491 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

17 Oktober 2018

96.6%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 491

17 Oktober 2018

Veiling vir fondse Die NG Kerk Riebeek-Kasteel het Donderdag hul jaarlikse veeveiling vir fondse vir die kerk gehou. Die kenners van Tomis het die veiling oorgesien en toegesien dat alles seepglad verloop.

•OMSKEP KAAL GROND IN STUKKIE PARADYS

Elsie: Die tuinmoeder •Charlotte Lesch Elsie Martins, wat deur haar vriende beskryf word as die moeder van tuine, het nog altyd van blomme en plante gehou. Volgens haar bring hulle vreugde en vertroosting. Martins wat op die boonste verdieping van die Protea-woonstelle in Wesbank bly, het egter nie spasie van haar eie om tuin te maak nie. Dit het haar nie gekeer om ‘n plan te maak nie. Haar vingers het gejeuk vir ‘n bietjie groenigheid in haar én ander se lewe. Toe besluit sy om die kaal stuk grond op die perseel van die woonstelle, in ‘n stukkie groen paradys te omskep. Haar inspirasie was die plaaslike inwoners. “Ek het eendag voor my uitgestaar en gedink ek wil iets doen vir die gemeenskap en die kleinkinders,” verduidelik sy. Martins, wat ma van ses seuns is en ses kleinkinders het, voeg by dat sy ook wou voorkom dat die kaal stuk grond in ‘n vullishoop ontaard. Van die blomme in haar tuin is gekoop, ander is van die werk af gebring waar sy skoonmaak en sommige is deur inwoners van die woonstelblok vir haar gegee. Daar is tot ‘n boom geplant wat hier floreer. Martins het met die reën gedurig emmers vol water opgegaar om die tuin gedurende die warm dae nat te kan maak. Emmers vol gryswater word ook nou byna daagliks van die boonste verdieping met die trappe afgedra om die tuin nat te maak. “Dit is vir my ‘n plesier, want ek dink altyd daaraan dat hulle (die plante) ook dors is nes ek dors is.”

Tuintake: Elsie Martins (links) in haar tuin met Joseph Lategan (regs) én Lorraine van der Schyff (afwesig) wat met die grondwerk gehelp het. Haar gunsteling blom is ‘n roos. Sy het egter net een roos in die tuin, omdat hulle baie water kort. Solank die plante kleur in haar lewe bring, hou sy van hulle. Met die maak van dié tuin, het sy vir haar kleinkinders en die kinders in die omgewing gemaan om daar uit te bly. Haar kleinkinders is net so trots op dié tuin, nádat sy hul name met die datum op ‘n teeltjie in die tuin laat sit het. Hulle het ook emmers help aandra en gehelp werk in die tuin. Sy is dankbaar dat mense nie plante uithaal nie, behalwe vir ‘n soetrissieplant wat weg is.

Dít het sy vroeg in die oggend agtergekom toe sy vir die plante gaan môre sê. Daar is ook genoeg klein spioene wat haar kom waarsku. “Almal is trots op die tuin by die woonstelle. Ander inwoners wat ook op die boonste verdieping bly, het vir haar gesê hulle gaan ook tuin begin maak wat nóg mooier gaan wees, lag sy. “Ek wag nou vir hulle om te begin.” Sy is net so bly om te weet dat sy ander inspireer om iets vir die gemeenskap en hul omgewing te doen. Martins hoop al die kaal grond word omskep in ‘n tuin.

NUUS • NEWS


2

17 Oktober 2018

Nuttige wenke vir ywerige matriek-studente

NUUS • NEWS

Matrikulante van reg oor die land het Maandag amptelik met hul matriekeindeksamen afgeskop toe leerders die vak, rekenaartoepassingstegnologie geskryf het. Die eindeksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat is uiters belangrik. Goeie uitslae kan deure oopmaak wat die gehalte van die toekoms kan beïnvloed. Leerders het die afgelope jaar kans gekry om op hul skoolwerk te fokus en voor te berei vir die einde van die jaar. Daarom kan die volgende wenke van toepassing wees vir ‘n suksesvolle eindeksamen: Werk ’n studieprogram uit. Studeer hard en maak goeie aantekeninge. Slaap genoeg, hersien werk, eet genoeg en gesond en gaan jou rooster elke dag na. Bring elke dag jou toelatingsbrief na die eksamenlokaal toe en bring al die nodige skryfbehoeftes (pen, potlood, uitveër, ekstra pen, nieprogrammeerbare sakrekenaar, liniaal, gespesialiseerde vaktoerusting waar vereis). Daag vroeg by die eksamensentrum op (ten minste 40 minute voor die aanvang van die eksa-

