courant
tel: 022 487 3221
swartland en weskus Uitgawe 224
die
Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant
hugenotestraat 24, malmesbury
29 Mei 2013
Vallei onder die kombers... Die Riebeekberg bly vir almal in sy omge wing ‘n plek vol won ders. Hoewel som miges dié mooi stuk natuur net van ver af bewonder, is Julia Christen van RiebeekKasteel (regs) en haar pa, Daniel Christen, versot daarop om dié landmerk naweke te verken. Hier verwon der Julia haar een vroegoggend aan die natuur, nadat hulle die nag op die berg geslaap het. FOTO: Daniel Christen
•Ikusasa Riebeek bied ‘nuwe hoop’ vir 10
Sjefskool skop af
n Besondere mylpaal is Saterdag op RiebeekWes bereik met die opening van die Ikusasa Sjefskool, wat aan 10 plaaslike studente die geleentheid bied om ‘n in diepte kennis en ondervinding in die kosbedryf op te doen en ‘n internasionaal erkende sertifikaat in dié bedryf te verwerf. “Dit alles het begin as die breinkind van Sundru Pillay, wie se inisiatiewe in 2010 gelei het tot die stigting van die eerste Ikusasa Sjefskool in Durban,” verduidelik Don King, die beskermheer van die Ikusasa-skool op Riebeek-Wes. Pillay is die voorsitter van die maatskaplike verantwoordelikheidsprogram vir die Suid-Afrikaanse Chaîne des Rôtisseurs Foundation Trust (‘n Franse vereniging in die voedsel- en wynbedryf) en ‘n lid van dié internasionale stigting. King verduidelik dat Pillay graag sy finansieel bevoordeelde kennisse uitdaag om dié jongmense wat finansieel en akademies benadeeld is, te ondersteun en hulle ‘n kans te gee om hulself in die kosbedryf te bekwaam. “My droom is om in elke provinsie só ‘n sjefskool te sien,” het Pillay Saterdag tydens die opening gesê. King het einde Junie verlede jaar pas in die
Vallei afgetree as besturende direkteur van die internasionale hotelskool in Suid-Afrika, toe hy twee dae ná aftrede ingetrek is in dié projek wat nege maande later as die Ikusasa sjefskool in die geboue van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool geopen het. Ikusasa, wat ‘nuwe môre’ of ‘nuwe hoop’ beteken, bied nou aan 10 plaaslike studente ‘n jaarlange kursus waarin hulle die etiket en akademiese en praktiese kennis ontwikkel om hulle aan die einde van die kursus die trotse eienaars van ‘n internasionaal-erkende sertifikaat te maak. “Hierdie kursus word uitsluitlik bedoel vir kinders wat dit nie andersins sou kon bekostig nie,” beklemtoon King. Hoewel die kursus R60 000 per jaar per student kos, betaal dié studente, wat met die hand uitgesoek is, geen sent daarvoor nie. PPC Riebeek en die Ackerman Pick n Pay Foundation was die hoofborge, en het gesamentlik bygedra het om die ou Smuts Malan-koshuis te omskep in 10 moderne werkstasies, waar 10 studente elkeen met sy eie stel kombuisware werk om praktiese ondervinding op te doen. “Hoewel die sjefskool in die geboue van die
Riebeeck Vallei Spesiale Skool gehuisves word, funksioneer die Ikusasa-skool heeltemal apart van dié skool,” beklemtoon King. Anne Fischer, ‘n Cordon Bleu-sjef wat in die Vallei woon, is die onderwyser en sy handhaaf baie streng reëls: Net Engels in die klasse, sodat die studente die gebruikstaal kan leer ken, asook ‘n ysere dissipline, wat broodnodig is om in dié bedryf te funksioneer. Die akademiese kennis word met voorafgereëlde praktiese sessies afgewissel. Peter Kopppies, wat namems die studente gepraat het, het nie net sy dank vir die geleentheid uitgespreek nie, maar bygevoeg: “Hierdie is ‘n kans in ‘n leeftyd vir my - ‘n kwalifikasie wat ek nie op ‘n ander manier sou kon kry nie!” Volgens King kan hy reeds sien hoe die leerders ontwikkel het sedert Maart en glo hy vas dat hierdie ‘n waardevolle geleentheid aan die leerders bied: “As hierdie studente dié geleentheid reg benut, kan dit ‘n groot ommeswaai in hul lewens, en die lewens van hul families bring. “Ons beplan om verdere programme aan te bied sodat die studente se lewens verryk en gemotiveer kan wees!” Sien ook die foto-beeld op bl. 10 en 11.
2
NUUS•News 29 Mei 2013
Smuts-verjaardag gevier
Kol I Bester (Vs R.W.P Regimentsraad), MOTH P McClaclan (Marshal Smuts Shellhole), Old Bill D vd Berg (Blaauwberg Cuca Shellhole), Vorige Bevelvoerders Lt-Kol D Holtzhaus en, G Boshoff, H Saayman, Huidige R.W.P Bevelvoerder Lt-Kol Harold Gertse en sy R.S.M A Wakies neem Sondag deel aan die heildronk op genl. Jan Smuts in sy geboortehuis buite Riebeek-Wes. Die drink van ‘n heildronk met R.W.P brandewyn (Honour Toast) is die hoogste eerbetoon wat die Regiment aan enige persoon of instansie kan gee. Dit het nog slegs ‘n paar maal is in die geskiedenis gebeur, maar die heildronk word elke jaar tydens Smuts se gedenkdiens gedrink. ‘n Gelyksoortige gedenkdiens word jaarliks ook tydens Smuts se verjaardag in Irene, waar hy gewoon het, gehou. Die organiseerders, wat jaarliks hierdie seremonie hou, is vol lof vir die ondersteunende rol wat PPC Riebeek speel in die versorging van dié ou gebou.
•na verskeie teaters genooi
Darling se ‘Don Giovanni’ gaan van krag tot krag Die opera-produksie Don Giovanni, soos uitgevoer op die Darling Music Experience in Februarie vanjaar, het ‘n groot eer te beurt geval nadat dit op uitnodiging ook op 26 Julie op Vredenburg en in Augustus op die Klein Karoo Klassique-fees op Oudtshoorn uitgevoer sal word, asook einde Augustus in die Baxter-teater in Kaapstad. ‘’Opera-entoesiaste sal dus nou twee algeheel verskillende vertolkings van Mozart se meesterwerk kan vergelyk,’’ het Alfred Legner, stigters- en komiteelid van die Darling Music Experience, aan die courant ge-e-pos. ‘’Opera in Darling is ‘n inisiatief van die Darling Music Experience en toon wat ‘n klein Swartlandse dorp kan doen. Die doel is om klassieke opera, verteerbaar vir moderne gehore aan te bied: verkort, vars, humoristies en met ‘n kontemporêre storielyn en fantastiese stemme.’’ Die Darling Music Experience is ‘n breinkind van die dirigent David Tidboald, komponis Hendrik Hofmeyr en die musiek-entoesias Legner met die doel om klein konserte op die platteland te hou vir liefhebbers van sowel klassieke as
populêre musiek. Don Giovanni word opgevoer deur akteurs van die Universiteit Kaapstad se operaskool, wie se uitvoerings op die Darling Music Experience met staande applous en goeie resensies in die media begroet is. ‘’Ons het ongelukkig nog nie die sangers vir so ‘n produksie op Darling gereed nie, maar hopelik sal ons met verloop van jare hulle oplewer deur ons musiekonderrig-inisiatief ‘Darling Music for All’,’’ aldus Legner. Hierdie weergawe van Don Giovanni word ook van 20 tot 24 Augustus in die Baxter-teater op die Universiteit Kaapstad se kampus uitgevoer. Die regisseur van Don Giovanni is Christiaan Olwagen, die musikale regisseur dr. Lisa Engelbrecht en die rolverdeling vir die naderende uitvoerings sluit in Phelo Nodlayiya as Leporello, Beverley du Plessis as Donna Elvira, Janel Speelmann as Donna Zerlina, Nomsa Mpofu as Donna Anna, Mkudpanyane Senaona as Don Ottavio, Raimondo van Staden as Masetto/Commendatore en Johannes Slabbert as Don Giovanni.
Misverstanddam tans meer as 100% vol
Die Wes-Kaap se damme is voor die reënseisoen tans nagenoeg 11,4 persentasiepunte voller as op dieselfde tydstip in 2012. In die Swartland is die Voëlvleidam in die Voëlvleirivier naby Gouda tans 51,4% vol, teenoor verlede week se 52,2%. Dit is byna 8 persentasiepunte meer as die 43,5% op die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Die Misverstanddam in die Bergrivier is tans 100,4% vol, teenoor verlede week se 98,8%. Die Misverstanddam was op dieselfde tyd verlede jaar 104,4% vol, dus tans 4 persentasiepunte minder. Die Bergrivierdam, ook in die Bergriver,
hou tans 71,3% water, teenoor verlede week se 71,5% en ‘n jaar gelede se 60,8%, dus 10,5 persentasiepunte meer as ‘n jaar gelede. Die Wemmershoekdam is volgens die jongste meting 65,6% vol, teenoor verlede week se 67,6%; dus 19 persentasiepunte voller as ‘n jaar gelede toe die vlak op 46,6% gestaan het.Al die damme in die Wes-Kaap is gemiddeld 55,1% vol, teenoor verlede week se gemiddeld van 55,6% en 2012 se 43,7%, wat daarop neerkom dat die provinsie se damme tans nagenoeg 11,4 persentasiepunte meer water hou as in die ooreenstemmende tyd in 2012, volgens die Departement van Waterwese se webblad.
Always First with Quality & Choice! BULK Stewing beef
29.99 p/kg
Pork Shoulder Ribs (Plain / Spiced)
19.99
p/kg
Smoked Turkey Soup Pieces
Prices valid at all Brito’s stores from Tuesday 28 May until Saturday 01 June 2013. While Stocks Last. E&OE
15.99
500g Pork Bangers
p/kg
Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Address: Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za
12.99 each
1.5kg French Polony
18.99 each
3
NUUS•News 29 Mei 2013
Bring Komberse teen Koue “Komberse teen die Koue” is ‘n projek van die courant en die ACVV-takke regoor die Swartland. Winter is hier en bitter baie mense in ons streek leef in baie koue omstandighede. Elkeen wat een of meer kombers kan skenk, koop of uitgooi, kan dit dit na die naaste ACCV-tak op sy /haar dorp neem voor of op 20 Junie. Op Malmesbury kan mense die komberse na die kantoor van die courant, in Hugenotestraat 24, bring. Alle komberse sal dan ook op 20 Junie aan die plaaslike
ACVV-kantoor oorhandig word. Annake Bester, die ACVV Weskus Streekkonsultant is oorstelp oor hierdie inisiatief. “Die ACVV lewer dienste aan kinders, gesinne en ouer persone. Dié donasies van komberse stel die ACVV in staat om mense se lewenskwaliteit te verbeter. Die ACVV het ook sy eie landwye projek Winterhoop, wat ook op 20 Junie sluit. ‘Komberse teen die Koue’ val dus saam met dié projek van die ACVV, wat daarop gemik is om die felheid van die winter te temper.”
ten bate van die Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders-projek
31 Augustus 2013; Eensgezind; 09:00 vir 09:30 - 13:00 Koste: R260 pp Sluit in propvol geskenksakke, drie-gang maaltyd en puik vermaak. Hope pragprodukte by stalletjies te koop. Besprekings by info@clf.co.za of 021 873 0198
Gaskunstenaars: VonWest Annake Bester, streek konsultant van die ACVV.
