courant courant
dié dié
• Bergrivier 1Swartland Wellington
• Free • Gratis
Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 • Bergrivier 1Swartland Wellington
16 Januarie 2019
Uitgawe 501 12 September 2018
16 Januarie 2019
•ANTHONY CAVERNELIS AAN STUUR VAN SAKE
Bergrivier se nuwe hoof vol planne
• Free • Gratis
Uitgawe 486 12 September 2018 Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 •Jaomi Zeeman Die plaaslike Bergrivier Hoërskool spog met ‘n splinternuwe skoolhoof. Anthony Cavernelis is die nuwe hoof wat vanaf 2019 die leisels by hierdie baken in ons dorp gaan vashou. Alhoewel hy nuut in sy pos is, is hy allermins nuut in die dorp en die gemeenskap se bedrywighede. Hierdie murg-en-been-Wellingtonner is opgewonde oor die nuwe uitdagings en hy is vol planne en drome vir Bergrivier Hoërskool. “Ek het my skoolloopbaan by Pauw Gedenk Primêr begin en daarna is ek na Bergrivier Hoërskool waar ek in 1981 gematrikuleer het. "Ek het my B.Ekon graad in 1984 en my Hoër Onderwysdiploma in 1985 aan die Universiteit •Jaomi Zeeman van Wes-Kaapland voltooi en verwerf ook my Die Sakekamer het,hierdie in samewerB.EdDrakenstein graad deeltyds in 1993 aan univerking siteit.met CS Cybershield, Sanlam en Golden Thread ‘n spesiale "Ek Communications, het my onderwysloopbaan in inligting1986 aan sessie vir plaaslike sakevroue aangebied Bergrivier Hoërskool begin. Ek is getroudwaar met die voordele van sosiale media Angela en onsen hetgevare drie kinders, Roscoe, Björnen en die kuberruim Euclea,” vertelonder hy. die loep geneem is. Hierdie insiggewende sessie opverbonde Dinsdag Anthony, wat al vir 33 jaarhet lank 4is September by die Boschenmeer Landgoed aan Bergrivier Hoërskool en sedert 1999 as plaasgevind. Departementshoof in handelsvakke optree, is in Talle sakevroue het 2018 asplaaslike die nuwebesigheidshoof van dieen skool, met ingang die bygewoon en groot baat gevind vangeleentheid 1 Januarie 2019, aangestel. by die Virinteressante hom was dit praatjies. ‘n groot eer om as skoolhoof Anine vanbakermat der Westhuizen Golden van hierdie in die dorpvan aangestel te Thread word. Communications, ‘n spesialis op die gebied die suksesvolle aanwending van “Myvan aanstelling beteken vir my baie aangesosiale die hierdie besigheidswêreld, hetisdie sien ekmedia ‘n kindin van pragtige dorp en dames die die gebruik van isdie omdatoor ek al sovoordele lank aan van dié skool verbonde as kuberruim die werkplek ingelig. leerder enin opvoeder. Volgens kan sosiale media As deel van hul 70ste feesvieringe sal daar help. Die skoolbeheerliggaam sal ook definitief "Dit wasAnine nog altyd my droom om platforms prinsipaal baie suksesvol in die goeie sakewêreld en tot te word van hierdie skool wat baievoornaby op Sondag 20 Januarie 2019 om 09:00 ‘n Fees- planne in plek stel om skoolfooie in te samel,” deel besighede benut word. -Kerkdiens by VGK-Wellington in Mellingstraat, deel hy sy planne. aan van my hart lê,” sê hy. “Sosiale facebook, Anthony media het, tenplatfoms spyte vansoos die realiteit van oorkant Pick ‘n Pay, gehou word. Anthony sê dat dit sy doel is om die skool in instagram en linkedin ‘n kragtige hulpmiddel Almal word hartlik uitgenooi om die diens by die regte rigting te stuur, die regte dinge te doen talle uitdagings, grootisdrome vir sy alma mater. om “My jou visie besigheid te adverteer en netwerke vir Bergrivier Hoërskool is dat elke te woon. en altyd deursigtig, regverdig en konsekwent te met besighede en moontlike te Volgens Anthony is daar talle uitdagings wat wees. ouerander wat binne die omgewing van diekliënte skool bly, bewerkstellig. sowel as mense in die res van die dorp, binne elke skoolhoof die hoof moet bied. Hy is ook ‘n man wat ‘n gemeenskapsmens is 3,8Hoërskool miljoen verEen van die grootstes bly egter finansies. die"Instagram volgende het driebyvoorbeeld jaar Bergrivier sal en al vir jare ‘n bydrae in ons dorp lewer. bruikers, 80% vanvan verbruikers besighede “Die swak ekonomie het ‘n invloed op almal kies as die skool hul keusevolg om hul kinders Anthony is onder andere die voorsitter van op hierdie en ouers is maar traag om skoolfooie te betaal. die Wellington Tuinbouvereniging en kweek al in te skryf. platform en 30% van verbruikers vankan dernet Westhuizen van Golden Francis Nieuwoudt van die koop"Ek produkte ophierdie instagram Die skool kwaliteit onderrig bied Thread indien Communications, wil ook wat bitterhulle graag skoolgesien vestig Anine vir dekades lank krisante. Sakekamer, Stander en Helét Borchardt het,” sy gesê. die hulpbronne voldoende Jan-Hendrik is en die klasse nie so van Cybershield as ‘nhet instansie van akademiese uitnemendheid. Drakenstein Hy is ‘n gesinsman wat graag sport,van veralSansokhetdie hierdie platform as leerders, ‘n plek lam. baie leerders bevat nie. EkAnine wil graag volgende vestigook by die ker, op televisie kyk en hy is die Kerkvoog van waar besighede hul kreatiwiteit kan uitbeeld, het, gegee. "Dit bly ‘n droom by ons skool om beheerlig- gemaak opvoeders en nie-doserende personeel: skool- gesê. die St. Alban en St. Augustine Anglikaanse Kerk ‘ntrots, besigheidsblad kan en skep, hutsmerke kan het ook die voor- en nadele van gratis Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield het gaamposte te hê. respek, integriteit