283 6 augustus 2014

Page 1

courant Uitgawe 283

swartland en weskus

dié

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

6 Augustus 2014

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

•tot 3 MAAL SWAARDER vir Veiliger paaie

Padboetes verhoog

Brons vir Ashleigh by Statebond Ashleigh Moolman-Pasio van Riebeek-Kasteel het ‘n brons medalje by die Statebondspele in Glasgow, Skotland, losgestrap vir Suid-Afrika. Lees meer oor Moolman-Pasio, Lean Simon en Anrich Philips, die drie Swartlanders wat hul land by dié byeenkoms verteenwoordig het, op bladsy 20.

Verhoogde verkeersboetes sal hopelik veiliger paaie en minder ongelukke verseker. Die WesKaapse Minister van Vervoer en Openbare Werke, Donald Grant, het die die nuwe boetes aangekondig wat vanaf 1 Augustus geld. ‘n Woordvoerder van die departement sê: “Ons verwelkom hierdie aankondiging, want dit verleen gewig aan die erns van verkeersoortredings wat oortreders in die verlede moontlik nie ernstig opgeneem het nie.” Oortredings word in drie kategorieë ingedeel: A is ernstige oortredings met boetes wat wissel van R1500 tot R5000; B is bestuursoortredings en wissel van R1500 tot R3000; C is minder ernstige oortredings, tussen R500 en R1500. Grant sê geen oortreding sal oorgesien word nie. “Padgebruikers moet versigtig wees vir drink en bestuur en spoed. Voetgangers word gemaan om ten alle tye sigbaar langs die paaie te wees. “Mense moet oppas as hulle op nat en gladde paaie ry, as daar swak sigbaarheid is en ook rus as hulle lang afstande bestuur.” Philip Humphreys, die direkteur beskermingsdienste van die Swartland Munisipaliteit het aan dié courant gesê: “Die boetes is verskriklik verhoog uitsluitlik om die motoris hopelik te dwing om die verkeerswetgewing te gehoorsaam, asook om ongelukke te verminder.” Hy het ‘n paar voorbeelde van die verhoogde boetes genoem: om ‘n stopteken te verontagsaam kan jou nou R1500 uit die sak jaag - drie keer meer as die vorige R500. Een gevaarlike praktyk wat al lankal op die rooilys is, is bestuurders wat op selfone praat terwyl hulle bestuur. Dit kan jou nou ‘n boete van R1000 uit die sak jaag. Boetes vir onpadwaardige voertuie is verhoog van R1000 na R3000. Ry oor ‘n rooi verkeerslig en jy kan jouself ‘n boete van R2000 op die hals haal. Bestuurders wat sonder ‘n bestuurderslisensie bestuur, sal R1500 moet opdok. Dit was voorheen R500. Motoriste wat onbedagsaam agter die stuur is, kan voortaan ‘n boete van tot R2500 op die lyf loop. Mense wat daarvan hou om die motor se wiele te laat tol (spin) of sleep (drag) kan nou met ‘n boete van R1500 sit. Waag dit op die pad sonder ‘n Openbare Bestuurslisensie en die gevolg kan ‘n boetekaartjie van R2500 wees. Is daar passasiers in die voertuig, skuif dit op na R3000. “Motoriste word vriendelik gevra om alle verkeerstekens en wetgewing te gehoorsaam,” het Humphreys aan dié courant gesê.

6 Augustus 2014


NUUS • NEWS

2

6 Augustus 2014

Meer as R3.2 miljoen ingesamel vir Choc Die 2014 Choc Bergrivierprojek het pas ten einde geloop met ‘n rekordbedrag van R410 000 wat die afgelope vier dae op die Bergrivier ingesamel is vir die stryd teen kinderkanker. Die projek het Saterdagmiddag voor die Riveira Hotel op Velddrif ten einde geloop waar Harold Cleophas, burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaleit, die deelnemers welkom geheet het. Die projek wat die afgelope 24 jaar aangebied word, behels ‘n rubberbootvaart van die Paarl tot op Velddirf, waar 18 vrywilligers met sewe rubberbote ‘n afstand van 240km oor vier dae aflê om daardie broodnodige fondse vir CHOC (Kinderkankerstigting van Suid-Afrika) in te samel. Drie konserte en veilings is oor die tydperk by die Allesverloren Wynlandgoed in Rie-

beek-Wes, die Moorreesburg Gholfklub asook die Curro Privaatskool op Langebaan aangebied, met Ghapi en Steyn Fourie wat die reisende kunstenaars was en vol sale gelok het. ‘n Baie groot kenmerk van vanjaar se projek, was die gunstige weersomstandighede wat die deelnemers te beurt geval het met sonskynweer en ‘n buitengewoon hoë watervlak wat bygedra het dat al die rubberbote die eindpunt kon haal met geen noemenswaardige skade. Die bedrag bring die totale bedrag wat oor die tydperk ingesamel is tot oor die R3.2 miljoen merk. Aan die einde van die projek is elke deelnemer en enkele instansies vereer met ‘n Sertifikaat van Waardering wat deur Vanessa Vermaak, gebiedsbestuurder van Choc in die Wes-Kaap, aan die deelnemers oorhandig is.

GEE...Die leerders van Rondeheuwel Primêr in Hermon oorhandig R2000 vir Choc. LINKS: Steyn Fourie by Allesverloren in aksie. REGS: Ghapi laat waai op die dromme.

• Wyk STEM OP 13 AUGUSTUS

Traut, Van Rooy in tussenverkiesing

LINKS: Willie van Rooy REGS: Lionel Traut Twee kandidate, Lionel Traut van die DA en Willie van Rooy van die ANC, staan op Woensdag 13 Augustus in die tussenverkiesing in Wyk 10 op Malmesbury. Lionel Traut woon die afgelope agt jaar in Wyk 10. Hy het in 2008 by die DA aangesluit en is sedert 2011 takvoorsitter van die DA. Hy is lid van die Swartland Hospitaalraad en is die afgelope drie jaar die voorsitter. Lionel is ook ‘n bestuurslid van die Goue Aar tehuis vir bejaardes. “Ek sal werk om korrupsie op alle vlakke in ons munisipaliteit te beveg. Ek sal werk maak van probleme en oplossings vind. “Ek sal gereelde terugvoervergaderings met die gemeenskap hou. “Ek sal werk om ‘n deursigtige plaaslike regering te skep, wat na die belange van al die mense in ons munisipaliteit omsien. “Ek sal werkskepping prioritiseer vir al die mense in ons munisipaliteit. Willie van Rooy dien die Swartland-gemeenskap op baie vlakke. Hy was ‘n stigterslid van die Jo Dolphin Sorg-

sentrum op Malmesbury. Hy is steeds die segsman vir honderde pendelaars wat elke dag per trein Kaapstad toe ry en is ook ‘n raadgewer op nasionale vlak vir pendelaar-veiligheid. As lid van die wykskomitee in Wyk 10 sedert 2007 was hy aan die voorpunt om te onderhandel vir ‘n tweede trein tussen Malmesbury en Kaapstad. Sy rol as voorsitter van Cosatu in die Swartland in 2004 voeg waarde toe tot sy leierskapkwaliteite en vaardigheid om met mense te werk. Hy is onderrig in die wetlike raamwerk vir plaaslike regering en geïntegreerde dispuutresolusie. “Sy kundigheid en begrip van plaaslike regering sal waarde toevoeg tot die wyk waarin hy staan. Ons het vertroue dat hy ‘n toegewyde verteenwoordiger sal wees,” aldus die ANC. Die stembusse sal op 13 Augustus oop wees van 07:00 tot 21:00 by die gewone stemlokale. Enige navrae kan gerig word aan Kelly Cloete by die plaaslike kantoor van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, by 022 482 4179.


NUUS • NEWS

3

6 Augustus 2014

• GRONDHERVORMING: ‘Landbouers, julle is onvervangbaar’

Ons het wêreld se beste boere - Kriek Grondhervorming is ‘n brandende kwessie in die landbou en was ook die belangrikste komponent van die toekomsvisie vir landbou in Suid-Afrika en die streek wat verlede week bespreek is tydens Agri Wes-Kaap se jaarkongres op Goudini. Die tema van die kongres was Landbou 2020 en verskeie sprekers het hul menings en praktiese idees gedeel. “Sê vir julle kinders dat hulle eendag gáán boer. Tel julle koppe op. Vergeet van die geskarrel. Julle is onmisbaar. Julle is onvervangbaar.” Dit was die sterk boodskap van Vrystaat Landbou se president, Dan Kriek, aan kongresgangers. “Ons het nie planne vir alles wat die politici opdroom nie, maar daar is planne op die tafel. “Laat ons nooit weer sê daar is nie planne nie. Ons hét planne en ons hét die beste boere in die wêreld. Nie een boer bly op sy plaas sonder harde werklike sakebeginsels nie. “Ek sal aan geen ontwikkeling van ‘n beleid deel wees wat boere tot bankrotskap doem nie. Ek vra julle om nie die drome van julle kinders wat op plase grootword uit hul harte te steel nie.

die deurvoer van korrekte inligting aan die produsente op grondvlak is ook ‘n probleem. Die grootste leemte in die proses is egter “die gebrek aan vertroue in leierskap wedersyds. As ons nie iets hieraan gaan doen nie, gaan die kwessie net aangaan en aangaan”. Oor sentimentaliteit het Pienaar gevra of daar nie weggestap moet word van emosionele betrokkenheid by grond nie en of dit nie as kil koue faktor van landbouproduksie gesien moet word nie. Daar is in 2011 al dokumente deur AgriSA opgestel, en die minister wil dit koop, maar dit bly sloer. Die tyd is nou om dit te implimenteer. Dit is laat in die nag, het Pienaar gemaan. Toni Xaba van die Wes-Kaapse departement van landbou het gesê die provinsie se nuwe minister van landbou, Alan Winde, “kyk ernstig na modelle vir grondhervorming”. Sy het bygevoeg dat die departement die hele spektrum van boere – van bestaansboere tot kommersiële boere ondersteun en dat “ons die invloei van geld na Wes-Kaapse landbou aan die gang moet kry”.

Dan Kriek

NOTICE OF WASTE LICENCE FOR THE CLOSURE OF KORINGBERG WASTE DISPOSAL FACILITY, WESTERN CAPE PROVINCE DATE OF ADVERTISEMENT: 06 AUGUST 2014 Waste Licence: Swartland Local Municipality applied for a waste licence for the closure of the Koringberg Waste Disposal Facility in the Swartland Local Municipality in the Western Cape. The Western Cape Provincial Department of Environmental Affairs and Development Planning (DEA&DP) has decided to grant a waste licence to the Swartland Local Municipality on 18 July 2014 to implement the abovementioned project. The waste licence is issued in terms of the National Environmental Management: Waste Act 2008 (Act No 59 of 2008). A copy of the Waste Licence will be available on www.deawclicenses.co.za or can be obtained from AECOM upon request at the contact details below.

Jan van Zyl Hier is 60 miljoen mense met die volgende verkiesing en wie gaan vir hulle kos voorsien? Julle in die landbou gaan. Hou op met negatiwiteit. Niemand in hierdie land het ‘n blink toekoms as die landbou dit nie het nie, “ het Kriek gesê. Schalk Pienaar, voorsitter van die Landboubesigheidskamer (Agbiz) het die kongresgangers daarop gewys dat in jare se onderhandelinge waarby hy al betrokke was wedersydse geloofwaardige vertroue altyd die belangrikste komponent tot sukses was. Volgens hom is daar te veel mense wat nog verknog vashaak by hul eie standpunte en beginsels en só nie die werklike kwessies op die tafel raaksien nie. Oor grondeienaarskap het hy gesê dit is ‘n “illusie om te dink dat die status quo sal voortgaan soos nou. Ek dink nie hulle gaan hulle skuldig mak aan grondvergrype soos ons bure nie, maar die situasie gáán verander”. Een van die redes waarom daar nie vinniger gevorder word met grondhervorming nie, het hy gesê, is die “regering se onvermoë om planne te implimenteer”. Pienaar het ook gesê dat te min boere by georganiseerde landbou betrokke is. “Slegs sowat ‘n derde van die nagenoeg 35 000 boere in Suid-Afrika is lede van georganiseerde landbou en weet die regering hul onderhandel met ‘n minderheid.” Pienaar het gesê die gebrek aan

Schalk Pienaar Jan van Zyl, ‘n aartappelboer uit die Sandveld, het gesê foute is in die verlede gemaak. “Ons moet hulle regmaak. “ Hy het gesê dat waardes en beginsels swaarder moet weeg as geld en die motiewe van grondhervorming reg moet wees. Nog ‘n spreker, Anton Rabe van Hortgro, het gesê dit is tyd dat die waardeketting ‘n deel van die risiko’s in die bedryf dra. “Ons skiet onsself in die voet omdat ons in isolasie prober optree. Daar moet groter integrasie in ons strukture kom. “Ons moet ophou praat oor ek en myne en eerder oor ons en ons s’n. Kom ons parkeer die goed waaroor nie samstem nie en konsentreer op dit waaroor ons wel saamstem.” Kry oplossings vir “Can Do” en hou op praat van “Cannot Do”, het hy bygevoeg Hans van der Merwe van Agri SA het gesê die goeie nuus is dat daar in die regering ‘n klomp mense is wat ook ‘n goeie Suid-Afrika wil sien. “Die meeste mense in die regering wil dit hê. “Ons het vennootskappe nodig in die regering en die sakegemeenskap. Ons moet op grondvlak begin werk in ons eie akkertjie.” Hy het bygevoeg dat die landbou homself in die voet skiet deur nie sy eie suksesse oor te vertel nie. *Cornie Swart is eenparig as president van Agri Wes-Kaap herkies en Niel Joubert ook as vise-president.

