courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
Uitgawe 284
swartland en weskus
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
13 Augustus 2014
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Burgemeester skiet Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het hierdie half-pond voorlaaier Saterdag afgevuur met die opening van die Veterane Trekker-ekspo op die Malmesbury skouterrein. Dit is ‘n replika van ‘n Britse Armstrong half-ponder wat aan boord van skepe gebruik is. Dit is met 880g loskruit gelaai. Die kanonstelsel is gebruik om burgers op te roep in geval van ‘n aanval. Die stelsel is in 1734 aan die Kaap begin en is die laaste keer in Januarie 1806 gebruik in die Slag van Blaauwberg.
• SPAIRS PAK WESBANK IN STRYD vir kansa
Rugby gaan pienk Never Despair en Wesbank pak mekaar Saterdag in die tweede Pienk Derby op die Wesbank Sportgronde. Die wedstryd word opgedra aan kankerpasiënte en dié wat dit oorwin het. Die hekke open reeds om 10:00. Toeskouers is ernstig vermaan om nie drank saam te neem na die stadion nie. Enige drank sal gekonfiskeer word. Never Despair se Kaza Pieters sê dit is vir hulle ‘n groot eer om dié derby weer aan te bied. Die klub se wortels lê diep in die gemeenskap en met hierdie geleentheid wil hulle bewys dat
Darling se goue meisie in China
hulle ‘n gemeenskapsklub is wat nie net omgee vir sy spelers en ondersteuners nie, maar ook vir die breë gemeenskap. Never Despair het self administrateurs en ondersteuners aan kanker verloor, en in die klub is daar ook lede wat kanker oorwin het. Die A-veld van die gronde sal in pienk getooi wees vir die geleentheid. Die pawiljoen, asook klubhuis en die rugbypale sal in pienk gedrapeer wees. Self die hoekvlaggies sal pienk wees. Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) sal pamflette aan die toeskouers uitdeel as deel
PHS bring kultuur op die planke
van hul bewusmakingsveldtog. Linte en lapel-wapens sal te koop wees, waarvan die geld gebruik sal word vir die bestryding en voorkoming van kanker. Voor die aanvang van die hoofwedstryd sal pienk ballonne losgelaat word. Never Despair het plaaslike sakelui gevra om die Pienk Derby te ondersteun, al is die donasie ook hoe klein. “Dit is vir ‘n goeie doel en ons wil graag die gemeenskap ondersteun,” sê Pieters. Kaartjies vir Saterdag is R10 vir volwassenes, R5 vir skoolgaande kinders en R10 vir voertuie.
HDU slyp tande vir interskole
13 Augustus 2014
NUUS • NEWS
2
13 Augustus 2014
Mev. Helena Adams Maandag op haar 100ste verjaarsdag.
• MEV ADAMS VIER 100STE JAAR
Sewes: Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury is die wenners van die o.16 sewestoer-
nooi. Ager is Korseallan Brink, Ashwin van der Westhuizen, Darryn Phillips, Timo Matthysen, Manus Macelli, Adlo Lendoor, Jaydin Fortuin, Leighton Boois en K Kortje. Voor: Shauwn de Villiers, Bernard Lesch, Austin Adams, skoolhoof André Claassen en Curtley Stuurman.
Eeu van genade ‘n Basuingeskal het Sondag middernag die honderdste verjaardag van tannie Helena Adams van Chatsworth aangekondig. Lede van die Morawiese Kerk op Chatsworth en Pella, asook die plaaslike AGS-gemeente, was daar om die geleentheid saam met haar te vier. Haar dogter, Antonia Leytjies, vertel dié vrolikheid het tot so 04:00 aangehou. “Mamma het vroeër gaan slaap, maar die familie, vriende en kerkmense het omtrent gekuier.” Tannie Helena lê gemaklik in haar mooi wit en pienk bed, terwyl haar dogters met dié courant gesels. Haar gehoor is nie meer goed nie, so sy sukkel om aan die gesprek deel te neem, maar haar oë is helder soos sy ons lê en dophou. Kortkort dwaal haar oë ook na die vrolike rooi en geel ruiker op die tafeltjie voor die bed. Tannie Helena is op Goedverwacht gebore as ‘n nooi Lefleur. “Sy was ‘n slawekind, my oupa was ‘n slaaf,” verduielik nog ‘n dogter, Susan Williams. As 12-jarige meisie het die gesin na Riverlands verhuis. Die skool het net tot standerd vier (Graad 6) gegaan en sy het toe uitgespring om te werk. Op 21 is sy met Joseph Adams van Moorreesburg getroud. Hy het haar 52 jaar gelede ontval. Die egpaar het nege kinders gehad, van wie agt nog leef. Tannie Helena het nog tot so agt jaar
gelede in haar eie huis op Riverlands gewoon. ‘n Kleindogter het later jare hand bygesit met haar versorging. “Later het ons kinders besluit Mamma kan nie meer alleen blly nie. Nou het sy hier by my op Chatsworth kom oud word.” Sy het ‘n bietjie hoë bloeddruk en albei haar bene is geamputeer. “Sy drink nou pynmedikasie vir die spookpyne.” Helena is ‘n merkwaardige vrou, wat diep spore in die gemeenskap getrap het, sonder om ooit haar gesin af te skeep. “My ma het alles ingesit om vir ons kinders ‘n goeie lewe te gee,” vertel Antonia. Hulle pa het by die Spoorweë, en dikwels weg van die huis, gewerk. Dan moes sy die huishouding behartig. In die Morawiese kerk het tannie Helena baie jare lank ‘n leiersrol gespeel. Sy is deur die biskop as akoliet (`helper’) ingeseën en het in die plek van die evangelis opgetree as hulpprediker by die Sondagskool, konformasie en dienste. “Sy was altyd net ‘n voorbeeldige en geestelike moeder vir ons,” sê nog ‘n dogter, Frederika Adams. “Sy was streng, maar liefdevol met ‘n oop hand vir almal.” Maandagaand was daar ‘n biduur by die huis, maar die groot verjaardagpartytjie is Saterdag in die AME-kerk. Sondag is daar ook ‘n spesiale diens vir haar.
NUUS • NEWS
3
13 Augustus 2014
• GEZELLE OP PAD NA CHINA VIR SPELE
Darling groet sy goue kind Die gemeenskap van Darling het Sondagoggend om 08:30 bymekaar gekom om Gezelle Magerman af te sien. Harold Cleophas, burgermeester van die Weskus distriksmunisipaliteit het ook sy ondersteuning gebied. Gezelle (17) is een van 54 atlete wat SuidAfrika gaan verteenwoordig by die Somer Jeug Olimpiese Spele in Nanjing, China, van 16 tot 28 Augustus. Gezelle het by die Afrika Jeugspele, wat Meimaand in Botswana gehou is, gekwalifiseer vir dié span. Sy sal aan die 400m-hekkies deelneem. Sy het by die spele in Gabarone ‘n persoonlike beste tyd (buite) van 1:00:10 aangeteken. Sy blink ook uit in verspring en hier is haar beste afstand 5,45m - ‘n afstand wat sy verlede jaar op 2 Maart in die Paarl opgestel het.
