507 dié courant Swartland

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

20 Februarie 2019

68%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 507

27 Februarie 2019

•KLEUTERSKOOL, ONTWIKKELING, VERSORGING

Onse skool: 'Kinders kom hier eerste' •Charlotte Lesch Die nie-winsgewende organisasie, die Maranatha Trust, is sedert 2011 aktief in die Paardeberg-omgewing buite Malmesbury. Die trust se hoofdoel is om die situasie van plaaskinders te verbeter en geleenthede te skep vir gemeenskapsontwikkeling. Dié doelwit is deur die jare onder die radar nagestreef, sonder om publisiteit te soek en vandag sien dié trust uit na ‘n nuwe en hoopvolle ontwikkeling op die horison. Die Maranatha Trust fokus op volhoubare gemeenskapsontwikkeling deur opvoeding en bemagtiging. Die kernprojek is ‘n kleuterskool, maar daar is ook projekte vir laerskoolkinders en beroepsgeleenthede vir volwassenes. Die kleuterskool, beter bekend as Onse Skool, is sedert 2014 in ‘n ou keldergebou op die plaas Lammershoek in die Paardeberg gehuisves. Dit is die enigste skool wat fokus op vroeë kinderontwikkeling in dié area. Kinders tussen die ouderdomme van ses maande en ses jaar word hier geakkommodeer. Die skool het tans sowat 50 leerders en volg spesifieke programme wat vir hulle uitgewerk is en deur die departement van maatskaplike ontwikkeling goedgekeur is of oorweeg word om as amptelike programme geregistreer te word. Uitnemendheid, samewerking, vreugde en integriteit vorm die vier hoekstene van dié skool. Die aktiwiteite van laerskoolleerders het oor die jare in verskillende ruimtes op verskillende bestaande persele in die omgewing plaasgevind. In 2017 het die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) twee vertrekke by die plaaslike laerskool, Anne Pienaar Gedenk langs die plaas Jakkalsfontein, ook in die Paardeberg, tot die trust se beskikking gestel, waar nasorgaktiwiteite vir die laerskoolleerders moontlik gemaak is. Die vertrekke was vanaf Mei 2018 nie meer beskikbaar nie. Te danke aan die plaas Boesmansfontein, kon ‘n klein musiekgroep voortgaan, ná ‘n vertrek daar vir hulle beskikbaar gestel is. Ander aktiwiteite het net tot stilstand gekom. Hierdie situasie het daartoe aanleiding gegee dat die Maranatha Trust dit begin oorweeg het om te bou. “Aanvanklik wou ons so lank as moontlik nie by ‘n bouery betrokke raak nie: baie projekte begin met ‘n infrastruktuur wat vinniger ontwikkel as

Die Maranatha-personeellede, die ruggraat van alle aktiwiteite en gebeure, is trots en opgewonde oor die nuwe verwikkelinge. wat die lewensvatbaarheid van die projek vorder. Ons wou dit andersom doen en so lig as moontlik bly deur van reeds-beskikbare ruimtes gebruik te maak en alle fondse in die bemagtiging van mense in te stoot,” sê Delana Sadie namens die Trust. Dié manier was van die begin af baie effektief, maar die behoefte vir meer aktiwiteite het begin groei en die ruimtes tot hulbeskikking het beperk geraak vir die doel in sig, vertel sy. Die beplande uitbreiding is ‘n gebou waar gemeenskapsonderDie noordelike rig en -ontwikkeling aansig van die kan plaasvind. Dit skool. sal hoofsaaklik ‘n kleuterskool wees waar die plaaswerkers binne ‘n radius van ongeveer 40 vierkante kilometer ‘n opvoedings-en versorgingsopsie vir hulle voorskoolse kinders kan hê. Die struktuur sal egter ook ‘n indiensopleidingsfasiliteit vir plaaslike vroue wees wat graag voorskoolse opvoeders wil word. Die laerskoolleerders wat belangstel, sal aan middag-aktiwiteite kan deelneem soos musieklesse, skaak- en rekenaargeletterdheidsklasse. Daar word ook ‘n sentrale biblioteekruimte beplan wat die grootste deel van die gemeenskap kan bedien en dus nie slegs vir die kinders bestem is nie. “Projekte word slegs begin wanneer daar genoeg gemeenskapslede is wat dit kan uitvoer en

hanteer, gewoonlik met die aanvanklike hulp van professionele persone. Die ligging en afstand vanaf die dorp, lei daartoe dat projekte slegs lewensvatbaar kan wees wanneer gemeenskapslede self die leemtes aanspreek, in die proses bemagtig word en so in ‘n posisie geplaas word waar hulle weer ander kan bemagtig,” verduidelik sy. Die model is dus gemeenskapsprojekte, nie liefdadigheidsprojekte nie. Die suksesvolste aktiwiteite is dié waartoe soveel as moontlik gemeenskapslede bydra. Die kleuterskoolouers betaal byvoorbeeld almal skoolfonds, die plaaseienaars help met vervoer en die administrasie om skoolfonds in te samel, privaat donateurs en die departement van maatskaplik dra by tot die algemene onkostes. Die gebou word onder meer deur Lammershoek beskikbaar gestel. “Die beplande ontwikkeling op Jakkalsfontein is op die granietkop reg agter die Anne Pienaar Gedenk geleë. Die gebou self sal groot genoeg wees om 120 kleuterskoolkinders te kan akkommodeer en sal ook oor bykomende ruimtes beskik vir die onderrigprojekte,” vertel Sadie. Die hersonering van 1.8 hektaar is aangevra en die gebou se vloeroppervlakte is ongeveer 650 ²m groot. Indien die hersonering goedgekeur word en genoegsame fondse beskikbaar is, kan konstruksie aan dié nuwe ontwikkeling dalk reeds in 2020 begin. Die ligging van die nuwe voorskoolse sentrum is baie sentraal geleë in die area en is histories ‘n gemeenskapsruimte met die laerskool en die kerk wat reeds daar gebou is. Besoek hul webwerf en volg die skakel, https://maranatha-trust.co.za om

