505 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

Swartland • Bergrivier Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

13 Februarie 2019

72%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 505

13 Februarie 2019

Ekspo: Die

jaarlikse kykNET Buite-ekspo word die naweek op die Môreson-plaas buite Malmesbury aangebied. Buitelewe- en kampentoesiaste kan hier kom rondsnuffel en meer leer van al die nuutste tegnologie en ontwikkeling in die buite- en kamplewe.

• Sien terreinkaart en uitstallers agter.

•DING MEE TEEN SPAN VAN ARENDSVLEI

Vuurdoop vir Dean by kykNET-ekspo

Dean Smith, Malmesbury-boorling wat weekliks te sien is in die gewilde sepie, Suidooster, kom maak vanjaar vir die eerste keer ‘n draai by die Wes-Kaapse kykNET Buite Ekspo buite Malmesbury. Dit sal ook sy eerste besoek aan die buitelug-kuier wees waartydens die nuutste buiteluguitstallings én vermaak aan ekspogangers gebring sal word. Smith sien ongelooflik baie uit na sy besoek en die braaigeveg-uitdaging waarin hy en sy mede-kollega, Marko Spaumer (Tim) die stryd sal aansê teen die span van Arendsvlei. Die Braaigeveg word aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces met beoordelaars Jimmy Baptista en Sjef Tommy. Smith is veral opgewonde om die kykNET Buite Ekspo by te woon, omdat dit naby aan sy huis is. Hy beskryf sy gesin en hul ondersteuning as die middelpunt waarom sy loopbaan draai. “As ek my ouers en twee sussies gelukkig en trots kan maak, is ek gelukkig en as ek gelukkig is, geniet ek wat ek doen, so dis ‘n wen-wen situasie.” Smith vertel dat hy is waar hy wil wees. Hy het intussen nog nie besluit om van loopbaan te verander nie. Hy beskryf homself as die gelukkigste persoon op Aarde. Hy leef daagliks sy passie uit en is lief vir wat hy doen en dit is om ‘n akteur te wees. Volgens hom is hy en sy spanmaat reg vir die braaigeveg wat voorlê. Hy bieg en sê daar is nog nie regtig ‘n plan van aksie nie, maar kan met eerlikheid sê dat hy dit geniet om te braai en dit nóg meer geniet om ‘n gebraaide tjoppie te eet.

Hy is nou wel nie die bo-baas kok nie, maar sê dat hulle wel aan iets sal dink. “Marko het al voorheen die kykNET Buite Ekspo bygewoon en aan kompetisies deelgeneem waarin hy as naaswenner gekroon is. Hy wil vanjaar wen,” vertel Smith. Spaumer is nou wel ‘n vegan, maar Smith het klaar seker gemaak hulle gaan nie ‘n sampioen braai nie, lag hy. “Ek gaan met hul kop werk. Ek hou baie van praat. Ek dink ek sal my teenstanders van Arendsvlei se aandag van die kos aflei deur baie te gesels,” skerts hy. Smith is besiger as ooit. Behalwe dat hy daagliks op die stel van Suidooster is, is hy tussen in ook besig om te repiteer vir drie verhoogproduksies wat eersdaags te sien sal wees by die Woordfees op Stellenbosch. “Ek jaag van die stel van een repitisie na die ander, oor naweke ook.” Hy werk ook aan ‘n komedie wat by die KKNK te sien sal wees. Dit is ook ‘n eerste vir hom, want hy moes self die produksie skryf. Hy is opgewonde om lesers te nooi om die film weergawe van die teaterproduksie, Die Dag is Bros op 14 April op kykNET te kyk waarin hy te sien sal wees. “Ek is baie opgewonde, want ek het dit ook nog nie gesien nie.” Smith mag dalk ‘n groter hap uit die dag uit vat as wat hy kan kou, maar kla nie oor sy besige skedule nie. Volgens hom glo hy vas dat alles met ‘n doel gebeur. “As jy gemaklik raak, stagneer jy en leer jy nie

meer nie, daarom gee ek nie om oor die uitdagings nie, want ek leer elke dag. Dit gaan nie oor die bestemming nie, maar oor die reis, want dit is waar jy leer en groei.”

NUUS • NEWS


II

13 Februarie 2019

NUUS • NEWS

kykNET Buite-ekspo beloof groter en meer vir 2019 Dit is weer tyd vir die Wes-Kaap se jaarlikse groot Buitelug-kuier, die kykNET Buite-ekspo wat op Môreson in die Swartland plaasvind. Die groot kuier is van 15 tot 17 Februarie. Dié ekspo word buite Malmesbury gehou en elke jaar bring die organiseerders, Trio Events, nuwe uitstallings en vermaak vir ekspogangers. Vanjaar is geen uitsondering nie en met die gewildheid van die ekspo was uitstallingruimtes en kampeerplekke reeds bykans 'n maand voor die afskop uitverkoop. Die vol program vir die naweek sluit weer 'n

lang lys gunstelinge en nuwe hoogtepunte in. Ook is daar 'n groot klomp senior vennote wat met hul borgskappe bydra tot ekspogangers se buitelug-ervaring. Trio Events bied die ekspo aan met kykNET as hoofborg. Daarmee saam is daar dié courant, Die Burger, TygerBurger, Maroela Media, Bok Radio, Weg Ry & Sleep, Swartland Munisipaliteit, Jimmy’s Steakhouse Sauces, Agrimark, Malmesbury Toyota, Hankook Tyres en die Wes-Kaapse Regering. Vanjaar is daar 'n Jimmy’s Steakhouse Sauces Braaigeveg met akteurs van Suidooster en Arendsvlei wat mekaar die stryd aansê. Onder hulle is daar die Swartlander Dean-John Smith (Wade), oud-leerling van Schoonspruit Sekondêr, wat Suidooster se Braaispan gaan versterk. Sy spanmaat is Marco Spaumer (Tim), terwyl Crystal-Donna Roberts (Janice) en Sherman Pharo (Thys) Arendsvlei sal verteenwoordig. Die gewilde Sjef Tommy (Vaatjie van Toks & Tjops) sal saam met Jimmy Baptista as beoordelaars optree. Ekspogangers kan hulle weer gereed maak om die nuutste in buitelug- en kamptoerusting van nader te bekyk. Daar is 'n Agrimark-skattejag met groot pryse vir die wenspanne asook die geleentheid vir besoekers om Suzuki SA se nuwe Jimny eerstehands te ervaar op 'n spesiale 4x4rybaan. Dan is daar vir die eerste keer kameelritte en ook weer André de Villiers van Safari 4x4 Roetes wat gratis Amarok 4x4-hindernisritte

