courant courant
• Bergrivier 1Swartland Wellington
dié dié • Free • Gratis
Bou saam met goeie nuus Wes-Kaap se #1 • Bergrivier 1Swartland Wellington
Uitgawe 506 12 September 2018
20 Februarie 2019
•PLAASLIKE TELEVISIEREEKS VERFILM
Hugenote Hoër in Hollywood omskep •SAKEKAMER FOKUS OP KUBERRUIM Moderne vrou se rol in samelewing • Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
•Jaomi Zeeman Talle Wellingtonners het die afgelope tyd interessante bedrywighede rondom Hugenote Hoërskool opgemerk. “AM”-borde is op verskeie plekke op lamppale aangebring en ‘n mens moet soms iewers ‘n bietjie in ‘n straat naby die skool wag, sodat tegnici en mense met groot skerms en kameras hul ding kan doen voordat verkeer weer kan verby beweeg. Poeierkwaste, lang lense en talle bekende gesigte is die afgelope week ‘n algemene gesig op en rondom die skoolterrein. Die rede vir hierdie interessante bedrywig•Jaomi hede isZeeman die verfilming van die “Alles Malan”-teleDie Drakenstein Sakekamer het, is. in samewervisiereeks wat tans in volle swang kingWellington met CS Cybershield, Sanlam is die tuiste van ‘n en heleGolden televiThread ‘n spesiale siespan,Communications, talle bekende akteurs en dieinligtingproduksessie virvan plaaslike sakevroue waar siespan Red Letter Day aangebied Pictures wat die die voordele en vervaardig. gevare van sosiale media en reeks vir KykNet die kuberruim diedie loepagtergrond geneem is.vir die Ons dorp onder dien as Hierdie insiggewende hettalle op Dinsdag Malan-familie se doen ensessie late en skoolkin4ders September by die Boschenmeer en plaaslike mense word ook as Landgoed ekstras en plaasgevind. byspelers in die reeks gebruik. Talle plaaslike besigheidsBehalwe vir die feit dat en ‘n sakevroue hele paar het van die geleentheid bygewoon en groot gevindin Hugenote Hoërskool se leerders asbaat karakters by interessante praatjies. diedie reeks gebruik word, is die skool en Boland Anine ook van‘n der vanagtergrond Golden Stadion grootWesthuizen deel van die Thread Communications, ‘n spesialis op die waarteen die storie afspeel. gebied aanwending vanis Tweevan vandie diesuksesvolle hoofkarakters in die storie sosiale media in die besigheidswêreld, het die hoërskoolleerders en die rolle van hul vriende dames oor die voordele van dieHugenote gebruik van die word almal deur leerders van vertolk. kuberruim dieskool werkplek ingelig. ‘n Paar vanindie se onderwysers sal ook ‘n Volgens Anine kan sosiale verskyning in die reeks maak. media platforms baie suksesvol in die sakewêreld en tot voordeel van besighede benut word. “Sosiale media platfoms soos facebook, instagram en linkedin is ‘n kragtige hulpmiddel om jou besigheid te adverteer en netwerke met ander besighede en moontlike kliënte te bewerkstellig. "Instagram het byvoorbeeld 3,8 miljoen verbruikers, 80% van verbruikers volg besighede op hierdie platform en 30% van verbruikers koop produkte wat hulle op instagram gesien het,” het sy gesê. Anine het hierdie platform ook as ‘n plek waar besighede hul kreatiwiteit kan uitbeeld, ‘n besigheidsblad kan skep, hutsmerke kan skep, treffende foto’s kan plaas en subtiele handelsmerksigbaarheid kan bewerkstellig, voorgehou. Volgens haar is Twitter nog ‘n goeie platform wat deur sakevroue gebruik kan word. “Met 7,7 miljoen gebruikers, 83% van die wêreld se leiers wat op hierdie platform in aksie is en 76% van verbruikers wat handelsmerke hier na vriendelike diens aanbeveel, is dit ‘n kragtige instrument in enige besigheid,” het sy gesê. Volgens Anine is Linkedin ‘n meer professionele, ernstige platform. “Linkedin het 6,1 miljoen verbruikers en 94% van werwers is op hierdie platform om kandidate te vind. "Dit is die effektiefste sosisale media platform vir webwerf-verkeer en leidrade,” het sy
NUUS • NEWS
20 Februarie 2019
Uitgawe 486
12 September 2018
Die span van "Alles Malan" op stel. Die verfilming van die reeks het reeds in Desember 2018 begin en in Februarie hierdie jaar hervat. Sedert die verfilming hierdie maand begin het, is Hugenote Hoërskool kompleet in ‘n klein-Hollywood omskep. Plaaslike ouers en leerders dien as agtergrond vir die Malans se doen en late. Sekere tonele het spesifiek ouers as toeskouers en ondersteuners tydens ‘n sportbyeenkoms in die reeks vereis. Talle ouers het gewillig gestaanvan om die die Anine van der Westhuizen van Golden Thread Communications, Francisnader Nieuwoudt pawiljoen vol te sit deelBorchardt van die opwinding te Drakenstein Sakekamer, Jan-Hendrik Stander van Cybershield en en Helét van Sanwees. lam. Bekende akteurs soos Elsabé Daneel, Albert gemaak het, gegee. gesê. Maritz, Marius Weyers, Valvekens Ivan Hy het ook die voor-Nadia en nadele vanen gratis Jan-Hendrik Stander van CS Cybershield het Zimmerman is die afgelope tyd algemene gesigte Anine se praatjie opgevolg met ‘n inligtingsessie Wi-Fi vir kliënte en besighede bespreek. op“Wanneer die skoolterrein. jy gratis Wi-Fi gebruik, is jou oor die kubersekuriteit en inligtingsekuriteit. Die salnie vanaf die middel van 2019 op en data beskerm nie. Kuberkrakers Volgens hom hou die gebruik van telefone, inligtingreeks kykNET te sien e-posse en wees. baksake onderskep, virusse op die internet, sosiale media, e-posse, rekenaars, kan selfone, tablette, sowel as die feit dat mense nie net in kantore nie, maar ook in koffiewinkels en restaurante besigheid doen talle voordele, maar ook talle gevare in. Hy het ook na die gevare van kuberdiefstal en kuberkrakers verwys. “Wagwoorde is soos onderklere. "Jy moenie toelaat dat ander mense dit sien nie, jy moet dit gereeld verander en jy moet dit nooit met vreemdelinge deel nie,” het hy geskerts. Hy het die kenmerke van ‘n sterk wagwoord verduidelik en ook wenke oor hoe om uit te vind of iemand op jou kubersekuriteit inbreuk
toestel aflaai en toegang tot jou data en stelsels verkry,” het hy verduidelik. Jan-Hendrik het ook die terme “phising” en “spoofing” verduidelik en wenke vir die voorkoming daarvan gegee. Besighede se digitale voetspoor en die belangrikheid daarvan is bespreek. Die wetlike aspekte rondom sosiale media platforms en wenke rondom hierdie kwessie is ook bekyk. Die dames wat die sessie bygewoon het, het dit baie insiggewend gevind en kon rondom heerlike eetgoed hul ervaring en idees ten opsigte van die gebruik van sosiale media deel.
