die courant 15 oktober 2014 (293)

Page 1

courant swartland en weskus Swartland

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

15 Oktober 2014

Uitgawe 293

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Sakekamer-finaliste van nader bekyk

Rugbyspanne spook sake uit

Survey done in the Swartland

Bewaar:

'n Groep jeugdiges van Darling het verlede week 'n dag van hul vakansie opgeoffer om te help om ons kuslyn op te ruim. Die wind het hulle verwaai, maar hulle het hul deel vir mariene bewaring gedoen Hier is hulle op die strand by Yzerfontein aan die werk Die dag is deur CapeNature gereël, met hulp van onder andere die Weskus Distriksmunisipaliteit, Swartland Munisipaliteit en Darling Polisie.

Jeug spring in vir 'n skoon strand

• 'SNORRE' PRAAT MET BOERE OP MALMESBURY

‘Julle is die hartklop’ As ‘n mens wil boer, moet jy moed hê. Hierdie woorde van oud-Springbokafrigter Pieter de Villiers, het groot byval gevind by Maandagaand se vergadering van die Malmesbury Landbouvereniging. Hy was die spreker by die koring- en skaapstudiegroepe se jaarvergadering. Sy onderwerp: Hy 'coach' rugby, drome en moestasse. De Villiers se kwinkslae het die gehoor telkens laat skater van die lag, maar daar was ook genoeg pitkos: “In landbou is elke dag nuut en ‘n uitdaging. Om te oorleef, moet jy weet wie jy is. “En wie is jy? Julle is die hartklop van die land en julle moet onthou dat daar mense is wat julle waardeer.” Hy het gewaarsku dat ondersteuningstelsels skaars is.

“Daarom is dit vir my so goed om te sien hoe julle mekaar ondersteun en wil betrokke wees by die studiegroepe.” Plaaswerkers is ook vir hom ‘n belangrike onderwerp. “Hoe meer respek en verantwoordelikheid jy vir jou werkernemers gee, hoe meer gaan hulle vir jou beteken. “Julle werk dalk met mense wat meestal ongeskoold is, maar dit betken nie hul vaardigheidsvlak is so laag dat jy hom nie kan respekteer nie.” De Villiers het ook filosofies oor die lewe geraak: “Die lewe is soos ‘n slangetjie-en-leertjiebord. “God gooi die dobbelsteen en jy is die pion. “Soms klim jy die leer en sien dalk neer op

ander, en die volgende oomblik is daar ‘n slang. Dan blameer ons die regering en wie ook almal. “Die deure van die skool van die lewe gaan nooit toe nie. Onthou dit en jy sal elke dag groei.’’ Vraetyd is De Villiers gepeper oor rugby: in sy tyd, nou en ook wat die toekoms inhou, veral die volgende Wêreldbeker. Hy was ook nie skaam om sy mening te gee nie. Oor die Springbokke se kanse in die Wêreldbeker: ‘‘Ons het natuurlik altyd ‘n kans, maar die Springbokke is te swaar. “Die mense sê hulle is onfiks, maar dit is nie waar nie. “Hulle het net teveel gewig om saam te dra. “Dit is dan wanneer hulle begin swaarkry - in die laaste twintig minute van die wedstryd.’’

NUUS • NEWS

15 Oktober 2014


NUUS • NEWS

2

15 Oktober 2014

Landbou:

Pieter de Villiers (naasregs) was die spreker by Maandagaand se jaarvergadering van die skaap- en koringstudiegroepe. By hom is (van links) Pieter Dreyer (skaapstudiegroep), Liam Viljoen (voorsitter, landbouvereniging) en Derek Bekker (koringstudiegroep). Sien berig op bl 1.

Kontak die courant by 022 487 3221 met enige nuuswenke of stuur ‘n epos na izelle@diecourant.co.za

Jeug spring in om strand rommel-vry te maak

Cape Nature het Donderdag ‘n rommelveldtog op Yzerfontein gehou. Hierdie is deel van ‘n landwye poging om die kuslyn skoon te maak en ‘n groep leerders van Darling het hand bygesit. Hulle het vooraf lesings oor waterveiligheid ontvang en Charles Malherbe van die Weskus Distriksmunisipaliteit het met hulle gesels oor mariene besoedeling, wat dit is, waar dit vandaan kom en die gevolge. Hy het ook drie video’s vertoon oor die grusame gevolge van veral plastiek vir ons natuurlewe. Konstabel Jonathan Philander van die Darling SAPD het met die jongklomp gesels oor persoon-

like veiligheid en ook die gevolge van jeugmisdaad. Hierna het die groep sakke en handskoene gekry om te help met die opruiming van die strandgebied. Elke gebied het ook ‘n datavorm gekry sodat daar statistiek ingewin kan word oor die tipe rommel wat opgetel word. Swartland Munisipaliteit het gesorg dat die rommel weggevat word, terwyl Weskus Distriksmunisipaliteit vir middagete verantwoordelik was. Vrydag en Saterdag is soortgelyke projekte by Ganzekraal en Velddrif aangebied.

•JARELANGE DIENS BELOON

Huis van Heerde vereer staatmakers Staatmakers:

Huis van Heerde het hulde gebring aan vrywilligers en personeellede. Hier staan ds Lysander Prins (heel links), huidige voorsitter van die beheerraad, by Kobus Lochner, Dina Adams, Johanna Ontong en Dicky Huysamen.

Huis van Heerde het by sy algemene jaarvergadering op Moorreesburg hulde gebring aan twee vrywillers wat gesamentlik amper 50 jaar as vrywilligers ’n liefdesdiens aan hierdie sentrum se kinders gelewer het. Hulle is bekende inwoner Dicky Huysamen, wat 34 jaar as beheerraadslid gedien het, en Dina Adams, wat meer as 12 jaar ’n vrywilliger was wat weekliks in die klerekas diens gedoen het. Albei is met ’n spesiale Badisa-groepsertifikaat vir Uitstaande Vrywilligerdiens bekroon wat deur ds Lysander Prins, as huidige voorsitter van die beheerraad, aan hulle oorhandig is. Daarbenewens is Johanna Ontong, wat onlangs uit diens getree het as kok na meer as 26 jaar diens, met ’n spesiale langdiensertifikaat, ’n kontantbedrag, asook die verf van haar huis beloon. Nog 'n personeellid, Kobus Lochner, wat reeds die afgelope 44 jaar as rekenkundige verantwoordelik was vir Huis van Heerde se boekhouding, het ook die laaste keer die finansiële

state aan die jaarvergadering voorgelê. Lochner, wat op 31 Maart 2015 aftree, is sedert 1971 by die Huis van Heerde betrokke toe hy diens by Hoërskool Dirkie Uys as boekhou-onderwyser aanvaar het. Die destydse skoolhoof, Gideon de Villiers, wat ook toe die voorsitter van Huis van Heerde se beheerraad was, het hom versoek om ook die boeke van die sentrum te doen. Daarmee het Lochner, wat wye bekendheid en erkenning verwerf het vir sy onberispelike en korrekte boekhouding, se amper 50 jaar dienstermyn as rekenkundige by Huis van Heerde ’n aanvang geneem. Daar sal by ’n latere geleentheid van Lochner afskeid geneem word. • 'n Minuut van stilte is tydens die vergadering met die ATKV gehou ter nagedagtenis van mnr Dolf Visser. Hy was 32 jaar betrokke by die tehuis, 26 jaar as voorsitter van die beheerraad.'n Vereringsertifikaat is ook aan sy vrou, mev Poppie Visser, oorhandig.


NUUS • NEWS

3

15 Oktober 2014

Sakke vir deernis

Direkteur Kenny Cooper (heellinks) en die kredietbeheerbeamptes het die projek saam aangepak, met die meterlesers wat fluks help sakke vou en insit, asook die aflos kassiere en wie ookal hande kan gee om te help. Hier staan hy by Marius Marcus, Monita Marais, Micheline Fortuin, Ronaldo Krieling, Monique Cleophas, Joemien Eygelaar en Susan Cilliers. Die Swartlandse stadsraad het besluit om vyf vullissakke per maand gratis te voorsien aan deernishuishoudings. Die eerste maand se sakke is die afgelope maand per hand by die betrokke huishoudings afgegee, saam met inligting oor hoe die stelsel voortaan sal werk. ‘n Kontrakteur sal van volgende maand af sakke, wat voortaan blou sal wees, by die bepaalde punte afgee. Inwoners moet hul diensterekening saamneem na die betrokke afhaalpunt, aangesien die uitreiking van die sakke elektronies beheer word

deur die uitreiking van ‘n kwitansie. Die voorsiening van sakke word nie van een maand na ‘n volgende oorgedra nie en kan slegs afgehaal word by die punt soos aangedui. ‘n Deernishuishouding word gedefinieer in terme van Swartland Munisipaliteit se kredietbeheer- en skuldinvorderingsbeleid. Elke geregistreerde eienaar van ‘n eiendom met ‘n munisipale waardasie van R115 000 of minder, wat op die eiendom woon, kwalifiseer outomaties vir ‘n deernissubsidie. Die munisipaliteit behou egter die reg om die subsidie te kanselleer, sou daar voldoende bewys wees dat die