Kobie Jacobs en Dealan Fredericks (regs) van Schoon spruit Sekondêr. Dealan is saam met drie ander jong akteurs landwyd gekies is vir ‘n ver hoogproduksie by die Suidoosterfees.
• gekies vir feesverhoog
3e keer skeepsreg vir akteur Dealan
Nadat die 18-jarige Dealan Fredericks van Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury reeds twee keer sonder sukses deelgeneem het aan ‘n landwye drama-kompetisie, wou hy nie vanjaar wéér deelneem nie. Om vir ‘n derde keer afgewys te word, sou darem net te sleg wees, het hy geglo. Maar toe oortuig sy drama-onderwyseres, Kobie Jacobs, hom om tog weer in te skryf. Die uiteinde hiervan is dat Dealan en net drie ander hoërskoolleerders landwyd gekies is om die verhoog te deel met bekendes soos Kim Cloete (Pasella) en Theodore Jantjies (Sewende Laan). Hulle gaan in Desember baie hard oefen aan die verhoogproduksie ‘Agtervolger’, ‘n boek van Johan van Lill wat binnekort ook ‘n voorgeskrewe boek vir graad 10-leerders gaan wees. ‘Agtervolger’ gaan in Januarie op die planke kom tydens die Suidoosterfees en in Maart by die Woordfees op Stellenbosch. “Ek kan nie wag vir Desember nie,” sê Dealan, graad 12-leerder, oor dié vooruitsig. Intussen oefen hy en sy drama-maats hard aan ‘n Hoërskool Dramafees wat vanaand in die Kunstekaap (ArtsCape) te sien sal wees.
CLF Vrouedag 2013
En soos dit met matrieks gaan, kom daar nog eksamens ook tussen-in: “Ek is tans besig met eksamen en dit is my plig om my voor te berei hiervoor sodat die dramas nie invloed moet hê op my skoolwerk nie. Dit is bietjie moeilik, maar ek offer op daarvoor. Ek sien uit na al hierdie geleenthede omdat ek nou so baie sigbaar word op die verhoog - ek gryp dit aan met albei hande!” sê Dealan. Tereg ook so, want sy kop staan universiteit toe – hy is reeds ingeskryf om volgende jaar die B-graad in Drama by die US te swot. Oor Jacobs, sy drama-afrigter, sê Dealan: “Sy sit álles in om ons op die verhoog te kry! Sy en Gershwin Cloete berei ons nou voor vir die Namakwalandse Toneelfees op Springbok later vanjaar. Sy druk my om elke keer nóg harder te werk en as ek lank vat om in ‘n rol in te kom, gee sy vir my raad, help sy my baie.” Sy ouers, Winston en Ursula Fredericks, is net so trots op hom, sê Dealan. “Ek is die eerste uit ons familie om in die kunsrigting iets reg te kry. My ma sê ewe sy gaan een van die dae die ma van ‘n akteur wees! Maar ek beplan om nie ‘n groot kop te kry nie, ek wil net nederig en myself bly!”
Gasspreker: Kona Brown, Mev Verenigde Nasies 2012
menings•opinion
courant
29 Mei 2013
die
4
‘n Lewende monument
Wanneer studente sigbaar dankbaar en trots geklee in hul wit sjef-uniforms ‘n eed vir hul toekomstige beroep aflê in ‘n kombuis wat uit skenkings en goeie harte gebore is, laat dit die besef van behoefte, maar veel eerder die besef dat ‘n wil en vennootskappe kan help om gróót dinge BINNE in ons gemeenskap gestalte te gee. Agter die splinternuwe Ikusasa Sjefskool op die perseel van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool op Riebeek-Wes lê lang ure se werk deur mense met ‘n passie. Al is politiek ‘n integrale aar in die gister, vandag en môre, is dit nodig om in plaas van terug te kyk en die slaanstok op te tel, só eerder skouer aan die wiel te sit om saam vir elkeen ‘n môre uit te kap. Dit was duidelik in die visie van ‘n nuwe (“aftreëende”) inwoner van die Riebeekvallei, maar ook in die oop hande van donateurs en in die dankbaarheid van die studente dat daar vir almal gemeenskaplike belange en doelwitte in die toekoms lê. Om een spreker se stelling te gebruik, dit is ‘n “toekoms op ‘n bord” vir hierdie studente. Die geleentheid wat ‘n beperkte uitgesoekte groepie studente kry, kan die deure van ‘n loopbaan op die internasionale speelveld van sjefs onder die akkreditasie van City & Guilds oopforseer. Die Ikusasa Sjefskool Riebeek-Wes is ‘n mylpaal, ‘n lewende monument van wat gedoen kán word met vennootskappe tussen die privaatsektor en die regering.
Wil jy dans, Karina?:
Hierdie leerders van Laerskool Swartland op Malmesbury het deelgeneem aan die Paarl Vallei Eistedfodd vir die groepdans 7 tot 8 jaar, waarvoor hulle ‘n silwermedalje (70 -74%) ont vang het. Hulle is agter: Mané Visser, Danél Visser en Daniëlle Thompson. Voor is Linda van Wyk, Marléna Walters en Hanné Louw.
‘n Maatstaf van geluk?
It’s Good News
dr. Marc Blackwell Snr.
‘I will not leave you’
Before going to the cross to pay for our sins Jesus prayed and discussed our “joy” with His Father. John 17:13: “But now I come to Thee; and these things I speak in the world, that they may have My joy made full in themselves.” Leaving someone behind for a lengthy period can be complicated! Your thoughts are always on what you can do to help them while you are gone? What messages could you leave them to remind them of ‘the important things?’ What can you do to leave behind a bit of joy and to assure them you will see them soon? Of course, Jesus thoughts were also on us - in just the same way. “I will ask the Father, and He will give you another Helper, that He may be with you forever; 17 that is the Spirit of truth, whom the world cannot receive, because it does not see Him or know Him, but you know Him because He abides with you and will be in you. 18 “I will not leave you as orphans; I will come to you. 19 “After a little while the world will no longer see Me, but you will see Me; because I live, you will live also.” (John 14:17)
Ek is amptelik met verlof. Net betyds, want my glimlag was al na-aan ‘n grynslag en my geduld dunner as ‘n garedraad. Ek hoop om myself en my kop uit te sorteer as ek my kaste en rakke mooi regpak. Wonderlike woorde. Moeiliker om uit te voer. Terwyl ek my laslappie-sak die eerste oggend uitskud, oorwin heimweë my. Baie van dié lappe kom uit my kinderdae. Saam met die materiaal kom die onthou en ek gaan haal foto-albums van my kinderjare, blaai daardeur en onthou weer langvergete familiereünies, Kersetes en vreugdevolle Nuwejaarsfeeste. Ek sien foto’s van mense met dié klere aan waarvan ek nou die lappe in my hande hou en raak só meegevoer dat ek my bejaarde moeder bel en nog later my suster. Ons gesels en lag oor voorvalle en vreemde familielede en voor ek myself kan keer, spreek ons af dat my ma en sussie by my kom kuier, al my uitsorteer-voornemens ten spyt. Ná ‘n heerlike koppie tee en die deurblaai van my nuutste tydskrif, los ek later die blokraai teësinnig en met ‘n cd in die agtergrond, begin ek stelselmatig my lappe volgens kleure uitsorteer, met die plan dat ek dit saans in blokkies kan verwerk en my jarelange projek van laslap-dekens vanjaar nog afhandel. Groot skok toe die wekker sê dat die skoolklok nou-nou gaan lui.