Hearing Tests Hearing Aids Hearing Protection
Tel: 021 870 1898
20 Verster Street, Paarl (Next to Medicross) www.paarlhearing.co.za
NUUS • NEWS
2
20 Februarie 2019
NUUS • NEWS
Alleensaam-uitstalling by Breytenbach-galery geopen Die kunstenaar Jana Muller se uitstalling, Alleensaam, het op Saterdag 16 Februarie by die Breytenbach-galery geopen. Hierdie uitstalling wat uit Jana se kunswerke uit gemengde media bestaan, sluit ook fotografie van haar oorlede man, Hilgard, in. Hilgard was ‘n jong ortopediese chirurg van die Paarl wat in 2017 selfdood gepleeg het. Jana, ‘n fisioterapeut, se kunswerke saam met dié van haar ontslape man, sorg vir ‘n treffende uitstalling. Nanette Ranger was die openingspreker tydens die geleentheid. Sy het na beide Jana en Hilgard se fyn aanvoeling vir kuns en die fynere dinge in die lewe verwys. “Hilgard het die vermoë gehad om die mooi rondom hom presies soos wat hy dit gesien het weer te gee - sonder enige versteekte agenda. Jana, aan die ander kant, vind haar inspirasie in die eensaamheid van die lewe en druk dít uit wat moeilik is om te verwoord. Met Hilgard wat die mooi uitbeeld, en Jana die onderbuik daarvan, vind hul visie ‘n balans wat beide mooi is en ‘n mens aanraak. ,” het Nanette gesê. Jana is reeds sedert 2014 ‘n student van Nanette. Volgens Nanette was dit van die begin af duidelik dat Jana ‘n uiters talentvolle student is wat elke projek met entoesiasme en ‘n diepe intellektuele begrip van die wêreld aangepak het. “Jana het nooit iets aanvaar of op ‘n oppervlakkige manier geïnterpreteer nie, maar altyd dieper gedelf om die hoe, wat en waarom te probeer verstaan. Sy het al met ‘n groot verskeidenheid materiale gewerk en baie verskillende tegnieke beoefen. Haar oorgang tot drukwerk
het uit haar gewaarwording van dinge buite die sfeer van realisme ontstaan. Sy omhels die onverwagse,” het Nanette oor Jana as kunstenaar gesê. Jana se veelsydigheid in die gebruik van tegnieke en ontginning van die eindelose moontlikhede van kreatiwiteit is in haar kunswerke sigbaar. Nadat Hilgard dood is, het Nanette Jana aangemoedig om steeds haar kunsklasse by te woon. Dit is tydens hierdie tyd dat Jana die towerkrag van keramiekkuns ontdek het. “Wetenskaplike navorsing het bewys dat mense wat aan post-traumatiese stres ly, sukkel om dié deel van hul brein wat met verbale kommunikasie te doen het, te gebruik. In ‘n poging om sin te maak van haar hartseer, het Jana met klei begin eksperimenteer. Hieruit is ‘n reeks keramiek-portrette gebore wat ‘n verskeidenheid emosies uitbeeld. Terwyl sy met klei gewerk het, het sy intuïtief, eerder as kognitief te werk gegaan en meer op gevoel as op sig staatgemaak,” het Nanette verduidelik. Op hierdie manier kon Jana ‘n merkwaardige ooreenkoms met Hilgard, sowel as haar eie gesig skep. In een van Hilgard se joernale het hy die volgende geskryf: “Ek smag na skoonheid. Om dit te sien, te vind en vas te vang.” Sy fotografie wat as deel van die uitstalling te sien is, getuig hiervan. “Met hierdie versameling van sy werk, laat hy ons met die groot geskenk van onsterflikheid. Want kuns ís, dit wás nooit. Ons praat van ‘n kunswerk in die teenwoordige tyd omdat dit altyd in die nou ervaar word. Al het die kunste-
Bo: Die openingspreker, Nanette Ranger, saam met die kunstenaar Jana Muller en Anne-Ghrett Erasmus, kurator van die Breytenbach-galery. naar aanbeweeg, sal sy gedagtes en kreatiewe impulse vir altyd in die teenwoordige tyd bly voortbestaan,” het Nanette afgesluit. Jana het tydens haar spreekbeurt almal wat haar in die proses ondersteun het, bedank.
“Hilgard was braaf genoeg om te skep. Hy was ‘n buitengewone mens wat voluit geleef het en lief was vir die lewe,” het sy gesê. Die uitstalling is tot 7 Maart in die Breytenbach-galery te sien.
Gloukoom: Wat is dit? Ons het gaan kers opsteek by 'n bekende oogspesialis, Dr Roland Berry, rakende ooggesondheid en gloukoom. Hy het die volgende inligting met ons gedeel:
Gloukoom is ’n siekte wat die oog se optiese senuwee beskadig. Dit gebeur gewoonlik wanneer vloeistof in die voorste gedeelte van die oog opbou. Die oormaat vloeistof verhoog die druk in die oog en sodoende word die optiese senuwee dan mettertyd beskadig. Gloukoom is ’n baie ernstige toestand wat dikwels nie gediagnoseer word nie. Gelukkig is die hantering van gloukoom in die meeste gevalle met moderne tegnologie, medikasie en tegnieke uiters suksesvol. Die belangrikste bly egter dat die pasiënt die verantwoordelikheid aanvaar om sy behandeling pligsgetrou na te kom. Gloukoom is wêreldwyd die hoofoorsaak van blindheid by mense ouer as 60. Blindheid weens gloukoom kan gelukkig met vroeë behandeling voorkom word. Soorte Gloukoom 1. Primêre oophoek-gloukoom Dit is die mees algemene soort gloukoom. Dit gebeur baie geleidelik waar die oog nie genoeg vloeistof dreineer nie. Gevolglik bou die drukking in die oog op en word die oogsenuwees daardeur beskadig. Hierdie soort gloukoom is pynloos en veroorsaak aanvanklik geen simptome wat visie betref nie. Ongelukkig is dit die hoofrede waarom baie mense met gloukoom rondloop sonder dat hulle daarvan bewus is of dit gediagnoseer is. 2. Toehoek-gloukoom (ook genoem “nouhoek-gloukoom”)
Promosie
Dit is ’n soort gloukoom waar die iris (die bruin, groen of die blou van die oog) baie naby aan die dreineringshoek in die oog is. Die iris kan die hoek heeltemal blokkeer waarna die druk dan akuut baie hoog kan styg. Wanneer die hoek volledig geblokkeer of afgesluit word, word dit ’n akute aanval genoem. Dit is baie pynlik en kan blindheid veroorsaak. Risikofaktore Sekere mense het ’n hoër risiko om gloukoom te ontwikkel. Dit is gewoonlik mense wat: • veertig jaar en ouer is, • ’n familiegeskiedenis van gloukoom het, • van Afrika, Spaanse of Asiatiese herkoms is, • hoë oogdruk het, • erg bysiende of versiende is, • vorige oogbeserings het, • op hoë doserings en langtermyn kortisoonmedikasie is, • dun korneas het of aan • diabetes, migraine of hoë bloeddruk ly. Diagnose Die enigste manier waarop gloukoom gediagnoseer kan word, is ’n volledige oogondersoek deur ’n oogspesialis. Behandeling Gloukoomskade is permanent. Dit kan nie omgekeer word nie. Medisyne, en in sekere gevalle chirurgie, help om verdere skade te beperk of te verlangsaam. Die volgende soort behandelings is beskikbaar, naamlik medikasie in die vorm van oogdruppels, laserterapie of filtrasie-operasie. Geskryf deur Dr. Roland Berry - ’n oogspesialis by Paarl Oogsentrum, 021 871 1368.