dissipline. in Hy Wellington. skep, treffende kan plaas vir kliënte en besighede bespreek. se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Onder die huidige omstandighede doen die Wi-Fi "Die skool foto’s vier hierdie jaaren sysubtiele 70ste Anine Nou staan hy aan die stuur van sy alma handelsmerksigbaarheid bewerkstellig, “Wanneer jy gratis Wi-Fi- gebruik, is jou diegoed. kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. skool Ek wil hierdie jaar graag die oud- mater, bestaansjaar en ek hoop kan dat die gemeenskap oor Bergrivier Hoërskool iets wat hy met voorgehou. en data beskerm nie. Kuberkrakers Volgens betrek hom hou gebruik vanverband telefone,te inligting -studente om die skool in dié ons in al ons aktiwiteite sal ondersteun,” sê hy. trots, ywer en ‘nnie ware Wellington-hart aanpak. Volgens haar is Twitter nog ‘n goeie platform die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan e-posse en baksake onderskep, virusse op wat deur sakevroue gebruik kan word. selfone, tablette, sowel as die feit dat mense toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels verkry,” het hy verduidelik. wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie en restaurante besigheid doen talle voordele, Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en is en 76% van verbruikers wat handelsmerke maar ook talle gevare in. “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkohier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal ming daarvan gegee. kragtige instrument in enige besigheid,” het sy en kuberkrakers verwys. Besighede se digitale voetspoor en die gesê. belangrikheid daarvan is bespreek. “Wagwoorde is soos onderklere. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professioDie wetlike aspekte rondom sosiale media "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien nele, ernstige platform. nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet platforms en wenke rondom hierdie kwessie is “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy ook bekyk. van werwers is op hierdie platform om kandi- geskerts. Die dames wat die sessie bygewoon het, het date te vind. Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord dit baie insiggewend gevind en kon rondom "Dit is die effektiefste sosisale media plat- verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten form vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk opsigte van die gebruik van sosiale media deel.
•SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM
Moderne vrou se rol in samelewing
NUUS • NEWS
NUUS • NEWS
2
16 Januarie 2019
•LEWER GOEIE UITSLAE IN NASIONALE EINDEKSAMEN
NUUS • NEWS
Wellington se matriekklas skitter Die jaarlikse matriekuitslae is op Vrydag 4 Januarie bekendgemaak. 2018 se matrieks en hul ouers het in afwagting by die onderskeie plaaslike hoërskole gestaan om hul uitslae, wat om presies elfuur aan die leerders beskikbaar gestel is, te ontvang. Sommige leerders was opgewonde en nuuskierig oor hul uitslae terwyl ander ‘n bietjie meer benoud voorgekom het. “’n Mens leer hard en dan skryf jy maar so-so. Jy weet nooit wat die nasieners van jou antwoorde gaan dink nie. Ek sal maar onseker voel totdat ek my uitslae netnou in my hande het. Ek hoop hard, maar is maar bang dat ek miskien teleurgesteld sal wees,” het een van die leerders by Bergrivier Sekondêre Skool laat hoor. Om elfuur was alle onsekerheid, nuuskierigheid en die lang wag uiteindelik verby. Die onderskeie skoolhoofde en onderwysers van die plaaslike hoërskole, wat almal reeds die oggend hul skole se uitslae bekom het, het dit aan die leerders uitgedeel. Alhoewel daar enkele teleurgestelde leerders was, was die oorweldigende emosie onder die matrieks van 2018 een van verligting, blydskap en trots. Sommige ouers en kinders was selfs in trane van blydskap. Ouers en leerders het mekaar omhels en gelukgewens en sommiges kon hul uitbundige blydskap beswaarlik bedwing. “Vanaand vier ons fees! Ons is bitterlik trots
op ons seun wat met universiteitsvrystelling geslaag het!” het een pa gesê. “Ek het baie hard gewerk en is baie bly oor my A-gemiddelde simbool. Ek is baie bly dat my harde werk beloon is,” het een van die leerders by Hugenote Hoërskool oorstelp laat hoor. Die skoolhoofde van Weltevrede Sekondêr, Bergrivier Hoërskool, Wellington Hoërskool en Hugenote Hoërskool is dit eens dat daar in 2018 baie uitdagings was. Alhoewel die meeste van hulle tevrede is met hul skole se uitslae, weet hulle dat daar hard gewerk sal moet word om al die uitdagings die hoof te bied. Die gemiddelde slaagsyfer van Weltevrede Sekondêr is 64,2%, dié van Bergrivier Hoërskool is 75,4%, Wellington Hoërskool s’n is 67,6% en Hugenote Hoërskool spog met ‘n 100% slaagsyfer. Dit beteken dat 77% van Wellington se matrieks die eindeksamen geslaag het - ‘n syfer wat met die provinsiale en nasionale gemiddeld ooreenstem. Al die skole is baie trots op hul Dux-leerders wat uitstekende prestasies behaal het en wie se deurlopene harde werk in die eindeksamen beloon is. Salmanique Filander het die beste punte in Weltevrede Sekondêr behaal, Patricia van der Westhuizen was die top-presteerder in Bergrivier Hoërskool, Marcius Petersen het eerste in Wellington Hoërskool geëindig en Carien Rossouw is Hugenote Hoërskool se dux-leerder.
