c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
5 Desember 2018
91.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 498
5 Desember 2018
Bielie van 'n "Classic"
Classic: Die jaarlikse Swartland Classic is die naweek op Malmesbury se gholfbaan gespeel. Vanjaar se kampioenskap is oor twee dae gespeel, met Talisman Hire Malmesbury en Mercedes Benz Malmesbury as hoofborge. Sien uitslae op agterblad.
•BEMEESTER VROEG REEDS BESONDERSE KUNS
Zanco kén stene Zanco Jantjies (20) van Malmesbury ding binnekort aan ‘n wêreldklas kompetisie mee nádat hy die besonderse kuns van steenlegging bemeester het. Sy lektor by Boland Kollege in die Paarl, Alie Crook, beskou Jantjies as ongelooflik talentvol en meen sy vernuf op die gebied van steenlegging is genoeg rede om mee te spog. Jantjies se talent vir steenlegging stuur hom binnekort in Februarie volgende jaar Durban toe waartydens hy teen 56 ander kampioene in die Suid-Afrikaanse been van die Wêreld Vaardighede Kampioenskappe (World Skills) gaan meeding. Dit volg ná hy as die Wes-Kaapse Kampioen gekroon is. Die wenner van dié kompetisie ding op sy beurt weer mee tydens die internasionale kampioenskappe wat in Rusland plaasvind. Jantjies het sy laerskool jare op St. Thomas Primêr deurgebring, terwyl hy sy skoolloopbaan by Schoonspruit Sekondêr voltooi het. Hy het ná skool die voorreg gekry om siviele ingenieurswese en boukonstruksie vlak 2-4 by Boland Kollege te gaan studeer nadat sy talente op die gebied raakgesien is. Hy was aanvanklik genoop om ná skool dadelik te begin werk. Jantjies beskryf die rigting wat sy lewe ingeslaan het, as ‘n absolute genade van Bo. Hy is nou in sy tweede jaar. Hy het aan die begin nie besonders baie van steenlegging gehou nie tot hy die vakgebied begin verstaan en bemeester het. Nou kan hy nie genoeg daarvan kry nie. Volgens Crook behels die kompetisie nie basiese steenlegging nie, maar ‘n kuns wat uitgevoer word. Jantjies beoog om ná kollege verder
Zanco in aksie. Foto: Jaomi Zeeman te gaan studeer en ook om eendag sy eie besigheid op Malmesbury te begin. Sy ander passie in die lewe is mense, veral dié wat soos hy nie noodwendig al die geleenthede het om verder te gaan studeer nie. Sy visie is om eendag ander te help bemagtig. Jantjies is nie bang vir dié taak wat hy vir homself daarstel nie. Sy geloof in die Hemelse Vader is groot. Só is hy ook vol vertroue dat hy gaan goed
vaar by die nasionale kampioenskappe wat om die draai is. Sy talente is die afgelope Maandag en Dinsdag behoorlik op die proef gestel toe hy teen verlede jaar se Suid-Afrikaanse Kampioen kompeteer het wat in Abu Dabi meegeding het, om sy gereedheidsvlak vir die kompetisie te toets. Die nasionale kampioenskappe skop op 22 Februarie af. - Charlotte Lesch
NUUS • NEWS
2
5 Desember 2018
NUUS • NEWS
Jo Dolphin:
Die leerders van die Jo Dolphin-sentrum op Malmesbury het Donderdag hul talente ten toon gestel en 'n Kerskonsert vir besoekers en ondersteuners op die planke gebring.
