courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
6 Mei 2015
Bergrivier
swartland en weskus
dié
1
Uitgawe 319
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Die Riebeekvallei het die afgelope naweek weer gasheer gespeel vir die jaarlikse Olyffees, toe duisende besoekers na die vallei gestroom het om saam met olywe, wyn, kos en musiek te kuier. 'n Skakelbeampte, Darielle Robertson, het gister aan dié courant gesê volgens die vroeë aanduidings is tussen 8 000 en 9000 toegangskaartjies aan besoekers ouer as 13 verkoop. Dit sluit jong kinders en besoekers aan nie-betaalde punte uit. Hier geniet Henk Willmot, Lize Nel, Jessika Steyn, Carli Nel (voor), Sonette Labuschagne, Anneme van Rensburg, Tiaan Breytenbach en Karla Smit van die produkte uit die vallei.
Olyffees lok weer 1000'e
• Piketbergers help met wêreld se grootste teleskoop
Bou ‘n reus
Suid-Afrika en Australië gebou word. Die projek se hoofkantoor is in Manchester, Engeland, en die SuidAfrikaanse SKA-hoofkantoor is in Pinelands. Charl en Jean werk saam by EMSS Antennas in Stellenbosch se Technopark. Albei het elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Teleskoop: Charl van Niekerk en Jean Kotzé voor ‘n Sweedse te- Stellenbosch studeer. Charl leskoop by Onsala naby Gothenburg. Foto's: SKA South Africa is ‘n sagteware ingenieur en Jean ‘n projekbestuurder. Twee oud-Piketbergers is deel van ‘n opwinEMSS Antennas het ‘n wêreldklas radioseindende projek om die wêreld se grootste radio- ontvanger vir die MeerKAT-projek gebou en teleskoop te bou. hierdie ontvanger word nou ook ingespan in die Charl van Niekerk en Jean Kotzé is betrokke SKA1 projek. by die SKA1 (Square Kilometre Array) projek Charl werk meerendeels op die sagteware - die eerste fase van ‘n internasionale astrono- van die MeerKAT-projek, wat tans in produksie mie ingenieursprojek wat die wêreld se grootste is en waar 64 skottels op Carnarvon gebou word. radio teleskoop vanaf 2018 tot 2023 gaan bou. Jean en die EMSS-span werk op die SKA1Hulle het pas van Swede teruggekeer waar projek saam met akademici en ingenieurs van hulle saam met ander spanlede in Gothenburgh Swede, Portugal, Spanje, Kanada, Italië en China gewerk het aan die gedetailleerde ontwerpe van om die ontwerpe van die SKA1-ontvangers te hul ontvanger. hanteer. Die projek het elf lidlande wat saamwerk in Met hul onlangse besoek aan Swede het verskeie konsortiums wat verskillende dele van hulle aan die gedetailleerde ontwerpe van hul dié teleskoop ontwerp. Die teleskope gaan in ontvanger gewerk. Hulle het ook deelgeneem
aan suksesvolle vergaderings met Chalmers Universiteit, asook Sweedse maatskappye wat komponente vervaardig, naamlik Omnisys en Low Noise Factory. Die projekleiers het intussen bevestig dat daar van 2018 op Carnarvon 133 van hierdie nuwe SKA1-skottels gebou gaan word vir die SKA1-MID-teleskoop. Hierdie skottels gaan in 2022 met die MeerKAT-skottels geïntegreer word. Op die oomblik werk hulle verder aan die projek met doelwitte om ontwerpe teen die einde van 2015 te doen en dan ‘n prototipe skottel teen einde van 2016 te voltooi.
Bo: Die MeerKAT Antenna.
NUUS • NEWS
6 Mei 2015
NUUS • NEWS
2
• rugby stoom voort
6 Mei 2015
Groot derby Saterdag
Sakekamer: Die nuwe bestuur van die Malmesbury Sakekamer is Erik Louw (voor-
sitter), Wessel Badenhorst (gemeenskap), Izélle Garcia (bemarking), Odette Boshoff (ondervoorsitter en munisipaliteit) en Patrys Bester (addisionele lid). Agter is Manny de Fontes (gemeenskap), Johan van Zyl (tesourier) en Theo Kleynhans (gemeenskap). Werner Schreiber (landbou), Margot Kemp (sekretaresse/bemarking) en Rudolf Knoetzen (landbou/bemarking) is afwesig.
