Die courant 01 apr 2015 314

Page 1

courant

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

swartland en weskus

Gratis • Free

Swartland

dié

1

1 April 2015

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 314

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

F E I S U SKL

Berig bl 2

EK

Nuwe speelplek van die rykes • Tariewe styg tussen 6% en 30%

SM begroot vir tekort Vanuit ons langtermyn finansiële plan is dit duidelik dat Swartland nou meer as ooit ons rieme moet dun sny en baie streng fiskale dissipline sal moet handhaaf. Só het burgemeester Tijmen van Essen Donderdag by die raadsvergadering gesê oor die konsep meerjarige kapitaal- en bedryfsbegroting vir 2015 tot 2018/20. Die konsepbegroting vir 2015/2016 sluit gemiddelde verhogings van 12,2% vir elektrisiteit, 10% vir water, 6% vir residensiële erfbelasting, 8% vir erfbelasting op sakepersele, 9% vir riool en 8% vir vullisverwydering. Die tariefverhoging vir waterverbruik deur besighede en op sportterreine beloop 'n eenmalige 30% Luidens die begroting is daar onlangs ondersoek ingestel na die erfbelastingtariewe wat ander munisipaliteite op sakepersele hef en was die aanduiding dat Swartland se tariewe relatief laag is. Die burgemeester sê sake is landwyd moeilik, in die provinsie en ook in Swartland, “Aan die een kant het ons om verskeie redes ‘n baie lae ekonomiese groei, maar baie hoë verwagtinge, nie net wat `polities’ geskep word nie, maar ook ingevolge die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP).

“Maar ons kon daarin slaag om ‘n begroting op te stel wat aandag gee aan die armstes van die armes ('pro poor') en ook ‘n pro-infrastruktuur.” Die kapitaalbegroting vir 2015/16 is voorlopig op R93 325 408 geraam. Dit is R14,170 miljoen minder as die finale begrote bedrag by die aansuiweringsbegroting vir 2014/2015. Die begrote bedryfsuitgawe vir die nuwe jaar staan op R573 391 198, met 'n verwagte inkomste van R565 422 353. Daar word dus begroot vir 'n bedryfstekort van R7,97 miljoen. Die begrote tekort vir die 2014/2015 boekjaar was R15,54 miljoen. Die burgemeester het ook daarop gewys dat kennis geneem word van die voorlopige verhogings van die elektrisiteitstarief wat deur Eskom aan Nersa gestuur moet word vir finale goedkeuring – (heffing R 0.02). As gevolg van onvoldoende fondse, kon geen voorsiening gemaak word vir die delgingstekort met betrekking tot oorvleueling van die delging van lenings na eksterne banke. Die burgemeester het ook gesê daar moet kennis geneem word van die styging in personeelkostes.

Die burgemeester het ‘n paar algemene aanbevelings gemaak: meer spoedwalle, speelplekke vir kinders met spesiale verwysing na die laekoste-behuisingsgebiede en die aanbring van elektroniese waterbeheerstelsels. "Daar moet ook gekyk word na die instelling van ’n Swartland Onwikkelingskomitee, wat moet kyk na plaaslike ekonomiese ontwikkeling, ‘n plan om besighede na die Swartland te lok asook die estetika van geboue." Ander sake wat Van Essen aangeroer het, is dat die herseel van paaie jaarliks weer in die kapitaalbegroting ingebring moet word en dat die eiendomme wat nog in die munisipaliteit se naam geregistreer is, dringend oorgedra moet word na die huidige bewoners. "Dringende aandag moet ook gegee word aan die beskikbaarheid van grafpersele in onder meer Abbotsdale, Malmesbury-Wes, Moorreesburg en Riebeekvallei." Vyftien raadslede het die konsep-begroting aanvaar, met ses daarteen. "Hierdie is waarskynlik die moeilikste begroting nog," het hy gesê. “Ons ervaar vele uitdagings, omdat ons waarskynlik die slagoffers van ons eie sukses is," het van Essen bygevoeg.

NUUS • NEWS

1 April 2015


NUUS • NEWS

2

1 April 2015

Bron bring R500 milj inspuiting met spa-kompleks Die Swartland Munisipaliteit het gister 'n groot deurbraak gemaak toe hulle agter geslote deure ná baie delikate onderhandelinge die grootste enkele ontwikkeling ooit in die streek goedgekeur het. Een van die streek se groot bates, die Warmbron, wat vir eeue on- en onderbenut is, sal Malmesbury na verwagting die hoofkwartier van alternatiewe gesondheidsbehandeling in die suidelike halfrond maak. "Maandelange geheime onderhandeling het nou tot 'n punt gekom en dit is hoog tyd dat die Swartland se enkele grootste bate ontwikkel word. Ons sit op ‘n goudmyn en nou sal ons die waarde uit hierdie kosbare bron put,” het die ontwikkelaar, April Watermeyer, gisteraand gesê. Luidens die plan sal die munisipale hoofkwartier in Kerkstraat van dié munisipaliteit tot die nuwe helingskompleks omskep word en sal die munisipale kantore wes van die MalmesburyWes-begraafplaas opgerig word. Hy het aan dié courant gesê dat die nuwe mu-

nisipale kantore en herskepping van die huidige geboue R500 miljoen sal kos. Die geld is reeds bekom en in 'n Switserse bankrekening belê . Die gedagte is om die beste van die beste hier op Malmesbury bymekaar te bring: mediese praktisyns uit Duitsland, fisioterapeute en masseuses uit die Skandinawiese lande en bystandspersoneel uit die Fillippyne.” Die oord sal voorsiening maak vir Jan Alleman tot biljoeners van oral in die wêreld. “Daar sal ‘n gewone warmwater swembad wees, saunas en terapiekamers en dan twee internasionale 6-ster hotelle met private toegang, lyfwagte en baddens eksklusief tot die onderskeie suites. Die water sal onder deur die pad gepomp word en die ontwikkelaars het ook hul oog op die CJZ-gebou om dit in 'n Romeinse Styl-binnenshuise kompleks te ontwikkel waar "daar gekyk word na allerlei mediese dienste, van verjongingskure tot sjirurgiese ontrimpelings. Ook op die tafel is erotiese, volwasse vermaak en ‘n spesiale terapie-swembad vir troeteldiere.” Sien bladsy 1 vir grafiese plan.

Helpende hand:

Die NSRI-tak op Yzerfontein het na Huis van Heerde op Moorreesburg uitgereik. Saam met ‘n paar van die kinders agter is Lee Andrews, die hoof van jeugprojekte by die kinderhuis, asook Mike Shaw en Casper Frylinck van die NSRI. Regs staan Steven en Estella Prinsloo en hul kleinseun van Vredenburg wat met kartonne vol produkte opgedaag het.

• Leer lewensvaardighede

NSRI reik hand uit na Huis van Heerde Die NSRI-span aan die Weskus, onder leiding van Casper Frylinck, was Saterdag die gashere by Club Mykonos vir ‘n 25-tal kinders en hul versorgers van Huis van Heerde. Die versoek aan die NSRI was om ‘n lewensvaardighede program oor lewensredding, gevare van die see en ander relevante aspekte vir die besoekende groep kinders van Moorreesburg aan te bied. Die kinders het met groot entoesiasme aan die interessante demonstrasies deelgeneem wat ook later opwindende bootritte, heerlike kos, lekkergoed en vele meer ingesluit het. Die NSRI-span en hulle vriende het verder ook met ‘n fonds- en produkte-insameling begin wat spoedig groot momentum gekry het. Volgens Kobus Smit, bestuurder van die kinderhuis, het verskeie donateurs hulle gebel en was dit nodig om ‘n spesiale bakkie te reël vir die groot vrag produkte. Dit het blikkieskos, pakke meel, rys en ontbytkosse, pastas, mayonnaise, yoghurt, margarien, marmite, grondboontjiebotter, aan-

maak-koeldranke, sakke vol toiletware, skryfbehoeftes, paaseiers en pakke lekkergoed ingesluit. “Daarbenewens het individue en sakeinstansies uit hulle pad gegaan en soveel as R7100 se kontant en Pep-geskenkbewyse ingesamel en ook dit is oorhandig. Boonop het die NSRI vier amper splinternuwe kleuterfietsies Maandagoggend by Huis van Heerde afgelewer. "Indien die waarde van al die produkte bygereken word, beloop die waarde van die skenking meer as R20 000. Daarvoor sê ons halleluja!” Smit het sy groot dank en waardering aan die NSRI-span en al hulle vriende en ondersteuners van die Weskus oorgedra vir hierdie "wonderlike hulp aan die kinders van Huis van Heerde". Hy het bygevoeg: “Hierdie is een van die grootste skenkings uit die Weskus-omgewing in baie jare, en dit maak inderdaad ‘n GROOT verskil aan ons voortbestaan en die versorging van ‘n groot getal kinders uit die Weskus-dorpe.” Navrae kan gerig word aan Kobus Smit by 022 433 1042 of 082 374 7458.