Fire Fighter:
Fire figh er Joy Willems became the fi st qualified emale fire figh er in the Swartland Municipality. Willems successfully completed her fire fig er one (NFPA 1001 standard for fire fig er professional qualification), Hazardous Ma erial Awareness & Operational level (NFPA 472 standard for competence of responders to hazardous material), First Aid Level 3 and High Angle Rescue courses. The fire fig er one course is the foundation level for fire figh ers, the training is extremely physical and it demands tremendous endurance and hard work. To be successful students need to achieve a minimum of 70% theory and 100% practical. Fire figh er One is also internationally accredited and it greatly accepted at majority of South African fire se vices. Left: Fire Chief, Roysten Harris (left) Joy Willems (middle) Director Protection Services, Philip Humphreys (right)
NUUS • NEWS
3
5 Desember 2018
•DIREKTEUR VAN ONTWIKKELINGSDIENSTE
Steenkamp groet ná 40 jaar by SM Johan Steenkamp wat vir die afgelope 12 jaar as direkteur van ontwikkelingsdienste was, lê ná 40 jaar se diens by die Swartland Munisipaliteit die tuig neer. Hy sien nou daarna uit om rustiger te wees, meer tyd saam met sy familie deur te bring en sy ander passie in die lewe, sy duiwe, te geniet. Steenkamp bieg en sê tog hy gaan sy kollegas mis waarop hy elke dag kon staatmaak en wat hom “gedra” het. Sy totale diensjare by Malmesbury- en Swartland Munisipaliteit was 40 jaar en ses maande lank, waarvan hy vir oor die 30 jaar as departementshoof gedien het. Sy pad met die plaaslike munisipaliteit het amptelik op 1 Julie 1978 begin toe hy as ‘n gesondhiedsinspekteur daar begin werk het. Dit is ook in daardie jaar wat Steenkamp Malmesbury toe getrek het. Hy was bevoorreg om op Williston in die Karoo op ‘n plaas groot te word. Volgens hom beskryf hy dit ook as ‘n groot voorreg om gereeld terug te keer en te gaan kuier. Steenkamp het ná skool by die destydse Kaapse Technikon studeer en geleer vir ‘n gesondheidsinspekteur wat deesdae bekend staan as omgewingsgesondheid praktisyn. Hy was ook ‘n kranige rugbyspeler in sy vrye tyd. Steenkamp het aanvanklik sy loopbaan as gesondheidsinspekteur by Riversdal se Afdelingsraad afgeskop met
‘n "massiewe salaris van R2280 per jaar en R190 per maand". Sewe jaar ná hy as gesondheidsinspekteur by Malmesbury begin werk het, is hy bevorder tot senior gesondheidsinspekteur. In 1986 bekleë hy die pos as departementshoof en dus hoof-gesondheidsinspekteur waarvoor baie hom nog sal onthou. Dit is ook gedurende dié tyd wat hy met wedvlugduiwe begin boer het. Vandag leef hy steeds dié passie uit. In 1995 word hy as hoof van gesondheidsdienste en gemeens ka ps o nt w i k ke l i n g van die Malmesbury Pre-Interimraad en Plaaslike Oorgangsraad aangestel. Dit is in 2000 wat hy as tussentydse munisipale assistentbestuurder vir Swartland Munisipaliteit opgetree het. Steenkamp is kort daarna as bestuurder van gemeenskapsdienste aangestel, waarvan hy later direkteur geword het. Hy beskou dit ook as ‘n groot voorreg en sekerlik een van die hoogtepunte in sy loopbaan om vir ‘n jaar lank vanaf 2005 as waarnemende munisipale bestuurder te kon optree. Steenkamp is sedertdien die direkteur van ontwikkelingsdienste, ‘n titel wat hy binnekort vaarwel moet roep. Steenkamp was teenwoordig toe die plaaslike munisipaliteit groot veranderinge ondergaan het, onder andere toe Malmesbury Munisipaliteit na Malmesbury Oorgangsraad verander, net om vandag as Swartland Munisipaliteit bekend te staan. Volgens hom was die twee
grootste aspekte die totale verandering in die beleid betreffende die voorsiening van behuising. “Eers die Selfbouhuise en toe die RDP(of HOP) huise.” Hy vertel van aand na aand se vergaderings met lede van die gemeenskappe oor die implimentering van die projekte. Van die beste raad wat hy gedurende sy tyd by die munisipaliteit ontvang het, is dat geen probleem en uitdaging te gering of te nietig is om aan ons Hemelse Vader toe te vertrou nie. “En geen probleem is te groot om aan jou mede-kollegas toe te vertrou nie.” Sy leuse wat hom gedryf het in sy loopbaan, is onder meer: “Work hard in silence, let success make the noise.” Die aspek wat hy seker die meeste van sy