502 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

23 Januarie 2019

79.5%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 502

23 Januarie 2019

•VERTEL VAN LIEF EN LEED IN 'SMILE A WHILE'

Humor dra Muller •Charlotte Lesch Anita Muller van Malmesbury mag dalk grens aan 80, maar om haar te beskryf as ‘n verswakte bejaarde, is nog nie deel van haar woordeskat nie. Muller wat binnekort 79 jaar oud word, het onlangs besluit om saam met dolfyne in Sodwana te gaan swem, om skaak te leer speel en sy is reeds besig om aan haar vierde boek te werk. Sy is nog besig om aan ander uitdagings te dink wat sy graag op haar sogenaamde “bucket list” wil plaas, want daar is nog baie skop in haar. Muller het nou nie dolfyne gekry met haar besoek aan Sodwana Augustus verlede jaar nie, maar wel haaie, walvisse en seeskilpaaie. Sy het ook nog nie moed opgegee om haar droom te verwesenlik nie. Die ma van twee, ouma van een en oumagrootjie van twee dogters het ook geleer om skaak te speel wat sy nou gereeld op die rekenaar doen. Sy is egter van mening dat die rekenaar nie al dag so regverdig is nie. Dit is ook eersdaags die bekendstelling van haar eerste boek, Smile a While, wat verlede jaar gepubliseer is. Muller het deur die jare baie goeie tye, maar ook talle uitdagende tye ervaar, waarvan haar seun David se dood weens leukemie 35 jaar gelede haar die hardste getref het. “Dit voel soos gister,” vertel sy. Muller het egter die gawe gekry om dié swaar tye in 'n glimlag te omskep. Sy het nog altyd ‘n goeie humorsin gehad én die humor raakgesien sou die geleentheid hom voordoen. Volgens haar moet ‘n mens soms die humor in hartseer situasies sien . “Jy moet humor in jou lewe hê. As jy iets snaaks vind, lag daaroor,” is haar raad aan ander. Daar is baie vaardighede wat Muller oor die jare bekom het, soos kleremaker, skilder en vele meer. Sy was ook haar lewe lank ‘n persoonlike assistent. Om ‘n boek te skryf, was nog nie op die tafel nie tot ‘n vriendin haar aangemoedig en oortuig het om haar lewenservaringe en sê-goed wat ‘n mens bybly op skrif vas te lê. Sy het net so oor ‘n maand aan dié boek geskryf met die doel om ander wat deur moeilike tye gaan, te inspireer. Muller mis haar oorlede seun en haar man, Cornelius wat sowat 18 maande gelede gesterf het, asook haar oudste seun, sy gesin en agterkleinkinders wat almal oorsee bly. Sy sien egter uit daarna om minstens elke twee jaar vir hulle te gaan kuier. Hoewel hulle nie naby is nie, is daar nie tyd vir stilsit nie. Sy ry graag rond met haar motor of haar

Kyk waar jy trap!

By die Swartland Fotografieklub se maandbyeenkoms vir Januarie het die fokus geval op straatfotografie. Herman Olivier het die wenfoto Mind if I step on you Sir in dié kategorie geneem. Sien ander wenners op bladsy 4. mobiele bromponie wat ‘n veiliger opsie is as om te stap, vertel sy. Sy kan ook nie sonder haar skootrekenaar en selfoon nie. Sy beskryf haar helper, Sandra, as haar steunpilaar wat sorg dat sy nooit alleen is nie. Volgens haar is Malmesbury ‘n wonderlike plek. Sy sal nêrens anders wil woon nie ná sy en haar man sowat 25 jaar gelede permanent op die dorp kom woon het. Muller het aanvanklik op die ouderdom van 17 vir die eerste keer met haar man Malmesbury toe getrek vóór hy ‘n pos in die suidelike voorstede aanvaar het. As Engelssprekende beskryf sy Malmesbury

as haar hartsplek met hartsmense wat altyd gereed staan om haar te help. “Ek het al so baie geval, maar daar is altyd iemand om my op te help,” vertel sy. Haar redakteur, Vanessa Finaughty se raad aan lesers, is om die boek te lees en ‘n bietjie te lag vir Muller se lewenservaringe, humorsin en sê-goed. Smile A While word amptelik op 8 Februarie by Bill&Co op Malmesbury bekendgestel. Indien belangstellendes die geleentheid wil bywoon, kan besprekings teen die 1ste Februarie by 074 101 5831 gemaak word. Die geleentheid wat met kaas en wyn gevier word, is R50 per persoon.

NUUS • NEWS


2

23 Januarie 2019

NUUS • NEWS

Riebeek Cellars ondergaan gedaanteverwisseling

Bo: Gaste en personeel van Riebeek Valley Wine Co. het die afgelope Vrydagaand gedurende die bekendstelling van die wynkelder se nuwe naam en voorkoms die geleentheid saam gevier. Van links staan André Engelbrecht, uitvoerende hoof, Pieter en Annalene du Toit van Kloovenburg en Eric Saayman, senior wynmaker by die kelder. Links: Alta Saayman, nasionale verkoopsbestuurder by Riebeek Valley Wine Co. het die afgelope Vrydagaand gaste verwelkom en laat tuis voel met 'n glas vonkelwyn. "Of ons nou hier gebore is of pas hier aangekom het, is daar een ding wat ons bymekaar bring ons liefde vir die Riebeek Vallei. Ons kyk na die land en pluk die vrugte daarvan deur die beste van die Swartland met vriende reg oor die wêreld te deel. Ons is die Riebeek Valley Wine Co." Met dié woorde is gaste gedurende ‘n gesellige geleentheid by die kelder in Kloofstraat op Riebeek-Kasteel verwelkom toe die nuwe naam én voorkoms van die voormalige Riebeek Kelder bekendgestel is. Die wynkelder is gedurende Augustus 1941, met die Tweede Wêreldoorlog in die agtergrond deur nege boere vanuit die vallei gestig. Die wynkelder het oor die afgelope byna 78 jaar verskeie veranderinge ondergaan wat aanvanklik bekend gestaan het as die Riebeek Wynboere Koöporatiewe Maatskappy Beperk. Die wynkelder wat sedert 1988 as die Riebeek Wynkelder Koöperasie Beperk bekend gestaan het, se hoof wynmaker en produksiebestuurder, Alecia Boshoff het beklemtoon dat hoewel hulle steeds dieselfde mense is, dieselfde gebou en perseel huisves en dieselfde produkte maak, is verandering goed én ‘n verbetering. Sy het ‘n Japannese filosofie, die Kaizen-filo-