aanbied asook helikopterritte. Die GT Camper Braaicorner behoort weer 'n baie gewilde punt onder besoekers te wees en die GT Camper Sportpark gaan seker maak rugbygeesdriftiges is reg vir die afskop van die Superrugbyseisoen tussen die Stormers en die Bulls. Erik de Milander sal vananf 16:30 'n paneelbespreking voor die wedstryd lei met De Wet Barry, Marius Joubert en Marulaboom. Daar sal ook volop aksie wees met die motorfiets- en vierwielvertonings van die Western Cape Off-Road Club. Die snuffel-en kunsmark is ook elke jaar baie gewild veral onder vrouebeoekers en vanjaar beloof om geen uitsondering te wees nie Vir die kinders is daar weer die gewilde pretpark en die Sondagoggend is daar 'n vertoning van Lollos en Lettie – 10 jaar Basaar. Die Hankook-kunstenaars wat vir die vermaak sal sorg in die kykNET Arena, is Amore, Nadia Louw, Desmond Wells, Fatman en Caroline Grace van The Voice, en Demi Lee Moore wenner van die Die Kontrak. Die Sondag is daar 'n spesiale program met ‘Chereè en Vriende sing Country’ waar Chereè sal optree saam met Denis East, Tommy Dell en Peter Mohr. En naas die buiteluguitstallings en meer kosstalletjies as voorheen, is daar ook die splinternuwe Môreson Plaaskombuis

met van die beste plaasetes, koffie, tee en varsgebakte produkte. Daar is ook ‘n Castle Light kroeg en biertuin en die baie gewilde “slush”-tuin om almal se dors te les.

Pryse: Kaartjies vir die naweek is reeds by computicket beskikbaar. Die naweekpakette beloop R130 vir volwassenes en R40 vir kinders (4 tot 18 jaar). Die pryse vir Vrydag (12:00-21:00) is R40 vir volwassenes, R20 vir pensioentrekkers en R20 vir kinders. Saterdag (09:00-21:00) se toegangsgeld beloop R80 vir volwassenes, R40 vir pensioentrekkers en R30 vir kinders. Die toegangsgeld vir Sondag (09:00-15:00) is R40 vir volwassenes, R20 vir pensioentrekkers en R20 vir kinders. Kontak gerus vir Marius by marius@ekspo. co.za of 082 570 5758 vir enige bemarkings-, borgskap- of media navrae. Rig enige uitstallersnavrae aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of 071 659 9915. Besoek gerus ook die webwerf by www.ekspo.co.za vir meer besonderhede.


c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

13 Februarie 2019

NUUS • NEWS

72%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 505

13 Februarie 2019

Hitte:

Produsente ervaar sedert verlede week Maandag hoë temperature wat by die 40°C gedraai het. Hierdie warm weer veroorsaak dat talle wingerdblokke vroeër gereed is vir parstyd as wat dit aanvanklik sou wees. Lees meer op bladsy 3.

•IN HAIRSPRAY TE SIEN OP KUNSTEKAAP SE VERHOOG

Zhaunder op die planke •Charlotte Lesch Zhaunder Amerika (21) van Malmesbury laat die gehoor se hare behoorlik rys in die gewilde musiekblyspel, Hairspray wat tans tot 16 Februarie in die Artscape Teater op die planke is. Dié 21-jarige Swartlander wat die oudste van ses seuns is, het reeds op skool sy merk in de vermaaklikheidswêreld begin maak toe hy gedurende sy matriekjaar in 2015 as finalis in die kykNET-dramakompetisie uitgeblink het. Hy het reeds van ‘n vroeë ouderdom geweet hy gaan drama studeer. Die gedigte van Adam Small wat hy as leerling moes voorlees, was ‘n groot inspirasie vir die keuse van loopbaan. Hy het ook drama as vak onder leiding van sy juffrou Horn baie geniet. Amerika is in die Wesfleur Hospitaal op Atlantis gebore. Hy het sy skoolloopbaan by Swartland Pre-Primêr onder tannie Jeanne Stander afgeskop en is daarná Laerskool en Hoërskool Swartland toe. Ná matriek het Amerika hom aangesluit by City Varsity waar hy sy BA-graad in die kursus, Professionele toneelspel voor die kamera ontvang het. Die produksie waarin hy tans te sien is, is nie sy eerste optrede voor mense nie. Amerika het in die afgelope paar jaar homself bewys en gewys dat hy op die regte plek is. Hy

het gedurende sy studies in meer as 15 studentefilms gespeel. Hy het ook die hoofrol in ‘n kortfilm, Spray vertolk wat steeds te sien is op Youtube. Dié film het verlede jaar dit ook al die pad na die internasionale filmfees in Cannes gemaak. Vóór dit het hy ook ‘n klein rol in Riaz Solker se film, Sodium vertolk wat aan die Kaapstad Internasionale Filmfees deelgeneem het. Amerika vertel van nóg ‘n glansfilm deur dieselfde regisseur waarin hy verskyn het. “The Day of the Play is tans in voor-produksie, so wees op die uitkyk daarvoor,” deel hy opgewonde die nuus. Amerika vertel verder dat hy voorheen deel van twee verskillende teaterproduksies was. Die een teaterproduksie, Neighbours is deur hom én ‘n groep studente geskryf is. Albei hierdie produksie was verlede jaar by die Galloway-teater by die Waterfront-teaterskool te sien gewees. Amerika het ook al bewys dat hy nie bang is om alleen op die verhoog te staan nie. Sy eenman-produksie, Klein Moses wat hy self geskryf het, het ook vir ‘n week lank by die Galloway Teater verskyn. Nóg ‘n hoofrol is deur hom losgeslaan in die produksie, Bra’therhood. Sy rol in die amateur verhoogproduksie, Hairspray wat nou te sien is, is moontlik gemaak

nádat hy en sy vriend albei suksesvolle oudisies afgelê het. Hy beskyf dié ervaring as ‘n groot voorreg. Dit is die eerste keer dat hy deel is van so ‘n groot groep kunstenaars. Hy doen ook baie ervaring op en geniet sover elke oomblik op die verhoog. Hairspray is sedert 2 Februarie by die Kunstekaap-teater te sien waartydens hy soms twee keer per dag op die planke verskyn. Hy geniet die energie van sy mede-akteurs, asook die goeie terugvoering van die gehoor, vertel Amerika. Hoewel hy nog nie te veel kan verklap nie, het hy onlangs ‘n kontrak met ‘n agentskap geteken wat vir hom baie deure in die bedryf gaan oopmaak. Amerika sê egter dat niks van sy prestasies en geleenthede moontlik sou wees sonder sy Hemelse Vader wat hom elke dag die krag en wysheid gegee het om te volhard tot die einde en hom ten alle tye beskerm. Hy skryf sy loopbaan en alles wat hy tot dusver bereik het toe aan sy ouers, Denise en Alec se onbaatsugtige hulp, ondersteuning en gebede. “Hulle het soggens nog vroeër as ek opgestaan om seker te maak ek mis nie die trein of die bus nie.” Hy en sy gesin is baie lief vir die Bybelse vers, Jeremia 29 v11. "Ek weet wat ek vir jou beplan, voorspoed en nie teenspoed."


