die courant 14 Januarie 2015 (303)

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

14 Januarie 2015

Bergrivier

Swartland

14 Januarie 2015

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

NUUS • NEWS

swartland en weskus

dié

1

Uitgawe 303

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Parstyd kom vroeg

Oestyd: Tharine Hanssen (winderdboukundige) en Joseph van Rensburg (gradeerder) kyk hoe ‘n vrag druiwe Mandag by Riebeek Cellars afgelaai word. Heelagter is Francois Duckitt (assistent-wynmaker).

Soet: Piet Philander van Sonkwasdrif met ‘n vrag Muskakel. Agter op die vrag is Eldo Swarts besig om ‘n monster te neem vir suikergehalte. Die druiwe is bietjie vroeg vanjaar, maar volgens Zakkie Bester van die kelder, lyk die gehalte goed.

•MATRIEKS OOK 4DE BESTE IN DIE LAND

Weskus is die slimste

Die Weskus Onderwysdistrik spog vanjaar met die beste matriek-uitslae in die Wes-Kaap en met die vierde plek nasionaal. Met vyf onderwyskringe in die distrik, val skole van die Swartland en Bergrivier in kring 1 en 2. Die senior skole van Kring 1 is Illingelethu Sekondêr, Schoonspruit Sekondêr, Hoërskool Swartland en Wesbank Sekondêr. Dirkie Uys, Piketberg Hoërskool, Hoërskool Porterville en Steynville Sekondêr is die seinior skole in kring 2. Leerders in dié twee kringe het uitstekend gevaar en saam 33 A-gemiddeldes opgelewer. Hiervan was 18 leerders van Swartland, 13 van Dirkie Uys, 10 van Piketberg en vier van Porterville. In terme van die slaagpersentasies het Dirkie Uys (59 matrikulante) en Porterville (47 matrikulante) die beste gevaar met 'n 100%-slaagsyfer elk. Tweede was Piketberg op 98,33% (met 61

suksesvolle kandidate) gevolg deur Swartland 98,09% (met 159 kandidate wat geslaag het). Schoonspruit (288) se slaagsyfer was 88,13%, Wesbank (126) het 86,51%, Steynville (152) het 70,55% en Illingelethu (83) het 63,75%. Die top-presteerder uit die twee kringe is Danielle Thomas van die Hoërskool Swartland op Malmesbury wat 'n gemiddeld van 92,57% behaal het.

"Ons is die distrik met die beste matriekuitslae in die Wes-Kaap" Johannes Mouton

Die A-kandidate per skool in volgorde van klasposisie is: • Dirkie Uys: Rounelle van Dyk, Marcelle Eksteen, Petro Rossouw, Tinè Kisthoff, Lara Coetzee, Jeanette Coetzee, Danèl van der West-

huizen, Corika van Niekerk, Eric Bester, Anette Coetzer en Nicoline Bronkhorst. • Piketberg: Maria Visser, Karla Conradie, Landi Brink, Herbst vd Merwe, Karli Truter, Johannes Mostert, Salome Hamman, Jarred Whitfield, Alan Willemse en Timothy Luyt. • Porterville: Mardi Breytenbach, Yvonne van den Heever, Marinda Briers, Bianca van Wyk. • Swartland: Danielle Thomas, Lizé van Greunen, Jana Eksteen, Tiaan Nell, Chanelle Cloete, Abrie Britz, Denette Holloway, Niel van Zyl, Alri van Heerden, Annereen Malan, Elissa Walsh, Emily Howard, Chanté Humphreys, Anna-Mart Steyn, Nolea Price, Tessa Leng, Riani Kreuiter, Marieta Basson. Die top vyf distrikte in die land is soos volg: Gauteng-Wes 92.7%; Sedibeng-Oos 90.7%; Ekurhuleni-Noord 88.7%, Weskus 88.4% en Overberg en Johannesburg-Suid albei 88.1%. Sien foto's van al die A-kandidate op bl 6.

ONS HET KERSFEES VERLENG met hierdie gesogte aanbiedinge! Beperkte voorraad beskikbaar!

CHEVROLET UTILITY 1.8

(VIR DIESELFDE PRYS AS UTILITY 1.4 MET LUGVERKOELING)

BESOEK ONS VANDAG.

PERDEBERG MOTORS Bokomoweg 24, Malmesbury • Tel: 022 482 1158

CHEVROLET AVEO 1.6 LUIKRUG R *

121 999

SITRUS MOTORS

Voortrekkerweg 37, Citrusdal • Tel: 022 921 2121

BT Slegs Wg e r g eld i ko p e g i s t g v i r e r s re e r de .

ISUZU KB 250 D-TEQ FLEETSIDE (SAFETY) R * BTW

229 900

ingesluit

PIKETBERG MOTORS Langstraat 53, Piketberg • Tel: 022 913 1113

*Padgereedheids- en Registrasiefooie Uitgesluit. Bepalings en Voorwaardes geld. Vertoonmodel/le mag verskil. Behoudens Foute & Weglatings.

8 3 5 31 A D M A K ERS .C O M

MET LUGVERKOELING & KAPPIE


NUUS • NEWS

2

14 Januarie 2015

Uit Bergrivier se raadsaal...

Asemrowend:

'n Mens het nie woorde om hierdie pragvertoning in Leonie van Zyl se tuin op Malmesbury te beskryf nie. Leonie het dié courant Maandag gekontak en vertel van die kaktus met 27 blomknoppe wat reg staan om oop te gaan. Dinsdagoggend het hierdie skouspel jou na jou asem laat snak.

Die Bergrivier Munisipaliteit het einde verlede jaar 'n toekenning ontvang vir afvalbestuur. Hulle het die derde plek in die Wes-Kaap behaal. Dié munisipaliteit het ook ‘n toekenning ontvang vir die meeste vordering getoon rakende klimaatsverandering vir die implementering van groen inisiatiewe. Hulle was die kategorie-wenner vir klimaatsveranderinginisiatiewe.