WKDM se begroting goedgekeur Die Weskus Distriksmunisipaliteit het verlede week sy konsep-begroting vir die 2015/16 boekjaar, asook die konsep GOP (Geïntegreerde Ontwikkelingsplan) goedgekeur. Aan die uitgawe kant beloop die begroting R318 654 000, met ‘n inkomste van R319 270 000. Die kapitaalbegroting staan op R8 580 000.


NUUS • NEWS

3

1 April 2015

• Sluit aan by NUUT-GEBOUDE 132kv-TRANSMISsIELYN

Stasie gee krag aan ontwikkelings

'n Nuwe krag-substasie van Eskom is op Malmesbury opgerig. Hierdie substasie sal voortaan elektrisiteit voorsien aan van die nuwe beplande ontwikkelings. Die substasie word deur Eskom opgerig en bedryf.

'n Nuwe kragsubstasie wat 20MVA krag bied, het op die knop van die "driehoekpad" op Malmesbury verrys. Dié substasie word deur Eskom opgerig en sal deur Eskom self bedryf word. "Die substasie word gekoppel aan die Eskom 132KV transmissielyn en transformeer die primêre spanning na 11KV vir verspreiding. Die vermoë van die substasie is 20MVA," sê Roelof du Toit, Direkteur van Elektriese Ingenieursdienste van die Swartland Munisipaliteit. Die substasie word opgerig om kapasiteit te voorsien vir alle nuwe ontwikkelings in Malmesbury, insluitende die Klipfontein-ontwikkeling en winkelsentrums asook vir die landelike voorsieningsgebied van Eskom. Die proses vir beplanning van die substasie en omgewingsimpakstudie het reeds in 2008 in aanvang geneem. "Aanvanklik word 6MVA van die substasiekapasiteit vir Swartland Munisipaliteit beskikbaar

Motorlisensies kan met 3% styg Motorlisensies gaan met 3% styg. Die Wes-Kaapse Minister van Vervoer en Openbare Werke, Donald Grant, het aangekondig dat die voorgestelde nuwe fooie in die provinsiale staatskoerant van 27 Maart veskyn het. Die publiek sal nou vir 30 dae kommentaar kan lewer. “Ons is nie wetlik daartoe verplig nie, maar wil die meer as 1.7 voertuigeienaars in die WesKaap die geleentheid gee om hul menings te

gee,” het hy gesê. Verlede jaar is die fooie met 3.4% verhoog, Vanjaar is die gemiddelde verhoging 3%, Die lisensiegeld word gebruik om provinsiale paaie te bou, op te gradeer en te onderhou, asook om munisipaliteite te help om strategiese paaie te onderhou. Die sluitingsdatum vir kommentaar op die voorgestelde regulasies is 24 April. Die regulasies vir die registrasie van nuwe

voertuie en lisensiegelde, asook ander inligting in dié verband, is beskikbaar op www.westerncape.gov.za/transport/pubs/regulations. Kommentaar kan gestuur word aan: Die Departementshoof, Vir aandag: Mnr R Barreiro, Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke, Posbus 2603, Kaapstad 8000. Dit kan per e-pos gestuur word na Randal. Barreiro@westerncape.gov.za of faks na 021 483 7112.

gestel, wat gebruik sal word vir Fase 1 van die Klipfontein-ontwikkeling, die winkelsentrum en industriële ontwikkelings wat reeds geïmplimenteer is. ‘n Gedeelte van die bestaande elektriese las word oorgeplaas na die nuwe substasie ten einde kapasiteit vanaf die bestaande Malmesbury substasie vir industriële ontwikkelings beskikbaar te stel," sê Du Toit. Die aanvanklike beraamde koste was ongeveer R50m wat deur Eskom finansier word, terwyl die pro rata koste vir die munisipaliteit R15.2m was. Die perseel is deur die ontwikkelaars en stadsbeplanners van die Klipfontein-ontwikkeling geïdentifiseer en toegeken. Die ligging langs die bestaande Eskom 132KV transmissielyn verminder ook die koste van koppeling. Die kontrakteur beplan om die konstruksie teen Augustus 2015 te voltooi, terwyl die toets en indiensstelling teen die einde van 2015 verwag word.


NUUS • NEWS

courant

1 April 2015

dié

4

Paasvreugde:

Die Sonskynklassie van Laerskool Swartland het Maandag Paaseiers gekry. Hier is die personeel saam met die leerders. Sittend voor is Sandra Snyman (links) en Murlon September. Agter staan Lizette Lewis, Bianca Fredericks (albei van Pick n Pay Malmesbury), Melissa Visser en Elizabeth Roberts. Pick ‘n Pay skenk jaarliks die Paaseiers aan die Hulpbronklas van die skool.

'n Grappie per dag vir goeie gesondheid

Vandag is dit April-gekkedag. So baie van ons lag tog te lekker, sommer luidkeels en opreg. Om te lag, is terapeuties. Dit laat jou die goeie in die lewe sien. Laat jou dinge nie so onnodiglik ernstig opneem nie. Verleng sommer jou lont! Om te lag, is 'n voorreg. Om te sien dat daar nog snaaksighede in die lewe is. Die beste is natuurlik as jy vir jouself kan lag. Vir jou eie foute en koddighede. Ons almal het tog daardie dinge wat vreemd is. Jy het dit, so lag tog maar vir dit. Hierdie naweek is ook Paasfees. Tyd om tot stilstand te kom en te weet dat daar 'n Hoër Hand is wat jou die grappies in die lewe laat raaksien. Wat jou lei, jou bystand gee, jou dra in tye wanneer jy nie meer kan loop nie. Dit is daardie Hand wat jou krag gee vir môre wanneer jy nie lus het om te lag nie. Dit is juis in hierdie tyd wat jy saam met jou familie moet lag. Moet tyd spandeer en onthou dat daar 'n groter doel met ons bestaan op aarde is, as om net te leef en eendag tot stof terug te keer. Jy het 'n doel. 'n Groot een, so lag en geniet die klein grappies wat ons , ,, verhelder. dae

Onder die sterre

Paardeberg Musiek onder die Sterre het verlede week weer groot getalle getrek. Gaste is onthaal op 'n fees van bekende ligte klassieke musiek tot gewilde Jazz-nommers. Links bo is Sonet de Jong, Bianca Turner, Carina Zöllner, Carolie Strydom en Karin Smit. Bo is Monwabisi Devani, Lindy Ngengaye en Mandla Kinzana. Links is Carl Malherbe en sy vrou Tracy. Langs hulle is Johan Smuts.