NUUS • NEWS
20 Februarie 2019
Veelsydige Elzahn oes talle Boland-medaljes in •Jaomi Zeeman Elzahn Nel is ‘n graad 7-leerder aan Hugo Rust Laerskool. Hierdie veelsydige sportvrou het tydens die Boland Atletiekbyeenkoms wat op Saterdag 16 Februarie by Dal Josaphat plaasgevind het medaljes in al die items waaraan sy deelgeneem het, ingeoes. Sy is ook die Bolandkampioen in twee van haar items. Volgens Elzahn was sy nog altyd lief vir sport. Haar ellelange lys sportprestasies getuig hiervan. Sy neem al sedert graad 1 aan verskeie sportsoorte deel en presteer in byna alles wat sy aanpak. Elzahn se naam pryk agter talle skoolrekords en sy het elke jaar die streek-atletiekspanne verteenwoordig. Sy was ook al twee agtereenvolgende jare die Victrix Ludorum by haar skool en is in 2018 boonop as die Sportvrou van die Jaar aangewys. Dit is veral in hekkies, gewigstoot en diskus dat sy op die atletiekbaan uitblink. Sy het die Boland Atletiekspan verlede jaar in twee hekkie-items, sowel as diskus en gewigstoot verteenwoordig. Sy is ook in 2018 in die Wes-Kaap Atletiekspan opgeneem en het hulle by die Suid-Afrkaanse Atletiekkampioenskappe gaan verteenwoordig. Elzahn het hierdie jaar op haar vorige prestasies voortgebou deur as die Bolandkampioen in die 200m hekkies, sowel as die 75m hekkies oor die wenstreep te nael. Sy verwerf ook ‘n silwermedalje in beide gewigstoot en diskus en verwerf dus vier keer Bolandkleure. Oor twee weke sal sy aan die Wes-Kaap Ateltiekkampioenskappe deelneem. Buiten haar liefde vir atletiek, het Elzahn al aan talle ander sportsoorte deelgeneem waarin sy ook uitstekend presteer het. Sy het haar skool se swemspan by talle byeenkomste en gala’s verteenwoordig en van haar swemrekords staan nog steeds by die skool. “Ek moes ongelukkig ophou met swem aangesien die oefentye met my atletiek oorvleuel,” sê sy. Elzahn het ook al haar skool op die krieketveld verteenwoordig, is sedert graad 1 ‘n A-span hokkiespeler vir Hugo Rust en sy speel ook sedert o/9 vir die o/11A-tennisspan en sedert 2016 vir die o/13A-tennisspan van haar skool. Sy is boonop ‘n kranige netbalspeler. Sy het sedert graad 1 elke jaar vir haar skool se A-span op die netbalbaan uitgedraf en het in 2017 die Wynland-netbalspan by die Streektoernooi verteenwoordig. In 2018 verwerf sy Wes-Kaap kleure in netbal en gaan neem aan die SA’s in Boksburg deel, waar haar span ‘n algehele 7de plek in die land losspeel. Om aan soveel sportsoorte deel te neem en boonop daarin te presteer, verg ongelooflike deursettingsvermoë en harde werk. Elzahn het ‘n vol oefenprogram wat kophou verg. “Op Maandae en Woensdae oefen ek vir ‘n uur en ‘n half gewigstoot en diskus. Dinsdae en Donderdae oefen ek weer vir meer as ‘n uur hekkies. Met die Wes-Kaap byeenkoms om die draai oefen ons selfs Saterdae en Sondae ook,” sê sy. Sy het egter geleer hoe om haar tyd goed te bestuur. “Ek doen opsommings waar ek kan en moet oor naweke voor eksamens en toetse wat in die week geskryf word, leer,” vertel sy. Hierdie nederige, spontane kind wil net haar
talente na die beste van haar vermoë ontgin. “Ek hoop ek kan eendag ons land in atletiek of netbal verteenwoordig. Ek besef dat ‘n mens gebalanseerd moet wees en daarom neem ek ook graag aan kultuuraktiwiteite deel. Ek het al ‘n hoofrol in ons konsert gespeel en doen monoloë, klavier en sang by die eisteddfod,” sê Elzahn. Haar naam is self al op Unisa se ererol aangebring vir haar prestasie in ‘n musiekeksamen en sy het ook al die Kultuurtrofee by Hugo Rust ingepalm. Sy is boonop ‘n hardwerkende slimkop wat onder die Top 10 vir akademie in haar graad is. Intussen geniet sy dit om gewone “graad 7-dinge” te doen. “Ek hou daarvan om te lees en saam met my vriende te kuier. En natuurlik van shopping veral vir sportklere en -skoene,” lag sy.