Hulle is so opgewonde oor hul ma in kwartaaltyd tuis is, dat ek hulle belowe het geen nasorgsentrum vir hulle hierdie week nie! Op my tweede vry oggend het my buurvrou kom vertel hoe lekker dit vir haar is om my weer op ‘n weeksoggend te sien. Ons het ons sit en verwonder aan die pragtige voorbeelde van trourokmateriaal vir haar dogter se komende troue en saam gedroom oor die moontlike patrone vir elke stukkie materiaal. Daarna het ons deur die patroonboeke geblaai om te besluit watter patrone ek kon gebruik vir my laslappiedekens. Nog ‘n koppie tee en ons eie troualbums deurgeblaai, met lekkerlag onthoue en verstomming oor die aardighede van gewese haarstyle, tot die wrede wekker my weer herinner aan die tweede oggend sonder uitgesorteerde kaste! Ek
en die kinders het die heerlikste middae saam deurgebring. Hulle was in die sewende hemel om hul ma die hele tyd by hulle te hê en ek het ook begin glo dit is hoe die lewe eintlik behoort te wees. My ou moeder en suster se vier dae-kuier was wonderlik. Heerlike geselsies, onthou en lag. Teekoppies en oudhede uitpak wat ons herinner aan vergange se dae, foto’s en gedagtes uitruil terwyl ons hande die lappe knip, stik en vervorm tot diensbare dekens en kussingoortreksels. Saam met die eerste winterreën en pannekoeke, speletjies, legkaarte en oefen aan die komende eisteddfod-stukke, het my kinders namiddae geblom soos lanklaas. Teen die einde van die week het ek my eie planne diép weggebêre en my geluk begin weeg aan die blink oë van my kinders, die opgehoopte stapels blokkies van emosioneelgelaaide materiaalvorms wat ek en my familie met die tyd tot diensbare dekens sou omvorm, en die afskeidswoorde van waardering toe my ou moeder vertrek het. Niks van my eie planne nie, maar soveel verrykende oomblikke. En die grootste vreugde van alles, toe ons jongste my een aand styf om die lyf vat en verklaar: “Dis darem lekker dat Mamma vir ons kom kuier het!” * Ons plaas graag rubrieke van ongeveer 500 woorde. Stuur u bydrae vir voorlegging aan sarie@diecourant.co.za
nuus • news
5
29 Mei 2013
• reisskrywer verken
Voetslaan deur die Swartland
Op 36 het James Bainbridge reeds reisigergidse geskryf vir lande soos Turkye en Marokko, skryf hy gereeld sy reisigerverhale vir BBC Travel, het hy sy geboorteland (Brittanje) verruil vir SuidAfrika om in Kaapstad te woon saam met sy Suid-Afrikaansgebore vrou – en stap hy vandag nog verder aan sy maandlange voetslaanroete tussen Kleinmond en Piketberg. “Dis my R44-missie,” verduidelik hy sy vreemde besluit. “Dis die eerste keer dat ek ‘n roete te voet aflê. Op my ander toere gebruik ek plaaslike vervoer – en dit sluit die ‘bostaxi’s’ van WesAfrika in!” Bainbridge het die naweek in Riebeek-Kas-
James Bainbridge
teel deurgebring en saam met Daniel Christen en sy dogter, Julia, die Kasteelberg uitgeklim. Maandagaand het hy in die Gouda-hotel oornag en gisteraand sou hy by ‘n boer op sy roete na Piketberg oorslaap. Hy stap die 250 km tussen Kleinmond en Piketberg grootliks alleen. “My vrou, Lee-Robin, kom sluit naweke by my aan vir morele ondersteuning!” Bainbridge se doel met hierdie staptog is die uitgee van ‘n pragtig geïllustreerde koffietafelboek, veral om die buitelandse denke oor SuidAfrika te verander. “Daar is soveel wanvoorstellings van Suid-Afrika in die buiteland, dat ons dit moet verander,” sê hy. Hoewel Bainbridge gereeld Tafelberg en Leeukop uitklim, beskryf hy sy klim teen die Kasteelberg as ‘quite challenging.” Maar die uitsig daarvandaan, die Boesmantekeninge en die groot verskeidenheid fynbos het beslis meer as vergoed daarvoor. Bainbridge neem ook uitstekende natuurfoto’s van sy roetes. “Die dramatiese kuslyn vanaf Kleinmond, rondom Gordonsbaai en die Strand, asook die pragtige berge en wingerde rondom Somerset-Wes, Stellenbosch en die Paarl, het geleidelik begin oorgaan in die meer landgebou-gedrewe Swartland. Ek wyk soms af van die teerpad, soos toe ek deur Porseleinberg gestap het – en juis op die ‘ander’ paaie sien ek baie juweeltjies!” Maandag, toe Bainbridge natgereën en in ‘n neerslagtige bui aanstap Gouda toe en vragmotors om hom raas en water opspat, het sy vrou opgewonde gebel om te vertel dat hul eerstelingbaba, wat sy nou verwag, ‘n seun gaan wees. “Dit het my hele dag verander! Ek moet nou nog ‘n mooi naam vir hom soek,” was Bainbridge se grootste probleem teen Maandagaand. Sy volgende missie? “Ek beplan nou ‘n rit deur die Karoo, op ‘n donkie-kar!”
PLUS EARN POINTS
R OUT ER N I w HOT LIST
SO mANy wAyS TO
SAVE on ESSEntIALS Product has been styled for photography
4998 Per kg
Half or Whole Lamb Super A2/3 Grade
Product has been styled for photography
3898 Per kg
Grootmaat maer Beesmaalvleis
2995
2999
2999
799
Per kg
County Fair Fresh Chicken Braai Pack 5s, 10s or 16s
Aartappels Medium 1ste Graad 7kg
Humpty Dumpty Groot eiers 30s
Long-life Tomatoes 1st Grade 1kg
2199 Huletts Witsuiker 2.5kg
Enorme skip:
Marius Small van Laerskool Riebeek-Kasteel het hierdie ernome skip volgens skaal uit slegs papier, karton en tou gebou. Hy het al verskeie soortgelyke projekte aangepak en hierdie laaste werkstuk het hom slegs 11 dae geneem.
Hannes van Wyk-kaartjies te wen Hannes van Wyk, bekende TV-persoonlikheid en tans aanbieder van Bravo! op KykNet, is op 8 Junie in die Malmesbury Stadsaal die motiveringspreker, wanneer die ACVV Dienssentrum ‘n Vroueoggend ten bate van dié Sentrum, aanbied. Gasvroue en sangers sal saam met dié gewilde akteur (Krynauw van Egoli) en een van TV se veelsydigste persoonlikhede die oggend opvrolik, terwyl skoonheidsprodukte, juweliersware en ander produk-
te uitgestal en te koop aangebied sal word. Kaartjies @ R120 is te koop by Kontreispens in Piet Retiefstraat op Malmesbury. Vier gelukkige lesers staan ‘n kans om ‘n kaartjie na dié geleentheid te wen. Antwoord net ons maklike vraag saam met jou naam, van en dorp en sms dit voor Maandag 3 Junie na 084 8333 813. VRAAG: Ten bate van watter organisasie tree Hannes van Wyk op Malmesbury op?
kOOP ENIGE 2 VIR
1989
Lay’s Aartappelskyfies Verskeie 125g
PRICES VALID 30 mAy - 2 junE 2013 AT PIck N PAy LANGEBAAN, mALmESBURy, VREDENBURG & wELLINGTON ONLy
799
Sasko White Toastie loaf 700g
www.picknpay.co.za
Please Recycle
CuStomER CARE
Toll Free: 0800 11 22 88 (lAndline only. CellPhone rATes APPly)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cellphone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
10341M_Bil
6
nuus•news 29 Mei 2013
•Dosyn bulte en toe reuse-eindpoging
Ashleigh kraai koning in Europa Ashleigh Moolman-Pasio van Riebeek-Kasteel het die afgelope Vrydag in haar skitterende sege in die Holland Hills Classic vir die fietsrywêreld gewys sy is meer as net ‘n klimmer, sy kan ook naelry. Moolman-Pasio, Suid-Afrika se padfietsry- en naelrykampioen, het na haar eerste plek op die podium in haar laaste wedren in Valkenburg, Nederland, by navraag aan die courant gesê sy is tot dusver nog net as ‘n klimmer in Europa beskou. Met Vrydag se oorwinning het sy gewys dat sy blitsig kan versnel aan die einde van ‘n wedren. Die wedren oor 120 km het ‘n dosyn kort maar styl bulte. ‘’Dit was baie hard van begin tot einde. Ek het pas teruggekeer van die Tour du Langeudoc Roussillin oor vyf dae in Frankryk. ‘’Na die strawwe toer, met net een rusdag tussenin, was ek nie seker hoe ek sou voel nie, maar my bene het verrassend goed gevoel. Ek het die wedren geniet en die roete het my perfek
Leerders vereer:
gepas,’’ het Ashleigh aan die courant ge-e-pos. Toe die voorste groep van 14 ryers die eindpunt nader, was daar talle aanvalle van jaers wat probeer wegbreek het. ‘’Ek het egter besluit om eers te wag en net my posisie behou. Ek het my geestelik reg ingestel vir die uitdaging na die wenstreep. Ek was perfek geplaas en met 300 m oor het ek ‘n gaping gesien en losgetrek met my eindpoging,’’ vertel Ashleigh, wat Suid-Afrika op die laaste Olimpiese Spele verteenwoordig het. ‘’Ek was oorweldig toe ek die wenstreep eerste oorsteek en werklik verras met my spoed teen die einde. Dit was my eerste groot oorwinning in ‘n UCI-eendagwedren (Internasionale Fietsryunie).’’ Ashleigh se Europese seisoen loop tot dusver goed af. ‘’Ek is geseën met ‘n superspan (Lotto Belisol) en ons het ‘n wonderlike spangees, wat ‘n groot verskil maak. Ek waardeer al die ondersteuning van my mede-Suid-Afrikaners op sosiale media en dit word besonder waardeer.’’
Agt leerders van die Riebeekvallei Spesiale Skool het silwer medaljes en sertifikate ontvang en 10 leerders het bronsmedaljes en sertifikate ontvang vir hul harde werk en bydrae tot die gemeenskap. Hierdie leerders vorm deel van die President’s Award Programme wat ‘n wêreldwye program is vir mense tussen 14 en 25 met die doel om jong mense se lewens te verryk. By hul staan van links na regs: Jeff Fortuin, Lorraine Davids en Susan Fortuin, Award-leiers.
Ashleigh Moolman-Pasio jaag eerste oor die wenstreep . Foto: Bart Hazen Ashleigh het ‘n maand gelede die eerste SuidAfrikaner nóg geword wat ‘n podiumposisie in ‘n wedren in die Wêreldbeker-reeks behaal het
met haar derde plek in die Flèche Wallonne Femmes-wedren oor 131 km in België. Sy is tans 18de op die wêreldranglys.
Debat:
Die junior en senior debatspanne van Hoërskool Swartland het teen 17 van die streek se beste debatspanne deelgeneem aan die Dink of Sink Debatkompetisie wat jaarliks by Hoërskool DF Malan aangebied word. Die senior span het deurgedring na die finale ronde, waar hulle deur die span van Bloemhof geklop is en vierde geëindig het. Reinette Snyman, Ti ana Strydom en Ernst van Zyl is drie HSS-leerders wat boekpryse gewen het vir hul uitstaande bydraes tot die debatbyeenkoms. Op die foto is van links Althea Eksteen, Niel van Zyl, Tiana Strydom, Jana Eksteen, Reinette Snyman, Ernst van Zyl en die mede-afrigter, me. M Jordaan. Die ander afrigter is Marius van Zyl.
