die courant 10 September 2014 Bergrivier 288

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Bergrivier

dié

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

10 September 2014

Uitgawe 288

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Uit die Gouda-landskap verrys daar nou 46 windlaaiers wat sowat 138MW sal opwek. Op die inlas is van die nacelle of gondels van die laaiers wat die opwekker huisves.

•46 windlaaiers buite gouda opgerig

R2.6b-kragplaas verrys

BO: ‘n Vragmotor wat ‘n deel van ‘n laaier vervoer, kom by die Riebeek-afrit aan. Konstruksiewerk aan die Gouda-windenergieplaas langs die Klein-Bergrivier is in volle swang en abnormale vragte met onderdele (grotes!!!!) vir die 46 turbines is daagliks onderweg deur die Swartland. Dit is die tweede groot windplaas in die streek nadat Umoya Koperfontein se 37 ‘waaiers’ (saam 66MW) reeds begin krag lewer het aan die Eskom-netwerk.

Nedbank Capital lys die koste vir die Goudaplaas as R2,62 biljoen met die internasionale energiegroep Acciona en Aveng die grootste aandeelhouers saam met ‘n plaaslike bemagtigingstrust. Die 46 turbines van 3MW elk sal saam 138MW (nominaal 135MW) lewer. Dié projek noord van Gouda tussen die R44 en die Winterhoekberge is twee jaar gelede deur die Suid-

Afrikaanse Departement van Energie goedgekeur in die tweede fase van die Hernieubare Energie Onafhanklike-kragverskaffersprogram. Die windplaas is die eerste in Suid-Afrika om betontorings (100m hoog) te gebruik. Dié torings het heelwat voordele bó die konvensionele staaltorings, waaronder werkskepping aangesien dit plaaslik gebou word in 5 dele van 20 meter elk. Die torings kan ook hoër wees en teen ‘n laer koste opgerig word. Volgens die bestuurder van die projek, Johan Kroes, het hulle reeds in Mei verlede jaar die ooreenkoms vir die verkoop van die elektrisiteit met Eskom gesluit. Daar was vertragings in die projek en is die voltooiingssdatum tot volgende jaar uitgestel. Die vervoer van die onderdele na die terrein is een van die uitdagings wat tot vertragings aanleiding gegee het. Deel van die infrastruktuur van die projek sal ‘n kraglyn insluit om die windplaas met die bestaande kragnetwerk te verbind.

NUUS • NEWS

10 September 2014


NUUS • NEWS

2

10 September 2014

Malmesbury Skou maak reg vir groot opwinding Die perdeprogram is weer een van die hoogtepunte van die Malmesbury Landbouskou wat op 25, 26 en 27 September plaasvind. Die Donderdag begin die program om 09:00 en tot 12:00 sal toeskouers kan uitsien na die room van Vlaamse, Friesperde, Hackneys en ponies aan hand. Na 12:00 is daar ‘n verskeidenheid van enkelen dubbeltuie in die arena. Vrydag van 09:00 is daar weer karretjies te sien en die middag om 14:00 word dit onderbreek vir kinderruiters o.10. Saterdag begin weer met kinderruiters, gevolg om 09:50 deur die 4-span Vlaamse Senior Kampioen en Reserwe, die WP Enkeltuig H/M/R

Junior Kampioen en Reserwe en om 10:30 die Ope Skoolkar Kinders op kar met Boeksak en Kafbale. Die WP Dubbeltuig Senior Kampioen en Reserwe kom om 10:40 aan die beurt, om 10:40 is dit die Ope 3-gang Kinderruiter 11-14 jaar en die Vlaamse span van 8. Na middagte, om 14:00, volg die WP Span van 8, om 14:30 is die 3-gang ruiters 15-18 jaar, om 14:40 Dames Siertuig met ponie, gevolg deur die Vlaam/Fries Dames Siertuig. Die program word afgesluit om 16:00 met die WP Enkeltuig Senior Kampioen en Reserwe, die Siertuig Kampioen en Reserwe en die 5-gang Kampioen en Reserwe.

Die ou middelbare skool op Riebeek-Wes is in die proses om gesloop te word.

• ou skool is nou bourommel

Ou reus gesloop

19th, 20th & 21st September 2014 9am-5pm at Darling Sports Club Adults Children(under 18) Children (under13) Pensioners (Friday only)

R40 R25 Free R25

• landscaped flower hall • tractor ride to the oudepost wetland • craft market with food & fun stalls • live entertainment at the food court

084 916 1111 • www.darlingwildflowers.co.za • darlingwfs@telkomsa.net

Daar staan nog net ‘n murasie waar die ou middelbare skool op Riebeek-Wes eens gepryk het. Net een vleuel van die gebou staan nog, verder is die perseel ‘n slagveld van ou mure en stukke fondasie. Daar is in Julie begin om die gebou te sloop, maar volgens Shaheen Adams van die departement van vervoer en openbare werke is hulle steeds in die proses om te besluit oor die toekoms van die grond, wat sentraal in die dorp geleë is. Volgens haar is daar verskeie opsies wat hulle oorweeg, maar die onmiddellike doel is om die perseel te beveilig vir die gemeenskap. Die gebou het jare leeggestaan en mettertyd het dit vervalle geraak, met die hulp van vandale. ‘n Paar jaar gelede wou Nexus, ‘n Britse musiekontwikkelingsakademie, die gebou inrig as ‘n musiekskool, maar die departement het ‘n aansienlik hoër bedrag geëis as wat Nexus bereid was om te betaal. ‘n Inwoner van die vallei, Chris Murphy, het die sloping as tragies beskryf. Hy het onlangs

in ‘n nuusbrief gesê hy sou graag die permit wou sien wat die Wes-Kaapse Erfenisstigting uitgereik het vir die sloping. Dit is volgens wet verpligtend, aangesien die gebou ouer as 60 jaar is. Hy bespiegel ook oor die motivering en wie agter die proses sit. Murphy sê die struktuur was vir baie jare in ‘n bruikbare toestand, tot plunderaars dit beskadig het. Die sloping, wat met die hand gedoen word: plank vir plank en steen vir steen, kos die belastingbetaler volgens bronne meer as R1,55 miljoen. • Intussen is die gemeenskap van Malmesbury bekommerd oor die toekoms van ‘n ou woonhuis op die dorp wat sienderoë besig is om tot niet te gaan. Dié huis aan die onderkant van Swartland Hospitaal in PG Nelsonstraat, is jare gelede aan die hospitaal geskenk vir opleidingsdoeleindes. Later was dit ‘n tyd lank ‘n crèche, maar ‘n paar gelede moes die kinders uit, want daar sou glo kantore kom. Dit het nie realiseer nie. dié courant het vergeefs navrae gedoen by die verskillende owerhede, hospitaal en die departement van openbare werke.