• TENKE KRY EKSTRA WANDE

Planne vir Weskusvulstasie bekend

Dié voorlopige kunstenaarsvoorstelling wys hoe Weskus Killarney moontlik kan lyk. Planne vir ‘n beoogde vulstasie-ontwikkeling (Weskus Killarney) op die Weskus-pad (R27) naby Yzerfontein, is reeds ver gevorder en die publiek het tot 28 Oktober om skriftelik kommentaar te lewer op die Finale Basiese Evalueringsverslag. Belanghebbendes het verlede week by die Beulah-padstal byeengekom vir ‘n inligtingsvergadering waar van die belangrikste aspekte en studies toegelig is. Die eiendom waarop die ontwikkeling beplan word, is ‘n driehoekige stuk grond van 13 ha wat suid-wes aan die bestaande Yzerfontein-Darlingkruising (R315) grens. Die ontwikkelde deel sal sowat 3 ha beslaan. Die Beulah-padstal is ook op dié eiendom geleë en die beoogde nuwe ontwikkeling word verder suid op die perseel beplan. Planne maak ook voorsiening vir ‘n geriefswinkel en kan later moontlik ook stoorruimte vir bote insluit. Van die studies tot dusver het gefokus op ‘n verkeerstelling op die Weskuspad, die natuurli-

ke plantegroei, erfenis, watertafel en die moontlike impak op onderliggende grondwater. Die watertafel is, volgens die studies, in die winter so vlak as 1,5 meter. Om hierdie rede is die voorstel dat dubbelwand-brandstoftenke gebruik word om moontlike besoedeling van die watermassa. Volgens die beplanning sal die enigste ingang tot die eiendom sowat 650m vanaf die Yzerfontein-Darlingkruising wees met 'n ekstra glipbaan vir noord-suid verkeer. Ook die natuurlike plantegroei sal, waar moontlik, hervestig word om impak te beperk. Die verkeersimpak is bevraagteken, aangesien die telling op ‘n Dinsdag gedoen is eerder as ‘n naweek, wanneer die Weskus-pad baie besiger is. Na afloop van die 21 dae kommentaar-tyd, sal ‘n verslag aan die betrokke owerhede voorgelê word vir oorweging. Die owerhede sal dan reageer met verdere aanbevelings en vereistes rakende die beoogde ontwikkeling.

betrokke huishouding ‘n luukse lewenstyl handhaaf, of waar die gesamentlike inkomste van al die inwoners op die perseel meer as R5400 per maand beloop. Eienaars van eiendom waar die waardasie meer is as R115 000 en die gesamentlike inkomste van al die inwoners minder beloop as vier maal die staatspensioen (R1350 x4) per maand, kan aansoek doen vir ‘n deernissubsidie. Wettige huurders wat ‘n dienste-aansluiting by Swartland Munisipaliteit het en die gesamentlike inkomste minder as R5400 per maand is, kan ook aansoek doen.


courant

dié

4

Hoe, wie en wanneer om te vertrou

Vetroue is een van daardie moeilike dele van ons as mens. 'n Baie nou verweefde stuk menswees wat so maklik op getrap word. So maklik geknak word. So moeilik herstel word na die getrappery. Soms sit 'n mens en wonder, "waar het my oordeel my in die steek gelaat". Jy as mens moet soveel vertrouensverhoudings bou deur die jare. Met jou ander helfte, jou dokter, jou tandarts, jou bankier, jou kollega's, jou bestuurders, jou kliënte... soveel meer dis te veel om op te noem. Soms vertrou 'n mens op die goedheid van die mensdom. Glo jy dat daar tog iets goeds in almal is. Dat sommiges dit net onder 'n dikker laag wegsteek en dat as jy dieper grawe, jy wel daar sal uitkom. Dit is dan soveel erger as die harde realiteit jou tref en jy besef dat daar nie so 'n ding soos wedersydse vertroue en respek is nie, want die een stap hand-aanhand met die ander. Om mense te respekteer vir wie en wat hulle is, ongeag hul herkoms, hul verwysingsraamwerk, hul opvoeding, hul ouerhuis, is nie 'n maklike taak nie. Ons oordeel so maklik. Wys so maklik vinger na iemand anders, maar die spreekwoordelike 9 vingers wys terug na jou. Na jou en dit wat jy doen as niemand anders kyk nie, of so dink jy. Net gister op 'n sosiale netwerk 'n inskrywing gesien van 'n geraamte wat met 'n boks vol ander geraamtes loop en sê: skuus, terwyl jy besig was om ander se foute uit te wys, het die geraamtes uit jou kas geval... Om met 'n leuen saam te leef, saam met jou te dra, is sekerlik iets ondraagliks. Dit ontneem jou van die voorreg om te leef. As daar eers een leuen is, raak dit meer. Dan raak dit moeilik, want jy moet onthou waarvan jy alles die waarheid verdraai het. Soveel makliker om net die waarheid te praat. Om die waarheid te leef. Om agteraf te wees, dinge in die geheim te doen, is vir moeilikheid soek. Sulke dinge het maar net 'n manier om uit te kom. Pasop vir die dag as jou geraamtes uit die kas val.

NUUS • NEWS

15 Oktober 2014

Koringberg is reg vir stappers Met die somer wat so vat-vat aan die weskus, het die Moorreesburg & Koringberg Toerisme goeie nuus vir natuurliefhebbers: die Koringberg staproetes spog met 'n nuwe baadjie. Moorreesburg & Koringberg Toerisme het die roetes onlangs opgeknap en heropen met die ondersteuning van die Kaapse Weskus-biosfeer. Innes Linder, voorsitter van toerisme, en Martin Halvorsen (biosfeer-verteenwoordiger) het die amptelike deel van die program hanteer. Daarna het die groep vir 'n stap gegaan op een van die roetes. Daar is drie roetes beskikbaar wat wissel van twee tot drie-en-'n-half ure. Koringberg bied pragtige uitsigte van die Cederberg en Winterhoekberge, die hele Swartlandgebied tot sover as Tafelberg op ‘n mooi helder dag. Linder sê die drie sirkelvormige roetes deur die inheem-

se renosterveld-gebied is goed gemerk en redelik maklik om te voltooi. Plek-plek is dit net bietjie ongelyk en kan gladderig wees wanneer die area nat is. Kaarte en permitte vir die roetes kan by die Moorreesburg Toerisme-kantoor (022 433 1072) of by nabygeleë gastehuise op Koringberg gekry word.

Nuwe tuiste van NSRI vorder Bouwerk aan die nuwe boothuis vir Yzerfontein NSRI 34 vorder fluks. Die bemanning het sewe jaar gewag vir 'n boothuis en in dié tyd is daar hard gewerk om geld in te samel. Hulle het onlangs R344 000 ontvang - die opbrengs van 'n wynveiling wat deur die Rotariërklubs van Newlands en Tafelbaai aangebied is. Die NSRI-tak het allerlei uitdagings: die deining in die hawe is baie erg, die vlak riwwe rondom Dassen-eiland is bedrieglik en verder eis die koue water van die weskus vinniger lewens as elders in die land. Yzerfontein is ook die plek waar walvisse hul kalfies grootmaak. As die snoek loop, is Yzerfontein die tuishawe vir tussen 800 and 1000 kommersiële vissermanne. Sowat 90% van dié vissermanne is voorheen-benadeeldes.

Night of song, music, dance

Dis Goeie Nuus

dr Andrew Bosman

Die regverdige sal uit die geloof lewe Paulus skrywe aan die Christene in Rome, dat hy hom nie skaam vir die evangelie van Christus nie, dit is ‘n krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Dit is die boodskap wat eerste aan die Jode maar ook aan die nie-Jode of heidene gebring is. Die geregtigheid van God word juis daarin geopenbaar uit geloof tot geloof. Die regverdige sal uit die geloof lewe. Geloof is om te hoop op iets wat ons nog nie sien nie. Die regverdige is ‘n mens wat sy vertroue in die Here Jesus geplaas het, hy leef nie in aanskoue nie maar in geloof. Die Hebreërbrief se skrywer sê dat dit onmoontlik is om God te behaag sonder om te glo. Die wat tot God nader moet glo dat God bestaan, en ‘n beloner is van die wat Hom soek. Hierdie gedeeltes is die gedeeltes wat Martin Luther vroeg in die sestiende eeu begin verstaan het en met die Katolieke Kerk in Rome gebots het. Hulle het allerlei ander tradisies aangehang waardeur ‘n mens sy saligheid kan verkry. Luther se 95 stellinge wat hy aan die Kerkdeur in Wittenberg vasslaan. Hy was veral teen die praktyk van aflatinge vir sonde gekant. Jy kon jou loskoop van sonde gedoen. Luther het op die Woord gestaan dat die regverdige uit geloof sal lewe, en al was hy uitgekryt as ‘n dwaas kon die Katolieke kerk hom nie verkeerd bewys uit die Skrif nie.

Revel in a night of song, music, dance and the emphatic word of God on Saturday in the Malmesbury town hall. Pastor Enrico Cloete invited everyone: "Making use of local talent House of Praise provides you with an unforgettable experience you do not want to miss. With a top of the range band who has performed all across the city, angelic voices that soothe your soul, this is one of those events that you want to talk about and be part of.

"Our movement continues to unapologetically break down the walls of division and prioritise the orchestration of a meeting between God and His people, young and old." Doors will be open from 18:30 and tickets are available at R50 per person. Like their page on facebook: House of Praise or send an email to houseofpraise96@gmail.com. If you need more information, call Pastor Enrico Cloete or Jill Cupido (083 864 4636).

Kerk in blommeprag gehul Die NG-gemeente Swartland-Noord bied die naweek van Donderdag tot Sondag ‘n blommefees in die kerksaal aan met die tema `Getrouheid van God en gehoorsaamheid aan Hom'. Die opening is Vrydagaand om 19:00 in die kerk waartydens plaaslike kunstenaars sal optree. Toegang na dié geleentheid en die blommefees is gratis, maar ‘n donasie sal waardeer word.