sofie aangehaal wat neerkom op konstante en volgehoue verbetering wat stap vir stap en bietjie vir bietjie uitgevoer word om uiteindelik wonderlike dinge te bereik. “Julle sal binnekort die nuwe Riebeek Valley Wine Company ervaar.” Sy het die Suid-Afrikaanse en plaaslike wynbedryf in die Swartland, as uniek en besonders beskryf juis oor die elemente soos onder meer die weersomstandighede en die ekonomie wat produsente en wynmakers in die gesig staar. “Met individuele Swartlandse produsente reg oor die Riebeek Vallei en wynkenners, is die Riebeek Valley Wine Company ideaal geposisioneer om groei in die wynindustrie te dryf.” Die nuwe maatskappy wat hulself beskryf as ‘n vooraanstaande Boetiek Wyndienste Maatskappy, gaan voortaan fokus op drie waardestelsels naamlik wyn van oorsprong, asook die gebruik van kollektiewe kennis en ervaring van produsente, wynmakers, wingerboukundiges, personeel en kliënte. “Ons gee julle ook die versekering dat ons omgee en respek het vir alle faktore wat ‘n rol speel in die produk en diens wat ons skep, of dit nou die omgewing, mense, kliënte of gemeenskap en die groter wynindustrie is.”

WKDM-burgemeester vereer matrieks

Bo: Uitvoerende Burgemeester van WKDM, Raadsheer Harold Cleophas, saam met die beste matrikulante van die Weskusstreek. “Julle het nie net julle ouers en skool trots gemaak nie, maar met julle uitstaande akademiese prestasies het julle die hele Weskus trots gemaak”. Dit was die woorde van die Uitvoerende Burgemeester van Weskus Distriksmunisipaliteit, Raadsheer Harold Cleophas, tydens ‘n seremonie om die beste matrikulante in die Weskusstreek te vereer. Sedert sy inhuldiging as burgemeester het raadsheer Cleophas ‘n tema van “Restoring the Social Fabric in Communities” nagestreef met die fokus om geleenthede te skep en erkenning te gee aan die persone wie ‘n bydrae lewer om die samelewing te verbeter. Carla van der Spuy, direkteur by Eerste Nasio-

nale Bank, wat die hoofborg van die aangeleentheid was, het ook die leerders aangemoedig om die geleenthede wat hul in die lewe kry optimaal te benut. “Dis vir FNB ‘n groot voorreg om betrokke te wees by ‘n geleentheid waar ons jong mense vereer. Alhoewel daar uitdagings was het julle alles in die stryd gewerp om vandag hier te wees. Welgedaan aan almal van julle” het Carla gesê. Die leerders het elkeen ‘n geskenkpak wat ‘n slimfoon insluit van FNB ontvang. Weskus Distriksmunisipaliteit het alternatiewe opsies vir leerders wat nie verdere studies kan bekostig nie beskikbaar gestel. Besighede wat internskappe of beurse vir leerders aanbied word aangemoedig om die munisipaliteit te kontak by 022 433 8452 of info@wcdm.co.za.


NUUS • NEWS

3

23 Januarie 2019

Fotografieklub

By die Swartland Fotografieklub se maandbyeenkoms vir Januarie het die fokus geval op straatfotografie. Herman Olivier het die wenfoto Mind if I step on you Sir in dié kategorie geneem. Die beste foto in die junior afdeling en ook die algehele wenner van die aand was Noeline Stofberg se Behind the Scene. Olivier het ook die wenfoto Door No One in die afdeling vir gedukte foto's geneem terwyl Johan Viljoen se Op die Beach die senior afdeling gewen het. Die klub vergader elke tweede Donderdag van die maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland Noord op Malmesbury. Vir enige navrae skakel die voorsitter, Herman Olivier, by 082 696 3755.

Bek-en-klouseer se impak gevoel Die bek-en-klouseer uitbreking kom in ‘n tydperk waar die bedryf onder ’n landswye droogte gebuk gaan. Voer- en mieliepryse het die hoogte ingeskiet en die koopkrag van die verbruiker is onder druk, sê die Nasionale Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) in ‘n nuusvrystelling wat onlangs uitgereik is. Al dié faktore plaas baie druk op die kontantvloei en finansiële oorlewing van produsente. Alles verteenwoordig ‘n uitdaging vir die missie van die RPO wat daarop geskoei is om vir die produsent ‘n mededingende en volhoubare rooivleisbedryf te fasiliteer. Die verlies van Suid-Afrika se bek-en-klouseer vrye sone status is slegs as gevolg van twee diere wat positief vir bek-en-klouseer in die vrye sone getoets het. Die diere is net buite die beheerde gebied in die noordelike gedeelte van Limpopo gevind. Effektief het die twee betrokke diere Suid-Afrika se bek-en-klouseer vrye sone status tot ‘n einde gebring en daar is geen aanduiding dat die siekte in die res van die land voorkom nie. Die beheer van bek-en-klouseer is krities tussen lande wat produsente van lewendehawe is. Bek-en-klouseer is uitsluitlik ‘n dieresiekte en het geen impak op menslike gesondheid nie. ‘n Inligtingsdag vind eersdaags in Louis Trichardt onder die vaandel van die provinsiale Dieregesondheidsforum plaas, om die bek-en-klouseer situasie toe te lig. Die einddoel is die herstel van Suid-Afrika se uitvoerstatus. Indien die bekampingsproses suksesvol is kan Suid Afrika sy bek-en-klouseer vrye sone status binne ‘n jaar herwin. ‘n Voorvereiste vir sukses, so spoedig as moontlik, is die dringende implementering van die land se nasionale naspeurbaarheidstelsel. Daar is die afgelope jaar (Januarie tot Desember 2018) 29 180 ton beesvleis uitgevoer, wat 4.02% van die plaaslike produksie is. Die markwaarde van die uitvoere beloop R1

790 918 024-73. Gedurende dieselfde tydperk is 701.2 ton skaapvleis met ‘n markwaarde van R43 164 652-36 uitgevoer, wat 0.69% van die plaaslike produksie is. Altesaam 16 474 815 skaapvelle ter waarde van R594 182 260-36 en 8 552 648 kg huide ter waarde van R102 445 668 is uitgevoer Alles dui daarop dat die meeste van Suid-Afrika se handelsvennote geen verdere vleisuitvoere vanaf Suid-Afrika sal aanvaar nie. Dienooreenkomstig moet ons aanvaar dat die beraamde 4.02% bees- en 0.69% skaapvleis wat vir uitvoere bestem was deur die plaaslike mark opgeneem gaan word. Dit mag tot gevolg hê dat verbruikerspryse sywaarts en selfs afwaarts beweeg. Dié scenario hou uiteraard katastrofiese

gevolge vir produsente in wat reeds onder finansiële druk is. Die RPO is vol vertroue dat die uitvoere van huide en velle spoedig deur middel van bilaterale gesprekke met ons handelsvennote hervat kan word. Rooivleisuitvoere en uitvoere van genetiese materiaal word egter in ‘n groter mate deur die verlies van die bek-en-klouseer vrye sone status geraak. Daarom is dit noodsaaklik dat alles moontlik gedoen word om Suid-Afrika se bek-en-klouseer vrye sone status te herwin. Die nasionale RPO is optimisties oor die samewerking tussen die nasionale en provinsiale departemente van landbou met die bedryfsorganisasies soos die nasionale Dieregesondheidsforum, waarvan die RPO deel is.


