c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
16 Januarie 2019
80.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 501
Reg vir die 'groot skool' •BESTE MATRIEK-LEERDER IN KRING
16 Januarie 2019
Graad 1-leerders van die hele Swartland het Woensdagoggend met blink nuwe skoene, oorgroot skooluniforms en vol entoesiasme by hul Graad 1-klasse opgedaag. By die Laerskool Swartland op Malmesbury was dit ook geen uitsondering nie en die klas van Tilla van Reenen was opgewonde om hul sitplek in te neem.
Kitshoff pak nou medies ná top-jaar
•Charlotte Lesch Die eer as die top-matrikulant in die hele Weskusstreek, gaan aan Gizelle Kitshoff van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg wat met ‘n uitnemende gemiddeld van 92.9% vir haar matriekeindeksamen spog. Sy skryf dié resultate grootliks toe aan harde werk en toewyding. Kitshoff verruil binnekort die plaaslewe vir die stad, wanneer sy as ‘n eerstejaar mediese student by die Universiteit van Stellenbosch op die Tygerberg-kampus aansluit. Volgens Kitshoff het die opgewondenheid oor haar goeie matriekuitslae nog nie heeltemal bedaar nie. Die feesvieringe is wel voorafgegaan deur baie senuwees. Sy het nie geweet wat om te verwag nie. Kitshoff vertel dat haar eindeksamen baie moeiliker was as die rekordeksamen in September verlede jaar. Haar resultate vir beide eksamens was op die ou einde presies dieselfde. Een van haar gunsteling vakke was wiskunde
waarvoor sy 98% gekry het. Dit is ook die vak waarin sy die beste presteer het. Sy was ook gaande oor fisiese wetenskappe met ‘n slaagsyfer van 97%. Volgens Kitshoff is die geheim tot ‘n goeie rapport, harde werk. Sy het ook met elke eksamen ‘n studierooster opgestel waarby sy getrou gehou het. Haar raad aan vanjaar se matrikulante sal wees om hard te leer en net jou beste te gee. Sy het van ‘n baie jong ouderdom af geweet sy wil eendag medies gaan studeer, omdat sy graag mense wil help. Hoewel sy nog nie sover in die toekoms in wil dink nie, sal sy graag eendag in pediatrie wil spesialiseer. “Ek hou baie van babas,” vertel sy. Sy laat nie net haar ouers, boetie en sussie agter in die platteland nie, maar groet ook haar maats wat elk verskillende rigtings inslaan. Hoewel die senuwees ‘n bietjie knaag, sien sy uit na die nuwe hoofstuk in haar lewe wat op 23 Januarie by Tygerberg-kampus afskop.
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
16 Januarie 2019
'99.9% van leerders in skole geplaas' Swartlandse kringbestuurder Die kringbestuurder van die Weskus onderwysdistrik, Johannes Mouton sê hulle is oor die algemene tevrede met die slaagsyfer van skole in die Swartland vir 2018, hoewel dit beter kan wees. Die gemiddelde slaagsyfer van die Swartland-skole se matrieks was 88%. Matrikulante reg oor die land het op 5 Januarie hul resultate ontvang. Volgens Mouton gaan sekere doelwitte gestel word waarop skole sal moet fokus om ‘n beter matriekuitslag te behaal. Skole sal eerste fokus op die doelwitte wat op provinsiale vlak daargestel word, voeg hy by. Daarná sal doelwitte op tuisgrond vasgestel word. “Die fokus in die Swartland is op die stadium meer vakgerig. Daar is enkele vakke waarmee leerders oor die algemeen baie gesukkel het, waarvan bedryfstudies, wiskunde geletterdheid en wiskunde deel vorm,” sê Mouton.