men) en luister na die instruksies van die prinsipaal, hoofopsiener en opsieners. Moenie dwelms of medikasie gebruik om jou wakker te hou nie en moenie tot die aand voor die eksamen wag voor jy begin studeer nie. Moenie voor die eksamen probeer vasstel wat geëksamineer gaan word nie. Los notas, memorandums of enige ander material by die huis. Om af te skryf is ‘n ernstige oortreding. Moet ook nie met ander kommunikeer nie.

By die Swartland Fotografieklub het Peter Hardcastle van Malmesbury met sy foto Duwweltjie se blom die veldblomtema vir Oktober gewen. Die beste juniorfoto was Building Inpector van Adriaan Vlok van Malmesbury. Clifford Wyeth van Moorreesburg se Its Raining was die senior wenner asook die algehele aandwenner. In die afdeling vir gedrukte foto's het Herman Olivier van Malmesbury met die louere weggestap met sy wenfoto: I Wonder. Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die keldersaal by die NG Noordgemeente op Malmesbury. Vir enige navrae, skakel die voorsitter, Peter Hardcastle, by 083 628 9668.

Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant. Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za. Besoek ook ons webwerf by www.diecourant.co.za.

C&F Dienssentrum vier 10 jaar C&F Dienssentrum op Malmesbury vier hul 10de bestaansjaar nádat dié topdiensverskaffer hul deure amptelik gedurende April 2008 oopgemaak het. C&F Dienssentrum is ‘n Beslote Korporasie (BK) met Christoff Kotzé en Frikkie van Heerden as die vennote. Die onderneming se dienste sluit onder meer die diens, herstel en onderhoud van motorvoertuie, bakkies en vragmotors in. Hulle spesialiseer veral in vier ton, agt ton en 12 ton vragmotors van alle fabrikate. C&F Dienssentrum spesialiseer verder ook in bakkies soos Toyota Hilux, Nissan, Isuzu en alle bekende handelsmerke. Hulle dienste sluit ook vlootbestuur en onderhoud in. Vir enige tipe herstelwerk van voor tot agter, is C&F Dienssentrum beslis ‘n diensverskaffer op

..

Malmesbury om te oorweeg. Die onderneming bied uitstekende diens waar persoonlik vakmanskap gewaarborg is. Hulle is trots om die diens te kan lewer tot die beste van hul vermoë. Geen werk is afgehandel voor die kliënt se vereistes en versoeke nie 100% aan voldoen is nie. Dit is vir C&F Dienssentrum prioriteit om hul kliënte gelukkig en tevrede te hou. Die personeel bedank elkeen van hul getroue kliënte vir hul volgehoue ondersteuning. “Die geheim tot sukses is toegewydheid, harde werk en positiewe denke waarvan die belangrikste, genade van Bo is.” C&F Dienssentrum se deure staan altyd oop, terwyl die personeel op hul pos is om voornemende en bestaande kliënte by te staan en te kan help waar hulle kan.