Appeals: An appeal may be lodged against the decision as described in Chapter 7 of GN R543 of the 2010 EIA Regulations. More detailed information pertaining to the appeal process can be found in Section 21 of the licence. Please note that interested and affected parties should lodge a notice of intention to appeal by 7 August 2014, and the appeal should be submitted within 30 days thereafter, i.e. 8 September 2014. Please copy all notice of intentions to appeal and appeals to AECOM. If you require additional information, please contact: Mamokete Maimane from AECOM on: Tel: 012 421 3699; Fax: 086 650 0711; Postal Address: P O Box 3173, Pretoria, 0001 E-mail: mamokete.maimane@aecom.com

KENNISGEWING VAN AFVALBEHEERLISENSIE VIR DIE SLUITING VAN KORINGBERG AFVALSTORTINGSFASILITEIT, WES-KAAP PROVINSIE DATUM VAN ADVERTENSIE: 06 AUGUSTUS 2014 Afvalbeheerlisensie: Swartland Plaaslike Munisipaliteit het aansoek gedoen vir ‘n afvalbeheerlisensie vir die sluiting van die Koringberg afvalstortingsfasiliteit in die Wes-Kaap. Die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (DEA&DP) het besluit om ‘n afvalbeheerlisensie op 18 Julie 2014 toe te staan aan die Swartland Plaaslike Munisipaliteit om die bogenoemde projek te implementeer. Die afvalbeheerlisensie is uitgereik in terme van die Nasionale Omgewingsbestuur: Afvalbeheerwet (Wet No 59 van 2008). ‘n Afskrif van die afvalbeheerlisensie is op www.deawclicenses.co.za beskikbaar, of kan van AECOM verkry word op versoek by die kontakbesonderhede hieronder. Appèl: Appèl kan aangeteken word teen die besluit soos beskryf in Hoofstuk 7 van GN R543 van die 2010 OIB-regulasies. Meer inligting in verband met die appèlproses kan gevind word in Afdeling 21 van die afvalbeheerlisensie. Let asseblief daarop dat ‘n kennisgewing om ‘n appèl in te dien gedoen moet word teen 7 Augustus 2014, en die appèl moet binne 30 dae daarvan ingehanding word bv 8 September 2014. Stel asseblief vir AECOM in kennis van enige intensie om te appèlleer, asook die appèl. As jy meer inligting verlang, kontak Mamokete Maimane van AECOM by: Tel: 012 421 3699; Faks: 086 650 0711; Posadres: Posbus 3173, Pretoria, 0001 E-pos: mamokete.maimane@aecom.com 8880

Kontak ons by 022 487 3221 om jou advertensiespasie te bespreek!


courant

die

44

Etiek, waardes in eiendom, grond

By die kongres van Agri Wes-Kaap verlede week by Goudini is die hoogs emosionele kwessie van grond en die eienaarskap daarvan hoog op die agenda. En ja, die besit en beheer van grond en al die emosies, sentiment en mag wat dit kan saamdra, is tog wêreldwyd nie ‘n ongewone vraagstuk nie. Op ‘n daaglikse basis word daar ook in die streek op dorpe soos Piketberg en Malmesbury gesien hoe gesienes ten koste van ander dit bewimpel of probeer bewimpel om eiendom – residensiële, kommersiële of landboueiendom te bekom met die trek van toue groot en klein. By die kongres raak Jan van Zyl, ‘n Sandveld-boer, ‘n paar raakstellings kwyt. “Wysheid is ‘n mengsel van kennis en etiek. Etiek is die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei. “Waardes en beginsels moet meer waarde hê as wat geld het. Ek hoop nie ek trap op tone nie, maar dit is die waarheid. “Uit goeie waardes en beginsels kom vooruitgang en sukses. Wat is ons motiewe in grondhervorming? “Rykdom kom saam met groot verantwoordelikheid.”

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Krag van God Paulus skryf aan die gelowiges in Rome, en hy spreek ‘n seën oor hulle uit: Genade en vrede van God onse Vader en van die Here Jesus Christus! Dit is ‘n voorreg om te kan glo. Soos ‘n atleet wat aan ‘n sport item deelneem fisies fiks moet wees om sy beste te kan lewer, moet ‘n gelowige geestelik fiks wees om te kan lewe. Om die seën van die Here te kan beleef. Paulus skryf in vers sestien van hoofstuk een dat hy hom nie skaam oor die evangelie van Christus nie, want dit is ‘n krag tot redding vir elkeen wat glo. Dit was eerstens beskikbaar vir die Jood, maar ook vir enige ander wat uit die ongeloof of heidendom kom, om in Christus te kan glo. Om geestelik fiks te wees, moet ons ons oefen in die Woord, om dit te lees, te oordink en te deel met ander. Paulus spreek ‘n seën uit oor die gelowiges in Rome omdat hy self deel in die seën. Hy wat die evangelie so teëgestaan het in die begin van sy loopbaan, het meer bygedra om die Woord te vesprei as enige ander, omdat hy self God se genade en vrede beleef het.

MENINGS • NUUS

6 Augustus 2014

‘Bousteen’ Leander laat sy merk in gemeenskap Een van die oudste inwoners van die Swartland, Carel Leander, is verlede week op 98-jarige ouderdom oorlede. Hy is Sondag uit die Calvynse Kerk in Wesbank begrawe. “Oom Carel was een van die boustene van die Swartland Munisipaliteit,” het Maude Goliath, onderburgemeester van die Swartland Munisipaliteit, aan dié courant gesê. “Hy het deur die jare sy dienste gereeld betaal.” Goliath was een van talle mense wat Sondag sy begrafnisdiens bygewoon het. Hy is op 12 Julie 1916 gebore en het op Malmesbury grootgeword. Sy dogter, Maxie Constance, het met dié courant gesels oor dié merkwaardige man. “Hy is vroeg uit die skool weens finansiële redes en het toe by ‘n skoenmaker gaan werk.” Hieruit is ‘n passie en ‘n besigheid gebore. “Hy was een van net ‘n paar skoenmakers op die dorp en seker die bekendste.” Sy winkel was waar Steers vandag is: “Aan die eenkant was ‘n losieshuis en aan die anderkant ‘n kroeg. Só, daar was nooit ‘n tekort aan klante nie. Die plaasboere het ook baie van sy dienste gebruik gemaak.” Van skoene herstel het sy besigheid uitgebrei na skoene maak: “Hy het gereeld Kaap toe gery waar hy sy leer en ander benodighede naby Roelandstraat gekoop het. “Later het hy so bekend geword dat sy skoene aangekoop is deur onder meer London Shoes in Roelandstraat en na Engeland uitgevoer is. “Pa het motorbuitebande gebruik vir sole - dit het amper soos hierdie moderne velskoene gelyk wat deesdae so gewild is.” Maxie vertel dat haar pa se winkelstoep, wat daardie jare in die dorp se sakekern geleë was, ‘n gewilde kuierplek was. Dikwels was daar met toemaaktyd nog besoekers. “Dan het hy gevra of hulle blyplek het vir die nag en dit was nie vreemd as hy by die huis aangekom het met mense wat moes kos- en slaapplek kry nie.” Maxie vertel dat kos nooit ‘n probleem was nie: “Ons was sewe kinders en ook maar lekkerbek: daar was altyd twee potte kos, genoeg vir gaste ook.” Slaapplek was ook nie ‘n probleem nie: oom Carel het ‘n werkkamer buite gehad en hier was altyd oornagverblyf. “Ons het ‘n groot plek in Keeromstraat gehad en hier het Pa saans voor die kolestoof gesit en werk aan sy skoene.” Later jare moes hulle trek as gevolg van die Groepsge-

biedewet. Oom Carel het twee planne opgetrek en sy vrou, Ria, kon kies waarvan sy hou. Hy het toe die bekende ronde huis in Nerinalaan gebou waar hy nog tot vroeg vanjaar gewoon het. Hy was ‘n sakeman in murg en been. Die skoenmakery het in ‘n klein fabriek ontwikkel en toe het hy met ‘n vervoer-besigheid begin. Hy het ‘n koerierdiens begin wat pakkies van die trein na besighede vervoer het. Later het dit uitgebrei na ‘n taxivloot ook. “Soos hy ouer geword het, het hy die besigheid begin afskaal.” Maxie vertel van sy groot liefde vir musiek. “Hy het ‘n ongelooflike oog en oor vir musiek gehad. Hy sou ‘n deuntjie hoor, dit ‘n paar keer fluit en dan het hy gaan sit en die eerste stem se note neergeskryf. Dan het hy dit op sy geliefde instrument, die trompet, geblaas.” Oom Carel het vir jare ‘n basuine-orkes gehad waarin die meeste van sy kinders en ander familielede gespeel het. “Sondagmiddae het ons by die huis bymekaar gekom, dan het hulle gespeel en ons het gesange gesing. Oom Carel was ‘n baie streng en presiese mens. “Dit het hom ‘n goeie leermeester gemaak. Selfs mense met musiekkwalifikasies het uit die stad en die Paarl gekom om by hom te kom kers opsteek.” Hy het die plaaslike Anglikaanse brigade afgerig en later gereeld kompetisies gewen met die Calvynse orkes. Een van Maxie se kosbare herinneringe is rondom Kersfees: “In die 50/60gerjare was dit tradisie vir die basuineorkes om met Oukersdag deurnag musiek te maak. “Die blanke gemeenskap het hulle genooi en Pa het dan ‘n hele roete opgestel. Hulle het gewoonlik tot 08:00 op Kersdag gestap en gespeel.” Oom Carel was ‘n stigterslid van die Calvynse Kerk waar hy en sy vrou geëerde lidmate was. Tannie Ria is in 1997 oorlede, waarna oom Carel alleen in die huis gebly het. “’n Jaar of wat gelede het my jongste suster by hom gaan bly om te help met sy versorging. Maar dit het moeilik geword en vroeër vanjaar het ons besluit dat dit beter is as hy Goue Aar toe gaan.” Hier het die kinders nog verlede maand vir hom ‘n verjaardagpartytjie gehou. Oom Carel laat ses kinders, 27 kleinkinders en 15 agterkleinkinders na.

Sorg vir versorgers Hierdie week, 1 tot 7 Augustus, is Kansa Sorgweek en vanjaar plaas Kansa (die Kankervereniging van Suid-Afrika) die kollig op versorgers. ‘n Versorger is enige iemand wat, sonder vergoeding, versorging bied aan ‘n vriend of familielid wat veg teen kanker en nie sonder versorging oor die weg kan kom nie. “Ons voel dat versorgers se liefdevolle sorg en ondersteuning aan diegene wat deur kanker geraak is, soms ongesiens verbygaan. Ons hoop om dit te verander, want die welsyn van ‘n versorger is net so belangrik soos dié van die oorwinnaar vir wie hulle omgee. “Dié Kansa Sorgweek wil ons graag erkenning gee aan alle versorgers en ons salueer hulle,” sê Kansa se waarnemende hoof uitvoerende beampte, Elize Joubert.

