Ons Eie Augustus 2016

Page 1

Augustus 2016 Jaargang 51 • 4

Lyfblad van Suidwes Landbou

Koste van

EIENAARSKAP 18

BOER MET MENING laat meganisasie vir jou werk

12



Augustus 2016 Jaargang 50 • 4

Lyfblad van Suidwes Landbou

Ons Eie word uitgegee deur Suidwes Beleggings Beperk. Algemene kontaknommers vir Suidwes Groep Hoofkantoor: 018 581 1000 (tel); 018 581 1097 (faks) Ons Eie word 6 keer per jaar na al sy lede en ander belangegroepe versprei. Redakteur: Jedrie Harmse, Ons Eie, Posbus31677, Totiusdal 0134 Tel: 012 332 3833 Faks: 012 332 3833 e-pos: ccomc@mweb.co.za

INHOUDSOPGAWE

VOORBLAD Sien hoe moderne boerderyimplemente op Tienie van Wyk se plaas buite Wolmaransstad hulle staal wys.

AKTUEEL

Foto: JJJ Harmse

4 5 6 6 9 10 12 18

Soos ek dit sien Op die geestelike akker Handel en Meganisasie skei Bly op die hoogte Suidwes in vennootskap om te help Graaninvoere loop vlot KONTREIKUIER – Boer met mening ‘n Kritiese blik op koste van eienaarskap

PRODUKNUUS

Produksie: Chilli Design Tel: 012 332 3833

20 Doeltreffende rooivleisproduksie 26 Boer die New Holland-manier

Advertensiewerwing: Anita Oosthuizen Tel: (012) 333 6965 Sel: 083 316 7529 e-pos: brinita@telkomsa.net

LANDBOUKUNDIG

Die inligting hierin, hoewel dit met sorg saamgestel word, word verskaf sonder enige waarborge hoegenaamd en Suidwes of die redakteur sal geen aanspreeklikheid ten opsigte daarvan aanvaar nie. Dit staan die outeurs vry om menings te lug, maar geen artikel verteenwoordig noodwendig die mening van die uitgewer, die Direksie of Hoofbestuur van Suidwes Beleggings Beperk nie. Behalwe in uitsonderlike gevalle, behou die uitgewer die reg voor om die nodige veranderinge aan te bring in enige bydrae wat vir publikasie voorgelê word. Daar bestaan outeursreg in hierdie werk. Enige ongemagtigde aanhaling of reproduksie van die werk of enige gedeelte daarvan, sonder die vooraf verkreë toestemming van die redakteur, is handelinge wat outeursreg skaad en wat die oortreder regsaanspreeklik kan maak. Geen gratis plasings of krediet sal gegee word vir geringe tipografiese foute wat nie die waarde van ’n advertensie verminder nie.

www.suidwes.co.za

24 Precision Land Management 29 Voorbereiding is sinoniem met sukses 31 Die nagevolge van die droogte 32 Asclepias fruticosa Herba – Hierdie melk is nie gesond nie 42 Presisieboerdery vergemaklik besluitneming 44 Tegnologie vir die boer 46 Agrikalender

10

32

ALGEMEEN

49 Kosmiese Kwêla – Die dans van die planete

12

Ons Eie

Augustus 2016

3


AKT UEE L

Woelige winter soos ek dit sien DAAR LÊ DIE WINTER ook nou op sy rug. Die winter is veronderstel om ‘n rustyd in die natuur te wees, maar dit geld skynbaar nie vir die mensdom nie. Hierdie laaste maand of twee was besonder woelig. Die Super Rugby-trofee glip op ‘n nat veld in Wellington uit die Lions se hande en hoewel ons dit moes verwag, was dit steeds ‘n teleurstelling na so ‘n mooi seisoen deur die Lions. In die sonnige rye voor die stembusse regdeur die land, glip die ANC se hande ook op hulle houvas in verskeie munisipaliteite. Dit was net die begin, toe volg die gestoei om werkbare koalisies gevorm te kry en nou is dit swoeg en sweet en sit en wag om te sien wat die DA met hulle balbesit gaan maak. Die wiele van demokrasie draai stadig, maar nou lyk dit of dit tog draai. In Suidwes se arena was dit net so ‘n woelige winter en hy is nog nie heeltemal oor nie. ‘n Reeks inligtingsverga-

derings in 17 dorpe, waar Suidwes lede het, het afgeskop. Dit is ‘n geleentheid vir aandeelhouers en kliënte om inligting oor die maatskappy se nuwe visie en missie te kry. Sien die berig oor en die program vir die 17 vergaderings op bl. 6. In nuwe verwikkelinge oor meganisasie kan u ook op bl. 6 lees dat Suidwes-lede nou New Holland- en Case-toerusting tot hulle beskikking sal hê asook toegang tot werkwinkels vir albei handelsmerke. En natuurlik het ons boere al ver gevorder met die stroopproses en met die skryf hiervan is XX% van die totale verwagte mielie-oes reeds in Suidwes se silo’s. Sterkte met die res van die strooptyd, ons praat van hier af saam oor ‘n goeie volgende seisoen met genoeg, tydige reën. Lees gerus die Geestelike Akker op die bladsy oorkant om te verstaan wat ek daarmee bedoel. OE

ADRESVERANDERING Indien u van adres verander het of binnekort gaan ver­ ander, of indien u Ons Eie nie ontvang nie en dit graag wil ontvang, stuur asseblief u ou en/of nuwe kontak­ besonderhede (adres, telefoonnommers en e-posadres) en u rekening- / lidnommer aan ons by Posbus 5, Leeudoringstad, 2640, of faks na: 018 581 1518 of e-pos na sunellevr@suidwes.co.za Kontak ons ook gerus in verband met enige navrae oor u adres en/of die verspreiding van Ons Eie (soos in gevalle waar aandeelhouers meer as een Ons Eie kry as gevolg van addisionele trusts wat in hul naam geregistreer is). Ons wil dit graag, in u en ons belang, regstel. Skakel gerus vir Sunelle van Rooyen by 018 581 1002 of vir Jedrie Harmse by 012 332 3833 indien u Ons Eie graag wil ontvang.

4

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

Op die geestelike akker

Wat praat jy? DEEL 2 Ons belydenis / woorde is uiters kragtig; daarom moet ons leer om ons woorde só te gebruik dat dit vír ons werk en nie téén ons nie. So baie mense ervaar die negatiewe gevolge van hulle woorde, sonder om te besef dat hulle dit oor hulleself bring. PRAAT DIE OPLOSSING Jou belydenis is dit wat jy sê; nie net met jou lippe nie, maar ook met jou hele wese. Baie mense voel hulle kan nie sê hulle is reeds deur Jesus se wonde genees, terwyl hulle fisies nog siek is nie. Hulle kan mos nie jok oor hoe hulle voel nie. Dit is beslis nie wat bedoel word nie. Jy hoef niemand te oortuig dat jy beter voel as wat jy voel nie. Al wat jy moet doen, is om God se Woord aan te haal. Deur die Woord te bely, stem jy saam met wat God sê. Joël, die profeet, het dit ook vir die mense geleer. Joël 3:10 Smee van julle pikke swaarde en van julle snoei-messe spiese; laat die swakke sê: Ek is ‘n held. Joël het nie die mense verkeerd geleer of ‘n leuen vertel nie. Nee, hy het vir hulle ‘n geestelike beginsel geleer. Die vyand sal altyd probeer om jou fokus te hou op die feite en realiteite. Hy wil hê jy moet fokus op dit wat met jou gebeur het en die vraag: Hoekom? Dit waarop jy fokus, sal jou oorweldig. Jy moet jou vol maak met die Woord, want hoe meer kennis jy opdoen oor God se wil vir jou situasie, hoe makliker sal jy in geloof kan staan. GOD SE WOORD IS SY WIL Jy moet dus jou geloof sterk maak deur kennis; dan sal jy weet hoe om die vyand te weerstaan wanneer die aanslag kom. Ons kan bo vandag se omstandig­ hede lewe, indien ons op ons woorde let. Praat geloof. Die vyand weet dat die outoriteit om die beginsels van

www.suidwes.co.za

Deur Annette Neethling

God se Woord te bekragtig, in ons woorde lê. As hy dit kan regkry om jou woorde in ‘n verkeerde rigting te stuur, kry hy outoriteit oor jou lewe, al behoort jy nie aan hom nie. Dit maak nie vir Satan saak oor wie en wat aan hom behoort nie. Hy is ‘n dief en ‘n moordenaar. Hy vat wat hy kan kry. Dit is hoekom ons die Woord van God moet gebruik wanneer hy by ons wil steel. Hoe praat ons? - “Ek is moeg .... Ek voel swak .... Dinge lyk maar sleg ... , maar ek sal in geloof staan.” Geloof word dan gou as ’n geestelike gesegde uit die sak gehaal en ons verwag: Siedaar, ’n oorwinning! HOU GELOOF IN AKSIE Die geestelike lewe werk ongelukkig nie so nie. Geloof is belangrik, maar dit help nie om net in geloof te probeer staan wanneer jy iets nodig het of uit die onmiddellike gemors wil kom nie. Geloof moet in aksie gehou word elke oomblik van elke dag. Spr 4:20-23 My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, V21: laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. V22: Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en genesing vir hulle hele liggaam. V23: Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. Ons sien hier in Spreuke dat ons die Woord gedurig in ons ore en ons hart moet hou. Waarom? Want die duiwel is gedurig besig om pyle van vrees na ons te skiet, en so ook van siekte, armoede en enige gemors waarmee hy ons wil vernietig. DIE WOORD IS ONS WAPEN Ons kan onsself beskerm teen hierdie aanvalle deur ons met die Woord te vul en die Woord as ons wapen te gebruik. Ons moet tyd inruim in ons

Ons Eie

daaglikse roetine om ons vol te maak met die Woord. Rom 10:8 Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Om Woord te praat, moet deel wees van ons daaglikse lewens. Ons moet begin om Woord te dink, te praat en om op te tree volgens die Woord van God. Jy bepaal waarheen jy op pad is: Oorwinning/Neerlaag; Seën/Vloek; Lewe/Dood. Moenie die duiwel die skuld gee vir alles nie. Die Woord gee ons duidelike riglyne. Ons moet ons verantwoordelikhede opneem en volgens die Woord lewe. Jy kan jou lewe verander deur God se Woord in geloof te praat. Luk 21:26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Woorde gevul met geloof, bring oorwinning. Woorde gevul met vrees, bring neerlaag.