Nuwe truie: Die Wesbank Rugbyklub se eerste span het Saterdag amptelik hul nuwe Rugby-afrigting: Die rugbyklub Riebeek United se eerste span-groep het ‘n rugby truie, geborg deur OK Minimark, in ontvangs geneem. Hulle het Saterdag teen Wellington te staan gekom en met 54-46 gewen.
kliniek vir jong spelers van Laerskool Meiring op Riebeek-Kasteel aangebied, onder leiding van Anthony Adams.
nuus•news 29 Mei 2013
7
8
motors•motoring
29 Mei 2013
Noag, stempel, die duif en Chev se stiptelike Pronto
Die duif met die groen takkie in sy bek het met die regte boodskap na Noag teruggekeer. Intussen het baie boodskappe al met ‘n duif hul bestemming bereik. Vandag is die poswese bietjie anders en posduiwe lank reeds uitgedien. Daar is darem nog honderde posduifklubs regoor die wêreld. Duiwe dra steeds die boodskappe en vertel steeds die stories. Stories van hul eie vliegrekord en of hulle nog ‘n rol te speel het in daardie eienaar se hok. Dalk goed genoeg is om deur ‘n ander opgeraap te word. Ook die poswese is algaande besig om sy greep as uiterste noodsaaklike hulpmiddel te verloor met elektronika en tegnologie wat die onmiddellike aflewering van boodskappe - stem en teks daagliks na verdere vlakke neem. Verlede weke op Piketberg herinner ‘n ou ken-
nis die uwe aan sy dae agter poskantoortoonbanke en voorafgaande opleiding in die poskantoorskool. Marietha onthou veral hoe die uwe altyd vertel het van die teorie en belangrikheid van die perfekte afdruk van ‘n datumstempel soos ons dit geleer is. Die teorie: Om seker te maak daardie ronde stempel maak die nodige duidelike regsgeldige datumstempelafdruk, moet jy met ‘n doelgerigte, afwaartse rolbeweging na voor, soos wanneer jy die rathefboom van ‘n motor van sy tweede na die
derde rat verwissel, die stempel oor die posseël op die regterkantse bo-hoek van die koevert rol. Hierdie stempel van pos, was egter (so het die “juffrou” wat ons geleer het, gesê) nie die grootste uitdaging van ons werk nie. Veel eerder was die internasionale posstukke wat per 10 of 100g geweeg moes word en elkeen teen ‘n ander tarief volgens die land van bestem-
met die onlangse stakings was dit (ook hier by die courant) ‘n saak van blou gebed om te verseker posstukke wat na Johannesburg versend is, bereik die bestemming. Niks snaaks om te hoor die pos van die afgelope drie maande kom sommer op een slag daar aan nie. Ook geen wonder die oornagkoeriers het hulle nou reeds goed gevestig nie.
ming aangeslaan is. Menige mede-studente het hierdie onnodig gekompliseerde tariewe met moeite bemeester, net om dan na ‘n poskantoor soos Garies of Pofadder uitgeplaas te word. Nodeloos om te sê dat internasionale pakkies nie te vol op in daardie geweste was nie. Deesdae is die poskantoor ook al anders en
Koeriers oor langer en korter afstande met groter en kleiner voertuie is seker hier om nog ‘n tydjie te vertoef. Net soos papierdokumente en ..... bloedmonsters. Wel, dit is hier waar Chevrolet se splinternuwe Spark Pronto inkom. Met die vertrek van Toyota se Tazz Caddy, het
‘n Paar feite van belang:
Chev Spark Pronto 1.2 4 silinder Krag: 60kW @ 6400 r/min Wringkrag: 108Nm @ 4800 r/min Verplasingsinhoud: 1206 cm3 5-spoed Handrat
Lengte: 3,64m Breedte: 1.597m Hoogte: 1,522m ABS remme met EBD en BAS Brandstoftenk 35l 5 jaar/120 000km waarborg Prys: R101 500
daar ‘n leemte onstaan vir ‘n klein paneelwa om ligte aflewerings te doen. Die Spark het reeds gewys wat in hom steek. Met slegs twee sitplekke, kan die koper wat hierdie buks vir besigheid koop, elke sent van die BTW terugeis en ... heel gemaklik wees met die lae brandstofverbruik van dié motor wat eintlik op die pad moet bly om die sente te laat inrol. As die goedkoopste model in die Spark-stal is daar eintlik heelparty aspekte wat die oog vang. Hierdie kar spog met kragstuur, lugsakke voor, ABS met EBD, immobiliseerder, lugreëlaar en ‘n laairuimte van 876 liter. Laai 275 kg. Ook dakre lings waarop jy 50 kg kan laai - genoeg vir ‘n trapleer. Daar is nie koolstofbelasting nie en, o ja. Wel, hy is nogal rats, dié 1.2-buksie. Laurika Rauch het ’n liedjie gesing van die naald wat so regs van nul bly dwaal. Wil nou nie beweer dit is wat die uwe nagestreef het nie, maar hy is nie bang nie. Balans. Kyk, brandstofverbruik is belangrik en veiligheid van die bestuurder ook (vandaar die ABS en lugsakke), maar tyd is dikwels geld en moet daar darem ook nie onnodig ure op die pad verwyl word nie. Pronto. Stiptelik. Dit is tog wat jy van ‘n afle-
weraar sou verwag. Die Pronto is eintlik paneelwa, maar die twee agterste kantdeure maak dit baie makliker om toegang te kry tot die laairuimte. As daar straks in die toekoms honderde poskantoorklubs opstaan om die dae te herdenk toe poskantoor nog stiptelik was, kyk maar na die Pronto. Gaan ry hom gerus by Perdeberg Motors of Piketberg Motors eis jou BTW! Cheers, Tot die wiele weer rol.
REG VIR KERK EN WERK! * VANAF R229 300 ENKELKAJUIT REEKS
ABS-remme met EBD | Lugkussings | Afstandbeheerde Sentrale Sluitstelsel Misligte — Voor | Kragstuur | Lugversorger | Radio/CD-speler | Bluetooth 5-jaar/90 000km-diensplan | 5-jaar/120 000km-waarborg & Padbystand
MOENIE HIERDIE ONGELOOFLIKE AANBOD MISLOOP NIE! *Padgereedheids- en Registrasiefooie Uitgesluit. Alle aanbiedings onderhewig aan finansiële goedkeuring. Bepalings en Voorwaardes geld. Vertoonmodel mag verskil. Behoudens Foute & Weglatings.
PERDEBERG MOTORS
Bokomoweg 24, Malmesbury Tel: 022 482 1158
SITRUS MOTORS
64296 ADMAKERS.COM
NUWE ISUZU KB 250 D-TEQ LE 4x2 ENKELKAJUIT (DIESEL)
Voortrekkerweg 37, Citrusdal Tel: 022 921 2121
PIKETBERG MOTORS
Langstraat 53, Piketberg
Tel: 022 913 1113
Jy kaN By JB’s NissaN NissaN NP200 1.6 8V met lugVersorgiNg • 6-jaar/150 000km waarborg • Lisensie, registrasie en admin fooie uitgesluit
VANAF
NissaN X-trail 2.0 4X2 mt Xe
r112 000
• Lisensie, registrasie en admin fooie uitgesluit
VANAF
BTW uitgesluit
finance@jbnissan.co.za • Daniel 082 831 1598 • Andries 083 283 9916 • Sienie 082 874 2786 • Sontie 082 453 4656
JB’s Nissan Bokomoweg 54, Malmesbury Tel 022 482 1124 www.jbnissan.co.za
r274 950
BTW ingesluit
MOTORS•MOTORING 29 Mei 2013
Nuut by Rola: Theo Willemse is nuut aangestel as verkoopsbestuurder by Rola Volkswagen Malmesbury vir Master Cars, die afdeling vir gebruikte voertuie.
Nuut by Perdeberg: Johan Theron is die nuwe verkoopsbestuurder by Perde berg Motors op Malmesbury.
New Isuzu claims 4 awards
The all-new Isuzu KB has recently been awarded internationally with 4 new awards. The four awards highlighted by Isuzu brand manager, Mlungisi Nonkonyana, in their bulletin, are 2013 4WD Action Magazine’s Ute of the Year (Australia); Autobild Reader’s Choice “4x4 Vehicle of the Year” Award (Europe); VANS A2Z Award (UK) and 2013 Trade Van Driver’s Editors Choice Award (UK). Details about each of these awards are included at the end of this bulletin. 2013 Australian 4WD Action Magazine’s Ute of the Year • Widely respected as Australia’s toughest 4x4 ute test, the D-MAX triumphed over the fullgamut of Australia’s one-tonne ute segment. • “Judging criteria for the 4WDer’s Ute of the Year was simple – we wanted to test the vehicles in a way that mimics how they’d be used in real life,” said Australian 4WD Action’s editor, Brendan Seymour. “This meant loading them almost to their GVM (Gross Vehicle Mass), and then putting them through their paces in every off-road terrain imaginable, from mud, to steep hills, sand and long stretches at higher speeds ... finally, we enlisted the help of seven real 4WDers to test the vehicles like only a true 4WDer can – and the D-MAX came out on top,” he added. • Not only did the Isuzu D-MAX pick up the overall award, but it also proved the most fuel efficient of the seven utes tested. • Giving further insight to the comprehensive assessment regime, tester Steven Collins explained; “We broke the off-road performance portion of the judging down into five categories and scored each ute based on how they performed off-road. We then compared and scored fuel economy (as tested), purchase price, running costs per year (comprehensive insurance and servicing) and payload to determine the final outcome.” Autobild Reader’s Choice “4x4 Vehicle of the Year” Award The Auto Bild Allrad, is Europe’s version of our “Car of the Year” awards and is organized by the continent’s most widely read magazine - Auto Bild. Based on a poll from over 100,000 readers, the new Isuzu D-MAX took the honours in the imported pick-up category. VANS A2Z Award
The Vans A2Z team noted, “Unlike the latest generation pick-ups from Ford and Volkswagen it retains the external dimensions of the traditional one-tonne truck and is all the better for it … it feels more nimble and less bulky to drive, while retaining an impressive work ethic.” Neil McIntee, editor of VansA2Z.com, said of the D-Max: “There’s a seemingly endless supply of torque from the 2.5 litre commonrail diesel engine, a full choice of body styles and trim levels, it’s an accomplished mud-plugger, it can match load capabilities with the best, and its external dimensions make it feel nimble to drive. The icing on the cake is the generous five year/125,000-mile warranty.” 2013 Trade Van Driver’s Editors Choice Award Matthew Eisenegger, editor of Trade Van Driver magazine, said: “The new D-Max is one of those vehicles that manages to look both stylish and tough at the same time. We tested the D-
9
Max on- and off-road, and our first drive, along twisty country lanes and some fast Aroads, was in the Eiger. The interior didn’t disappoint – the seats are huge and comfortable. At a specially designed off-road course, the D-Max showed its macho side. I’m not a mudplugging expert but with a trainer beside me I managed to get through one of the toughest off-road courses I’ve ever experienced.” Trade Van Driver, published six times a year, is the only publication dedicated to offering ‘transport solutions for the trade professional’. The 11 Trade Van Driver awards, conceived to recognise manufacturers that offer the very best products and services to trade van buyers, are judged by an expert panel made up of journalists and of readers who rely on light commercial vehicles for their businesses. Trade Van Driver editor Matthew Eisenegger nominates his favourite vehicle of the year for the ‘Editor’s Choice’ award.
