520 dié courant Weskus en Bergrivier

Page 1

courant

• Bergrivier 1Swartland Weskus & Bergrivier

dié

29 Mei 2019

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 520

•LEROUX VAN VUUREN VAT DIE PAD

29 Mei 2019

‘n Vriend se grap word heelword-reis •Madi Pieterse Op die regte tyd en op die regte plek het twee jarelange vriende se kuier om `n braaivleisvuur die wegspringblok geword van `n doelgerigte staptog oor honderde kilometers en `n heelwordproses vir `n stukkende mens. Leroux van Vuuren het die aand vir sy vriend Ruan Theron vertel hoe hy na sy kinders verlang, wat bykans 1500 kilometer vêr in Langebaan woon. Wetende dat Leroux nie vervoer het nie, het Ruan grappenderwys geantwoord: “Wat`s fout met jou? Stap as jy wil gaan.” Die woorde het die saadjie geplant en niks kon die verlangende pa keer nie, nie eers dat hy besig was om te herstel van `n heupbreuk na `n ernstige motorongeluk in Augustus verlede jaar nie. Ruan het besef sy vriend was vasberade en het aangebied om die logistiek te behartig. En Leroux het besef dat hy die staptog kan gebruik om fondse vir liefdadigheid in te samel. Leroux het in 2014 bekendheid as Kokkedoor-deelnemer verwerf en was ook aangewys as Onthoukok. Sy restaurant naby Club Mykonos, wat intussen toegemaak het, was ook wyd en syd bekend. Dit het daartoe bygedra dat hy sommer gou-gou oornagplek en aandete gehad het op elke dorp wat hy sou aandoen. Hy vertel ook dat almal, behalwe een, gesorg het dat hy ook padkos het. Maar ook hierdie storie het `n gelukkige einde gehad… Leroux was al sowat `n kilometer oppad toe sy weldoener bel en vra of hy dalk padkos wou saamneem. Leroux het omgedraai, sy padkos gaan haal en vir `n tweede maal die dag se afstand aangepak. Omtrent op dag 26, iewers op die wye oop vlaktes van die Vrystaat en sowat agt kilometer van sy bestemming af, het `n volgelaaide bakkie met ses mans langs Leroux gestop. Dit was ene mnr Piet Besembos en ondersteuners van sy nuutgestigte politieke party wat oppad was. Die manne wou opsluit vir Leroux oplaai, maar die bakkie was reeds oorvol en Leroux se kilometers vir die dag byna agter die blad en hy het die aanbod van die hand gewys. Leroux het weer in die pad geval. Nie lank nie, toe is die bakkie en sy passasiers terug met `n vuurwarm pasteitjie en `n yskoue Coke vir die moeë stapper. Sy lewe lank was Leroux nie eintlik `n sportman nie en om so doelgerig te oefen, het dissipline geverg. Met die aanbreek van die eerste dag was hy oortuig daarvan dat hy top-fiks en gereed was vir elke dag se beplande afstand van 40 kilometer. Die realiteit van trokke en karre,

Hooffoto: Leroux saam met sy kinders, CJ en Ella, en Barbara. Inlas: Bruingebrande voete wat baie kilometers afgelê het. `n Paar plakkies lê naby genoeg om vinnig aan te glip.

ongelyke pad-oppervlaktes en veranderende weersomstandighede het gou ingesink en skaars tien kilometer weg op dag een en die man voel sy tong sleep op die grond. En dit voel kompleet die kilometers word meer en nie minder nie. Die eerste drie dae was byna-byna ook die laastes. Maar hy was oppad na CJ en Ella toe, sy twee kinders wat vir hom alles beteken en elke tree het hom nader aan hulle gebring. Op dag vier het alles verander. Leroux glo sy brein het ingeskop, sy liggaam was gekondisioneer en van toe af was dit net ‘smooth sailing’. Die kilometers en dae het soos kaarte verbygeflits. En Leroux het bagasie afgegooi, jare se emosionele bagasie, groot seerplekke van sy menswees, emosionele skade wat hy gelei het as gevolg van verkeerde besluite, `n vriend wat dood is in sy matriekjaar, sommer alles wat sleg was is iewers langs die pad gelos. En hy het besef hy is `n pleister-ou, wat sy lewe lank letterlik en figuurlik pleisters op seerplekke geplak het en gehoop het dit gaan gesond word. En `n toegeplakte blaas onder sy voet was die grootste bewys dat dit nie werk nie, dat dit nooit gewerk het nie, en dat dit sweer daar waar die pleister geplak is. Die onversorgde, toegeplakte blaas het binnekant gesweer en dit was so hittete of