werk geniet het, was om vir die laaste 12 jaar betrokke te kon wees as Direkteur Ontwikkelingsdienste waar hulle die totale spektrum van ontwikkeling kon hanteer, naamlik die mens, die natuur en die ekonomie. In sy persoonlike lewe was die hoogtepunt die voorreg om drie kinders te kon hê en alles saam met hulle te kon doen. “Ons kon hulle skool- en studieloopbane saam beleef en geniet en kan hulle nou as groot vriende hê in hul volwasse lewe,”voeg hy by. Sy beste herinneringe van die afgelope 40 jaar was die geleentheid om vanaf ‘n baie junior pos te kon groei tot die mees senior pos, naamlik munisipale bestuurder vir meer as ‘n jaar. Hy noem ook die goeie waardestelsel wat hulle oor jare ontwikkel het, asook die talle suksesse wat hulle as munisipaliteit oor jare behaal het. “Suiwer omdat ons oor baie jare in ‘n stabiele politieke omgewing kon werk, ons raad in 2000 nie ontslae geraak het van die ervare en kundige amptenare nie en die goeie verhoudinge wat ek oor die jare met mede-kollegas kon hê en goeie
vriendskappe wat ontwikkel is.” Hy beskou dit as ‘n groot voorreg om met verskeie raadslede te kon werk waartydens ‘n wonderlike verhouding van wedersydse respek vir mekaar gekweek is. “‘n Baie belangrike aspek wat ons wil nastreef, is om tydens ons aftrede heeltemal te kan wees wat ons is, met ander woorde met ons Vader se Genade, ons aftrede heeltemal op ons eie manier ten volle te kan belewe en geniet.”
4
NUUS • NEWS
5 Desember 2018
Lionsklub dien Malmesbury-gemeenskap Uit die president se pen
D
Die inwoners van Goue Aar-tehuis vir bejaardes het 'n draai by Meerhof Kelder gemaak en 'n smaaklike ete geniet.
ie Malmesbury Lionsklub het vanjaar hul 9de bestaansjaar gevier. Dié klub is in Februarie 2009 gestig, met 'n totaal van 20 lede. Die klub het oor die jare weens onvoorsiene omstandighede baie lede verloor en het die klub tans net vier lede met nog een as voornemende lid. Ons is besig om dit ons erns te maak om nog lede te werf, want met meer hande kan ons soveel meer doen. Ons leuse is 'Diens aan die gemeenskap' en fondse wat op Malmesbury ingesamel word, word weer in ons eie gemeenskap teruggeploeg. Ons is innig dankbaar vir die gemeenskap se ruimhartige skenkings en ondersteuning tydens ons afgelope Lentedans, en hul kan verseker wees dat dit met groot oorleg in ons gemeenskap aangewend sal word. Ons hou ook straatverkopings van tyd tot tyd om ons fondse aan te vul. Hierdie is altyd ‘n “groot happening”, maar ons het altyd ‘n tekort aan hande, so indien u handjie wil bysit, kontak gerus vir my of Marina van der Merwe. Sien nommers onderaan. Ons hoof-projekte is die Jo Dolphin-kinderhuis, die Goue Aar-tehuis vir bejaardes in Wesbank en die Welgemeend Primêre Skool. Verjaardae by eerste twee instansies word altyd met ‘n geskenkie en verversings gevier. Ons maak ook ‘n punt daarvan om Paasfees, Vrouedag, Kersfees en ander groot feesdae saam met hierdie instansies te vier. Verlede week het ons die inwoners van Die Goue Aar op ‘n lekker uitstappie na Meerhof
kelder geneem waar hul lekker kon smul aan murgsagte “spare ribs” en bakke vol ‘trifle”. Elkeen is ook huis toe met sy eie porsie vrugtekoek vir Kersdag. Aan die begin van die jaar het ons die Welgemeend Primêr se leerders van skryfbehoeftes voorsien en volgende week hou ons vir hul ‘n Kersparty waar al die geskenkies deur die Privaatskool Malmesbury se leerders aan ons geskenk is. Ons sal wel die verversings verskaf. Ons as Malmesbury Lions wens vir die gemeenskap en al die lesers ‘n Geseënde Kersfees en baie voorspoedige nuwejaar. Ons vertrou dat as ons almal hande vat, ons wondere kan doen vir die opheffing van ons minder bevoorregte gemeenskap. Indien u meer van ons werksaamhede wil uitvind , is u welkom om ons vergaderings by te woon op die eerste Donderdagaand van die maand on 18h00 by Jo Dolphin se perseel, by die Kochstraat-ingang. Vergaderings is altyd op die man af en duur slegs ‘n uur so ons mors nie tyd nie. Ons sien uit daarna om u te ontvang Die uwe
Jjoseph M. du Plessis Jjoseph M. du Plessis President Malmesbury Klub. Addisionele lede: Marius : 072 074 8246 Marina: 083 283 7897
By Jo Dolphin word daar heerlik op die klimrame, wat deur 'n donateur geborg is, gespeel.