It's Good News

Dr Marc Blackwell Snr

Don’t give up! Push forward, clinging to your faith. "Over the years, I’ve observed countless people who become derailed by the circumstances of life. Speaking as one who has failed many times, the key to longterm success is often in how you respond during the darkest days of your life. I’ve always appreciated the advice God gave His people when they were facing trials! The Lord told them to: “Build houses … plant gardens and eat what they produce. Marry and have sons and daughters; find wives for your sons and give your daughters in marriage, so that they too may have sons and daughters. Seek the peace and prosperity of the city to which I have carried you into exile. Pray to the Lord for it, because if it prospers, you too will prosper.” Jeremiah 29:5-7 In other words the Lord told them to keep living - keep contributing keep making the best of their situation! In time’s of difficulty - don’t stop! Israel was captive for 70 years - in this case - before the Lord would deliver them, but in the meantime, they were to live life in obedient faith and trust - a lifestyle they already knew to live. If you fear or feel that you are in a season of “captivity”… if you can’t seem to find your way these days… if you are waiting for God to deliver you… don’t stop doing the good things you know to do. Don’t stop moving forward with what you have today. Don’t neglect to attend a Bible-believing church, don't neglect the life’s best relationships - those you have at home or that of Family and Friends Seek ways to bless others as you wait for the Lord to change your circumstances. Don’t give up! Push forward, clinging to your faith. Learning to navigate through droughts, disappointments and failure is a key towards enjoying the best of life and living as a person of faith.” Still confused? Still frustrated? Pastors were given by the Lord to encourage you… visit one.

Skaak: Vier van Laerskool Swart-

land se leerders is in die Weskusskaakspan opgeneem. Hulle is Darius Nell (o.9 seuns, negend), Wian Cotter (o.9 seuns, sesde) en Carli (o.9 meisies, eerste) en Anke Claassen (o.13 meisies, eerste). Die span neem van 1-3 Mei op Worcester aan die Wes-Kaap Skole Individuele Skaakkampioenskappe deel. Anke en Carli is albei Weskus-kampioene en neem eerskomende naweek in Pretoria aan die SA Junior Geslote Skaakkampioenskappe deel.

Herehuis:

Die Herehuis op Malmesbury het Saterdag 'n musiekaand onder die sterre aangebied. Bo is Bea Jonker, Riana Basson, Derick Duckitt, Lillibet Slabbert, Norman de Jager en Elize de Jager.

Wenner van Polaroid van die Swartland

Die gelukkige wenner van die getekende kopie van Lazelle Cronje se eerste boek, Polaroid van die Swartland, is Adré Visser van Piketberg. Die boek kan by dié courant se kantore by Hugenotestraat 24 op Malmesbury afgehaal word.


NUUS • NEWS

5

1 April 2015

Dürr dien op nuwe forum vir Wes-Kaapse landbou John Dürr van Malmesbury en voorsitter van die WesKaap Rooivleis Produsente-organisasie is op die bestuur van die nuwe Wes-Kaapse Landbouforum gekies. Hy sê landbouprodukte en verenigings het te veel in gemeen om nie saam te werk nie. “Die nuwe forum sal van kardinale belang wees, veral met die ondersteuning van opkomende boere.” Landbou-organisasies en landbouproduk-organisasies het verlede week ‘n gesamentlike eenheidsforum vir die georganiseerde landbousektor in die Wes-Kaap gestig. Die doel is om uit een mond te praat as dit kom by kollektiewe belange van die breër landbousektor. Die Wes-Kaap Landbouforum is ‘n inklusiewe, vrywillige vereniging en sal groei in die sektor bevorder en strategiese kwessies in die landbou op nasionale vlak aanspreek. Carl Opperman, uitvoerende hoof van Agri WesKaap sê die forum sal die algemene belangse van die sektor verteenwoordig om ‘n vooruitstrewende en volhoubare landbousektor in die Wes-Kaap te bevorder. Die ooreenkoms is onderteken deur Agri Wes-Kaap, Afasa (African Farmers Association of South Africa),

NAFU (National African Farmers’ Union), VinPro, SATI (South African Table Grape Industry), Hortgro, die Rooivleisprdusente-organisasie in die Wes-Kaap, die Nasionale Wolkwekersvereniging, die Melkprodusente-organisasie, die Kaapland Varkvleis-produsentevereniging, die Inmaakvrugte-produsentevereniging en Droëvrugte Tegniese Dienste. Ismail Motala, voorsitter van Afasa Wes-Kaap, sê die inisiatief wys dat rolspelers in landbou in die Wes-Kaap kan saamwerk om die landbou-ekonomie te ontwikkel. “Ons glo al die lede van die forum het ‘n visie wat die transformasie van die landbou-ekonomie op ‘n inklusiewe wyse sal bevorder.” VinPro se besturende direkteur, Rico Basson, sê die forum sal help om ‘n verenigde perspektief oor verskeie sleutelsake te vorm. “Dit sal ‘n meer volhoubare en vooruitstrewende landbousektor in die Wes-Kaap verseker.” Basson is ook op die bestuur van die forum verkies. Ander lede is Cornie Swart, president van Agri WesKaap, Niel Joubert, vise-president of Agri Wes-Kaap, asook Ismail Motala en Elton Jefthas van Afasa.

Forum:

Verteenwoordigers van die Wes-Kaapse landbousektor wat by die stigting van die forum was. Voor is Wiehahn Victor (Inmaakvrugte-produsentevereniging ), Cornie Swart, Ismail Motala, Elton Jefthas, John Durr en Lawren Engelbrecht (Afasa). Middel: Anton Rabie (Hortgro), Rico Basson, Michael Laubscher (Hexvallei Tafeldruifvereniging) en Nicholas Dicey (Hortgro). Agter: Johan Bothma (Agri Wes-Kaap), Carl Opperman en Willem Bestbier (SATGI).

Drama: Die leerders van OJ Erasmus is verras met 'n besoek van GSE Produksies wat 'n Wenners: UD Trucks Malmesbury het geskitter by die afgelope UD Trucks ADC in Limbewusmakingsveldtog by dié skool op Kalbaskraal geloods het. Die dramagroep bestaan uit akteurs uit die Swartland wat die leerders oor sosio-ekonomiese kwessies ingelig het. Hier is Elmarie Johnson, Roswin Diergard, Shelton Cottee en Julia Mlungwana. Gerswin Cloete en Emile Smit het die klank verskaf. Foto: Abraham Kotella

Nuwe bestuur vir sakekamer

Die Malmesbury Sakekamer se nuwe bestuur lyk soos volg: voorsitter: Erik Louw, ondervoorstitter: Oddette Boshoff, sekretaresse: Margot Kemp, tesourier: Johan van Zyl, landbou: Werner Schreiber en Rudolf Knoezen, gemeenskap: Manny da Fontes, Theo Kleinhans en Wessel Badenhorst en media en bemarking: Izélle Garcia en Rudolf Knoezen. Patrys Bester dien as 'n addisionele lid

popo. Mervin Pietersen (heel links) is genomineer as waarborgeise-administrateur in die medium-afdeling. UD Trucks Malmesbury is in die medium-kategorie genomineer vir die Handelaar van die Jaar-toekenning. Simon Kotze (heelregs) het ‘n toekenning ontvang vir sy 38 jaar diens aan Nissan Diesel/UD Trucks-agentskap. Bo is Mervin Pietersen, Andries Steyn, Cobus Louw en Simon Kotze.

WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT NOTICES / KENNISGEWINGS

1. DRAFT INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP) 2012-2016 REVIEW 3 2. DRAFT THREE-YEAR BUDGET/MEDIUM-TERM REVENUE AND EXPENDITURE FRAMEWORK (MTREF) FOR 2015/2016, 2016/2017 AND 2017/2018 3. OVERSIGHT REPORT ON ANNUAL REPORT 2013/2014 FINANCIAL YEAR 1 and 2: Notice is hereby given in terms of Section 28 and 34 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) and Section 22 of the Local Government: Municipal Financial Management Act, 2003 (Act 56 of 2003), that the Draft IDP 2012/2016 Review 3 and the Draft Three-year Budget/MTREF for 2015/2016, 2016/2017 and 2017/2018 for the West Coast District Municipality, are available for inspection for public representation, input and comments at the following Municipal offices in the West Coast region, namely: ●Bergrivier Municipal Offices ●Matzikama Municipal Offices ●Swartland Municipal Offices

●Cederberg Municipal Offices ●Saldanha Bay Municipal Offices

The Draft IDP 2012/2016 Review 3 and the Draft Th ree-year Budget/MTREF for 2015/2016, 2016/2017 and 2017/2018 Tabled at the Special Council Meeting for approval: ●Draft IDP 2012/2016 Review 3 27 March 2015 ●Draft Th ree-year Budget/MTREF for 2015/2016, 2016/2017 and 2017/2018 Advertisement for public representation, input and comments

28 March 2015

Stakeholder engagement

30 January 2015 5 February 2015 6 February 2015

Written comments, representations and inputs regarding the draft IDP 2012/2016 Review 3 and the Draft Three-year Budget/MTREF for 2015/2016, 2016/2017 and 2017/2018 must reach the office of the Municipal Manager on or before Tuesday, 12 May 2015. Persons who cannot read or write can approach the West Coast District Municipality to assist them in compiling their comments, inputs or representations. 3: Notice is hereby given in terms of Section 129 (3) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act 56 of 2003) read with Section 21(A) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Oversight Report on the Annual Report for the 2013/2014 financial year was approved at the Special Council Meeting on 27 March 2015. Enquiries regarding the above can be directed to the following officials during office hours on telephone number - 022 433 8400: Budget

Mr J. Koekemoer

IDP

Mr F. Williams

Oversight report on Annual Report 2013/2014 financial year

Ms Z. Jacobs

The Draft IDP 2012/2016 Review 3 and Draft Three-year Budget/MTREF for 2015/2016, 2016/2017 and 2017/2018, Oversight Report and Annual Report for the 2013/2014 financial year are available on the Councils website: www.westcoastdm.co.za H.F. Prins, Municipal Manager, West Coast District Municipality, P.O. Box 242, Moorreesburg, 7310. Reference: 13/1/B; 4/2/1; 10/3/2/3/36; 3/4/5; 15/16/6/4

1. KONSEP GEΪNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2012/2016 3DE HERSIENING 2. KONSEP DRIE-JAAR BEGROTING/MEDIUM TERMYN INKOMSTE EN UITGAWES RAAMWERK (MTIUR) VIR 2015/2016, 2016/2017 EN 2017/2018 3. OORSIGVERSLAG TEN OPSIGTE VAN DIE JAARVERSLAG 2013/2014 FINANSIëLE JAAR

1 en 2: Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 28 en 34 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet Nr 32 van 2000) en Artikel 22 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet Nr 56 van 2003) dat die Konsep Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2012/2016 3de Hersiening en die Konsep Drie-jaar Begroting/Medium Termyn Inkomste en Uitgawes Raamwerk (MTIUR) vir 2015/2016, 2016/2017 & 2017/2018 vir die Weskus Distriksmunisipaliteit ter insae lê vir openbare vertoë, insette en kommentaar by die Munisipale kantore van die onderskeie munisipaliteite in die streek, nl. ●Bergrivier Munisipale Kantore ●Cederberg Munisipale Kantore ●Matzikama Munisipale Kantore ●Saldanhabaai Munisipale Kantore ●Swartland Munisipale Kantore Die Konsep GOP 2012/2016 3de Hersiening en die Konsep Drie-jaar Begroting/Medium Termyn Inkomste en Uitgawes Raamwerk (MTIUR) vir 2015/2016, 2016/2017 en 2017/2018 Voorgehou vir goedkeuring deur die Spesiale Raadsvergadering: ●Konsep GOP 2012/2016 3de Hersiening ●Konsep Drie-jaar Begroting/Medium Termyn Inkomste en Uitgawes Raamwerk (MTIUR) vir 2015/2016, 2016/2017 en 2017/2018.

27 Maart 2015

Advertering vir openbare vertoë, insette en kommentaar

28 Maart 2015

Skakeling met belanghebbers

30 Januarie 2015 5 Februarie 2015 6 Februarie 2015

Kommentaar, insette en vertoë rakende die Konsep GOP 2012/2016 3de Hersiening en die Konsep Drie-jaar Begroting/MTIUR vir 2015/2016, 2016/2017 en 2017/2018 moet skriftelik die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bereik voor of op Dinsdag, 12 Mei 2015. Persone wat nie kan lees of skryf nie kan die Weskus Distriksmunisipaliteit nader om hulp met die samestelling van sy/haar kommentaar, insette of vertoë. 3: Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 129 (3) van die Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuurswet, Wet 56 van 2003 saamgelees met Artikel 21A van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet, Wet 32 van 2000 dat die Oorsigverslag ten opsigte van die Jaarverslag vir die 2013/2014 fi nansiële jaar tydens die spesiale Raadsvergadering soos gehou op 27 Maart 2015 goedgekeur was. Navrae kan gedurende kantoor ure aan onderstaande apmtenare gerig word by telefoon nommer - 022 433 8400: Begroting

Mnr J. Koekemoer

GOP

Mnr F. Williams

Oorsigverslag ten opsigte van die Jaarverslag 2013/2014 fi nansiële jaar Me Z. Jacobs Die Konsep GOP 2012/2016 3de Hersiening, Konsep Drie-jaar Begroting/Medium Termyn Inkomste en Uitgawes Raamwerk (MTIUR) vir 2015/2016, 2016/2017 en 2017/2018 asook die Oorsigverslag en Jaarverslag vir die 2013/2014 fi nansiële jaar is beskikbaar op die Raad se webtuiste: www. westcoastdm.co.za H.F. Prins, Munisipale Bestuurder, Weskus Distrikmunisipaliteit, Posbus 242, Moorreesburg, 7310. Verwysing: 13/1/B; 4/2/1; 10/3/2/3/36; 3/4/5; 15/16/6/4


NUUS • NEWS

6

1 April 2015

Dagboek • Calender

Abbotsdale: Abbotsdale se rugbyspan het die naweek teen st Helenabaai gespeel in 'n vriendskaplike kragmeting. Die manne in groen het koning gekraai.

Mavos-klasse 1-12 April - Die Malmesbury Volwasse Onderrigsentrum registreer mense vir rekenaar- en isiXhosa-klasse by die sentrum by Schoonspruit Sekondêr. Die rekenaaarklasse begin op 13 April by die sentrum; die Xhosa-klasse is gratis en word Woensdagaande om 19:00 by Bambino Crèche in Abbotsdale aangebied. Navrae: Trish Worship, 022 486 4541. ID-boekie nodig vir registrasie.

beautiful surroundings with a top class farm style buffet, live music and refreshments. Stand a chance to win a prize for the best dressed picnic goer. Jacaranda House, 9 Station Road, Darling. 16:00 for 16:30. R140 pp covers food and a complimentary glass of wine. Contact Dianne on 022 492 3361.

Easter Splash 4 April: Easter Splash @ Yzerfontein Sport & Recreation Club. Music, wine tasting, international food stalls, Easter egg hunt, more live family fun. Contact Doeks Basson 084 421 2307 or club 022 451 2819.

Bowling Competition 17-19 April: Yzerfontein - Strandkombuis Classic. Carol Jordaan 072 905 4155.