Leroux moes handdoek ingooi. Hy het ook van die begin af geweet dat hy die reis stoksiel-alleen moes aanpak, sonder noodvoertuie en sonder `n ondersteuningspan. Net hy, en hy en God. Hy het besef dit waarna hy altyd gestreef het - wêreldse dinge – is gemors. Al wat belangrik is, is CJ, Ella en hyself. En wanneer elke mens se basiese behoeftes – kos, water, slaapplek en aanvaarding – vervul is, niks anders belangrik is nie. Leroux staan gestroop, soos die dag toe hy stoksielalleen langs die pad tussen niks en nêrens sy klere van hom afgestroop en naak gestaan het en besef het dat hy vir die eerste keer in baie jare staan met niks nie en dat die verantwoordelikheid vir sy pad vorentoe net by homself lê. • Die vêrste afstand wat Leroux op een dag afgelê het, was 68 kilometer Sy ‘stapgenoot’ was Barbara, `n driewielwaentjie, waarin bagasie en padkos gepak was. Sy is vernoem na die gasvrou waar ‘hulle’ die eerste aand oornag het. Die einde van die reis is Woensdag by Tygervallei Radio, waarna Leroux hom gaan afsonder om sy reis op papier te verewig.

NUUS • NEWS


2

29 Mei 2019

NUUS • NEWS


NUUS • NEWS

3

29 Mei 2019

•EENSTOP-SAKEDIENS NOU OOP

Beleggingsentrum vir Saldanhabaai Verskeie hooggeplaastes het die amptelike openingsgeleentheid van Saldanhabaai Munisipaliteit se Beleggingsentrum, wat resorteer onder die Direktoraat Ekonomiese Ontwikkeling en Strategiese Dienste, Vrydagoggend by die Bullersentrum op Vredenburg bygewoon. Die Beleggingsentrum is `n droom van die uitvoerende burgemeester, raadsheer Marius Koen, wat hy gekoester het vandat hy in 2016 as burgemeester by die munisipaliteit aangewys is. Dit was vir hom kommerwekkend dat Saldanhabaai Munisipaliteit fisies nie reg ingestel is vir besigheid nie. Alhoewel dit nie die munisipaliteit se mandaat is om werk te skep nie, het hy tog gevoel dat die munisipaliteit `n klimaat behoort te skep waar dit vir die besigheidspersoon maklik is om sake te doen en sodoende besigheid te bevorder. Die munisipaliteit kon dìt doen deur ekonomiese ontwikkeling en werkskepping hulle hooffokus te maak. `n Aparte direktoraat is daarom geskep om hierdie doelwit te bevorder. Self `n besigheidsman, weet burgemeester Koen dat een van`n besigheidspersoon se grootste frustrasies is om van bakboord na stuurboord gestuur te word om dinge afgehandel te kry. Die idee van die Beleggingsentrum is om `n eenstopdiens daar te stel waar die besigheidspersoon sonder frustrasie onder een dak alles vinnig en maklik kan afhandel. Die drie hoofsektore waarop gefokus sal word is: 1) Informele handel – dit is die gedeelte waar die meeste werkskepping plaasvind (smouse, stalletjies, sypaadjieverkopers) 2) Huidige besighede wat groei en hulle dienste wil verbeter en uitbrei. In hierdie sektor word meesal gekonsentreer op stadsbeplanning en hersonering 3) Groot beleggers wat in die area inbeweeg. Sulke besigheidspersone, waaronder residensiële en industriële ontwikkelaarstel, verkies om met `n professionele span saam te werk en sal net dit kry wanneer hulle by die Beleggingsentrum aandoen.

Saldanhabaai Munisipaliteit se Beleggingsentrum is die eerste van sy soort in die land en burgemeester Koen glo dat die oprigting daarvan die publiek sal verseker dat die munisipaliteit ernstig is oor besigheid in die omgewing en dit wil bevorder. Die openingsgeleentheid is ook bygewoon deur Beverley Schäfer, Minister van Ekonomiese Geleenthede van die Wes-Kaap Regering. Sy het burgemeester Koen en sy span gesalueer vir die samestelling van `n inspirerende sentrum en glo dat dit werklik die begin is van iets groots. Dit is ook in lyn met die Weskus Industriële Ontwikkelingsplan en die Industriële Ontwikkelingsone en baan definitief die weg vir toekomstige besigheidsgeleenthede. Sy betwyfel nie dat dit `n besige sentrum sal wees gesien in die lig dat soveel groei tans hier plaasvind en dat meer nasionale en internasionale besighede aan die Weskus kom belê. Dit is ook vir haar verblydend om te sien dat daar gefokus word op die kleinskaal vissersbedryf en het die munisipaliteit aangemoedig om hierdie sektor van die ekonomie te beskerm en werkskepping te bevorder. “Saldanhabaai Munisipaliteit is goed geposisioneer vir toekomstige ekonomiese ontwikkeling,” het sy afgesluit. Muurgrootte foto`s van die plaaslike fotograaf, Adrian Venter, wat die Weskus uitbeeld, pryk as agtergrond op elke muur in die sentrum. Dit is beslis `n besoek werd. •Madi Pieterse