Versorgers kom uit alle vlakke van die lewe, van alle kulture en ouderdomme. Baie voel hulle doen wat enige iemand anders in dieselfde situasie sou doen – omsien na hul geliefdes, ‘n beste vriend of selfs kollega. Sommige versorgers kies nie om versorgers te word nie. Dit gebeur dikwels ongevraagd wanneer iemand na aan hulle met kanker diagnoseer word. Joubert sê voorts: “Meer as 60% van ons vrywilligers is toegewy aan hulpverlening saam met Kansa-personeel met sorg en ondersteuning aan persone geaffekteer deur kanker, asook die bevordering van gesondheid, terwyl baie ook met ander projekte help.” Besoek http://www.cansa.org.za/cansa-care-centrescontact-details vir meer inligting.


1 1 8 6 4 9 7 B_ 3 9 X6 _ 3

-

1

2 0 1 4 - 0 8 - 0 1 T1 3 : 5 2 : 2 4 + 0 2 : 0 0

NUUS • NEWS

5

6 Augustus 2014

Skenk bloed, red ‘n lewe

Die WP Bloedoortappingsdiens gaan in die komende weke en maande verskeie klinieke in die Swartland hou. • Darling se klinieke word in Darling Laerskool se saal gehou van 16:00 tot 19:00 en wel op 9 September en 11 November. • Malmesbury se klinieke vind op 28 Augustus, 25 September, 30 Oktober, 27 November en 30 Desember plaas. Dit word van 15:00 tot 19:00 in die stadsaal gehou. • In die Moorreesburg stadsaal is daar klinieke op 30 September en op 25 November, van 14:00 tot 18:30. • By die NG Kerk Piketberg is daar klinieke op 26 September en 21 November, van 10:00 tot 14:00. • In Porterville word dit by die NG Kerk gehou van 13:00 tot 19:00 op 13 Augustus, 15 Oktober, 10 Desember. • Die klinieke op Riebeek-Wes vind in die stadsaal plaas op 16 September en 11 November. Dit word van 17:00 tot 19:00 gehou.

6S

DAY Y ONL

Price Cuts

IEMAS

Opens 6 August 2014

Selected products on this page have been styled for photography

Our Butchery

BUTCHER’S

BEST

Meat prices cut to the bone

BUYS

Topside or Silverside Roast

59

R

Janie du Plessis by Sakekamer

R

Per kg

64 33 R

Tenderised Steak Per kg

25 9

R

25

FRESH

Ribbon 15 Blue Toaster White

PnP Potjie Mix 1kg

R

PnP Strawberries 400g

10

Bread 700g

Chelsea 90 9 0 PnP Buns 6s

20

15

R

80

PnP Cottage Cheese Assorted 250g Each

SAVE 4.70

SAVE R5

33

R Die bekende persoonlikheid, Janie du Plessis, is Dinsdag die spreker by die Malmesbury Sakekamer se byeenkoms. Dit word by Laerskool Swartland skoolsaal aangebied en begin om 19:00 vir 19:30. Kaartjies is R100 per per persoon (R140 vir nie-lede) en sluit ‘n ligte ete in. Bevestig bywoning asb stiptelik voor Vrydag 8 Augustus om 15:45 by Annabelle van der Merwe, 022 482 1060.

29

Die Malmesbury Sakekamer se nominasies vir vanjaar se diensverskaffer van die jaar sluit op Maandag 30 September. Daar is vanjaar weer ‘n gelukkige trekking van R500. Al wat jy moet doen om deel te hê aan die trekking, is om ‘n besigheid te nomineer wat vir jou uitstekende diens gelewer het. Jy kan enige besigheid in Malmesbury nomineer en jy, of die besigheid wat jy nomineer, hoef nie ‘n lid van die sakekamer te wees nie. Die kompetisie is oop vir almal op Malmesbury. Gaan na http://www.sakekamer.co.za/ diens-nominasies/entry/add en nomineer nou jou diensverskaffer van die jaar.

5

Selati Brown Sugar 2.5kg

80

Eskort Cheese Grillers 500g

30

R

95

Danone Yogi Sip Low Fat Drinking Yoghurt Assorted 250g Each h

PnP All Grain Extra Large Eggs 18s

FREE

+ 29

SAVE 12.90

PnP NO NAME™ Frozen Chicken Thighs 1.5kg

90

45

R

SAVE 11.90

Nomineer jou beste

PnP NO NAME™ Fresh Chicken 4 Thighs and 4 Drumsticks Per kg

17

90

Spier Cabernet Sauvignon, Merlot, Pinotage or Shiraz 750ml Each

78

R

Buy Nestlé Milo Cereal or Duo Cereal 480/500g Each and Get a Clover Seal Fresh Full Cream or Low Fat Milk 500ml FREE

SAVE R5

Spekko Parboiled Rice 2kg

12

Ajax j Dishwashing Liquid Assorted Liq 750ml Each 75

90

SAVE 17.90 Krone Borealis Brut MCC 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

42

119

R

90

SAVE R23

Get 10% EXTRA airtime, every time,, when you top up your new MTN Pick n Pay Boxer SIM at Pick n Pay and Boxer only.

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre or Power Capsules 14s Each

Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Bulk Pack Size 2 - 66s, Size 3 - 58s, Size 4 - 50s or Size 5 - 44s Per Pack Make the healthy choice • To activate HealthyFood, visit discovery.co.za • Look for ‘VIT’ on the shelf label to identify HealthyFood items

25 20

Get up to Earn

*SIM card 50c Mobile Money is operated by TYME, a distribution channel of the South African Bank of Athens Limited, an authorised financial services and registered credit provider (FSP5865, NCRCP6).

%

cash back on over 10000 HealthyFood items Vitality points on every HealthyFood purchase

Terms and conditions apply. Discovery Vitality (Pty) Ltd is an authorised financial services provider. Registration number 1999/007736/07.

PRICES VALID 5 - 10 AUGUST 2014 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Botswana, Namibia, Swaziland, Lesotho, Express Franschhoek Daily, Monte Vista and Kenridge stores. Liquor not for sale on Sundays excluding Canal Walk, Langebaan, Observatory, Rondebosch and Vredenburg or George and Mossel Bay in the Eastern Cape. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1186497_WC_390 X 198


NUUS • NEWS

6

6 Augustus 2014

Die Perdeberg Motor Groep en JB’s Nissan vergroot sy voetspoor in die plaaslike motormark met die oopmaak van ‘n gebruikte voertuig vertoonlokaal onder die vaandel van Perdeberg Select. Malmesbury en omgewing se motorkopers kan dieselfde gehalte diens en produkte waarvoor die Perdeberg Motor Groep en JB’s Nissan oor die afgelope jare bekendheid verwerf het, van Perdeberg Select verwag. Die bestuur en personeel verwelkom elkeen wat in die mark is vir ‘n gekeurde gebruikte voertuig, of wat sommer net in motors belangstel, om te kom kyk wat by Perdeberg Select in Bokomoweg, langs JB’s Nissan , aangebied word.

Johan Viljoen sit voet in die hoek saam met Jenny Löfberg Ag regtig. Dink Nissan regtig hulle kan met nóg verbeteringe en 12 verskillende modelle vir die nuwe generasie van hul nomade nutsvoertuig hul wêreldwye suksesverkope van die voertuig wat reeds op oor die 2 miljoen staan, verder opstoot. Wel, die antwoord is ‘n dubbele ja. Hulle dink waarskynlik so en ja, hulle is reg. Want as jy gedink het jy het al als gesien, die nuwe Nissan Qashqai bied vir deurwinterdes meer as genoeg om te sien. Op Darling is die museum en die toerismekantoor in een gebou en as jy nou al daar was, dan jy mos nou al als gesien. Nee, verkeerd. Daar is vir ‘n ieder en ‘n elk meer as genoeg om weer en weer terug te kom en iets nuuts te sien. Almal weet Darling het ‘n romery en dat dit die eerste romery al lank gelede hier begin is. Maar in die Bottermuseum lê ‘n blaai-legger met die storie opgeteken van Jenny Löfberg. Jenny was 15 toe sy in 1923 van Darling na Swede verhuis het. The Swedish Creamery is in 1899 in Kerkstraat deur die Swede Nils Georg Möller, GeorgArvid Thernström en sy neef, Karl Löfberg, begin. Darling plaasbotter, dik gesmeer op vars plaasbrood en korrelkonfyt saam met ‘n weskussnoek. Genoeg rede om jou mond te laat water. Die romery is later deur die boerekoöperasie uitgekoop en ‘n groter, moderner (als seker relatief) romery is ‘n 100 jaar gelede elders in die dorp opgerig. Jenny was die dogter van Karl Löfberg en Annie van der Merwe en het haar in die dorpie Kalmar aan die Baltiese kus gevestig saam met haar familie en die Thernström-gesin wat toe teruggetrek het na Swede. Haar Afrikaanse ma het toe reeds ook die kinders van Thernström onder haar vlerk geneem nadat hul ma weens die 1918 Spaanse Griep-epidemie dood is. Omdat Jenny se huistaal Afrikaans was, moes

Qashqai, botter en die room van Darling

sy Sweeds aanleer om haar skoolopleiding te voltooi. Sy het nooit getrou nie en haar op huishoudkunde en naaldwerk toegespits en ook ‘n naaldwerk-onderneming in die dorpskern van Kalmar begin. Sy het volgens familietradisie in haar ouerhuis gewoon tot haar ouers in die laat 50’s oorlede is. Jenny is onlangs in die ouderdom van amper 104 jaar oorlede en het glo in haar laaste jare veral baie Afrikaans gepraat, blykbaar tot groot frustrasie van die personeel in die sentrum vir bejaardes waar sy tuis was. Haar broerskind, prof. Arvid Löfberg, opvoedkundedosent aan die Universiteit van Stockholm

Nissan Qashqai 1.2 Acenta

het die storie vertel. So ry ons met die nuwe generasie Nissan Qashqai 1.2 Acenta van JB’s Nissan kuswaarts deur die Swartland en ervaar presies waarom die eerste twee miljoen kopers eintlik eers as hul hierdie nuwe Qashqai geproe het, kan saamgesels oor die ware Jakob. Want jy sal bitter ver moet soek om iets te kry wat nie na jou sin is nie. Om die waarheid te sê, Nissan boor met Qashqai 2014 ‘n nuwe akwifer raak. Hierdie nuwe Qashqai is langer, en wyer en lekkerder (as jy ‘n hap kon vat soos as jou tandemerke in daardie plaasbotter sit) en meer ekonomies. Sesgang Handratkas Bagasieruim: 430cm³ en 1585cm³

Viersilinder 1197cm³

Brandstoftenk: 65l

85kW@4500rpm

Prys: R310 100

Wringkrag: 190Nm@2000rpm

5 year / 90 000km

Als waarmee die vorige Qashqai-eienaars beïndruk het, is nou net ‘n entjie beter en hierdie praktiese voertuig is nou nog sagter op die pad en ….. toe neem ek Simon Kotze se woorde letterlik en gaan sit teen ‘n nie te stadige spoed nie in ‘n draai. En inderdaad: daardie lyn (amper soos ‘n vaste spoorlyn) wat ek hom gegee het, dié het Qashqai presiés gevolg. Moet bieg, hierdie padhouvermoë kry ‘n groot regmerk. Maar die uwe en sy waarneming is nie op ‘n eiland of die enigste Afrikaanssprekende in Kalmar nie. Nissan Qashqai 2014 is reeds as motor van die jaar aangewys deur Brittanje se What Cartydskrif. (Terloops glo die eerste Nissan wat dié toekenning kry). Gerief, goeie afwerking, ruimte en veiligheid. Slaag die toets met vlieënde vaandels en daarom lei hy die marksegment. Veeldoelig. Qashqai is groot genoeg vir die familie. Hoog genoeg om nie die tuindwerg-sindroom te ervaar nie en ekonomies genoeg om ook in die stad se verkeer te kerjakker. 2014 Qashqai is byderwets met lyne wat mooier op die oog lê (laat ons nou nie hier oor lyne en bou weggevoer raak nie) en sal beslis nou ook meer by die jonger garde byval vind (natuurlik nie dat lyne nie ook vir die oueres saak maak nie). Die elektroniese handrem is ‘n groot plus en sommer outomaties ook as jy die motor afskakel. Handrem vergeet, nie met Qashqai nie. En onder die enjinkap, wel daar het Nissan (soos Kerkorrel se Ossewa) ook meer woema gegee, met turbo-aanjaers. Dié kan jy voel as jy in die 1.2-model ry. Bang is hy nie vir hol nie. Dink onwillekeurig wáár het ons met die eerste twaalf honderdenjintjies begin? Wel, hierdie 1.2-enjin lewer meer krag as die ou 1.6-enjin (sonder turbo). Natuurlik akkommodeer Qashqai nou slimfoon en USB en is die kontroles op die stuurwiel. Outomatiese ligte en ruitveërs, asook verstelbare binne-beligting. Die 6-spoed dra verseker tot die ekonomie by. Al die modelle is in ‘n Visia of Acenta-afwerking beskikbaar. So wat bly oor. Gaan loer in by die Darling Museum en kry no geen van die talle romerige stories, maar moenie dat Qashqai 2014 by jou verbygaan nie. Hierdie motor is ‘n belewenis.

finance@jbnissan.co.za • Sontie 082 453 4656 • Denise 074 965 3504 • Andries 083 283 9916 • Sienie 082 874 2786 • Johan 072 570 4750

JB’s Nissan Bokomoweg 54, Malmesbury Tel 022 482 1124 www.jbnissan.co.za


NUUS • NEWS

7

6 Augustus 2014

JB’s Nissan, Perdeberg Motorgroep sprei vlerke JB’s Nissan en die Perdeberg Motorgroep het by ‘n geselligheid verlede week die nuwe Nissan Qashqai bekendgestel asook die nuwe Perdeberg Select-afdeling vir gebruikte voertuie. LINKS: Kallie Rautenbach (regs) van Laerskool Swartlandpraat met ds. George Prinsloo.

