Bomani Meerkat

Page 1

'n

& ander stories

Inspirerende stories vir �on�er kinders

Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Ewald van Rensburg is ‘n predikant en bekroonde kinderskrywer. Vier van sy boeke vir kinders is bekroon met ATKV- en CBSA-pryse. Hy woon in Somerset-Wes, Wes-Kaap.

o

die avonture van

Bomani Meerkat & ander stories Inspirerende stories vir �on�er kinders

Ewald van Rensburg

Hierdie pragtig geïllustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, ‘n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word.

Bomani Meerkat & ander stories

Bomani Meerkat

Bomani-B

ek

die avonture van

die avonture van

pper da

I S B N 978-1-92046-000-6

kinders 4-7 jaar

9

781920 460006

�wa�� van �ens�ur�


die avonture van

Bomani Meerkat & ander stories Inspirerende stories vir �on�er kinders

�wa�� van �ens�ur� illustrasies deur tanja joubert


© Teks: Ewald van Rensburg 2011 © Illustrasies: Tanja Joubert 2011 Uitleg en ontwerp: Trinity Loubser Fry

CMP Kids CMP Kids ’n druknaam van Christelike Media Publikasies, Posbus 4502, Durbanville, 7551 www.christianmediapublishing.com Reg no 2010/008573/07 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Gedruk en gebind in China Eerste uitgawe, eerste druk 2011 ISBN 978 1920 460 006


Inhoudsopgawe Bomani Meerkat help vir Koning Leeu

4

Bomani Meerkat en Arrie Arend word vriende

8

Die verroeste bout

12

Bomani Meerkat en die bondel stokkies

15

Bosbok en Olifant raak bang

18

Die grootprater

22

Bomani Meerkat gee raad

26

Jy is uniek en spesiaal

29

Boodskap aan ouers en versorgers

32


Bomani Meerkat help vir Koning Leeu

�od kan enigiemand – maak nie saak hoe klein nie – gebruik om goeie dinge in die wêreld te doen.

� B

omani is nie sommer enige meerkat nie. Nee, hy is ’n spesiale meerkat. Almal sien hom raak. Hy is vir niks en niemand bang nie, want Bomani is dié dapperste meerkat in die hele wêreld. Almal in die diereryk ken vir Bomani Meerkat. Bomani se naam beteken “sterk soldaat”. Baie diere noem hom sommer Mani. As daar ’n slanggevaar is, is geen dier meer vir hulle bang nie. Pofadders, kobras, luislange, ag, noem enige slang, jy kan maar net vir Mani roep en hy weet wat om te doen. Elke keer begin hy eers vinnig rondom die slang dans totdat dié later skoon skeel kyk. As die slang dan vir Bomani wil pik, is dit heeltemal mis. Voor die slang mooi weet, skop Bomani hom ’n paar keer totdat die arme dier net

4


sterretjies sien! Gewoonlik is dit genoeg om die slang bang-bang te laat wegseil. Dit is waarom Bomani ’n hangertjie met slangtande om sy nek dra. Hier en daar is daar nog slange wat nie besef hoe goed Bomani is nie. Maar dan speel Bomani so vinnig klaar met hulle dat die meerkatfamilie nog daardie aand Bomani se heerlike slangsoesjie eet! Eendag word Koning Leeu skielik uit sy middagslapie wakker gemaak deur ’n snaakse geraas. Dis Bomani wat besig is om sy slangvang-bewegings met ’n groot geraas te oefen! Koning Leeu gryp vir Bomani en sê kwaai: ”Meerkatjie, jy moet nooit ’n leeu uit sy slaap wakker maak nie. Maar voor ek jou doodmaak, wat is jou naam?” Sonder om bang te wees antwoord Bomani rustig: ”Koning Leeu, ek is Bomani Meerkat. U sal ’n groot fout begaan om my dood te maak, want iewers vorentoe sal ek dalk nog die geleentheid kry om u te help!” Koning Leeu brul kliphard van die lag. “Jy mý help!? Goed, ek sal jou laat gaan. Want ek wil graag sien hoe help ’n swak meerkat ’n sterk leeu!” Dit was nie lank daarna nie toe ’n klomp jagters vir Koning Leeu vang en hom met toue vasbind. Hulle wou hom vir baie geld aan ’n dieretuin verkoop. Koning Leeu brul hard en hartseer. Toe Bomani Meerkat Koning Leeu se gebrul hoor, los hy alles net daar. Hy weet dadelik Koning Leeu is in groot moeilikheid!