10
nuus•news 29 Mei 2013
Gemeenskap en donateurs vat hande Ikusasa Sjefskool geopen In wat as baanbrekerswerk vir die Swartland beskou word, is die Ikusasa Sjefskool Saterdag in die Riebeeck Vallei Spesiale Skool se geboue geopen. Ikusasa, wat ‘nuwe hoop’ of ‘nuwe môre’ beteken, het in Maart geopen nadat Pick n Pay en PPC Riebeek as borge van die bou- en omskepprogram dié uitreikaksie van die Châine des Rôtisseurs Foundation Trust moontlik gemaak het. Dié Trust stel hom dit ten doel om internasionale sjef-kwalifikasies moontlik te maak vir kinders wat dit nie andersins sou kon bekostig nie. Suzanne Ackerman-Berman van die Ackerman Pick n Pay Foundation was ook daar saam met ander rolspelers wat Ikusasa ondersteun. BO: Sundru Pillay van Chaine Des Rotisseurs in gesprek met Suzanne Ackerman-Berman van die Ackerman Pick n Pay Foundation.
BO: Suzanne Ackerman-Berman van die Ackerman Pick n Pay Foundation. Regs: Don King, beskermheer van die Ikusa sa Sjefskool in Riebeek-Wes, ontvang ‘n gedenkplaat van Cas Muller van die Lions klub in Kirstenbosch om Ikusasa geluk te wens met die opening van die sjefskool.
Regs: Anne Fischer, Cordon Bleu-sjef, is die onderwyseres en bege lei die studente terwyl hulle die eed aflê tydens die openingseremonie. Die studente ontvang ‘n internasion aal-erkende kursus by Ikusasa.
ONDER: Sundru Pillay is die voorsitter van die Chaîne Foundation Trust.
Bo: Suzanne Ackerman-Berman in gesprek met Susan Ambro (MC en Trustee van die Chaine des Rotisseurs Foundation Trust) en Samm Bain - hoof van Chaine Des Rotisseurs in Kaapstad. BO : Vier van die studente wat voordeel trek uit die borgskap van Pick n Pay en PPC word voorgestel aan Suzanne Ackerman-Berman.
Bo: Dr. Albert Hankenne, Susan Ambro (MC), Don King (beskermheer van die Ikusasa Sjef skool by Riebeek-Wes, voormalige MD van Internasionale Hotelskole in Suid-Afrika en tans inwoner van Riebeek-Kasteel) en Sundru Pillay - die Ikusasa-skool is sy breinkind.
Bo: Dr Albert Hankenne het spesiaal uit Bel gië gekom vir die opening van dié Swartland se Ikusasa Sjefskool.
Bo: Die studente het ook kans gekry om hul talente en eetgoedjies ten toon te stel tydens Saterdag se opening.
nuus•news
11
29 Mei 2013
Ikusasa maak deure oop vir studente ‘Future on a plate’
Peter Koppies is een van die studente wat aan die einde van die jaar oor ‘n internasionaal-erkende kwalifikasie as sjef sal beskik.
Bo: Die hoof van die Riebeeck Vallei Spesiale Skool in RiebeekWes, Jeff Petersen, in gesprek met Dr Albert Hankenne, inter nasionale voorsitter van die Chaine Des Rotisseurs.
Bo: Jonathan Blunt, Jan Vorster (operasionele bestuurder) en Johan Vorster (algemene bestuurder: PPC Riebeeck) in gesprek tydens die opening van die sjefskool Saterdag.
PPC Riebeek en Pick n Pay was die hoofborge vir die herbou van die Ikusasa-kombuis. Die operasionele kostes, wat ongeveer R60 000 per student per jaar be loop, word gedra deur die Chaine Des Rotisseurs.
Don King, beskermheer van die Ikusasa Sjefskool by RiebeekWes en voormalige MD: Internasionale Hotelskool in SA.
Die Ikusasa-studente lê hul eed van toewyding af tydens die openingseremonie. Hulle is Anthin Adams, Michelle Rall, Roman Persens, Peter Koppies, Isaac Mgobhoza, Nacarine Farao en Andolene Mentoor. Hierdie studente besef die omvang van die nuwe geleentheid wat die gratis opleiding aan hulle bied terdeë.
Bo: Mense het van ver gekom vir die opening van die derde Ikusasa sjefskool in Suid-Afrika.
Johan Vorster (PPC Riebeek), Suzanne Ackerman-Berman, Dr Albert Hankenne, Andolene Mentoor, Sundru Pillay, Necerine Farao en Don King, almal in ‘n ontspanne bui ná die formele opening van die skool.
LINKS: Dr Albert Hankenne, hoof-uitvoerende beampte van die internasionale Chaîne des Rôtisseurs (ACCR) en dienende regter op die Brusselse regsbank, het die lint geknip, terwyl Don King toekyk.
12
promosie•promotion
29 Mei 2013
Discover Fisherman’s Haven is a kiss of the cool Atlantic Ocean breeze on your face, surrounded by Cape west coast Fyn boss, the blue sky and the fresh air. This delightful paradise is nestled just on the edge of Yzerfontein, a small coastal town on the west coast approximately 2hours from Cape Town. Yzerfontein hugs a natural harbour with a beautiful unspoilt beach stretching 16 miles. Fisherman’s Haven is an ideal property investment as a home or as a family holiday get away. The area has a low crime rate, is peaceful
Yzerfontein
and tranquil throughout the year. There are only 83 plots of this prime west coast property, so don’t wait too long or you could miss out on your little piece of west coast paradise. 35 of these plots are already owned. Only 48 plots are available. We as Louw Family Trust, Development Builders, for the past 20 years, are the Builders that market these plots as Plot & Plan. There are 2 and 3 bedroom building plans to choose from. Please visit our website www.louwfamilytrust.co.za.
A perfect paradise
Fishermans Haven is nestled on the edge of Yzerfontein.
ABOVE: The blue print for the different houses of Fishermans Haven.
BOU•CONSTRUCTION 29 Mei 2013
13
Hoe Gemaak met ...
..... My wintertuin?
Groot projek: Bouwerk aan die groot nuwe opbergfasiliteit wat teen ‘n koste van R300 miljoen vir Sasko in Bokomoweg, Malmesbury opgerig word, vorder fluks.
Daar is reeds geboue aan Bokomoweg gestroop om plek te maak vir die nuwe silo’s.
Ek vertrou dat al die Swartlandse tuine nou lekker nat is! Dit is nou D-Dag vir die plant van jou laaste winterbolle soos ranonkels, anemone, ensovoorts. Jy kan nog affodille en tulpe plant en dan het die lelie (Liliums) nou ook op die rakke verskyn en moet hulle spoedig in die grond kom. Vir die saai van blomsaadjies raak die tyd ook nou min, so kry die Namakwaland Daisies en die Bokbaaivygies in die grond! Ook nóu die tyd vir die laaste pronk-ertjiesade (sweet peas). Daar is nog baie ander saailinge wat jy deur die winter kan plant vir 'n lentetuin vol kleur, maar hoe later jy hulle plant, hoe korter is die tyd dat jy hulle kan geniet. Wintertyd is ook 'n goeie tyd om nuwe struike en bome te plant, want dan is die kans vir 'oorplantstres' baie skraler. Kom ons gesels oor die aanplant van bome: Eerstens moet jy besluit op die plek waar die boom moet staan. Wil jy permanente skaduwee hê of soek jy in die winter 'n bietjie sonskyn op bv. ‘n venster of skuifdeur? Indien dit ‘n immergroen boom moet wees, kan jy kyk na ‘n klomp inheemse opsies, bv Rooiessenhout (Trichelia), Kaapse-essenhout (Ekebergia) Bosvlier (Nuxia), Olienhout (Olea), Geelhoutbome (Podocarpus), Witkaree (Rhus/Sp), Doringbome (Acasia Sp), Wildeperske (Kiggelaria). Indien jy ‘n bladwisselende boom soek, is daar die volgende inheemse opsies: Wit Stinkhout (Celtis), Vaderlandswilg (Combretum), asook sekere Doringboomspesies wat half bladwisselend is. Daar is ook nog baie ander mooi bome wat nie inheems is nie. Wanneer jy ‘n boom wil plant, doen baie moeite met die voorbereiding van die plantgat, want dit sal bepaal hoe suksesvol jou boom gaan groei. ‘n Gat van 1mx1mx1m diep is ons aanbeveling. Hou die bo-grond en die onderste grond op twee aparte hopies en meng by elke hoop ‘n groot volume kompos en superfosfaat en beenmeel by (of langfos as jy bang is die honde grawe
jou boom weer uit). Jy kan nooit te veel kompos insit nie - hoe slegter die grond lyk, hoe meer kompos kan jy insit! Vyf sakkies of meer per gat is ook goed. Superfosfaat: 1 tot 2 kg per gat en beenmeel of langfos: ook 1 tot 2 kg. Meng die produkte deeglik met die grond en gooi dit terug in die gat soos dit uitgekom het. Onthou om die boom se houer waarin jy dit gekoop het, versigtig te verwyder sonder om die wortels te beskadig of te versteur. Plant die boom net so diep soos wat dit in die houer gestaan het, trap die grond stewig vas rondom die nuwe boom en stut die boom deeglik. Gooi dit nou deeglik nat. Ons kwekery het volledige, gratis plant-instruksies vir bome vir ons kliënte. Wenk: Die plantgat moet verkieslik vierkantig wees en nie rond nie. Kom kry jou boom en lekker plant! Tuingroete George Retief (Ons praat volgende keer – 26 Junie – oor die snoei van rose, vrugtebome en krismisrose. Moenie nou al snoei nie, dit gebeur eers ná die middel van Julie!)
14
nuus•news 29 Mei 2013
BO:
Leerders van Ilingelethu Sekondêre Skool Op Malmes bury demonstreer dit wat hul le leer tydens ‘n Wiskunde- en Fisiese Wetenskap-pretdag, geborg deur CPUT, die SM en Technology Olimpiad.
SWEM:
Philip Weideman van die Son skynklas in Laerskool Swartland het tydens die swemklub se prysuitdeling drie bekers vir sy prestasies ontvang: Vir die beste prestasie op nasionale gebied ontvang hy die Nenna Petersen-beker; vir die beste prestasie by Level 2 en die Senior Victor Ludorum van die klub vir 2012/2013.
BO: Liezel van der Merwe van die Laer skool Riebeek-Kasteel is opgeneem in die Wes-Kaap 0.12 netbalspan en gaan die va kansie in Margate aan die nasionale kampioenskappe deelneem.
Netbalsterre: Piketberg Hoërskool se netbalsterre.
Janke van Schalkwyk (o.12) en Janet Stander (o.14) is na onlangse proewe op Riversdal opgeneem in die WP Netbal spanne vir hul onderskeie ouderdomsgroepe. Beide hierdie spelers is ook uitstekende atlete wat PHS al by meer as een Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe verteen woordig het.
