vir die eerste keer in boekvorm!
Kinders gaan belangrike lewenslesse leer deur na dié lekkerlees-stories én saamsing-liedjies in hierdie boek te luister. As kinders met hierdie boek klaar is, gaan hulle vir seker ook lewenslange maatjies wees van Carike, Ghoempie en Ghoeghoe!
Linda Korsten het ’n kort rukkie skoolgehou en daarna by die SAUK se TV-afdeling gaan werk. Sy het saam met Louise Smit aan kinderprogramme gewerk en oor die jare heen talle stories vir kinderprogramme geskryf. Die afgelope ses jaar is sy die vervaardiger en regisseur van die Carike en Ghoempie-DVD’s. Linda het onlangs ook die filmwêreld betree en was onder meer medevervaardiger van die uiters suksesvolle fliek Liefling, die movie.
Carike Keuzenkamp carike keuzenkamp
Carike Keuzenkamp is sedert 1967 ’n bekende naam in bykans elke huis in Suid-Afrika. Sy was een van die eerste gesigte van Suid-Afrikaanse televisie toe sy gekies is as die aanbieder van Kraaines, ’n gewilde kinderprogram. In 2001 is die eerste Carike in Kinderland-albums vrygestel. Dit was uiters suksesvol en Carike en Ghoempie vermaak die kinders vandag nog. Die agtste Kinderland-produk (CD en DVD) word vir Kersfees 2011 vrygestel. Die vorige sewe CD’s en DVD’s het almal goue status bereik.
kuier in Kinderland
Welkom in wonderlike, kleurvolle Kinderland, waar kinders gaan saamkuier met Carike, haar twee maatjies, Ghoempie en Ghoeghoe, en al die ander spesiale mense van Kinderland.
carike , ghoempie en ghoeghoe
Carike, Ghoempie en Ghoeghoe
G e s k ry f d e u r l i n da Ko r st e n
Geïllustreer deur Annette van Zyl