courant swartland en weskus
tel: 022 487 3221
Uitgawe 232
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
24 Julie 2013
hugenotestraat 24, malmesbury
In die reën: Die deurdringende reën in die Swartland word hier bekyk deur jong kinders wat Vrydag in Illingelethu op Malmesbury nie langer binnegehou kon word nie. In sommige dele van die Swartland is tot 60 mm reën vir net Vrydag gemeet.
•Gesaaides ‘kan nog mooi raak’
Stortreën ‘normaal’ Nadat stortreën sedert Vrydag baie mense bekommer, sê Cedric Stoch van Droërug buite Malmesbury dat dit nie ongewoon is nie: “Ons het 60 mm gemeet. Dis die patroon dié tyd van die jaar – mense se geheue laat hulle net in die steek as hulle dink dis abnormaal. Verlede jaar se reën van 1 tot 22 Julie was 106 mm, ter wyl vanjaar s’n op 22 Julie op 71 mm gestaan het. Tot nou het ons 435mm reën (vir 2013) gehad teenoor die 336 tot einde Julie 2012 - 99 mm meer as verlede jaar.´ Uit sy aantekeningboek waarin hy die reën valsyfers sedert 1974 neerpen, verduidelik Stoch waarom hy baie moed vir vanjaar se gesaaides het, al lyk die reënvalpatroon vreemd vanjaar: “Vanjaar se April het lieflike reën gegee – elke week 15 mm tot 17 mm, met 45 mm teen middel
Madiba se dag: foto’s
April. Toe kom Mei se hitte en min reën, sodat die gesaaides nou ‘odd’ lyk – op dieselfde land staan dit ongelyk, so asof dit swaar getrek het. “My pa het altyd gesê ‘n mens moet oppas vir Queen Victoria se verjaardag (28 Mei) want daardie reën is swaar! Verlede jaar se reën in saaityd het mooi stelselmatig gekom, met ‘n storting teen einde Mei (32mm).” In Junie van jaar het die Swartlandse grond volgens Stoch se syfers 188 mm gekry. “Die afrekeningsmaand is September – as die gesaaides wegspring en begin groei, kan die oes nog baie mooi raak! Maar onthou, te veel hitte kan veroorsaak dat die koring skielik blom en die meeldrade brand – niks hiervan is die beskikking van die mens nie.” Op die plaas Wylands sê John Duckitt dat Ju
Bome pienk vir Kansa
nie se reën ‘opgemaak’ het vir Mei se droogte. “Junie se gemiddelde reënval was dubbeld dié van 2012. 83% van die gemiddelde reënval vir Juliemaande het reeds tot Maandag geval. Die koue weer wat ons nou het, is goed vir die graan.” Hy stem saam dat die groeityd nog her stel en ewewig in die koring se groei en prestasie kan bring. Hoewel Duckitt die goeie reënvalsyfer ver welkom, beskryf hy die ideale reënval as sag en deurdringend, sodat die water kan intrek. “Ons sien dat die grondwater nou weer mooi begin opbou nadat ons van 1998 tot 2008 ‘n droë siklus gehad het. Dit behoort ‘n goeie blomjaar te wees!” Duckitt se familie teken al van 1865 af die reënvalsyfers en weersiklusse aan en sy eie dokument dateer uit 1911.”
Trekkers op Ploegdag
2
NUUS•News 24 Julie 2013
•Verkeer in buurt ook bekyk
Bouwerk aan Weskus Kollege se kampus kan spoedig begin Komberse teen die koue: Die Swartlandse inwoners dra steeds ruim by vir die behoefte aan warmte en geselligheid tydens die koue wintermaande, daarom kon die courant nog ‘n skenking van komberse maak aan die ACVV-tak van Riebeek-Kasteel. Karools Peterson, Freda Bruwer en Ina Hanekom ontvang hier die komberse, wat weer uitgedeel sal word onder behoeftige persone. die courant bedank almal wat so ruimhartig bydra vir die projek.
Veteraantrekkers ruk op vir Ploegdag Die Swartland Veterane en Enjin-klub se jaar likse Ploegdag word Saterdag by Abbotsdale naby Malmesbury aangebied. ‘n Opkoms van minstens 500 mense word verwag. Die Ploegdag het in die verlede al meer as 1000 mense byeen gebring. Volgens Ferdinand van Rensburg, sekretaris van die Swartland-klub, sal heelwat nuwe uit stallers vanjaar hul buiging maak, en sal daar saam met die musiek hope kosstalletjies wees. Die groot aantrekkingskrag is egter die slee kompetisie ten einde te sien watter trekker die sterkste trek en die veteraantrekkers wat reeds 10:00 aan die ploeg spring. Verlede jaar het oor die 50 veteraantrekkers meegeding. Veteraantrekker-aanhangers vanoor die hele Wes-Kaap word op die Ploegdag verwag. Verlede jaar se Ploegdag het ongelukkig uit gereën - daarom dat Van Rensburg duim vashou.
‘’Ons hoop Saterdag gaan ‘n sonskyndag wees,’’ het hy aan die courant gesê. Die Ploegdag begin om 9:00 en duur die hele dag. Om by die plaas te kom, volg die Durbanville pad uit Malmesbury en draai dan af na Kalbaskraal. Volg die pad vir 5 km. Aan die linkerkant sal ‘n bord wees wat die plaas aandui. Ploegdagentoesiaste wat met die N7 kom, kan die Ab botsdale-afdraai neem en ry tot waar die pad in Abbotsdale doodloop. Draai dan regs en 1,5 km verder sal ‘n bord die plaas aandui. Van Rensburg kan by 082 719 7017 gebel word ten einde navraag te rig. Die toegangsgeld is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders. Daar is ook ‘n kroeg vir trekker liefhebbers wat ‘n drankie wil geniet, asook ‘n springkasteel, speletjies en ‘n hanswors vir die kinders. Vir die rugbyliefhebbers sal daar ‘n grootskerm-televisie wees om die sport te volg.
Die eerste sooi vir die langverwagte nuwe Malmesburykampus vir die Weskus Kollege (WKK) kan moontlik nog vandeesmaand gespit word, nadat die finale goedkeuring verlede week tydens die Swartland se uitvoerende burgemeesterskomiteevergadering hiervoor verleen is. Dit behels die eerste fase van die kampus, naamlik die oprigting van die eerste geboue waarin 22 klaskamers gehuisves sal word op ‘n gedeelte (erf 3546) van die beplande ontwik keling aangrensend aan Loedolfstraat en die Loedolfhuis-erf. Fase twee van die ontwikkeling word beplan as die bou van die administratiewe blok op die terrein waar die Duineveldslaghuis nou is. Volgens plan sal die geskiedkundige Loedolfhuis omskep word in ‘n kafeteria/restaurant, so dat die studente wat gasvryheidstudies studeer, hul praktiese ure daar kan verrig. Omdat dit binne die historiese kern van die dorp lê, moes verskeie argitektoniese elemente in ag geneem word om te verseker dat die straat fasades en arigtektuur in harmonie met die omgewing sal wees. Weens die toename in die verkeer met onder meer die nuwe kampus en beoogde McDonaldskitskosrestaurant suid van die rivier, word onder soeke nou gedoen na die aanpassings wat nodig sal wees om die verhoogde verkeer te dra. Daar word tans beplan om in ‘n verdere fase
parkering op grond oos van Kerkstraat in te rig en ‘n deel van Loedolfstraat in ‘n eenrigtingstraat weswaarts te verander. Die heel onderste deel van Loedolfstraat wat aansluit met Voortrekker weg bly dan ‘n tweerigtingbaan. Die ontwikkelaar voorsien ‘n verhewe voetoorgang in Loedolfstraat, asook ‘n vernouing wat die einde van die tweerigtingverkeer sal aandui. Verder sal die ontwikkelaar ook haltes vir die open aflaai van studente aanbring. As deel van fase 1 moet die ontwikkelaar op die interseksie van Bokomo- en Voortrekkerweg ‘n bykomende regsdraai-baan in die suidelike rigting van Voortrekkerweg aanbring, asook ‘n eksklusiewe regsdraai-baan in die noordelike rigting van Voortrekkerweg met die interseksie met Rainierstraat. Ondersoeke oor die verbreding van die bestaande brug oor die Dieprivier het ook reeds aangedui dat die bestaande brug verbreed kan word na drie bane (twee inkomend in die dorp en een uitgaande). Dit sal veel minder uitgawes meebring as dié drie bane op die bestaande brug bloot aangevul word met ‘n voetgangerbrug, as wat ‘n nuwe brug vir voertuie sou kos. Die groeiende druk op Bokomoweg, waar ‘n R300 miljoen-projek nou voorsiening maak vir 11 nuwe silo’s, stel ook nuwe uitdagings aan die verkeersvloei aan die suidwestekant van die dorp en geniet ook aandag in geheel met die Voortrekkerweg-kruising.
Minister wens SM geluk met ontwikkelingsplan
Die Wes-Kaap se Minister van Plaaslike Regering en steeds ‘n inwoner van Malmes bury, Anton Bredell, het pas die Swartland Munisipaliteit (SM) skriftelik gelukgewens met sy begroting en Geïntegreerde Ontwikke lingsplan (GOP) en gesê dat hy dit as realisties en implementeerbaar beskou. Bredell het die sterk punte van die SM soos volg uitgewys: * Die opstel van die Ruimtelike Ontwik kelingsraamwerk (ROR), wat in lyn is met die beginsels van die Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk. Dit versterk die standhoudendheid van gesonde ontwikkeling. * Duidelike aanduidings m.b.t. watervoor siening, sowel as agterstande van beplande behuisingsprojekte. Die feit dat die SM die beskikbaarheid van water as voorwaarde vir ontwikkeling stel, word ook geloof. Hier voor het die SM ‘n vyfjaar-kapitale begroting opgestel, gespesifeer in detail per dorp. * Die vaslegging van ’n strategie m.b.t. tot Menslike Nedersettingsontwikkeling met ver wysing na die munisipaliteit se doelwitte, wat
in lyn is met die Nasionale Ontwikkelingsplan. * Die SM het alle voorstellings vir verbete rings ernstig opgeneem en dit geïnkorporeer met die opstel van die begroting en die GOP. “Dit is vir die hele provinsie belangrik dat munisipaliteite hul ontwikkelingsplanne ern stig opneem en sterk leierskap deur die kan toor van die munisipale bestuurder toon,” lui die brief verder. “Die wyse waarop die SM sy menslike en finansiële bronne kundig aan wend, word ook raakgesien. Só verseker ons dat die ontwikkeling van ons dorpe nie net ‘n ‘wish list’ bly nie, maar dat dit dinamies geïm plementeer word.” Volgens die burgemeester, Tijmen van Es sen en Joggie Scholtz, munisipale bestuurder, is dit lekker om erkenning te kry, veral omdat beplanning en die implementering van die korrekte strategie ‘n tydsame proses is en van kardinale belang vir volhoubare ontwikkeling. Van Essen het sy dank aan die personeel uitgespreek wat verantwoordelik was vir die leiding in die opstel van die plan.
Choose the best. Choose Brito’s BULK DELI Smoked Russians
15.99
p/kg
Pork Texan Steak
38.99
p/kg
A Grade Sirloin Steak
69.99 p/kg
Tenderised Steak
Prices valid at all Brito’s stores excluding Wynberg from Wednesday 24 July until Saturday 27 July 2013. While Stocks Last. E&OE
Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
42.99 p/kg
1kg Country Mix Veg
13.99 each
3
NUUS•News 24 Julie 2013
•projek vat pos op Malmesbury
Eerste bome word Pienk vir Kansa
In ‘n landwye inisiatief om aandag op vrouekankers te vestig, word soveel as moontlik mense aangemoedig om ook bome in hul omgewing met pienk ‘oor te trek’. Die pienk materiaal word verkoop as insamelingsinisitief vir Kansa en is by die Kansa-kantoor in Truterstraat beskikbaar. Marieta Botha het meegewerk om 3000 m materiaal geskenk te kry vir die projek. Botha sê van elke meter pienk lap wat iemand in Malmesbury koop, word 20% vir administrasiekoste toegesê, terwyl Kansa op die dorp die enigste begunstigde is. Die Malmes bury-kantoor lewer dienste aan kanker pasiënte reg oor die Swartland, asook Porterville en Piketberg.
Oktober is geoormerk as die maand wanneer inwoners van Malmesbury hul bome asook dié op munisipale grond in pienk kan tooi om die aandag op vrouekanker te vestig. Intussen is daar niks wat inwoners verhoed om nou reeds be trokke te raak en die pienk bood skap op hul eie grond te begin uitdra nie. Die eerste bome is reeds in pienk getooi. * Die versiering van bome het in 2008 in Suid-Afrika posgevat toe die landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe en kunsstudente van die Universiteit Stellenbosch 393 bome in Dorpstraat op Stellen Lisna Hugo en Hester Smit van Kansa en Johan Viljoen (die courant) wys hulle bosch in bloedrooi lap toegedraai ondersteuning vir die projek.
17de Eurokamp ‘sal weer horisonne verbreed’
Agter: Chris Hunsinger, Annamart Steyn (HSS), Jedwynne van Schalkwyk (Vooruitsig Primêr), Shaun Davids (HS Graafwater), Kyle Laubscher (Vooruitsig), Marige Carstens (Hoërskool Dirkie Uys) en Rowan Stringer (Vooruitsig Primêr). Middel: Ilse Loock, Elouna Louw (Graafwater), Millie Abrahams (Vooruitsig), Aljoe Beziek (HDU), Nelia Bester (HDU) en Stehan Visser (HDU). Elf hoërskoolleerders vertek Saterdag na die Günthersberge in Duitsland, waar hulle vir twee weke deel sal vorm van die 17de Eurokamp daar. Dié klein dorpie met 900 inwoners sorg jaarliks vir ‘n ondervinding van ‘n leeftyd vir jeugdiges uit 20 lande. Tydens die afskeidseremonie verlede week, is die ouers gerusgestel dat die volwassenes wat die kinders vergesel, baie ondervinding het – Kiewiet van Rooyen (WKDM) en Ilse Loock (van die Swartland Munisipaliteit), vergesel beide die Eurokamp-groepe vir hul vierde jaar. Ondervindings soos ‘n rit op ‘n trein met ou houtwaens en ‘n lokomotief wat op ‘n smalspoor wat deur die woude en berge na Kwettenburg kronkel, asook ‘n sport-olimpiade, ‘n museum
van ouer as 1 000 jaar, ‘n besoek aan die par lement waar die jeug-verteenwoordigers kan vrae vra en deelneem aan gesprekke, die mil leniumtoring wat die ontwikkelingstadia van die Steentydperk af tot nou in detail uitbeeld asook die pragtige katedraal in Günthersberge, is maar net ‘n paar van die besoekpunte waarna hierdie kinders kan uitsien. Die burgemeester, Tijmen van Essen, het die leerders speels aangemoedig om vuvuzelas saam te neem en ds. John Sling ers het hulle beloof dat hy hulle daagliks aan die Here se sorg sal toevertrou. Die leerders het gegroet met hul treffende gumbootdans, ‘n tipies Suid-Afrikaanse dans, en afgerig deur Bernice Valentine van Schoonspruit Sekondêr.
het. Dié rooi lap het agt kilometer beslaan.
Twee van die bome op die courant se perseel is ook met pienk materiaal toegedraai.
menings•opinion
courant
24 Julie 2013
die
4
Wat ons het, is nie altyd óm ons nie
Die laaste tyd baie gereën - vir partye goed, vir ander nie. Daar is twee uiterstes van omtrent als. As ek nie genoeg het nie, het ek te min. As ek nie tevrede is nie, is ek ontevrede. Die een soek sonskyn en die ander een reën. Dit is gegewe, maar wat maak ek met dit wat ek kry? Met die kaart wat my gedeel is. Meer nog, gun ek ander voorspoed. Kyk ek soms af (nie neer op ander nie) om te besef wat ek het. Of loop ek opkyk-opkyk en sien ander se oënskynlike weeldegeluk en kla in my gemoed oor die te min wat ek besit. Gaan ek soms in my buurt of bietjie verder en kyk soekend om te sien wat ander NIE het nie dat ek ALTYD ALTYD meer het as wat tientalle ánder het. Ja, die reën val nie altyd op mý en jóú tyd nie en die son skyn nie altyd soos ek en jý dit soek nie, maar hoeveel verder kom ek nie as ek tevrede is en juis kop omhoog (in genade) die een oplossing na die ander vind nie. Dan eerder daarheen strewe as daaroor kla. Daar is dikwels soveel meer toekomstige voorspoedskatte opgesluit juis in hierdie sege oor ondankbaarheid. Bitter belangrik om ná bestekopname, na binne te belê. Wat ons het, is nie altyd óm ons nie, maar ín ons. En, kán ons dít verloor as die maer jare kom?
It’s Good News
dr. Marc Blackwell Snr.
Are you able to comfort others?
Do you wonder or question if you will be able to comfort a friend or relative who is Facing a life crisis? “Grace” or “CHARIS” (X A P I S) are our words of “testimony” or our personal words of assurance to others facing insecurity, doubt or fear. Our ‘testimony’ is formed in our life walk with the Lord. Through our relation ship, through our experience and based on the sure foundation of His Holy Word we live-out and share with others our unwavering commitment or our testimony of the reality of God’s grace. Peter assures us that this “...Testifying that this is the true grace of God.” comes from our willingness to “Stand firm in it.” (this grace from God) 1 Peter 5:12 … to stand firm in the belief and assurance of God’s Grace our selves. To encourage others is to testify or to live-out a life that reassures others that God is faithful and gracious. 2 Corinthians 1:3-6: (3) Blessed be the God and Father of our Lord Jesus Christ, the Father of mercies and God of all comfort. (4) Who comforts us in all our affliction so that we may be able to comfort those who are in any affliction with the comfort with which we ourselves are comforted by God. “Grace” and “mercy” sisters in the family of God’s goodness are made available by the God of all comfort to those facing life’s many crisis situa tions. Yes, but where do I find the words, the assurance, the testimony to reassure my friends of family? The answer: from God’s comfort that He has given you when you faced some similar crisis. Your ability to comfort comes from having been comforted yourself by God.
Dis blomtyd: Daisies sprei reeds laat-Julie hul vlerke onder ‘n wasgoedlyn in Hopefield. Volgens alle aanduidings lê ‘n goeie blomjaar in die Swartland en omstreke voor.
Hansie en Grietjie en die broodkrummels Ek het my al baie verwonder oor al die probleme wat kinders in klassieke kinderverhale aanhoor: Hansie en Grietjie se stryd teen die bose stiefma (en papperige eie pa); Duimpie se gesukkel met sy eie grootte (of die gebrek daaraan), Rooikappie en die Wolf, en om nie van die smart-vraat-storie oor die Lelike Eendjie te praat nie! My gunstelingstories bly die Rooibruin Hen (wat ‘against all odds’ aan die swoeg bly terwyl haar lui maats net wil eet), die musikante van Bremen en die arme bababokkie wie se ouer boeties die voordeur oop maak vir die wolf met witgepoei erde pootjies - arme jongste kind in só ‘n gesin! Eers toe ek ouer raak, het ek besef dat die ritse probleme in die kinderverhale ons onbewustelik voorberei vir die grootmenswêreld. Terwyl die kinders daardie sto ries móét aanhoor, is die preek wat ek daaruit neem, dat ‘n mens nooit jou broodkrummels moet weggooi nie – kyk net hoe rigtingbedinges het dit vir Hansie en Grietjie ge laat. Daarom koester ek belangrike dinge soos my godsdiens, my gesin, my boeke en kosbare herinneringe, want dit is die broodkrummels in my sak, wat my help onthou wie ek regtig is en waarheen ek op pad is. Van my lekkerste herinneringe is die kontant sêgoed van kinders: Bidtyd vir ‘n vierjarige: ‘Dankie
vir die reën vir die Asraeliete. Help asb. dat hulle die koning sal wen en al die skelms sal doodmaak.’ Ná huisgodsdiens: *Dis darem jam mer dat Moses moes dood gaan. Hy was so ‘n goeie outjie ... * Oor die manna in die woestyn: Daardie wit kaas wat ons in die ys kas het ... (maaskaas) * Ek is net vir twee mense bang – vir Wilde Jesus en vir myself. In die speelskool ..... *Met die verkiesingstyd op hande, vertel die tannie hoe die stemmery werk. Die maats in die speelskool vertel geesdriftig vir wie hul ouers stem, maar die bal behepte Wilhelm sê ferm: My pa stem vir die Wee-Pee! * Dit is winter en die tannie ver tel van diere wat hiberneer. Neelsie luister verstom – diere wat in die
donkerte bly vir die hele winter lank? en vra bekommerd: “Het hulle darem ‘n TieVie daar?” * Die kinders luister al vir weke lank na die uitgerekte verhaal van Moses en die koning van Egipte. Elke keer as die koning kamtig sag raak en samewerking belowe, bid Moses dat die plaag opge hef word. Teen die negende plaag kan Divan dit nie meer uithou nie. Toe Mo ses wéér gaan bid, laat hy kliphard hoor “Ag nee man, Moses!” Die waarnemings wat hulle maak: Melienke (2) sien die windpomp op die plaas en sê verstom: Gróót waaier! Melienke (4) oefen saam met haar ma antonieme. Uit die bloute laat sy hoor: “Mamma is oud en ek is nog nuut.” Eendag is Jannike (4) glad nie lus vir speelskool nie en soek ‘n uitkomkans: “Mamma, kom ons kyk eers of Jesus nie vandag kom nie. As Hy nie kom nie, laat ek dan skool toe gaan.” Soms raak ons in ons grootmenslewe uit broodkrummels uit, want ons gooi dit weg op plekke waar ondankbare voëls dit oppik voordat hulle wegvlieg en ons alleen laat. Is dit ooit te laat om weer daardie voorraad in jou broodsakkie op te bou? Ek glo dis ooit te laat nie – skryf jou positiewe herinneringe en seëninge neer, maak jou eie juig-, treur-, bieg- en vreugdepsalms, herevalueer weer ‘n keer jou voornemens, jou doelstellings vir jou eie lewe en jou belangstellings. Benut elke oomblik, gryp elke kans aan, lag en léwe!
nuus • news 24 Julie 2013
Porterville vier 150 jaar
Porterville vier sy 150ste bestaansjaar met ‘n weeklange fees van Vrydag 16 tot Sondag 25 Augustus. Die Gala-opening van die Porterville 150 Fees is op Vrydagaand, 16 Augustus, om 19:00 in die Feestent langs Porterville-kelder. Die televisie persoonlikheid Quinton Manuel sal die ver welkoming en bekendstelling behartig. Die Porterville Jeugkoor, die Betjiesfontein Rieldansers, Allen the car guard, die Abe Lands bergorkes en DJ Sexy sal ook hul slag wys. Toe gang is gratis. Op Saterdag 17 Augustus is daar ‘n pretloop wat begin by Hoërskool Porterville en eindig by die skougrond. Die Brigade-orkes en Korrektiewe Diensteorkes sal vir die musiek sorg, tesame met ‘n wyntuin, met die Pop Idols-wenner Jody Wil liams wat om 16:00 feesgangers sal trakteer, gevolg deur Arista om 18:00 en Christo en Cobus om 19:00. Dit is ook die dag van die jaarlikse interskole tussen Porterville en Piketberg. Buiten die sport sal daar kuns- en boekuit stallings in die biblioteke en Rendezvous aange bied word. Die museum sal van 9 :00 tot 17:00 oop wees vir besoekers. Op die dorp se markplein begin om 9:00 ‘n Proudly Porterville Markdag en by die Porter ville-dam duur die Visvang Bonanza van 7:00 tot 17:00. In die Feestent is die kunstenaars vanaf 11:00 Bernie’s Band, van 12:00 DNL Projects, van 16:00 DJ Fano, vanaf 17:00 Viljoen Retief, 18:00 DNL Projects, 19:00 Anton le Roux, 20:00 Jody Wil liams en vanaf 20:00 tot 2:00 is dit tyd vir die Battle of the DJ’s Biga/Conroy/Super Cat. Sondag 18 Augustus word die kuns- en boekuitstallings voortgesit en van 10:00 tot 15:00 gaan Rastafariërs van 10:00 tot 15:00 kuns, handwerk en reggae-musiek op die mark plein uitstal. Vanaf 16:00 tot 20:00 is Men Blessed, Dumisane Broers, Bella en die Voorberg Gospelkoor, asook skoolkore van Porterville, Voorberg, Willemsvallei en Riebeekvallei in aksie tydens ‘n gospelkonsert in die Feestent. James Temper sal die aankondigings doen. Gedurende die week is daar op Maandag om 9:00 ‘n historiese besigtigingstoer, weer die Ras tafiërs op die markplein, maar hierdie keer met ‘n kruiedokter en kruie. Dinsdag kom die Clanwilliam Rieldansers en Burger le Roux in die wyntuin aan die beurt, gevolg deur ‘n kultuuraand by die Hoërskool. Donderdag word die dorp se geskiedenis met blomme uitgestal, gevolg deur plaasaktiwiteite en die Witzenbergrieldansers. In die NG Kerksaal is daar ‘n Damesoggend met Sarah Theron. Vrydag is daar ‘n bergfietswedren vir skoliere en om 18:00 kom Wynand Windpomp aan die beurt, gevolg deur die Betjiesfontein Rieldansers, voordat die Mej. Porterville-kompetisie begin. Saterdag kry die Kaapse Klopse en Gumbootdansers ‘n kans en Mej. Porterville en haar prinsesse word op ‘n optog deur die dorp ge neem. Sondag is daar ‘n kerkdiens om 10 :00 wat deur ‘n opera gevolg word.
Boeredag op Fairview
VinPro se Boeredag oor die Wingerdblokkom petisie in die Swartland-streek begin vanoggend om 9:30 op die plaas Fairview van Hennie Ros souw. Dis net buite Malmesbury op die Darlingpad. Die program sluit in ‘ n demonstrasie van bat tery-aangedrewe snoeiskêre deur Gys Lieben berg, direkteur van Felco SA. Daarna word vertrek vir ‘n besoek aan die Heerenhuys, Malmesbury. Daar sal Abrie Bee slaar, wynmaker van Kanonkop, praat oor: ‘’Bos stok: Invloed op wynkwaliteit en –karakter.’’ Dit word gevolg deur Liebenberg wat sal praat oor die korrekte keuse en onderhoud van snoeiskêre, voordat terugvoering oor die kom petisie gegee sal word, gevolg deur die oorhan diging van pryse. Navraag kan aan Annamarie van Onselen by 021 807 3027 gerig word of aan vonselen@vin pro.co.za per e-pos.
s c 1 6 9 2 6 _ wh y _ s h o p _ a r . p d f
Pa ge
1
2 0 1 3 / 0 7 / 2 3 ,
4 : 0 8
PM
5
6
kalender•diary 24 Julie 2013
swartland: kalender - diary
Sunflower Fund op Malmesbury 25 Julie - Die Sunflower Fund is in die Malmes bury-stadsaal van 15:00 tot 19:00 om skenkers te registreer. Vir inligting om in Malmesbury by die Beenmurg-register aan te sluit, bel 0800121082 tolvry voor 19 Julie 2013. Vir meer inligting omtrent die hele proses be soek die webwerf www.sunflowerfund.org.za Swartland Ontwikkelingsforum in Stadsaal 24 Julie - Die Swartland Ontwikkelingsforum vergader in die Malmesbury stadsaal se ban ketsaal van 9:00 tot 12:00. Onderwerpe soos middelafhanklikheid, vakansieprogramme, misdaad-navorsing en opvoedkundige pro gramme sal bespreek word. Toegang is gratis en alle belangstellendes is welkom. AGS hou biduur 24 Julie - AGS Riebeek-Wes hou om 19:30 ‘n biduur. Almal is welkom. Kontak past. Clifton Fredericks by 0761585471 ten einde navraag te rig. Boeredag op Fairview 24 Julie - VinPro se Boeredag oor die Wingerd blokkompetisie in die Swartland-streek begin om 9:30 op die plaas Fairview van Hennie Rossouw. Dis net buite Malmesbury op die Darling-pad. Die program sluit in ‘ n demon strasie van battery-aangedrewe snoeiskêre en ‘n besoek aan Heerenhuys. Navraag kan aan Annamarie van Onselen by 021 807 3027 gerig word of aan vonselen@vinpro.co.za per e-pos. Fokus op mansgesondheid In Julie fokus Kansa op mansgesondheid: Besoek ‘n deelnemende dokter (Malmesbury: Dr. Lategan/Dr. Van Zyl - 022 4824788 /Dr. Brits & Vennote - 022 482-1640 / Dr. Fry - 022 486-4355 / Dr. Nel/Dr. Neethling - 022 482-2552 / Dr. Van Niekerk - 022 4824589 / Dr. Kritzinger - 022 482-113. RiebeekWes/Kasteel: Dr. Oosthuizen: 022 461-2517 / Yzerfontein: Dr. Walters - 022 451-2941) en laat doen ‘n PSA (prostaat spesifieke antigeen) toets @ R85. Kontak Hester Smit by KANSA 022 482-1111. West Coast Bird Club Meeting 24 July - West Coast Bird Club’s July meeting takes place at 18:30 for 19:00, at Windstone Centre on the R45 to Hopefield. The speaker will be Tony Williams whose topic is his work with the several penguin species he encoun tered on Marion Island. The modest R20 fee covers home-made soup and bread after the talk. All welcome! More information: Jeannie 082 571 6367 Rubberbootmarathon op die Bergrivier 24 tot 27 Julie - Die 23ste Bergrivier ten bate van die Kinderkankerstigting (Choc) oor 240 km en vier dae, met drie konserte. Skakel Wellene Langenhoven by 083 6553299 om te reël vir kaartjies. Rugbyklub hou Piekniekdans 26 Julie - Wesbank Rugbyklub hou ‘n ‘Piekniek dans’ om 20;00 met die orkes New Strings. Skakel Teen Lategan by 0837457794 of Andre Adams by 0837972858 vir kaartjies. Wynparing met plaaslike talent 26 Julie - Hoërskool Dirkie Uys bied ‘n kom binasie van plaaslike munsiektalent en wyne van Riebeek Cellars in die Jan Basson-saal op Moorreesburg aan @ R100 pp. Kontak Stephan Basson by sport@dirkieuys.co.za of by 083 452 8032. AGS Potjiekoskompetisie 27 Julie - Die AGS Corpus Christi op Malmes
bury bied ‘n Potjiekoskompetisie vanaf 8:00. Susan Smit is by 082 214 2511 vir navraag. Ploegdag van Swartland Veteraneklub 2013 27 Julie - Die Swartland Veterane en Enjin-klub hou jaarlikse ploegdag net buite Abbotsdale. Skakel Ferdinand van Rensburg by 082 719 7017 indien u meer wil weet
Food and Wine pairing:
Groote Post Wine Estate near Darling joined forces with Geelbek Restaurant near Langebaan for a unique wine and food pairing on Saturday. At the event were Neil and Wendy Davids representing SA National Parks, Elmarie Leonard (Geelbek Restaurant) and Annelie and Nick Pentz from Groote Post.
‘Bootsale’/Markdag op Moorreesburg 27 Julie - Moorreesburg toersime se gewilde markdag op die museumterrein, van 8:00 - 12:00. Die inskrywingsfooi is R30 per stal letjie - kom koop of verkoop enige item. Skakel Annelize @ 022 433 1072 / 0825740357. AGS hou Manne-diens 28 Julie - AGS Riebeek-Wes hou om 10:00 ‘n Manne-diens. Almal is welkom. Kontak past. Clifton Fredericks by 0761585471 ten einde navraag te rig. Piet Byleveld op Yzerfontein 29 Julie - Die Yzerfontein Buurtwag bied dié gesprek om 19:00 in die NG Kerk met Byleveld aan ter stywing van hul fondse. Kaartjies teen R50 by Buddy de Beer by 022 451 2320 of 083 2347 319. Darling Presbyterian Church 2-4 August - Flower Ministry from 10:00 to 17:00 daily. The theme is “The Master’s Men”. Entrance free. Light refreshments on sale in the hall. For further info contact 084 441 3091, rev Ian Bernhardi.
Also attending the event were Alan Hughes, and André and Annemie Koch.
Speletjies- en karaoke-aand 3 Augustus - Wesbank Rugbyklub hou ‘n speletjiesaand met karaoke in die Wesbank Gemeenskapsaal vanaf 20:00. Toegang is gratis. Kontak Hennie Lategan by 082 897 5189. PPC Marathon, Halfmarathon 3 Augustus - Die PPC Marathon oor 42,2 km en Halfmarathon oor 21,1 km word in die Riebeekvallei aangebied, met 22 Julie as sluitingsdatum vir inskrywings. Besoek www.championchip.co.za vir nader inligting. Museum hou Jaarvergadering 6 Augustus - Die Malmesbury Jaarvergader ing hou sy jaarvergadering om 19:00 by die Museum. Alle belangstellendes is welkom of skakel Lyn Marais by 022 4822332.
Roets sing
: Matthys Roets het verlede week op Malmesbury opgetree en met sy kenmerkende balladestyl weer bewys waarom hy steeds vol sale lok. By hom op die foto is Jané van Litsenborgh (voor) en Hetta Saunderson en Bertina Horne (agter).
Vroue-oggend vir Liebenberg Primêr 9 Augustus - ‘n Vrouedagfunksie in die Malmesbury Stadsaal, gereël deur LeonoreEve Lakey (gr. R-leerder) en haar ma, met die oog op die debutantebal in September. ‘n Oggend van stalletjies, spreker Nora Marais, eetgoed en gesellige verkeer @ R80 pp. Skakel Evangeline Lakey by 073 876 4411 vir kaartjies. Jannie Mouton praat op Malmesbury 7 Augustus - Die sakemagnaat en uitvoerende voorsitter van die PSG-groep, Jannie Mouton, praat om 7:30 by die Swartland Besigheidsnetwerk. Sy groep se filiale sluit in Capitec-bank en die Curro-skole. Dit word in Janno’s in die De Bron-winkelsentrum op Malmesbury aangebied. Dit kos R120 en R80 vir lede. E-pos Nora Marais by nora@atmalmesbury.co.za ten einde navraag te rig.
Drome:
Suné Botha, hoofmeisie van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, en haar ma, Tania, het Saterdag ‘n suksesvolle Ma-en-Dogter-tee aangebied. Die doel van die dag was om geld in te samel vir die organisasie “Reach for a Dream” en hulle het geld geïn om drie drome waar te maak. Saam met Suné en Tania is Louwtjie Rothman, gaskunstenaar.
nuus•news
7
24 Julie 2013
Wind:
Hopefield Wind Farms by Koperfontein, ‘n R1,5 biljoen-projek, is reeds aan die ontwikkel en beoog om 37 windturbines op te rig. Die 95 m-hoë strukture wat nou hier opgerig word, is maar net die eerstes vir die streek. Sien ook die courant van 8 Mei 2013.
•‘regte resep is Kennis, regte insteldheid’
Drankforum pronk nou met 80 man
“Die Swartland Drankforum het met 20 lede begin en vandag is ons 80-man sterk,” het die voorsitter van die Swartland Drankforum (SDF), Morris Uberstein, verlede week tydens die vergadering met 118 mense teenwoordig, gesê. Hy het verwys na die gees van behulpsaam heid wat onder lede bestaan. “Om ‘n verenigen de forum te hê, is beter as ‘n klomp losstaande groepies. Hier speel die SDF se webtuiste by www.swartlandliquorforum.co.za ook ‘n groot rol. Verskeie drankforums in die areas rondom ons vra die advies van die SDF – ons verkeer in ‘n tyd waarin ons almal aan die groei en leer is.” Uberstein het verwys na die inspeksies wat die polisielede doen op die persele van die lisen siehouers. “Moenie die SAPD beskou as mense wat jou wil kom uitvang nie. Hulle kom nie by jou aan om te intimideer nie, maar om te help en te ondersteun. Om kennis en die regte ingesteld heid te hê, is dié resep vir die voldoening van die vereistes.” Hy het die Swartland Munisipaliteit geloof vir hul rol in die vinnige daarstel van die bywette oor veral verkoop-ure, asook die publikasie en wettiging daarvan. Dié proses is verlede jaar af gehandel.
“Ons wag nog net vir die formele toestem ming, maar ons begin nou reeds werk aan ‘n reeks programme in skole om die gevolge van drankmisbruik na die jeug te neem. Ons moet hulle leer wat is verantwoordelike drankgebruik. Verder het ons ‘n fonds gestig wat jaarliks dié gesinne gaan ondersteun wat geruk word deur ‘n ouer se drankverslawing.” Die uitvoerende hoof van die Drank-ower heid in die Wes-Kaap, Thys Giliomee, het dié inisiatief van die SDF in die skole geloof en gesê hierdie tipe aksie is nodig in die skole, omdat dit in navorsing as ‘n hoë-risiko gebied bestempel word. Oor die agterstand wat die Drankowerheid het in die aansoeke van lisensie-houers, het hy gesê dat dit vinnig krimp. “Verder moet lisen siehouers besef dat ons rol grootliks is om die drankhandelaars te ondersteun, maar as hulle oortree, moet ons hulle vasvat. Moenie van ons verwag om ‘nice’ te wees as julle oortree nie!” Die SAPD-lid vir drankhandel vir die WesKaap, lt.kol. Kay, het gemaan dat drankhande laars noulettend hul verkoop-ure moet respek teer. “Die verkoop-ure is ‘n munisipale bywet wat gehoorsaam moet word. Let ook daarop dat jou lisensie-voorwaardes nie dieselfde is as jou
hernuwingskennisgewing nie – daar heers gereeld groot verwarring hieroor in die Wes-Kaap.” Kay het daarop gewys dat die aansoek vir ‘n spesiale dranklisensie stiptelik twee weke of langer voor die datum ter sprake ingehandig moet word. Verder is die polisie se formele taal
Engels en alle kommunikasie moet in Engels geskied. “As die vorms nie in Engels is nie, gaan dit geen aandag ontvang nie,” het Kay gesê. Raadslid Chris Hunsinger het namens die SM hul steun aan die werk van die SDF toegesê, veral vir die beoogde skole-projek.
‘Drink verantwoordelik’
In sy toespraak tydens die SDF se vergadering op Malmesbury verlede week, het Alan Winde, die Wes-Kaapse minister van finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, gewys op die groei van die wynbedryf en –toerisme. “Dis ‘n bedryf wat R24 biljoen sterk is en daar bestaan geen rede waarom die drankforums nie ook formeel tot hierdie bedryf kan toetree nie.” Winde het aangedui dat die gevolge van drankmisbruik baie groot is in die Wes-Kaap. On geveer ‘n derde van die provinsiale en nasionale gesondheidsbegroting word aangewend vir die gevolge van drankmisbruik en ‘‘daarom kan ek vandag die SDF gelukwens vir jul werk om ver antwoordelike handelaarskap te vestig en jul inisiatiewe om projekte soos skool-programme
te ontwikkel. Julle vul ‘n belangrike spasie hier.” Winde het verwys na die pad vorentoe: “Die boetes vir die oortreding van die drankwette is groot, want die boodskap aan oortreders moet ver trek. Maak seker dat jy verantwoordelik is met jou drankverkope – verantwoordelikheid is die sterk woord hier!” Hy het afsluitend gesê dat geen wet vinnig geïmplementeer word of volmaak is nie. “Ek het 8 jaar gelede begin werk aan die wet wat verlede jaar ingestel is. Dit was harde werk en ons het vir twee jaar lank ‘n intensiewe konsultasie-proses gevolg. ‘‘Ons werk nou weer aan amendemente vir ‘n verbeterde wet. In die Wes-Kaap werk ons hard om verantwoordelike drank- en dobbelge bruike te vestig.’’
8
PROMOSIE•PROMOTION
24 Julie 2013
Onthaalsentrums so eie Die Mountain Creek Spur by Piketberg sit regs langs die N7-hoofweg tussen Kaapstad en Na mibië. Dis langs die kruising waar motoriste vanaf Moorreesburg en Malmes bury links afdraai na Piketberg, of regs afdraai na Porterville of reguit aanhou na Citrusdal. Spur is reeds ‘n sterk geves tigde handelsmerk as een van die voorste steak-restauranthandelsmerke in Suid-Afrika. Die Spur-groep se takke trakteer klante reeds sedert sy stigting in 1967 op voortref like biefstukke. Vandag is daar reeds nage noeg 238 takke in Suid-Afrika, asook in Brittanje, Australië en Mauritius. Die spyskaart bestaan onder meer uit steaks en ribbetjie, bees-vleis-burg ers, asook slaaie, groente, hoender en seekos. Nog ‘n ideale venue vir ‘n jaareindfunksie is Myr tledene op Malmesbury. Hier is vroeër vanjaar ‘n musiekkonsert as deel van die Darling Music Experience in die Swartland aangebied. Die ligging is oorkant die Verkeersdeparte ment in Piketbergweg op Malmesbury. Dit is reg langs Hofstraat Kelders, waar elke maand ‘n wynproe gehou word. Myrtledene, aan wie onlangs ‘n dranklisen sie toegeken is, bied ‘n ideale ligging waar ge sellighede, funksies, konferensies en vergade rings met sitplek vir tot 60 mense gehou kan word. Kontak 082 922 6161 ten einde navraag te rig, of aan wimsmit@wcaccess.co.za per epos. Die San-mense kan hier in die Swartland herontdek word by !Khwa ttu. Dit is op die R27Weskuspad, digby Yzerfontein. Die restaurant in die oorspronklike plaashuis het plek vir 60 mense en die konferensiekamer
kan 40 deelnemers akkommodeer. Benewens jaareindfunksies en korporatiewe geleenthede, kan troues en verjaarsdagpartytjies, piekniek en begeleide San-staptoere hier gehou word. Besoek die webwerf http ://w w w. kh wattu.org/ of bel 022 492 2998 ten einde navraag te rig, of die facebookblad by htt p s : / / w w w. f a c e book.com/khwattu. san of info@khwat tu.org per e-pos. Allesverloren, die historiese wyn landgoed teen die Kasteelberg by Rie beek-Wes, is ideaal vir jaareindgesellighede. Die hoofsaal, met lugversorging, ‘n ge vorderde klankstelsel, DVD-speler, ‘n goed toegeruste kombuis en kroeg, kan 200 gaste met ‘n dansarea akkom modeer of 250 gaste
sonder ‘n dansarea. Kleiner funksies kan onder die rietdak-area of in die wynproehuis gehou word. ‘n Besoek aan Allesverloren beteken eike bome, ‘n berguitsig, uitstekende kos en bekroonde wyne. Vir nader inligting bel 022 461 2253 of be soek die webwerf www.allesverloren.co.za of rig ‘n navraag aan enquiries@allesverloren-fcv. co.za per e-pos. Die Herehuis by Loedolfstraat 1 op Malmes bury word in ‘n gebou gehuisves wat as ‘n his toriese gedenkwaardigheid verklaar is. Die destydse Swartland-hotel was hier, maar is na die sluiting opgedeel in gastekamers, ‘n kroeg en die Herehuis-restaurant. Die Herehuis, met Elmarie Hansen as be-
PROMOSIE • PROMOTION 24 Julie 2013
aan die Swartland
stuurder, het ‘n ouwêreldse, antieke interieur waar nagenoeg 100 mense vir jaareindfunksies, partytjies of gesellighede ontvang kan word. Agter die restaurant is ‘n groot tuin, wat gewild is vir troues, en swembad waar mense in die somer kan swem, vertel Sumyne du Preez van die Herehuis. Die spyskaart wissel van ‘n spesiale aanbod op sop op ‘n Dinsdag, rib op ‘n Woensdag, steak op Vrydag en pasta op Saterdag. Sondag is gewoonlik baie besig met geregte soos onder meer osstert, kerrie-afval en hoen derpastei. Die Herehuis is van Dinsdag tot Saterdag van 9:00 tot 14:00 en van 18:00 tot 22:00 oop. Op Sondag is die ure van 12:00 tot 16:00. Kontak Sumyne du Preez by 022 487 1771 ten einde navraag te rig of by Sumyne.duPreez@gmail.com per e-pos.
9
10
NUUS•promotion
24 Julie 2013
Bespreek nou vir jaareindfunksies by dié spog-plekke Die Groenrivier Function Centre is net buite Riebeek-Wes, op die R311-pad na Moorrees burg. Dit bied ‘n uitstekende omgewing vir troues, danse, korporatiewe gesellighede, jaareind funksies of enige ander spesiale geleentheid. Die lugversorgde Groenrivier Function Cen tre met ‘n stoep van 250 m bied plek vir 200 mense en ‘n panoramiese uitsig oor die Vallei. In Die Ou Kelder is daar ruimte vir 60 gaste en in die pas opgeknapte De Oude Stal, met asemrowende uitsigte op Kasteelberg, kan tot 80 mense ‘n geselligheid geniet. Die opelug-kapel is in ‘n pragtige tuin. Besoek www.groenrivier.co.za of kontak 022 4612 301 ten einde navraag te rig, of info@
groenrivier.co.za per e-pos. Org de Rac is pas deur die Swartland-streek aangewys as die plek waar die Nasionale Jong wynskou vanjaar aangebied word. Dit is net langs die Bergrivier, vanaf die N7hoofweg onderweg na Piketberg. Dit is ‘n plek van organiese boerdery, wing erd, wyn, laventel, roosmaryn en olywe. Verskeie kamers en verandas kan ingerig word vir tussen 20 en 120 gaste, terwyl tot 200 gaste kan aansluit as die tent buite opgeslaan word. Besoek www.orgderac.co.za of kontak 022 913 2397 ten einde navraag te rig of pro@ orgderac.co.za per e-pos.
Kollig:
Die Kyknet-filmspan het Saterdag op Malmesbury by Cynthia Slingers en die begunstigdes van Dahlia Huis gekuier. Hulle het ‘n insetsel oor Slingers en haar liefdadigheidswerk wat sy op Malmesbury doen, vir die program Kollig opgeneem. Slingers het eers in haar huis ‘n onderhoud met aanbieder Kim Cloete gevoer.
AHI-hoof praat vanaand by Malmesbury Sakekamer Die Malmesbury Sakekamer se lede word vanaand om 19:00 vir 19:30 in die OLOK-saal toegespreek deur Christo van der Rheede, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Han delsinstituut (AHI). Die eerste spreker is Rienzi Duvenage, wat kortliks sal praat oor Mentorvennoot. Dis ‘n inisiatief wat ten doel het om jong Afrikaanse sakemense te help om hul besighede sukses vol te vestig met die hulp en mentorskap van ervare en suksesvolle sakemense. Hierdie ini siatief word ook ondersteun deur groot name
in die Afrikaanse sakewêreld. Die hoofspreker vir die aand is Van der Rheede van die AHI, waarby die MalmesburySakekamer tans geaffilieer is. Hy gaan inligting gee oor die AHI se visie en fokus ten opsigte van sakekamers. ‘’Ons sien hierdie as ‘n gulde geleentheid om kommunikasie en gesprek tussen ons lede en die AHI rakende hierdie aspek te fasiliteer en ons moedig ons lede aan om die geleentheid te gebruik,’’ het Patrys Bester van die Sakekamer luidens ‘n mediaverklaring gesê.
Piketbergers presteer
Presteerders van Hoërskool Piketberg het in die wintervakansie 'n rits prestasies behaal. * Herbst van der Merwe het die ATKV-Jeug beraad op Goudini bygewoon. * Hanneke Pieters het vir die Bolandse o.14 Barlinka-netbalspan op Worcester op die Inter streektoernooi meegeding. * Wickus Bronkhorst, die derde gekeurde O.16-karateka in Suid-Afrika, het gedurende die vakansie deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Skopboks-kampioenskap op Oudtshoorn. * Tinus Bronkhorst, die derde gekeurde O.18karateka in Suid-Afrika, was die naaswenner op
die Suid-Afrikaanse Skopboks-kampioenskap op Oudtshoorn en is opgeneem in die nasionale Proteaspan. Hy het ook die MHI Media Lab Naweek op Stellenbosch bygewoon. * Christie van der Merwe was lid van die Boland o/18-Akademiespan wat gedurende die vakansie deelgeneem het aan die Coca Cola Rug byweek in Durban. * Janét Stander en Janke van Schalkwyk was onderskeidelik deel van die O/14- en O/12-WesKaapse netbalspanne wat in die Ugo-stadion in Margate deelgeneem het aan die All Schools Netball Championships.
NUUS • NEWS
11
24 Julie 2013
Die 23ste CHOC-Bergrivierprojek skop vanoggend 10:00 in die Paarl af wanneer 21 manne, wat jaarliks met agt rubberbote van die Paarl tot in Laaiplek op die Bergrivier ry, oor vier dae en 240 km fondse vir Choc, die Kinderkankerstigting van Suid-Afrika insamel. Die roete is dieselfde as dié vir die Bergrivier kano-marathon, met dié verskille: Daar word nie geroei nie, maar in rubberbote gevaar. Die roete word vooraf fyn uitgewerk sodat die rubberbote net in die diepste dele van die rivier vaar. “Die reën van die laaste week is ‘n bedekte seën vir ons almal,” sê die organiseerder, Attie Laubscher. Die projekspan het hul mikpunt dié jaar op
Vaart vir kinderkanker ‘n konserwatiewe R250 000 gestel om daarmee die R3 miljoen-merk verby te steek wat reeds oor jare op dié wyse ingesamel is. Die Burger Kersfonds en die Kankervereniging van SA was in die verlede die begunstige organisasies van die fondse. “Die roete vir dag een is 30 km lank - die moeilikste roete” sê Laubscher. By die eind punt besoek die deelnemers Bergrivier Primêre Skool buite Wellington en deel vrugte uit om ‘n
gesonde leefstyl aan te moedig. Vanaand word die eerste konsert om 19:00 aangebied by Al lesverloren, met Nic Stevens, Fanie Velskoen en Melindi Charle. Op die tweede dag vertrek die span vanaf Drieheuwels na die Misverstanddam oor 25 km en besoek die spanlede Kleinkarringmelksvlei se plaasskool om die ongeveer 60 leerders met vrugte te bederf. Vrydag is die langste skof - 67 km - tot by Kersefontein. Die historiese Kerse
fontein-herehuis is ook die ligging vir ‘n ontbyt Saterdagoggend saam met die eienaar, Julian Melck, voordat die laaste skof, oor 45 km aan breek. Die aankoms in Laaiplek is ongeveer 13:00, met ‘n afsluitingskonsert die aand. “Ons sluit die Sondag af met ‘n kerkdiens in die NGK op Laaiplek, met Dr. Ettiene Marais, een van die deelnemers. ‘n Produksiespan van Super Sport verfilm die hele rit, asook al drie konserte.” Tafels vir 10 persone word Saterdagaand teen R50 per persoon en R20 per kind te koop aange bied in die Curro-skoolsaal en almal is welkom om sy eie kosmandjie saam te bring – glase en ys hierby ingesluit. Bespreek by 083 6553299.
Happy Feet: Die Polisie op Piketberg het Madibadag gevier met hul Happy Feet-pro-
jek. By die geleentheid was brigadier Andre Lincoln, generaal Arno Lamoer en kolonel Jakkie von Litzenberg. Foto: Marietha Goosen
Stormloop: Janus van Zyl van Hoërskool Swartland se o.19B-span laat sak sy skouers om teenstanders uit die pad te hardloop, met sy spanmaat Onke Sigamla (met kopskerm), by om te ondersteun.
Rockies vir Maties: Drie
oud-leerders van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het onlangs saam vir Maties uitgedraf in die eindstryd van die USSA-toernooi. Jan Prinsloo, JohnWilliam Dürr en Kosie Loubser het die Stellenbosse span verteenwoordig teen die Universiteit van Johannesburg.
Toerisme hou AJV:
Die Kaapse Weskus/Swartland Toerisme Organisasie se Alge mene Jaarvergadering en Netwerksessie vind plaas by die Riebeek Valley Hotel, Dennehofstraat 4, Riebeek-Wes op Dinsdag 6 Augustus. Die vergadering begin om 11:00 met ‘n spesiale ledevergadering waarna die AJV om 12:00 begin. RSVP asb teen 31 Julie 2013 by e-pos: swartland@ cornergate.com of tel. 022 487 2989.
Rugby: Die Laerskool Swartland op Malmesbury het Saterdag teen die spanne van Klein Boishaai van die Paarl te staan gekom. Hier is Michiel Basson en Louis Zikman in ‘n losgemaal, terwyl Hanru Pieterse naderstaan. Die o.11A-rugbyspan het 7-0 gewen.
die courant
Jou koerant van keuse!
Om hier te adverteer, kontak 022 487 3221 of stuur ‘n epos aan admin@diecourant.co.za.
madibadag•madiba day
12
24 Julie 2013
Madiba 95 - Madiba 95 - Madiba 95 - Madiba 95 - Madiba 95 - Madiba 95
Babbel en Krabbel op Piketberg se kinders het gehelp terrein skoonmaak voordat hulle met ballonne en eetgoed bederf is.
Lebo Oliphant en Lumkisa Madala van die departement gesonheid oorhandig sop aan Francina Fritz en haar baba LeeAntony.
Theresa van Wyk van die courant bedien bejaardes by die Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury op Madibadag.
Die leerders van die Christelike Privaatskool op Malmesbury het elkeen ekstra kos saamgeneem skool toe en uitgedeel by Carneys Educare en by Elkana.
Die Glinster-ogies Dagsorg het op Madibadag vir die pasiënte van die Malmesbury-kliniek met lemoene bederf. Op die foto is agter Miranda van der Westhuizen, Chantall van Boon, Marelize Brinkhuys, Kay-Lee van der Westhuizen en Magret Booys saam met leerders van die dagsorgsentrum.
Die graad 10-leerders wat deel vorm van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury se leesgroep, het die Goue Vlokkie Speelskool bederf met lekkerlees-stories en eetgoed.
Lede van die Moorreesburg SAPD verf ‘n enkelouer se woning.
By die Swartland DBV-kantore op Darling is agt hondehokke gebou. Regs staan die burgemeester van die WKDM Harold Cleophas. ‘n Rooiessenhoutboom is deur matrone Linda Sedeman by die A.S. hospitaal geplant, met Randall Moffat en Johan Retief wat help.
BO: Die SAPD op Moorreesburg SAPD het komberse uitgedeel. Lt.-kol Williams en sers. Nicolette Visagie is hier by Rachel Leonard, Rachel Danster en Mietjie Andrews. LINKS: Pick n Pay op Malmesbury het klere geskenk aan Sinetembha. Van links staan Lizette Lewis, Marcia November, Lee-Ann Sampson, Yolaine Swanepoel, Rochelle Fortuin, Heinrich Wentzel en Talita Edas
madibadag•madiba day
13
24 Julie 2013
Madiba 95 - Madiba 95 - Madiba 95 - Madiba 95 - Madiba 95 - Madiba 95 Die Bergrivier Munisipaliteit op Piketberg het op Mandeladag hulle tyd en hande gegee om in samewerking met BADISA bome te plant op die terrein naby Riemvas maak, die nuutste woonbuurt op Piketberg. Die area se plan vir ‘n park is ontwerp deur Cobis Wilson van Piketberg. Die bome is geskenk deur Stargrow op Stellenbosch, wat sitrusbome kweek vir Landboudoel eindes en by wie Piket-BoBerg een van die grootste kliënte is, Tulbagh Kwekery wat olyfbome geskenk het en Weskusdistriksmu nisipaliteit wat inheemse bome geskenk het. Altesaam 300 bome is op Madibadag geplant.
Op Darling is ook hope komberse uitgedeel ter ere van Madiba se verjaardag. Met die fokus vir 2013 is op gestremdes en bejaardes, het welsynsorganisasies komberse uitgedeel onder dié gestremdes en bejaardes wat aan hulle bekend is en daarna ook leerders van Vooruitsig Primêr met komberse bederf. Op die foto is Claire Warnick, Joane Adam, Raymond van Wyk (adjunkhoof), Mary Maroen en Felicia Humphreys saam met leerders van Vooruitsig Primêr.
REGS BO: Jackie Strumpher (ingenieurstegnikus) en advokaat Hanlie Linde (munisipale bestuurder) kyk toe terwyl Ray van Rooy (raadslid) en Evert Manuel (burgemeester) ‘n olyfboom plant. REGS: Die VLV Piketberg by een van die bome by die park in Renonkelstraat, wat hulle geplant het langs die Riemvasmaak woonbuurt. Foto: Marietha Goosen
ONDER: Personeel van Spar op Moorreesburg het op Madibadag sop en toebroodjies uitgedeel. Op die foto deel Camillita Daniels en Elizabeth Julies hul eetgoed uit aan Edith Rust, Hermien Steenkamp en haar seun, Llewelyn Steenkamp.
’n Klompie vroue olv Alida Lintnaar, links, wys hulle ondersteuning vir een van hulle vriendinne voor die Landdroshof op Piketberg op Madibadag. Die Vroue in pienk en pers geklee het in stilte en gebed verkeer in die stryd teen vrouemishandeling. Foto: Marietha Goosen
Ook by die SAPD op Malmesbury het die Madibagees geheers: Deleen Kotze, Charmaine Hunlun, Retha Jordaan, Euwette Conradie en lt. Majiet het hand bygesit en warm sop by Huis Dahlia se begunstigdes uitgedeel.
LINKS: Die Hoërskool Piketberg se Laerskool VRL het speelgoed onder die leerders inge samel en op Madibadag gaan uitdeel by twee kleuterskole, Babbel en Krabbel en Mother Pearl. Agter is proefstudent Leann Breunissen, Louis Bester, Willem Wiggins, Aimee Philander, Marlise Myburgh en voor Freddie Visser, Hanri van Zyl, Anke Schreuder en Dewald van Deventer, die hoofmeisie en hoofseun. Foto:Marietha Goosen
Boland Superspar was op Madibadag by verskeie 67-minute projekte in die gemeenskap betrokke. Foto: Marietha Goosen
Personeel van Boland Superspar en lede van Bergrivier Munisipaliteit is oorgehaal vir hul bydrae by Riemvasmaak se boomplantdag. Foto: Marietha Goosen
14
dienste• services 24 Julie 2013
Uitslae/Results:
Malmesbury Gholfklub
Woensdag - Rola-Sundowner Christoff Smit 23 Koos Loots 20 Koos Spannenberg 19 Lotie Harmse 19 Coenie van Graan 18 Johan Durr 18 Saterdag: Enkel-Stableford Pieter Willemse 38 Shawn Conrad 34 Francois Geldenhuys 32 Wynand van Niekerk 32 M. Apolles 31.
Malmesbury Posduifklub
Victoria-Wes na Malmesbury: Jaaroud-uitslag: 1 C Basson 2 S Niemann 3 F Meintjes en seuns 4 E Kotze 5 F Meintjes en seuns 6 G Williams 7 C Basson 8 C Basson 9 F M Meintjes en seuns 10 G Horn. Victoria Wes Ope uitslag 1 J Steenkamp 2 G Horn 3 C Basson 4 F Meintjes en seuns 5 J Steenkamp 6 C Basson 7 J Steenkamp 8 E Kotze 9 F Meintjes en seuns 10 J Steenkamp
Moorreesburg Posduifklub
Victoria-Wes na Moorreesburg: Jaarouduitslag: 1 P de la Qeurra 2 P de la Qeurra 3 P de la Qeurra 4 P de la Qeurra 5 Yt & tuis 6 P de la Qeurra 7 Frans Jooste 8 Yt & tuis 9 P de la Qeurra 10 Frans Jooste Victoria-Wes na Moorreesburg: Ope uitslag. 1 HMO Smit en seun 2 P de la Qeurra 3 HMO Smit en seun 4 P de la Qeurra 5 P de la Qeurra 6 Frans Jooste 7 Israel Saunders en familie 8 Frans Jooste 9 P de la Qeurra 10 HMO Smit en seun Moorreesburg: Puntestand 1 P de la Qeurra 2 HMO Smit en seun 3 Frans Jooste 4 Yt & Tuis 5 Frikkie en Johan 6 Israel Saunders en familie 7 KB Huister en seun
Omega Posduifklub
Beaufort-Wes-wedvlug 1 RC Liedeman 2 Marlin and Brian 3 Kenneth Edas 4 Kenneth Edas 5 Marlin and Brian 6 Kenneth Edas 7 Kenneth Edas 8 Stan the Man 9 RC Liedeman 10 Stan the Man.
Piketberg Posduifklub
Victoria-Wes: Jaarouduitslag 1 Gert van der Vyver 2 Leon van Rooyen 3
Lankwag 4 Gert van der Vyver 5 Lankwag 6 Gert van der Vyver 7 Lankwag 8 Gert van der Vyver 9 Lankwag 10 Leon van Rooyen 11 Gert van der Vyver 12 Gert van der Vyver 13 Gert van der Vyver 14 Leon van Rooyen 15 Gert van der Vyver Victoria-Wes: Ope uitslag 1 Leon van Rooyen 2 Leon van Rooyen 3 Gert van der Vyver 4 Lankwag 5 Leon van Rooyen 6 Leon van Rooyen 7 Lankwag 8 Leon van Rooyen 9 Starbar 10 Leon van Rooyen 11 Leon van Rooyen 12 Gert van der Vyver 13 Gert van der Vyver 14 Starbar 15 Starbar
Netbal
A1-liga, met Speler van die Wedstryd agterna: Tiere A (Bea Volschenk HD) wen Clanwilliam A (Retha Brand D) 58-4; Citrusdal A (Elserine Schutte D) wen Malmesbury A (Amurita Lambrechts HV) 39-38; Citrusdal A (Elserine Schutte D) wen Vredenburg A (Andrea Cleophas VV) 40-24; Citrusdal A (Letitia Shepherd D) wen Clanwilliam A (Retha Brand D) 67-29. A2-liga Langebaan A (Cobri Jonker HD) wen Vredenburg B (Natasha Waterboer VV) 34-21; Wesbank A wen Darling A 24-0. B1-liga Citrusdal B (Annezelle Burger D) wen Young Spurs A (Jo-Ann Brittian V) 33-21; Porterville B (Minette Burger VV) wen St. Helena A (Charlene Achilles D) 36-32. B2-liga Velddrif A (Jolene Diamonds AV) wen Saldanha Munisipaliteit A (Janine La Douche HV) 33-22; West Point A (Ciara Lindenberg S) wen Langebaan B (Deidre Mitchell HV) 43-24; Eendekuil A (Aneschke Vraagom S) wen Penguins A (Cara Paulsen HV) 39-31. C1-liga Langebaan C (Adri Lochner HD) wen SOS A (Celeste van Rooyen HD) 25-4. C2-liga Wesbank D wen Penguins B 14-0. D-liga Darling B (Gabrielle Jansen HD) wen Riebeek United B (Alicia Fortuin HV) 16-7; Darling B (Lana Rossouw AV) wen Broodkraal B (HenriĂŤtte Strauss HV) 16-5.
Om die sport-uitslae te borg, skakel ons by 022 487 3221
15
kleintjies•smalls 24 Julie 2013
Gesoek Wanted AANDAG! Welkom Meubels soek goeie 2de handse bruikbare meubels. Beddens, kaste, yskaste, sitkamerstelle, ens. Ook op soek na: Kombuisware, bv breekware, orna mente, potte, panne, beddegoed, gordyne, asook mans en vroue winterskoene. Kom besoek ons gerus in Tuinstraat 6, oork ant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 of 082 851 0915.
Dienste Services
HUIS PALEIS MEU BELS - Verskaffer van alle Truform en Cloud Nine beddens en matrasse, asook alle parte vir huishoude like toebehore. Skakel 022 482 2100. -----------------------------JK SKOONMAAKDIENS. Jou alles in een tuindienste. Sny van grasperke en rante, snoei van bome en struike, skoonmaak van beddings, uitleg van tuine, verkoop en lê van gras en ver wydering van vullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. -----------------------------KONTANTLENINGS vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. 074 114 2554. -----------------------------MELIETA’S KITCHENDaagliks vars gebak: Soet & Sout Platters/ Dosyne. Geleent heidskoeke, kaaskoeke en terte, asook heer like kosse vir enige geleentheid. www. melieta’skitchen.co.za. 082 589 1785/082 492 4485. -----------------------------MS’S MIN SKOON MAAKDIENSTE. Met betroubare personeel en toesig van eienaar self of bestuurderes, verskaf eie skoonmaak toerusting. Skoon maak van voer tuie, huise, kantore of enige besighede, ens. Het nog net ‘n paar openinge vir gereelde diens beskikbaar. Vir gratis kwotasies kon tak of stuur besonder hede per sms of what sapp na 072 271 2881 of epos amorette meyer@gmail.com, ek sal terug kom na u. Oproepe moeilik om te ontvang weens baie op die pad. -----------------------------NAMIBIESE Kudu Biltong @ R195 p/ kg. Droëwors @ R175 p/kg. Ideaal vir geskenke. Kontak Jaques 073 294 3343. Malmesbury aflewer ings ingesluit. -----------------------------TOP CARPETS en Blinds, Teëls, matte, laminering, vinylvloere, blindings en hersteldiens. Gratis kwotasies en profes sionele diens. Skakel 022 482 2100. YSKASTE HERSTEL:
Ons verkoop ook 2de handse kaste met waarborg. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. 022 433 3831 of 083 651 5547 of 082 573 1589. -----------------------------NEGOSIKAS: Op die hoek van Hill- en Vredestraat. Soek en verkoop gister en ee rgister se ware, veral wit linne en porse lein asook alles wat interessant en oud is. Skakel Tannie Juna: 022 487 2601. TE KOOP BABABENODIGHEDECamping Cot, Loopring en Snug & Safe. Kontak 022 482 2411.
Geluk Congrats
RAAI WIE HET 3 GEWORD OP 18 JULIE 2013! Cassidy Loub ser, baie geluk! Ons hoop daar is nog baie vreugdevolle jare wat voorlê! Van jou Ouma, Oupa en Famielie. Ons is almal baie lief vir jou. Blompot ------------------------------
TE HUUR TO LET
WOONSTEL 1 slaap kamer in Moorrees burg. Gerieflik en baie netjies. Kontak 083 508 9320. -----------------------------STOOR TE HUUR: Groot erf, 250 vkm of 330 vkm of gesa mentlik. 3 Fase krag, beskikbaar einde Julie 2013 @ R5 000.00 plus btw en R6000.00 plus btw. Kontak 022 487 3817/8 of 083 256 8188.
Voertuie Vehicles AANDAG, ALLE KLIëNTE! Alleenlik kontant. Voertuie dringend gesoek. Ek betaal kontant vir enige voertuig of bakkie en doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.
Sterfgevalle Obituary
BEATY HOWBURG GOLAITH. 12/06/194019/07/2013. RIP Ousus. Troosdiens-Woensdag 24/07/2013 om 19:30 te ST Pauls AME Kerk. Begrafnisdiens op Sondag 28/07/2013. Besigtiging vanaf 12:00 in Kerk Diens om 13:00. Met al ons liefde, Mammie, Ousus Kieriekies, Kinders, Susters , Broer, 5 Kleinkinders en 4 Agter kleinkinders.
Diere Animals OPREGTE ALSATIONS (Duitse Herdershonde) te koop. 6 weke oud. ingeent en ontwurm. Gereed vir nuwe huise. 083 623 6413.
Betrekkings Vacancies DRINGEND GESOEK: 1x Spraypainter en 2x Flatters met ondervin ding. Kontak 073 364 1279.
Vermis Missing
Lynx 2 ½ yr old neutered male small house cat missing 16.7.13 from ford street area btwn truter&lang .Owner desperate to find/info. Ph:0825366017
courant
die
SPORT
tel 022 487 3221
24 Julie 2013
•gaan malmesbury top 12 haal?
Dis Bloues teen United Malmesbury se eerste rugbyspan het Saterdag in nat toestande teen Villagers Newton, die huidige voorloper en steeds onoorwonne na 13 wedstryde, te staan gekom en die Bolandse Eerste Liga-wedstryd met 23-0 gewen. Bloues het in die eerste helfte verdedig dat dit bars en teen rustyd voorgeloop 6-0 na twee strafskoppe van Hendrik “Boet”
Marang. Met die begin van die tweede helfte het Bloues sy stempel al hoe harder begin afdruk op die wedstryd. Die dissipline en fiksheid van Bloues se spelers was duidelik sigbaar. Twee drieë is gedruk deur Salomo “Seun” Koordom en Stefanus “Muishond” Goosen en is verdoel deur Marang. Teen
die einde is ook ‘n strafskop behaal deur Marang. Bloues se Speler van die Wedstryd was dan ook Marang. In die voorwedstryd het Bloues se tweede span van die begin af sy stempel afgedruk, vier keer agter die pale gaan kuier en uiteindelik gemaklik met 26-3 gewen. Aangesien daar geen ander klubrugby in die dorp gespeel is nie, wil Bloues die ander tuisklubs bedank vir hul ondersteuning Saterdag, volgens Hen fre Brand, die president van die klub. Die vraag bly nog steeds: Gaan Bloues eerste of tweede kan ein dig om die Top 12 se uitspele te haal? Eerskomende Saterdag speel Bloues teen Riebeek United op Riebeek. Hierdie sal ook ‘n harde stryd wees aangesien Riebeek United tans tweede lê, volgens die jongste puntestand. Die tweede rugbyspan van Malmesbury se Karel Vorster, Vivian Lence en Chris Titus spook sake op ‘n papnat veld uit teen Villagers Newton. Bloues het die wedstryd met 26-3 gewen.
Pyp omsingel: Jorin “Pyp” Mitchell van Moorreesburg Samoa se rugbyspan word omsingel deur verdedigers in die rugbywedstryd teen Hillcrest. Die Samouers het die kragmeting met 15–10 gewen. Foto: Chenay Adonis Craven Week:
Wessel Carelse attended the LSEN under 18 Craven Week in Uitenhage where he represented WP at center. He praises God for all his achievements. Wessel attends Jan Kriel High School in Kuilsriver but resides in Malmesbury. WP won all their matches. They were crowned champions after beating EP in the final by 28-12. Wessel is an old scholar of Swartland Primary School.