NUUS • NEWS


2

20 Februarie 2019

Munisipaliteit vra hulp

Die Swartland Munisipaliteit doen ‘n ernstige beroep op alle inwoners om op die uitkyk te wees vir alle voorvalle van diefstal, peutering, beskadiging of vandalisme van munisipale infrastruktuur en dit aan te meld. Die noodkreet vir die bekamping van hierdie euwel kom weens die toenemende gevalle van diefstal en vandalisme van noodsaaklike infrastruktuur binne die munisipale gebied wat kommerwekkende en onaanvaarbare afmetings aangeneem het. Die voorvalle gee aanleiding tot gereelde onderbreking van noodsaaklike dienste en aansienlike finansiële verliese. Dit is belangrik om daarop te let dat diefstal en vandalisme van noodsaaklike infrastruktuur nie meer as ‘n geringe oortreding beskou word nie en met die wysiging van wetgewing sedert 2016, as ernstige kriminele oortredings geag word, verduidelik die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz. Volgens die Wysigingswet op Strafregtelike Aangeleenthede, beteken noodsaaklike infrastruktuur enige installasie, struktuur, fasiliteit of stelsel, hetsy in die openbaar of privaat besit, ten opsigte waarvan verlies, skade of ‘n gepeuter met die voorsiening of verspreiding van ‘n basiese diens aan die publiek kan inmeng, terwyl peuter gedefinieer word om by wyse van enige middele, metode of toestel te verander, sny, versteur, mee in te meng, onderbreek, manipuleer, belemmer, verwyder of ontwortel”.

Die peutering met water- en elektrisiteitsmeters asook diefstal of vandalisme van enige munisipale infrastruktuur wat benodig word vir dienslewering, word gerapporteer as kriminele oortredings en deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die regsproses as sodanig hanteer. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het in dié verband verskeie oortreders suksesvol in hegtenis geneem wat verhoorafwagtend in die gevangenis is. Dié Wysigingswet op Strafregtelike Aangeleenthede bepaal dat ‘n persoon slegs op borgtog vrygelaat mag word ooreenkomstig die bepalings van artikel 60 (11) (b) van die Strafproseswet 51 van 1977, wat meebring dat slegs ‘n kriminele hof borgtog mag toestaan indien in belang van geregtigheid. Die gevolge van diefstal, beskadiging of vandalisme van munisipale infrastruktuur, selfs die diefstal van ‘n beperkte lengte koperkabel of die verwydering van ‘n paal- of mangatdeksel, is krimineel van aard en kan tot langdurige gevangenisstraf en ‘n kriminele rekord lei. Die moontlike beloning is nie die risiko werd nie, aangesien meer hulpbronne aangewend word om oortreders suksesvol te arresteer en te vervolg, insluitende diegene wat die gesteelde items aankoop. “Meld asseblief enige voorvalle aan by Swartland Munisipaliteit by 022 48 79400 gedurende alle ure of by 074 3223404. ‘n E-pos kan ook gestuur word na swartlandmun@swartland.org.za.

Die knortjorre het die afgelope naweek teen 'n spoed gewoeker op die Swartland Oval Karting-baan op Malmesbury. Vyf verskillende klasse het deelgeneem, wat die 160-klas, die 270-klas, die 390-klas, die 425-klas en die opeklas ingesluit het. Morné van der Merwe het die 160-klas gewen, terwyl DW Bester op sy beurt eerste in die 270-klas gekom het. Gawie Steyn het die ander laat les op sê in die 390-klas met Marlon Theart as wenner van die 425klas. Die opeklas is aangebied as 'n pret rondte waartydens knortjorjaers voet in die hoek kon sit.

NUUS • NEWS

Skoolinskrywings vir 2020 nou aanlyn gedoen Ouers reg oor die Wes-Kaap wie se kinders gereed is vir Gr. R, Gr. 1 of Gr. 8 in 2020, het nou die geleentheid om hul kinders by skole in te skryf. Skole het sedert verlede Vrydag inskrywingsvorms beskikbaar gestel waartydens ouers hul kinders kan inskryf tot en met 15 Maart vanjaar. Ouers kan ook nou vir die eerste keer aanlyn by altesaam 350 skole in die provinsie inskryf, het Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys in ‘n verklaring gesê. Die volledige lys skole wat die opsie gee om aanlyn aansoek te doen, kan op die departement se webblad, wcedonline.westerncape.gov. za onder die afdeling Learner Enrolment gevind word, hoewel ouers steeds die nodige vorms by die skole kan gaan afhaal. In die Weskus Onderwysdistrik, kan ouers vir hul streek se skole onder 'rural' gesoek word. Hoërskole in dié onderwysdistrik wat onder meer daar gelys word, is Hoërskool Dirkie Uys, Hoërskool Porterville, Hoërskool Piketberg, Hoërskool Swartland, Illingelethu Sekondêre Skool, Schoonspruit Sekondêr en Wesbank Sekondêr. Laerskole sluit onder meer Laerskool Dirkie Uys, Laurie Hugo Primêr, Liebenberg Primêr, St. Thomas Primêr, Steynville Primêr en Vooruitsig

Primêr. Ouers word deur die departement aangeraai om vir minstens drie skole aansoek te doen om ‘n plek vir hul kind te verseker. Dit sluit die skool naaste aan hul woonadres in. Ouers moet saam met ‘n volledige ingevulde inskrywingsvorm, ‘n afskrif van hul kinders se geboortesertifikaat, beide ouers of voog se identiteitsdokumente, ‘n bewys van adres en ‘n afskrif van hul Road to Health-immunisasiekaart inhandig. ‘n Oorplasingsbrief is ook nodig wanneer die kind van ‘n ander skool oorgeplaas word. Ouers kan verwag dat sekere skole bykomende inligting vereis, afhangende van die spesifieke skool se toelatingsvereistes. Ouers sal op 7 Junie deur skole in kennis gestel word indien die betrokke leerder ‘n plek by ‘n bepaalde skool het. Daar moet ook teen 12 Julie ‘n besluit geneem word waar die kind sal skoolgaan indien daar by meer as een skool ‘n plek gekry is. Elke skool waar die kind ingeskryf is, moet vóór daardie datum van die besluit in kennis gestel word. ‘n Ingediende aansoek beteken ook nie ‘n gewaarborgde plek nie.