Die leerders van Welgemeend Primêr word voorsien van skoolbenodigdhede.
Die inwoners van die Goue Aar-tehuis vir bejaardes geniet 'n smaaklike middagete.
Die leerders van Jo Dolphin geniet 'n bederfie
Die leerders van Jo Dolphin geniet 'n smaaklike ete by die Malmesbury Skou.
Verjaarsdagtyd by Jo Dolphin is altyd 'n spesiale geleentheid.
Die Lionsklub het 'n handsakprojek by die Goue Aar-tehuis vir bejaardes, asook die plaaslike nagskuiling van stapel gestuur.
LIONS KLUB MALMESBURY SUID-AFRIKA - DISTRIK 410A
MALMESBURY 7300
NUUS • NEWS
5
01
Re
0 0 0 7 1
tu
*2
7
dy
5 Desember 2018
pu
t a tio n I n s tit u
te
s
OVER
SHOPPERS
N O W Y D A E R L A HAVE THEIR SHOPPING
2
Win your shopping Promotion is valid from 26 Nov – 30 Dec 2018. R50 minimum spend. For more info, go to www.picknpay.co.za. Ts & Cs apply. E&OE.
S TORE . E VE Y R E V E . S R E P P O H S
RY DAY.
QUEENSBURGH MENLYN MAINE
GLENGARRY MAYFIEL
CARLTON CENT
D
KROONS
RE
TAD
RE
KENSINGTON
ILANGA
Y IS W TH E W H O LE C O U N TR
IN N IN G
MALL @ LEBO
QUEENSBURGH
CAPE TOWN CAROLS AT
Kirstenbosch
39
R
99
Rotary
Hosted by the Club of Kirstenbosch
SAVE R19
PnP Large All Grain Eggs 18 + 6 FREE Per Pack
NOW ONLY
54
R
99
no name™ Frozen Chicken Braaipack with Brine-Based Mixture 2kg
SAVE R11
Tickets and delicious, pre-packed Pick n Pay picnics available at webtickets.co.za.
ANY 2 R
34
69
R
90
Jacobs Krönung Instant Coffee Assorted 200g Jar or 250g Refill Pack (Excluding Decaf) Each
99
99
SAVE R6
Liqui Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each
29
R
SAVE R8
Yum Yum Peanut Butter Assorted 400g Jar or Box of Sachets 15s Each
99
SAVE R7
Sunlight Dishwashing Liquid 750ml and Laundry Bar 500g Combo Pack
Per kg
SAVE R20
49
PnP Bulk T-Bone and Club Steak
R
90
9
R
99
Sasko More Slices Brown Bread 700g
16
R
99
SAVE R3
Coca-Cola Regular 2 Litre
Promotion valid at Pick n Pay Supermarkets and Hypermarkets in the Western Cape including Fraaiuitsig, Garden Route Mall, George, George (Pre Cap Centre), Groot Brak, Hartenbos, Knysna, Langeberg Mall, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Sedgefield and York Street, excluding Express Stores and Franschhoek Daily. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
PRICES VALID 6 - 9 DECEMBER 2018 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN THE WESTERN CAPE
99
R
SAVE R17
Bokomo Weet-Bix 1.35kg
Beat the queues and shop online at www.picknpay.co.za. Some deals may not be available online.
