Die courant 04 feb 2014 306

Page 1

courant swartland en weskus Swartland

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

4 Februarie 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 306

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

• 13 tot 15 februarie @ môreson

Groter ekspo gaan kóók

Alles wat jy nog ooit wou weet oor die buitelewe, en nog meer, sal binnekort by die 9de kykNET Buite-ekspo te sien wees. Die naweek van 13 tot 15 Februarie gaan alle paaie na Môreson buite Malmesbury lei, waar 12 000 tot 15 000 besoekers verwag word. Die ekspo is hoofsaaklik gemik op buitelewe- en relevante uitstallings en beloof om die nuutste in hierdie veld aan die besoeker te bied. Uitstallers bly dan ook die heel naweek op hul uitstalterreine en rig hulself so in dat die publiek eerstehands kan ervaar hoe die produkte funksioneer, sou hulle dit aanskaf en self ge-bruik. Alle uitstalareas het maklike toegang tot krag, water en badkamergeriewe. Daar is ook lekker pret-aktiwiteite vir die hele

gesin: André de Villiers van Safari 4x4 Roetes bied 4x4-ritte aan; dan is daar ook veldrenritte, naelbyt 4x4-ervarings, monstertrok-ritte en helikopter-ritte om maar ‘n paar te noem. Daar word ook ‘n groot potjiekos-uitdaging aangebied waar die publiek kan meeding met ‘n paar bekendes. Spesiaal vir die vroue reël M4 Events van Malmesbury ‘n groot deli en kunsmark aan wat beloof om baie interessant te wees. Moet ook nie die teetuin mis met van die beste koffie, tee en varsgebakte produkte nie. Besoekers hoef ook nie bekommerd te wees dat julle gaan honger of dors raak nie, want daar is talle gekeurde kosverskaffers om in almal se smaak te voorsien! Benewens die wyntuin is daar ook ‘n ruim Olof Bergh-kroeg en biertuin

area. Die kykNET Buite-ekspo is nie ‘n musiekfees nie, maar Olof Bergh borg die verhoog met ‘n paar uitstekende kunstenaars: Manie Jackson, David Fourie, Amoré, Nadia Louw, Chereé, Rinel Day, Karen Ferreira, Wynand Windpomp en Riaan Grobler. Bring gerus die kinders saam – daar sal genoeg wees vir hulle om te doen by ons pretpark, terwyl ma en pa die uitstallings geniet! Hierdie jaar word daar ook ‘n Lollos-vertoning aangebied. Kontak Marius by marius@ekspo.co.za of 082 570 5758 vir bemarkings- borgskap of media navrae en vir Jacquelene by admin@ekspo.co.za of 082 201 6722 vir uitstallersnavrae. Besoek die webwerf by www.ekspo.co.za vir meer.

NUUS • NEWS

4 Februarie 2015


Buite-ekspo •NUUS 13-15 Februarie • NEWS 4 Februarie 2015

2

Wat om te verwag:

Toegang:


NUUS • NEWS

3

4 Februarie 2015

•wêreld kankerdag

Vier die lewe saam met oorwinnaars Vandag is Wêreld Kankerdag en die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) benadruk die feit dat kanker nie buite beheer is nie en dat die impak van die siekte verminder kán word. Elize Joubert, Kansa se waarnemende hoof uitvoerende beampte, sê: “Wêreld Kankerdag is belangrik omdat die wêreldwye kankerepidemie groot is en nog steeds besig is om te groei. “Op die oomblik sterf 8,2 miljoen mense jaarliks aan kanker – in Suid- Afrika word meer as 100 000 mense jaarliks met kanker gediagnoseer. Wêreld Kankerdag help ons om die woord te versprei en om die profiel van kanker te verhoog.” Volgens die 'Center for Disease Control and Prevention' sterf meer as twee keer soveel mense aan kanker as aan Vigs, malaria en tuberkulose gekombineerd. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie voorspel dat die wêreldwye getal kankersterftes teen 2030 met 80% sal toeneem as daar nie onmiddellik ingegryp word nie en sê ook dat die meeste sterftes in lae- en middelvlak lande sal voorkom. Onder die vaandel van: “Nie buite ons bereik nie”, fokus Wêreld Kankerdag op ‘n positiewe en proaktiewe benadering tot die stryd teen kanker en beklemtoon dat oplossings aangaande kankersorg en vroeë opsporing wel bestaan en dat dit binne ons bereik is. “Ons wil seker maak dat minder mense kanker ontwikkel en dat kankeroorwinnaars suksesvol behandel word. Kansa bied sorg, on-dersteuning, leiding en raad aan almal wie se lewe deur kanker geraak word om sodoende hulle lewenskwaliteit te verbeter. “Ons weet dat kanker ‘n ernstige impak op mense se emosionele, fisiese en geestelike lewens het. Aangesien ons begrip het vir die impak

Nuut: Koos O'Kennedy (derde van regs) is die nuwe skoupresident. By hom staan (van links) Erna Thiart (sekretaresse Landbouvereniging), Michiel Smuts (waarnemende voorsitter Landbouvereniging), Karina Marais, spreker Deon van der Vyver en Ben Marais.

Skou moet groter en beter - nuwe president

en dit wil verlig, poog ons om die lewenskwaliteit van pasiënte, hul geliefdes en die mense wat hulle versorg, maksimaal te verbeter,” sê Joubert. Joubert sê: “Neem deel en sluit by ons aan tydens ons Ope Dag en vind meer uit oor hoe ons werk om ‘n kankervrye wêreld te help skep. “Vir talle mense is die kankerdiagnose wat hulle in die gesig staar, die moeilikste tyd van hulle lewe. "Die instandhouding van sosiale onder-steuningsnetwerke en om oor kanker te praat, is belangrik vir die persoon wat met kanker saamleef en die mense wat hulle versorg.” Vir meer inligting besoek www.cansa.org.za of kontak Kansa tolvry op 0800 226 622 of stuur ‘n epos aan: info@cansa.org.za. Volg Kansa op Twitter: @CANSA (http://www.twitter.com/@ CANSA) en sluit aan by KANSA op Facebook: CANSA The Cancer Association of South Africa.

Meer inspeksies vir landbou Daar lê ‘n geweldig uitdagende tyd voor vir die landbou. Deon van der Vyver, ‘n arbeidsregpraktisyn, het by die jaarvergadering van die Malmesbury Landbougenootskap gepraat oor wetgewing en sienings wat verander. Hy het landbouers gewaarsku dat hulle in die toekoms baie meer inspeksies van Departement Arbeid te wagte kan wees. Die nuwe minimum lone vir plaaswerkers en kinderarbeid het ook onder die loep gekom. Van der Vyver het bevestig dat die minimum loon vir plaaswerkers op 1 Maart met 7.7% verhoog. Die maandelikse minimum loon vir plaaswerkers verhoog van R2420.41 na R2606.78, die weeklikse loon van R558.60 na R601.61 en die daaglikse loon van na R111.72 na R120.32 vir ‘n 9-uur werksdag. Waar werkgewers nie die verhoging kan bekostig nie, kan werkgewers aansoek doen vir vrystelling. Van der Vyver het die belangrikheid van

dienskontrakte beklemtoon. Hy het ook gewaarsku teen alle vorme van kinderarbeid. “Landbouers doen dinge omdat hulle wil goed doen vir hul mense – moenie in die slaggate trap nie. “Moenie kinders toelaat om naby of op implemente te speel nie. Kry hulle seer of sterf, gaan jy les opsê.” Iustus het in November 2007 op Malmesbury tot stand gekom om diens aan lede te lewer rakende arbeidswetgewing en swart ekonomiese bemagtiging. Onder die beskikbare arbeidsdienste is kon-sultasies oor dienskontrakte, ooreenkomste en werksbeleide, verteenwoordiging in die werkplek met betrekking tot arbeidsprobleme, hulp met die opstel van ‘n gedragskode vir die werkplek, hantering van werkgewer en werknemer dispute, asook raad en bystand met stakings. Iustus hou hul lede ook op hoogte van wysigings in relevante wetgewing en het ‘n 24uur hulplyn.