Moddervoetjies:

Riebeek-Wes-biblioteek gaan na Modderasvlei-plaas om die biblioteek se dienste bekend te stel. Die hoofdoel is om nuwe lede vir die biblioteek te werf. Die Padda-klassie was dié keer die fokuspunt van die dag met die 2-3 jarige groep. Die personeel het videos gemaak met diere geluide en so hul les uit die boek gelees en demonstreer. Daar was ook van speelgoed gebruik gemaak om die storie beter te vertel en verstaanbaar te maak,

Nuwe koolstofaanleg langs Bergrivier in die pyplyn ‘n Publieke deelnameproses is tans onderweg vir die voorgestelde ontwikkeling van ‘n koolstofiseringsaanleg teen die Bergrivier. Die voorgestelde ontwikkeling sluit die daarstelling van ‘n karbonariseringsaanleg en gepaardgaande infrastruktuur op die plaas, Plaasgrens, in. Die perseel is tussen Wellington en Hermon langs die Bergrivier, sowat 15km buite Riebeek-Kasteel geleë. Die ontwikkeling val ook onder die jurisdiksie van Swartland Munisipaliteit. Die aansoeker, die Toronto Groep, is in 2014 gestig met die fokus om die voorstaander in die produksie van koolstof en kool in die bedryf te wees. Die Toronto Groep is afkomstig vanuit die ingenieurs- en mynmaatskappy, Toronto Engineering and Mining Supplies, wat in plantegroeibestuur in die Wes-Kaap spesialiseer, veral die uitroei van indringer- en uitheemse plante. Direkteure van die maatskappy het ‘n leemte in die mark gesien vir inisiatiewe wat waarde toevoeg tot dié biomasse gegenereer vanuit die indringer uitheemse spesies wat van die rivierbeddings en oewers verwyder word. Die verwydering van die uitheemse plantegroeispesies langs die rivieroewers vorm deel van die Working for Water-programme, asook van onder die Eskom-kraglyne, waarvoor Toronto Engineering and Mining Supplies langtermyn-kontrakte het. Dié vrae het gelei tot gefokusde navorsing en ontwikkeling rondom die voordele van die biomasse. In die proses is Toronto Groep blootgestel aan verskeie tegnologie vanuit Nederland, geproduseer deur die maatskappy, Clean Fuels. Dié tegnologie is daartoe in staat om steenkool, plofstofolie en sintetiese gas te genereer, terwyl die proses wat gebruik word, skadelike lugvrystellings uitskakel. Die hoofproduk wat deur die aanleg produseer sal word, is steenkool. Die doel is om 10 000 ton steenkool per jaar te produseer deur die hout wat van die verwyderde indringer plantspesies in die omgewing van die aanleg

afkomstig is, te gebruik. Bykomende produkte soos elektrisiteit, sal deur Organic Rankine Cycle-kragopwekkers geproduseer word. Plofstofolie sal op sy beurt in die tweede fase van die ontwikkeling geproduseer word sodra die aanleg tot sy volle kapasiteit ontwikkel is. Die ge-oesde indringerhout biomassa-materiaal word uiteindelik in hoë kwaliteit steenkool omskep. Die aanleg wat deur die Toronto Groep ontwikkel sal word, sal in twee fases plaasvind en benodig ‘n oppervlak van ongeveer vier hektaar groot wat op drie terrasse gebou sal wees. Die aanleg is ook bereikbaar vanaf die R45. Die terrasse sal verder ook elk bo die 1:100 jaar vloedlyn van die Bergrivier- en Olifantsrivier geleë wees. Die karbonisasie-aanleg sal in twee staalstrukture van 1520²m gehuisves word, elk op die onderste deel van die terrasse. Die verwante infrastruktuur sal voorlopig bestaan uit ‘n wateropgaartenk, bogrondse dieseltenk, ‘n werkswinkel, ‘n pomphuis, ‘n stormwaterretensiedam en ‘n filtrasiebed geleë tussen die geboue en die Doringrivier. Die aanleg sal ook veilig omhein wees vir sekuriteitsdoeleindes. Die ondergrondse gekompakteerde rioolaanleg word ook voorgestel om die nodige riooldienste vir die ontwikkeling te verskaf. Die voorgestelde ontwikkeling se stormwaternetwerk sal bestaan uit afvoervore wat geskep sal word om die stormwater aan die bokant van die aanleg na die Doringrivier te lei deur middel van ‘n grasblokvoor. Beide vore sal via ‘n rietbed en die retensiedam oorloop. Die stormwater sal dus na die rietbed en die retensiedam gelei word wat weer in die rivier sal vloei sodra die dam vol is. Belangstellendes en geaffekteerde partye is welkom om te registreer en kommentaar te lewer deur ‘n e-pos aan die omgewingskonsultante, Doug Jeffery Environmental Consultants by adel@dougjeff.co.za te stuur. Alle kommentaar moet voor 4 Maart gestuur word.