Blommemark 4 April -Goedverwacht. 022 912 4410 of 073 957 3549. ACVV Basaar 4 April - Yzerfontein: ACVV Basaar begin 08:30 in gemeenskapsaal. Daar is van alles en nog wat: pannekoeke, tuisgebakte brood, groot en klein koekies, poeding, wors, skaaptjops, kerrie en rys, boepens-broodjies, stokworsies, plante en 'n tafel vol verrassings. Bella van Doorn, 022 451 2668. Alpaca Day 4 April – Visit the Alpacas at Still water Estate, Rondeberg Estate, Philadelphia on National Alpaca Day. The Al[aca boutique offers Alpaca wool and fashion. Tractor or 4x4shuttle along the Alpaca pastures. Sandwiches & drinks will be served on the panoramic terrace. Entrance 10 pp (children free). Tel: 022 481 39 44; e-mail: info@akelei-alpakas.co.za. Riebeek Valley Sports Tournament 5 - 8 April - Annual sports tourmament hosted by Riebeek Kasteel Primary School. Ian Erasmus, 022 448 1228. Gesinsdag saam met Pase 6 April - Die Weg en die Waarheid Pinkster-gemeente Sondagskool hou 'n gesinsdag op Onverwags-plaas, 10:00 - 14:00. Harold, 060 379 4602. Swartland Charity Bikers Braai 10-12 April: Moorreesburg Showgrounds; R100pp; children under 10 free; badge R25. Enquiries: Francois 083 956 0606; Erhardt 082 898 1026; (Trudie (accommodation & stalls) 079 369 1276; Laurie (poegie enquiries) 082 321 8008. Imagine Jeugsaamtrek 10-12 April - Interkerklike Jeug Lofprysing en Aanbidding Naweek; Megapark, Bredasdorp. Navrae: Esther Möller on 028 424 2890 / esther@ agrimega.co.za. Darling Museum Victorian Garden Party 11 April - Come and experience a typical Victorian Garden Party. Bring your family and enjoy an afternoon in

Clanwilliam Expo 16-18 April - Clanwilliam. 027 482 2833.

Straatmark 18 April - Velddrif - Aan Oewer Straatmark. 022 783 0048. Hoërskool Swartland Opedag 22 April - Opedag verskuif van 12 Maart na 22 April. Skakel die skool by 022 482 1469 vir enige navrae. Kunstefees 24-26 April - Clanwilliam, Cederberg Rooibos Kunstefees. 027 482 2024. West Coast Marathon 25 April: Langebaan West Coast Marathon. 022 772 2707 / 072 290 8380 www.strandlopers.co.za. Hobie Nationals 25-27 April: Langebaan – Ladies and Tiger Nationals. 022 772 2466 www.hobie.co.za. Olive Festival 1 - 3 May: The Riebeek Valley Olive Festival is a lifestyle festival - voted one of the best food festivals in the Western Cape, because of the devine olives, wine, cheese, pickles, jams, bread and an eclectic mix of local character, to name but a few ingredients making up this feast. Riebeek Valley Tourism, 022 448 1545. Lagoon Celebration 1-2 May - Langebaan Lagoon Celebration 022 772 1515 www.capewestcoastpeninsula.co.za Open Day 16 May: Darling Museum Open Day 022 492 3361 www.darlingmuseum.co.za Amarider 100 Miler 23 May: The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia.co.za or contact 021 884 4752. Wine Auction 23 May – Darling College Wine Auction. Christelle van der Vyver, wine@grootepost.co.za. Kalenderinskrywingsmoetvoor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury Goeie Vrydag Oggenddiens (3 April): 09:30 Toneelstuk: Final Whistle (deur GSE Produksies). Opstandingsdiens (Sondagoggend) 09:30 (5 April) Prediker: pastoor Piet Smit. Volle diens met nagmaal. Geen aanddiens. Navrae: 073 447 2902.

Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Vir meer inligting kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00). PPK Bethesda Malmesbury 5 April - Past Kobus du Plessis preek om 10:00 (Nagmaal) en 18.30. Alle bedrywighede behalwe dienste gesluit vir skoolvakansie. Navrae: 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville Alles gesluit vir skoolvakansie. Navrae: pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Shofar Malmesbury 5 April - Om 09:30 by Hoërskool Swartland skoolsaal is

Jacobus Conradie daar. Hulle het nie 'n diens op Goeie Vrydag nie. Navrae by 022 482 4640.

Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Almal word genooi: Sondagskool om 09:00, Jeug Vrydae om 08:00, Aanbidding Donderdae om 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel by 074 277 1439. Ander navrae, pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Navrae: Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury Methodist Church of SA 9:15 Sunday Worship Service. Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Tomas Laerskool. in Wesbank. Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@ gmail.com of pastoo Ken Pattison by 083 498 2990.

Waar gaan die tyd heen? So staan ons al in die derde maand van 2015 en ek sien nou die dag selfs advertensies oor besprekings wat jy al kan maak vir 2016. Tyd het vlerke en wag vir niemand nie. Dit gebeur so maklik dat tyd jou aan jou nek begin rondsleep en dan voel ‘n mens mos uitgelewer. So asof jy geen keuse in hierdie hele proses het nie. Die waarheid is egter dat ons wel ‘n keuse het en derhalwe tyd aan sy nek kan beetkry en aan hom kan verduidelik hoe dinge van nou af gaan werk. Ons kan nou kyk na hoe om tyd te spandeer oor die algemeen, maar die een plek waar ons die meeste tyd afskeep, is in ons huweliksverhouding. Die rede is redelik voor die hand liggend: Ons raak gewoond aan mekaar en ons gaan van die oortuiging uit dat ons maat altyd daar sal wees. Daar is mos genoeg tyd. Die waarheid is egter dat ons met alles en almal buite ons huweliksverhouding afsprake maak, net om seker te maak dat ons hulle wel sien of dat ons die tyd kan skep om belangrike inligting met hulle te kan deel. In die gewoonte van gewoond raak aan iemand, raak hierdie behoefte minder en kan dit selfs verdwyn. Dit beteken egter nie dat dit is wat jou maat wil hê nie. Hy of sy dink dalk heel anders oor die storie, maar kry nooit die tyd om dit met jou te deel nie. Baie maats en paartjies se grootste behoefte is om net te weet dat hy of sy die eerste plek inneem in sy of haar maat se lewens. Dit beteken in kort dat jy hulle moet deel maak van jou kosbaarste tyd. Daardie gedeelte van jou dag wat regtig jou beste tyd is. Maak hulle deel daarvan. Die vraag is egter hoe jy dit doen. Wel, gaan sit eers en maak ‘n lys van alles wat jy moet doen, maak seker dat jy absoluut niks uitlos nie, nie eens die kleinste dingetjie nie. As jy die lys gemaak het, moet jy nou hierdie lys opdeel in

prioriteitsgroepe. Die eerste groep is die absoluut belangrike groep. Dit is dinge wat jy nie kan uitlos nie; bv ek moet werk toe gaan. Die tweede groep is die dinge wat net belangrik is. Soos dat jy gereeld moet oefen en reg moet eet. Die derde groep is die minder belangrike dinge, soos dat jy gereeld die motor moet diens en was. Die laaste groep is die dinge wat glad nie belangrik is nie. Soos dat jy moet TV kyk. As jy die groepe opgeteken het en alles neergeskryf het, maak nou ‘n lys waar jy alles wat jy saam met jou maat wil doen of wat jou maat van jou verwag ook opteken. Vra nou vir jou maat watter van hierdie dinge wat jy nou neergeskryf het, is vir hom of haar die belangrikste en vra of jy dinge uitgelos het. Op die ou end moet jy ook hierdie behoeftelys in die vier dele opdeel. Die volgende stap is om die twee lyste een te maak en saam met jou maat te gaan sit en die praktiese implikasies daarvan uit te sorteer, sodat jou maat nie voel dat hy of sy met die absolute belangrike dinge in jou lewe hoef mee te ding nie. Jou maat sal dadelik voel dat hy of sy prioriteit geniet. ‘n Voorbeeld is dat jou maat dalk gereeld wil hoor dat jy vir hom of haar lief is en dit val onder die kategorie van absoluut belangrik. Werk dit dan in deur te sê dat jy tydens jou werksure elke dag ‘n kort boodskappe sal stuur waarin jy jou liefde aan hom of haar verklaar. Besef dat julle nou dit wat vir jou maat en vir jou belangrik is, kan inwerk in julle besige programme, omdat julle nou ook bewus geraak het dat alles wat jy moet doen nie so belangrik is nie, maar net sekere van die dinge wat jy moet doen. Hierdie oefening behoort jou die ervaring te gee dat julle nou in beheer is van tyd en nie anders om nie.