2

13 Februarie 2019

NUUS • NEWS

•DRA TWEEDE KEER IN DRIE JAAR DIE KROON

Pieter-Steph weer beste Bok

Pieter-Steph du Toit (26), die Vallei se eie rugbyster, doen dit wéér nádat hy vir ‘n tweede keer in drie seisoene as SA Rugby se Speler van die Jaar aangewys is. Hy beskryf 2018 as ‘n baie goeie jaar waartydens hy goeie én lekker rugby gespeel het. Om as rugbyspeler van dié jaar gekroon te word, het beslis die kersie op die koek gesit, vertel Du Toit kort voor die Stormers se oefenwedstryd teen die Boland-Kavaliers wat Vrydagaand op Wellington plaasgevind het. Hy beskryf die toekenning as ‘n groot voorreg, al het hy dit vir ‘n tweede keer ontvang. “Ek het dit nie die eerste keer verwag nie en nog minder vir ‘n tweede keer. Die voorreg bly groot. ” Volgens hom kan hy nie alle eer alleen dra nie en skryf sy prestasie reg deur 2018 toe aan sy vrou Willemien, sy ouers, sy jonger broers en

Pieter-Steph du Toit in aksie vir die Stormers in Vrydag se wedstryd teen die span van Boland op Wellington. Foto: Johan Viljoen

vriende en familie se volgehoue ondersteuning en motivering toe. Die verskil tussen nou en die vorige jaar wat hy die toekenning ontvang het, het hy baie vanaf die bank gespeel. “Ek het verlede jaar baie met wedstryde begin en ek het goeie wedstryde gehad. Die feit dat ek lekker rugby gespeel het, het ook bygedra tot goeie spel,” verduidelik hy. Du Toit sê verder dat hy baie meer ingesit het verlede jaar en baie hard gewerk het. Vanjaar hou groot opwinding vir die flank in. Hy beskryf dit as ‘n interessante jaar wat voorlê met die Superrugbyreeks wat volgende naweek begin en die 2019 Rugby Wêreldbeker wat daarop volg.

“Daar is geen breuk tussen in nie.” Die Du Toit-egpaar verwelkom boonop hul babaseuntjie in April wat dié jaar net nóg meer opwindend maak. Hy voel goed oor die Superrugbyreeks, asook die komende rugbywêreldbeker. “As die Suid-Afrikaanse spanne goed vaar in die Super-reeks, staan die Springbokke ook ‘n goeie kans om goed te vaar. "Ons het die afgelope jaar goeie oefening ingekry onder leiding van goeie afrigters wat bygedra het tot die feit dat ek so lekker gespeel het,” vertel hy met ‘n glimlag. Du Toit het Vrydagaand vir sy eerste wedstryd van die jaar en vir die Stormers vir dié jaar uitgedraf.


NUUS • NEWS

3

13 Februarie 2019

Huis van Heerde:

'n Konsert met Manuel Escorcio, Belia en Cecily is Saterdag op Malmesbury gehou ten bate van die Huis van Heerde Kinderhuis op Moorreesburg. Die meegaande wynveiling het gesorg vir 'n ekstra hupstootjie vir die kinderhuis. Links is Marina van der Merwe en Jose Brago Borges. saam met Escorcio.

Hitte vervroeg wingerdoes Parstyd in die Swartlandstreek het vir baie produsente van wyndruiwe reeds vroeg in Januarie vanjaar afgeskop, hoewel die oes vir 2019 vir nog baie nie naby die halfpadmerk is nie. "Die aanvanklike aanduidings was dat die oes min of meer op dieselfde tyd as laasjaar of selfs bietjie later kon wees", sê Hanno van Schalkwyk, wingerdboukundige vir die nie-winsgewende organisasie wat produsente en wynkelders verteenwoordig, Vinpro vir die Swartlandstreek. Volgens Van Schalkwyk, veroorsaak die huidige warm weer dat baie blokke selfs vroeër is. Baie Pinotage, Chenin Blanc en Sauvignon Blanc is reeds gepars, voeg hy by. “Ons is egter nog ‘n entjie van die halfpadmerk. Druifgeure lyk vanjaar baie goed en ontledings is ook goed met sure wat mooi hoog is”. Hy sê wel dat die oeste steeds aan die klein kant is as gevolg van die laaste drie jaar se droogte.

Glimlag: Anita Muller se boek "Smile a While" is Vrydagaand by Bill & Co op Malmes-

bury bekendgestel. Muller is 'n inwoner van Malmesbury wat haar lief en leed in hierdie boek neergepen het.

Die goeie nuus is dat die wingerde se lower en blare beter is en stokke kan die druiwe goed rypmaak. “Shiraz is baie deur die droogte beïnvloed en oeste is veral klein wat dié kultivar betref,” voeg hy by.


4

13 Februarie 2019

NUUS • NEWS

Swartland Hulp en Begrafnisdienste wil verskil maak

Regs: Die span van Swartland Hulp en Begrafnisdienste staan altyd reg om familie te ondersteun en van hulp te wees.