Die Swartland Groep en sy filiale, het ‘n bewese rekord wat oor drie generasies strek. Soos ons stigter, glo ons dat ons sukses grootliks toegeskryf is aan ons voortgesette inisiatief, innoverende mense en onwrikbare spangees. Ons is weereens besig om uit te brei en met die fokus op ware vaardigheidsverryking, beoog ons tans om die volgende posisie te vul:
TEKENAAR
Swartland Boudienste, Moorreesburg In hierdie rol sal jy verantwoordelik wees om al die tegniese tekeninge te standaardiseer. Minimum vereistes: • Graad 12 (met goeie syfervaardigheid) met ’n tersiêre kwalifikasie (in Industriële Ontwerp of Meganiese Ingenieurswese) • vaardigheid in die gebruik van MS Office (veral Excel en Word) en Autocad Inventor • kennis van beginsels vir teken asook toleransies sal tot jou voordeel wees. In ruil vir jou bydrae bied ons ’n markverwante salaris op die totale-koste-van-indiensname-beginsel gebaseer • ’n bonus op meriete gebaseer • lidmaatskap van ’n mediese en pensioenfonds. Sou jy aan bogenoemde vereistes voldoen, stuur asseblief jou volledige CV na: personeel@swartland.co.za met duidelike vermelding van die posisie waarvoor aansoek gedoen word, kennisgewingsperiode, huidige salaris asook verwagte salaris. Sluitingsdatum: 15 Mei 2015 Indien jy nie binne 30 dae na die sluitingsdatum van ons verneem nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. 122962
Saterdag is dit weer derby-tyd wanneer Malmesbury rugbyklub en die Dorings mekaar pak in ‘n ligawedstryd van Boland Rugby-unie. Die wedstryd vind op die Alfa-sportgronde se C-veld plaas. Hierdie twee spanne speel jaarliks vir die Druiwetros Derby wissel-trofee. Dorings was die wenners in 2012 en 2013, terwyl Bloues verlede jaar gewen het. • In ’n wedstryd van twee uiterste helftes het die span van Wesbank die afgelope Saterdag die knoop deurgehaak deur die span van Darling op hul tuisveld met ‘n telling van 35-18 af te stof. Wesbank kon in die eerste helfte net nie aan die gang kom nie. Hul spel was los en die strukture kon net nie in plek val nie. Darling daarenteen het munt geslaan uit die onbeholpenheid van hul opponente en het in die 15de minuut eerste punte op die telbord gekry met 'n strafskop pale toe. Nie lank daarna nie slaag Wesbank se losskakel ook met 'n strafskop wat die telling gelykop maak. As gevolg van hanteerfoute, swak oordeel, asook swak taktiese skoppe en strafskoppe wat soms nie die kantlyn haal nie deur Wesbank, begin Darling die oorhand kry en word beloon met twee drieë. Wesbank slaag egter ook met 'n goeie drie wat die rustydtelling op 18-10 in Darling se guns te staan bring. Met die aanbreek van die tweede helfte was dit duidelik dat daar tydens rustyd hard gepraat is in die kamp van Wesbank. Daar was duidelik meer dringendheid in hul spelpatroon en het hul al hoe meer begin lyk na ‘n span wat die wedstryd wou wen. Wesbank het feitlik die grootste gedeelte van die tweede helfte gebiedsvoordeel geniet en het
geboer in Darling se halfgebied. Die span is dienooreenkomstig beloon met drie verdere drieë waarvan die kaptein, Emgee Fredericks, self twee gedruk het. Die skoppe pale toe was ook meer akkuraat. Darling daarenteen kon in die tweede helfte nie ‘n enkele punt aanteken nie en wen Wesbank die wedstyd met ‘n bonuspunt. Wesbank se derde span wen eweneens hul wedstryd teen Darling, terwyl Darling se tweede span met ‘n telling van 7-3 seëvier. Volgende Saterdag ontvang Wesbank besoek die span van St Helenabaai en sal graag wil voortbou op hul sukses tot dusver. – Isak Adams
BO: Die span van Coronations van Kalbaskraal in aksie op die veld. Foto: Abraham Kotella
Sakekamer en munisipaliteit vergader Die Malmesbury Sakekamer se ledevergadering vir Mei word Dinsdagaand in die Malmesbury Stadsaal aangebied. Die Swartland Munisipaliteit is die gasheer van die aand en wil terugvoering gee rakende die persepsie-opname wat hulle van stapel gestuur het. John Lawson sal ook gesels oor Local Economic Development Matuarity Assessment. Dié vergadering is altyd 'n hoogtepunt op die
kalender, aangesien die gemeenskap hier kans kry om eerstehandse inligting vanaf die munisipaliteit te ontvang oor aspekte wat hulle direk raak. Die vergadering begin om 19:30. Voorafbesprekings moet teen Vrydag 15:30 by Toinette Niemann by Bester en Vennote (tel 022 482 1060) gedoen word. Kaartjies beloop R100 per persoon vir lede en R140 vir nie-lede.
Derby: Klasie Pieters (voorsitter van Do-
rings) en Henfré Brand (voorsitter van Bloues) met die trofee wat Saterdag op die spel is.
NUUS • NEWS
3
6 Mei 2015
Bou jou huwelik Wat is die rol van die man en die vrou in die huwelik? Dit en ander kwessies rondom die huwelik kom op Saterdag 16 Mei onder die loep in die PPK Malmesbury se huweliksbou-dag. Die seminaar word deur pastoor Pierre Hoffman gelei. Hy sal ook praat oor die tale van liefde en kommunikasie. Die dag begin om 09:00 by die kerk in St Thomasstraat. Kaartjies is R160 per paar, by past Kobus du Plessis, 083 722 7787.
Planttyd:
Die stofwolke rys uit die aarde van die landerye van die Swartland soos dit omgeploeg word en voorberei word vir planttyd. Net buite Moorreesburg was landbouers druk besig.
