asook die aanvulling van die essensiële minerale en vitamiene. Energie en minerale sal afsonderlik bespreek word. Energie Diere het daagliks energie nodig en ‘n groot gedeelte van die totale dieet van die dier fokus daarop. Energie is nodig vir alle funksies in die liggaam soos melkproduksie, groei, onderhoud en by wild, spesifiek vir horinggroei. In weiding of hooi bestaan die energiefraksie uit gebonde energie. Die energiebron is in die selwand vasgevang. Die ander fraksie is ongebonde energie soos die koolhidrate en suiker wat in die selplasma voorkom. Energie bestaan uit verskeie fraksies. Die fraksie wat gebruik word om energiewaarde aan ‘n spesifieke grondstof te koppel is

44

ME (Metaboliseerbare Energie). Me is die gedeelte van die totale energie wat beskikbaar is vir die dier nadat die energie afgetrek is wat verlore gaan in mis, uriene en gasproduksie. ‘n Dier benodig ‘n sekere hoeveelheid energie per dag en die inname word deur verskeie faktore beïnvloed soos ouderdom, geslag, temperatuur, aktiwiteit, seisoen en fisiologiese status van die dier. Energie word uitgedruk in kilojoules (kJ) of megajoules (MJ). Energiebehoeftes Diere kan hulle energiebehoeftes tot ‘n sekere mate by die seisoene aanpas, maar die rumenkapasiteit bly ‘n beperkte faktor. Wild kan ‘n groot deel van die nodige energie uit verskillende soorte weiding, bosse of bome kry. In die droë maande is die energie steeds in die plante beskikbaar, dit moet net met die korrekte voedingspraktyke ontsluit word. In vryloop-sisteme (“free range”) het die wild die geleentheid om agter beter weiding aan te trek. In die meer intensiewe sisteme kan wild nie meer trek nie en moet die wildboer dus energie aanvul om in die dier se behoeftes te voorsien. Om energie aan te vul kan ingewikkeld raak. Te veel

Ons Eie

Groter boksoorte (browsers) kry ongeveer 75% van hulle energie uit gras.

energie kan byvoorbeeld oorvet diere veroorsaak – hulle lyk mooi, maar die dragtige diere kan sukkel om te kalf. Manlike diere kan in uiterste gevalle laer spermtellings hê wanneer vet in die nek van die skrotum saampak. Dit is dus belangrik om altyd die totale rantsoen (aanvulling + weiding of ruvoer) so saam te stel dat onderhoudsbehoeftes bevredig word. Daar is al verskeie proewe op ‘mak’ diere soos bokke, beeste, kamele en skape gedoen. In die VSA is daar ook data oor takboksoorte. Hierdie data vergemaklik die formulering van rantsoene en aanvullings vir wild. Veldproewe word ook op wild gedoen en hoe meer data beskikbaar raak hoe beter gaan die formulasie word.

Oktober 2015

Energie en droë weiding Al die proewe wys dat die aanvulling van energie, om liggaamskondisie te handhaaf, in droë seisoene of met swak gehalte ruvoere oneffektief is. Uit die vorige artikel oor proteïenaanvulling is dit duidelik dat die mees beperkende nutriënt eerste aangevul moet word in ’n droë seisoen of waar swak ruvoer beskikbaar is. Dit is gewoonlik proteïene en meer spesifiek, Rumen Degradeerbare Proteïen (RDP), wat eerste aangevul moet word. Wanneer die dier dus die regte hoeveelheid RDP in kombinasie met natuurlike proteïen inkry, sal die energie uit die weiding of ruvoer ontsluit word. Dit gebeur

bl 47>>>

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Julie 2015

45


PRO DUKNUUS

Swaelbemesting op mielies, of nie? Deur Dr Chris Schmidt, Sidi Parani kunsmis DIE VRAAG DUIK VOORTDUREND op: “Benodig mielies swaelbemesting, of nie? Benodig dit nie net NPK-bemesting alleen nie?” ‘n Mens wonder oor ‘raadgewers’ wat produsente oortuig dat mielies slegs NPK-bemesting benodig – weet hulle hoegenaamd iets van plantvoeding? Goedkoop koop, is duur koop en baie van ons het hierdie les deur duur skoolgeld geleer. Volg ‘n baie onwetenskaplike benadering deur op die internet “importance of S fertilization in corn/maize production” te gaan soek. Dit tref binne 0.6 sekondes 223 000 moontlikhede. Daarteenoor tref die teenoorgestelde vraag binne minder as 0.6 sekondes, 126 000 moontlikhede. Klaar ‘n redelike aanduiding dat dit ‘n growwe onwetenskaplike benadering is. ‘n Pa en seun verskil ‘n klompie jare gelede oor hulle kunsmismengsel vir die betrokke jaar se aanplanting. Die pa kies slegs ‘n NPK-mengsel en die seun kies ‘n NPKS-mengsel. Die hoeveelhede was realisties vir hulle omstandighede. Hulle begin plant op dieselfde plaas, met dieselfde werktuie, op dieselfde dag, dieselfde

