c urant
dié
• Bergrivier 1Swartland Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
8 Mei 2019
56.9%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 517
1 Mei 2019
Kruisies getrek
Dit is verkiesingsweek reg oor die land met die eerste spesiale stemme wat die afgelope Maandag en Dinsdag by stemlokale plaasgevind het. Volgens Courtney Sampson, die Wes-Kaapse hoof van die verkiesingskommissie, is kruisies deur inwoners wat vir spesiale stemme aansoek gedoen het, sonder enige probleme getrek. Die inwoners van Aandskemering, ‘n tehuis vir bejaardes op Malmesbury, het Dinsdag hulle stem laat geld in vanjaar se algemene verkiesings.
•HSS-LEERDER DEEL VAN RADIODRAMA
Watson nou op RSG •Charlotte Lesch Graeme Watson, ‘n Gr.12- leerling by Hoërskool Swartland het vir 'n tweede agtereenvolgende jaar 'n rol by volgende jaar se Woordfees op Stellenbosch losgeslaan. Watson het saam met twee ander leerlinge van HSS deelgeneem aan die Nasionale Toneelspelkompetisie wat sedert 2002 deur Hoërskool Bellville aangebied word. Watson het uitstekend gevaar en saam met die Woordfeesproduksie ook 'n rol in 'n radiodrama wat op RSG uitgesaai word, gewen. Die finale rondtes van die 18de Nasionale Toneelspelkompetisie vir Hoërskoolleerders, met kykNET as die hoofborg, het vanaf 2 tot 4 Mei in Kaapstad plaasgevind. Die Hoërskool Bellville organiseer sedert 2002 jaarliks die kompetisie. Nagenoeg 500 inskrywings is vir die kompetisie ontvang. Na landswye uitdunrondtes in Februarie en Maart het die 80 gekeurdes oor
vier rondtes op ‘n uitklopbasis deelgeneem. Die agt finaliste het Saterdag 4 Mei elkeen ‘n program aangebied. RSG en die ATKV span saam in ‘n nuwe projek. Twee skrywers is gekies om elkeen ‘n radiodrama te skryf vir kandidate uit die kompetisie. Herschelle Benjamin se teks gaan in Kaapstad opgevoer word met Watson, Francois van der Merwe (Bellville), Adri-Jo Waterboer (Bellville), Angelo Bergh (Langenhoven) en Greteli Fincham (Stellenbosch). ‘n Uitvloeisel van die kompetisie is ‘n produksie wat by die Woordfees in 2020 open. Amelda Brand gaan die regie doen en Watson is een van tien akteurs wat vir dié produksie gekies is. Die paneel beoordelaars het onder meer bestaan uit Karen Meiring van kykNET en Kobus Burger van RSG. Joshwin Dyson, ‘n graad 12-leerder van die Hoërskool Cedar in Mitchells Plain, het as wenner uit die stryd getree.
Vier kandidate het ook beurse vir tersiêre studie ontvang, terwyl drie kandidate ‘n rol in die sepie, Suidooster ontvang waar Watson verlede jaar deel van was.
Regs: Graeme Watson, 'n Graad 12leerder van die Hoërskool Swartland, sal eersdaags in 'n RSG-radiodrama te hoor wees. Foto: Natalie Gabriels
NUUS • NEWS
2
NUUS • NEWS
8 Mei 2019
• ONTVANG 8STE SKOON OUDIT VAN OUDITEUR-GENERAAL
WKDM vier 100ste Raadsvergadering
Bo: Raadslede tydens die 100ste Raadsvergadering van WDM. (Raadslid Rhoda Skei kon nie teenwoordig wees vir fotosessie nie.) Die Weskus Distriksmunisipaliteit het onlangs op 27 Mei hul 100ste Algemene Raadsvergadering gehou. WDM, voorheen bekend as die Afdelingsraad, het sy ontstaan reeds in 1976 toe die Weskus uit Van Rhynsdorp, Clanwilliam, Piketberg en Malmesbury Afdelingsrade bestaan het. Hierdie rade het in 1989 saamgesmelt om die Weskus Streeksdiensteraad (SDR) te vorm wat vandag bekend is as Weskus Distriksmunisipaliteit. WDM is een van die voorste distriksmunisipaliteite in die land met verwysing
tot goeie administrasie en het onlangs sy agtste skoon oudit van die Ouditeur-Generaal ontvang. Die Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Harold Cleophas, is sedert 2011 aan stuur van die munisipaliteit. Die kantoor van die Burgemeester se fokus is om die sosiale norms en waardes, wat oor tyd in gemeenskappe verlore geraak het, te herstel. Bejaardes, jeugdiges en kleuters vind baat by verskeie uitreik- en opvoedkundige projekte van die munispaliteit. Dit is veral die Goue Spele vir bejaardiges, die jaarlikse verering van die beste
graad 12 leerders in die streek en ‘n uitruilprojek tussen die Weskus Distriksmunisipaliteit en Duitsland wat as vlagskip projekte van die munisipaliteit beskou word. WDM se ander hoogtepunte sluit in werkskepping vir plaaslike individue deur die Uitgebreide Publieke Werke Program (EPWP), benoeming as mees verbeterde distriksmunisipaliteit vir lugkwaliteit gedurende 2015/16 en Bloudruppel status vir waterkwaliteit (2010, 2011, 2012). Tydens die 100ste Algemene Jaarvergadering
het die Burgemeester die personeel en raad bedank vir hulle samewerking en oorgawe waarmee hulle die gemeenskappe van die Weskus dien. “Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om aan stuur van so ‘n suksesvolle munisipaliteit te wees waar ons almal saamwerk tot vooruitgang van die weskus gemeenskappe” het die Burgemeester gesê. Hy het die Uitvoerende Bestuur, onder leiding van die Munisipale Bestuurder, David Joubert, bedank vir hul administratiewe leiding en ondersteuning.