“Dit is ‘n sewedag werksweek wat bestaan uit 24 uur se diens.” Swartland Hulp en Begrafnisdienste op Malmesbury vier 20 jaar van harde werk, verskeie mylpale en sukses. Cedric van Der Westhuizen, eienaar van Swartland Hulp en Begrafnisdienste skryf alle eer aan God toe, sy vrou en kinders se ondersteuning, sy getroue personeel, kliënte en sy ouers wat vir hom die geleentheid gegee het. Swartland Hulp en Begrafnisdienste het sy deure amptelik in Februarie 1999 tot die publiek oopgemaak, hoewel die besigheid in 2001 geregistreer is. Dit was aanvanklik ‘n familiebesigheid wat deur sy ouers Reggie en Bettie van der Westhuizen begin is. Van der Westhuizen en sy drie broers was vir die eerste sowat vyf jaar elkeen betrokke by Swartland Hulp en Begrafnisdienste. Cedric, wat ook die oudste is, het van die begin af belangstelling getoon om eendag voltyds betrokke te raak. Hy het gedurende die week sy posisie by die departement van arbeid volgestaan en naweke homself weer by die besigheid aangesluit. Dit is in 2008 wat hy bedank het om voltyds by die besigheid onder sy pa se leiding en kennis te kom werk. Reggie van der Westhuizen is sowat twee jaar later tot lid van die Swartland Munisipaliteit se uitvoerende burgemeesterskomitee verkies wat beteken het dat hy nie meer voltyds by die besigheid betrokke kon wees nie. Cedric is sedert 2010 aan die stuur van sake. Hy en sy ouers het die besigheid sedert die begin opgebou na groter hoogtes. Met sy oorname, het Swartland Hulp en Begrafnisdienste net verder van krag na krag gegaan. Tans is daar 18 agente wat onder Van der Westhuizen werk en onder meer polisse verkoop. Altesaam sewe personeellede werk permanent vir die besigheid. Die aspek wat hy sekerlik die meeste van sy werk geniet, is om daagliks met verkillende mense te werk. Die grootste genot wat hy uit die bedryf put is

om families tevrede te stel en te help. Swartland Hulp en Begrafnisdienste bied ‘n eenstop-diens aan sy kliënte. Hulle dienste dek alle aspekte van A tot Z wanneer dit kom by die afsterwe van ‘n geliefde soos onder meer die afhaal van liggame, die registrasie van die dood, die volle reëlings rondom begrafnisse, begrafnispolisse en grafstene. Sy ma hanteer ook steeds die blommekranse vir die kiste en ruikers vir die dienste. Die onderneming se dienste is ook nie beperk tot die Swartland nie, maar waar hulle nodig is. Swartland Hulp en Begrafnisdienste is daar om die gemeenskap te dien en is ook ingestel op kwaliteit dienste wat ten alle tye professioneel uitgevoer word. Hulle is verder altyd oop vir voorstelle om op hul dienste te verbeter. Volgens Van der Westhuizen word die besigheid se 20ste bestaanjaarvieringe toegekryf aan die Hemelse Vader wat dit moontlik gemaak het. Hy haal die Bybelse vers aan wat sê dit is saliger om te gee as om te ontvang. “As jy in die bedryf is, moet jy ‘n ruim hart hê en terugploeg in die gemeenskap waar die seëninge lê. Ons kry baie te doen met behoeftige families en families wat nie voorsiening gemaak het vir die dood nie.” Hy is ook baie dankbaar teenoor sy vrou en twee seuns vir hul ondersteuning, opofferings en liefde en spreek groot lof toe aan sy ouers wat sy hand gevat het en vir hom die leiding gegee het wat hy nodig gehad het om ‘n sukses te maak van die besigheid. Van der Westhuizen sê daar is groot drome vir die toekoms waarna hy baie uitsien om waar te maak. Hy bedank sy getroue kliënte vir hul ondersteuning, asook sy personeel waarsonder die besigheid nie moontlik is nie. Behalwe vir sy permanente werknemers, is daar sowat 40 mense wat elke naweek werk. Swartland Hulp en Begrafnisdienste hanteer enigiets van agt tot 10 begrafnisse per naweek. “Dit is ‘n sewedag werksweek wat bestaan uit 24 uur se diens.”


NUUS • NEWS

13 Februarie 2019

Kolonel Niels Nilsson groet vir oulaas blou uniform Die voormalige stasiebevelvoerder van Malmesbury, Kolonel Niels Nilsson, groet die Suid-Afrikaanse Polisiediens ná 38 jaar. Sy leuse wat hy reg deur sy loopbaan in die polisie nagestreef het, was om alles in sy vermoë te doen om Suid-Afrika ‘n veilige plek vir homself, sy vrou, sy kinders, toekomstige kleinkinders en al die inwoners van die land te maak. Hy erken dat daar baie uitdagings aan hom gestel is, maar dat die hoogtepunte wel geseëvier het. Een van dié hoogtepunte was toe hy as een van die voormalige president se lyfwagte aangestel is. Die laagste punt was sekerlik om by die liggaam van ‘n kollega van hom te staan wat deur ‘n krimineel doodgeskiet is. Hy kyk egter terug na ‘n loopbaan vol geskiedkundige oomblikke waar hy kan sê, hy was daar, soos die Laingsburg-vloed in 1981 en die Referendum in 1992 wat volgens hom die draaipunt van die Suid-Afrikaanse politiek was. Hy was ook by verskeie protesaksies tussen 1986 en 1987. Wanneer daar nie onluste was nie, was hy op bystand geplaas. “Partykeer het ek op of onder die snoekertafel by Kaapstad Sentraal geslaap of jy het net by die huis gekom, dan word ons weer gemobiliseer,” vertel hy. Tot die 75ste bestaansjaarherdenking van die Suid-Afrikaanse Polisie is in sy teenwoordigheid gevier. In 1990 was hy by toe Oud-President Nelson Mandela vrygelaat is, die eerste demokratiese verkiesing in 1994 waar hy aktief betrokke was as die sekretaris van die destydse Provinsiale VEIKOM en JOCOM, die opening van die eerste demokratiese Parlementsitting en

parlementsopeninge wat daarná gevolg het. In 1995 ervaar hy die amalgamasie en transformasie van die verskeie polisie-agentskappe na een SAPD. As ‘n trotse Suid-Afrikaner was hy ook gelukkig om die Rugby Wêreldbeker in 1995 by te woon, die Krieket Wêreldbeker in 2003, die Sokker Wêreldbeker in 2010 én die 100ste herdenking van die SAPD. Hy het as ‘n jong offisier vir sowat ‘n derde van sy loopbaan letterlik die misdaad in die strate van Stellenbosch en Kaapstad beveg. Daaroor kan hy ‘n boek skryf. “Ek wonder hoeveel van daardie kriminele wat gearresteer is, nog in die tronk sit,” vra hy homself af. Hy het die helfte van sy loopbaan by die Wes-Kaap Provinsiale Kantoor onder die afdeling, Sigbare Polisiëring gewerk. “As provinsiale reservis ko-ördineerder het die reserviste my na aan die hart gelê, omdat die vrywilligers goud werd is. Hulle dien hulle gemeenskap sonder enige vergoeding,” vertel hy. Nilsson het beslis sy kwota van intimidasie en aanranding op ‘n polisiebeampte gehad, maar is gelukkig nooit beseer nie. “Met die genade van Bo was daar nooit na my geskiet nie.” Hy was ook nooit in ‘n situasie waar hy iemand moes skiet nie. Hoewel hy nooit in ‘n ongeluk in ‘n polisievoertuig betrokke was nie, het hy heelwat sulke tonele as offisier bygewoon. Kol. Nilsson het ook sy meestersgraad in openbare bestuur oor geïntegreerde Jeugregstelsel vir die Kaapstad Landdrosdistrik verwerf. Die Youth Leaders Against Crime” (YLAC) program was kort daarná geloods wat ‘n impak op baie jong mense se lewens gehad het. “Dit is jammer dat die regering dit nie verder wou befonds nie,” voeg hy by.