3
Nuwe koolstofaanleg langs Bergrivier beplan ‘n Publieke deelnameproses is tans onderweg vir die voorgestelde ontwikkeling van ‘n koolstofiseringsaanleg teen die Bergrivier. Die voorgestelde ontwikkeling sluit die daarstelling van ‘n karbonariseringsaanleg en gepaardgaande infrastruktuur op die plaas, Plaasgrens in. Die perseel is tussen Wellington en Hermon langs die Bergrivier, sowat 15km buite Riebeek-Kasteel geleë. Die ontwikkeling val ook onder die jurisdiksie van Swartland Munisipaliteit. Die aansoeker, die Toronto Groep, is in 2014 gestig met die fokus om die voorstander in die produksie van koolstof en kool in die bedryf te wees. Die Toronto Groep is afkomstig vanuit die ingenieurs- en mynmaatskappy, Toronto Engineering and Mining Supplies, wat in plantegroeibestuur in die Wes-Kaap spesialiseer, veral die uitroei van indringer- en uitheemse plante. Direkteure van die maatskappy het ‘n leemte in die mark gesien vir inisiatiewe wat waarde toevoeg tot dié biomasse gegenereer vanuit die indringer uitheemse spesies wat van die rivierbeddings en oewers verwyder word. Die verwydering van die uitheemse plantegroeispesies langs die rivieroewers vorm deel van die Working for Water-programme, asook van onder die Eskom kraglyne, waarvoor Toronto Engineering and Mining Supplies langtermyn-kontrakte het. Dié vrae het gelei tot gefokusde navorsing en ontwikkeling rondom die voordele van die biomasse. In die proses is Toronto Groep blootgestel aan verskeie tegnologie vanuit Nederland, geproduseer deur die maatskappy, Clean Fuels. Dié tegnologie is daartoe in staat om steenkool, plofstofolie en sintetiese gas te genereer, terwyl die proses wat gebruik word, skadelike lugvrystellings uitskakel. Die hoofproduk wat deur die aanleg produseer sal word, is steenkool. Die doel is om 10 000 ton steenkool per jaar te produseer deur die hout wat van die verwyderde indringer plantspesies in die omgewing
van die aanleg afkomstig is, te gebruik. Bykomende produkte soos elektrisiteit, sal deur Organic Rankine Cycle-kragopwekkers geproduseer word. Plofstofolie sal op sy beurt in die tweede fase van die ontwikkeling geproduseer word sodra die aanleg tot sy volle kapasiteit ontwikkel is. Die ge-oesde indringerhout biomassa-materiaal word uiteindelik in hoë kwaliteit steenkool omskep. Die aanleg wat deur die Toronto Groep ontwikkel sal word, sal in twee fases plaasvind en benodig ‘n oppervlak van ongeveer vier hektaar groot wat op drie terrasse gebou sal wees. Die aanleg is ook bereikbaar vanaf die R45. Die terrasse sal verder ook elk bo die 1:100 jaar vloedlyn van die Bergrivier- en Olifantsrivier geleë wees. Die karbonisasie-aanleg sal in twee staalstrukture van 1520²m gehuisves word, elk op die onderste deel van die terrasse. Die verwante infrastruktuur sal voorlopig bestaan uit ‘n wateropgaartenk, bogrondse dieseltenk, ‘n werkswinkel, ‘n pomphuis, ‘n stormwaterretensiedam en ‘n filtrasiebed geleë tussen die geboue en die Doringrivier. Die aanleg sal ook veilig omhein wees vir sekuriteitsdoeleindes. Die ondergrondse gekompakteerde rioolaanleg word ook voorgestel om die nodige riooldienste vir die ontwikkeling te verskaf. Die voorgestelde ontwikkeling se stormwaternetwerk sal bestaan uit afvoervore wat geskep sal word om die stormwater aan die bokant van die aanleg na die Doringrivier te lei deur middel van ‘n grasblokvoor. Beide vore sal via ‘n rietbed en die retensiedam oorloop. Die stormwater sal dus na die rietbed en die retensiedam gelei word wat weer in die rivier sal vloei sodra die dam vol is. Belangstellendes en geaffekteerde partye is welkom om te registreer en kommentaar te lewer deur ‘n e-pos aan die omgewingskonsultante, Doug Jeffery Environmental Consultants by adel@dougjeff.co.za te stuur. Alle kommentaar moet voor 4 Maart gestuur word.
4
20 Februarie 2019
NUUS • NEWS
Proses net so belangrik Stampvol Bôrdienghuis vir soos die produk Hekelwoorde bekendstelling
Wanneer ‘n mens kunstenaars oor hul kunswerke uitvra, kom jy gou agter dat daar ‘n hele proses agter die produk lê. Dit neem soms maande of jare om ‘n boek geskryf te kry, ‘n skildery te voltooi of ‘n beeldhouwerk te maak. Die produk is gewoonlik die resultaat van talle gedagtes, herordening, van voor af begin, skuur en skaaf en baie bloed, sweet en trane. ‘n Produk is in der waarheid net die statiese resultaat en uitkoms van die proses. Op alle terreine van die lewe loop die twee hand aan hand - die een kan nie sonder die ander bestaan nie. En wanneer die balans tussen die proses en produk versteur word, bv. in opvoeding, is die resultate nie altyd wenslik nie. In die lewe gaan dit ook maar so. Ons is die produkte van die prosesse waardeur ons al gebeitel is. Eintlik hou die prosesse nooit op nie en die produkte sal ons miskien nooit sien of ervaar nie. Met die onlangse opening van die nuwe kunsuitstalling, Alleensaam, by die Breytenbach Galery het die kunswerke teen die mure die storie van ‘n langsame proses vertel - een wat nog nie verby is nie. Die onverwagse dood van Jana Muller se man en hoe sy toegelaat het dat die proses rondom die gebeure haar gevorm het, word in haar kunswerke verbeeld. In Wellington is daar talle voorbeelde van interessante en soms moeilike prosesse wat tot wonderlike produkte lei. Die nuwe Koffiewinkel wat tans by Silwerkruin ingerig word se naam, “Net ‘n bietjie liefde”, getuig van die proses wat hierdie produk tot stand gebring het. Die oud-Hugenoters, Ewan-Nize Gerber en Mieke Gouws, se jarelange proses van harde werk en deursettingsvermoë het hulle aan die einde van 2018 buitelandse studiebeurse as produk besorg. Die prosesse wat al vir jare en seisoene lank rondom ons dorp in ons wingerde en op ons plase plaasvind, sorg vandag vir ervarings, kuierplekke en heerlike produkte wat Wellingtonners, sowel as besoekers kan geniet. Tania Smit se egskeiding, liefdesteleurstelling en talle ander terugslae het uiteindelik haar skryfproses aan die gang gesit. Haar eerste bundel, Hekelwoorde van my Hart, is die produk daarvan wat die afgelope naweek in Wellington bekendgestel is. Die fisioterapeut en kunstenaar Jana Muller se rouproses oor haar man het tot ander, kreatiewe prosesse gelei. Haar uitstalling, Alleensaam, is die produk daarvan. Al ons dorp se jong sportsterre wat onlangs uitstekend by die Boland Atletiekkampioenskappe presteer het, het nie dié goeie resultate sonder die proses van talle ure se oefening en toewyding behaal nie. Jerry Moran het geskryf dat perfeksie met die produk te doen het, maar dat uitnemendheid met die proses te doen het. Mag elkeen hierdie week met heerlike prosesse doenig wees. Dit sal uiteindelik vir die regte produkte sorg.