Trotse Hugenote ouers en leerders vier hul uitslae. Carien is ook die top-presteerder in die hele dorp. Hugenote Hoërskool spog met 13 A-gemiddeldes, 82,4% van die leerders wat met volle universiteitsvrystelling geslaag het, 177 vak A-gemiddeldes en 253 vak B-gemiddeldes.
Carien Rossouw, hul top-presteerder, spog met sewe A’s en ‘n gemiddeld van 90,83%. Kort op haar hakke is haar tweelingbroer, Willie Rossouw, met 86,5%, Martia Odendal met 86,2%, De Villiers Brink met 85,8% en Hannah Bezuidenhout met 85,7%.
Verkeersentrum nou ook op Saterdae oop Die Drakenstein Munisipaliteit se Daljosaphat Verkeersentrum is, as deel van ‘n toetstydperk, vanaf Saterdag 12 Januarie van 08:00 tot 12:00 oop vir die publiek vir geselekteerde dienste. Die Munisipaliteit het besluit om die dienste uit te brei omdat hul besef dat dit vir baie inwoners moeilik, of selfs onmoontlik is om die Verkeersentrum gedurende die week te besoek. Die Daljosaphat Verkeersentrum, wat ook
opgegradeer is om meer verbruikersvriendelik te wees, sal die volgende dienste op Saterdae aanbied:
en
• Registrasie en lisensiëring; • Hernuwing van bestuurs- en motorlisensies; • Aansoeke vir leerling- en bestuurslisensies; • Afhaal van bestuurslisensiekaarte.
NUUS • NEWS
16 Januarie 2019
3
•TOP-KANDIDATE VIR WELLINGTON
Kookwater matriekuitslae vir Hugenote Hoërskool se slimkop-tweeling •Jaomi Zeeman Carien Rossouw is nie alleen die dux-leerder van Hugenote Hoërskool nie, sy het boonop die beste prestasie in Wellington in die matriekeksamen van 2018 behaal. Sy is egter nie die enigste slimkop in haar gesin nie. Haar tweelingbroer, Willie, spog met die tweede beste punte in die dorp. Hierdie twee skrander jongmense woon al hul lewe lank op Wellington. Hulle het beide hul laerskoolloopbane aan Hugenote Laerskool voltooi voordat hulle by Hugenote Hoërskool ingeval het. Hul ouers, Francois en Elmien, was altwee onderwysers, maar bedryf nou hul eie onderneming. Carien en Willie voel baie tevrede met hul uitslae. “Ek is baie bly dat ek die punte behaal het wat ek graag wou hê. Ek is baie dankbaar vir my uitslae - ek wou net my bes doen en het nie met enigiemand anders as myself gekompeteer nie,” sê Carien. “Ek voel trots op myself en my suster se prestasies, dit is ‘n eer om so goed te kon presteer,” laat Willie hoor. Carien spog met 7 onderskeidings. Sy het 90% vir Engels Huistaal, 83% vir Afrikaans Huistaal, 87% vir Wiskunde, 96% vir Geografie, 90% vir Biologie, 94% vir Lewensoriëtering en ‘n ongelooflike 99% vir Geskiedenis gekry. Willie se punte lyk ewe indrukwekkend. Hy het 78% vir Afrikaans Huistaal, 80% vir Engels Huistaal, 89% vir Wiskunde, 80% vir Lewensoriëntering, 92% vir Rekenaartoepassingstegnologie, 90% vir Ingenieursgrafika en -ontwerp en 90% vir Fisiese Wetenskappe behaal. Volgens Carien was Wiskunde en Geskiedenis haar gunstelingvakke. “Ek het nie regtig omgegee om Geskiedenis te leer nie, want dit was ‘n storie, dit maak sin. Ek is mal daaroor om meer uit te vind oor die wêreld se geskiedenis en hoekom dinge gebeur het soos wat dit gebeur het en wat die gevolge was. Dit wys daar is ‘n rede vir alles en die vak interesseer
my regtig baie. Wiskunde was soms baie frustrerend, maar die gevoel om ‘n baie moeilike Wiskundesom reg te kry of die blydskap wanneer ek uiteindelik ‘n module verstaan, het dit die moeite werd gemaak. Ek het ook gehou van die feit dat Wiskunde wys dat niks regtig onmoontlik is nie, dit voel net soms so. Al wat jy moet doen is om ‘n bietjie harder te werk, die antwoorde is daar,” sê sy. Vir Willie was die toepassingsvakke sy gunstelinge. “My gunstelingvakke was Fisiese Wetenskappe en IGO. Hierdie vakke het vir my ‘n meer praktiese leermetode gebied, sowel as alledaagse toepassings. Om te leer vir hierdie vakke is ook aansienlik makliker, aangesien daar relatief min langvrae en skryfwerk is, dit is meestal toepassing. Ek hou nie juis baie van literêre langvrae nie,” sê hy. Sulke goeie uitslae kom natuurlik nie sonder baie toewyding en deeglike voorbereiding nie. Carien en Willie het elkeen ‘n deeglike plan gehad waarvolgens hulle hul vir die eindeksamen voorberei het. Volgens Carien het sy baie geleer en ‘n rooster opgestel waarvolgens sy haar werk opgedeel het. “Ek het my bes probeer om daarby te hou. Die middae na groot eksamens het ek afgevat as ek genoeg tyd gehad het voor my volgende vraestel om net ‘n bietjie te ontspan. Ek het ook probeer om niks vir die laaste minuut te los nie en regtig baie vraestelle uitgewerk,” vertel sy. Willie het die Septembereksamen, waar hulle alreeds bykans oor al die werk vir die jaar geskryf het, as goeie voorbereiding vir die eindeksamen gebruik. “Nadat ek deeglik vir die Septembereksamen voorberei het, was dit vir my meestal net vraestelle uitwerk en hersiening tot die eindeksamen gewees,” sê hy. Dié twee slimkoppe sit egter nie net elke dag met hul neuse in hul boeke nie. Carien is mal oor lees en hou ook daarvan om vir ontspanning