Hy is ook trots om te kan sê dat hy deel was van Gemeenskapdienslewering waar hy ‘n rol gespeel het in die samestelling van die “CSC Guidelines” wat deur die Europese Unie geborg is en aan elke gemeenskapdienssentrum in die land gelewer is. Die laaste derde van sy loopbaan het hy as stasiebevelvoerder by Malmesbury SAPD deurgebring. Hy bedank ‘n voormalige provinsiale kommissaris, Genl. Petros vir dié bevordering. Hy was bereid om met die nasionale regering te baklei sodat bevordering kon plaasvind. “Ek onthou hom ook as die Provinsiale Kommissaris wat gesorg het dat daar genoeg voertuie by stasies in die Wes-Kaap was. Die voertuie se lewensduur was langer en het meer kilometres gekry, omdat die gebruik makliker en beter bestuur kon word,” vertel hy. Hoogtepunte gedurende sy diens op Malmesbury was die “Door2Door” -projek waartydens kerke die strate met hoë misdaadsyfers aangeneem het en die gesinne bedien het. Die (Paarl) “Cluster Got Talent” was ook ‘n suksesstorie met ‘n oorvol saal om nuwe talent te ontdek. “Daar is baie potensiaal wat jong mense van

5

die strate af kan hou, maar daar word mense benodig om die programme te fasiliteer,” voeg Nilsson by. Hy vertel van sy opgewondenheid rakende die Swartland se Geïntegreerde Veiligheidsinisiatief. “Die skuif van die speurderkantore van buite die dorp tot by die polisiestasie was ‘n oorwinning, alhoewel hulle nog steeds sukkel sonder telefoon- en datalyne vanweë begrotingstekorte. Dit is ook ‘n voorbeeld van waar verskeie komponente nie saamwerk nie.” Hy spreek sy dankbaarheid uit teenoor die polisielede van Malmesbury vir hulle harde werk onder moeilike omstandighede. “Malmesbury het aansienlik uitgebrei, maar die lede het al meer en meer verminder. As daar een lid minder is, word die impak gevoel,” vertel Nilsson. Hy bedank ook al sy kollegas waarmee hy oor die afgelope 38 jaar gewerk het. Die meeste het ‘n impak op sy loopbaan gemaak en hy hoop hy het dieselfde vir hulle beteken. Hy spreek ook sy dankbaarheid uit teenoor die gemeenskapstrukture en besighede wat die polisie positief gesind was en gehelp het. Hy sonder sy vrou uit wat volgens hom ‘n medalje verdien vir al die dae wat sy alleen moes deurbring en regkom, terwyl hy misdaad beveg. “Laastens, alle eer aan die Heer wat my lewe oor die jare gespaar het en sy beskermengele getaak het om oortyd te werk om my en my kollegas te beskerm wanneer ons die kriminele in moeilike tye agtervolg het.”

Relihan se wingerdblok vaar goed in streek Winetech en Vinpro wys die beste wingerdblok in die streek vir 2019 aan gedurende hul jaarlikse blokkompetisie. Wilhelm Relihan van die plaas, Oak Valley in die Riebeeksriviergebied wat verlede jaar as die wenner van die 2018 wingerdblokkompetisie aangekondig is, het vanjaar ‘n derde plek met sy blok, Cinsaut Noir bosstok verower. Dié blok is in 2001 geplant en vir premium kwaliteit bestuur. Produsente in die omgewing van die Swartland, Darling, Wellington, Tulbagh, Paarl en Franschhoek het die geleentheid gehad om enige kultivar wat reeds drie oeste gelewer het, vir vanjaar se kompetisie in te skryf. Die ingeskryfde wingerdblokke is op 10 Januarie vanjaar deur ʼn onafhanklike beoordelaarspaneel ge-evalueer, en alle blokke is boonop met inagneming van hul wyndoelwit beoordeel. Die wenblok is amptelik op 23 Januarie bekendgemaak met Juan van der Riet van Twee Jonge Gezellen buite Tulbagh wat met sy blok Pinot Noir geseëvier het. Dié wenblok is tydens die prysuitdeling besoek en bespreek. Volgens Relihan is Van der Riet se wenblok voorwaar ‘n prestasie vanjaar en wens hom en sy span geluk met ‘n eerste plek. Dit wys dat wanneer die regte praktyke van die begin af toegepas word, die resultate volhoubaar teruggeky sal word, voeg Relihan by. "Hierdie jaar se inskrywings was van uitstekende gehalte." Van der Riet se inskrywingsblok het 98% ontvang. Die Cinsaut Noir bosstok wingerdblok wat Relihan ingeskryf het, het volgens hom ook redelik goed presteer, omdat dit bestuur is vir kwaliteit doeleindes, voeg hy by. "'n Bosstok het 'n ander manier van suier en snoei," vertel hy. Daarom is die regte suier -en snoeipraktyke toegepas.

“Produsente staar dieselfde uitdagings in die gesig. Tydens hierdie boeredae kan hulle by mekaar leer en hulself beter toerus om hul wingerde op die hoogste standaard te bestuur,” sê Conrad Schutte, assistentbestuurder van Vinpro se wingerdboukundige konsultasiediens. Relihan bedank al die borge wat die kompetisie borg. "Dit bly steeds 'n voorreg om ten spyte van al die uitdagings, deel te wees van so baie wat die wyndebryf bied."