Die skou moet ‘n bymekaarkomplek wees, waar vriende en sommer die hele gemeenskap lekker kan kuier. Só het Koos O’Kennedy, die nuwe president van die Malmesbury Landbougenootskap aan dié courant gesê. “Ons gaan beslis poog om die dorp, boeregemeenskap en die skole meer te betrek. Almal kan iets doen om die skou ‘n groot geleentheid te maak.”

O’Kennedy het Donderdagaand die leisels by Ben Marais oorgeneem, wat nie weer verkiesbaar was in dié pos nie. Marais is die nuwe vise-president en sy vrou, Karina, die sekretaresse. Die tesourier is Charl Bezuidenhout. Ander lede: Madeleine en Johan Viljoen, Oubaas Lesch, Stephan Basson, Ernst Coetzee, Fanie Basson, Hein Marais, Lappies Labuschagne en Kwas du Toit.


NUUS • NEWS

courant

4 Februarie 2015

DME @ Myrtledene

dié

4

The Darling Music Experience will present a Musical Wine Tasting Thursday at Myrtledene Fuction Centre, Malmesbury. Musical Wine Tasting: Rockstar winemaker meets jazz giant; Adi Badenhorst, one of the leading lights of the Swartland Independents will present the wines, Mac McKenzie, iconic guitarist the music. The one born into wine the other into music. Tickets R 100 - R180 (does not include meals where applicable). For bookings call Innes on 079 445 9703 or e-mail:darlingmusicexperience@gmail.com. Follow them on facebook and twitter and visit their website www.darlingmusic.org or contact Alfred Legner on info@darlingmusic.org.

Leef elke dag voluit

Vandag val die wêreld se fokus op kanker met die viering van Wêreld Kankerdag. Soveel van ons is al deur hierdie siekte geraak. Direk, of deur 'n vriend of vriendin of familielid. Dit ken geen perke. Geen ras, geslag of ouderdom nie. Dit tref nie onderskeid nie. Dit is maklik om in sak en as te gaan sit en net na die negatiewe te kyk. Die uwe het self haar pa aan kanker afgestaan en dit is nou nog 'n bitter pil om te sluk, maar met tyd kom aanvaarding. Wat ons wel moet doen, is om die lewe te vier. Om opgewonde te wees oor elke dag wat ons gegun word. Die lewe is kort. Daar is nie tyd om te mors nie. Daardie ledige ure wat so vinnig gevlieg het, is verby. Vir altyd. Die horlosie draai nie terug nie. Moenie dat jy onverhoeds gevang word nie. Leef jou lewe. Doen alles wat jy wil doen, waarvoor jy lus het. Daag jouself uit. Val pens en pootjies binne in die bootjie van die lewe en roei dat die water spat! Lag. Lag uit jou maag. Lag vir jouself! Op Moorreesburg is 'n kleine dogtertjie wat self 'n stryd voer teen die groot "K", maar sy lag. Sy lag dat haar ogies op skrefies trek. Leer by haar en doen dieselfde.

Pakkies:

Ray van Rooy, Gezelle Magerman (400mhekkies Olimpiese-kampioen), Raqual Paulsen (motorfietsklub in die Kaap) en Anthea Beukes (provinsiale Gezelle Magerman oorhandig verkeer) het gehelp om raadslid van Rooy se jaarlikse Kersprojek op Piketberg 'n sukses te maak. Tyrique Afrika se geskenkpakkie aan hom.

Opgewonde:

It's Good News

Vlieg hoog:

GW Burger, ‘n gr 11-leerder aan Hoërskool Swartland is gekies om in die “Wings–2–Fly”-program te vlieg. Hy is een van slegs ses leerders van oor die hele land wat gekies is om vir die volgende jaar op gereelde grondslag saam met “SA Airlink” te vlieg. Hy sit voor op die vliegdek saam met die vlieëniers om sodoende waardevolle ondervinding op te doen. Hy is in die finale groep van slegs ses ná verskeie voorleggings en hy in Desember die kortlys van 24 gehaal het.

Dr Marc Blackwell Snr

Words of Grace II Peter 1:2-6a “...But also for this very reason, giving all diligence, add to your faith virtue, to virtue knowledge, to knowledge self-control, to selfcontrol perseverance….” Perseverance is the steadfast determination to react to the pressures, pains and duties of life in ways that embrace trusting in God. The Old Testament tells us of the Patriarch of faith, Job. Within one suffocating span of time, Job lost nearly all that he held dear! “Job arose, tore his robe, and shaved his head; and he fell to the ground and worshiped. And he said: ‘The Lord gave, and the LORD has taken away; Blessed be the name of the LORD’. In all this Job did not sin nor charge God with wrong.” Job was so covered with boils that his astonished friends, who came from afar to comfort him, were speechless for a week! So great was his pain that he cursed the day that he was born! The rest of the book consists of his friends accusing him of sin, his wife telling him to “curse God and die”. No one is immune to doubt and discouragement when dealing with a crisis. We must, however, refuse to become derailed or destroyed by circumstances that we see as our problem to endure, or to escape and not as God’s providence to embrace. Recall Peter’s words before instructing believers to add perseverance to their faith—“Grace and peace be multiplied to you in the knowledge of God and of Jesus our Lord”. For Peter wrote this knowing that his martyrdom doomed ahead! We cannot always understand what God is doing, but, like Peter, we can trust Him for Who He is — He is GOD.

Laat die hare waai vir skool Die Piketberg Krieketklub en We Care For Piketberg het weer die dorp se meisies en seuns gereed gemaak vir hul eerste skooldag. Dié projek, wat voor elke kwartaal geskied, het weer groot byval gevind met ‘n honderd kinders wat opgedaag het. Die seuns se hare is geknip en die meisies se hare gewas, droog geblaas en gevleg. Die volwassenes het opgedaag met hul skêre, haardroërs, kamme en bybehore

om die kinders gereed te kry vir hul skooljaar. Die projek is vir kinders wie se ouers heeldag werk en saans laat by die huis kom en ook diegene wat nie ‘n haarkapper kan bekostig nie. Die twee organisasies wil almal wat op die dag gehelp het, hartlik bedank vir hul onbaatsugtige diens - ook alle donateurs. Die volgende projek is net voor die aanvang van die volgende kwartaal.


