Kinders in die Bybel
ISBN: 978-1-928437-20-8
www.christianmediapublishing.com
2
Aan: __________________________ Met liefde van: __________________________
Inhoud 1. Abraham en Sara se wonderbaba
4
2. Die baba in die mandjie
8
3. Klein Samuel
12
4. ’n Slawedogtertjie help generaal Naaman
16
5. Jong Josia word koning
20
6. Jesus raak weg
24
7. ’n Seuntjie deel sy padkos
28
Kinders in die Bybel
1.
bra a en Sara se wonderbaba
– Genesis 18:1–15 en 21:1–8
Abraham en Sara wou baie graag kinders hê, maar hulle was al baie oud. Eendag het drie manne, wat eintlik engele was, vir Abraham kom kuier. Nadat hulle lekker saamgeëet het, het hulle vir hom vertel dat Sara ’n babaseuntjie gaan hê. Toe Sara hierdie nuus hoor, het sy gelag.
4
Waarom het Sara gelag? Het sy dalk vergeet dat God enigiets kan doen? Weet jy wat? Na ’n jaar het Sara ’n babaseuntjie gehad! Sy naam was Isak, en dit beteken “hy lag”. Toe Isak drie jaar oud was, het Abraham en Sara ’n groot partytjie gehou om vir almal te vertel hoe wonderlik goed God is.
Soek en Leer Kan jy die Bybel in die prent raaksien? Die Bybel leer ons dat God alles kan doen.
5
Onthou die Bybelstorie Wat het alles in die storie van Abraham, Sara en Isak gebeur? Kyk na die mense in die vorige prent. Hoe voel hulle, dink jy? Waarom het Abraham en Sara hulle babaseuntjie “hy lag” genoem?
Sê hardop: “Onthou, God kan alles doen!”
6
Gebed Here, dankie dat U enigiets kan doen. Ons wil daaroor bly wees en feesvier, want daar is niemand soos U nie. Ek wil U loof, want U is goed! Amen.
Aktiwiteit Isak se naam beteken “hy lag”. Elke mens se naam beteken iets. Vind uit wat joune en die res van jou gesin s’n beteken. Het God al wonderlike dinge vir jou of julle familie gedoen? Vertel mekaar daarvan, en sê vir God dankie omdat Hy alles kan doen.
7
2. Die baba in die mandjie – Eksodus 2:1–10 Lelike Farao wou al die Joodse babaseuntjies doodmaak. Maar God het ’n plan met Moses gehad. Moses se mamma het ’n biesiemandjie gemaak en hom daarin gesit. Toe gaan steek sy die mandjie in die Nylrivier tussen die riete weg. Die mandjie dryf soos ’n klein arkie op die water. Moses se sussie, Mirjam, kruip naby weg om te kyk wat gebeur.
8
Natuurlik begin baba Moses later huil! Die Farao se dogter was daar naby, en Mirjam sien hoe sy die baba optel en troos. Mirjam stap vinnig nader. Die Farao se dogter vra of daar ’n Joodse vrou is wat Moses kan grootmaak. En raai wie bring Mirjam vir haar? Moses se eie mamma! Só het God gesorg dat Moses veilig is!
Soek en Leer Het jy al die Bybel in die prent raakgesien? Die Bybel leer ons dat God altyd vir ons sorg. Hy het ’n plan vir ons lewe.
9
Onthou die Bybelstorie Sjoe, dit is ’n mooi storie! Wat het alles in die storie met baba Moses gebeur? Blaai terug na die vorige prent en kyk of jy kan sê hoe elke persoon voel.
Moses se mandjie was nie baie sterk nie, maar die Here het hom opgepas. Hy was veilig in sy mandjie, net soos Noag veilig in sy ark was.
10
Gebed Liewe Here, ek wil graag vir U liedjies sing want U sorg elke dag vir my. Ek wil altyd naby U bly! Amen.
Aktiwiteit Waarvan kan ’n mens bootjies maak? Het jy al ’n blokkie hout probeer, of stokkies met tou aan mekaar vasgebind? Vra iemand om jou te wys hoe om ’n bootjie uit papier te vou. Bou vir jou ’n bootjie en kyk hoe lank dit op die water kan bly. Jy kan ook vir Moses in sy bootjie teken.
11
3. Klein Sa
el – 1 Samuel 1–3
Hanna wou so graag kinders hê! Sy het toe vir God gevra om vir haar ’n kindjie te gee. Die Here het haar gebed gehoor, en Samuel is gebore. Sy mamma en sy pappa was baie lief vir hom! Toe Samuel drie jaar oud was, het Hanna hom na Eli, die priester, gebring want sy het vir God belowe Samuel sal vir Hom werk. Eli het mooi vir Samuel gesorg en Samuel het na Eli geluister. As sy mamma kom kuier, het sy altyd vir hom ’n nuwe manteltjie gebring. Almal was goed vir klein Samuel.
