Seisoene Damesklub tydskrif Mei 2015

Page 1

wys jou kleure skaamteloos

D ie a mp te l i ke nu u sbr i ef v a n Su i dwe s L a n d b ou s e d a m e s k lu b

LEES BINNE

Welkom,

vriendin

Ver in die

ou Kalahari

Laat jou mure

saampraat


Welkom, vriendin

Ek

vang haar die eerste keer uit die hoek van my oog, sien net ’n sagte, bont vladde­ ring. Ek volg haar kronkelvlug en wil haar vasvang in my sig, hierdie beeldskone, wispil­ turige skepping, maar sy is te lewendig, te besig met haar eie gang. Tot sy gaan stilsit. My oorrompel met haar ontwer­ persvlerke met die fyn, fyn tekstuur. Ek wil haar indrink, myself volmaak met haar kort­ stondige volmaaktheid en vir altyd onthou. My stoepskoenlapper. Sy laat my dink aan my vrien­ dinne, my stoepvriendin, my fliek­ vriendin, my lag-laat-ons-lêvriendin, my saambidvriendin en al die ander kleurvolle vroue wat my lewe met hulle vrien­ dinwees verryk. Ek is skatryk, want my tuin is propvol kleur net soos my hart. Vriendin, die Seisoene Da­ mes­klub is vir jou, jy wat in die uitgestrektheid van die plat­ teland jou lewe leef, jou mense versorg, jou arbeid adel ver­ rig, jouself motiveer in die wye wêreld waar ons so maklik kan verdwaal en verdwyn. Ons wil deur die Damesklub ’n fyn web span waaraan elkeen kan vas­ vleg, ’n netwerk vorm om ons te bind. As jy hierdie lees, is jy reeds ’n genooide. Kom saam met ons, sluit aan en wees saam met die res van ons ’n vriendin. Laat ons saam lag, saam eet, saam leer en saam vrouwees. Nici Harmse

2

Bring sommer die

doringdraad saam

Vir

baie van die dames in ons omgewing is Suidwes Land­ bou of te wel die “Koöperasie” sinoniem met boer­dery. Dis vir die ma’s en oumas nie vreemd om oppad plaas toe gou te stop vir ’n botteltjie veemedisyne, ’n rol doringdraad of ’n waterpyplas nie. Die koöperasiestrokies land gereeld in die wasma­sjien of in die paneelkissie van die plaasbakkie. Die kassiere groet jou op die voornaam en ken al jou lidnommer uit die kop. Daar was ’n tyd wat jou kinders tussen die winkelrakke rondge­ hardloop het of op die kunsmissakke in die stoor geklouter het. La­ ter het hulle verkies om eerder in die motor te wag. Nog later het ma gestop en boeta moes uitspring en gou gaan kry wat pa bestel het. Intussen het boeta saam begin boer en sussa is verloof aan die buur­man. En so herhaal die geskiedenis homself weer van voor af.

Stap saam die pad

Dis die seisoene van die lewe waardeur elkeen van ons beweeg. En dit is vir Suidwes Landbou ’n voorreg om hierdie pad saam met die dames van ons kontrei te stap. Maar ons wil ook graag ons vriendekring vergroot. Meer erva­ rings deel en meer herinneringe skep. Daarom wil ons alle dames nooi om deel te word van die Suidwes-familie. Gedurende die laaste twee jaar het 12 van die 19 Kontreiwin­ kels, soos die handelstakke voortaan genoem word, reeds 'n nuwe baad­jie aangetrek. Ons is deurentyd besig om ons produkreeks te hersien om seker te maak ons spreek die behoefte van ons klante aan. Ons gaan ook voortaan moeite doen om produkte aan te skaf met die oog op die vrou. Ons is trots op ons klerereeks en kry baie goeie terugvoer oor die gehalte van die Ruggedwear-reeks. Lees die artikel op bl 6 en kry jou afslagkoepon op bl 11.

Sien uit hierna

Ons tuinboureeks is baie gewild en ons beplan opwindende tuin­ boudae vir die Seisoene Damesklublede oor die volgende paar maande. Lees meer van die emosionele en sielkundige uitwerking van ver­ skillende kleure op bl 10 en ons wys jou hoe om bordverf self te maak. Kry jou Jack's Paint-afslagkoepon op bl 12. In elke uitgawe van SEISOENE kry klublede eksklusiewe afslag­ koepons om by enige Suidwes Kontreiwinkel te gebruik. Daar wag heerlike verassings op lede. Moedig dus jou vriendinne aan om by dié unieke damesklub aan te sluit. Inskrywingsvorms is by die Suidwes Kontreiwinkels beskikbaar. Welkom by die Suidwes Landbou-familie. Deon Badenhorst Operasionele Bestuurder: Handel