Tee en verversings word Vrydagaand gratis aangebied. Vrydagnamiddag en Saterdag sal daar ‘n teetuin bedryf word waar tee, koffie en tuisgebak teen slegs R20 geniet kan word. Besigtiging is Vrydag van 15:00 tot 17:00 en weer van 20:00 tot 21:00; Saterdag van 10:00 tot 17:00; Sondag van 10:30 tot 12:00 en weer van 15:00 tot 17:00. Op Maandag, 20 Oktober, sal van die plante en blomme te koop aangebied word.

Entrepreneurs:

Malmesbury Sakekamer, in samewerking met die AHI en !Khwa ttu, het ‘n entrepreneurskursus by !Khwa ttu se opleidingsgeriewe buite Yzerfontein op die Weskuspad aangebied. Die hoofborg was die AHI wat die opleier, dr Johan Louw, beskikbaar gestel en ook die kursusmateriaal verskaf het. Hier is dr Louw (regs) en Rico Kruger van die Sakekamer (links) by die studente van Malmesbury en Abbotsdale. Die studente is (voor) Jennifer Hendricks, Allouise Daniels, Dorothy Mouton, Louis-Ann Joubert en Lucricia Mhlwawuli. Agter: Willie Steenkamp, Joe Damonse, Jason Adams en Riaan Theron. Afwesig: Samantha Daniels.


NUUS • NEWS

5

15 Oktober 2014

Toerisme: Weskus Toerisme het Vry-

dagaand die 2014-toekennings vir Weskus-ondernemings, West Coast SMME Showcase, by Club Elani by die Misverstand-dam oorhandig. Links is Henriëtte Bester van die Moorreesburg/Koringberg Toerisme wat aangewys is as Toerisme Persoonlikheid van die Jaar. LINKS ONDER: Kiewiet van Rooyen by Leona Moses wat die spesiale toekenning ontvang het vir haar uitstaande ondersteuning van die toerisme personeel. Onder is die vroue van I love Yzer-faam, Christele Breedt, Eldré Strydom en Nadine le Roux, met hul trofee vir toerisme geleentheid.

• Ondersteun u alma mater - Hoërskool Dirkie Uys daag die afgelope 15 jaar se oud-leerders om ‘n tafel vir hul betrokke jaargroep te bespreek om “Time Warp” op Saterdag 18 Oktober in die Barnyard Teater te geniet. “Kom ons kyk watter jaargroep kan eerste ‘n tafel bespreek.” Kom geniet `Rock & Roll’-musiek uit Dirty Dancing, Greece, Saturday Night Fever en die temaliedjies uit rolprente soos Top Gun, James Bond, Men in Black, St Elmo’s Fire en vele meer. Kaartjies of tafels kan by me Weber (022 433 2253) of by die ontvangs van die skool bespreek word. E-pos na ontvang@diekieuys.co.za. • Bybelstudie - ‘n Bybelstudiereeks oor Openbaring begin op Donderdag 16 Oktober by die PPK Bethesda Malmesbury. Dit word elke, Donderdag van 19:30 tot 20:30 aangebied. Skakel pastoor Kobus du Plessis, by 083 722 7787. • Polisie wys talent - Die polisiestasies wat in die Paarl-groep val, hou Saterdag ‘n spogaand: Cluster Got Talent. Dit begin om 17:00 by St Thomas Primêr op Malmesbury en toegang is gratis. Hulle het ook verskeie sangers wat gaan optree, soos Alban Pietersen en Maddy. • ‘n Bietjie pret kan jou huwelik red - Een

maal in die jaar hou die AGS Corpus Christi Malmesbury ‘n spesiale huweliksdiens. Vanjaar word dit op Sondag 19 Oktober, eerskomende Sondag, om 09:30 aangebied. Die gemeente-leraar, pastoor Piet Smit sê dit is noodsaaklik dat daar baie aandag aan huwelike gegee sal word. “Gesonde huwelike waarborg ‘n gesonde gemeenskap. Waar moet ons jongmense oor die huwelik leer as ons nie vanuit die kerk hulle onderrig nie? “Almal word op een of ander manier geraak deur die huwelik: daar is hulle wat op pad is om te gaan trou; hulle wat getroud is; daar is hulle wat wil skei; hulle wat klaar geskei is en genesing moet ontvang; selfs die oumas en oupas moet nog leer om as beraders vir hulle kinders op te tree. “By die geleentheid preek ons oor die huwelik en dan gaan ons op die al die getroude paartjies vorentoe roep om weer hulle huweliksbeloftes teenoor mekaar te herhaal. “Getroude paartjies kan spesiaal mooi aantrek vir die geleentheid. Besluit saam op ‘n kleurskema en man en vrou trek dan daarvolgens aan. ’n Bietjie pret kan jou huwelik red!” Skakel pastoor Piet Smit by 073 447 2902.

Wenners van Karlien-kaartjies...

Die gelukkige wenners van 'n dubbelkaartjie na Karlien van Jaarsveld se konsert op Malmesbury is: Pieter de Wet van Koringberg, Lodewyk de Kok van Darling, Michelle la Grange van Malmesbury, Elize de Vries van Porterville en Liza Raath van Piketberg. Karlien is Saterdag 18 Oktober te sien op Malmesbury in die De Bron-teater. Kaartjies is beskikbaar by M4 Events by 022 487 2000.

MALMESBURY

R850 000 VERKOOP DEUR SEEFF

Brokkies uit die Swartland Swartland Snippets

R660 000 VERKOOP DEUR SEEFF

PORTERVILLE

Slaapkamers 3 Badkamers 2 WEB 309105 Gerieflike 3 slaapkamer huis met 2 volledige badkamers, eet/sitkamer en sonkamer. Pragtige 1 slaapkamer woonstel met oopplan kombuis. [K] 022 931 2761 INA 082 921 8316

Slaapkamers 4 Badkamers 2 WEB 329529 4 Slaapkamer huis geleë op ‘n 1 118m² erf. Oopplan sitkamer, eetkamer en leef area. Kombuis met aparte waskamer. [K] 022 487 3905 NASTASSJA 073 529 6506

ALLEENMANDAAT

NETJIESE WONING

MOORREESBURG

R865 000

SPASIE VIR DIE NASIE!

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuise 2 WEB 318076 Ontspan in hierdie lekker leefhuis met ruim kombuis, TV -en familiekamer op ‘n groot erf. SIMON 082 444 4074

R995 000

ALLEENMANDAAT

TAFELZICHT

MOORREESBURG

R900 000

ALLEENMANDAAT

ALLEENMANDAAT

MALMESBURY

BAIE POTENSIAAL

Slaapkamers 3 Badkamers 2 Motorhuise 2 WEB 325588 Oulike huis met moderne afwerkings. Groot leef area met ‘n binne braai. Ideale huis vir eerste keer kopers of vir aftrede. [K] 022 487 3905 NASTASSJA 073 529 6506

EIE KAMER VIR ELKEEN!

Slaapkamers 4 Badkamers 2 Motorhuise 4 WEB 317655 Vier slaapkamers, ingeboude kaste, vier motorhuise, ingeboude braai en vele meer. SIMON 082 444 4074

MOORREESBURG

R1 100 000

ALLEENMANDAAT

2 VIR DIE PRYS VAN 1

Slaapkamers 4 Badkamers 3 Motorhuis 1 WEB 318075 Twee huise op groot erf. Ideaal vir ‘n groot familie of ‘n ekstra inkomste.

SIMON 082 444 4074


NUUS • NEWS

6

15 Oktober 2014

Skootrekenaar:

Die Malmesbury Museum het 'n skootrekenaar ontvang van Hannes Steyn. Die skootrekenaar sal hul toegang tot die internet en elektroniese kommunikasie vergemaklik en hul meer toeganklik vir besoekers maak. Hier ontvang kurator Christine van Zyl die rekenaar.

GPF: Die Riebeekval-

lei GPF (Gemeenskapspolisiëringsforum) het drie fietse, met valhelms en pompe van die Departement Gemeenskapsveiligheid ontvang vir gebruik deur die buurtwag. Hier is (van links) Jeffrey Ford (onvervoorsitter van die GPF) en Raymond Labbert.

Survey done in Swartland Swartland Municipality is going to conduct a survey amongst residents to determine satisfaction on service delivery. In 2009 the municipality introduced a Client Service Charter in which the services offered by the municipality to its clients are communicated. The charter also sets out the standards of each service and provides the contact details of the different municipal offices. The need was at that time identified to do a survey on service delivery. Telephonic interviews were conducted in the different towns by means of a pre-approved questionnaire. The Municipality wishes to repeat the survey now. The questions are the same as previously in order to compare the results. The difference is that they will distribute the questionnaire electronically and it can be completed over the internet. Any person with access to a computer, tablet

or smart phone will be able to complete it electronically. For other residents there will be paper copies available in all libraries, the Thusong Centre and councillors and ward committee members. A Xhosa translation of the questionnaire will be available in paper format. The survey is completely anonymous and there is no way in which a questionnaire can be linked to the person who completed it. The survey started yesterday and will be open till 14 November. The link below will be made known per SMS through the Municipality’s system; on the municipality’s website; in the local newspapers, on the Tourism Association websites and Facebook pages; and on the Malmesbury Facebook. The following link opens the questionnaire: https//www.surveymonkey.com/r/PNFZTGW. Please support the Municipality and complete the questionnaire. It takes less than five minutes.