5


Koning Leeu kan sy oë nie glo toe hy vir Bomani Meerkat voor hom sien staan nie. Met ’n skerp klip sny Bomani gou-gou al die toue wat Koning Leeu vasgebind hou, los! Koning Leeu sê: “Baie dankie, jy was toe reg en ek verkeerd. Jy kón my toe al die tyd help!” Voor hulle daar weghardloop, sê Bomani net: “Ons is deur God, die Skepper van alles, gemaak om mekaar te help.” Van daardie dag af was Koning Leeu en Bomani Meerkat groot vriende. � gebed � Jesus, dankie dat ek kan weet dat dit nie saak maak hoe klein ek is nie – U kan my nog steeds gebruik. Amen.

Die Bybel vertel ons: “… wat vir die wêreld swak is,

het God uitgekies om die sterkes te beskaam.” 1 Korintiërs 1:27

prentjie-aktiwiteit vir bladsy 7 Waar is die miskruier in die prentjie? Wat hang om Bomani se nek? Hoe voel Koning Leeu?

6


7


Bomani Meerkat en Arrie Arend word vriende

O upas, oumas, ooms, tannies, pappas, mammas, boeties, sussies, en alle ander kinders, groot en klein, is vir God baie belangrik.

� A

s jy vandag vir Bomani Meerkat en Arrie Arend so sien, sal jy nooit kan glo dat daar ’n tyd was toe hulle nié vriende was nie. Deesdae neem Arrie vir Bomani na enige plek waar hy gevra is om te gaan help. ’n Mens kan amper sê Arrie is Bomani se persoonlike vlieënier. Maar daar was ’n tyd toe Arrie gedink het hy kan vir Bomani Meerkat ’n les of twee leer. Hy het toe nog nie geweet dat Bomani die dapperste meerkat in die wêreld is nie! Bomani is natuurlik ook die oppasser van die meerkatfamilie. As daar klein meerkatjies is, moet Mani sorg dat geen roofdier of roofvoël hulle vang nie! Dit het Arrie Arend alles op ’n afstand dopgehou en net gewag dat iemand anders by Bomani oorneem.

8


Toe Bomani op ’n keer teen ’n pofadder moes gaan veg, het Vakie Meerkat hom kom aflos as oppasser van die meerkat-kleintjies. Vakie het skaars sy oë vir ’n vinnige slapie toegemaak of Arrie Arend vlieg soos blits na die meerkatjies toe. Hy duik uit die lug af, gryp een … en vlieg weg. Van hulle verskrikte geskree skrik Vakie uit sy slapie wakker en skreeu:”Bomani Meerkat! Kom help!” Gelukkig vir Vakie het Bomani ook gesien hoe Arrie Arend bo hom verbyvlieg met die skreeuende meerkatjie in sy kloue. Toe weet Bomani: vir lank baklei met die slang is daar nie nou tyd nie. Hy skop die slang een hou sodat hy deur die lug trek! Toe hardloop hy soos blits tot by Arrie Arend se nes. Hy het ’n boksie vuurhoutjies by hom en toe hy nader kom, skree hy: “As jy nie nou dadelik vir my daardie meerkatjie teruggee nie, brand ek vandag jou nes met jou kleintjies daarin af.”

9


10


Arrie Arend het net een maal so na Bomani Meerkat gekyk en dadelik geweet hier staan moeilikheid vir hom en kyk. Toe gee hy die meerkatjie vir Bomani, en dié sê vir hom: “Skaam jou! Jy weet mos God, die Skepper van alles, is mal oor kleintjies. Elke keer as daar ’n kleintjie gebore word, is dit asof God vir ons sê die lewe is wonderlik. Daarom moet ons hulle soos goud oppas!” Dit was die begin van Arrie en Bomani se groot vriendskap.

� gebed � Jesus, ek bid vir al die kinders wat swaar kry, wat honger ly, wat dalk ernstig siek is, ook hulle wat nie ouers het nie. Help hulle, asseblief! Amen.