BO: Simon Kotze, handelaarshoof van JB’s Nissan, praat oor die nuwe Qashqai.

Koos Loubser, Johan Theron (Perdeberg Motors) en Francois Geldenhyus (mede-eienaar Perdeberg Motorgroep) in gesprek.

Rainer en Karin Rix gesels met Sienie Koch van JB’s Nissan.

Andries Steyn, Pietman Bell en Roome Kirsten.

BO: Piet Basson (mede-eienaar Perdeberg Motorgroep) gesels met die gaste.


NUUS • NEWS

8

6 Augustus 2014

Blake-wyne ‘n finalis

Oud-wynmaker van Swartland Wynkelder, Andries Blake van Blakes Family Wines se Amethyst 2011 is ‘n finalis in die Perold Absa Cape Blendkompetisie vir 2014. Die Pinotage-vereniging bied dié kompetisie aan met die oog op erkenning vir ‘n rooi versnitwyn, waarvan Pinotage ‘n wesenlike komponent uitmaak.

Hoekom Tyremart?

Freddy Viviers van die Northlink College se afdeling deeltydse studies het die karkasse opgesaag en studente het toegekyk.

Promosie

Christo Smit van La Rhine-boerdery bekyk die karkasse. Lappies Labuschagne, nuwe bestuurder (derde van links) en personeel. Ons kliënte vra die vraag deedae gereeld en ons van is dat die konsesiehouers (franschisor) van dink dit is Prima Bande se plig om te verduide- sowel Hi-Q as Supa Quick deur bandevervaarlik hoekom ons van Supa Quick na Tyremart ve- digers besit word. In kort beteken dit dat Supa Quick’s ‘n minimum van 60% Bridgestone- en rander het. Pima Bande bestaan reeds sedert 1968 as Firestone-produkte moet verkoop. Soortgelyke maatskappy, maar die naam Prima Bande het doelwitte geld vir Hi-Q ten opsigte van Goodin 1974 ontstaan toe die derde tak oopgemaak year-aankope. In 2012 het ‘n paar groot streekshandelaars is. Oor die jare het Prima Bande gegroei en was altyd as ‘n redelike groot rolspeler in die bande besluit om hul eie konsessie te begin om die bedryf in die Wes-Kaap beskou. Sedert die mid- dominansie van die bandevervaardigers in die del 1990’s het die bedryf egter redelik begin ver- verskillende konsessie vry te spring. Dit het tot ander toe die bandevervaardigers ook begin toe gevolg gehad dat die eerste Tyremart in Augustree het tot die kleinhandel deel van die bedryf. tus 2012 geopen het. Nou, twee jaar later, is daar Dit het veroorsaak dat dit al hoe belangriker ge- reeds 65 Tyremart handelaars in Suid Afrika en raak het om groot genoeg te wees om kompete- vyf handelaars in ons buurlande. Die groot voordeel om deel te wees van die Tyremart- konsesrend aan te koop. In 1999 het Prima Bande besluit om ook die sie is dat alle bande vervaardigers se produkte konsessie (franschise) roete te volg en sekere aangekoop en verkoop word. Tyremart se takke begin verander na Supa Quick. Later jare hoofvoorsieners is tans Goodyear, Continental, is ‘n paar takke ook na Hi-Q verander. Dit het Michelin, BF Goodrich, Pirelli, Falken en Dunlop. veroorsaak dat Prima Bande as ‘n handelsnaam Omdat Prima Bande steeds Supa Quicks het, het verdwyn het en vandag is dit slegs ‘n houer- ons ook toegang tot Bridgestone en Firestone produkte teen die beste pryse. maatskappy. Alhoewel daar nou twee nuwe Supa Quick’s Die vernaamste rede hoekom Prima Bande in 1999 begin het om die franschise-roete te volg op Malmesbury en Paarl oopgemaak het, is daar en takke na Supa Quick en Hi-Q om te skakel, geen verbintenis tussen hierdie Supa Quick’s en was die verbeterde aankoopsmag en nasionale Prima Bande nie. By Prima Bande se TyreMart is dus steeds advertensie voordele wat dit te weeg gebring het en uit die aard van die saak was dit belangrik dieselfde mense en dieselfde uitstekende diens waaraan u gewoond is, maar nou ook met groom kompeterend in die mark te bly. Daar was egter ook nadele en die grootste hier ter verskeidenheid, meer keuses en beter pryse.

BO: Die leerders van CPM op Malmesbury leer meer van landbou. By hulle is Corrie de Vos. LINKS: Die beoordeling van die wolskape tydens die Malmesbury Skaapstudiegroep se 34ste Kudde-evalueringsdag. Die tegniese span van Tyremart op Malmesbury.


NUUS • NEWS

9

6 Augustus 2014

Kudde evalueringsdag lewer wenners op Die Skaapstudiegroep van die Malmesbury Landbouvereniging het Vrydag sy 34ste jaarlikse kuddedag by die skougronde gehou. Produsente en studente is beloon vir hul uitnemendheid. In die Stockman-kompetisie wat vanjaar vir die tweede keer gehou is vir hoërskoolleerders het leerders van Hoërskool Swartland op Malmesbury, Augsburg Landbougimnasium op Clanwilliam en Boland Landbouskool van die Agter-Paarl deelgeneem. Meer as 50 landbou-leerders het ‘n kort seminaar en praktiese sessies bygewoon alvorens die toetsing gedoen is. Die wenner van die 2014 Stockman-kom-

petisie was Adriaan Stander van Boland Landbouskool gevolg deur Hoërskool Swartland se SJ Jacobs en Dohann Neethling (onderskeidelik tweede en derde). Die toekennings vir produsente was soos volg: Merino-afdeling: Janneman Louw 1ste; Elandsberg Plase 2de; Junior Heroldt 3de. Beste wol: Janneman Louw. Beste GDT: Elandsberg Plase. Beste Jongooi: Janneman Louw. Dohne Merino-afdeling: Llewellyn Louw 1ste; Derrick Becker 2de; Hoffie van Blerk 3de. Beste wol: Hoffie van Blerk. Beste bouvorm: Llewellyn Louw. SA Vleismerino-afdeling: Frederick le Roux

1ste; Danie van Breda 2de; Pieter Dreyer 3de. Beste Bouvorm: Frederick le Roux. Beste wol: Danie van Breda. Kampioen slaglam: Erika Hanekom. Reserwe Kampioen: Hoffie van Blerk. 3de plek: Ewan Louw In die afdeling vir Kampioen groep Slaglammers het Jimmy van der Spuy skoonskip gemaak en die kampioengroep, reserwe kampioengroep én die 3de plek verower. Aan die einde van die slaglamveiling, waarvan 10% van die opbrengs jaarliks aan die Aandskemering sentrum vir bejaardes op Malmesbury geskenk word, is die kampioenslaglam vir R2400 aan Roelcor verkoop.

Net ‘n ervare wolwerker soos Kosie Willemse gooi die wolvag dat dit soos ‘n wolk hang.

LINKS: Die wenners in die afdeling vir SA Vleismerinos was Frederick le Roux 1ste, Danie v Breda 2de en Pieter Dreyer 3de.

REGS ONDER: Die manne besig om die wolvag af te rand voor dit beoordeel kan word. Erika Hanekom het die kampioen slaglam gelewer. Hier is sy saam met Tommy Moolman van Tomis Abattoir.

REGS: Erika Hanekom het die kampioen slaglam-kompetisie gewen met Hoffie van Blerk (regs) tweede en Ewan Louw derde. ONDER: Junior Herholdt (links) het met 13% die beste vordering gehad tussen alle rasse.

BO: Die Stockman-kompetisie is gewen deur Adriaan Stander van Boland Landbouskool gevolg deur Hoërskool Swartland se SJ Jacobs en Dohann Neethling. By hulle is John Dürr. ONDER: Die wenners in die afdeling vir Dohne Merinos was Llewellyn Louw (middel) 1ste, Derrick Becker (links) 2de en Hoffie van Blerk 3de.

BO: Die wenners in die afdeling vir Merinos was Janneman Louw (links) 1ste, Elandsberg Plase (Abraham Cloete) 2de en Junior Herholdt 3de. Jimmy van der Sluys het skoonskip gemaak en die eerste drie plekke verower in die Kampioen groep Slaglammers.

Inwoners van Aandskemering, mevv Sannie van Reenen en Ansu Steyn, saam met Llewellyn Louw.


NUUS • NEWS

10

6 Augustus 2014

Eenheid is enige veedief se grootste nagmerrie Op Malmesbury is daar ‘n groep polisielede wat geen moeite sal ontsien om ‘n veedief aan te keer nie. Die Malmesbury Veediefstal Eenheid is pas deur Agri Wes-Kaap as die beste eenheid in die Wes-Kaap aangewys. Verder nog, het adjudantoffisier Rudie Lourens van dié eenheid die toekenning as beste speurder ontvang. Malmesbury is een van vier veediefstaleenhede in die Wes-Kaap, met die ander op Swellendam, Oudtshoorn en Beaufort-Wes. Agri WesKaap maak jaarliks die toekenning en dit is die derde keer dat die trofee Malmesbury toe kom. “Hierdie mense verdien die eer,” het die bevelvoerder, kaptein Theuns Carelse, aan dié courant gesê. “Dit is wat ons suksesvol maak: my mense is gespesialiseerde lede wat met ‘n passie werk. Hulle is lief vir die werk, lief vir die natuur.”

Die plaaslike eenheid bestaan uit 13 ondersoekbeamptes, twee administratiewe lede en natuurlik die bevelvoerder. Twee van die lede het reeds meer as twintig jaar ervaring in die veld en die ander is almal ook ervare en kundige mense. Hulle bedien 93 dorpe in 17 landdrosdistrikte en 12 polisie-clusters. “Ons werk so ver as Bitterfontein en Vanrhynsdorp, die metropool tot by Somerset-Wes en tot die Ceres Karoo en Bokkeveld. Veediefstalsake wissel van beeste, skape, perde, varke en bokke tot hoenders. “Ons ry ver paaie en is baie weg van die huis. Hierdie is nie ‘n werk waar jy na tyd kyk nie,” gesels Carelse. Wat opvallend is, is die respek waarmee die mense mekaar hanteer. “Hier groet ons mekaar elke oggend met die hand en ons vat boeke.”

Wenners: Kaptein Theuns Carelse (voor), bevelvoerder van die Malmesbury Veediefstal Eenheid by sy span. Van links is ajudant-offisier Rudie Lourens, ao Dirkie Coetzee, ao Basil Adonis, ao Trompie Koegelenberg, Viro Williams (admin), sers Jaco Roestoff, Bongiwe Seroto (Telkom operateur), ao Patrick Solomons, kst Khotekile Ngoma, ao JP Basson en ao Abe Abrahams. Afwesig: ao Nico du Toit.

Oud, nuut, geroes en gepoets by ekspo te sien Wat meer as 25 jaar gelede in die destydse Natal met die versamel en restoureer van veteraan-trekkers en –enjins begin het, het ‘n volwaardige bewaringsorganisasie in Suid-Afrika tot gevolg gehad. Tans word ook masjinerie en plaasvoertuie versamel en op skoue uitgestal. In die laaste paar jaar het veral in die Wes-Kaap die reël van ploeg- en oesdae ook posgevat sodat die bewaarde trekkers en ander plaasmasjinerie ook op gereelde basis gebruik en gedemonstreer word. By sulke dae is “werk” en demonstrasies met die geliefde ou goed aan die orde van die dag, maar die rondritte waar vir ‘n dag of naweek met trekkers ‘n lang rit gery word, gaan dit oor plesier en nostalgie. Vir ‘n boer uit die vorige paar geslagte is die reuk uit die uitlaatpyp van ‘n paraffientrekker suiwer nostalgie! Die regulerende liggaam in Suid-Afrika is die Suid-Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekkeren-enjinklubs, SAVTEK, met elf geaffilieerde klubs. Die Wes-Kaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub is die grootste in die land met sy meer as 500 lede, en dié lede kom van oral in die provinsie tussen Lambertsbaai en Plettenbergbaai. Die Wes-Kaapse klub hou een maal per jaar ‘n ekspo, die Landbou-veterane-ekspo, waarop behalwe die beoordeling van gerstoureerde trekkers, enjins en dies meer ‘n volledige dagprogram van optogte in die arena, trekkerspeletjies, demonstrasies en uitstallings aangebied word. Die afdeling vir “klein erfgoed”, waar lede en ander belangstellendes hul privaatversamelings ougoed soos kombuisgereedskap, tikmasjiene, kameras, modelletjies tot speelgoed uitstal, is ook baie gewild. ‘n Klompie jare gelede het die vel van ‘n bok wat “sakgeslag” is, nogal ‘n klein opskudding veroorsaak, want wie het dan nou daaraan gedink om so ‘n aardse gebruiksartikel uit die jare her te bewaar. ‘n Nuwigheid op die program van die WesKaapse bewaringsbeweging in die laaste paar

jaar is die afdeling vir die bewaring van “vergete vaardighede”. Vir sommige besoekers sal dit vreemd wees om op ‘n “trekkerskou” te sien dat seep gemaak, koeksisters gekook en kaiings uitgebraai word. Dis nou behalwe vir die brood wat gebak en brandewyn wat gestook word. Die doel van die klub daarmee is behalwe dat die vaardighede behoue moet bly, ‘n ekspo-program ook vir die hele gesin voorsiening moet maak. En dit werk! Die bewaringsgesinde professor Mathilda Burden van die Universiteit Stellenbosch, wat laasjaar die Wes-Kaapse ekspo op Villiersdorp bygewoon en ‘n sekere afdeling beoordeel het, stem met die klubbestuur saam dat sy soort bewaringsinisiatiewe noodsaaklik is vir die bewaring en behoud van die verdwene landboukultuur van jare gelede. Op vanjaar se ekspo, wat hierdie naweek op Malmesbury gehou word, word die Saterdag ‘n kinderprogram van twee uur gereël. Dan kan kinders onder meer kleilat gooi – onder toesig, natuurlik! – en kan hulle heeldag in die smidswinkel werk as hulle wil. In die Wes-Kaap is die firma P. Andrag en Seuns (deesdae Agrico) sinoniem met John Deere- en Lanz-trekkers en gereedskap omdat hulle vir baie dekades die voorsieners van hierdie fabrikate was. Hierdie twee trekkerfabrikate, asook die Swartlandse graanbedryf, is vanjaar die temas van die ekspo. Dit word met ‘n uitstalling van foto’s en dokumente oor die geskiedenis en produkte van die firma P. Andrag en Seuns aangevul. Die Wes-Kaapse organisasie kan met reg daarop aanspraak maak dat hy met sy ekspo vir ‘n naweek ‘n dorp se skouterrein in ‘n lewende museum omskep. Die sekretaris van die Wes-Kaapse klub sal met graagte enige navrae oor die klub of die komende ekspo beantwoord. Hy kan by 022 451 2692 of sekr.wk@telkomsa.net geskakel word.


SWARTLAND SKOU 3-6 SEPTEMBER

11

6 Augustus 2014

Aanskou die skouspel van die Swartland Skou 2014 3 tot 6 September @ Moorreesburg

Die Swartlandskou het begin as ‘n klein samekoms van boere in die omgewing wat idees uitgeruil het oor saaimetodes en hoe om beter oesresultate te verseker. In die twintigjare is die eerste skoubyeenkoms van perde in Hooikraal, noord van Moorreesburg gehou. Die terrein het later te klein geword en is in 1933 verskuif na die ou amptelike skougronde – oos van Rosenhof by die Piketberg-ingang met die naam Moorreesburg Skouvereniging. Daar was weinig geriewe en ‘n paviljoen is opgerig met die kombuis en eetsaal daaronder. Vertoners het self stalle opgerig met sinkplate en die pluimvee-, vark-, skaap- en beesafdelings saamgeflans. Diere wat geskenk is vir die skou is deur die mans geslag en deur die vroue verwerk. In die buitekombuis was houtstowe waar alle kosse

gaargemaak en brood en roosterkoek gebak is. Hier was dit warm en is baie gewerk. Die kroeg was onder die bloekombome. Die huisvlytafdeling was in ‘n klein geboutjie maar die dames het destyds baie sterk teen mekaar kompeteer. Dit was ‘n hele jaar se insette. Van verskillende soorte tuisgemaakte seep tot plaasprodukte, die ligste pasteideeg en netjieste naaldwerk, te veel om te noem. Baie dames moes hier punte verwerf het vir hul beoordelaars sertifikate as gevolg van die hoë standaarde waaraan hierdie huisvlytafdeling gekoppel was. Die VLV, in samewerking met die skou, het hierdie gesogde afdeling aangebied. Jare gelede het Ben Mostert met 80 trekperde na die skou gekom, Koos du Toit met 30 perde

en Frikkie Serdyn met twee spanne muile plus nog heelwat ander deelnemers – almal plaaslik. Vandag is daar min plaaslike deelnemers en die voedingsbron is meesal van buite. Die perdeafdeling was ‘n miernes van bedrywighede en die klasse is aangekondig met die klap van ‘n sweep. Dit was nie ongewoon om agt wa-spanne en tien wa-spanne muile op Moorreesburgskou te sien nie. In die vroeë dertigerjare tot die laaste vyftigjare was trekdiere volop en is op plase gebruik. Met die koms van die meganisasie het die trekperd getalle afgeneem sodanig dat dit vandag uitsonderlik is om ‘n wa-span van agt perde op die skou te sien. ‘n Tradisie wat met alle mag aangemoedig en vertroetel moet word.


SWARTLAND SKOU 3-6 SEPTEMBER

12

6 Augustus 2014

Kunstenaars by vanjaar se Swartland Skou Donderdagaand: Alicia Opperman

Stalletjies

Vrydag: Leah, Chrizaan, Weskusklong, Hennie Jacobs (Diederick van 7de laan) Massavertoning: Laerskool Dirkie Uys,

Aandvertoning: SNOTKOP

Saterdag: Kindervertoning: Kizzoo Chris Els, Luhann, Marlee, Amore, Dirk van der Westhuizen

Snotkop

Leah

Sameroepers Jeug Streekskou – Woensdag 3 September Magdel Mostert – 083 667 7846

5 September om 08:30 DW Giliomee – 082 7742579

Nasionale SA Vlaam- en Wes-Kaap Hackneyperd Streekkampioenskap 3 – 6 September Herman Burger – 082 5722826

Wes-Kaap Hereford Streekkampioenskap – Vrydag 5 September Philip de Waal – 082 783 0011

Wa-spanne van 8 – Vrydag 5 September

Swartland Angus Klubkampioenskap (rooi en swart) – Vrydag 5 September Jannie Kotze – 083 651 9266

WP Saalperd Streekkampioenskappe 4 – 7 September Erhard Koch – 082 8981026 Slaglamkompetisie – Woensdag 3 September om 11:00 Hannes Fullard – 082 820 4958 Wolskaap Kuddekompetisie – Donderdag 4 September 09:00 DW Giliomee – 082 774 2579 SAVM Super 10 Ramkampioenskappe – Vrydag

Beoordeling: Simmentalers: Limousin: Santa Gertrudas: Donderdag 4 September – Vrydag 5 September Franco Koch – 072 599 6843 Veiling: BKB Slagskaap en Slagosveiling Donderdag 5 September om 11:00 Pluimvee: Naomie du Toit 082 468 8826 e-pos naomidt@breede.co.za


SWARTLAND SKOU 3-6 SEPTEMBER

13

6 Augustus 2014

Jeugskou maak jonges meer betrokke

Landbougenootskappe in SA het die behoefte geidentifiseer om skool kinders by landbou betrokke te kry. Die Nasionale Landbou Jeugvereniging is in 1999 gestig. Die primêre doel van hierdie organisasie is om n liefde vir landbou te kweek by die jeug, asook om die denkwyse van die jeug te verander sodat hulle betrokke kan word in die landbou dmv lewensvaardighede, beroepsrigtings, entrepreneurs en jeugskoue. Tydens die jaarlikse Nasionale Kampioenskappe neem leerders in 15 katagorie deel, naamlik: Melkbeeste, vleisbeeste, vleisbokke, melkbokke, angorabokke, pluimvee, wedvlugduiwe, wolskape, vleisskape, sierduiwe, varke, konyne, perde, suiwelbereiding en tuisnywerheid. Waarom bied die Landbou Jeugvereniging jeugskoue by landbouskoue aan? Om deur middel van die Jeugskoue n affiniteit vir die landbousektor by die jeug te kweek Om leerders die geleentheid te gee om op buite kurrikulere gebied deel te neem aan landbou verwante aktiwiteite. Om verskeie vaardighede by die leerders te ontwikkel en om spanwerk te bevorder Diejeugskou is geklassifiseer as ‘n sport waar leerders met diere skou. Die kind se vaardighede word hier beoordeel en nie die dier nie. Die sport bestaan uit drie afdelings naamlik: Was en voorbereiding: Die deelnemer word beoordeel ten opsigte van sy/haar vaardigheid om die dier te was en voor te berei, sodat die dier op sy beste sal vertoon in die skouring. Hier die afdeling vind slegs op provinsiale en nasiona-

le vlak plaas. Kennis: deelnemers moet oor n wye algemene kennis beskik van die dier waarmee hul skou, sodat hy/sy ‘n teoretiese toets kan skryf oor aspekte soos voeding, gesondheid en voortplanting. Hierdie toetse word slegs op provinsiale en nasionale vlak geskryf. Vertoonkuns: Die deelnemers moet die dier tot die beste van sy/haar vermoë vertoon op grond van die voorgeskrewe riglyne en nasionale jeugskou-standaarde. Beoordeling vind plaas deur gekwalifiseerde beoordelaars. Moorreesburg Swartlandskoou is dan soos oudergewoonte weer die plek om te wees, 3 September om 14:00. Ingeval van die kleinvee kategorie( skape en bokke) kan diere voorsien word indien dit vooraf gereël word met die organiseerders. Ons bied die volgende kategorieë aan: vleisbees, vleisskaap, wolskaap, boerbok, melkbok, angorabok en perde. Die inskrywingsvorm gaan beskikbaar wees by die kantoor. Inskrywings fooie is R20 en ‘n afskrif van jou ID of geboortesertifikaat moet jou inskrywingsvorm vergesel. Alle noodskaaklike inligting verskyn op die inskrywingsvorm rakende kleredrag, ens. Swartlandskou kantoor: 022 433 1607; e=pos info@swartlandskou.co.za. Vir enige navrae kontak ons gerus. Hoop om julle daar te sien! Organiseerders: Magdel Mostert 083 667 7846 , e-pos: louwsbaken@cornergate.com DW Gillomee 082 774 2579, e-pos: gillomeed@tsb.so.za.