Augustus 2016

Hoe oorkom jy vrees? Deur die Woord van God te praat. Onthou wat Jesus gesê het toe die duiwel hom in die woestyn versoek het om die klippe in brood te verander. Matt 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. SIT ‘N WAG VOOR JOU MOND Praat nou slegs dit wat saamstem met God se Woord. Moenie in die negatiewe groewe val en saam met die wêreld praat as jy die feite en realiteite in die gesig staar nie. Ons moet onthou dat die vyand nie ons gedagtes kan lees nie, maar elke woord wat ons uitspreek is hoorbaar in die geestelike realm. Deur negatiewe spraak gee ons die vyand inligting oor waar om te steel, slag en te verwoes in ons lewens. Woorde sonder geloof sal net so min werk soos geloof sonder woorde. OE

5


AKT UEE L NUUS UI T DI E S UI DW ES G RO EP

Handel en Meganisasie skei SUIDWES HET 'N MEERDERHEIDSAANDEEL in Agrifriend met takke in Kimberley, Prieska, Douglas, Cradock en Humansdorp bekom. ’n Ooreenkoms met Invicta is gesluit en behels onder andere dat: • Agrifriend die CASE-agentskap sal kry en bestuur, • Suidwes voortgaan met die New Hollandagentskap, • die werkswinkels en onderdele in ’n vennootskap tussen Suidwes en Agrifriend bestuur sal word. Die Suidwes Direksie het goedgekeur dat Mega­nisasie en Handel geskei word, elkeen met sy eie

hoof uitvoerende beampte en dat JANNIE LOUW (bestu­rende direkteur van Agrifriend) die nuwe hoof uitvoerende beampte: Meganisasie sal word, terwyl PATRICK NELISSEN die hoof uitvoerende beampte: Handel sal wees. Jannie Louw sal oor die volgende paar weke die verskillende bedryfs­ punte begin besoek. "Ons sien uit na die nuwe groei by Handel en Meganisasie en glo dat sukses bereik sal word met die nuwe gefokusde bestuur," sê Herman van Schalkwyk (HUB).

NEW HOLLAND beskikbaar by

CASE beskikbaar by

Bly op die hoogte SUIDWES INLIGTINGSDAE– Gedurende die volgende paar maande word inligtingsdae in 17 dorpe in Noordwes, Vrystaat, Noord-Kaap en Mpumalanga aangebied. Tydens hierdie inligtingsdae gaan Herman van Schalkwyk (HUB) en die uitvoerende komitee van Suidwes, aandeelhouers en -kliënte ontmoet om die maatskappy se nuwe visie en missie met hulle te deel. “Ek hoop werklik dat al ons kliënte en aandeelhouers die vergade­ rings kan bywoon,” sê Herman van Schalkwyk. Die tye en plekke is in die tabel hieronder.

6

Ons Eie

Datum

Dorp

Plek

Tyd

9 Sept

Hoopstad

Boereverenigingsaal, Hoopstad

09:30 vir 10:00

22 Sept

Wesselsbron

Wesselsbron Buiteklub

09:30 vir 10:00

23 Sept

Hertzogville

Buiteklub, Hertzogville

09:30 vir 10:00

27 Sept

Bultfontein

Hoërskool Bulftontein Koshuissaal

09:30 vir 10:00

29 Sept

Wolmaransstad

Hervormde Kerksaal, Wolmaransstad

09:30 vir 10:00

30 Sept

Christiana

Christiana Golfklub

09:30 vir 10:00

4 Okt

Bothaville

Villa Sering, Bothaville

09:30 vir 10:00

6 Okt

Bloemhof

Bloemhof Golfklub

09:30 vir 10:00

11 Okt

SchweizerReneke

Landbousaal, SchweizerReneke

09:30 vir 10:00

12 Okt

Migdol

Boeresaal, Migdol

09:30 vir 10:00

18 Okt

Reivilo

Kwaggablad, Reivilo

09:30 vir 10:00

25 Okt

Vryburg

Klondike Lodge, Vryburg

09:30 vir 10:00

28 Okt

Tosca

Ascot Kuiergat, Tosca

09:30 vir 10:00

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

7


AKT UEE L

8

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

DROOGTEHULP – uit die hart uit

Suidwes in vennootskap om te help Groot vragte mieliereste is gratis deur DHL-Global Forwarding na Vryburg, Hertzogville en Wolmaransstad vervoer. Die ernstige droogte het die vermoëns van landbou en boer­deryverwante bedrywighede negatief beïnvloed. Die gebrek aan reën veroorsaak dat verskeie boere direkte ondersteuning nodig het om te verseker dat hulle vee voldoende voedsame voeding ontvang. Suidwes Landbou en DHL Global Forwarding het onlangs in vennoot­

skap getree om by die huidige droog­tetoestand betrokke te raak en die proble­me aan te spreek. Boere in die Douglas-area, in samewer­king met Agrifriend, is genader om hulle mieliereste beskikbaar te stel vir droogtehulp. Suidwes het trekkers, balers en perso­neel na Douglas verskuif om die mielie­reste te baal. Die doel is om 5 000 ton mielie­reste te baal, maar Suidwes het hulp nodig gehad met die aflewering daarvan. DHL Global Forwarding het Super Link-trokke beskikbaar gestel om voerbale na die Vryburg Veevoerdepot en die silo’s op Hertzogville en Wolmaransstad te neem.

DROOGTEHULP BEKLINK – Agter van links: Hansie Viljoen (voorsitter: Suidwesdireksie), Gert Malherbe (direkteur), Patrick Nelissen (groep HOB), Herman van Schalkwyk (HUB) en Ciaran Wheeler (DHL bestuurder: Bemarking en Kommunikasie) Voor: Daniella De Pauw (HUB: DHL Global Forwarding ) en Frans Marx (ondervoorsitter, Suidwesdireksie).

Bale mieliereste word in die DHL-trokke gelaai. Regs bo staan Suidwes Meganisasie se diensvoertuig reg om te help.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

9


AKT UEE L

Graaninvoere loop vlot SUID-AFRIKA IS VIR die eerste keer in baie jare ‘n netto invoerder van graan. Weens die droogte en swak plaaslike produksie is Suidwes ook gedwing om mielies in te voer. Volgens Jacques Pretorius (sr bestuurder Graanbemarking by Suidwes) moet Suid-Afrika ongeveer tweemiljoen ton witmielies en ongeveer 900 000 ton geelmie­lies invoer. Die foto’s op die bladsy wys hoe die proses vanaf aankoop tot

aflewe­ring verloop. Suidwes hou al die daaglikse prysaanwysers dop om die prysberekeninge te doen waarteen die mielies by Suidwes se silo’s afgelewer kan word vir verkope aan plaaslike kopers. Die belangrikste faktore wat ‘n rol speel in dié prysberekeninge is internasionale mieliepryse, die wisselkoers, SAFEXpryse, skeepsvragkoste, hawe- en opbergkoste en vervoer vanaf die hawe na die silo.

Witmielies word van Meksiko en geelmielies van Argentinië af ingevoer. Suidwes gebruik verskeie vervoerkontrakteurs wat deur Suidwes Graan se logistieke afdeling bestuur en koördineer word om die ingevoerde mielies te vervoer. Die mielies word hoofsaaklik deur veevoermaatskappye, meulenaars en kleiner verbruikers van graan soos voerkrale en melkerye gekoop. Elke besending word teen ’n spesifieke kwaliteit en grade­ring verkoop. In die hawens word die kwaliteit gemeet teen die besending se gelyste kwaliteit. Die graan word van die boot afgelaai in opbergfasiliteite op die hawe en word dan met pad en spoor versend. Daar is gewoonlik ’n tekort aan kapasiteit en daarom is daar altyd druk om graan so spoedig moontlik te versend. Opbergkostes in die hawe is bevolglik ook baie duur.

Bo - Mielies uit Argentinië stroom uit ’n trok by een van Suidwes se silo’s. Die twee foto’s links is op Durban-hawe geneem waar dit ‘n miernes van aktiwiteit is om die graan so vinnig moontlik uitgelaai en weggery te kry. Die foto’s onder is by Leeudoringstad se silo’s geneem waar ‘n besending van die ingevoerde mielies afgelaai is vir opberging en verkoop aan klante van Suidwes.

Aflewering op Leeudoringstad

Trokke met mielies stroom in by die silo's. Attie Louw (sr silobe­stuurder) en Danny Viljoen (silobestuurder) maak seker die aflaaiproses loop vlot.

10

Foto’s deur Sampie Bisschoff

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

11


AKT UEE L

KONTREIKUIER Moderne boerderyimplemente het op Tienie van Wyk se plaas buite Wolmaransstad gedreun terwyl Suidwes se nuwe meganisasievennoot, Jupidex, hulle implemente in die land gedemonstreer het.

Boer met mening By ‘n meganisasiedag wat net buite Wolmaransstad op Tiekie van Wyk se plaas gehou is, het Herman van Schalkwyk, Suidwes Groep Hoof Uitvoerende beampte, gesê dat dit Suidwes se meganisasiedoelwit is om meer implemente beskikbaar te hê om sodoende ‘n beter diens aan klante te kan lewer.

12

D

it is die eerste keer dat Suidwes so ‘n dag saam met Jupidex, ‘n nuwe verskaffer van landbou-implemente, hou. Die BD van Jupidex, Koot van der Merwe, het gesê dat Jupidex baie selektief met verspreiders besigheid doen omdat uitstekende diens vir hulle so krities belangrik is.

Ons Eie

“Die maatskappy is 16 jaar oud en ons sukses is te danke aan ons goeie verhoudinge met boere en verskaffers. Daarmee saam is die hoë gehalte van ons produkte ons wenresep. Ons kry saam met die boere lekker, maar ons kry saam met hulle swaar ook,” het Van der Merwe gesê. Hansie Viljoen, voorsitter van die Suidwes-direksie, het

Augustus 2016

aan Ons Eie gesê dat dit ‘n goeie boeredag was. “Dit was goed gereël en al die implemente was reg ingestel en daar was geen gesukkel met die demonstrasie daarvan nie.” Hy het ook verwys na die hoë gehalte van Jupidex se produkte en is tevrede dat hulle ‘nog ‘n lang pad saam sal kan loop’.

bl 15 >>>

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

13


NUWE PRODUKTE

NOU BESKIKBAAR BY

SUIDWES LANDBOU

FLINTCO

Flintco Ferto 1211 12T met 6M Auger Flintco Ferto 2017 20T met 6M Auger Flintco SF0606 Saadkar met 5M Auger Flintco Kraan Flintco SF0303 Saadkar met 5M Conveyor

R 239 474 + BTW R 296 421 +BTW R 176 000 +BTW R 217 684 + BTW R 125 052 + BTW

* Produkte mag verskil van die foto’s

HEELGOEDERE GEBRUIKTE VOORRAAD BESKRYWING

kW

MODEL

CASE Farmall JX110 Rops r New Holland TD5.90DT New Holland TM7030 New Holland 6610 4WD New Holland TM150 John Deere Sonneblom Tafel 0,9/1,3 - 6 Ry Quantum Boomspuit 2500 ℓ 14 m Massey 455 Cab Massey 455 Rops New Holland T8030 New Holland T8040 New Holland T8040 New Holland-GPS Toegerus

82

2013 2013 2011 2002 2009

14

2012 2012 2011 2009 2008 2007 2010

Ons Eie

ENGIN URE 1362 3800 1100 5500

4500 7500 3850 6500 5700 4500

Augustus 2016

AANTAL BESKIKBAAR 1 1 1 1 1 1

VERKOOPPRYS R475 000 + BTW R300 000 + BTW R490 000 + BTW R140 000 + BTW R335 700 + BTW R 50 000 + BTW

1 1 1 1 1 1 1

R 100 000 + BTW R 32 0000 + BTW R 245 000 + BTW R 580 000 + BTW R 350 000 + BTW R 590 000 + BTW R 850 000 + BTW

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

KONTREIKUIER

Tydens die meganisasiedag, kloksgewys van links bo: Koot van der Merwe (Jupidex), George Potgieter (Suidwes), dr Herman van Schalkwyk (HUB Suidwes) en Hansie Viljoen (voorsitter Suidwes).  Dit is ‘n lang staan terwyl al die implemente gedemonstreer word, gelukkig is daar hulpmiddels vir moeë bene.  As ‘n groot masjien brul, is al die manne daar ongeag ouderdom.  Hansie Swanepoel - middel - (Suidwes Meganisasie) het geskenkies aan Tiekie en Riana van Wyk oorhandig.  Die opkoms was baie goed en die boere was nie teleurgesteld met die demonstrasies nie.