• Al 70 jaar tot diens
Drie geslagte in oë Die belangstelling in oë kom reeds drie geslagte aan en in dr Keith Phillips het dit ‘n gewillige student gevind. “Ek het maar grootgeword in dié wêreld,” het hy aan die courant vertel. “As kind het ek saam met my pa vergaderings bygewoon en van my vroegste herinneringe is hoe ek Oupa gehelp het met takies.” Sy oupa, Clive Phillips, het het in 1945 Lunds Apteek op Malmesbury gekoop. Dit was destyds langs die Teekan, waar Standard Bank se outoteller vandag is. Later het dit verskuif na die perseel waar Kontreispens vandag is en nog later na die Waltons-perseel. “Oupa was ‘n groot gees op die dorp. Hy was ‘n stigterslid van die gholfklub en die rolbalklub is na hom vernoem.” In 1967 het hy die apteek aan Geard verkoop en net ‘n hokkie binne-in behou vir sy praktyk. Hy is in 1972 oorlede en Keith se pa het toe oorgeneem. “Niks was meer dieselfde nadat die wet ingekom het wat bepaal dat ‘n oogkundige praktyk nie binne ‘n apteek bedryf kan word nie. Pa het ‘n tak in Milnerton geopen en tussen die twee praktyke gereis. Ons het op Bloubergstrand grootgeword. “In 1967 is my ma oorlede en Pa het toe half afgetree. Hy het vir hom ‘n seiljag gekoop en is onder meer Australië toe daarmee!" Keith het in 1984 Malmesbury toe getrek en die praktyk oorgeneem. Sy vrou, Louise, is saam met hom in die besigheid. Sy is ‘n optikus (dispensing optician) en ook praktykbestuurder. Dr Phillips, self ‘n diabeet, het ‘n besondere belangstelling in die oogsorg van diabete. Hy is nou besig met sy doktorsgraad in dié rigting. Hy meen oogprobleme het nie deur die jare toegeneem nie, “Dit is net dat die tegnologie al meer gevorderd raak. Ons weet net soveel meer van siektes soos gloukoom en katarakte.”
Dr Keith Phillips met sy personeel. Links is sy vrou, Louise en regs Elana Gunter (ontvangsdame). Agter is Cathy Bonthuys (optikus - dispensing optician) en Shaheem Kasu (optiese tegnikus). Iets wat ook baie verander het, is raamstyle. “Dit het nou ‘n modegier geword: daar is mense wat bereid is om te betaal vir ontwerpersrame. “Ook kontaklense het geweldig ontwikkel. Vandag is daar multivokale lense beskikbaar, en natuurlik ook in ‘n verskeidenheid kleure.” Dr Phillips meen mense is nalatig: “Mense sal honderde rande aan hul naels en hare of selfone bestee, maar hulle laat na om die oogkundige elke twee jaar te besoek.” Hy sê daar is twee belangrike mylpale vir kinders as dit kom by oogtoetse: die eerste is op die punt waar die kind skoolgereed is. “Die kind is dan nog jonk genoeg om die probleem op te los en ‘n vinnige verwysing te doen.” Die tweede belangrike besoek is op ouderdom tien. “Dan is die oog klaar gevorm en kan ons ‘n voorspelling maak oor moontlike toekomstige behoeftes." Dr Phillips se passie vir mense en die oogkunde is duidelik: “As ek weer moes kies, sou ek weer hier geëindig het. Ek het ‘n honneurs-graad in LO en het drie weke onderwys gegee voordat ek vir pa gesê het ek wil in sy voetspore volg.” Maar hier gaan dit waarskynlik stop: “wetgewing maak dit al moeiliker om te oorleef op die mediese terrein. My kinders is gelukkig al vier in ander beroepe.”
courant
dié
4
NUUS • NEWS
6 Mei 2015
2015 Riebeek Olyffees in beeld
Positief is 'n keuse
Positiwiteit is 'n glimlag ver. Jou ingesteldheid kan nou wel nie die noodlot verander nie, maar dit het 'n direkte invloed op die manier hoe jy 'n situasie sien en hanteer en wat jy daarmee doen. Juis hierom is dit 'n riem onder die hart om te sien hoe positief jongmense, jong landbouers, oor ons land en hul beroep is. As jy nie passievol is oor 'n projek wat jy aanpak nie, gaan jy nie suksesvol wees nie. Moenie sien hoe hoog die berg is wat jy moet klim nie - as jy eers bo-op is, sal jy sien hoe klein dit in werklikheid is. Swartlanders van oral maak ons trots om van hierdie wêreld te wees. Twee van ons landbouers is finaliste vir die "Jongboer van die Jaar"-kompetisie. Ander is weer besig om te bou aan 'n groot reus van 'n teleskoop. Glad nie sleg nie! Hulle ingesteldheid is deurslaggewend in hul sukses. Hulle is lewenslustig, opgewonde en lief vir dit wat hulle doen en pak dit als met oorgawe aan. Ons hoef nie na kenners oor die water of in die groot stede te kyk vir raad en insig nie. Hier, op eie bodem, is van ons eie mense wat meer weet. Wat meer ingelig is. Wat die beter opsie is om te raadpleeg. Hierdie week staan ons almal in verwondering oor wat ons as Swartlanders kan bemagtig met ons positiewe ingesteldheid.
By die Riebeek-Kelder het daar oudergewoonte weer 'n feestelike atmosfeer geheers.
Die gewilde groot potte is nou al sinoniem met Pulpit Rock se feesvieringe by elke jaar se Riebeekvallei Olyffees.
BO: Feesgangers kuier met musiek by Olive Boutique. LINKS: Miwette en Hugo Basson van Annex Kloof het feesgangers hul top-wyne by Short Street laat proe. REGS: Bekende komediant Nico Nel het by Bar Bar Blacksheep gekuier.