Verlede Woensdag is meer as ‘n 100 000 Gr. 1-leerders in die Wes-Kaap vir die eerste keer skool toe. Die kantoor van die kringbestuurder kan nog nie op die stadium getalle bevestig van hoeveel Gr. 1-leerders en Gr.8-leerders op 9 Januarie by hul onderskeie skole vir die jaar aangemeld het, omdat die getal inskrywings nog nie ooreen stem met die hoeveelheid leerders wat wel opgedaag het nie. Die grootste struikelblok rakende die getalle, is leerders wat se aansoek nie goedgekeur is by die skool van hul keuse nie. Die leerders is ingeskryf by alternatiewe skole, waarvan ván die leerders nie vir hul eerste dag opgedaag het nie. Volgens Mouton is 99.9% van alle leerders in die Swartland omgewing wel in skole geplaas en reg vir die skooljaar. Talle nuwe leerders is ook gedurende afgelope week by skole ingeskryf.
Minister besoek Malmesbury:
Minister Alan Winde, provinsiale minister van Gemeenskapsveiligheid en ook die DA se premierskandidaat, het gedurende Desember besoek afgelê aan die rioolsuiweringsaanleg van die Swartland Munisipaliteit op Malmesbury. By hom is die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen.
Hopefield interchange nears completion Die Hopefield Interchange is designed to link the R45 to the new N7, with a particular focus on safer access and increased capacity of the road, given the continuous expansion and development of the surrounding towns. “In a nutshell, we are building approximately 5km of dual road on the N7, 2km of ramps at the new interchange, three separate bridges and an agricultural underpass to assist farmers with getting their machinery and harvests safely underneath the N7,” said Leon Oosthuizen, resident engineer from Consulting Engineers, Royal HaskoningDHV. A project of this complexity does not go unchallenged. “For the first year, a large amount of time was spent removing roughly 350 000m³ of clay soil to accommodate the roads underneath the bridges,” said Marius Matthee, Construction Manager for the contractor, Triamic Construction. This upgrade started in January 2017, comes at a cost of R400m of which R28.4 million di-
rectly benefits SMME subcontractors and is due for completion in July 2019. The value it adds to the life of ordinary people who benefit from work opportunities, training and exposure, cannot be overstated. “I am deeply grateful for the opportunity to learn and earn a living. “This project has given me a sense of pride because I can now pay my own way in life,” said Lawrence Gashesi, a local resident who has been trained to do steel fixing on the site. Yolanda Makhubalo, from Malmesbury is one of the youth identified for learnerships on the project and after having aced the theory she is making her presence known on site, demonstrating a passionate hunger to learn from the experts. SANRAL is incredibly proud of the legacy it leaves in this West Coast town, where many people are able to access further developmental opportunities with the skills and knowledge they have acquired during the time spent working on this project.
NUUS • NEWS
16 Januarie 2019
3
Tweelinge: Schoonspruit Sekondêr is
vanjaar baie trots op hul groot getal tweelinge. Daar is altesaam nege tweelinge tussen Gr. 8 en Gr.12. met drie tweelinge wat vanjaar in Gr. 8 is. Volgens die musiekonderwyseres, Junette Botha, ook een van ‘n tweeling, kan hierdie leerders ‘n onderwyser behoorlik om hul pinkie draai met hul identiese voorkoms. Agter staan Mark en Matthew Jackson, Leighton en Lyle Sass, Junette Botha (onderwyseres), Tarynn en Tara La Meyer en Mahle en Mihle Mnqayana met Jandré en Mondray Roto, Jamie en Jade Fortuin en Lorenzo en Lawrence Jacobs in die tweede ry. Taunia en Taytum Liedeman sit heel voor.