4

23 Januarie 2019

Better

NUUS • NEWS

Beginnings:

Die splinternuwe Better Beginnings College op Malmesbury het Donderdag hul eerste bestaansjaar gevier. Dié skool gaan van krag tot krag en het verdriedubbel in die hoeveelheid ingeskrewe leerders. Regs is die groep in ligte luim tydens die feesvieringe. Die skool staan onder leiding van Elize Weyers (regs agter).

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITIES FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

TRANSPORT AND PUBLIC WORKS

ROAD WORKER (4 POSTS AVAILABLE)

Suiwelprodusente kan nou vir SA-kampioenskappe inskryf

Reference number: TPW 2018-314 Component: Malmesbury, Piketberg and Vanrhynsdorp Salary: R96 549 per annum (Salary Level 2) Enquiries: Mr E Fredericks at 078 440 8075 Job purpose: The Department of Transport and Public Works, Western Cape Government seeks to employ individuals to support road specialists in the maintenance and building of roads. The successful incumbent must possess the following personal attributes: Selfmotivation and reliable, be helpful and practical. These posts are stationed in Malmesbury, Piketberg and Vanrhynsdorp. Please clearly state your area of preference and complete a separate application for each station. Requirements: Basic literacy and numeracy (ABET Level 2). Recommendation: 1 year’s experience in road maintenance. Key performance areas: Support road specialists in the maintenance and building of roads • Perform manual labour • Undertake general duties to support road specialists with respect to maintenance, repair, building and cleaning of roads which may include maintenance or improvement road surfaces, road reserves, road signs and road markings, waterways and structures as well as related activities. Competencies: Working knowledge and experience in building, maintenance and reparation of roads • Ability to work under pressure and meet deadlines • Reliable • Ability to work in a team • Basic communication skills. NB: Candidates will be required to complete a practical exercise as part of the interview process as well as a medical fitness test as prescribed by the Construction Regulations as contained in the OHS Act 85/1993. Applicants from relevant local communities will receive preference. The selection process will be guided by the EE targets of the employing department. To apply: Please complete an application form (Z 83) and current CV (5 pages maximum) together with certified copies of ID, Academic qualifications and proof of other requirements as indicated in the advertisement. The post being applied for and the reference number must be clearly indicated on the Z83 application form. Hand delivery is only available during office hours Monday to Friday from 08:00 am to 17:00 pm. If you want to hand deliver the application, please use the following address: Affirmative Portfolios, Unit 14, 1st Floor, 3 Canal Edge, Tyger Waterfront, Carl Cronje Drive, Bellville 7530 or you may post it to the following postal address: PO 5496, Tyger Valley Centre Parking Area, Bellville 7536. OR you may also submit your completed Z83 and CV to the following e-mail address: adresponsecpt@affirm.co.za Applications not submitted on or before the closing date will not be considered.

The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated. Closing date: 4 February 2019 www.ayandambanga.co.za

135696 wwww.thecandocompany.co.za

Die Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe word al sedert 1834 deur Kaap die Goeie Hoop Landbougenootskap, nou die Agri-Expo, aangebied. Plaaslike suiwelprodusente kan nou vir 2019 se mees gesogte en oudste suiwelgebeurtenis in die land inskryf. Volgens Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, is die uitsluitlike doel van die kampioenskappe om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder. “Die SA Suiwelkampioenskappe is die enigste kompetisie wat alle suiwelprodukte in Suid-Afrika betrek en het die maatstaf geword waarvolgens produsente hulself teen mekaar meet. Die Qualité-merk word deur die bedryf erken as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika,” sê Ehlers. Enige suiwelprodusent wie se produkte in die handel beskikbaar is, kan inskryf. In 2018 is 945 produkte ingeskryf deur 83 suiwelvervaardigers waarvan 15 vir die eerste keer deelgeneem het. Die kampioenskappe bestaan uit meer as 100 klasse vir kaas, joghurt, melk, room, roomys,

botter en ander produkte. Agri-Expo is voortdurend in gesprek met die bedryf om regulasies in samewerking met rolspelers aan te pas. Die wenners in die onderskeie klasse word tydens die Qualité-dinee as SA Kampioene bekroon. Produkte van besonderse hoë kwaliteit ontvang die Qualité-merk van gehalte. Ná die eerste rondte beoordeling deur meer as 70 beoordelaars wys ‘n paneel van vyf kundiges die Produk van die Jaar aan. Hierdie logo’s word op kwalifiserende produkte in die kleinhandel geplaas om te verseker dat verbruikers die beste suiwelprodukte wat ons land bied, kan geniet. Inskrywings vir die 2019-kampioenskappe het op 7 Januarie 2019 op die webwerf www. cheesesa.co.za geopen. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 7 Februarie 2019. Die beoordeling vind op 28 Februarie 2019 plaas en die Qualité-dinee op 29 Maart 2019. Belangstellendes kan www.cheesesa.co.za besoek of Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za vir meer inligting kontak.