Op die foto’s is Carien en Willie by hul trotse ouers, Francois en Elmien Rossouw. te swem. Willie geniet dit om tyd saam met sy vriende te spandeer, rekenaarspeletjies te speel en met verskeie elektroniese toestelle te peuter. Die pad tot by die dux-leerder-troon was egter nie sonder teleurstellings vir Carien nie. In graad 10 wou sy baie graag erekleure vir akademie verwerf, maar haar punte aan die einde van die graad was nie hoog genoeg nie. “Ek dink die teleurstelling dat ek dit net-net gemis het, was seker my grootste struikelblok tot dusver, veral omdat ek geweet het ek sou dit kon kry as ek net ‘n bietjie harder gewerk het vroeër in die jaar,” onthou sy. Vir Carien is haar grootste motivering om vir die punte waartoe sy in staat is, te werk. “Ek is baie gelukkig dat my pa ‘n Wiskunde onderwyser was en al van laerskool af bereid was om elke som waarmee ek gesukkel het, te verduidelik. Dit het gehelp om te besef dat niks eintlik onmoontlik is nie, selfs al voel dit so. My ma het ook ‘n M-graad in Geskiedenis en sy het regtig baie gehelp om my Geskiedenispunte hoog te hou, veral wanneer sy na my eindelose langvrae
geluister het,” vertel Carien. Volgens Willie motiveer nuwe uitdagings hom. “Ek hou daarvan om nuwe dinge te leer. En Carien por my altyd aan om meer te leer, maar dit werk nie altyd nie,” skerts hy. Beide Carien en Willie gaan hierdie jaar by die Universiteit van Stellenbosch studeer. Carien gaan LLB Regte studeer, terwyl Willie elektriese en eletroniese ingenieurswese gaan studeer. Wat is hierdie twee kookwater-slimkoppe se raad aan 2019 se matrieks? “Moenie enigiets los vir die laaste minuut nie, jy gaan so spyt wees. Take, opsommings, leerwerk – maak tyd daarvoor. Leer hard in Junie en September en moenie moed verloor teen die einde van die jaar nie. En geniet al die laastes,” sê Carien. “Doen jou bes en leer hard. Moenie deur die jaar afskeep nie en jou eksamen sal goed gaan,” is Willie se raad. “Someone else’s success does not preclude your own ability to achieve,” deel Carien, Wellington se top-presteerder van 2018, haar leuse.
4
16 Januarie 2019
NUUS • NEWS
Nuwe baadjie, Kiesers aangemoedig om nuwe blaadjie vir stemdag te registreer
Met die plaaslike Klopse se feestelike Nuwejaarsoptrede deur ons dorp se strate en op Boland Stadion en Pelikaan Park het al die groepe met pragtige uitrustings gespog. Almal het kleurvolle nuwe baadjies met die nodige bykomstighede bekom om die nuwe jaar met hierdie jarelange tradisie te begroet. Blink materiaal met strepe, blomme, blinkers en vrolike patrone het tot die feestelikheid en luisterrykheid bygedra. ‘n Nuwe jaar is, soos vir die Klopse, nie net ‘n tyd van nuwe, beter en blinker baadjies nie; dit is vir baie mense ook die tyd wat hulle ‘n nuwe blaadjie wil omslaan. Om van een kalenderdag na die volgende te beweeg, is deel van die sleurgang van die lewe. Tog is dit asof die oorgang van 31 Desember na 1 Januarie vir sommige mense iets magies inhou of ‘n spesiale towerkrag het. Dit is asof die idee van ‘n skoon bladsy, nuwe voornemens en tweede kanse wat met die aanbreek van ‘n nuwe kalenderjaar gepaard gaan, hoop bring. Sommiges hoop om slegte gewoontes te laat staan Ander wil nuwe drome najaag. Party begeer om van emosionele en fisiese oortollighede ontslae te raak. Die Prediker praat van ‘n tyd vir alles. ‘n Nuwe jaar is dikwels die tyd vir nuwe baadjies en nuwe blaadjies. Wellingtonners sal sekerlik in 2019 nuwe projekte aanpak, met nuwe planne afskop, nuwe doelwitte najaag, nuwe baadjies omhang en nuwe blaadjies omslaan. Tog sal daar definitief ook op die fondamente van al die positiewe dinge en welslae van die verlede en 2018 voortgebou word. Met die herlewingsprojek wat die Drakenstein Munisipaliteit vir ons middedorp beplan, sal ons sakekern hopelik binne hierdie jaar nog met ‘n nuwe baadjie begin spog. Ons dorp se matrieks van 2018 sal hierdie jaar almal iewers op ‘n skoon blaadjie begin om vir hulself ‘n toekoms uit te kap. Die plaaslike Klopse sal op 19 Januarie en 2 Februarie weer hul nuwe baadjies aantrek wanneer die laaste twee rondtes van hierdie jarelange tradisie op ons dorp besleg word. Anthony Cavernelis, Bergrivier Hoërskool se nuwe hoof, moet hierdie jaar nie net die baadjie van sy nuwe amp omhang nie, maar wil ook op ‘n nuwe blaadjie met baie positiewe doelwitte die skool op die wenpad plaas. Wanneer inwoners op 26 en 27 Januarie vir die komende verkiesing registreer, sal hulle dít wat vir die volgende paar jaar op ons plaaslike en nasionale regering se blaadjies geskryf word, help bepaal. Met die oefeninge wat Maandae en Woensdae vir ouer persone in die Gemoedsrussaal aangebied word, het hulle hierdie jaar op ‘n gesonde blaadjie begin en sal sommiges miskien binnekort ‘n kleiner nommer baadjie nodig hê. Mark Twain het eenkeer geskryf dat om bloot iewers te begin, die geheim van vooruitgang is. Mag elkeen hierdie week en hierdie jaar iets nuuts aanpak, beter baadjies omhang en aan nuwe blaadjies begin skryf - sonder om die goeie dinge wat ons tot hier gebring het, te vergeet.