Die toerusting wat tydens die Meganisasiedag op Tiekie van Wyk se plaas deur Jupidex gedemonstreer is.

Grondwerktoerusting Alpler Vertikale verwerking

Ideaal vir minimumbewerking teen hoë spoed en verskaf goeie mengselbewerking. Unieke eienskappe: • 2 Rye van afsonderlike skottels met deursnee 560 mm x 6 mm • Sterk raamkonstruksie • Skottellaer (bearing) met dubbele seëls • Rollers vir saadbedvoorbereiding.

CLC PRO

Veelsydigheid maak dit die ideale implement om aan al jou vereistes te voldoen. Standaardtoerusting: • Raam ontwerp deur unieke hitte­ behandeling • Werkbreedte vanaf 3 m tot 5 m • Drieraam vir optimum vermenging en vloei van materiaal • Tandspasiëring van 280 mm na

www.suidwes.co.za

Ons Eie

290 mm en maklik om te verstel • Werkdiepte vanaf 50 mm na 350 mm • Unieke tandontwerp met vibrasie vir intensiewe effek in grond, lae brandstofverbruik. • Kan toegerus word met ‘n plaaslikontwerpte roller Bykomende opsie • A-drill 200 of 500

bl 16 >>>

Augustus 2016

15


AKT UEE L

KONTREIKUIER

CLG II

Dit is ontwerp om ondergrond los te maak en tramlynspore te breek. Dit verbeter ook grondstruktuur en bevorder goeie dreinering. Standaardtoerusting: • Raamontwerp is ‘n hitte behandelde sisteem en word vasgebout • Werkbreedte van 1.6 m tot 5.6 m

• Tandspasiëring 400 mm en maklik om te verstel • Werkdiepte is 550 mm • Beter grondvloei weens die afgeronde tand • Kan toegerus word met ‘n plaaslikontwerpte roller.

iXtrack C50

Qualidisc Trailed

Ideale implement vir inlywing van onkruid en vrystelling van graansade in die grond met intensiewe vermenging. Doen saadbedvoorbereiding en hoë spoed vertikale verwerking. Standaardtoerusting: • Sterk raamkonstruksie • Smal vervoerbreedte van 2.17 m • Kan vanaf 20 tot 150 mm werk • Swaar rollers vir goeie verpakking • Hidrouliese of meganiese diepteaanpassing.

Fede High Speed Qi 9.0 Air blast

Die spuit het ‘n 5000 ℓ tank en ‘n balk van 36 m. Standaardtoerusting: • iXtrack is ook beskikbaar in 2800 of 3600 liter tenk met 18 – 36 m staal balk • 360 liter skoon watertenk • Maklike toegang maak dit maklik om te onderhou en diens • Groot en sterk platform • Drie posisie suigklep – hoof tenk, skoon water en suigpyp • Boomhoogte beheer sensors op C50

McHale F5500

Dié hoë kapasiteit baler gebruik net om die baal stewig te hou en lewer ‘n baalgroote van 1.23 m X 1.25 m. • Unieke funksie is die wegvalvloer agter die pick-up met 15 messe • Self-smeersisteem op die laers • 18 Rollers met ‘n balerkamer met rotorvoersisteem • Semi-outomaties.

Met die sproeier kan insek- en plaagbeheer doeltreffend bestuur word. Werk met hoë spoed ook geskik vir groot bome. Met die groot volume lug is bespuiting baie effektief. Standaardtoerusting: • 3 in 1 tenk – hoof tenk, sanitêre tenk en skoon watertenk vir skoonmaak van die sisteem. • Geraas vermindering van 80% • PTO omwentelings – minimum 430 en maksimum 480 rpm • Vertikale skaal • Lug groep 110 000 k3/u

16

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

17


AKT UEE L

’n Kritiese blik op die

KOSTE VAN EIENAARSKAP In die landbou is dit nie anders nie as in die res van gemeganiseerde vervoer, dat die prentjie wat koste van eienaarskap (TCO = total cost of ownership) opmaak, ruweg uit die volgende komponente bestaan: • Kapitaalverwante koste (aankoop/huur, verlies aan waarde); • Instandhouding, herstel en diens (binne en buite waarborg); • Brandstof; • Versekering; • Bande; • Operateur (Drywer): Salaris en opleiding; • Admin- en ander koste. Om hierdie lysie op te maak is een ding, maar om die omvang daarvan te verstaan en te kan meet, is betroubare inligting nodig. Suidwes se Meganisasiespan het reeds dié perd opgesaal om klante te help om hierdie aspekte te bestuur en die koste verbonde daaraan tot op die been te sny. By gebrek aan bronne oor plaaslike omstandighede en plaaslike koste, leen hierdie artikel oorsee by studies wat in

dié verband gedoen is. Dit sal ‘n duideliker prentjie oor veral twee van die bogenoemde items skets. Meeste van die verwysings hier gemaak, is gegrond op 135 kW-trekkers. Die doel is om die astronomiese omvang van koste uit te lig en nie noodwendig om ‘n akkurate meting te verskaf vir alle grootte trekkers nie. Kyk na die volgende: Loopkoste per uur: • Brandstof (Diesel) R350 • Instandhouding/herstel R125

70% van die aankoopprys! Dit is weliswaar ‘n speletjie met syfers, maar veronderstel met die beter bestuur van koste kan ons 1% van die instandhouding se koste

(onderdele) verminder. Dan bespaar ons ‘n klant R11 250. Dink wat sal gebeur indien besparings op dieselverbruik met 1% verbeter!

Indien ons die instandhoudingsyfer gebruik om die opgeloopte koste oor tienduisend uur te bereken, staan die som op R1,125 miljoen – nagenoeg

HELP SUIDWES OM JOU TE HELP Om die klant te help om sy koste beter te bestuur, het SUIDWES Meganisasie akkurate inligting nodig van die trekkers en implemente wat in gebruik is – ‘n projek wat ons “INSAM” noem. Vir boere wat al met inligtinginsameling gewerk het, sal die term ‘n klokkie lui. Akkurate inligting oor ‘n klant se trekkers stel ons in staat om: • Beter voorraadbestuur toe te pas om die regte onderdeel

18

betyds op die regte plek teen ‘n billike prys te he, • instandhoudingsdienste te verskaf wat verseker dat elke druppel diesel vir jou werk; en • advies aan die klant te verskaf en voorstelle oor die aanpassings aan sy vloot te maak om ‘bosluise’ te identifiseer en uit die stelsel te haal. Wat ons van klante nodig het SUIDWES Meganisasie rat

Ons Eie

hulleself om die databasis op datum te kry en ten minste elke selfaangedrewe bewerkingsvoertuig volledig op te teken. Personeel sal u besoek om met die opname te help indien u belangstel om in die voordele hiervan te deel. Wat beoog Suidwes met die inligting? • Die inligting stel Suidwes in staat om te bepaal watter items en in watter hoe-

Augustus 2016

veelhede by watter takke beskikbaar moet wees. Beter voorraadbestuur beteken minder koste en derhalwe beter pryse vir klante. • Dit stel Suidwes ook in staat om die kundigheid in werkswinkels aan te pas by die klante se behoeftes en ‘n doeltreffende diens te lewer. ‘n Goed-geoliede trekker loop mos meer ekonomies en bespaar jou geld!

www.suidwes.co.za



PRO DUKNUUS

met Fase-D Muscle Master

Doeltreffende rooi­vleisproduksie ARTIKEL DEUR: Johan van Staden (Pri Sci Nat)

Oor die afgelope 35 jaar het baanbrekers wetenskaplike navor­ sing gelei tot die beskikbaarstelling van nuwe medisyne, antibiotika, voerbyvoegings, entstowwe en nuwe ionofore vir die beesvoerkraalbedryf. Met die draai van die eeu (2000 – 2001) was daar ‘n nuwe bewuswor­ ding van die Cornell Net Carbohydrate and Protein System (CNCPS) in die Suid-Afrikaanse voerkraalbedryf. CNCPS is oor die afgelope 40 jaar by die Cornell Universiteit in die VSA ontwikkel. HIERDIE MODEL IS by uitstek geskik vir die verbetering van voedingsdoeltreffendheid in vleis- en melkbeeste. Dit word vandag algemeen deur voedingkundiges in SA as basis gebruik. Die CNCPS-model is uit verskeie komponente/submodelle opgebou en ‘n meganistiese benade­ ring word gevolg wat volhoubare ontwikkeling van die model in stand hou. Die CNCPS karakteriseer twee hoofgroepe bakterieë, naamlik die SC (strukturele Koolhidrate) en die NSC (Nie-strukturele Koolhidrate) volgens die tipe koolhidraat wat elke groep fermenteer. Hierdie verdeling reflekteer verskille in Stikstof (N) -verbruik en doeltreffendheid van groei, sowel as bykans eksklusiewe gebruik van energie.

bl 23 >>>

20

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


A K T UEE L

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

21


AKT UEE L PRO DUKNUUS

22

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


P RO DUK NUUS Stoettelers wil bulle produseer wat breed in die rug is, met goed ontwikkelde boude.