NUUS • NEWS

5

4 Februarie 2015

Landbouers kan só help krag bespaar Elke boer kan kragbesparings instel om meer waarde vir sy energierande te kry – sonder om sy boerdery se doeltreffendheid in te boet. Elektriese motors: Sestig persent van SuidAfrika se elektrisiteit word deur elektriese motors verbruik. ‘n Motor wat minder gulsig en boonop flukser is, kan’n beduidende besparing kan meebring. Eskom se Energie-doeltreffende-motor-pro gram betaal subsidies aan boere wat hulle ou kragvreter motors met nuwe, meer doel-treffende motors vervang. Meer inligting oor dié aanbod kan op www.eskom.co.za/dsm verkry word, of skakel 011 800 4744. Besproeiing: Baie elektrisiteit kan bespaar word as die verhouding tussen die pompgrootte, pypdikte en sproeiergrootte reg is om die beste resultate met die minste weerstand te bereik. Praat met jou besproeiingspesialis. Lekkende pype kos die boer ook ’n groot klomp elektrisiteit vir pompkoste aan water wat nutteloos in die grond versink. Koelkamers: ’n Goed geïsoleerde koelkamer wat volgens die vervaardiger se voorskrifte gepak word, sodat lug tussen die produkte kan beweeg en wat net oopgemaak word wanneer dit regtig nodig is, kan die boer baie elektrisiteit bespaar en sommer ook sy produkte se lewe verleng. Melkportale: Die piek elektrisiteit-verbruiktye is tussen 07:00 en 10:00 en weer tussen 18:00 en 21:00. As jy jou melkmasjien net nadat gemelk is met koue water spoel en die volledige wassiklus buite piektyd volg, kan dit tot meer gelykmatige elektrisiteitsverbruik meehelp en jou elektrisiteitsrekening verlaag. Ysbankstelsels vir melk kan ook buite piekverbruiktye verkoel word. Voermeulens: Dis redelik maklik om ’n voermeule se werk so te beplan dat die harde werk buite piekverbruiktye gedoen word. Piek-tye kan vir skoonmaak en onderhoud gebruik word. Droërs: Met beplanning kan droërs minder elektrisiteit gebruik deur die verhittingselemente en selfs die waaiers vir kort tye af te skakel sonder om die produk of die droogproses te benadeel. Sorg ook dat die droër se lugkanale oral goed verseël is. Dierebehuising: As dierebehuising van die

begin af reg opgerig is, benodig dit heelwat minder energie vir temperatuurbeheer. Behoorlike dak-isolasie verseker ’n koel omgewing regdeur die jaar. ’n Dak wat silwer geverf is, weerkaats ook warmte van die struktuur af wat die koste van temperatuurbeheer verminder. Dierebehuising se lang mure moet noord en suid kyk en die kort mure oos en wes. Dit help om van die warmte wat deur die dag in die behuising opbou ontslae te raak. Onthou, as jy natuurlike ventilasie wil gebruik, moet die gebou nie breër as twaalf meter wees nie. Wind trek nie ordentlik deur ’n gebou wat breër as dit is nie. Kweekhuise: Dubbel-geïsoleerde kweekhuise behou warmte baie doeltreffender en bring dus ’n welkome energiebesparing mee. Alternatiewe energiebronne: Vir noodtoestande is die beste alternatiewe-energiebron ’n kragopwekker wat met diesel of petrol werk, maar daar is ook ander bronne van alternatiewe energie wat die boer op die plaas kan inspan. As daar ’n goeie hoeveelheid mis op die plaas geproduseer word, kan ’n biogas-installasie ingespan word om warmte en elektrisiteit te produseer. Een hoenderhen produseer 55kg mis per jaar en een ton hoendermis kan 130 m3 biogas maak waarmee aangepaste diesel- of petrolenjins aangedryf kan word. Agterna is die gebruikte mis boonop voortreflike bemesting. Vir meer inligting oor biogaskrag, skakel Biogas-power by 086 124 6427. Sonpanele kan ook elektrisiteit verskaf om water te pomp en om batterye te laai vir beligting of ander laeverbruiktoepassings. Sonkrag kan verder gebruik word om water te verhit. Daar is hoogs doeltreffende, duur sonwaterverwarmers, maar met swart politeenpyp op ’n dak kan ’n mens ook ver kom. Windenergie kan ook gebruik word om batterye te laai en waar water sterk vloei kan wateropwekking ingespan word. Volgens Eskom se kenners is die antwoord gewoonlik ’n dubbelstelsel waar ’n alternatiewe energiebron of bronne gebruik word om die gewone elektrisiteitsvoorsiening aan te vul. Vir meer inligting oor doeltreffende energiebenutting, besoek www.eskom.co.za/dsm.

Afrigtingskliniek: Die

Hoërskool Swartland op Malmesbury het hul jaarlikse atletiek-afrigtingskliniek aangebied en kenners se kundigheid ingewin. Links kyk Llewellyn Wahl hoogspring afrigter dat Steph Zeelie die regte houding het as hy oor die dwarslat spring.

Hengel:

Chris van der Westhuizen van Laerskool Dirkie Uys en lid van die Weskus o.16-span, het aan die onlangse nasionale kampioenskappe vir rots- en strandhengel deelgeneem. Sy span eindig eerste, hy is individueel tweede en ontvang ook die medalje vir die mees uitsonderlike vangs vir die dag. Om alles te kroon, is Chris as lid van die SA o.16 Protea-span gekies.

Seedlings:

Darling College's is proud of their very first Pre-Primary class, called the Darling College Seedlings. Teacher Esther Maritz and assistant Carla van Bo is looking forward to teach a full class of 15 seedlings in 2015.

Moorreesburg SAPD soek nuwe lede Die Moorreesburg het vyf poste vir intreevlakkonstabels beskikbaar. Aansoekers moet bereid wees om ‘n 24-maande basiese polisie ontwikkelingsprogram te ondergaan en om enige plek in die Republiek van Suid-Afrika diens te verrig. Hulle moet ‘n Suid-Afrikaanse burger wees met SA identiteitsdokument en ‘n matrieksertifikaat. Aansoekers moet ten minste 18 jaar en onder dertig 30 jaar wees. Voorkeur sal gegee word aan persone met ten minste ‘n kode 8-rybewys.

Belangstellendes moet geen vorige kriminêle oortredings en/of hangende kriminele-, siviele– of dissiplinêre oortredings hê nie. Applikante moet voldoen aan die liggaamsgewig- en lengtevereistes. Vir mans nie korter as 1,6 m en vroue nie korter as 1,55m. Maagomtrek is minder as 102cm vir mans en 88 cm vir vroue. Aansoekvorms is slegs beskikbaar by die SAPD Moorreesburg menslike hulpbronkantoor, Maandag tot Vrydag, kantoorure 07:30 tot 16:00.


NUUS • NEWS

6

Meer as ‘n eeu se lief en leed herdenk Die Groot Griep, Twee Wêreldoorloë, die Groot Depressie, Elvis Presley, Marilyn Monroe, Suid-Afrika se nuwe demokrasie en die eeuwenteling: dit alles het mev Francis Liebenberg van Porterville in haar leeftyd meegemaak. Tannie Francis is die oudste inwoner op Porterville en het op 26 Januarie 102 jaar oud geword. Sy woon die afgelope jare in Huis Nerina. Haar seun, André, het dié courant ‘n bietjie meer vertel van die besondere vrou. Sy is gebore en getoë op Porterville: ‘n plaasmeisie in murg en been. Gebore op die plaas Excelsior is sy met ‘n boer, Hendrik Liebenberg, getroud. Hy het op die plaas Middelrug geboer. In 1939 verhuis hulle na die plaas Goedehoop buite Eendekuil en hier word hul enigste kind, André, in 1941 gebore. “My pa het haar reeds dertig jaar gelede ontval, maar ma is nooit weer getroud nie. “Sy het tot in haar negentigs in haar eie huis op Eendekuil gewoon,” vertel André en voeg by dat hulle net gesorg het vir etes wat sy net kon opwarm.