NUUS • NEWS

7

15 Oktober 2014

Dienslewering kardinaal vir Thomas Electric

Die span: Cornelius September, Albe Rautenbach, Leonard Thomas, James Engelbrecht, Frikkie Faro, Jason Mentoor en Leonard Thomas. Regs: Leonard, Barbara en Leon Thomas. Regs onder: Albe Rautenbach druk besig. Thomas Electric was in Augustus 30 jaar in bedryf op Moorreesburg. Leon Thomas het destyds vir Kallie Koch Elektriese Werke op Malmesbury gewerk en die MKB-silo’s het toe sy verantwoordelikheid geword. Só het hy die gaping gesien en destyds saam met sy broer Tokkie, wat ‘n outo-elektrisiën was, ‘n besigheid begin. Leon is nog aan die stuur van sake, met sy vrou, Barbara, wat die administrasie behartig. Hul seun, Leonard, is die afgelope vyf en ‘n half jaar by hulle, en die plan is dat hy vorentoe die leisels gaan oorneem. "Ek dink die feit dat ons as familie goed saam-

werk, maak ons uniek," Vertel Barbara. "Ek en Leon sien uit na die dag wat ons leisels kan oorgee en bietjie rondry, maar ek glo Leon sal altyd graag raad en insette wil gee. "Ons het geleer dat jou naam in besigheid 'werk' beteken, en miskien is ons nie altyd die goedkoopste in die omgewing nie, maar as ons iets doen, doen ons dit met integriteit. "Ons wil baie graag ons dienslewering na al die besighede en fabrieke op Moorreesburg uitbrei, want ons glo dit is waar ons spesialiteit lê. "Moorreesburg was baie goed vir ons as mense. "Ons het as jong getroudes met jong kinders

hier beland, my kinders het hier hul skool opleiding ontvang. "Ons as twee individue het beslis gegroei op Moorreesburg tot, glo ek, twee gebalanseerde individue. "Leon en ek is albei baie by die Moorreesburg Lionsklub betrokke. Ek dink dis beslis een van Leon se passies in die lewe om mense by te staan. "Daarom ploeg ons dan graag op vele maniere terug. "Dit vir ons voorwaar ‘n voorreg om deel van Moorreesburg se gemeenskap te mag wees." "Ons suksesresep: dienslewering... die klant kom ALTYD eerste."


NUUS • NEWS

8

15 Oktober 2014

Eerste koring gelewer: Oestyd het begin! En

soos voorspel is die eerste koring by die Moravia-silo’s gelewer. Willem Pretorius van Blombos het Maandagogend vroeg die eerste van sy oes afgelaai.

So lyk Swartland se verkeer • Swartland se wetstoepassingsbeamptes tree vinnig op in gevalle waar rondloperdiere aangemeld word. In die onlangse verslag (vir Augustus) voor die portefeuljekomitees, Philip Humphreys, direkteur ontwikkeling- en beskermingsdienste, die volgende statistiek verskaf: 128 klagtes van rondloperdiere is ontvang, 16 honde is geskut en nog 16 honde is vrywillig oorgegee. • Twee opvoedkundige programme is aangebied om die gemeenskap se gedrag en houding teenoor wetstoepassing en munisipale regulasies te verander. • In Augustus het 55% van mense wat aansoek gedoen het vir rybewyse op Malmesbury deurgekom. Vir leerlinglisensies was dit 54%. ‘n Totaal van 84 het nie opgedaag vir die toetse nie. Op Darling het 50% van aansoekers die bestuurslisensietoets geslaag, en 81% het hul leerlinglisensies bekom.

Hier het 25 mense nie opgedaag nie. • Die padwaardigheidsentrums op Malmesbury en Moorreesburg was ten volle operasioneel in Augustus: op Malmesbury is 319 padwaardigheidstoetse gedoen en op Moorreesburg 174. • Verkeersafdeling: Gedurende Augustus was daar drie padblokkades, 29 beheerpunte en elf voetpatrolllies. - ‘n Totaal van 852 oortredings is aangemeld. In 1228 sake is boetes betaal van R433 245. - Twee voltydse beamptes sien om na dagvaardings en lasbriewe. ‘n Totaal van 86 is betaal en 2330 gefinaliseer. -Spoedkameras: al die kameras, drie vaste en twee twee mobiele, was in werking en 4377 spoedkaartjies is uitgereik. Die kameras op die R27 Weskuspad het 3071 oortredings afgeneem. Dit gee ‘n totaal van 7448 spoedoortredings in Augustus. - Ongelukke: Humphreys beklemtoon dat die risiko van ongelukke verminder

kan word deur sigbaarheid en opvoedkundige programme oor padveiligheid. Daar was 94 ongelukke in Augustus, met vier sterftes en nege beserings. Nege voetgangers was ook betrokke. • Uitdagings: Humpreys sê die ontwikkeling van ‘n skofstelsel sal baie help om operasionele tekorte aan te spreek en ook om sigbaarheid te verhoog. -Daar moet gekyk word na die oornagparkering van busse in Chatsworth. Nog ‘n uitdaging is die probleem met parkering van swaarvoertuie en busse in Bokomostraat op Malmesbury en ook Moorreesburg. -Daar moet ook aandag gegee word aan die telery van honde sonder toestemming en ook mense wat meer as twee honde per residensiële perseel aanhou. • Hoogtepunt: Die sigbaarheid en doeltreffendheid van die veiligheidskiosk in die Malmesbury sakekern het klagtes laat verminder.

‘n

500

Jaar plan

Ek lees nou die dag in ‘n boek die volgende: Die karakter in die boek sê: “I do not want to die a second death.” Op navraag wat die persoon bedoel, antwoord hy: “The second death is when after you have died, people stop mentioning your name and the memory of your existence vanishes forever.” Die dag as jy die groot 40 slaan, dan is daar iewers iets wat in jou inskop en vrae begin vra. Vrae van of jy enigsins waarde toegevoeg het en of mense jou sal onthou die dag as jy nie meer daar is nie. Die vraag van die tweede dood raak ewe skielik baie relevant en mense begin dan dinge doen om hulle tyd en bestaan hier op aarde meer sinvol vir hulleself en ander te maak. Sommige haak egter net vas by hulself en vergeet van die ander in hulle lewens. Ek en my vrou het besluit dat ons huwelik ‘n visie moet hê en dat daar ‘n rede is hoekom ons in ‘n huwelik staan, dat die huwelik wat ons het, vir ons is, maar ook verseker vir ons kinders en ook vir hulle nageslagte. Ons handhaaf die standpunt dat ons ‘n 500 jaar plan het vir ons huwelik. Ons wil dit so leef dat generasies daardeur geraak sal word. Die vraag is nou: “Hoe doen jy dit?” Hierdie besluit moet intensioneel en doel-

bewus gemaak word. Jy kan nie maar dink dat jou huweliksverhouding wel sal werk nie. As jy dit nie gaan kies en daaroor gaan praat nie, sal dit nie gebeur nie. So, as ek ‘n paar voorstelle kan maak: 1. Vind uit wat dit is wat jy en jou maat wil bereik. Die manier hoe julle dit doen, is om tyd eenkant te sit en daaroor te bid. Vind uit hoekom julle twee by mekaar gesit is. 2. Sit doelwitte vir julle neer oor wat julle wil bereik en wanneer. Deel hierdie doelwitte met die gesin en vier fees as julle dit bereik het. 3. Stel vas wat die sterk eienskappe in julle verhouding is om dit te bereik wat julle graag wil, maar stel ook vas wat julle swakker eienskappe is wat julle sal verhoed om te bereik wat julle graag wil. Stel dan aksies in plek om hierdie swak areas aan te spreek. 4. Evalueer gereeld. Gaan omtrent een keer

‘n kwartaal weg en praat dan oor wat julle in hierdie kwartaal bereik het en maak seker of julle nog op die regte pad is vir wat julle graag wil bereik en maak dan koersaanpassings soos nodig. Deur net hierdie eenvoudige stappe te neem en tyd eenkant te sit, sal jou verhouding ewe skielik prioriteit raak en sal julle fokus begin skuif na die groter doel van julle verhouding eerder as net die instandhouding van die verhouding. As julle kinders hierdie uitkyk en verstaan van die huwelik by julle sien, sal dit hulle beïnvloed om dieselfde te doen, aangesien hulle direk en op ‘n positiewe wyse geraak sal word

in die besluite en erfenis wat julle wil los. Daar is een geskenk wat jy kry as jy dit doen en dit is die geskenk van “Nee”. Jy kan nou vir mense “Nee” sê, want jy sal nou weet of dit wat hulle van julle as ‘n paartjie vra deel vorm van die prentjie wat julle as ‘n paartjie het. Jy sal instinktief weet wat die prentjie sal uitbou en wat nie. Om dan te kies vir dit wat julle sal terughou, sal net vermorsing van tyd en energie wees. Kom dus op die plek waar julle bewus is van julle doel en dit begin uitleef. Hierdie erfenis is die beste een wat jy vir jou nageslag sal nalaat en die kanse van ‘n tweede dood verskraal.

Luister na Kobus en Linda Pauw van Connection Impact elke Vrydag vanaf 7:40 op Kaapse Kansel. Jou daaglikse reisgenoot op 729AM.


NUUS • NEWS

9

15 Oktober 2014

4x4: Entoesiaste het Saterdag op Porterville saamgekom om die hellings en duine uit te Mark:

Die Swarland Country Market is vanjaar weer suksesvol by Kirstenbosch gehou, waar plaaslike produkte eie aan die Swartland verkoop is. Bo is Anchen Ludick van die Malmesbury Toerisme besig om die streek te bemark. Links stel Susan Pieterse van die Swartland Wynkelder produkte aan voornemende kopers bekend.