Groet: Vredenburg Hoërskool het Dinsdag, 30 April, afskeid geneem van twee groot

legendes. Vir 22 jaar was mnr Derek Von Zeuner skoolhoof van dié skool en mnr Koos Meiring adjunkhoof vir die afgelope 30 jaar. Hulle bydrae en onselfsugtige diens sal beslis deur almal by die skool gemis word. Hulle staan hier saam met `n aantal leerders. Die hele skool het vir dié groot geeste `n erewag gevorm terwyl hulle die laaste maal die skool se gange bewandel het.

Customer Sales Consultant Cargo Vredendal/Klawer Join us and work in an exciting and challenging environment where we expect and reward performance. If you have Matric/Grade 12 with 2 years’ sales experience and a valid driver’s licence, we would like to hear from you. We offer a competitive salary. Benefits include; medical aid, company car, fuel and communication allowance. For more details and to apply please go to www.wurth.co.za or email your CV to hrdepartment@wurth.co.za Closing date: 24 May 2019. The Working Earth 03-22329


4

NUUS • NEWS

29 Mei 2019

New forum for Hopefield

Hokkie: Die o.13-hokkiespanne van Topolino het onlangs teen die spanne van Riebeek-

-Kasteel kragte gemeet. Topolino se meisies het 3-0 gewen en die seuns het in 'n titaniese stryd gelykop geeindig met 0-0. Vredenburg Tennisklub se spelers het uitstekend gevaar in die afgelope Suid-Boland liga, wat die laaste week in April ten einde geloop het. Die eerste manspan het die tweede liga gemaklik gewen en skuif dus op na die groot uitdaag. Hulle sal hulle talente volgende jaar tussen die groot kanonne van die WP toets. Marquin Strauss en Warrick Dreyer het in die laaste rondte die mans dubbels gewen en Glenn Fitchet en Siggi die gemengde dubbels. Daar is ook vanjaar vir die eerste keer `n tweede mansspan ingeskryf en hulle het gemaklik geseëvier in die sesde liga. Hulle skuif op na die vyfde liga. Die dames het ook vanjaar vir die eerste keer gespeel en so tussen die beserings deur het die span uitstekend gevaar. Hulle het slegs een wedstryd die seisoen, teen die wenspan Durbanville, verloor. Die Weskus winterliga het die naweek afgeskop. Vredenburg het twee spanne wat meegeding het asook `n span van die Militêre Akademie op Saldanha. Enige klub of individue wat `n span (3 mans en 1 dame) wil inskryf, kan die organiseerder, André Pretorius, skakel op 084 470 3298.

The Hopefield Business Forum (HBF) was launched on Friday, 3 May, at Plaasmol outside Hopefield. The internationally acclaimed entrepreneurs` couple, Landi and Mike Jac, was the guest speakers and inspired the delegates with their presentation. To add to the informative event, the business support organisations exhibited their products and availed themselves to answer any question the delegates had. Organisations present at the launch was Impacted Coaching, Small Enterprise Developmental Agency, West Coast Business Development

Centre, Small Enterprise Financing Agency and Luther Diedericks of SA Business Hub, who convened the event and announced the names of the Interim Management Committee/Advisory Board that will work with him to develop the HBF and in due course arrange the first AGM for members. On the committee is Melt Smit – Spar; Wilmari Turner – Turnerland; Cheryl Cupido - Twin Palms; Andries Boatha – Refcon; Joy Davison - owner of multiple businesses; and Lluwellyn Diedericks The Big Idea. After the presentation refreshments were served and delegates enjoyed networking and speaking to the presenters and exhibitors.