Luister na Kobus en Linda Pauw van Connection Impact elke Vrydag uit vanaf 07:40 op Kaapse Kansel jou daaglikse reisgenoot op 729 AM.


NUUS • NEWS

7

1 April 2015

Kaskarre: Die Hoërskool Dirkie Uys het Maandag op die Gene Louw-sportgronde gesorg vir 'n paar boetekaartjies toe hulle wild en wakker om die baan gejaag het. Heel links is Chanté Smit, Barry Hanekom en Frikkie Smit. In die middel is Marike Bester, Jacques de Clerc en Henco Pienaar. Regs is Reinhardt Erwee, Jean-Claude Mouton en Anika du Toit.

OJ Erasmus: Dewano Prins (voor) het ‘n fiets gewen in OJ

Markdag: Die Malmesbury Museum het Saterdag hul eerste

Erasmus Primêr op Kalbaskraal se onlangse kompetisie. By hom is sy ouma, Magrieta Prins, Henriëtte Prins (sy ma) en Estaline Koekemoer (onderwyser). Dewano was eerste in die gr 3-7 afdeling. Tweede was Keanu September (TV-speletjie) en derde was Bernito September (Spur-geskenkbewys). Robyn Lategan het ‘n fietsie gewen in die afdeling Gr R-2. Drie ouers het ook pryse ontvang: Hendrk Prins (tablet), Jan Maar (kospakkie) en Beatrice Nkwali (hoender). Foto: Abraham Kotella

van vele markdae gehou. Bo is Margaret en Kobus Rossouw (links)en hul helpers: Mische du Toit, Anri Malherbe, Joline van Zyl en Natalie Louw. Regs is Mariata Malherbe, Lené Conradie, Maritza van Zyl en Elma Punt.

Pale toe:

Arnold van der Merwe, kaptein van Coronations, nael doelpale toe. Hy word ondersteun deur Micael Mathee en Frankin Thyssen. Foto: Abraham Kotella

Rugby:

Die manne van Never Despair en De Doorns het mekaar Saterdag in ‘n vriendskaplike wedstryd gepak. Dit was ‘n goeie oefenlopie vir die liga wat op 11 April begin.


NUUS • NEWS

8

1 April 2015

Kompetisie vir beste plaaswerker uitgebrei Produsente, medeplaaswerkers of plaaskomitees kan nou weer deelnemers benoem vir die jaarlikse Plaaswerker van die Jaar-kompetisie. Die bestuur van die Santam Swartland Wyn& Olyfroete het al die produsente in die gebied genooi om deel te neem aan die Wes-Kaapse been van die kompetisie. Die kategorieë is: Algemene Werker, Trekkerdrywer, Administratiewe Personeel, Diereproduksie, Tegniese Operateur, Besproeiingspesialis, Sosiale Ontwikkeling, Landbou-verwerking, Voorman, Junior Bestuur en Middelbestuur. Persone wat verlede jaar ingeskryf is, kan weer ingeskryf word, maar wenners kan slegs in ’n hoër kategorie deelneem. Die bestuur behou die reg voor om ’n kategorie te onttrek indien daar nie genoeg inskrywings is nie. ’n Kategorie sal slegs deelname aan

die kompetisie regverdig indien ’n minimum van vyf inskrywings vir daardie kategorie ontvang word. Een persoon per kategorie per plaas kan ingeskryf word. Dit beteken dat u moontlik ’n interne uitdun sal moet hou. Alle deelnemers ontvang ’n gelamineerde deelnemersertifikaat. Die Plaaswerker van die Jaar (streek) ontvang R1700 prysgeld, ‘n klemraam- sertifikaat, ‘n trofee en ‘n Shoprite- koopbewys. Kategoriewenners kry R1500 prysgeld, ‘ sertifikaat, ‘n skildtrofee en ‘n Shoprite- koopbewys. Die plaas wat die beste vaar, ontvang ook ‘n sertifikaat en trofee. Inskrywings moet die kantoor by faksnommer 086 211 0121 of e-pos wartlandinfo@ westc.co.za bereik voor 8 Junie.

Merino: Met die afgelope SA’s Skou vir

Vleismerino’s het Hannes Kotzé van Moorreesburg weer baie goed gevaar. Hy het deelgeneem met 22 skape. Daar was in totaal 34 telers met oor die 650 inskrywings. Hier is sy Senior Wolram wat ‘n derde plek behaal het. Ander prestasies: Ooilammers 60 kg en ligter : 1ste en 5de plek; Reserwe kampioenooilam; Junior ooie: 1ste en 9de; 4de plek in Junior ooi-kampioenskappe; Ramlam 70 kg en ligter: 1ste en 3de; Ramlam 100 - 110 kg: 7de; Ram 120 - 130 kg: 3de; 3de plek in ligswaargewig Ram-kampioenskappe; Ram 130 - 140 kg : 2de en 8ste; Ram 140 kg 150 kg : 3de plek. Kotzé het ook die tweede meeste punte van al die telers wat deelgeneem het, behaal.

Vrugte- en wynwerkers kan kompetisie wen met sang Die Agri het Talent-projek, wat onlangs begin het, bied aan werkers in die vrugte- en wynbedrywe die geleentheid om erkenning vir hul sangtalent te ontvang. Die projek word deur Hortgro en die VinPro Stigting aangebied, wat dié twee bedrywe verteenwoordig. “Hierdie is meer as net ’n sangkompetisie: daar is ook ’n sterk fokus op die ontwikkeling van vaardighede wat weer teruggeploeg kan word in landbougemeenskappe,” sê Retha Louw, Hortgro bestuurder van korporatiewe dienste, wat Agri het Talent die tweede agtereenvolgende jaar organiseer. Die projek bestaan uit ’n keuringsproses, ’n weeklange sangopleiding en lewensvaardigheidskursus vir die top tien finaliste, asook ’n gala-aand, waartydens ’n beoordelingspaneel die wenner aankondig. Die wenner ontvang ’n kontantprys en die kans om by landbou-geleenthede op te tree. Die wenner van die 2014 Agri het Talent, Ayabongo Mhobo, het onder meer onlangs saam met die bekende Afrikaanse sangeres Andriëtte Nor-

man, by die Breytenbachsentrum op Wellington opgetree. Deelnemers moet ʼn landbouwerker in die vrugte- of wynbedryf wees, hetsy op ʼn plaas of in ʼn pakhuis of kelder. Persone wat inskryf moet ouer as 18 jaar wees, mag slegs as individue inskryf (geen groepe), en kan in enige van SuidAfrika se inheemse tale sing. Die top tien finaliste moet beskikbaar wees om ʼn een-week vaardigheidskursus van 26 tot 31 Julie in die Paarl by te woon en op ’n verhoog op te tree tydens die gala-aand op 31 Julie. Skryf in deur ʼn 3-minute videosnit van ʼn sangitem van eie keuse te Whatsapp na 082 372 1557, of e-pos na info@hortgro.co.za. Sluit naam en van, eie selfoonnommer, naam van plaas/kelder/pakhuis in, asook naam van die naaste dorp by die inskrywing. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 April. Vir navrae kontak Retha Louw by 021 870 2900 en info@hortgro.co.za. Volg die aksie by www.agrisgottalent.wordpress.com, op die Agri’s got Talent Facebookblad en @AgriTalent op Twitter.

Datums Dates • 16- 18: April Clanwilliam Skou; kantoor: 083 382 1888, of clanwilliamexpo@gmail.com. • 25- 27 April: S A Kaasfees – Sandringham, Durbanville; kantoor: 021 975 4440/1/2/3 of admin@agriexpo.co.za. • 14- 16 Mei: Wes-Kaap Pluimveeklub & Klubskou (slegs pluimvee); kantoor: 082 468 8826 Faks: 086 528 8366 of e-pos: naomidt@ breede.co.za. • 25 Julie: Swartland Veterane Ploegdag by Môreson. Kontak Johan Hugo by 082 357 3413. • 1 Augustus: Lutzville Landbouskou, 083 613 9439. • 22 Augustus: Vredendal – Namakwa Weskus Jongwynskou. 027 201 3415. • 27-29 Augustus: Porterville Landbou-skou. 022 931 2460.