Ramkat van ‘n veiling

LINKS: Afslaer Appie Maritz besig om 'n skaap op te veil. BO: Du Toit en Jannie Dürr diep in gedagte, terwyl 'n skaap onder die hamer kom. Die onlangse veiling van die Basson-broers van Malmesbury, Hoffie en Lammie, was 'n groot sukses en die twee is in hul noppies met die opbrengs. Dit was die 28ste jaarlikse produksieveiling van die broers. Lammie Basson, van Karringmelksfontein, het 30AA- en A-ramme op die veiling gehad. Die ander 58 AA- en A-ramme en ook 174 jong ooie is van Hoffie se Kliprugplaas. Die gemiddelde prys per ram vir Hoffie was R10 758 en Lammie se gemiddeld was R8316. Lammie se hoogste prys behaal, was R18 000 Hoffie se drie top-ramme het onderskeidelik R50 000, R 43 000 en R36 000. Mense het asem opgehou terwyl die afslaer die aanbiedings bly aframmel het. “Dit is sy beste veiling ooit,” was van die fluisteringe in die gehoor. Die dag van die jaarlikse Dohne Merino-veiling op die plaas Kliprug het aangebreek met on-

weerswolke koud en donker oor die Swartland. Teen die middag was dit ‘n heerlike koel en bewolkte dag: ideaal vir mens en dier. In die skuur waar die veiling aangebied is, is daar eers heerlik gesmul. En toe dit waarvoor almal gewag het. Die paviljoentjie is volgepak, met ‘n paar mense by die tafels in die buitekring. ‘n Rustelose Hoffie Basson het tussen die mense beweeg, ‘n woord hier en daar gewissel en ‘n oog oor die diere gehou. Eerste aan die beurt was die stoetramme: die room van die Swartland. Hulle het rusteloos in die drukgang gewag, angstig om in die klein arena te gaan pronk. Sonder blêr en met ‘n paar arrogante kopswaaie het hulle een vir een vorentoe gekom en met die val van die hamer ‘n nuwe eienaar gekry. Swaaistap verlaat hulle die arena: voor wink ‘n harem ooie en ‘n nageslag Dohne Merino’s.

toets in 'n fondsinsameling vir Paarl Skool. Daar is vasgesit, geswem, gemik, gepoog, gedink en kopgekrap oor van die "uitdagings".


10

Besonderse bydrae Op 7 November 2014 gaan die Malmesbury Sakekamer, buiten die bekendmaking van die wenners in die onderskeie kategorieë vir beste diensverskaffer van die jaar, ook 'n spesiale toekenning maak. Die toekenning sal bekend staan as die "Besonderse bydrae tot die Malmesbury gemeenskap". Indien u voel dat daar 'n persoon van Malmesbury is wat hierdie jaar 'n besonderse bydrae tot ons dorp gelewer het, wil ons graag hê u moet dit aan ons noem, tesame met n kort beskrywing van waarom u so voel. Nominasies sluit op Maandag 27 Oktober en ons sal graag van die gemeenskap wil hoor. Ons vra van alle inwoners van Malmesbury om ons webtuiste te besoek en om nominasies te maak vir wie hulle dink die eerste ontvanger van hierdie toekenning moet wees. Die skakel hiervoor sal onder "Diensnominasie" verskyn. Terselfdertyd kan u deel neem aan die jaarlikse stemming. Die webtuiste is www.sakekamer. co.za en volg die Diensstemming skakel om jou keuse te maak.

NUUS • NEWS

15 Oktober 2014

Finaliste vir Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie

Die finaliste in die Malmesbury Sakekamer Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie is: Groot Besighede: JB's Nissan, Kaap Agri Agrimark, Pick 'n Pay Malmesbury, RSAM Makelaars, Sabino Canyon Spur. Medium Besighede: Build It, Geard Apteek, HR Ingenieurswerke, Maracor, SupaQuick Malmesbury. Klein Besighede: dié courant, Jack's Paint & Hardware Malmesbury, Klein Paradys Nasorg, Swartland Apteek, Van Zyl en Vennote. Die stembus is nou oop en sluit Sondagaand 26 Oktober om 24:00. Besoek www.sakekamer. co.za en laat jou stem tel. • Agrimark: Agrimark Malmesbury bied vir die klant ‘n groot verskeidenheid produkte teen baie goeie pryse. “Ons vriendelike personeel is almal goed opgelei met goeie produkkennis en die wil om die klant van diens te wees. Die Agrimark-winkel op Malmesbury is ‘n mooi, netjiese inkopie-omgewing met goeie klimaatbeheer en ‘n baie veilige parkeerarea. • Build it: Build it Malmesbury bied alle boumateriaal en hardeware onder een dak. Hulle bied ook ander dienste aan, naamlik gasverkope, planontledings, aflewerings, asook boulenings. In die bouhandel groei die Build it-groep tans die vinnigste in Suid Afrika en is hulle ook met

meer as hul 300 takke landswyd die tweede grootste verskaffer in Suid-Afrika. Build it bied bekende handelsmerkprodukte soos Plascon, PPC ens. Maar wat hulle uniek maak, is hul groot reeks van hul eie “housebrand”-produkte, onder meer verwe, gereedskap, sanitêre produkte, sement ensovoorts, teen laer pryse en goeie waarde vir geld. Die Build it sement (PPC/IDM) is ook tans die beste verkoper van alle sement-handelsmerke in Suid-Afrika. Malmesbury Build it streef voortdurend daarna om sy klante tevrede te hou met vinnige en vriendelike diens. • dié courant: dié courant is 'n unieke gemeenskapskoerant, diep gewortel in die grond van die Swartland, met 'n passie vir dié gemeenskap en sy mense. Hier is jy nie net 'n nommer of adverteerder of leser nie, maar iemand wat saak maak, wat 'n mening het en wat gerespekteer word daarvoor. In dié kantore sal jy altyd 'n vriendelike gesig sien. Iemand wat werklik omgee vir jou en jou behoefte. Vir die bydrae wat jy kan lewer om die gemeenskap te help bou. Hierdie produk is enig in sy soort met sy beleid van slegs goeie nuus. Die deurwinterde joernaliste moet dikwels hul nuusinstink opsy skuif om juis hierdie koerant met 'n verskil uit te gee. Steeds bly hulle getrou aan dié beleid en visie om saam met die gemeenskap te bou met goeie nuus en só 'n positiewe verskil te maak.


NUUS • NEWS

11

15 Oktober 2014

Malmesbury Pick 'n Pay is in die 2013-kompetisie aangewys as die wenner in die groot besighede-afdeling. Hier is die span in ligte luim.

• PnP: PNP Malmesbury, onder leiding van Wessel Badenhorst, en David en Nelia Kirsch, is geleë in die De Bron-sentrum, Voortrekkerweg 55, Malmesbury. Die supermark bedien klante sewe dae per week van 07:00 tot 20:00, die drankwinkel van Maandae tot Saterdae binne wetlike handelsure. Kontak ons op 022 482 4728 of gaan "like" ons blad op Facebook. “Ons span bedien die gemeenskap van Malmesbury nou byna drie jaar en is werklik dankbaar vir die ondersteuning en wonderlike verhoudinge wat ons gebou het met ons plaaslike skole en verenigings.” • RSA Agri Makelaars: Phillip Faure van RSA Makelaars sê: Dit is vir ons ‘n baie groot riem onder die hart dat ons kliënte vanjaar weer eens die moeite gedoen het om ons te nomineer. Dit is nou die vierde jaar op ‘n ry dat RSA Agri Makelaars die enigste makelary is wat genomineer word. Ons is bevoorreg om baie lojale kliënte te hê: van hulle is al etlike geslagte ons kliënte. Verder is ons ook bevoorreg om ‘n personeelkorps te hê wat die begrip `kliëntediens’ lééf. As makelary wat fokus op die bemarking van korttermynversekering, is ons baie deeglik daarvan bewus dat al wat ons van ons mededingers kan onderskei, die gehalte van ons diens is. Daarom vorm dit die fondament van ons onderneming se sukses. Dit word ook onderskryf deur ons geskiedenis met die afhandeling van eise. Sedert Januarie 2010 het RSAM reeds meer as 33 000 eise hanteer en hiervan was minder as 2% geweier! In die eerste agt maande van die huidige boekjaar is daar reeds meer as R60 miljoen se

eise uitbetaal aan RSAM se kliënte! Ons streef dus daarna om die gemoedsrus van ons kliënte te verseker. • Supa Quick : Supa Quick is geleë in Voortrekkerstraat 86, Malmesbury. Ons vriendelike personeel is ses dae per week tot u beskikking. Besoek ons Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 en Saterdae 08:00 tot .11:00. Ons lewer ook ‘n na-ure diens vir ons kommersiële klante. Ons lewer die volgende dienste in-winkel: wielsporing, skokbrekers, uitlaatstelsels, onderstelwerk, `cv joints’ ensovoorts. • Van Zyl en Vennote: Van Zyl en Vennote is ‘n gevestigde rekenmeesterspraktyk in die hartjie van die Swartland. Ons missie is om aan elkeen van ons kliënte suksesvolle, kommervrye finansiële dienste te lewer. Met ons vriendelike, stiptelike en entoesiatiese personeel streef ons daarna om ons kliënte welkom te laat voel in ‘n baie professionele omgewing. Vertroulikheid en prioriteit is vir ons van kardinale belang. Met indiepte kennis bewerkstellig ons ‘n betekenisvolle uitkoms. As professionele rekenmeesters, spesialiseer ons in die volgende: BTW 101 / LBS opgawes en registrasies; EMP 201 opgawes en registrasies; EMP 501 rekonsiliasies; finansiële state vir alle entiteite; maandelikse rekeningkundige dienste; Pastel-installasies en opleiding; jaarlikse inkomstebelasting opgawes. Graag bedank ons al ons lojale kliënte vir al die jare se ondersteuning. Sonder julle was Van Zyl en Vennote se sukses nie moontlik nie.