NUUS • NEWS Die 2019 Suid-Afrikaanse wyndruifoes sal na verwagting slegs ietwat groter as verlede jaar se klein oes wees vanweë die feit dat wingerde steeds van ʼn drie jaar lange droogte herstel, swak weer gedurende korrelset in Oktober en ʼn voortgesette krimpende wingerdstand. Dit volgens die tweede wyndruifoesskatting deur wingerdboukundiges en produsentekelders wat in Januarie deur die bedryfsliggaam SA Wynbedryf Inligting & -Stelsels (SAWIS) uitgereik is. Die 2018 oes het 1 238 000 ton beloop, 14% kleiner as die vorige jaar, hoofsaaklik vanweë die droogte. “Een van die hoofredes vir die kleiner oes in 2019 is swak set van wyndruiftrosse wat regdeur die Wes-Kaap waargeneem word, weens koue, nat toestande en wind in Oktober verlede jaar,” sê Francois Viljoen, Vinpro Konsultasiediensbestuurder. "Wingerde het ook nie regoor alle streke ewe goed gegroei nie, weens die ernstige droogte wat in die vorige seisoen ervaar is. Die gehalte van die 2019-oes sal van die weer oor die volgende paar weke afhang, wat op hierdie stadium belowend daaruit sien, met koeler toestande. Gemiddelde tot kleiner produksies word verwag, maar die druiwe is oor die algemeen gesond danksy losser trosse wat die risiko vir vrot verlaag. “Die 2017/18 seisoen het eens en vir altyd ons verwysingsraamwerk rondom ons waterbronne en algemene denkwyse oor water verander.” sê Francois. “Totale jaarlikse uitkappings oorskry steeds wat ons jaarliks aanplant – ʼn tendens sedert 2007 – en ons verloor steeds ʼn wesenlike aantal hektare per jaar aan ander meer winsgewende gewasse soos sitrus, pruime, appels en bloubessies,” sê Francois. Aanplantings het egter in 2018 weer begin toeneem. Tendense per streek: Noord-Kaap: Wingerde sien goed daaruit, met geen waterbeperkings of noemenswaardige rypskade nie. Daar was egter ook nie wesenlike aanplantings in die afgelope paar jaar nie. ʼn Effens groter oes word vanjaar verwag. Olifantsrivier:

23 Januarie 2019

SA se wyndruifoes effens groter Die streek sal nog ʼn wesenlike effek van die droogte ervaar, maar die watersituasie sien beter daaruit en gesonde toestande beloof ʼn beter oes vanjaar.

Swartland: Die nagevolge van die droogte sal hier steeds ervaar word. Heelwat wingerde is uitgekap en die streek het swak korrelset gerealiseer, maar beter waterbeskikbaarheid sal waarskynlik tot ʼn groter oes as in 2018 aanleiding gee. Paarl:

Die waterbeskikbaarheid in die Bergrivierbesproeiingsgebied sien heelwat beter daaruit, wat ʼn groter oes moontlik kan maak.

volge van die droogte en swak korrelset word ʼn soortgelyke opbrengs as verlede jaar op hierdie stadium verwag.

Stellenbosch: ʼn Kleiner oes word verwag, vanweë ʼn krimpende wingerdstand, die nagevolge van die droogte en onegalige korrelset.

Worcester: Die streek se watervoorsiening was beter en rypskade beperk. ʼn Aantal nuwe jong wingerde sal vanjaar begin pars word en dit, tesame met gesonde toestande sal na verwagting ʼn beter oes oplewer. Die amptelike Wynoesverslag word in Mei 2019 uitgereik, wanneer die finale oessyfers bekend gemaak sal word.

Robertson: Alhoewel die streek se wingerdaanplantings goed was, is daar steeds plase wat probleme met watertoegang ondervind en met die nage-

17de Ekspo beloof meer as ooit

Die organiseerders van die 17de kykNET Buite-Ekspo wat oor drie weke weer op Môreson buite Malmesbury aangebied word, meen vanjaar kan die besoekertalle nog groter wees as voorheen. Marius Opperman van Trio Events sê hy is vol hoop dat met die ekspo se groei in gewildheid en die nuwe toevoegings vanjaar, die geleentheid vanjaar meer as 20 000 besoekers kan ontvang. Die ekspo vind van 15 tot 17 Februarie plaas en Opperman sê daar is verskeie faktore wat bydra tot die gewildheid van die geleentheid. Een daarvan is die prominente senior mediavennote en senior borge. Trio Events bied die ekspo aan met kykNET as hoofborg. Daarmee saam is daar Die Burger, TygerBurger, dié Courant, Maroela Media, Bok Radio, Weg Ry & Sleep, Swartland Munisipaliteit, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota, Hankook Tyres en die Wes-Kaapse Regering. “Sonder hierdie senior vennote sou die ekspo nie moontlik gewees het nie.” Dié ekspo is hoofsaaklik gemik op buiteleween relevante uitstallings en beloof om weer die heel nuutste in hierdie veld aan die besoekers te bied. Uitstallers bly die hele naweek op hulle uitstalterreine en rig hulleself sé in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die betrokke produkte gebruik word en werk.

5

Tesame met die uitstallings is daar oudergewoonte ook heerlike pretaktiwiteite vir die hele gesin. Dit sluit in André de Villiers van Safari 4x4 Roetes wat weer gratis Amarok 4x4-hindernisritte aanbied, Suzuki Jimny 4x4-ervaringsritte, veld motorfiets- en vierwielfiets-vertonings asook helikopterritte. Opperman sê ekspogangers moet ook seker maak om nie die kosmaakkompetisie van Jimmy’s Steakhouse Sauces met kykNET se sepiesterre van Suidooster en Arendsvlei mis te loop nie. Die gewilde Vaatjie van Toks en sal as gas-beoordeelaar optree. Daar sal vanjaar ook vir die heel eerste keer kameelritte by die kykNET Buite-Ekspo wees. Die Saterdag sal daar ‘n GT Camper Sportpark wees waar die eerste Superrugbywedstryd tussen die Bulls en die Stormers aanskou kan word op ‘n groot skerm met ‘n besprekingspaneel wat vooraf oor die wedstryd sal gesels. Die naweek se program sluit ook verskeie ander baie interessante kompetisies en aktiwiteite op terrein in. Ook is daar weer vanjaar ‘n Dames- en Kunsmark vir die eerste keer die splinternuwe Môreson Plaaskombuis met van die beste plaasetes, koffie, tee en varsgebakte produkte. Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat hulle gaan honger of dors raak nie, want daar is vanjaar selfs meer gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Daar is ook ‘n Castle Light kroeg en biertuin

Promosie

en die baie gewilde “slush”-tuin om almal se dors te les. Al is die kykNET Buite-Ekspo nie ‘n musiekfees nie, kan ekspogangers uitsien na top-vermaak met ‘n paar uitstekende kunstenaars. Daar is Amore, Nadia Louw, Desmond Wells, Fatman en Caroline Grace van The Voice, en Demi Lee Moore wenner van die Die Kontrak, asook ‘n baie spesiale Sondagprogram met ‘Chereè en Vriende sing Country’ wat saam met Chereè sal insluit Denis East, Tommy Dell en Peter Mohr. Hierdie kunstenaars sal die vermaak voorsien in die kykNET-hoofarena waar besoekers kan kuier en afkoel nadat hulle die uitstallings besoek het. Daar is ook weer meer as genoeg vir die kinders om te doen by die pretpark, terwyl pa en ma die verskeidenheid uitstallings besoek. Maak ook seker om nie Sondag se vertoning van ‘Lollos en Lettie – 10 jaar Basaar’ mis te loop nie. Naweekkampering raak nou vinnig vol en kan nog bespreek word deur ‘n e-pos te stuur aan moresonmalmesbury@gmail.com. Of bespreek vooraf opgerigte en toegeruste tentkampering by admin@you2camp.com. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo. co.za of 082 570 5758 vir enige bemarkings-, borgskap- of media navrae. Rig enige uitstallersnavrae aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of 071 659 9915. Besoek gerus ook die webwerf by www. ekspo.co.za vir meer besonderhede.