Toerismestatistiek in Swartland toon groot bloei Toerismestatistiek in die Swartland toon ‘n groot toename en is “musiek in ons ore”. Só het die voorsitter van Swartland Toerisme, Henk Bruwer, gister gesê by dié organisasie se jaarvergadering by die Koringbedryfmuseum op Moorreesburg. Die statistiek toon dat akkommodasienagte in die streek die afgelope jaar gestyg het van 37 294 bednagte tot 54 170 nagte. Dit is ‘n toename van 45.25%. Ook die restaurantbesoeke het van 40 411 gegroei tot 54 885, terwyl besoeke aan museums van 5 268 tot 12 331 toegeneem het. Binnelandse besoekers wat aangeteken is, het van 3 818 tot 10197 toegeneem, terwyl die opgetekende internasionale toeriste meer as
Opvoeding:
verdriedubbel het tot 1 463. Die groterwordende rol van die internet is ook duidelik met ‘n besoekerontploffing op die toeriste-webblaaie van 3 285 tot 42 957. Bruwer het die Swartland Munisipaliteit bedank vir hul bydrae en daarop gewys dat daar voortaan meer op die munisipaliteit se ondersteuning gesteun sal word. “Die rimpeleffek van toerisme plaaslik gaan ook uiteindelik tot die finansiële voorspoed van die munisipaliteit bydra,” het hy bygevoeg. “Om ons dorpe toerismevriendelik te maak in alle opsigte is ook ‘n uitdaging wat individuele dorpe saam met die munisipaliteit moet aanpak.”
Leerders van verskillende kleuterskole in die Weskus Distriksmunisipaliteit se bedieningsarea het die afgelope tyd besoek ontvang van lede van die uitvoerende bestuur. Die Raad besluit elke jaar om hulle fokus op een of ander tekortkoming in hulle onderskeie gemeenskappe te identifiseer en om daarop te konsentreer. Vanjaar het die klem op opvoeding geval en veral in die beginfase van die kind se loopbaan. Die uitvoerende burgemeester van die Weskus, raadslid Harold Cleophas, het sy fokus op die kleuterskole in die Darling-omgewing gevestig. Bo is uitvoerende burgemeester Harold Cleophas saam met die leerders van Sonstraal besig om die nuwe middels uit te toets.
Gezelle is vir twee dae in Johannesburg, waar die span ‘n oefenkamp het, voor hulle môre na China vertrek. Die spele skop Saterdag af . Sy is tans ‘n leerder by die Hoërskool La Rochelle in die Paarl. La Rochelle het haar talent raakgesien en haar ‘n volle beurs aangebied om by hulle haar skoolloopbaan te voltooi. Haar pa, John Hoogbaard, woon die afgelope tien jaar op Malmesbury. Volgens Hoogbaard het sy dogter reeds goud behaal deur net vir SA te verteenwoordig in China. ”Sy is reeds ‘n wenner!” Gezelle het ‘n Facebook-groep waar haar ondersteuners haar uitslae kan volg. Haar ma woon tans op Vredenburg. Albei haar ouers is boorlinge van Darling.
MENINGS • NUUS
courant
13 Augustus 2014
die
44
Die gister vir die toekoms
Vandag se besluit en die effek daarvan word môre se erfenis. Aan ons eie erfenis kan ons niks doen anders as om dit te bewaar of te laat vaar nie. Niemand wil selfoontorings, hoë woonstelmonsters en ander wolkekrabbers en toringstrukture sien nie, maar die tegnologie wil ons hê, asook optimale benutting van spasie. Dit gaan dus oor balans en sensitiwiteit vir die omgewing en die mense in hierdie omgewing. ‘n Realistiese balans tussen behoeftes en sosio-ekonomiese realiteite. Balans wat ook fabrieke en die landbou só reguleer dat die eise steeds haalbaar is en hulle nie dwing om te sluit omdat dit te duur is om wetgewing na te kom nie. Omgewingsbewaring en werkskepping en die ekonomie en die goue middeweg. Saam met erfenis kom kultuurgoed en emosie en in hierdie land van ons sal ons met respek en respek alleen vir mekaar en mekaar se erfgoed en bagasie, ‘n helder toekoms kan uitkap. Om terug te krabbel na gister, is in tru-rat bult-af gly, maar as ons aanvaar daar is saam met vandag ook ‘n groot stuk leer te vind in gister en eergister se intellektuele en praktiese goedere van ander geleerdes en minder boekgeleerdes, is daar verseker ‘n blink ster in die pad. As ons die tipe entoesiasme waarmee ‘n groot aantal mense die afgelope naweek op Malmesbury toegesak het om ‘n goed georganiseerde ekspo van trekkers en enjins van gister en eergister, opnuut te ervaar saam met ander erfgoed, moet die belangrikheid van geborgenheid in die bekende, nie onderskat word nie. As elkeen dan trots hul erfgoed op die tafel kom sit en breëbors vertoon, kan mede-uitstallers dan straks met respek net ‘n beter stukkie verstaan ontwikkel van diep-gewortelde kultuurgoed oor grense heen. Dan kan almal dalk mekaar hul plekkie in die son beter gun en nastreef.
Kultuur:
Piketberg Hoërskool se laerskoolleerders het ‘n baie suksesvolle kultuuraand aangebied en Saffron & Roulade op die planke gebring. Die spreekkore van Graad 4 en 5 en Graad 6 en 7 het ook hul slag gewys.
Dagsorgsentrum kry nuwe baadjie
Badisa Carney’s Educare in Kraanvoëlstraat, Saamstaan, spog deesdae met ‘n splinternuwe voorkoms. ‘n Nuwe speelapparaat is aangebring, ekstra vertrekke is aangebou en die terrein is opgeknap. Die Malmesbury Rotariërs het in 2005 by die dagsorgsentrum betrokke geraak en sedertdien het die leerdertal van 50 tot 70 gegroei. Die sentrum word onder die vaandel van Badisa bestuur en is by die Departement Maatskaplike Ontwikkeling geregistreer. Ouers betaal R200 per maand, en waar ouers se gesamentlike inkomste minder as R3000 is, gee die departement ‘n subsidie aan die sentrum. Hulle ontvang egter net subsidie vir die helfte van die kleuters. Die beheerraad is self verantwoordelik vir alle salarisse, instandhouding en kos-aankope. Die raad het die gemeenskap en alle borge bedank vir skenkings. Die dagsorgsentrum hou sy jaarvergadering op Dinsdag 2 September om 19:00 by die sentrum. Die spreker is Hestia Orchard.
Dis Goeie Nuus
Dr Marc Blackwell Snr.