• Die Hoof: Behuising het onlangs ‘n verslag aan die raad voorgelê oor twee projekte, 107 en 89, op Velddrif. Hy het verduidelik hoe ver daar in die proses gevorder is en wat die volgende fase van die projek behels. Die Direkteur Tegniese Dienste het agtergrond gegee oor die projek om die vergadering ‘n beter begrip te gee oor waarheen die inwoners geskuif kan word nadat die topstrukture opgerig is, ook waar ‘n moontlike deurgangskamp opgerig kan word. Hy het gesê dat 'n probleme ontstaan met inwoners in die hostelle wat nie ‘n opname van inwoners wil toelaat nie, asook weiering om die subsidievorms in te vul. • Bergrivier stadsraad gaan die moontlikheid van landboudorpies (Agri-villages) in diepte ondersoek. • Die stadsraad het ‘n aansoek vir hersonering op die plaas Rietfontein No 184 (Dunn’s Castle) goedgekeur. Die huidige goedkeuring vir vyf dubbelverdiepingstrukture met tien selfsorgeenhede, verandr nou om vergunning te gee vir ‘n toerisme fasiliteit. • Die Hoof: Beskermingsdienste gaan ‘n voorlegging doen met betrekking tot die brandweerafdeling en die tekorte/funksionering daarvan in Bergrivier munisipale gebied. Die moontlikheid gaan ondersoek word om ‘n moontlike dienslewerings/ samewerkingsooreenkoms te sluit met “Working on Fire” en Weskus Distriksmunisipaliteit rakende strukture- en veldbrande.

•VAN DER DOES NEEM WAAR

Stoffels groet Swartland Die hoof van die Swartland-hospitaal, dr André Stoffels, het bedank en laat verlede jaar daar klaargemaak. Sy pos word tans tydelik gevul deur die waanemende hoof dr Albertine van der Does. Van der Does, wat aan die Vrije Universiteit Amsterdam, Christelijk Gymnasium Sorghvliet en Universiteit Stellenbosch studeer het, het in Junie 2013 as gesinsarts by Swartland begin werk. Sy het in 'n vroeër onderhoud gesê haar werk by die hospitaal gee aan haar goeie geleentheid om 'n verbetering te help bring deur direkte skakeling met pasiënte en as leier van 'n span dokters. "Ek hou van die landelike omgewing en het meer vrede hier en hou van die mense. "Plattelandse mense is dikwels meer beskeie en eerlike mense wat van dag tot dag oorleef. "In 'n hospitaal soos hierdie is die mediese

Dr. Albertine van der Does neem waar as die hoof van die Swartland-Hospitaal. Foto: US personeel meer ondersteunend met 'n hulpvaardige kultuur en waardering vir mekaar," het sy bygevoeg in 'n publikasie van die Universiteit Stellenbosch se Geneeskunde-fakulteit. Stoffels, 'n boorling van Hopefield, het die pos sedert 1 Augustus 2012 gevul. Hy het in 1993 sy MB.ChB. aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Hy het voorheen sy eie praktyk op Vredenburg gehad en by die Vredenburg-hospitaal diens gedoen asook in hospitale in Skotland en Engeland. Voor hy Malmesbury toe gekom het, was Stoffels verbonde aan die Prins Albert-hospitaal in die Karoo.


NUUS • NEWS

3

14 Januarie 2015

• KELDERS GERAT EN 'DRUIWE LYK GOED'

Oes vroeër as verwag Die druiwe-oes is vanjaar vroeg - in elk geval in die Riebeekvallei, en by Riebeek Kelder is almal reeds voolstoom aan die werk met die besige seisoen wat pas begin het. “Ons is baie opgewonde oor die oes,” het Zakkie Bester, hoof van die Riebeek Kelder, aan dié courant gesê. Bester sê hulle was effe onverhoeds betrap met die vroeë oes. “Maar ons is nou reg en die druiwe lyk mooi en gesond.” Sy woorde van gesonde druiwe is beaam deur betrokkenes met wie dié courant by die ontvangspunt van die hooggelaaide sleepwaens gesels het. “Die druiwe is vanjaar gesond en die korrels groter as gewoonlik,” het Piet Philander van Sonkwasdrif verduidelik. Hy was besig om

sy tweede vrag Muskadel van die oggend af te laai. Joseph van Rensburg (gradeerder) en Tharine Hansen (wingerdboukundige) is dit eens dat die gehalte goed lyk. “Ons neem nou lae alkohol-druiwe in vir ons Montinoreeks,” het Francois Duckitt, assistent-wynmaker verduidelik. • Darling Cellars het gister gesê hulle is nog besig om alles reg te kry vir die oes en verwag die eerste druiwe binne die volgende week.

Top-matriek swot medies Ek was baie verras oor my uitslae. Ek het hard gewerk, maar my uitslae het my stoutste verwagtinge oortref. Só het die top-matrikulant uit kringe 1 en 2, Danielle Thomas van Swartland Hoër, gister aan dié courant vertel. Danielle het ‘n gemiddeld van 92,57%, met onderskeidings in al haar vakke: Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Wiskunde, Skeinat, Rekenkunde en Lewenswetenskappe. Haar gunstelingvak was Lewenswetenskappe – eintlik ‘n gegewe vir hierdie slimkop wat vanjaar medies gaan studeeer by Universiteit Kaapstad. Sy was haar hele hoërskoolloopbaan in die Hoërskool Swartland en sê dit was "baie gelukkige" jare. Naas studeer, het sy darem ook tyd gehad vir hokkie en soms atletiek. Sy was in die koshuis, want haar ouerhuis is op Atlantis. Sy is die oudste van vier kinders. Haar ma, Ronelle, is ‘n tuisteskepper, terwyl pa David in rekenaartegnologie werk. Een persoon wat nie verbaas is oor Swartland, en Danielle, se goeie uitslae nie, is klasmaat en hoofmeisie Anna-Mart Steyn. “Ek dink ons het fantasties gedoen!” het sy aan dié courant gesê. “Ons was ‘n besondere klas en ek is só trots op wat ons bereik het.” Anna-Mart beplan om onderwyser te word.

Danielle Thomas

R-Kasteel se inwoners het weer polisie-kontakpunt

Riebeek-Kasteel en Esterhof se inwoners het ná jare weer ‘n kontakpunt op die dorp waar polisiesake aangemeld kan word. Die punt in die ou polisiestasie (hoek van Royal en Piet Retiefstraat) word vanaf Riebeek-Wes beman. Die kontakpunt is nog in 'n interimfase en die beskikbare ure sal na gelang van die publiek se

behoefte aangepas word en so spoedig moontlik aan die publiek deurgegee word, aldus kapt Sarmien Gerber. Die publiek kan ook die polisie op Riebeek-Wes skakel by 022 461 8100, of adjudant-offisier Coby Adonis by 082 522 2679.