Tel: 022 487 1031

Ralo Cosmetics nou in die Swartland - Malmesbury

BO: Die nuwe Ralo Cosmetics-winkel in die De Bron Sentrum op Malmesbury. LINKS: Eienaar René Badenhorst en Winkel Assistent Michelle Bester. Ralo Cosmetics bied ‘n perfekte kombinasie van ‘n hoë gehalte, bekostigbare grimeermateriaal en toebehore volgens die jongste modes om jou gemoed, persoonlikheid en spesiale geleentheid te pas. Pasgemaak vir elke smaak is Ralo Cosmetics met ons wye verskeidenheid van bykomstighede uitgeknip om jou met selfvertroue te

laat gaan - enige tyd en enige plek. Ralo Cosmetics bied ‘n prettige inkopieomgewing en bystand vir jou om te eksperimenteer met die nuutste grimeermodes wat by die unieke jy sal pas. Besoek jou spiksplinternuwe Ralo Cosmetics-winkel in die De Bron Sentrum, Malmesbury, vandag vir groot winskope.


NUUS • NEWS

3

10 September 2014

• drie toekennings vir plaaslike hospitaal

Als wel met gesondheid in Swartland Die Swartland Hospitaal op Malmesbury is een van die agt landelike distrikshospitale wat aan die C2AIR2-klub se uitdaging deelgeneem het. Swartland het met drie toekennings weggestap. Die ander Weskus-distrikshospitale wat deelgeneem het, is Vredenburg en Vredendal. Die C2AIR2-klub se uitdaging is ‘n kompetisie wat deur die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement ingestel is om pasiëntesorg te verbeter. landelike- hospitale, metro-distrikshospitale, gemeenskap-dagsentrums en gemeenskap-gesondheidsentrums in verskillende klubs het teen mekaar meegeding. ‘n Totaal van 38 fasiliteite het deelgeneem en die kompetisie sal nou verder uitgebrei word. Die doel hiervan is om erkenning te gee aan fasiliteite wat die beste pasiëntesorg bied, asook om die ervaring van pasiënte en die moreel van personeel te verbeter. Bestuurders en werk-nemers kan punte verdien deur die C2AIR2waardes uit te leef en die pasiënte se tevredenheid met dienslewering te verbeter.

Die C2AIR2-waardes is omgee, bevoegdheid, aanspreeklikheid, integriteit; vinnige reaksie en respek. Verskillende maatreëls word op ‘n maandelikse grondslag bekyk, soos bevoegdheid gemeet aan doeltreffende personeelbeplanning. Hier sal gekyk word na beplanning ten opsigte van verwagte pasiënt-getalle en die voorkoming van personeeltekorte. Die jongste beraad is op George gehou. Hier moes klubs hul idees aan mekaar verkoop. Swartland het drie toekennings vir die kwartaal van Maart tot Mei vanjaar ontvang, vir die afdelings van respek, aanspreeklikheid en mees verbeterde hospitaal. Swartland Hospitaal se uitstalling het ook

Winde bespreek landbou se vooruitsigte op skou

SEMINAAR: Die paneelbespreking is gelei deur Chris Burgers (links). By hom staan Minister Alan Winde, prof Johan Kirsten, Dave Mohr en Toit Wessels (SA Agri). Grondhervorming, arbeidsverhoudinge, rompslomp, vaardighede – dit is die kwessies waaraan Alan Winde, die Wes-Kaapse Minister van Landbou, Toerisme en Ekonomiese Ontwikkeling, wil aandag gee. Hy het Vrydag aan die paneelbespreking en landbouseminaar by Swartlandskou deelgeneem. Die onderwerp was “die ekonomiese vooruitsigte vir landbou in SA en die fokus op die implementering van die nasionale ontwikkelingsplan. Grondhervorming is eerste op sy lys en op 22 September hou hy sy eerste samekoms met rolspelers om na die verskillende modelle te kyk. Winde het ook reeds ‘n eenheid gestig om te kyk na rompslomp en die top vyf probleme binne die volgende drie jaar te identifiseer. Hy het ook vertel van sy eie projek in die departement: “Trots Landbou”. Hy wil veral die jeug aanmoedig om die landbou as loopbaanmoontlikheid te oorweeg. Prof Johan Kirsten, ‘n bekende landbou-ekonoom, het gepraat oor wat die ekonomie dryf. Hieronder is bevolkingsgroei, die groei van die ekonomie, wisselkoers, kommoditeitspryse en beleid. Hy het gesê die land het meer kommersiële boere nodig. Subsidies is belangrik en landbouers moet toegang tot dienste en ‘n goeie infrastruktuur hê. Hy het met Minister Winde gestem dat rompslomp die landbou doodwurg. Verder wil hy sien dat daar beter samewerking tussen kommersiële en opkomende boere is

en ook kommoditeitsverenigings en georganiseerde landbou. Die derde spreker op die paneel was Dave Mohr van Ou Mutual. Hy is ‘n oud-Piketberger wat die afgelope 30 jaar hom in die makro-ekonomie ingegrawe het. Hy is van mening dat Suid-Afrika hopeloos te inwaarts gefokus is. “Kyk wyer en verstaan beter wat gebeur. Met vraetyd was die eerste vraag aan die Minister gerig oor die vraagstuk van rompslomp. Minister Wilde het die gehoor genooi om hom in dié verband te skakel by 082 440 4058, Hy kan ook op twitter gevolg word by @Alan Winde. Nicky Mouton in die gehoor wou meer weet oor grondhervorming en gesê daar is nie werklik die wil daarvoor nie. Hy het ook voorgestel dat daar ‘n een-stop-punt moet wees vir opkomende boere. Die Minister het hom gelyk gegee en gesê daar behoort een fonds te wees vir al die prosesse. Nog ‘n vraagsteller wou weet wat gedoen moet word om die persepsie oor landbou te verbeter. “Waar moet ons die regte vennote kry?” Minister Winde het in sy antwoord gesê almal moet oor die kwessie praat en aktief wees. “Onthou, die entrepreneurs werk op die plaas. Hoe skep ons ‘n platform dat hulle deel is van die gesprek.” Prof Kirsten het bygevoeg dat daar internasionaal gepoog word om die persepsie te verander. “Dit is belangrik dat landbou as interessant en `koel’ gesien word.”

