Die gevolge van die hemelvaart[1]

Page 1

Die Gevolge van die Hemelvaart 10 Redes om Jesus se Hemelvaart the herdenk en te vier

COASTLAND HERLEWING SENTRUM Pastoor Marius Swart


DIE GEVOLGE VAN DIE HEMELVAART: HAND 1:9-11 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het. Act 1:9-11 And when He had said this, even as they were looking [at Him], He was caught up, and a cloud received and carried Him away out of their sight. 10 And while they were gazing intently into heaven as He went, behold, two men [dressed] in white robes suddenly stood beside them, 11 Who said, Men of Galilee, why do you stand gazing into heaven? This same Jesus, Who was caught away and lifted up from among you into heaven, will return in [just] the same way in which you saw Him go into heaven. INLEIDING: • Ons herdenk Jesus se Sterwe – op Goeie Vrydag • Ons herdenk Jesus se Opstanding – op Paas Maandag • Nou herdenk ons Sy Hemelvaart – Vir die dissipels was dit moeilik om te verstaan en te aanvaar : Hoekom ? Jesus verklaar in Joh 16 :7, “DIT IS TOT JULLE VOORDEEL DAT EK WEGGAAN” ….Jesus said, “I tell you the truth, it is to your advantage if I go away Daar was ‘n versteekte “Blessing” – IN SY VERNEDERING ( SUBMISSION ; HUMILIATION) Maar daar is ‘n Groter “blessing” – IN SY VERHEERLIKING (GLORIFICATION) ‘n KOORTJIE WAT ONS SING : LORD I lift Your name on high, Lord I love to sing your praises, I’m so glad You’re in my life; I’m so glad YOU came to save me….YOU came from heaven to earth; to show the way; From the earth to the cross, my debt to pay, from the cross to the grave, from the grave to the sky, LORD I LIFT YOUR NAME ON HIGH: Die Hemelvaart = is die AFRONDING van Jesus se aardse bediening - , 1Tim 3:16 leer ons ….: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid. 1Ti 3:16 And great and important and weighty, we confess, is the hidden truth (the mystic secret) of godliness. He [God] was made visible in human flesh, justified and vindicated in the [Holy] Spirit, was seen by angels, preached among the nations, believed on in the world, [and] taken up in glory.

WAAROM VIER ONS HEMELVAART ?

Hier volg tien “GEVOLGE van die Hemelvaart oftewel 10 REDES OM HEMELVAART TE VIER

REDE 1, dit merk DIE VOLTOOIING VAN SY AARDSE WERK. Joh 4:34 Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring..... Jesus bid in Joh 17:4 Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring. Volgens Joh 19:30 was Jesus se woorde op die kruis” Dit is volbring.” Maar dit het slegs gedui op die verlossingswerk, daar was nog werk wat moes gedoen word in die 40 dae na die Opstanding. Daarom bid Jesus verder …..Joh 17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.

REDE 2, Die Hemelvaart bevestig DIE EINDE VAN SY BEPERKINGS.

Joh 17:5 En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.


Na sy opstanding was Hy nog beperk , alhoewel Hy ‘n verheerlikte liggaam gehad het, maar met Sy Hemelvaart, is Hy nie meer GOD/MENS nie maar NET GOD. Jesus is herstel in volkome eenheid met die Vader.

REDE 3, -Met Hemelvaart vind die VERHOGING VAN ONS HERE plaas. Hy word verhoog tot Koning van alle konings en Here van alle here ; Fil 2:9 Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ‘n naam gegee wat bo elke naam is,

REDE 4, - Dit was die SEIN vir die UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES Hand 2:32-33 Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor. Jesus se woorde in Joh 16:7 …. want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;

REDE 5 , - Die Hemelvaart verseker die VOORBEREIDING VAN ONS HEMELSE TUISTE. In Joh 14:2-3 belowe Jesus “ Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” IETS OM NA UIT TE SIEN

REDE 6, - Die Hemelvaart VERWYS na JESUS se HOOFSKAP OOR SY KERK - Ons lees in

Efes 1… Aangaande die Here Jesus, “vers 20, “wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, vers 22-23 “En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. Christus is verhoog tot HOOF VAN DIE KERK. Hy is die HOOF van ‘n LEWENDE ORGANISME, Hy vul die lewende organism met SY PERSSONLIKE TEENWOORDIGHEID ; SY WIL en KARAKTER sodat ONS as kerk dit kan WEERSPIEEL…

REDE 7 : - Die Hemelvaart verkondig die ; DIE VYAND SATAN IS VERSLAAN. –

“Efes 1:21 bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. Efes6:12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. MAAR OMDAT JESUS VERHOOG IS BO ALLE OWERHEID en MAG ; daarom is ONS MEER AS OORWINNAARS

REDE 8: Hemelvaart dui op UITDEEL VAN SY WERK AAN BEGAAFDE MANNE. Paulus verklaar in Eph 4:11-13 “ En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; Jesus het belowe in Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.


Maar die opdrag in Hand 1:4 En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het.

REDE 9: , - Die Hemelvaart dui op DIE BEGIN VAN SY HOë PRIESTERLIKE WERK..…. Hebr 4:14-16 Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. Heb 7:25-26 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. 26 Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het;

TEN SLOTTE – REDE 10 :

SY HEMELVAART WAARBORG SY WEDERKOMS HAND 1:9-11 En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en ‘n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, SAL NET SO KOM SOOS JULLE HOM NA DIE HEMEL SIEN WEGVAAR HET. Kontak en Bestellings Besonderhede : Pastoor Marius Swart Sel : 0845970248 Posbus 302 Scottburgh 4180 Epos: marius@coastland.org Webtuiste: www.coastland.org

Bankbesonderhede : M.Swart NEDBANK Rek no: 1051703883 Takkode: 198765

Whatsapp ons by 0845970248 En ontvang elke oggend WOORD-op-‘n –DRAFSTAP


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.