Nommerpas vir jou SEISOENE is 'n vrouetydskrif vir vrouens in die platteland met inligting wat relevant is vir die lewe op die plaas of die dorp. Ons wil hiermee 'n gemeenskap skep en 'n bydrae maak tot die lewens van vrouens wat dikwels afgesonderd leef. Die redaksie gaan moeite doen om relevante inligting oor: • finansies, • geloof, • jou gesin, • huishouding • mode en sosiale geleenthede • tuinmaak en -instandhouding aan lesers te verskaf. Informatiewe inligting oor produkte wat beskikbaar is by die Kontreiwinkels word verskaf omdat dit soms die naaste aankooppunt vir ons vrouens is. SEISOENE Damesklub bied jou die volgende: • 'n Gratis tweemaandelikse tydskrif • Afslagkoepons op produkte wat by Suidwes Kontreiwinkels beskikbaar is • Opwindende kompetisies • 'n Unieke verwelkomingsgeskenk ter waarde van R200 SEISOENE is die ampte like tydskrif vir Suidwes Landbou se Damesklub. Die tydskrif verskyn elk e twee maande en is by die Su idwes Kontreiwinkels beskikbaa r. Rig navrae aan Loure ns Brand (Projekbestuurder) by lourensb@suidwes.co.z a of 053 421 9008 Suidwes Landbou Voortrekkerstraat, Lee udoringstad Noordwes Posbus 5, Leeudoring stad, Noordwes, 2640 TEL: +27 18 581 1000 FAKS: +27 18 581 1097 TOLVRY: 0800 511 475


Naby aan die

E

k was so opgewonde toe ek sien dat ons splinternuwe Suidwes Damesklubtyd­ skrif ook ’n sambreel as sim­ bool gebruik, want as ek van reën praat en ek dink aan God, dan lê vandag se geselsie oor ’n sambreel my só na aan die hart. Ek hou daarvan om nat te reën, maar daar is ook tye wat ek voor ’n spesiale geleentheid nie graag plat gestrykte hare en gesmeerde grimering wil hê nie en dan gryp ek my sambreel. Een baie belangrike feit moet ons in gedagte hou: Hoe nader ’n mens aan die middelpunt van die sambreel bly hoe min­

middelpunt

der word jy geraak deur die ele­ mente van die natuur. In ons eie lewe is daar ook elemente van die wêreld waarvan ons nie hou nie, maar die goeie nuus is: Hoe nader ek aan Jesus bly, hoe minder raak dit my. Wanneer ek ver van God af leef, dan kan my selfbeeld my pla omdat ek dalk nie presies lyk soos wat die wêreld sê ek moet lyk nie. Maar as ek naby my Skepper leef, dan verseker Psalm 139:14a my: “Ek wil U loof, want U het my op ’n won­ derbaarlike wyse geskep.” As ek ver van God af is dan kan dit soms vir my begin voel

of ek alleen baklei teen die wêreld en al die slegte dinge rondom my. Maar as ek veilig in die middel van God se liefde skuil, dan is Eksodus 14:14 my rots: “Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg ...” Wanneer dit reën en ek staan onder ’n sambreel, dan beteken dit nie die reën gaan ophou nie, dit beteken net dat ek kan droog bly. As ek by God skuil, gaan al die negatiewe dinge in die wêreld nie skielik ophou nie, maar ek kan wel droog en staande daardeur gaan. Tot volgende keer Jackie

Ds Jackie van Zyl deel haar hart met die Seisoene-vroue.

3


Vinniger, makliker, goedkoper in die kombuis met

V

erby is die dae van suk­ kel in die kombuis! Belê vandag in 'n Snappy Chef en kook smul-lekker ge­ regte in 'n kits. Snappy Chef spesialiseer in induksie stowe, en het nou ook 'n bypassende tweeplaat gasstoof. Nie net is Snappy Chef-stowe vinniger en veiliger om te gebruik nie, dit is ook lig op elek­trisiteit. In teen­ stelling met 'n elektriese stoof is daar geen element waarop die kookware verhit word nie. 'n Koperspoel onder die glas­ blad skep 'n magneetveld wat direk die kookware verhit en sodoende tyd bespaar.

Deur hierdie innoverende stowe te gebruik word hitteverlies verminder, dus spaar jy ten minste 50% op elektrisiteit en verminder kooktyd met tot 64%. Snappy Chef is voorwaar die vinniger, veiliger en goed­ koper manier van kook. Die Snappy Chef-reeks sluit nou ook 'n verskeidenheid kook­ ware in wat maklik gebruik kan word en elegant vertoon. Die Platinum vlekvrye-staalreeks is veeldoelig en aanpasbaar en die Superlight-gietysterreeks vertoon goed in die kombuis of op die eetkamertafel. Koffie­ tyd word meer kleurvol met

'n Snappy Chef-ketel – dit is beskikbaar in ’n verskeie kleure. Snappy Chef is 'n moet in elke huis en 'n noodsaaklikheid vir kamp! Snappy Chef vier vanjaar hulle vyfde verjaarsdag en kan met 10 gespesialiseerde Snappy Chef-winkels in Suider Afrika spog waar hulle produkte be­ sigtig en gediens kan word.