Drakenstein Munisipaliteit se burgemeester, Conrad Poole, het ook as die kiesafdeling se voorsitter op Saterdag 5 Januarie aan ‘n veldtog deelgeneem waar hy kiesers aanmoedig om vir 2019 se verkiesing te registreer en hul stemme vir hierdie verkiesing uit te bring. Hy het saam met ‘n paar entoesiastiese raadslede en helpers die strate ingevaar om plakkate vir hierdie doel teen lamppale vas te sit. Gewapen met ‘n leer en baie energie het mnr. Poole en sy span talle plakkate laat verrys. “2019 se verkiesing is een van die belangrikste verkiesings vir ons land. "Almal saam kan Suid-Afrika red uit die toestand waarin hy hom nou bevind deur aan die verkiesing deel te neem. "Dit begin deur eers as kieser te registreer. Ek moedig mense aan om in groot getalle op 26 en 27 Januarie 2019 uit te gaan en te registreer,” het mnr. Poole gesê. Almal hoef slegs eenmalig as kiesers te registreer. Indien jy reeds geregistreer is, by dieselfde adres bly en jou kiesafdeling se grense nie verander het nie, is dit nie nodig om weer te registreer nie. Om te registreer moet jy ‘n Suid-Afrikaanse burger wees, ten minste 16 jaar oud wees (jy kan eers van 18 af begin stem) en ‘n groen gekodeerde ID-boekie, ‘n kaart-ID of ‘n geldige tydelike Identiteit Sertifikaat hê. Aansoeke vir registrasie kan by die stemlokaal vir jou kiesafdeling op die finale registrasie-naweek vir die 2019 Nasionale en Provinsiale
Verkiesing op 26 en 27 Januarie 2019 gedoen word. Stemlokale sal op hierdie dae van 08:00 tot 17:00 vir hierdie doel oop wees. ‘n Afspraak om vir registrasie aansoek te doen kan ook tydens kantoorure by die plaaslike IEC-kantoor vir jou kiesafdeling gemaak word. Daar moet egter altyd eers gebel word om ‘n afspraak te maak. Volgens wet moet enigeen wat wil registreer dit in persoon doen. Geen aanlyn of e-posregistrasies word toegelaat nie. Die nodige oorspronklike dokumentasie (geen afdrukke) wat tydens registrasie benodig word, moet ook getoon word. Dit is belangrik om daarop te let dat die voltooiing van die aansoekvorm en die ontvangs van ‘n gekodeerde plakker of kwitansie nie beteken dat jy geregistreer is nie, maar slegs dat jy aansoek om registrasie gedoen het. Hierna moet die aansoek steeds geprosesseer word (dit mag tot 7 werksdae neem). Om seker te maak of jy geregistreer is, kan jy ‘n SMS met jou ID-nommer na 32810 (R1.00 per SMS) stuur, ‘n selfoon-toep aflaai waarop registrasies geverifieer kan word, registrasie-details aanlyn nagaan, jou registrasie by jou plaaslike IEC-kantoor gedurende kantoorure nagaan of gedurende die registrasie-naweek by jou stemlokaal seker maak of jy geregistreer is. Mense moet herregistreer indien hul woonadres sedert die vorige registrasie verander het of indien hulle in kennis gestel is dat die grense van hul kiesafdeling verander het.
Kinders baat by leersame Vakansieprogram
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
Die Working on Fire span het die kinders meer oor brandvoorkoming en -bestryding geleer.
Die Wellingtonner Joseph Weideman is iemand wie se hart warm klop vir die gemeenskap. Hy werk al 13 jaar as gemeenskapsontwikkelaar by die Wes-Kaapse Departement van plaaslike regering en het die afgelope vakansie ‘n spesiale program vir plaaslike kinders aangebied. Volgens Joseph het hy in September ‘n soorgelyke program in samewerking met die Give Hope & Smile Organisasie aangebied. “Ek het gedurende die wintervakansie opgelet dat baie van die kinders net ronddwaal in die dorp en in die strate speel tydens die skoolvakansie. Dit het my laat besluit om met ‘n vakansieprogram wat die kinders konstruktief kan besig hou en waar hulle nuttige dinge leer, te begin,” vertel hy. Joseph het, in samewerking met ander instansies en rolspelers, ‘n uiters leersame vakansieprogram saamgestel wat tydens die Desembervakansie aangebied is. Die program het oor vier dae gestrek en is in die Happy Toddler Saal in Mintoorstraat aangebied. Dinge soos kindermolestering, fetale alkoholsindroom, kinderveiligheid en -regte, brandvoorkoming en -bestryding, dwelmmisbruik en herwinning is tydens die program aangespreek. Kinders kon nie net op ‘n interessante en interaktiewe manier meer oor hierdie belangrike kwessies leer nie, maar het ook hope pret tydens die program gehad. Hip-hop danse en boeresport was onder andere ook deel van die interessante
program. Kinders van 5 plase rondom Wellington is met die hulp van Badisa na die program vervoer. Jonathan Liebenberg van die Give Hope & Smile Organisasie het gehelp om die saal te kry, die kinders van Ghost Town vir die program te werf en donasies en etes vir die kinders te reël. Joseph het die plaaslike Departemente betrokke gekry en sprekers vir die program gereël. Talle organisasies, soos die plaaslike Lions Klub, Spar, Midway, Pioneer Food en Ceres Juice, het ingespring om kos aan die kinders te verskaf. Die Drakenstein Munisipaliteit se verkeersafdeling, IDP, brandweer en herwinning het ook tot die program bygedra. Kaptein Karen Prins van die plaaslike SAPS het oor kindermolestering gepraat en Quinton Angel van Breaking Barriers het die kinders oor die gevare van dwelmmisbruik ingelig. Die Working on Fire span het die praatjie oor brandgevaar behartig en Peter Titus van GCIS het ook tot die program bygedra. Edie Karelse het die kinders laat hip-hop doen. “Dit was regtig wonderlik om te sien hoe die mense en instansies van ons gemeenskap saamgestaan het om hierdie program ‘n werklikheid te maak en in ons gemeenskap se jeug te belê. Die kinders het dit baie geniet en hulle het met entoesiasme deelgeneem. Ons beplan om dit in 2019 na ander dele van Wellington en die Drakenstein uit te brei,” het Joseph laat hoor.
