Vriende in die Bybel
ISBN: 978-1-928437-23-9
www.christianmediapublishing.com
2
Aan: __________________________ Met liefde van: __________________________
1
Inhoud 1. Ruth and Naomi
4
2. Drie vriende in die oond
8
3. ’n Verlamde man en sy vriende
12
4. Jesus is lief vir kinders
16
5. Maria se geskenk
20
6. Jesus en sy vriend, Petrus
7. Petrus en Johannes en die verlamde man
24 28
Vriende in die Bybel
1. R th and Naomi – Ruth 1–4 Daar was hongersnood in Betlehem. Naomi, haar man en twee seuns het na Moab toe getrek. Daar het die twee seuns getrou. Maar toe gebeur ’n baie hartseer ding – Naomi se man en seuns gaan dood. Naomi besluit om terug te gaan na Betlehem toe. Haar een skoondogter, Orpa, bly agter, maar die ander een, Rut, sê: “Waar Mamma gaan, gaan ek. Mamma se God is my God.”
4
Toe hulle in Betlehem aankom, wonder Naomi waar hulle kos gaan kry. Rut weet God sal hulle help. Sy het koring gaan optel waar die mense ge-oes het. Die boer, Boas, sien haar en sê sy werkers moet haar help. Later het die Here hulle weer deel van ’n familie gemaak. Rut en Boas het getrou, en hulle het ’n babaseuntjie gehad. En ouma Naomi het by hulle gebly. So het die Here vir Rut en Naomi gesorg.
Soek en Leer Waarna kyk die kat, dink jy? Sien jy die Bybel in die prent? Die Bybel leer ons dat God elke dag vir ons sorg.
5
Onthou die Bybelstorie Wat het in die storie van Naomi en Rut gebeur? Boas was Ragab, die vrou van Jerigo, se seun. Boas en Rut se seuntjie was Obed, en hy was die oupagrootjie van Dawid, die koning van Israel. Weet jy wat? Hulle name is almal deel van Jesus se stamboom (familielyn)!
So sorg God vir alles.
6
Gebed Liewe Here, aan u liefde is daar geen einde nie. U oorlaai ons met goedheid. U het vir Rut en Naomi gesorg, en U sorg elke dag vir ons. Amen.
Aktiwiteit Bind ‘n stukkie tou om jou vingers. Lank gelede het mense dit gedoen as hulle iets wou onthou. As jy na die tou kyk, moet jy onthou: Die Here sorg elke dag vir my. Gaan slaap vanaand met die tou om jou vinger. Wat gaan jy onthou as jy môreoggend die tou sien?
7
2. Drie vriende in die oond – Daniel 3, Psalm 91:11 Op ’n dag word Sadrag, Mesag en Abednego na koning Nebukadnesar toe gebring. Hy skree: “Aanbid hierdie hoë beeld of brand!” Sonder om bang te wees antwoord hulle: “Ons sal nie. Ons aanbid net ons God.” Nebukadnesar is so kwaad dat hy die oond sewe keer warmer maak. Sy lyfwagte moet die vriende in die oond gooi. Dit was so warm dat die wagte daar voor die oond verskroei het!
8
8
Skielik spring Nebukadnesar op. Hy sê: “Daar’s vier mense in die oond! Die een lyk soos ’n engel!” Dadelik laat hy die drie vriende uit die oond uit kom. Hulle het glad nie gebrand nie, nie eers hulle hare en klere nie. Hulle ruik nie eers na rook nie! Net God kan so ’n wonderlike ding doen. Die drie vriende was lief vir God, en het Hom aanbid, al wou die koning hulle doodmaak.
Soek en Leer Kan jy die Bybel in die prent sien? Die Bybel leer ons dat ons net vir God lief moet wees.
9
9
Onthou die Bybelstorie Vertel die storie van die drie vriende. Wat was hulle name? Van watter deel van die storie hou jy die meeste?
Ons moet ook lief wees vir God, net soos hierdie drie vriende.
10
Gebed Here, help my om altyd net vir U lief te wees. Dankie dat u engele my altyd beskerm. Amen.
Aktiwiteit Is dit partykeer moeilik om net vir Jesus lief te wees? Mense lag partykeer vir ons, of wil hê ons moet verkeerde dinge doen.
Dis nie altyd maklik om net vir Jesus lief te wees nie, maar onthou die Here se belofte: “Die Here sal sy engele stuur om jou te beskerm oral waar jy gaan.” Dit staan in Psalm 91:11. Teken ’n engel, en onthou die Here se belofte wanneer jy na jou prent kyk.
11
3. ’n Verla
– Markus 2:1–12
de an en sy vriende
In die dorp Kapernaum kom vier mans aangestap. Hulle dra ’n bed, en op die bed lê hulle verlamde vriend. Die mans neem hulle vriend na die huis waar Jesus is. Daar drom die mense by die deure saam, want binne is dit klaar stampvol. Hoe nou gemaak? Die vier vriende klim met die trappe op tot bo-op die huis se dak. Hulle maak ’n gat in die dak. Hulle laat sak hulle vriend, bed en al, tot voor Jesus se voete.