Beraad: Swartland Hospitaal se uitstalling. Van links is sr Pearl Robyn (verpleegbestuur der, Swartland Hospitaal), dr André Stoffels (mediese bestuurder, Swartland Hospitaal), Gavern Waneburg (menslike hulpbronnebestuurder, Swartland Hospitaal) en Ben ny Cornelissen (Weskus Distrikskantoor).

produkte van die streek ingesluit soos olywe, wyn en brood, wat die streek se vriendelikheid, gasvryheid en omgee vir sy mense te toon. Dr André Stoffels, mediese bestuurder van Swartland Hospitaal, sê dit is die waardes waarna die hospitaal se personeel in hul versorging van hul pasiënte streef.


NUUS • NEWS

courant

10 September 2014

die

4

Darling Voorkamerfest: Die jaarlikse

Dis tyd. Dis nóú tyd. Dit raak aand.

Darling Voorkamerfest het dié naweek talle besoekers na dié Swartlandse dorp gebring om te deel in die kuns en kultuur wat in die huise van inwoners te sien was. Selfs bekendes soos Anna Davel (links onder) het ‘n roete in ‘n plaaslike taxi voltooi. Regs onder is die kunstenaar, Sandy Esau, besig met een van sy skilderye.

Toe die uwe Saterdag op die puinhoop staan van dit wat eens ‘n trotse baken in die klein Riebeek-Wes was, was daar ‘n storm los - in die uwe se kop en hart. Die ou middelbare skool was die instelling waar menige kinders hul toekoms begin bou het. Die gekapte rotsblokke waarmee hy gebou was, was nooit bedoel om sonder ontsag met monsterkake weggebreek te word nie. Die een kant,% en dit kraak die hart. Ons is ‘n land wat probeer bou en opstaan en afskud en stigmas - dié is daar wel - sit nog rou en vlak. En dit moet ons aanvaar. Ook ten opsigte van geboue. Maar kan ons nie die gegewe rotsblok of eenkantskoolgebou wat baie miljoene sal kos om te vervang, met visie aanwend en daarop en daarmee en daarbinne plaas van pyn, hoop bou nie. Dis te laat vir die baie man-ure se gebou, maar nie om te leer nie. Wat sou ‘n troffel of ‘n verfkwas nie kon doen om die miljoene se sloop en afbreek eerder in ‘n geleentheid te omskep nie. Nasionale owerheid en amptenare het - en mors steeds - kosbare belastingbetalers se geld midde ons ekonomie wat werklik nie hierdie luukse van dwase verkwisting kan bekostig nie. As, en alleen as, jy vir hierdie land en al sy mense omgee ook vir die streek en dorp en al háár (om balans te kry) mense, dan sal jy met verstand die mure regop hou en dan is jy al klaar by dakhoogte. Vergeet vir nou van erfenis, maar dink geld en toekoms. Dit bekommer die uwe dat daar in ons streek nog sulke geboue in regeringshande is wat reeds hierdieselfde pad begin stap het. Ons KAN DIT NIE BEKOSTIG NIE. Daarom ‘n beroep op plaaslike owerheid en raadslede om tog óók hierdie verval in hul midde te help keer. Dit is jou plig. Deel van jou werk. En elkeen wat omgee, kan begin drup hieroor tot die damwal breek.

Gedig: Die Dar-

ling Voorkamerfest is Vrydag geopen met die bekendstelling van ‘n gedig vir Darling, deur Darling se jeug op ‘n muur in die dorp. Heel links is burgemeester Tijmen van Essen. Bo loer Darling se Pieter-Dirk Uys deur ‘n gat in dié muur.

It’s Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Do you speak “Teenage” .... fluently? Ever feel like you’re talking to your teenager in some different language? Ever thought they might be talking to you in a totally different language? If you would like to communicate fluently, then just try using grace words! A Grace Words checklist – is a list you build yourself, no language course is needed to be fluent in ‘teenager.’ Grace Words will definitely help you to talk in a language you and your teenager can both understand. They are those words that are a result of prayer, kindness and thoughtfulness. Ever think you were giving a compliment and your teenager... and something went wrong and one of you just lost it and “flew off the handle”? Miscommunication between parents and teenagers is one of the most common experiences in any home. You may generally “get on” pretty well but things can just go wrong! If either of you are distracted or not giving the conversation your full attention miscommunication is almost guaranteed. As any husband or any wife... can tell you! Talking in fluent ‘teenager’ is really not so hard but here are a few good clues. The 1st language “tip” is to signal that you have something to say, but before you do this have a plan - think things out a bit ahead of time and be specific. The 2nd language “tip” is to remember that good communication is an art and just the right brush stroke is needed... so be clear and simple. Organise time to talk, so a 3rd language “tip” is to stay focused... don’t try talking when either of you can’t getaway from your emails or from watching TV. Remember that the words of Jesus were carefully chosen, always explained and patiently delivered. Jesus sets the example and gives us hope: “If you abide in My word, you are My disciples indeed. And you shall know the truth, and the truth shall make you free.”

Toneel:

Die leerders van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury wat in die ATKVfinaal met hul verhoogstuk “Nog nie Vry nie” optree is voor: Miquel Isaac, 2de ry: Julianna September en Jodene Levendal. 3de ry: Dio-nique Alkaster, Abigail Hendriksen en Jonique La Meyer. 4de ry: Ulrich Jasson en die regisseur Gershwin Cloete. Afwesig: Tylin Pietersen, Renaldo Roems en Lee-Jane Goliath.


NUUS • NEWS

5

10 September 2014

‘n Paradys(kloof) vir Moorreesburg beplan Die koms van ‘n sake- en gesondheidsentrum vir Moorreesburg raak al meer ‘n werklikheid met die terrein wat Maandag aan die bouers oorhandig is. Mynhard van der Westhuizen, ontwikkelaar van Paradyskloof, het aan dié courant gesê dat ‘n kontrak van R230 miljoen aan Target Investments van die Paarl toegeken is hiervoor. “Ons wil die hele ontwikkeling gelyktydig hanteer, maar aangesien al die bouplannie nie gelykty dig goedgekeur word nie, sal die ontwikkeling in fases gebou word. Die hele ontwikkeling behoor in twee jaar voltooi te word,” het Van der Westhuizen gesê. Die mediese sentrum met ‘n Alzheimer-kliniek, wat die hele streek sal bedien, is eerste op die lys om gebou te word. “Mediese geriewe sal 24 uur per dag beskikbaar wees vir die publiek,” aldus Van der Westhuizen. Volgens hom sal die ankerhuurder van die sakesentrum Pick ‘n Pay wees. “Die sentrum sal November 2015 voltooi wees,” het hy gesê.