Wees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
Tania Smit se bundel, Hekelwoorde van my hart, is op Saterdag 16 Februarie in die Bôrdienghuis Teater bekendgestel. Talle belangstellendes het die geleentheid bygewoon en die teater was stampvol mense wat entoesiastiese lesers van Tania se werk is. Tania Smit het bekendheid en ‘n groot aanhang onder lesers verwerf met haar facebook-blad, Hekelwoorde van my hart. Sy het meer as 15 000 volgelinge en lesers van regoor die land wat daagliks haar inskrywings op sosiale media volg. Haar bundel is aan die einde van 2018 uitgereik en sedertdien is sy druk besig met bekendstellings, voorlesings en boekverkope. ‘n Vriend van Tania, Ryan Kleinhans, het die verwelkoming by die geleentheid gedoen en Tania aan die gehoor bekendgestel. “Wie sou ooit kon raai dat ‘n egskeiding, liefdesteleurstelling en die break down met haar pa se bakkie tot hier sou lei? Tania het net ‘n spesiale manier, die Tania-manier, om dinge in oënskou te neem en neer te pen. Haar skrywes handel oor die liefde, die lewe, hoe ons landsake lyk, ouer word en haar ervarings rondom al hierdie dinge,” het hy gesê. Ryan het ook whatsapp-boodskappe wat lesers na aanleiding van Tania en haar skryfwerk aan hom gestuur het, voorgelees. Uit hierdie boodskappe blyk haar passie, haar jong hart, haar ou siel en haar verstaan van menswees duidelik. Tydens haar voorlesings het Tania na die invloed wat haar skryfwerk op haar lewe gehad het, verwys. “Na alles, al die e-posse en telefoonoproepe wat ek moet beantwoord, die boodskappe waarop ek wil reageer en die boekbestellings wat ek moet hanteer, is ek eintlik nog net dieselfde. Enige mens se beste kwaliteite is soms ook sy slegste kwaliteite. Jou beste goed is ook jou slegste sleg. Dis twee kante van dieselfde munt. Vir my gaan dit om die onvoorwaardelike aanvaarding van jou hele self,” het sy gesê. Volgens Tania het baie mense haar al gevra of dit nie moeilik is om so eerlik dinge oor jouself te deel nie. “Nee, dit is nie vir my moeilik nie. Want ek is ‘n mens en ek is lankal nie meer skaam dat ek ‘n mens is nie,” was haar antwoord. Sy het voorlesings uit haar bundel gedoen wat sketse oor haar terugverlang na haar kinderjare en eenvoudiger tye en die vind van nuwe liefde na ‘n egskeiding ingesluit het. Sy het ook essays wat sy oor haar reis om te besef dat jy vir jou
Tania het boeke vir haar bewonderaars onderteken. eie geluk verantwoordelik is, geskryf het, voorgelees. Die gehoor het gelê soos hul lag toe sy ‘n stuk voorgelees het waarin sy beskryf hoedat sy haarself in ‘n korset of vormdrag, wat sy met ‘n “baby grow” vergelyk het, probeer inwurm het. Nog ‘n voorlesing oor Ouma Willa, ‘n vriendin van haar se ouma, se raad oor mans, het stof tot nadenke gelaat. “Ouma Willa het gesê dat mans wonderlike goed is, maar bitter beperk is. As ‘n mens dit kan aanvaar, sal dinge beter gaan. Verder het sy gesê juis omdat hulle beperk is, het ‘n vrou ander vroue nodig om jou deur die lewe te help, want ons skrik nie vir mekaar se huil en emosies nie,” was Tania se woorde. Die gehoor het lank na haar voorlesings geluister en behoorlik aan haar lippe gehang. Sy het ook talle geselsies met die mense wat die geleentheid bygewoon het aangeknoop en boeke vir haar aanhangers onderteken. “Wat ‘n wonderlike oggend. ‘n Mens voel sommer nou weer of jy okay is, met al jou grille en dinge,” het een van die gehoorlede laat hoor.
Net 'n bietjie liefde bied talle smaaksensasies “Net ‘n bietjie liefde”. Dít is die naam van die nuwe Koffiewinkel wat binnekort sy deure by die Silwerkruin Huis vir Bejaardes sal oopmaak. Die naam van die Koffiewinkel is nie net tekenend van wat gaste daar kan verwag nie, maar ook van die atmosfeer en dít wat daar uitgedeel sal word. Die idee vir ‘n Koffiewinkel op Silwerkruin se perseel broei al ‘n geruime tyd by die beheerraad van die instansie. Aan die einde van verlede jaar het hulle die Wellingtonner Esti Laubscher genader om die bestuur van so ‘n inisiatief te behartig. Volgens Esti was dit vir haar ‘n teken dat sy haar dienste en gawes op hierdie wyse moet aanwend. “Twee verskillende beheerraadlede het met my hieroor gepraat. Die idee pas heeltemal in by my passie en hoe ek my roeping in die lewe sien. Ek is so lief vir mense het het nog altyd ‘n sagte plekkie vir veral die weerloses onder ons gehad. Met my betrokkenheid by hierdie inisiatief val al hierdie dinge presies in plek,” sê sy. Esti het ook op die naam van die Koffiewinkel besluit. “Partykeer soek die mense wat heeldag in ‘n klein kamertjie sit en nie sommer kan dorp toe gaan of iewers heen ry nie ‘n plek waar hulle kan ontspan, sosiaal verkeer en ‘n bietjie kan ‘uitkom’. In ‘Net ‘n bietjie liefde’ wil ons presies só ‘n plek skep. Dit is ‘n plek waar die inwoners van Silwerkruin saam met familie, vriende en besoekers sal kan sit en kuier. Die Koffiewinkel sal ook ‘n buite-area hê waar mense kan kuier. Hier sal lekker musiek speel en hulle kan sommer net hier kom sit en gesels, ‘n tydskrif lees of ‘n blokkiesraaisel invul,” sê Esti. Volgens haar sal die Koffiewinkel ‘n belangrike rol vervul, sonder om inbraak op die bestaande dienste of roetine van Silwerkruin te maak.