Kry by die Kontreiwinkel Die Snappy Chef-produkte is nou beskikbaar by al Suidwes se Kontreiwinkels. Met soveel voordele, kan jy regtig versuim om 'n Snappy Chef aan te skaf?

Die algemene vrae oor Snappy Chef-produkte Kan die produkte op elektriese- en gasstowe gebruik word?

Verseker – dit kan op enige ander tipe stoof gebruik word, dit kan selfs in die oond gebruik word. Wees net versigtig met ’n gasstoof dat vlamme nie onder die kookware uitvlam of dat handvatsels oor die vlam van ’n aangrensende brander beland nie.

Is daar spesiale skoonmaakinstruksies?

Nie veel anders as vir ander kookware nie – laat die kookware afkoel na gebruik voordat dit in warm seepwater met die hand gewas word. Vermy eerder die skottelgoedwasser.

Is dit waar dat die induksie­ stoof se plaat nie warm word nie?

Dit is korrek, die magneetveld binne die stoof maak slegs die metaal kookware warm. Wees egter steeds versigtig omdat die kookware en die inhoud warm is.

Hoe veelsydig is die hitteverstellings van die stoof?

4

Die stoof het nege verstellings waar 1 die minste hitte gee en 9 die warmste verstelling is. Dit is selde nodig om die stoof op 9 te gebruik, gebruik dit slegs om water te kook byvoorbeeld vir drinkgoed of vir pasta kook. Die kookware versprei en behou hitte baie effektief en lae of medium-lae verstellings is heeltemal voldoende. Dit is onnodig om hoër as verstelling 5 te gebruik. Moenie die kookware laat droogkook op die stoof nie, dit kan gevaarlik wees.


Ver in die

ou Kalahari

Pikkie Pekanneut

Tjokkie chocolate

Beskuit, koffie en die Kalahari – waar sal jy nou beter Afrikaanse woorde in ’n ry kry om beelde van ons lekker ou land op te tower? Mens sien sommer die rooi sand, kameeldorings en die klein tentjie wat onder die boom skuil met ’n sonsopkoms in die agtergrond wat deur geen kwas nagemaak kan word nie. Dan sien jy natuurlik jouself en ’n geliefde voor die tentjie sit met ’n vroegmôre koffie en ’n lekker boerbeskuit om die slaap uit jou sisteem te kry.

A

Klasie Klapper

Vollie Volgraan

Neelsie Nuttywheat

Bospoort beloof om altyd goeie diens en uitmuntende kwa­liteit na te streef en net die beste produk op die rakke te sit. "Aan nuwe kliënte – probeer gerus ’n Bospoortbeskuit met julle koffie – julle sal nie spyt wees nie.”

Bospoort se beskuitspyskaart s dit plaasvars beskuit is waar­na jy soek, is daar net een

happie wat jou smullus gaan bevredig en dit is Bospoort se beskuit. Wanneer jy ’n karringmelkbeskuit, wat maar een van Bospoort se agt opwindende geure is, in jou koffie doop en jy kry daardie geur van koffiebeskuit dan vóél jy die Kala­ hari se oop veld en jy kan wegraak in die sonsondergang.

Daar doer in die Bospoort Wat het beskuit dan met die Kalahari te make? Want Bospoort lê daar doer in die ou Kalahari met sy warm son, ongereptheid en hart­ like dapper mense. Die eerste beskuit is in 1999 op die plaas Bos­ poort hier in die Noord-Kaap, op Postmasburg gebak. Sedertdien is die beskuitbakkery so ver uitgebou dat hulle beskuit nou in groot dele van ons land beskikbaar is. Bospoortbeskuit bied vandag werk en verblyf aan 20 werkne­mers en hul gesinne en maak dus 'n positiewe verskil aan mense se lewen­ somstandighede.

Daar is tans agt opwindende geure waarvan Karringmelk die gewildste is. Probeer gerus hulle liplekker Nuttywheat, Vol­ graan saadbeskuit, semelryke fruktose, pekanneut, sjokolade, klapper en kersie asook die lae Gi-beskuit. Die hooflyne, kar­ ringmelk, nuttywheat en vol­ graan is in 1 kg-verpakkings beskikbaar en die res in 400 g pakkies. Hulle verskaf ook kar­ ringmelk aan gastehuise en hos­ pitale in enkel-verpakking. Kry jou Bospoort-gunsteling by 'n Suidwes Kontreiwinkel.