kultivar. Die pa stroop voergraad en die seun goeie graad. Hoe kan swael dan onbelangrik vir mielies wees? Justus von Liebig volg die eeu-oue benadering, wat logika inbring, en vergelyk opbrengs met die watervlak in ‘n houtvaatjie. Logika aanvaar dat die watervlak (opbrengs) op ‘n gegewe tydstip bepaal sal word deur die kortste houtrib (paneel / landbou-inset). Met ander woorde, hoe sal iemand weet dat ‘n element nie nodig is om ‘n sekere opbrengs te behaal nie, indien daar nie gemeet word nie? As ons nie meet nie, sal ons nie weet nie – alreeds ‘n gewilde stelling wat gereeld gebruik word. As ons nie weet nie, is dit onverskillig om die teenwoordigheid of afwesigheid van ‘n element in ‘n bemestingsvoorstel te verduidelik. Inteendeel, indien jy nie weet nie, behoort jy soveel voeding as moontlik in te sluit om onvoorsiene risiko te verskans. Gedurende 2004 publiseer Van Biljon, Fouche en Botha Suid-Afrikaanse drempelwaardes vir mielies in die hoofproduserende gebiede van Suid-Afrika (Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Plant en Grond; Volume 21(3), bladsye 152-156). Hoekom sou norme deur navorsing vasgestel word indien dit onbenullig vir

’n Tipiese swaeltekort op ‘n mielieplant – uit “The International Plant Nutrition Institute” se arsenaal. mielie-produksie sou wees? ‘n Ketting is net so sterk soos die swakste skakel. Dikwels word die belangrikheid van swael onderskat en dan word swael die swakste skakel in die voedingsketting. Elke lewende sel het swael nodig. Dit word deur waterbeweging uit die grond opgeneem as die SO42- anioon wat mobiel in die grond is (op en af ). Swaeltekorte manifesteer by mielies as ‘n algehele geel verkleuring van die jonger blare, hoewel die hele plant so kan vertoon. In erge gevalle kan die mielie ook verdwerg voorkom. Bogrondse groei word meer as wortelgroei benadeel. Opsomming van die rol van swael in gewasse (nie net mielies): - Nodig vir die vorm van sekere essensiele swaelbevattende aminosure en proteïene, - nodig vir die vorm van die koënsiem A, biotien, tiamien en ander,

- nodig vir vorm van chlorofil, lipiede en vlugtige olies – dus belangrik vir fotosintese, - belangrik vir weerstandbiedendheid teen koue, - nodig vir saadproduksie, - nodig vir N-binding (peulplante), - skep weerstand in die plant teen sekere fungi-geassosieerde siektes, - weens grondstatus beperk siektes (infeksie tempo en graad) geassosieer met sekere fungi. Kan ons vandag nog bekostig om nie omvattend na ons grond se ontledingsvlakke vir verskillende voedingselemente (mikro, sekondêr en makro) te kyk nie? Kan ons bekostig om die gewas se opnamebehoefte, -patroon en –tempo te verontagsaam, veral met kultivars wat al hoe vinniger groei en met baie genetiese variasies? Kan ons bekostig om te luister na “uitstekend verbale verkoopsmanne” sonder om wetenskap te betrek? Belê in goeie leesstof, goeie plaaslike ondersteuning en advies en maak seker.


L A NDB O UK UNDI G >>>

Energie in wildvoeding meestal omdat ‘n beter rumenomgewing vir die mikrobes geskep word en vertering en gevolglik inname verbeter. In die eerste artikel van die reeks (Die noodsaaklikheid van wildvoeding) is verwys na Meissner H.H. se werk in 1982 om die drakrag van wild in ‘n spesifieke omgewing te bepaal. Uit sy werk kan ons aflei dat ‘n dier van 450 kg, wat bekend staan as ‘n grootveeeenheid (GVE), ongeveer 75 MJ Metaboliseerbare Energie nodig het. Indien ruvoer en weiding se energiewaarde ongeveer 8.3 MJ/kg is, soos navorsing oor jare bewys het, dan moet die dier ongeveer 9 kg ruvoer per dag eet. Grootte van die diere en ook die manier van eet gaan ‘n groot verskil maak. So sal ‘n buffel, wat ‘n “bulk feeder” is, byvoorbeeld 55% van sy energie uit die gras kry, maar ‘n koedoe, wat ‘n “browser” is, kry 75% van sy energie daaruit. Hierdie waardes geld vir die somer en sal in die winter dus laer wees.