Pietman Geldenhuys, Malmesbury se eie bekroonde sangsensasie, wen vanjaar groot by die Ghoemas Musiektoekenningsgeleentheid wat onlangs plaasgevind het. Geldenhuys, wat aan die einde van verlede jaar sy nuutste album, Van die os op die jas, vrygestel het, het op 17 April weggestap met die Ghoema-toekenning vir Beste Sololiedjieskrywer. “Die toekenning beteken vir my bitter baie, omdat ek al vir so lank skryf en nog nie regtig in die verlede vir so iets benoem is nie,” vertel hy. “As individu wat ‘n solo kategorie gewen het, voel ek vreeslik trots.” Geldehuys is reeds besig om aan nuwe materiaal te werk en te skryf. Sy program is ook besig om vinnig vol te raak. Stuur ‘n e-pos aan pietman@spottedapple.co.za of kontak Lara op 082 520 1946 vir verdere inligting of enige besprekings.
VOTE ON #XsêDay 8 MAY 2019
7AM - 9PM
NATIONAL & PROVINCIAL
ELECTIONS 0800 11 8000
Find us on: IECSouthAfrica • www.elections.org.za
2019 YOUR X IS YOUR SAY
NUUS • NEWS
8 Mei 2019
•BIBLIOTEEK HERDENK MYLPAAL
Leesliefhebbers snuffel vir 60 jaar op Riebeek-Wes rond
Die Riebeek-Wes se plaaslike biblioteek vier vanjaar sy 60ste bestaansjaar nádat dit in 1959 as ‘n biblioteek erken is. Dié biblioteek het aanvanklik in 1934 bekendgestaan as ‘n subskripsie-biblioteek. In 1957 vind daar herorganisering plaas. Die biblioteek is daarná amptelik in 1959 geopen. “Die biblioteek is in 1959 deur die Kaapse Provinsiale Biblioteekdienste erken,” vertel Ilse Loock van die Swartland Munisipaliteit. Die spesiale geleentheid is onlangs op 29 April deur plaaslike inwoners en personeel gevier waartydens ‘n voormalige burgemeester, Ernst Brink vir gaste kom vertel het oor die belangrikheid van biblioteke. Basil Friedlander, ‘n “vriend van die biblioteek” het ook kom gesels met gaste, terwyl die skoolkoor van Weltevrede Primêr opgetree het. Die biblioteek het oor die afgelope ses dekades talle hoogtepunte ervaar. Die ledetal was onder meer in 2013 maar slegs 365 altesaam en vandag spog die biblioteek met 1045 lede. Die biblioteek het ook vier jaar gelede vier rekenaars ontvang wat gratis toegang tot die internet vir die publiek beteken het. In 2017 is daar besluit om die matte binne die biblioteek te verwyder. Vandag spog hulle met die oorspronklike plankvloere wat ontbloot en afgeskuur is en ‘n
gedaanteverwisseling tot die voorkoms van die biblioteek beteken het. Daar pronk vandag 10 368 boeke op die biblioteek se rakke waarvan lede kan kies en keur. Hoewel daar nie veel inligting van die oorspronklike personeellede en bibliotekaresse beskikbaar is nie, bestaan hulle vandag uit vier personeellede, naamlik Rochelle van der Horst, assistant-bibliotekaris, twee kontrakwerkers, Charlotte Rossouw en Wilene Arendse, asook een afloswerker, Bonita Fisher wat die plaaslike publiek en boekwurms van Riebeek-Wes op ‘n daaglikse basis bystaan. Volgens die personeel, beskryf hulle die biblioteek as ‘n noodsaaklike fasiliteit vir die plaaslike gemeenskap, omdat daar ‘n diens aan die plaasgemeenskap, dorpsinowners en veral die skoolkinders gelewer word. “Daar is twee laerskole en vier kleuterskole. Inligting word vir take verskaf – in boekvorm en ook op die rekenaars.” Die biblioteek is boonop ook die enigste plek op Riebeek-Wes waar afskrifte vir die publiek gemaak kan word, sou hulle dit versoek. “‘n Lees-kultuur word aangemoedig deur gereelde uitreikingsaksies te hou, veral deur praatjies by die skole om die biblioteek te bemark en nuwe lede te werf. Daar word ook uitreikaksies gehou na die senior lede,” voeg sy by.