Know the strength of strong men “Quit you like men” …? The Old 1611 King James Version of the Bible has some strange language - strange - at least - for our day and time. In 1 Corinthians 16:13 we read “Watch ye, stand fast in the faith, quit you like men, be strong.” Old Bible versions were translated four hundred years ago. Words do change their meaning over time! “Quit” … once (archaic) meant: “ To conduct or acquit (oneself); to behave (in a specified way).” But, NOT TODAY!! ! These same Bible verses are far more easy to read in Modern Bible Translations for today. It is so much easier to read in the Modern Amplified Version of the Bible! 1 Corinthians 16:13 “Be alert and on your guard; stand firm in your faith. Act like men and be courageous; grow in strength! [Ps. 31:24]. 14 Let everything you do be done in love (true love to God and man as inspired by God’s love for us).” (Amplified Version)!Did men act MORE LIKE “men” or more ”courageous and strong” in the past? I am sure that many men (today) are spiritually “on guard” and “standing firm” in their faith. Be thankful for those men who are “acting like men” should in their spiritual lives. I know many such men and I am sure you do, as well! Some might argue that women might be a better example of “courage and strength” in our day. Previously, we considered: (i.) LYDIA, a faithful business woman. (ii.) PRISCILLA, who served Truth, and (iii.) EUNICE, a mother of sincere faith. God also wants women to be alert, on guard and firm in their faith. Lets pray for each other - Men and Women!!
Die nuwe opgeknapte terrein.
Bestuur:
Swartland Toerisme het gister hul voorsitter Henk Bruwer (middel), ondervoorsitter Johno Blunt (links) en tesourier Willem Badenhorst vir ‘n termyn van twee jaar verkies.
NUUS • NEWS
5
13 Augustus 2014
Here is Simon with some of the people involved: from left are Sindiswa Mpimpilashe (cook), Lusanda Mtali (cook), Simon, Andiswa Duda (treasurer and cook), Nozuko Nqokoto (chairperson and cook). Not present is Claire Kosani (secretary and cook).
Simon’s food for thought A young German exchange student will live forever in the hearts of the community of IlingeLethu. Simon Kaiser came to South Africa and Malmesbury as part of a German government programme that places students in overseas countries to experience economic corporation and development. “It is like a gap year,” he explained. “It is a tremendous opportunity and I have learnt so much.” Simon started out working at the tourism bureau and then he helped out as an assistant teacher at IlingeLethu. “I soon realised the extreme need for food security and conceptualised the idea of a food bank at the Thusong Centre.” He registered a non-profit organisation and got people from the community to get involved in the programme. “My main aim is for the food bank to be sutstainable.” Simon got some private funding from Germany and is also doing fundraising on Facebook.
At the moment he is also looking for food donationa from big companies. “We have two essential target groups. We serve food to the people who were diagnosed with malnutrition by the Wesbank clinic and to children who have not been able to get one of the rare spots in a day-care centre. “Our unsalaried cooks, who are also strongly committed community members, provide a warm meal at noon, three times a week to about 100 people.” They are also going to distribute food parcels. In future they will look at programmes such as child and adult education. Food Bank Malmesbury is run by a management committee of four unpaid members. “The aim is to fundraise in Germany and South Africa.” Simon says they will also apply for government funding. The Department of Correctional Services has already came on board and will provide one meal per week. Simon is leaving South Africa at the end of August, but his legacy will live on.
Swartlander ploeg sy kennis en diens terug sedert 1994 behaal. Die Frans Weyers, boorling en inwoFord-verkope het met 16% ner van Malmesbury, is die begeklim in vergelyking met kwame verkoopsbestuurder by Julie 2013. Imperial Ford Paardeneiland, Dit in ‘n tyd waar die inslegs 58km vanaf Malmesbury. dustrie met 1.5% gedaal het. Weyers is ‘n oud-leerder van Die Ranger en Eco-Sport het die Hoërskool Swartland en is ook nuwe rekords opgestel. reeds 20 jaar verbind aan die Ford Oor die volgende 18 en Imperial-groep. maande gaan Ford SA 17 Imperial is een van die grootste nuwe produkte uitrol onder motorgroepe in Suid-Afrika landmeer die nuwe Mustang, wyd, met takke selfs in Australië. Ford se ikoon. Imperial Ford Paardeneiland Maak gerus ‘n draai op is die voorkeur handelaar vir Imperial Ford se Facebookondernemings soos Absa, Meblad of besoek hul webdia24, Woolworths, Total Gaz, Frans Weyers tuiste by www.imperialford. Santam en Brand House in SuidAfrika. Hulle lewer ook alle Ford-produkte co.za vir inligting. Vir toegewyde en persoonlike diens, landswyd af. “Geen transaksie is te klein vir ons nie en kontak Frans by 082 968 7117 of ‘tweet’ hom by @FransWeyers. kliënte kan getuig van uitmuntende diens.” Frans het reeds sy dienste en kundigheid na sy tuisdorp uitgebrei en doen besigheid met inwoners van Malmesbury, Moorreesburg, Riebeek-Kasteel en ander omliggende dorpe. Ford Motor Company Suid-Afrika het Julie vanjaar die tweede hoogste verkope
MTN, Connect with y Boxer to enjo
Pick n Pay and
e 10% free airtim e u recharg everytimeat ayo Boxer store. Pick n Pay or ge (Minimum rechar
PLUS
y Mobile Mone y Transfer with • Free Mone off*. via wiCode. ty Points onceer • 500 MTN Loyal Pay smart shopp • 500 Pick n off*. oncePoints of R10. ge *After first rechar
um of R180 of R10 to maxim
daily.)
NUUS • NEWS
6
13 Augustus 2014
Darling-inwoners staan saam vir veiligheid
Bergrivier:
Raadslid Ray van Rooy van Bergrivier, in samewerking met die Departemente Gesondheid, Maatskaplike Ontwikkeling en die OVK, het op Vrouedag kragte saamgesnoer om vroue van Piketberg, Goedverwacht, Wittewater en Piket-Bo-Berg het op Vrouedag onthaal. Hier is (voor van links) Michael Smith (seremoniemeester), Brenda Lindt (hoofspreker), Sitphokaze Fihla (waarnemende verkeershoof Vredenburg), Elizabeth van Rooy (deelnemer), Lindelwa Nongane (OVK), suster Marietjie Brits (Departement Gesondheid) en Felicity Ficks (Departement Maatskaplike Ontwikkeling). Agter: Landdros Pieter Grundlingh en Ray van Rooy.
Optoggangers in hul tog deur Darling se hoofstraat.
Foto: Charles Withington
Die gemeenskap van Darling staan stewig saam in ‘n poging om dié plattelandse gemeenskap te beveilig. Honderde inwoners het Saterdag deelgeneem aan ‘n optog deur die strate om hul toewyding aan die uitroei van geweld teen vroue en kinders te demonstreer. Die optog is gereël deur die Darling Gemeenskapspolisiëring-forum en gemoniteer en gepatroleer deur die Darling Polisie en die Swartland
Verkeersdiens. “Darling inwoners is vasberade om ‘n veilige en vreedsame gemeenskap te skep. Die gemeenskap en polisie is bewus van persone wat vermoedelik betrokke is by onwettige aktiwiteite en inwoners het aangedui dat hulle nie sal toelaat dat daar voortgegaan word met hierdie aktiwiteite wat ‘n bedreiging is vir die gemeenskap en veral die jeug nie”, het Riaan Neethling, voorsitter van die Darling GPF, gesê.