www.suidwes.co.za

Energie-aanvulling met wildpille of selfgemengde formulasies moet altyd hand aan hand met proteïenaanvullings gedoen word. Dit verseker dat die mikrobes genoeg RDP kry om hulle werk te doen en net genoeg energie ingeneem word om die totale werking van die rumen te verbeter. Energie-aanvulling Mielies, koring, hawer en gars is hoog in energie. Oliekoeke soos soja-oliekoek en sonneblomoliekoek is ook hoog in energie, maar bevat ook hoë vlakke van proteïen. Wild is baie gevoelig vir rumen-asidose. Asidose is die gevolg van te hoë vlakke van energie in die aanvulling; te veel van die aanvulling of onvoldoende ruvoer of weiding. Wanneer aanpassings in energie-aanvulling in die rantsoen gedoen word, moet dit geleidelik oor tyd gebeur. Voer verkieslik die ou en nuwe rantsoene in ‘n 50:50 -verhouding met mekaar gemeng vir vier tot ses dae. Indien nuwe grond-

Ons Eie

Indien ruvoer en weiding se energiewaarde ongeveer 8.3 MJ/kg is, soos navorsing oor jare bewys het, dan moet die dier ongeveer 9 kg ruvoer per dag eet. stowwe in die formulasie gebruik word, moet dit oor ten minste 28 dae ingefaseer word. Dit is uiters belangrik dat die wildeienaar die diere baie noukeurig monitor nadat veranderinge gemaak is. Let op enige verandering in missamestelling of in die kondisie van die diere. Kyk na die dier se haarkleed gedurende die droë seisoen – dit

Oktober 2015

sal ‘n aanduiding gee of die diere kondisie behou of verloor. Omdat energie so ‘n belangrike rol in baie funksies speel, is dit noodsaaklik dat die wildboer altyd ‘n gekwalifiseerde voedingkundige met die nodige kennis kontak om sy formulasies te doen. Die eienaar kan nie foute bekostig nie – die diere is baie waardevol.

47


Die

gaan ig d o n jy t a w R laaste TAPKA

hê.

AUGER enorme kapasiteit van 60 ton kan in 90 sekondes leeggemaak word hoë gehalte ingeboude skaal rusperbande kompakteer minder

NOU BESKIKBAAR BY

48

Ons Eie

Kontak Hansie Swanepoel by: 083 630 3736 of (018) 581 1271

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Klimaatvooruitskouing vir die seisoen

Wat is El Niño en hoe beïnvloed dit ons in die RSA? El Niño is die benaming wat die Suid-Amerikaanse vissers die verskynsel gegee het. Dit is ‘n opwelling van warm water aan die weskus van Suid-Amerika. Dit bring mee dat daar baie minder vis gevang word aangesien die pelargiese visbronne koue water verkies. Dit kom gewoonlik rondom Kersfees voor. Die naam El Niño beteken ‘die kind’, verwysend na Christus se geboorte. Met die voorspelling van El

www.suidwes.co.za

Reënval: Dit is opmerklik dat van die droogste jare in La Niña (nat fases) en van die natste jare in El Niño (droë fases) voorgekom het. Tropiese siklone: Tropiese siklone aan die Ooskus van Afrika ontwikkel gewoonlik wanneer die temperatuur van die see-oppervlak hoër as normaal is. Die siklone vorm ‘n laagdruk oor die oseaan en trek die tropiese vog weg van die land af en dit versamel oor die oseaan. Geen of baie min vog vorm oor die land en weens die hoogdruk oor die land, kom baie min reën oor die

bl 50 >>>

Ons Eie

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Breedtegraad

Niño word gereeld gekyk na die seetemperatuur in die Stille Oseaan. Figuur 1 wys duidelik hoe die temperature tans daar uitsien en is gedateer Julie 2015. Die donker oranje en rooi gedeeltes dui die seetemperatuur in die Stille Oseaan aan. Die seetemperatuur word gemeet op die internasionale datumlyn en die ewenaar. Let daarop dat die water andersom sirkuleer. Dit verklaar hoekom die pelargiese visbronne in ‘n El Niño-jaar teen die Weskus van Suid-Amerika afwesig is – warm water wel daar op. Hoe hoër die temperatuur styg, hoe meer intens is El Niño. Waarnemers het die ontwikkeling daarvan dopgehou, en aan die hand van die effek daarvan kan aanvaarde plantdatums afgelei word, kultivars aangepas word en vogbewaringspraktyke ingespan word om die moontlikheid van droogte die hoof te bied. Tyson en Dyer het baie navorsing gedoen oor die sikliese voorkoms van nat en droë fases. Hulle het dit opgedeel in siklusse van nege jaar van nat en droë gebeurtenisse. Volgens die indeling is ons nou veronderstel om in ‘n nat siklus te wees. Dit is egter nie die geval nie.