Ozone-terapie is nou beskikbaar op Malmesbury by Alpha Wellness Therapy (Ozone & Massage) op Malmesbury. Nicoline Pietersen het reeds vir ‘n geruime tyd pasiënte vanuit haar huis behandel. Ozone-terapie help die liggaam om self te herstel. Suurstof is noodsaaklik vir die werking van die liggaam en daar is talle faktore wat voorkom dat genoeg suurstof deur die liggaam opgeneem word wat kan lei tot ‘n ongesonde een. Die behandeling ontgiftig die liggaam deur gifstowwe en swaar metale wat oor ‘n tydperk binne die liggaam opbou, af te breek en die ontwikkeling van gesonde selle en weefsel te bevorder. Die behandeling gee verder ook die imuunstelsel ‘n hupstoot vir ‘n nuwe jy. Dié terapie verseker algehele gesondheid sodat jy voluit kan lewe. Indien jy raadop is en nie meer daagliks ‘n handvol pille wil drink nie, is Ozoneterapie dalk net die antwoord vir jou. Besoek Alpha Wellness Therapy: Maandae tot Donderdae tussen 08:30 en 17:30 en Vrydae tussen 08:30 en 17:00, asook Saterdae tussen 08:00 en 13:00.
Die biblioteek op Riebeek-Wes het onlangs sy 60ste bestaansjaar gevier. Daar is met sang, dans en eetgoed die mylpaal gevier. Die biblioteek is amptelik in 1959 geopen deur die Kaapse Provinsiale Biblioteekdienste.
3
4
8 Mei 2019
Agri's got talent: Entries nou open
At AGRI’S GOT TALENT 2019 they compare apples with orages. At Agri’s Got Talent (AGT) they like to break the boundaries. This year we are going to compare apples and oranges…or rather agri-workers in the pome and citrus industries. In 2019 the Citrus Growers’ Association (CGA) joined the competition as a sponsor, making it bigger and better. When CGA was approached to get involved we jumped at the opportunity – to join a well-polished, professional initiative like Agri’s Got Talent is a chance in a lifetime – now let’s see the talent in the citrus industry shine through.” There are currently 120 000 workers (seasonal and permanent) on citrus farms and 20 000 in pack houses. TO ENTER: WhatsApp a sound clip of no longer than 3 minutes to 082 372 1557 or e-mail: agrisgottalent@gmail.com INCLUDE: Name• & surname Date of birth• Own cell number• Name of farm / cellar / pack house• Job description• How long you have been working on the farm, in the pack house or cellar• Nearest town• Join the AGT community and find the latest news and action on Facebook www.facebook.com/agrisgottalent or visit www.agrisgottalent.com. ANYTHING ELSE? Please contact Carmé Naudé at carme@hortgro.co.za Or 021 870 2900 for more information. Agri’s got Talent is a social upliftment project sponsored by HORTGRO, the Citrus Growers’ Association, the VinPro Foundation, the South African Table Grape Industry, and the Western Cape Government’s Department of Agriculture.
Dans: Die eerste
Olyfdans gedurende vanjaar se Riebeek Vallei Olyffees by Allesverloren waartydens die sangsensasie Lianie May opgetree het, was ‘n groot sukses. Dirkie Gildenhuys (middel) van DirkieG Produksies staan saam met Lianie May en Zania Snay, nóg ‘n kunstenaar wat deur Gildenhuys gereël is en Sondag by die Olyffees opgetree het.