Kallie Karringmelk

5


Klere waarin jy kan werk, speel en leef V

an die vroegste tye hou vrouens daarvan om mooi te lyk en klere te dra wat hulle goed laat voel. Of hulle nou 'n glansgeleent­ heid bywoon, hulle dogters voorberei vir die matriekafskeid, hulle tooi vir 'n oggendtee of gereedmaak vir 'n vakansie in die bos, daar gaan 'n tittewyt van 'n aard wees. Sommige vroue kry dit mos met die een hand agter die rug reg om altyd stylvol te lyk met elke haartjie op sy plek. Vroue wat lief is vir die buitelewe en avontuur wil nie altyd 'n oorgroot t-hemp en verlepte warmding om die kampvuur dra nie. Niemand wil mos met 'n ver­ bleikte bosbaadjie op vakansiefoto's verskyn nie. Gelukkig is Ruggedwear se reeks vrouedrag daar om hierdie dilem­ ma toe te zip. Hulle het 'n uitgebreide klerereeks wat gemaklik, stylvol en duursaam is. "Ons is uiters gesteld op die gehalte en duursaamheid van al ons produkte en vervaardig produkte wat nie net bekostigbaar is nie, maar ook goed lyk. Ons gebruik 100% katoenmateriaal van ver­ skeie digthede vir die verskillende produkte," sê Lyzelle Chaffey van Ruggedwear.

Ons klere slaag die toets "Die maatskappy het sy oorsprong in Pietermaritzburg maar die fa­ briek is tans in Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga, die perfekte ’teelgrond’ vir ons klere, aangesien dit deur mense gedra word wat in die buitelug en bosveld van Mpumalanga werk en speel. Ons het ge­reken dat indien ons klere die toets slaag in die Laeveld, dit enige plek in Afrika net so gepas sal wees, waar dieselfde klimaat en omstan­ dighede seevier." Omdat die klere van suiwer katoen gemaak word, hou dit 'n mens koel in die somer en warm in koue omstandighede. Vir die dames is die waterbestande baadjie, die Whimbrel, ideaal vir die vrou wat van die buitelewe hou en nie skrik vir 'n buitjie reën nie.

By 'n Kontreiwinkel naby jou

Die storie van Ruggedwear Die produksie-afdeling het in 2002 as Songizwe Clothing begin. Dit was deel van ’n werkskeppingsprojek wat skoolklere vir twee groot nasionale handelsname vervaardig het. Slegs totaal ongeskoolde werklose mense is in diens geneem en elke operateur is van nuuts af opgelei. Gedurende 2007 is Songizwe Clothing gesluit en die fabriek se deure is heropen as Sonqoba Apparel Manufacturers. Wat oorspronklik begin het as ’n werkskeppingsprojek het nou ’n ekonomiese bemagtigingsprojek geword.

6

Ruggedwear het ook 'n volledige reeks stylvolle, duursame en gemak­ like mansklere vir die buiteleweman. Suidwes Landbou se Kontreiwin­ kels hou die Ruggedwear-reeks teen bekostigbare pryse aan. In die vol­ gende uitgawe fokus ons op heerlike warm winterbaadjies vir vrouens en mans. Moet dit nie misloop nie! Ruggedwear het ’n produkreeks vir die voller figuur. Kleiner snit

Groter snit

Tern Bloes

Trogon

Kiewiet bloes

Kite

Osprey bloes

Owl

rfek!

e Pas p


Uit die boks met

beligting

W

at sal ons tog sonder elektrisiteit doen? Die moderne mens het so bederf geraak dat ons dit hoegenaamd nie meer as 'n luukse beskou nie, dit is deel van ons bestaan. Dink jou in om nie 'n skakelaar te kan druk en lig te hê nie. Ons dink ook selde aan die produkte wat ons in staat stel om ons toestelle met 'n kragbron te koppel – die muurprop, die gloeilamp, die skakelaar, die verlengkoord. Tog maak hierdie produkte dit vir ons moontlik om voordeel te trek uit tegnologie wat ons lewens maklik en gerieflik maak. Nexus,'n nuwe reeks elektriese produkte, is nou beskikbaar by al Suidwes se Kontreiwinkels. Nexus het 'n reeks beskostigbare, in­ noverende produkte wat tegnologie aan energiebronne soos elek­ trisiteit of sonenergie koppel. Uitgebreide navorsing en toetse is gedoen en slegs die heel nuut­

ste tegnologie en ontwerpe is oorweeg en gekeur vir die Nexusprodukte. Byvoorbeeld die Nexus Solar-tuinligte reeks spog met nuwe generasie amorfe sonkrag-, LED- en batterytegnologie. Die nuwe sonflesse is nou weerbestand en is in verskeie kleure LED weergawes beskikbaar. Nexus se produkte voldoen aan alle nasionale en internasionale standaarde om die veiligheid van jou en jou gesin te verseker. Hier­ die reeks bied die verbruiker 'n volledige, goed-ontwerpte reeks elektriese oplossings. In die sonkragreeks is die volgende beskikbaar: tuinligte, veilig­ heidsligte en sonkragvlesse en -lanterns. In die elektriese reeks is die volgende beskikbaar: verleng­ koorde, multiproppe, koppelstukke, muurproppe, verlengkoorde op rolle, skakelaars en voorverpakte kabels en kabelbande.