PHS se Christie in Akademiespan Christie van der Merwe (16) van Piketberg Hoërskool (PHS), is ingesluit as die nr 5-slot in die Boland 0.18 Akademiespan wat gedurende die Junie skoolvakansie aan die SARU/Coca Cola Rugbyweek in Durban gaan deelneem. Christie (op foto links), ‘n volle 1,98m in sy sokkies, is verlede jaar as 15-jarige gekies vir die Boland o.16span wat aan die Grant Khomo Rugbyweek in Johannesburg deelgeneem het. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie. Hy speel reeds sedert Graad 10 vir PHS se Eerste Rugbyspan en trek die skaal op 104kg. Christie volg in sy pa, Chris van der Merwe, se voetspore wat ook Cravenweek gespeel het en in 142 wedstryde vir Boland uitgedraf het. Dié talentvolle jong man se droom is om, net soos sy pa, in Frankryk te gaan rugby speel.
LINKS: Leerders van Laerskool Swartland het speelgoed ingesamel vir die departement maatskaplike ontwikkeling op Malmesbury se traumakamer. Die speelgoed is bedoel om die getraumatiseerde kinders te help kalmeer. Ursula Titus, maatskaplike werker, en Marieta McKrieling, (hoof) het Vrydag die skenking by die skool in ontvangs geneem.
promosie•promotion
15
29 Mei 2013
•Swartland se Ongevalle- en Nooddiens-afdelings
Hospitaal teen R8 miljoen opgeknap
Die hoofdoel met die opknappings is om ‘n ‘’goeie pasiëntervaring te skep’’, het dr. André Stoffels, uitvoerende hoof van die Swartland Hospitaal op Malmesbury, Maandag aan die courant gesê. Die opknappingswerk van die afgelope 13 maande het byna R8 miljoen beloop, sê Stoffels, wie se vorige titel van superintendent nou na uitvoerende hoof verander is. Die totale koste van die infrastruktuur-vernuwing in die hospitaal se Ongevalle-afdeling en die Nooddiens-personeel se eenheid het R5 miljoen beloop, met addisionele koste van R2,8 miljoen vir toerusting. Stoffels het die opknappingswerk, wat op 4 Maart 2012 begin het en pas voltooi is, op ‘n media-inligtingsessie verduidelik. Die Swartland Hospitaal is ‘n vlak 1-distrikshospitaal met 85 beddens wat dorpe in die Swartland-subdistrik bedien.
Die Ongevalle-afdeling, wat 24 uur beman word, vorm deel van die kernpakket van dienste. Die enigste mediese spesialis wat deel van die personeel is, is ‘n huisarts, ‘n pos wat tans vakant is. Die Paarl Hospitaal se spesialiste is egter betrokke by ‘n aktiewe uitreikdiens, veral in interne geneeskunde, pediatrie, chirurgie, ortopedie, obstetrie en verloskunde, psigiatrie, asook mediese nooddienste. Daar is ses dokters, plus Stoffels wat benewens sy taak as uitvoerende hoof, ook diens verrig in die Ongevalle-afdeling. In die Ongevalle-afdeling word ‘n sogenaamde triage-stelsel gebruik. Die erns van pasiënte se toestand word met hul aankoms by die eenheid gou bepaal, wat verdere behandeling volgens sekere prioriteite sal rig. Pasiënte wat nie op Malmesbury hanteer kan word nie, word na die Paarl Hospitaal of Tyger-
Dr. Andre Stoffels, uitvoerende hoof van die Swartland Hospitaal op Malmesbury.
Suster Pearl Robyn, adjunkbestuurder: ver pleging in die Swartland Hospitaal op Malmesbury se Ongevalle-eenheid en Robert Daniels, kommunikasiebeampte. Geneeshere: Dokters by die Swartland Hos pitaal op Malmesbury se nuwe Ongevalleafdeling is van links na regs dr. Reinhard Overmeyer, dr Bjorn Swiegelaar, dr Andre Stoffels (uitvoerende hoof van die Swartland Hospitaal), dr Hedwig Hartogh, dr Stephanie Erasmus, dr Beverley Williams en dr Wendell Isaacs.
Nooddiens-personeel by die Swartland Hospitaal op Malmesbury is van links na regs Charl Nieuwoudt, Patrick Arendse, Lenise van der Westhuizen en Wilhelm Louw.
‘n Pasiënt word deur Nooddienspersoneel by die Swartland Hospitaal op Malmesbury se nuwe Ongevalleafdeling besorg.
Die splinternuwe Ongevalle-afdeling van die Swartland Hospitaal op Malmesbury is pas vol tooi. Die bouwerk het 13 maande gelede begin.
berg Hospitaal verwys, na gelang van die ernstigheidsgraad van die siektetoestand. Gedurende die infrastruktuurvernuwing van die Ongevalle-afdeling is die resussitasie-area, behandelingsare, konsultasiekamers, toelatingskantoor en wagarea opgeknap. Daar is tans nagenoeg vier tot vyf verpleegpersoneel per dag aan diens en drie tot vier snags. Dan is daar op weekdae een dokter aan diens en oor naweke twee. Oor naweke word ook van agentskap-dokters gebruik gemaak om dienste te versterk, het Stoffels aangedui. Die mediese noodeenheid wat verantwoordelik is vir die vervoer van pasiënte, se opgeknapte perseel bestaan uit voertuigstore, parkeerplekke, ‘n suurstofstoor, kombuis, stoor vir skoonmaaktoerusting, wasarea, ‘n radiokamer, administrasiestoor, wagkamer, die kantoor van die stasiebestuurder en ‘n stoor vir reddingstoerusting.
16
kalender•diary 29 Mei 2013
Hoërskool Swartland hou sy jaarlikse ArtHSS
Nuwe Piquetberg Mall geopen
Die munisipale bestuurder van die Bergrivier Munisi paliteit, adv. Han lie Linde, aan die woord.
Hoërskool Swartland het verlede week sy mooistes gekroon tydens ‘n aand van op winding, pret en baie styl. Die uiteindelike wenners was: Nadia van Staden (2de prins es), Cindy Amsterdam (1ste prinses), Erica Bruwer (Mej. HSS), Mi chael Robarts (Mnr. HSS), Christo Gelde huys (2de) en Francois Myburgh (3de).
Die Piquetberg Mall het verlede weke amptelik sy deure geopen. Ver skeie gaste het Woensdagaand die openingsgeleentheid bygewoon.
REGS: Eienaar Dean Jankielsohn en sy vrou, Tanya, klink ‘n glasie op die voltooiing van ‘n groot projek.
LINKS: Bierman Grobbelaar Oogkun diges het ‘n tak in die nuwe sentrum. By die geleenthid was Lyndi en Wicus Bierman saam met Jessica en Phil Grobbelaar. LINKS: Die tema was “Hippie” en die deelne mers moes eerstens dié styl uitbeeld. Hier is Estelle Smit en An namart Basson aan die paradeer in hul hippiestyl-klere.
REGS: Die eienaar van Moorrees burg Spar, Theo Strydom en sy vrou, Carine, was ook by die opening.
swartland: entertain - kalender - diary Sandy Esau Kunsuitstalling Tot 26 Julie - ‘n Uitstalling van Darling se Sandy Esau by die Darling Lodge van 14:00 tot 16:00 en Dinsdae tot Sondae van 11:00 tot 17:00. Esau is bekend vir sy skilderye van treffende tonele uit die omgewing. Skakel 076 918 5526 of esau.art@gmail.com
19 Junie - Aandskemering, die ACVV-tehuis vir bejaardes bied in samewerking met die Malmesbury Rolbalklub en die Malmesbury Rotariërs, ‘n Bingo-aand aan as fondsinsameling vir die tehuis in die klubhuis van die Malmesbury Rolbalklub. Die kaartjies @ R100 sluit ‘n lekker ete en 5 rondes Bingo in. Nog rondes kan gespeel word @ R10,00 per persoon. Kontantpryse te wen en ‘n kontantkroeg beskikbaar. Afskop om 19:15. Vir kaartjies en verdere inligting kontak Casper Dreyer by 0826828877.
Bybelskool oor Openbaring op Malmesbury 29 Mei - Kom leer vers vir vers saam oor die boek Openbaring by die pastorie van die PPK-gemeente in Colignystraat 21, elke Woensdagaand stiptelik van 18:00 tot 19:00. Skakel past. Kobus du Plessis by 083 722 7987 vir meer inligting.
Aglow meeting in Malmesbury 15 June - Malmesbury Aglow will be meeting at 15:00 at the House of Prayer. The speaker is Abraham Mutuneni. Refreshments will be served. Enquiries to Elaine Walker at 072 590 6636.
Malmesbury Ekumeniese Forum byeen 30 Mei - Die MEF nooi alle deeltydse geestelike werkers (pastore, dominees, evangeliste, ens.) na ‘n samesprekingsgeleentheid om deeltydse kerkleiers te mobiliseer in die geestelike en sosiale opheffing van die dorp. Byeenkoms om 19:30 in die AGS Wesbank Kerksaal, Hibiskusstraat 49. Skakel past. David vir navrae by 0766 866002 of 022 4865656 ten einde navraag te rig.
Toets vir prostaatkanker Junie en Julie - Kansa fokus op mansgesondheid en het die volgende toetse beskikbaar: PSA toetse by die werksplek teen R85 per persoon of PSA vingerprik by die werksplek teen R50 per persoon. Skakel die Kansa-kantoor op Malmesbury by 0224821111 vir meer inligting.
Wêreld-Nee-vir-Tabak-dag 31 Mei - Vier ‘’World No Tobacco Day (WNTD)’’ saam met die Kankervereniging en koop ‘n Anti-Tabakplakker @ R5 by die Kansa-kantoor op Malmesbury om dié saak te steun. ACVV Mini-Basaar op Malmesbury 31 Mei - Lekker vars gebak, tuisgemaakte produkte te kies en te keur by die NG Moedergemeente Kerksaal om 9:30 Almal is welkom. Skakel 022 482 2245 vir navrae. Gholfdag op Darling 1 Junie - Die jaarlikse Barracudadag by die Darling-gholfklub teen R250 per kop, 4BBB. Die pryse is tops. Bespreek by klub of by Karl by kcserv@mweb. co.za of 022 4923013 ten einde navraag te rig. Sopdans op Malmesbury 1 Junie - Dis weer tyd vir dié lekker gesinsdans in die saal van Laerskool Swartland. R70 per volw, hoërskoolkind R45 en laerskoolleerder gratis. Heerlikste brode, sop en warm nagereg. Bring eie drank en glase. Goeie musiek!