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Die Gees van die Here is op My Nadat Jesus gedoop is en vol van die Heilige Gees van die Jordaan teruggekom het, is Hy deur die Gees die woestyn ingelei, waar Hy deur die duiwel versoek is. Toe die duiwel elke versoeking beëindig het, het hy ‘n tyd lank van Jesus gewyk. Jesus het in die krag van die Heilige Gees na Galilea teruggekeer, daar het ‘n gerug aangaande Jesus in die omtrek uitgegaan. Jesus het in Nasaret grootgeword en met die terugkeer daarheen is Hy op die sabbatdag na die sinagoge. Daar het Hy opgestaan om te lees. Die boek van die profeet Jesaja is aan Hom gegee. Toe Jesus die boek oopmaak, het Hy die plek gekry waar geskryf is: "die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy was gestuur om die wat verbryseld van hart was te genees. "Om die aangename jaar van die Here aan te kondig." Jesus het nadat Hy die boek toegemaak het gesê, dat hierdie Skrif vandag in hulle ore vervul is. Die profeet Jesaja het tussen ses- en sewehonderd jaar voor Christus geleef, toe hierdie woorde, deur die Heilige Gees geïnspireerd, neergeskryf is. Dit is dieselfde Heilige Gees wat ons met Pinkster herdenk en wat vir ons uitgestort is.
BO VAN LINKS: Die feesgangers by Kloovenburg met sy markatmosfeer. 'n Rustige kuier in die wingerd by Het Vlock Casteel. Gelukkige pryswenners vier dit by Riebeek-Kelder. LINKS: Nelda van Zyl van Org de Rac skink 'n glasie by Allesverloren. MIDDEL REGS: Bertus Bester, Juanita en Danie Malan in ligte luim by Allesverloren FCV. LINKS: By die jaarlikse kunsuitstalling in die NG Kerk Riebeek-Kasteel se kerksaal was Louwena (links agter) en Radie Brand.
NUUS • NEWS
5
6 Mei 2015
Finalis: Jongboer van die Jaar
PW glo landbou het blink toekoms
Vir dertig kilometer kronkel die pad teen die Dassieklip-pas buite Porterville uit en daar op die plato, duisend meter bo seespieël, is PW Steinberg se plek van drome: Dreammaker Fruits. Hier boer hy met bessies – bloubessies, swartbessies en frambose. Hy is een van min produsente in die land met ervaring in die bloubessiebedryf en het al nege seisoene agter die blad. Die plaas, Zuurvlakte, behoort aan buitelanders. Die meerderheids-aandeelhouer, Steven Taylor, het die grond in 2002 gekoop. Die ander aandeelhouer is van Nederland. W het in 2006 daar begin werk, nadat hy eers by Du Toit Boerdery en De Keur Landgoed ‘n draai gemaak het. Dit mag idillies lyk om so oor die omgewing uit te troon, maar dit bring ook uitdagings mee: ryp is een van die groot kwessies wat aangespreek moet word. “Ons het windmasjiene en gebruik ook hitte om in die nag die temperatuur in die boorde te probeer verhoog,” vertel PW
Die boorde is onder besproeiing, maar in die wintermaande is water nie ‘n probleem nie: die plaas kry sowat 1,2 tot 1,5m reën – meer as dubbel die gemiddeld vir die omgewing onder die berg. Op die oomblik is daar 6 hektaar swartbessies, sowat 1,2 ha frambose en 70 ha bloubessies. Die aanvanklike boommateriaal is uit die VSA ingevoer, met ‘n kwarantynstasie op die plaas. “Vandag het ons produsentegroep ‘n kwekery op Stellenbosch, wat dit heelwat makliker maak.” Tot 90% van die vrugte word uitgevoer, met ‘n gedeelte wat na plaaslike supermarkte toe gaan. PW het in die omgewing van Carolina grootgeword, waar sy pa met graan en vee geboer het. Hy het Maties toe gekom om landbou te studeer en hier het die vrugtebedryf hom verder gelok. PW het ‘n passie vir die landbou: “Ek glo daar is ‘n goeie toekoms vir die landboubedryf.” Hy glo daar is ‘n blink toekoms vir jong boere met die nodige ervaring en ywer. “Dit lyk asof daar minder jong boere toetree tot die bedryf. Só, die wat bly, gaan ‘n baie belangrike rol in die bedryf speel. En die toekoms vorentoe: “Ek sal uiteindelik teruggaan noorde toe. Ons dorpe in Limpopo, Vrystaat en ander provinsies loop leeg, want die jongmense gaan nie meer terug plase toe nie. Dit maak dat dorpe in sekere gebiede agteruit gaan.”
Gesinsman:
PW saam met sy gesin. Sy vrou, Adrie, is die bestuurder van die aangrensende Groot Winterhoek Natuurreservaat, Die egpaar het twee kinders: Lienke (4) en SW (2).
Afgeleë: Steinberg sê dit is ‘n uitda-
ging om werkers te kry om so ver van die dorp af te werk. “Die meeste van die voltydse mense wat hier werk, is op die plaas gebore.” Hy het sowat 75 permanente werkers, met 330 seisoenwerkers wat van Oktober tot Mei in die piektyd bykom.
NUUS • NEWS
6
6 Mei 2015
Zuurvlakte: Die jong bessieboompies word met skadunet beskerm. Regs bo is PW Steinberg met sy jongste spruit, die 2-jarige SW, op die skouers, Regs is hy saam met sy gesin, vrou Adrie, SW en Lienke (4).
Ontmoet die ander finaliste...