“Maar kos was nooit vir haar belangrik nie. Sy sê dit is hoekom sy so oud geword het: sy eet om te leef, sy leef nie om te eet nie. “Moenie ‘n fout maak nie, sy geniet ‘n lekker bord kos – sy ken net haar perke.” André beskryf sy ma as iemand wat graag gesels en met ‘n skerp humorsin. “Pa was baie stil en hy kon somtyds heel moedeloos raak as ek en sy so die heeldag met mekaar kan aangaan en stry.” Tannie Francis het ses maande gelede nog sonder ‘n kierie gestap, maar nadat sy geval en ‘n heupvervanging moes kry, is sy nou tot ‘n rolstoel aangewese. “Haar gedagtes is deesdae kort, maar die humor bly.” Onlangs het sy hom nie geken toe hy haar besoek nie. Die suster vra toe ewe of sy weet wie hy is. Haar antwoord: “Hoekom wil jy weet, jy is dan getroud!” Dit is nie moeilik om te sien hoekom mense so lief is vir hierdie vrou en haar so graag bederf nie. Sy mag deesdae meestal lê, maar daar is gereeld besoekers en mense wat wil weet hoe dit met haar gaan.

4 Februarie 2015

Swartlandse skole Links: Colin Cleophas van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg seil oor die dwarslat van die o.17-hoogspring.

Regs: Anuschka Odendaal van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg het die o.19hamergooi-rekord verbreek.

Spertye vir redaksie en foto's is Maandag 15:00. Stuur jou inligting na redaksie@diecourant.co.za.

Anika Smit (o.13) van PHS neem deel aan die verspring-item vir haar ouderdomsgroep.

Janke van Schalkwyk (O.14) van PHS het nuwe rekords opgestel in die verspring en 200m naelloop vir haar ouderdomsgroep.


NUUS • NEWS

7

4 Februarie 2015

kook op die atletiekbaan

Dagboek • Calender

Rekord: Henko de Beer het

Donderdag 'n rekord in die seuns 17-diskus opgestel by Hoërskool Porterville se huis-byeenkoms. Hy het die bestaande rekord van 41.60m na 49.78m verbeter.

Musical Wine Tasting

5 February - HofstraatKelder - MyrtledenePlaas, Malmesbury and Darling Music Experience. Musical Wine Tasting: Rockstar winemaker meets jazz giant; AdiBadenhorst, one of the leading lights of the Swartland Independents will present the wines, Mac McKenzie, iconic guitarist the music. The one born into wine the other into music. Tickets R 100 - R180 (does not include meals where applicable). For bookings call Innes on 079 445 9703 or e-mail:darlingmusicexperience@gmail.com.

Petro Janse van Rensburg gooi die gewig in die meisies o.14-item.

Bridgetown Somer Driekamp

7 Februarie – DriekampnabyMoorreesburg: 800m rivierswem, 18km bergfietsry en 4km draf. Neem individueel of in spanne deel. Die middag is daar Super Sprint-spanaflos. Spanne van drie neem deel aan 300m swem, 8km bergfietsry en 2km hardloop. Navrae: www.bridgetri.co.za of kontak Petra/Matt op Bridgetown@gmail.com of 076 794 6917.

Die Dorings AJV

8 Februarie -Die Dorings Rugbyklub sa eerste algemene jaarvergadering is om 15:00 by die speelskool in Alffastraat. Alle spelers, voornemende spelers,lede asook belangstellendes welkom Vroue-komiteelede moet ook teenwoordig wees. Navrae: skakel voorsitter by 073 937 0785.Agendapunte vooraf aan voorsitter.

Piketberg Council Meeting

10 February - 11:00, Council Chambers, Municipal Offices .

Lewe, Landskap&Gedaante

Bo: Elroy van Harte van die Hoërskool Swartland op Malmesbury jubel oor sy oorwinning in dié skool se interkleure-atletiekbyeenkoms. Links: Yamkela Nondabula strek om so ver as moontlik in die sandput te beland. Foto's: Ané Fourie

Sien nog atletiek-foto's op ons Facebook-blad.

tot 15 Februarie – ‘n Tentoonstelling van onlangse skilderye deur Nicolaas Maritz by die Maritz Ateljee-gallery, Nemesiastr 5 op Darling. Slegs per afspraak: 022 492 3202, 078 419 7093 of e-pos maritzstudio@telkomsa. net.

Malmesbury Voortrekkers

11 Februarie – Waatlemoenfees en toutrek. Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejong@ swartland.org.za) of Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com).

Buite-ekspo

13 – 15 Februarie - Môreson Plaas (N7) Malmesbury. www.ekspo.co.za

Darling sewestoernooi

14 Februarie – Darling Rugbyklub bied die toernooi aan. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Januarie. Belangstellende klubs kan Benito van Bo kontak by 078 599 4174 om in te skryf of vir enige navrae.

VLV Malmesbury

18 Februarie - Malmesbury Gholfklubhuis om 09:30. Kom geniet ‘n koppie koffie/ tee en luister na ons spreker. Nie-lede is welkom @ R20. Louis Smith van Bio-Link gesels oor die produk en ADD/ADHD.

Ondersteuningsgroep

19 Februarie -Samekoms vir ouers wat kinders deur dood verloor het om 19:00 by NG Moederkerk Malmesbury se saal. Almal welkom. Kontak Magriet du Toit, 022 482 1550.

Malmesbury Voortrekkers 20-22 Februarie – Skuifknoop. Navrae: Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com).

Jazz on the Rocks 26 February - Paternoster. 021 591 5208

Music Picnic under the stars

27 February - Music in the moonlight at Darling Cellars, with Klassij and Meerkat Ensemble. Bring your own picnic basket and blanket. Cheese platters @ R70 and wine will be for sale. Time: 19:00. Entry: R20 pp (includes a glass of Darling Cellars wine).

MKB Swartland Half Marathon & 10km

28 Februarie - Gene Louw Sport Grounds, Moorreesburg Hanlie Rossouw: 081 579 0222

Malmesbury Voortrekkers

28 Februarie – Ouerbraai en vlotvaartbereiding (Verkenners). Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejong@swartland.org.za) .

Darling Cellars Annual Crush day

28 February - Picking, crushing, eating & drinking in the sun! Join them for a fun day: breakfast, picking & crushing your own grapes (with your very own wine & label to come 8-10 months later); label design competition and a traditional west coast lunch. Time 07:45 for 08:00. Booking essential. 022 492 2276 or www.darlingcellars.co.za.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 8 Februarie - past Piet Smit praat om 09:30 oor die Nuwe Hemel & Nuwe Aarde 2. Aanddiens om 18:30, gesinsdiens en vrugtefees. Navrae: 073 447 2902.