Die Winetech Vinpro Blokkompetisie gee jaarliks erkenning aan produsente om hul beste praktyke en voorpunt-tegnologie met die res van die bedryf te deel én ʼn netwerkgeleentheid te skep vir produsente, insetverskaffers en borge. "Ons is self trots op ons derde plek en skryf dit toe aan kundige raad op die regte tyd, my werkers wat as 'n span saam met my steeds bereid is om te leer én die genade en seën van ons Hemelse Vader," sê Relihan. Hy sê verder dat die Suid-Afrikaanse wynbedryf maar 'n uitdaging op vele terreine bly. "Ons moes die afgelope paar jaar ook nog met die droeër toestande rekening hou. Met die beter reënval die afgelope seisoen, is ons verseker baie dankbaar, maar nie al die wingerde het ewe gou herstel nie. Daar is beslis nog duidelike te-

kens van droogte in baie wingerde sigbaar," voeg Relihan by. Die Vinpro Winetech Wingerdblokkompetisie word jaarliks in Januarie in die onderskeie streke aangebied om optimale wingerdpraktyke te identifiseer, evalueer en met die bedryf te deel. ʼn Onafhanklike paneel wingerdboukundiges en grondkundiges evalueer die inskrywings. “Die feit dat elke streek ʼn ander kultivar as wenblok aangewys het, is sprekend van die hoë standaard wat produsente regoor die kultivarspektrum handhaaf.” sê Lucinda Heyns, wingerdboukundige tegnologie-oordragkoördineer by Winetech. “Hierdie produsente dra by tot die gehalte van die eindproduk en daardeur ook tot die beeld van Suid-Afrikaanse wyne,” sê sy.


6

N7 project: Much more than just construction The upgrade of the N7 in Malmesbury, goes way beyond construction and has social inclusion at its very core. With a budget of R505m, this project has since January 2015 created more than 500 work opportunities for local residents. This has far-reaching consequences in terms of the economic development of this town. The existing single carriageway of the N7 Section 1 from km48 to km52 is being upgraded to a dual carriageway freeway, which would tie into the existing dual carriageway section, beginning south of the Darling Road Interchange at km52. This interchange is being upgraded in order to improve the capacity for traffic movement between the western and eastern parts of Malmesbury, situated on opposite sides of the N7. This is accomplished by dualling the Darling/Bokomo

13 Februarie 2019

road under the N7 and improving the layout of the N7 ramps and ramp terminals. “This is a multi-phased project and our specific section, which spans approximately 4,5km, involved intense rehabilitation of the existing road, as well as the re-construction of 13 structures,” said Alexi Maravelias of AECOM, SANRAL’s Consulting Engineers on this project. Stefanutti Stocks and Power Construction formed a consortium, to ensure they could draw on the highly specialised skills that were needed for a complex project such as this one. Poens Venter, MD of Power Construction was highly pleased that the improved interchange not only improves traffic flow, but also brings the residents of Wesbank closer to jobs and other amenities within the town of Malmesbury, thereby vastly increasing social inclusion in this area. For SANRAL, is it crucial that its projects must not only significantly contribute to economic development and job creation, but that a legacy of empowerment must be left behind after completion of the construction work. Project Liaison Officer on this project, Lilian Leukes, has put her heart and soul into ensuring she facilitates as many developmental opportunities as possible for the local residents to benefit from inclusion in this project. “Many of our local residents have as a result of this project, been able to put food on the table, while others have used this as a launch pad to further their education and career growth,” said Leukes. On a project of this magnitude challenges are par for the course, and according to Grant White, Site Agent of the Stefanutti Stocks Power Consortium, pedestrian and traffic accommodation during construction was one the major challenges, but lauds the community for the patience and cooperation during the construction period. “This project is in the final stages and we are incredibly proud not only of the world-class quality of the N7 in terms of the road user experience, but also of the major role that the construction industry has and continues to play in spearheading economic development in our country,” said Steph Bredenhann, SANRAL Project Manager.

BUYING or

SELLING FURNITURE

YOU CALL, WE COLLECT

Malmesbury 022 482 3788

CCFMAL10AUG18

WE OFFER THE BEST PRICES

NUUS • NEWS

Hanekoms werk suksesvol as span saam Skuurdanse was in die verlede baie gewild onder inwoners van die platteland. Vandag word die term, “stoor” meer gebruik, hoewel die doel eenders gebly het vir die stoor van plaasimplimente -en voertuie. Daardie selfde implimente word vandag ook steeds uit store getrek wat skoongevee word vir ‘n lekker opskop. Op die plaas, Ebenheazer op Moorreesburg, is plaasimplimente sowat drie jaar gelede amptelik uit die stoor getrek en omskep in ‘n permanente onthaallokaal, wat behoort aan Jannie en Wilinda Hanekom. Die suksesverhaal van die gewilde onthaallokaal en die volhoubaarheid van die boerdery kan grootliks toegeskryf word aan harde werk, ‘n passie vir dit wat jy doen, maar ook goeie spanwerk deur Jannie en Wilinda. Met sy liefde vir die boerdery, kundige oog en vaardighede en sy vrou se kop vir besigheid en spyseniering vanuit die boeke, kyk dié Hanekoms terug ná jare se swoeg, se sweet, goeie herinneringe en hope dankbaarheid. Die plaas, Ebenheazer, is sedert tussen 1915 en 1916 in die Hanekom-familie nádat dié plaas deur ‘n veiling bekom is. Koos Hanekom se ma, wat in familiekringe bekend staan as ouma Hendriena, het destyds op die plaas Hartebeesfontein gebly. Sý het toe besef dat elkeen van haar seuns ‘n plaas het, behalwe Koos. Sy het besluit dat Koos ook ‘n plaas moes kry. Een van haar seuns, Hendrik Hanekom wat op Hanekomshoop geboer het, het sy ma vertel van ‘n plaas op Moorreesburg wat opgeveil gaan word. Die veiling het destyds voor die ou Santam-gebou op Moorreesburg plaasgevind. Die bod is toegeslaan op Hendrik (Hanekomshoop) wat die hoogste bod geplaas het. Hy het dit namens Koos Hanekom gekoop. Daar was geen huise of buitegehoue op die plaas nie. Koos Hanekom het aan die werk gespring en begin bou, insluitend die oorspronklike plaashuis, varkhokke en ‘n stoor. Sy oudste seun, Klaas Hanekom was reeds vóór die koop van Ebenheazer gebore. Die eerste kind wat op die plaas gebore is, was Annie met Henna, Miemsie, Hendrik, Melt en Koos wat daarná gevolg het. Tannie Miemsie(93) is die enigste kind wat vandag nog lewe. Koos en sy vrou Miemie het volgens tannie Miemie bitter hard gewerk om die plaas en die boerdery op die been te bring. Die plaas was op daardie stadium nog naamloos. Koos het die Bybelse vers, “Tot hiertoe het God ons gedra” aangehaal en die plaas Ebenheazer genoem. Miemie is in 1933 oorlede, terwyl Koos, wat intussen weer getrou het, in 1957 dood is. Hy was toe reeds afgetree, terwyl Jannie se pa, Hendrik reeds die plaas geboer het. Jannie (52) het ná skool gaan studeer, in 1989 by die boerdery betrokke geraak én as ‘n chemiese landbou-adviseur begin werk. Hy het eers in 2005 amptelik plaas toe getrek en op sy eie die grond begin boer nádat sy pa in 2003 die boerdery oorgegee het. Hy boer met sowat ‘n 170 vleismerino ooie, koring en onder meer lupiene. Sy pa het aanvanklik ook ‘n melkery op die paas bedryf. Behalwe vir die daaglikse uitdagings, is sy “kantoor” die lekkerste kantoor wat werk betref. Hy geniet die natuur en buitelewe en is lief vir die boerdery. Volgens Jannie en sy vrou is dit vandag belangrik om binne ‘n klein boerdery te diversifiseer. Hy doen metaalwerk, bouwerk, daar is die spysenieringsbedryf én hy