Die Bybel vertel ons hoe lief Jesus vir kinders is:

“Laat die kindertjies na My toe kom … want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” Markus 10:14

prentjie-aktiwiteit vir bladsy 10 Noem al die kleure wat jy in die prentjie raaksien? Waar is die skoenlapper in die prentjie? Hoeveel klippies tel jy in die prentjie?

11


Die verroeste bout ‘n Ware verhaal

Wees altyd goed vir alle mense.

E

endag stap ’n vuilgesigseuntjie by ’n fietswinkel in. Sy ou klere verraai dat hy deel van ’n arm familie is. Die mense van die fietswinkel was aan die begin bekommerd dat hy iets daar wil steel, maar gou het hulle besef dat hy altyd net, hande agter die rug, die fietse staan en bewonder.

Hy het oor ’n lang tyd gereeld by die fietswinkel gaan inloer. Hy het graag staan en kyk hoe die manne die fietse aanmekaarsit of regmaak.

Op ’n dag, toe die seuntjie alleen was by die mense van die fietswinkel, sit hy ’n geroeste bout op die toonbank neer. “Ekskuus tog, Meneer,” vra hy vir die eienaar, “kan Meneer ’n nuwe fiets op hierdie bout vassit?” Die mense van die fietswinkel lag sommer hardop, want net ’n kind sal mos dink dat ’n hele fiets aan een bout kan vassit, in plaas van ’n bout aan ’n fiets! Alhoewel hulle gelag nie lelik bedoel was nie, was die seuntjie baie seergemaak. Terwyl trane oor sy wange rol, het hy vinnig uit die winkel weggehardloop. Die mense het nog agter hom aan gegaan, maar hulle was te laat … Die seuntjie was weg.

12


13


Ná ’n paar weke was die seuntjie egter terug. Dié keer was die winkel vol ander mense wat dinge kom koop. Weer loop die seuntjie skaam-skaam deur die fietswinkel rond.

Skielik tik iemand hom op die skouer. Dit is een van die fietswinkel se mense. “Seun,” sê hy, “jy het laas jou bout hier vergeet.” Terselfdertyd stoot een van die ander winkelmense ’n splinternuwe rooi fiets uit en gee dit vir die seuntjie! Soveel blydskap sal ’n mens selde weer sien! Terwyl die seuntjie die fiets vashou, herhaal hy die hele tyd opgewonde: “Is dit regtig myne? Regtig-egtig myne? Dankie, dankie, Ooms!” Die mense van die fietswinkel het net breed geglimlag. As ’n mens mooi gekyk het, sou jy sien – een van die boute aan daardie splinternuwe rooi fiets was verroes! � gebed � Liewe Jesus, help my om altyd goed en gaaf te wees. Amen.

Die Bybel vertel ons:“Wie mededeelsaam is (graag vir ander mense

iets gee) word geseën (“seën” beteken dat God dit laat goed gaan met mense). spreuke 22:9

prentjie-aktiwiteit vir bladsy 13 Hoeveel ballonne is in die prentjie en wie het nie ’n ballon nie? Hoekom is die seuntjie op die fiets so bly? Wat maak jóú bly?

14


Bomani Meerkat en die bondel stokkies Jesus glimlag as boeties en sussies mooi met mekaar is, en lekker sáámspeel.

T

oe Bomani ná al sy rondreis saam met Arrie Arend weer by sy meerkathuis terugkom, sien hy ’n lelike ding. Hy kan sy oë nie glo nie! Daar is ’n klomp meerkatjies wat onder mekaar baklei. Hy tel toe ’n klompie stokkies op, sit dit bymekaar en bind dit in ’n bondeltjies vas.Toe die meerkatjies sien hulle held Bomani kom aangestap, stop hulle hul bakleiery. Bomani sê vir hulle: ”Ag, nee, dit is glad nie mooi as ’n gesin so met mekaar baklei nie!” Hy gee toe vir een van die meerkatjies die bondel stokkies en sê: “Breek dit!” Die outjie probeer hard, maar hy kan dit nie breek nie! Die ander meerkatjies probeer almal om die beurt, maar nie een kan die bondeltjie gebreek kry nie.