RYP-

Francois Duckitt, assistant-wynmaker by Riebeek Kelder (agter regs) kyk hoe 'n vrag druiwe afgelaai word. Hulle neem nou lae-alkohol druiwe in.


NUUS • NEWS

courant

14 Januarie 2015

dié

4

Nuwejaarsvoornemens nie altyd so ver uit

Kom ons wees nou maar eerlik. Nuwejaarsvoornemens is presies wat dit is. Voornemens. Iets wat jy jouself in 'n oomblik van "goeie" waansin belowe en dan 'n paar uur later besef dit is iets wat dalk nie altyd so maklik is om deur te voer nie. En dan kom die spyt... Vir sommige Swartlanders was dit harde werk, maar het hulle wel by hul 2014-nuwejaarsvoornemens gehou en dit voluit geleef? Kyk nou byvoorbeeld na ons top-matrikulante. Vir die Swartland en Weskus om die beste in die Wes-Kaap en vierde beste in die land te vaar, verg harde werk deur honderde jong studente. Ure se studies, toewyding en motivering. Dit wil gedoen wees. Hartlik geluk aan elke hardwerkende matrikulant! Dit is sekerlik nie in almal se vermoë om A-gemiddeldes te behaal nie. Vir sommige leerders is dit moeiliker om 'n gemiddelde persentasie te lewer en vir hulle is dit soveel meer werk. Soveel meer dryfkrag, meer ure se studies. Soveel meer wat hulle insit, al kry hulle dan nie aldag die erkenning wat hulle verdien nie. Dit is hulle wat ons dan salueer. Diegene wat bo hul eie vermoë uitstyg. Hulle wat hul eie verwagtinge oortref. Wat doen wat daar nooit van hulle verwag word of is nie. Dít leer jou om nie net te aanvaar wat mense van jou dink of verwag nie. Styg uit! Doen meer! En verras dalk net jouself. Dus: kyk gerus weer na voornemens. Hulle is tog goed bedoel en waarskynlik in die kol met die spesifieke area wat aandag verlang. Al moet jy nou daardie heerlike stuk sjokoladekoek voor jou mond wegklap...

Hart:

One Heart Christian Foundation het op 16 Desember, Versoeningsdag, ‘n Kersfeesprojek vir die gemeenskap van Ruststasie gehad. Daar was ’n kort boodskap oor versoening en daarna het die ouers ‘n opsomming gekry van wat die jaar vir hul kinders aangebied is. Geskenke is vir die kinders uitgedeel en kospakkies vir die ouers. Daar is ook teddiebere uitgedeel wat ‘n nuwe tuiste gesoek het. Bo is die kinders en vrywilligers bymekaar en regs is 'n baie gelukkige Marquin Diedericks met sy nuwe teddiebeer. Foto’s: Susan Greeff

'n 'Dankie' aan diegene in blou Onder: Henfré Brand, ondervoorsitter van die GPF (middel) by kapt. Naomie Johnson en kaptein Jonathan Larey.

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Die kinders van die koninkryk In Matteus hoofstuk agt lees ons van ‘n hoofman oor honderd wat Jesus genader het oor een van sy knegte wat siek was. Omdat hy ‘n man van gesag was en slegs ‘n woord kon spreek en die knegte voer dit uit, het hy Jesus gevra om slegs ‘n woord te spreek om sy kneg gesond te maak. Hierdie man was heel moontlik ‘n Romeinse burger, maar het gemerk dat Jesus ook ‘n Persoon was wat met gesag opgetree het. Jesus was heel verbaas oor die geloof wat hierdie man van heidense afkoms openbaar. Dan vertel Jesus aan sy volgelinge dat Hy so 'n groot geloof selfs in Israel nie gevind het nie. Dan die volgende woorde oor die koninkryk van God, dat baie van die ooste en die weste saam met Abraham, Isak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele. Maar dat die kinders van die koninkryk uitgedryf sal word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande. Daarna het Jesus aan die hoofman oor honderd gesê dat hy kan gaan, en laat dit vir hom wees soos hy geglo het. Ons geloof word bevestig in ons woorde en optrede. Die kinders wat juis in die koninkryk teenwoordig moes wees, was uitgedryf in die buitenste duisternis. Met ander woorde weg van God en sy genade, omdat hulle geloof en hulle daaglikse optrede nie met die geloof gestrook het soos hierdie hoofman oor honderd nie.

Bo: Ondervoorsitter Henfré Brand (derde van links), by a.o. Deon Jooste, a.o. Franklin Leander, a.o. Brian Lategan, a.o. Turs Fredericks en kol. Makhya Mkhabile. Die Malmesbury Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het sy 2014-projek “Reward A Cop/Vergoed ‘n Beampte“ met ‘n swierige toekenningsaand by die Bloues-klubhuis afgesluit. Polisiebeamptes is met sms’e, aantekeninge in die kliëntediensregister en skriftelike nominasies deur die publiek en gemeenskap aanbeveel vir toekennings en erkenning vir diens en toewyding te midde van ‘n gebrek aan toerusting, bronne, mannekrag en vele uitdagings binne die strukture. Morris Uberstein, voorsitter van die Swartland Drankforum, het gesê verhoudinge tussen die SAPD, die forum asook lisensiehouers het nominaal verbeter. “Die verhouding tussen die twee komponente kan net sterker en beter word, want die grondslag is gelê om onwettigheid saam te bestry. Die SAPD se leiding en samewerking met die forum word waardeer.” Die geleentheidspreker, Lionel Frank, het gesê: “Hulle (SAPD) het die mees ondankbare werk. Hulle doen nooit iets reg in die oë van die publiek/gemeenskap nie. Hulle (SAPD) is volgens talle sleg, lui, korrup, onbevoeg, onvriendelik, onnet en nooit beskikbaar nie. Eienaardig en ironies is dit aan hulle wat ons eerste dink, kontak en roep as ons ‘n probleem het.

