Carike, Ghoempie en Ghoeghoe verwelkom kinders terug in Kinderland – die kleinspan word op ’n Ghoempie en Ghoeghoe verbeeldingsreis geneem, terwyl hulle na pragtige geïllustreerde stories en pretliedjies luister. Een avontuur lei na die ander een met waardevolle lewenslesse saam met Ghoempie en Ghoeghoe! Carike Keuzenkamp vier vanjaar 45 jaar in die musiekbedryf. In 2001 is die eerste ‘Carike in Kinderland’ CD vrygestel, waarna verskeie ander uitreikings in die reeks op DVD en CD gevolg het. Vanjaar word die negende Kinderland CD en DVD uitgereik! Die eerste ‘Kuier in Kinderland’ boek was einde 2011 vrygestel en het, soos die DVD’s en CD’s, rekordverkope behaal.