Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories-reeks is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.
Gids vir ouers: Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 24.
Ontwikkelingsfases
Unieke temperament
Geloofsvorming
Woordeskat
Spraakvorming
Leesvaardigheid
oor vriendskap
Luistervaardigheid
Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.
Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar. ISBN: 978-1-92059-349-0
www.christianmediapublishing.com
Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits
Kinders vier goeie vriendskappe!