1

2

BO: Dié perseel op Moorreesburg is Maandag aan die bouers van Target Investments oorhandig vir bouwerk. Die nommer 1 dui die mediese sentrum aan, terwyl 2 die sake-sentrum voorstel. Links is ‘n kunstenaarsvoorstelling van die gesondheidsentrum en Alzheimerkliniek.

Loslitdag 2014

Loslitdag is vanjaar goed deur die plaaslike gemeenskap ondersteun. Bo het die Malmesbury Polisiekantoor se vroue hul litte losgemaak. Links is van die personeel van die Malmesbury Superspar en onder het die Swartland Wynkelder in herwinde kelder-toerustig uitgetof.


NUUS • NEWS

6

10 September 2014

Werker van die Jaar aangewys

Afdelingwenners: Jerieve Lambrechts van Franki’s Vineyards (Trekkerdrwyer), Theodora Robinson van Goedgedacht (algehele wenner), Pelokazi Twaku van Middelpos (Admin Personeel), Edwill Hector van Org de Rac (Algemene Werker) en Jacobus Lewies van Panorama (Tegniese Operateur).

“Jongmense moet beslis die landbou as loopbaan oorweeg. Hulle moet ook onthou ‘n mens moet onder begin om bo uit te kom,” is die raad van Theodora Robinson, wat Vrydag as die Swartland se Plaaswerker van die Jaar aangewys is. Sy het ook die afdeling vir Junior Bestuur gewen. Theodora (27) sê sy is oorweldig oor die toekenning wat sy ontvang het. Die kompetisie word deur die Departement van Landbou, die Swartland Wyn- en Olyfroete en Shoprite geborg. Sy sal nou teen die wenners van ander streke te staan kom. Dié meisiekind is ‘n plaaskind deur en deur: “Dit is waar my wortels begrawe is en waar ek tuis voel.” Sy het op die plaas Keerom buite Porterville groot geword en ook aan Hoërskool Porterville gematrikuleer. Hierna het sy by die St Johns kollege gekwalifiseer as ambulanspraktisyn. “Ek het as vrywilliger op Piketberg begin

werk, maar kon dit later nie bekostig nie, want ek moes self betaal om in en uit te ry.” Hierna het sy ander werk gesoek en toe op Goedgedacht-plaas in die Riebeeksrivier geland, waar sy begin werk het as assistent vir die rekenmeester. Sy is nou besig om verder te studeer in rekeningkunde. Kompetisies soos die Plaaswerker van die Jaar gee mense die dryfkrag om te verbeter. Só het Alan Winde, Wes-Kaapse Minister van landbou, toerisme en ekonomiese-ontwikkeling, Vrydag gesê by die aankondiging van die wenners. “Almal wat ingeskryf het, is reeds ‘n wenner,” het hy gesê en verder gegaan om die belangrikheid van werkgeleenthede te beklemtoon. Hy het gesê die landbou kan baie op dié gebied doen en meer jongmense moet aangemoedig word om hulle toekoms daar te soek. Hy het ook die belangrikheid van grondhervorming beklemtoon en gesê dit sal in die volgende vyf jaar baie aandag geniet.

Trekkerdrywer: Tommy Kruger (naaswenner) van Kloovenburg, Jerieve Lambrechts (wenner) van Franki’s Vineyards en Arrie Fortuin (tweede naaswenner) van Org de Rac in die Trekkerdrywer-afdeling. Algemene Werker: Gerald Swartz (tweede naaswenner) van Org de Rac, Edwil Hector (wenner) van Org de Rac en Jerobean Jansen (naaswenner) van Kloovenburg in die Algemene Werkerafdeling.


NUUS • NEWS

10 September 2014

Theodora Robinson is aangewys as die algehele streekwenner. Sy is van Goedgedachtplaas in die Riebeeksrivier.

Anna Wilschut (tweede naaswenner), Theodora Robinson (wenner) en Maria Franse (naaswenner) in die Junior Bestuur-afdeling. is van Panorama en die ander twee van Goedgedacht.

Pelokazi Twaku van Middelpos is aangewys as die wenner in die Administratiewe Personeel-afdeling. Hier is sy saam met Minister Winde.

7


NUUS • NEWS

8

10 September 2014

Riebeekvallei verwelkom die lente

Die Riebeekvallei het die naweek die lente verwelkom in die jaarlikse Lentefees. Daar is gekuier, gedraf, fietsgery en saam fees gevier.

REGS: Mia Rautenbach is een van die graad 1’s wat broodjies gebak het vir die basaar.

BO: Carl Malherbe van Malmesbury durf die bergfietsroete aan.

REGS: Derde van links maak Jan Nero reg vir die wedloop.

REGS: Jean du Plessis in aksie.

BO: Morné du Plessis het sy slag gewys in die bergfietsren. By hom is die wenners van die langafstand-afdeling.

Allesverloren Lente Lekkerte

Allesverloren gaan Lente 2014 vier met ‘n paar glase Allesverloren Tinta Barocca Rosé. Die verkoelde pienk wyn smaak vorentoe in die warmer weer wat voor lê vanaf September. Die Tinta Barocca Rosé 2013 gaan in die Allesverloren Wynwinkel by Amanda (Tel. 022 – 4612589) beskikbaar wees vanaf 1 September 2014 vir slegs R40 per bottel. Deelnemende Restaurante in die Riebeeck Vallei naamlik Jolly Olive; Pleasant Pheasant ; Mama Cucina’s ; Travellers Rest and Hermon Hotel gaan die Allesverloren Tinta Barocca Rosé verkoop vir slegs R45 per bottel en boonop kan daar nog Tinta Barocca Rosé gewen word!