“Daar is reeds middagete en aandete in Silwerkruin en die Koffiewinkel sal nie hiermee inmeng of dit vervang nie,” sê sy. Esti, wat ook al onbaatsugtige diens aan die gemeenskap by instansies soos Sunfield Home, St. Albans Primêr en Hugenote Hoërskool gebied het, is baie opgewonde oor hierdie nuwe projek waarby sy nou betrokke gaan wees. “Ek beplan ‘n koek-van-die-dag, sowel as varsgebakte produkte in die Koffiewinkel. Daar sal moontlik ook blomme en ander items te koop wees en alles sal baie bekostigbaar wees. Dit sal ‘n plek wees waar die mense van Fyngoud, Saffier en Huis Lizelle ook kan kom sit en kuier. Die publiek sal ook sommer by ‘Net ‘n bietjie liefde’ kan inval vir kuier en heerlike eetgoed. Daar is soveel moontlikhede vir hierdie Koffiewinkel wat beloof om ‘n lekker kuieratmosfeer te hê. Ek is baie lief vir mense en kan nie wag dat ons ons deure oopmaak nie,” sê Esti.
NUUS • NEWS
20 Februarie 2019
Oud-Hugenoters slaan oorsese studiebeurse los In ‘n tyd wat baie mense mismoedig voel oor die toestand van ons land, bring jongmense soms hoop en perspektief om dinge wat neerdrukkend voel in ‘n ander lig te sien. Ewan-Nize Gerber en Mieke Gouws, twee oud-Hugenoters, is sulke jongmense. Dié twee is aan die einde van 2018 as deel van slegs ‘n handjievol Suid-Afrikaanse studente gekies om met beurse in die buiteland te gaan studeer. Mieke en Ewan-Nize is beide gebore Wellingtonners wat hul skoolloopbane aan Hugenote Laer- en Hoërskool voltooi het. Ewan-Nize is ‘n derdejaar-student in BCom Regsgeleerdheid en Mieke is ‘n derdejaar BcomLLB -student. Beide studeer aan die Universiteit van Stellenbosch (US). Hulle was boonop van graad 1 af saam op skool. Mieke en Ewan-Nize se pad tot hul buitelandse studies het begin toe Ewan-Nize inligting oor buitelandse programme op die US se webwerf raakgesien het. “Ek wou nog altyd in die buiteland gaan studeer, maar met die Suid-Afrikaanse skolesisteem is dit ongelooflik baie PT om dit te doen en dan aanvaar te word in ’n voorgraadse program. Tog hou ek altyd my oë en ore oop vir geleenthede en die inligting oor die Humboldt University se program het my aandag getrek. Dit het my ‘n bietjie afgeskrik dat hulle net vier mense keur vir die kursus. ’n Mens het tog ’n bietjie meer moed as jy iemand het wat dit saam met jou doen, en ek oorreed toe vir Mieke om saam met my aansoek te doen vir so ’n program,” vertel Ewan-Nize. Uiteindelik is Mieke as die enigste student uit Suid-Afrika gekeur om ‘n kursus in Australië te volg en Ewan-Nize was een van slegs 4 studente wat vir die kursus in Humboldt gekeur is. Die beurse wat hul ontvang het, het hul studiekostes en verblyf gedek. “Ek was die gekose student om na Adelaide in Australië te gaan waar ek in Korporatiewe Finansies studeer het. My kursus het ‘n maand en ‘n half geduur. Ek het die geleentheid gekry om nie net saam met Australiese studente te studeer nie, maar talle ander nasionaliteite en ek bedoel regtig talle – daar was studente van Korea, Amerika, Duitsland, Denemarke om net enkeles te noem,” sê Mieke. Die kursus wat Ewan-Nize gedoen het, was International Economic Law en is deel van ’n hele
paar kursusse wat in een groot program deur Humboldt Universiteit in hulle wintervakansie aangebied word. Die kursusse wissel van “Rise and Fall of Nazi Germany” tot Duitse kursusse. “Ons was altesaam ongeveer 100 mense van ongeveer 26 lande wat almal saamgegooi is vir drie weke met ’n propvol akademiese-, sosialeen geskiedkundige toerprogram. Ons was so 20 mense wat die spesifieke kursus gedoen het waaraan ek deelgeneem het. Die kursus was ’n inleiding tot die veld van International Economic Law, en het bestaan uit interaktiewe klasse waarin alles van Wêreld Handelsorganisasie wetgewing tot Ekologiese wetgewing bespreek is. Die onderwerpe was eindeloos en die klasse het daagliks interessanter geword. Aan die einde van die kursus moes ons ook eksamen skryf,” sê Ewan-Nize. Volgens Mieke was haar tyd in Australië onvergeetlik. Ewan-Nize voel ook bevoorreg oor hierdie ongelooflike geleentheid wat sy gekry het. “Ek dink dis onmoontlik om met dieselfde perspektief terug te kom. Om in klasse geplaas te word waar julle relevante kwessies bespreek, dinge wat regtig almal van ons beïnvloed in ons daaglikse lewens soos die ekonomie en ekonomiese beleide en die regskwessies en aspekte daar rondom, maak nogals jou oë oop as daar mense van Australië, Brazil, Peru, Singapore, Indonesië, Amerika, Nederland, Frankryk en Duitsland in jou klas is. Die perspektiewe, kennis en opinies van hierdie mense laat jou brein nuwe boksies ontwikkel waar jy gedink het nie meer spasie is nie,” sê Ewan-Nize. Beide Mieke en Ewan-Nize wil graag die kennis en ondervinding wat hulle tydens hul buitelandse studies opgedoen het in dit waarmee hulle nou en in die toekoms besig is, toepas. Volgens Mieke het haar studies in Australië haar persepsies oor dinge ‘n bietjie verander. “Ek het soveel meer as my kursus-inhoud geleer. Op die oomblik pas ek alles wat ek beleef het toe deur almal om my te irriteer deur elke tweede sin te begin met: ‘In Australie…’. My geloof in my land moes aan die ander kant van die wêreld herstel word. Hoe ironies dit ook al mag klink - van kleins af as Suid-Afrikaner word jy geleer van die ellelange lys probleme wat in ons land is. Die ding is net al die ander nasionaliteite in die wêreld hoor presies dit, hul lysies mag dalk
Mieke is 'n derdejaar BCom Regsgeleerdheid student. effe verskil in inhoud van ons s’n, maar dit kom op dieselfde neer,” vertel sy. Die vaardighede, beginsels en ondervinding wat Mieke en Ewan-Nize tydens hul grootwordjare in Wellington bekom het, het hul behoorlik toegerus vir hierdie groot eer wat hulle te beurt geval het. “Ek is so dankbaar dat ek in Wellington kon grootword en na plaaslike skole gestuur is. Dit het my blootgestel aan al die fasette van die lewe en aan mense van alle omstandighede, rasse en kulture. "Ek kon leer om ingesteld te wees daarop dat ons almal anders is, maar dat samewerking in die samelewing moet geskied ongeag jou agtergrond. In Hugenote het ek die nuttige vaardigheid geleer om mense nooit te onderskat nie, en dat hoe mense voorkom ongelooflik misleidend kan wees. Ek het geleer om mense te behandel volgens wat ek leer as ek self met hulle te doen kry, en nie te gaan op grond van dit wat iemand vir my vertel het van hulle nie. Die dorp leer my steeds dat dit nie die mense is wat jy die heel meeste van hoor of die heel meeste sien wat die belangrikste is of die belangrikste werk verrig in die samelewing
5
Ewan-Nize in die sneeu. nie, maar dat daar mense orals in die wêreld is wat onder die radar ’n magdom dinge verrig en samelewings in plek hou sonder om enigiets te verwag in ruil daarvoor,” sê Alexandra. “My Wellington-Afrikaans het my definitief nie veel in Australië gehelp nie. My aksent het talle ligte oomblikke vir my mede-studente verskaf. Een ding wat Wellington my geleer het is hoe om hitte te verdra – dit is tans die warmste somer in die geskiedenis van Australië, maar komende van Wellington was dit niks nuuts nie,” skerts Mieke. Vir hierdie twee baanbreker-studente lê die toekoms wyd en oop. Hul oopkop-perspektief, harde werk en hul wil om betekenisvol te lewe is iets wat inspireer. “My kursus oorsee het definitief ‘n saadjie vir die internasionale sakesektor by my geplant. Ek hoop om eendag iets te doen waarvoor ek ‘n passie het en wat ek om die regte redes doen en dalk, net dalk, iewers ‘n verskil te maak,” sê Ewan-Nize. “My doelwit is om alles te doen wat ek moontlik kan, om werklik as ek op die spreekwoordelike ouetehuis se stoep sit, te kan sê dat ek elke dag ten volle benut het. My droom is om ‘n lewe te leef wat iets beteken,” laat Mieke hoor.
