Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories-reeks is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.
Gids vir ouers:
oo
Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 24.
Ontwikkelingsfases
Unieke temperament
Geloofsvorming
Woordeskat
Spraakvorming
Leesvaardigheid
r Go
d se wonderwerke
Luistervaardigheid
Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.
Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.
Geskryf deur Ewald van Rensburg ISBN: 978-1-92059-350-6
www.christianmediapublishing.com
Illustrasies deur Lilani Brits
Kinders vier ons magtige God!
Aan my Vreugde! Kleuter: _________________ Met liefde van: _________________
Inhoudsopgawe: 1. Die tien plae
4
2. Jerigo se mure
8
3. Jesus maak die storm stil
12
4. Bartimeus
16
5. Jesus loop op die water!
20 © Alle regte voorbehou.
CMP Kids ‘n druknaam van Christelike Media Publikasies, Posbus 4502, Durbanville, 7550 www.christianmediapublishing.com Outeur: Ewald van Rensburg Illustrasies: Lilani Brits Publikasie-projekbestuur: Noeline N Neumann Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname, of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: Maranatha Christelike Uitgewers: Gebruik deur vriendelike ooreenkoms. Gedruk in Maleisië Eerste uitgawe, eerste druk 2013 ISBN 978-1-920593-50-6
Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en
unieke temperament.
Vir ‘n volledige uiteensetting van die ontwikkelingsfases en unieke temperament-ikone besoek die CMP webwerf: www.cmpublishing.co.za
o or
God se wonderwerke
Geskryf deur Ewald van Rensburg Illustrasies deur Lilani Brits
Kinders vier ons magtige God!
1. Die tien plae (Eksodus 6-13)
God het vir Moses na Egipte toe gestuur om vir die Farao te vra om die Israeliete te laat wegtrek. As die Farao weier, sal God slegte goed (plae) met die Egiptenaars laat gebeur, maar nie met die Israeliete nie. Die Farao het vir Moses “Nee!” gesê. En toe het die slegte goed al die
4
Egiptenaars getref: paddas, steekvlieë, donkerte vir drie dae en nog baie ander dinge. Met Moses-hulle het egter niks gebeur nie!
5
Na tien sulke slegte goed, het die Farao vir Moses gesê: “Ek het nou genoeg gehad. Julle kan maar trek.”
66
Kom ons bid saam: Dankie, Here, dat U my altyd beskerm. Amen
Jy kan maar op die Here staatmaak, want Hy beskerm sy kinders.
7
2. Jerigo se mure (Josua 6)
Daar was `n hoë, dik muur rondom die stad, Jerigo. Dit het gekeer dat geen vyand by die stad kon inkom nie. God het vir Josua belowe dat hulle die stad sou oorneem. Hy het sy plan aan Josua verduidelik. Die Israeliete het presies gemaak soos wat God gesê het en vir ses dae al om die stad geloop. Op die sewende dag het hulle sewe keer om die stad geloop.
8
9
Daarna het die priesters op hulle ramshorings geblaas en die res het kliphard geskreeu. Toe het die mure inmekaar geval. Die Israeliete het gewen, nes God belowe het. Kom ons bid saam: Here, daar is niemand so sterk soos U nie. Amen
10
Daar is niemand in die wye wêreld soos God nie.
11
3. Jesus maak die storm stil (Markus 4:35-41)
Eendag was Jesus en die dissipels in `n boot op die water. Jesus was baie moeg en het aan die slaap geraak. Skielik het daar `n groot storm opgekom. Die see het rof geraak. Die dissipels was baie bang toe die groot branders teen die boot geslaan het. Hulle het vir Jesus wakker gemaak. Hy kon dadelik sien dat hulle baie bang was.
12
13
Jesus het die storm laat ophou en vir sy dissipels gesê: “Julle moenie bang wees nie, want Ek is mos hier by julle om julle te help.” Kom ons bid saam: Jesus, dankie dat U my altyd help wanneer ek bang is. Amen
Niemand is so sterk soos Jesus nie; selfs
storms luister na Hom.
14
15
4. Bartimeus
(Markus 10:46-52)
As jy blind is, kan jy niks sien nie. Bartimeus was blind. Al wat hy kon doen, vandat hy kon onthou, was om langs die straat te sit en bedel. Eendag het hy gehoor hoe Jesus aangestap kom en hy het hard geroep: “Jesus, help my, asseblief!” Die mense het hom probeer stilmaak, maar hy het net harder geskreeu. Jesus het na hom toe gestap en hom gehelp.
16
17
Blinde Bartimeus kon dadelik weer sien. Hy was so bly dat hy sommer verder saam met Jesus gegaan het.
18
Kom ons bid saam: Jesus, help die blindes sodat hulle kan weet dat U hulle baie lief het. Amen
Jesus genees vandag nog blinde mense.
19
5. Jesus loop op die water! (Markus 6:45-51)
Nadat Jesus die vissies en broodjies meer gemaak het, het Hy sy dissipels met die boot weggestuur. Jesus het toe `n stil plek gaan soek om te bid. Die wind het baie sterk begin waai en die dissipels het swaar geroei. Skielik het Jesus op die rowwe see na hulle aangeloop gekom! Hy wou sy dissipels help.