100ste vergadering deur WKDM-raad gehou

Distrikskantoor skiet uit Die Weskus Onderwysdistrik het onlangs ‘n toekenning op nasionale vlak ontvang én ‘n algehele derde plek in die land verower vir uitstekende uitslae in die vakke, Wiskunde en Fisiese Wetenskappe wat tydens die 2018 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen behaal is. Dié onderwysdistrik spog die afgelope drie jaar met ‘n gemiddelde slaag persentasie van bo 80% vir beide dié vakke. Hierdie besonderse prestasie word volgens die distrikskantoor aan die toegewyde en hardwerkende spesialiste op die gebied toegeskryf wat die vakke by skole aanbied. “Die leerders word in klaskamers ondersteun deur individuele en gedifferensieerde les-aanbiedings. "Die onderwysers se onderrigstrategieë en vakkennis word verder verbreed deur die volgehoue ondersteuning van vakadviseurs afkomstig van die distrikskantoor,” sê Monica Stanley van

die Weskus Onderwysdistrik. Leerders en opvoeders word aangemoedig om deel te neem aan spesiale projekte en kompetisies, soos onder meer Hope@Swartland wat deur die Universiteit van Stellenbosch aangebied word, SAICA (South African Institute for Chartered Accountants), asook die opwindende aktiwiteite wat gedurende die Nasionale Wetenskap-week vir aspirant-wetenskaplikes aangebied word. Die distrikskantoor het verder ook spesiale ondersteuningsprogramme in plek om leerders in agtergeblewe gemeenskappe se prestasie en slaagpersentasies te verbeter. Die mikpunt vir vanjaar is ‘n 100% slaagsyfer in alle skole in die distrik in beide vakke en om te verseker dat die kwaliteit van slaag verbeter. “Ons doel is om te strewe na kwaliteit onderrig vir elke leerder, in elke skool, in elke klaskamer in die distrik,” voeg sy by rakende vanjaar se doelwitte.

Raadslede tydens die 100ste Raadsvergadering van WDM. (Raadslid Rhoda Skei kon nie teenwoordig wees vir fotosessie nie.) Die Weskus Distriksmunisipaliteit het onlangs op 27 Mei hul 100ste Algemene Raadsvergadering gehou. WDM, voorheen bekend as die Afdelingsraad, het sy ontstaan reeds in 1976 toe die Weskus uit Van Rhynsdorp, Clanwilliam, Piketberg en Malmesbury Afdelingsrade bestaan het. Hierdie rade het in 1989 saamgesmelt om die Weskus Streeksdiensteraad (SDR) te vorm wat vandag bekend is as Weskus Distriksmunisipaliteit. WDM is een van die voorste distriksmunisipaliteite in die land met verwysing tot goeie administrasie en het onlangs sy agtste skoon oudit van die Ouditeur-Generaal ontvang. Die Uitvoerende Burgemeester, Raadsheer Harold Cleophas, is sedert 2011 aan stuur van die munisipaliteit. Die kantoor van die Burgemeester se fokus is om die sosiale norms en waardes, wat oor tyd in gemeenskappe verlore geraak het, te herstel. Bejaardes, jeugdiges en kleuters vind baat by verskeie uitreik- en opvoedkundige projekte van die munispaliteit. Dit is veral die Goue Spele vir bejaardiges, die jaarlikse verering van die beste

graad 12 leerders in die streek en ‘n uitruilprojek tussen die Weskus Distriksmunisipaliteit en Duitsland wat as vlagskip projekte van die munisipaliteit beskou word. WDM se ander hoogtepunte sluit in werkskepping vir plaaslike individue deur die Uitgebreide Publieke Werke Program (EPWP), benoeming as mees verbeterde distriksmunisipaliteit vir lugkwaliteit gedurende 2015/16 en Bloudruppel status vir waterkwaliteit (2010, 2011, 2012). Tydens die 100ste Algemene Jaarvergadering het die Burgemeester die personeel en raad bedank vir hulle samewerking en oorgawe waarmee hulle die gemeenskappe van die Weskus dien. “Dit is vir my ‘n groot eer en voorreg om aan stuur van so ‘n suksesvolle munisipaliteit te wees waar ons almal saamwerk tot vooruitgang van die weskus gemeenskappe” het die Burgemeester gesê. Hy het die Uitvoerende Bestuur, onder leiding van die Munisipale Bestuurder, David Joubert, bedank vir hul administratiewe leiding en ondersteuning.