Swartland Skou 3-6 September 2014!

finance@jbnissan.co.za • Sontie 082 453 4656 • Denise 074 965 3504 • Andries 083 283 9916 • Sienie 082 874 2786 • Johan 072 570 4750

JB’s Nissan Bokomoweg 54, Malmesbury Tel 022 482 1124 www.jbnissan.co.za

INSERT DEALER AND CONTACT DETAILS


14

SWARTLAND SKOU 3-6 SEPTEMBER 6 Augustus 2014

Hoogtepunte

Woensdag 3 September 2014 Skou open om 08:30 08:30 – 17:00 Nasionale SA Vlaamkampioenskappe & Kaap Hackneyperd Streek Kamp. 11:00 Slaglamkompetisie 14:00 JEUGSKOU Beoordeling van hanteerder van skape, bokke en beeste Eetlokale open Wyntuin: Braaigeregte, Steak& Burgers Kafee:Ontbyt en Wegneemetes, Veepos: Roosterkoek met ‘n kinkel, Braaigeregte, Afvalpot

Donderdag, 4 September 2014 Binnestalletjies open 10:00. DAMES VONKELONTBYT IN DIE WYNTUIN Kunstenaars: Brümilda van Rensburg Elvis Blue Tyd: 09:00 (stiptelik) Drag: Elegant

Prys: R300.00 p/p

Kaartjies beskikbaar: Computicket LizaMari Carstens: (0828647111) lisamariv@gmail.com PRETPARK

Vrydag 5 September 2014 ARENA: Laerskool Dirkie Uys Massavertoning Nasionale SA Vlaamperdkampioenskap Wa-spanne van 8 Wes-Kaap Hackney Streekskampioenskap WP Kampioenskappe Saalperde Vleisras beeste: Hereford, Angus (Rooi & Swart) SAVM Super 10 Ramkampioenskap

Saterdag 6 September 2014 10:00 Kindervertoning: Kizzoo Kunstenaarsoptrede 11:00 – 17:00 ARENA: Skoukoningin & Prinses Aankondiging van Intervleisras wenner Perde Kampioenskappe Sluit af met 3-gang Kampioenskap; Siertuig & Saalperd 5-gang Kampioenskap met sjampanje oorhandiging. Wyntuintoegang: R50.00


NUUS • NEWS

15

6 Augustus 2014

Afrika groeiende mark vir landbou - ekonoom Afrika is ‘n snelgroeiende mark vir die landbousektor en hul produkte. Dit was duidelik uit ‘n praatjie van landbouekonoom Tinashe Kapuya Donderdag by Agri Wes-Kaap se jaarkongres wat by Goudini gehou is. Kapuya, ekonoom van Agbiz, koordineer en bestuur tans Jadafa (die vennootskap tussen die nasionale departement van landbou en die landboubesigheidskamer - Agbiz) in hul doelwitte om vennootskappe te vestig in landbougrond en landbouindustrie beleggings in Afrika. Kapuya het gesê sewe van die wêreld se vinnigste groeiende ekonomië is tans Afrika. “Saam met die groei in die Afrika-lande se ekonomieë kom ‘n wysiging in dié lande se dieetpatrone soos inwoners duurder kosse begin eet met veral proteinryke voedselsoorte hoog in aanvraag. “Die beskikbaarheid van landbougrond en ‘n tendens om landbougrond in Suider-Afrika te bekom is reeds onder die vergrootglas. Só is sowat 21 miljoen ha reeds deur internasionale beleggers in 4 lande in Suider-Afrika – Zambië, Demokratiese Republiek van die Kongo, Madagaskar en Mosambiek bekom – dit is meer as die totale oppervlak van Mauritius, Lesotho en Swaziland. Omdat grond en arbeid in Suider-Afrika goedkoop is, is dit ‘n aanloklike opsie vir beleggers. “Saam met die vinnige ekonomiese groei is daar ook ‘n snelle verstedeliking in Afrika met ‘n geramde 60% van dié vasteland se inwoners watin 2060 in stede sal woon. Dié syfer was 38%

Presbeteriaanse Kerk het die naweek hul jaarlikse blomuitstalling in dié kerk gehou, met die tema “The Seeds of Life”.

Landbouekonoom Tinashe Kapuya in 2010. “Hierdie verstedeliking saam met die bevolkingsgroei gaan ‘n groot vraag na kos laat ontstaan.” Omdat Suid-Afrika die enigste land in dié streek is wat landbou-kompeterend is, word daar van elders na die land gekyk om leiding te neem op die gebied om vennootskappe te sluit, het hy bygevoeg. Jadafa vertolk die rol deur strategies te fokus op die verskaffing van relevante inligting oor landboumarkte in Afrika aan rolspelers en regerings in die teikenlande.

Promosie

Montagu:

Die splinternuwe Montagu-winkel het amptelik sy deure op Malmesbury geopen in die De Bron Sentrum. Links is Hannes en Annetjie Jansen (Francisor van Montagu) en Albie en Danie Beukes (eienaars Montagu Malmesbury).

Plaaswerker van die Jaar gesoek Die Santam Swartland Wyn- & Olyfroete bied vanjaar die 5de agtereenvolgende jaar die Swartland Plaaswerker van die Jaar-kompetisie aan. Dié kompetisie vorm deel van die Departement Landbou Wes-Kaap se Plaaswerker van die Jaar kompetisie. Streekwenners van die Swartland kompetisie sal in Oktobermaand teen hul eweknieë uit ander streke meeding.

Plase in die Swartland- en Bergrivier-omgewing word aangemoedig om hul werkers vir hierdie kompetisie in te skryf waar daar in 10 kategorieë meegeding kan word. Kontak die Santam Swartland Wyn- & Olyfroetekantoor by 022 487 1133 of epos: swartlandinfo@westc.co.za vir die inskryfvorms en meer inligting.

e www.d bonairsp i

obi

For

ORDER ONLINE NOW!

a.m izz

a | debonai rs p .co.z zza

NEW

R92.90 Large (30cm) only.

A TASTE ADVENTURE CRAMMED INTO EVERY BITE! FREE DELIVERY* *Terms & conditions apply.

MALMESBURY 022 482 1915/6 While stocks last. Size and appearance may vary. Crockery not included. No substitutes on products offered. Product contains egg. Facebook: www.facebook.com/DebonairsPizza. Twitter: @DebonairsPizza. Visit www.debonairspizza.co.za for nutritional information.

Blomme: Die Darling

TRY SOMETHING AMAZING

MRB-forum vergader DIE Gemeenskapspolisiëringsforum en Moorreesburg SAPD nooi die gemeenskap, veral vroue, na ‘n ope middag Sondag oom 15:00 in die Rosenhof-gemeenskapsaal. Rolspel oor gesinsgeweld, aanranding en ver-

skillende vorms van mishandelin en verkragting sal opgevoer word. Daar sal ook ‘n praatjie wees oor aansoeke vir ‘n beskermingsbevel en die regte van ‘n slagoffer.


NUUS • NEWS

16

6 Augustus 2014

Promosie

Pantoffels:

Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het deelgeneem aan die Wimpy Pantoffel-inisiatief deelgeneem en geld ingesamel vir behoeftige kinders. Links is van die personeel met hul snoesige pantoffels saam met Gey Kriek van Wimpy Malmesbury.

HDU:

Hoërskool Dirkie Uys se O.19A-spanne het vanjaar hul eweknieë van Hopefield, Porterville en Piketberg in die onderskeie rugby- en netbalwedstryde geklop. Die O.19A-rugbyspan het vriend en vyand vanjaar verras met hul oorwinnings nadat niemand hulle aan die begin van die seisoen ‘n kans gegee het nie. Die grootste verrassing was die wedstryd teen Hoërskool Piketberg wat Dirkie Uys die afgelope naweek 19-17 gewen het. Die O.19A-rugbyspan dring deur na die semi-finaal van Die Burger se Top-skole-kompetisie vir klein skole, wat Dinsdag op HTS Drostdy se velde plaasvind. Die O.19A-netbalspan was vanjaar Wes-Boland se Top-skole kampioen. Bo is die o.19-rugbyspan saam met Dawie Diedericks, en hulpafrigter, Jaco Grobbelaar.

Sektor 2 van die Malmesbury SAPD het hul jaarlikse domino-kompetisie op Tweekuil-plase van AJ en Llwellyn Louw aangebied, in samewerking met SAFS. Die dag is moontlik gemaak deur Andrag Agrico, Best Bake, Flippie Geldenhuys (Terason), Kaap Agri, Kekkel en Kraai en Henks Vleismark en Druiwetros. Sowat 70 deelnemers van 25 plase het aan dié kompetisie deelgeneem met ‘n eerste prys van R1000 bewillig deur Llwellyn Louw. Hier is die wenners Brendon Adonis, Selwyn Adonis saam met Kol NOP Nilsson en kapt Jonathan Larey.

Tony Goosen, klubbestuurder by die Malmesbury Gholfklub, oorhandig, die Pienkbroek aan Piet Kemp.

Piet Kemp eerste wenner van Pienkbroek Die Malmesbury Gholfklub ondersteun die Pienk broek-veldtog wat die sosiale verantwoordelikheidsprogram van die FNB Varsity beker is en het ten doel om houdings en gedrag wat lei na geweld teen vroue te verander. Die inisiatief word geken aan die Pienkbroek wat gedruk word met die “Keep the Aggro on the Field” leuse. Die inisiatef het sy begin gehad in rugby, en vanjaar is dit ook na die Varsity Cup gholfkompetisie in De Zalze, uitgebrei. Malmesbury Gholf-klub was een van die eerste klubs in die land wat by hierdie inisiatief be-

trokke geraak het en waar ‘n onderneming deur die Malmesbury Gholfklub se spelers geteken is om hierdie waardes te onderhou en om dit te ondersteun. In plaas daarvan dat die speler van die wedstryd die pienkbroek dan verdien, ontvang die wenner van die maandellikse houespel kompetisie die pienkbroek met sy naam en maand wat daarop aangebring word. Die wenner en eerste ontvanger van hierdie inisiatief te Malmesbury was Piet Kemp. Lees ook meer oor hierdie inisiatief op die www.varsitycup.co.za

Enter the Ride or Race the Rhino MTB challenge now The Ride the Rhino MTB Challenge 2014 is a mountain bike race that is staged over three days, Friday 26 to Sunday 28 September. It starts in Langebaan to Darling to Durbanville, in memory of all the rhinos poached last year, as well as many other endangered species whose habitat is under threat in the fast receding Renosterveld. With 1004 rhino poached in South Africa last year alone, Resolution Health and Zurreal are hosting the fifth annual ‘Ride the Rhino’ mountain bike challenge that aims to encourage antirhino poaching initiatives and raise funds for the protection of the highly endangered Renosterveld region in the Western Cape of which only a mere 4% remains. The route, the first of it’s kind on the West

Coast, will run through a rugged but beautiful area in nature’s garden, ranging from sandy tracks to koppies and mountains, that are accompanied by flowers, animals and not to forget Table Mountain in the horizon. Distance: Black Rhino 250km (100km per day), White and Junior Rhino +/-180km (50km per day) Accommodation: Heartbreak Motel at the Cloof Wine Estate. Pre-pitched walk-in tents, comfy mattresses with fitted sheet, hot showers, dedicated bathrooms, 24/7 security and a food and bar area. Enter the Ride or Race the Rhino MTB challenge now. For more information please visit www.renosterveldmtb.co.za or e-mail info@ renosterveldmtb.co.zaWhen: 26-28 Sep 2014.


NUUS • NEWS

17

6 Augustus 2014

Dagboek • Calender

Dorings pak Bloues Saterdag pak die twee Swartland klubs mekaar in hul jaarlikse derbystryd van Boland Rugby-unie. Die twee spanne dring ook mee vir die Druiwetros derby-wisseltrofee. Die Dorings, tans die voorlopers in hul liga, is op papier die gunstelinge, maar Bloues beskik oor ‘n sterk pak voorspelers wat ‘n wedstryd

Woensdae Die Malmesbury Krieketklub het begin met amptelike voor-seisoen oefeninge. Almal meld om 17:30 by OK Minimark aan. Almal word versoek om drafskoene saam te bring. Bloedklinieke Augustus - Die WP Bloedoortappingsdiens hou verskeie klinieke in die Swartland. Op 13 Augustus by die Porterville NG Kerk (13:00 - 19:00);op 28 Augustus in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00). Vrouekonferensie 3-9 Augustus – Die Faith Mission Kerk op Atlantis se program elke weeksaand om 19:30, Saterdag om 15L00 en Sondg om 17:00. Navrae by NS Stippens (081 742 8629) of T Arends (078 625 2921). Piket Tuinbouklub 6 Augustus – Die Piketberg Tuinbouklub vergader om 09:00 vir 09:30 inndie biblioteeksaal. Lede van die klub sal ‘n blomdemonstrasie gee. Besoekers van R20 vir nie-lede. Navrae by Katinka Morrison by 082 829 6918. Yzerfontein Toerisme 6 Augustus – Die Yzerfontein Toerisme jaarvergadering begin om 18:00 vir 18:30 by die sport- en ontspannngsklub. ‘n Entrepreneursbyeenkms begin om 18:30. Kaartjies is R85 per persoon, ete ingesluit. Bespreek by toerisme kantoor of Wild Flour & Club Café, of skakel Leane by 022 451 2985.

van die Swartland en skuur skouers met die wynmakers by die jaarlikse Swartland Jongwynskou Dinee op Vrydag 15 Augustus, vanaf 17:00 by Groenrivier, Riebeek-Wes. Koste: R280 per persoon. Besprekings by Jolene Janse van Rensburg, 022 487 1133 of e-pos: swartlandinfo@westc.co.za Voorskoot & lipstiek 15 Augustus - Herman Lessing en Marinda Engelbrecht tree om 19:00 op in die NGK-saal, Riebeek-Kasteel. Teks en regied om Marion Holm. Besprekings by Charmaine (083 287 6402) of Mariana (073 176 4323). Die Vinpro/Winetech inligtingsdag vir die Swartland/Darling areas op 26 Augustus in die Swartland keldersaal, Malmebury. Die tema is `Pes en plaagbeheer: Ken jou vyand’ en registrasie begin om 08:00. Registrasie is R200 (R250 vir laat registrasie na 20 Augustus). Bevestig bywoning by Gaynor Fortuin voor of op 20 Augustus by 021 276 0432, faks 086 611 7510 of e-pos: gaynor@vinpro.co.za. Bingo-aand 26 Augustus - Die Aandskemering ACVV Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury het ‘n bingo-aand. Dit begin om 19:00. Die prys is R100 per persoon, wat ‘n ligte ete en vyf rondes Bingo insluit. Vir kaartjies kontak Casper Dreyer by 082 682 8877 of 022 482 1679.