20
21
Hulle het groot geskrik, want hulle het gedink dit is `n spook! Jesus het vir hulle gesê: “Moenie bang wees nie. Dit is net Ek!” Toe Hy in die boot klim, het die wind ophou waai.
22
Kom ons bid saam: Jesus, U is altyd by my. Help my om nie bang te wees nie. Amen
Jesus kan jou altyd help omdat Hy so groot en sterk is.
23
Gids vir ouers en versorgers Geloofsvorming-Ikoon
Die vorming van kinders se geloof is deels uniek vir elke kind. Daar is egter ook algemene kenmerke van geloofsvorming wat vir die meeste kinders geld. Hoe word geloof by kinders gevorm? Daar is drie algemene maniere: 1. Ouers doen gereeld basiese dinge saam met hulle kinders - Bybellees, vertel van Bybel- en ander stories, bid en doen die aktiwiteite in hierdie boek. 2. Kinders vra self geloofsvrae. Neem hierdie vrae ernstig op en antwoord dit eerlik op kinders se verstaansvlak. 3. Kinders volg hulle versorgers se voorbeelde.
Emosionele Intelligensie-Ikoon
Ons ervaar emosies reeds lank voordat ons die taal aanleer om dit in woorde uit te druk. Daarom behoort kinders daarin gelei te word om dit wat hulle voel, in woorde uit te druk. Kyk na die prentjies wat by elke storie is en vra dan vir jou kind hoe voel die mense en diere in die prentjie. Op hierdie manier raak hulle bewus van hul eie emosie, maar ook die emosies van ander en skep ons ’n leergeleentheid waar hulle taal kan aanleer om hulself emosioneel uit te druk.
Leesvaardigheids-Ikoon
Wanneer jou kind begin lees, gaan ’n wonderlike wêreld oop. Geniet elke oomblik op hierdie reis saam met jou kind. Neem jou kind op jou skoot waar hy of sy gemaklik en veilig voel, blaai die boek van voor af oop, hou dan die boek voor julle albei oop, lees duidelik en met gevoel en laat jou kind met jou saam “kamma-lees”. Jy kan maar dieselfde stories oor en oor lees. Wys met jou vinger waar jy lees – so kan jou kind die verband begin maak tussen letters, woorde, klanke en betekenis. Moedig jou kind se eerste leespogings aan, al klink dit soos brabbeltaal.
Luistervaardigheids-Ikoon
Luister is ’n belangrike leer- en ontwikkelingsvaardigheid. Help jou kind om met aandag te luister en te verstaan wat hy of sy hoor, om sy of haar verbeelding te gebruik, om die storie of dele daarvan te onthou en om dit self weer te gee. Vra jou kind om die stories oor te vertel na aanleiding van die prentjies. Vra vrae oor en rondom die storie. Laat woorde weg uit ’n verhaal wat die kind ken en vra hom of haar om die woorde in te vul.
Woordeskat-Ikoon
Gebruik alle kanse om jou kind se woordeskat uit te brei. Dis ’n lewenslange geskenk. Begin met alledaagse voorwerpe en persone in die illustrasies. Wys na die illustrasie, sê die woord, maak ’n sinnetjie daarmee en sê die woord weer. Laat jou kind die woord herhaal. Kyk of jy dieselfde woord in ’n ander konteks ook kan gebruik – as daar ’n tent in die prentjie is waarna julle kyk, sê dan: Ons slaap in ’n tent wanneer ons gaan kamp.
Syfervaardigheids-Ikoon
Dis uiters belangrik dat jou kind syfervaardig word en getalbegrip ontwikkel. Speel met eenvoudige somme, soos: “Hoeveel eendjies is daar in die prentjie? Twee eendjies kom by – hoeveel is daar nou? Drie vlieg weg ... ” (Wys op jou vingers.) Jou kind kan ook die vorm van syfers leer – knip groot syfers uit karton en laat hom of haar daarmee speel. Bou ’n getallelyn daarmee.
24
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstories-reeks is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur ’n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook ’n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. ’n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur ’n vreugde-vervulde lewe te lei.
Gids vir ouers:
oo
Vreugde! Kleuters is ontwikkel met die inagneming van jou kind se ontwikkelingsfases en unieke temperament. Dit help met geloofsvorming, woordeskat sowel as leesvaardighede én emosionele ontwikkeling. Vir ’n volledige uiteensetting van die ikone blaai na bladsy 24.
Ontwikkelingsfases
Unieke temperament
Geloofsvorming
Woordeskat
Spraakvorming
Leesvaardigheid
r Go
d se wonderwerke
Luistervaardigheid
Voorstelle om hierdie boek saam met jou kind te geniet: • Lees die Bybelstorie en • gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind. • Sê die gebed saam met jou kind op.
Hoe nader jy en jou kind aan God groei, hoe nader groei julle aan mekaar.
Geskryf deur Ewald van Rensburg ISBN: 978-1-92059-350-6
www.christianmediapublishing.com
Illustrasies deur Lilani Brits
Kinders vier ons magtige God!