NUUS • NEWS

Nuweland en Rhenosterbosrug van SA se beste Nuweland Dormers én Rhenosterbosrug Dormers, albei dormerstoeterye vanuit die Swartland, is aangewys as een van die top tien stoeterye in Suid-Afrika onder alle kleinvee rasse. Die eer kom dié bekroonde stoettelers Ewan Louw van Nuweland Dormers en Erika Hanekom van Rhenosterbosrug Dormers van Malmesbury toe nádat hulle elkeen ‘n Dubbel Goud-toekenning van SA Stamboek se jaarlikse Elite-toekennings ontvang het. SA Stamboek se Elite-toekennings gee jaarliks erkenning aan stoettelers van alle rasse reg oor die land. Die prysuitdelingsgeleenthede vereer alle toppresteerders binne die veebedryf met verskeie toekennings waar stoeterye aan sekere kriteria moet voldoen. Die kriteria sluit onder meer produksiesyfers en genetiese vlakke in. Syfers soos die getal lammers lewend gebore, kudde grootte en gewig van speenlammers word met dié toekennings in ag geneem. SA Stamboek hanteer alle diere-registrasie en is ‘n produksie-aantekeningstelsel. Die vereniging is ‘n beduidende rolspeler in die genetiese verbetering van diere in Suid-Afrika, terwyl dit hul visie is om voortreflike plaasdiere te ontwikkel en te vestig as ʼn volhoubare hulpbron en kleinood vir alle Suid-Afrika-

17 Oktober 2018

ners. Die SA Stamboekvereniging bestaan uit 64 telersgenootskappe wat 27 bees-, 15 kleinvee-, 16 perde- en ses telersgenootskappe vir ander spesies insluit. Hierdie telersgenootskappe verteenwoordig die belange van 78 verskillende diererasse. Behalwe hierdie rasse hanteer SA Stamboek ook die registrasies van 29 ander rasse, naamlik direkte inskrywingsrasse van klein rasse wat nie ʼn telersgenootskap het nie. Dié twee dormer stoeterye, maak deel uit van altesaam drie dormer stoeterye in die Wes-Kaap, wat Johan Swart se Kinko stoetery van Swellendam insluit. Altesaam ses dormerstoeterye is vanjaar onder die toptien stoeterye onder alle kleinvee rasse met dié gesogte toekennings aangewys, waarvan Swartland se stoeterye deel van is. Hoewel die Wes-Kaap se SA Stamboek-prysuitdelingsgeleentheid nog moet plaasvind, is die nuus reeds aan die stoettelers oorgedra. ‘n Goue toekenning plaas wenners onder die top 10% in hul onderskeie afdelings, terwyl ‘n Dubbel Goud wenners onder die amptelike top tien stoettelers maak, verduidelik Louw. ‘n Platinum-toekenning gee op sy beurt erkenning aan dié top stoetteler vir sy stoetery reg oor die hele land.

Uitreik: Die Riebeek-Wes se biblioteek het verlede week 'n kankeruitreik vir die plaas-

like gemeenskap aangebied. Bo is die bibliotekaresse, Rochelle van der Horst saam met van die persone wat die uitreik bygewoon het.

3


4 TE HUUR TO LET 3 Slpk skakelhuis in Malmesbury. Koopkrag. R6 500.00 pm. Een maand deposito. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 022 487 3916

STERFGEVAL OBITUARY

Stoorspasie te huur sentraal Malmesbury. Groottes wissel van 20m² tot 150m². Vir meer inligting kontak 022 487 3916 -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

EVELYN DAPHNE APRIL. Gebore-26/5/1957 Oorlede-10/10/2018 Troosdiens : Woensdag, 17 Oktober om 19:00 by die AME kerk Malmesbury. Begrafnis : Saterdag, 20 Oktober. Besigtiging om 8:30 en diens om 9:00 by die AME kerk ---EVELYN APRIL. Gone to soon. The times and years you were here at Sugarbird. You will stay loved and remember. We salute you Sugarbird Malmesbury -------------------------------GELUKWENSING CONGRATS

JAMES DOUGLAS. 17 Oktober. Een jaar van ons weggeneem. Die verlange is daar en ons mis jou oneindig. Baie liefde – jou vrou Rallie, 4 kinders, kleinkinders en agterkleinkinders (Riebeek Kasteel) --------------------------------------

ANDRIES BOLSEN. 11 Oktober. Ses jaar van ons geskei. Mis jou baie. Die hartseer is nog baie daar. Van: Vroulief, Stien, Lienkie, Christiaan en kleinkinders --------------------------------------

KLAAS GEDULD. 14 Oktober was jou tweede verjaarsdag weg van ons. Ons mis jou nog baie. Liefde – Vroulief en Geduld familie --------------------------------------