6

NUUS • NEWS

23 Januarie 2019

1

Swartland Investments Moorreesburg vereer personeel vir lang diens 30+ JAAR Een van Swartland Investments se grootste bates is sy lojale werknemerskorps. Wanneer mylpaal jare van toegewyde diens bereik word, wil die maatskappy graag van so ‘n geleentheid gebruik maak om ook sy dank en waardering uit te spreek vir die aantal toegewyde diensjare en daarom word daar jaarliks erkenning gegee aan werknemers wie 10-, 15-, 20-, 25- en 30 jaar (en soms meer!) voltydse diensjare voltooi het. Tydens van die onlangse toekennings geleenthede het menere Hans Hanekom (Hoof Uitvoerende Beampte) en Hendrik van Niekerk (Direkteur) toekennings oorhandig aan die volgende werkers: S Solomons 30+ jaar

30 JAAR

H Delport 30 jaar

25 JAAR

K v d Merwe 30 jaar

P Swarts 25 jaar

W Afrika 25 jaar

S Pickard 25 jaar

JJ Julius 20 jaar

P Stemmet 20 jaar

N Alexander 15 jaar

CC Adams 15 jaar

20 JAAR

FC Karolus 20 jaar

E Andrew 20 jaar

CY Alexander 20 jaar

CM Thiart 15 jaar

SH Nell 15 jaar

FC Carstens 15 jaar

JD Janse 15 jaar

WT Gloss 15 jaar

P Gordon 15 jaar

C April 15 jaar

F Smal 20 jaar

CJ Farao 20 jaar

15 JAAR

HA Marcus 15 jaar

D Daniëls 15 jaar


2 NUUS • NEWS

7

23 Januarie 2019

10 JAAR

CT Steyn 10 jaar

NA Adonis 10 jaar

S Te Water 10 jaar

D Alexander 10 jaar

JG Rossouw 10 jaar

C Diedericks 10 jaar

J Ver Der Host 10 jaar

Z Isaacs 10 jaar

CJ Skippers 10 jaar

BM Ndumiso 10 jaar

M Muller 10 jaar

JJ Bezuidenhout 10 jaar

CG Jacobs 10 jaar

In liefdevolle herinnering M Qodi Ons as Swartland Groep wil graag spesiale melding maak van M Qodi wat gedurende Desember sy 10 jaar-toekenning ontvang het. Sy nagedagtenis leef voort.

Personeel vondsinsameling skenk TV , stofsuier en kontant aan Dolfyntjies kleuterskool.

Personeel skenk Noodhulptas en komberse aan Dolfyntjies kleuterskool.


8

23 Januarie 2019

NUUS • NEWS

Nuwe maatskappy vir Distell

Wegspring: Die Graad 1-leerders van die Laerskool Swart-

land op Malmesbury het verlede week hul slag op die atletiekbaan gewys in hul eerste atletiekbyeenkoms as leerders van die skool.

Distell, Afrika se vernaamste wyn en spiritualieë vervaardiger en bemarker, is besig om te kapitaliseer op sy wortels in premium- en fynproewerwyne, met die bekendstelling van Libertas Vineyards and Estates, as ‘n nuwe onafhanklike maatskappy. Libertas Vineyards and Estates se bestuurende-direkteur, Kay Nash, het gesê, dit was ‘n “betekenisvolle skuif” van Distell se vorige benadering waar premiumwyne bestuur is as ‘n eenheid binne dié wêreldwye maatskappy se multi-kategorieportfolio. “Ons het die reis van premiumisasie begin op alle vlakke van die besigheid - van die fynproewerwynvaardighede, tot handelsmerke en handelsmerkervarings, portfoliostrukture en die maniere van werk, nuwe medewerking en wêreldwye roetes na die mark. "Ons glo ons dade tel meer as woorde. Dus, vir nou is dit moue oprol en harde werk wat voorlê,” sê Nash. Sy glo die skuif uit Distell, en die stig van ‘n onafhanklike raad van direkteure bestaande uit industrieleiers, sal die ware fokus op die kategorie van die premium- en fynproewerwyne plaas, terwyl dit ook voordeel van die omvang wat Distell bring sal ontvang. Die portefeulje sluit in Alto, Nederburg, Durbanville Hills, Plaisir de Merle, Pongrácz, Fleur du Cap en Allesverloren, asook die unieke erfenisbates van Chateau Libertas, Zonnebloem en die Tabernacle. Die nuwe onderneming sal ook die ikoniese Oude Libertas-terrein nuwe lewe gee, wat die nuwe tuiste van premiumwyn in Stellenbosch sal wees. Die span van Libertas Vineyards and Estates voorsien die veranderings wat hulle dryf sal die manier hoe die besigheid bedryf word rewolusioneer, en sal meewerk om ‘n impak te hê op ‘n werêldverhoog, vir Suid-Afrikaanse premiumwyne. Met haar sterk ondernemer- en bemarkingsagtergrond, is Nash aangewys om die verandering te lei. Sy het uitgebreide plaaslike en internasionale ervaring in sake- en bemarkingstrategie, en word erken as ‘n sakegroei- en veranderingsverteenwoordiger. Sy is ‘n passievolle voorstaner vir die behoefte om die bedryf te premiumiseer, en dit te bereik deur ware medewerking. Nash het gesê die “voortreflike fokus en passie” wat benodig word om die sukses in die fynproewerwyn-kategorie aan te dryf, sal ingespan word in die nuwe onderneming”. Op die korttermyn is die eerste prioriteit om die groot portefeulje krities te hersien, het sy gesê. Hulle het agt handelsmerke en 40 sub-sub-handelsmerke in 88 wêreldmarke, dwarsoor 22 druifvariëteite, en wat 384 SKU’s oorbrug. Die koste van die kompleksiteit is aansienlik en belemmer hul vermoë om te fokus en wenaanbiedinge te steun. Nash het gesê as deel van die reis het hulle begin om die sekondêre produksie van vier terreine na ‘n enkele een by Nederburg te konsolideer, om ‘n meer effektiewe aanbodketting te verseker. “Ons verstaan ook die kritieke belang van ons plase en vennote om pragtige wyne te maak, en ons wil aktief deelneem om oplossings te ontwikkel en in die verbetering van vaardighede van ons bedryf, sodat ons ‘n volhoubaar suksesvolle premiumwynbedryf kan bou.” Opwindende planne word op verskeie vlakke gemaak en dit sluit ‘n herdefiniëring van die Nederburg Veiling, as ‘n belangrike platform vir skaars en fynproewerwyne in Suid-Afrika, in. Dit speel ‘n belangrike rol om die top-Suid-Afrikaanse wyne plaaslik en wêreldwyd te vertoon. Daar is ook planne om die historiese Oude Libertas-terrein te gebruik om ‘n onderskeidende bestemming vir wyn, innovasie, kennis en handwerk daar te stel. Die strewe sluit ‘n medewerkende leef-werkspasie, ‘n handwerksentrum vir die verkoop van plaaslike kunsprodukte, ‘n hoëvlaktegnologie-wynmuseum vir die land se kollektiewe geskiedenis en ‘n mikro-wynmakery vir die ontwikkeling van jong wyntalent in. Om mee af te sluit sê Nash dit is krities belangrike en uitdagende mandaat om medewerking en invloedryke verhoudings plaaslik te dryf om wêreldwye sukses vir Suid-Afrikaanse premiumwyne te behaal.”