NUUS • NEWS
16 Januarie 2019
Tweelinge: Laerskool Hugo Rust spog vanjaar met 16 stelle tweelinge. Hierdie groep leerders het saam met hul tweeling geglimlag vir 'n foto.
Eerste dag by Hugo Rust
5
6
16 Januarie 2019
NUUS • NEWS
Klopse lui 2019 op Wellington met kleur en klank in Die plaaslike Klopse het op Dinsdag 1 Januarie hul jarelange tradisie voortgesit toe hul tydens hul gebruiklike jaarlikse optog Wellington se strate in ‘n karnaval-atmosfeer gehul het. Die aansteeklike ghoema-klanke, helder kostuums, vermaaklike danspassies en vernuftige orkesspel het dorpenaars se harte warm laat klop en die hartklop van hierdie tradisie laat herleef. Wellington is die enigste dorp buite die Kaapse Metropool met ‘n Klopsekultuur wat al vir meer as 100 jaar deur die gemeenskap in stand gehou word. Die gebruiklike Nuwejaarsvieringe van die Klopse het sy ontstaan in die Kaap se vroeë geskiedenis toe die Nederlanders in die 19de eeu groot fees gevier het op Nuwejaar. Hul slawe sou dan een dag, op 2 Januarie, afkry waartydens hul toegelaat is om op hul eie manier fees te vier. Slawerny is uiteindelik op 1 Januarie 1834 in die Kaap afgeskaf, wat natuurlik nóg meer feestelike waarde aan die Klopse-viering besorg het. Verskeie plaaslike Klopse-groepe en orkeste het dorpenaars met hul tradisionele liedjies vermaak terwyl hul na Boland Stadion en Pelikaan Park gestap het vir die eerste been van hul jaarlikse kompetisie. Van Oujaarsaand-moegheid was daar geen teken nie. Daar is twee verskillende Klopse Unies in die dorp en elkeen se kompetisie bestaan uit drie bene. Die eerste been, wat op 1 Januarie plaasgevind het, word deur nóg twee kompetisies, waarvan die tweede een op 19 Januarie sal plaasvind en die laaste een op 2 Februarie die finaal sal wees, opgevolg. Die een Unie het hierdie jaar op Boland Stadion meegeding. Die ander unie, wat uit 12 groepe bestaan, het hul staal op Pelikaan Park gewys. Elke Klopse-groep moet aan verskeie items deelneem. Tydens die eerste rondte, wat op 1 Januarie plaasgevind het, is die afdelings vir beste uitrustings, beste vertoonbord, beste orkes, junior solo en junior moppie beoordeel. By die tweede
rondte, wat op 19 Januarie plaasvind, sal die groepe in die afdelings vir die beste senior solo, junior duet, groepsang, senior duet en junior trom-majoor meeding. Tydens die laaste rondte, wat op 2 Februarie plaasvind, word die groepe in die afdelings vir “combine”, senior trom-majoor en senior moppie beoordeel. Talle ondersteuners, nuuskieriges en dorpenaars het op Nuwejaarsdag opgedaag om hierdie daglange skouspel gade te slaan. Die helder, netjiese uitrustings, kleurvolle bykomstighede, foutlose samespel, goed uitgewerkte danspassies en aansteeklike energie van al die orkeste en groepe het van maande se deeglike voorbereiding en ure se oefening getuig. Die beoordelaars wat by Pelikaan Park se kompetisie opgetree het was Dylan Tabisher, ‘n musikant met ‘n meestersgraad in musiek, en Matthew Meas, ‘n musikant met ‘n PhD in meganiese ingenieurswese. Beide die beoordelaars het jare se ondervinding in die beoordeling van Klopse. Alhoewel hul altwee van die Kaap kom, het die oorgawe, presisie en deeglike voorbereiding van die plaaslike Klopse-groepe hulle geweldig beïndruk. “Dit is ongelooflik hoe Wellington, wat nie binne die Kaapse metropool val nie, hierdie wonderlike tradisie omarm en lewendig hou. Ons is verras en oorweldig oor die liefde wat ons vir hierdie erfenis onder Wellington se mense kan voel. Ons is geweldig beïndruk met die Wellingtonners se goeie en deeglike beplanning, strukture, voorbereiding en die goeie gees en opgewondendheid waarin dit gedoen word,” het die beoordelaars laat hoor. Ondersteuners en deelnemers het tot laataand aan die feestelikhede op Boland Stadion en Pelikaan Park deelgeneem, terwyl die hartklop-klanke van die Klopse teen die berge weergalm het. Dit is ‘n bewys dat hierdie tradisie, wat in 2019 steeds voortleef, veel meer as ‘n blote vertoning of makietie is – dit is ‘n integrale deel van die geskiedenis en erfenis van ons dorp, streek en land.