NUUS • NEWS

12

15 Oktober 2014

Tjorre knor in pienk Swartland Oval Karting se knortjorre ry weer Vrydagaand om 19:00 by die Malmesburry Skouterrein. Die voorsitter se vrou (self 'n oorwinnaar van borskanker) het dit goed gedink om dit n ietwat van n tema-aand te maak – knortjorre met n tikkie pienk ter ondersteuning van Oktober as Borskankermaand. Gaan geniet die aand van pret en aksie en onthou die tikkie pienk, trek n ietsie pienk aan, spuit jou hare pienk, verf jou karretjie se wiele pienk en meer. Hekgeld beloop R20 (kinders onder 12 jaar R10) en die res R20. Daar sal ook 'n blikkie by die hek wees vir donasies aan Kansa en Borskanker. Dié geld sal volgende week aan Kansa oorhandig word. Die jaers en hulle karretjies moet al van 18:00 daar wees, so almal is welkom om ook vroeër te kom, die karretjies te bekyk en foto's te neem.

Krieket: Die o.13-krieketspan van die Laerskool Riebeek-Kasteel het

Tennis:

die afgelope vakansie 'n kriekettoer na Swellendam onderneem en vier van Die volgende leerders van Laerskool Riebeek-Kasteel is in Weshulle ses wedstryde gewen. Keathan Kayster het twee 50-talle geslaan en Boland tennisspanne opgeneem: Renet Pelser, Liezel van der Merwe, Sharle Tiaan Serdyn (afwesig op foto) het 'n driekuns behaal. Hanekom, Maretha Brink, Dalene Koegelenberg en Timothy Daniels

Pryse: Dié leerders van die Wesbank Sekondêr op Malmesbury is op dié skool se sportgala vereer vir hul prestasies deur die jaar. Hulle is Maricko Ohkhuis, Kirsten Conrad, Lingisi Nelani, Jandre Baronie en Jo-Aan Maarman.

Rugby:

Gimnastiek:

Marné van Schalkwyk het 9-11 Oktober aan die S.A Kampioenskappe vir Agrogimnastiek deelgeneem. Sy ontvang 'n Goue medalje vir Akro level 8 en Agro stages. Marné ontvang ook 'n silwer medalje vir Agro level 7.

William de Bruin (regs) van Laerskool Riebeek-Kasteel het die vakansie die Boland o.12A-rugbyspan aan 'n provinsiale toernooi verteenwoordig. Hy het in die finaal teen WP die Boland se drie gedruk in hulle nederlaag van 7-12.

Ster: Jessica Vorster (links) van Laerskool

Dirkie op Moorreesburg het 'n trofee ontvang by die Wes-Boland Eisteddfod vir Onvoorbereide Lees vir graad 4.

Boland:

Declan Braaf van die Laerskool Riebeek-Kasteel het die afgelope vakansie vir die Boland o.12Bkrieketspan aan 'n provinsiale toernooi deelgeneem.

Trofee: Louwrens Smit van Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg het 'n trofee ontvang by die Wes-Boland Eisteddfod vir Elektriese Kitaar graad 7.

LDU:

Hierdie leerders van die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is in die Wes-Boland tennisspan opgeneem.

Help met kos op Wêreld dag van voedsel

Môre, 16 Oktober, is Wêreldvoedseldag en die ACVV-dienssentrum op Malmesbury wil baie graag op daardie dag aan behoeftiges 'n kospakkie gee. Hiervoor het hulle die hulp van die gemeenskap nodig. Hulle het almal, besighede en die gemeenskap gevra om 'n poging aan te wend om 'n bydrae te maak. Die beste sal wees om onbederfbare kos te skenk. Riana Smit, die dienssentrum-organiseerder, sê 'n groot behoefte is ontbytpap, suiker, tee en

koffie en toiletware. "Nogtans is enigiets welkom. Geldelike bydraes sal gebruik word om vars voedsel aan te koop en uit te deel. "Wanneer ons versadig is, is dit moeilik om te dink aan hongersnood. "Tog is dit hier op ons voorstoep. Kom ons maak bietjie ons harte en ons beursies oop. "Die dienssentrum en Aandskemering-tehuis werk saam aan hierdie projek en ons is almal opgewonde om hiermee 'n verandering in die lewens van mense te maak." Alle bydraes kan na die ACVV-kantoor, Piet Retiefstraat 21 op Malmesbury geneem word.


NUUS • NEWS

13

15 Oktober 2014

Dagboek • Calender

Moorreesburg Gemeenskapspolisiëringsforum 16 Oktober - GPF vergader om 19:00 in die Rosenhofgemeenskapsaal. Die forum wil inligting deurgee oor projekte en die polisie sal ‘n oorsig oor misdaad gee. Vir navrae kontak die GPF-voorsitter, pastoor Peter Ge-swind (071 054 9508), of die ondervoorsitter, ds Lysander Prins (084 245 0623). Prysuitdeling 16 Oktober - Hoërskool Swartland hou sy jaarlikse prysuitdeling om 19:00 in die Malmesbury stadsaal. Gratis selfverdediging op Piketberg 18 Oktober - ‘n Gratis werkwinkel in selfverdediging vir vroue 15 jaar en ouer word deur Shoprite op Piketberg aangebied. Die Piketberg werkswinkel vind plaas in die Allan Boesak Gemeenskapsaalin Zebrastraat van 13:00 tot 16:00 met registrasie om 12:30. Registrasievorms is beskikbaar by die Piketberg Shoprite asook Piketberg SAPD, waar inskrywings ook ingedien kan word. Toegang is beperk tot 100 vrouens. Navrae: 021 461 0036 daagliks na 14:00 of kontak margaret@selfdefence. co.za. Rockie Kultuurfees 20-22 Oktober - Swartland Hoër bied dië fees in die skoolsaal aan, met drama, sang, dans ens. Begin om 18:00. Kaartjies teen R20 by die skool. Sinethemba AGM 21 October – The Annual General Meeting starts at 14:00 at the Alpha Outreach Centre, 4 Roos Street, Wesbank Contact Fazlin Herrings, 022 486 6323, or sinethembamal@telkomsa.net. GPF Riebeekvallei 23 Oktober - Gemeenskapspolisiëringsforum hou jaarvergadering om 19:00 in die POP-sentrum, Riebeek-Wes. Never Despair Bekeruitdeling 24 Oktober - Dié rugbyklub hou sy prysuitdeling en afsluiting om 19:00 in die Wesbank-gemeenskapsaal. Die orkes is All Sounds en kaartjies is R70 per persoon. Skakel Monray January by 078 619 8164. Bootsale / Markdag 25 Oktober - By Koringbedryfmuseum, Moorreesburg, van 08:00 tot 12:00. Stalletjies kos R30. Hermien: 022 433 1072. Swartland Soirée 25 October - A cosy evening of sumptous snacks and light classical piano by The Wineland's Pianist, Stephen Courins, from 18:30 to 19:00 at Du Toit Swartdam, Riebeek-Kasteel. Entrace fee: R120. Book at winelands.pianist@gmail.com.

Piketberg (10:00 - 14:00); op 25 November in die Moorreesburg stadsaal, van 14:00 tot 18:30; op 27 November in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00). PHS pretloop, fietsry en stap 1 November - Org de Rac: stap, loop, ry fiets. Skryf in by Piketberg Hoërskool en Boland Superspar en op die dag. Kontak Phillip, 022 942 1810 of Hendrien, 072 676 8803. Aandskemering Opedagbasaar 1 November - Dié tehuis vir bejaardes op Malmesbury hou hul opedagbasaar vanaf 09:00. Kontak 022 482 1466. Konsert met Jak de Prieser 5 November - Laerskool Dirkie Uys hou konsert saam met Jak de Priester net op 5 November Plek: LDU-skoolsaal. Koste: R80 en R60, kaartjies beskikbaar by LDU ontvangs. Swartland Revolution 7-8 November - A broad range of high-end wine visitors will be coming to the Valley for the weekend. Contact: Ann on 082 909-1116 or Darielle on 084 207-3820. Swartland Independent Street Party 8 November - The closing party for the 2014 Swartland Revolution is an open event. Revolution by tasting (and buying) wines from 18 Swartland Independent members. Winemakers with a like-minded approach to working with varietals as well as farming and winemaking techniques, that give a true sense of place and expression of the character of the Swartland. Contact Andrea & Chris Mullineux, 022 448 1183. Swartland Chening Blanc Celebration 15 November - Join the Santam Swartland Wine & Olive Route for a scrumptious summer picnic at Welgemeend in Cape Town. Sample and celebrate Chenin Blanc wines from the Swartland region. Tutored wine and olive tastings. Relax in the beautiful gardens of Welgemeend, whilst listing to the soothing sounds of roaming unplugged musicians. For more, contact Jolene Janse van Rensburg, 022 487 1133. Bergklim en oorslaap 21 November – Die AGS Corpus Christi Malmesbury beplan om weer op Kasteelberg te gaan slaap in die boonste grot naby die Bothmanskloofpas. Vertrektyd is om 17:30 van die kerk in Baroccastr 19. Kontak pastoor Piet Smit by 073 447 2902 Movie night 28 November - Darling Museum function: Movie Night with Ross Devenish. More info at 022 492 3361 or info@ darlingtourism.co.za.