NUUS • NEWS

23 Januarie 2019

Kookwaterrugby in Wesbank se sewestoernooi verwag

Rugbystewels van oral oor die land sal binnekort blink gevryf word ter voorbereiding vir die grootste sewesrugbytoernooi in Suid-Afrika wat eersdaags op Malmesbury aangebied word. Die Superspar Wesbank Castle 7’s-toernooi word vanjaar vir ‘n 12de keer deur die plaaslike Wesbank-rugbyklub gehou. Sedert die eerste toernooi het hierdie rugbyfees van krag tot krag gegaan en groei die deelnemer-, sowel as die ondersteunertal, jaarliks. Die gewilde toernooi skryf sy oorsprong toe aan ‘n paar lede van die Wesbank-rugbyklub wat destyds koppe bymekaar gesit het en met ‘n plan vorendag gekom het om die klub se finansies ‘n hupstoot te gee. Hulle wou ook sewesrugby aan die publiek bekendstel. Altesaam 16 klubs het aan die eerste toernooi deelgeneem. Die getal inskrywings het intussen tot 64 spanne gegroei en hierdie 64 sal vanjaar op die Wesbank-sportgronde in aksie te sien wees. Die toernooi is sedert 2007 tot 2010 deur Klipdrift geborg. Die gewildheid van dié rugbygeleentheid het

die klub genoodsaak om uit te brei. Nog borge het aan boord gekom en die toekoms van die toernooi verseker. Die plaaslike OK Minimark én SAB het aanboord gekom wat die toernooi vir die volgende ses jaar daarná geborg het. OK Minimark het in 2016 as borg onttrek. Superspar Malmesbury is vanjaar die hoofborg en stap reeds ‘n geruime tyd ‘n pad met Wesbank-rugbyklub. Vanjaar se toernooi vind op 25 en 26 Januarie plaas en beloof om ‘n skouspel van rugby op te dis en groot pryse is op die spel. In Saterdag se premierkompetisie sal die wenspan met ‘n tjek van R16 000 huis toe gaan. Die naaswenners sal R5000 inpalm. Die plaatwenners sal ‘n boerpot van R2500 ontvang. Die speler van die toernooi gaan huis toe met ‘n prys van R500. In Vrydag se Swartland-kompetisie sal die wenner ‘n bedrag van R3500 losslaan en die naaswenner R2000. Volgens Eduann Howburg van Wesbank-rugbyklub, is dié toernooi al so gewild dat besoekers van oor die hele Wes-Kaap kom om deel van die

skare op die pawiljoen te wees. Verlede jaar het 3000 besoekers deur die hekke gekom om hul gunsteling spanne te ondersteun. Superspar Malmesbury sal vanjaar weer die geleentheid borg met SAB en Coke as mede-borge. “Bekende groot klubs vanuit die Wes-Kaap, soos die Maties, Helderberg, Goodwood, St Georges, UWC en Belhar gaan vanjaar onder die WP-rugbyklubs betrokke wees en die room van die Boland wat gaan deelneem is die magtige Saldanhabaai, Roses United, Robertson en natuurlik die gasheerklub, Wesbank”, voeg Howburg by. Toeskouers kan uitsien na groot pret en rugby van hoogstaande gehalte. ‘n Paar Blitzbokke, asook Springbok-rugbyspelers sal gedurende die naweek hul opwagting by die geleentheid maak. Toegang beloop R20 vir volwassenes vir die Vrydag en R30 vir Saterdag. Kinders se toegang is R10 en vir motors is die fooi R20.

Die deelnemende spanne het verlede week mekaar opgeweeg in die bekendstelling van die sewestoernooi op Malmesbury. Foto: David Howburg

Bo: Die Wesbank-rugbyklub se bestuur kan al die reëlings flin , vinnig en effektief tref met die voertuie wat deur Malmesbury Toyota aan hulle beskikbaar gestel is.

Op Saterdag se spyskaart...

In Saterdag se kompetisie sal die swaargewigte mekaar die stryd aansê. In die A-groep sal Wesbank meeding teen Eersterivier, Caledon en Hopefield. Die B-afdeling bestaan uit Saldanhabaai A, W/Wheels, Helderberg en Abbotsdale. Groep C sluit Hillcrest, Calvin Falcons, Delicious en Maties in. Die D-groep bestaan uit Belhar, St Georges

B, Goodwood en Montagu-Villa. Groep E is St Georges A, Vredenburg, Saldanhabaai B en Velddrif. In die F-groep sal Darling, Paarl Robertson Town en Young Peoples meeding. Die G-groep bestaan uit Hamlets, Rocklands, St Helenabaai en Proteas DD. Groep H se spanne bestaan uit Wesbank B, UWC, Roses en Never Despair.