PPK Bethesda Malmesbury 8 Februarie - Past Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18.30. Sondagskool om 08:30. Biduur by kerk Woensdae om 19:30; Bybelskool oor Openbaring Donderdae om 19:30. Die kerk is weeksdae van 06:00 tot 07:30 oop vir gebed. Navrae: 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 1 Februarie - Diens om 10:00 by tennisklub, Parkstraat. Navrae: 083 722 7787. AGS Riebeek-Wes gemeente Woens 4 Februarie – biduur om 19:30; Sondag 8 Februarie erediens om 09:00. Almal is welkom. Pastoor Clinton Fredericks, 076 548 5471. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30

diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00).

Malmesbury Methodist Church of SA 2015 – St Thomas St Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service ; 08:30 Sunday School; Bible Studies Wednesdays. Hall to rent. Any inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498. AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie).


8

NUUS • NEWS

4 Februarie 2015


NUUS • NEWS 4 Februarie 2015

9


NUUS • NEWS

10

Somer is slaktyd Slakke het in groot getalle op Kalbaskraal toegesak. Hierdie is die gewone ou duineslakkie van die Weskus, het Renate du Plessis, superintendent parke en rekreasie vn Swartland Munisipaliteit, aan dié courant gesê. “Hulle is baie volop teen die see en kom wyd voor in ons tuine ook. Veral waar die grond baie sanderig is. Hulle klim in die somer so in groot getalle teen enigiets op - plante, padtekens, selfs telefoonpale. Ek is nie seker waarom hulle dit doen nie, dalk om die warm sand te ontsnap of om vog uit die miswolke op te vang?” Raad vir plaag is darem ook: George Retief van Malmesbury Kwekery en ‘n gereelde medewerker van dié courant sê vloeibare slakgif sal die beste werk - dit is Snailflo van Efekto (Jy spaar bietjie as jy dit in grootmaat koop, dit hang af van die hoeveelheid slakke). Foto links: Abraham Kotella

4 Februarie 2015

Jongboere kan nou inskryf vir gesogte kompetisie Dit is weer tyd om erkenning te gee aan WesKaapse jongboere wat met fokus, innovering en entrepreneursvernuf die landbousektor van die provinsie en die land die toekoms in neem. Agri Wes-Kaap is opgewonde om weer vanjaar saam met Santam Landbou ‘n Jongboer van die Jaar aan te wys wat deur toewyding en passie bydra tot die groeiende bevolking se behoefte aan voedselsekerheid. Die Wes-Kaapse wenner, wat in Mei aangekondig sal word, dring deur na die nasionale Toyota SA Agri SA Jongboer van die Jaar wat later vanjaar aangebied word. ‘n Splinternuwe Toyota-bakkie is onder meer vir die wenner op die spel. Agri Wes-Kaap gee ook vanjaar aan lede van die publiek die geleentheid om ‘n jongboer vir die kompetisie te nomineer. Enige produsent onder die ouderdom van 35 jaar mag aan die kompetisie deelneem en lede

van die publiek wat voel ‘n spesifieke produsent verdien erkenning, kan hom of haar vir die kompetisie nomineer. Skakel vir Johanne Rossouw by 021 860 3804 of johanne@awk.co.za om ‘n waardige kandidaat te nomineer. Jongboere word ook aangemoedig om vir die kompetisie in te skryf om hulle kundigheid, ervaring en visie vir die landbousektor te deel deur die wye mediadekking wat aan die provinsiale wenners gegee word. Agri Wes-Kaap weet sy jongboere is die beste van die beste en ons sien nes vorige jare uit na ‘n rekordgetal inskrywings. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Johanne Rossouw by 021 860 3804 of stuur e-pos aan johanne@awk.co.za. Inskrywings sluit op Vrydag 27 Februarie. Gaan "like" die Agri Wes-Kaap se Facebook-bladsy om op hoogte van die kompetisie en die finaliste te bly.

Enter the FAMSA GUTS LUCKY DRAW and stand a chance to win!

GUTS Get Us Together Soon!

FAMSA is passionate about families. We understand that in order to form and sustain healthy relationships with each other it is important for family members to spend time together.

Druif: Water-

The Get Us Together Soon Lucky Draw is the perfect opportunity for any family longing to be reunited with loved ones to do just that – to get together soon! t

1s E Z PRI

d

2n E Z PRI

tand-lekker hang die tafeldruiwe deesdae en wag om gepluk te word. Boere in die Riebeekvallei is baie tevrede met die oes: die druiwe is mooi, hoewel 'n bietjie lig omdat dit so warm is.

d

3r E Z PRI

Veilings om te onthou 5 Februarie: BKB Stanford Slagvee & Witgesig; speenkalfveiling; Paardeberg, Stanford; 11:00 – 17:00. Kontak: Japie van Wyk : 082 446 0781; Appie Maritz: 082 825 3895; Etienne Bűchner: 082 825 3893.

GET IN TOUCH TODAY AND FIND OUT HOW YOU CAN SUPPORT FAMSA WC. www.famsawc.org.za Telephone: (021) 447 7951

Enter the FAMSA GUTS LUCKY DRAW today and stand a chance to be one of the happy families to get together soon! Closing date: 30 April. VISIT www.famsawc.org.za TO ENTER ONLINE.

SPONSORS: FIREFLY ADVERTISING FAMSA 11277

9 Februarie: Skaap- & Beesveiling, Klapmuts Veilingskrale; 14:00-17:00. Kontak: Leon Strauss 082 899 0809 of Appie Maritz 082 825 3895.

hektaar van ongeveer 1 243.5 hektaar. Verdeel in ± 17 kampe met water in elke kamp. Huurtermyn neem in aanvang op 16 Februarie. Tenders: BKB-gebou, Cecilia Plein, Ceciliastraat 100, Paarl. Besigtig: per afspraak. Navrae: Willie van Rensburg 083 261 7641, Albie Loubser 082 573 990.

10 Februarie: Gouda Slagveeveiling, 10:00 tot 16:00. Navrae: William Immelman: 082 808 2668.

18 Februarie: Veiling van Calitzdorp besproeiingsplaas, Gedeeltes 2 en 13 van Rietfinteinplaas, 358ha. Veiling om 11:00 op plaas. Besigtig per afspraak. Navrae: Willie van Rens-burg 082 3261 7641, Albie Loubser 082 573 9902.

10 Februarie: 1ste Sentraal-Karoo Meatmaster Produksieveiling, Drie Susters.11:00 tot 16:00. Kontak: Corne Nel: 082 410 8898.

23 Februarie: Skaap- & Beesveiling. Klapmuts Veilingskrale, 14:00. Kontak: Leon Strauss: 082 899 0809, Appie Maritz: 082 825 3895.

13 Februarie: Tenders sluit om 12:00 vir verhuring van plaas Kluitjieskraal, Swellendam. 'n Goedgeleë plaas met ‘n totale bewerkbare

24 Februarie: Gouda Slagveeveiling, Gouda Veilingskrale, 10:00 - 14:00. Navrae: William Immelman 082 808 2668.


NUUS • NEWS

11

4 Februarie 2015

Riverlands kreun onder tamaai groente

Trots:

Cecil Jagers (regs) assm met sy seun, Stanton, en Rassie Mouton. In die agtergrond Waatlemoen, ui, pampoen, spinasie: welig groei die groente in die sandgrond van Riverlands. Dit is harde werk, want alles word met die hand gedoen – maar vir Cedric Jagers is dit sy lewensdroom wat hy graaf voor graaf sien waar word. “Ek word nooit moeg om in die grond te werk nie,” en hy kyk trots na die groot stuk aarde buite Riverlands wat hy onder groente het.” Hy werk by Bokomo op Atlantis en as hy saans teen sesuur by die huis kom, is dit dadelik grond toe. Soms werk hy tot halftwaalf met ligte om alles gedoen te kry. “Dit is my droom om voltyds te boer. Al wat ek nodig het, is ‘n bietje hulp met toerusting en opleiding.” Dié passie vir boerdery kom al drie geslagte aan. Niklaas vertel dat sy oupa, Jaobus Niklaas Jagers, baie jare gelede op die grond begin boer het. Sy pa, Jan, het die tradisie voortgesit. “My pa is oorlede toe ek net 12 jaar oud wees, maar toe het ek al geweet dit is wat ek die graagste in die lewe wil doen.”