6
20 Februarie 2019
NUUS • NEWS
Atletiek: Die atlete
van Hugenote Laerskool het onlangs aan Worcester-Noord se Prestige Atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hulle het uitstekende prestasies behaal en talle medaljes huis toe gebring. Hulle spog met 3 brons medaljes, 7 silwer medaljes en 6 goue medaljes. Op die foto’s is van die atlete wat medaljes ontvang het.
Verspring:
Twee jong Wellingtonse verspringers het die afgelope naweek uitstekend by die Boland Atletiekkampioenskappe presteer. Jessi Baxter van Hugenote Laerskool het met ‘n allemintige 4,13m as Bolandkampioen uit die stryd getree. Kort op haar hakke was Lenay Claasen van Wellington Primêr wat in die silwer medalje ingeoes het.
Swem: Die swemmers van Hugenote Laerskool het onlangs aan die Laerskool Courtrai se aand-gala deelgeneem en die volgende prestaWees altyd aan die voorpunt van die goeie nuus met ons sosiale media. Volg ons Facebook-blad by @diecourant.
sies behaal: Ulrich Van der Westhuizen: 1ste Vryslag; 1ste Rugslag; 2de Vlinderslag. Jaco Van Zyl:1ste Vryslag, 1ste Borsslag, 3de Vlinderslag; Eli Baxter: 2de Borsslag, Peter-Alan de Villiers; 1ste Rugslag, Daniël Loedolff: 3de Borsslag, Klaradyn Neethling: 2de Borsslag, Marike Duvenhage: 1ste Borsslag. Op 7 Februarie het die o.10 tot o.13 swemmers deelgeneem aan die PPS-aflosgala. Die skool het ag eerste plekke, 10 tweede plekke, vier derde plekke en twee vierde plekke behaal.
NUUS • NEWS
20 Februarie 2019
R4.1 miljoen-projek bekendgestel om onwettige verwydering van inheemse plante te keer Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap het onlangs ‘n verklaring uitgereik waarin hulle oorlog teen die onwettige skoonmaak van inheemse plantegroei verklaar. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) het befondsing aan die provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning beskikbaar gestel om die onwettige skoonmaak van inheemse plantegroei in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit hok te slaan. Hierdie fondse beloop R4.1 miljoen en is vir ‘n aanvanklike periode van 30 maande. Anton Bredell, minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning in die Wes-Kaap, het hierdie ondersteuning verwelkom en sê dat inheemse plantegroei ernstige bedreiging in die gesig staar as gevolg van die onwettige verwydering daarvan in sekere areas. “Omgewingskade is blywend en dikwels onomkeerbaar. Dit is belangrik om ons inheemse erfenis te bestuur, beskerm en bewaar, nie net vir ons eie onthalwe nie, maar ook vir die generasies van die toekoms,” het Bredell gesê. Die hoofoortredings wat met hierdie inisiatief geteiken word, is die onwettige ontbossing van inheemse en krities bedreigde inheemse plantegroei. Vermeende oortreders wat hulle aan sulke aktiwiteite skuldig maak, is aanspreeklik
en sal ‘n vermaningskennisgewing ontvang of in ernstige gevalle gearresteer word. Versuim om aan die kennisgewing gehoor te gee, is ‘n kriminele oortreding en boetes van tot R5miljoen or 5 jaar tronkstraf kan met die skuldigbevinding van so ‘n oortreding opgelê word. Daarbenewens kan eiendom en voertuie ook gekonfiskeer word. Die projek is in die Provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning se Direktoraat: Omgewings-Wetstoepassing gesetel. Dit sluit tans die dienste van ‘n ervare en bekwame botanis, Phil McLean, ‘n spesiale wetstoepassingsbeampte, sowel as administratiewe assistente in. “Die unieke inheemse plantegroei in hierdie area bied ‘n verskeidenheid ekonomiese geleenthede en volhoubare moontlikhede vir plaaslike inwoners en besighede. Die onwettige ontbossing van inheemse plantegroei, die oor-gebruik van water, sowel as besoedeling plaas hierdie ekosisteme egter onder geweldige druk,” het McLean gesê. Die projek word deur Nithzaam Albertyn, ‘n area-bestuurder wie se gespesialiseerde wetstoepassingsbeamptes by die bedrywighede van die projek betrokke is, bestuur. Die bestuurder is besig om gegradueerde interns te werf om die span by te staan en vir die opleiding in
omgewings-wetstoepassingsvaardighede. Die befondsing van die projek is deur die Global Environmental Facility, in samewerking met die UNEF voorsien en aan die Departement toegeken. “Befondsing van hierdie aard is noodsaaklik in die huidige ekonomiese klimaat, omdat Suid-Afrika ‘n ongelooflike rykdom van biodiversiteit het wat talle voordele vir ekonomiese groei en sosiale ontwikkeling inhou. Dit sluit werkskepping vir duisende werkers op talle terreine in,” het Ahmad Bassier, die Direkteur van Omgewings-Wetstoepassing, gesê. Die Distriksmunisipaliteit, wat ongeveer 650 000 inheemse plantsoorte huisves, is vir die projek gekies omdat dit binne twee global-erkende biodiversiteitsareas lê, naamlik die Kaapse blommestreek en die Sukkulente Karoo. Die Kaapse blommestreek is die kleinste van die ses erkende blomkoninkryke ter wêreld en huisves oor 9 000 plantspesies. Dit is ook die enigste blomstreek ter wêreld wat binne ‘n enkele land lê, wat dit ‘n baie unieke kenmerk van die Wes-Kaap en Suid-Afrika maak. ‘n Groot deel van die streek die biodiversiteit word met fynbosspesies, ‘n Meditireense tipe, struikagtige landskap, geassosieer. Bassier sê dat “die ekonomiese waarde van die fynbos-biodiversiteit, gebaseer op die oes van fynbosprodukte soos wilde blomme en eko-toerisme,