•BAAN BY LIEBENBERG EN SCHOONSPRUIT
Splinternuwe atletiekbaan vir Swartlandse atlete Die ontwikkeling van ‘n atletiekbaan -en veld agter Liebenberg Primêr en Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury, hou groot belofte in vir talle leerders van die Swartland en word beskou as ‘n groot aanwins vir die skole van die omgewing. Groot opgewondheid heers oor die ontwikkeling van ‘n veeldoelige en toegeruste atletiekveld met ‘n tartan/asfalt-atletiekbaan wat reeds aan die einde van verlede jaar afgeskop het. Die projek is moontlik gemaak deur die departement van sport en kultuur wat vir die befondsing daarvan verantwoordlik is, in samewerking met die Wes-Kaapse departement van onderwys (WKOD). Volgens woordvoerder van die WKOD, Bronagh Hammond, sal die projek na raming R36 miljoen kos. Die fasiliteit sal onder skole in die area gedeel word. ‘n Gedeelde Fasiliteitsooreenkoms sal ook tussen skole onderteken word. Daar is meer skole wat op Malmesbury geïdentifiseer is om die fasiliteite te gebruik, hoewel die ontwikkeling teen Schoonspruit Sekondêr en Liebenberg Primêr geleë is. Die atletiekbaan word verder deur die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) geklasifiseer as 'n klas 2 fasiliteit, wat beteken dat hoë-vlak atletiekbyeekomste hier kan plaasvind. Die ontwikkeling bestaan hoofsaaklik uit die konstruksie van die tartan-atletiekbaan van 400m lank. Die baan bestaan uit asfalt as sub-basis, bedek met tartan as 'n bolaag. Verder sluit dit die opgradering van ‘n bestaande klubhuis, nuwe omheining wat reeds aangebring is, ‘n nuwe boorgat vir besproeiingsdoeleindes, asook ‘n sintetiese binneveld en ‘n natuurlike buiteveld. Vyf bykomende netbal –en of tennisbane gaan ook aangebou word. Die binneveld van 98m (lengte) x 60m (breedte) is veeldoelig en kan ook gebruik word vir rugby en sokker.
Volgens John Stewe, skoolhoof van Schoonspruit Sekondêr, word ‘n atletiekbaan van dié hoë gehalte verwelkom. Die ontwikkeling bring nie net verligting vir Schoonspruit Sekondêr nie, maar ook vir al die skole binne die gemeenskap, voeg hy by. “Dit beteken onsettend baie. Leerders wat goed is in atletiek en daarin presteer sal nou die geleentheid kry om daarin te floreer. Talente sal op hierdie wyse vorentoe kom.” Die skool moedig oor die algemeen leerders aan om aan sport deel te neem sodat hulle hul energie in sport kan uitoefen en ter selfde tyd blootstelling daarin kan kry. Die binnebaan is ook geskik vir sagtebal én bofbal, voeg hy by. “Die veld kan ook gebruik word vir rugbyoefeninge en sokker. Dis ‘n baie
groot aanwins vir die skool en die gemeenskap.” Evangelique Don, waarnemende skoolhoof by Liebenberg Primêr, is dit eens dat die atletiekveld groot voordele vir die skool en ander skole op Malmesbury gaan inhou. “Dit is ‘n inspuiting vir ons skool. Ons en ander skole gaan baatvind hierby en dit is boonop ‘n pragtige gesig,” sê Don. Volgens Johannes Mouton, Kringbestuurder van die Weskus Onderwysdistrik is hulle net so opgewonde oor die projek wat voorlopig op 26 April vanjaar reg sal wees vir aksie. Hy sê verder dat die ontwikkeling die geleentheid gee vir groot atletiekbyeenkomste wat in die toekoms by dié baan aangebied sal word.