A bird identification course for novice and intermediate bird-watchers by Dr Anton Odendal will be held on 11 and 12 October at Groote Post Wine Estate, Darling. The contents of the course have been changed dramatically: there will be photographs of some top wildlife photographers and much stronger emphasis is also being placed on conservation issues. The costs include the course manual and a certificate endorsed by BirdLife South Africa, as well as light lunches and coffee and tea throughout – roughly 1600 slides and drawings will be used. The development of an infrastructure for
birding tourists in local areas will also be highlighted. In the vast majority of the slides English and Afrikaans names of species are printed onto the slide. The course focuses on basic steps in the identification of birds, places heavy emphasis on where to find the rare and often endemic birds in southern Africa and illustrates how ordinary bird-watchers could become involved in the conservation of birds and their habitats. A review of a previous course can be seen at the following link: http://www.westerncapebirding.co.za/conservation/458/%93flight_for_birders%22_review
Flight for birders
NUUS • NEWS
7
13 Augustus 2014
Veterane trekkers en enjins Nomineer nou jou beste diensverskaffer brul van plesier by ekspo Die Malmesbury Sakekamer se nominasies vir vanjaar se diensverskaffer van die jaar sluit op Maandag 30 September. Daar is vanjaar weer ‘n gelukkige trekking van R500. Al wat jy moet doen om deel te hê aan die trekking, is om ‘n besigheid te nomineer wat vir jou uitstekende diens gelewer het.
Jy kan enige besigheid in Malmesbury nomineer en jy, of die besigheid wat jy nomineer, hoef nie ‘n lid van die sakekamer te wees nie. Die kompetisie is oop vir almal op Malmesbury. Gaan na http://www.sakekamer.co.za/diensnominasies/entry/adden nomineer noujou diensverskaffer van die jaar.
Oomblik van stilte gehou ‘n Agteruit-resies vir die stadigste plaasvoertuig is gehou. BO: ‘n Outydse veldkombuis van 10911 is staangemaak en uitgetoets. Dit is in die eer_ ste en tweede wêreldoorlog gebruik.
Kobus Groenewald van die Suid-Kaapse tak op sy wentrekker.
Johan Louw in die optog Vrydagoggend. Fanie Basson het sy veteraan-bakkie gewys.
‘n Groep dansers het die tradisie van volkspele laat herleef.
‘n Veteraan-baler word ten toon gestel.
‘n Paar duisend mense is verlede naweek weggevoer na die dae wat was. Van die trekkers en enjins wat hulle geken het, tot die kos wat hulle geëet het, die speelgoed waarmee hulle gespeel het en die koerantadvertensies wat hulle geïnteresseer het, kon op die landbou-veterane-ekspo op die skouterrein op Malmesbury beleef word. Die temas van die masjinerie-uitstallings, naamlik Lanz, John Deere en die graanbedryf was ‘n groot trekpleister en het niemand is teleurgestel nie. Die organiseseerders was Deon Joubert, Leon Mängels en Paul Lambrechts respektiewelik, en al drie lede van die Swartland-tak.
Ná ‘n veterane-ekspo moet baie mense bedank word, maar die man met die leeue-aandeel in die organisasie was die Malmesbury-man, Freddie Truter, en hy is op die jaarvergadering van die Wes-Kaapse klub terstond as die “speler van die wedstryd” gekroon. Saam met die Lanz-tema was ‘n foto-uitstalling van die firma P. Andrag en Seuns, voorloper van die hedendaagse Agrico, met lede van die Andrag-familie as eregaste. Agrico het waardevolle pryse vir die beste gerestoureerde en ongerestoureerde Lanze geskenk. Heel gepas is ‘n Lanz is ook as die “Trekker van die Skou“ aangewys.
Kontak ons by 022 487 3221 met advertensienavrae of stuur ‘n epos na admin@ diecourant.co.za
Raadslid Reggie van der Westhuizen van Malmesbury het by die Swartland Munisipaliteit se komiteevergadering gevra vir ‘n oomblik van stilte ter gedagtenis aan die geweld in die Midde Ooste en
ook vir die twee vliegtuie wat onlangs verongeluk het. Rdl Basil Stanley het dit ondersteun, maar versoek dat dit ook uitgebrei word na plaaslike geweld.
8
NUUS • NEWS 13 Augustus 2014
Dagboek • Calender
Word fiks Woensdae - Die Malmesbury Krieketklub het begin met amptelike voor-seisoen oefeninge. Meld om 17:30 by OK Minimark aan. Bring drafskoene saam. Bloedklinieke Augustus - Die WP Bloedoortappingsdiens hou verskeie klinieke in die Swartland. Op 13 Augustus by die Porterville NG Kerk (13:00 - 19:00);op 28 Augustus in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00). Swartland Jongwynskou Dinee 15 Augustus - Proe die kampioen jongwyne van die Swartland en skuur skouers met die wynmakers op Vrydag 15 Augustus, vanaf 17:00 by Groenrivier, Riebeek-Wes. Koste: R280 per persoon. Bespreek by Jolene Janse van Rensburg, 022 487 1133 of e-pos: swartlandinfo@westc.co.za Voorskoot & lipstiek 15 Augustus - Herman Lessing en Marinda Engelbrecht tree om 19:00 op in die NGK-saal, Riebeek-Kasteel. Besprekings by Charmaine (083 287 6402) of Mariana (073 176 4323). Ondersteuning vir ouers 21 Augustus - ‘n Ondersteuningsgroep vir ouers wat ‘n kind verloor het, word om 19:00 by die NG Kerksentrum De Bron op Malmesbury gehou. Navrae kan gerig word aan Magriet du Toit, by 022 482 1550. Malmesbury Aglow Meeting 23 August - At the Malmesbury House of Prayer, commencing at 15:00. The speaker is Carmen Mutemeri. Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636. Vinpro/Winetech 26 Augustus - inligtingsdag vir die Swartland/ Darling areas in die Swartland keldersaal buite Malmesbury. Die tema vir die dag is `Pes en plaagbeheer - Ken jou vyand’ en registrasie begin om 08:00. Bevestig bywoning by Gaynor Fortuin voor of op 20 Augustus by 021 276 0432, faks 086 611 7510 of e-pos: gaynor@ vinpro.co.za. Bingo-aand 26 Augustus - Die Aandskemering ACVV Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury het ‘n bingo-aand as ‘n fondsinsamelingprojek vir noodsaaklike mediese onkostes. Dit begin om 19:00 en ‘n ligte ete sal verskaf word. Bring eie drank en glase saam. Die prys is R100 per persoon, wat vyf rondes Bingo insluit. Vir