is in die gifbedryf.”As jy ‘n klein boer is, gaan jy

dit nie oorleef sonder ‘n ander inkomste nie.’ Hy herhaal dat hy lief is vir die boerdery en nie ‘n lewe daarsonder kan indink nie. Die Stoor, is ‘n een-stop-onthaallokaal. Alle dienste, van die spyseniering, dekor, blomme en verblyf word voorsien. Wilinda kan van A tot Z wat troues betref vir bruide bied. Indien sy nie iets self kan doen nie, ken sy iemand plaaslik wat wel die diens kan lewer. Wilinda is vanjaar 27 jaar in die spysenieringsbedryf te danke aan haar skoonma, Lolita wat haar gehelp het en alles geleer het wat spyseniering betref. Hulle was nog verloof toe Wilinda haar skoonma se tuisnywerheid op die dorp bestuur het. Sy het later begin middagetes kook. Die behoefte vir nóg ‘n eetplek op die dorp is raakgesien. Op daardie stadium was daar slegs een wat meer formeel van aard was. Sy en Jannie bekom toe ‘n perseel vanwaar hulle ‘n gewilde restaurant begin bedryf het. Toe hul twee seuns gebore word, is die restaurant binne ‘n japtrap verkoop. Wilinda het sedertdien aangegaan met spyseniering. Die Stoor onthaallokaal wat veral gewild is onder bruide, is voorheen al vir familietroues gebruik. Die stoor is stelselmatig meer vir troues en funksies uitgestof en opgetof. Plaasimplimente is gereeld uitgetrek en oliekolle is toegeverf. Dit is nou maar eers sowat drie jaar gelede wat die implimente amptelik verhuis het en die gebou as Die Stoor onthaallokaal bekend staan. Nie net word Die Stoor se dékor deur Wilinda behartig nie, maar sy het haar eie dékorwinkel met die naam Swier wat opskrifte haal. Sy geniet elke oomblik van die bedryf. Seker omdat sy so lief is vir mense, vertel sy. Jannie en Wilinda het verlede jaar die oorspronklike plaaswerkershuise in gesogte gastehuise omskep wat ‘n aanwins is vir die onthaallokaal. ‘n Groot deel van haar kliëntebasis kom nie vanuit die Swartland nie, wat beteken dat verblyf deur haar trougaste gesoek gaan word. Die vier gastehuise is ideaal deur Jannie en Wilinda uiteengesit, versier en ontwerp waar gaste gerieflike en moderne verblyf ervaar, terwyl die plaasatmosfeer sterk teenwoordig is. Hulle beaam dat harde werk en goeie spanwerk die gevolg tot die eindproduk het. Hulle bestuur elke aspek van die boerdery en hul besigheid met passie, terwyl die toekoms steeds blink voor hulle lê.


NUUS • NEWS

#4694

------

TITUS EIENDOMME. WESBANK - 1 Slaapkamer woonstel @ R2400 MAMRE - Ruim 3 slaapkamer huis met baie ekstras. Onmiddellik beskibkaar. Kontak 082 780 1380

DANELLE. 13 Februarie. Mamma se blom, baie geluk met jou sewende verjaardag. Alles wat mooi is. Baie liefde – ma Denise, pa Cola, ouboet Thyrick, Zyla, Nita en Shaquille --------------------------------

Geluk met jou geboortedag vieringe Mamma se blom. Van: Pappa, Mamma en tannies ----Geluk Ma se prinses met jou eerste verjaardag. Hoop die Vader spaar jou nog vele – Jou Ma, Pa, ouma Pauline, Marche, Steph-Line en Deonise

#4696

-------------------------------GEVIND Bos sleutels opgetel by Louwstraat. Kontak asb 022 482 2280 en identifiseer dit -------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS

GEORGIA. 14 Februarie. Baie geluk Ma se blom met jou geboortedag. Ma is baie lief vir jou. Lekker verjaar my “valentine girl” --------------------------------

70 op 15 Feb 2019 – SALLY JULIES. Baie Geluk tannie. Mag u lewens flessie gevul wees met baie liefde, gesondheid en seëninge. Geniet!!! Delport & Cleophas gesin --------------------------------

LU-SHANE ENGELBRECHT. 13 op 13 Februarie. Lekker verjaar my seun. Liefde – Ma Andine, pa Shane, ouma Maurice, oupa Sameul en tannie Chaney --------------------------------

SHANIE. 13 Februarie. Baie geluk met jou geboortedag. Nanna is baie lief vir jou. Geniet jou dag – Nanna Denise, Herzil, Shaquille, Sussa en Thyrick ----Blompot baie geluk met jou 10de verjaardag. Bly die vriendelike dogtertjie soos God jou geskape het. Pappie, Mammie en kleinboet is baie lief vir jou. --------------------------------

ASHANTE. Sewe op 15 Februarie. Geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog vele jare vir jou voorlê. Liefde – Mammie, Daddy, Ouma, Oupa en kleinsus Emke --------------------------------

STEPHEN en PETRONELLA ISAACS. 15 Februarie. Dankie Hemelse Vader dat u ons uitgespaar het om ons 50ste herdenking te vier. Ons loof en prys U. --------------------------------

14 Februarie – CLEONAY ROEMS.

MARICO DYASON. 17 Februarie. Baie geluk met jou 18de verjaardag. Baie seën en ons is baie lief vir jou – ma Pauline, Steph-Line, Marchee en Deonise ----Baie geluk. Mag daar nog vele jare wees. Mag die Here jou ryklik seën. Baie lief vir jou – Sharnique, Cleonay, Ouma, Oupa en boeta Heinie -------------------------------19 Februarie. ERION LOTTERING. Geluk met jou geboortedag. Mag daar nog vele wees en al jou drome bewaarheid word. Liefde – Pauline, Meaghan en Marche --------------------------------