4
16 Januarie 2019
Wees waaksaam teen brande in somertyd Dit is daardie tyd van die jaar wanneer mense hulself na die buitelewe wend en in die natuurskoon kuier, speel en tyd spandeer. Dit is egter ook hierdie tyd van die jaar wanneer veldbrande gereeld voorkom - deels weens nalatigheid van die gemeenskap. Hier is 'n paar nuttige wenke om te onthou as jy wel sou besluit om 'n vuurtjie aan te steek hierdie somer. Gras-/veldbrande Moet nie sigaretstompies uit jou voertuig gooi nie dit kan ‘n gras/veldbrand veroorsaak. Maak seker dat jou braaivleisvuur heeltemal
geblus is. Hou vuurhoutjies/aanstekers buite die bereik van kinders. Veilige gebruik van elektrisiteit Vermy die oorlading van 'n kragprop Gaan jou elektriese toestelle gereeld na en vervang die wat foutief is. Skakel alle elektriese toestelle by die muurprop af saans of wanneer jy die huis verlaat. Hou altyd 'n kokende pot op enige stoof dop totdat die kos gaar is en skakel stoof dan af. Elektriese verbindings/installasies moet professioneel geïnstalleer word.
Veiligheid by oop vure Hou vuurhoutjies/aanstekers buite die bereik van kinders. Gebruik kerse wat in die helfte deur gesny is om te keer dat dit omval – en gebruik kershouers. Moet nie in jou bed rook nie. Om brande in informele gebiede te vermy Hou 'n wakende oog oor 'n paraffienstoof. Moet nie 'n paraffienstoof of enige stoof naby 'n gordyn gebruik nie. Maak seker dat die stofie nie omval nie. Leer jou kinders oor die gevare van 'n brand/ vuur. Hou 'n emmer/houer vol sand gereed om
Omgee:
Matriek: Die matriekklas van 2018 het hul jaar vroeg afgeskop met die senutergende gewag na hul matriekuitslae. Die leerders van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het op die oggend van 4 Januarie by die skool gewag om hul finale punte van hul skoolloopbaan te ontvang.
NUUS • NEWS
paraffien-brande te blus. Informele strukture moet redelik uitmekaar opgerig word om die verspreiding van 'n brand te voorkom (ten minste 3 meter spasie). Algemene veiligheid Hou 'n werkende brandblusser in jou huis en maak seker dat jy weet hoe om daarmee te werk. Waar moontlik maak seker dat jou woning meer as een uitgang het. Stel 'n plan op met die nodige ontsnaproetes en maak seker dat almal in die huis die plan ken. Vir enige verdere navrae kan die Brandweerhoof, Roysten Harris gekontak word by 022-487 9400
Die Malmesbury Omgee- en Liefdadigheidsprojek in samewerking met lede van die Eagle Eye Buurtwag, het verlede week vragte vol donasies aan die inwoners van Wupperthal gestuur nádat 200 inwoners dakloos gelaat is weens ‘n verwoestende brand wat op 30 Desember 2018 dáár uitgebreek het. Abdurahmaan Alie van Malmesbury het met dié inisiatief na vore gekom om die inwoners in nood by te staan. Volgens een van die lede, het donasies en hulp vanuit alle oorde in die Swartland gekom. Die gemeenskapsgroep bedank elkeen wat hul harte oopgemaak het om te help en by te dra tot die projek. Vir enige verdere skenkings en donansies, kan Manie by 0835593792 gekontak word.
NUUS • NEWS
16 Januarie 2019
5
Sokker:
‘n Suksesvolle Slimsun Sokker Uitdaagbeker-toernooi het die afgelope Sondag in Illingelethu plaasgevind waartydens die span van Two for Joy as die kampioene gekroon is. Dit is die tweede jaar wat dié sokkerbyeenkoms deur die organisasie, Slimsun aangebied word. Die spanne wat teen mekaar gespeel het, is jeugspanne van Ilingelethu. Volgens Anthony Corin van Swartland Solar Park se Slimsun, beteken ‘n plek in een van die spanne, baie vir die jong spelers. Volgens Slimsun doen die afrigters ook ‘n uitstekende werk om die jeug besig te hou en van die strate af. Two For Joy FC het vir die tweede agtereenvolgende jaar die uitdaagbeker verower deur Liverpool FC met 2-0 in die eindstryd te klop. Corin het by die prysuitedeling aangedui dat die kompetisie volgende jaar moontlik van vier na agt spanne uitgebrei sal word. “Die kampioene sal dan op hul beste moet wees om moontlik ‘n driekuns te behaal,” voeg hy by. Van links is die Mighty Bucs in vierde plek, die Chalala Young Guns in derde plek, Liverpool FC (2de) en die wenners, Two For Joy FC. Foto: Verskaf
Kolskoot:
André Uys het 'n kolhou gespeel op die syfer 3 12de putjie van die Malmesbury-gholfbaan. Hy het hierdie gelukskoot in Saterdag se Golden Yolk Beterbalstableford behaal.