kaartjies kontak Casper Dreyer by 082 682 8877 of 022 482 1679. Swartland Gospel-konsert 29 Augustus - Riana van Wyk saam met sewe plaaslike sangers op een verhoog. Plaaslike sangers wat gaan optree, is Gwendoline Kriek, Emile Smit, Petra Mans, Herjo Schoeman, Anja Botha, Monique Basson en Pauline Hardcastle. Dit begin om 19:00 in De Bron Teater op Malmesbury. Kaartjies is R50 (R30 vir skoliere/ pensioentrekkers). Kontak 022 482 2411, 022 482 1407 of 072 613 0855. Porterville skou 28-30 Augustus - Perde, skape, beeste, pluimvee te sien, asook veldblomuitstalling, Koring 4x4 tydren, o.9 rugby-uitklop en toutrek. Toegang R20 (kinders R10). Navrae: info@portervilleskou.co.za of 022 931 2460. Skoudans 29 Augustus - Mnr & Mej Malmesbury Skou word by die skoudans gekroon. Begin om 19:00 met die TNA-orkes. Kaartjies R100 per persoon, kontantkroeg beskikbaar. Skakel Monica (078 936 750), Mariaan (079 880 1552) of Kyla (084 815 2374). Basaar en konsert 30 Augustus - Basaar en kinderbasaar met konsert. NG Moedergemeente Swartland by die kerksentrum, De Bron, Malmesbury. Begin 09:00. Basaartyd 30 Augustus - Die NG Kerk Koringberg hou basaar in die Koringberg gemeenskapsaal. Dit begin om 10:00 met ‘n smulfees van koek, tert, brood, beskuit, pasteie, vleis, potjiekos, poeding, pannekoek, koffie, teen en nog vele meer. Navrae by Adele by 083 954 9524. Bradley in konsert 30 Augustus – die bekende gospelsanger, Bradley, tree om 17:00 by die Cederberg Akademie op Citrusdal op. Chris Bois van Malmesbury is sy begeleier. Die konsert en ‘n onderhoud word op DSTV kavaal 263 (CTV) uitgesaai. Kaarties teen R50 by die deur. Groote Post Country Market 31 August - Enjoy country hospitality on your doorstep with Groote Post and their country market held at the winery. Take part in a cooking demonstration by celebrity chef, Le Roux from Kokkedoor. Contact 082 877 6677 for more info.
Kerke • Churches AGS Corpus Christi Malmesbury 17 Augustus - Pastoor Piet Smit praat die oggend om 09:30 oor Die Man Wat God Gebruik (2). Om 18:00 is daar ‘n gesinsdiens. Navrae: 073 447 2902.
PPK Bethesda Malmesbury 17 Augustus - Pastoor Kobus du Plessis lei die dienste om 10:00 en 18:30. Die jeug vergader Vrydagaande om 19:30 en die Sondagskool is Sondae om 08:30. Navrae: 083 722 7787. PPK Porterville 17 Augustus - Br Josias is die prediker om 10:00. Navrae: 083 722 7787. Gebedsbyeenkoms vir mans ‘n Uur van gebed elke Saterdagoggend om 06:00 by die AGS-kerk in Wesbank. Kontak past David Davids by 076 686 6002 of
022 486 5656 vir nog inligting.
House of Prayer Bible teaching on Tuesdays at 19:00 and on Thursdays at 10:00 in the House of Prayer in Nywerheidsingel, Malmesbury. Enquiries to pastor Joshua at 084 471 7914 or Carmen at 071 987 2625. Methodist Church of SA St. Thomas St Malmesbury: 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome; 08:30 Sunday school (except during School holidays). Mid week activities: 19:00 Tuesday prayer meeting at the church; 19:00 Wednesday Bible Study - Wesbank (022 486 6087); 19:30 Wednesday Bible Study - Malmesbury ( 082890-05433. Hall to rent. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623.
Deel in Moorreesburg se doen en late September is skoumaand vir die Swartland en van 3 tot 6 September lei alle paaie na die skouterrein op Moorreesburg. Net 100km van Kaapstad af, lê Moorreesburg in die hart van die streek se koringbedryf. Die Koringbedryfmuseum op die dorp is dan ook ‘n moet vir enige liefhebber van die geskiedenis. Nog ‘n besienwaardigheid is Neulsfonteinkop, ‘n heuwel net buite die kop, wat spog met ‘n ou skeepskannon wat gebruik is om boere te laat weet as daar ‘n skip in die Kaapse hawe anker
gegooi het. Die Misverstanddam buite die dorp is baie gewild by entoesiaste van watersport. Buitelugliefhebbers kan hulle ook verlustig in bergklimen staproetes met asemtrowende uitsigte oor die omgewing. Aktiwiteite op gastehuise sluit in hengel, swem, roei, 4x4 roetes en kleiduifskiet. Die dorp beskik ook oor ‘n 9-putjie gholfbaan. Vir meer inligting, besoek www.tourismmoorreesburg.co.za/www.moorreesburg.net.
Swartland Skou ‘n hoogtepunt op kalender Die jaarlikse Swartland Skou vind van 3 tot 6 September op Moorreesburg plaas en is ‘n geleentheid wat geen skoolkind moet misloop nie. Die 2014 Swartland Skou is een van die grootste landbouskoue in Wes- en Suid-Kaap met ‘n besoekers getal van 10 000 plus. Die skou is werklik die hoogtepunt van die jaar vir skoliere van Moorreesburg aangesien hulle merendeels van plase af kom. Vir die kinders is dit ‘n uiters opvoedkundige gebeurtenis op die jaarlikse kalender. Hulle kan by elke afdeling waarin hulle belangstel gaan inloer om te hoor en sien hoe die beoordelaars verslag doen oor die betrokke diere wat beoordeel word. Die beoordelaar verduidelik ook waarom die spesifieke dier ‘n eerste of tweede plasing kry. Deel van die program is die Jeugskou, wat bedoel is om skoolkinders by landbou betrokke te kry. Tydens die jaarlikse nasionale Kampioenskappe neem leerders in 15 katagorie naamlik: melkbeeste, vleisbeeste, vleisbokke, melkbokke,
angorabokke, pluimvee, wedvlugduiwe, wolskape, vleisskape, sierduiwe, varke, konyne, perde, suiwelbereiding en tuisnywerheid. ‘n Skole massavertoning word ook Vrydag 5 September deur Laer- en Hoërskool Dirkie Uys aangebied. Donderdag en Vrydag tree ‘n hele paar kunstenaars op. Alicia Opperman is Donderdag op die program en Vrydag is dit Leah, Chrizaan, Weskusklong en Hennie Jacobs (Diederick van 7de laan). Die aand tree Snotkop op. Saterdag word die kinders vermaak deur Kizzoo, Chris Els, Luhann, Marlee, Amore en Dirk van der Westhuizen. Donderdag is daar ook ‘n spesiale Dames Vonkelontbyt by die wyntent, om 08:30 vir 09:00, met Elvis Blue en Brumilda van Rensburg. Die drag is elegant. Kaartjies is R300 per persoon by Computicket, of by die skoukantoor op Maandae, Woensdae en Vrydae (09:00 tot 12:00). Kontak Liza-Mari Carstens vir navrae, 082 864 7111.