Die lekkerte van beurt­ krag is dat ons so bietjie uit die boks dink as dit by beligting kom. Son­ kragenergie vir beligting is deesdae groot nuus. Die Organic Soul Solarjar gebruik sonkrag en is so mooi dat jy dit selfs binnenshuis kan gebruik. Die ligte is by Suidwes Kontreiwinkels beskikbaar. Tower jou tuin in 'n sprokie om met solarliggies wat met 'n pen in die grond gedruk word. Dié liggies laai gedurende die dag en verlig jou tuin pragtig as die son sak. Die Nexus-liggies het 'n skakelaar om dit aan en af te skakel en kan in die tuin gelos word omdat dit reën- en weerbestand is. Beskikbaar by Suidwes Kontreiwinkels.

7


Silwerskoonin 'njiffie

A

s jy moeg gesukkel is om daardie hard­ nekkige vuil merke skoon te kry, is jou soektog op 'n einde. Jy hoef nooit weer 'n magdom verskillende skoonmaakprodukte aan te hou nie, want Revet se SDR is hier om jou van vuilheid te red! Gooi weg al die onnodige ondoeltreffende skoonmaakmiddels en gebruik die een met oneindig baie aanwendings. Dit is boonop veilig om in die kombuis op werkopper­ vlakke te gebruik. Te goed om waar te wees?

SDR is 'n gekonsentreerde skoonmaakmiddel wat met gemak en veiligheid oral in die huis ge­ bruik kan word. Dié algemene reiniger verwyder olie, vet en ghries sommer maklik. Dit is ook veilig om te gebruik in outomatiese skropma­sjiene. Die produk is wateroplosbaar en nie-vlambaar. Revet se huishoudelike reeks produkte is van 'n baie hoë gehalte. Die maatskappy bestaan reeds sedert 1988 en streef daarna om gehalte produkte aan klante te voorsien.

Gebruik Revet SDR vir: • Vuilkolle op klere as voorwasmiddel • Verwyder aanpaksels in storte en tussen teëls

Kan suksesvol op die volgende gebruik word: • Mure en stoepe • Matte • Baddens en wasbakke • Stoof- en kombuiswerkoppervlakke (die produkte is SABS SANS 1828 goedgekeur) • Kantoortoerusting • Gebruik in matwassers • Verwyder oliekolle op plaveisel • Maak vetterige braaiers en braaiareas skoon • Enige oppervlak wat met vet, olie of ghries besmeer is, kan skoongemaak word Revet-produkte is in die Suidwes Kontreiwinkels beskikbaar. Dit is die oplos­ sing vir al daardie huis­ houdelike skoonmaaktake.

8


Spuit voor jy trap Somer is die tyd van die jaar wanneer peste en plae verwoesting in jou huis en tuin saai. Maar moenie vrees nie, Protek het ’n volledige reeks produkte wat jou huis en tuin teen ongewenste gaste sal be­ skerm. Vul nou reeds jou voorraad produkte aan sodat jy nie onkant betrap word nie. Dit is nie meer nodig om die vlieëplak byderhand te hou of jou polvy te besmeer met kakkerlaksop nie – Protek Alphathrin doen dit sommer namens jou!

H

ier is raad om die mees algemene insekte wat ons lewens versuur en ons huise betrek, van kant te maak.

Kakkerlak, jou vuile ding!

Kakkerlakke kom voor waar daar vullis of voedsel is. Hulle is die draers van ’n verskeidenheid siektes waarvan die verskillende vorms van gastro-enteritis (voedselvergiftiging, disenterie en diar­ ree) die vernaamste siektes is wat deur hulle oorgedra word. Kak­ kerlakvelle, -karkasse en -mis vererger allergieë, veral by kinders en sensitiewe persone. Kakkerlakke kan jou huis op verskeie wyses binnedring, deur krake, barste of rioolpype. Hulle kan selfs in jou kruideniersak beland en sodoende in jou huis versprei. Jou huis is die ideale teelaarde vir sekere kakkerlakspesies. Al wat hulle benodig is kos, water, warmte, en ’n plek om nes te skrop en kan die hele jaar ak­ tief bly. Vir elkeen wat jy sien, is daar vele wat wegkruip en ver­ menigvuldig. Omdat kakkerlakke tipiese nagdiere is, sal jy hulle heel waarskynlik nooit opmerk nie. Indien jy wel kakkerlakke deur die dag sien, beteken dit dat daar oorbevolking is wat ernstige be­ smetting beteken.