1. Enige persoon wat in ‘n deelnemende restaurant in die Riebeek Vallei ‘n bottel Allesverloren Tinta Barocca Rosé koop, se naam kom in ‘n trekking aan die einde van elke maand vanaf September tot Desember om ‘n 6-bottel geskenkpak Allesverloren Tinta BArocca Rosé te wen. 2. Al die wenners van September tot November se naam kom in ‘n tweede trekking waar 3 gelukkige wenners en hul metgesel ‘n uitnodiging kan wen na ‘n skemerkelkie by Allesverloren se Herehuis Dinsdag 9 Desember 2014 waar die wenners bederf gaan word met Allesverloren wyne en smaaklike happies. 3. Elke maand kry die kelner by elke deelne-

mende restaurant wat die meeste Allesverloren Tinta Barocca Rosé verkoop ‘n 6-bottel geskenkpak met Allesverloren Tinta Barocca Rosé. 4. Die top 3 kelners in die Vallei wat einde November die meeste Allesverloren Rosé verkoop het en ‘n metgesel word ook genooi na die skemerkelkie by Allesverloren se Herehuis Dinsdag 9 Desember 2014. 5. Elke restaurant eienaar wat deelneem kry van September tot einde Desember elke maand ‘n 6-bottel geskenkpak Allesverloren Tinta Barocca Rosé vir eie gebruik. 6. Al die deelnemende restaurant eienaars word genooi vir die skemerkelkie by Allesverloren se Herehuis Dinsdag 9 Desember 2014.


NUUS • NEWS

10 September 2014

Boland Superspar judged in National Store of the Year

9


NUUS • NEWS

10

Tossie Weber en Jannie Visser van Agrico Malmesbury.

10 September 2014

Rola VW Malmesbury se span is Theo Willemse, Danie Koch (sameroeper), Hugo van Wyk en Carl Niehaus.

Deon van der Westhuizen van Yara met die nywerheidstrofee.

Yara, Rola, Agrico tops met skou-stalletjies

“Dankie vir al julle moeite en opoffering. Sonder die uitstallers en donateurs sal die skou nie moontlik wees nie,” het Danie Koch (sameroeper vir masjinerie) Donderdagaand gesê by die bekendmaking van Swartlandskou se stalletjiewenners. ”Nulandis, ons hoofburg: Fietie Rocher, julle stap ‘n groot pad met die skou. Ek weet julle steek die hand diep in die sak vir ons. “Die skou raak duurder en die kostes meer. Ons wil graag uitbrei en instand hou. Daarvoor sal ons swaarder leun op die kleiner borge ook.” Koch het die uitstallers bedank vir hulle dissipline en samewerking. Die hoofskild vir die nywerheidsafdeling is geborg deur Yara en ook deur hulle gewen. “Deon

Foto: Johan Smit www.vidadesign.co.za

is ‘n ou staatmaker. Hierdie klong doen geweldig moeite op klein skaal met uitstekende produkte. Die motorafdeling is deur Rola geborg en ook deur hulle gewen. “Dit was ‘n moeilike keuse. Ons moes ‘n tweede span beoordelaars stuur vir beoordeling. Beslis nie maklik nie. Die trofee vir die groot uitstallers is ook eers na lang oordenke toegeken en Weer eens was dit Rola wat met die louere wegloop. “Ons het gesoek na ‘n verkoopsman wat selfs skooolkinders kan oortuig van hulle groen-tegnologie.” Dan die groot prys. “Dit was ‘n sterk kompetisie. Dit is lekker om die wenner aan te kondig: Agrico. Jannie, dit maak dit die tweede jaar na mekaar.”


NUUS • NEWS

11

10 September 2014

Swartland Skou vier 80ste jaar met wen-resep

LINKS BO: Riaan Myburgh agter die boeke by die skaapbeoordeling. REGS BO: Phillip de Waal en Pieter Niemand by die Opperste Kampioen Interras-bul saam met die verteenwoordigers van Absa-bank.

Swartlandskou Moorreesburg was bevoorreg om weer eens ‘n baie suksesvolle skou aan te bied. Die Swartlandskou-bestuur bedank al ons borge, donateurs, vertoners, uitstallers en besoekers wat dit vir ons moontlik gemaak het om ‘n skou van só ‘n gehalte aan te bied.

BO: Die sanger Elvis Blue was die kunstenaar by die Vroueoggend. Hier onderteken hy Hugolene Brink se boek. LINKS: Aggie Pauw van Moorreesburg het saam met die skou haar 80ste verjaarsdag gevier.

Millennium Man van Hanlie Greef en vertoner Marita van Wyk was die wenner van die Saalperd driegang ruiter 19 jaar en oor-afdeling. REGS: Marinette van Wyk (5) van Porterville word deur Charl Oosthuizen van die “Tears en Roses”-stalle begelei.

Voorsitters: Die oud-voorsitters van die dames-dag is Corrine Koch, Sienie Serdyn, Mollie de Villiers, Brumilda van Rensburg, Cassandra Marais en Elizabeth Bester.


NUUS • NEWS

12

10 September 2014

Iets van alles News in short • Parliament’s National Council of Provinces (NCOP) will host the Provincial Week in the Western Cape this week. The Western Cape NCOP permanent delegates and the Provincial Parliament leadership invite stakeholders and interested parties to attend a public meeting on Service Delivery on Thursday at 17:30 in the Malmesbury Banquet Hall. The purpose of the meeting will be to assess progress and discuss challenges in connection with infrastructure development in terms of the provision of Human Settlements, Clean Water, Sanitation and Electricity. Anyone interested in making an oral submission at the public meeting must notify Ms Anneke Clark who can be contacted by telephone at 021 487 1686, 061 174 4920 or e-mail aclark@ wcpp.gov.za. • Die Wes-Boland Eisteddfod het 19 wenners van Piketberg Hoërskool opgelewer: Henco Kruger, Annette Bruwer, Carma Rossouw, Aldo Olivier, Niketha Booys, Anelma Grobler, Anina Bester, Maria Visser, Adriana Visser, Lise Bruwer, Annika Steyn, Pieter Bruwer, Kristin Lochner, Ane Nelson, Levona Roberts,; Shanda Whitfield, Harry Roux , H/S Blokfluit Ensemble en Gr 4-7 Gedramatiseerde Spreekkoor. Geluk aan die Blokfluit Ensemble wat gekies is om by die

