courant swartland en weskus Swartland
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
22 Oktober 2014
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Uitgawe 294
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Riebeek United speel in finaal
LDU het beste speller in die hele land
Matrieks groet skoolbanke
• LERAAR GROET NÁ 34 JAAR OP KANSEL
Drie dekades van genade ds Lemboe
“Wat ‘n wonderlike genade voorreg om aan die einde van jou bediening te staan en te besef God begewe nooit en verlaat ook nie,” só sê ds Michael Lemboe van die VGK Malmesbury, wat ná 34 jaar die tuig gaan neerlê. Ds Lemboe het op Bonnievale groot geword en sy skoolloopbaan by Esselenpark op Worcester voltooi. ‘n Jaar ná matriek het hy teologie gaan studeer aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Malmesbury was sy eerste gemeente en hier het hy en sy gesin die lief en leed van ‘n gemeenskap vir meer as drie dekades gedeel. “Een van ons belangrikste doelwitte waarin ons geslaag het, was om die gemeente tot finansiële selfstandigheid te lei. "Ons het ons dit ook gedurig ten doel gestel dat elke lidmaat ten volle ingestel moet wees om net die beste vir ons gemeente te gee.” Die afstigting van VGK Riverlands is nog ‘n mylpaal wat bereik is. Die gemeente Riverlands saam met Kalbaskraal is op 26 November 1995 gestig. Ds Eugéne Beukes was hier die eerste leraar. Laastens, maar duidelik ook baie belangrik vir ds Lemboe, is die kinders en jongmense: “Dit is die spil waarom alles draai. Die katkisante, die opgewondenheid tydens kampe, die vriendelike gesiggies, die laggies en blink ogies as hulle mekaar soggens groet. "Dit is wat VGK Malmesbury so ‘n besonderse gemeente maak, dit is ‘n geestelike tuiste vir baie.” Ds Lemboe vertel ook entoesiasties oor die oprigting van die Goue Vlokkies-bewaarskool. “Dit is waar elke kind opreg ontvang word, gevoed word, en geestelik versorg word. “Iemand het gevra waar plant ‘n mens die saadjie van liefde om altyd vreugde en geluk te vind? Die Meester se antwoord: Gaan plant dit in die hart van ‘n kind.” Die gemeente, wat op die oomblik 1760 lidmate het, sal op 16 November afskeid neem van die Lemboes. Ds Michael en sy vrou, Franci, gaan hulle in Bellville vestig. “Ons wil net eers vir ‘n rukkie ontspan voor ons besluit oor die pad vorentoe,” het hy aan dié courant gesê.
Ds Michael Lemboe by die klok voor die kerkgebou.
"VGK Malmesbury is besonders"
NUUS • NEWS
22 Oktober 2014
NUUS • NEWS
2
22 Oktober 2014
• KORING LYK GOED, KENNER
Bo-gemiddelde oes vanjaar verwag Makietie:
Die Kokkedoor-wenners, Mynhardt Joubert en Tiaan Langenegger, het Dinsdag hul kookboek, Makietie, in die Paarl bekendgestel. Bo is hulle saam met Hetta Saunderson (M4 Artist Management), Jolanda Jacobs (Group 35 Foods) en Susan Pie-tersen (Swartland Wynkelder). Sien die courant se Facebook-blad vir die kompetisie om 'n eksemplaar van dié boek los te slaan.
Forum:
Die bestuur van die nuwe Wesbank Besigheidsforum. Voor sit Willmorie Jasson (sekretaresse) en Janece Murphy (tesourier). Middel: Jacques Swarts (ondervoorsitter en Geoffrey Coetzee (voorsitter).Agter: Sammy Jasson, Colin Daniëls en John Smith (addisionele lede). Die forum wil sakelui help ontwikkel en sal mandeliks vergader. Navrae kan gerig word aan Coetzee, 082 717 2197.
Die lede van die nuutverkose koringstudiegroep van die Malmesbury Landbouvereniging is agter is Peter Steyn, Kabous Lesch, Michiel Smuts, Hennie Eksteen, Derick Becker en Johan Smuts. Voor sit Charl Hamman, Paul Truter, Dirk Lesch en AJ Louw. Reën vroeg in Mei het gehelp dat die gesaaides baie mooi egalig ontkiem het, het Derek Bekker uittredende voorsitter van die Malmesbury Landbouvereniging se koringstudiegroep by die onlangse jaarvergadering gesê. “September se reënval was ver onder die gemiddeld, maar goeie reën laat in Augustus en koel weer tydens die rypwordingsproses het baie gehelp. Ons sien uit na ‘n bo-gemiddelde oes en glo en vertrou dat ons dit voorspoedig sal kan insamel.’’ Die studiegroep het ‘n bedrywige jaar agter die rug. Hieronder is Graan Suid-Afrika se kongres een van die hoogtepunte. Die "Direk Allokeerbare Koste" vir 2013 het R4823 per ha beloop, ‘n styging van 32% teenoor 2012. Die gemiddelde opbrengs van die studiegroeplede het 3,64 t/ha beloop met ‘n bruto marge van R4650 per ha, ‘n daling van 40% vanaf 2012. Die gemiddelde kanola opbrengs het 1,2 t/ ha beloop. In Junie is ‘n beroep op lede gedoen om onkruiddoders oordeelkundig te gebruik in ‘n
strategie teen die opbou van weerstand. Die oesproses van kanola is in diepte bespreek. Michiel Smuts verduidelik sy resultate met verskeie swamdoders oor die afgelope vier jaar. Hieruit is dit duidelik dat die spuit van swamdoders beslis opbrengs verbeter en twee bespuitings per seisoen nog meer voordelig is. Jaro Geldenhuys van Agri Drainage spreek die groep toe oor die prosedure en voordele van die insit van dreineringspype in versuipkolle. Die toerusting vir die installasie van die pype sal die eerste keer in die Wes-Kaap beskikbaar wees vanaf November. By die proewedag het Louis Coetzee vanjaar se produksiekoste tot op datum bespreek. Bemesting met 38%, meganisasie 24%, chemie 21% en saad met 9% is die grootste komponente van die "Direk Allokeerbare Koste". Die styging daarin is omtrent 16% vanaf 2013 en staan tans op R5600/ha. Oorhoofse koste beloop R1200/ha met ‘n totale koste van R6860. Dit impliseer ‘n gelykbreek van 2,5 t/ha.
LDU spog met beste speller in SA: Bella du Toit van
die Laerskool Dirkie Uys op Moorreesburg is Saterdag aangewys as die beste speller landswyd vir Graad 6 by die Nasionale Spelfees (WOW) wat by die Universiteit van Stellenbosch plaasgevind het. Altesaam 200 000 leerders van 7 provinsies het aanvanklik deelgeneem.
NUUS • NEWS
3
22 Oktober 2014
Santa Shoebox: Dié Kersprojek
se sluitingsdatum kom vinnig nader en die Swartland-streek is die enigste wat nog nie sy 100%-merk behaal het nie. Dié groep leerders van Laerskool Dirkie Uys en Huis van Heerde op Moorreesburg wys hul entoesiasme om te sorg dat kinders van dié projek, 'n Kersgeskenk ontvang en 'n oomblik van geluk ervaar. Hier is Romano Hanekom, Tinah-Lee Owies, Kwathor Rietberg, Johan Vos, Hluma Ntlangini, Marlin Smit en Shiloh Keith. Voor is Shaun Francis, Johan Coetzee, Hazel Jacobs, Caylé Diedericks en AJ High saam met die burgemeester van die WKDM, raadslid Harold Cleophas.
Rabie derde in Cape Pioneer Johann Rabie van Malmesbury het in verlede week se moordende Cape Pioneer Bergfietswedren oor sewe dae die derde plek op die podium verower. Rabie het saam met sy spanmaat, Gawie Combrink, die totale afstand van 574km in 22 uur, 49 minute en 5 sekondes voltooi. Die Bridge Cape Pioneer Trek-wedren het Sondag 12 Oktober by Buffelsdrift begin met 'n proloog oor 15,3 km. Die eerste skof van Oudtshoorn na Calitzdorp het oor 100km gestrek waarna skofte van 85,8km (oor die Swartbergpas na Prins Albert), 107km (deur Meiringspoort na De Rust), 109km (na George), 71km (na Louvain) en 86km terug tot by die eindpunt in Oudtshoorn gevolg het. Die totale klimwerk van dié uitdagende wed-
ren was nie minder nie as 11 958m. Altesaam 250 spanne het die ses skofte aangedurf wat oor twee bergreekse, deur 'n Karoolandskap tot by die tuinroete gestrek het. Nog 'n deurwinterde bergfietsryer van die Swartland, Charl du Plessis, het saam met sy spanmaat, Anthony de Jager, die negende plek ingeneem in die veterane-afdeling met 'n tyd van 29 uur, 15 minute en 49 sekondes. Rabie en Combrink het vir EAI Suid-Afrika gery en hul onderskeie skoftye was 00.38.46; 04.00.32; 04.00.52; 03.54.39; 05.15.44; 02.17.10 en 02.41.22. Du Plessis en de Jager het as die Fairview Vets deelgeneem en hul tye was 00.48.40; 04.46.35; 05.24.42; 05.15.43; 06.55.21; 02.51.59; en 03.12.49.
Die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-stemme word nou aanlyn by www. sakekamer.co.za gedoen. Die stemlyn is beskikbaar tot 26 Oktober. Die finaliste in die Groot Besighede-afdeling is: KaapAgri Agrimark Malmesbury, Sabino Canyon Spur, JB's Nissan, PNP Malmesbury en RSAM Agri Makelaars. In die Medium Besighede-afdeling is die finaliste Build It, Geard Apteek, HR Ingenieurswerke, Maracor en Supa Quick Malmesbury.
In die Klein Besighede-afdeling is dié courant, Jack's Paint & Hardware, Klein Paradys Nasorg, Van Zyl en Vennote en Swartland Apteek. Daar is vanjaar 'n nuutjie op die agenda met die spesiale toekenning aan 'n inwoner van Malmesbury. Dié toekenning sal bekend staan as die "Besonderse bydrae tot die Malmesbury gemeenskap". Nominasies hiervoor sluit op Maandag, 27 Oktober en die wenner sal op 7 November by die gala-geleentheid aangekondig word.
Stem nou vir sakekamer se bestes in kompetisie
Jonsson Workwear is proud to announce the opening of a further Jonsson Zone store at Agrimark Riebeek-Wes in the Western Cape.
PLEASE JOIN US... Date: Friday 7th November 2014
The Jonsson Zone is based on a store within a store concept; it aims to make Agrimark a destination for customers to have the ultimate Jonsson Workwear shopping experience where they will be assisted by dedicated and knowledgeable staff members. The Zone will stock the widest range of Jonsson Workwear products in the region providing the complete workwear solution for both men and women, for every workwear need.