NUUS • NEWS
9
13 Augustus 2014
Dirkie Uys pak Jan van Riebeeck in interskole Vrydag: Gholf - 09:30 Seunshokkie 13:30 Vasvra en Skaak: 15:00 Debat: 16:00
0.19A Netbal: Agter: Jeanette Coetzee, Tiné Kitshoff, Anette Coetzer en Anushka Odendaal. Voor: Thana Kitshoff, Corika van Niekerk, Anja Bester en Marei Coetzee.
0.19A Rugby: Christian Rust, Corné Pienaar, Brandin Kriel, Gerrit Bester, Eric Bester (kaptein) en Hendrie Hanekom. Middel: John-Lee Persens, Daniël Huysamen, Gresswill Markus, Eddie Jones en Nikki Geduld. Tweede ry: Johan Laubscher (o/kaptein), Gean Hanse en Stephan Laubscher. Voor: Curan Schoeman, Edwin Amerika en Devarn Beukes.
Saterdag: Meisiehokkie: 10:35 Netbal: 11:00 Rugby: 13:45
0.19A Seunhokkie: Agter: Dano Taljaard, Reinhardt Erwee, Christiaan Hanekom, Henré Thiersen (kaptein), Marnus Kitshoff en Hendrie Hanekom. Middel: Vasvra: Christiaan Bester en Christian Rust, Stefan Laubscher, Dylan Smit en Stefan Visser. Voor: Jacques Danél van der Westhuizen. Nelia Bester is afwesig. de Clerk, Wouter Bester, TJ Liebenberg, Edwin Amerika en Werner Sym.
0.19A Meisiehokkie: Agter: Chanté Smit, Suzanne Kotzé, Danél van der Westhuizen, Marcelle Eksteen, Lené Mostert en Kayla Thiersen. Middel: Crystal Kent, Lizelle Steyn, Petro Rossouw (kaptein), Karen Snyman en Wilanie Fourie. Voor: Anke Pienaar, Colene Brink, Stefanie Eksteen, Nina Isaacs en Janita van Zyl.
Debat: Agter is Lara Coetzee, Marli Coetzee en Rouxnell van Dyk. Voor: Janita van Zyl en Marike Bester. Afwesig: Nelia Bester. Dirigente: Jeanette Coetzee, Lara Coetzee, Dene Johson, Anushka Odendaal, Melany Frans, Rihan Hanekom, Tine Kitshoff en Jennifer van Rooi. Skaak: Agter is Frederik Louw, Lee-Marvin van Aarde, Erich van Schalkwyk, Christian Rust en Barend Mostert (kaptein). Voor: Hardus Dippenaar, Johandré Meyer en Christiaan Mostert.
Gholf: Agter is Stephan Kellerman, Brandin Kriel, Eric Bester (kaptein) en Gerrit Bester. Voor: Corne Pienaar, Johan Laubscher, Hendrie Hanekom en Stefan Laubscher.
Uit die hoof se pen - DJ Diedericks Die opbou na hierdie dag gaan gewoonlik met groot opgewondenheid en afwagting gepaard. Elke span weet dit gaan ‘n harde neut wees, want sulke geleenthede is gewoonlik taai en die kompetisie straf en die motivering hoog. Emosie moet soms in toom gehou word, veral by die matrikulante, aangesien dit hulle laaste deelname aan ‘n interskolebyeenkoms is. Ons skool beoefen sport met groot entoesiasme en toewyding. Dit is belangrik dat die wenmotief nie allesoorheersend moet wees nie
en dat ‘n mens moet leer om terugslae in die lewe te verwerk. Die bekende spreuk is egter belangrik: “Ideale is soos sterre: ons kan hulle nie altyd bereik nie, maar soos seevaarders kan ons ons koers met hulle bepaal.” Graag wens ons al die seuns en dogters wat gaan deelneem alle sterkte en voorspoed toe. Vervul jou roeping deur die talente wat jy ontvang het te gebruik en te ontwikkel. Aan die einde van die dag maak die telling op die telbord nie saak nie, maar wel die goeie gesindheid waarin
die wedstryd plaasgevind het. Baie dankie aan elke afrigter wat middag na middag, vir die duur van die seisoen, die elemente trotseer het om aan die leerders geleenthede te bied. Sport is ‘n leerskool, en u het ‘n groot verantwoordelikheid om die spelers waarmee u werk te leer van respek, wen en verloor. Kom ons bly almal getrou aan die tema van die jaar: “Doen die gewone dinge buitengewoon goed” en sukses sal vanself kom. DJ Diedericks
SMALLS • DIENSTE
10
13 Augustus 2014
SMSH 1 09 July 2014 12:06:58 PM
SMALLS • DIENSTE
12
13 Augustus 2014 Gesoek Wanted GESOEK- Kode 8 of 10 PG in Malmesbury. Kontak 076 731 6674.-----------------------HUISHULP dringend gesoek vir 2 dae van die week. Kontak 022 482 2767 of 081 270 9944.
Dienste Services
ALLE DIESELPOMPE, injectors, turbo’s asook kompressietoetse en herstelwerk. Gratis kwotasies. Kontak Fanus by 071 332 1843. --------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. --------------------------BETROUBARE persoon gesoek om 2 slaapkamerhuis te deel in Wesbank-Malmesbury. Kontak 022 486 5324/072 089 5347 --------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485. www. melieta’skitchen.co.za --------------------------NEW FREEZE- Moorreesburg. Werk radius 40 km van Moorreesburg. Herstel yskaste asook huishoudelike apparate, motor lugreëlings, koelkamers, ysmakers en verkoop ook tweedehandse yskaste. Royalstrat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831/Sel: 082 343 4130/082 573
1589 --------------------------SKULD KOSOLIDASIE asook kontant lenings. Geswartlys ook welkom. Kontak 061 460 6669 of 021 910 4743 -----------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie 078 213 9857. -----------------------------GARDEN LANDSCAPING. Experienced Cape Town Horticulturist, Altis Kriel, is now available to the riebeek West and Riebeek Kasteel homeowners. For all your garden landscaping needs. www.superscapes. co.za – cell: 082 925 8552.
Te Koop For Sale TWEEDEHANDSE UITVERKOPING Verskeidenheid babatot tienjarige kinder klere. Alles afgemerk. Kontak 072 245 1850. (Malmesbury) --------------------------TWEEDEHANDSE gordyne. Netjies en in goeie toestand. Verskillende stelle. Bel 022 482 2479. -----------------------------“TWEEDEHANDSE” goedere te koop: HP DesignJet 350CC Plotter, bloeddrukmasjien, mat rolbal balle en verskeie gbruikte DVD’s. SMS of WhatsApp slegs 083 351 6965 of epos r_malan@msm. com -----------------------------TE KOOP-Splinternuut. Venter spaarwiel met rim, 13 duim @ R400 in Malmesbury. Kontak 076 731 6674.