Skakel 022 482 2251 ten einde ‘n navraag te rig. Musikale Soiree op Malmesbury 2 Junie - ‘n Middag van musiek vanaf 16:30 met orrel, viool en fluit in die NG Moederkerk, met sy geskiedkundige orrel. Almal welkom; sagte kollekte word verwelkom. Skakel 022 4871133 vir navrae. Kerkdiens op Malmesbury 2 Junie - Die AGS Corpus Christi op Malmesbury hou om 09:30 hul oggenddiens om 9:30 met die tema: Die Krag Van Vergifnis. Daar is geen aanddiens, maar die gemeente bid bo-op Kasteelberg. Navrae: 073 447 2902 Sake-ontbyt op Malmesbury 5 Junie – Die Swartland Besigheidsnetwerk hou ‘n sake-ontbyt om 7:30 in Janno’s in die De Bron
Sentrum op Malmesbury. Margaret Hirsch van die Hirsch-groep (huishoudelike en elektriese ware) is die spreker. Koste R80 vir lede en R120 vir nie-lede. Bespreek teen Maandag 3 Junie om 14:00 per e-pos by nora@atmalmesbury.co.za. Hannes van Wyk op Malmesbury 8 Junie 2013 - Die ACVV-Dienssentrum op Malmesbury hou ‘n Vroueoggend om 10:00 in die Malmesbury Stadsaal, met Hannes van Wyk as motiveringspreker. Kaartjies teen R120 pp is beskikbaar by Kontreispens op Malmesbury.
Rugbyklub hou Piekniekdans 26 Julie - Wesbank Rugbyklub hou ‘n ‘’Piekniekdans’’ om 20;00 met die orkes New Strings Dance Band in die Wesbank Gemeenskapsaal. Kaartjies kos R50 per persoon, kroegfasiliteite beskikbaar. Vir kaartjies kontak Teen Lategan by 0837457794 of Andre Adams by 0837972858. Malmesbury Rugbyklub oefen Die Malmesbury Rugbyklub oefen elke Maandag, Dinsdag en Donderdag om 19:00. op sy tuisveld. Almal welkom. Besoek die klub se Facebookblad by Malmesbury Rugbyclub Bloues of volg op Twitter @Malmesbury RFC. Kontak Enrico Franse by 0722079153 of Henfre Brand by 082 703 8666 ten einde ‘n navraag te rig.
Sokkerklub in Wesbank oefen Die Wesbank United Sokkerklub oefen elke week van Maandag tot Donderdag om 17:30 op die Wicus van der Merwe op Noot vir Noot Wesbank Sportterrein se C-veld. 14 Junie - Malmesbury se Wicus van der Merwe is Die afrigter is Barend Irion en die voorsitter om 19:30 te sien op SABC 2 se Noot vir Noot. Arnold Huyser, wat by 083 864 2850 gekontak kan word om ‘n navraag te rig. Bingo-aand op Malmesbury
nuus•news
17
29 Mei 2013
Thomas Bothe, belowende jong fotograaf en graad 2-leerder van Laerskool Swart land, het binne drie maande tot ‘n Twee Ster-gradering gevorder. In sy deelname aan ‘n Nasionale Fotografie Salon het een van sy vier foto’s’n Salon-Aanvaarding ontvang, wat beteken dat daardie foto op nasionale vlak deur die Fotografiese Vereniging van Suid-Afrika goedgekeur is as een van die beste in daardie kategorie. Hy het sedert Desember op een na goue toe kennings vir al 28 foto’s ontvang wat hy by die vereniging ingeskryf het. Sy foto’s kan by die webblad www.pssa.co.za be sigtig word.
LINKS: Dermot van der Mer we (18) van Riebeek Kas teel is as senter in die Bo landse Cravenweekspan vir spesiale skole opgeneem. Die span gaan van 23 tot 27 Junie op Uitenhage in die Oos-Kaap meeding. Der mot is ‘n graad 12-leerder aan die Weskus-skool op Saldanha. Die Swartlander wat tans vir die Sharks uit draf, Pieter-Steph du Toit, ook van Riebeek-Kasteel, is sy rolmodel.
West Coast District Municipality Weskus Distriksmunisipaliteit NOTICES/KENNISGEWINGS
1. INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP) 2012/2016 REVIEW 1
1. GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2012/2016 1STE HERSIENING
2. THREE-YEAR BUDGET/ MEDIUM-TERM REVENUE AND EXPENDITURE FRAMEWORK (MTREF) 2013/2016
2. DRIE-JAAR-BEGROTING/ MEDIUMTERMYN INKOMSTE- EN UITGAWESRAAMWERK (MTIUR) 2013/2016 FINANSIËLE JAAR
Notice is hereby given in terms of Section 75(A) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Integrated Development Plan 2012/2016 Review 1 as well as the Operating & Capital Budget for 2013/2016, was approved and adopted by the Municipality on 7 May 2013.
Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 75(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan 2012/2016 1ste Hersiening asook die Bedryfs- & Kapitaalbegroting vir 2013/2016, op 7 Mei 2013 deur die Munisipaliteit goedgekeur en aanvaar is.
The new rates will be implemented from 1 July 2013.
Die nuwe tariewe sal vanaf 1 Julie 2013 geïmplementeer word.
The approved budget and associated new rates are available for review from Monday to Thursday during office hours (07:45 to 16:30) and Friday (07:45 to 15:15) at the Municipal Office in Moorreesburg.
Die goedgekeurde begroting en gepaardgaande nuwe tariewe is vanaf Maandag tot Donderdag gedurende normale kantoorure (07:45 tot 16:30) en Vrydag (07:45 tot 15:15) ter besigtiging beskikbaar by die Munisipale Kantoor op Moorreesburg.
Ref: 15/16/6/4 ; 4/2/1
Verw: 15/16/6/4 ; 4/2/1
MUNICIPAL MANAGER WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY TEL: 022 433 8400 FAX: 086 692 6113 P.O. BOX 242, MOORREESBURG 7310
MUNISIPALE BESTUURDER WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT TEL: 022 433 8400 FAKS: 086 692 6113 POSBUS 242, MOORREESBURG 7310
www.ayandambanga.co.za 112615REVISED
18
dienste•services
29 Mei 2013
Boland-rugby:
Twee van Schoon spruit Sekondêr se rugbyspelers is opgeneem in die Bolandse o.18-span wat vanaf 7-14 Julie aan die Cravenweek in Polokwane gaan deelneem. Van links na regs staan Raynard de Jager (Boland o.18-Akademie-spanbestu urder na Durban), Cheslyn Korasie, Mishaun Arendse en BG Adams (waarnemende prinsi paal).
REGS: Kobus Kotze van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is vir die Bolandse o.18Akademiespan gekies wat in die winterva kansie aan die Nasionale Akademieweek in Durban gaan deelneem.
LINKS: Die Wes-Kaap Goju karate-kampioenskap het in die Paarl plaasgevind en die volgende leerders van Laerskool Swartland het presteer: Agter: Ken neth Titus (Brons), Liam O’Callaghan (Silwer), Joubert du Bois (Brons) en Juan du Bois. Voor is Tristan Isaacs en Na dia Swarts (beide goud). Afwesig met die neem van die foto, was Chante Boois (goud) en Javier Cloete.
Uitslae/Results: Malmesbury Gholfklub Woensdag Sundowner: Enkel-Stableford 1. Piet Kemp 20 2. Denato Stelluto 20 3. Johan van der Merwe 19 4. Gerhard Bester 19 5. George Prinsloo 18 Vrydag: Sundowner: Enkel-Stableford 1. Arno Koen 23 2. Amos Schreuder 21 3. Koos Loubser 21 4. Marcelle van Lill 20 5. Piet Kemp 20 Saterdag: Beterbal Stableford WCCF Fondsinsamelingsdag 1 S. Ntane & S. Cupido 48 2 C. Owies & C. Booys 48 3 C. Dirk & D. Philanders 48 4 J. De Beer & B. Schutte 46 5 S. Klasen & E. Lingeveldt 45 6 U. Cohens & F. Heyneke 45 Langste Aflslaan: F. Heyneke
Naaste aan die pen 3 & 12: Sakkie. Klasen Naaste aan die pen 6 & 15: Ronnie Schwartz Langste set 9 & 18: R. Lategan Gholfprogram: Saterdag 1 Junie: Gekombineerde Stableford Winter Aanbod vir Mei en Junie vir nuwe lede! Volle Manslid - R1500; Volle Dameslid - R1300 Kontak die klub op 022 4871288 of epos clubmanager@cornergate.com vir aansoekvorms. “Happy Hour & a Half” elke Vrydagaand by die kroeg. Rugby: Skole: Piketberg 35, Bonnievale 21; Swartland 53, Vredenburg 0; Porterville 17, Schoonspruit Sekondêr 14. Klubs: Superliga-Wes Moorreesburg 23, Darling 29; Abbotsdale 26, Never Despair 20.
Rola Volkswagen Malmesbury
19
kleintjies•smalls 29 Mei 2013
Gesoek Wanted AANDAG! Welkom Meubels soek goeie 2de handse bruikbare meubels. Beddens, kaste, yskaste, sitkamerstelle, ens. Ook op soek na: Kombuisware, bv breekware, ornamente, potte, panne, beddegoed, gordyne, asook mans en vroue winterskoene. Kom besoek ons gerus in Tuinstraat 6, oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 of 082 851 0915. ----------------------------EK IS DRINGEND op soek na ‘n outydse hout-trapleertjie met 6 of meer trappies. Kontak 072 158 6029. -----------------------------
Dienste Services
HUIS PALEIS MEUBELS - Verskaffer van alle Truform en Cloud Nine beddens en matrasse, asook alle parte vir huishoudelike toebehore. Skakel 022 482 2100. ----------------------------JK SKOONMAAKDIENS. Jou alles in een tuindienste. Sny van grasperke en rante, snoei van bome en struike, skoonmaak van beddings, uitleg van tuine, verkoop en lê van gras en verwydering van vullis. Kontak Jaco vir gratis kwotasies by 083 227 5937. ---------------------------KITSMURE-Oprigters en Vervaardigers van “Vibacrete” mure. Kontak ons vir gratis kwotasies. 022 482 1220 k/u of 083 321 9357 n/u. ----------------------------KONTANTLENINGS vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. 074 114 2554. ----------------------------KONTREISPENS kan vir spesiale geleenthede genader word vir spyseniering op Sondae. Kontak Riana 022 487 2090. ----------------------------NAMIBIESE Kudu Biltong @ R195 p/ kg. Droëwors @ R175 p/kg. Ideaal vir geskenke. Kontak Jaques 073 294 3343. Malmesbury aflewerings ingesluit. ----------------------------TOP CARPETS en Blinds, Teëls, matte, laminering, vinylvloere, blindings en hersteldiens. Gratis kwotasies en professionele diens. Skakel 022 482 2100. ----------------------------YSKASTE HERSTEL: Ook binne-lekke. New Freeze, Kerkstraat 18, Moorreesburg. Skakel 082 573 1589/083 651 5547.