’n Vlooi is ’n ding wat BYT! Troeteldiere is die ideale vervoermiddel van vlooie na jou huis. Om van vlooie ontslae te raak, kan ’n moeilike proses wees en vereis roetine en geduld. Vlooie broei in warm, bedompige toestande en

kom regdeur die jaar voor. Hulle is op hul aktiefste gedurende die somer, veral ná die reën. 'n Vlooibyt is nie net ongemaklik nie, dit kan ook verskeie siektes veroorsaak. Vroulike vlooie kan vir weke op jou troeteldier leef en honderde eiers gedurende die tyd lê. Om die vlooiplaag behoorlik te bestry, behandel jou huis en tuin weekliks met Protek Alphathrin totdat die broeisiklus gebreek is en daarna elke twee maande. Alphathrin kan met veiligheid binne en buite die huis gespuit word, self op jou troe­teldiere se bedjies, maar moet dit nie direk op die dier spuit nie.

Probleme met die siektedraende vlieë? Die huisvlieg is nie net ’n oorlas nie, dit is ook skadelik vir mense en diere. Die huisvlieg is die mees algemene insekspesie en ver­ sprei ’n aantal potensieel dodelike siektes soos maagkoors, salmo­ nella, tuberkulose, konjunktivitis, melaatsheid en cholera, sowel as derm­wurms en die bakterieë wat verantwoordelik is vir disenterie. Hulle voed en reproduseer op vullis, ontlasting en ontbinde vleis. Huisvlieë ontlas elke 4 tot 5 minute en versprei siektes so. Hulle braak eers op jou kos voordat hulle voed. Die vroulike huisvlieg lê ongeveer 3 000 eiers in haar leeftyd van 21 dae en die vlieglarwes broei binne 24 uur uit. Om die verspreiding van siektes wat deur vlieë veroorsaak word te stuit, gebruik Protek Alphathrin, vir ’n vinnige uitklop en lang nawerking.

Suidwes Kontreiwinkels hou 'n uitgebreide reeks Protekprodukte aan en die winkelassistente is opgelei om jou raad te gee oor die gebruik daarvan. Protek Alphathrin is ’n sterk gekonsentreerde kontak- en maag­insekdoder vir die beheer van huis­houdelike insekplae soos miere, weeluise (bedluise), kakkerlakke, vismotte, vlooie, vlieë en muskiete. Dit is reukloos en vlekloos en kan om werksoppervlakke en op mure, beddegoed, gordyne, ens. gespuit word. Die produk werk vinnig en het 'n lang nawerkingstyd. Alphathrin se aktiewe bestanddeel is baie gekonsentreerd – meng dus slegs 5 ml per liter water. In die volgende uitgawe van SEISOENE kyk ons na nog ander huisplae en hoe jy dit kan bestry. Wet 36 van 1947: Alphathrin: alpha-cypermethrin (pyrethroid) 100 g/l, L7850, VERSIGTIG, Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid Afrika (Edms) Bpk, reg. nr. 2009/019713/07. Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438.

9


Laat jou mure

saampraat Die kleur op die mure om jou het ’n groter invloed op jou gemoed en welstand as wat jy dink. Het jy al 'n vertrek met bloedrooi mure betree en gevoel hoe jou bloeddruk sommer ’n paar grade styg? Of dat jy sommer na ’n trui gryp die oomblik dat jy jou voet oor die drumpel van ’n ysblou kamer sit. Is dit net jou verbeelding?

f is daar dalk ’n sielkun­ dige verduideliking hi­ ervoor? Volgens die ken­ ners by Jack’s Paint is kleur ’n hoogs effektiewe vorm van nie-verbale kommunikasie wat verskillende emosies ontlok en 'n sielkundige impak op mense het. As jy die uitwerking van kleur in ag neem, maak dit die keuse van verfkleure soveel meer doeltreffend. Ons kyk na die betekenis en uitwerking van vyf verskillende kleure.

rooi i

s ’n gewilde keuse vir fokusmure wat ’n impak maak. Dit roep gevoelens van romanse en warmte op, inspi­ reer moedigheid, verhoog en­ ergievlakke en stimuleer ge­ sprekvoering. Wees versigtig om nie ’n hele vertrek posbus­ rooi te verf nie – jy sal dalk net rooi begin sien. Gebruik: waar gekuier en gesels word soos die kombuis, eet- en leefvertrekke. Vermy: slaapkamers en vertrek­ ke waar jy rustig wil ontspan.