Lengtegraad See-oppervlak temperatuurafwyking

Figuur 1 SST Afwyking in Niño 3.4 omgewing (5N-5S, 120-170W)

Afwyking in grade Celsius

“KENNIS IS MAG” LUI die spreekwoord. Wanneer ons oor klimaat gesels, is kennis beslis mag. Kennis bring sekerheid en verminder dus die risiko om te produseer. Tans is die algemene mening onder weervoorspellers dat die seisoen moontlik die sterkste El Niñoverskynsel in 50 jaar kan oplewer. Daar is verskeie alternatiewe waarmee produsente by die klimaat kan aanpas om daardeur wins te maksimeer. In hierdie artikel kyk Christo Smit, bestuurder: Produsentekommunikasie en –inligting by Suidwes Graan, waar ‘n mens weer- en klimaatinligting kan kry en hoe dit interpreteer moet word om die inligting tot jou voordeel in produksie aan te wend. Verskeie webwerwe bevat historiese data en wys daaglikse asook toekomstige weervoorspellings. Historiese data, soos gemiddelde reënval vir ‘n sekere gebied of plaas, is belangrik om vir ‘n seisoen te beplan. Indien die vorige seisoen afgewyk het van die gemiddeld, sou dit raadsaam wees om daarby aan te pas. Indien die voorafgaande seisoen droog was en daar minder as die normale oordragvog teenwoordig is, kan die plantestand sowel as die bemesting afwaarts aangepas word. Baie produsente het deur ondervinding al hieroor geleer en pas die beginsels toe om produksierisiko’s te beperk.

Aaneenlopende 3md gemiddeld El Niño drempelwaarde La Niña drempelwaarde

Figuur 2 Saam met die temperature (figuur 2) word die barometriese drukverskille tussen Darwin en Tahiti geneem om die Suidelike ossilasieindeks saam te stel. (Figuur 3)

Oktober 2015

Suidelike ossillasie-indeks & ‘SOI-fase’ Konstante negatief Konstante positief Vinnig dalend Vinnig stygend Deurgaans naby nul

Figuur 3

49


Figuur 4

L A NDBO UKUNDI G Klimaatvooruitskouing binneland voor. Gewoonlik duur so ‘n gebeurtenis 10 dae voordat die sirkulasie normaliseer, die laagdruk na die land verskuif en vog weer begin invloei. Wat is die effek op Suid-Afrika? El Niño-jare het die neiging om ‘n groter effek in die westelike produksiegebiede te hê as in die oostelike produksiegebiede. Reënvalgebeurtenisse in die wes-telike dele is gewoonlik minder en meer intens gedurende El Niño tydperke.

El Niño toestande

Normale omstandighede Konvektiewe sirkulasie ewenaar

ewenaar

Termokliene

Termokliene Figuur 4

Figuur 5

Dié twee norms word gebruik om El Niño te voorspel. Figuur 4 toon die sirkulasiepatroon aan gedurende ‘n El Niño-fase en figuur 5 toon ‘n normale sirkulasie-patroon aan.

El Niño ontwikkeling vergelyking - Nino 3.4 gebied ( 5S-5N, 170W-120W) Deur Julie 29, 2015

Siklusse volgens Tyson en Dyer Jare

Tydperk

1916 – 25

Nat

1926 - 34

Droog

1935 – 43

Nat

1944 – 53

Droog

1954 – 62

Nat

1963 – 72

Droog

1973 – 81

Nat

1982 - 91

Droog

1992 – 00

Nat

2001 – 09

Droog

2010 - 19

Nat

Week begin die eerste week van Januarie van die betrokke jaar Figuur 6 wys die verskil tussen die jare 1997/98 (in blou) en 2014/2015 (in oranje) en dan die huidige ontwikkeling van die 2015/2016-seisoen (in rooi). Tans wys die grafiek ‘n sterk styging in die temperatuur van die see-oppervlak.

Reënvalafwyking vanaf • • •• •• •••• • • •• ••• • ••••normaal • •• • • ••(mm) • • •••

Opsomming Dit is belangrik om te onthou dat dit ‘n voorspelling is en dat dit binne ‘n relatiewe kort tydperk kan verander. Aangesien graanproduksie in die RSA geweldige risiko’s inhou, is dit raadsaam om al die nodige inligting tot ‘n mens se beskikking te versamel, te evalueer en dan aan te wend om risiko te beperk. Weervoorspelling is nie ‘n eksakte wetenskap nie, maar kan help om besluite te vergemaklik wat oor die langtermyn ekonomiese voordele kan inhou. Gebruik die inligting wat beskikbaar is om ingeligte besluite te neem.