>>>

Doeltreffende rooivleisproduksie Die onderhoudsbehoeftes van die twee groepe bakterieë in die rumen verskil ook. Beraamde deurvloei- en fermentasietempo is ‘n integrale deel van die CNCPS-model en word gebruik om mikrobiese groei te beskryf. Die model gebruik eNDF (effektiewe NDF) om die rumen-pH te voorspel, met dien verstande dat ‘n pH van laer as 6,2 in die rumen tot ‘n vinnige afname in mikrobiese opbrengs lei. Die mate van rumenverte­ ring is ‘n funksie van kompetisie tussen vertering en uitvloei en verskil tussen voersoorte/ grondstowwe en partikel­ grootte. Juis hierin lê die verskil tussen ‘n gehalte fase-D-rantsoen en ‘n normale voerkraal- of vetmesrantsoen. Bulle wat aan ‘n Fase-D-toets onderwerp is, moet te alle tye optimale rumengesondheid hê sodat hulle ook na die toets weer op weiding sal kan aanpas. Sodoende sal top genetika eerstens geïdentifiseer kan word. Daarna sal ‘n bydrae tot die genetika van die stoetteler se eie kudde of mede-telers van dieselfde ras se kuddes, gemaak kan word om meer doeltreffende rooivleisproduksie te bevorder. Met hierdie teorie as agtergrond is die vraag nou – wat sien die ingeligte stoetteler wat sy jong bulle aan ‘n Fase-D-toets onderwerp met Tau se Fase-D -

www.suidwes.co.za

Muscle Master? Die heel eerste waarneming is dat alle beskikbare genetiese potensiaal vir bespiering optimaal ontwikkel word. Telers bring ure tussen die kalwers deur om daardie besonderse volgende generasie kuddevaars op ‘n bloedjong ouderdom te probeer identifiseer. Onafhanklik van die ras wil stoettelers vandag bulle produseer wat breed in die rug is, met goed ontwikkelde boude waarvan die binne- en buitedye goed gevul is. Daarna eers kom sekondêre manlike eienskappe en ras-afhanklike detail soos deur telersgenootskappe voorgeskryf. Amptelike Fase-D-toetse soos tans deur die SA Stamboekvereniging uitgevoer is, is nou reeds meer as 20 jaar lank ‘n erkende manier om die beter genetika in ‘n kudde te help identifiseer. Wat dit werklik uniek maak, is dat Sentrale dataaantekening soos dié van die SA Stamboekvereniging nie in lande soos die VSA bestaan nie. Stoetvleisbeesboere weet dat bulle wat in hul jong dae, na speen, met optimaal-gebalanseerde rantsoene gevoer is, goed ontwikkel. Dié bulle se sibbe (broers) of half-sibbe (halfbroers), wat nie intensiewe toetse ondergaan het nie, sal hulle nooit later in hul lewens inhaal nie. Die boer wil gerief en

Ons Eie

versekerde gehalte hê wanneer hy ‘n volvoer aankoop. Daar mag geen verteringsteurnisse wees nie en aanpassing op die rantsoen moet maklik wees. Alle stoetboere vra oor hoefgroei op Tau se Fase-D. Die antwoord is: dit is ‘n rantsoen met laer totale energievlak wat goed gebalanseerd is om optimale rumenfunksie te verseker. By al

Augustus 2016

die vleisrasse in die Noordwes, Noordkaap en Vrystaat was die waarneming gedurende die afgelope vyf jaar (met geen rantsoenveranderings) dat bulle waarvan die hoewe groei, geneties dié eienskap dra en verdien om uitgeskot te word. In totaal was daar minder as een dosyn sulke bulle, oor al die rasse heen, gedurende die afgelope vyf jaar. Met die huidige droogte het dit die afgelope jaar duidelik geword dat kleiner streeksgebonde, geïntegreerde veevoer­vervaardigers, wat ook oor uitstekende tegniese vaardighede beskik, in die toekoms ‘n al groter rol in die SA-veevoer­bedryf sal speel. Alle bulle moet voor aanvang van ‘n Fase-D-toets die no­dige entings teen siektes wat voerkraalverwant is, ontvang. Raadpleeg gerus u veearts of ervare veevoerverskaffer. OE

23


L A NDBO UKUNDI G

Precision Land Management ARTICLE BY:

Christiaan de Bruin Precision farming specialist at Suidwes

Precision technologies are revolutionizing agriculture, and producers are using these more and more to reduce input cost, improve yields, and increase efficiencies. Suidwes, in partnership with New Holland Precision Land Management (PLM™), continues to offer leading-edge solutions for managing all of your crop production needs. Due to demand Suidwes Landbou Meg started their precision farming division, to satisfy farmer’s needs to improve their farming strategies. We offer a wide range of precision agricultural equipment and services. You can: • Steer your equipment with industry-leading accuracy using PLM guidance solutions, • control the rate and flow applications of mixed fleets of implements, • optimize water usage with PLM water management, • use PLM Connect Telematics to stay connected to your machines, and • streamline field data into informed decisions using PLM software. With New Holland PLM, you can customize the solutions that best fit your needs and ensure reduced input cost, improved yields, and increased efficiencies. If you are looking for new farming equipment, all New Holland

24

T9, T8 and T7060 tractors are factory fitted with GPS steering systems (INTELLISTEER). When you purchase one of these machines you will also receive one year subscription of Centre Point RTX signal free to the value of R16 000.00. These machines also come standard with ISOBUS implement connection. If you do not have an implement with ISOBUS we can retro­ fit a solution for you. That will include seed monitoring, rate and section control for granular and liquid applications. We can also fit guidance- and implement control systems to almost any other equipment. Agriculture is constantly evolving, and being able to make informed decisions with realtime information is transforming today’s farming. New Holland is

Ons Eie

integrating technology that will keep farmers connected with their fleets, enabling producers to optimize fleet productivity, utilization and logistics. The new advanced PLM™ Connect tele­matics allows producers to receive real-time information on every machine working in their fields. Using that data they can make informed SMART farm management decisions that can improve their farm’s productivity and efficiency. It also affords Suidwes the opportunity to partner with customers using customized maintenance plans. These plans generate incremental parts and service sales, while providing value-added service that can strengthen relationships and loyalty. Farming operations are increasingly demanding better

Augustus 2016

solutions to improve efficiency and increase productivity and simultaneously drive down input costs. The new advanced PLM software package offers a complete range of farming solutions that increase efficiency and effectively manage data to assist with decision making. If you need more information, please contact Christiaan de Bruin on 071 632 7953 or christiaandb@suidwes.co.za. PLM ™ is a trademark. Download a free copy of PLM ™ Viewer at: (http://agriculture.newholland.com/us/en/ About-New-Holland/images/ btn_download.png) compatible with Microsoft Windows for basic record keeping and reading data including client, farm and field names together with yield and coverage maps.

OE

www.suidwes.co.za



PRO DUKNUUS

Boer die New Holland-manier ‘Waarde vir geld’ kry steeds betekenis in die New Holland TD- reeks trekkers. Hier ontmoet eenvoud, betroubaarheid en veelsydigheid mekaar wanneer daar verwys word na die TD90 (66 kW) en die TD95 (72 kW). Hierdie trekkers spog met turbo-aangejaagde 3.9 L FPT (Fiat Powertrain) -enjins wat bekend is vir brandstofeffektiwiteit en hoë wringkrag teen lae enjintoere. Gekoppel aan die enjin is ‘n 12x12 transmissie met meganiese vorentoe- en agtertoeskakeling om moeiteloos rigting te verander. Hierdie veelsydige trekkers word met twee stelle eksterne hidrouliese kleppe toegerus, asook ‘n ten volle verstelbare swaardienstrekstang. Onderhoud op die trekkers word beperk tot die minimum, terwyl ‘n enjingemonteerde kragstuurpomp en hidrouliese pomp sorg vir betroubaarheid

26

onder alle omstandighede. Rolbeskerming met ‘n sondakkie is standaardtoerusting op die trekkers om die beste omgewing vir die operateur te verseker. Die TD90 is die ekonomiese trekker wat koste-effektief die alledaagse take op die plaas baasraak. Hierdie model word met kruislaagbande toegerus en is in tweetrek- of viertrekweergawes beskikbaar. ‘n Onafhanklike 540 opm-kragaftakker verseker ononderbroke en effektiewe aandrywing vir aangedrewe implemente, wat die trekkers dus uiters geskik maak vir hooimaaken strooitoepassings. Met ‘n skuifbare swaardienstrekstang word sleepimplimente moeiteloos oor enige terrein hanteer, terwyl 40 lpm hidrouliese vloei tot beskikking van die driepunt- en eksterne hidrouliese kleppe is. TD95 is die hoër spesifikasiekeuse waar ‘n bietjie meer kilowatt vir ‘n spesifieke taak vereis word. Hierdie trekker word toegerus met ‘n verstelbare, onafhanklike krag­ aftakker wat 540/540E insluit om verdere brandstofbesparing mee te bring. Vir ligter werk, verlaag enjintoere om steeds die korrekte aandrywing op die implement te

Ons Eie

verseker. ‘n Hoër hidrouliese olievloei van 51.7 lpm verseker vinnige en effektiewe hantering van driepunt en sleeptipe implemente om bewerkings vinniger te voltooi. Straallaagbande verskaf nie net die nodige traksie deur ‘n groter voetspoor teen laer banddruk te bied nie, maar ook flotasie terwyl ‘n beladingspakket van 6 x 50 kg gewigte in die agterwiele verseker dat elke kilowatt effektief aangewend word. Verstelling van dieptebeheer is deurentyd vir die operateur beskikbaar, terwyl die lift’o matic draaie op die wenakker maklik maak sonder om enige driepuntverstellings te beïnvloed. Spesifieke uittrekbare bal-ente aan

Augustus 2016

die arms van die driepunt maak dit ook makliker vir die operateur om implemente vinniger aan te haak. Trekbeheer vorm deel van die trekker se standaardtoerusting. Dit maak nie saak waarvoor hierdie trekkers aangewend word nie, die New Holland TD-reeks staan vir niks terug nie. Met uitstekende brandstofverbruik, maklike hante­ ring en lae onderhoud is hierdie trekkers verseker die keuse van die fynproewer. New Holland-trekkers word deur NHSA se landswye handelaarsnetwerk versprei. Vir meer inligting skakel Ockert Scheepers by 082 380 2405 of besoek www.nhsa.co.za.