Kontak ons • Contact Us Redakteur: Izélle Garciaizelle@diecourant.co.za

Joernalis: Madi Pieterse madi@diecourant.co.za

Finansies: Jane Gouws - accounts@ diecourant.co.za

Bemarkingsbestuurder: JB Patersonads@diecourant.co.za

Bemarkers: Desiré Kriel desire@diecourant.co.za

Web: www.diecourant. co.za Facebook: @diecourant Tel: 022 487 3221


NUUS • NEWS

5

29 Mei 2019

Lions-klub stuur voer na droogte geteisterde gebiede Die plaaslike Lions Club op Porterville én boere in die omgewing het die afgelope naweek hul harte oopgemaak toe meer as sewe ton se voer al die pad na die drooggesteisterde gebiede in die Noord-Kaap gestuur is. Jaco Visser, voorsitter van die plaaslike Lions Club sê daar is al voorheen ondersteuning gebied vir droogtehulpprojekte. Die afgelope Saterdag was egter die eerste keer wat lede van die klub die voer help vervoer het. Boere in die omgewing van Porterville het voer, soos gars, lupiene en hawer geskenk wat vroeg Saterdagoggend deur altesaam 13 bakkies met sleepwaens én ‘n trok na Springbok aangery is. Hoewel enige voertuie die voer mag help vervoer het, het die klub saam met die Wes-Kaapse Amarokklub gewerk om die projek ‘n sukses te maak. Meer as sewe ton se voer is uiteindelik aan boere oorhandig. Volgens Visser was dit ‘n emosionele ervaring toe voer aan dié Noord-Kaapse boere oorhandig is. “Die boere kry bitter swaar. Hulle het die skenkings baie waardeer,” voeg hy by. Die Lions Club is reeds besig met ‘n volgende droogtehulpprojek om boere in nood te help en by te staan in die voortslepende drooggeteisterde gebiede. Van links staan Rassie Bothma, Kobie Visser, Ernst Myburg en Jaco Visser van die Lions Club op Porterville.

Kontak ons Redakteur: Izélle Garcia - izelle@diecourant.co.za

Redaksie: Madi Pieterse - madiepieterse@gmail.com

Uitstappie:

Die Topolino-privaatskool se graad 5-klasse besoek jaarliks die iKwha ttu-sentrum ter ondersteuning van die module oor die San-kultuur wat hulle in MSW behandel. Die leerders doen sodoende eerstehandse kennis op oor die San. Hier pas Megan van Tonder die tradisionele San-vel aan. Die leerders het ook saam met die San-kinders gedans in 'n tradisionele feesviering.

Theatre at the West Coast Fossil Park

The internationally sought-after theatrical company, Walking Tall, held a special performance at the new museum at the West Coast Fossil Park on 1 May. Walking Tall has performed in European countries such as Belgium and Germany and is a physical theatre performance that illustrates the story of how life and human kind developed from shared ancestors into a diverse group of organisms living on earth each day. Really a magnificent theatrical performance of evolution story telling. This unique opportunity was made possible in collaboration with the science centre. Mock dig activities were also available for children after the performance.

Bemarkers: Weskus: Desiré Kriel - desire@diecourant.co.za Porterville: Marietjie Nel - marietjie@diecourant.co.za Piketberg: Karin Neethling - karin@diecourant.co.za Finansies: Jane Gouws accounts@diecourant.co.za Web: www.diecourant.co.za Tel: 022 487 3221


6

29 Mei 2019

Judge: Image should be printed in large format

Laura Matzner`s photo made such an impression on the judge on Tuesday last week that he suggested it be printed in large format and hung on a wall! The impressed judge was Le Roux Malan and he was the judge at the West Coast Photographic Society`s monthly meeting when members can submit photos in different categories. Laura’s Naby Papendorf scored 28 points and achieved a COM. One point behind on 27 points each and also achieving COM was Jakes Jordaan`s image

NUUS • NEWS

Bateleur and Boeta Lochner`s image Netfishing. The set subject for April was From Above and the winning image was Sidewinding submitted by Jakes Jordaan. He received 26 points and Gold. Another three members also achieved Gold with 25 points each: Ben Jager with Shopping Mission; Ester Schoeman with Snoek Vangs and Michael Germishuys with Coming Into Harbour. New members are always welcome. For any enquiries send an e-mail to admin@weskusfotoklub or call 084 577 7752.

Kry jou tuin in puik-toestand vir die komende winter Met die winter hier gaan jou tuin ook ’n tyd van rus binne, maar dit beteken nie dat jy jou tuinmaakhandskoene moet wegbêre nie. Gebruik hierdie maand om jou huis voor te berei vir ’n kleurvolle winter deur saailinge in potte op jou stoep en vensterbanke te plant.

Daar is talle jaarplante wat pragtige blomme dra wat in die koue winterlug floreer. Alhoewel jy jou winteraanplantings eenvoudig en smaakvol kan hou, hou ons baie van helder, vrolike kombinasies wat jou sal laat dink die lente is net om die draai – selfs op die grysste wintersdag.

Dié winterwenners sal jou ook sommer laat blom: VILETTE Dié geharde, outydse gunstelinge ruik heerlik en is in verskeie kleure beskikbaar. GESIGGIES is in ’n oorvloed van kleure beskikbaar en hou van volson.