• •••••••••••••••••••••••••••••••••••••

>>>

• • • ••• •RSA: •• •• •••• • • •• ••• • •••• • •• vanaf • • •• • normaal • ••• • •••••••••••••••••••••••••••••••••••••••••• reënvalafwyking (mm) Tyson en Dyer

Droog Dry

Nat Wet

Droog Dry

Nat Wet

Droog Dry

• Seisoene •••• • ••••••••

Reënval

Tropiese siklone

50

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za



L A NDBO UKUNDI G

Die Meting van

PLANTBESKIKBARE GRONDWATER Die term grondvog word algemeen in Afrikaanse spreektaal gebruik wanneer gesprekke rondom die beskikbare water vir plantproduksie in die grond gevoer word. Luister maar net as wetenskaplikes, boere, konsultante en tegniese ondersteuningspersoneel hierdie onderwerp bespreek. Die term ‘vog’ en alle verwante terme waarin vog as deel voorkom (byvoorbeeld ‘voginhoud’, ‘vogpotensiaal’ ensovoorts) is verouderd. Die term ‘water’, wat chemies as H2O bekend staan, is die korrekte term. Wanneer grondwater bespreek of beskryf word, word ‘grond’ gewoonlik weggelaat en praat ons net van waterinhoud. Wanneer ons van grondwater praat bedoel ons die water wat in die solum voorkom. Solum: Die boonste deel van ‘n grondprofiel, bokant die moedermateriaal, waarin die prosesse van grondvorming werksaam is. In volwasse grond sluit die solum die A- en B-horisonte in. Gewoonlik verskil die eienskappe van die materiale in hierdie horisonte baie van dié van die onder-

52

liggende moedermateriaal. Die lewende wortels en ander plant- en dierekenmerke van die grond is hoofsaaklik tot die solum beperk. BELANGRIKE WATERDEFINISIES Beskikbare water: Daardie gedeelte van grondwater wat deur plantwortels opgeneem kan word. Vroeër beskou as die hoeveelheid water wat deur die grond vrygestel word wanneer die ewewigs-grondwatermatrikspotensiaal afneem vanaf nagenoeg -10 kPa of -33 kPa (veldkapasiteit) tot nagenoeg -1500 kPa (permanente verwelkpunt). Totale beskikbare waterkapasiteit: Dit is die kapasiteit (in mm water uitgedruk) van

‘n grond om water vir plantgebruik op te berg. TBWK (mm) = BW (mm/m) vermenigvuldig met die effektiewe worteldiepte (m). In an-isotropiese gronde moet die verskille in BW vir elke grond horison in ag geneem word. Op sy beste is TBWK om verskeie redes ‘n baie ruwe benadering; een daarvan is die probleem om effektiewe worteldiepte te skat. Veldkapasiteit: Die persentasie of fraksie water (massa- of volumebasis behoort gespesifiseer te word) wat onder veldtoestande in die grond agterbly 2 tot 3 dae nadat dit deeglik natgemaak is of gereën het en nadat vrye dreinering onbeduidend geword het.

Definisies en bespreking met erkenning en toestemming van die Grondkundevereniging van Suid Afrika, Afrikaanse woordelys.

ARTIKEL DEUR:

Dr Hendrik Smith PhD (Pr.Sc.Nat.) Grondkunde by Terratek en NviroTek

DR HENDRIK SMITH is onlangs by Terratek aangestel en is verantwoordelik vir koördinering en tegniese projekinsette. Hy is ‘n geregistreerde wetenskaplike by die Suid-Afrikaanse Raad vir Natuurwetenskappe in die Grondkunde-dissipline. Hy is die afgelope twee jaar as assosiaat by NviroTek betrokke in die ontwikkeling van dienste wat grondgesondheid en omgewingsverwante aspekte vervat. Hendrik het ervaring in grondkartering, grondfisika, grondchemie, grondgesondheid, klassifisering van afvalmateriale, die invloed van uitvloeisels op grond en van besproeiingswaterkwaliteit. Hy wend sy ervaring aan om die konsepte van volhoubare grondbenutting (grondbewarings­ boerdery), grondgesondheid, grondbeskerming en verlaging van produksierisiko’s toe te pas en uit te bou.

Ons Eie

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Die metode wat Terratek gebruik is om ‘n profielgat met die Geoprobe te boor en dan die Neutron meter te gebruik om die watermetings te noteer.