pryswennerskonsert op te tree. • Donderdag 16 Oktober 2014 is Wêreldvoedseldag en die Malmesbury ACVV Dienssentrum wil baie graag dié dag aan behoeftiges ‘n kospakkie gee. Hiervoor het hulle hulp van die gemeenskap nodig en vra dat almal (besighede en privaat persone) sal poog om ‘n bydrae te maak. Die beste sal wees om onbederfbare kos te gee. ‘n Groot behoefte is ontbytpap, suiker, tee en koffie en toiletware. Nogtans is enigiets welkom. Geldelike bydraes sal gebruik word om vars voedsel aan te koop en uit te deel. “Wanneer ons versadig is, is dit moeilik om te dink aan hongersnood. Tog is dit hier op ons voorstoep. Kom ons maak bietjie ons harte en ons beursies oop,” sê Riana Smit van die dienssentrum. “Die Dienssentrum en Aandskemering werk saam aan hierdie projek en ons is almal opgewonde om hiermee ‘n verandering in die lewens van mense te maak.” Bydraes kan by die dienssentrum afgegee word. • Die Weskus Nasionale Park bied die week gratis toegang. Vir inligting oor veldblomme, kontak die blommelyn op 072 938 8186. Weskus Toerisme plaas twee keer per week ‘n blomverslag op hulle webblad: www.capewestcoast.org.

Boland:

Hierdie leerders van Liebenberg Primêr op Malmesbury het aan die Boland rugbyproewe deelgeneem. Keanu Peters was deel van die Craven week o.13-rugbyspan en het Saterdag aan die Boland Sewes-proewe deelgeneem. Jayden Jacobus het aan die finale ronde Boland-proewe vir o.12’s deelgeneem en Eldrich Dawids is in die o.12Bolandspan opgeneem.


NUUS • NEWS

13

10 September 2014

Dagboek • Calender

Bloedklinieke September - WP Bloedoortappingsdiens hou verskeie klinieke in die Swartland. Op 16 September in Riebeek-Wes stadsaal (17:00 - 19:00) op 25 September in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00); op 26 September by die NG Kerk Piketberg (10:00 - 14:00). No Retreat - No Surrender 12 - 14 September - 7th Annual birthday conference, His Kingdom First Ministries International. 12 Sept: Riebeek West town hall, 19:30; 13 Sept: St Thomas School, Malmesbury, 17:00; 14 Sept: Dr Euvrard St, Malmesbury, 09:00. Hosts: pastors Calvin and Theresa Hannie, bishop Ron Ballenger. Enquiries: info@hkfmi. org.za; 021 933 4322. Tuin van Digters 13 & 14 September - kuier in die Tuin van Digters, Breytenbach Sentrum op Wellington saam met Amanda Strydom, Hemelbesem en David Kramer. Bespreek by Jeanne-Mari Gerber, besprekings@breytenbachsentrum.co.za. Braaidag 13 September - Terroir tot Tafel Braaidag met sjef Reuben Riffel en Louise Gillett by Bartholomeus Klip in Riebeekvallei. R385 vir volwassenes, kinders 6-12 R185, onder vyf gratis. Bespreek by Food Routes 082 542 7566 of reservations@foodroutes.co.za Malmesbury Sakekamer 16 September - Die Malmesbury Sakekamer vergader om 19:00 vir 19:30 in die OLOK-saal met Odette Boshoff as spreker. Bespreek plekke by 022 482 1060.

esbury House of Prayer, starting at 15:00. The speaker is Alta Edwards. Everyone is welcome. Enquiries: Elaine Walker 0725906636 Riebeek Valley Go-Kart Derby 20 September: Children of all ages can participate in this fun event. ‘Downhill Dash’ races take place from the top of Main Road in Riebeek Kasteel and an Obstacle Course on the Kasteel Square, along with market stalls (manned by the children themselves and the various school PTA’s), other children’s activities and beer & wine tent for the adults. Contact Mike Hillier: 082 898 0607 Vryburg Saamtrek 20 September - Kuier saam van 17:00 af by Allesverloren, Riebeek-Wes. Koste: R150 pp (sluit boerekos-ete in). Skakel Bertus Bester by 073 017 4402. Lentedans 20 September - By Buffelsfontein Wild- en Natuurreservaat, Yzerfontein, om 18:30 met die Klipwerf dansorkes. Weskus-ete kontant kroeg. Tafelbesprekings (8 plekke teen R1600) by Karen (083 453 2334) of Rudi (082 498 7330). Fondse ten bare van NSRI Yzerfontein. “High Tea” 24 September - Oud-leerders, oud-onderwysers, ondersteuners en die gemeenskap word genooi: Drink tee saam met Liebenberg Primêr, om 11:00 in die Wesbank-gemeenskapsaal. Kaartjies teen R80 pp by die skool, 022 486 4595.

Leer van kwiltwerk 17 September - Die VLV-Malmesbury vergader om 09:30 by die Malmesbury gholfklub. Stepha nie Geldenhuys praat oor kwiltwerk, asook verduidelik hoe om met ‘n langarm kwiltmasjien te werk. Besoekers betaal R20. Navrae, Hannalize Louw 082 336 4975. Piketberg Leserskring 17 September - “Die Blou va Onthou” van Marita van der Vyver word om 09:30 in die Biblioteeksaal bespreek. Piekniekdans 19 September - Die Geloof-in-die-Woord-Tabernakel se jeug hou ‘n piekniekdans om 19:00 in die Wesbank Gemeenskapsaal. Abby, beter bekend as Koekie, tree op. Toegang is R50 per persoon en bespreekte tafels is R100 vir 10 mense. Kontak Willem by 078 360 8134. Malmesbury Aglow 20 September - The meeting is at the Malm-

Kerke • Churches AGS Corpus Christi Malmesbury 14 September - Sondagoggenddiens is om 09:30 en die aanddiens om 18:30 (somertyd) Navrae: 073 447 2902.

PPK Bethesda Malmesbury 14 September - Br Gert Rossouw lei die diens om 10:00 en die aand om 18:30 is dit pastoor Kobus du Plessis. Navrae: 083 722 7787. PPK Porterville 14 September - Pastoor Kobus du Plessis is die prediker om 10:00. Navrae: 083 722 7787. Malmesbury House of Prayer Sunday worship service: 10:00 Bible study: Tueasday 19:00 (Hebrews); Thursday 10:00 (Genesis). Prayer meeting: Wednesday 10:00; home cells: Wednesday 19:00. Enquiries: pastor Joshua Metemeri, 085 471 7914

Tennistoernooi:

Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg was die naweek die gasheer vir ‘n tennistoernooi wat spanne oor die hele Wes-Kaap gelok het. HDU het die toernooi gewen ná hulle in die finaal afgereken het met die span van Hoërskool Durbanville (14-11). Die span bestaan uit Diana Kotzé, Corin de Waal, Anja Bester, Colene Brink, Lenka de Waal, Stefan Laubscher, Reinhardt Erwee, Christiaan Bester, Jason Coetzee, Christiaan Hanekom, Marnus Kitshoff en Kayla Thiersen. Bo is Christiaan Bester en Corin de Waal in aksie.