ALPEVIOOLTJIES Dié plantjies het hartvormige blare, en blom in ’n verskeidenheid van kleure van wit tot wynrooi en ’n hele reeks pienke. Hulle groei goed in volof semi-skadu. Bron: www.goeiehuishouding.co.za


NUUS • NEWS

29 Mei 2019

Dagboek • Diary • Dagboek • Diary• Dagboek •

Geleenthede Saterdag 18 Mei: Hopefield Skietklub Veteranedag, 09h30 tot wanneer die dans verby is. Wynand du Toit stel ook boek bekend. Kaartjies verkrygbaar by Japie 071 567 0662 / David 082 219 0513 / Winnie 072 354 2068 / Lizelle 071 422 2694 / Arél 083 735 3632 / Ted 076 585 2026. West Coast Kickboxing Event, not to be missed. At White City Multi-Purpose Centre, Saldanha. Tickets R150, VIP R200. Doors open at 17h00, first fight at 18h00 – ivandevries1@gmail.com Wednesday 22 May: Saldanha Dameskring bied aan die baie gewilde eenmanvertoning DONKIE soos vertolk deur Frank Opperman en geskryf deur Dana Snyman by Weskusskool op Saldanha. Die aandvertoning is ongelukkig reeds uitverkoop. Kaartjies vir die ekstra middagvertoning om 15h00 is nou beskikbaar @ R120 per persoon. Kontak Amanda op 082 671 8099 of Erna op 083 285 2729 om te bespreek. Thursday-Sunday 23-26 May: Presidence Trophy Air Race, Saldanha Airfield – 082 460 4970. Saturday-Sunday 25-26 May: Darling Brew Extreme – (021) 286 1099 / philippa@darlingbrew.co.za / www. darlingbrew.co.za. Saterdag 25 Mei: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 26 Mei: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Dinsdag 28 Mei: Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeenteterrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Junie Panning or motion blur. Woensdag, 29 Mei: Vredenburg Tuinbouklub. Kom geniet ‘n oggend saam met ons. Bring ‘n klip om op te verf vir jou tuin. Celba Wessels gaan ons touwys maak by die Ou Stalle om 09h30. Enige navrae kan gerig word aan Elsabé Kruger op 082 416 6305. Saterdag 31 Mei: NG gemeente Saldanha hou hul immergewilde PIK EN PROE om 17h45 in die Kerksaal. Boekies teen R70 elk (10 skeppies) sal by die deure te koop wees. Bring eie eetgerei, drinkgoed, bakke en kom kuier saam! Kontak Erna op 083 285 2729 Saterdag 1 Junie: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h00-12h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact

Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@gmail.com to book your spot. Sunday-Tuesday 2-4 June: Vans Surf Pro Classic, Lambert`s Bay – (022) 921 3292 / 079 529 7137. Sondag 2 Junie: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Dinsdag 25 Junie: Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeenteterrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@ weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Julie Macro. Vrydag-Saterdag 28-29 Junie: Snoek- en Patatfees, Goedverwacht – 078 316 3988. Saterdag 29 Junie: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 30 Junie: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Saterdag 6 Julie: Badisa Aan Oewer Dienssentrum, Velddrif het `n pannekoekstalletjie by die Bergrivier Winterkarnaval as fondsinsamelingsprojek vir die dienssentrum. Darling Winter Beerfest – (021) 286 1099 / philippa@darlingbrew.co.za / www.darlingbrew.co.za Sondag 7 Julie: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Saterdag 27 Julie: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 28 Julie: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Dinsdag 30 Julie: Badisa Aan Oewer Dienssentrum Velddrif hou konsert. Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Augustus From Above. Saterdag 3 Augustus: Car boot market, Catholic Church premises, Suffren Street, Langebaan, 09h0012h00. Looking for an outlet to sell your unwanted goods, homemade craftwork or farm fresh produce? Contact Heidi 083 779 5127/ heidi.engelbrecht@ gmail.com to book your spot. Sondag 4 Augustus: Mykonos Mark, Langebaan,

22 & 23 June 2019 COME RAIN OR SHINE AND HOPEFULLY SNOW! TULBAGH WILL BE CELEBRATING! ENTRANCE FEE: Adults - R125 per person

This includes a wine glass and an entry to win an amazing prize to the value of R26 000!

