c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
12 Junie 2019
55.2%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 522
12 Junie 2019
Ploeg soos die dae van ouds
Toeskouers kon Saterdag op Swartbergvlei sien hoe daar in die dae van ouds met perde geploeg is. Die ploegdag word jaarliks by Swartbergvlei aangebied en is altyd 'n interessante geleentheid om by te woon. Op 29 Junie word 'n winter-funduro ook hier aangebied.
•CRC MALMESBURY-GEMEENTE NEEM INTREK
Losie word 'n kerk •Johan Viljoen Die historiese Vrymesselaarslosie in Prospectstraat op Malmesbury sal eersdaags die tuiste van die CRC Malmesbury-gemeente word. Dié kerkgroep met meer as 90 gemeentegroepe landswyd, is in 1994 deur pastore At en Nyretta Boshoff gestig. Die Vrymesselaarslosie is vyf jaar gelede deur 'n boorling van die dorp, Johann Treurnicht, gekoop toe die bestaande tak, oftewel losie, van die vrymesselaars hul werksaamhede na 'n ander bestaande losie in die Paarl verskuif het. Sy pa, ds. Nic Treurnicht, was vroeër jare predikant op Riebeek-Kasteel en Malmesbury. Treurnicht is ‘n regsgeleerde en was 25 jaar verbonde aan Sanlam. Hy woon in Durbanville en is ook betrokke by eiendomsontwikkelinge soos die meenthuis-kompleks in Mollstraat op Malmesbury. Wimpie Taute, pastoor van CRC Malmesbury, het aan dié courant gesê dié gemeente is een jaar oud en het begin met ses lidmate. Hy sê sy gemeente wat tans hul dienste in die banketsaal van die stadsaal op die dorp hou, het op die oomblik ongeveer 60 lidmate. Die grootste gemeentes is in Bloemfontein, Pretoria en Johannesburg. Taute vertel CRC beywer hulle om na die plaaslikge gemeenskap uit te reik en streef daarna om in die behoeftes van die moderne persoon te voorsien. Hulle wil voorlopig teen die begin van Julie, as alles volgens plan verloop, hul eerste diens in dié historiese gebou hou.
Die Victoriaanse gebou met sy klassieke invloede, wat kenmerkend uit twee verskillende gedeeltes bestaan, dateer uit die 19de eeu. Die Vrymessalaarstak, St Jan, is volgens dokumentasie in 1866 gestig en toe in die gebou van een van die lede, BJ Croeser, gehuisves. Met sy dood het die tak die gebou bekom en na hul behoefte verander. Die tempel (agterste gedeelte) is in 1871 in gebruik geneem en 22 nuwe lede is ook by die geleentheid aanvaar. In 1905 het die tornado wat baie geboue op Malmesbury beskadig of verwoes het, ook dié gebou ernstig beskadig. Dit is herstel en in 1907 weer in gebruik geneem. dié courant het in 2014 berig Treurnicht het gesê hy het nie 'n spesifieke doel gehad met die aankoop van die gebou nie. “Ek voel dit is eintlik die staat se plig om na die instandhouding van ons ou geboue te kyk. “Maar dit gaan nie gebeur nie en daarom moet ons maar probeer om sover moontlik die geboue in stand te hou.” Hy het bygevoeg dat dit altyd belangrik is dat dit op ‘n ekonomies haalbare wyse gedoen moet word. Die losie is ‘n pragtige gebou en ek sal graag die sigwaarde wil verhoog. ‘n Mens moet mooi dink: Dit is die soort plek wat ons kan inrig om ‘n stukkie van Malmesbury en selfs die groter Swartland te kan uitbeeld.” Treurnicht het intussen baie geld aan restourasiewerk spandeer en het ook met die erfenisstigting beraadslaag oor die wetlike aspekte rondom sy beplande restourasiewerk. Dit het bygedra tot die vertragings en waarom die werk nou eers voltooiing nader.
Bo: Die tornado wat Malmesbury in 1905 getref het, het ook groot skade aan die losie gerig.
NUUS • NEWS