“Daar is ruimte vir verbeterde dienste, maar kom ons erken die diens het verbeter, samewerking met die gemeenskap het verbeter, ons het n pragtige, netjiese, skoon Dienssentrum (polisiestasie) en ons manne en vroue in blou probeer die beste doen met dit wat hulle het. “Die gemeenskap moet moue oprol en betrokke raak by die GPF en sodoende hulself vergewis van die omstandighede en uitdagings waaronder ons dorp, te midde van die tekortkominge, puik diens ontvang van die SAPD. “Dit beteken nie ons kyk die foute en flaters mis nie. Ons het almal ‘n rol te speel in die beskerming en veiligheid van dit wat na aan ons is. Ons sal moet hande neem en as 'n verenigde front saamwerk en met respek ons gemeenskap dien. “In suksesvolle diens is respek die wagwoord en nie noodwendig rang of posisie nie.” Cynthia Slingers, voorsitter van die GPF, het die beamptes en hul metgeselle bedank vir hul teenwoordigheid. “Die doelwit van die GPF is om vennootskappe, verhoudinge en samewerking tussen alle belangegroepe te bewerkstellig en te bou.” Sy het ook die SAPD bedank vir hul oop beleid en gewilligheid om saam met die gemeenskap te werk en baie dikwels daardie ekstra buitengewone bydrae te maak.


NUUS • NEWS

5

14 Januarie 2015

Boxing Day:

Die jaarlikse geskiedkundige Paarl Boxing Day-byeenkoms is in Desember vir die 117de jaar aangebied. Een van die senior vroue-deelnemers op dié baanbyeenkoms in die Faurestraatstadion was Elfriede Wolfaardt van Malmesbury. Sy het uitstekend gevaar met twee podiumposisies - 2de in die 1500m en 2de in die 7km. Nog 'n inwoner van Malmesbury, die veteraan Chrispin Fourie, het ná jare weer sy terugkeer tot die Faurestraat-stadion gemaak en in van die moordende wedrenne voor gejaag.

Swartland brokkies... Municipal snippets... ‘n Aansoek vir die hersonering van ‘n gedeelte van erf 517 op die h/v Riet- en Zambesistraat, Koringberg is goedgekeur vir die oprigting van ‘n jeugsentrum. Die Goedgedacht Trust het die aansoek ingedien. • Goedkeuring is ook verleen vir die hersonering van gedeelte 24 van die plaas Yzerfontein. Die stuk grond (sowat 5,9 ha) is op die hoek van Buitekantstraat en Hoofweg, Yzerfontein. Die huidige sonering is vir ‘n sakesone 1 met ‘n vergunningsverbruik vir ‘n hotel. Dit verander nou om vir die volgende gebruike voorsiening te maak: 61 algemene residensiële erwe (sowat 23365m² in totaal); ‘n sakesone (6836m²), 3 oopruimtes (18612m²) en 2 vervoersones *10230m²). • Die afdeling finansiële dienste het ‘n verslag oor uitstaande debiteure voorgelê. Hiervolgens het die uitstaande debiteure in November 2014 met meer as R3,8 miljoen afgeneem teenoor 2013. In November 2013 was die uitstaande bedrag R22 125 900, teenoor die ooreenstemmende maand in 2014 se R18 271 470. Die uitstaande debiteure vir Oktober 2014 het R23 015 520 beloop. Dit beteken dat daar in November ‘n vermindering van R4 743 94 was. Die uitstaande skuld vir November 2014 is 4,62% van die inkomste uit dienste voor die nuwe maand se heffing. Burgemeester Tijmen van Essen het sy kommer uitgespreek oor uitstaande skuld: “Dit sal die ondergang van die munisipaliteit beteken as ons nie sorg dat geld inkom nie. • Die aansoek vir die onderverdeling van erf 2181 in Dolphinlaan, Yzerfontein is ook goedgekeur, onderhewig aan sekere voorwaardes. Die grond sal verdeel word in 32 erwe wat wissel in grootte van sowat 197m² tot 529m².

In ‘n verslag aan die komitee, het die munisipale bestuurder die wenslikheid van die ontwikkeling aangespreek. Hy sê die Mile 16 Beach-ontwikkeling beskik reeds oor woonhuise en hierdie aansoek behels die invulling en herrangskikking van erwe binne die bestaande buurt. “Volgens die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk van Swartland Munisipaliteit word Yzerfontein as ‘n vakansiedorp geklassifiseer. Die bestaande ontwikkeling sluit reeds hierby aan deur as vakansiehuisvesting te dien. “Hierdie aansoek het verdigting ten doel wat nie slegs op plaaslike owerheidsvlak aangemoedig word nie, maar ook op provinsiale vlak. Sodoende word stadskruip beperk en dit het die optimale gebruik van dienste tot gevolg. • Die Swartland Munisipaliteit gaan ‘n aansoek vir die huur van grond in Abbotsdale vir ‘n vaardigheidsontwikkelingsentrum vir publieke kommentaar adverteer. Verteenwoordigers van Cence en U-Grow Rural het vroeër ‘n voorlegging aan die komitee gemaak oor die voorgenome bemagtigingsentrum vir plaaswerkers. Hulle wil ‘n gedeelte van erf 301 in Boltneystraat op langtermyn huur. Verskeie gesprekke tussen die departement ontwikkelingsdienste en die organisasie het gevolg. Lede van die burgemeesterskomitee en die wyksraadslid, rdl. Aubrey Sedeman, was ook betrokke. Die burgemeester, onderburgemeester Maude Goliath en raadslid Reggie van der Westhuizen het hulle bedenkinge uitgespreek oor die keuse van Abbotsdale. Die sentrum behels onder meer ‘n vis- en groenteboerdery en die raadslede meen daar is nie genoeg standhoudende water in die gebied beskikbaar nie. Die voorstel sal nou oorstaan tot die publiek geleentheid gehad het vir besware en kommentaar.