Persele te Huur Premises to Let BESIGHEIDSPERSEEL te huur in Malmesbury. Sentraal geleë vir ligte besigheid @ R6100 per maand. Kontak 083 628 9718.
Eiendom te Huur Property to Let
Betrekkings Vacancies
WESBANK – TITUS EIENDOMME te huur @ R5 500 pm + dep. 4 slp, 3 badk, sit/eet/ kombuis met kaste, TV kamer en mh. Kontak 082 780 1380. --------------------------TE HUUR-3 ½ slaapkamer, 2 badkamer, sonstoep, motorhuis en kelder in Rainierstraat 46, Malmesbury. @ R6600 pm. Kontak 082 343 3372. -----------------------------TE HUUR-1 slp woonstel apart van huis met onderdak parkering. Kamer met kaste asook klein kombuis @ R2400 pm + dep, water en krag in. Beskikbaar 1 September. Verkieslik mans. Kontak 022 482 2274 na 17:00
SWEISER word benodig vir besige staalbedryf met verwysings. Kontak 082 780 0079 of 083 961 9009. -----------------------------DEBONAIRS Malmesbury benodig aflewerings “drywers” met motorfietslisensies. Kontak Amy by 022 482 1915 of epos personeel@skoch.co.za -----------------------------MINIMARK Malmesbury benodig kassiere met min matriek en kontakbare verwysings. Benodig ook kombuis personeel met verwysings. Handig CV’s met afskrif van ID in by Minimark kafe, Rainierstraat 4B, Malmesbury. --------------------------ELEKTRISIëN: moet hardwerkend en sober wees. Goeie gesondheid en kennis van foutopsporing, nuwe installasies en beligting asook enkel- en 3-fase krag is vereiste. Moet in Malmesbury/Moorreesburg woonagtig wees. Kontak Peter 083 754 2697.
Eiendom te Koop Property for Sale
3 SLAAPKAMERHUIS, binnebraai, sit/eet/ studeerkamr met eie ingang, badk met aansluit aan hoofslpk asook buite braaikamer @ R870 000 ohb. Kontak 083 937 0971. Maandag – Donderdag tussen 07:00-16:00 kan jy landlyn skakel by 022 482 2778.
In Memorium In Memoriam
Regsdienste Law Services Bereddings van boedels. Eise – beserings / skade / motor-ongelukke en huisoordragte. Skakel 083 438 9735/076 695 4006.
POPPIE, ONS MA – Vrydag 15 Augustus
is ‘n jaar verby en die vermisting is nog altyd groot. Soms met ‘n glimlag, soms met ‘n traan, maar die mooi herinneringe van ‘n wonderlike, LIEFDELIKE moeder SAL ALTYD by ons bly. Petro en gesin. ------------------------------
RACHEL (Poppie) Skippers. Op 15 Augustus is ma al weer ‘n jaar van ons weg. ‘n Traan word nog elke dag gestort en die vermisting steeds groot. Van: Elaine & Ricardo (Kleinkinders).
KYK WIE IS 50 op 12/08/2014!!. Van Kinders, kleinkinders asook huisgesin. Jy moet jou dag geniet en mag die Here jou nog vele jare vir ons uitpaar. Baie geluk met Mommy se verjaars=dag. Dis vir ons ‘n groor eer en voorreg om nog ‘n jaar saam te wees en saam te vier. Lovies Mom.
VACANCY BULLETIN
Te Koop For Sale TE KOOP - volledige motor enjin 1800 cc vir Opel Monza of soortgelyk. Geringe skade aan eksterne plasiekdeel maar in goeie toestand @ R4500.00. Kontak 082 781 3658. ---------------------------
Gelukwensing Congratulations
EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE
DEPARTMENT OF HEALTH SWARTLAND HOSPITAL (WEST COAST HEALTH DISTRICT)
DRIVER (HEAVY DUTY VEHICLE) REMUNERATION: R87 330 PER ANNUM SERVICE BENEFITS: 13TH CHEQUE, EMPLOYER’S CONTRIBUTION TO THE PENSION FUND, HOUSING AND MEDICAL AID ALLOWANCE. Requirements: Minimum requirement: Basic numeracy and literacy. Experience: Appropriate driving experience. • Appropriate experience in transportation and delivery of goods. Inherent requirement of the job: A valid Code E/EB driver’s licence and a valid Public Driver’s Permit. • Willingness to perform standby duties. Competencies (knowledge/skills): Good written and verbal communication skills in at least two of three official languages of the Western Cape. • Knowledge of transport regulations. • The ability to accept accountability and responsibility and to work independently. Duties (key result areas/outputs): Transport official post, packages and equipment. • Effective delivery and collection of all blood products. • Maintenance and cleaning of Government vehicles. • Delivery of medication, goods and equipment within the PGWC. • Routine inspection of vehicles and reporting of defects. • Respond to emergencies as needed. Enquiries: Ms M Louw/W Jasson, tel. 022 487 9227/15 PLEASE SUBMIT YOUR APPLICATION FOR THE ATTENTION OF MS B JOSIAS TO THE MANAGER:MEDICAL SERVICES SWARTLAND HOSPITAL, PRIVATE BAG X2, MALMESBURY 7299.
INSTRUCTIONS TO APPLICANTS: Z83 forms (obtainable from any Government department or www.westerncape.gov.za) must: Be completed in full, clearly reflect the name of the position, name and date of the publication (candidates may use this as reference), be signed, accompanied by a comprehensive CV, the names of 3 referees and certified copies of ID, driver’s licence and qualification/s. A separate application form must be completed for each post. Applications without the aforementioned will not be considered Applications must be forwarded to the address as indicated on the advertisement. No late, faxed or e-mailed applications will be accepted. CVs will not be returned. Excess personnel will receive preference. Applications, which are received after the closing date, will not be considered. Further communication will be limited to shortlisted candidates. If you have not received a response from the Department within 3 months of the closing date, please consider your application as unsuccessful. It will be expected of candidates to be available for selection interviews on a date, time and place as determined by the Department. As directed by the Department of Public Service & Administration, applicants must note that further checks will be conducted once they are shortlisted and that their appointment is subject to positive outcomes on these checks, which include security clearance, qualification verification, criminal records, credit records and previous employment.