10

geel

word geassosieer met optimis­ me, vrolikheid, emosio­nele sterkte, vriendelik­ heid en kreatiwiteit. Gebruik: waar die illusie van meer spasie geskep moet word soos klein, smal ingangsportale en kombuise. Vermy: die oordadige gebruik van geel in vertrekke, gebruik dit eerder as fokuskleur. Spat­ sels geel werk baie goed saam met verskillende skakerings van grys. Hulle sê dat babas geneig is om hui­lerig te wees in geel vertrekke.

blou

is die kleur vir ont­ spanning, vreedsaamheid en kalmte. Dit word beweer dat blou ’n mens se bloeddruk laat daal en produktiwiteit bevor­ der. Kies warmer skakerings van blou vir groot vertrekke soos leefareas - pastelblou kan te koud vertoon. Probeer warm skakerings van blou soos peri­ winkle en turkoois.

goeie idee

Span 'n breë rekkie oor 'n verfblik om oortollige verf van die kwas af te skraap. So mors jy nie verf nie en die kant van die blik bly skoon.

Gebruik: in slaap-, studeer- en badkamers en as aksentkleur in leefvertrekke. Vermy: te veel blou - veral in ’n vertrek wat nie baie natuurlike lig kry nie. As blou die primêre kleur van die vertrek is, bring warmte in met strooikussings, en verskaf ’n dramatiese gevoel versierings en materiaal in die­ aan ’n vertrek. per, ryk kleure. Gebruik: ’n sterk pers as ’n fokuskleur in ’n vertrek en op meubels – dit sal beslis ’n sterk werk uitstekend stelling maak. Gebruik ligter in enige vertrek en as dit saam skakerings soos laventel en met wit of blou gebruik word is lila vir vertrekke waar kreatief dit ’n uitstekende kombinasie gewerk word, die ligte kleure is wat ’n kalm en rustige atmos­ ook ontspannend en strelend. feer skep. Vermy: pers kan amper in enige Gebruik: in gesinsvertekke en vertrek suksesvol gebruik word. sitkamers waar ’n gemaklike, Die invloed van kleur op kuier­atmosfeer geskep wil word. ’n mens se gemoed is iets om Vermy: daar is eintlik geen ver­ in gedagte te hou wanneer jy trek waar groen nie uitstekend kleure vir jou binnemure kies. sal werk nie omdat dit so veel­ Jack’s Paint se verskeidenheid sydig is. verwe is doelgemaak om op enige oppervlak van mure tot se donker skakerings, meubels en teëls te gebruik. Vra soos eiervrug, is ’n luukse, tref­ jou naaste Suidwes Kontreiwin­ fende kleur wat gesofistikeerd en kel vir hierdie uitstekende reeks stylvol is. Dit versterk kreatiwiteit produkte.

groen

pers


goeie idee Bederf jouself met dié afslagbe­

Meng jou eie bordverf

wyse van die Seisoene Damesklub. Alle promosie­ produkte is by Suidwes Kontreiwinkels te kry.

Ons almal ken die swartborde, wat dikwels so 'n donkergroen was, van skooldae af. Die meeste bordverf wat kommersieel beskikbaar is, is egter swart. Hier is 'n resep om bordverf in enige kleur te maak. Beleef hoe gaan die kreatiewe deure vir jou oop. Jy het nodig: 1. Jack's Paint Panache Super Acrylic PVA in die kleur van jou keuse 2. Wit voegbry (tile grout) 3. Vier houtplankies van 20 x 20cm 4. Maatkoppies en 'n mengbak

Koop Snappy Chefprodukte by 'n Suidwes Kontreiwinkel ter waarde van meer as R520 en kry R50 afslag op die totaal. Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.

Koop 1kg Bospoortbeskuit en kry R10 afslag! Van toepassing op alle geure wat by Suidwes Kontreiwinkels verkoop word. Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.

Stap 1: Skep 'n halwe koppie van die Panache Super Acrylic PVA in 'n mengbak. Voeg dan een teelepel van die voegbry by die verf. Meng baie goed tot dit glad is. Voeg water by om die verf meer vloeibaar te maak indien nodig.

Stap 3: Sodra die verf heeltemal droog is (dit neem drie tot agt ure), vryf bordkryt liggies oor die oppervlak. Vee dan die kryt met 'n lap af. Kry R50 afslag op aankope van meer as R350 op Ruggedwear se hemde, broeke of wintersbaadjies vir dames en mans by enige Suidwes Kontreiwinkel. Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.

Stap 2: Verf die oppervlak met die bordverf. Moet nie te veel verf aanmaak nie, dit word gou droog en hard en is dan onbruikbaar.

Siedaar! Bordverf in die kleur van jou keuse. Gebruik jou verbeelding oor waar jy die verf in die huis wil gebruik. Die verf werk ewe goed op mure as op houtplankies.

Koop enige Nexus-solarligte ter waarde van R200 en kry R25 afslag by enige Suidwes Kontreiwinkel. Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.