Bo: Kleurvolle uitrustings, baie energie en hartklop-klanke het Wellington se strate gevul tydens die Nuwejaars-Klopse-optog na Boland Stadion. Hier is die Superstars Klopsegroep in aksie. Onder: Oud en jonk was deel van die Salberua Entertainers.
NUUS • NEWS
16 Januarie 2019
Herlewingsprojek vir Minister Wellington-middedorp besoek Drakenstein •Jaomi Zeeman Die Drakenstein Munisipaliteit het aan die einde van 2018 ‘n spesiale inisiatief vir ‘n herlewingsprojek vir die sentrale sakegebiede van Wellington en die Paarl afgekondig. Die Munisipaliteit het vir hierdie doel die Western Cape Economic Development Partnership (EDP) aangestel om die betrokkenheid van belanghebbende partye te lei en aanbevelings aan die Munisipaliteit te maak. Hierdie inisiatief is in lyn met die Drakenstein Munisipaliteit se Visie 2032, wat die implementering van Wellington se stedelike ontwerpsraamwerk as ‘n sleutel-prioriteit identifiseer. Beraadslaging met belanghebbende rolspelers is belangrik om die insette van inwoners en organisasies wat in Wellington leef, werk en elke dag in die dorp beweeg in ag te neem. Volgens die Drakenstein Munisipaliteit heg hul hoë waarde daaraan om na die bekommernisse en moontlike geleenthede wat deur inwoners geïdentifiseer word, te luister. Gedurende die laaste paar weke het die EDP-span, met die hulp en ondersteuning van die Drakenstein Munisipaliteit, vergaderings met 19 organisasies of groepe en 45 persone in hierdie verband gehou. Die span het tyd gemaak om met rolspelers by hul werksplekke en by koffiewinkels te vergader, sowel as om deur die strate te loop en met mense te praat. Die span het met ‘n wye verskeidenheid groepe, insluitende besigheidseienaars en eienaars van eiendom, straatsmouse, informele handelaars, studenteverteenwoordigers en ander inwoners vergader. Die span het ook met organisasies soos die CPUT, Breytenbach Sentrum, Vriende van die Wellington Museum, die Verfraaiings- en Erfeniskomitees, die Wellington Veiligheidsinisia-
tief, die plaaslike Drakenstein Toerisme Vereniging en andere beraadslaag. In Desember 2018 het ‘n munisipale afvaardiging, onder leiding van dr. Johan Leibbrandt, Stadsbestuurder van die Drakenstein Munisipaliteit, met die raadslede van die Breytenbach Sentrum vergader om die Sentrum se uibreidingsplanne te bespreek en ‘n pad van hernude vennootskap vir die toekoms te bespreek. Die herlewingsprojek vir Wellington se middedorp is positief ontvang en die Sentrum se bestuur het hul toewyding tot die implementering van die voorgestelde projek vir die geoormerkte area beloof. Die Drakenstein Munisipaliteit is boonop ook besig met ‘n inisiatief om sommige van sy kernfunksies te skuif sodat dit in Wellington gebaseer sal wees. Die EDP-span wil alle rolspelers in Wellington wat tyd gemaak het om vergaderings rondom hierdie belangrike projek by te woon, bedank. Die proses vorentoe sien as volg daaruit: Die prioritisering van projekte na direkte konsultasie met belanghebbende rolspelers; Voorbereiding van projekte en begrotings wat deur die Drakenstein Munisipaliteit befonds sal word; en Die implementering van projekte in vennootskap met plaaslike rolspelers. In 2019 sal die span hul aandag aan die implementering van die projekte in Wellington wy en met ‘n soortgelyke proses om formeel met rolspelers in die Paarl te vergader, afskop. Volgens die Drakenstein Munisipaliteit bly die uitnodiging om deel van hierdie inisiatief te wees oop en enige partye of persone wat hierby betrokke wil raak, kan Jodi Allemeier by jodi@wcedp.co.za vir meer inligting kontak.
7
Die Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid en ook die premierskandidaat van die DA, Alan Winde, het die Drakenstein op Saterdag 12 Januarie besoek. Tydens hierdie besoek het hy inwoners van die Drakenstein Munisipaliteit aangemoedig om aan die 2019 Verkiesing deel te neem en hulself as kiesers te registreer. Tydens sy besoek het hy sy visie om veiliger gemeenskappe te bou, sowel as die voortbouing op die diensverskaffing-suksesse in die Wes-Kaap gedeel. Winde het alle kiesers aangemoedig om te stem en hul registrasie-status op 26 en 27 Januarie na te gaan. Die Wes-Kaapse Provinsiale leier, Bonginkosi Madikizela, die voorsitter van die Westelike Streek, Erik Marais, sowel as publieke verteenwoordigers en aktiviste het Winde tydens sy besoek aan die Drakenstein vergesel.
“Ons het regtig ‘n goeie opkoms gehad vandag. Baie mense het uitgekom en die boodskap was duidelik: ons moet registreer. "Daardie kans is die 26ste en 27ste en ons moet seker maak dat almal wat nog nie op die kieserslys is nie, daar kom. Mense wat na die Wes-Kaap gekom het vir die geleenthede en goeie regering, moet sorg dat hul op daardie kieserslys is,” het Winde gesê.