NUUS • NEWS

3

20 Februarie 2019

•MUNISIPALITEIT SE NUWE SPORTBEAMPTE

Booys leef passie vir sport by Swartland Munisipaliteit uit •Charlotte Lesch Christian Booys het as ‘n klein seuntjie ‘n groot passie vir sport gehad en is vandag steeds versot daarop. Hy het nou die geleentheid om sy passie oor te skakel na aksie en die gemeenskap van die Swartland te dien deur sport. As die nuwe sportbeampte van die Swartland Munisipaliteit wil Booys sportbrûe bou en inwoners help besef dat sport en opvoeding hand aan hand gaan. Booys, wat gebore is op Malmesbury, het grootgeword in sy tuisdorp Goedverwacht buite Piketberg. Hy beskou hom vandag nog as ‘n trotse “Kloewer”, hoewel hy beslis in die toekoms na Malmesbury sal wil verhuis. Sport was nog altyd in sy bloed waar hy basies langs ‘n rugbyveld grootgeword het. Dié rugbyveld was slegs ‘n 100m van sy ouerhuis af waar hy elke dag as kind gespeel het. Sy ma was ook op haar dae ‘n kampioennetbalspeler en afrigter. Sy pa, Christie Booys, of eerder Kitaas Blink was op sy beurt weer ‘n bo-baas skrumskalel vir WP Platteland. “Ek was van kleins af versot op sport, maar in my gemeenskap het ons min geriewe gehad en dus was ons beperk tot sekere sportsoorte as gevolg van geriewe,” vertel hy. Booys was ook ‘n kranige rugbyspeler en atleet, twee sportsoorte waarvoor hy baie lief is. Hy het in die laaste twee jaar van sy skoolloopbaan by Hoërskool Swartland vir die eerste rugbyspan uitgedraf en het ook op provinsiale vlak in atletiek presteer. Ná sy matriekjaar is hy na die Universiteit van Wes-Kaapland waar hy onder meer ‘n graad in Sport Bestuur, asook ‘n nagraadse kwalifikasie in onderwys verwerf het. Booys was daarna vir 11 jaar in die onderwys. Hy het ook vir twee jaar by die UWK se gimnasium gewerk. Die pa van twee vertel egter dat sy vrou, Haylie en hulle vierjarige seuntjie en byna eenjarige dogtertjie steeds voorkeur geniet. “My vrou en my kinders is my lewe.” Booys het amptelik op 2 Januarie in sy nuwe pos as die SM se sportbeampte begin. Hy beskryf homself as ‘n gemeenskapsmens en sien geweldig daarna uit om die gemeenskap op sportsvlak te dien, ook een van die hoof redes hoekom hy aansoek gedoen het vir die pos. Hy is steeds aktief by afriging en ontwikkeling binne sy gemeenskap betrokke waar hy op verskeie forums dien. Die Weskus Youth o.17-span maak deel uit hiervan waar hulle kinders internasionale bloot-

stelling gee deur middel van sport. Hy was ook vir die afgelope agt jaar hoofafrigter vir rugby op grondvlak in sy gemeenskap waartydens hy ervaar het hoe ontwikkeling kan plaasvind wanneer mense hande neem. Booys is verantwoordelik vir alle instandhouding en besprekings van die SM se sportfasiliteite. Hy moet verder help met die fasilitering en koördinering van sportontwikkeling in gemeenskappe. Hy deel sy groot planne vir sport in die streek. Volgens hom speel sport ‘n baie belangrike rol in die samelewing. “Daar is baie geleenthede in die wêreld van sport. Sport help jou ook om sosiale kwessies te oorbrug. Kyk byvoorbeeld wat het die 1995 Wêreld(rugby)beker glorie vir ons land en nasiebou beteken. Só ook Bafana Bafana se Afrikabeker-oorwinning in 1996 waar Mark Williams twee prag doele aangeteken het.” Hy wil graag toesien dat elke dorp sy eie sporttrust het waar alle klubs onder een liggaam kan funskioneer wat na alle sportklubs, groot of klein, omsien. Sy visie is ook om sportbrûe te bou. “Dus wil ek in die toekoms meer “studente atlete” in ons gemeenskappe sien. Ek sal graag wil sien dat van ons plaaslike klubs se lede meeding in byvoorbeeld die Varsityreeks vir netbal, rugby, atletiek en so voort om vir hulself ‘n beter toekoms uit te kerf, met die fo-

kus op tersiȇre opleiding,” verduidelik Booys. Hy wil jong mense aanmoedig om aan sportaktwiteite deel te neem, maar ook die ouers om betrokke te raak. ‘n Aktiewe leefstyl begin by die ouerhuis,” sê Booys. Hy sê dit moet by die ouers begin wat hulle kinders tot ‘n minimum van 30 minute se televisietyd beperk of waar hulle iets doen wat nie baie aktief is nie. “Ouers moet klinders blootstel aan soveel as moontlik sportkodes terwyl hul nog jonk is.”

B E ST

r10

BU Y

MONTH END BUDGET BOOSTERS BACON AND EGG COMBO BACK BACON 200G X 2 + GOLDEN YOLK EGGS 18’S

55

.00

p/combo

r12 saving

BBQ & PERI PERI CHICKEN WINGS

GRE

D

saving

29

.99 p/kg

AT

99.99 p/box

R SU PE R E S AV

EAL

COCKTAIL FRANKFURTERS - 250G

RINDLESS PORK LOIN - 2KG

17

.99 each

SEAFOOD MIX - 300G (240G NETT)

14.99

Prices valid at all Brito’s stores from 27th February - 2nd March 2019. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

each


4

NUUS • NEWS

20 Februarie 2019

Skogdag om die draai

Die Swartland Kleingraan Ontwikkelingsgroep (SKOG) se jaarlikse voorsaaidag vir alle graanboere en belangstellendes in die Wes-Kaap, is weer om die draai. Die gewilde geleentheid waartydens belangrike onderwerpe rakende die graanbedryf en landbou in veral die streek bespreek word, vind op Woensdag, 13 Maart op die Langgewens Navorsingsplaas tussen Malmesbury en Moorreesburg plaas. SKOG is ‘n vennootskap tussen die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Kaap Agri, Overberg en die Proteïennavorsingstigting. Prof Johan Kirsten is vanjaar die hoofspreker wat gaan praat oor of onteiening sonder vergoeding regtig nodig is vir vinnige en suksesvolle grondhervorming. Dr. Johan Labuschagne van die departement van landbou en Izane Crous, landboukundige by SOILL, bespreek die ontwikkeling van stikstof kopbemestingsnorme op koring en kanola onder bewaringslandboutoestande in die Swart-

Verwikkelinge op N7

Krieket: Dié krieketspelers van Hoërskool Dirkie Uys

Heinrich Dippenaar en Wiehan Louw (o.17) en Christiaan Bosman, Sargen Papier en Keewan Titus (o.15) wat voor staan, is gekies vir die Wes-Boland krieketspan.

Tennis:

Ané de Waal en MJ van Zyl van Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg, is gekies om die Boland Kavaliers o.19-tennisspan by die SA Skole toernooie te verteenwoordig. Ané speel 15 Maart in Pretoria. Sy is ook die nommer 1 tennisspeler van hierdie span. MJ neem 22 Februarie in George deel.