OE

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

27


L A NDBO UKUNDI G

28

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Voorbereiding is sinoniem met sukses

ARTIKEL DEUR:

Rocco Botha Areabestuurder by BPI Manufacturing, Bothaville

Vir die meeste produsente het die tyd aangebreek om die stropers te was en in die stoor te bêre. Hierdie seisoen was die uitdagings groot en die opbrengste min, minder as wat ‘n stroper verdien. Rocco Botha van BPI herinner ons in hierdie artikel weer aan die basiese prosesse wat kan maak of breek. Dit is egter ook tyd om ou koeie in die slote te los en die bul by die horings te pak – deur ‘n paar maklike stappe te volg en deeglik voor te berei, sal die volgende seisoen vlot verloop.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Gee noukeurig aandag aan bestuursprosesse en beplanning van meganisasie na strooptyd. Die eerste stap is om te verseker dat die regte toerusting vir die regte doel aangewend word. Elke seisoen is uniek, veral die afgelope een, so is elke land en elke werktuig ook uniek. Ongeag van die grootte, het elke implement sy plek en tyd. Maak ‘n ingeligte besluit en skaf die regte masjien aan. ‘n Uitgawe op die regte toerusting is ‘n waardevolle belegging vir die toekoms. Een van die belangrikste punte is om seker te maak dat alle toerusting vir die komende seisoen in die beste moontlike toestand is. Gee noukeurig aandag aan elke implement of masjien – moenie ’n strategie van ‘hy sal dalk kan werk’ volg nie. Wanneer die kalf in die put is, is dit te laat om rond te skarrel en ander planne te probeer maak. Verseker dat smeermiddels op die regte plekke, in die regte hoeveelhede aangewend word. Maak seker dat alle boute en moere in plek en vas is. Vervang foutiewe onderdele, alle laers moet in ‘n goeie toestand wees en maak seker dat alle kalibrasieverstellings toepaslik is. Laastens is dit van uiterste belang om inligting van die vorige seisoene na te gaan. Die vorige seisoen moet in diepte geanaliseer word. Wat moet herhaal word? Wat moet vermy word en

Augustus 2016

wat moet aangepas word? Dit sluit toediening, bewerking, plasing en toepaslike toerusting in. Met die tendens oor die afgelope seisoene, waar vogbewaring al hoe belangriker geword het, is daar spesifieke toerusting wat sterk oorweeg moet word. Dié toerusting sluit rolmoere, minimum-bewerkingsmasjinerie en masjinerie in wat meer as een bewerking in ‘n enkele proses kan doen. Die rolmoer verseker dat die reste van die vorige oes ‘n eweredige deklaag vorm wat verhoed dat vog maklik uit die bogrond verdamp. Die minimumbewer­ kingsstelsel is op dieselfde konsep gebaseer – vog word deur die deklaag bewaar en saad word net onder dié gunstige, komposryke deklaag geplant. Met elke bewerking of voorbereidingsproses van die grond gaan kosbare grondvog verlore weens verdamping. Die konvensionele meerdoelige werkverrigtingswerktuig verseker dat die minimum grondvog verlore gaan. Die grondslag van enige suksesvolle seisoen is goeie beplanning, voorbereiding en kundige ondersteuning, so, gebruik hierdie tyd om die volgende seisoen nog meer suksesvol te maak sonder enige terugslae. OE

29



L A NDB O UK UNDI G

Die nagevolge van die droogte op fisiese, chemiese en biologiese kwaliteite van grond

ARTIKEL DEUR:

Die grasbedekking is hier baie beperk weens droogte (Januarie 2016). Wanneer daar min of geen plantbedekking is nie kan winderosie groot skade op landerye en weiveld aanrig.

Carl Bierman Landboukundige by Sidi Parani

Die nagevolge van ’n droogte is baie groter as net die onmiddellike verlies aan produksie. Dit is nodig om na die minder opsigtelike skade van die droogte te kyk en hoe die negatiewe gevolge beperk kan word. Droogteperiodes in die landbou word beskou as ’n periode waar die reënval meer as 20% laer is as die gemiddeld. Gedurende die periode tussen 1960 en 2004 was daar agt jaar waartydens die land minder as 80% van sy normale reënval ontvang het. Hierdie droogte het ʼn baie groot invloed op plante en diere se produksievermoë. Wat minder voorspelbaar is, is die grond se vrugbaarheidstatus en ook die ekologie van die mikro-

Hierdie natuurlike veld het tydens Januarie 2016 se El-Niño droogte begin waai.

Na ʼn donderbui staan die water op die grondoppervlak en infiltreer baie stadig.

bl 32 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

31


LL ANDBO A NDBO UKUNDI UKUNDI G G >>>

Nagevolge van die droogte

Kosbare water loop weg met gepaardgaande erosie.

organismes in die grond. Die verwagte proses van aardverwarming gaan waarskynlik die frekwensie van droogtes verhoog. Dit is belangrik vir die produsent om bewus te wees van die gevare van agteruitgang in sy grond weens droogte. Grondfisiese agteruitgang Tydens droogte word die grond aan die oppervlak blootgestel aan son en wind. Selfs die beweging van vee veroorsaak dat die struktuur opbreek (aggregate breek op). Omdat daar min plantbedekking is, word die grond nie teen wind- en watererosie beskerm nie. Gewoonlik, na so ʼn droogte, sal die water van ʼn harde bui reën wat nie vinnig genoeg in die grond infiltreer nie, oppervlakafloop veroorsaak. Dit help erosie aan, want daar is geen of min gras en ander plante om die grond te stabiliseer nie. Plante en plantwortels in die boonste sones van die grond verhoog die infiltrasie omdat dit gewoonlik kanale skep waardeur die water kan inbeweeg. Wanneer daar min of geen plantbedekking is nie kan winderosie groot skade op landerye en weiveld aanrig. Toestande soos op die foto’s op die vorige bladsy, skep die gevaar van lae infiltrasie van reënwater en gevolglike oppervlakafloop van die reënwater en verhoogde erosie. Toetse het getoon dat die eers­­te paar millimeter water vinnig infiltreer, maar weens die impak van die waterdruppels neem die infiltrasietempo vinnig af. Dit kan afneem tot op die vlak waar die neerslagtempo die infiltrasietempo van die grond oorskry. Water versamel dan aan die oppervlak waar dit onder die invloed van swaartekrag teen hellings begin afloop. Die bewegende water bou momentum op wat die erosiegevaar verhoog. Droogteverskynsels is aan die toeneem en strategiese beplanning en voorsorg is nodig om die hulpbron (grond en veld) te bewaar. Aksies wat hierdie agteruitgang kan stuit, is om oor-

32

Figuur 1: N,P,C en P -verhoudings in die grond onder verskillende droogtetoestande beweiding te beperk en kontoere te maak. Erosieskade is egter onafwendbaar na ʼn groot droogte en selfs die beste strategie gaan slegs gedeeltelik suksesvol wees. Die verandering in grondchemie na ʼn droogte Plantvoedsel kan moontlik weens

Ons Eie

die droogte oorgedra word omdat die opname daarvan in meeste grond belemmer is. Dit is redelik om te verwag dat onbenutte plantvoedsel steeds in die grond teenwoordig is en deur opvolggewasse opgeneem kan word. Stikstof (N) is baie mobiel in die grond en kan oor tyd uit die

Augustus 2016

grondprofiel beweeg weens loging en/of vervlugtiging. Die kalium (K) en fosfaat (P) is minder mobiel en is gevolglik steeds beskikbaar in die grond. Weens vaslegging van fosfaat (P) is die volle hoeveelheid daarvan nie beskikbaar nie. Die groter hoeveelhede plantvoedsel in die

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G grond kan onder sekere omstandighede onkruid stimuleer om met meer groeikrag te groei en dus addisionele bewerking of bespuiting tot gevolg hê. Die grond-pH daal gewoonlik min in droë jare as gevolg van die laer katioon-uitruilvermoë (KUK) van die grond. Die Kalium (K) in die grond sal met die droogte daal aangesien die K wat in die buite-oplossing is nader aan die kleikristal beweeg en aan die klei bind. Tydens grondontledings word hierdie K nie ontleed nie. Na ʼn tydperk van normale reënval sal die K weer herstel na sy normale toestand. Uitgebreide navorsing in China het getoon dat die organiese koolstof (C) in die grond afneem na droogtetye. Hierdie verskynsel het die gevolg dat die C, N ,K en P -verhoudings in die grond drasties verswak. Figuur 1 wys die kumulatiewe resultaat van navorsing wat in die Steppe van China gedoen is. Die verskillende verhoudings word hier vergelyk met die droogte-indeks.

www.suidwes.co.za

Dit is belangrik vir die produsent om bewus te wees van die gevare van agteruitgang in sy grond weens droogte. Ekologie van mikro-organismes in grond na droogte Hueso et al. (2012) het met navorsing bewys dat droogte groot verandering teweegbring in die koolstof (C), fosfaat (P) en stikstof (N) -siklus in die grond. Die rede vir hierdie verandering is dat die spesialisorganismes wat in die C en N -siklusse betrokke is, baie erg deur droogte beïnvloed word.

Die samestelling van verskillende spesies, organismes en bakterie verander drasties na tydperke van droogte. Heelwat navorsing op hierdie gebied moet nog gedoen word. Studies wat op hierdie organismes gedoen is, toon ook dat grond-pH ʼn belangrike rol speel in die tempo waarteen sekere organismes tydens droogtes uitsterf.

Indien die pH laag is, sterf die spesie vinniger tydens droogtes. Die navorsing oor die effek van droogtes op die populasie van die verskillende mikro-organismes is spesifiek in tropiese woude gedoen. Daar is aanduidings dat dié tendens dieselfde sal wees in ʼn droëlandakkerbougebied.

OE

Gevolgtrekking Die invloed van ʼn groot droogte op die grond is omvangryk en werk in op die chemiese, fisiese en biologiese eienskappe van grond. Relatief min navorsing is in hierdie verband gedoen, maar met data wat tans beskikbaar is, is dit duidelik dat die effek van ‘n droogteperiode vir ʼn tydperk die grond se kwaliteit negatief beïnvloed. Die grondomgewing is ʼn dinamiese sisteem en die situasie kan oor ʼn periode van tyd herstel. Moenie sommer aan bestaande praktyke verander omdat daar aanvaar word dat ʼn verhoogde plantvoedselreserwe in die grond is weens die kleiner opbrengs nie.

Ons Eie

Augustus 2016

33


34

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Gifplante

Asclepias fruticosa Herba Gifplante

ARTIKEL DEUR:

Dr Franci Jordaan Landbou Wetenskaplike Afdeling: Weiding, Landelike-omgewing en Landbou-ontwikkeling, Potchefstroom

Hierdie melk is nie gesond nie Die volksnaam vir hierdie plant is Melkbos of Tontelbos. Die genusnaam, Asclepias is van die naam vir Asklepios, wat die god van genesing in die Griekse mitologie is, afgelei. Die woord fruticosa beteken ‘vrugdraende’ en verwys na die prominente vrugte van hierdie plant. Geografiese verspreiding Melkbos is inheems aan Suid-Afrika en word in al nege provinsies aangetref. Dit kom ook in Lesotho en Swaziland voor. Dit kom egter ook wydverspreid in ander Afrikalande soos onder andere Namibië, Botswana, Zimbabwe, Tanzanië, Mosambiek en Angola, om maar slegs ‘n paar te noem, voor. Melkbos het ook na ander wêrelddele, soos suidelike Europa en oos-Australië versprei - in Australië word dit as ‘n uiters skadelike onkruid beskou. Beskrywing Melkbos is ʼn regop, immergroen, meerjarige struik wat tot 1.5 m hoog kan groei. Soms kan dit egter hoogtes van 2 m bereik. Die stam van die plant is liggroen en harig as dit jonk is, maar word grys tot bruin van kleur en haarloos wanneer dit volwasse is. Melkbos is enkelstammig, maar vertak hoër op in talryke takke. Die stam is houtagtig aan die binnekant en sagter aan die buitekant. Wanneer enige deel van die plant gebreek word, skei dit ʼn melkerige vloeistof (melksap) af. Melkbos het gewoonlik ’n penwortel en verskeie laterale wortels wat net onder die grondoppervlak versprei is - die laterale wortels is gewoonlik langer as wat die plant hoog is. Die wortels is aromaties en indien dit beskadig word, vorm dit suigwortels wat weer in volwaardige plante kan ontwikkel. Dit plant met sade en suigwortels voort. Die blare is eenvoudig, lanset of liniêr in vorm en afwisselend gerangskik. Die kleur van die blare is liggroen en die blaarrande is glad tot effens getand. Die blare eindig in skerp punte. Die bloeiwyse is ‘n blomskerm wat okselstandig is. Vyf tot tien room-wit blomme kom in elke oksel voor. Die vrug is ʼn groen, ovaal, papieragtige dopvrug of blasie wat ligbruin word sodra dit ouer word. Die oppervlak van die vrug word met kort, stekelrige hare oordek. Binne elke vrug is talryke, bruin, eiervormige sade en elke saad word deur silwerkleurige, katoenagtige aanhangsels omring wat met die verspreiding van die sade help. Elke vrug bevat talryke sade wat deur wind, water, diere en die mens versprei word. Dit kan ook deur verwerkte landbouprodukte versprei word. Die sade ontwikkel gewoonlik vinnig en binne ’n paar weke produseer dit wortels en ’n kroon. Sade wat in die grond beland, kan vir ’n baie lang tyd daarin oorleef en dus lank kiemkragtig bly. Die hele Melkbosplant is giftig.