Sosiale misdaadvergadering 28 Oktober - Maandelikse vergadering om 18:30 by Huis van Heerde 18:30. Help misdaad bekamp en maatskaplike probleme aan te spreek en oplossings te vind.

Bootsale/Markdag 29 November - By Koringbedryfmuseum, Moorreesburg, van 08:00 tot 12:00. Stalletjies kos R30. Hermien: 022 433 1072.

Bloedklinieke 30 Oktober - Die WP Bloedoortappingsdiens hou ‘n kliniek in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00).

Riebeek Valley Cook-Off Riebeek Cellars 29 November - Local restaurants team up with wineries and compete for the prize. Visitors get to taste it all and enjoy live music and the festive atmosphere. Contact Alta Saaiman on 022 448 1213 for more information.

Octoberfest 31 October - Darling Museum function: Octoberfest. Tel: 022 492 3361. Bloedklinieke November - Die WP Bloedoortappingsdiens hou verskeie klinieke in die Swartland. Op 11 November in die saal van Darling Laerskool (16:00 - 19:00) en in die Riebeek-Wes stadsaal (17:00 - 19:00); op 21 November by die NG Kerk

Potjiekos 3 Desember - Moorreesburg Potjie met ‘n Twis, Langstraatpark. Tel: 022 433 2274. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 19 Oktober - AGS Corpus Christi Malmesbury hou om 09:30 ‘n spesiale huweliksdiens en om 18:30 is daar 'n gesinsdiens. Navrae: 073 447 2902. VGK Sangdiens 19 Oktober - VGK Moorreesburg hou 'n sangdiens om 09:00 met André Theron. CD's teen R60 sal te koop wees. PPK Bethesda Malmesbury 19 Oktober -Br Jacques Josias lei die diens om 10:00 en past Kobus du Plessis om 18:30. Navrae by 083 722 7787. PPK Porterville 19 Oktober - Pastoor Kobus du Plessis kei die diens om 10:00. Skakel hom by 083 722 7787. Dynamic Love Fellowship Dienste elke Sondag om 17:30 diens Mount Royal, Malmesbury se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae van 08:00 – 14:00).

Takke steeds onoorwonne

Malmesbury House of Prayer Sunday worship service: 10:00; Bible study: Tueasday 19:00 (Hebrews); Thursday 10:00 (Genesis). Prayer meeting: Wednesday 10:00; home cells: Wednesday 19:00. Enquiries: pastor Joshua Metemeri, 084 471 7914.

AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). Gebedsbyeenkoms vir mans ‘n Uur van gebed elke Saterdag om 06:00 by die AGS-kerk in Wesbank. Navrae kan gerig word aan pastoor David Davids, 076 686 6002. Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service; 08:30 Sunday school; 19:00 Tuesday prayer meeting at church; 19:00 Wednesday Bible Study - Wesbank, 022 486 6087; 19:30 Wednesday Bible Study - Malmesbury, 082 890 5433. Hall to rent. Contact Rev John Beck at 022 482 3623.

Hokkie: Agter is Wayne Phillips, Johan Nel, Tiaan Nell. Middel: Tienie Bester, De Wet Britz, Ernst van Zyl, Willy-John Kriel. Voor: Ryan Bodenstein en Keenan Hendricks. ,Die o.19B-seunshokkiespan van die Hoërskool Swartland (die Takke) het hul prestasie van die 2013-seisoen herhaal toe hulle die 2014-seisoen weer onoorwonne in hul liga afgesluit het. In 2013 was dit die kaptein, Adriaan Labuschange, en sy aanvallers wat die botoon gevoer het met 29 doele in agt wedstryde, waarvan hulle ses gewen het, terwyl agt doele afgestaan is. ln 2014 het die kaptein, Ernst van Zyl, en Ryan Bodenstein as ervare voltydse verdedigers en die briljante doelwagter, Tienie Bester, `n reusebydrae gelewer tot hul span se sukses deurdat hul in sewe wedstryde slegs een doel afgestaan het, terwyl 12 doele aangeteken is. Hul wen vanjaar ses van hul sewe wedstryde en speel slegs gelykop teen Hugenote op Wel-

lington. Die enigste doel wat hul afgestaan het, was in `n weg-wedstryd teen Worcester Gimnasium toe twee van hul spelers in daardie stadium deur die skeidsregter met kaarte van die veld gestuur is. Die Takke het hierdie jaar bestaan uit `n paar ervare ou Takke wat in die tweede kwartaal van 2012 laas `n amptelike hokkiewedstryd en in 2011 laas `n interskole-wedstryd verloor het, met `n lekker groep entoesiastiese jong Takkies met dieselfde veggees en spangees wat hierdie jaar by hul aangesluit het. Mag die afrigters, Wayne Phillips en Tiaan Steyn en die Takke van 2015 voortbou hierop en alles in hul vermoë doen om hierdie noemenswaardige rekord vir solank as moontlik in stand te hou. - Marius van Zyl

Sportdatums vir dagboek Remember the date • 24 Oktober: Bergrivier Munisipaliteit Gholfdag, Porterville. Navrae: 022 931 2100. • 25 October: Jo Dolphin Golf Day, Malmesbury – 4BBB. Book your tee-off time with Tony, 022 487 1288 before 24 October. • 1 November: NG Kerk Swartland-Noord gholfdag, Malmesbury.Navrae: 022 482 1407. • 6 November: Swartland Hoërskool gholfdag. Mense wat wil inskryf, sal moet spring, daar is nog net ‘n paar plekke beskikbaar. • 8 November: The Warriors for Christ Club in Moorreesburg is hosting a kickboxing tournament at the Gene Louw sports field. There will be a few karate demonstrations too. The West Coast Kickboxing Association, where the club is affiliated, will be supporting them. All West Coast kickboxing clubs will be there along with other clubs from Cape Town. Fighters may enter up until 31 October. Anyone wanting tickets or more information, can contact Louzane at 060 828 3042 or Samantha on 081 014 4661. Spectators will pay R20 for

entry and fighters R50. Weigh in is at 08:00, with the event starting at 09:00. • 8 November: Malmesbury Jubelbeker gholfdag (NG Moeder-gemeente teen NGNoord-gemeente). Navrae: 022 482 1407. • 29 November: Darling Museum Golf Day. Contact 083 655 4237. • 3 December: Swartland Senior Classic & Super Sundowner. • 4 December: Swartland Ladies Classic (Individual Stableford). • 5/6 December: Swartland Classic (Stableford Alliance). Swartland Junior Classic (18 holes Ind. Stableford). • 26 December: Boxing Day Cricket Tournament. A Riebeek Valley tradition when the two villages compete on the cricket field the day after Christmas. A fun event for old and young and spectators most welcome. Contact David Wickham: 082 898 9663 or david@steelband.co.za.


14

Gholf: Die jaarlikse Tiger Classic-gholftoernooi van Hoërskool Dirkie Uys, wat geborg is

deur Moorreesburg Spar, het Saterdag op Moorreesburg plaasgevind. Hier is 'n paar van die spelers: Jannie Durr, Nico Bester, Coenraad van Graan en Niclause Lategan.

NUUS • NEWS DIENSTE • SERVICES 15 Oktober 2014


GEKLASSIFISEERD • SMALLS NUUS • NEWS

15

15 Oktober 2014

LENINGS – vinnige uitbetalings. GESWARTLYS WELKOM 061 460 6669 / 021 910 4743.

Dienste Services

#2015

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S in Malmesbury-area. Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843. www.fvwykdiesel. co.za #2000

--------------------------AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed en linne. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.

#2001

--------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977.

#2005

--------------------------EK BIED TANS privaat tikwerk, asook proeflees, Engels & Afrikaans aan. Enige dokumente, bv cv’s, verslae, notules, ens. Vir meer inligting kontak Elize 082 703 7630.

#2040

--------------------------F.N.C: Skoonmaak van matte asook sitkamerstelle @ R170.00 p/kamer. Kontak Neil 060 448 8802.

#2039

-------------------------JUST 4 FUN BALLOONS(Malmesbury) Helium Balloons & Balloon Decor. Kontak Anemie by 082 565 3722.

#2013

--------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent­ heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485. www. melieta’skitchen.co.za

#2006

--------------------------NEW FREEZE- Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, huishoudelike apparate, motor lugreëling, koelkamers en ysmakers. Verkoop ook 2de handse yskaste. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831/Sel: 082 573 1589/faks: 086 503 5827. Epos: mynhardv@vodamail. co.za

#2007

--------------------------SKULD KONSOLIDASIE- ons reel een bekostigbare paaiement. KONTANT

Regsdienste REGSDIENSTE BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006. #2011

Te Huur To Let HUISE TE HUUR Baie netjiese eenslaapkamer woonstel in veilige omgewing (Malmesbury) vanaf 1 Desember @ R2500.00 pm + dep.