12
Een nag het Samuel wakker geword van ’n stem wat hom roep. Hy het opgestaan en na Eli gehardloop, maar dit was nie Eli wat hom geroep het nie. Na die derde keer het Eli geweet dis God wat met Samuel wil praat. Toe Samuel weer die stem hoor, het hy mooi geluister wat die Here sê.
Soek en Leer Help Sammy en Amy om die Bybel in die prent te kry. Die Bybel leer ons dat God mense gebruik wat vir ons goed is om ons to wys dat Hy ons liefhet.
13
Onthou die Bybelstorie Kyk na die prent op die vorige bladsy. Samuel lyk baie gelukkig. Wie is al die grootmense by hom? Waarom is hy so vrolik?
Samuel se mamma en pappa het kom kuier, en vir hom ’n present gebring. En Eli is ook baie lief vir hom.
14
Gebed Here, dankie vir al die mense wat vir my lief is en vir my sorg. Dankie dat U ook baie lief is vir my. Amen.
Aktiwiteit Gesels oor die goeie dinge wat mense vir jou doen. Wat doen hulle om te wys hulle is lief vir jou? Het jy al vir hulle dankie gesê omdat hulle dit vir jou doen? Vir wie kan jy vandag gaan dankie sê? Onthou om ook vir die Here dankie te sê! Hy is lief vir jou, en Hy wys dit deur die mense wat goed is vir jou.
15
4. ’n Slawedogtertjie elp generaal Naa an – 2 Konings 5:1–14
’n Gelowige dogtertjie van Israel is na ’n ver land ontvoer. Sy werk nou by generaal Naäman, ’n baie belangrike man. Toe word Naäman melaats. Dis ’n baie slegte siekte. Die dogtertjie sien hoe die vrou huil, en sy wil haar help. Sy vertel haar dat die man van God wat in Israel woon, Naäman gesond kan maak. Naäman vertrek dadelik Israel toe, maar voor hy by Elisa kom, stuur Elisa ’n boodskap: “Was sewe maal in die Jordaanrivier, dan sal God jou gesond maak.”
16
Naäman is woedend, want die Jordaanrivier is baie modderig! Maar hy doen tog maar wat Elisa sê. En weet jy wat? Toe hy die sewende keer uit die water kom, is hy gesond! Van toe af is Naäman en sy vrou baie lief vir God.
Soek en Leer Die Bybel is iewers op die wal van die rivier. Kyk hoe vinnig jy dit kan kry. Die Bybel leer ons dat die Here partykeer kinders gebruik om wonderlike dinge te doen.
17
Onthou die Bybelstorie Vertel wat alles met die dogtertjie in die storie gebeur het en wat sy gedoen het. Kyk na die prent op die vorige bladsy. Wat het Naäman nou net uitgevind? Hoe voel hy?
God doen partykeer groot dinge as kinders goeie dinge vir Hom doen, soos om hartseer mense te troos.
18
Gebed Here, daar is niemand so groot soos U nie. Dankie dat U iemand wat so klein soos ek is, wil gebruik. Help my om mense te vertel dat U wonderlike dinge kan doen. Amen.
Aktiwiteit Wat kan jy alles doen om mense te help of bly te maak? Ken jy iemand wat siek is of dalk ongelukkig is? Al is jy nog klein, kan jy vir die persoon gaan vertel dat Jesus vir ons almal lief is en vir ons sorg. Wat kan jy nog vir die persoon gaan doen?
19
5. Jong Josia word koning – 2 Konings 23:4–20, Psalm 119:105
Josia was maar ag jaar oud toe hy koning geword het. In daardie tyd het die mense van God vergeet en verkeerde dinge gedoen. Dit het God se hart seergemaak. Maar gelukkig was Josia anders. Hy het God baie liefgehad! Josia het die tempel laat skoonmaak. Iemand vind toe die Bybel wat daar onder ’n klomp goed lê.
20
.Iemand het dit vir Josia gelees, en toe het hy vir God belowe dat hy en al sy mense sou leef soos wat die Bybel sê. Josia het gedoen wat die Bybel sê. So het hy vir almal gewys hoe lief hy vir God was.
Soek en Leer Help Sammy en Amy om die Bybel te vind. Die Bybel leer ons dat God deur die Bybel met ons praat en ons wys hoe om te lewe.
21
Onthou die Bybelstorie Kyk weer na die prent op die vorige bladsy. Wat het met Josia gebeur? Hoe voel die mense wat daar by hom staan? Hoe het Josia vir almal gewys dat hy lief is vir die Here?
As ons lief is vir die Here, moet ons ook lewe soos die Bybel vir ons sê.
22
Gebed Here, dankie dat U vir ons die Bybel gegee het om vir ons te sê hoe om te lewe. As ek doen soos die Bybel sê, sal ek gelukkig wees, net soos ’n boom by ’ n waterstroom wat lekker vrugte dra. Amen.