Sy twee seuns, Stanton (15) en Tino (19) sit ook gereeld by. Tino beplan om landbou te gaan studeer, terwyl Stanton, ‘n leerder by Schoonspruit, se kop elektriese ingenieurswese toe staan. "Maar ek sal dit ook hier kan kom gebruik." Maar die liefde vir die grond loop dik in die familie se are. Jagers se broerskind, Rassie Mouton, is 'n sprekende voorbeeld hiervan. Hy mag net sewe jaar oud wees, maar hy groet ‘n mens met ‘n stewige handjie: “Ek is Rassie, ek gaan ‘n boer word.” Jagers het ‘n hele voorraad uie, pampoene, waatlemoene en konfytwaatlemoene wat nou reg is vir die mark. Sy vrou, Helena, verwerk baie van die groente, wat ook te koop is. “Vervoer is nog ‘n kopseer, maar mense is welkom om by my te kom koop. "Ek onderhandel op die oomblik met ‘n paar huiswinkels om my groente in hulle winkels te verkoop.” Enigeen wat kan help of navrae het, kan Jagers kontak by 071 825 3164 of e-pos janesta. jagers21@gmail.com.


12

NUUS • NEWS

4 Februarie 2015


NUUS • NEWS

13

4 Februarie 2015 Dienste Services

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za

#2000 ------------------------AANDAG!! CJ’s Vullis en bourommel verwydering asook skoonmaak van erwe. Skakel 071 274 4782. ------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. ------------------------ALLE TIPE BOUWERK – klein en groot, Nuwe huise, staalkonstruksie / store. Alle elektriese en loodgieterswerk en ook aanbouings. Skakel 078 044 5989 ------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. ------------------------NEW FREEZE VERKOELING. Ons werk radius 40km van Moorreesburg. Herstel yskaste, koelkamers,motor lugreeling,ysmakers verkoop en diens ook lugversorgers. Royalstraat 44 Moorreesburg. Tel: 022 433 3831 Sel: 082 343 4130-082 573 1589 ------------------------OP-N-GALLOP PERDRYKLUB (Malmesbury) bied plesierritte in groepe aan vir bedrewe ruiters en perdrylesse vir beginners. Kantoorure: 083 700 9494 ------------------------SKULD KONSOLIDASIE- Ons reël een bekostigbare paaiement. Swak krediet rekord en geswartlys welkom. 061 460 6669 / 021 910 4743

Regsdienste Legal Services REGSDIENSTE BEREDDINGS van boedels; Eise – beserings/ skade/ motorongelukke, en; huisoordragte. Skakel 083 438 9735 / 076 695 4006.

Te Huur To Let

Enkelwoonstel beskikbaar vir enkellopende man. Sobere gewoontes. Geen kansvatters. Beskikbaar vanaf 1 Feb 2015. Kontak 082 567 8929 ------------------------Huis te huur in Yzerfontein. Beskikbaar vanaf 1 Mei 2015. Kontak Hannalize Louw by 082 336 4975 ------------------------ROSE EIENDOMME - Te Huur: 1 Maart, 3 slpk, 2 badk, enkel motorhuis, klein erf R6 600 ,00 (Vergesig) - Bachelor Woonstel R2 200,00. Luzanne Rose 082 603 5245 ------------------------TITUS EIENDOMME. Nuwe 3 Slaapkamer huis @R680 000. En Nuut: R850 000 – Netjiese 3 Slpk huis in beste area. Oopplan, sitkamer, eetkamer,kombuis met ingeboude stoof/ oond, kassies, 1½ badk, braaikamer, dubbel motorhuis met waskamer en buite toilet. Ge-elektrifiseerde motorhuis deure asook hek. Netjies omhein en plavei in gevestigde tuin. Kontak Alvina 082 780 1380 ------------------------TOP EIENDOMME 250m2 stoor te huur vir R6000 per maand in die industriële area van Malmesbury. Koopkrag en veilig, Kontak 022 487 3818/7

Te Koop For Sale

TE KOOP 2 Sitplek TV bank – soos nuut. Prys onderhandelbaar. Kontak 082 809 2787 ------------------------“Gerkins” te koop. 10kg sak @ R95,00. Kontak Louise Mouton by 021 864 1003 ------------------------ROLSTOEL –

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. ------------------------AFGETREDE dame soek werk as ontvangsdame of administratiewe beampte in Malmesbury, Riebeek Wes/Kasteel of op Darling. Ook baie gemaklik om met of tussen mense te werk. Kontakbesonderhede: jckfr06@gmail.com -------------------------

‘n Wisking Folding Power Chair Lite rolstoel, so goed soos nuut. R30 000 onderhandelbaar. Skakel 076 701 0896 of 022 931 2450

Voertuie Vehicles

Jeep Grand Cherokee 2004, ML 2.7D, 170000km. Prys R99 900. Kontak Elnika 072 670 6061 ------------------------DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkie & motors welkom. -------------------------

Betrekkings Vacancies

Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960. ------------------------SPEEDY MALMESBURY. Exhaust fitters DRINGEND gesoek. Met goeie verwysings en lang diensjare. Kontak 082 370 9521 / 022 482 1373/4

Algemeen General

VERLORE PAPEGAAI in Malmesbury/ Moorreesburg/ Hopefield omgewing. Beloning. Kontak Nerina 073 203 4797 -------------------------

Kontak ons gerus om hier te adverteer,

022 487 3221


NUUS • NEWS

14

4 Februarie 2015

Bridgetown Kalbaskraal kraai koning by sewes Summer Duikslag: Triathlon

'n Pragdrie deur Wesbank by Saterdag se OK Minimark Sewestoernooi. In die eersteliga-kompetisie het Kalbaskraal koning gekraai, terwyl Kuilsrivier Saterdag met die groot trofee weggestap het. Wesbank, die gasheerklub, het 21-19 teen Kuilsrivier verloor. Een van sy spelers Rodney Jonkers het Saterdag sy enkel gebreek en sal geruime tyd buite aksie wees. Foto's: David Howburg

The Bridgetown Summer Triathlon will take place on Saturday near Moorreesburg. This off-road triathlon will be a river swim, mountain bike and trail running experience. It is hosted on a farm along the Berg River, and includes 800m swim, 18km mountain biking and 4km run. You can enter as individual or a team (one discipline per team member). In the afternoon there will a new concept race: the Super Sprint Team Relay. Teams of three will take part in 300m swim, 8km mtb and 2km run. Each team member will need to complete the full super triathlon in succession for the team to finish the race. Juniors (12-18 years) can enter as individuals or teams. The event is organized by WP Triathlon in association with TRIBE-TRI: Western Province triathlon youth development programme. For more information: www.bridgetri. co.za or contact Petra/Matt on bridgetownAgmail.com or 076 794 6917. You can also enter on the website.