Wen met 'Sport vir die Siel' Sport vir die Siel, die RSG-radioprogram wat van jou ʼn wenner kan maak, trek nou ook ʼn boekbaadjie aan... Wie van ons sal hierdie oomblik vergeet? SA weer op die aanval... diep binne die kwartgebied van die All Blacks aan die oorkant van die veld... en hulle gaan die bal kry uit die skrum... Joost probeer optel, dan slaan hy aan... maar dit maak nie saak nie. Dis die eindfluitjie wat blaas en Suid-Afrika is die wêreldkampioene! Selfs al was jy nie daar nie, bly sekere sportoomblikke in jou hart sit. En dis dikwels RSG-sportkommentator, Pieter van den Berg, wat jou vertel wat op die sportveld gebeur. Elke Maandagoggend skuins voor sesuur bied Pieter en pastoor Dave Strydom ‘Sport vir die Siel’ op RSG aan. Pieter lewer ‘lewendige kommentaar’ oor sportgebeurtenisse waarna pastoor Dave van die AGS-Primrose-Oos gemeente in Gauteng die sportgebeurtenis aan die geestelike lewe koppel. Pieter en Dave het nou saam met RSG en die uitgewer, Naledi, saamgespan om ʼn baie unieke publikasie vir alle sportliefhebbers en sportlui saam te stel. Sport vir die Siel het ten doel om

lesers te help om ʼn wedstrydplan vir hul lewens saam te stel. “Pas op!” waarsku die twee skrywers, “Hierdie boek gaan jou positief beïnvloed en jou beter laat voel oor jouself en die lewe.” Tydens 'n spoggeleentheid by Ellispark in Johannesburg is RSG-sportkommentator, Pieter van den Berg, en pastoor Dave Strydom se boek Sport vir die Siel bekendgestel. Dit is baie gepas dat die bekendstelling op Ellispark gehou is, het Pieter gesê. “Dis hier waar die hele idee van die koppeling van bekende sportgebeure en die praktiese toepassing daarvan in elke Christen-mens se lewe ontstaan het. “Die eerste program op radio en in die boek handel juis oor die Curriebeker-eindstryd van 2011, wat verder bygedra het tot die keuse van Ellispark as plek vir die bekendstelling van die boek.” • Ses gelukkige lesers kan elk 'n eksemplaar van Sport vir die Siel wen. SMS jou naam, antwoord op die onderstaande vraag en tuisdorp na 084 8333 813 teen 20 Januarie om in aanmerking te kom. Vraag: Op watter radiostasie word "Sport vir die Siel" uitgesaai?


NUUS • NEWS

6

2014 Matrieks met A-gemiddelde

14 Januarie 2015

Piketberg

Dirkie Uys

Anette Coetzer

Christiaan Rust

Eric Bester

Alan Willemse

Herbst vd Merwe

Jared Whitfield

Johannes Mostert

Johan Laubscher

Marcelle Eksteen

Marli Coetzee

Karla Conradie

Karli Truter

Landi Brink

Maria Visser

Salomé Hamman Nadine Bester

Rouxnell van Dyk

Swartland

Abrie Britz

Petro Rossouw

Nicoline Bronkhorst

Timotheé Luyt

Porterville

Tinè Kitshoff

Alri van Heerden

Bianca van Wyk

Anna-Mart Steyn

Riani Kreuiter

Chanelle Cloete

Chanté Humphreys

Denette Holloway

Tiaan Nell

Elissa Walsh

Emily Howard

Jana Eksteen

Annereen Malan

Tessa Leng

Marieta Basson

Niel van Zyl

Nolea Price

Mardi Breytenbach

Marinda Briers

Lizé van Greunen

Yvonne van den Heever

Danielle Thomas


NUUS • NEWS

7

14 Januarie 2015

Vakansiepret op Yzerfontein in beeld Bo: Die raakrugby-toernooi wat op die strand gehou is, het weer baie aandag geniet. Bo is die Darl-Inn 7's-span. Links: Die jaarlikse Snoek Classic het weer plaasgevind. Weens die beperkinge op kreef-vangste en ander faktore, was dit op 'n aansienlike kleiner skaal. Hier is die wenners van die onderskeie afdelings. Die Yzerfonteinse strand se hemelruim het opgehelder met die vuurwerke wat oujaarsaand geskiet is.

Bo: Die Kersliedere by Kerslig in die hawe is elke jaar baie gewild. Links: Elke sport het sy beserings. Die Suzuki-klub was goed verteenwoordig by die jaarlikse 4x4-dag van die NG Kerk Darling. Hier het een van die voertuie bietjie teëspoed opgetel. Onder: By die feesmark op die plaas De la Rey, is Sonnie Basson saam met Fransie en Jannie Paterson in gesellige luim by wynmaker Juan Louw. Bo: Susan van der Westhuizen (middel) het weggestap met die Mej Yzerfontein-kroon. By haar is prinsesse Tertia Viviers en Marne Walters.

Bo: Mnr Yzerfontein 2014 is Ryno Gerber (middel). Johan Smit (regs) was die naaswenner en Pikkie Hayes derde.

Bo: Mila de Klerk is aangewys as Mej Yzerfontein Jnr. Regs bo is die beoordelaars Lizanne Loedolff, Dave Nemeth en Henré Pretorius saam met sameroeper Wilna de Klerk. Links: In die junior seunsafdeling het Walter Behne (middel) die louere ingeoes met sy broer Lee (links) tweede Lohan Hill (regs) in die derde plek.


NUUS • NEWS

8

14 Januarie 2015

Uitslae van SA skouspringbyeenkoms in die Baai Vier van die Clintonianne Ryskool op Moorreesburg se ruiters en perde het Wes-Kaap die vakansie gaan verteenwoordig by SA’s in Port Elizabeth. Perde en junior ruiters van reg oor Suid-Afrika het gesorg vir sterk kompetisie. Sparkling Star en ruiter Maarten Slabber kon eers op die vierde dag begin deelneem, nadat Star homself beseer het in die perdewa op pad na die kompetisie. Hy het nie die WesKaapspan gehaal nie, weens sy besering, maar het twee pragtige skoon rondtes in die kampioenskappe gespring. Star is 20 jaar oud en tree nou uit. Slew Per Charge, wat aan Clintoniaane ryskool behoort en deur Tristen Petser gespring is, het ‘n 3de plek in die kompetisieklas gehad en het verder skoon rondtes gespring. Hy kwalifiseer vir die WK 80cm-span. Hulle het 2de individueel geëindig in die kampioenskappe en die WK 80cm-span het gewen. Boys Will Be Boys en Dane van Niekerk het gewys hul hoort in die 90cm-span deur twee skoon rondtes te spring en te kwalifiseer vir

die 90cm-span. Die span het ook gewen. Automatic Account, wat ook aan Clintonianne ryskool behoort en deur Johan du Toit in die 90cm-klasse gery is, was 2de in die eerste klas en het ook reg deur skoon rondtes gespring en die WK span gehaal. Hul was ook 3de individueel in die kampioenskappe en deel van die 90cm WK-span wat gewen het. Amanda Dick (afrigter en eienaar van die Clintonianne ryskool) het ook aan die WesKaap kampioenskappe deelgeneem met haar perd Gun Deck in die 1.20m-klasse en met Daniel Visser se perd Hogan’s Bridge in die 1mklasse. Gun Deck moes ongelukkig na twee klasse onttrek word weens‘n besering, nadat hy reeds ‘n 5de plek behaal het. Hogan’s Bridge was 5de in die eerste klas en het 6de geëindig in die WK 1m-kampioenskappe. “Clintonianne ryskool en die ruiters het groot suksesse behaal die jaar en sien uit na al die nuwe uitdagings van 2015,” het Amanda Sparkling Star en ruiter Maarten Slabber. gesê.