Ages 13 - 17 - R60 per person Under 12 - No Charge

TICKETS AVAILABLE

ONLINE

CONTACT TULBAGH TOURISM FOR MORE INFORMATION: Tel/fax: 023 2301 348 / 375 E-mail: info@tulbaghtourism.co.za Web: www.tulbaghtourism.co.za

(022) 707 7000. Saterdag 24 Augustus: Piket Uitdaag, Piketberg – Annelle Vercuiel 073 031 4922. Sondag 25 Augustus: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za Dinsdag 27 Augustus: Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir September Exploding Things. Saterdag 31 Augustus: Hopefield MTB Ride Your Best Ride. Inksrywings vanaf 1 Junie. Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www. facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 1 September: Mykonos Mark, Langebaan, (022) 707 7000. Vrydag-Sondag 6-8 September: Darling Voorkamerfest – www.voorkamerfest-darling.co.za. Saterdag 7 September: Piket-Bo-Berg Cycle Challenge & Trail Run – Delanie Jooste 074 117 5743. Saterdag 14 September: Kardoesie N7, Piketberg Track/Cycle Challenge – Hanri Theron 076 508 3523. Vrydag-Sondag 20-22 September: Darling Veldblommeskou – info@darlingflowers.co.za. Goedverwacht Erfenisfees – 083 872 7149 / 073 957 3549 / www.travelbergrivier.co.za. Dinsdag 24 September: Saldanha Erfenisfees – 083 697 4897. Weskus Fotografiese Stigting Maandvergadering by Ou Stalle, NG Moedergemeente-terrein, Vredenburg, 18h30. Navrae admin@weskusfotoklub / 084 577 7752. Onderwerp vir Oktober Low Light. Saterdag 28 September: Lambertsbaai Boeremark. Navrae Jacky Valentine 082 920 8886 / Ian Turner 0833 700 400 / www.facebook.com/weskusmarket P.L.A.Y. Denlyn Park Country Craft Market, Langebaan, 09h00-13h00. Groot verskeidenheid produkte, speelplek vir kleingoed. Kontak Denise (022) 772 0638 / Lynne 082 935 5497 vir meer inligting. Piket-Bo-Berg Boeremark, Plaas Kruisementvlei, Piketberg, 09h00-12h00. Kontak Jane Paterson 083 208 6873 / www.piket-bo-berg.co.za Sondag 29 September: Langebaan Country Estate MTB 15km Funride - (022) 772 2112. Groote Post Country Market, Darling, (022) 451 2202 / info@iloveyzer.co.za

7

Sportklub-aktiwiteite weekliks

Langebaan-atletiekklub, elke weeksdag, atlete oefen baan, veld, landloop, tweekamp, stap en pad – Christopher 073 232 0046 / chrodgers1@gmail.com. Langebaan Karate, Maandae-Donderdah 17h0018h00 - Elsabé Marx 079 980 8496 / Sensei Jan Marx 082 415 0778. Langebaan Parkrun, Saterdae 08:00, Langebaan Country Estate, Oostewalstraat. Gratis, registreer vooraf – parkrun.co.za/langebaan. Langebaan Stars-gimnastiekklub, oefen Dinsdae en Donderdae, Gemeenskapsaal, Breëstraat, Langebaan – Madeleine 082 811 8118. Saldanha Fight Club, train Monday to Friday 16:00 to 19:00. Kickboxing, boxing, mma and fitness at 8 Pascadore Road, Saldanha. Morning class 09h0010h00 – ivandevries1@gmail.com Salkoriane-atletiekklub oefen Maandae, Dinsdae en Donderdae – stappers Vernon - 083 392 9356 en atlete Sakkie - 071 427 6731. Vredenburg-judoklub oefen Dinsdae en Donderdae 17:00-19:00, Louwville-gemeenskapsaal, Vredenburg – Frazer 064 475 3097. Vredenburg-tennisklub oefen Woensdae 16:00 en Saterdae 13:30 – Karin Pelser 064 646 4335. West Coast Combat School, Monday-Thursday 17:00-19:00, Friday 17:00-20:00, mixed martial arts, School Street, Vredenburg - Anthony 076 197 7261. Weskus-klawerjasunie (‘n streekskaartspelliga baie soos troewe). Sondae, kom speel saam – Charles 073 928 9004. KERKDIENSTE SONDAE * CHURCH SERVICES SUNDAYS NG Kerk Vredenburg Akkerdyk, Herculesstraat 09h30 – 022 713 1314 AGS Weskus Lighuis, Hoofstraat, Vredenburg 09h00 – 083 230 5656 / 084 205 6944. Baptist Church, De Klip Street, Vredenburg 10h00 – 076 370 2132. West Coast Vinyard Church, Heuningklip Street, Vredenburg 09h30 - 022 713 4253. Nuwe Lewe Kerk, bo-op FNB, Hoofstraat, Vredenburg koffie vooraf, 10h00 – 073 179 0992. NG Kerk Vredenburg-moedergemeente, Hoofstraat, Vredenburg 09h30 – 022 715 1276. NG Kerk St Helenabaai, 09h00 - (022) 736 1353. Living Waters Ministry, Stasiestraat Vredenburg (AW Boards-gebou), 10h00 - 063 116 9576. St Christopher’s Velddrif United Church, 09h30. All welcome. Contact Ivan 072 458 7705 for further info! Weskusgemeente, Vredenburg. 08h50; Radioprogram Kruispad Dinsdae 20h00-21h00, Weskus Radio 92.3 FM - 084 584 8953. Stuur asseblief inligting vir die gratis dagboek na izelle@diecourant.co.za vóór 10:00 Maandae.