Kontak ons by 022 487 3221 met enige sportuitslae Sportuitslae

Links: Never Despair het die balbesit, met die manne van Korrektiewe Dienste wat van alle kante naderstorm. Regs: Dit wil gedoen wees! Links onder: Never Despair laat loop met die bal, met Darling wat hulle agterna sit.

Sports results

Atletiek CPM-rekords 60m: m/ 7 -Cassidy Syster; Gewigstoot: S.10 -Hendré de Kock; Gewigstoot: M.11 -Dezré Goosen; Gewigstoot: S.12 -Michael Budd; 1200m: S.10 -Daniël Oosthuizen. Hoërskool Swartland Daar is nege rekords opgestel by die Interkleure-atletiek: Ester van der Merwe M.19 3000m stap 16.55.95s; Thando Magingxa S.19 5000m stap 24.31.08s; Sisanda Mndayi M.17 Gewigstoot 10.42m; Lizel van der Merwe M.14 300m Hekkies 52.97s; Jana Relihan M.14 800m 2.22.25; Mikayla Ritter M.14 Gewigstoot 9.33m; Lizel van der Merwe M.90m Hekkies 16.60s; Ansune Smit M.14 Spiesgooi 27.46m Jana Relihan M.14 400m 1.05.07s. Gholf Malmesbury Swartland Kelder Vrydag Sundowner 30/1 Enkel Stableford Frans Destroo 21; Divan Robertson 20; Brian de Beer 20; Jacobus Snyder 19; Jacob Goosen 19; Petro Bosch 19; Kwas du Toit 19. Enkel Stableford 31/1 Johann Spangenberg 43; Adriaan Louw 40; Steyn Neethling 40; Desmon November 37; Peter Frebuarie 37; Lionel Vice; Paul Hardcastle 37. Tourtrek Hoërskool Swartland Simon van der Stel byeenkoms: HSS Meisies 480kg 1ste plek; Seuns 600kg 3de plek; Gemengde groep 520kg A-span 1ste plek, B-span 2de plek. Krieket Malmesbury Malmesbury II het twee weke terug met 112 lopies teen Franschhoek afgereken. Dewald van der Spuy behaal die meeste lopies met 25.

Regs onder: Abbotsdale soek uitkomkans.

Malmesbury Rolbal onoorwonne Die Malmesbury rolbalspan is na drie wedstryde steeds onoorwonne, hoewel hulle die afgelope Saterdag swaar gekry het teen die voorlopers in die liga, Edgemead, op dié se tuisperk. Voor die aanvang van die wedstryd was Malmesbury tweede op die punteleer, 3,5 punte agter Edgemead. Die span van Terry Shimmin, Ron Sheridan, Robin Deyzel en Dave Walker wen albei hulle stelle van 9 skofte, naamlik 8-6 en 12-2, en verdien die maksimum 6 punte. Louis Swart, Peter Hall, Gielie van Niekerk en Martin Louw het deurgaans ‘n taai stryd gevoer, en wen die eerste stel 9-6, maar verloor 4-9 in die tweede. Hulle wen egter die ontkno-

pingskof, en verdien 3 punte. Roux Vermeulen, Daniël Griebenauw, Gert Adams en Altus Myburgh word behoorlik afgestof in die eerste stel en verloor 3-17. In die tweede stel gaan dit beter, maar hulle buig steeds die knie met 5-7. Die wedstryd eindig dus gelykop met 9 elk. Op 24 Januarie het Malmesbury tuis ‘n harde wedstryd beleef om uiteindelik te wen teen Atlantic Green Point met 10-8. Terry Shimmin, Ron Sheridan, Dave Walker en Ivan Dicks wen die eerste stel 11-9, verloor die tweede 9-10, en wen die ontknopingskof vir 4 punte uit die moontlike 6. Louis Swart, Peter Hall, Martin Louw en Robin Deyzel wen 9-8 en verloor 3-19 na die wiele

uitslae geborg deur

Liebenberg:

Liebenberg Primêr se atlete het geskitter by die onlangse sone-byeenkoms. Regs is die groep wat goud verwerf het. Die span het 17 goue, 12 silwer en 11 bronsmedaljes verower.

afval in die tweede stel, en verdien slegs 2 punte. Daniël Griebenauw, Altus Myburgh, Gert Adams en Koos Muller verloor 5-7 en wen 11-7 in die tweede stel, asook die ontknopingskof vir 4 punte. Die volgende drie wedstryde is almal tuis, en Roux Vermeulen, die kaptein, hoop dat die span sy goeie posisie op die punteleer kan konsolideer en die tuisvoordeel benut. Diegene wat belangstel in rolbal kan gerus die wedstryde kom bywoon en die span aanmoedig. Intussen het die ledetal verder gegroei met nog ‘n nuwe lid, en daar is aanduidings van nog belangstellendes. Kontak Altus Myburgh by 076 667 4305.


Buite-ekspo • 13-15 Februarie NUUS • NEWS 4 Februarie 2015

15

Program • Program • Program • Program • Program Vrydag - 13 Februarie

11:00 - 18:00: Dagbesoekers welkom, uitstallers en kosstalletjies doen besigheid en aktiwiteite aktief. 11:00 -18:00: Radio Tygerberg vermaak. 11:00 -18:00: Safari 4 x 4-roetes (André de Villiers) hindernisritte. 11:00 -18:00: Veldrenritte 18:00 -19:00: Namchar Snoek-en-patat-ete 18:00 -18:45: Riaan Grobler in die Arena 19:00 -19:30: Amptelike kykNET Buite Ekspo opening deur minister Ivan Meyer, Minister van Finansies (Wes-Kaap) 19:30 - 21:15: Desmond Wells en sy orkes in die arena

Saterdag - 14 Februarie

10:00 - 18:00: Helikopter-ritte 09h00 - 18h00: 4x4 Pret-uitdagings 09h00 - 18h00: Veldrenritte 09h00 - 18h00: Safari 4 x 4 Roetes 09:30 - 10:15: Lollos 6 Lalaland! 10:00 -13h00: Jimmys Steakhouse Sauce Celeb Potjiekos-kompetisie met kykNET 'celebs' Nadia Beukes, Neels van Jaarsveld, André Venter en Chef Tommy (Vaatjie) in die arena 10:30 -11:15: Amoré in die arena 11:30 -12:15: Nadia Louw in die arena 12:30 -12:45: ATKV Rieldansers in die arena 13:00 -13:45: Karen Fereira in die arena 14:00 -14:45: Rinel Day in die arena 15:00 -15:45: Chereé in die arena 16:00 -16:15: ATKV Rieldansers in die arena 16:30 -17:15: Wynand Windpomp in die arena 17:30 -18:15: Rinel Day in die arena 18:30 -19:15: Manie Jackson in die arena 19h30 - 20h15: David Fourie in die Arena 20h30 - 21h15: Manie Jackson in die Arena

Sondag - 15 Februarie

09:00 -15:00 Dagbesoekers welkom, uitstallers en kos stalletjies doen besigheid en aktiwiteite aktief. 09:00 -15:00: Veldrenritte. 09:00 -15:00: Safari 4 x 4-roetes 09:00 -15:00: Helikopter-ritte. 09:00 -15:00: 4x4 Pret Uitdaging. 09:30 -10:30: Lofprysing saam met ds Frederich Claassen van NG Moedergemeente Swartlard in die arena 10:45-11:15: Nadia Louw in die arena 11:30 -12:15: David Fourie in die arena 12:30 -13:15: Manie Jackson in die arena 13:30 -14:00: Rinel Day in die arena 14:15 -15:00: Amoré in die Arena 15:00 Die kykNET Buite Ekspo eindig—sien almal weer in 2016!