Te Koop For Sale NEGOSIKAS: Op die hoek van Hill- en Vredestraat. Soek en
verkoop gister en eergister se ware, veral wit linne en porselein asook alles wat interessant en oud is. Skakel Tannie Juna: 022 487 2601. ------------------------------
TE KOOP: 1 Ton sleepwa @ R8000. Kontak Pieter 083 234 1509. -----------------------------SAMSUNG GALAXY S3 @ R4500.00. Contact 082 925 5895. ----------------------------TWEE STROPER BANDE 23,1x26. 1 Stroper band 23,1x30. Engin Mercedes Benz CM 352 Claas Dominator. IH 358-6 Cyl neus engin. Perkins 6-3544. engin. Perkins 6-354 engin. Perkins 318 4 cyl engin. Perkins Turbo vir MF 3120. Fiat 4 cyl engin. John Deer 6-359 engin. John Deer 6 329 engin. Staal Bandsaag. Sleepwa 1 ton met remme. Kontak Pieter 083 234 1509 Malmesbury. ----------------------------
Te Huur To Let
MALMESBURY: 3 slaapkamers, 2 volledige badkamers, ingeboude kaste, binne en buite braai, dubbel motorhuis met stoorkamer, vier voertuig afdak met koopkrag @ R7000.00 pm - alle koste ingesluit. Skakel 078 639 4577. ----------------------------SPACIOUS 98vkm ground floor 2 bebroom unit for rent in lovely security complex, Greenfields in Moorreesburg. Complex has a good security, a pool and unit has its own private braai area. Conveniently located behind the Spar Shopping Complex @ R3000 per month. Tenants must have a clear credit record and a credit report will be done on applicant. Available from 1 June 2013. Contact Gawie 072 420 3958. -----------------------------
Betrekkings Vacancy
JUSTINE VELSORGVerdien ekstra geld, verkoop Justine. SMS naam en area na 084 655 1983. ----------------------------ONTVANGSDAME: Tydelike 1/2 dag pos. Algemene kantoor werk. Basiese rekenaar vaardighede. Pastel, Excell en Word. Sentraal Bakwerke. Tel: 022 487 1283. Faks: 022 487 2504. Epos: sentrabak@ telkomsa.net
Voertuie Vehicles
VOERTUIE TE KOOP AANDAG, ALLE KLIëNTE! Alleenlik kontant. Voertuie
dringend gesoek. Ek betaal kontant vir enige voertuig of bakkie en doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960. -----------------------------
Vermis Missing
JACKY ons teef Jack russell het verlore geraak in die omgewing van Smutsstraat, Malmesbury. Sy is bruin, swart en wit. Ons mis haar vreeslik. Indien iemand haar gesien het, kontak asb die eienaar by 079 625 8625/071 881 8655.
Kontak ons om van jou wit olifante ontslae te raak. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@ diecourant.co.za
courant
die
SPORT
tel 022 487 3221
29 Mei 2013
• porterville klop schoonspruit
Swartland oorrompel Vredenburg
Hoërskool Swartland kon al heelwat meer oorwinnings, soos Saterdag se wegholsege van 53-0 oor Vredenburg behaal het, as die spelers se toewyding beter was. Volgens Schreuder Brand, afrigter, het hy verlede week ‘’die streep getrek en die skroewe aangedraai’’. ‘’Die spelers het ook besef dit kan nie so aangaan nie. ‘n Mens gee nie om as jy teen ‘n sterker span verloor nie, maar soms verloor ons weens gebrekkige toewyding. Teen skole soos Charlie Hofmeyr en Brackenfell was ons rerig-
waar net swak gewees. Die spelers moet besef as jy vir ‘n skool se eerste span speel, gaan daar ‘n verantwoordelikheid daarmee saam.’’ Brand wys daarop dat die intensiteit baie hoër in die eerste span is, en dat dit nuwe spelers ‘n tyd neem om daaraan gewoond te raak. Die afgelope Saterdag het die span se 53-0 gewys wat in hom steek. Ten einde 53 punte aan te teken in ‘n wedstryd, moet vir die volle duur van die wedstryd hard gewerk word. Brand wys ook daarop dat Swartland onderpresteer in wegwedstryde en dat dit ‘n onding is,
Hoërskool Swartland se 19B-span het Vredenburg met 49-10 oorrompel.
soos die nederlaag van 48-8 teen Brackenfell, toe die toewyding skreiend ontbreek het. Komende Saterdag se wedstryd teen Augsburg is weer ‘n groot uitdaging, want dié span het ses spelers in die Bolandse Cravenweek en Akademie-spanne. Swartland spog met twee Bolandse Cravenweekspelers in Johan du Toit (slot), jonger broer van Pieter-Steph du Toit, wat tans in die Springbok-oefengroep is, en Chemandre van Schalkwyk, wat vir Swartland losskakel speel, maar vir die Boland op binnesenter gekies is. Dan wag daar nog groot uitdagings volgende kwartaal, soos Hoërskool Strand en Hoërskool Tygerberg voor die afsluiting van die seisoen met die interskolestryd teen Hugenote. In die laaste week van die wintervakansie word hier weer nagenoeg 20 rugbyspanne by ‘n toernooi op Malmesbury verwag, onder meer ‘n span uit Engeland. Die volledige uitslae van Swartland teen Vredenburg is:Rugby: 19A 53-0 wen, 19B 49-10 wen, 19C 7-12 verloor, 16A 7-7 gelykop, 16B 7-12 verloor, 15A 36-0 wen, 14A 19-5 wen, 14B 12-5 wen. Seunshokkie: 19A 7-0 wen, 16A 9-0 wen. Meisieshokkie: 19A 2-0 wen, 19B 4-0 wen, 16A 1-0 wen, 14A 5-0 wen. Netbal: 19A 35-27 wen, 19B 20-14 wen, 19C 19-12 wen, 19D 30-6 wen, 16A 33-9 wen, 16B 23-7 wen, 16C 31-3 wen, 16D 23-6 wen, 16E 15-9 wen, 16F 12-8 wen, 14A 20-8 wen, 14B 20-1 wen, 14C 5-3 wen, 14D 10-2 wen. * In die kragmeting tussen Porterville en Schoonspruit Sekondêr, was die Portervillers met 17-14 aan die wenkant. Schoonspruit het die vorige week met Piketberg afgereken.
Wen sokkerdag: Jamaica van Illingelethu het Liebenberg Primêr in die halfeindstryd van die sesde Build it-sokkerdag op die Illingelethu-sport grond op Malmesbury met 2-1 geklop, en in die eindstryd Tierfontein met 1-0 gewen. Twaalf spanne van die omgewing het in die toernooi gespeel, wat volgens die borg ten doel het om belangstelling en dissipline te bevorder. FOTO: ABRAHAM KOTELLA Plus Earn PoinTs
Langebaan, malmesbury & Vredenburg
12999 J&B Rare Whisky 750ml
r ouT r n ET WiH o lisT
GraTis
6799
7499
7999
russian Bear Vodka 750ml
olof Bergh Brandewyn 750ml
Wellington VO Brandewyn 750ml Plus Coca-Cola 1 liter grAtIS
Boland kies sy spanne vir skolerugby Altesame sewe Swartlanders is in die Boland se hoërskolespanne opgeneem. Die viertal in die Bolandse o.18-span wat aan die Cravenweek gaan deelneem, is Mishaun Arendse (Schoonspruit), Cheslin Korasie (Schoonspruit), Chemandre van Schalkwyk (Hoërskool Swartland), en Johan du Toit (Hoërskool Swartland). Twee spelers uit die Swartland-streek is in die Bolandse o.18-Akademiespan ingesluit. Hulle is Kobus Kotze (Hoërskool Dirkie Uys) en Christiaan van der Merwe (Hoërskool Piketberg). Dan is Xolisa Guma (Hoërskool Swartland) ook vir die Bolandse o.16 Grant Khomospan gekies. Daar is ook ‘n Swartlander in die Bolandse o.13 Cravenweekspan. Dit is Johannes Frederik Lambrecht (Laerskool Swartland). In die Bolandse o.13 XV-tal wat aangewys is, het drie Swartlanders plek gekry. Dit is Marinus de Jager (Laerskool Swartland), Keanu Fortuin (Willemsvallei Primêr) en Jacobus Petrus Groenewaldt (Piketberg).
Wesbank bo in taai stryd teen W’ton
Wesbank se eerste rugbyspan het die afgelope Saterdag die span van Wellington met 54–46 geklop. Die wedstryd het teen ‘n baie vinnige tempo begin, met Wesbank wat vier drieë in die eerste 15 minute gaan druk het. Wellington het nie gaan lê nie en het ook geantwoord met vier drieë om teen rustyd met 31-35 voor te loop. Die wedstryd is ongelukkig gekenmerk deur beslisings deur die skeidsregter wat die oë laat rek het. Wesbank moes ‘n groot gedeelte van die tweede helfte met 14 spelers klaarkom nadat baie spelers geelkaarte ontvang het. Wesbank se uitblinkers was Johan September, Johan Louw, Nadius Solomons, asook Edwill Solomons. Wesbank speel komende naweek weer tuis teen Vredenburg en oefeninge vind weer plaas op Dinsdag en Donderdagaande. Die klub doen ‘n beroep op lede en die gemeenskap om hulle funksies te ondersteun ten bate van die toer op 16 Augustus na Durban.
so many Ways To
get more for your money
12499 red Heart Imported Rum 750ml
Always there for you PrICeS VALID 30 mAy - 2 June 2013 aT Pick n Pay liquor lanGEBaan, malmEsBury & VrEDEnBurG only
kas Prys
14499 per kas
Windhoek of Amstel Lager Nie-inruilbare Bottels 24 x 330ml
(noT for salE on sunDays aT malmEsBury liquor)
Pick n Pay endeavours to meet the demand for these promotional items, but stocks are limited. Please check availability: 0800 11 22 88 (toll free landline only. Cell phone rates apply). We strive to ensure all printed information is correct, but will not be liable for any print errors that may occur. Advertised prices are inclusive of VAT where applicable. We reserve the right to limit quantities. smart shopper terms and conditions apply. Certain products are excluded from the smart shopper programme, please see in store or go online for more details.
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 10196M/Bil