Die foto op die linkerbladsy wys die neutronmeter wat Terratek gebruik. Hier bo word ‘n profielgat met die geoprobe geboor. Watermeting Die meting van plantbeskikbare water in die grond kan op ‘n hele aantal maniere geskied soos: • Gevoel en voorkoms; • Gravimetriese monster­ neming; • Tensiometers; • Poreuse blokke; • Gipsblokke; • Neutron vrystelling en meting; en • Metodes gebaseer op die meting van die grond diëlektriese konstantes. Terratek gebruik ‘n neutronmeter. Die instrument werk so dat vinnige neutrone vrygestel word vanaf ‘n radioaktiewe bron. Hierdie neutrone bots dan met die protone wat in water teenwoordig is. Die spoed van die neutrone neem drasties af en dan ontstaan daar ‘n wolk van neutrone waar die water teenwoordig is. Die digtheid van die wolk is dan eweredig aan die volumetriese waterinoud van die grond op ‘n spesifieke diepte. Die meter kan gestel word om neutrontellings aan te dui of die volumetriese waterinhoud. Ons meter is op die oomblik gestel om volumetriese waterinhoud te meet. Die metings kan op twee maniere gedoen word naamlik op ‘n ruitpatroon of verkennend. ‘n Ruitpatroon is ‘n vaste patroon wat deur middel van GPS-punte

www.suidwes.co.za

bepaal word. Die metings van verkenningsopnames word hoofsaaklik deur topografiese eienskappe of lande bepaal. Die voordeel van die ruitmetode is dat waterkaarte van lande opgestel kan word deur middel van die SMS (Spatial Management System) rekenaarprogram wat Terratek vir die presisie chemie en fisiese kaarte gebruik, sien aangehegde kaart (met erkenning aan ‘n plaaslike pro­ dusent). Die boer kan dan besluit of die plantbeskikbare water in die

profiel genoeg is om sy risiko te verlaag vir ‘n nuwe seisoen sodat bemes en geplant kan word. Die nadeel van puntdata wat verkry word deur middel van verkenningsopnames, is dat geen integrasie van die data te kaart gestel kan word nie. As die boer dus sy besluit om te plant of nie, baseer op een punt, en die punt toevallig in ‘n droë kol geplaas was, mag hy ‘n duur fout maak. Dieselfde kan gebeur as die meting toevallig in ‘n nat kol is maar die res van die land is dalk droog.

Die voordele wat die meting van plantbeskikbare grondwater inhou is die volgende: • Die waterinhoud word ge­ kwantifiseer; • ‘n Verslag word aan die boer verskaf deur te voorspel wat die opbrengs vir mielies gaan wees indien die gemete plantbeskikbare water en addisioneel 60% van die gemiddelde gebiedsreënval, beskikbaar is; • Die beskikbare voorspelde 60% kan konserwatief af, of optimisties opwaarts aangepas word om produksie vir die nuwe seisoen te voorspel; • Plantbeskikbare water vir elke 300 mm profieldiepte tot 2.2 m word gelys en verskaf; • Die risiko’s van die opvolgende seisoen word dus beter verstaan; en • Die risiko’s kan beter bestuur word. • Hieronder is ‘n voorbeeld van so kaart van geïntegreerde gemete plantbeskikbare water.

So lyk ‘n kaart van geïntegreerde gemete plantbeskikbare water.

Ons Eie

Oktober 2015

53


L A NDBO UKUNDI G

Agrikalender Oktober - November 2015 Koring

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsente-kommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te kan bemes en pH reg te stel met bekalking. Die opname van plantvoedingstowwe verbeter met die regstelling van die pH, sowel as die algemene gesondheid van die plante. Slaan ag op planttye hierdie seisoen. Tans word ’n El Niño-seisoen voorspel, maar onthou, dit is slegs ’n voorspelling dat dit droog kan wees, en glad nie ’n voldonge feit nie. Force majeur-kontrakte is beskikbaar, onderhewig aan sekere voorwaardes en reëls. Skakel met die graanverkrygers of verhoudingsbestuurders vir meer inligting en die terme en voorwaardes. Poog om ’n gedeelte van die lande vir ander gewasse, soos sojabone, akkerbone, grondbone en graansorghum aan te wend, mits kontrakte verkry kan word.

AKKERBOU Mielies Bestuur risiko deur ‘n konserwatiewe benadering te volg. Pas plantestand afwaarts aan en volg laer bemestingspeile. Oorweeg slegs om te plant as die grondtemperatuur bokant 15° Celsius is. Te lae temperature lei tot onbevredigende kiemkragtigheid en moontlike beskadiging deur onkruiddoder. Deur te vroeg in die seisoen te plant, kan risiko verhoog sou gesaaides in saad kom gedurende die warm, droë periode van Desember tot Januarie. Behandel saad teen grondinsekte aangesien saailinge beskadig kan word. ‘n Swak stand kan groot verliese veroorsaak. Wees bedag op die skade wat springhaasrotte kan aanrig. Sluit voorplantkontrakte, minimumpryskontrakte, of verskans op SAFEX om goeie pryse vir die komende seisoen te verseker. Moenie meer as 30 % kontrakteer nie. Nismarkte vir konvensionele mieliekultivars is beskikbaar. Daar bestaan byvoorbeeld GMO-vrye mielies.