Die derde fase van die N7-projek val op die Tierfontein-kruising waar konstruksie aan die pad van sowat 9km onderweg is vir ‘n dubbelrybaan-snelweg. Die eerste fase behels die konstruksie van die suidelike dubbelbaan, wat twee bane van 3.7m elk in breedte insluit. Sodra die konstruksie voltooi is, sal die verkeer na die nuwe paaie herlei word, gevolg deur die konstruksie van die noordelike dubbelbaan van dieselfde standaarde en groottes. “Volgens Joubert Swanepoel, ingenieur van ERO Consulting Engineers, het hulle al baie uitdagings gedurende die projek gehad. Hy sonder onder meer die grondwatertafel uit wat baie hoog is en gelei het tot ondergrondse dreinering

en die aanskaffing van groot hoeveelhede rotsaanvullings. Die projek kos na raming R760m, waarvan R40m aan plaaslike arbeid gaan en ‘n verdere R130m vir die ontwikkeling van 11 opkomende subkontrakteurs op die terrein. André van der Walt, die besturende direkteur van Construction Project Solutions, sing groot lof toe vir die geleentheid om nie net te ontwikkel en te groei as ‘n opkomende besigheid nie, maar ook by te dra tot werkskepping van tot 35 personeel van wie 20 plaaslike inwoners is. Hulle is verantwoordelik vir baie van die aanvullende werk. Konstruksie het in Januarie 2017 afgeskop en sal voorlopig in Januarie 2020 voltooi wees.

SAPD: Doen betyds aansoek vir permitte Die polisie maan alle voornemende jagters om ten minste ‘n maand of twee voor die tyd hul permitte te kom uithaal, veral as hul in die buiteland gaan jag. Alle tydelike uitvoerpermitte word nou in Pretoria goedgekeur en nie meer self deur die stasies nie.

Hoe gemaak met... my tuin in Maart? Februariemaand lê op sy rug en volgende week is dit al Maart, die eerste herfsmaand van die jaar (amptelik vanaf die 21ste). Nou wat doen ons Maartmaand in ons tuine? In Maart begin ons winter en lente-blommende bolle plant, maar oppas om nie te vroeg die bolle en knolle in te sit nie. Jou tuingrond moet eers lekker afkoel, want in die warm grond gaan die blombolle vrot. Kry volledige plant-instruksies by jou plaaslike kwekery. Die bekendste bolle is Ranonkels, Anemone, Freesias, Sparaxis, Affodille, Hollande Irisse en nog baie meer. Jy kan ook nou jou somerblommende struike snoei, want gereelde snoei stimuleer nuwe groei en nog nuwe blomme! Pasop net vir uitermate warm dae vir

land. Dr. Johann Strauss, ook van die plaaslike landboudepartement en Rens Smit se praatjie gaan op hul beurt oor “Bewaringslandbou Swartland: Skalie & Sand.” ‘n Onderwerp wat vir die afgelope droeër jare baie onder produsente in die Swartland bespreek is, is die weer. Die gehoor kry ook ‘n besoek deur weerkenner, Giel Hugo wat vanjaar se weervooruitsigte gaan bespreek. Die jaarlikse Voorsaai Skog-dag word aanbeveel vir alle graanprodusente en betrokkenes in die bedryf kort voor saaityd. Registrasie is slegs ‘n R100 per persoon, wat verversings en ’n middagete insluit. Registrasie skop reeds om 08:00 af. Die opening en verwelkoming begin om 09:00 deur die voorsitter, Louis Coetzee. Vir verdere besonderhede, kontak Gert Conradie, SKOG Bestuurder, by 074 603 7240 of epos gertc@elsenburg.com.

sonbrand. Poinsettias moet ook einde Februarie, begin Maart teruggesnoei word vir vars nuwe groei, waarop daar in dié winter pragtige rooi blomme gaan pryk. Knip ook nou jou Fuchias terug, maar onthou – ‘n Fuchia hou nie van ‘n winderige plek in jou tuin nie, hulle verkies ‘n warm, skaduryke, beskutte area om mooi te groei en te blom. Petunias en ander saailinge wat bietjie toiingrig lyk, kan ook teruggesnoei word. Gee weer ‘n bietjie kompos en voeding, dan is hulle in ‘n week of drie weer pragtig en vol blomme. Plante wat nou opgedeel kan word, is byvoorbeeld Varkblomme (Aronskelke) en Aga-

Jagters in Malmesbury area kan Julienne Hoogbaard kontak (022 482 7548)om ‘n afspraak te reël, Darling, Philadelphia, Riebeeck-wes en Moorreesburg moet hul plaaslike beampte kontak. Om teleurstelling te voorkom maak u afspraak vroegtydig.

pantusse. Haal die hele ou plant uit en verbreek die knolle versigtig. Knip alle oortollige blare en wortels af en plant weer terug in vars nuwe grond wat goed voorberei is. ‘n Mooi tuin benodig gereelde voeding, minstens een maal per maand. Moenie jou Clivias na die einde van Maart meer kos gee nie, want dan gaan hulle nie hierdie seisoen blom nie. Ná blomtyd, hervat weer die voedings-program. Let wel, hulle moet nog gereeld water kry indien dit nie reën nie. Hierdie tyd van die jaar kry ek gereeld die vraag “hoekom lyk my grasperk so treurig, dit is net geel en vaal kolle waar ek kyk, wat moet ek doen?”. Oppas om jou grasperk nie te kort te sny dat daar wit kolle ontstaan wat deur die son geskroei sal word nie. Indien jy jou grasperk se mat wil wegsny, doen dit einde Augustus of begin September en gee dan ‘n goeie, maar dun deklaag om weer nuwe groei te stimuleer. ‘n Tweede oorsaak kan grasperk-ruspes en waterkrieke wees wat bedags onder in die grond wegkruip en snags hul vernietigingswerk doen. Die volgende gifstowwe kan gebruik word; (a) Sipermetrien of Karbaril; (b) Meridian of Koinor. Meng in ‘n gieter en deurdrenk die area, vra by jou plaaslike kwekery vir die regte produk en aanwysings. Derde oorsaak kan swamme wees. Daalderkol is ‘n sirkelvormige besmetting wat klein begin en baie vinnig tot ‘n groot sirkel uitkring. Bespuit dit met Odeon. Bruinroes is klein bruin/swart poeieragtige kolle op die blaar van die graslote wat ook sal afgee as jy daaraan vat en dit kan ook baie vinnig versprei. Bespuit met Virikop of Odeon. Sorg dat die grasperk genoeg water kry en gereeld voeding en moet nie vergeet om jou gras ten minste een keer per week te sny nie, hoe meer gereeld hoe mooier word jou grasperk. Indien jy tuinprobleme het, bring ‘n voorbeeld saam, sodat ons die korrekte behandeling kan voorskryf. Lekker tuinmaak. Tuin-groete tot 27 Maart, George Retief


NUUS • NEWS

5

20 Februarie 2019

Yesteryear’s low prices, Today’s great savings! Set of 3

Atletiek: Laerskool Darling is baie trots

60L

op Luzaine van der Vent wat opgeneem is in die Boland-atletiekspan vir 80m hekkies. Hy neem op 2 Maart aan die Wes-Kaap byeenkoms in die Paarl deel. Baie geluk, Luzaine!