The Department of Health is guided by the Closing Date: principles of Employment Equity. Disabled 5 September 2014 candidates are encouraged to apply and an indication in this regard will be appreciated. 119496DC ayandambanga.co.za
courant
13 Augustus 2014
die
SPORT
tel 022 487 3221
13 Augustus 2014
Sportuitslae - Sports results
Gholf Malmesbury Gholfklub Rola Sundowner 6 Aug Enkel Stableford Gerhard Bester 20; Freek Stander 19; Brian de Beer 19; George Prinsloo 17; Frans Destroo 17. Klipdrift Sundowner 8 Augustus Enkel Stableford George Prinsloo 17; Marcelle Prinsloo 17; Frans Destroo 16; Gielie du Toit 16. Saterdag 9 Augustus Beterbal Stableford W van Tonder & I van Tonder 45; J vd Merwe & F du Bois 44; J Basson & C Basson 44; A Louw & J Ackerman 44; E Lingeveldt & E Liedeman 43; A Schillig & A Conradie 42; M van Wyk & Lionel Vice 42. Skolerugby Hoërskool Porterville klop Hoërskool Goudini 15-7; Dirkie Uys verloor teen Vredendal 12-15; HS Swartland verloor teen Augsburg Landbougimnasium 12-30. Wedvlugduiwe Moorreesburg Hanover Ope 1 Fed Frans Jooste 1409.7972; Yt & Tuis 1406.8330; Frans Jooste 1392.1353; Steenekamp Lofts 1371.1290; Frans Jooste 1351.4789; HMO Smit En Seun 1325.9567; Frans Jooste 1304.3840; HMO Smit En Seun 1303.3995; HMO Smit En Seun 1298.9608; HMO Smit En Seun 1298.8181; Frans Jooste 1298.3642; Steenekamp Lofts 1296.6792; HMO Smit En Seun 1291.1126; Steenekamp Lofts 1290.3570; Steenekamp Lofts 1286.4717.
Beker: Die Bloues Rugbyklub op Malmesbury het Saterdag op hul tuisveld teen die span van die Dorings gespeel in die Druiwetros-beker. Bloues se tweedespan het met 10-11 verloor. Die eerstespan het met 13-10 gewen. Emile Basson (een drie verdoel en twee strafskoppe) was die enigste puntemaker vir Bloues. BO: Frederick Swanepoel breek weg, terwyl Henfr Brand Jnr bystand gee. REGS: Die Druiwetros-beker word omhoog gehou.
Piketberg Posduifklub Hanover Jo 1 Fed Gert vd Vyver 1427.9526; Leon v Rooyen 1399.9927; Gert vd Vyver 1241.0810; Leon v Rooyen 1187.4610; Gert vd Vyver 1169.2219; Leon v Rooyen 1160.1046; Gert vd Vyver 1152.0072; Leon v Rooyen 1102.8899; Lankwag Hokke 1066.1600; 10. Gert vd Vyver 1057.4252.
•GHOLFDAG VIR TEHUISE
Hanover Ope 1 Fed Lankwag Hokke 1471.3566; Lankwag Hokke 1396.4779; Gert vd Vyver 1392.4115; Leon v Rooyen 1321.1547; Leon v Rooyen 1279.3342; Lankwag Hokke 1249.7532; Lankwag Hokke 1237.9005; Gert vd Vyver 1188.6840; Leon v Rooyen 1178.9538; Gert vd Vyver 1178.2862.
Speel vir fondse
‘n Gholfdag word op Vrydag 22 Augustus op Moorreesburg gehou ten bate van die plaaslike ouetehuis. Dit word gereël deur In God’s Hands, ‘n liefdadigheid wat in 2012 gestig is deur twee broers, Koos en AD Spangenberg, nadat hulle pa oorlede is aan kanker. Vanjaar nooi hulle 120 spelers om die dag saam te geniet. “Ons het elke jaar groot ondersteuning van die plaaslike maatskappye en ons het ‘n groot borg gekry vir drie jaar in ‘n ry nou van Malmesbury Toyota. Hulle skenk ‘n voertuig vir iemand wat ‘n kolhou (“hole in one”) slaan. Daar is nog ‘n paar oop bowwe wat geborg kan word. Vanjaar se insameling gaan weer aan die ouetehuis en hulle beoog ook om 1000 Bybels aan te koop vir Bybel-verspreiding. Indien daar enige iemand is wat geld wil skenk vir Bybelverspreiding kan hulle die broers direk kontak. Besoek hulle facebookblad by https://www. facebook.com/IGHFoundation.
Moorreesburg Hanover Jo 1 Fed HMO Smit & Seun 1433.0339; Frans Jooste 1428.5460; Steenekamp Lofts 1420.9592; HMO Smit & Seun 1398.1286; HMO Smit & Seun 1397.6879; Steenekamp Lofts 1351.4817; Frans Jooste 1318.0613; HMO Smit & Seun 1303.1122; Frans Jooste 1298.1265; Frans Jooste 1272.9536; Frikkie Bester 1243.2376; K Huister En Seun 1239.2580 ; Yt & Tuis 1229.7208; Steenekamp Lofts 1217.3170; HMO Smit En Seun 1215.6724.
Riebeekvallei Britstown J/O Alex Fam; Janco Lofts; Persens Hokke; Alex Fam; Janco Lofts; Alex Fam; Janco Lofts; Truter Hokke; Mentoor Hokke. Britstown Ope Truter Hokke; Janco Hokke; Mentoor Hokke; Janco Lofts; Janco Lofts; Truter Hokke; Mentoor Hokke; Truter Hokke; Janco Lofts; Janco Lofts; Mentoor Hokke; Janco Lofts; Janco Lofts; Mentoor Hokke. Leeu Gamka 3 J/O Truter Hokke; Truter Hokke; Mentoor Hokke; Janco Lofts; Persens Hokke; Alex Fam; Janco Lofts; T.I.Hokke; T.I.Hokke; Janco Lofts; Persens Hokke; T.I.Hokke; Mentoor Hokke; Janco Lofts. Ope Truter Hokke; Truter Hokke; Janco Lofts; Janco Lofts; Truter Hokke; Mentoor Hokke; Mentoor Hokke; Truter Hokke; Janco Lofts; Truter Hokke; Truter Hokke; Janco Lofts; Mentoor Hokke; Adams Hokke. Hanover 1 J/O Alex Fam; Janco Lofts; Mentoor Hokke; Persens Hokke; T.I.Hokke; Persens Hokke; Janco Lofts; Janco Lofts; Janco Lofts; Alex Fam; Mentoor Hokke; Janco Lofts; T.I.Hokke; Mentoor Hokke. Ope Mentoor Hokke; Mentoor Hokke; Persens Hokke; Janco Lofts; Mentoor Hokke; Truter Hokke; Mentoor Hokke; Janco Lofts; Persens Hokke; Truter Hokke; Mentoor Hokke; Mentoor Hokke; Adams Hokke; Janco Lofts.
uitslae geborg deur
Despair: Never Despair het Saterdag 45-33 in die stof gebyt teen Worcester Villag-
ers. Reeds met rustyd het hulle met 13-24 agter geloop. Never Despair het goed gespeel in die eerste helfte, maar swak verdediging het hulle die wedstryd gekos. Die driedrukkers was Dual Erasmus, Andrew Jacobs (kaptein) en Donovan April. Warwick Philander het vier strafskoppe en twee doelskoppe oorgesit, terwyl Dillon Strydom met ‘n doelskop geslaag het. Dual Erasmus (skrumskakel) van Never Despair word bo kort voor die doellyn gestuit.