Bridgetown holds Summer Triathlon The Bridgetown Summer Triathlon will take place on Saturday 7 February near Moorreesburg. This off-road tiathlon will be a river swim, mountain bike and trail running experience. It is hosted on a farm along the Berg River, and includes 800m swim, 18km mountain biking and 4km run. You can enter as individual or a team (one discipline per team member).

In the afternoon there will be a new concept race: the Super Sprint Team Relay. Teams of three will take part in 300m swim, 8km mtb and 2km run. Each team member will need to complete the full super triathlon in succession for the team to finish the race. Juniors (12-18 years) can enter as individuals

or teams. The event is organized by WP Triathlon in association with TRIBE-TRI: Western Province triathlon youth development programme. For more information: www.bridgetri.co.za or contact Petra/Matt on bridgetownAgmail. com or 076 794 6917. You can also enter on the website.

Kenners rig jong atlete af by kliniek

‘n Afrigtingskliniek word op Saterdag 24 Januarie by Hoërskool Swartland aangebied as deel van Boland Atletiek se ontwikkelingsprogram om te verseker dat atlete en afrigters goed voorberei is vir die 2015-seisoen. Die kliniek is van 08:30 tot 13:30 en sal atlete, afrigters, onderwysers en ouers toerus met die nodige vaardighede om atlete se vertonings op klub- en skoolvlak te verbeter. Talentvolle atlete kry ook die geleentheid om afrigting van ervare afrigters te ontvang. Verder word afrigters toegerus met praktiese metodes om hul eie vaardighede te ontwikkel. Die kursus word aangebied deur afrigters wat atlete opgelewer het wat op internasionale en nasionale vlak sukses behaal het. Atlete van alle ouderdomsgroepe is welkom om die kliniek by te woon. Atlete wat aan veld-items deelneem, moet hul eie toerusting moet saambring. Die volgende disiplines word aangebied: naellope, hekkies, hoogspring, verspring, diskus, gewigstoot, hamergooi, diskusgooi, middelafstande en stap. Die registrasiefooi is R60 per atleet/afrigter, wat afrigting, verversings en ‘n bywoningsertifikaat insluit. Vir meer inligting, kontak Freek Stander (084 511 9230) of Brandon du Plessis (076 187 7260 / brandonathletics@yahoo.com). Bywoning moet voor of op op Vrydag 22 Februarie aan Hoërskool Swartland bevestig word by faks 022 482 1177.

Ruiter, drawwer en fietsryer ding mee in unieke ren Inskrywings vir die eerste Swartland Uithourit, wat aanstaande Saterdag 24 Januarie by Môreson naby Malmesbury beplan word, kan nou gedoen word. Spanne bestaan uit drie lede: ‘n ruiter, ‘n drawwer en ‘n fietsryer. Jacques Augustyn, die voorsitter van die

Swartland Uithouritklub, het aan dié courant gesê dagruiters sal ook aan die uithourit kan deelneem. Dit is egter belangrik dat hulle perde se inentings op datum moet wees. Die perde sal ook net 30km van die afstand mag aflê. Augustyn (083 753 4487) is ook Hoof Rit-

meester van ERASA (Endurance Ride Association of South Africa). Hy sê dit is die eerste keer dat so ‘n byeekoms in Suid-Afrika gedoen word en die gedagte is dat dit ‘n dag van pret en ontspanning sal wees. Hierdie byeenkoms is terselfdertyd ook ‘n

voorloper van ‘n volle uithourit van 80/120km wat vir Augustus of September beplan word. Deelnemers kan uitsien na baie pryse. Skryf in op die webblad www.xrc.co.za. Navrae kan ook aan Augustyn gerig word by 083 253 4487.

Voortrekkers maak verskil Swartland Voortrekkers se jaar begin op 28 Januarie om 17:45 by die Waspoor Voortrekkerterrein (agter die OLOK-saal) op Malmesbury. Hulle beplan ‘n hele aantal pret aktiwiteite vir 2015 en nooi ouers van kinders (Graad R tot 12) uit om hul kinders by Die Voortrekkers te laat aansluit. "Die Voortrekkers kan beslis ‘n verskil in u kind se lewe maak. Die Voortrekkers is ‘n kultuurorganisasie vir die Afrikanerjeug, wat geleenthede bied om deur avontuur en ander aktiwiteite karakter te ontwikkel binne die konteks van ‘n Bybels-Christelike waardestelsel in Afrikaans en as positiewe burgers van Suid-Afrika. "Die Vootrekkers bou as moderne Afrikanders op die goeie uit die tradisie van die Afrikaner en enige persoon is welkom om aan te sluit. "Die Voortrekkers is die een aktiwiteit wat kinders in elke aspek van hul lewens iets bied, naamlik pret en avontuur, kennis en lewensvaardighede, sosiale interaksie, geestelike lei-

ding, gesonde ontspanning in groepsverband en leierskapontwikkeling. "Die Voortrekkers het ‘n beproefde spanstelsel, verskeie goed toegeruste kampterreine, eietydse literatuur en deeglik beplande programme." Swartland Voortrekkers vergader elke Woensdag van 17:45 tot 18:45 by die Waspoor Voortrekkerterrein, Malmesbury. Die ledegelde is R450 per jaar. Die uniform bestaan uit ‘n blou Voortrekkergholfhemp en ‘n erkenningsonderbaadjie wat saam met ‘n denim kort- of langbroek of rompie en tekkies gedra word. Kontak gerus die kommandoleier, Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejonghs@swartland. org.za) of die kommandosekretaresse, Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com) vir meer inligting. Volwassenes wat geroepe voel om betrokke te raak by Die Voortrekkers is ook baie welkom.