Wie speel in Vrydag se kompetisie? Vrydag se kompetisie bestaan uit twee afdelings. In die A-afdeling sal Renegades, Abbotsdale B, Adelaars, Atlantis, Afganistan, Die Dorings, Polisie, Flying Eagles, Dassenberg Young Eagles, Jaguars en Never Despair B meeding. Die B-afdeling bestaan uit Hamlets B, Koringberg, Goodwood B, Young Peoples B, Rocklands B, Wheels B, Vredenburg B, Doringbaai Vipers, Wittewater-Villa, Citrusdal, Mbkweni en Villiersdorp.

9


10

23 Januarie 2019

Dagboek • Diary

Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902

Hardloop: Die leerders van Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg het Donderdag op die

atletiekbaan van die Gene Louw-sportgronde op dié dorp meegeding in hul jaarlikse atletiekbyeenkoms.

Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 7:00 - Weekly, free. Starting point - Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed. Contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432 Yzervark Bistro - Route 315, Yzerfontein 25 January: Night market from 17:00 with gin, wine, champagne, beer, jewelry, beautiful clothing, face painting, food stalls, etc. Live music with Glynn

NUUS • NEWS

Lewis and Valentine shopping

Malmesbury GPF 31 Januarie: Malmesbury GPF hou hul Algemene Jaarvergadering om 19:00 by St Thomas Primêr se skoolsaal. Navrae: 082 302 0546 Gospelaand 6 Februarie : Gospelaand met Marius Falck en gaskunstenaars om 18:30 by die Friend of God, Wingerd. Toegang beloop R50. Vir enige navrae kontak : T Kits 072 282 3305 Kaartjies te koop by Kontreispens Opedag 28 Februarie: Hoërskool Swartland hou hul jaarlikse opedag. Vir 'n program van die dag, kan die skool se kantoor geskakel word. Crush Day at Darling Cellars 9 March: Crush Day at Darling Cellars. From 07:45 for 08:00 till 16:00. Adults R280; Teenagers R180 and children R100. Booking essential. Contact 022 492 2276 Piquet-Fees 6 April: Fees word aangebied by die

Voortrekkers skop jaar af Die eerste werkswinkel van sy soort vir eerstejaars, beter bekend as die Campus Know How-werkswinkel, het onlangs op Malmesbury plaasgevind en was ‘n groot sukses. Die werkswinkel is moontlik gemaak deur die Swartland Solar Community Trust en gefasiliteer deur radio-omroeper en televisiepersoonlikheid, Lynette Francis én die dekaan van die Cornerstone Institute, Rudi Buys. Francis en Buys het die studente onder meer kom touwys maak oor hoe hulle hul eerste jaar op universiteit of kollege moet hanteer, wat om te verwag in hul eerste jaar op kampus en hoe om voor te berei vir die groot verandering.

Die Swartland Voortrekkers skud hul vere reg vir 2019 wanneer die jaar amptelik op 23 Januarie om 17:45 by die Waspoor Voortrekkerterrein agter die OLOK-saal op Malmesbury Januarie afskop. Talle pret aktiwiteite word vir vanjaar beplan waarop leerders tussen Gr.R en Gr.12 nie sal wil misloop nie. Ouers word uitgenooi om hul kinders in te skryf en aan te laat sluit by die Vootrekkers waar ‘n verskil gemaak word in elke kind se lewe.

Die Voortrekkers is ‘n kultuurorganisasie vir die Afrikanerjeug, wat vir die jeug geleenthede bied om deur avontuur en ander aktiwiteite karakter te ontwikkel binne die konteks van ‘n Bybels-Christelike waardestelsel in Afrikaans en as positiewe burgers van Suid-Afrika. Die Vootrekkers bou as moderne Afrikaners op die goeie uit die tradisies van die Afrikaner. Almal is welkom om aan te sluit. Die Voortrekkers is die een plek wat elke aspek van ‘n kind se lewe dek, soos onder andere pret en avontuur, kennis en lewensvaardighede, sosiale interaksie, geestelike leiding, gesonde ontspanning in ‘n groep en leierskapsontwikkeling. Die Voortrekkers het ‘n beproefde spanstelsel, verskeie goed toegeruste kampterreine, eietydse literatuur en deeglik beplande programme. Swartland Voortrekkers vergader elke Woensdagaand vanaf 17:45 tot 18:45 by die Waspoor Voortrekkerterrein, Malmesbury. Die registrasiefooi vir 2019 is R500 per jaar. Die uniform bestaan uit ‘n Blou Voortrekker Gholfhemp en ‘n erkenningsonderbaadjie wat saam met ‘n denim kort- of langbroek of rompie en tekkies gedra word. Die gholfhemp en erkenningsonderbaadjie sal bestel word met aansluiting. Kontak gerus die Kommandoleier, Sunet de Jongh (082 877 4789 of swartlandvoortrekkers@gmail.com) of die Kommandosekretaresse, Heléne Nel (083 455 5299) vir enige verdere inligting. Volwassenes wat betrokke wil raak, is welkom.


NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 0761229972

--------------------------------

-------------------------------DIENSTE SERVICES So many projects! So little time! For all your Electrical maintenance and repairs. General handyman work. Contact Randall 074 976 8737

15 Januarie. BABA LOMBERG. Baie geluk my suster in die Here met u verjaarsdag. Mag die Here al u hart se begeertes vervul. Liefde Sr Evelyn, Br Arrie en gesin --------------------------------

#4674

#4687

-------------------------------TE HUUR TO LET MALMESBURY. 3 Slp, 1 ½ badkamer, binnebraai, dmh. Beskikbaar 1 Februarie. R10 000,00. Skakel 083 230 1834 #4692

-----THERESA'S EIENDOMME Malmesbury R6000.00 pm – 2 slpk, volbadkamer, motorafdak Koopkrag. Geen diere, Koopkrag. Beskikbaar 1 Februarie 2019 R6500.00 pm – 3slpk woonstel, Parkering agter veiligheidshek, Geen diere, Koopkrag. Beskikbaar 1 Februarie 2019 R7500.00 pm – 2 slpk huis in baie goeie area. Afdak en wendyhuis, Koopkrag. Beskikbaar 1 Maart 2019 R9800.00 pm – 3 slpk huis met 2 badkamers, sit-/eetkamer, TVkamer met binnebraai, omhein. Naby Laerskool geleë Beskikbaar 1 Maart 2019 R10 800 pm – 3 slpk huis, ruim Sit-/ eetkamer oopplan kombuis. Ruim onderdak braai-area, ouma-woonstel en dubbel motorhuis Koopkrag. Beskikbaar 1 Maart 2019 R10 800 pm – Baie ruim, 3 slpk huis, 2 badkamers, enkelmotorhuis en onderdak braai met borrelbad. Baie sentraal geleë. Beskikbaar 1 Februarie 2019 STOOR – Malmesbury dorp industriële area - ruim netjies kantore R16000.00 (BTW uitgesluit). Beskikbaar 1 Februarie 2019 Enige navrae kan gerig word aan Theresa - – 082 552 4848 of per e-pos: theresa@ theresasproperties. co.za -------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS

11 Januarie - JEANPAUL GOLIATH. Baie geluk boeta met jou veertiende verjaarsdag. Mag die Here jou nog vele jare spaar. Liefde Daddy, Mommy, Esme, Ashnique en Anwill --------------------------------

10 Januarie. BEVERLY LOMBERG. Ons blom is vandag vyf jaar oud. Baie geluk Beva met jou verjaarsdag, Baie lief vir jou - Pa, Ma, Jolene, Junior, Keanse en Ethan

Baie geluk met jou verjaarsdag op 28 Januarie CHRISTOPHER. Mag jou dag geseënd wees en mag daar nog vele wees. Liefde Pietersen clan --------------------------------

Happy birthday CHANDLER. We love you very much - Pappa, Mamma, Mammie, Auricka and Kaylen --------------------------------

TYLIN PIETERSEN. 28 Januarie. Baie geluk met jou 21 ste verjaardag. Geluk, seëninge en voorspoed. Liefde - pa Neil, mammie Levona, Boeta Tiaan, Preston, Dinaline ,Taneil,Taylor en die Titus familie --------------------------------

MARIA MARKUS. 25 Januarie. Baie geluk met Mammie se 75ste verjaarsdag. Liefde - jou kinders en kleinkinders --------------------------------

My baie spesiale dogter KEITHLIN. Baie geluk met jou 21ste verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën. Hoop jy geniet jou dag - Mammie, Ouma, broers en susters --------------------------------

27 Januarie. WILMON, baie geluk met jou verjaardag. Geniet!!! - Mouni, Jowaan, kinders, kleinkind en Cline --------------------------------

Raai wie verjaar op 27 Januarie en is 21 jaar oud? "Happy birthday" STEFFIE. Liefde Mammie --------------------------------

23 Januarie 2019

JOZÉ WILL WELKOM. 25 Januarie. Baie geluk met jou eerste verjaarsdag grootman. Ons is baie lief vir jou Mammie, Pa en Ousus ---Baie geluk met jou verjaarsdag Boeta. Ons is baie lief vir jou. Lekker verjaar - Leander en Welkom familie -------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM

LESLIE WILLIAMS. 25 Januarie, twee jaar weg. Seer is die harte wat jou liefgehad het. Hartseer is die trane wat val, maar die seerste van alles is om sonder jou ons lewens te leef. Mis jou oneindig baie. Liefde - Annie, kinders en kleinkinders

#4693

--------------------------------

NICO MICHAEL FARMER. 20 Januarie, jou tweede verjaarsdag weg van ons. Verlange is groot. Mis jou elke dag, tot ons weer ontmoet. Mamma, Pappa, susters, broer, kinders en kleinkinders --------------------------------

SHIREEN. 28 Januarie. So veel verlange nog na jou, laaste groet 'n jaar gelede - jou 2 dogters, Ilse en Shunilde Hendricks en vyf kleinkinders

----Ons mis jou. Wens jy was nog hier. Rus in vrede tot ons weer ontmoet - Ma, Pa,susters, broer en breë familie --------------------------------

ELVILA HEINSE. 25 Januarie 1960. Mammie se eerste verjaardag weg. Die gemis is groot. Ons weet Mammie is veilig in die Hemel - Man, kinders en kleinkinders --------------------------------

JASON APRIL. 23 Januarie, is jou tweede verjaarsdag in die hemel. Die gemis is nog baie groot. Van: Juliana en gesin --------------------------------

MOUNA BROWN. 23 Januarie 2016. Drie jaar gelede het God jou geroep. Altyd in ons harte. "RIP till we meet again"- Kinders, skoondogters, kleinkinders,& agterkleinkinders --------------------------------

JACQUES DIRKS. 27 Januarie. Tweede jaar weg. Ons mis jou nog altyd - Janine, Virgo, Furlo, Dillan en Tyra --------------------------------

STEFANUS BRANDER. 24 Januarie. Drie jaar wat Dera weg is. Mis u elke dag. Baie liefde - Vrou, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders

11


courant

NUUS • NEWS

23 Januarie 2019

dié

12

Tel: 022 487 3221

SPORT

23 Januarie 2019

Sportuitslae • Sports results Rugby Abbotsdale RFC - Pre Season 2019 2 March 2019 - Roses United (Away) 9 March 2019 - Hopefield (Home) 16 March 2019 - Mamre Hamlets (Home) 23 March 2019 - Pella (Home) 30 March 2019 - St Helena Baai (Home) 06 April 2019 - Grabouw (Home) 13 April 2019 - Mamre (Away) Easter weekend off League starts - 27 April 2019

Swem: Die Hoërskool Swartland op Malmesbury se swemmers het die afgelope week aan die jaarlikse swemgala van die skool deelgeneem.

Netbal: Die Wes-Kaapse netbalspan, die

Southern Stings het die afgelope Saterdag hul Pop Up-netbaldag op Yzerfontein aangebied wat deur almal teenwoordig beskryf is as groot pret. Die netbaldag was bygewoon deur kinders vanaf ses jaar oud tot senior spelers. Die Southern Stingsspelers het elk ‘n ouderdomsgroep gekry waarmee fiksheid en balvaardigheid gedoen is. Die spelers was later volgens hul posisies ingedeel en is deur die kenners (Stingsspelers) tegnieke geleer wat hulle kan toepas op die netbalbaan. Volgens Madelein du Plessis is die dag deur almal wat dit bygewoon het, baie geniet. “Die atmosfeer was soos ‘n netbal karnaval.” Al het die spelers moeg geword, was daar altyd ‘n glimlag op hul gesigte, voeg sy by. “Die Southern Stings netbalspelers is inderdaad ‘n inspirasie vir elke netbalspeler.” Die dag is verder vervolmaak deur Danelle Lochner en Stephanie Brandt, wat die Protea Netbalspan al verteenwoordig het, wat die dag bygewoon het. Lochner en Brandt het ook hul ervaring met die spelers kom deel. Weskus Netbal is baie dankbaar teenoor die Southern Stings en hul afrigtingspan vir die wyse waarop hulle die dag hanteer het,” sê Du Plessis.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.