Kontak 082 801 6992. #2038

--------------------------GERIEFLIKE RUIM 3 slaapkamer woonstel, sitkamer, nuut oorgedoende kombuis, 1 - 1/2 badkamer, ingeboude kaste, onderdak parkering met tuin Badenhof. Beskikbaar 1 Junie @ R4000 pm + dep. Kontak 022 482 1104 en maak afspraak met Melanie vir besigtiging. --------------------------TITUS EIENDOMMEWesbank. 1 Slaapkamer woonstel in goeie area. Onmiddelik beskikbaar R2000 pm. Krag ingesluit. Kontak 082 780 1380. 2020

Eiendomme Te Koop

HUISE TE KOOP Titus eiendomme-

Wesbank @ R730 000. 4 slpk, 3 badk, sit/eet/ kombuis, tv kamer, dubbel garage, netjies omhein met groot agterplaas. Kontak 082 780 1380. #2032

Memoruim

---------------------------

17 Oktober was ‘n hartseer dag vir ons hele familie en ‘n jaar later is die vermisting steeds groot. Niemand sal ooit jou plek in ons harte kan vul nie en ons mis daai glimlag. Nita & Familie. #2043

Gelukwensing ARENDSE CLARENCIAVandag is jy een jaar veilig in die hemel. Ons mis en verlang jou vreeslik baie. Jy sal altyd in ons harte bly. Baie liefde: Pa, broer, suster,Alexander, Danica asook familie.

Gesoek / Wanted

AANDAG alle jagters!! Klaar gejag met vrieskaste vol onverwerkte vleis? Kontak my-ek maak vir jou pasteie en geregte! Saneen Human-082 825 0421. #2041

--------------------------DADELIK KONTANT vir u bakkie of motor. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. (Nie-lopende bakkies & motors welkom).

#2037

--------------------------GESONDE groenvye gesoek. Kontak 022 482 2479.

#2046

Bedankings

#2045

Raai wie word 21 op 15/10/2014!! André, baie geluk met jou groot dag. Mag daar nog baie jare van geluk en vreugde vir jou voorle. Dankie vir elke dag se glimlag. Van: Kanarie 51 #2042

Vermaak & Ontspanning VERMAAK/ ONTSPANNING KOM RY PERD: Plesierritte daagliks 09h30-10h30 en 16h00-17h00 vir persone wat gemaklik is in die saal. Vanaf volgende kwartaal neem ons beginners ook. Skakel 083 700 9494. (Vergenoeg partytjies) #2035

Graag wil ons net vir Donita Andrews baie dankie se vir al haar hulp en bystand gedurende die traumatiese ondervinding wat ons suster beleef het gedurende die ongeluk waarin sy betrokke was. Van: Nita & Familie. #2044

Betrekkings Vacancies

Pos: Winkelassistent by PNA Malmesbury Persone met kleinhandel en groothandel-ondervinding sal voorkeur geniet. Persone woonagtig in Malmesbury omgewing sal voorkeur geniet. Goeie kommunikasievermoë. Moet in ‘n span kan saamwerk. Sluitingsdatum: 22 Oktober 2014 Kontak 022 482 3535. Handig CV in by PNA Malmesbury met afskrif van IDdokument. Indien u nie binne 7 dae na sluitingsdatum van ons hoor nie was u aansoek tans onsuksesvol.


courant

NUUS • NEWS

15 Oktober 2014

SPORT

dié

16

tel 022 487 3221

15 Oktober 2014

Denver Liebenberg, Fias Moosa en Werner Grundmann van die Bloues Rugbyklub in aksie Saterdag. Markum Larey het in die 70ste minuut 'n skepskop van die halflyn af oorgesit – daar sal nog lank gepraat word oor daai skop.

Sportuitslae - Sports results

Inlas: Richard Klaasen van Die Dorings met die bal.

Wedvlugduiwe

Gholf Malmesbury MGC Prize Golf: Beterbal Stableford Johann Ackerman & Adriaan Louw 48;Marcelle Prinsloo & Frans Destroo 46;Wayne van Tonder & Donato Stelluto 46;Marcelle Prinsloo & Paul Prinsloo 45;Abrie Conradie & Jaques Roux 45;Andre Schillig & Lawrence Barlow 45;Patrick Williams & K Swart 39.

Malmesbury Bloemhof uitslag: J Steenkamp 1377.0893; E Kotze 1373.8295; E Kotze 1373.4882; E Kotze 1324.6560; F Meintjes & Seuns 1313.7982; G Horn 1296.6338; G Horn 1295.7832; F Meintjes & Seuns 1293.3566; E Kotze 1292.9668; F Meintjes & Seuns 1290.6689. Modderrivier uitslag: E Kotze 1554.3547; J Steenkamp 1541.9235; J Steenkamp 1541.8703; E Kotze 1477.4955; E Kotze 1455.3528; G Horn 1453.1993; F Meintjes & Seuns 1414.8112; F Meintjes & Seuns 1412.3948; E Kotze 1404.4709; E Kotze 1400.4640.

Bloues, Abbotsdale wenners in Top-16 Drie Swartland rugbyspanne het Saterdag hulle wedstryde in die uitklopfases van hul onderskeie ligas van Boland Rugby gewen. In die kwarteindronde van die Superliga wen Abbotsdale oortuigend met 39-29 teen Hamlet. Op Moorreesburg het Malmesbury Bloues

kookwaterrugby gespeel om 39-11 teen Zebras te seëvier in die Top 16 van die Eersteliga. Riebeeck United vaar ook uitstekend met 34-9 teen Die Dorings. Hierdie Saterdag speel al drie spanne op Worcester.

Op Bolandpark speel Abbotsdale om 16:00 in die Superliga halfeindronde teen Ashton United. In die kwarteindronde van die Eersteliga pak Riebeeck United en McGregor mekaar om 12 :00 en om 16 :00 is Malmesbury teen Westlyans. Dié wedstryde word op Esselenpark gespeel.

• ENTRIES NOW OPEN VIR SA WINELANDS

Calling all paragliders

Paragliders can now enter for the SA Winelands Paragliding championships taking place at Porterville from Sunday 14 December to Saturday 20 December. The Buitepos club is the organiser of the event and there will be five take-off sites. Pampoenfontein is the most commonly used take-off in Porterville. It is the safer take-off in anything south of west. The other four are Groenberg, Koringberg, Piketberg and Dasklip. Times for the daily schedule are approximate and will vary depending on the weather and the selected take-off site for the day. The daily schedule starts at 08:30 with the

site selection; 09:30 - Transport leaves for takeoff; 11:30 - Task briefing; 12:00 - Window opens; 12:30 - Race starts; 17:00 - Land by time; 20:00: Scoring closes Included in the registration fee are transportation to take-off, recovery, map with way points, give-away, live tracking, paramedics and function/party. There are three to five pilots per team. A class is validated once three teams have entered that class, a teams' day score is the sum of the highest three individual member scores and a teams' overall score is the sum of the highest four day team scores. Registration is on 13 December from 16:00 to

19:00 and on 14 December from 08:00 to 09:00 at the Flyers Lodge. Pilot requirements: valid FAI Sporting License, valid SAHPA License. Foreign pilots can obtain a temporary license at registration which includes third party insurance and medical insurance. • The Kaapse Buitepos club serves paragliding pilots outside of Cape Town in the Western Cape. The aim of the club is to secure, maintain and develop sites for paragliding outside of Cape Town, to promote paragliding as a sport as well as to support the local towns linked to Buitepos sites.

Moorreesburg Modderrivier Ope Fed: HMO Smit & Seun 1461.1865; HMO Smit & Seun 1434.6700; HMO Smit & Seun 1423.8300; Frans Jooste 1418.7385; HMO Smit & Seun 1414.4327; HMO Smit & Seun 1414.3869; HMO Smit & Seun 1413.8380; Frans Jooste 1397.5518; Frans Jooste 1378.9872; Yt & Tuis 1370.7167; Frans Jooste 1358.1181; Yt & Tuis 1357.3724; Yt & Tuis 1357.3724; Frans Jooste 1340.1276; HMO Smit & Seun 1322.6448. Bloemhof Ouduif Fed: Frikkie Bester 1326.4139; HMO Smit & Seun 1310.826; Frans Jooste 950.6034; Frikkie Bester 947.1111; HMO Smit & Seun 922.4431; Yt & Tuis 904.4070; Frikkie Bester 875.6990; HMO Smit & Seun 859.8900; Frans Jooste 820.0980; Yt & Tuis 808.3422; Frikkie Bester 783.9704; HMO Smit & Seun 767.4929. Overall Log - All Races: (Normal Points Allocation: Member Short Middle Long Total) HMO Smit & Seun 423 263 490 1 1176; Frans Jooste 461 201 290 2 952; Yt & Tuis 261 99 124 3 484; Steenekamp Lofts 228 42 91 4 361; Frikkie Bester 123 45 148 5 316; Boeties Loft 147 73 23 6 243; Hennie Bester & Johan 63 119 23 7 205; K Huister & Seun 107 37 5 8 149; Israel Saunders & Daniel & Jeano 61 (s) 81 (m) 142 ; Coalin Baron 23 (s) 23 ;Damon Hokke 23 (s) 23. Piketberg Modderrivier Ope Fed: Gert van der Vyver 1456.9564; Starbar 1423.7356; Leon van Rooyen 1394.1945; Lankwag Hokke 1387.8147; Leon van Rooyen 1357.1968; Lankwag Hokke 1357.0923; Gert van der Vyver 1316.9622; Leon van Rooyen 1308.7749; Gert van der Vyver 1281.9732;Leon van Rooyen 1238.2364. Bloemhof Ouduif Fed: Gert van der Vyver 1281.4282; Leon van Rooyen 1246.3327; Gert van der Vyver 1245.9961; Gert van der Vyver 1228.2604; Gert van der Vyver 1171.6761; Leon van Rooyen 1143.1717; Leon Van Rooyen 1139.4919;Lankwag Hokke 1088.5347; Lankwag Hokke 941.1263; Gert van der Vyver 896.2243.

uitslae geborg deur


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.