Sonneblom Sonneblom behoort nie sonder ‘n voorplantkontrak geplant te word nie. Sonneblom is ‘n goeie wisselbougewas, veral waar Diplodia straf voorgekom het. Sonneblom kan geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. Maak seker dat die lande wat geplant gaan word nie residue’s van skadelike onkruiddoders soos atrasien bevat nie. Sonneblom is baie gevoelig vir veral atrasien en terbutielasien. Behandel saad teen grondinsekte om saailingskade te beperk. Bemes sonneblom tot dieselfde mate as mielies, om goeie opbrengs te kry.

Grondbone Grondbone is ‘n baie goeie wisselbougewas. Gesonde grondbone bind tot 30 kg N per jaar en hou voordele vir die opvolgseisoen in. Plant tussen 15 Oktober en 25 November wanneer grondtemperatuur nie te laag is nie. Daar word aanbeveel dat grondbone met tussen 15 en 20 kg N geplant word op sandgrond om ‘n sterk kiemplant te vestig. Behandel die saad met Rhizobium-entstof om stikstofbinding te bevorder. Behandel die saad met ‘n swamdoder wat in kombinasie met die Rhizobium gebruik kan word. Reaksie op fosfaatbemesting word slegs verkry indien die grond geweldige lae fosfaatvlakke het. Slegs SANSOR-gesertifiseerde saad moet geplant word.

54

Ons Eie

Bekalking is noodsaaklik waar die pH te laag is. ‘n Goeie bekalkingsprogram is meer werd as verhoogde kunsmistoediening. Bewerk lande met ‘n diep tandwerktuig om verdigtingslae op te hef. Seël die grond met vlerkskaar, eg of V-lem indien die tandwerktuig nie met ‘n roller toegerus is nie. Beheer onkruid. Bestel saad wat op die meulenaars se voorkeurlyste is. Bestel die regte soort en hoeveelheid kunsmis volgens die grondontleding.

ALTERNATIEWE GEWAS Akkerbone Akkerbone is goed aangepas in die Noordwes Provinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aangeplant, vir beweiding asook vir hooiproduksie. Die voordeel van akkerbone, wat ’n peulgewas is, is dat akkerbone stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) word per jaar in die grond teruggeplaas. Aanplantings kan vroeg in die seisoen gedoen word, hoofsaaklik as weiding. Dit is moeilik om goeie hooi te maak, aangesien reën tydens Februarie die kwaliteit van die hooi benadeel. Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoonlik nie so baie reën as die voer gereed is vir hooimaak nie. ’n Boer kan 6 ton hooi met 300 mm reën gedurende die groeiseisoen produseer. Dit sal ’n ru-proteïeninhoud van 14% hê as 90% van die peule reeds verkleur het. Van 9 tot 16 kg saad is per ha nodig, afhangend van rywydte. Binneryspasiëring van 10 cm tussen plante is ideaal. Saad moet op ’n diepte van 4 cm geplant word, wanneer grondtemperatuur meer as 9° Celsius is. Onkruiddoders is beskikbaar wat geregistreer is vir akkerboonproduksie.

VEE Beeste Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende teelseisoen. Laat die bulle toets vir trichomoniase en vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir 6 weke aangepas word op die plaas voordat hulle gebruik word om te dek. Hou bulle fiks deur hulle elke dag te laat loop. Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent teen vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. Indien beeste gevoer word vir die mark, moet daar reeds ’n bemarkingsplan wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere vir Desember afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. ’n Geregistreerde brandmerk is verpligtend, en moet op alle diere aangebring word. Bestuur bosluisbesmetting met erkende dipstowwe. Sorg dat diere toegang het tot voldoende skoon drinkwater.

Skape Voorkomende behandeling is goedkoper as nasorg. Volg ‘n goeie bestuursprogram om maksimum opbrengs en wins te verseker. Volg ‘n erkende doseerprogram met erkende middels. Spuit of dip skape teen brandsiekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Indien beplan word om groenvoer vir die skape aan te plant moet daar vroegtydig met vogbewaring begin word om sukses te verseker. “Broek” langwolskape om onsuiwer te voorkom. Skape se prys is goed. Bemark al die oortollige skape voordat pryse daal. Indien MaartApril lamtyd is, moet ooie voor paartyd prikkelvoeding ontvang en op goeie voeding gehou word 2 tot 3 weke na paring om goeie besetting te verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd, om ‘n goeie lammeroes te verseker. Merk van skape is verpligtend, tatoeëer dus skape om boetes te vermy. Tref betyds reëlings vir ’n skeerspan indien daar nog nie geskeer is nie.