STEVEN DYSON. 15 Februarie. Geluk met jou 60ste verjaardag. Mag jy 'n geseënde en liefdevolle dag hê. Liefde - vrou, kinders en susters --------------------------------

AVA- LEIGH DICKSON. 13 Februarie. Geluk met jou eerste verjaarsdag. Mag God jou seën. Van Dicksons en Claassens familie --------------------------------

MATT TITUS. 14 Februarie. Geluk met jou vierde

verjaarsdag. Mag God jou seën. Van Dicksons en Titus familie --------------------------------

15 Februarie. Geluk CEDERICK met jou verjaarsdag. Geniet jou dag en ek is baie lief vir jou. Van: jou ma -------------------------------40 op 11 Februarie. HARLON. Baie geluk en God se rykste seëninge op jou lewenspad - Pa, Ma, susters, kinders, Leibrandt- en Arendse gesinne --------------------------------

Baie geluk WAYDE SEDEMAN met jou 21ste verjaardag op 11 Februarie. Geseënde jaar vol liefde, vreugde en gemoedsrus. Liefde - tannie Barbara Bruintjies --------------------------------

my suster. Liefde – Rode familie ---Mammie is in die hemel met die engele. Mis jou nog elke dag Mammie. Liefde – Dogter, kleinkind en skoonseun --------------------------------

KATRIENA MARTINS. 14 Februarie 1924. Mamma se eerste verjaarsdag met die engele. Nog steeds onwerklik. Rus in vrede. Liefde – Mary-Ann en familie --------------------------------

LOHAHNO LEANDER. 12 Februarie. Jou tweede verjaardag in die hemel. Ons mis jou baie "blompot". Liefde Mammie, Oupa, Annie, Michaan, Lakeyshia en Jaylin --------------------------------

MAGRIETA HUGO (Antie Griet). Op 11 Februarie vier jy jou eerste verjaardag in die hemel. Ons verlang elke dag na Mamma. Liefde - Quewin, Janeake en Janine --------------------------------

BUYING

or

SELLING

FURNITURE WE OFFER THE BEST PRICES

ELWENA JADRE HENDRICKS. 14 Februarie. Baie geluk met jou verjaardag. Alle seën, voorspoed en geluk vorentoe - Ma, Pa, Sowayda, Jonade, Jomay en Lulu --------------------------------

GRIETA FARAO. 12 Februarie is dit die eerste jaar wat ons tannie weg is. Verlange is nog baie - Mavis, Tinus, Ounoi, Fransie en gesinne --------------------------------

YOU CALL WE COLLECT

CCFMALAUG18

TE HUUR TO LET Eenpersoon woonstel met veilige parkering – R3500 per maand plus deposito. Kontak : 082 801 6992

7

13 Februarie 2019

Malmesbury 022 482 3788

TIAAN TIMOTHEUS. Geluk met jou verjaarsdg op 11 Februarie. Mag net goedheid en guns jou volg. Wysheid vir die toekoms. Van: tannie Sillie en gesin -------------------------------MEMORIUM IN MEMORIAM

FRANSIENA BRUINTJIES GALANT. 13 Februarie. Twee jaar van ons weggeneem. Mis jou elke dag. Rus in vrede

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400.

Ondersoeker van Bestuurderslisensies: Graad A Moorreesburg Departement van die Direkteur: Beskermingsdienste • Verw: V3/19 • Salarisskaal: R185 868 – R241 248 p.j. (T9)

Toesighouer/Stoorman Darling Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V4/19 • Salarisskaal: R146 676 – R190 332 p.j. (T7) Sluitingsdatum: 22 Februarie 2019 om 12:00 Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.thecandocompany.co.za

15x2 PROOF 2

135862


courant

Tel: 022 487 3221

Krieket:

NUUS • NEWS

13 Februarie 2019

dié

8

Die Hoërskool Swartland se 1ste elftal het Saterdag nóg 'n uitstekende vertoning op hul tuisveld gelewer en die krieketspan van Labori oortuigend met 130 lopies geklop. Swartland het eerste gekolf en die beste tellings is deur André Pienaar en Ruan Eloff aangeteken. Hulle het elkeen 50 lopies bygedra tot die totaal van 230. Hierna het Swartland die besoekers uitgehaal vir 100 lopies. Bertus Malan het amok gemaak met die bal en 5 paaltjies geneem. Swartland speel Saterdag in die jaarlikse interskole-kragmeting weg teen Hugenote. Bo is Ruan Eloff in aksie voor die penne. Foto: Johan Viljoen

SPORT

13 Februarie 2019

Swem: Johann Dippenaar van Hoërskool Swartland swem die laaste been (vryslag) in

die wisselslag aflos vir sy span in die jaarlikse swem-interskole teen Hugenote Hoërskool van Wellington. Swartland het dié 200m aflos vir seuns 13 tot 14 jaar gewen in 'n tyd van 2 minute 38,33 sekondes. Dippenaar se spanmaats was Tristan Thomas, Ryan Brewer en Schalk Burger. Foto: Johan Viljoen

Drie leerlinge van Laerskool Darling is onlangs in die Wes-Boland atletiekspan opgeneem. Hulle neem elkeen eerskomende Saterdag deel aan die Boland-atletiekbyeenkoms by Dal Josaphat-stadion. Van links staan Chloey-Lee Daniels wat goud losgeslaan het in verspring, asook silwer in die 80m-item en 70m hekkies-item. Luzaine van der Vent het silwer vir deelname in die 80m hekkies verower, asook brons in die 200m hekkies en Alynna Schwartz het goud vir die 60m-item en silwer in die 80m-item ontvang.

Sportuitslae

NETBAL

Die Malmesbury-netbalklub nooi alle belangstellendes om deel van die klub te word en aan die komende proewe deel te neem. Belangstellendes moet vooraf kontak maak met Mekayla Barnard by 076 034 8294 of Lize by 082 082 7549. Dan is daar ook die groot besigheidstoernooi op hande wat die 4de en 5de Maart gehou sal word. Hier is dit nie net 'n sport vir vroue nie, maar mans is ook welkom en daar is selfs 'n raak-rugby-afdeling. Die wedstryde skop om 18:00 op die velde van die Laerskool Swartland af. Vir meer inligting, stuur 'n epos na imburger7@gmail. com, of na mekaylabarnard@gmail.com of kontak Mekayla by 0760348294. Inskrywingsfooi beloop R500 per span en 'n span bestaan uit 8 spelers. Die afsnydatum vir inskrywings is 22 Februarie.


NUUS • NEWS

13 Februarie 2019

III


courant

dié

13 Februarie 2019

Tel: 022 487 3221

SPORT

13 Februarie 2019

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.