10% DISCOUNT
Time: 11:00am – 4:00pm Venue: Agrimark Riebeek-Wes
10% OPENING DAY DISCOUNT, JONSSON WORKWEAR LUCKY DRAW + HAT AND BAG GIVEAWAYS
4
NUUS • NEWS
courant
dié
22 Oktober 2014
Bejaardemaand: RSA
Agri Makelaars op Malmesbury het ‘n vleisbraai by Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury gehou as hulle bydrae tot Bejaardemaand. Hier is Rudi van Hansen en Thys Cronjé besig om te braai. RSAM het ander ondernemings uitgedaag om ook hulle deel te doen.
Vergeet van wat kon, en raak deel van dit wat KAN Die einde van die jaar kom beslis nie meer stadig nader nie. Dit is bitter vinnig op pad na ons toe, sommer op rolskaatse om nog vinniger hier te wees! Hierdie is 'n tyd van die jaar wanneer baie begin retrospektief neem van die gebeure. Waar daar gekyk word waar daar gehelp kan word, of dit nou 'n familielid is, 'n vriend, kennis of organisasie. Almal spring nou in en begin ywerig deel te raak van die gemeenskap en sy uitdagings. Hoekom kan dit nie maar altyd so wees nie? Hoekom moet mens eers wag vir iets om te gebeur om die lewe te waardeer? Om die blink randjie rondom die wolk te sien? Vraag is ook: vir hoe lank sien jy dit, voor jy maar weer in jou normale omgang verval? Daar is so baie om voor dankbaar te wees. Ons kan trots wees op ons gemeenskap vir dit wat hulle bereik. Weekliks berig ons oor prestasies. Oor individue wat 'n verskil maak in ander se lewens. Laat dit nou vir jou 'n les wees... Leer uit dit wat ander doen. Hetsy goed of sleg, maar neem 'n besluit om die positiewe raak te sien. Om dit verder te vat en uit te voer. Baie keer voel dit of jy teen 'n muur baklei. Of jy alleen staan. Soms doen jy, maar hoe langer jy aan daardie muur hamer, hoe vinniger gaan jy deurdring. Hoe vinniger gaan jy 'n verandering kan maak. Doen iets. Reik uit. Wees trots op dit wat jy doen. Wees trots Swartlands. Doen alles wat jy aanpak met oorgawe, sit 'n glimlag op jou gesig en geniet net die lewe vir 'n slag, sonder om jou onnodig te kwel oor dinge waaroor jy in elk geval nie beheer het nie. Die lewe is te kort om jou moeg te maak oor dit wat moontlik kon. Raak deel van dit wat KAN!
Dis Goeie Nuus
WEN groot pryse met jou kennis oor Darling In die vierde van dié courant se blokkiesraaisels saam met toerismekantore in die Swartland, kom die hele Swartland vandeesweek aan die beurt. Die meegaande blokkiesraaisel, waar lekker pryse op die spel is, toets jou kennis van hierdie vallei. Bring jou voltooide blokkiesraaisel saam met jou naam
en kontakbesonderhede (op die vorm langsaan) na die toerisme kantoor naaste aan jou en kom in aanmerking vir die pryse soos links onder genoem. Onthou, slegs een inskrywing per persoon is toelaatbaar.
Bertie Brits
Al ooit gewonder...
‘n Persoon wat by n maatskappy werk en nie weet wat sy aanstelling behels nie sal nooit weet of hy suksesvol is in dit wat hy doen nie. Op dieselfde manier kan 'n persoon wat nie weet wat sy doel in die lewe is nie, onnodige pyn en seer ervaar wat kon gebly het. Meeste mense gaan deur die lewe sonder om te weet hoekom hy hier is. Kan mens ooit weet hoekom God die mens gemaak het? Ja, 'n mens kan. Verseker. 'n Mens kan weet en moet ook weet waarom God die mens gemaak het om lewensvreugde en sin in die lewe te kan sien. Die beste manier om die vraag te antwoord, is om te begin by wie God is deur te kyk na hoe Hy Homself voorstel. God kom stel Homself bekend as 'n Vader en die mens as Sy kinders. Hy gebruik baie keer konsepte binne familie- en vriendskapsverband om aan die mens te verduidelik wie Hy werklik is. Dit sal verseker heel veilig wees om die vraag rondom skeppingsdoel te beantwoord binne die raamwerk van familieverband. Die vraag, "Hoekom het ons kinders?” kan dus 'n baie goeie indikasie wees oor hoekom God kinders het, aangesien Hy Homself kom voorstel het as Vader en Hom plaas binne familie-logika. Meeste mense dink God het hulle gemaak om Hom te dien of te aanbid. Kan dit waar wees? Het God die mens gemaak om Hom te dien en te aanbid? Sou ek kyk na my kinders en hoekom ek hulle gehad het, sien ek dat hulle my wel dien, maar ek weet ook dat ek hulle nie gehad het met die doel om my te dien nie. Om die waarheid te sê, ek dien hulle baie meer as wat hulle my dien.
Naam: Woonadres:
Tel: Sel: Epos:
Vrae: 1. Uit hoeveel dorpe bestaan die Swartland Toerisme-streek? 2. Noem die Swartland dorp naaste aan die see? 3. Watter dorp in die Swartland word geassosieer met veldblomme? 4. Noem die dorp in die Swartland met die grootste sakesektor? 5. Watter dorp staan bekend as die broodmandjie? 6. In watter vallei word die Olyffees jaarliks aangebied? 7. Hoeveel voëlkyk-roetes is daar beskikbaar in die hele Swartland? 8. Voltooi die res van Swartland Toerisme se slagspreuk: More Sunshine, More Space, More….
9. Waar het die Swartland-streek sy naam gekry? 10. Wie is die bekende akteur, woonagtig in Darling, wat Evita Bezuidenhout uitbeeld? 11. Hoeveel wyn- en olyfprodusente word aangetref op die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete? 12. Wat is die naam van die bergpas op pad na Riebeekvallei? 13. Noem die dam in die Swartland waar verskeie watersporte beoefen kan word? 14. Wat is die naam van die nuutgeproklameerde natuurreservaat buite Malmesbury? 15. Wat is die naam van die Swartland Toerisme beampte?
16. Wat is die naam van die plaaslike munisipaliteit? 17. Noem die een kettingwinkel wat gevind word in al vyf dorpe in die Swartland? 18. Vir watter blomsoort is die Duckitt Kwekery voor bekend? 19. Wat is die naam van die langsdienende toerisme beampte in die streek? 20. Op watter plaas buite Malmesbury is die Kyk-net Buite ekspo gehou? Bonus vraag: Op die hoek van Voortrekker en ____ straat op Malmesbury word die Swartland Toerisme kantoor gevind.
Wen met die Swartland
Beans About Coffee-geskenkpak Grassroots-geskenkpak Vil’olien Olyfprodukte-gedkenkpakke
Swartland Meule Group 35-geskenkpak Babylon's Peak Wyne-geskenkpak Dragonridge Wyneg-eskenkpak
NUUS • NEWS
5
22 Oktober 2014
Langebaan, Vredenburg, Ceres, Malmesbury, Wellington and Franschhoek
BIG BUYING... MORE SAVINGS 22
16
99
99
Coca Cola Regular 2 Litre
12
Snowflake Cake Wheat Flour 2.5kg
95
Iwisa Super Maize Meal 5kg
Golden Ray Cooking Oil 2 Litre
22
99
2199
Brookes Oros Original Orange Squash 2 Litre
29
99
Bokomo Weetbix Family Pack 900g
2599
1899
549
1399
PnP NO NAMETM Corn Flakes 1kg
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
Farmgirl Baked Beans in Tomato Sauce 410g
Rhodes Superfine Apricot Jam 900g
1499
1999
8
599
Bull Brand Corned Meat 300g
Jik Bleach Assorted 1.5 Litre Each
R
Dettol Bath Soap Assorted 175g Each
PRICE VALID 21 OCTOBER - 2 NOVEMBER 2014 AT PICK N PAY LANGEBAAN, VREDENBURG, CERES, MALMESBURY, WELLINGTON AND FRANSCHHOEK ONLY
We shop around, so you don’t have to.
www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Some stores may not stock some of these products. Please check availability. We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
Colgate Toothpaste Assorted 100ml Each (Excluding Optic White)
See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch
NUUS • NEWS
6
22 Oktober 2014
Mostert weet van skou
Hannes Mostert, ‘n graad 6-leerder van die Laer-skool Dirkie Uys op Moorreesburg, het die afgelope vakansie geskitter by die Nasionale Jeug-skou op Vryburg. Hy was in die Wes-Kaap Jeugskouspan en een van die Top 3-Junior Wolskaap skoumanne in die span wat op nasionale vlak gaan meeding het. Hannes word groot met 'n groot passie vir boerdery wat hy by sy pa, Johan Mostert wat boer op die plaas Kleinvlei buite Riebeek-Wes. Dit kan dan ook nie anders dat die agterkleinseun van Ben Mostert van Oranjeskraal ook skou in die bloed het nie. Anders as oupa Ben wat met
sy swart Friesperde geskou het, skou Hannes met wolskape. Hannes het aan die Junior Wolskaap-afdeling deelgeneem wat uit vier afdelings bestaan: teoretiese vraestel; was; voorberei en skouman. Hy het 85% behaal in sy teoretiese vraestel waarin die deelnemers se kennis oor wolskape getoets word. Die afdeling tel 20% van sy totaal. Kennis oor die skaap se teling, voeding, produkte, prulfoute, ouderdomme, kudde-gesondheid, vleis- en wol-eienskappe, ensovoorts is getoets. Hannes en die ander moes in die tweede afdeling, wat 15% tel, die nie-woldraende dele van die skaap was. In die derde afdeling moes hulle die diere voorberei, wat beteken hy moes sy skaap met ‘n skaapskêr afrond, en dit tel 15%. ln die vierde afdeling, Skouman, word die puntetelling baie belangrik. Hier tel dit 50% van die deelnemer se totale punt. Hul fiksheid, asook hantering, vertoon en korrekte tegniek is hier getoets. Nege provinsies se deelnemers het teen mekaar deelgeneem. Die meerderheid deelnemers in die Junior Wolskaap-afdeling was hoërskool kinders tot en met 14 jaar. Uit 15 deelnemers en ‘n uitdunrondte van ‘n uur en 'n half, is Hannes aangewys as die Reserwe Junior Wolskaap Kampioen Skouman (tweede). By die prysuitdelingsfunkie word Hannes (12) algeheel aangewys as die Nasionale Jeugskou se Reserwe Junior Wolskaap Kampioen wat beteken hy eindig uit nege provinsies se top 15 deelnemers algeheel tweede vir 2014.
Blomme:
Die NG Kerk Swartland Noord het hul jaarlikse blommefees in die kerksaal gehou. Links is Rala Lesch besig om die blomme deurentyd vol water te spuit.