Besoek ook • ...die talle buitelewe uitstallers! • Deli - en kunsmarktente, • Tiaan en Mynhardt in Makietietent • Wyntuin • Kindervermaak • Eventful Parties Pretpark en

kom spring op kykNET se GROOT Blou / Geel Stoel. Alle tye van aktiwiteite is by benadering en finale aankondigings sal op terrein gemaak word deur die dag om presiese plekke en tye te bevestig.


courant

NUUS • NEWS

4 Februarie 2015

SPORT

dié

16

tel 022 487 3221

4 Februarie 2015

Rekord op geleende fiets en parmantige nuwe Adam

As kind het hy elke dag saam met 'n vriend na die plaaslike tegniese skool in Falkenaweg getrap. Waarskynlik híér waar dié jong seun sy liefde vir die trapsport ontwikkel het. Hy het ernstig begin oefen en op 16 ingeskryf vir sy eerste wedren en verspot-maklik gewen. Wel, daarna het dinge vinnig gebeur en was daar aan die blits geen keer. Kort voor lank was dié jongeling die provinsiale kampioen en voor hy sy oë kon uitvee was hy ook twee agtereenvolgende jare die kampioen van Friesland. In 1964 het hy sy 70ste sege op die fiets gevier toe hy die Nederlandse titel verower het. Daarmee het Tiemen Groen op 18 sy nuwelingskoene opgehang en as amateur begin jaag. Hy het hom op enkelagtervolging toegespits en 'n enkele week later in die nasionale wedren gejaag. Hier het hy aangetree op 'n geleende fiets en sommer in die eerste rondte van dié 4kmnommer op teenoorgestelde kante van die baan teen die verdedigende kampioen Eef Dolman begin trap. Die res is geskiedenis. Groen het die nasionale titel verower en sy kaartjie bespreek vir sy eerste internasionale deelname by die wêreldkampioenskap in die Parc des Princes in Parys. In Friesland het dit gegons oor dié jong baanfietsrysensasie en ondersteuners het in busse opgeruk na Parys om hul ster te ondersteun. Steeds op 'n geleende fiets en weer het die jeugdige Groen ondersteuners nie teleurgestel nie en die wêreldtitel verower.

met vyfgang-handratkas) en die Adam JAM en Adam GLAM (nuwe 1.0 liter turbo-aangejaagde Ecoflex driesilinder enjin en sesgang-handratkas). Die driedeur-buks bied 'n handvol en nóg meer om van te kies om jou smaak te vervolmaak. Standaard is die groot raakskerm-bluetoothversoenbare klankstelsel en kontroles op die moderne stuurwiel, spoedbeheer, aanboordrekenaar, chroominlegsels op die instrumentepaneel en platvouagtersitplekke. Dan is daar opsies soos: panoramiese sondak, tweekleur-buiteafwerking, groter vellings, 'n unieke 64 Starz LED-sterrehemelopsie, sportiewe stilering, kleurkodering in die

Hy het voortgestorm en in 1965 en 1966 in onderskeidelik San Sebastián en Frankfurt sy titel suksesvol verdedig (in Frankfurt die wêreldrekord tot 4:50.2 verbeter). Die daaropvolgende jaar (1967) het dié kampioen (1,85m in sy sokkies) beroepsjaer geword en in Amsterdam wéér die titel (dié keer oor 5km) gebuit. Groen het egter kort daarna sy fietsrystewels opgehang - met vier wêreldtitels agter sy naam. Vandag woon Groen op Malmesbury en op 68 is hy steeds 'n kranige fietsry-geesdriftige en is fietsry-ontwikkeling vir hom 'n passie. Hy woon ook jaarliks die wêreld se oudste baanfietsrybeenkoms, Paarl Boxing Day, by. Ons het vandeesweek bietjie gaan rondrits saam met 'n ander Europeër. Dié keer was dit die splinternuwe Duitsvervaardigde Adam.

En, net soos die kampioen van ouds, wen Adam ook ondersteuners so ver as hy gaan. Selfvertroue en 'n sieks-pêk. Breë skouers met 'n nommerpas-nommer kan maklik die etiket om Adam se nek wees. Opel het hom na die maatskappy se stigter, Adam Opel, vernoem. Woorde soos vars, stylvol, luuks, tegnologie, pret, indrukwekkend, koppedraaier, gemak, op-winding en modern duik op as jy oor Adam wil gesels. Dié nuwe-generasie Opel spog met 'n omvattende lys geriefs- en veiligheidstoerusting wat dikwels in veel duurder modelle eers beskikbaar is. Die reeks bestaan uit drie nuwerwetse modelle - Adam, Adam Jam en Adam Glam. Twee petrolenjins om van te kies: Opel Adam (die intreevlak-model - 1,4 liter ECOTEC vier-silindereenheid

binneruim wat sitplekke, stuurwielleer en paneelbord insluit, verpersoonlikte truspieëls, syspieëls, vellingafwerking, nege "funky" verfkleure en aluminium sportpedale. 'n Moderne "Intellilink Infotainment" is vooraf gelaai met etlike toepasssings vir ten volle geïntegreerde slimfoonverbinding en navigasie. Parkeerhulp, outomatiese ligte en ruitveërs is ook 'n opsie. En die rygerief? Wel, die lae swaartepunt laat Adam behoorlik sit in die draaie en met die hoogteverstelbare sitplek en stuur en die standaard-opsie om die stuur vir stadsverkeer aan te pas, maak dit een groot plesier. Die Opel Adam kos R189 900 by Perdeberg Motors. Adam is nommerpas vir jou. Al beteken dit jy máák hom nommerpas (want jy kan). Adam is "funky". Adam maak 'n "statement". Wil jy?

OPEL ADAM 1.4 vanaf

R189 900*

ADAM IS HIER... en dit sal alles verander

PERDEBERG MOTORS Bokomoweg 24, Malmesbury • Tel: 022 482 1158

Hoe sal jy jou houding en styl opsom? Wat dryf jou? Wys die wêreld - maak seker jou ADAM pas by jou! 1 kar, 1 000 moontlikhede.

SITRUS MOTORS

Voortrekkerweg 37, Citrusdal • Tel: 022 921 2121

Om meer uit te vind, bel of besoek ons vandag!

PIKETBERG MOTORS Langstraat 53, Piketberg • Tel: 022 913 1113

84272 ADMAKERS.COM

Die nuwe OPEL ADAM

*Padgereedheids- en Registrasiefooie Uitgesluit. Bepalings en Voorwaardes geld. Vertoonmodel/le mag verskil. Behoudens foute en weglatings. Alle aanbiedinge onderhewig aan finansiële goedkeuring. Beskikbaarheid van bybehore en opsionele modifikasies work vasgestel deur die gekose model.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.