NIKLAAS ESAU (Joggie). 17 Oktober. Dit is alweer twee jaar wat jy nie meer saam ons is nie. Mis jou baie. Van: Karen en kinders --------------------------------------

JACQUES DIRKS. 22 Oktober. Tweede verjaarsdag weg van ons. Mis jou steeds. Altyd in ons harte - Janine, Le-Virgo, Furlo, Dillan en Tyra --------------------------------

NUUS • NEWS

17 Oktober 2018 jou verjaarsdag en mag daar nog vele wees. God se rykste seën . Ek is “baie” lief vir jou – Jeanette --------------------------------------STIENA. 11 Oktober. Baie geluk met jou 20 ste verjaarsdag. Mag die Here jou spaar. Geniet jou dag – Mamma, broer, Lienkie en Cleevin ---------------------------------------

KEANU MENTOOR. 16 Oktober. Baie geluk met jou 11de verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar, en bly die seun wat jy is. Baie lief vir jou – Mammie en Pappie ---------------------------------------

BETTIE BOLSEN. 13 Oktober. Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. Dankie vir alles wat u vir ons doen en beteken. Baie liefde – Lienkie, Christiaan, Stien, manlief en kleinkinders ---------------------------------------

ASHWILL. Baie gelukkige verjaardag. Liefde – Ma en Ouma ---------------------------------------

Raai wie verjaar 20 Oktober? RIDUAN DAYSON. Geluk met AMY-LEE PERSENS. 16 Oktober. Baie geluk my poplap. Jy moet lekker verjaar. Baie liefde - Ouma, tannies, niggies en nefies ---------------------------------------

VALENCIA SNYDERS. 5 Oktober. Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou seën op hierdie spesiale dag – Magdalene, Janine en kinders, Allister en jou Ma -------------------------------GILFRED SNYERS. 5 Oktober. Geluk met jou verjaarsdag. Mag God jou seën en geniet jou dag. Van: Magdalene, Janine, Allister en kinders ---------------------------------------

MENRAY HUISAMEN. 15 Oktober. Geluk met jou mondigwording. Ons bid God se seënwense op jou toe. Van: Ouma Johanna en die Huisamen familie ---------------------------------------

Geluk met jou verjaarsdag GEORGE en gelukkige huweliksherdenking op 8 Oktober. Dankie vir jou liefde en geduld. Van: jou vrou Rachel, kinders, skoonma Frances en Arendse familie ---------------------------------------

Een op 20 Oktober. ENRIQUE ISAACS. Geluk met jou eerste verjaarsdag. Ons vreugdebringer en geskenk van God. Liefde ma Wiena, pa Begood, tannie Jaydene & Oupa Mossie

ELIZABETH (Betty). 20 Oktober. Mammie, baie geluk. Dankie vir u liefde en mag u dag geseënd wees - Justine, Zachary, Brione, Octavia en Octalia ------------------------------------

20 Oktober. Geluk met jul 13de huweliksherdenking. Geniet die dag. Baie liefde - Kinders, kleinkinders en Julies familie ------------------------------------


NUUS • NEWS

17 Oktober 2018

5


6

17 Oktober 2018

NUUS • NEWS

Jaareindfunksies: Beplan en bespreek vroegtydig Sabino Canyon Spur

Kersfees en Desembervakansie is om die draai met Kersversierings wat reeds plek-plek begin kop uitsteek en aan winkelrakke hang. Dit is ook die tyd van die jaar waartydens die meeste besighede die jaar op ‘n gepaste noot afsluit deur jaareindfunksies en Kerspartytjies vir die personeel te hou, al is dit net om mekaar te groet of te bedank vir die afgelope jaar se harde werk. Soos die jaar na ‘n einde staan, raak die program ook al voller met skooleksamens, spor-