Geestesgesondheid:
Oktobermaand is geestesgesondheid maand en op 10 Oktober het die geestesgesondheidondersteuningsgroep van Goedverwacht bewusmaking bevorder met ‘n plakaatoptog deur die dorp. Bewusmaking was verder gekenmerk deur toesprake, gelewer deur kundiges op die gebied van geestesgesondheid en pamflette aangaande die belangrike onderwerp is onder die publiek versprei. Die ondersteuningsgroep versoek die gemeenskap se onvoorwaardelike ondersteuning. Vir verdere navrae skakel die voorsitter: Freddie Lesch (078 231 7531).
LOS-marathon:
Die Laerskool Swartland op Malmesbury het R125 541.60 ingesamel in dié skool se LOS-marathon vir leerderondersteuning. Armand Smit (R1600), Dirk van Niekerk (Organiseerder), Dillon Oppelt (R3600), Christiaan Kriel (R3700), Adriaan Burger (R970) saam met skoolhoof Kallie Rautenbach.
NUUS • NEWS
7
22 Oktober 2014
Slingers trap diep spore in gemeenskap Soms kom daar ‘n mens wat sulke diep voetspore in ‘n dorp se siel trap dat hy deel word van die hartklop, die wees van die gemeenskap. Só ‘n mens is John Slingers: oud-leraar, oud-onderwyser, maar alom biegvader, raadgewer, vriend en mentor. John is op Jansenville gebore as een van 14 kinders. Hy het van sub A tot graad 8 op Hopetown skoolgegaan, maar skryf matriek by Livingstone in Kaapstad. In dié tyd het hy by sy pa se susters geloseer, terwyl sy ouers op Grahamstad gewoon het. Hy het onderwys by Hewit gestudeer, met 'n derde jaar in houtwerk. Sy eerste pos was op Kokstad, in die destydse Transkei. Daarna het hy ook poste op Grahamstad, by Kruisfontein (Humansdorp), Grahamstad, Port Elizabeth en Oaklands in die Kaap gehad. Intussen het hy ‘n roeping as predikant ontvang en in 1969, na vier jaar se teologiese studies, word hy in die Calvyns Protestantse kerk georden. Aanvanklik het hy ‘n tentmakerbediening gehad: hy was ‘n tyd lank waarnemende hoof op Chatsworth en het ook houtwerk by Schoonspruit Sekondêr gegee. Van 1975 tot 1977 was hy voltydse leraar op Worcester, voordat hy en sy vrou, Cynthia, terug
gekeer het Malmesbury toe. In daardie tyd het hy deeltyds studeer en ook die plaaslike gemeente bedien. Vir ses jaar lank het hy houtwerk by Schoonspruit gegee, terwyl hy smiddae Universiteit Wes-Kaap toe gery het vir sy studies. Hy behaal sy BA en B.Ed in dié tyd. Die huidige Calvynse kerk is reeds in 1972 ingewy. John het kom help saal bou – ‘n hoogtepunt vir hom Behalwe Malmesbury, het hy ook die gemeentes van Wellington en Atlantis bedien. In 2005 het hy afgetree, maar beslis nie sy betrokkenheid in die gemeenskap afgelê nie. Hy was drie jaar ondervoorsitter van die plaaslike paroolraad en het eers in 2011 hier klaar gemaak. “My bedieningsgebied is nou breër as ooit.” Hy is op die besture van Aandskemering en die Haven Nagskuiling en tree as kapelaan op vir die SAPD se slagofferprojek, vir Huis Dahlia en ook die Malmesbury se gemeenskapspolisiëringsforum. Baie van sy betrokkenheid deesdae is gedeelde belangstellings met sy vrou, Cynthia. Die egpaar is 47 jaar getroud en is inmekaar gestrengel
in hul liefde vir mekaar en hul Skepper. “Ek het Cynthia in 1965 ontmoet, toe ons Sondagskool gegee het in die Calvynse kerk,” onthou hy. Twee jaar later het hulle verloof geraak en in 1969 trou hulle. In dié tyd is hy ook georden en beroep. Dit was traumatiese jare: “Ons het in Keeromstraat gewoon, totdat ons afgegooi is met die Groepsgebiedewet.” Die gemeente het hul kerkgebou, saal en twee woonhuise verloor. John was ook moderator van die Calvyn Protestanse Kerk in Suid-Afrika en Namibië, asook rektor van die Calvynse Teologiese Seminarie in sy dienstyd as leraar. Vandag kry hy ‘n veraf uitdrukking in sy oë as hy terugkyk op ‘n vol lewe: “Dit was alles genade van die Here, onverdiende genade en die gebede en ondersteuning van Christen ouers en vriende. "Dit het altyd vir my daaroor gegaan om tot diens van die Here te kon wees en nog steeds. Wat jy doen, doen dit soos vir die Here, nie vir mense nie.” John is bekommerd oor die morele verval in die hedendaagse samelewing. Die gesin as struktuur het in ‘n groot mate verbrokkel en die jeug staan onder geweldige uitdagings. Dit is hoekom sy 2-jarige kleindogter vir hom so ‘n kosbare kleinood is. “Elke keer as ons by mekaar was en moet groet, vat sy my hand en sê: `Oupa, bid…’” Mens kan sien die kleine Camilla is oupa John se oogappel en baie tuis op sy skoot. John is baie dankbaar dat die kleinding en haar ouers, hul seun Jeremy en Mymoena, ook op Malmesbury woon. “Die toekoms? My vrou, kinders en kleinkind – en wat die Here wil hê ek moet bly doen.”
Brokkies uit die raadsaal Snippets from the council • Die voorgestelde hersonering van Erf 98 op Kalbaskraal is goedgekeur. Die perseel, tussen Calabash-, Sand-, Eikenhout- en Leeubekkiestraat sal gebruik word vir ‘n kantoor, werkswinkel en ‘n saal vir sosiale geleenthede. Verskeie voorwaardes is aan die hersonering gekoppel, soos dat aktiwiteite nie ‘n bron van steurnis vir bure sal wees nie en dat ten minste 30 op-perseel parkeerplekke voorsien word. Beswaarmakers het die reg tot appél. Die aansoek word ondersteun onder meer omdat dit versoenbaar is met die ruimtelike ontwikkelingsraamwerk vir Kalbaskraal, die geleentheid word gebied vir werkskepping en dit voorsien ook in ‘n behoefte aan ‘n plek vir samekomste. • In Augustus het 50% van mense wat aansoek gedoen het vir rybewyse op Moorreesburg (en nie soos berig Darling nie) geslaag, en 81% het hul leerlinglisensies bekom. • Raadslid Nelie Fortuin het gevra dat daar ondersoek ingestel word om slaggate beter te herstel, aangesien die huidige metode nie volhoubaar is nie. • Goedkeuring is verleen vir die hersonering van ‘n gedeelte van die plaas Diepkloof vir ‘n valskermspring-onderneming. Die aansoek is deur CK Rumboll rn Vennote gedoen namens Mother City Skydiving. Diepkloof is ongeveer 12km Noord van Malmesbury.
Find out everything you need to know about Ebola A pamphlet on the Ebola virus is going to be distributed among learners at local schools. Philip Humphreys, Director: Protection Services Swartland Municipality says it is for learners and teachers to have the information and to share with others. "No, at the moment there is no Ebola in
South Africa - but we all have to look out. Ebola is a serious illness caused by a virus. It can cause people to get very sick and even die." You can get Ebola: If you touch any body fluids that come from a sick person's body, like drops of blood, urine, saliva, excrete, or other fluids; If you touch sheets, blankets or other things that a
sick person has used and touched. How can you tell if someone has Ebola? At first the person has a fever and headache, and just feels tired, with aching bones and joints. Then they start getting more sick with diarrhoea, vomiting and sometimes even bleeding. If a person gets sick, they must tell health
worker immediately if they have recently visited a country with confirmed Ebola cases or know someone who has Ebola. Anyone who gets sick from being in a place where there's Ebola must be kept away from all other people right away. Pamphlets are available from Humphreys, 022 487 9400.
NUUS • NEWS
8
22 Oktober 2014
Kersfees: Raadslid Ray van Rooy van die Bergrivier Munisipaliteit se Kersprojek is
Reünie: Allan en Gloria Blankenberg
goed op dreef. Dit is maklik om betrokke te raak: by Boland Superspar,Porterville Spar,Porterville Ok en Shoprite is waentjies waar u speelgoed kan insit. Koop die speelgoed, draai dit toe as u kan, skryf daarop wat dit is en plaas dit in 'n waentjie. Of koop lekkers, skyfies of sap en plaas in 'n waentjie.Skakel Ray van Rooy vir meer besonderhede by 083 657 9615 of 022 913 6054 of Evert Manuel by 078 833 1236.
was onder die oud-leerders wat die 30-jarige reünie van Steynville Sekondêr onlangs op Piketberg bygewoon het. Daar is die hele naweek feesgevier en gekuier. Die Sondag is dit met lofprysing en aanbidding afgesluit. Die bedrywighede is grotendeels deur oudleerders gereël en aangebied.
Selfverdediging: Shoprite
Checkers het 'n selfverdedigingskursus op Piketberg aangebied waarin vroue geleer is hoe om hulself teen moontlike misdadigers te beskerm. Links is instrukteurs Ianthe Basson and Mantsadi Sepheka.
Porterville:
Die matrikulante van Porterville het ook gegroet. Anélle Naudé, Rika Visser, Elna Lombard teken op die rug van skoolhoof Willem Engelbrecht.
Make year end functions fun The best way to make your year-end function memorable is to couple it with a theme. Use that theme from the moment you announce your function in teasers and invitations, all the way through to the event itself - in decorations, name tags, table gifts, welcome area and entertainment. Make it fun! Couple it with a game (e.g. a treasure hunt) that leads to a grand finale at the event itself! Make your staff dress to the theme – when people dress up they step out of their shells, and just have more fun. Here are some great themes with suggestions for costumes, music, food and decorations. Year-end Party Ideas - Themes from the Decades 1920's Theme - Champagne, silent movies,
Charleston, conga line, charades, jazz club atmosphere, flappers, chandeliers, classic white tablecloths, “Big City” backdrop. Check out "All that Jazz" movie track for more ideas. 1950's Theme - Poodle skirts, letter sweaters, “Sock Hop,” rock ‘n’ roll, soda fountain, stand-up panels of cars, drive-in atmosphere, 1950’s stars (Marilyn Monroe, James Dean, Roy Rogers, Bette Boop, Elvis, Lucy and Ricky), “car hops” on roller skates, giant record replicas, jukeboxes, Harley Roadster motorcycle. Check out some "Happy Days" television series reruns for more ideas. 1960’s Theme - Flower children, bell-bottom pants, peace symbols, tie dye. Dress as political figures of the era and there were a few! Other Year End Party Ideas and Themes Arabian Nights - Arabian attire, “bazaar” tent
with market items (baskets, lamps, urns, rugs, feather fans), oasis, Nile barge or camel caravan, lattice arch, dome building, lighted dish fountains, urns with pampas grass, Sahara desert scene, oasis with palm trees, tables with gold, palm trees, ostrich plume tops, overhead gold stars and crescent moons, genies. Disco Night - Leisure suits, disco attire, platform shoes, dance music (KC & The Sunshine Band, Donna Summer, etc.), disco ball, “Staying Alive” signs, bouncer, velvet-roped entrance, DJ stage, nauseating colour scheme, rope lights, mirror balls, character cut-outs (1970’s Elvis, Beatles, Star Wars characters, John Travolta, Shaggy and Scooby-Doo), giant silver stars, shimmer curtain, smiley faces, Rolling Stones “lips,” lava lamps, giant flowers.