NUUS • NEWS

9

1 April 2015

Shiraz-uitdaag amper hier Laat-inskrywings vir die derde Shiraz Wyn-uitdaag sluit op Maandag 13 April, ‘n verhoogde inskrywingsfooi sal in dié geval gehef word. Suid-Afrikaanse produsente van hierdie edelkultivar word genooi om hul wyne in te skryf. Produsente kan hul wyne in twee kategorieë inskryf: Shiraz en Shiraz-versnitte. Die reëls van die kompetisie en vereistes vir deelname en wyne word in die katalogus uiteen-

gesit vir belangstellendes. Die wenners in die twee afdelings sal op Woensdag 27 Mei by ‘n toekenningsfunksie aangekondig word. Meer inligting, katalogusse en inskrywingsvorms is verkrygbaar by Sandra Lotz by 082 924 7254 of info@shirazsa.co.za. Die dokumente is ook op Shiraz SA se webtuiste by www.shirazsa.co.za.

Swartland laat spat by streekkampioenskap: Swemmers

van die Swartland Swemklub het die afgelope naweek in hul tuisswembad op Malmesbury uitstekend gevaar in die Vlak 1-Streekkampioenskap. Die deelnemers (agter) Hardus Dippenaar, Mariëtte Brand, Danelle Behm, Braam Esterhuizen, Olinka Steyn (afrigter), Jessika Steyn (afrigter), Robin Chapman, Marianne du Plooy en Philipa Louwrensen en voor Anlu Behm, Mari de Lange, Jani de Lange, Jani van der Merwe en Jana Nel. Hulle het in totaal 54 medaljes ingepalm. Die meisiespan het oor die algemeen die kompetisie gewen, met die Swartland Swemklub 'n algehele derde plek ingepalm het.

Lande:

Die Swartland se landerye is besig om weer reggeruk te word vir die komende planttyd. Oral word lande skoongebrand om die beste moontlike grond te verskaf.

Inligtingsdag gehou Vinpro hou op 22 April ‘n streeks-inligtingsdag vir die Swartland/Darling area by Swartland Kelder op Malmesbury gehou. Registrasie begin om 08:30 en om 08:55 doen Hanno van Schalkwyk van Vinpro die verwelkoming. Net daarna praat André Erasmus van Terason oor Beheerstrategie vir weerstandbiedende onkruid, gevolg om 09:45 deur Johan Fourie van LNR Nietvoorbij. Sy onderwerp is Suksesvolle dekgewasverbouing en onderdrukking van onkruid.

Om 11:00 kyk Jaco Kellerman van Barenburg na dekgewas-opsies, gevolg om 11:30 deur Niel Kruger van Terason wat praat oor Bio-beroking met dekgewasse. Om 12:00 kom die laaste spreker, Hanno van Schalkwyk van Vinpro, aan die beurt. Sy onderwerp is Behoeftebepaling en navorsingsprioriteite. Bevestig bywoning by Gaynor Fortuin voor of op 15 April by tel 021 276 0432, faks 086 611 7510, e-pos: gaynor@vinpro.co.za. Registrasie is R200 per persoon.

Amarider moves to Malmesbury Showgrounds

The one-day ultra mountain bike marathon in the Swartland, the Amarider 100Miler, will start and finish at the Malmesbury Showgrounds on Saturday 23 May this year. However, the route will be more or less the same and the 50Miler option will still start at Delico, Riebeek Kasteel as it did previous years and finish with the 160km riders in town. Now in its seventh year, the event has grown so much that this venue can offer bigger & better facilities like a building for catering, parking and ablutions to the participants. But it is all about pedalling farms roads in this beautiful country side from 3 to 10 hours. The 100Miler starts at 07:30 and the first riders are expected after 13:00. The 50Miler starts at 09:00 and will finish just over three hours. The weather conditions play a major role in testing your endurance, as mud, wind or rain do on most outdoor events. The 100Miler riders have breakfast and lunch stops, while the 50Miler entrants can also enjoy good refreshment stations with fruit, Coke and snacks. Only pre-entries will be accepted for both distances, so visit www.amarider.co.za to get your entry secured. Prizes are awarded to different age categories, but no under 18’s are al-

lowed in the event. Timing is done by Trail Tag that gives live results on the day of check points and finish times. The 160km (100Miler) route is divided into three sections of approximately 55km with two compulsory timing checkpoints. The format of the race creates perfect vantage points for spectators and support. While the competition is based on solo riders completing the entire course these riders can form 4-man teams and enjoy a day out with mates on a saddle (of course)! The team results will be based on the 4th rider crossing the line thereby encouraging teamwork and camaraderie. According to Meurant Botha, director of Amarider, the 100 Miler was created to become a primary fundraiser for the organisation. Amarider is a recreational trails advocacy group focused on improving trail opportunities on the African continent and proceeds of the event are channeled directly to trail projects. Amarider is focused on improving trail construction standards around the country and assist various mountain bike clubs to ensure that their trails are safe and environmentally sustainable. For further information email info@amarider.co.za or contact 021 884 4547.

Bloues skitter op rugbydag DJ Erasmus word hoog gelig deur Frederick Swanepoel. Bloues se eerste span het Saterdag aan Morning Stars se sportdag op Goedgedacht deelgeneem ter voorbereiding van die 2015 rugbyseisoen wat op 11 April begin. Spanne wat deelgeneem het, was Mighty Spears, Saamstaan, Windriders, Red Corners,

White Spirits, Riebeekvallei en Morning Star, Bloues het te staan gekom teen White Spirits en 19-0 gewen. Die span het sy ondersteuners bedank vir hul ondersteuning en ook vir Morning Star vir die heerlike dag.

Stuur jou sportuitslae na susan@diecourant.co.za of kontak ons by 022 487 3221.


10

NUUS • NEWS

1 April 2015


NUUS • NEWS

11

1 April 2015 Dienste Services

Te Koop For Sale

Sterfgevalle

-------------------------

DAEWOO MATIZ, 2000 te koop. R25 000. Skakel 082 582 4448 / 082 921 7806 #2044

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za #2000/1

------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001/1

------------------------BOUROMMEL en tuinvullis verwydering asook meubelvervoer. 4 Ton lorrie beskikbaar. Kontak 071 588 2821 #2036

------------------------Just 4 Fun Balloons (Malmesbury). Helium Balloons & Balloon Décor. Kontak Annemie by 082 565 3722 #2016/1

------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003/1

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528.

Voertuie Vehicles VOERTUIE DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom. #2006/1

------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bank aflosse. Kontak 083 464 6960.

------------------------EENSLAAPKAMER woonstel in Wesbank. Onmiddellik beskikbaar. Kontak 078 275 1416 #2045

#2051

Dankbetuiging

Betrekking Vacancy BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an Agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/1

Memoriam In loving memory

JOSEPH VAN DER SPECK Dé se eerste verjaarsdag in die hemel. Die vermisting is nog baie groot – ons is baie lief vir Dé. Van Ashley, Gillian, AJ, JayLee Burnett #2047

-------------------------

Spesiale dankbetuigings aan die volgende – St Thomas Kerkkoor, Ou Apostoliese Gemeente, Lucky 7, Schoonspruit SS, Wesbank RVK, Diocese of Saldanha Bay, Collin Slaghuis, Elroy Meyer, St Thomas Primêr (D De Kock), Lucille Franse en Markhams. Van John en Kinders (Goliath) #2046

JOSEPH VAN DER SPECK 31:03:1948 – 7:06:2014. Jou eerste verjaarsdag weg van ons af. Ons mis jou opregtheid baie, maar God het anders besluit. Van jou dogter Joslin, Hein, Keanu, Kri-Jay en vrou Jeanette. #2043

-------------------------

Te Huur To Let

#2042

#2050

-------------------------

#2007/1

#2005/1

Bachelor woonstel @ R2000.00 per maand. Onmiddellik beskikbaar. Water en Elektrisiteit ingesluit – Kontak 079 314 2359

JOSEPH VAN DER SPECK - My pa, u 1ste verjaarsdag weg van ons af. Ek weet daar waar u is, is u veilig. Baie lief vir Dé – Van Gavin, Francis, Chesnay, Angelique en jou Vrou.