15
R
SAVE R40
21
R
79
13-16 DEC 2018
Gates open at 18h00 with Pick n Pay’s festive pop-up stalls offering food, gifts and decor. Carols start at 19h45.
no name™ Frozen Mixed Vegetables or Straight Cut Frying Potato Chips 1kg
99
ALEX MALL
QUEENSBURGH
MOKOPANE
2kg
R
UA MAYFIELD SQ
SAVE R49
Bobtail Dry Dog Food Assorted 5.5-8kg Each
VALID 6 - 9 DECEMBER 2018 MMWCHS2673_COPPERFIELDSTUDIOS_W40
LOAD YOUR DISCOUNTS VIA THE APP OR KIOSK
6
NUUS • NEWS
5 Desember 2018
Konsert:
Op Moorreesburg het daar die naweek groot opgewondenheid geheers toe die dorp gasheer gespeel het vir 'n feeskonsert ten bate van die plaaslike Huis van Heerde-kinderhuis. Talle plaaslike sangers het die gehoor vermaak en daar was volop te eet en te drink met 'n groot verskeidenheid stalletjies wat in almal se smaak geval het.
Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury
Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 8:00 - Weekly, free. Starting point Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed. Contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432 NG Kerksaal Yzerfontein 6 Desember: Hiermee word u almal uitgenooi om in die gees van Kersfees na die Kersmusiek uitvoering van Andre Rieu te kom kyk om 10:00 by Yzerfontein Kerksaal Groote Post 16 December: Come join in the fun of our Groote Post Christmas Market from 10:00 till 15:00
For any further enquiries, please contact 022 451 2202 Feesmark @ Yzerfontein 21 Desember - 'n Feesmark word by die Strandkombuis vanaf 10:00 tot 16:00 aangebied. Gratis toegang. Kunsvlyt, kos, Weskus-seekos, musiek, kindervermaak en vele meer Vir enige navrae kontak 022 451 2202 Yzerfontein Sport & Recreation Club 29 Desember: Die klub bied aan 'n Somer Potjiekos Kompetisie met die gas beoordeelaar - Marina Engelbrecht. Die koste beloop R150 vir nie-lede en lede betaal R120. Navrae Jaco by 072 138 7120 of Francois by 071 462 4405
Roadworks between Malmesbury, Stellenbosch Main Road 302 (MR174) between Malmesbury and Stellenbosch, and TR2102 between Hopefield and Vredenburg, will be affected by road and bridge works between September 2018 and July 2019. Signalled one-way traffic (stop/go controls) will be in place to facilitate traffic safety during the construction period. The 10-month contract awarded to Roadmac Surfacing Cape for periodic maintenance on 14 km of the MR174 between Malmesbury and Stellenbosch, and 17 km of the TR21/02 between Hopefield and Vredenburg, will require a number of half-width road closures. The expected completion date is July 2019, if everything goes according to plan. These areas are environmentally sensitive, and the contractor is required to adhere to the terms of a comprehensive Environmental
Management Plan (EMP) for the project. It is a provision of the contract that traffic must be accommodated with the fewest possible delays and the least discomfort to the public. The safety and convenience of the travelling public are of utmost importance and every effort will be made to ensure that all temporary road signs, cones, flag operators and speed controls are maintained and are effective, and that courtesy is extended to the public at all times. The contractor is required to make use of approved methods to control the movement of construction equipment and vehicles so as not to constitute a hazard on public roads. The public is requested to be patient and exercise caution when using these roads during construction. Site office contact number: 083 654 9947