Allesverloren-wenners aangewys
Die Allesverloren Rose-promosie wenners vir September 2014 is: Pleasant Pheasant Restaurant - Irma Malan; Kasteelberg Bistro – D P Casatt; Ox & Wagon – Nic Bedeker; Traveller's Rest – Kay Mapstone; Jolly Olive – Sharon Ferguson; Mama Cucina – Judy; Driftwoods – Surika; Pearly’s – Ayanda.
NUUS • NEWS
9
22 Oktober 2014
Koringkorrels vir Kinders Kobus Smit, uitvoerende bestuurder van Huis van Heerde op Moorreesburg, het ‘n beroep op koringboere gedoen om ‘n helpende na die kinderhuis uit te steek met hulle huidige vervoerkrisis. Die tehuis se bussie is onlangs in ‘n ongeluk afgeskryf en Smit het nou met ‘n innoverende plan vorendag gekom om in dié behoefte voorsien. “Ons het nou met MKB en Kaap Agri se goedkeuring ons `Koringkorrels-vir-Kinders’-projek geloods waardeur ons ’n oproep op alle koringboere doen vir hulp. “Ons vra dat waar dit vir ’n koringboer moontlik is, om ’n ton of halwe ton of meer van sy oes vir Huis van Heerde se krediet te skenk.” Huis van Heerde het rekeningnommers by Kaap Agri en MKB het en is ’n BTW-geregistreerde en Artikel 18A-instansie, dus sal die nodige belastingvrystelling-dokumente aan skenkers uitgereik word. Die tehuis se bussie het in die slag gebly ná ‘n ongeluk op die grondpad tussen Moorreesburg en Darling op die Dondermiddag voor die skoolvakansie. Niemand is in die voorval beseer nie. “Dit het ons daaglikse skool- en ander vervoer van ’n 63-tal inwonende kinders letterlik
lam gelê. Met slegs ’n 60%-staatsubsidie op ’n 63-eenheidsgetal het ons doodeenvoudig nie tans reserwefondse om die bussie te vervang nie. “Ons lewer ’n onontbeerlike en noodsaaklike diens aan die gemeenskappe van ’n 40-tal dorpe in die drie groot plattelandse distrikte van die Swartland, die Weskus en die Matzikama.” Besonderhede kan verskaf word vir skenkings en ander moontlike hulpverlening. Vir navrae, kontak Kobus Smit by 082 374 7458 of 022 433 1042. • Die kinderhuis se onmiddellike vervoerkrisis het die volgende dag begin. “Ons het ’n 30-tal kindertjies gehad wat met groot verwagting en verlange gereed gestaan het om na hulle vakansietuistes sover as Lambersbaai, Vredendal en verder vervoer te word. “Ons kinders se ‘redding' het oornag gekom van mnr Dawie Diederichs, skoolhoof van Dirkie Uys Hoërskool. Een van hulle bussies is toe vir ons geleen vir ons kinders se vakansievervoerbehoeftes. “Ek wil namens elkeen van daardie minderbevoorregte kinders hulle duisende dankies aan Dirkie Uys Hoërskool oordra."
Stroper vir Mia: Mia Louw, voor-
Brokkies/Snippets • Die Malmesbury SAPD gaan ‘n multi-sektor taakgroep saamstel om na die probleem van jeugbendes te kyk en ‘n aksieplan op te stel. Dit vloei voort uit die Khayelitsha kommissie van ondersoek wat dié sosiale kwessie uitgelig het. ‘n Vergadering sal op 29 Oktober om 09:00 in die Malmesbury stadsaal gehou word. Verskeie staatsdepartemente sal by die span betrek word by die eerste vergadering. Enige persoon of instelling wat ‘n bydrae wil maak, is welkom om dit by te woon. Sodanige mense moet hulle besonderhede deurgee aan 022 482 7513 gedurende kantoorure, of e-pos na malmesburysaps@saps.gov.za.
sitter van die plaaslike VLV-tak en boervrou van Rondomskrik, het murg in haar pype en skrik nie vir iets wat meer algemeen 'n man se werk is nie. Sy het noodgedwonge binne 'n uur geleer om 'n stroper te ry en reg te werk, ná 'n werknemer van die plaas seergekry het. Foto: Anne Kruger
• Riebeekvallei GPF hou sy jaarvergadering op Donderdag 23 Oktober om 19:00 in die POPsentrum, Riebeek-Wes. • Die Darling GPF se algemene jaarvergadering vind op 6 November om 19:30 plaas by die Focus-gemeenskapsentrum. Daar sal ‘n verkiesing wees van uitvoerende komitee lede in die plek van persone wat bedank het. Nominasievorms is beskikbaar by Ursula Jackson, 022-409 109. • Die Malmesbury GPF se algemene jaarvergadering vind op Donderdag 27 November om 19:00 in Bloues se klubhuis. Navrae by 022 482 7500.
Karlien: Sangeres Karlien van Jaarsveld het Saterdag 'n vertoning op Malmebury in die De Bron Teater gehou. Hier is sy na afloop van die optrede saam met Susan Saunderson-Pietersen, Megan Fourie, Simone Lemley, Ronel Bodenstein, Enrico, Chantené Bodenstein en Hetta Saunderson.
VRL:
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Donderdag hul nuwe VRL en SR aangewys. Die nuwe hoofseun is Geo Erasmus en sy tweelingbroer, Chris, is onderhoofseun. Die onderhoofmeisie is Annelize Steyn en hoofmeisie is Mieke Relihan. Foto: Ané Fourie
NUUS • NEWS
10
22 Oktober 2014
Haven bied meer as net 'n dak oor jou kop Mense wat by die Haven Nagskuiling op Malmesbury se voorstoep beland, is gewoonlik moedeloos, deur die gemeenskap uitgestoot, sonder drome of hoop. “Hier help ons mense met verskillende persoonlikhede, rasse en kulture,” sê Chantal Leng, bestuurder van die skuiling, in haar jaarverslag. “Ons bied tydelike huisvesting aan mense wat op straat bly en geen heenkome het nie. Ons help mense om weer te herenig met hul families, help met rehabilitasie-geleenthede en om hul menswaardigheid terug te kry en aan te pas in die samewerking.” Hulle visie is dan ook: “Niemand hoef op die straat te woon nie". Die skuiling huisves op die oomblik tussen 65 en 70 kliënte en hulle ontvang ‘n voedsame ete drie maal per dag, klere, toiletware en beddegoed. Die skuiling kyk ook na geestelike groei: elke
Dinsdagaand is daar Kwasi Bantu, waar mense vertel word van die Woord, asook verskeie verslawings waarmee jy te doen kan kry. Donderdae is His Kingdom First Ministries daar en kry mense kans om in groepe meer te leer oor hul persoonlike groei. Sondae is daar dienste wat deur verskillende denominasies aangebied word. Veldwerk word gereeld gedoen en mense opgetel en na die skuiling geneem. Die program word aan hulle verduidelik en hulle het dan ‘n keuse of hulle wil teruggaan strate toe of hul omstandighede te verander. “Baie mense verkies egter om terug te keer straat toe, omrede daar geen reëls is nie.” Een van die reëls is dat kliënte elke dag moet uitgaan om werk te soek om sodoende hulself te kan onderhou en ‘n beter lewe te kan lei. Werkgeleenthede word gebied aan diegene
Bestuur:
Die skuiling se bestuur is (van links) John David van Wyk, Cathy Solomons, Aubrey Sedeman Richard Carelse en ds John Slingers, Aubrey Sedeman. Afwesig: Bennie Alexander wat nie werk kry nie. “Dit is bekend as die twee- kliënte om CV’s op te stel en by ondernemings ure werkprogram, waar kliënte R20 verdien vir in te handig vir werk. die diens wat hulle aan die skuiling lewer.” Die skuiling se missie is om haweloses by hul Die bestuurder en administrateur help ook tuistes terug te kry.
Totsiens: Matrikulante
het Vrydag hul jare agter die skoolbanke vaarwel geroep. Sommige was meer opgewonde as ander om dié hoofstuk af te sluit. Links is dit Anna-Mart Steyn, hoofmeisie van 2104, wat afskeid neem. Kyla Jacobs (middel), graad 8, en Deoné Burger (graad 11) was self emosioneel met die afsien van hul vriende.
Links: Lizé van Greunen is aangewys as die dux-leerder van die Hoërskool Swartland op Malmesbury.
Kunste:
Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se Graad 12-leerders het die naweek 'n visuele kunsuitstalling aangebied. Kunswerke van Phillmari Spangenberg, Rossouw Koen, Alretha Labuschagne en Marcile Botha (bo) is ten toon gestel. Regs is skoolhoof Dirk Marais en sy vrou Nora saam met Prudence en André Claassen, skoolhoof van Schoonspruit Sekondêr.
Regs: Tanja Myburgh het die kultuurskild gewen vir die veelsydigste leerder op kultuurgebied.
Make year end functions fun The best way to make your year-end function memorable is to couple it with a theme. Use that theme from the moment you announce your function in teasers and invitations, all the way through to the event itself - in decorations, name tags, table gifts, welcome area and entertainment. Make it fun! Couple it with a game (e.g. a treasure hunt) that leads to a grand finale at the event itself! Make your staff dress to the theme – when people dress up they step out of their shells, and just have more fun. Here are some great themes with suggestions for costumes, music, food and decorations. Year-end Party Ideas - Themes from the Decades 1920's Theme - Champagne, silent movies,
Charleston, conga line, charades, jazz club atmosphere, flappers, chandeliers, classic white tablecloths, “Big City” backdrop. Check out "All that Jazz" movie track for more ideas. 1950's Theme - Poodle skirts, letter sweaters, “Sock Hop,” rock ‘n’ roll, soda fountain, stand-up panels of cars, drive-in atmosphere, 1950’s stars (Marilyn Monroe, James Dean, Roy Rogers, Bette Boop, Elvis, Lucy and Ricky), “car hops” on roller skates, giant record replicas, jukeboxes, Harley Roadster motorcycle. Check out some "Happy Days" television series reruns for more ideas. 1960’s Theme - Flower children, bell-bottom pants, peace symbols, tie dye. Dress as political figures of the era and there were a few! Other Year End Party Ideas and Themes Arabian Nights - Arabian attire, “bazaar” tent
with market items (baskets, lamps, urns, rugs, feather fans), oasis, Nile barge or camel caravan, lattice arch, dome building, lighted dish fountains, urns with pampas grass, Sahara desert scene, oasis with palm trees, tables with gold, palm trees, ostrich plume tops, overhead gold stars and crescent moons, genies. Disco Night - Leisure suits, disco attire, platform shoes, dance music (KC & The Sunshine Band, Donna Summer, etc.), disco ball, “Staying Alive” signs, bouncer, velvet-roped entrance, DJ stage, nauseating colour scheme, rope lights, mirror balls, character cut-outs (1970’s Elvis, Beatles, Star Wars characters, John Travolta, Shaggy and Scooby-Doo), giant silver stars, shimmer curtain, smiley faces, Rolling Stones “lips,” lava lamps, giant flowers.