R199 SAVE R150

LIMITED TO 5 DEALS PER CUSTOMER

DEALHSE OF T R YEA

Set of 3

100L

R299 solutions for all your STORAGE

ADDIS CLEAR STORAGE BOX + LID

Honderdtal: Roux Meyer, 'n kranige krieketspeler van die Laerskool Swartland op Malmesbury, het onlangs met die kolf geskitter in 'n wedstryd teen St Thomas Primêr, ook van Malmesbury. Meyer het 115* aangeteken. Swartland het 194 lopies vir die verlies van 4 paaltjies aangeteken.

Jaarlikse ekspo lok rekordgetal

11L - R59 SAVE R15 26L - R109 SAVE R30 56L - R129 SAVE R50

SAVE R150

needs, big or small, we've got it all!

KILLER DEAL

R349 SAVE R90

R149

R89

SAVE R80

SLIMLINE 3 DRAWER (WHITE & SMOKY) Die jaarlikse kykNet Buite-ekspo wat verlede naweek op Môreson aangebied is, het 'n rekordgetal van 20 306 besoekers gelok. Dit is 'n toename van 602 teenoor die 19 704 in 2018. Volgens die organiseerder, Marius Opperman van Trio Events, is daar verskeie faktore wat tot dié toename kon lei. Hy het die borge, vennote,mediavennote en groot verskeidenheid uitstallers van "goeie buitelewe-produkte, asook die baie goeie venue" as van die belangrikste boustene vir dié sukses uitgesonder. "Baie dankie aan elkeen." "Dit is duidelik dat die groeiende buitelewemark aan mense 'n wegbreek van die gejaagde lewe bied, en daarom tans baie gewild is. "Ons is baie dankbaar vir al die rolspelers en die groot aantal ekspogangers wat die vergrote parkeerarea volgepak het. Dit was wonderlik dat ons toe van die oorvloei-parkeerareas gebruik moes maak. "Vanjaar het ons, soos elke vorige jaar, weer nuwe komponente en een of twee eksperimentele wysigings aan die ekspo en program aangebring, en dit lyk tog of dit vrugte afgewerp het. "Ons was ook bevoorreg om weer uitstekende kunstenaars te hê. Hulle was baie gewild. "Natuurlik sou ons die ekspo nie sonder kykNet, ons hoofborg, kon aanbied nie. "Ook ander senior vennote en die media is onontbeerlik vir die sukses van so 'n geleentheid. "In die Swartland byvoorbeeld was dié courant uit die staanspoor van die eerste jaar af 'n groot ondersteuner van dié geleentheid en vanjaar was geen uitsondering nie met uitgawes in die Swartland, Bergrivier, Wellington en die Weskus. "Daar is met só 'n ekspo egter steeds ruimte vir verbetering en ons sal poog om dit vir aanstaande jaar nog verder uit te bou," het Opperman gesê.

BUY 2 PACKS FOR

MAXI 4 DRAWER MOBILE UNIT

HANGERS 5 PER PACK ASSORTED COLOURS

SAVE R40 65L

LAUNDRY BIN + LID

R20

R49 SAVE R30

HOME CLASSIX GLASSES FRANSCHOEK RANGE

R59 SAVE R30

WHITE WINE 385ML 4 PK

RED WINE 490ML 4 PK

HIPSTER LAUNDRY BIN

FLUTE 190ML 4 PK

VALID UNTIL 24 MARCH '19 OR WHILE STOCKS LAST

Errors & omissions excluded. We reserve the right to limit quantities. VISIT OUR WEBSITE AT: WWW.MAMBOSPLASTICS.CO.ZA

R199

BUY 4 MASON JARS

SAVE R50

R50

620ml GIN & TONIC GLASSES x 6 PACK

GLASSWARE

ambo s

STORAGE

&

HOME

LIKE US ON

HEAD OFFICE: 021 911 5555 WESTERN CAPE: SANDOWN: 021 554 0626, BELLVILLE: 021 948 3767, FREE STATE: BLOEMFONTEIN: 051 421 0029, LANGENHOVEN PARK: 051 446 0023 VISIT OUR WEBSITE AT: WWW. MAMBOSPLASTICS.CO.ZA

ONLY AVAILABLE AT OUR BELLVILLE, SANDOWN AND BLOEMFONTEIN STORES


6

NUUS • NEWS

20 Februarie 2019

Peter Willemse (middel) het sy titel as die klubkampioen van die Malmesbury-gholfklub suksesvol verdedig. By hom is Wayn van Tonder (Klubkaptein) en Tony Goosen (klubbestuurder).

Wes-Boland:

BUYING or

Hierdie atlete van die Hoërskool Dirkie Uys is in die Wes-Boland-atletiekspan opgeneem. Voor: Amaï Bester, Terrence Swarts, Charlton Andrews, Jacqlyn Jones. 2de ry: Anka Crous, Ryan Adams, Jason-Lee Damons, Zia van Dyk. 3de ry: Ashwell van der Merwe, Rezin Cleophas, Lakeisha Heyns. Agter: Claudilo de Klerk, Francois Malan, Schalk Senekal.