15


16


Toe maak Bomani die bondeltjie los en gee vir elke meerkat een stokkie. “Kyk nou of julle dít kan breek,” sê hy. Maklik-maklik breek elkeen sy stokkie! Toe sê Bomani vir hulle: “Hier is my les vir vandag. Saamstaan maak ons meerkatte sterk, maar as ons onder mekaar baklei, dan kan ons een-een maklik gebreek word.” Al die meerkatjies sê toe saam, soos in ’n koor: “Bomani, ons is jammer dat ons so baklei het.” En in hulle harte weet hulle: As hulle eendag groot is, wil hulle net soos Bomani Meerkat wees. � gebed � Jesus, help ons gesin om vir mekaar om te gee. Amen.

Die Bybel vertel ons: ”Hoe goed, hoe mooi is dit as broers

(en susters) eensgesind (almal gelukkig en tevrede) saam woon!” psalm 133:1

prentjie-aktiwiteit vir bladsy 16 Hoeveel meerkatte is saam met Bomani? Watter twee meerkatte hou twee stokkies vas? Hoekom gee Bomani vir die meerkatte stokkies?

17


Bosbok en Olifant raak bang

�aie keer raak ons bang vir mense en dinge vir wie ons nie regtig bang hoef te wees nie!

� E

endag lank gelede het Bosbok ’n pragtige huisie naby die rivier gehad. Nadat hy op ’n dag ’n entjie gaan stap het, kom hy terug by sy huis. Bosbok sien dadelik dat die voordeur wat hy oopgelaat het, toegestoot is.

“Wie is in my huis?” wil Bosbok bekommerd weet. ’n Diep stem antwoord van binne die huisie: “Dit is ek, die eter van bosbokke. Pas op, want ek gaan jou opeet!” Bosbok skrik so groot dat hy sommer vinnig weghardloop. Langs die pad kry Bosbok vir Olifant. “Ou vriend, hoekom lyk jy so bang?” vra Olifant. “Daar is ’n wrede monster in my huis wat my wil opeet!” hyg Bosbok uitasem.

18


“Watse twak praat jy nou? Ek sal self gaan kyk,” lag Olifant. En daar stap Olifant saam met Bosbok terug na sy huis. So ’n entjie van die huis af roep Olifant dapper: “Wie is in Bosbok se huis?” Hulle hoor ’n diep stem antwoord: “Ek is die eter van bosbokke en olifante! Pas op, olifantjie, want ek is lankal lus vir olifantvleis!” Olifant skrik so groot dat hy sommer dadelik weghardloop. Die aarde bewe onder sy gewig, so vinnig hardloop Olifant, want al wat hy kan dink, is: Daar is vir seker ’n groot monster in Bosbok se huisie! ’n Entjie verder hardloop Olifant verby Koning Leeu wat rustig in die son lê en slaap. Toe hy vir Olifant sien, vra Leeu nuuskierig: “Wie het ’n groot dier soos jy só skrikgemaak?” “Daar is … ’n aak … aaklige mon … monster in Bos … Bosbok se huis,” hakkel Olifant van die skrik. Koning Leeu, wat mos vir niks bang is nie, sê dadelik: “Ek sal gaan kyk wat dit is!” Vinnig stap hy na Bosbok se huisie terwyl Olifant en Bosbok hom versigtig op ’n afstand volg. By Bosbok se huis aangekom, brul Leeu met ’n harde stem: “Wie is in Bosbok se huis?” “Dit is ek! Die eter van leeus. Oppas, of ek kom jou ook eet!” antwoord die stem kliphard van binne die huisie. “Wat? Wie is JY om die koning van die diere te wil opeet?” brul Koning Leeu kwaai. “Nou toe, kom uit en probeer my opeet, want vir jou is ek vir seker nie bang nie!”

19


Toe hoor hulle skielik ’n harde lag van binne die huisie en Koning Leeu stoot die deur van Bosbok se huis oop. In die middel van die vertrek sit ’n vet brulpadda. Sy maag skud sommer so op en af soos hy lag!