courant

8

dié

29 Mei 2019

Tel: 022 487 3221

NUUS • NEWS

SPORT

29 Mei 2019

•KAVALIERS VS CHEETAHS

Pool champion: The 2019 South African Masters 8 Ball Pool Championships

was held at the Saldanha Bay Multi Purpose Centre last weekend. Councillor Marius Koen, mayor of Saldanha Bay Municipality, handed over the winning trophy to Munier Cassim, who played in the championships for the first time and took the honours. The event was organised by Koos Steyn and his team. They were complimented for putting together and hosting such an amazing, well-organised event at the very well-equipped Saldanha Bay Multi Purpose Centre. Die span van die Boland Kavaliers het Saterdag op Paternoster teen die span van die Cheetahs uitgedraf. Sien berig regs vir inligting.

Goeie rugby-dag vir Paternoster “Dis `n goeie dag vir Paternoster,” het André Kleynhans Saterdagmiddag met `n tevrede glimlag op sy gesig gesê terwyl hy kyk na die geskiedkundige rugbywedstryd tussen die Boland Kavaliers en die Toyota Vrystaat Cheetahs wat voor sy oë op die klein dorpie beslis word. Sy woorde het die groot gebeurtenis in `n enkele sin saamgevat. Vir toeskouers en spelers was dit `n voorreg om skouers te skuur met spelers van provinsiale spanne en die prag-rugby wat gespeel is, te aanskou. Die kersie op die koek was die Boland Kavaliers wat hulle uitstekend van hulle taak gekwyt het en die Vrystaat Cheetahs heeltyd onder druk te hou om `n eindtelling van 21-10 te verseker. Die hoop is uitgespreek dat hierdie die eerste van nog baie sulke groot geleenthede op Paternoster sal wees. Die Boland Kavaliers het Saterdag voortgebou op hul goeie begin tot die SuperSport Rugby Uitdaagreeks vanjaar, toe hulle die Toyota Vrystaat Cheetahs XV met 21-10 afgestof het in ‘n opwindende wesdtryd. Die Kavaliers het al hul punte in die eerste helfde van die wedtsryd aangeteken, met 3 verdoelde drieë wat aan die tuisspan ‘n 21-0 rustyd-voorsprong besorg het. Drieë deur die slot Adriaan Ludick, die flank Tapiwa Tsomondo en die binnesenter Michaine Fick het die grondslag gelê, met Boland se losskakel Garrick Mattheus wat al drie doelskoppe deur die pale gejaag het.

Die Cheetahs het in die tweede helfte ‘n terugvegpoging aangewend, met drieë deur Jamba Ulengo en Boan Venter, wat die besoekers se hoop op ‘n oorwinning lewendig gehou het. Die Kavaliers het egter veggees getoon en uiteindelik ‘n welverdiende sege behaal. Met dié oorwinning beklee die Kavaliers tans die tweede posisie op die SuperSport Uitdaagreeks se suidelike-punteleer (9 punte), met die Westelike Provinsie in die eerste posisie (10 punte). Puntemakers: Boland Kavaliers Drieë: Adriaan Ludick, Tapiwa Tsomondo, Michain Fick. Strafdoele: Garrick Mattheus (3) Vrystaat XV Drieë: Jamba Ulengo, Boan Venter *Die Boland Kavaliers se volgende wedstryd is op Saterdag 11 Mei 2019 teen die Grens Bulldogs te Oos Londen. In die ander wedstryde wat die dag gespeel is het Paternoster en Saldanha se spanne mekaar die stryd aangesê en ook hier is uitstekende, rateltaai rugby gespeel. Uitslae van die wedstryde is as volg (aldrie wedstryde is deur Saldanha gewen): C-span 20-0 B-span 20-5 A-span 28-3.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.