Tihan is die bestuurder op die plaas Windmeul buite Swellendam. Hy het die afgelope vyf jaar baie aandag aan die plaas se graanvertakking gegee en het die koring- en garsproduksie met
Dawie van Deventer: Montagu
Dawie boer op die plaas Little Oaks by Mon-
verwerkingskapasiteit vergroot. Sy toekomsvisie is om hom nie deur beperkte hulpbronne soos water te laat onder kry nie. “Ek wil soveel as moontlik produseer om waarde toe te voeg tot voordeel van almal wat van die eindproduk afhanklik is,” het hy gesê. Dawie sê jongboere het ‘n enorme verantwoordelikheid teenoor die groeiende ekonomie wat volgehou moet word. “Ons het ook uitdagings soos voedselsekerheid, werksgeleenthede en hervorming wat ons die hoof moet bied. Omdat ek so na aan die natuur is en daarmee werk, is ek dankbaar vir die voorreg om te kan boer.”
Carl van der Merwe: Ceres Koue Bokkeveld
Carl boer met appels en pere op die Boplaas Landgoed in die Ceres Koue Bokkeveld. Die boerdery het die afgelope drie jaar deurlopend gegroei en Carl se visie is om hierdie groei in die toekoms voort te sit. “Ons wil nie net in hektare nie, maar ook in produksie groei deur nóg nouer met die natuur saam te werk en die natuur nóg beter te benut,” sê hy. Carl sê hy is gelukkig om al sewe jaar saam met sy pa te kan boer. “Hy leer my nog daagliks en gee my ongelooflike goeie blootstelling. Dus ontvang ek elke dag nege voorgeslagte se ervaring en kennis,” sê hy. Volgens Carl speel landbou ‘n reuserol in die ekonomie en spreek dit alle fasette, soos byvoorbeeld werkloosheid, aan. “Jongboere wat ten spyte van die vele uitdagings steeds kans sien om te boer, moet die sektor en al sy fasette laat voortbestaan.”
branding | gstudio.co.za
Tihan le Roux: Swellendam
tagu met perskes, appelkose, pere, druiwe en pampoen. Die droog van perskes en appelkose is die vlagskip van sy onderneming. Hy het in die afgelope vyf jaar onproduktiewe blokke met meer produktiewe gewasse vervang en kultivars aangeplant wat hy self kan verwerk om meer en sterker markte te ontgin. Hiervoor het hy ook meer gemeganiseer en sy
ERST
EUN ONS P LAA
S
G
AFRIKUAID ANS roe i W at
J y k a n M e et
ERE KE BO
www.atlanticfertilisers.co.za
ND
SLI
Geluk aan PW Steinberg met jou nominasie as Jongboer Finalis van die jaar, Wes-Kaap!
O
Die ander Wes-Kaap-finaliste is:
40% verhoog. Hy het ook baie welslae met kanola behaal en was in 2013 die Kanolaboer van die Jaar. Daar is ook ‘n skaap- en beesvertakking op die plaas. Tihan se toekomsvisie is om ten spyte van probleme steeds volhoubaar en winsgewend binne elke vertakking te kan boer. “Ek wil graag beter vaar in my skaapvertakking en dink daar is nog baie potensiaal vir verbetering. Ek wil ook steeds my alles vir die graanvertakking gee.” Volgens Tihan speel jongboere ‘n baie groot rol in vandag se landboubedryf. “Ons is die skakel tussen die ou en die nuwe wat praktyke, bemarking en tegnologie betref. Ons kan sodoende volhoubaar vir die nageslag boer.”
ONS
Die vyf jongboere wat dit gaan uitspook om die titel as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Wes-Kaap Jongboer van die Jaar, is deur ‘n beoordelingspaneel van kundiges binne die landbousektor aangewys. Die provinsiale wenner sal op 27 Mei tydens ‘n galageleentheid in Durbanville aangewys word en sal die Wes-Kaap in die nasionale Agri SA Toyota Jongboer van die Jaar kompetisie verteenwoordig.
NUUS • NEWS
7
6 Mei 2015
Finalis: Jongboer van die Jaar
Windheuwel:
Links bo is Gert in die aartappelmoer-stoor. Links stap hy en sy dogtertjie, Mia (5) deur 'n land en regs gaan hy een van die masjiene na. Bo is Gert se pa, Koot, tussen die koringlande.
Claassens positief oor boerdery Landbou is op ‘n interessante kurwe. Daar is af-tye en dan weer op, maar dit het die blinkste toekoms van alle bedrywe. Só sê Gert Claassen, een van vyf jong boere wat dit gaan uitspook om die titel as Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Wes-Kaap Jongboer van die Jaar. “Wêreldkommoditeite se pryse is laag en die kosteknyptang maak dit moeilik vir boere,” het hy aan dié courant gesê tydens ‘n besoek aan hom op sy plaas, Windheuwel, tussen Malmesbury en Moorreesburg.
“Dit veroorsaak dat landbouers self moet planne maak. Deregulering beteken dat boere nou getoets word. “As jy negatief is, klim uit die landbou,” is sy onomwonde mening. “Almal raak met tye negatief – maar met ‘n negatiewe persepsie kan boerdery baie lank word.” Claassens sê ‘n mens moet probleme as uitdagings sien wat geleenthede bied. Hy sê jong boere is die wortels van die landboubedryf. “Ons moet die bedryf anker en seker maak dat die nuwe loofgroei sterk
vrugte dra. As die jaar moeilik draai, is dit die plante sonder wortels wat eerste draai.” Gert se pa, Koot, het amper drie jaar gelede die groot skuif gemaak om hul grond in Mpumalanga te verkoop en Wes-Kaap toe te trek. “Dit het groot waagmoed geneem van ‘n groot man,” gee hy sy pa die eer. Hy vertel dat mynbou en ook die geweld op plase die skuif logies gemaak het. Gert het grootgeword op Delmas. Hy het op Tukkies landbou studeer en
NUUS • NEWS
8
6 Mei 2015
Claassens:
Links is Gertert en sy vrou, Jean-Marie, en hulle kinders, Mia (5) en JJ (word 3). Bo is hy in die aartappel-stoor.