“So, jý is die vreeslike ‘monster’ wat dit gewaag het om my twee vriende bang te maak?” raas Koning Leeu kwaai. Dit was nie lank nie of al die diere van die veld het gehoor hoe bang Bosbok en Olifant vir ’n brulpadda was. Van daardie dag af erken Olifant dat Leeu beslis die koning van die diere is, hoewel hy wat Olifant is, darem die gróótste van almal in die diereryk is. � gebed � Jesus, as ek bang is, weet ek U is by my. Amen.

Die Bybel vertel ons: “God is my redder; ek vertrou op Hom,

ek is nie meer bang nie … Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder.” jesaja 12:2

prentjie-aktiwiteit vir bladsy 21 Iewers kruip ’n wurm weg. Kan jy hom sien? Watter diere sien jy in die prentjie? Waarvoor is jý bang?

20


21


Die grootprater

� it is ’n goeie ding om jou mond toe te hou en nie te spog oor hoe goed jy is nie. Dit kan jou in die moeilikheid bring.

E

endag was daar twee eende en ’n padda. Erika Eend, Emma Eend en Petrus Padda was baie groot vriende en het gelukkig saam in die plaasdam gebly. Die drie het altyd saamgespeel. Hulle het groot pret gehad en kon altyd lekker saamlag. ’n Mens kon hulle kwak-kwak-kwáák-gelag sommer van ver af hoor.

Petrus Padda was ’n vreeslike grootprater. As hy gehoor van iets goeds wat iemand gedoen het, het hy altyd gesê hy kan dit nóg beter doen. Hy het graag geloop en spog oor hoe goed hy in alles is. Sý planne was altyd die slimste en die beste. Erika Eend en Emma Eend het dié grootpratery van hulle paddavriend maar verdra, want hulle was baie erg oor hom.

22


Daardie somer het die dam waar hulle gebly het van die droogte en die kwaai hitte bietjie vir bietjie begin opdroog. Later het die drie vriende besef hulle sal maar ’n ander dam moet gaan soek vir ’n blyplek. Dit was natuurlik geen probleem vir die eende nie, want hulle kon baie maklik na ’n ander dam toe vlieg. Maar wat van hulle liewe vriend Petrus Padda? Hy sal mos nooit só ver kon hop-hop nie! Erika en Emma bedink toe ’n goeie plan: Wanneer hulle vlieg, gaan hulle ’n stok tussen hulle vashou. Een eend sal die stok se een punt vasbyt en die ander eend vat die ander punt van die stok in haar bek. Dan kan Petrus Padda met sy bekkie aan die stok vasbyt en saamgedra word as hulle vlieg! “Petrus, jy moet jou mond toe hou,” waarsku die eende, “want as jy dit oopmaak, gaan jy val …” Petrus Padda antwoord: “So dom is ek darem nie!” Emma en Erika kyk net vir mekaar, want hulle het geweet hy gaan maar sukkel om stil te bly.

23


24


Dit is hoe dit toe gebeur het dat Petrus Padda die eerste passasier van die Eende-lugdiens geword het. Die plan het so goed gewerk dat ’n boer wat Eende-lugdiens met hulle passasier sien verbyvlieg het, baie verbaas uitgeroep het: “Wie se slim plan sou dít nou kon wees?” Natuurlik kon Petrus Padda net nie die kans laat verbygaan om spoggerig te maak asof hý iets daarmee te doen gehad het nie. Toe antwoord hy ewe trots: “Mýne natuurlik …” Toe hy sy bek oopmaak, verloor hy sy greep op die stok … en daar begin Petrus val! Gelukkig het Erika en Emma vir hom ’n valskerm aangetrek voor hulle vertrek het, want hulle het hul vriend darem net té goed geken. � gebed � Jesus, help my om nie oor myself te spog nie. Amen.

Die Bybel vertel ons: “Selfverheffing (dit is om oor jouself te

spog) bring vernedering; wie nederig is, het wysheid.” spreuke 11:2

prentjie-aktiwiteit vir bladsy 24 Hoeveel kolletjies is daar op die padda se valskerm? Waar is die windpomp in die prentjie? Hoekom het Petrus Padda geval?

25


Bomani Meerkat gee raad

� lle goeie dinge kom van God af.