bl 36 >>>

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

35


L A NDBO UKUNDI G >>>

Asclepias Groei en ontwikkeling Melkbos blom vanaf Oktober tot Desember. Hoewel dit natuurlik deur sade voortplant, kan nuwe plante ook vanuit die wortelsuiers ontstaan. Melkbossade ontkiem enige tyd gedurende die warmer maande mits genoeg vog beskikbaar is. Die piektyd vir ontkieming is egter laatlente en begin herfs. Soos reeds genoem, ontwikkel die sade gewoonlik vinnig en dit produseer binne ‘n paar weke wortels en ‘n kroon. Die groei- en ontwikkelingstempo van die plant neem af en staak gedurende die winter, maar nuwe ontwikkeling vind vroeg in die lente van die opvolgende seisoen plaas. Die plante blom gewoonlik nie in hul eerste ontwikkelingsjaar nie, maar eers vanaf die tweede jaar. Die sade van melkbos is goed aangepas vir verspreiding deur wind en water. Die vrug, wat soos ‘n blasie lyk, kan ook baie ver deur water vervoer word. Sade kan verder ook deur diere, mense, masjinerie en landbouprodukte wat besmet is, versprei word.

Die bloeiwyse is ‘n blomskerm wat okselstandig is. Vyf tot tien room-wit blomme kom in elke oksel voor.

Habitatvoorkeure Melkbos word op enige grondsoort aangetref, hetsy die grond ’n hoë of lae voedingstofstatus het, hoewel dit wil voorkom asof dit ’n voorkeur vir grond met ‘n hoë voedingstofstatus het. Melkbos word in oop grasveld asook boomryke gedeeltes gevind. Dit kom egter ook in oorbeweide veld en versteurde gebiede soos padreserwes voor, asook op verboude lande – veral lande wat reeds vir ’n jaar of twee sonder bewerking lê. Melkbos toon geen voorkeure ten opsigte van spesifieke klimaatsones nie en word dus by hoë en lae reënval aangetref. Dit is bekend dat die plant uiters droogtebestand is, terwyl dit as rypsensitief beskryf word. Dit verkies om in volle sonlig te groei. Gebruike van die plant Melkbos het medisinale waarde - ’n blaartee word gebruik om dermprobleme (diarree en maagpyn) in kinders te behandel; dit word as purgeermiddel gebruik;

Die vrug is ʼn groen, ovaal, papieragtige dopvrug of blasie wat ligbruin word sodra dit ouer word. Die oppervlak van die vrug word met kort, stekelrige hare oordek.

bl 39 >>>

36

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

37


L ANDBO UKUNDI G

38

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Asclepias gedroogde, verpoeierde blare word as ‘n snuif ingeasem vir die verligting van hoofpyn, verkoue en tuberkulose. Melkbos word soms in tuine as sierplante aangeplant. Tipe toksien Die toksien wat in Melkbos gevind word, is ‘n hartglikosiede. Hierdie toksien is giftig vir beide mense en diere. Kliniese tekens van vergiftiging Hoewel die meeste diere normaalweg Melkbos sal vermy, kom vergiftiging veral voor wanneer skape, beeste, bokke en perde nie voldoende weiding vind nie. In droogtetye en veral wanneer veld oorbenut is, is die voorkoms van Melkbos baie duidelik aangesien dit die enigste ‘groen’ materiaal is wat sigbaar is - dit is juis in hierdie tye dat diere die plant sal vreet. Soos reeds genoem, is alle dele van die plant giftig, selfs wanneer die plantdele droog is. Sorg moet dus gedra word dat die plant nie in verwerkte voer of kuilvoer of oesreste voorkom nie. In die algemeen is Melkbos nie dodelik vir mens en dier in klein dosisse nie. Tekens van vergiftiging by diere sluit in koliek; opblaas; diarree; vergrote pupille; hoë koors; diere kan gedisoriënteerd raak; hulle het gewelddadige spasmas en verloor spierbeheer; strompel rond en vertoon algemene swakheid; haal moeilik asem en maak ‘n snorkgeluid wanneer hulle uitasem. Indien ernstige vergifti-ging voorkom, moet die veearts so gou moontlik gekontak word om gepaste behandeling voor te skryf. Hoewel die plant nie dodelik giftig vir mense is nie, veroorsaak die melksap, wat deur alle dele van die plant afgeskei word, velirritasies. Dit kan ook tot oogirritasies lei indien die melksap in ‘n mens se oë sou kom. Meganiese beheer Meganiese beheer van Melkbos is slegs effektief indien alle dele van die wortelstelsel verwyder word. In verboude lande kan dit bewerkstellig word deur herhaalde bewerking. Sorg moet egter gedra word dat alle plantmateriaal

bl 40 >>>

www.suidwes.co.za

Binne elke vrug is talryke, bruin, eiervormige sade en elke saad word deur silwerkleurige, katoenagtige aanhangsels omring wat met die verspreiding van die sade help.

Ons Eie

Augustus 2016

39


L A NDBO UKUNDI G >>>

Asclepias verwyder word aangesien afgebreekte wortels weer kan groei en tot volwasse plante kan ontwikkel. Die plante moet verkieslik verbrand word sodra dit uitgekap of geploeg is. Biologiese beheer Daar is geen spesifieke biologiese agense teen hierdie plant in SuidAfrika aangetoon nie. In Australië is daar gevind dat die larwes van die skoenlappers Danaus plexipus en D. chrysippus dikwels met Melkbos geassosieer is. Daar is dan ook reeds waargeneem dat hierdie larwes aansienlike skade aan die plante kan aanrig. Chemiese beheer Onkruiddoders met die aktiewe bestanddele clopyralid + triclopyr; fluroxypyr + picloram en triclopyr kan gebruik word om Melkbos chemies te beheer. Al die middels word gebruik wanneer die plante

aktief groei en almal is blaartoedienings (kontakdoders). Wanneer onkruiddoders gebruik word, moet daar op die volgende gelet word: Maak van ’n geregistreerde onkruiddoderkonsultant (Registered Pest Control Officer) gebruik om aanbevelings ten opsigte van onkruiddoders te doen - moenie enige “gifsmous” ondersteun nie. Maak seker dat die onkruiddoder wat aangekoop word wel vir die spesifieke plant geregistreer is. Moenie die onkruiddoder ‘rek’ deur dit flouer aan te maak as wat die aanbevole dosis is nie - die effektiwiteit word slegs verlaag en die verlangde resultate gaan nie verkry word nie. Moenie die onkruiddoder sterker aanmaak as die aanbevole dosis nie - die plant gaan wel vrek, maar die grond word onnodig besmet en geld word gemors. Vermy eie mengsels (cocktails) - gewoonlik word geld gemors

Maak seker dat die onkruiddoder wat aangekoop word wel vir die spesifieke plant geregistreer is. terwyl die verlangde resultate nie verkry word nie. Hoewel hierdie plant eers probleme gaan veroorsaak as dit in groot hoeveelhede deur diere ingeneem word, is dit tog belangrik om te weet dat dit nie ’n positiewe plant is om in die veld te hê nie. Wanneer dit in tuine as sierplant aangetref word, moet

sorg altyd gedra word om handskoene te dra wanneer daarmee gewerk word - maak ook seker dat kinders nie toegang daartoe het nie. Plante met melksap is gewoonlik giftig - bly dus liefs weg daarvan aangesien dit nou eenmaal ‘n soort melk is wat nie ’n gesonde uitwerking het nie.

OE

Literatuur gebruik Anoniem. 2006. Poisonous plants. Veterinary Science Library. University of Pretoria. Van Wyk, B-E., Van Heerden, F. & Van Oudtshoorn, B. 2002. Poisonous Plants of South Africa. Briza Publications, Pretoria. Wells, M.J., Balsinhas, A.A., Joffe, H., Engelbrecht, V.M., Harding, G. & Stirton, C.H. 1986. A catalogue of problem plants in Southern Africa. Memoirs of the Botanical survey of South Africa, No. 53. Department of Agriculture and Water Supply: Pretoria.

Protek NutriGreen

Die beste voeding vir jou hele tuin.

Protek se nuutvrygestelde NutriGreenreeks bestaan uit organiese- en organiesgebaseerde korrelmisstof gemaak van verkomposteerde hoendermis wat met koolstof (C) verryk en vry van patogene, parasiete en onkruidsaad is. Organiese misstof is van nature stadigvrystellend en die koolstof verbeter die verbin­ding van die plantvoedings­ elemente met die tuingrond. Dit verhoed dus dat die misstof in die grond loog. Dit bevorder die aktiwiteite van mikroorganismes in die grond wat op hul

beurt die plantvoedingselemente afbreek sodat dit beskikbaar is vir plante om te gebruik. NutriGreen bevat die drie belangrikste plantvoedingselemente, naamlik: stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) asook al die mikro-elemente wat die plante benodig vir gesonde groei, byvoorbeeld yster (Fe), mangaan (Mn), koper (Cu), sink (Zn) en boor (B), ens. Of jy ‘n “groen” tuinier is of nie, die NutriGreen-reeks is die ideale voeding vir jou hele tuin!

Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947 Gwano Pellets: N 21 g/kg, P 32.5 g/kg, K 27.6 g/kg, Zn 2000 mg/kg, Cu 70 mg/kg, Mo 4500 mg/kg, Fe 2200 mg/ kg, B 1200 mg/kg, Mn 1000 mg/kg C 350 g/kg, Groep 2 misstof, Reg nr B4904; Flower Power: N 48 g/kg , P 10 g/ kg, K 36 g/kg, Zn 61 mg/kg, Cu 17 mg/kg, Mo 22 mg/kg, Fe 869 mg/kg, B 256 mg/kg, Mn 212 mg/kg, C 296 g/kg, B4652, Groep 2 misstof; Gro Green: N 39 g/kg, P 10 g/kg, K 40 g/kg, Zn 61 mg/kg, Cu 17 mg/kg, Mo 22 mg/kg, Fe 869 mg/kg, B 256 mg/kg, Mn 212 mg/kg, C 315 g/kg, B4655, Groep 2 misstof. Geregistreer deur FarmWorx (Edms) Bpk, Reg no 2012/092415/07, Posbus 645, Heidelberg, 1438, Tel no 011 812 9800. Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438. Tel (011) 812 9800 of 0861 PROTEK (0861) 77 68 35, www.proteksa.co.za

40

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

41


L A NDBO UKUNDI G

Presisieboerdery

vergemaklik besluitneming

Gewasopbrengs is die funksie van genetika, omgewing en boerderypraktyke – O=∫(g+o+p). So het Andrew Bennett van Monsanto by ‘n presisieboerderykongres vroeër vanjaar gesê. Dié formule plaas skerp fokus op een aspek, naamlik besluitneming. Ons boere het die voorreg om goeie genetikabanke te hê om saad uit te kies. Ons kan kies waar en wanneer ons wil plant EN ons het die keuse HOE ons wil bewerk. Dikwels dikteer die omgewing die meeste van die

besluite, maar ons kan mos van omgewing verander as ons nie regkom nie, nie waar nie? Hoofsaak is, ons moet betyds besluit hoe ons te werk wil gaan en alle middele tot ons beskikking daarvoor gebruik.

ARTIKEL DEUR:

Gerrie Ludick InteliGro Precision Farming

Presisieboerdery beteken om met dít waarmee ons nóú boer, presiés te kan boer. Ons moet: • Faktore soos grondpotensiaal en beskikbare oordragwater kan meet vir opbrengspotensiaal en plantestand, • marginale grond eerder vir aangeplante weiding gebruik, • bewerkingspraktyke só kies dat dit die beste keuse vir die tipe grond en gewas is, en • bewerkingsdiepte só kies dat dit die beste wortelsone vir die gewas sal verskaf. As ons hierdie paar wette nakom, kan ons reeds pre-

sisieboerdery toepas, sonder tegnologie, MAAR tegnologie en die inskakeling daarvan in ons boerderypraktyke het onlosmaakbaar deel van ons daaglikse beplanning geword. Die spoed waarteen tegnologie verander en verbeter, veroorsaak dat ons vinnig agter raak. Dit is soos ‘n selfoon wat jy al twee jaar het, en skielik agterkom (wel, die kinders laat jou dit agterkom) dat die toepassings verouderd is. ‘n Mens raak ook gefrustreerd as buurman al weer die nuutste tegnologie op sy plaas het. Dis dan wanneer ons gevaar loop om tegnologie só

Wanneer tegnologie aanlyn gebruik word, word optimale opbrengs verwesenlik. bl 45 >>>

42

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

43


PRO DUKNUUS

Tegnologie vir die boer Daar word gesê tegnologie kan wreed wees. Ons ken almal daardie magtelose gevoel wanneer die internet skielik wegraak, of die drukker wil nie druk nie. Die wreedste van tegnologie is seker die feit dat niks vir baie langer as drie maande nuut bly in die wêreld van tegnologie nie. TOERUSTING, DIE IMPLEMENTERING van sagteware en die aanwending daarvan verander voortdurend. Omdat mense op die platteland ver van diensverskaffers af is, is die uitdaging rondom tegnologie soveel groter. Daar is gelukkig ‘n diensverskaffer hier op eie bodem wat hierdie probleme verstaan – Network Embedded Technologies, of NWET soos dit bekend staan, hou Suidwes se bedieningsgebied op die hoogte met kommunikasie met die hoofstroom van tegnologiese veranderinge. Landbouers en sakemanne wat hulle kommunikasietegnologie en sekuriteit aan NWET toevertrou het, sal getuig dat met NWET niks gaan staan nie, kom reën of droogte. Die platteland is juis tans kwesbaar

44

omdat landboubedrywe swaar kry onder die droogte. Daarom is NWET se betroubare en kosteeffektiewe tegniese ondersteu­ ning, netwerke en toerusting juis nou nodig. Ongeag die tipe bedryf waarin jy is, kan koste bespaar word met tegnologie soos die internet, kabellose telefoniese dienste (VOIP) en IP-sekuriteits­ toerusting wat NWET bied. NWET verstaan die boer se behoeftes, hulle weet van die risiko’s en daarom evalueer NWET gereeld hulle pryse om dit so bekostigbaar as moontlik te maak. Met NWET se betroubare internetverbinding kan finansiële transaksies en banksake gedoen, en handel gedryf word op die Wêreldwye Web in die gemak en veiligheid van jou kantoor of huis. Met die wêreldbekende reeks IP-kameras (Vivotek) wat

Ons Eie

NWET verkoop, monitor jy die omgewing uit die veiligheid van jou woning. Die gemoeds­ rus om jou huis of plaas te kan monitor wanneer jy met vakansie gaan, is net een van talle voordele van hierdie produkte. Die ingeboude sekuriteitsopsie van die kameras stuur ‘n SMS wanneer ongemagtigde toegang tot die eiendom plaasvind of selfs gepeuter word met die toerusting. Vir gebiede waar selfoon­ opvangs swak is, is die VOIPtelefoon die ideale oplossing, veral wanneer daar gevaar dreig en behoorlike kommunikasie die verskil tussen lewe en dood kan beteken. NWET se selfoonversterkers is ook ‘n alternatiewe oplossing vir swak opvangs en

Augustus 2016

kan maklik geïnstalleer word. In die groot en wydverspreide gebied van NWET se netwerkstelsel, is NWET die enigste verskaffer wat ‘n 24 uur, 7 dae per week hulplyn bied. Dienslewering is vir ons belang­ rik en gelukkige klante is ons doelwit. Skakel ons gerus by 018 581 0200 of 0861 6938 48

OE

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G >>>

Presisieboerdery na te jaag dat ons vergeet om die basiese boerderypraktyke te volg. Die punt is, ons hóéf nie die nuutste tegnologie te gebruik nie! Tegnologie kan gebruik word sonder konneksie – grondkarte­ ring en grondpotensiaalbepa­ lings kan so hanteer word. Ons kan tegnologie mét konneksie gebruik. Dit behels byvoorbeeld opbrengskaarte, grondpotensiaalbepalings en Auto-stuur. Wanneer laasgenoemde in ‘n sisteem ingesluit word wat besluitneming beïnvloed, byvoorbeeld grondkartering, opbrengskaarte, grondpotensiale, ndvi-beelde, beplanning, saadvariasie, kunsmisvariasie, plantdieptevariasie en ander bewerkingspraktyke, word optimale opbrengs verwesenlik. Dit is volhoubare landbou in wording.

www.suidwes.co.za

Grondkartering (op die regte manier) is sekerlik die belangrikste deel van presisieboerdery. Honderde boere doen grondkartering, maar sonder ‘n sagtewareprogram is dit ‘n “nice to have” en dik boeke gaar stof iewers op in ‘n rak soos ‘n Fiat 640-gebruikshandleiding. Dit maak egter meer sin om sagteware te gebruik wat hierdie kartering sinvol kan aanwend vir bemestings- en plantdigtheidaanbevelings. As ons geskiedkundige data, soos opbrengs en reënval, kan trou met dit wat ons self op die land ervaar het, begin dit ‘n bruikbare stuk gereedskap raak. Dan gebruik ons lande of gedeeltes van lande volgens hulle potensiaal en dán kan ons sinvolle aanpassings maak waar nodig. ‘n Ander hulpmiddel wat met presisieboerdery gebruik

Ons Eie

kan word, is die sogenaamde NDVi-beelde. Dit staan vir Normalised Difference Vegetation Index, wat ‘n grafiese indeks is en die lewendige groen vegetatiewe groei van plante aantoon. Dit word normaalweg deur satellietbeelde verkry. Hierdie beelde moet ten minste intyds wees en ‘n hele aantal kere per seisoen verkry kan word om noemens­ waardige gevolgtrekkings daaruit te kan maak. Daar bestaan wel algoritmes vir die groeistadiums van

Augustus 2016

gewasse, soos mielies, wat die kleure kan interpreteer, maar in Suid-Afrika word dit nie sommer gedeel nie. Hierdie beelde word veral baie deur besproeiingsboere gebruik om die plasing van meetstokke (probes) te bestuur, om betyds blaarvoeding as nasorg te spuit en besproeiingstoerusting se doeltreffendheid te monitor. Hierdie beelde moet verkieslik op ‘n selfoon met GPS-funksie beskikbaar wees om jou presiese ligging in die land te kan bepaal.

OE

45


L A NDBO UKUNDI G

Agrikalender

Augustus – September 2016 Dit wil voorkom of die El Niño-toestande van die afgelope vier jaar nou einde toe staan en dat ’n neutrale of La Nina-gebeurtenis kan ontwikkel. Seetemperature in die sogenaamde Niño 3.4 gebied raak koeler. Indien dit die geval is, is daar vooruitsigte vir beter reënpatrone. Let egter daarop dat van die droogste reënjare ook in La Nina-tydperke voorgekom het.

ARTIKEL DEUR:

Christo Smit Bestuurder: Produsentekommunikasie en - inligting, Suidwes Graan

AKKERBOU

Grond Grondontledings is noodsaaklik om die lande optimaal te bemes en pH met bekalking reg te stel. Die opname van plantvoedingstowwe, sowel as die algemene gesondheid van die plante, verbeter met die regstelling van die pH. Met die styging van kunsmispryse is dit noodsaaklik om wanbalanse reg te stel om optimale benutting van voedingstowwe te kry. Dit kan slegs gebeur as die balans in die grond optimaal is. Lande wat nie die vorige seisoen bewerk was nie, of wat baie winteronkruide op het, het gewoonlik ‘n hoër populasie grondinsekte. Gee aandag daaraan, aangesien saailinge beskadig kan word en dit kan tot standprobleme aanleiding gee.

Mielies Doen primêre bewerking indien moontlik. Ploeg is nie noodwendig ‘n oplossing vir Diplodia nie, maar dit kan help. Wisselbou verlaag egter die voorkoms van Diplodia en ander kopvrotte. Kultivars se vatbaarheid vir kopvrot verskil. Oorweeg slegs om te plant as die grondtemperatuur bokant 15 grade Celsius is. Te lae temperature lei tot onbevredigende kiemkragtigheid en moontlike onkruiddoderbeskadiging. Behandel saad teen grondinsekte aangesien saailinge beskadig kan word. ‘n Swak stand kan groot verliese veroorsaak. Sluit voorplantkontrakte, minimumprys-kontrakte, of verskans op SAFEX om goeie pryse vir die komende seisoen te verseker. Moet egter nie meer as 30% van die verwagte oes vooruit op vaste pryse kontrakteer nie.