Allesverloren-wenners aangewys
Die Allesverloren Rose-promosie wenners vir September 2014 is: Pleasant Pheasant Restaurant - Irma Malan; Kasteelberg Bistro – D P Casatt; Ox & Wagon – Nic Bedeker; Traveller's Rest – Kay Mapstone; Jolly Olive – Sharon Ferguson; Mama Cucina – Judy; Driftwoods – Surika; Pearly’s – Ayanda.
NUUS • NEWS
11
22 Oktober 2014
BO: Die kunsstudente van
PHS met hul sertifikate vir hul kunswerke wat hulle deur die jaar gelewer het.
Leerderraad:
Leiers:
Die Piketberg Hoërskool se nuwe hoofleiers vir 2015 is E'lmarco Visagie (hoofseun), Nina Cillié (hoofmeisie), Ruan Hasie Brand (onderhoofseun) en Delaine Wright (onderhoofmeisie).
Laerskool Piketberg se nuwe leerderraad. Voor: onderhoofseun Angus Duncan, hoofseun Hendri van der Westhuizen, hoofmeisie John-Elize Rumba, onderhoofmeisie Annika Smit en agter Kleinjan Kotze, Schalk Visagie, Almi Kotze en Engela van der Westhuizen. Foto's: Marietha Goosen
Dux:
Piketberg Hoërskool se dux-leerder vanjaar is Herbst van der Merwe.
Steynville:
Die matrieks het behoorlik uitgehang met hulle afskeid. Bo links is Elrien Le Fleur en Morchtwin Jansen. Bo regs: Chrisna Februarie, mnr R Erasmus en Megan Maarman. Links: James de Klerk, mnr S Kotze en Roland Ludick.
12
NUUS • NEWS
22 Oktober 2014
Kaap Agri vestig nuwe
Randall Atkins, Kobus Adonis, Gerald Wilson (takbestuurder), Gino Mouton, Katrein Koegelenberg en Christo Lombard.
NUUS • NEWS
13
22 Oktober 2014
tak op Moorreesburg
Wayne-Lee Lesch, Llewellyn Markus, Ruanda Lewies, Tony van Dyk, Gerald Wilson, Wildene Pieters, Linzett Boltney en Andrea Nel sal sorg dat die Express Mark en vulstasie glad verloop.
"Ons kliënte moet beter af wees, juis omdat ons hier is." Moorreesburg is nou die tuiste van 'n splinternuwe KaapAgri-tak. "Moorreesburg is ‘n baie sterk landbou-area waar geen New Holland-verteenwoordiging was nie. Aangesien KaapAgri die New Holland-agent in die area is en Moorreesburg vanuit ‘n New Holland perspektief baie potensiaal vir KaapAgri kan bied, is daar besluit om te begin soek na die geskikte perseel vir die opening van ‘n meganisasie-bedryfspunt. "Die feit dat daar ook brandstof op die perseel beskikbaar was (en dus lisensies) was ‘n groot bonus. Deel van die sakeplan was ook om ‘n volwaardige 24uur-vulstasie daar te bou met ‘n geriefswinkel (Expressmark)." "Hier word ‘n volledige meganisasiediens gebied wat insluit heelgoedere-bemarking (bemarker is Ron Smith), onderdele-afdeling en 'n werkwinkel. Dan is daar ook ‘n Total Vulstasie met ‘n 24uur geriefswinkel genaamd Expressmark. Hierdie is die sesde Expressmark wat KaapAgri in die Wes-Kaap open die laaste 24 maande. Een van die personeel se hoogtepunte in die proses was om te sien hoe ‘n "ou afgeskeepte gebou verander word in ‘n mooi gebou waarin ons trots is om besigheid te doen. Ons moes eers twee erwe konsolideer voor ons bouplanne kon laat goedkeur. Dit het die projek heelwat vertraag en ons moes heelwat later oopmaak as wat ons beplan het."
By KaapAgri Moorreesburg kan alle New Holland agentskapsprodukte by gekoop word, dit kan binne en buite waarborg gediens word deur goed opgeleide werktuigkundiges en dan bied die nuwe Express-mark iets spesiaal. "Die kleinte sal moet kom kyk… "Ons glo ook dat ons die rybaan op Moorreesburg sal wees met die laagste dieselprys! Kom toets ons!" In die eerste paar maande, sal daar groot klem gelê word op diens, beskikbaarheid van die regte produkte asook die oopmaak van nuwe rekeninge. "Kaap Agri het ‘n baie eenvoudige bestaansrede. Ons wil hê ons klante en belanghebbers moet beter doen omdat Kaap Agri bestaan, as wat hulle sou gedoen het as ons nie bestaan het nie. Die meganisasie-tak is oop Maandae tot Vrydae van 08:00 tot17:00 Die vulstasie en Express-mark is 24 uur oop 365 dae van die jaar. Kontak hulle by 022 433 4274. Ron Smith, die heelgoedere-bemarker, kan gekontak word by 082 698 9265. Gevra waarna daar die meeste uitgesien word met die nuwe tak, was die antwoord maklik: "Om te sien dat ons klante beter af is omdat ons saam met New Holland op Moorreesburg sake doen."
NUUS • NEWS
14
Studente is die hoop vir landbou Die KaapAgri Akademie op Porterville het die afgelope ses jaar reeds 143 nuwe boere opgelei in hulle Boerdery Ontwikkelingsprogram in samewerking met Bathopele. Vrydag was weer die jaarlikse sertifikaatseremonie en by dié geleentheid het prof Johan van Rooyen gepraat oor die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) en die uitdagings van grondhervorming. Hy is verbonde aan die department ekonomie by die Universiteit van Stellenbosch en ook direkteur van die Standard Bank-leierskapsentrum. Prof van Rooyen het aan die studente gesê dat hulle die wa deur die drif sal moet trek as dit kom by grondhervorming. Hy sê transformasie slaag in Suid-Afrika, maar dit gaan eintlik oor ekonomiese sukses en nie net oordrag van grond nie. “Grondverdeling moet gaan oor ‘n praktiese model,” het hy gesê. Hy het verwys na gesprekvoering met Luthuli-huis waaruit dit blyk dat landbou tot groot mate as ‘n sosiale sektor gesien word. “Ons moet die klem laat val op voedselsekuriteit en werkskepping. Dan verskuif die fokus en word dit beslis ‘n ekonomiese sektor.” Prof van Rooyen het verwys na die dilemmas van die staat, “wit” boere en opkomende boere. Hy sê die staat moet sterk sentimente oor grond bestuur en dan ook die groot kostes van grondaankope en –oordragte fiskaal bekostig. “Grond se spekulasiewaarde is ‘n begrotingsnagmerrie en dan is daar ook die kapasiteit,
belangstelling en vermoëns van die groep wat bevoordeel word.” Hy sê “wit” boere sit met die dilemma van kwynende beleggingsvertroue, terwyl populistiese uitsprake ook persepsies skep. “Plase lê onbenut, bates gaan tot niet, terwyl grondeise en aansprake opbou.” Prof van Rooyen sê nuwe boere, soos die huidige studente, sit moet ‘n manier vind om kommersieel te word. “Hulle moet kyk na ekonomiese volhoubaarheid, na-vestigingsondersteuning, die koste van grond en gedwonge kollektivisme.” Hy het beklemtoon dat dit oor almal se toekoms gaan. “Kommersiële boere sal stap vir stap help soos dit nodig is.” Hy sê die landbou moet volgens NOP mobiliseer, bespreek en beplan: dorp vir dorp, distrik vir distrik. Sean Walsh, besturende direkteur van KaaAgri, het studente gewaarsku om nie te dink dit gaan nou maklik wees om te boer nie. Hy sê kennis is die helfte van toepassing. “Maar moenie dink julle gaan nou makliker geld kry nie. “En moet ook nie dink jy het nou genoeg kennis nie. Onthou, gister se kennis gee gister se resultaat.” Walsh sê die verskil kom met keuse en gesindheid. “Maak ‘n keuse en leef daarmee saam. Stel jou drome vas en onthou 90% van wat gebeur is in jou eie hande.”
22 Oktober 2014
Evan Mathews van Saron is as die beste student aangewys. Hier is Steven Walsh, prof Johan van Rooyen en Johan Liebenberg by hom.
Ernest Beck en Chesna Jansen van Bathopele, dr Sewellyn Davey (staatsveearts Malmesbury) en Christo Diedericks (Standard Bank).
Die 22 studente wat vanjaar klaar gemaak het, saam met die dosente en organiseerders.
Hildegard en Frederico Smit met klein Natasha op pa se arm. Die Smitegpaar boer al agt jaar by Redelinghuys met vee en groente.
NUWE BOERE MOET VOORVAT Meriete: Twee studente het me-
riete-toekennings ontvang. Die een toekenning het Edwin Duminy van Overberg (links) en die ander aan Otto Spangenberg van Keimoes. Susara Brandt van die Noord-Kaap het ook 'n toekenning gekry vir die student wat almal bygestaan het.
Hoopvol:
Nico Loock, Meryl Awkes, prof Johan van Rooyen en Christo Diedericks (Standard Bank).
Gelant Toontjies (regs), alom bekend as Troen, het as oudstudent met die groep studente gesels. Hy was in die klas van 2012 en 'n geesdriftige getuie vandie waarde wat die kursus vir opemende boere inhou. Toontjies boer op Genadeshoop buite Piketberg: “Hier boer ek vir Jesus, onder die genade.” Hy het goeie raad vir die nuwe boere gehad: “Onthou, jy is die ou wat dit moet maak werk. Wanneer jy hier uitstap, gaan jy hader werk as ooit – ‘n leier moet voorvat.” Hy is vol moed vir die toekoms: hy wil sommer nog baie grond koop, sodat sy drie seuns ook kan boer.