SELLING FURNITURE

YOU CALL, WE COLLECT

Malmesbury 022 482 3788

NUUS • NEWS BETREKKINGS VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972 #4674

-------------------------------DIENSTE SERVICES DENWIN’S Computer & Business School. Accredited. Project, computer, financial management, call centre operator data capture, A+ Course. 022 482 1100 / 061 597 0250

20 Februarie 2019 is baie lief vir jou. -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

SURITA BARENDSE. 19 Februarie. Baie geluk met die geboortedag vieringe. Van: Mammie en huisgesin --------------------------------

23 February. JOLENE BAATJIES. Gods blessings on your birthday and enjoy your day. Love - Priscilla, Courtney, Allegra, Leona and the Baatjies clan --------------------------------

ELSIE ADAMS. 23 Februarie is Ma se eerste verjaardag weg van ons. Ons mis Ma nog baie. Van jo mark en Mickyla en susters --------------------------------

CCFMAL10AUG18

WE OFFER THE BEST PRICES


NUUS • NEWS ALGEMEEN GENERAL Koop meubels en klein goedjies aan vir kontant. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460 #4702

-------------------------------BETREKKINGS VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972 #4674

----Agente benodig teen 20% kommissie vir klerasie en skoene. Skakel 022 487 5502

KIRSTY APRIL. 26 February. Happy birthday to you. Hope you enjoy your day and may God bless and keep you. Love – Mammie, anty Lilla and the family --------------------------------

#4701

-------------------------------DIENSTE SERVICES Haus of Décor Security Shutters, Curtains, Blinds & Upholstery. Showroom & Décor Shop in Yzerfontein 081 554 6006 / www.hausofdecor.co.za *Finance Available

CHARMAINE ADAMS. Kyk wie verjaar op 28 Februarie? Baie geluk met jou verjaarsdag. Van: Broers, Susters en Carl Roy --------------------------------

#4703

-------------------------------TE HUUR TO LET Woonstel beskikbaar met veilige parkering. R3 500,00 per maand plus deposito. Kontak 082 801 6992 #4700

--------

TITUS EIENDOMME. Wesbank: Hophuis teen R1800 per maand. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: 082 780 1380

23 Februarie. DESMOND ANTHONY, seënwense met jou geboortedag vieringe. Alle eer, geloof en geluk op jou 11de verjaarsdag. Liefde – Pa, Ma en tweeling sussies --------------------------------

#4704

-------------------------------TE KOOP FOR SALE Twee pragtige nuwe matriek-rokke @ R800,00 elk (waarde R1800). Skakel 022 4875502 #4701

------

Snoek vanaf R65 elk. Stokvis fillete pakke R50 elk, asook ander produkte. Skakel 022 487 3265 / 084 250 2460

28 Februarie. Baie geluk met julle 10de huweliksherdenking. Mag daar nog baie jare wees vir julle, MNR en MEV SWARTS. Van: Siena --------------------------------

#4702

-------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS

23 Februarie. JOAN PIETERSEN. 70 Jaar het God jou geseën met liefde, geloof en geluk. Baie liefde – Man, kinders en kleinkinders --------------------------------

1 Maart. Geluk CHESLIN met jou negende verjaardag. Mag die Here jou seën. Lekker verjaar Ouma se grootseun. Lief vir jou – ouma Rita, Gino, Shelton en Fenando --------------------------------

CHRISTIE CLEOPHAS. 3 Maart. Gelukkige verjaardag. Geseënde nuwe lewensjaar. Psalm 23 is ons gebed vir jou – vroulief Tilla, Chriswill, Jacques, Jean, Chrizaan en Devoné --------------------------------

SKYLER McKRIELING. “Happy birthday” Ma se blom op 2 Maart. Mag die Here jou vele jare spaar. Jy is nou 'n groot meisie - ma Justine, pa Milo en boeta Jemian -------Geluk met jou eerste verjaarsdag. Skyler. Mag God jou nog vele jare spaar – Baie lief vir jou – ma Pop, boeta Danico, ouma Stienie en ouma Hetta --------------------------------

20 Februarie 2019 HENDRIK CLAASTE. Geluk met jou 42ste verjaardag. Liefde Hester en Sharel. --------------------------------

met jou verjaardag. Bly die wonderlike, voorbeeldige dogter. Liefde - Mammie, LeeHago, Anicia en Freddie

SERA JANSEN. 28 Februarie. 50Jaar!! Geluk met jou groot dag. Dankie vir vriendskap en liefde. Altyd daar vir mekaar – Jou beste maatjie – Myna --------------------------------

4 Maart. Happy bornday Mizz MG aka KYLA. May God bless you with many more to come. Much love Colleagues, friends and family --------------------------------

Ons oulike JEANDRE “Boetie” is drie jaar oud. Geseende verjaarsdag en ons is almal baie lief vir jou – Ma, Pa, Nanna, jou kleinboetie, ouma Koekie en tannie Q-Lynn --------------------------------

ANNA ESAU. 1 Maart. Geluk met Mammie se 44ste verjaarsdag. Mag u ‘n geseënde dag hê en alles wat mooi is – Man, kinders, kleinkind, Ma, Pa, suster, broer en Esau familie --------------------------------

Baie geluk met jou 12de verjaardag op 27 Februarie. Ons is baie lief vir jou – Mammie, Ouma, Reagan en Evan --------------------------------

My pragtige dogter CHARNE BEUKES, geluk

CASSIDY GREEN. 5 Maart. Baie geluk met jou agste verjaardag ons blompot. Geniet jou dag. Liefde - oupa Alfred en ouma Nonna ---Cassy, lekker verjaar. Van: uncle Ferlin en Chesnay, Atta Gretna, Naloo, Tiffany en Cheslin en pa Gerscheon -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM

CALVYN ISAACS. 27 Februarie. Jy sou vandag 50 jaar oud word. Mis jou baie, maar jy is veilig by Jesus – Ouers, susters en twee broers --------------------------------

GERT FORTUIN. 26 Februarie. Tien jaar van ons weggeneem. Mis jou verskriklik. Agnes en Kinders. --------------------------------

SARA SWARTS. 26 Februarie. Ma is

twee jaar van ons weggeneem en die hartseer nog elke dag daar. Mis jou baie – Kinders, kleinkinders en Swarts familie --------------------------------

ADAM VAN NEEL. 28 Februarie. My man, reeds drie jaar na jou hemelwoning verhuis. Sal jou altyd onthou en liefhe – Jou vrou, Mina, Amy-Lee, Nikiwe en Francois ----Pappa, mis jou baie. Jy sal altyd in ons hart voortleef – Sandra, Shandré en Colé, Daphné, Ryan, Cattlelya Jeffrey, Karen en Jayden --------------------------------