tafsluitings, spertye wat voor die einde van die jaar gehaal moet word en vakansiereëlings wat gefinaliseer moet word. Daarom is dit noodsaaklik om vooraf vir jaareindfunksies te beplan. Hier is ‘n paar wenke wat jy in ag moet neem wanneer jy ‘n jaareindfunksie vir jou personeel wil hou. Bespreek vroegtydig ‘n plek, hetsy dit ‘n restaurant of ‘n funksielokaal is, waar jy die afsluiting of Kerspartytjie vir jou personeel wil hou om teleurstelling te voorkom. Hou jou oë oop en wees op die uitkyk vir spesiale aanbiedinge wat kan help om die begroting so op die einde te laat klop. Wanneer jy ‘n jaareindfunksie beplan, is dit ook belangrik om vroegtydig uitnodigings te stuur, sodat genooides jou betyds kan laat weet of hulle die geleentheid sal kan bywoon of nie. Die getal mense wat die geleentheid gaan bywoon is baie belangrik wanneer dit kom by die bespreking om seker te maak die restaurant of spysenier en funksielokaal aan jou behoeftes sal kan voldoen. Elkeen se eetbehoeftes en vereistes verskil van mekaar. Doen ekstra moeite en vra vooraf wie byvoorbeeld vegetaries is om die noodsaaklike reëlings te kan tref. Indien daar enige versoeke wat spesiale voorskrifte betref, soos byvoorbeeld vegetariese etes of halaal, moet jy seker maak die restaurant of spysenier aan die ver-

Die Sabino Canyon Spur op Malmesbury, is ‘n treffer familievriendelike restaurant wat bekend is vir hul smaaklike burgers, kwaliteit steak en sappige varkribbetjies. Sabino Canyon Spur staan ook gereed vir enige geleentheid. Of dit nou ‘n aand uit is vir die hele gesin

van groot tot klein tot jaareindfunksies. Hulle spyskaart bied ‘n wye verskeidenheid disse wat aan almal se behoeftes kan voldoen. Daar is boonop genoeg spasie wat ideaal is vir klein tot groot groepe. Oorweeg Malmesbury Spur vir jou jaareindfunksie.

Cardelli’s Restaurant Cardelli’s Restaurant in Voortrekkerstraat op Malmesbury is sentraal geleë met ‘n spyskaart wat jou behoorlik op ‘n wêreldtoer met hul verskeidenheid disse sal neem. Vat die pad na Italië vir bobaas pizza’s of gaan maak ‘n draai in die Ooste vir die beste

Sushi. Cardelli’s restaurant staan ook reg vir enige geleentheid. Cardelli’s sal die perfekte keuse wees vir privaat of intieme jaareindfunksies met ‘n skemerkelkie wat vooraf op die stoep geniet kan word.

eistes sal kan voldoen. Dit is belangrik om ‘n paar dae voor die geleentheid die finale reëlings soos die spyskaart, klankstelsel vir enige toesprake of spasie met die restaurant of spysenier te finali-

seer en deur te hardloop. Die belangrikste van alles is om die geleentheid te geniet veilig by die huis te kom om die vakansie saam met jou geliefdes te kan spandeer.


NUUS • NEWS

7

17 Oktober 2018

jou funksie en geleentheid Wimpy @ Malmesbury

Wimpy (Malmesbury) wat bekend is vir hul vriendelike en spoedige diens, maak seker dat jy die dag op die regte noot afskop. Besoek Wimpy in Voortrekkerstraat vir hul vernaamste ontbyt disse of kies ‘n maaltyd van

jou keuse vanuit ‘n verskeidenheid disse op die spyskaart. Wimpy Malmesbury met sy ruim spasie, is ook die ideale keuse om die jaar met ‘n ontbyt of middagete onder kollegas af te sluit.

Bok van Blerk: Die Afrikaanse san-

ger Bok van Blerk, het Saterdag op Malmesbury in die stadsaal opgetree voor 'n vol saal. Hy het van sy ou treffers, asook van nuwe liedjies op sy nuutste CD gesing. Die span van M4 Events, onder leiding van Hetta Saundersen, het hierdie vertoning moontlik gemaak.