NUUS • NEWS
15
22 Oktober 2014
Dagboek • Calender
HDU:
GPF Riebeekvallei 23 Oktober - Die geemeenskapspolisiëringsforum hou jaarvergadering om 19:00 in die POP-sentrum, Riebeek-Wes. Never Despair Bekeruitdeling 24 Oktober - Dié rugbyklub hou sy prysuitdeling en afsluiting om 19:00 in die Wesbank-gemeenskapsaal. Die orkes is All Sounds en kaartjies is R70 per persoon. Skakel Monray January by 078 619 8164. Bootsale / Markdag 25 Oktober - By Koringbedryfmuseum, Moorreesburg, van 08:00 tot 12:00. Stalletjies kos R30. Hermien: 022 433 1072. Swartland Soirée 25 October - A cosy evening of sumptous snacks and light classical piano by The Wineland's Pianist, Stephen Courins, from 18:30 to 19:00 at Du Toit Swartdam, Riebeek-Kasteel. Entrace fee: R120. Book at winelands.pianist@gmail.com. Sosiale misdaadvergadering 28 Oktober - Maandelikse vergadering om 18:30 by Huis van Heerde 18:30. Help misdaad bekamp en maatskaplike probleme aan te spreek en oplossings te vind. Vergadering oor bendes 29 Oktober - Malmesbury SAPD nooi rolspelers na 'n vergadering oor die kwessie van bendes. Dit begin om 09:00 in die stadsaal. Bloedkliniek 30 Oktober - Die WP Bloedoortappingsdiens hou ‘n kliniek in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00). Octoberfest 31 October - Darling Museum function: Octoberfest. Tel: 022 492 3361. Bloedklinieke November - Die WP Bloedoortappingsdiens hou verskeie klinieke in die Swartland. Op 11 November in die saal van Darling Laerskool (16:00 - 19:00) en in die RiebeekWes stadsaal (17:00 - 19:00); op 21 November by die NG Kerk Piketberg (10:00 - 14:00); op 25 November in die Moorreesburg stadsaal, van 14:00 tot 18:30; op 27 November in die Malmesbury stadsaal (15:00 - 19:00). PHS pretloop, fietsry en stap 1 November - Org de Rac: stap, loop, ry fiets. Skryf in by Piketberg Hoërskool en Boland Superspar en op die dag. Kontak Phillip, 022 942 1810 of Hendrien, 072 676 8803. Aandskemering Opedagbasaar 1 November - Dié tehuis vir bejaardes op Malmesbury hou hul opedagbasaar vanaf 09:00. Kontak 022 482 1466. Konsert met Jak de Prieser 5 November - Laerskool Dirkie Uys hou konsert saam met Jak de Priester net op 5 November Plek: LDU-skoolsaal. Koste: R80 en R60, kaartjies beskikbaar by LDU ontvangs. Swartland Revolution 7-8 November - A broad range of high-end wine visitors will be coming to the Valley for the weekend. Contact: Ann on 082 909-1116 or Darielle on 084 207-3820.
give a true sense of place and expression of the character of the Swartland. Contact Andrea & Chris Mullineux, 022 448 1183. Saron Bergwater-Fees 14 - 16 November - Die eerste Saron Bergwater-fees sal kyk na kuns, kultuur, erfenis en kos. Dit sal blootstelling aan die omgewing en die mense gee. Dit word op die sportterrein gehou. Navrae kan gerig word aan Chalrine Scholtz 072 722 3268 or chalrine.scholtz@gmail.com. Swartland Chenin Blanc Celebration 15 November - Join the Santam Swartland Wine & Olive Route for a scrumptious summer picnic at Welgemeend in Cape Town. Sample and celebrate Chenin Blanc wines from the Swartland region. Tutored wine and olive tastings. Relax in the beautiful gardens of Welgemeend, whilst listing to the soothing sounds of roaming unplugged musicians. For more, contact Jolene Janse van Rensburg, 022 487 1133. Bergklim en oorslaap 21 November – Die AGS Corpus Christi Malmesbury beplan om weer op Kasteelberg te gaan slaap in die boonste grot naby die Bothmanskloofpas. Vertrektyd is om 17:30 van die kerk in Baroccastr 19. Kontak pastoor Piet Smit by 073 447 2902 Geselllige oggend 27 November - Ligte ete en baie verrassings by Allesverloren Wynlandgoed, Riebeek-Wes, ten bate van Aandskemering tehuis. Begin om 09:00 vir 09:30. Kaartjies R200pp. Kontak Elrika by 083 414 7023. Movie night 28 November - Darling Museum function: Movie Night with Ross Devenish. More info at 022 492 3361 or info@ darlingtourism.co.za. Bootsale/Markdag 29 November - By Koringbedryfmuseum, Moorreesburg, van 08:00 tot 12:00. Stalletjies kos R30. Hermien: 022 433 1072.
• 24 Oktober: Bergrivier Munisipaliteit Gholfdag, Porterville. Navrae: 022 931 2100. • 25 October: Jo Dolphin Golf Day, Malmesbury, 4BBB. Book your tee-off time with Tony, 022 487 1288 before 24 October. • 1 November: NG Kerk Swartland-Noord Gholfdag, Malmesbury. Navrae: 022 482 1407. • 6 November: Swartland Hoërskool Gholfdag. Mense wat wil inskryf vir die gholfdag sal moet spring, daar is nog net ‘n paar plekke beskikbaar. • 8 November: The Warriors for Christ Club in Moorreesburg is hosting a kickboxing tournament at the Gene Louw sports field. The West Coast Kickboxing Association, where the club is affiliated, will be supporting them. All West Coast kickboxing clubs will be there along with other clubs from Cape Town. Anyone wanting tickets or more information, can contact Louzane at 060 828 3042 or Samantha on 081 014 4661.
Harvest Dance 5 December - Hopefield Farmers Assosiation Harvest Dance. Tel 082 440 2582 or swvcronje@yahoo.com. Christmas Bazaar 6 December - Darling Museum Traditional Christmas Bazaar. Tel 022 492 3361 or info@darlingtourism.co.za. Christmas light festival 6 December - Porterville Christmas light festival. Tel 022 931 3732.
AGS Corpus Christi, Malmesbury 26 Oktober - AGS Corpus Christi Malmesbury begin om 09:30 met 'n wederkomsreeks en om 18:30 is Robert Moreland die prediker. Navrae: 073 447 2902.
19:00 (Hebrews); Thursday 10:00 (Genesis). Prayer meeting: Wednesday 10:00; home cells: Wednesday 19:00. Enquiries: pastor Joshua Metemeri, 084 471 7914.
Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word vir plasing.
Kerke • Churches
Dynamic Love Fellowship Dienste elke Sondag om 17:30 diens Mount Royal, Malmesbury se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae van 08:00 – 14:00). Malmesbury House of Prayer Sunday worship service: 10:00; Bible study: Tueasday
Never Despair, soek ‘n gaping teen Hawston op die Alfa-sportterrein. Never Despair het die kragmeting naelskraap met 38-35 gewen in ‘n wedstryd waar 10 drieë gedruk is.
Sportdagboek/ Sport Diary
Potjiekos 3 Desember - Moorreesburg Potjie met ‘n Twis, Langstraatpark. Tel: 022 433 2274.
Oesdag 6 Desember - Moorreesburg Oesdag, Koringbedryf Museum. Tel 022 433 1093.
PPK Porterville 26 Oktober - Pastoor Kobus du Plessis lei die diens om 10:00. Skakel hom by 083 722 7787.
Drieë-fees: Dual Erasmus, senter van
Tennis:
Melt Smit van die Malmesbury Tennisklub in aksie in Saterdag se wedstryde op Malmesbury. Sien die volledige uitslae agter.
Riebeek Valley Cook-Off Riebeek Cellars 29 November - Local restaurants team up with wineries and compete for the prize. Visitors get to taste it all and enjoy live music and the festive atmosphere. Contact Alta Saaiman on 022 448 1213 for more information.
Swartland Independent Street Party 8 November - The closing party for the 2014 Swartland Revolution is an open event. Revolution by tasting (and buying) wines from 18 Swartland Independent members. Winemakers with a like-minded approach to working with varietals as well as farming and winemaking techniques, that
PPK Bethesda Malmesbury 26 Oktober -Br Jacques Josias lei die diens om 10:00 en past Kobus du Plessis om 18:30. Navrae by 083 722 7787.
Magdel Coetzee en Janneke Slabber van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het aan die SA-Ritmiese Gimnastiek kampioenskappe deelgeneem en die volgende prestasies behaal: Janneke het 'n tweede plek in vlak 5, oor 15, in die klubs/ knubbels. Magdel het goud in Vrydans, silwer in Hoepel, silwer in Lint, brons in Knubbel en 'n algehele tweede posisie in vlak 9, onder 15.
AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). Gebedsbyeenkoms vir mans ‘n Uur van gebed elke Saterdag om 06:00 by die AGS-kerk in Wesbank. Navrae kan gerig word aan pastoor David Davids, 076 686 6002. Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service; 08:30 Sunday school; 19:00 Tuesday prayer meeting at church; 19:00 Wednesday Bible Study - Wesbank, 022 486 6087; 19:30 Wednesday Bible Study - Malmesbury, 082 890 5433. Hall to rent. Contact Rev John Beck at 022 482 3623.
Gewigoptel: Hierdie vyf atlete van Malmesbury het onlangs aan die SA Kampioenskappe deelgeneem. Hulle is
NUUS • NEWS DIENSTE • SERVICES
16
22 Oktober 2014
SA Meesters:
Knor in pienk:
Die Malmesbury Oval Karting het Vrydagaand 'n resies aangebied ten bate van fondse vir borskankermaand. Hulle het R3100 ingesamel vir Kansa. Die jaers het almal 'n strepie pienk vertoon. Links is Lea Loff met die fondshouer.
Wesbank in stryd om gesogte toernooi Wesbank Rugby kon nou wel nie die liga wen nie, maar hulle speel nou uit in ‘n kwalifiserende ronde van die 2015 Cell C-gemeenskapstoernooi waaraan die top-klubs in Suid-Afrika deelneem. Wesbank, wat hierdie seisoen tweede in die Boland Premierliga geëindig het, sal vandag sake uitspook teen Durbanville/Bellville op Faurestraat, Paarl. Die wedstryd begin om 20:00. Die twee spanne behoort mekaar te laat les opsê: die span van Durbanville/Bellville was vanjaar die naaswenner van die WP se sterk Premierliga-kompetisie. Wesbank is die tweede beste oop klub in WP en het tweede geëindig naas Hamiltons, teen wie hulle vroeër hierdie jaar in die Gemeenskapsbeker gespeel het. Die wenner van vanaand se wedstryd sal outomaties ook deurdring na dié prestige toernooi wat in Februarie 2015 sal afskop.
Die verloorder in hierdie stryd sal dan teen die verloorder van SWD en OP wedstryd te staan kom om sodoende te bepaal wie op 8 November teen Upington sal uitspeel om te bepaal wie die 20ste span is wat sal deelneem aan die Gemeenskapsbeker-toernooi vir 2015. Wesbank is op die oomblik hard besig met hul voorbereiding en volgens die afrigter, Denna Koopman, is sy span se mikpunt om vandag outomaties te kwalifiseer vir die toernooi. Wesbank sal weer eens staatmaak op sy voorspelers, veral sy los-trio sal van kardinale belang wees vir die wedstryd. Die span maak staat op die gemeenskap om die span te gaan ondersteun. Die vertrektyd vir toeskouers is 18:30 en mense word gevra om betyds te wees. Die klub se jaarlikse bekeruitdeling en dans vind op 31 Oktober plaas. Kaartjies is reeds beskikbaar by OK Mini mark.
Corin de Waal van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het Tennis Suid-Afrika se meesters o.14toernooi gewen. Sy het ook die Keyhealthtitel (Vrystaat) ingepalm.