in 2003 by sy pa aangesluit. Sy pa het hom van onderaf laat begin tot hy uiteindelik nou die boerdery bestuur. “Pa hou nog ‘n wakende ogie en gee raad, maar hy meng nie in.” Boere se benadering in die Wes-Kaap is baie anders as waaraan hy gewoond is. “Die wyse van werk is ander – genoodsaak deur omstandighede. Ek het myself 1000 dae gegee: dit is ‘n lang proses en daar is nie tyd nie.” Gert het 2750 hektaar onder graan: koring, kanola en gars. Hy het ook 200ha aartappels vir aartappelmoer-produksie:15% onder besproeiing en die res droëland. Die uitbreiding na aartappels maak sin as hy vertel dat hulle 30 jaar se ondervinding in dié bedryf het. "Dit is seker riskant, maar dit is logies as jy dink aan die geld, tyd en beplanning wat ons bestee het."
Daar is 100 druiwe (droëland) en 15 ha onderstokke. Tweehonderd stuks speenkalwers hou die vleie netjies en produktief. Claassens beoog om dié getal te verdubbel. Die nuwe projek waarmee hy besig is, is sitrusvrugte, maar hieroor wil hy nog nie die aap uit die mou laat nie. Gert se toekomsvisie is duidelik: “Omskep uitdagings in geleenthede, byt vas en bly positief. “Ek het nie die behoefte om ‘n mega-boer te wees nie. Ek wil dit saam met my gesin geniet.” Hy en sy vrou, Jean-Marie is tien jaar getroud en het kinders: Mia (5) en JJ (word 3). Dié knaap is ‘n gebore landbouer en `boer' klaar elke dag saam met oupa Koot.
woordig.
• Die provinsiale wenner sal op 27 Mei aangewys word en sal die Wes-Kaap in die nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie verteen-
Tel: (022) 723 1413 / Faks: (022) 723 1458 Sel: 083 258 5083 E-pos: info@turnerland.co.za / Webtuiste: www.turnerland.co.za
Hartlik geluk aan Gert Claassen met die benoeming as Jongboer van die Jaar, Weskaap. Dankie vir die waarde wat u toevoeg tot die Swartland en die voorreg wat Turnerland het om u verskaffer te wees van top aartappeltoerusting.
NUUS • NEWS
9
6 Mei 2015
Bedrywig:
Gert boer op die plaas Windheuwel buite Malmesbury met onder meer koring, gars, kanola, druiwe en grootvee. Die plaas het ook ‘n aartappelmoerproduksie-eenheid. Hy vertel dat die landbou tegnologies al meer gevorder word. Hy wag nou vir die aflewering van 'n 6-ry Turnerland aartappelplanter: dit weeg sowat 15 ton en is waarskynlik die grootste in Afrika.
"
As jy negatief is, klim uit die landbou.
"
NUUS • NEWS
10
Dagboek • Calender
Tertdeegkursus 7 Mei - Tertdeegkursus met Kokkedoor se Theresa de Vries op Piketberg. Leer om die verskillende deeg te maak en te gebruik by Die Bergkaros (Kardoesie). Bespreking noodsaaklik. Kostes beloop R330 per persoon. Kontak 071 659 4275. Onderststeuningsgroep 7 Mei: Ondersteunigsgroep vir ouers wat kinders verloor het, vergader om 15:00 aan huis van mev D Potgieter, Wandelstraat 33, Malmesbury. Spreker: Lizette Murray. Kontak mev M du Toit, 022 482 1550. St Thomas celebrates 40 years 8 May - The Anglican community of Malmesbury celebrates 40 years of consecrated ministry in Wesbank. A Thanksgiving Mass will be offered at 19:00. Piketberg Museum 8 Mei - Bewaar en Bestuur die Wes-Kaapse erfenis, 10:00 by Piketberg Museum. Die spreker is Jenna Levin, assistent-direkteur bewaring. Toegang gratis. Piekniekdans 9 Mei - St Michaels Kerk Abbotsdale hou ‘n piekniekdans in Malmesbury stadsaal. All Sounds Band, R60 per kaartjie. Kontak Ewerd Syster, 083 604 2011. Kaartjies by komiteelede. Darling Museum Open Day 16 May – 10:00 -14:00: International Museum Day celebrations at Darling Museum. Traditional Crafters at Work: Local crafters showcase their talents in a variety of old-fashioned crafts such as quilting, crochet, spinning and weaving, butter making, calligraphy, bookmaking, pewter work, woodturning, beading, San crafts, mosaic, traditional archery. Car Boot Sale: All kinds of interesting items for sale in the parking area opposite the museum. Tea Garden: Bring the family for a treat in the tea garden. Historical Walk: Collect a map at the Museum and enjoy a ramble around the historic old Darling to view its architectural heritage. Free entrance to the museum on this day.For more information phone 022 492 3361 or e-mail info@ darlingtourism.co.za. Interkerklike biduur 11 Mei: Begin om 19:30 by St Thomas, Wesbank. Malmesbury Museum vier Museumdag 21 Mei - Vier Internasionale Museumdag om 18:00. Kom luister na twee kundiges op die gebied van oorlogsmedaljes (medalje-konsultant vir City Coins, Johan Louw) en munte – onder meer Krugermunte en skeepswrakmunte (munthandelaar: City Coins, Robert Mitchell). Bring oupagrootjie se medalje of daardie geërfde munt saam as u meer daaroor wil uitvind. Bespreek by 022 482 2332 of 082 961 6181. Kaartjies @ R50/persoon – sluit glasie wyn en ligte verversings in.