Darling shines at Veritas Nuweplaas Padstal

Nuweplaas Padstal teen die R46 buite Malmesbury, het vanjaar sy deure tot die publiek oopgemaak en van dag een af beïndruk. Nuweplaas Padstal staan reg vir enige geleentheid met ‘n ruim restaurant wat ‘n a la carte spyskaart bied, maar wat ook oor ‘n funksielokaal beskik wat vir enige geleentheid sal kan voorsien. Met die jaar om die draai, is Nuweplaas Pad-

stal die ideale keuse vir jou eindjaarfunksie. Smaaklike disse soos kerrieafval, waterblommetjiebredie, pampoenkoekies, skaapvleis, krummelhoender, patatrolle, groente en heerlike nageregte is maar net van die disse wat verwag kan word. Kom geniet ‘n skemerkelkie op die stoep met ‘n pragtige uitsig oor die landerye en Kasteelberg en sluit die jaar op ‘n gepaste wyse af.

In its best showing to date at the prestigious Veritas Awards, Darling Cellars turned in a performance seeing it named one of the top five producers at this year’s competition, winning two Double Gold and three Gold medals. Darling Cellars’ Double Gold medals, of which only 39 were awarded to wine producers, were presented to the cellar’s Lady Ann Darling 2017 blended white wine of Sauvignon Blanc and Sémillon and to its Gustus Chenin Blanc 2018. Golds went to the Arum Fields Chenin Blanc 2018, Lime Kilns 2017 blended white wine (Chenin Blanc, Chardonnay and Viognier) and the Sir Charles Darling 2016 red blend of Cabernet Sauvignon and Merlot. This year’s Veritas Awards was the most competitive in the competition’s 28 year history, with 1 677 wines and brandies vying for medal status. According to Pieter-Niel Rossouw, Darling Cellars’ cellarmaster, Veritas remains the most important bastion for South African wine achievements. “Over 28 years Veritas has grown into a powerhouse event, allowing wineries not only to present their wines to the scrutiny of strict judging to ascertain how we are matching up to our peers, but also affording achieving wines extra stature with which to market their products,” he says. “Throughout the years we have seen the weight a Veritas Double Gold or Gold sticker carries, giving these awarded products leading position in the South African wine market. We are on all accounts ecstatic at this year’s results, especially as three of the awarded wines are from our new heritage range – Lady Ann Darling, Sir Charles Darling and the Lime Kilns. The Gustus Chenin Blanc is another new label in our stable, and this rejuvenation in wine styles appears to have found acceptance from the judges, while the exciting packaging will ensure the public of wines that not only taste good, but look appealing as well.” “Our grape-growers are an integral part of our planning for each bottle of wine,” he says.

“Before the product has been developed, they understand what we are trying to achieve and thus employ their viticulture practices with the particular wine we in the cellar have in mind. Once the wine-making starts, the grape-growers are with us in the cellar, tasting along the way so that together we can create wines that truly reflect every nuance of the vineyard and the wine-making philosophy.” Rossouw says that this level of co-operation between grape-growers, the cellar-team and management is the result of a shared pride in the Darling wine region and a vision of creating a world-class range of wines. “We are never resting on any laurels,” he says. “Between the winery and grape-growers Darling is always seeking to do things better and – when the occasion calls – differently and unique.” The Darling wines achieving Double Gold this year have elicited a lot of excitement at the winery, says Rossouw, as both wines are relatively new to the Darling Cellars’ offering. “We have become known for our Sauvignon Blanc due to the cool terroir and soil diversity, as well as the quality of fruit dryland farming gives us,” he says. “The Lady Anne Darling for which we won Double Gold, is 50% Sauvignon Blanc and 50% Sémillon, our first foray into a wooded Bordeaux-style white wine. This being such a strong category in South Africa with legendary wines showing the same make-up, we are elated that the Lady Ann white blend managed to win one of only two Double Golds in such august company.” “We worked hard at this wine, wanting to make an unwooded Chenin Blanc from selected grapes able to truly over-deliver in terms of providing a wine with length, complexity and palate-weight without a trace of wooding. Together with the farmers growing these grapes and the teams in the cellar and marketing office, we have no words to describe how honoured we are at this year’s Veritas achievements.”