12
Jesus kyk op. Hy sien dat die vier vriende vas glo dat Hy hulle vriend kan help, en Hy sê vir die lam man: “Staan op, vat jou bed en loop.” En daar staan die man op! Hy tel sy bed op en loop tussen die mense deur. “So iets het ons nog nooit gesien nie!” sê die mense vir mekaar. Jesus is elke mens se beste Vriend!
Soek en Leer Kyk hoe vinnig jy die Bybel in die prent kan sien. Die Bybel leer ons dat vriende mekaar help.
13
Onthou die Bybelstorie Speel jy is een van die verlamde man se vriende. Vertel nou wat jy en die ander alles gedoen het om hom by Jesus te kry. Blaai na die vorige bladsy. Hoeveel vriende het die verlamde man? Hy het nie vier vriende nie maar vyf! Jesus is ook sy Vriend.
14
Gebed Here, dankie dat U vir my maats gee. Help my om gaaf te wees met my maats, en hulle te help, net soos die vier vriende met hulle verlamde vriend gemaak het. Amen.
Aktiwiteit Wie is jou beste maats? Vertel vir mekaar wat julle graag saam met julle maats doen. Het jy ’n maat wat ’n bietjie swaarkry? Wat kan jy vandag vir jou maat doen? Hoe kan jy jou maat help?
15
4. Jes s is lief vir kinders
16
– Markus 10:13–
Jesus was lief vir kinders. En die kinders het graag na sy stories geluister. Dit was vir hulle lekker om by Hom te wees, want Hy het altyd met vriendelike oë na hulle gekyk. Eendag bring ’n klomp mammas hulle kinders na Jesus toe. Hulle wil hê Jesus moet hulle kinders sien en met hulle gesels. Maar Jesus se dissipels raas met hulle: “Jesus is moeg. Moenie Hom pla nie!”
16
Jesus hoor sy dissipels raas en sê: “Moenie die kindertjies wegjaag nie.” Toe hardloop die kinders na Jesus toe. Hy gee hulle drukkies. Hy vryf hulle hare en Hy sê: “Weet julle, God is baie lief vir kinders.”
Soek en Leer Kyk mooi na die prent. Sien jy waar die Bybel is? Die Bybel leer ons dat Jesus lief is vir kinders.
17
Onthou die Bybelstorie Vertel wat gebeur het toe die mammas hulle kinders na Jesus geneem het. Kyk na die prente op hierdie bladsy en die vorige bladsy. Dink jy dit is vir die kinders lekker om by Jesus te kuier? Dink jy dis vir Jesus lekker om met hulle te gesels?
Jesus is lief vir jou. Hy wil altyd luister wat jy vir Hom wil sê.
18
Gebed Here, dankie dat U lief is vir my en vir al die kinders in die wêreld. Ek bid vir kinders wat swaar kry. Help hulle asseblief. Amen.
Aktiwiteit Kyk weer na die eerste prent. Sit jou vinger bo-op een van die kindertjies. Speel dit is jy wat daar by Jesus is. Wat wil jy graag vir Jesus sê? Jy kan dit nou vir Hom sê. Hy het altyd tyd om na jou te luister, want Hy is lief vir jou!
19
5.
aria se geskenk – Johannes 11:1–12:8
Jesus en sy dissipels kuier in Betanië by sy vriende, Lasarus, Marta en Maria. Lasarus is so vrolik dat hy nie kan ophou lag nie! ’n Paar dae tevore was Lasarus dood en Jesus het toe ’n wonderlike ding gedoen. Hy het Lasarus lewend gemaak! Soos gewoonlik bedien Marta lekker kos.
20
Skielik kom Maria in met ’n flessie baie duur lekkerruik-olie in haar hand. Sy loop tot by Jesus. Sy gooi die hele flessie olie op sy voete uit en droog dit met haar hare af. Die heerlike geur is die hele huis vol! Niemand sal ooit kan vergeet hoe lief Maria vir Jesus is nie.
Soek en Leer Sien jy die Bybel in die prent raak? Die Bybel leer dat die Here bly is as ons vir Hom wys ons is lief vir Hom.
21
Onthou die Bybelstorie Wat het Maria gedoen? Waarom dink jy wou sy so ’n wonderlike geskenk vir Jesus gee? (Jesus se ma se naam was ook Maria. Hierdie Maria was ’n ander Maria.) Na wie kyk al die mense in die prent? Hoe voel hulle oor die ding wat Maria vir Jesus doen?
22
Gebed Here Jesus, U is wonderlik. Dankie dat U vir my baie lief is. Ek het U ook baie lief. Help my om my beste vir U te gee. Amen.