Swartland Sangfees 6 & 11 Augustus - Die 27ste tweejaarlikse Swartland Sangfees vind op 6 Augustus by Hoërskool Swartland op Malmesbry plaas en op 11 Augustus in die Piketberg NG-kerksaal. Dit begin im 19:30 en toegang is R20 vir volwasseners en skoliere. Bespreek by u skool.

Swartland Gospel-konsert 29 Augustus - Riana van Wyk saam met sewe plaaslike sangers op een verhoog. Plaaslike sangers wat optree, is Gwendoline Kriek, Emile Smit, Petra Mans, Herjo Schoeman, Anja Botha, Monique Basson en Pauline Hardcastle. Dit begin om 19:00 in De Bron Teater op Malmesbury. Kaartjies is R50 (R30 vir skoliere/pensioentrekkers). Kontak 022 482 2411, 022 482 1407 of 072 613 0855.

Malmesbury FietsryKlub 7 Augustus - Die klub se algemene jaarvergadering is om 19:00 by die Bike Addict Shop, Hoogstraat. RSVP: 083 553 0345 of ewembroiders@ telkomsa.net.

Skoudans 29 Augustus - Mnr & Mej Malmesbury Skou word by die skoudans gekroon. Begin om 19:00 met die TNA-orkes. Kaartjies R100 per persoon. Skakel Monica (078 936 750), Mariaan (079 880 1552) of Kyla (084 815 2374).

Yellowtail Challenge 9 or 10 August – The Yzerfontein Boat Angling Club presents the 2014 challenge. Entry fee R150 (non-members R200, u.16’s R100). Entry forms: vic@benchesafrica.co.za

Basaartyd 30 Augustus - Die NG Kerk Koringberg hou basaar in die gemeenskapsaal. Dit begin om 10:00 met ‘n smulfees van koek, tert, brood, beskuit, pasteie, vleis, potjiekos, poeding, pannekoek, koffie, ens. Navrae by Adele by 083 954 9524.

Swartland Jongwynskou Dinee 15 Augustus - Proe die kampioen jongwyne

Kerke • Churches AGS Corpus Christi 10 Augusutus - Pastoor Piet Smit praat om 10:00 oor `Die Man wat God Gebruik’ en om 18:00 oor `Uitkomste Teen Die Dood’. Navrae: 073 447 2902 PPK Bethesda 10 Augustus - Pastoor Kobus du Plessis lei die dienste om 10:00 en 18:30. Die jeug vergader Vrydagaande om 19:30 en die Sondagskool is Sondae om 08:30. Navrae: 083 722 7787. Gebedsbyeenkoms vir mans ‘n Uur van gebed elke Saterdagoggend om 06:00 by die AGS-kerk in Wesbank. Kontak past David Davids by 076 686 6002 of 022 486 5656 vir nog inligting. Methodist Church of SA

maklik kan oorheers. ‘n Bus is beskikbaar van Wesbank na Dieprivier sportterrein vir alle spelers en ondersteuners en vertrek om 12:30 vir 13:00 van die kanaal in Alfastraat. Die prys is R10. Die twee spanne dring ook mee vir die Druiwetros derby-wisseltrofee.

St. Thomas str Malmesbury: 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome; 08:30 Sunday school (except during School holidays). Mid week activities: 19:00 Tuesday prayer meeting at the church; 19:00 Wednesday Bible Study - Westbank (022 486 6087); 19:30 Wednesday Bible Study - Malmesbury 082-890-05433. Hall to rent. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. House of Prayer Bible teaching on Tuesdays at 19:00 and on Thursdays at 10:00 in the House of Prayer in Nywerheidsingel, Malmesbury. Enquiries to pastor Joshua at 084 471 7914 or Carmen at 071 987 2625.

Tegnologie:

Die skole van die Swartland hou hierdie week tegnologie en wetenskap week. By die Hoërskool Swartland op Malmesbury was Ursula Carstens, Yannicke Appollis, Taigh Anderson, Elmari Johannes, Lana de Jongh, Dimé Samuels, Zuna Koen, Kwezikase Mkentane en Dr. Liz van der Merwe (UCT).

Kom beleef talent AL ooit gewonder wat se talent in die Swartland skuil? Dan moet u nie môreaand (7 Augustus) se Swartland’s Got Talent by Hoërskool Swartland misloop nie. Vir net R10 kan u na ‘n fees van drama, sang, dans en wat nog kom kyk. Kaartjies is van 18:30 af by die deure beskikbaar en die program begin om 19:00. Navrae by 022 482 1469.

Ondersteuning vir ouers ‘n Ondersteuningsgroep vir ouers wat ‘n kind verloor het, begin op 31 Augustus op Malmesbury. Dit word om 19:00 by die NG Kerksentrum De Bron. Navrae kan gerig word aan Magriet du Toit, by 022 482 1550.


SMALLS • DIENSTE

18

6 Augustus 2014

Kontak ons om hier te adverteer. Tel: 022 487 3221 Epos: admin@diecourant.co.za

SMSH 1 09 July 2014 12:06:58 PM


SMALLS • DIENSTE

19

6 Augustus 2014 Gesoek Wanted

Enkel persoon (man) gesoek om kamer te deel in woonhuis te Wesbank. Skakel 076 671 9115. ----------------------------BETROUBARE person gesoek om 2 slaapkamer huis te deel in Wesbank-Malmesbury. Kontak 022 486 5324/072 089 5347

Dienste Services

ALLE DIESELPOMPE, injectors, turbo’s asook kompressietoetse en herstelwerk. Gratis kwotasies. Kontak Fanus by 071 332 1843. --------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. --------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent­ heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485. www. melieta’skitchen.co.za -----------------------------GARDEN LANDSCAPING. Experienced Cape Town Horti-

culturist, Altis Kriel, is now available to the Riebeek West and Riebeek Kasteel homeowners. For all your garden landscaping needs. www. superscapes.co.za – cell: 082 925 8552. ----------------------------SNELLEER-PROGRAM: Rewolusionêre nuwe leertegnieke. Verbeter intelligensie. Versnel brein en vermoë met inneem, prosessering en herroep van inligting. Kontak Nora Marais by 082 826 1729. ----------------------------NEW FREEZE- Moorreesburg. Werk radius 40 km van Moorreesburg. Herstel yskaste asook huishoudelike apparate, motor lugreëlings, koelkamers, ysmakers en verkoop ook tweedehandse yskaste. Royalstr 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831/Sel: 082 343 4130/082 573 1589. ----------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie 078 213 9857. ----------------------------SKULD KONSOLIDASIE asook kontant lenings. Geswartlys ook welkom. Kontak 061 460 6669 of 021 910 4743. Te Koop For Sale TWEEDEHANDSE UITVERKOPING Verskeidenheid baba-

tot tienjarige kinderklere. Alles afgemerk. Kontak 072 245 1850. (Malmesbury) --------------------------TWEEDEHANDSE gordyne. Netjies en in goeie toestand. Verskillende stelle. Bel 022 482 2479. -----------------------------“TWEEDEHANDSE” goedere te koop: HP DesignJet 350CC Plotter, bloeddrukmasjien, mat rolbal balle en verskeie gebruikte DVD’s. SMS of WhatsApp slegs 083 351 6965 of epos r_malan@msm.com

Perseel te Huur Premises to Let BESIGHEIDSPERSEEL te huur in Malmesbury. Sentraal geleë vir ligte besigheid @ R6100 per maand. Kontak 083 628 9718. -----------------------------INDUSTRIëLE eiendomme en store te huur. ‘n Keuse van groottes, goeie ligging en netjies. Kontak Hilda by Top Eiendomme 022 487 3817/8.

Vermis Missing STEEDS VERMIS Weggraak van sy huis in Darling. Het jy enige info? Het jy hom dalk gesien? Kontak asb 083 567 7258.

Te Huur To Let WESBANK – TITUS EIENDOMME te huur @ R4 500 pm. Kontak 082 780 1380.

--------------------------3 SLAAPKAMERHUIS, binnebraai, sit/eet/ studeerkamer met eie ingang, badk met aansluit aan hoofslpk asook buite braaikamer @ R870 000 ohb. Kontak 083 937 0971. Maandag – Donderdag tussen 07:0016:00 kan jy landlyn skakel by 022 482 2778. TOP EIENDOMMEIndustriële spasie, 600vkm, sentraal geleë. Kontak Hilda van Zyl by 022 487 3817/8. KOTHUIS te huur, sentraal geleë, 3 slaapkamers met motorhuis @ R4900.00 pm. Onmiddellik beskikbaar. Kontak 082 325 9330. ------------------------TOP EIENDOMMEWoonstel te huur, 2 slaapkamers @ R3 300.00 pm. Kontak Hilda van Zyl by 022 487 3817/8

Skakel 083 438 9735 of 076 695 4006.

Betrekking Vacancies EERLIKE, getroue huishulp vir gastehuis op Yzerfontein 5 dae per week. Kontak 022 451 2646 of 072 516 3308.

In Memorium In Memoriam

‘n Jaar is verby en die gemis is nog groot. Soms met ‘n glimlag en soms met ‘n traan, maar die mooi herinneringe van ‘n wonderlike Pa, Oupa en vriend sal altyd by ons bly. Van Regina, Stephen, Angelique en David. ------------------------------

leef. Pa, ma, Suzette, Jean asook Cornel. -----------------------------MAUREEN LAMRECHTS – 08/08/2014. Mammie, dis jou eerste verjaarsdag weg van ons en dit voel nog so onwerklik. Ons mis Mammie baie, maar berus ons by die mooi herinneringe. Die huis is koud en leeg sonder Mammie en ons verlange vir jou en sal altyd lief wees vir jou. Ons sou graag vir Mammie wou gelukwens op u 60ste verjaarsdag , maar God het anders besluit. Van Amaurita en kinders . Vir my pa Arnold Lambrechts wil ek sê “Geluk met u se 60ste verjaarsdag” op 10/08/2014. Lief vir jou.

Voertuie Vehicles 2008 FORD BANTAM 1.3 with towbar @ R59 000. 083 959 4163 (Only after hours)

Regsdienste Law Services Bereddings van boedels. Eise – beserings/ skade/ motorongelukke en huisoordragte.