Museums tell the history
TENDERKENNISGEWING: T48/18/19
AANKOOP VAN TREKKER Swartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan van toepaslik ervare diensverskaffers vir die voorsiening en aflewering van een trekker, soos in die amptelike tenderdokumentasie gespesifiseer. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T48/18/19 – AANKOOP VAN TREKKER” moet voor 12:00 op Vrydag, 24 Mei 2019 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen kwotasies sal laat, elektronies of per faks aanvaar word nie.
TENDERKENNISGEWING: T50/18/19
AANKOOP VAN ‘N EEN-TON VERLENGDE KAJUIT 4 x 2 LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG SSwartland Munisipaliteit vra hiermee tenders aan van toepaslik ervare diensverskaffers vir die voorsiening en aflewering ‘n een-ton verlengde kajuit 4 x 2 ligte afleweringsvoertuig, soos in die amptelike tenderdokumentasie gespesifiseer. Tenderaars moet oor ’n goedgekeurde en gevestigde vervaardigers-geondersteunde dienssentrum in die Swartland Munisipaliteit se jurisdiksiegebied beskik. Die tenderaar moet ’n geregistreerde motorvoertuighandelaar wees. Kwotasies en alle tersaaklike dokumentasie, in ’n geseëlde koevert, duidelik gemerk “TENDER T50/18/19 – AANKOOP VAN ‘N EEN-TON VERLENGDE KAJUIT 4 x 2 LIGTE AFLEWERINGSVOERTUIG” moet voor 12:00 op Vrydag, 24 Mei 2019 in die tenderbus by die munisipale kantore, h/v Kerk- en Voortrekkerstrate, Malmesbury ingedien word. Geen kwotasies sal laat, elektronies of per faks aanvaar word nie. Dokumente kan gedurende normale kantoorure van Jo-Maré van der Westhuizen by tel. 022 487 9700 by die Munisipale Kantore, Malmesbury, h.v. Hill- en Piet Retiefstrate, langs die Checkers-ingang, afgehaal word. ‘n Nieverhaalbare kontantfooi van R100,00 is aan die Swartland Munisipaliteit betaalbaar vir die afhaal van hardekopieë van die tenderdokumente. Gratis, elektroniese tenderdokumente is op aanvraag beskikbaar. Onvolledige dokumente sal nie oorweeg word nie. Tenders sal geëvalueer word ingevolge die Raad se Voorkeurverkrygingsbeleid en die spesifikasies wat saam met die tenderdokument uitgereik sal word. Die kontrak sal ingevolge die 80/20-voorkeurpuntestelsel geëvalueer word. Die Voorkeurverkrygingsbeleid is gedurende normale kantoorure ter insae by die munisipale kantore beskikbaar. Die Swartland Munisipaliteit onderskryf en ondersteun die Regering se Swart Ekonomiese Bemagtigingsprogram en is daartoe verbind om die ongelykhede van die verlede reg te stel. Tenderaars wat vir die voordele van die Wet op Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (B-BBEE) wil kwalifiseer, moet Bylaag MBD 6.1 (deel van die tenderdokument) volledig voltooi. Voorkeurpunte MOET ook in paragraaf 6.1 geëis word. Tenderaars word versoek om oorspronklike en geldige B-BBEE-statusvlak verifiëringsertifikate of gewaarmerkte afskrifte daarvan in te dien, ten einde hul B-BBEE-graderingseise te substansieër. Hierdie tender is onderhewig aan die Algemene Tendervoorwaardes, en indien van toepassing, enige ander Spesiale Tendervoorwaardes. Swartland Munisipaliteit word nie daartoe verbind om die laagste, ‘n gedeelte van ‘n tender of ‘n tender in geheel te aanvaar nie. Tegniese navrae rakende hierdie tenders kan aan mnr. John Barlow by tel. 022 487 9400 gerig word. Swartland Munisipaliteit Munisipale Kantore Malmesbury 7 Mei 2019 www.thecandocompany.co.za 136600
20X4 PROOF 1
NUUS • NEWS
JJ Scholtz Munisipale Bestuurder
www.ayandambanga.co.za
Darling Museum celebrates International Museum Day. Cathy Hall, current chairlady of the Darling Museum committee explains why this day needs to be celebrated. “International Museum Day is a global celebration that takes place annually on 18th May. The International Council of Museums co-ordinates this event and each year has a specific theme. The theme this year is: “Museums as Cultural Hubs: The future of tradition”. The event has been celebrated all over the world since 1977 and provides the opportunity for museums to remind the public of their contributions to the heritage of their peoples and history. In support of this initiative, Darling Museum is offering free entry on Saturday, 18th May from 10.00 until 14.00 and everyone is invited. The museum is also hosting a “Long Table Picnic” in the grounds of the museum with scrumptious food and live music. There will also be a variety of fun games for the whole family to join in. This kicks off from 14:00 and tickets are available from the museum office. They urge to please support this fundraising initiative by bringing friends and family along. A visit to Darling is not complete with a trip to the Darling Museum. The village of Darling was founded in 1853 when the Darling Village Trust Board successfully purchased a portion of the farm Langfontein (now Ormonde). It is named after the then governor of the Cape Colony, Lord Charles Henry Darling. It rapidly became known for its spectacular wildflowers, game, salt and butter. In 1899, two Swedes, Nils Moller and G Threnstrom started their own creamery in Darling. By 1906, the business had expanded so rapidly, that the Swedes relinquished control to a group of local farmers who formed a corporation. A bigger factory was built in 1914 which served the creamery until it was relocated to Paarden Eiland 1950. The Darling Museum evolved from this industry and was founded in 1978 by the Women’s Agricultural Association with the intention of preserving the history of the butter making industry in Darling. The Museum’s first premises were the original creamery in Main Street. The idea of a museum soon snowballed.