Aktiwiteit Wat was die beste geskenk wat jy nog ooit gekry het? Waarom was dit so spesiaal vir jou? Maria wou vir Jesus met haar kosbare geskenk wys hoe lief sy Hom het. Hoe kan ons vir die Here wys ons is lief vir Hom? Teken ’n prent van iets wat jy vandag wil doen om te wys jy is lief vir Jesus. Kyk vanaand na jou prent en maak ’n regmerkie as jy dit gedoen het.
23
6. Jes s en sy vriend, Petrus – Lukas 22:31–34, 54–62
Die soldate het Jesus gevang en na die hoëpriester se huis geneem. Daar naby staan mense om ’n vuur om warm te word. Petrus, een van Jesus se vriende, stap soontoe. Skielik sê iemand: “Dié een is Jesus se vriend!” Doodbang antwoord Petrus: “Is nie!” Toe kom sê nog iemand dit. En Petrus sê hy weet nie wie Jesus is nie. Iemand anders sê toe: “Ek is seker hy ken vir Jesus!” Petrus sê hard: “Man, ek weet nie waarvan jy praat nie!”
24
Net toe kraai ’n haan. En Petrus onthou toe hoe Jesus hom gewaarsku het dat hy sou maak asof hy nie vir Jesus ken nie. Toe hy opkyk, kyk hy vas in Jesus se oë. Petrus bars in trane uit en hardloop weg.
Soek en Leer Help Amy en Sammy om die Bybel in die prent te vind. Die Bybel wys ons dat ons partykeer lelike dinge doen aan ander mense. Dit maak hulle baie seer. Dit laat ons baie sleg voel. Maar Jesus bly lief vir ons.
25
Onthou die Bybelstorie Hoeveel keer het Petrus gesê hy ken nie vir Jesus nie? Vertel wat toe gebeur het. Blaai terug na die prent op die vorige bladsy. Wat sien jy alles in die prent? Kyk na die gesigte en sê hoe die mense voel. Hoe dink jy het Jesus gevoel? Hoe het Petrus gevoel?
26
Gebed Here Jesus, ek is jammer as ek lelik met U of ander mense was. Dankie dat U my so liefhet dat U my vergewe. Amen.
Aktiwiteit Kyk mooi na die prent en na die kinders se gesigte. Wat sien jy? Hoe voel die kinders? Het jy al ooit so gevoel? Waarom het jy so gevoel? Onthou: Jesus het nooit opgehou om Petrus lief te hê nie.
27
7. Petr s en Johannes en die verla de
an
– Handelinge 3:1–10
Jesus se twee vriende, Petrus en Johannes, gaan tempel toe. Daar sien hulle ’n verlamde man wat sit en bedel. Petrus sê vir hom: “Kyk na ons!” Die man hou sy hand uit vir ’n geldjie. Petrus sê vir hom: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek baie graag vir jou. In die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!”
28
Net daar gebeur ’n wonderwerk. Die man staan self op. Toe hy besef wat met hom gebeur het, spring hy van blydskap in die lug en huppel al in die rondte. Hy lag en loof God sonder ophou. Die mense is verwonderd oor hoe groot en goed God is.
Soek en Leer Help Amy en Sammy om die Bybel in die prent te vind. Die Bybel leer ons: as God iets vir ons gedoen het, moet ons bly wees en vir Hom dankie sê.
29
Onthou die Bybelstorie Blaai terug na die vorige prent. Vertel die storie wat jy daar sien. Hoe voel die man wat verlam was? En Petrus en Johannes? Hoe voel die ander mense wat na die man kyk wat so spring?
Ons moet ook dankie sê vir al die goeie dinge wat die Here vir ons doen.
30
Gebed Here, ek wil U loof en dank omdat U elke dag so mooi en goed vir my en almal sorg. Amen.
Aktiwiteit Gesels oor al die dinge waarvoor julle dankie kan sê. Dink aan dinge soos jou familie, jou maats, skool, lekker sonskyn, genoeg kos, ’n warm bed, of bome wat skaduwee gee. Sit nou op julle hurke in ’n kring en speel ’n dankie-speletjie. Gaan in die kring om. Elkeen kry ’n beurt om op te spring en te sê: “Ek sê dankie vir ...” Hou aan totdat elkeen drie keer kon opspring.
31
Kopiereg ©2021 Christian Media Publishing Christian Media Publishing Posbus 3228, Matieland Poskantoor, Stellenbosch, 7602, South Africa www.christianmediapublishing.com Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike toestemming van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm of langs enige elektroniese of meganiese weg weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, bandopname of enige ander stelsel van inligtingbewaring. Reg no 2010/008573/07 Teks: © Ewald van Rensburg Illustrasies: © Magriet Brink Uitleg en ontwerp: Zelda Botha Eerste uitgawe, eerste druk 2021 ISBN 978-1-928437-23-9
’N DRUKNAAM VAN
CHRISTIAN MEDIA PUBLISHING
Vriende in die Bybel
ISBN: 978-1-928437-23-9
www.christianmediapublishing.com