8

courant

dié

17 Oktober 2018

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

SPORT

17 Oktober 2018

Sportuitslae • Sports results

MALMESBURY GHOLFKLUB Woensdag, 10 Oktober - Sundowner : Enkel Stableford - Herman Treurnich 22, Gerhard Bester 21, John Smith, Lindsay Meyer Vrydag, 12 Oktober - Sundowner : Enkel Stableford - Sakkie Klasen 18, Ewald Liedeman 16, Du Toit van Zyl 15 Saterdag, 13 Oktober - Malmesbury Round Table Golf Dag Enkel Stableford - M J Hayes 43, F Pieters 42, M van Lill 39, A Uys 39, W van Tonder 39, A Louw 39, T van Wyk 37, K du Toit 37, S Neethling 37, D Wait 36, H Kotze 36

Boetie en Sussie laat waai:

Seeredding:

Lieze Terblanche (links) en Jaime Hartman (regs) het die afgelope skoolvakansie, onder leiding van See-en-Sand-instrukteur, Henk Esterhuysen (middel), in Hermanus hul lewensreddingskursusse suksesvol voltooi.

Knortjorjaers DW Bester M46 van laerskool Swartland en sy ousus Louise Bester M47 van Hoërskool Swartland het Saterdag gesorg vir aksiebelaaide renne in Malmesbury by Swartland Oval Karting. Louise Bester het ‘n eerste plek behaal en DW Bester het ‘n tweede behaal. Hulle albei ry in die 270CC klas. Daar was in totaal 6 drywers in die klas. Louise Bester het ook die 6de Oktober gaan deelneem by Cape Oval Karting waar sy ook die trofee vir die “Driver of the day” gewen het. Swartland Oval Karting se volgende rendag is die 10de November en ons nooi die publiek uit om die dag saam met ons te kom geniet.

RIEBEEK DUIWE - Hopetown 3 1 Alex Fam 15.04.53, 2 Adams Hokke 15.05.29, 3 Mentoor Hokke 15.07.40, 4 Adams Hokke 15.08.35, 5 Alex Fam 15.12.54, 6 Mentoor Hokke 15.11.04, 7 Amerika Hokke 15.17.42, 8 Alex Fam 15.21.44, 9 Mentoor Hokke 15.21.21, 10 Alex Fam 15.23.40, 11 James Hokke 15.22.42, 12 Mentoor Hokke 15.22.58, 13 MJ Hokke 15.29.08, 14 Adams Hokke 15.29.45, 15 Amerika Hokke 15.30.10 MALMESBURY DUIWE - Hopetown 3 OPE 1 Bordeaux B 1711.5681; 2 Hayman & Edas 1711.3229; 3 Paulus Fam 1676.5903; 4 Bordeaux B 1653.4308; 5 Bordeaux B 1646.3210; 6 LF van Dalen 1627.6966; 7 G Horn 1627.3323; 8 LF van Dalen 1618.0367; 9 Paulus Fam 1610.5992; 10 G Horn 1585.0926; 11 G Horn 1584.7140; 12 Hayman & Edas 1583.4607; 13 G Horn 1582.0065; 14 Paulus Fam 1579.5762; 15 Bordeaux B 1571.5325; 16 J Steenkamp 1565.2498; 17 G Horn 1561.2870; 18 Bordeaux B 1558.4313; 19 Hayman & Edas 1536.1923; 20 LF van Dalen 1530.6206; Hopetown 4 Ope 1 LF van Dalen 1654.0752; 2 Hayman & Edas 1651.2951; 3 LF van Dalen 1624.1766; 4 Hayman & Edas 1620.4204; 5 Hayman & Edas 1613.7155; 6 Hayman & Edas 1611.0360; 7 Hayman & Edas 1610.9707; 8 LF van Dalen 1601.0506; 9 G Horn 1597.7504; 10 G Horn 1592.4465; 11 J Steenkamp 1588.3077; 12 J Steenkamp 1582.0550; 13 Paulus Fam 1579.5762; 14 Bordeaux B 1579.1989; 15 Hayman & Edas 1576.2452; 16 LF van Dalen 1575.4500; 17 LF van Dalen 1575.2630; 18 Bordeaux B 1572.0910; 19 G Horn 1566.6315; 20 J Steenkamp 1565.1267; MOORREESBURG DUIWE - Hopetown Ope 3 1 Frikkie Bester 15:22:21; 2 Frans Jooste 15:36:28; 3 Boetie & Baron Hokke 16:16:24; 4 Van Der Vyver Hokke 16:09:26; 5 Henna & Melt Smit 16:17:33; 6 Henna & Melt Smit 16:17:37; 7 Frans Jooste 16:18:10; 8 Boetie & Baron Hokke 16:37:39; 9 Frikkie Bester 16:25:37 ; 10 Frans Jooste 16:29:56; 11 Frans Jooste 16:30:02; 12 Singleton Hokke 16:34:21; 13 Singleton Hokke 16:38:28; 14 Boetie & Baron Hokke 16:52:04; 15 Henna & Melt Smit 16:38:57 Hopetown Ope 4 1 Frikkie Bester 15:22:11; 2 Frikkie Bester 15:40:51; 3 Frans Jooste 15:54:41; 4 Singleton Hokke 15:59:07; 5 Henna & Melt Smit 16:04:23; 6 Boetie & Baron Hokke 16:18:59; 7 Frans Jooste 16:10:07; 8 Henna & Melt Smit 16:11:23; 9 Frikkie Bester 16:13:39; 10 Frans Jooste 16:17:05; 11 Van Der Vyver Hokke 16:21:25; 12 Van Der Vyver Hokke 16:23:12; 13 Henna & Melt Smit 16:26:32; 14 Frans Jooste 16:28:04; 15 Boetie & Baron Hokke 16:45:22