ABEL MAARMAN. 25 Februarie. Drie jaar van ons geskei. Die verlange is groot, maar ons gun jou die rus – Margie, Davy en Dyason familie -------------------------------STERFGEVAL OBITUARY

JOHAN SMIT. My innige meegevoel met die heengaan van ‘n pa en oupa. Dink aan al die kiners en kleinkinders in die tyd. Van: Maria --------------------------------

ILSE FRANSE. Gebore: 27.07.1988. Sterf 17.02.2019 JANE FRANSE. Gebore: 01.04.2009. Sterf 17.02.2019. Begrafnis: Saterdag, 2 Maart om 08:00 by Bassonsaal en 9:00 by VGK Kerk, Moorreesburg --------------------------------

7


8

courant

NUUS • NEWS

dié

20 Februarie 2019

Tel: 022 487 3221

SPORT

27 Februarie 2019

Sportuitslae GHOLF

Saterdag, 23 Februarie - Maandelikse Houespel 1 Thinus Theron 67 2 Peter Willemse 68 3 Martin Mostert 71 4 Gerhard Spangenberg 71 5 Fritz de Beer 71 6 Martell van Lill 72 7 Franklin Beukes 72 Steyn Neethling 72 8 Auden Julies 73 9 Jacques Cilliers 73

Rekords spat:

Hierdie atlete van Riebeeck Vallei Spesiale Skool het Vrydag, 22 Februarie by Dal Josophat deelgeneem aan die Boland LSEN-atletiekkampioenskap. Die groep het sewe rekords verbeter, 17 goue medaljes, 10 silwer medaljes en 15 brons medaljes ingepalm. Van hierdie groep is 36 atlete gekies om die Boland-span te verteenwoordig.

•R664 000 SPANDEER AAN OPPERVLAKTES

Minister oorhandig nuwe netbalbane op Malmesbury

Die Wesbank Sportgronde op Malmesbury spog met twee nuut herseëlde netbalbane wat Maandagaand amptelik deur die provinsiale minister van Kultuursake en Sport, Anroux Marais oorhandig is. Twee netbalspanne het ook gedurende die geleentheid op die nuwe netbalbane gespeel. Volgens Johan Venter, bestuurder van openbare -en siviele ingenieursdienste by die Swartland Munisipaliteit, is dié twee netbalbane by die Wesbank Sportgronde gedurende die munisipaliteit se 2014/2015 boekjaar herseël. Die opgradering vorm deel van die deurlopende opgradering van Swartland Munisipaliteit se sportfasiliteite. Daar is oor die afgelope ses jaar reeds 18 netbal- en tennisbane herseël en twee nuwe tennisbane in die Swartland gebou, voeg hy by. Die herseël van die spesifieke netbalbane wat vandeesweek oorhandig is, was reeds in 2015 voltooi. Hy verduidelik dat die herseël van die netbalbane deur middel van die aanwending van ‘n gepigmenteerde bitumineuse produk gedoen word. Die opgradering het verder die installering van die omheining ingesluit. Die ablusiegeriewe is ook omskep in ‘n kleedkamer wat alles in 2017 voltooi is. Die plaaslike netbalklubs en skole het voorkeur in die gebruik van die fasiliteit, maar dit is wel oop vir publieke gebruik met bespreking, voeg Venter by. Die departement van sport dra gereeld fondse by tot die ontwikkeling van sportfasiliteite, waarvan dié spesifieke projek ook deel

NETBAL

Die Malmesbury-netbalklub nooi alle belangstellendes om deel van die klub te word en aan die komende proewe deel te neem. Belangstellendes moet vooraf kontak maak met Mekayla Barnard by 076 034 8294 of Lize by 082 082 7549. Dan is daar ook die groot besigheidstoernooi op hande wat die 4de en 5de Maart gehou sal word. Hier is dit nie net 'n sport vir vroue nie, maar mans is ook welkom en daar is selfs 'n raak-rugby-afdeling. Die wedstryde skop om 18:00 op die velde van die Laerskool Swartland af. Vir meer inligting, stuur 'n epos na imburger7@gmail.com, of na mekaylabarnard@ gmail.com of kontak Mekayla by 0760348294. Inskrywingsfooi beloop R500 per span en 'n span bestaan uit 8 spelers. Die afsnydatum vir inskrywings is 22 Februarie.

Interskole-krieket

Swartland vs Hugenote - O.19 Hugenote I was op 174 almal uit. Hugenote wen met 21 lopies Hugenote O/15A wen met 36 lopies. Hugenote kolf eerste en word uitgeboul vir 91 lopies. Swartland teken 55 lopies aan. Hugenote O/15 wen dus met 36 lopies.

Rugby

vorm. Die ontwikkeling van alle sportfasiliteite word gesamentlik befonds deur die Swartland Munisipaliteit, die departement van sport (DCAS) en die Municipal Infrastructure Grant (MIG). Die herseël van ‘n netbalbaan beloop ongeveer R 60 000 per baan, onderhewig aan die hoeveelheid voorbereidingswerke wat nodig is. Daar was verder ongeveer R 664 000 spandeer aan die aanbring van die omheining en omskepping van die kleedkamers, sê Venter.

Behalwe vir die herseëlde netbalbane en nuwe kleedkamers, bestaan die Wesbank Sportgronde tans ook uit die A-rugbyveld met ‘n pawiljoen en ‘n klubhuis. Die ablusiegeriewe is ook onlangs oorgedoen. Daar is ook ‘n B-veld aangrensend aan die A-veld én ‘n C-veld met ‘n splinternuwe klubhuis. Daar is verder vier tennisbane waarvan twee herseël is en twee tennisbane nuut ontwikkel is. Dié klubhuis is ook nuut aangebring. Die sportgronde spog ook met ‘n nuwe gimnasium.

Abbotsdale RFC - Pre Season 2019 16 March 2019 - Mamre Hamlets (Home) 23 March 2019 - Pella (Home) 30 March 2019 - St Helena Baai (Home) 06 April 2019 - Grabouw (Home) 13 April 2019 - Mamre (Away) Easter weekend off League starts - 27 April 2019 For any enquiries please contact William Arendse - 071 382 8329


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.