‘n Plaaslike raadslid van die Drakenstein Munisipaliteit, Christephine Kearns, het op Saterdag 5 Januarie skoolklere aan plaaslike kinders in haar wyk, Wyk 10, uitgedeel. Met hierdie inisiatief wou sy verseker dat die kinders in haar area slaggereed is vir 2019 se skooljaar. Daar is beplan om altesaam 100 kinders by hierdie inisiatief te laat baat. Talle leerders en ouers kon met verligting na die nuwe skooljaar uitsien nadat hulle hierdie welkome skenking ontvang het. Die nood in die gemeenskap veroorsaak dat talle leerders sonder
die nodige skoolklere die nuwe skooljaar moes aandurf. In Wyk 10 het Christephine met hierdie inisiatief seker gemaak dat die meeste kinders wél hul skooljaar met die regte klere kan afskop. Nadat al die klere uitgedeel is, moes sy vinnig ‘n plan maak om nóg klere beskikbaar te stel vir kinders waar die nood groot is. “Ek was tot laataand besig met die uitdeel van klere. Daar het nog mammas kom vra en ‘n mens wil nie mense in nood wegwys nie. Ons het altesaam R20 000 vir die inisiatief uitgesit,” het sy gesê.
Plaaslike regering skenk skoolklere
8
courant
NUUS • NEWS
dié
16 Januarie 2019
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
16 Januarie 2019
•DIE SEE IS BAIE MEER UITDAGEND - JONG HUGENOTE-ROEIER
Bartho roer spane op see •Jaomi Zeeman Die roeier Bartho Visser, ‘n leerder aan Hugenote Hoërskool en die eerste junior in die geskiedenis van die Bergrivier-kanomarathon om ooit op die podium te verskyn, het die afgelope vakansie aan ‘n uithou-wedvaart ter see deelgeneem. Hierdie wedvaart, wat van Port Elizabeth tot Oos-Londen plaasgevind het, het oor vier dae gestrek. Vir Bartho, wat ‘n ervare roeier is en al aan talle wedvaarte deelgeneem en tientalle medaljes ingeoes het, was hierdie wedvaart ‘n besondere ervaring en uitdaging. Hy het saam met ‘n ouer en meer ervare spanmaat, Daantjie Malan, deelgeneem. Volgens Bartho het hy dit as ‘n geleentheid gesien om meer te leer oor hoe om op die see te roei. Vir hierdie uitmergelende wedvaart moes roeiers reeds soggens om 04:00 gereed wees om weg te spring. Die organiseerders het, na gelang van die weerstoestande en veiligheidsoorwegings besluite ten opsigte van die roete, wegspringtyd en verloop van die wedvaart geneem. Om die veiligheid van elke deelnemer te verseker, moes elkeen ‘n spesiale toep op hul selfone aflaai waarmee hul vordering gedurende die vaart gemonitor kon word. Geliefdes kon ook die deelnemers gedurende die wedvaart op
die internet volg en daar was oral NSRI-bote langs die roete om die veiligheid van deelnemers te waarborg. “Die see is baie meer uitdagend en ander tegnieke word gebruik. Die roete verander ook afhangend van die wind en weersomstandighede. Op die tweede dag het ons byvoorbeeld van die einde van die roete na die begin geroei, omdat die wind heeltemal anders gewaai het,” vertel hy oor hierdie uitdagende ervaring. Hierdie uitdagende wedvaart word slegs elke twee jaar aangebied en daar het hierdie jaar slegs 2 junior-roeiers, waarvan Bartho een was, deelgeneem. Ten spyte van die ongelooflike moeilike roete wat hy volgens die wedvaart moes volg, was daar volgens Bartho talle hoogtepunte langs die pad. “Die mooi van die roete is die dolfyne wat saam met ‘n mens swem terwyl jy roei en die seelewe wat jy langs die boot sien. Vir baie lank sien jy egter nie land nie en net water. Jy kan ook nie die ander roeiers die heeltyd sien nie, so jy roei baie op jou eie,” vertel hy. Daar is baie roeiers wat nie die wedvaart voltooi nie, so die feit dat Bartho, as junior en eerste-keer-deelnemer die wedvaart suksesvol en met ‘n heel boot voltooi het, is ‘n besondere prestasie. “Dit was vir my meer ‘n avontuur as ‘n resies en regtig ‘n uitdagende, maar wonderlike ervaring,” sê Bartho.
‘n Jaar van fiksword vir ouer persone beplan Ouer persone kan hierdie jaar na heerlike weeklikse oefensessies in Wellington uitsien. Hierdie program, onder leiding van Janet Myburgh, vorm deel van die ACVV Dienssentrum se aktiwiteite wat vir ouer persone aangebied word. Janet was tot die einde van 2018 die bestuurder van die Dienssentrum en gaan hierdie jaar as oefeninstruktrise nog steeds haar gewig agter die sentrum se bedrywighede ingooi. Die eerste oefensessie vir die jaar het op Maandag 7 Januarie in die Gemoedsrussaal oorkant die verkeersdepartement afgeskop. Talle ouer persone het vir hierdie eerste sessie opgedaag om die jaar op ‘n gesonde manier te begin. Die oefenklasse sal elke Maandag en Woensdagoggend om 08:30 in die saal plaasvind. Tydens die tweede sessie op Woensdag 9 Januarie het die bywoningsgetalle reeds gestyg soos wat mense mekaar
van hierdie heerlike klasse vertel het. Die oefeninge is spesiaal vir ouer persone en geen gevaarlike bewegings wat onnodige druk op sensitiewe areas plaas, word tydens die sessies gedoen nie. “Die oefeninge is juis so saamgestel dat dit ‘n ouer liggaam sal versterk en tot algemene fiksheid en gesondheid sal bydra,” het Janet gesê. Die sessies bestaan uit verskillende tipes oefeninge wat strekoefeninge en kardiovaskulêre oefeninge insluit. Dit word met ritmiese bewegings en bewegings wat koördinasie bevorder, aangevul. Enigeen bo 60 jaar is welkom om die oefensessies by te woon. Lede van die Dienssentrum kan die sessies gratis bywoon. Vir nie-lede is die koste R50 per maand. Belangstellendes kan Janet by 082 850 1197 kontak.