11


Luister as die trane spat Môre

dames, my naam is Sakkie en ek is ’n man. Ja, ek was eers Isak, maar ek mag nie daai storie hier in sulke uitgesoekte en fyn geselskap vertel nie – Beste het my gewaarsku oor sulke stories. O ja, Beste – sy was eers wederhelfte, toe word sy beterhelfte en na die ongelukkie word sy toe die beste helfte of sommer Beste om dit kort te hou. Sy is ’n vrou. My vrou. Ma het gesê ek sal nooit vrou kry nie, maar Ma het nie toe vir Beste geken nie. Beste dink Bos het meer met die ongelukkie te doen gehad as wat ons wil voorgee. Dis eintlik nie waar nie. Bos is my mater van dienspligdae af al. Bos is heel anders as ek. Bos kan wild raak, dis hoekom hulle hom van army-dae af Bos noem. Maar Sus het hom mak gemaak, dis nou Bos se vrou. Sy is eintlik Susara of iets, maar somer Sus vir ons. Ek dink eintlik ek en Bos verskil so baie omdat ons grootworddae so anders was. Bos is een van vyf seuns en niks sussies nie. Ek het in ’n huis vol vrouens grootgeword. Pa is vroeg Sandfontein se sipresse toe oor sy hart ingegee het. Dit was maar altyd ek saam met Ma, Ouma, Riet (ousus), Els (middelsus) en Kof (kleinsus, al is sy ouer as ek). Ek het van kleins af hulle name korter gemaak om vinniger te kon praat. In ’n huis vol meisies word daar baie gepraat, as jy ’n beurt wil he moet jy jou woorde vinnig uitkry. Bos sê altyd ek dink ek weet alles

12

van vrouens af. Dis nie waar nie, niemand weet dít nie, maar Bos weet niks, ek dink hulle het een veraf niggie in ’n groot familie van seuns. In elk geval, as ek alles van vrouens af geweet het sou ek dalk belangstelling verloor het – dis baie makliker om sommer net vir hulle om te gee. En ek het hard geleer weens my sussies, hulle vat nou nog nie non­sens van my af nie. En ek het baie geleer by Beste en my eie meisiekind – ek let op as mense om my skreeu of huil. Een lessie sal ek nie vergeet nie. ’n Hele paar jaar terug, meisiekind was seker vyf jaar oud, slaap ons een Saterdagoggend bietjie laat toe sy by ons in die bed kom spring. Sy het Beste se grimering in die hande gekry en die hele bekkie is met rooi besmeer tot by die wange verby. Sy lyk vir my soos ’n narretjie met die groot rooi mond. Ek maak die fout om te lag. Groot fout – jy lag nie, of maak enige grappies as ’n vrou, van énige ouderdom, haar self mooigemaak het nie. Meisiekind het uitgestorm en verdwyn. Ek kyk verward na Beste: “Jy gaan baie mooi moet werk vir vergifnis, sy het gedink sy maak haar mooi en toe lag jy vir haar.” Ek kry haar in die verste hoek van die huis in die studeerkamertjie wat vanself ’n pakkamer geword het. Sy sit letterlik in die hoek en huil. “Pappa het gelag van blydskap omdat jy so mooi lyk,” lieg ek hulpeloos. Maar as die nood so hoog loop, en die waarheid hartjies kan seermaak, dan lieg ’n pa maar en ek is seker dit sal vergewe word. Toe probeer ek Bos help, ag vader tog my vrind is ’n hele sendingveld. Ek sê vir hom, “Bos, jy kannie vir Sus sê haar rok laat haar vet lyk nie, g’n wonner sy is so de moord in vir jou nie.” “Maar sy’t self gevra of die rok haar laat vet lyk!” verdedig hy. “Toe sê jy JA?” “Ja. Sus is vet – o ek mag dit seker ook nie sê nie, sy’s seker agtersteweagtergeblewe, maar ek hou van haar so, sy is vir my mooi net so.” En al wat ek daarop kan sê is: “Amen my vrind, sê dit so vir haar.” Groetnis Sakkie

Bederf jouself met dié afslagbe­wyse van die Seisoene Damesklub. Alle promosieprodukte is by Suidwes Kontreiwinkels te kry.

goeie idee

Koop 'n Organic Soul Solar Jar by jou Suidwes Kontreiwinkel en kry R15 afslag. Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.

Koop 'n 5 liter Revet SDR by jou naaste Suidwes Kontreiwinkel en kry R10 afslag. Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.

Koop Protek Alphatrin 50ml by 'n Suidwes Kontreiwinkel en kry R13 afslag. Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad. Wet 36 van 1947: Alphathrin: alpha-cypermethrin (pyrethroid) 100 g/l, L7850, VERSIGTIG, Registrasiehouer: Arysta LifeScience Suid Afrika (Edms) Bpk, reg. nr. 2009/019713/07. Versprei deur: Protek, ‘n divisie van PE BEE Agri (Edms) Bpk, Posbus 72, Heidelberg, 1438.

Koop enige Jack's Paintprodukte ter waarde van meer as R500 by 'n Suidwes Kontreiwinkel en ontvang R50 afslag op die totaal. Aanbod geldig onderhewig aan beskikbaarheid van voorraad.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.