NUUS • NEWS

9

14 Januarie 2015

Dagboek • Calender

Simposium vir tegniese beamptes gehou Boland Atletiek hou ‘n Tegniese Beampte Simposium op Saterdag 17 Januarie op die Daljosafatstadion in die Paarl. Registrasie en lisensiëring begin die oggend om 10:00, met die verwelkoming om 11:00. Net daarna praat Brandon du Plessis oor structure vir tegniese beamptes, gevolg deur Etheresia Thomas wat inligting oor ASA reels en regulasies sal gee. Om 13:30 is Du Plessis weer aan die woord, dié keer oor die aanstelling van tegniese beamptes. Om 14:00 us daar voorligting en eksamen vir die skeidsregters. Tegniese beamptes wat die werkwinkel bywoon, sal voorkeur geniet met toewysing vir ASA nasionale byeenkomste. Vir meer inligting, kontak Boland Atletiek by 021 868 0007, (faks) 021 868 0009 of office@ bolandathletics.com. Toegang is R50 vir gelisensieerde beamptes, andersins R110.

Swartland Liquor Forum AGM 22 January - On request from members, the Exco had decided to change the AGM date to Thursday 22 January. It will take place at Bloues Rugby Club, Malmesbury. Time: 13:45 registration and 14:00 the AGM. Contact Henfre Brand – Secretary (acting): swaliqforum@gmail.com or 082 703 8666. Darling Country Open Air Cinema Friday 23 January – Darling Lodge, 22 Pastorie Street @ 20:00. Cosi : A 1996 Australian comedy-drama musical about an unemployed young man who applies for a job as a director/drama teacher at a mental hospital. He lands the job and finds himself directing a production of the Mozart opera Così fan tutte. Saturday 24 January - 22:00, Darling Lodge– Mrs Henderson presents: Mrs Henderson, a noble widow with strong enthusiasm for the stage, buys a theatre in London. Vallei van die sterre 23 Januarie – ‘n Onvergeetlike aand van vermaak aangebied deur Pedro Kruger, met Adam Tas, Heinz Winkler, Tracey Lange, Nadia Beukes en Tim Theron. Gratis, 18:30 tot 20:00, arena, bank-area in Tygervalleisentrum. Wingerd Safari 24 Januarie - Malmesbury Landbouvereniging se Wingerstudiegroep bied weer hul jaarlikse raaiselrit Wingerd Safari aan. Hope pryse te wen. Vertrekpunt: Weldie-plaas. Registrasie om 08:30. Vertrektyd: 09:00. Prysuitdeling: 13:00 Inskrywings vir volwassenes R150, Kinders R50 en voorskool gratis. Kontak 072 234 6646 met navrae. Snotkop 24 Jabuarie – Jaar-afskop kuier en dans, Klipfontein Boerdery/koelkamer - N7 Piketberg na Citrusdal 24km regs op Porterville-pad, 5km links by Klipfontein-bord.. Stoor open 18:00,

dans begin 19:30. Kontantkroeg, worsrolletjies & hamburgers beskikbaar. Eie glase, piekniedmandjies en eie verversings welkom. Koste: R120 pp (hoërskoolleerders R70). Inligting en kaartjies: Anene Jacobs (083 306 8578), Riaan Carstens (083 447 8870), Monique Potgieter (084 479 7110). Darling Music Experience 30 January - 15 February - This popular West Coast Music Festival is now getting ready for its 10th season. Great music performed by small ensembles, opera, crossover and Jazz; lovely country venues; intimate concerts by international and South African musicians; the pairing of world class music with Darling’s excellent wines and fine food. An invitation to a day out in the country. Contact Alfred: 072 015 1653 Email: info@darlingmusic.org Piket-bo-Berg Farmers Market 31 January - Last Saturday of every month. 09:00-12:00 on the farm Kruistement. Pies, ribs, olive oil, bread, breakfast, accessories, coffee and refreshments. Riette Bryant 022 9145652 or www.piket-bo-berg.co.za Riebeek West Funky Fresh Market 7 February - First Saturday of every month. Alexi/ Willie 084 601 3635/ 083 748 6328 • wrhino@telkomsa.net Bridgetown Somer Driekamp 7 Februarie – Driekamp naby Moorreesburg: 800m rivierswem, 18km bergfietsry en 4km draf. Neem individueel of in spanne deel. Die middag is daar Super Sprint-spanaflos. Spanne van drie neem deel aan 300m swem, 8km bergfietsry en 2km hardloop. Navrae: www.bridgetri.co.za of kontak Petra/Matt op Bridgetown@gmail.com of 076 794 6917.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 25 Januarie - Pastoor Piet Smit lei die diens om 09:30. Titel: Nuwe Hemel & Nuwe Aarde. Eerste aanddiens vir 2015 om 18:30. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 25 Januarie - Past Kobus du Plessus hou die dienste om 10:00 en 18:30. Navrae: 083 722 7787. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak die kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae van 08:00 – 14:00). Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by kerk, Freesialaan 17 Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498.

Malmesbury House of Prayer Sunday worship service: 10:00; Bible study: Tueasday 19:00 (Hebrews); Thursday 10:00 (Genesis). Prayer meeting: Wednesday 10:00; home cells: Wednesday at 19:00. Pastor Joshua Metemeri, 084 471 7914. AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie). Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service; 08:30 Sunday school (not during school holidays); 19:00 Tuesday prayer meeting at church; 19:00 Wednesday Bible Study - Wesbank, 022 486 6087; 19:30 Wednesday Bible Study Malmesbury, 082 890 5433. Hall to rent. Contact Rev John Beck at 022 482 3623.


NUUS • NEWS

10

14 Januarie 2015

Kontak ons gerus om hier te adverteer by 022 487 3221

SMSH 1 09 July 2014 12:06:58 PM


NUUS • NEWS 14 Januarie 2015 Dienste Services

Moorreesburg.022 433 3831 sel.082 343 4130-082 573 1589

Gesoek Wanted

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071 / 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za

#2000 -----------------------AANDAG!! CJ’s Vullis en bourommel verwydering asook skoonmaak van erwe. Skakel 071 274 4782. -----------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. -----------------------DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom. -----------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. -----------------------NEW FREEZE VEKOELING. Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, koelkamers, motor lugreeling, ysmakers verkoop en diens ook lugversorgers. Royalstraat 44,

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. -----------------------Gesoek : Jong dame om huis mee te deel in Malmesbury. Sober gewoontes. Skakel 072 158 6029 -----------------------TOP EIENDOMME DRINGEND op soek na eiendomme om te verhuur / te verkoop. Skakel ons gerus by 022 487 3818/7

Voertuie Vehicles

VOERTUIE Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960.