MARTINA (TANNIE) GOEMAS 02/04/1955 – 19/10/2014 Vandag is dit jou 1ste verjaarsdag weg van ons. Die vermisting is groot, maar jy sal altyd in ons harte voortleef. Dankie vir die tannie, ma en ouma wat jy vir ons was. Liefde – Valentine, Delmari, Juvaan en Jenica

JOSEPH VAN DER SPECK - Dis Dé se 1ste verjaarsdag weg van ons af. Die vermisting is groot. Ons weet dat u veilig daarbo is. Maureecia soek vir Dé nog elke dag. Liefde – Herschelle, Marius en Maureecia #2049

My innige meegevoel met die heengaan van Alain Mahoney (24). Sterkte in hierdie moeilike tyd. David Howburgh #2048

-------------------------


courant

NUUS • NEWS

1 April 2015

SPORT

dié

12

tel 022 487 3221

1 April 2015

HSS-aksie:

Sportuitslae Sports results

Die spanne van die Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag by Hoërskool Durbanville teen die tuisspan te staan gekom. Links raap Ana Coetzee (regs) in die o.16-kragmeting 'n bal op die astro weg, terwyl Reece Boks regs vir die 0.19A-span voortbeur deur die hande van twee verdedigers van die tuisspan.

Gholf Malmesbury Vrydag Sundowner - 27 Maart Enkel Stableford Christo Gouws 21, André de Villiers 20, Brian de Beer 20, Koch Furstenburg 19, Kwas du Toit 19. Shiraz Country Classic - 28 Maart Beterbal Stableford J Liebenberg & Z Liebenberg 49, J Koegelenberg & M Roux 49, A Schillig & S Byleveldt 48, A Samson & R Johnson 47, A de Reuck & H Stelma 46, B Mouton & N Ferreira 46, J de Vos & G Malan 45, M Paul & G Williams 45, B Venter & A Lambrechts 45.

• Blaas, dra vlag in groot wedstryde

Stephan leef sy rugby-droom

Hoërskool Swartland Hokkie uitslae teen Durbanville: Seuns: 19A wen 2-0, 19B wen 2-1, 16A verloor 0-1, 16B wen 3-1. Meisies: 19A gelykop 0-0, 19B wen 1-0, 19C verloor 3-1, 16A verloor 0-3, 14A verloor 0-2. Netbal Hoërskool Swartland Netbal uitslae teen Durbanville: 19A wen 28-24; 19B wen 30-13; 19C verloor 13-31; 17A wen 18-12; 17B verloor 10-18; 17C verloor 5-8; 16A wen 16-14; 16B verloor 11-19; 16C wen 19-8; 15A verloor 2-51; 15B verloor 5-24; 15C verloor 9-14; 14A verloor 10-35; 14B verloor 10-35.

Stephan Geldenhuys, boorling van Malmesbury, is deesdae gereeld op die rugbyveld te sien met 'n fluitjie in die hand. Bo is Stephan (regs) saam met Jaco Kotze by 'n internasionale sewes-toernooi. by," sê Stephan. Sy eerste wedstryd met die fluitjie was vir die o.14B-span van HSS. Sopnat met 'n baie sterk wind. "Ek kan regtig nie my eerste wedstryd beskryf nie. Jou asem slaan weg van spanning en jy is amper te bang om die fluitjie te blaas." Om die spel te reguleer van groot name op die veld, kan soms vir hom oorweldigend wees. "Ek probeer myself altyd as die 31ste persoon op die veld plaas. "Ja, dit is baie intimiderend as daar veral bekende manne op die veld is, maar jy moet jou man staan en net sorg dat jy altyd 'n beter antwoord teruggee vir hulle. Belangrikste is om selfversekerd voor te kom. Al weet jy jy het 'n

CHEERS TO JOLLY GOOD SAVINGS

fout gemaak, erken dit en beweeg aan," sê hy. Stephan benader elke treetjie van sy loopbaan as skeidsregter stuk vir stuk. Sy volgende mikpunt is om wedstryde in die Curriebeker te blaas. Hy is betrokke by die Varsity-beker en as assistent-skeidsregter by Superrugby. Dan ook die Vodacom-beker waar hy as volwaardige skeidsregter optree. "Hopelik is van daardie wedstryde ook op die kassie," sê hy glimlaggend. Stephan is die jonger seun van Kobus en Stephanie. Sy broer Jaco, is woon steeds op Malmesbury. Hy het ook 'n jonger suster, Anélma. Hy is gister laat weet dat hy op 13 April die Varsity-beker se finale wedstryd tussen Shimlas en Pukke in Bloemfontein sal blaas.

169

R

56

R

150

Skyy Vodka 750ml

Smirnoff Vodka & Cranberry 1.5 Litre

R

Castle Lager 24 x 340ml Non-returnable Bottles

76

R

Castle Lager or Hansa Pilsener 12 x 340ml Non-returnable Bottles Per Pack

R

48

Brutal Fruit Spirit Cooler Assorted 6 x 275ml Per Pack

PRICES VALID 2 - 6 APRIL 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE AND FRANSCHHOEK ONLY

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

150

R

Johnnie Walker Red Label Whisky 750ml

+

199

R

Jack Daniel’s Whiskey 750ml and a FREE 2 Litre Coke

Multiply members earn up to 10x your points when shopping at Pick n Pay. To activate your benefit, visit momentum.co.za/multiply. Terms and conditions apply.

1193025_100 x 260

Om deel te wees van internasionale rugby, is 'n absolute droom. Só sê Stephan Geldenhuys, boorling van Malmesbury en kaalvoet-skoolkind van die Laerskool Swartland. Stephan het wel die Swartland verruil vir die Blou Bul-wêreld (Brits), maar is steeds 'n trotse Swartlander. Deesdae is hy te sien op die veld, nie as speler nie, maar as die man met die fluitjie in die hand. Stephan is 'n skeidsregter. Hy draf weekliks op Loftus Versveld langs die veld as lynregter in die Super 15-reeks, wat tans gespeel word en was te sien in die Stormers se kragmeting met die Bulle vroeër vanjaar. Stephan, wat self 'n kranige rugbyspeler op skool was, moes weens beserings sy rugbytokse ophang en het 'n alternatief gesoek om steeds by sy geliefde sport betrokke te bly. Die uitweg - raak 'n skeidsregter. "Ek was nog altyd mal oor my sport en so met die tyd en beserings, moes ek noodgedwone iets anders probeer as om self rugby te speel. Ek het eers begin om die Hoërskool Swartland se o.14B-span af te rig en is eendag gevra of ek nie 'n wedstryd kan hanteer nie, want hulle het skeidsregters benodig. Dit het my geweldig vinnig ingetrek en sedertdien kan ek nie genoeg daarvan kry nie," sê hy. Vir hom was die een groot hoogtepunt toe hy in 2015 as assistent-skeidsregter opgetree het in die Internasionale Rugby-raad se Sewes-kompetisie in Port Elizabeth. Die een wedstryd wat hy nog wil blaas... "Ek dink vir my as 'n Suid-Afrikaner is een van die grootste wedstryde om te blaas sekerlik NieuZeeland se All Blacks teen Australië. Dit bly een van die mees gesogte wedstryde in wêreldrug-

Hokkie

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1193025_VredenburgLiquor_260x100.indd 1

2015/03/30 1:38 PM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.