Oktober 2015

www.suidwes.co.za


NUWE PRODUKTE NOU BESKIKBAAR BY SUIDWES LANDBOU FLINTCO Flintco Ferto 1211 12T met 6M Auger R 239 474 Flintco Ferto 2017 20T met 6m Auger R 296 421 Flintco SF0606 Saadkar met 5m Auger R 176 000 Flintco Kraam met 5m Tandem Wa R 217 684 Flintco SF0303 Saadkar met 5m Conveyer R 125 052 * Produkte mag verskil van die foto’s

VOOR BTW VOOR BTW VOOR BTW VOOR BTW VOOR BTW

HEELGOEDERE GEBRUIKTE VOORRAAD - AUG 2015 BESKRYWING

kW

NH 6610 2WD GEBRUIKTE TREKKER 66 CASE FARMALL JX110 ROPS 82 GEBRUIKTE TREKKER CR9080 GEBRUIKTE STROPER 360 CASE 2188 GEBRUIKTE 189 STROPER NEW HOLLAND TD5.90DT GEBRUIKTE TREKKER NEW HOLLAND TD5.90DT GEBRUIKTE TREKKER NEW HOLLAND T6070 GEBRUIKTE TREKKER NEW HOLLAND T6090 GEBRUIKTE TREKKER

MODEL 2009 2013

ENGIN URE 1362

AANTAL BESKIKBAAR 4 1

VERKOOPPRYS R150 000 + BTW R475 000 + BTW

2012 2005

1360

1 1

R3,100,000 + BTW R385 000 + BTW

2013

3000

1

R340 000 + BTW

2013

3800

1

R300 000 + BTW

2014

1400

1

R860 000 + BTW

2012

3000

5

R650 000 + BTW

VADERSTAD Vaderstad 6-ry 0.9 planter kompleet R 550 000.00+BTW * Terwyl voorraad hou


L A NDBO UKUNDI G

Suidwes bied aan: Die nuwe standaard in vinnige, akkurate plantwerk

Väderstad se Tempo plant blitsig en presies - Die unieke Gillstring-saaduitmeter gebruik ’n Power Shoot-tegniek om saad te plaas. (Kyk hieronder hoe dit werk.) - Voorkom dubbelsaadplasing en haasbekrye selfs teen 15 km/u. - Elke saaduitmeter word deur sy eie 50 Watt stofdigte elektriese motor aangedryf — geen dryfkettingprobleme meer nie. Die planter het sy eie kragopwekker wat van die trekker se kragaftakker af werk en ook krag vir die waaier en kunsmisvloei verskaf. Dit beteken dat minder trekkerkrag vereis word. - Maklike elektroniese kalibrasie en akkurate monitering en verstelling tydens die plantproses is moontlik. - Rye kan maklik indiwidueel na behoefte uit geskakel word. - Elke saadbak hou 70 liter, wat beteken 20 ha se plantwerk met ‘n 8-ry planter sonder om te hervul. - Elke planteenheid het ‘n mikrokorrelhouer van 17 liter vir plantstimulante, entstof of pesdoder wat in die saadry geplaas word. - Die groot sentrale kunsmisbak is geskik vir grootsak- of massavulling. - Tempo is geskik vir minimumbewerking; ryskoonmakers kan bygevoeg word en drukvere kan ’n bykomende 150 kg gewig op elke eenheid plaas. - Tempo beweeg egalig en plant gelykmatig selfs in rowwe of ongelyke terrein.

Wat die Tempo-reeks anders maak:

So werk die Gillstring-saaduitmeter: 1. Die saad kom in vanuit die saadbak. 2. Elke saadjie beland in ‘n gaatjie op die draaiende skyf deur ‘n lugdrukproses. 3. Drie skrapers sorg dat elke gaatjie net een pit in het. 4. ‘n Plaatjie keer die ekstra saad om deur te val in die saadbuis in. 5. ‘n Wiel blokeer die lugvloei na die skyf tydelik, sodat die pit laat los en in die kort (50 cm), reguit saadbuis afgeskiet word. Dit is Power Shoot. 6. ’n Sensor meet die afstand tussen die sade in die buis. 7. Die saad word op presies die regte plek teen hoë spoed in die grond ingeskiet, sonder dat vibrasies of hellings kan inmeng. 8. ’n Wielietjie met penne sorg dat elke gaatjie in die skyf skoon is om die volgende pit te ontvang. 9. ‘n Sagte drukwiel stuit elke pit op presies die regte plek en trap dit vas vir goeie grondkontak.

56

2015of kantoor 018 581 www.suidwes.co.za Skakel Hansie SwanepoelOns 083Eie 630Oktober 3736 1241


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.