NICO COETZEE - 3 Augustus was dit jou 2de verjaarsdag in die hemel. Trane van verlange rol nog elke dag. Ons mis jou oneindig baie, maar in ons harte sal jy voort

NASIONALE ONDERWYSTOEKENNINGS 2014 Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) is trots om geassossieer te word met die Nasionale Onderwystoekenning (NOT) wat erkenning gee aan uitmuntendheid in onderwys. Die aanbieding van die Nasionale Onderwystoekennings is een van die uitstaande geleenthede op die onderwyskalender. Die WKOD wil graag hê dat ouers, WKOD-amptenare, unies en skoolbeheerliggame alle skole en sentrums sal aanmoedig om verdienstelike onderwysers te nomineer. Nominasievorms sal aan die begin van die derde skoolkwartaal by skole beskikbaar wees. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Augustus 2014. Onderwysers kan in die volgende kategorieë genomineer word: • • • • • • •

Uitnemendheid in Graad R-onderrig Uitnemendheid in Laerskoolonderrig (Graad 1 – 7) Uitnemendheid in Sekondêreskoolonderrig (Graad 8 – 12) Uitnemendheid in Primêreskoolleierskap Uitnemendheid in Sekondêreskoolleierskap Uitnemendheid in Spesialebehoeftes en Inklusiewe Onderwys Uitnemendheid in Inligtings-en-kommunikasietegnologie – Verrykte Onderrig • Uitnemendheid in Wiskunde-onderrig (VOO) • Uitnemendheid in Fisiese Wetenskappe-onderrig (VOO) • Lewensprestasietoekenning Kluster- en provinsiale finaliste (wenners en naaswenners) sal elkeen Inligtings- en -kommunikasietegnologie (IKT)geskenkbewyse van verskillende waardes ontvang wat by ’n betroubare IKT-diensverskaffer afgehaal kan word, dws klusterwenners – R4 000, kluster-naaswenners – R2 000, provinsiale wenners – R12 000 en provinsiale naaswenners – R7 000.

Cement your career, make a concrete decision Our People are our competitive advantage and we are prepared to invest in their future. PPC offers you a stimulating opportunity for career preparation at the De Hoek Factory, in the pleasant rural atmosphere of Piketberg (130km from Cape Town).

Internship Programme

As an unemployed person, you are presented with this excellent opportunity at our De Hoek Factory, for a 6 month internship. Requirements: ■ Grade 12 with Maths and Science ■ Technically inclined as work entails factory support on an ongoing basis. Please note: No accommodation will be provided. To apply, please e-mail your CV with certified copies of your qualifications and ID to llourens@ppc.co.za or fax to 022 913 1859. Closing date: 15 August 2014. Only successful candidates will be notified within 4 weeks of the closing date. Strategy Recruitment Marketing

Daarbenewens sal wenskole elk ’n kontakprys van R5 000 ontvang (kluster) en R7 500 (provinsiaal) per skool per finalis, wat gebruik moet word vir professionele ontwikkeling van die onderwyspersoneel ter verbetering van klaskamerpraktyk. Vir verdere inligting, kontak asseblief Gavin de Bruyn of Jacqueline Titus by die Direktoraat: Kaapse Onderwys en Leierskapinstituut by tel. 021 900 5062/5035.


courant SPORT

die

6 Augustus 2014

tel 022 487 3221

6 Augustus 2014

Sportuitslae - Sports results

Anrich Philips

• Brons vir Pasio, 5de vir Phillips en Simon

Swartlanders skitter by Statebond Die pas afgelope Statebondspele in Skotland was ‘n triomf vir die Swartland. Drie plaaslike atlete was in die Suid-Afrikaanse span en hulle het huis toe gekom met ‘n brons medalje en twee vyfde plekke. Die brons het gegaan aan fietsryer Ashleigh Moolman Pasio, wat op Riebeek-Kasteel bly. Sy ry plaaslik vir die Momentum Toyota span en in Europa vir die Lotto Belisol Ladies. Ashleigh was baie opgewonde oor haar pres -tasie: “All the prayers, messages and support from South Africa got me over the line 3rd. I hope the medal can serve as platform to get more support for women’s cycling in SA. We need to support our ladies to gain experience.” “Die kompetisie was, straf, maar ek kon beter gedoen het,” gewigopteller Anrich Philips is effe verleë oor al die aandag wat deesdae op hom fokus en beslis dat hy nie sy potensiaal bereik het nie.

Sy pa en afrigter, Willem, glimlag trots oor sy vyfde plek: “Hy is bitter jonk, net 21, daar lê nog baie kompetisies voor.” Anrich het in die mans 56kg afdeling meegeding en vyfde geëindig. Anrich het drie SuidAfrikaanse rekords verbeter met sy vertoning in Skotland: Met sy hurksit het hy 103kg versit en in die opraap en uitstoot het hy 135 kg gelig. Sy totale gewig van 238kg is die derde rekord. Sy ma, Magrietha, staan ook vierkantig agter hom: “Ek is só trots op hom en ek weet hy gaan nog groter hoogtes bereik.” Willem sé die sportsoort het ‘n bietjie getaan die afgelope jare. “Ons hoop hierdie prestasie van Anrich sal weer lede nader lok.” Belang-stellendes kan hom skakel by 073 017 3539. Of besoek hulle enige weeksaand waat hulle van 18:00 af by die Wesbank gemeenskapsaal oefen. Die 20-jarige Lean Simon van Porterville het

ook ‘n vyfde plek vir diskus behaal. Hy was in die Suid-Afrikaanse span vir fisies gestremdes. Lean het vanjaar by die SA kampioenskappe in die mans ope diskus goud gewen met ‘n nuwe SA-rekord van 43,69m - ook sy persoonlike beste tyd. Sy afstand van 46,39m by die Spele, verbeter sy SA rekord en ook die Afrika-rekord (45.08m). Sy trotse ma, Alet, sê hy was baie gemotiveerd en het die ervaring terdeë geniet. Lean het die gebruik van sy regter-onderbeen op 16 verloor, maar dit het hom nie ondergekry nie. “My droom is om in 2016 aan die Paralimpiese Spele in Rio de Janeiro deel te neem.” En dan is daar nog 2015 se Wêreldkampioenskappe. Hy begin oor ‘n week reeds weer oefen. Nog ‘n Swartlander was saam Glasgow toe. Brandon du Plessis, ‘n onderwyser van die Hoërskool Swartland, was die spanbestuurder. Suid-Afrika het 40 medaljes (13 goud, 10 silwer en 17 brons) huis toe gebring.

Malmesbury Fietsryklub Die Burger MTB Challenge 75km Johann Rabie 3de (Elite Men 1ste) 03:14:04; 75km Glenn Norrie 54ste (Sub Vet Men 28) 04:00:04; 75km Jaco Geldenhuys 103de (Sub Vet Men 45) 04:32:28. 60km Kobus Duminy 270st (Sub Vet Men 109) 04:00:15. 50km Juan Pearson 20ste (Sub Vet Men 9) 02:33:28; 50km Kobus Drotschie 30ste (Sub Vet Men 13) 02:39:20; 50km At Lubbe 217de (Vet Men 69) 03:21:56; 50km Petrie Goosen 332de (Sub Vet Men 123) 03:39:51; 50km Elishia Drotschie 1ste (Sub Vet Woman 1) 02:39:23; 50km Annemarie Hanekom 21ste (Vet Woman 8) 03:10:50; 50km Annemarie de Kock 76de (Elite Woman 17) 03:42:10. 42km JJ Basson 186ste (Sub Vet Men 45) 02:41:20; 42km Guillaume Orchard 295de (Sub Vet Men 83)02:53:21. 30km Kobus Marais 432ste (Masters Men 83) 02:26:29; 30km Nadine Scherman 29ste (Vet Woman 7) 01:52:50. 15km Charl Burger 16de (Junior Boys 4) 00:42:18; 15km Samuel Marais 124ste (Nipper Boys 23) 01:05:04. Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner 16/08 Enkel Stableford: Jean Pieters 19; Jacobus Snyders 19; Donato Stelluto 19l Robert Orchard 19. Klipdrift Sundowner 1 Aug Enkel Stableford: Pieter Scholz 21; Francois de Manielle 21’ Marcel van Lill 20; George Prinsloo 18; Piet Bierman18. Houespel 02 Aug: 1. JC Geduld; 2. M van Lill (snr); 2. S. Conrad; 2. A Louw; 3. S Claassens; 4. D van Zyl. Enkel Stableford 2 Aug : JC Geduld 41; H Pieters 37; M van Lill (snr) 36; S Conrad (34); D van Zyl 33; A Louw 33. Rugby Koringberg 1 klop Broodkraal1 met 31-12 (5 drieë). 2de span Koringberg wen 9-5.

uitslae geborg deur

Windriders kry vyf bonuspunte Windriders van Moorreesburg het Saterdag sy eerste top agt rugbywedstryd teen White Spirits van Malmesbury-sone met 36-20 gewen. Hiermee het hulle vyf punte verdien in die uitklopfase tussen die vier top spanne van die Waverensone en die Malmesbury-sone. Saterdag se wedstryd het al die kenmerke van ‘n uitspeelwedstryd gehad. Riders het eerste toegeslaan met sy vuurvreter-flank, Gerhard Afrika, wat die doellyn oorgesteek het met slim spel deur hul voorspel-

78 45 R

R

Krone Borealis Brut MCC 750ml

J.C. Le Roux Sparkling Wine Assorted 750ml Each

ers. Nie lank daarna nie was dit die beurt van die kaptein, Alverdo Mentor, ná ‘n goeie skrum deur die agttal. Daarna was dit maar ‘n voel-voel affêre en die teenstanders het stilletjies twee sagte drieë gedruk. Die spanne het gaan water drink met die telling 12-10 in Riders se guns. Met harde woorde van die afrigtingspan tydens halftyd het Riders na ‘n ander span gelyk in die tweede helfte. Hulle het sodoende vier vinnige drieë gedruk en die skrif was aan die

Liquor

32

R

Hill & Dale Sauvignon Blanc 750ml

99

R

Richelieu Brandy 750ml

muur vir die besoekers. Met ‘n terugveg-poging soos min het hulle twee drieë gedruk en byna die tuisspan in sy fondamente geskud. Driedrukkers was Alverdo Mentor (2), Gerhard Afrika, Geano Smit, Abraham Stringer en Clement King almal een drie , en drie doelskoppe deur Julie Cloete. Riders se volgende wedstryd is tydens ‘n rugbydag op Goedgedacht teen die span van Red corners van die Malmesbury-sone.

Castle Lager Cans 24 x 330ml or Non-returnable Bottles 24 x 340ml

140

R

Per Case

89 R165 R158

R

Vat 69 Whisky 750ml

Johnnie Walker Red Label Whisky 1 Litre

Bell’s Whisky 1 Litre

PRICES VALID 7 - 10 AUGUST 2014 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE AND FRANSCHHOEK ONLY Liquor not for sale on Sundays at Durbanville, Malmesbury, Wellington, Sable Square, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

1188440_100 x 260

Lean Simon

Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Leeu Gamka Jaaroud F Meintjes & Seuns 1081.3575; F Meintjes & Seuns 1058.8076; J Steenkamp 1055.6234; Vrededal Hokke 1034.8621; Vrededal Hokke 1034.1185; Vrededal Hokke 1033.9063; Vrededal Hokke 1033.8533; E Kotze 1030.4589; C Basson 1008.1006; F Meintjes & Seuns 995.9917. Malmesbury Leeu Gamka Ope J Steenkamp 1165.1178; F Meintjes & Seuns 1152.2509; G Horn 1125.9118; J Steenkamp 1093.5135; E Kotze 1093.1767; Vrededal Hokke 1092.3077; Vrededal Hokke 1092.1893; Vrededal Hokke 1092.0709; Vrededal Hokke 1091.9525; F Meintjes & Seuns 1080.9208. Moorreesburg Posduifklub Leeu Gamka Jo 3 HMO Smit En Seun 1081.7216 ; K Huister En Seun 1077.5467; K Huister En Seun 1074.1397 ; Frans Jooste 984.7904; Steene kamp Lofts 979.8640; Yt & Tuis 947.2476; Frans Jooste 942.5086; Steenekamp Lofts 932.4678; HMO Smit En Seun 923.4807; Boeties Loft 913.2652; Frikkie Bester 897.6954; Steenekamp Lofts 896.9384; HMO Smit En Seun 863.7914; Frans Jooste 858.3753; Steenekamp Lofts 856.8266. Moorreesburg Leeu Gamka Ope 3 Frans Jooste 1154.3723; Israel Saunders & Daniel & Jewabnuo 151.4069; Israel Saunders & Daniel & Jewabnuo 1128.0878; HMO Smit En Seun 1112.0245; Hennie Bester & Johan 1102.3771; Frans Jooste 1088.4043; Boeties Loft 1082.3383; Frikkie Bester 1071.3237; K Huister En Seun 1070.8769; HMO Smit En Seun 1067.7894; Yt & Tuis 1060.9345; Frikkie Bester 1043.8202; HMO Smit En Seun 1019.0634; K Huister En Seun 1004.3896; HMO Smit En Seun 998.5876 .


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.