Sonneblom

Figuur 1 wys die daling van die seetemperature in die Niño 3.4 gebied. Die temperatuur daal skerp en op grond van vorige gebeurtenisse word hierdie voorspelling vir die seisoen gemaak.

Sonneblom is ‘n goeie wisselbougewas, veral waar Diplodia straf voorgekom het. Sonneblom kan geplant word sodra die gevaar van ryp verby is. Maak seker dat die lande wat geplant gaan word, nie residue van skadelike onkruiddoders soos atrasien bevat nie. Sonneblom is baie gevoelig vir veral atrasien en terbutielasien. Behandel saad teen grondinsekte om saailingskade te beperk. Bemes sonneblom tot dieselfde mate as mielies, om goeie opbrengste te verseker. Wees konserwatief met vooruit-kontraktering.

Grondbone

Figuur 2 dui die daling wat verwag word aan. Die rooi waarskuwing is vir die Golf van Mexico in die VSA. Sterk siklone word daar verwag, vanweë die warm seetoestande in die Atlantiese oseaan teen die kus van die VSA.

46

Ons Eie

Grondbone is ‘n baie goeie wisselbougewas. Gesonde grondbone bind tot 30 kg N per jaar en dit hou voordele in vir die opvolgseisoen. Plant tussen 15 Oktober en 25 November wanneer grondtemperatuur nie te laag is nie. Daar word aanbeveel dat grondbone met tussen 15 en 20 Kg N geplant word op sandgronde. Dit sal ‘n sterk kiemplant vestig. Behandel die saad met Rhizobium-ent­ stof om stikstofbinding te bevorder. Behandel die saad met ‘n swamdoder wat in kombinasie met die Rhizobium gebruik kan word. Reaksie op fosfaatbemesting word slegs verkry indien die grond geweldige lae fosfaatvlakke het. Plant slegs SANSOR-gesertifiseerde saad.

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


L A NDB O UK UNDI G

Koring Inspekteer lande gereeld vir die voorkoms van russiesekoringluis. Die meeste skade word tussen GS14 (vlagblaarverskyning) tot GS 18 (volle aarverskyning) aangerig. Die beste beskerming word verkry deur op GS12 te spuit. Verwagte opbrengs (ton/ha)

Besmettingsvlakke by GS12 (% plante)

2.0 - 2.5

7

1.5 - 2.0

10

1.0 - 1.5

14

Diere kan ingeënt word teen anaplasmose indien vrektes gereeld voorkom. Ent teen Vibriose (tweede enting). Spuit diere vitamiene A indien dit nog nie gedoen is nie. Voorsien diere van lek volgens die seisoen, sowel as skoon, vars drinkwater. Wees bedag op moontlike luisbesmetting by diere, veral kalwers. Tekens van luisbesmetting is baie lekmerke op die hare, omdat die diere geïrriteerd en jeukerig is. Indien beeste gevoer word vir die mark, moet die bemarkingsplan in plek wees, aangesien daar heel waarskynlik baie diere vir Desember afgerond word, wat laer pryse tot gevolg kan hê. Geregistreerde brandmerk is verpligtend, en moet op alle diere aangebring word.

Skape

Bogenoemde riglyne geld slegs vir vatbare kultivars. Inspekteer lande vir vrotpootjiesimptome. Simptome sluit in wit are wat in kolle voorkom, plante is verdwerg en wortels en kroon verkleur swart en breek maklik af. Wisselbou is die enigste beheermaatreël. Insekte kan in die vroeë lente voorkom as plante aan vogstremming ly. Inspekteer lande gereeld vir bruinkoringmyt, want dormante eiers van die plaag kan uitbroei indien ligte reën gedurende Julie en Augustus voorkom. Simptome stem baie ooreen met droogteskade. Beheer onkruid deur tydig te spuit.

ALTERNATIEWE GEWASSE Akkerbone Akkerbone is goed aangepas in die Noordwes Provinsie. Dit word hoofsaaklik as veevoer aangeplant, vir beweiding sowel as hooiproduksie. Die voordeel van akkerbone, wat ’n peulgewas is, is dat akkerbone stikstof vanuit die lug bind en in die grond terugplaas. Tot soveel as 27 kg stikstof (N) per jaar word in die grond teruggeplaas. Plant, hoofsaaklik vir weiding, vroeg in die seisoen. Dit is moeilik om goeie hooi te maak aangesien reën gedurende Februarie die kwaliteit van die hooi benadeel. Aanplantings gedurende Januarie het die voordeel dat dit gewoonlik nie so baie reën as die voer gereed is vir hooi maak nie. ’n Boer kan 6 ton hooi met 300 mm reën gedurende die groei­ seisoen produseer. Dit sal ’n ru-proteïeninhoud van 14% hê as 90% van die peule reeds verkleur het. Van 9 tot 16 kg saad per ha is nodig, afhangend van rywydte. Binneryspasiëring van 10 cm tussen plante is ideaal. Saad moet op ’n diepte van 4 cm geplant word, wanneer grondtemperatuur meer as 9 grade Celsius is. Onkruiddoders is beskikbaar wat geregistreer is vir akkerboonproduksie.

Skape moet volgens wet getatoeëer word. Volg ‘n erkende doseer- en spuitprogram met erkende middels. Spuit of dip skape vir brand­ siekte en Australiese jeukmyt. Beplan en voer ‘n voervloeiprogram uit. Voorsien deurentyd lek, volgens behoefte, sowel as toegang tot skoon, vars drinkwater. Broek langwolskape om onsuiwer te voorkom. Indien lamtyd Maart-April is, moet ooie voor paartyd prikkelvoeding ontvang en op goeie voeding gehou word twee tot drie weke na paring om goeie besetting te verseker. Maak betyds voorsiening vir genoeg, goeie weiding gedurende lamtyd, om gesonde sterk lammers te verseker. Ramme moet in ‘n goeie kondisie, gesond en lewenskragtig wees voor paartyd. Dit sal ‘n goeie lammeroes verseker. Tref betyds reëlings vir ‘n skeerspan.

OE

BJP supplies

VEE Beeste Evalueer bulle en begin hulle regkry vir die komende teelseisoen. Laat die bulle toets vir Trichomoniase en Vibriose (geslagsiektes). Indien bulle aangekoop word, laat hulle toets om die kudde skoon te hou. Aangekoopte bulle moet ten minste vir ses weke op die plaas aangepas word voordat hulle gebruik word om te dek.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

47


L A NDBO UKUNDI G

48

Ons Eie

Augustus 2016

www.suidwes.co.za


E MOEEN L A LG NDB UK UNDI G

Kosmiese Kwêla deur Willie Koorts

Die dans van die planete Naas die son en die maan, is Venus die helderste voorwerp in die naghemel. Dit is daarom dat Venus as die ‘oggendster’ en die ‘aandster’ bekendstaan. Nadat dit tot dusver vanjaar die oggendster was, het Venus sowat twee maande gelede agter om die son beweeg en verskyn nou as die helder aandster in die weste. Jy sal dus nie ’n probleem hê om Venus te vind nie – dit is die helderste ‘ster’ in die weste! As jy dit aand-vir-aand op ongeveer dieselfde tyd dophou, sal jy sien hoe Venus al hoe hoër bokant die horison uitklim. bl 50 >>>

Die dans van die planete tussen 21-31 Augustus met die hoogtepunt op die 27ste.

www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

49


ALGEMEEN >>> Die dans van die plante

Die verloop van die gedeeltelike sonsverduistering, soos gesien vanaf Vryburg op 1 September 2016. Die tweede helderste planeet is Jupiter. Sedert Jupiter in Maart regoor die son gesit het, het dit intussen reg oor die naghemel beweeg en sal dit binnekort in die gloed van die son verdwyn. Maar voor dit gebeur, teen die einde van Augustus, pyl Jupiter reg op Venus af! Merk solank 27 Augustus af op jou kalender om seker te maak jy mis nie die klimaks van dié skouspel nie. Kyk na aan die westelike horison net soos dit donker word (maak net seker jy kyk voor 19:20 wanneer hulle ondergaan). Dan sit Venus en Jupiter ongeveer ’n kwart graad uitmekaar! Om dit in perspektief te stel, die volmaan is ’n halfgraad in deursnit! So asof dit bang is vir die vonke wat dalk mag spat, hou Mercurius ’n veilige afstand van sowat vyf grade vanaf die twee. Mercurius is ook besig om af te sak na die horison en vergesel vir Jupiter op pad na die son. Gedeeltelike sonsverduistering Ons ondervind ‘verduisteringseisoene’ twee maal per jaar, ses maande uitmekaar.

Die sigbaarheid van die sonsverduistering van 1 September 2016 op ’n wêreldkaart aangedui. Gebied waar sonsverduistering duidelik sigbaar is. Meer as 90% van die son is bedek. Tot 90% van die son is bedek. Tot 40% van die son is bedek. Sonsverduistering is nie sigbaar nie. Ongelukkig was die verduisterings in Maart vanjaar nie sigbaar vanuit Suid-Afrika nie. In September doen ons effens beter met ’n gedeeltelike sonsverduistering op 1 September, sigbaar vanaf Suid-Afrika. Daar is ook ’n maansverduistering op 16 September, maar dit gaan ongelukkig baie subtiel wees. Hoe verder noord jy jou op 1 September bevind, hoe gro­ter die happie uit die son. Vanaf Johannesburg gesien, verdwyn 38% van die son,

maar vanaf Kaapstad slegs 14%. In Vryburg verskyn die eerste happie uit die son om 09:30 en word ’n derde van die son bedek wanneer die verduistering sy maksimum bereik om 10:56. Teen 12:27 is alles verby! Gebruik slegs behoorlike verduisteringsbrille wat gewaarborg is om jou oë veilig te hou terwyl jy na die son kyk. ’n Ander opsie is om ’n sweisbril te gebruik – maak net seker die glas is ’n nommer 14. Soos in die wêreldkaart

gesien kan word, word die maksimum verduistering ondervind in ’n smal strook wat deur Sentraal-Afrika loop. Omdat die maan hierdie keer op sy verste punt in sy baan is, is dit nie groot genoeg om die hele son te bedek nie. So, selfs uit Sentraal-Afrika is dit nie ’n totale sonsverduistering nie, maar ’n sogenaamde ‘ringverduistering’ met nog ’n klein randjie van die son wat reg rondom die maan uitsteek sodat dit nie heeltemal donker word nie.

OE

Maanfases

50

Nuwemaan

Eerste kwartier

Volmaan

Laaste kwartier

11 Des

18 Des

25 Des

03 Des

10 Jan

17 Jan

24 Jan

02 Jan

Ons Eie

Augustus 2016

Datum

Sonop

Sononder

01 Apr

06h25

15h23

15 Apr

06h32

18h09

01 Mei

06h40

17h55

15 Mei

06h48

17h46

(Bereken vir Vryburg; 26.950°S, 24.733°O, 1205m)

www.suidwes.co.za


www.suidwes.co.za

Ons Eie

Augustus 2016

51



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.