Enthusiastic and community minded residents of Darling willingly donated memorabilia and artifacts with a view to preserving the history of Darling. Thanks to the foresight of the municipality, the rapidly expanding museum was then moved into the old Town Hall, built in 1899. The Darling Museum vividly showcases life in historical Darling with fascinating displays of Victorian clothing and artifacts, most of which have been donated by local residents – so a very personal history of our darling town. Visitors can peacefully browse lovingly arranged exhibits of clothing, furniture and utensils of a bygone era. An old classroom is complete in every respect with small wooden desks, inkwells, nib pens and exercise books. A kitchen with an old Dover stove displays quaint kitchen tools that were used in a non electric kitchen. The butter museum covers an entire section detailing the beginnings of butter making. An interesting display of household butter churns shows how housewives and farm women made their own butter. There are many different types of large old wooden churns and unique wooden butter washing machines amongst the fascinating array of implements. Outside there is a large Agricultural barn with old farm equipment and tools, wagons and carts used in the area plus a large combine harvester and steam engine. A replica farm office, stable and work shed with vintage tools are set up here too. A reference/research room contains books and historical info and includes a fascinating Day Book written in beautiful copperplate by G.R.Ruperti detailing the daily activities on his farm Klawervlei in 1890. There is also a magnificently detailed sketch drawn by W. Duckitt and his father for the Duke of Bedford in 1805, of farm machinery they had invented, with drawings of a Coulter Plough, Harrows and a Sowing box for barley wheat, peas or beans amongst others. A visit to this museum will bring history back to life and a must visit. Displays are regularly updated and improved and the addition of a touch area, dressing up corner plus a special children’s leaflet to colour in and stories about Milton, the Darling Museum Mouse, have made the Darling Museum a great choice for family-friendly outings.
NUUS • NEWS
8 Mei 2019
5
6
8 Mei 2019
Dagboek • Diary Narcotics Anonymous Addiction? Need help? Support group meetings every Wednesday @ 19:00 for 19:15 at the Malmesbury Library Contact 083 900 6962. CAD Byeenkoms Die Christelike Afhanklikheidsdiens kom elke Maandag tussen 19:00 en 20:00 byeen by die Vriend van God. Vir enige navrae kontak Past Piet Smit by 073 447 2902 Malmesbury Parkrun Every Saturday at 8:00 AM - Next to “Langsdiebos” Market. Free, weekly, 5km, timed run Register for Free @ www.parkrun.co.za/malmesbury Moorreesburg 5km run/walk - Every Saturday at 7:00 Weekly, free. Starting point - Moorreesburg park, Long Street. No dogs allowed. Contact Anel at 022 433 1072 / 082 731 3432
Yzerfontein Toerisme 15 Mei: Die Yzerfontein Sakeforum hou vergadering om 18:00 by die Yzerfontein Rolbal-Klub. R50 vir toerisme lede en vriende van toerisme en R100 vir nietoerisme lede Vir enige navrae skakel Lin by 022 451 2985 of stuur 'n e-pos na yzerfontein@ polka.co.za
NUUS • NEWS
20ste Riebeek Vallei Olyffees 2019 tops
Saldanha Dameskring 22 Mei: Dameskring bied aan die baie gewilde eenmanvertoning DONKIE soos vertolk deur Frank Opperman en geskryf deur Dana Snyman by Weskusskool op Saldanha. Die aandvertoning is ongelukkig reeds uitverkoop. Kaartjies vir die ekstra middagvertoning om 15h00 is nou beskikbaar @ R120 per persoon. Kontak Amanda op 082 671 8099 of Erna op 083 285 2729 om te bespreek. Hopefield Skietklub 18 Mei: Hopefield Skietklub hou hul Veteranedag om 09h30 tot wanneer die dans verby is. Wynand du Toit stel ook boek bekend. Kaartjies verkrygbaar by Japie 071 567 0662 / David 082 219 0513 / Winnie 072 354 2068
BUYING or
SELLING FURNITURE
YOU CALL, WE COLLECT
Malmesbury 022 482 3788
CCFMAL10AUG18
WE OFFER THE BEST PRICES
Die 20ste Riebeek Vallei Olyffees wat die afgelope naweek op Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes plaasgevind het, was ‘n groot sukses, sê vanjaar se voorsitter van die reëlingskomitee, Yvette Puchert. Volgens haar was daar na raming sowat 7500 en 8000 besoekers wat vanjaar die fees bygewoon het. “Alles het glad verloop. Die atmosfeer was lekker en dit was ‘n lieflike fees,” voeg sy by. Terugvoering wat ontvang was, was ook baie positief.
