Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. ’n Ja! Kleuter sê ’n groot Ja! om Jesus te volg én om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.
Gids vir ouers en versorgers: Ja! Kleuter is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige gids vir ouers blaai na bladsy 108 & 109.
OntwikkelingsUnieke fases temperament
Geloofsvorming
Woordeskat
Spraakvorming
Leesvaardigheid
Luistervaardigheid
Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet:
• Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.
Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.
ISBN: 978-1-92059-356-8
www.christianmediapublishing.com
Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits