courant
• Bergrivier 1Swartland Weskus & Bergrivier
dié
12 Junie 2019
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 522
12 Junie 2019
•NASIONALE SKADU-MINISTER VAN VERVOER
Hunsinger vertrou op effektiwiteit Mobiliteit begin nie by die eerste vier wiele nie. Só sê Chris Hunsinger, Swartlander en vervoerkenner en die DA se nuwe skaduminister van Vervoer in die nasionale parlement. Johan Viljoen het met hom gesels. “Daar is drie vlakke van mobiliteitsversuim voor jy by vervoer met vier en meer wiele kom. Daar is eers voete, dan fietse en dan motorfietse. “Lugfoto's,” verduidelik Hunsinger, “is 'n baie goeie hulpmiddel in ruimtelike ontwikkelingsplanne en 'n aanduiding van die beste roetes na bestemmings as jy kyk waar voetgangers loop. “Dit is belangrik om voetpaaie te plavei en veiliger te maak en die ander vorme van mobiliteit te bevorder alvorens ons op pad- en spoorvervoer begin fokus.” Hunsinger, 'n boorling van Bloemfontein en vir jare reeds 'n inwoner en oud-raadslid van die Swartland, is onlangs vir sy tweede vyfjaartermyn tot die nasionale parlement verkies. Hy het in die vyfde parlement vir die Demokratiese Alliansie as adjunk-skaduminister van vervoer gedien en was nou betrokke by aksies oor brandende vervoerkwessies. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het Hunsinger nou as sy skaduminister van vervoer aangewys. Met 'n groot passie vir plaaslike regering, gesels Hunsinger oor die “voorreg om in die parlement te dien en die kiesers te verteenwoordig”. Hy vertel van die aanpassing toe hy destyds uit 'n regerende plaaslike owerheid in die Swartland 'n paradigmaskuif moes maak om in die amptelike oposisie te dien. “Maar jy kan ook 'n baie effektiewe rol daar vervul. Effektiwiteit is deel van my ingesteldheid. Ek kom uit besigheid.” Hunsinger het aan dié courant vertel hoe die werk as 'n nasionale parlementslid dikwels geromantiseer word met lang ure by straatkafees en koffiewinkels. “Maar dit is harde werk en belangrik om so goed moontlik navorsing te doen om 'n opbouende bydrae te maak.” Hy is ook die kiesafdelingshoof vir Bergrivier en baie trots op die groei wat sy party met die afgelope verkiesing in daardie kiesafdeling gehad het. Die kiesafdeling is ook in die unieke posisie dat al die wyke deur die party beheer word. Hy sê dit is juis die werk in die kiesafdelings wat 'n parlementslid op die grond en in voeling met die mense hou. “Ons het 'n baie effektiewe kiesfdelingskantoor wat elke maand tussen 260
en 300 mense sien oor rofweg 70 kwessies wat vir hulle belangrik is.” Hunsinger is ook onlangs tot die Demokratiese Allianse se nuwe nasionale koukustesourier in die parlement verkies en sal as een van die party se swepe diens doen. Hy vertel van sy werk in die vorige parlement en suksesse om onder meer die planne te stuit om 'n nuwe Padongeluk-voordeleskema met ekstra brandstofheffings saam met die “bankrot” padongelukkefonds te bedryf. Die planne is in Desember gestuit. Hunsinger het onlangs ook 'n toekenning van APRAV (Vereniging vir die beskerming van padslagoffers) ontvang vir sy bydrae groot bydrae tot dié aangeleenthede die afgelope 5 jaar. Die toekking was vir sy “deurlopende professionele leiding en verbintenis tot die regte van slagoffers van padongelukke en die oppergesag van die reg, u bereidwilligheid om betrokke te raak wanneer 'n bedryf nie was nie, om volhoubare oplossings te soek om die lewens van padgebruikers te verbeter en vir die konstruktiewe strategiese vennootskap met APRAV - in die gees van ons pragtige land en sy mense”. Hy is ook deel van die DA-span wat hul tot die hof genader het oor die regte van minderhede in die parlement en oningeligte besluitneming wanneer belangrike verslae nie na behore aandag geniet het nie. Hunsinger sê hy het steeds 'n groot liefde het vir plaaslike regering en het ook verlede jaar sy verhandeling by die Bestuurskollege van Suid-Afrika gedoen oor die verband tussen 'n skoon oudit en dienslewering. Uit sy navorsing was dit duidelik dat die be-
legging in en skep van goeie dienslewering 'n groter opbrengs lewer ten opsigte van publieke persepsie as die werklike kapitale belegging wat gemaak word. Hunsinger wil nou ook sy PHD aanpak oor 'n model/modelle om finansiële gesondheid by plaaslike owerhede te meet. Gepols oor of, met hierdie uitgebreide navorsing en kennis oor plaaslike regering, sy kop terug staan na plaaslike regering, antwoord Hunsinger baie diplomaties: “Ek het 'n liefde vir plaaslike regering ja, maar ek sal gaan waar die party se bestuur dit die beste ag om my aan te wend.” Oor die paaienetwerk, sê Hunsinger, met die ontwikkeling van Saldanha en die moontlikhede wat dit ontsluit, is daar ook nou vir die eerste keer gekyk na oos-wes-vervoer. “Voorheen is daar net op noord-suid-vervoer gefokus.” Dit kan selfs vervoer vanaf Saldanha na die N1 en die noorde nou in so 'n mate oopstel dat die moontlikheid om die skuif van die houervraghawe vanaf Kaapstad na Saldanha selfs nou ondersoek kan word. Oor openbare vervoer en die My City-busdiens sê Hunsinger dit is belangrik om landelike publieke vervoer ook uit te brei. Hy sê dit is 'n bewese feit dat publieke vervoer wat in sirkels werk, meer effektief is. Daarom sal hy wil voorstel dat die My City Busdiens wat tans tot by Mamre bedien, Malmesbury op 'n sirkelroete insluit. Ook dat die roete na die Helderberg wel ook op Stellenbosch stilhou en in die toekoms ook na die Drakenstein en verder uitgebrei word, aldus Hunsinger.
NUUS • NEWS