NUUS • NEWS BETREKKING VACANCY Join my Avon team today. Be your own boss. Determine your own salary. Contact Etoschia 076 122 9972
#4722
-------------------------------DIENSTE SERVICES CK Karwas. Was, waks en vacuum. Bel of whatsapp 071 349 2000. Ons kom na jou. #4723
-------------------------------TE HUUR TO LET Tafelzicht, Malmesbury: R11 500,00 pm. 3 Slaapkamers, 1½ badkamer, Oopplan kombuis en leefarea. Aparte waskamer. Dubbel motorhuis. Onmiddellik beskikbaar. Kontak eienaar op 022 487 3916 -------------------------------GELUKWENSING CONGRATULATIONS
Raai wie is 1? MARSHEN BRUINTJIES. Geluk met jou verjaarsdag mammie se prinsie. Mag God jou ryklik seën met mooi lieflike jare vorentoe. Van mammie, oumas, Oupa, Nefies, Nanna en Uncles --------------------------------
Baie geluk NIKKI met jou 15de verjaarsdag op 9 Mei. Hoop jy geniet jou dag. Van: Mammie, Trevor en jou 2 broers --------------------------------
Geluk RICHARD met jou verjaarsdag op 9 Mei. Van: jou susters, broers, al die kinders en Ben. Lekker verjaar -----Gelukkige verjaardag Boeta. Mag die Here nog vir jou baie jare spaar. Van: Benoline en kinders --------------------------------
8 Mei. ESMERELDA GOLIATH. Geluk my oudste met jou verjaardag. Alles wat mooi is my kind. Baie lief vir jou – Daddy, Mammie, JP, Ashnique en Anwill --------------------------------
9 Mei. Geluk WES. Mag die Here jou nog baie jare spaar. Van: die Herwerk-span --------------------------------
6 Mei. Baie geluk Ouma se “dark and lovely’. Volle ses jaar. Ons dank
God vir nog ‘n jaar by jou lewe gevoeg RHONEECA JACOBS. Van: Ma, Ouma, Nay, Micheilin Boeta Eugene en Heziron --------------------------------
“Happy birthday” RAYDEN-LEE op 11 Mei. Volle vyf jaar oud. Hoop jy geniet jou dag. Liefde – Mammie, Ouma Monica, Broer en susters. Lief vir jou --------------------------------
Raai wie word sewe? Baie geluk met jou verjaarsdag. Mag goedheid en guns jou volg, al die dae van jou lewe. Baie liefde – Oupa, Ouma, pa Anthony, Francois en Juanique --------------------------------
08 Mei Geluk RAYNICKE met jou vierde verjaarsdag. Mag jy ‘n lekker dag hê. Van: Ma, Pa, Tietie, Nanna, Boeta, Kaylin, Janus en Faith --------------------------------
ABES. 13 Mei. Geluk met jou verjaardag. Mag jy ‘n vreugdevolle dag hê. Jy is altyd vol lewe. Liefde – Ma, broer, suster en Kelvino ----Geluk met jou verjaarsdag. Jy het altyd 'n mense dag op skool gemaak en ek onthou jou verjaardag. Lekker verjaar - Akiedah --------------------------------
8 Mei 2019 JEANETTA LOUW. 8 Mei. Baie geluk met u verjaarsdag. Mag God u nog vele jare spaar. Van: Boland Meat en tafelmaatjie, Rita -------------------------------MEMORIUMS IN MEMORIAM
JAN PIETERSEN. 11 Mei. Pa 26 jaar by die engele. Sal jou nooit vergeet – jou verlangende kinders: Rachel, Johanna, Magriel, Hendrik en kleinkinders --------------------------------
ELIZABETH ATKINS. 30 April. Jy vier jou 60ste verjaarsdag saam met die Engele. Hoe graag so ons 'n drukkie wou gee. Mis jou elke dag - Croy en Cruywagen familie --------------------------------
FRANK McQUIRE. "Snuff" 14 May 2019. First birthday in heaven. God has called upon his angel to heaven. Always in our hearts, Miss you a lot. RIP brotherMcQuire Family. --------------------------------
ISAK ESAU “Sakkie”. 7 Mei. ‘n Jaar weg van ons. Ons mis jou glinlag en geselskap. Sal jou altyd liefhê. Rus in vrede my man, Pa, Oupa en skoonpa – Esau gesin ----Ons harte koester die mooi herinneringe. Die