� B

omani Meerkat is in die hele diereryk baie bekend en van oraloor het diere al sy raad en hulp kom vra. Iemand wat die koning van die diere, Koning Leeu, en ook die koning van die voëls, Arrie Arend, as sy vriende kan tel, moet darem baie spesiaal wees. So het die diere onder mekaar gepraat. Op ’n dag kom spreek ’n klomp grond-eekhorinkies vir Bomani Meerkat oor ’n groot probleem wat hulle het. Hulle vertel hom van Katto die moeilikheidmakerkat wat hulle familie baie hartseer maak omdat hy van hulle familielede vang. Bomani sê dadelik vir hulle: “Ek het al gehoor dat mense soms ’n klokkie om ’n kat se nek hang sodat voëltjies of enigiets anders betyds gewaarsku kan word as die kat nader kom. Hoekom doen julle dit nie ook nie?” Die grond-eekhorinkies klap almal pootjies vir Bomani se briljante plan, maar terwyl hulle dit doen, kyk hulle na mekaar en wonder: Wie gaan so dapper wees om ’n klokkie om Katto se nek te hang?

26


27


Hulle vra toe maar vir Bomani of hý nie so gaaf sal wees om dit vir hulle te doen nie. Hy stem dadelik in en sluip na waar hy weet het Katto se slaapplek is. Terwyl Katto snork-snork slaap, hang Bomani saggies ’n klokkie om Katto se nek! Net toe Bomani klaar is, word Katto wakker en baie kwaad jaag hy vir Bomani weg. Maar Bomani hardloop net so ’n entjie weg, toe draai hy om en gee vir Katto een van sy beroemde skoppe reg op sy neus! Toe weet Katto: Met Bomani Meerkat moet ’n kat nie mors nie! Die grond-eekhorinkies wou later by hom weet hoekom hy so wys en so dapper is. Bomani Meerkat gee altyd dieselfde antwoord vir almal wat hom vra: “Dit is God, die Skepper, wat my so maak.” � gebed � Jesus, ek prys U omdat U vir my so goed is. Amen.

Die Bybel vertel ons: Daarvoor moet ons gereeld vir God dankie sê.

“Dié wat wil roem, moet in die Here roem.” 1 Korintiërs 1:31

prentjie-aktiwiteit vir bladsy 27 Hoeveel grond-eekhorinkies tel jy in die prentjie? Noem al die kleure wat jy in die prentjie raaksien. Wat doen Bomani in die prentjie?

28


Jy is uniek en spesiaal gebaseer op ’n ware verhaal

Jy is spesiaal, want God het jou wonderlik gemaak.

T

Daar is niemand soos jy nie!

ommie was van altyd af baie geliefd onder sy maats. Daar was wel ook mense wat hom gespot het, maar hy het hulle net met ’n glimlag aangekyk. Daar was veral een skoolboelie, Ben, wat altyd vir almal wat wou luister, gesê het: ”Tommie is die lelikste mens wat ek ken. Ek weet nie wat van ons almal gaan word nie, maar van een ding is ek seker: Tommie gaan altyd die lelikste een onder ons bly!” Dan het hy gewoonlik hard gelag en vir Tommie verder geboelie. Tommie het ’n reuse geboortevlek aan die een kant van sy gesig gehad. Maar tog was daar altyd ’n glimlag op Tommie se gesig. Hy was so ’n aangename seun dat dit lekker was om saam met hom te wees. Boonop het hy altyd ander mense gehelp waar hy kon. Baie jare het verbygegaan en die kinders het grootgeword. Toe hulle ná dertig jaar eendag vir ’n reünie by die skool bymekaarkom, was daar ’n wonderlike oomblik toe Ben, die ou skoolboelie, almal stilmaak en by die mikrofoon gaan staan en sê: “Ek wil vandag vir Tommie sê: Jy is die mens wat vir my die meeste soos Jesus is.