Gholfdag:

St Thomas Primêr op Malmesbury het onlangs hul eerste gholfdag aangebied. Hierdie dag het groot belangstelling gelok en die gholfkomitee het hulself goed van hul tak gewyt om die dat 'n sukses te maak. Die komitee bestaan uit Michael-Jon Philips, Sharon Ziegers, Mariam Solomon, Lizelle Maree, Hazel Arendse en Ralph Cuttings. Afwesig: Jason Cicero

MALMESBURY TENNIS Malmesbury A verloor teen Kuilsrivier 5 wedstryde teen 1. Braam Isaacs v Gerrielt Snyman 5/7;0/6; Dmitri Marais v Jonathan Edmunds 7/6 (wedstryd prys gegee); Demi Rose v Elmine Meyer 3/6;0/6; Gabi Rose k Suphia Cowley 4/6;6/2;10/5; Braam Isaacs & Demi Rose v Gerrielt Snyman & Elmine Meyer 6/4;1/6;8/10; Dmitri Marais & Gabi Rose v Jonathan Edmunds & Suphia Cowley prysgegee Malmesbury B verloor teen Bottelary A 4 wedstryde teen 2 - Kristoff Isaacs & Freda Fourie k T.Roos & A.Myburgh 6/1;6/1; Dirk Lategan & Erine Lategan v L.Kriel & A.Muller 4/6;4/6; Willem Coetzee & Daniel Beukes v A.Abrahamse & K.Bernard 4/6;3/6; Willem Coetzee & Daniel Beukes v T.Roos & L.Kriel 6/3;2/6;6/10; Kristoff Isaacs & Dirk Lategan v A.Abrahamse & K.Bernard 6/7;3/6; Freda Fourie & Erine Lategan k A.Muller & A.Myburgh 6/4;3/6;10/5 Malmesbury C verloor teen Franshoek A 6 wedstryde teen 0. - Johan Moller & Jessie Liebenberg v C.Malcolm & N.Gordon 2/6;1/6; Johan Burger & Janine Coetzee v E.Jacobs & J.Curry 1/6;2/6; Jean Le Roux & Carl Schreiber v S.Adsola & H. Blaise 1/6;1/6; Jean Le Roux & Carl Schreiber v C.Malcolm & E.Jacobs 2/6;4/6 Johan Moller & Johan Burger v S.Adsola & H.Blaise 0/6;1/6; Jessie Liebenberg & Janine Coetzee v N.Gordon & J.Curry 4/6;6/3;7/10.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.