NUUS • NEWS TE KOOP FOR SALE GROENBONE te koop R75 vir 6kg. Riebeek Kasteel. Skakel 0825239804 #4683
---Snoek vanaf R70, Stokvis R50 pak, Crumbed Hake R40 pak asook visvingers, viskoekies ensovoorts. Esme 084 250 2460
7
5 Desember 2018
- swaer, Ivan, Charl, Mathew Handie en kinders ----"Happy 50"!!! Geniet jou dag - jou vriende Cathy en Lizzy ------------------------------
8 Desember. AGNES SKIPPERS. Baie geluk met jou verjaardag. Alles wat mooi is - jou vriendin Lizzy -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
5 Desember. Gelukkige verjaardag MICHELLE. Mag die Here nog vir jou baie jare spaar. Baie lief vir jou - Benoline en haar kinders --------------------------------
GERALD PETRUS TITUS (Pietertjie). 7 Desember, jou vierde verjaardag weg van ons. Altyd in ons harte Ma, Shaun en Niaan --------------------------------
PETER -JOHN, baie geluk met jou prestasies in Graad 6. Ousus super trots op jou hou so aan boeta. Jy gaan eendag die vrugte daarvan pluk. Liefde Ousus, Oom Arrie, Esme, J-P, Ashnique en Anwill. --------------------------------
KEENEN MEYER. 7 Desember. Jou eerste verjaarsdag weg van ons. Ons weet jy is veilig by Liewe Jesus Ouma, Oupas, Pa, Ma, broers en susters --------------------------------
#4686
-------------------------------TE HUUR TO LET MOORREESBURG. R5650,00 + deposito. Klein 3 slaapkamer huis. Motorhuis. 1½ badkamers. "Pet friendly". Beskikbaar 1 Januarie 2019. Skakel 073 157 4877 #4684
#4685
-------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS
5 Desember. ZANDRE FIKSTER. Baie geluk met jou verjaardag. Lekker partytjie hou. Van: Duane, Duany en Fikster familie --------------------------------
6 Desember - Baie geluk MICHAELA MENTOORmet jou veertiende verjaarsdag. Jou pa sal baie trots op jou gewees het. Geniet jou dag. Liefde Ousus, Arrie, Esme, J-P, Ashnique en Anwill --------------------------------
Guess who's 40? Happy blessed birthday. May God grand you many more blessed years. Have a awesome day - Your mother, sister, Chantley and Ashwin --------------------------------
Baie geluk ANGELO met jou verjaarsdag. Ouma is baie lief vir jou ----Geluk Pa se klong. Pappie is baie lief vir jou - Riaan ---9 Desember 2018. Geluk ook Angelo. Lief vir jou - Byron, Sophie, Riaan, Teren en Tammy --------------------------------
TAYLIN VON WILLIES. Raai wie word een jaar oud op 5 Desember. Lekker verjaar - van Mamma, Pappa, Boetie en Sussie. "Love you" --------------------------------
8 Desember. "50 and fabulous". Baie geluk Boeta met die Groot 5. Ons dank die Hemelse Vader vir nog 'n jaar by jou lewe gevoeg. Liefde - jou susters, Anne en Magrieta ----MANUEL SAMSON. "Happy 50" mater
8-12-2018 -WILLIAM JACOBS. Jy vier jou verjaardag in die hemel. Ons mis jou verskriklik, maar gun jou die rus - Lydia, Lizzy en kinders --------------------------------
Op 10 Desember sou ons agt jaar getroud wees, maar God het jou kom wegneem my man. Dink elke dag aan jou - Baie liefde, jou vroulief --------------------------------
Kyk wie is twee jaar oud? Baie geluk ACAYDA MOUTON met jou verjaarsdag. Liefde - Ma, Pa en families
BUYING or
SELLING FURNITURE
YOU CALL, WE COLLECT WE OFFER THE BEST PRICES
Malmesbury 022 482 3788
CCFMAL10AUG18