Regsdienste Legal Services

REGSDIENSTE BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006.

Te Huur To Let

Enkel woonstel – onmiddellik beskikbaar in veilige omgewing – R2500 p/m + kragverbruik. Malmesbury. Slegs 1 persoon. Skakel 082 801 6992 -------------------------

11 Betrekkings BETREKKING Gesoek betroubare inslaap huishulp wat kan kook. Geen rokers of drinkers. Skakel 084 280 1023 -----------------------RADIAAL-ARM BOORMASJIEN OPERATEUR. Benodig vir 6 weke vanaf 20 Januarie. Malmesbury. Skakel 072 207 5058 -----------------------Voltydse Administratiewe dame word benodig. Vereistes: Rekenaarvaardig, Goeie menseverhoudinge. Mediese agtergrond sal tot u voordeel strek. Stuur CV na:liebenberg. paula@yahoo.com. Onbeantwoorde CV’s word beskou as onsuksesvol -----------------------ONTVANGSDAME Posisie beskikbaar by Bergzicht Dierehospitaal, Malmesbury. Tweetalig, vriendelike, warm persoonlikheid, rekenaargeletterd, eie vervoer en bereidheid om Saterdae te werk, ‘n paar van die vereistes om deel van ons span te word. Begindatum Februarie 2015, CV na financialbah@gmail. com -----------------------Verkoops- / ontvangspersoon gesoek vir groenteplaas 15km buite Malmesbury. Rekenaarvaardigheid, goeie menseverhouding en telefoonetiket vereiste. Moet Engels en Afrikaansvaardig wees.Stuur u CV aan : forries@ananzi.co.za

Memorium MEMORIUM WILLAM A. C. ARENDSE 17/02/1948 – 17/01/2014

‘n Jaar is reeds verby, maar vir ons voel dit soos gister. Die verlange en hartseer is steeds oneindig groot, maar die herinneringe sal vir ewig kosbaar bly. Jou liefde, leiding en mentorskap sal ons vir altyd in ons harte koester. R.I.P. Met tere liefde van Valerie, dogters, Colleen, Deidré, Lizelle, skoonseuns & kleinkinders -----------------------NICO COETZEE 8 Januarie 2015.

2 Jaar vol verlange is reeds verby. Ons koester die mooi herinneringe nog elke dag. Met baie liefde, Ma, Pa, Susters en broer.

Te Koop For Sale

Betrekkings Vacancies

Great Dane hondjies te koop. Hul is 7 weke oud. Een wit reun en 2 bont tefies. Skakel Petro 083 283 2018. Hul prys is R4000. -------------------------

Sweiser benodig vir staalwerke, diefwering, hekke en meer. Kontak Jaco Swart by 082 780 0079 of 083 961 9009.


..

courant

dié

12

tel 022 487 3221

NUUS • NEWS

14 Januarie 2015

SPORT

14 Januarie 2015

Sportuitslae

Sports results

Gholf Malmesbury Wednesday Sundowner 07/01 Enkel Stableford Gerhard Bester 20; Heinrich Pieters 20; Jacob Goosen 19; Thys Esterhuizen 19. Saterdag 10 Januarie Enkel Stableford Paul Hardcastle 43; Shaun Conrad 43; Desmond November 42; C Treurnicht 41; Peter February 41; Marius O'Kennedy 41.

Krieket Malmesbury Malmesbury t Oostelike Kriektklub Oostelikes wen die loot, kolf eerste. Teken 138 lopies aan. Malmesbury wen met 5 lopies.

Krieket: Die Malmesbury Krieketklub se eerstespan het Saterdag op Kraaifontein teen die Oostelike Krieketklub gespeel en die tuis-

span met vyf lopies geklop. Die besoekende span se Llewellyn Koopman (31), Keith Bruintjies (30) en Divaan Robertson (32) het die beste met die kolf gevaar. Malmesbury se tweedespan het op tuisbodem neffens die Dieprivier teen Grabouw kragte gemeet. Edgar Pietersen maak hier reg om 'n aflewering van die besoekende bouler in die regte rigting te stuur.

• SPAIRS, WESBANK, DARLING SPEEL GASHEER

Sewes-toernooie is perfekte lusmaker vir 2015-seisoen Rugbygeesdriftiges wat al uitsien na die nuwe seisoen, kan hulle tande slyp vir die volgende paar weke se fees van sewes-rugby op Malmesbury en Darling. Die Never Despair-rugbyklub bied Saterdag sy jaarlikse Gammat 7’s en familiedag op die Wesbank-sportterrein aan. Dit begin om 11:00 en agt spanne neem aan die toernooi deel: Destroyers, All For Laughters, Jolly Tigers, Charlie’s Angels, Malmesbury Superspar, Superysters, Eagles en Mango’s. Die spanne neem in twee afdelings deel met ‘n eindronde tussen die twee top-spanne. Die wenspanne kan ook uitsien na prysgeld. Toegang beloop R10.

• Nog 'n sewestoernooi vind op 30 en 31 Januarie plaas: die jaarlikse gewilde OK Minimarktoernooi word weer deur die Wes-bank-rugbyklub aangebied. Dit is vanjaar die eerste keer dat die toernooi oor twee dae sal plaasvind. Die Vrydagaand neem die eersteliga-klubs van Swartland teen mekaar deel. Die Saterdag speel die vier top-spanne in 'n semi-finaal, terwyl die Superliga-klubs van die streek ook teen mekaar te staan kom. Toegang is R10 en geen drank sal by die hekke toegelaat wod nie. Navrae by Eduann Howburg by 083 458 9313. • Die Darling rugbyklub hou sy jaarlike sewestoernooi op Saterdag 14 Februarie.

Groot prysgeld is op die spel en spanne word genooi om so gou moontlik in te skryf, aangesien die eerste inskrywings voorkeur sal kry. Die inskrywingsfooi is R500 per span en net 24 spanne sal aanvaar word. Klubs mag wel 'n A- en B-span inskryf. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Januarie. Belangstellende klubs kan Benito van Bo kontak by 078 599 4174 om in te skryf of vir enige navrae. • Never Despair begin eerskomende Maandag met hulle voorseisoense oefening. Die oefening sal aanvanklik Maandae tot Donderdae om 18:30 plaasvind. Alle voornemende spelers is genooi om die oefeninge by te woon.

uitslae geborg deur


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.