gemis is daar en sal jou nooit vergeet nie – Nonna, susters, broers en familie ----Jy sal altyd ‘n baie spesiale plekkie in ons harte hê. Jy word gemis – Hanna, Reeve, Reese, Jessica, Chena en Shane --------------------------------
6 May. CHRISTOLENE JURIES. Happy 50th birthday in heaven. Thinking of you on this day. Love - Lategan and Juries Family ----"Oumatjie”, vriendin dis jou verjaardag en jy vier dit met die engele. Mis jou nog elke dag maar gun jou die Rus vriendin Lizzy --------------------------------
HENDRICK DANIELS. 12 Mei is dit jou eerste jaar weg van ons. Mis jou baie, huil baie. Liefde - jou vrou, kinders en kleinkinders. -------------------------------STERFGEVAL OBITUARY
PIETER JULIUS. Oorlede 3 Mei 2019. Troosdiens: Woensdag, 8 Mei 2019 om 19:00 te Flaminkstraat 8, Malmesbury. Begrafnisdiens: Saterdag, 11 Mei 2019. Huisdiens om 08:00 by Flaminkstraat 8 en diens neem aanvang om 09:00 by VGK, Malmesbury ----Sag heengegaan. Rus in vrede, Pieter jy word alreeds gemis. Van: jou vrou, kinders, kleinkinders en breë familie --------------------------------
courant 8 Mei 2019
dié
8
NUUS • NEWS
SPORT
Tel: 022 487 3221
8 Mei 2019
Sportuitslae
MALMESBURY SQUASH
4de liga: Malmesbury vs Somerset-Wes Malmesbury wen 10-6 Heinrich du Preez wen 3-0 Brynmor vd Merwe verloor 1-3 Albie Liebenberg verloor 1-3 Hiran Leng wen 3-0 Randall Atkins probeer verdedigers van Abbotsdale afskud tydens hul kragmeting. Die Lillies het egter 22 - 20 koning gekraai.
Groot Uitdaag: Wesbank en Darling gee pas aan •Abri Adonis Darling het Saterdag sy wenstreek voortgesit toe hy 'n begeesterde Never Despair op sy tuisveld geklop het. Darling het egter nie 'n goeie wedstryd beleef nie en te veel in sy eie gebied probeer speel en sodoende foute gemaak. Never Despair kon egter nie die foute in punte omskep nie en Darling het ook tam begin lyk met veral die voorspelers wat 'n skaduwee van hulself voorgekom het. Darling het steeds genoeg slaankrag gehad om die besoekers te klop en sal hul spel lig, wanneer hulle Saterdag gasheer speel vir Moorreesburg. Moorreesburg het Saterdag goed begin met 'n dominerende pak wat 'n goeie grondslag gelê het. Moorreesburg se agterspelers het egter weer te veel balle aangeslaan. Die skakelpaar van Frans Hugo en Jaydon Markus het egter uitgestaan met Markus wat gesorg het vir twee goeie drieë. Moorreesburg se wedstrydplan was effens ontwrig toe hul inspirerende kaptein, Mihle Nelani, na vyf minute die veld moes verlaat met 'n besering. Die wedstryd het redelik wipplank begin ry in die tweede helfte met Abbotsdale wat goed terug geveg het. Moorreesburg sal hulself skop dat hul nie die knoop deurgehak het nie en hul taak word hierdie naweek bemoeilik, wanneer hulle reis na 'n opgewekte Darling-span wat nie sommer verloor op hul tuisveld nie. Moorreesburg sal sterk teenstand bied en behoort te sorg vir goeie rugby Saterdag maar Darling se vorm tuis is baie goed hierdie seisoen en hul behoort hul wenstreek voort te sit Saterdag met