Amarider 100 Miler 23 May -The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia.co.za or contact 021 884 4752. Wine Auction 23 May – Darling College Wine Auction. Christelle van der Vyver, wine@grootepost.co.za. Hengelkompetisie 30 Mei - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. MTB Challenge 30 May - Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein.co.za www. wolwefontein.co.za Sopdans 30 Mei - Swartland Voortrekkers hou 'n dans in Malmesbury stadsaal, 19:00 vir 19:30. Musiek deur Christo en Morne. Kaartjies R100 pp (kinders welkom: hoërskool R80, ander gratis). Sluit aandete in van gebakte brood & konfyt, wintersop en warm nagereg. Bring eie drank en glase. Kaartjies is beperk: bespreek by Lize Signs, Hugenootstraat. Quadbike Rally 6 June - Hopefield HDB Security Quadbike Rally. 022 723 0040. Swartbergsvlei 6 June - Darling: Swartbergsvlei Vintage Plough Day 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za. Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549. Swartland Skou Damesdag 10 September - Die Swartland Skou op Moorreesburg se jaarlikse Damesdag vind om 09:00 plaas op die skougronde. Vertonings deur Dowwe Dolla en Jay. Kaartjies beloop R300 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Besoek www.computicket. com of skakel 0861 915 8000. Fietstrap vir Kansa 27 Junie – ‘n Groep tieners onder leiding van Gielie Vermeulen gaan sowat 45km fiets trap om geld in te samel vir Kansa. Skakel Gielie by 076 545 3675. Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-e-pos word. vir plasing.
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 10 Mei - Moedersdagdiens 09:30. Om 18:30 praat pastoor Piet Smit oor `Stem van God'. Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 10 Mei - Pastoor Kobus du Plessis preek om 10:00 en om 18.30. Spesiale Moedersdagdiens. 083 722 7787. Pinkster 2015 18 - 22 Mei – 09:30 by Aandskemering Ouetehuis. Die prediker is ds Johann Nel. Die tema: God! Is Hy… 18 Mei - Kenbaar?; 19 Mei - Betroubaar?; 20 Mei - Manipulerend?; 21 Mei – Gevaarlik?; 22 Mei - Wat is Sy doel met my? Die ontvangskantoor vir die tydsduur van dienste (09:30 tot 10:30) onbeman. Shofar Malmesbury 10 Mei - om 09:30 in Hoërskool Swartland skoolsaal. De Waal Esterhuizen bring die boodskap. Kontak die kantoor vir meer inligting hieroor by 022 482 4640. Dynamic Love Fellowship Dienste hervat op 24 Mei om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae, 08:00 – 14:00).
Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, Aanbidding Donderdae 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel, 074 277 1439. Vir ander navrae, skakel pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: kantoor: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498.
Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service. Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Thomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@ gmail.com of past Ken Pattison by 083 498 2990.
6 Mei 2015
NUUS • NEWS
11
6 Mei 2015 Dienste Services
AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.
www.fvwykdiesel.co.za #2000/6
------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001/6
------------------------F.N.C: Skoonmaak van matte asook sitkamerstelle @ R170.00 p/kamer. Kontak Neil 060 448 8802. #2015/2
------------------------FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2024/1
------------------------MELIETA’S KITCHEN 082 589 1785 / 082 492 4485– Souten soet platters, muffin en skon platters, kaaskoeke, terte, grootkoeke. Geleentheidskoeke en kosse vir enige geleentheid. Besoek www. melieta’skitchen. co.za.
NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003/6
------------------------UITHAAL en verwydering van bye asook heuning te koop. Kontak Kobus du Plessis – 083 722 7787 #2069
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/6
Te Huur To Let
Ruim 3-slaapkamer woonstel in Malmesbury te huur vanaf 1 Junie 2015 teen R4320,00 per maand. Skakel mev Dawson by 022 482 1101 vir aansoekvorm. #2067
------------------------BESIGHEIDSPERSEEL beskikbaar in middel van Moorreesburg depot/batchelor flat/ kantoor. Beskikbaar 1 Januarie 2016. Kontak 084 444 3840
Te Koop For Sale
GROENBONE te koop. Riebeek- Kasteel. R60 vir 6 kg. Kontak 082 523 9804
#2053/3
------------------------OPREGTE boerboelhondjies te koop. Gebore 16/03/2015. Geënt en ontwurm. Kontak 078 894 5534 #2070
Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom. #2006/6 ------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960. #2007/6
Betrekking Vacancy
BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/6
-------------------------
# 2068
-------------------------
#2058/1
-------------------------
Skakel ons gerus by 022 487 3221
courant
NUUS • NEWS
6 Mei 2015
SPORT
dié
12
tel 022 487 3221
6 Mei 2015
Sportuitslae Sports results HDU-kampioene:
Die top-netbalskole in die Wes-Boland en Noordwes-Boland het aan ‘n kompetisie deelgeneem om die top-skool in die Weskus aan te wys. Die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg se o.19A-span het die kompetisie gewen en neem nou op 6 Junie aan die Wes-Kaap Top-skolekompetisie deel. Dirkie Uys het vir Vredendal met 33 – 21, vir Porterville met 34 – 17 en vir Augsburg met 42 – 20 gewen. Hoërskool Dirkie Uys se o.14A- en o.16A-span het albei tweede in hierdie kompetisie geeïndig. Voor is Sydney Crow, Johanna Skippers en Marné Bester. Middel: Herlouise Skippers, Anja Bester en Thana Kitshoff. Agter: Janine Heynse, Jaclyn Engelbrecht, Anushka Odendaal en Carla Bester.