Die eerste werkwinkel vir eerstejaarstudente, beter bekend as die Campus Know Howwerkswinkel, wat die afgelope Vrydag op Malmesbury plaasgevind het, was ‘n groot sukses . Die werkswinkel wat moontlik gemaak is deur die nie-winsgewende organisasie, Slimsun, is aangebied deur die dekaan by Cornerstone Institute, prof. Rudi Buys en bekende radio omroeper en tv-persoonlikheid, Lynette Francis . Hulle het die nuwe studente onder meer kom touwys maak oor hoe hulle hul eerste jaar op universiteit of kollege moet hanteer, wat om te verwag in hul eerste jaar op kampus en hoe om voor te berei vir die groot verandering.
6
NUUS • NEWS
16 Januarie 2019
Reik uit:
Darling Spar reik uit na bejaarde inwoners nádat Groeneweide Tehuis vir Bejaardes op Darling genader is met hul gemeenskapsprojek. Die Darling Spar Ouetehuis/Bejaardes-projek is ‘n inisiatief van Corné Oberholzer wat voorheen betrokke was by die oorspronklike projek wat in Johannesburg van stapel gestuur is. Johan Beukes van Darling Spar is deur haar genader wat uiteindelik die medeeienaar Jannie Engelbrecht met die projek genader het. Vandaar het Darling Spargemeenskapsprojek behoorlik posgevat. Al 56 inwoners van Groeneweide het onlangs geskenke ontvang nádat daar gekyk is na elkeen se behoefte, of dit nou pantoffels, komberse, nagklere, lekkernye, handeroom of net ‘n vrolike bos blomme is. Met die hulp van die personeel wat by elke bejaarde inwoner van Groeneweide gaan kuier het, was 'n “omgee” Kersfeesgeskenk vir elke inwoner verseker, vertel Beukes. Inwoners vanuit die gemeenskap wat ‘n R100 of meer geskenk het, het binne 48 uur verseker dat elke inwoner ‘n geskenk kry. Beukes beoog om die projek in die toekoms landwyd in te stuur en ‘n glimlag op alle bejaardes se gesigte te sit.
Dagboek • Diary
Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962.
CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902
BUYING or
Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 7:00 Weekly, free. Starting point - Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed. Contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432
SELLING
Abbotsdale-Rugby-voetbalklub 20 Januarie: Die Abbotsdale-rugby klub hou hul Algemene Jaarvergadering by die klubhuis om 14:00 Vir enige navrae kontak G Carelse by 072 441 5967
YOU CALL, WE COLLECT
Gospelaand 6 Februarie : Gospelaand met Marius Falck en gaskunstenaars om 18:30 by die Friend of God, Wingerd. Toegang beloop R50. Vir enige navrae kontak : T Kits 072 282 3305 Kaartjies te koop by Kontreispens
FURNITURE
Malmesbury 022 482 3788
CCFMAL10AUG18
WE OFFER THE BEST PRICES
Crush Day at Darling Cellars 9 March: Crush Day at Darling Cellars. From 07:45 for 08:00 till 16:00. Adults R280; Teenagers R180 and children R100. Booking essential. Contact 022 492 2276
NUUS • NEWS DANKBETUIGING BIG THANKS Brand op Klipheuwelpad - Graag wil ons 'n groot dankie sê aan Malmesbury Brandweer, Moorreesburg Brandweer, Working on Fire en almal van omliggende plase wat op Donderdag, 3 Januarie 2019 gehelp het met die brand op die Klipheuwelpad. Julle lewer 'n onbaatsugtige diens en ons as publiek sê nie altyd genoeg dankie nie, Baie dankie. SP & Narina van Blerk Vlakfontein
16 Januarie 2019 --------------------------------
CARIS-BROOKE LEANDER. 14 Januarie. Ons bid vir genoeg wysheid om die lewensreis mee aan te pak. Maak 'n verskil!. Lekker verjaar blom. Liefde - Pa, Ma, Damian en Quinay --------------------------------
LUHAIDEN "OUBAAS" DANIELS . 16 Januarie, sou jy vyf geword het. Jou eerste verjaardag by Liewe Jesus. Mis jou baie - jou suster Natalie, Arnaldo, Ethan, Jaylin, Lee-Hogan en Goliath familie --------------------------------
#4690
-------------------------------BETREKKING VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 0761229972 #4674
-------------------------------DIENSTE SERVICES So many projects! So little time! For all your Electrical maintenance and repairs. General handyman work. Contact Randall 074 976 8737 #4687
-------------------------------TE HUUR TO LET Kantoor/ besigheids perseel in Malmesbury. Koopkrag. R6,500.00 pm. Een maand deposito. Onmiddellik beskikbaar. Skakel 022 487 3916.
11 Januarie – JAMIELEE. Baie geluk met jou verjaarsdag. Alles wat mooi is vorentoe. Liefde - jou Ma, susters, broers, jowaan, Cline en Jayden --------------------------------
13 Januarie – MORNE, geluk ouboet. God se rykste seën op jou lewe. Van: jou Ma, susters, broer, jowaan, Cline en Jayden --------------------------------
#4689
----MALMESBURY R6500.00 pm - ruim 3slp woonstel – baie sentraal geleë. Beskikbaar 1 Februarie 2019. R6000.00 pm – 2 slp kamer skakelhuis met motor afdak. Onmiddellik beskikbaar
Baie geluk met jou eerste verjaarsdag op 18 Januarie ELI MOSES. Mag jou dag geseënd wees en mag daar nog vele wees. Liefde – Pietersen clan --------------------------------
R7500.00 pm – 2 slp kamer huis. Beskikbaar 1 Februarie 2019 R10800.00pm – Veiligheidskompleks, 3 slaapkamer, 2 badkamer, dubbelmotorhuis – geen diere. Beskikbaar 1 Februarie 2019 STOOR met kantore - Dorp se industriële gebied R16000.00 (BTW UITGESLUIT) Beskikbaar 1 Februarie 2019. Vir enige verdere navrae kontak asseblief vir Theresa – 082 552 4848 #4691
-------------------------------TE KOOP FOR SALE TE KOOP FOR SALE
SAMOSAS – Snoek en Feta @ R45 rou en R50 gaar per dosyn. Vir bestellings kontak Benita by 072 184 1915 #4688
-------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS
QUINTON. 12 Januarie. Jy is my rede vir die lewe. Lief jou klompies. Wens jou sakke vol seëninge toe op jou verjaarsdag. Lekker verjaar liefie van my, Damian, Caris en Quinay
Baie geluk met jou verjaarsdag ELANO op 21 Januarie. Mag jou dag geseënd wees en mag daar nog vele wees. Liefde – Pietersen clan --------------------------------
BRUCESTON. Geluk met jou eerste verjaarsdag. Mag hierdie dag vir jou geseënd wees. Liefde – Ma, Pa, broer en familie --------------------------------
ARRIE OCKHUIS. 13 Januarie. Gelukkige verjaardag Pappa. Die Here het u 69 jaar gespaar! Met baie liefde – Ada, Ciska, Auricka, Chandler en Kaylen --------------------------------
JUWAYNE STUURMAN Baie geluk met jou 13de verjaarsdag. Baie liefde Mamma, Boeta en Sussie
ALBERT APOLLIS. 9 Januarie. Jou eerste verjaardag weg. Ons mis jou. Huis is stil - Susan, kinders en kleinkind -------------------------------STERFGEVAL OBITUARY
Happy birthday to the fabulous ladies of January. Enjoy your month!!!! -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
WILLIAM ABRAHAM ARENDSE. 17 January 2014. Five years ago God has called you by your name. Always in our hearts. RIP, till we meet again - Valerie, daughters, sons in law and grand children --------------------------------
ETIENNE LATEGAN (Teen). Gebore: 8 April 1967. Oorlede: 12 Januarie 2019. Troosdiens Woensdag, 16 Januarie 2019 om 19:00 by Wesbank Gemeenskap Saal. Begrafnis: Saterdag, 19 Januarie 2019. Besigtiging om 10:00 tot 11:00, waarna die diens 'n aanvang sal neem by die Wesbank Gemeenskap Saal --------------------------------
7
8
courant
NUUS • NEWS
dié
16 Januarie 2019
Tel: 022 487 3221
SPORT
16 Januarie 2019
Sportuitslae • Sports results Krieket Piketberg 1 vs Malmesbury KK Beste Kolwers Carlo Adams 53 Lopies Edwin Amerika 35 Lopies Beste Bowlers Ricardo Maarman 6/29 Ducan April 1/10 Piketberg 1 wen met 1 paaltjie. Man of the Match : Ricardo Maarman Piketberg 2 vs Hopefield KK Beste Kolwers Granville Dirks 52 Lopies Henko Moster 37 Lopies Beste Bowlers Henko Mostert 2/19 Lorenzo Adams 3/34
Piketberg 2 verloor met 19 lopies.
Kliniek:
Die gewilde atletiekafrigtingskliniek van die Hoërskool Swartland op Malmesbury, is hierdie jaar weer goed deur afrigters en atlete ondersteun. Vanjaar se kenners was ...
Posduifklub vereer lede vir prestasies Die Malmesbury Posduifklub het onlangs hul jaarlikse prysuitdeling by die Malmesbury-gholfklub aangebied waar die lede en hul gades gesellig verkeer het en ook waartydens die verskillende kampioene beloon is. Na ‘n taai tweestryd gedurende die 2018 Seisoen tussen Bordeaux B (vennootskap tussen Pieter Loubser en Coenie Basson) en Hayman en Edas (vennootskap tussen Hentu Hayman en Kenneth Edas), het Bordeaux B as die wenners uit die stryd getree en is bekroon as die Klub
kampioen vir 2018. Op die foto sit die twee lede van die suksesvolle Bordeaux B span. Die verskillende kategorieë se wenners was soos volg : Kortafstande: Hayman en Edas Middelafstande: Bordeaux B Langafstande: J Steenkamp Jongduif punte: Hayman en Edas Ou Duif Punte: J Steenkamp Duif met Meeste Punte: Kotze Familie Hokke
Algehele Kampioen: Bordeaux B Lede wat ook spesiale vermelding verdien is Marais Hokke (KSD) onder leiding van Kobus Marais, wat as beginners besonder goed presteer het. LF van Dalen, Paulus Familie en G Horn wat op die langer vlugte behoorlik hulle staal gewys het. Die Bestuur bedank almal vir die goeie en gesonde gees en sportmanskap wat geheers het tydens die seisoen. Die kompetisie tussen
die lede was baie goed en beloof om volgende seisoen net nog strawwer te wees. Enige iemand wat belangstel om meer uit te vind oor die sport kan gerus die Voorsitter, Hentu Hayman, kontak op 082 579 2826.