'n oorwinning van minder as tien punte Saterdag. Wesbank het Saterdag gereis na Riebeek waar hulle Good Hopes die stryd aangesê het. Wesbank vuur nog nie op alle silinders nie en het weereens Saterdag versuim om te beïndruk. Good Hopes kon egter nie kapitaliseer op n flou vertoning deur Wesbank nie en toe Wesbank se agterlyn begin ritme kry, het hul Good Hopes laat rondstaan en met die telling op 24 – 8 rustyd, was Good Hopes reeds met sy rug teen die muur. Die koeël was egter reeds deur die kerk. Wesbank speel Saterdag teen Never Despair in 'n derby-wedstryd wat aansienlik aandag sal lok. Wedstryde tussen die spanne sorg gewoonlik vir groot dama en opwinding en Saterdag behoort weer 'n titaniese stryd te wees tussen die spanne van Malmesbury. Wesbank sal na 'n volgende rat moet oorskakel, indien hulle Never Despair wil klop met Spairs wat al in die verlede gewys het dat hy nie sal terugstaan vir Wesbank nie. Wesbank behoort egter Saterdag hul momentum voort te bou en sal in n naelbytstryd koning kraai en met die louere wegstap met minder as sewe punte. Good Hopes reis Saterdag na Koringberg wat Saterdag vriend en vyand verras het deur Piketberg op sy agterplaas ore aan te sit en sodoende sy eerste oorwinning behaal het. Die inspirerende Arno Fortuin het met sy plettervatte en breekslae gesorg vir goeie en aanvallende rugby deur die besoekers. Piketberg het hul tempo probeer lig, maar is gekniehalter deur met 'n geelkaart weens swak dissipline wat die wedstryd in die besoekers se guns geswaai
het. Koringberg het die voordeel geniet en gesorg vir drie onverdoelde drieë in die eerste helfte en die spanne het gaan water drink met die telling op 15-0 in die guns van Koringberg. Swak dissipline het gesorg vir nog 'n geel kaart vir Piketberg in die tweede helfte en die tuisspan kon net nie aan die gang kom nie. Koringberg het laat in die wedstryd die spyker in die kis gekap, toe hy met n drie finaal met Piketberg afgereken het. Koringberg sal dus wil voortbou op die goeie vertoning wanneer Good Hopes Saterdag besoek aflê. Good Hopes het nog nie die seisoen koning gekraai nie en sal sake wil regstel. Die wedstryd behoort 'n titaniese stryd te wees, met albei spanne wat beskik oor 'n paar talentvolle spelers. Good Hopes sal weet dat 'n loesing Saterdag hulle seisoen kan kniehalter en sal opdaag met 'n groot aanslag. Koringberg speel baie onvoorspelbare rugby en Good Hopes sal hulle nie onderskat nie. Good Hopes is egter honger vir 'n oorwinning en behoort Saterdag sy ware kleure te wys wanneer hulle sal sorg vir 'n oorwinning teen die tuisspan met minder as sewe punte. In 'n Bergrivier derby speel Porterville Saterdag gasheer vir Piketberg. Porterville is vars na 'n goeie blaaskans verlede naweek en sal vuur en vlam wees op sy tuisveld. Derby-wedstryde tussen Porterville en Piketberg geniet gewoonlik groot aandag en Saterdrag behoort weer 'n skouspel op sy eie te wees. Porterville sal egter sy tuisveldvoordeel beter benut en boort naelskraap met minder as sewe punte te wen. Abbotsdale geniet hierdie naweek 'n blaaskans.
7 de liga: Malmesbury vs WPCC Malmesbury verloor 9 - 6 Angelo Marman verloor teen Shane Nortier 0-3 Johan Coetzee wen Chad Cobbledick 3-1 Frikkie Bester wen Nic Trueb 3-0 Reinhardt Leng verloor teen Alessandro Bonora 0-3 15 de liga: Malmesbury vs Paarl Malmesbury verloor 9-11 Johan La Grange wen Hannes Burger 3-1 Jacques van Zyl verloor teen Ross Rennie 1-3 Jaco Meyer verloor teen Zane Meyer 2-3 Marius Botha wen George Bruns 3-2
RUGBY Abbotsdale RFC - Pre Season 2019 League starts - 27 April 2019 For any enquiries please contact William Arendse - 071 382 8329
Darling Rugby Klub 11 Mei - Darling vs Moorreesburg 18 Mei - LOS 25 Mei - Abbotsdale vs Darling 1 Junie - LOS 8 Junie - Darling vs Wesbank 15 Junie - Koringberg vs Darling