AGS Wesbank Vrouemaand Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). Gebedsbyeenkoms vir mans ‘n Uur van gebed elke Saterdagoggend om 06:00 by die AGS-kerk in Wesbank. Kontak past David Davids by 076 686 6002 Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome; 08:30 Sunday school (except Prayer meeting at the Church in St Thomas St.; 19:30 Wednesday Bible Study – Wesbank, 022 486 6087; 19:30 Wednesday Bible Study - Malmesbury, 082 890 5433. Hall to rent. Contact Rev John Beck at tel 022 482 3623.

Tuis:

Gezelle Magerman, Olimpiese goud-wenner, is met haar aankoms van China af op die lughawe ontvang deur vriende en familie. Hier is sy saam met raadslid Felicia Humphreys van Swartland Munisipaliteit.


NUUS • NEWS Dienste • services

14

10 September 2014

Sportwenners: Janke van Schalkwyk en Stas Nel is Laerskool Piketberg se Sportmeisie en –seun. In die middel staan die spreker, Anuré Liebenberg.

Darling Gholf: Hierdie span het in 29 weke 15 keer (120 enkelspel-wedstryde) Malmesbury Tennis: Die

Malmesbury Tennisklub het Saterdag hul eerste liga-wedstryd vir die seisoen teen Country Club op eie bodem gespeel. Bo voer Juvan Caillet ‘n hou deur. Sien volledige uitslae op bl 16.

Bloues:

Sportlui: Die Hoërskool Piketberg

het Benna van der Westhuizen en Anke Schreuder aangewys as Sportman en – vrou vir 2014. In die middel staan Anruné Liebenberg.

Die Bloues-rugbyspan van Malmesbury het Saterdag 79-3 teen Flying Eagles gewen. Die tweedespan het met 45-9 gewen. Bloues is nou tweede op die eerste liga Weskuspunteleer. Bloues het hierdie jaar nog geen wedstryde verloor op sy tuisveld nie. Die volgende wedstryd is tuis op 20 September teen Saldanha Tigers.

gespeel om as Boland Gholfunie se Brodie Kampioene 2014 gekroon te word. Darling GC het afgelope Saturdag die finaal teen Stellenbosch GC 9 - 7 gewen. Dit is Darling se 3de keer in vier jaar om die gesogte trofee te wen en kwalifiseer die eerste keer om teen Westlake GC (Westelike Provinsie Kampioen) in die Super Liga Finaal te speel. Agter: Shaun Bywater, Michiel du Toit, Jean Koegelenberg, Farrel Johnson, Willem Beukes, Karl Straszacker. Voor: Michael Julies, John Duckitt en Nicolaas Arendse.

Steynville:

Hier staan die trotse skoolhoof van Steynville Sekondêr, mnr Ferdinand Saal, met die Interskole-trofee wat hulle teen Roodezandt Sekondêr gewen het. By hom is die o.19A-rugbyspan wat met 27-8 geseëvier het.


geklassifiseerd • smalls NUUS • NEWS

15

10 September 2014

Dienste Services

ALLE DIESELPOMPE, injectors, turbo’s asook kompressietoetse en herstelwerk. Gratis kwotasies. Kontak Fanus by 071 332 1843. #2000 --------------------------AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed en linne. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2001 --------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977. #2005 --------------------------LIFTCLUB vanaf Bellville na Malmesbury. Maandae tot Vrydae – 8 tot 5 pm. Verkieslik eie voertuig. Kontak Bernice by 083 243 5251 #2003 --------------------------TUISVRSORGERSwartland. Netjies opgeleide blanke dame beskikbaar as tuisversorger. Kontak 082 779 4001 of

karltha@absamail. co.za #2004 --------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent­ heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485. www. melieta’skitchen.co.za #2006 --------------------------NEW FREEZE- Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, huishoudelike apparate, motor lugreëling, koelkamers en ysmakers. Verkoop ook 2de handse yskaste. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831/Sel: 082 573 1589/faks: 086 503 5827. Epos: mynhardv@vodamail. co.za #2007 --------------------------SKULD KONSOLIDASIE- ons reël een bekostigbare paaiement. KONTANT LENINGS – vinnige uitbetalings. GESWARTLYS WELKOM 0861 460 6669 / 021 910 4743. #2015

Te Huur To Let TOP EIENDOMME – Ruim 1 slaapkamer woonstel te huur @ R3960 per maand. Kontak Leani by 022 487 3817/8. #2008 ---------------------------

TITUS EIENDOMMEWESBANK Een slaapkamer woonstel te huur vir enkel person vanaf 1 Okt 2014. Kontak 082 780 1380 #2009

Te Koop For Sale

JAG1 4X4 CAMP TRAILER, only used 5 times. Braking system, geyser, washing basin, built-in gas stove. Fully fitted kitchen. Howling Moon family tent with all sides + spare wheel. Lots of packing space. A real pleasure when touring. Easy to set up! Bought in June 2013. Selling because of illness. Selling without fridge/freezer! @ R85 000.00.Contact 083 602 5729. #2010 --------------------------REGSDIENSTE BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006. #2011 --------------------------QUEEN matras – nuut @ R1150. Enkelbasis boks nuut @ R300. Driekwart basis boks nuut @ R400. Kontak Kobus by 082 822 8702. #2012 --------------------------STROPERBANDE – 2=23,1 X 26 X 14 LAAG, SOOS NUUT. Kontak Pieter 083 234 1509. #2013 ---------------------------

Betrekkings Vacancies

TOESIGHOUER – MALMESBURY – WELLINGTON. Vereistes: Ondervinding in ‘n toesighoudende posisie, kode 10 met PDP rybewys, kennis van wingerd ‘n vereiste (snoei, suier, oes), sober gewoontes. Kontak 082 774 1671. #2014