GEKLASSIFISEERD • SMALLS NUUS • NEWS
17
22 Oktober 2014 Dienste Services
AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S in Malmesbury-area. Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843. www.fvwykdiesel. co.za #2000
--------------------------AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed en linne. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.
#2001
--------------------------ALLE HUISEIENAARSLENINGS beskikbaar. Enige bedrag gerugsteun deur miljoene rande. Baie reeds gehelp. Kontak 074 650 6123. Faks: 086 298 3977.
#2005
--------------------------EK BIED TANS privaat tikwerk, asook proeflees, Engels & Afrikaans aan. Enige dokumente, bv cv’s, verslae, notules, ens. Vir meer inligting kontak Elize 082 703 7630.
huishoudelike apparate, motor lugreëling, koelkamers en ysmakers. Verkoop ook 2de handse yskaste. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel: 022 433 3831/Sel: 082 573 1589/faks: 086 503 5827. Epos: mynhardv@vodamail. co.za #2007
--------------------------SKULD KONSOLIDASIE- ons reel een bekostigbare paaiement. KONTANT LENINGS – vinnige uitbetalings. GESWARTLYS WELKOM 061 460 6669 / 021 910 4743.
#2015
Regsdienste REGSDIENSTE BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006. #2011
Te Koop For Sale GARAGE SALE (DRINGEND) Verhuis. Verkoop alles. Meubels, Houtwerk, Masjiene, Hout, Huishoudelike toerusting ens. Waar: Rheebokstr. 7 Malmesbury. Kontak 083 937 0971 ---------------------------
#2040
--------------------------TIKWERK - Ek bied tans privaat tikwerk asook proeflees beide Engels & Afrikaans aan. Enige dokumentasie bv, CV's, verslae, notules, ens. Meer as 20 jaar ondervinding. Vir meer inligting, kontak Elize 082 703 7630 -------------------------COURIER / DEL SERVICES. Darling through Malmesbury + Surrounds to CT. 1.3Ton Large, Closed Canopy -------------------------F.N.C: Skoonmaak van matte asook sitkamerstelle @ R170.00 p/kamer. Kontak Neil 060 448 8802.
#2039
-------------------------JUST 4 FUN BALLOONS(Malmesbury) Helium Balloons & Balloon Decor. Kontak Anemie by 082 565 3722.
#2013
--------------------------MELIETA’S KITCHENVir alle soet en sout gebak en ook vir enige spesiale geleenthede. Dosyne, platters, groot koeke, terte, kaaskoeke en geleent heidskoeke. Kontak 082 589 1785 of 082 492 4485. www. melieta’skitchen.co.za
#2006
--------------------------NEW FREEZE- Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste,
MEDIUM HONDEHOK TE KOOP vir R450.00 Skakel asb vir Nadea 083 6525060 --------------------------ELEKTRIESE VOEG SKAAF (Jointer) 15cm vir perfekte hout lasse. (Malmesbury) 083 458 4055 --------------------------BLOEKOMHOUT. R580. Afgelewer. Skakel 071 869 2448 --------------------------MACDON PLATSNYER (Sleep) 36ft 2008 model, soos nuut. R140 000 plus BTW. Kontak Christie 083 444 9761 --------------------------GOODYEAR, Stroper Bande. Twee 23,1x26x14Ply soos Nuur. Kontak Pieter 083 234 1509
--------------------------ROSE EIENDOMME: 2 slpk. woonstel op PauRita, Duthiestraat. R3600pm. Geen dep. Luzanne Rose 082 603 5245 --------------------------HUISE TE HUUR Baie netjiese eenslaapkamer woonstel in veilige omgewing (Malmesbury) vanaf 1 Desember @ R2500.00 pm + dep. Kontak 082 801 6992. #2038
Eiendomme Te Koop HUISE TE KOOP Titus eiendommeWesbank. Nuwe 3 slp huis in beste area. Groot erf, omhein met vibacrete. Kontak 082 780 1380.
Regsdienste
Dit was reeds 15 Okt 2014 en jou eerste verjaarsdag weg van ons. Dit voel nogsteeds ontwerklik, maar ons berus ons by God se werke. Die vermisting is groot en die leemtes sal nooit gevul kan word nie. Ons mis jou baie. Van: Liete & familie. --------------------------RAYNARD HURTER
Diere gesoek / Animals wanted DIERE GESOEK African Grey Pappegaai (Grys met rooi stert) weggeraak 26 Okt in die omgewing van Nerinalaan, Wesbank, Malmesbury. Indien iemand hom vind kontak asb 022 486 6343 of 083 303 3569.
Gelukwensing
26 Oktober 1993 het jy ons lewens binne getree en met liefde gevul. Min wetend dat ons jou 21ste verjaarsdag sonder jou moet vier. Ons mis jou baie en sal jou altyd in ons harte vertroetel. Baie liefde en verlange. Mamma en Sanri.
Bedankings Ons Poffin word 1Jaar op 23/10/2014. Hailley-Jane baie geluk met jou verjaarsdag. Lekker verjaar. Alles wat mooi is vir jou vorentoe. Van Ma, Pa, broers en susters. ---------------------------
JD ACKERMANN Hiermee wil ons as familie baie dankie sê vir elke gebed, oproep, boodskap, kaartjie & blomme wat ontvang is met JD se afsterwe. Dankie vir elkeen se deel in sy kort lewe. Julle sal altyd deel wees van ons s'n. Liefde Doppies, Tiana, Kinders & Kleinkinders.
Betrekkings Vacancies Raai wie was 14 op die 14 Okt 2014. Mekayla baie geluk met jou kroonverjaarsdag. Van Mammie, Daddy en twee broers.
Memoruim MARTINA GOEMAS (TIENSIE)
2/4/1955 - 19/10/2014
Te Huur To Let WOONSTEL TE HUUR. 3slp woonstel tenvolle gemeubileer agter kampus Wellington - beskikbaar vanaf 1 Januarie 2015. R5500pm plus dep. Stuur e-pos na nharris@proprentcv. co.za --------------------------NETJIESE KAMER in Malmesbury - Ingeboude kaste, Diefwering. Betroubare persoon, sober gewoontes. R1800pm. (Wasgoed ingesluit. R300 krag per maand. +Dep. Beskik 1/11/2014. Kontak 079 985 7427
VAN WYK DAANTJIE
17/7/1950 - 15/10/2013
Aan 'n liefdevolle dierbare lewensmaat, ma, ouma, sister en tannie. So skielik is jy weggeneem van ons sonder om te groet. Ons gaan jou vreeslik verlang, maar koester die mooi herinneringe. Rus in vrede tot ons weer ontmoet. Baie liefde. Edwin Watson, Marcholeno, Goemas en Lategan familie. ---------------------------
Persoon met kode 14 + PDP beskikbaar bv wegry van koring of enige iets anders. Skakel 083 548 4308
Te Huur To Let
courant
dié
18
tel 022 487 3221
22 Oktober 2014
Sportuitslae - Sports results Gholf
Malmesbury Woensdag Sundowner - Enkel Stableford: Donato Stelluto 22; Frans Destroo21; Piet Kemp 20. Vrydag Sundowner - Enkel Stableford: Martell van Lill 22; Tian van Lill 21; Jacob Go0sen 20; Donato Stelluto 20.
Zwaanswyk Farms se span is Jan Fouché, Jean Paterson, Elizabeth Coetzee en Gert Coetzee. Die Piketberg Rolbalklub is tans in die uitdunne van hul jaarlikse besigheidsrolbaltoernooi. Die wenners sal eersdaags aangewys word. Regs: Stella van Niekerk, Deon van Dyk, Martin Goosen en Suzette Fouché is die VanDykspan Foto’s: Marietha Goosen
Die span van RSA Agri Makelaars is Jaco Breunissen, Cavid Landon, Nelis Louw en Jaco Barnard.
• DORINGS, BLOUES EN ABBOTSDALE UITGESKAKEL
Riebeek United in finaal Swartlanders die span van McGregor ore aangesit het in alle fasette van die wedstryd. Lorenzo Lameyer het ‘n briljante opvolg-drie vir Riebeek gedruk. Hierna het hulle kookwater gespeel en wen die wedstryd 23-19. Die span vra die Swartland moet hulle ondersteun met die wedloop na die titel. Hulle speel Saterdag om 13:00 op Robertson teen Overhex. Die ander plaaslike spanne het Saterdag nie te waffers gevaar nie. In die ander eersteliga-wedstryd het Bloues vasgeval teen Young Westlyans. Aanvanklik het dit goed gelyk en halftyd was Bloues voor met 23-8.
Fietsry Malmesbury Tiletoria Westcoast Express 118km (Pad): Mans: 81 Chrispin Fourie 3:11:29; 167 Glenn Norrie 3:21:21; 341 Kobus Drotschie 3:51:37. Vroue: 10 Elfriede Wolfaardt 3:29:40; 20 Elishia Drotschie 3:51:26; 24 Madeleen Kotze 4:04:59. PPA One Tonner 163 km (Pad): Mans: 200 Kobus Duminy 4:56:58; 382 Fietie Rocher 5:38:51. Vroue: 12 Elfriede Wolfaardt 5:07:15; 53 Elishia Drotschie 6:26:53; 59 Madeleen Kotze 6:35:29.
Total se eerste span is Randall Janse, Jeremy Williams, Niek van Niekerk en Marianna Kirsten.
Riebeek United se rugbyspan het Saterdag op Worcester vir McGregor ore aangesit om deur te dring na die halfeindronde van Boland Rugby-unie se eersteliga. Riebeek United het die wedstryd stadig begin en het in die eerste vyf minute 3-0 agter geloop. Van die afskop af het Heinrich Heynse die steelkant mooi gebruik en skitterend na binne afgetrap om die eerste drie te druk. McGregor, met groter voorspelers, het die eerste helfte die bal voor beskerm, maar Riebeek was baie gevaarlik op die teenaanval. United het halftyd agter geloop met 19-10. In die tweede helfte was dit met nuwe vuur dat die
22 Oktober 2014
SPORT
Total Winkelshoek span 2 is Gerda Basson, Susan Brand, Sonia Richter en Elsabé Truter.
Ou Mutual se span is Mariska Conradie, Philip Matthee, Annelize Coetzee en Schalk Coetzee.
NUUS • NEWS
Ná rustyd was dit ‘n riller: vleuel Gideon de Klerk moet af en kry steke vir ‘n oop oogbank; heelagter Christiaan Marang kry ‘n geelkaart; stut Werner Grundman verlaat die veld; senter Salamo Koordom moet af, ook met 'n oop oogbank; en slot Brain Jacobs ook af, tong stukkend. Young Westlyans teken twee drieë binne 15 minute aan. Bloues veg terug maar tevergeefs, hulle hele wedstrydplan is daarmee heen. In die Superliga het Abbotsdale ook in die stof gebyt. Hulle verloor 18-19 teen Young Hamiltons in die halfeindronde van die liga. Die rustydtelling was 11-13.