------MALMESBURY. R6750,00 per maand. Klein 3 slaapkamer huis, badkamer, kombuis, sitkamer en enkel motorhuis. Onmiddellik beskikbaar, Kortstraat. Freddie 082 343 3372
8
courant
dié
5 Desember 2018
Tel: 022 487 3221
•TERBLANCHE REIK UIT NA BABAS
Spiertier bal vuiste vir liefdadigheid Paul Terblanche, voormalige kampioen in gemengde vegkuns, fiksheidsguru en gesondheidskenner van Moorreesburg, steek nou ‘n helpende hand uit na babas wat weggegooi word. Terblanche is besig om geld in te samel vir Atlantic Hope, ‘n nie-winsgewende organisasie wat na babas omsien wat aan hul eie lot oorgelaat is. Hy het besluit om eersdaags in 2019 aan die Cape Town Cycle Tour deel te neem ten bate van dié organisasie. Terblanche het vroeër vanjaar aan die Cape Town Cycle Tour deelgeneem waartydens hy van talle ander deelnemers gehoor het wat vir liefdadigheid en namens ‘n liefdedigheidsorganisasie gaan ry. Dié inisiatief staan beter bekend as die “Cycling for a cause” inisiatief. Hy het daar en dan besluit om betrokke te raak. Nádat hy die verskeie liefdadigheidsorganisasies gekontak het, het Altantic Hope in Kaapstad vir hom uitgestaan. “Atlantic Hope was my gunsteling aangesien hulle met babas werk wat weggegooi is en ek is self ‘n pa,” voeg Terblanche by. Hy het die mense agter die skerms van Atlantic Hope ontmoet, asook van die babas in hul sorg. “Dit was ‘n wonderlike ervaring.” Hy het met vanjaar se Cape Town Cycle Tour daarin geslaag om R4500 vir die organisasie in te samel. Dit was daarom ‘n maklike besluit en ‘n groot eer vir hom toe hulle vra of hy wéér in 2019 vir hulle sal ry. Volgens Terblanche is Atlantic Hope se grootste behoefte op die stadium genoegsame fondse om die organisasie volhoubaar en suksesvol te hou, asook weggooi-doeke en formule melk. Vir sy 2019-poging, het hy reeds R5000 se doeke
en formule melk ingesamel, waarvoor hy vir JP Joubert bedank. Hy het ook ‘n groot hoeveelheid klere met die Disney-handelsmerk op, danksy Natanya Israel bymekaar gemaak, asook ‘n R1000 se kontant en ‘n sak vol tweedehandse klere wat deur vriende en kliënte geskenk is. Sy mikpunt is om R10 000 in totaal deur sy deelname aan die fietstoer in te samel. Atlantic Hope kyk tans na sewe babas wat die maksimum hoeveelheid is wat hul huidige perseel toelaat. Hulle streef egter daarna om in die nabye toekoms na ‘n groter perseel te trek om na meer babas te kan omsien. Terblanche moedig inwoners aan om betrokke te raak deur hom te kontak of doeke of formule melk te skenk. Belangstellendes kan hom whatsapp by 0736112345.
Speler van die Jaar:
Die Abbotsdale-rugbyklub het onlangs hul prysuitdeling gehou en spelers vir hul toewyding deur die jaar vereer. Wiam Syster is aangewys as die Speler van die Jaar. By hom is Wim Arendse.
NUUS • NEWS
SPORT
5 Desember 2018
Sportuitslae • Sports results
MALMESBURY GHOLFKLUB 2018 Talisman Hire Mercedes Benz Swartland Classic 36 Hole Tournament - Vrydag 30 November en 1 Desember - Vierbal Stableford Samespel : M Roux, R Potgieter, K Stazacker, J
Koegelenberg 226; R Kupido, M Adams, W Beukes, H Greybe 221; H Els, B Els, R de Villiers, J Rensburg 218; N Erlank, JC Booysen, J van der Westhuizen, H Botha 216; Z Kotze. M de Bruin, G Kuhn, B Mung 215; D Visser,
J Coetzee, M Howburg, C Warries 207; D Stipp, S Voogt, J Jacobsen, M Taute 206; M Bushell, G Jordaan, G Williams, M Satchwell 200