29


Ek is jammer dat ek jou toe ons kinders was, so geboelie en gespot het. Vertel ons jou geheim. Hoe het jy geleer om met die vlek op jou gesig saam te lewe? Want die manier hoe jy dit altyd gehanteer het, maak jou iemand baie spesiaal.” Tommie kom toe na die mikrofoon en sê: “Dit was my pa en ma wat dit vir my geleer het. Julle sien, hulle het altyd vir my gesê: ‘Seun, hierdie geboortemerk is die plek waar ’n engel jou gesoen het om jou spesiaal vir ons te merk. Jy is baie spesiaal vir ons! Wanneer jy in ’n groep is, weet ons gou-gou waar jy is, en ons weet ook dat jy óns s’n is! Jy is uniek en spesiaal.’ My pa en my ma het dit soveel keer vir my gesê dat ek later jammer gevoel het vir ander mense wat nié geboortevlekke het nie! Ek het geweet ek is spesiaal en wou my spesiaal-wees met ander mense deel.”

Toe Tommie klaar gepraat het, klap al sy klasmaats hande en juig hom toe. En Tommie? Wel, hy het maar net weer daardie spesiale glimlag van hom vir almal gewys! � gebed � Jesus, dankie dat U my so wonderlik spesiaal gemaak het. Amen.

Die Bybel vertel ons: “Ek wil U loof, want U het my

op ’n wonderbaarlike wyse geskep.” Psalm 139:14

prentjie-aktiwiteit vir bladsy 31 Waar kruip Bomani Meerkat in die prentjie weg? Hoe voel almal in die prentjie? Wat het Tommie vir almal geleer?

30


31


Liewe Ouer en Versorger In jou hand hou jy ’n boek wat jou gaan help om kinders op hulle geloofspad te begelei. Stories is ’n wonderlike manier om kinders van geloof te leer. Selfs Jesus was ’n wonderlike storieverteller. Ek glo dat toe die kindertjies na Hom toe gekom het (Markus 10:13-16), Hy vir hulle stories vertel het. Dis dan ook te verstane waarom hulle so graag by Hom wou wees. Wat my betref, was Hy die oorspronklike Storieman! Kinders kan deur stories die wonderwêreld van hulle eie verbeelding verken. In ’n mens se verbeelding kan jy die wonderlikste plekke besoek. Vir my is stories amper soos ’n speelparkie. Kinders speel daarin, swaai, gly, klim, waag, trotseer – alles waarvoor hulle in daardie stadium gereed voel. Kinders se verstaan van stories hou sterk verband met hulle ontwikkelingsvlak. En ’n mens moet toelaat dat God hulle dáár ontmoet. Ek hoop met hierdie boek gaan jy ook deel wees van opwindende oomblikke wat jy en ’n kind saam gaan beleef. Dit is so opwindend! Soos heilige grond … trek dus maar, soos Moses van ouds (Eksodus 3), jou skoene uit! Die avonture van Bomani Meerkat en ander stories is geskryf as ’n Kom-ek-tel-jou-op-my-skoot-boek of ’n Kom-ek-lê-langs-jou-in-die-bed-boek of ’n Kom-ek-sit-saam-met-jou-op-die-grond-boek. Ná elke storie is daar ’n kort toepassing, ’n verwysing na ’n Bybelteks (wat ek, waar moontlik, in gepaste kindervriendelike taal herskryf het), ’n kort gebed asook ’n prentjie-aktiwiteit. Geniet hierdie geloofsreis saam met ’n kind en leef sodoende Deuteronomium 6:6-7 se lewensveranderende opdrag uit.

�wa�� van �ens�ur�


'n

& ander stories

Inspirerende stories vir �on�er kinders

Die ideale boek vir ouers en versorgers van jong kinders. Ewald van Rensburg is ‘n predikant en bekroonde kinderskrywer. Vier van sy boeke vir kinders is bekroon met ATKV- en CBSA-pryse. Hy woon in Somerset-Wes, Wes-Kaap.

o

die avonture van

Bomani Meerkat & ander stories Inspirerende stories vir �on�er kinders

Ewald van Rensburg

Hierdie pragtig geïllustreerde boek geskryf deur Ewald van Rensburg, is propvol inspirerende stories met kleurvolle karakters. Een hiervan is dapper Bomani, ‘n baie spesiale meerkat wat jong kinders sal aanmoedig om anders te lewe terwyl hulle deur sy wonderlike avonture vermaak word.

Bomani Meerkat & ander stories

Bomani Meerkat

Bomani-B

ek

die avonture van

die avonture van

pper da

I S B N 978-1-92046-000-6

kinders 4-7 jaar

9

781920 460006

�wa�� van �ens�ur�


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.