op meer as R80 miljoen per jaar bereken word. Dit is dus duidelik dat die Kaapse blommestreek beide ekonomiese en intrinsieke biologiese waarde as ‘n biodiversiteitsarea het”. Die Distriksmunisipaliteit sluit ‘n groot wynproduserende, sowel as ‘n landbousentrum vir groente en seisoenale vrugte in. Boerdery en verwante industrieë verskaf miljoene rande aan inkomste en belasting. Onwettige ontbossing of verwydering van inheemse plantegroei stel dus die ekosisteem wat in hierdie area funksioneer in gevaar. Geïntegreerde regeringsoperasies word met ander staatsorgane, soos CapeNature, die plaaslike munisipaliteite in die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit en die Breede-Gouritz Opvanggebiedbestuursagentskappe beplan. Pro-aktiewe bewustheidsopleiding oor die belangrikheid van die bewaring van biodiversiteit en die volg van korrekte prosedure om omgewingsgoedkeuring te kry om onwettige ontbossingsaktiwiteite te voorkom, sal aan die betrokke rolspelers voorgehou word. Dit sluit boere in die Distriksmunisipaliteit in. Beide die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Nasionale Vervolgingsgesag sal integrale rolspelers in die vervolging van biodiversiteitsoortredings wees. Hierdie gesamentlike poging tussen die Departement en SANBI is van stapel gestuur en is reeds funksionerend.
Dam levels: Where do we stand in the Western Cape? The average dam level in the Western Cape currently stands at 43.59%. Last year this time the dam levels were standing at 22.25% and dropping fast. Anton Bredell, Minister of Local Government, Environmental Affairs and Development Planning in the Western Cape, says the Karoo regions of the province remain in dire straits despite recent rainfall. “There have been a few thundershowers leading to localised flooding in some areas. Sadly the thundershowers and localised flooding did
not occur in the catchment areas, so little of the water ran into the dams. “We’ve measured about 6 heavy cloudbursts over the past two weeks, but each time it is very much localised and not widespread.” Bredell says the rain and run-off water will help replenish groundwater levels but is still not sufficient to break the ongoing drought. “The provincial government remains on the ground in the region providing assistance to the local authorities. We continue to urge responsible water use and request that water leaks get
reported promptly. “We also continue to urge the local authorities to manage water supplies optimally. This includes rolling out water management devices to large consumers and applying and monitoring adequate water restrictions.” Bredell has also raised a concern about bulk water infrastructure developments in the province and in particular the Clanwilliam Dam wall project. “We are concerned about a perceived lack of progress on the Clanwilliam Dam wall and want
7
to urge our national government counterparts to move with haste on these projects of critical importance. We remain on hand to assist.” The average dam level in the Western Cape is currently 43.5% (2018: 22.2%). Dams that supply the City of Cape Town with water have an average level of 55.5% (2018: 24%). The Theewaterskloof Dam is currently at 43% (2018: 11%); Voëlvlei Dam at 69.5% (2018: 16.6%), Berg River Dam at 77.2% (2018: 52.2%) and Clanwilliam Dam at 42.3% (2018: 11.4%).
8
courant
NUUS • NEWS
dié
20 Februarie 2019
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
20 Februarie 2019
•WEN STREEKTITELS, VERBREEK TALLE REKORDS
Cullen se drome word een-een waar Die twaalfjarige Cullen Ruiters van Newton Primêr is besig om sy atletiekdrome en -doelwitte een vir een waar te maak. Hierdie veerkragtige seun, waaroor daar onlangs berig is nadat hy die hoogspringrekords laat spat het en talle streekstitels gewen het, het nou selfs nóg hoër hoogtes bereik. Cullen het op Saterdag 16 Februarie aan die Boland Atletiekkampioenskappe deelgeneem. Dit was ‘n naelbyt-stryd toe die top-atlete van die provinsie mekaar die stryd oor die hoogspringlat aangesê het. Soos wat die lat gestyg het, het die hoogspringers minder geword. Op 1,65m, ‘n allemintige hoogte vir ‘n o/13seun, het Cullen en twee ander atlete suksesvol oor die dwarslat gegly. Cullen het reeds tydens die Elite Atletiekbyeenkoms wat op 25 Januarie plaasgevind het die vorige Boland hoogspringrekord, wat aanvanklik op 1,62m gestaan het, na 1,69m verbeter. Tydens die Boland Atletiekkampioenskappe die afgelope Saterdag het hy sy eie Bolandrekord na 1,70m verbeter en as die Bolandkampioen en nuwe rekordhouer van die baan gestap.
Nadat Cullen verlede jaar sy Boland-titel met ‘n ander hoogspringer moes deel, was sy eerste woorde aan sy afrigter, juffrou Nieuwendyk: “Ek het vir juffrou gesê dié jaar staan ek alleen heel bo-op die podium.” Nou mik Cullen vir die Wes-Kaapse hoogspringkroon. Hy neem oor twee weke aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe deel en is druk besig om homself daarvoor voor te berei. Met sy 1,70m sprong by die Boland Kampioenskappe is hy slegs 3cm weg van die Suid-Afrikaanse rekord vir seuns o/13 wat op 1,73m staan. Cullen se ouers, Gerald en Jessica, is baie trots op hul seun se prestasies. “Ons senuwees is elke keer gedaan wanneer hy spring. Sy kop is reg en hy gee elke keer net sy heel beste. Ons is ongelooflik trots op hom,” sê hulle.
Regs: Cullen Ruiters op die podium.
Tweekamp:
Talle leerders van die Hugenote Laerskool het die afgelope naweek aan die interprovinsiale tweekamp-kampioenskappe op Oudtshoorn deelgeneem.