Tennis Malmesbury Mans: Malmesbury A teen Country Club A - Malmesbury verloor 6-0 Braam Isaacs v J Maritz 1-6, 1-6; Dmitri Marais v M de Clippel 0-6, 4-6; David Isaacs v A Meyer 1-6, 3-6; Kristoff Isaacs v D Terblanche 2-6, 3-6; Braam Isaacs & David Isaacs v J Maritz & M de Clippel 0-6, 4-6; Dmitri Marais & Kristoff Isaacs v A Meyer & D Terblanche 1-6, 6-3, 6-7. Mans: Malmesbury B teen Strand - Malmesbury verloor 3-2 Dirk Lategan k J van Zyl 6-2 , 6-3; Marais Liebenberg v P van Nie-kerk 3-6, 1-6; Reynaud Michaux & Alec Viljoen v J Vos & Webster 1-6, 2-6; Marais Liebenberg & Dirk Lategan k J Vos & Webster 5-7, 6-2 , 7-6; Reynaud Michaux & Alec Viljoen v J van Zyl & P van Niekerk 0-6, 0-6. Mans: Malmesbury C teen Rekreasie - Malmesbury wen 4 -1 Melt Smit k P Joubert 6-3, 6-4; Marno Crafford k D Olivier 6-2 , 7-5; Martin Nel & Morne van Zyl k A Gentle & M Foster 6-3, 6-3; Melt Smit & Marno Crafford v A Gentle & M Foster 2-6, 6-7; Martin Nel & Morne van Zyl k P Joubert & D Olivier 6-3, 7-5. Vroue: Malmesbury A teen Maties A - Malmesbury verloor 3 wedstryde teen 2 Demi Rose v D Liebenberg 6-3, 1-6, 6-7; Kim Titus v M Lamprecht 2-6, 2-6; Annette de Wet & Antoinette Snyman k M Enslin & D Zimmy 6-4, 6-2; Kim Titus & Demi Rose k M Enslin & D Zimmy 6-2, 7-5; Annette de Wet & Antoinette Snyman v D Liebenberg & M Lamprecht 2-6, 2-6. Vroue: Malmesbury B teen Wellington A - Malmesbury verloor 4-1 Marlene Hanekom v A Venter 0-6, 0-6; Sunette Botha v T van Vuuren 0-6, 1-6; Elizma White & Mariethna Petersen k L le Roux & A Sampson 6-2, 6-7, 7-6; Marlene Hanekom & Sunette Botha v L le Roux & A Sampson 5-7, 2-6; Elizma White & Mariethna Petersen v A Venter & T van Vuuren 1-6, 1-6.
uitslae geborg deur
NUUS • NEWS
courant
dié
22 Oktober 2014
tel 022 487 3221
19
SPORT
22 Oktober 2014
Sportuitslae - Sports results Gholf
Malmesbury Woensdag Sundowner - Enkel Stableford: Donato Stelluto 22; Frans Destroo21; Piet Kemp 20. Vrydag Sundowner - Enkel Stableford: Martell van Lill 22; Tian van Lill 21; Jacob Go0sen 20; Donato Stelluto 20.
Wenners:
Só lyk 'n wenspan. Riebeek United se span na hulle oorwinning van 23-19 teen McGregor.
• DORINGS, BLOUES EN ABBOTSDALE UITGESKAKEL
Riebeek United in finaal
Riebeek United se rugbyspan het Saterdag op Worcester vir McGregor ore aangesit om deur te dring na die halfeindronde van Boland Rugby-unie se eersteliga. Riebeek United het die wedstryd stadig begin en het in die eerste vyf minute 3-0 agter geloop. Van die afskop af het Heinrich Heynse die steelkant mooi gebruik en skitterend na binne afgetrap om die eerste drie te druk. McGregor, met groter voorspelers, het die eerste helfte die bal voor beskerm, maar Riebeek was baie gevaarlik op die teenaanval. United het halftyd agter geloop met 19-10. In die tweede helfte was dit met nuwe vuur dat die
Swartlanders die span van McGregor ore aangesit het in alle fasette van die wedstryd. Lorenzo Lameyer het ‘n briljante opvolg-drie vir Riebeek gedruk. Hierna het hulle kookwater gespeel en wen die wedstryd 23-19. Die span vra die Swartland moet hulle ondersteun met die wedloop na die titel. Hulle speel Saterdag om 13:00 op Robertson teen Overhex. Die ander plaaslike spanne het Saterdag nie te waffers gevaar nie. In die ander eersteliga-wedstryd het Bloues vasgeval teen Young Westlyans. Aanvanklik het dit goed gelyk en halftyd was Bloues voor met 23-8.
Ná rustyd was dit ‘n riller: vleuel Gideon de Klerk moet af en kry steke vir ‘n oop oogbank; heelagter Christiaan Marang kry ‘n geelkaart; stut Werner Grundman verlaat die veld; senter Salamo Koordom moet af, ook met 'n oop oogbank; en slot Brain Jacobs ook af, tong stukkend. Young Westlyans teken twee drieë binne 15 minute aan. Bloues veg terug maar tevergeefs, hulle hele wedstrydplan is daarmee heen. In die Superliga het Abbotsdale ook in die stof gebyt. Hulle verloor 18-19 teen Young Hamiltons in die halfeindronde van die liga. Die rustydtelling was 11-13.
Twee plaaslike atlete is genomineer vir die Departement Sport en Ontspanning se jaarlikse sporttoekennings: Ashleigh Moolman Pasio in die afdeling vir Sportvrou van die Jaar en Gezelle Magerman as Nuweling van die Jaar. Die toekennings het ten doel om erkenning te gee aan individue en spanne wat op en af van die veld presteer het in die tydperk 1 Oktober 2013 tot 31 Augustus 2014. Die toekenningsaand vind op 30 November in die Sandton Konvensiesentrum plaas. Kandidate is genomineer deur die nasionale sportfederasies, die sportmedia en ‘n nominasiepaneel. Ashleigh, wat ‘n gedeelte van die jaar op Riebeek-Kasteel woon, is baie in haar noppies met haar nominasie. Sy het in ‘n onderhoud met
SAPA gesê dit sal ‘n groot eer wees, sou sy die toekenning as SA Sportvrou van die Jaar wen en ‘n goeie afsluiting van die 2014-seisoen. Aldrie die nominasies vir Sportvrou van die Jaar het medaljes by vanjaar se Statebondspele verower. Ashleigh, wat brons in die fietsry gekry het, kom te staan teen spiesgooier Sunette Viljoen (silwer) en stoeier Mpho Madi (brons). Vanjaar was Ashleigh se eerste deelname aan die Statebondspele. Ashleigh, wat ook Afrikakampioen is, het verlede maand in die top 20 van die UCI Road World Championships, geëindig. Sy het onlangs by die Bigla-span aangesluit vir die 2015/16-seisoen en sê sy is reeds besig om vir die 2016 Rio Olimpiese Spele voor te berei.
“As jy wil wen, moet jy jouself voorberei en hard oefen,” sê Gezelle Magerman van Darling. Dié graad 11-leerder het vroeër vanjaar Suid-Afrika se enigste goue medalje by die Jeug Olimpiese Spele in China gewen. Sy het aan die 400m-hekkies deelgeneem en ook ‘n nuwe SuidAfrikaanse rekord opgestel. Saam met haar in die afdeling vir nuwelinge is Wayde van Niekerk en Ricaldo Coetzee genomineer. Gezelle is ook pas aangewys as Wes-Kaapse Jeugheld vir September van Lead SA, ‘n webblad wat stories vertel van mense wat ons land ‘n beter plek maak. “Suid-Afrika is trots op haar en haar prestasie,” sê Philip Humphreys wat haar genomineer het.
Magerman, Pasio genomineer vir gesogte toekenning vir prestasies
Fietsry Malmesbury Tiletoria Westcoast Express 118km (Pad): Mans: 81 Chrispin Fourie 3:11:29; 167 Glenn Norrie 3:21:21; 341 Kobus Drotschie 3:51:37. Vroue: 10 Elfriede Wolfaardt 3:29:40; 20 Elishia Drotschie 3:51:26; 24 Madeleen Kotze 4:04:59. PPA One Tonner 163 km (Pad): Mans: 200 Kobus Duminy 4:56:58; 382 Fietie Rocher 5:38:51. Vroue: 12 Elfriede Wolfaardt 5:07:15; 53 Elishia Drotschie 6:26:53; 59 Madeleen Kotze 6:35:29. Tennis Malmesbury Mans: Malmesbury A teen Country Club A - Malmesbury verloor 6-0 Braam Isaacs v J Maritz 1-6, 1-6; Dmitri Marais v M de Clippel 0-6, 4-6; David Isaacs v A Meyer 1-6, 3-6; Kristoff Isaacs v D Terblanche 2-6, 3-6; Braam Isaacs & David Isaacs v J Maritz & M de Clippel 0-6, 4-6; Dmitri Marais & Kristoff Isaacs v A Meyer & D Terblanche 1-6, 6-3, 6-7. Mans: Malmesbury B teen Strand - Malmesbury verloor 3-2 Dirk Lategan k J van Zyl 6-2 , 6-3; Marais Liebenberg v P van Nie-kerk 3-6, 1-6; Reynaud Michaux & Alec Viljoen v J Vos & Webster 1-6, 2-6; Marais Liebenberg & Dirk Lategan k J Vos & Webster 5-7, 6-2 , 7-6; Reynaud Michaux & Alec Viljoen v J van Zyl & P van Niekerk 0-6, 0-6. Mans: Malmesbury C teen Rekreasie - Malmesbury wen 4 -1 Melt Smit k P Joubert 6-3, 6-4; Marno Crafford k D Olivier 6-2 , 7-5; Martin Nel & Morne van Zyl k A Gentle & M Foster 6-3, 6-3; Melt Smit & Marno Crafford v A Gentle & M Foster 2-6, 6-7; Martin Nel & Morne van Zyl k P Joubert & D Olivier 6-3, 7-5. Vroue: Malmesbury A teen Maties A - Malmesbury verloor 3 wedstryde teen 2 Demi Rose v D Liebenberg 6-3, 1-6, 6-7; Kim Titus v M Lamprecht 2-6, 2-6; Annette de Wet & Antoinette Snyman k M Enslin & D Zimmy 6-4, 6-2; Kim Titus & Demi Rose k M Enslin & D Zimmy 6-2, 7-5; Annette de Wet & Antoinette Snyman v D Liebenberg & M Lamprecht 2-6, 2-6. Vroue: Malmesbury B teen Wellington A - Malmesbury verloor 4-1 Marlene Hanekom v A Venter 0-6, 0-6; Sunette Botha v T van Vuuren 0-6, 1-6; Elizma White & Mariethna Petersen k L le Roux & A Sampson 6-2, 6-7, 7-6; Marlene Hanekom & Sunette Botha v L le Roux & A Sampson 5-7, 2-6; Elizma White & Mariethna Petersen v A Venter & T van Vuuren 1-6, 1-6.
uitslae geborg deur