Gesoek Wanted BEJAARDE netjiese egpaar is dringend op soek na ‘n tuinwoonstel te huur in Malmesbury. Kontak 083 414 6869. #2002

Kontak ons by 022 487 3221 om hier te adverteer.


dié

courant

tel 022 487 3221

SPORT

NUUS • NEWS

10 September 2014

10 September 2014

Sportuitslae - Sports results Gholf Malmesbury Woensdag Sundowner: Enkel Stableford Appie vd Merwe 21; George Prinsloo 19; Danie Rust 19; Peter Willemse 18; Francois West 17. Vrydag Sundowner: Enkel Stableford Freek Stander 21; Jacques Welman 20; Neels Welman 20; George Prinsloo 19; Jannie Durr 19. Castle Lite Gholfdag: Beterbal Stableford Geo Venter & Willem Prinsloo 48; Adriaan Louw & Johan Ackerman 46; Francois du Bois & André Nel 45; Philip Faure & André Visagie 45; Eben Lingeveldt & Ewald Liedeman 45; JC Geduld & M. Apollus 45. Malmesbury Fietsry Tip Trans Cederberg Xperience (MTB) Women 115km: 9.Elishia Drotschie 5:43:40. Men 115km: 1. Johann Rabie 3:57:49; 31. Jaco Geldenhuys 4:31:39; 50. Charl du Plessis 4:42:23; 114. Kobus Duminy 5:29:17; 127. Kobus Drotschie 5:43:38; 138. Pieter Rossouw 5:47:54. Backburg (MTB) Men 45km: 12. Glenn Norrie 2:34:20; Men 30km: Adam Schuster 1:55

Wesbank Rugby: Melvin

Lazerus van die Wesbank Rugbyvoetbalklub in aksie in hul wedstryd Saterdag teen Saldanha.wen 49 - 30. Die span speel Saterdag weg teen Hawston.

• KLOP TRY AGAIN MET 15-12

Die Windriders Rugbyklub van Moorreesburg was Saterdag baas in die top agt finaal teen Try Again van Tulbagh. Die eindtelling was 15-12, dit het ook maar harde bene gekos om die wedstryd te wen. Windriders het eers in die laaste paar min-

Tour de Worcester (Pad) Women 94km: 10. Madeleen Kotze 2:59:14; Men 94km: 159. Kobus Drotschie 2:52:36 Riebeek Valley MTB Funride - 40km: Carl Malherbe 1:38 (3e plek); Johann Loubser 1:42; Manus Bester 1:46;Jean du Plessis 1:50; Jaen Fouché 1:50; Lodiaan Fouché 1:50; Bouwer v/d Merwe 1:50; Charl Smit 1:50; Shane Ketel 1:50; Annemarie de Kock 2:12. 12km: Elzet van Jaarsveld 0:38 Wedvlugduiwe Piketberg Posduifklub Kimberley Ope Fed Leon v Rooyen 772.2853; Starbar 755.8874; Leon v Rooyen 746.8654; Gert vd Vyver 734.8310; Lankwag Hokke 733.9250; Leon v Rooyen 719.4334; Leon v Rooyen 718.1567; Lankwag Hokke 717.0575; Lankwag Hokke 708.5578; Leon v Rooyen 699.1254. Tennis Malmesbury: Mans: Malmesbury A teen Country Club - wedstryde uitgereën

Windriders bo in die top-agt finaal

ute ‘n strafskop gekry op die besoekers se 10 m-lyn en is deurgeklits deur die plaasvervanger-losskakel Adrian (Manne) Jagers. Met die strafskop wat oorgeseil het, was daar ‘n oproer van blydskap en trane het gevloei. Die besoekers het gaan afskop en die Riders moes verwoed verdedig. Met die einde in sig, het die bal losgespat en ‘n verwarde Gerhard Afrika het dit opgepik en dit binne die toeskouers ingeskop. Met die blaas van die eindfluitjie was almal op veld. Die puntemakers was Julie Cloete (foto, 5) en Alverdo Mentor (5), met ‘n doelskop deur Werner Titus en ‘n strafskop deur Adrian Jagers. Nou is dit die begin van die promosie relagsiestryde wat reeds hierdie naweek begin met die Riders tuis teen Wellington-Sone .

Lights by Linea Criterium (Liga) Ladies: 3. Elfriede Wolfaardt

Mans: Malmesbury B teen Brackenfell b Malmesbury verloor 5 wedstryde teenoor 0. Darryl Blom v JP Marais 6/4, 0/6, 6/7; Juvan Cailet v J. Herbert 0/6, 0/6; Irwin Turner & Glynn Arendse v JJ Jansen & E. Kotze 1/6, 3/6; Juvan Cailet & Darryl Blom v JJ Jansen & E.Kotze 2/6 , 0/6; Irwin Turner & Glynn Arendse v JP Marais & J.Herbert 3/6, 2/6. Mans: Malmesbury C teen Kuilsrivier. Malmesbury wen 3 wedstryde teenoor 2. Marais Liebenberg v Issa 3/6, 4/6; James Howard k B. Brand 6/4, 7/5; Morne van Zyl & Martin Nel k Fritz & James 6/1, 6/2; Marais Liebenberg & James Howard k Fritz & James 6/0, 6/0; Morne van Zyl & Martin Nel v Issa & Barend 2/6, 2/6. Vroue: Malmesbury A teen Durbanville A - uitgereën Vroue: Malmesbury B teen Rekreasie. Malmesbury verloor 3 wedstryde teenoor 2 Gabby Rose k F. Lake 6/0, 6/1; Sunette van Zyl v H. Whitfield 0/6, 4/6; Elna Steyn & Marina vd Merwe k D. Mostert & E. J v Rensburg 6/4, 6/2; Gabby Rose & Sunette van Zyl v D. Mostert & E. J v Rensburg 5/7, 2/6; Elna Steyn & Marina vd Merwe v F. Lake & H.Whitfield 6/7, 6/7.

uitslae geborg deur

Gewigoptel

– Seralize Philips van Malmesbury het goud verdien by die onlangse WP Gewigoptel kampioenskappe in die Strand. Haar klubmaat, Adriaan Mene, het tweede gekom. Hulle neem albei in die o.14-afdeling deel en gaan nou deur na die SA Kampioenskappe wat die begin van Oktober plaasvind. Seralize is die suster van Anrich Philips wat onlangs ‘n bronsmedalje by die Statebondspele in Skotland verdien het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.