Aktiwiteit Sit vanaand almal bymekaar. Maak die kamer donker. Wat sal gebeur as jy iewers heen loop? Skakel ’n flits aan of steek ’n kers op. Kan jy nou sien waar om te loop? Die Bybel is soos ’n kers of ’n flitslig – dit wys vir ons die pad. Die Bybel sê in Psalm 119:105 – “U Woord is vir my soos ’n lamp wanneer ek in die donker loop.”
23
6. Jes s raak weg – Lukas 2:41–52 Josef en Maria het in Nasaret gaan bly. Daar het Jesus grootgeword. Hy het met sy maats gespeel, skoolgegaan en sy pa met sy houtwerk gehelp. Toe Jesus twaalf jaar oud was, het Hy saam met sy pa en ma Jerusalem toe gegaan vir die Paasfees. Daar was baie ander mense saam met hulle op die pad en in Jerusalem. Toe Josef en Maria na die fees terugloop huis toe, kom hulle agter dat Jesus weg is. Hulle soek oral, maar hulle kan Hom nêrens kry nie.
24
Later gaan hulle terug Jerusalem toe. Drie dae lank soek hulle oral, en eindelik kry hulle Hom – in die tempel. Die priesters sit verwonderd en luister hoe Hy oor God gesels en hulle vrae antwoord. Maria en Josef was baie, baie bly toe hulle Jesus kry.
Soek en Leer Hoeveel boekrolle sien jy? Help vir Sammy en Amy om die Bybel te vind. Die Bybel leer ons dat ouers vir kinders moet sorg.
25
Onthou die Bybelstorie Wat het in die storie gebeur? Raai hoe voel die mense in die prent op die vorige bladsy.
Ouers moet vir hulle kinders sorg, en die Here sorg vir ouers en kinders.
26
Gebed Liewe Here, U sorg vir my nes my eie mamma en pappa. U sorg dat die riviere vol water is. U laat die koring en mielies op die lande groei. Almal en alles op die aarde moet sing en dans, want U is goed! Amen.
Aktiwiteit Kry ’n lang, smal stuk papier. Skryf op die een kant maniere neer hoe jou ouers vir jou sorg, en op die ander kant hoe die Here vir julle gesin sorg. Jy kan ook ’n prent teken, as jy liewer wil. Rol jou “boekrol” op en gaan wys dit vir jou ouers.
27
7. ’ n Se ntjie deel sy padkos – Johannes 6:1–15
Baie mense het na Galilea se groot meer toe gekom. Hulle wou na Jesus luister en kyk hoe Hy mense gesond maak. Ná ’n tyd is almal honger. Sy vriende wil die mense huis toe stuur, maar Jesus sê hulle moet eers die mense kos gee. Maar hulle het nie kos nie! Toe bring Andreas, een van Jesus se vriende, ’n seuntjie na Jesus toe. “Hierdie seuntjie wil twee vissies en vyf broodjies gee. Maar dis heeltemal te min.” Jesus glimlag vir die seuntjie en neem sy padkos. Hy dank God, en begin die kos uitdeel. En die vissies en broodjies word al meer, sodat almal daarvan kan eet.
28
Daar was 5 000 mans en nog baie meer vrouens en kinders. Daar was genoeg kos vir almal, en daar het twaalf mandjies kos oorgebly. Wat ’n wonderwerk!
Soek en Leer Dink jy Amy en Sammy sal die Bybel in die prent kry? Wys vir hulle waar dit is. Die Bybel leer ons dat Jesus die honger mense jammer gekry het, en ’n wonderlike ding gedoen het om hulle te help.
29
Onthou die Bybelstorie Kyk na die prent op die vorige bladsy. Hoeveel vissies het die seuntjie by hom gehad? En broodjies? Vertel wat met die seuntjie en sy padkos gebeur het. Wie het vir Jesus gehelp om die duisende honger mense kos te gee? Hoe het die mense gevoel nadat hulle geëet het?
God gebruik almal – kinders ook – vir sy werk.
30
30
Gebed Here, net U kan spesiale groot dinge doen! U weet as mense honger en moeg is. U gee kos aan u kinders. Amen.
Aktiwiteit Gesels met jou ma of pa oor hoe julle gesin mense kan help wat honger is. Wat kan jy doen om te help? Vra jou ma of pa of hulle weet van mense wat help om honger mense kos te gee, miskien by ’n sopkombuis of ’n skool of julle kerk. Hoe kan julle help?
31
31
Kopiereg ©2021 Christian Media Publishing Christian Media Publishing Posbus 3228, Matieland Poskantoor, Stellenbosch, 7602, South Africa www.christianmediapublishing.com Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: © Ewald van Rensburg Illustrasies: © Magriet Brink Uitleg en ontwerp: Zelda Botha Eerste uitgawe, eerste druk 2021 ISBN 978-1-928437-20-8
’N DRUKNAAM VAN
CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
Kinders in die Bybel
ISBN: 978-1-928437-20-8
www.christianmediapublishing.com