Fietsryers:
Twee fietsryers van Malmesbury, Elishia Drotschie en Elzet van Jaarsveld, het derde geëindig in die vroue span-afdeling van die onlangse Gravel and Grape drie-dag Bergfiets-uitdaging. Hulle het as ‘n span deelgeneem, geborg deur Atlantic Fertilisers - dit was ook die naam van die span. Elishia het aan dié courant vertel dit was drie rowwe dae op die fietse, veral die tweede dag. “Van die mense wat al ander roetes gedoen het, het beaam dat dit een van die ergste en tegniese roetes was wat hulle nog gedoen het. Ons het oor die drie dae net oor die 200km gery en meer as 3400m se klimme gedoen in die berge rondom die Goudini spa, wat die resies-dorpie vir die drie dae was." Haar man, Kobus, en sy neef, Gerhard Groenewald van Worcester (onder), het ook deelgeneem as ‘n span met die naam Two Cousins.” Hulle het onder die top-30 mans-spanne geëindig.
Drieë fees: Koringberg se rugbyspanne het Saterdag behoorlik die vloer gevee met
Broodkraal: die eerste span wen 114-11 en die tweede span 38-0. Die eerste span se wedstryd was ‘n eenrigting-kragmeting met Koringberg wat die drieë ingeryg het. Koringberg se driedrukkers was Edwayne van Wyk (4), Elzin Alexander, Elton van Wyk, Winston-Lee van Wyk, Jandre de Wee (2), Jan Barends, Morne Klaaste, Eugene Markus, Zirk Kapiro, Christopher Parsens, Darren Bonn, Gawie Skippers, Marlon Willemse en Rolan Thomas. Morne Klaaste en Marlon Willemse het elk ses doelskoppe oorgeskop.
Gholf Malmesbury Woensdag Sundowner - 29 April Enkel Stableford Piet Kemp 19, Danie Rust 19, Hein Stephan 17, Appie vd Merwe 17. Vrydag 01 Mei - Beterbal Houespel P Willemse & H Pietersen 61, P Pienaar & P Februarie 64, D Prins & E Janse van Rensburg 65, K Oosthuizen & A Balie 65, A vd Merwe & J Goosen 65. Saterdag 02 Mei - Enkel Stableford M van Vuuren 36, N Smith 36, W Mathyson 36, J de Beer 35, A Ackerman 35. Moorreesburg Sanlam Kankerdag - 2 Mei Mans – Afd A: T Genade 39, N Lategan 36, C Smit 36. Afdeling B: M Wiese 38, H De Kock 38, H Joubert 38. Afdeling C: A Theron 37, C Kriel 34, H April 34. Vroue - Afdeling A: E van Niekerk 32. Afdeling C: M Linder 34. Skolesport Hoërskool Dirkie Uys t Augsburg Landbouskool Netbal o.14A wen 29-8; o.14B wen 14-6; o.16A wen 25-14o.16B wen 17-7; o.16C wen 24-10; o.16D wen 12-10; o.16E wen 22-3; o.19A wen 34-21; o.19B wen 21-12; o.19C wen 15-9; o.19D verl 1-11 o.19E wen 6-2. Rugby o.15 wen 14-0; o.16 verl 19-38; o.19 A wen 10-7 o.19B verl 0-25. Boland Rugbydag Vrydag 1 Mei: o.19A wen 30- 3 t Esselenpark.
SA Champ: Peter King from Darling won the South African Orienteering Sprint Championships held at the University of the Western Cape on 1st May. He also won the Western Cape Orienteering Championships held in the Hawequas Forest near Paarl in the medium distance on 2nd May and in the long distance held on 3rd May. He ran in the 70 to 79 year old age group. He has also won numerous South African and Western Cape Titles in various age groups over the past 18 years. Orienteering is an off road running sport where you need to find selected points in a forest using only a map and a compass. The person who finds the prescribed control points in the correct order and in the fastest time is the winner.
Netbal: Weskus se A- en B-spanne het op Mosselbaai aan die Wes-Kaap provinsiale
toernooi deelgeneem. Dag 1: A span wen Cape Metro B 32-28; A span verloor t Cape Winelands B 18-26. Dag 2: A span verloor t Cape Metro A 30-39; A span verloor t Cape Winelands A 20-66. Dag 3: A span wen t Eden 38-30. Dag 1: B span wen Cape Metro B2 39-12; B span verloor t Cape Metro B1 20-38; Dag 2 B span wen t Overberg B1 42-23; B span wen t Overberg B2 38-24; Dag 3 B span wen Eden 29-22. Letizia Shepherd en Amuarita Lamprecht is in die Wes-Kaap spanne wat vanjaar na die SA's toe gaan.
215
Windhoek Draught Cans 24 x 440ml
26
Casa de Ouro Graça White or Rosé 750ml Each
R
189
24
90
Sedgwick’s Old Brown 750ml
89
79
R
R
KWV 3-Year-Old Brandy 750ml
Russian Bear Vodka 750ml
99
R
Hunter’s Dry and Gold Non-returnable Bottles or Cans 24 x 330ml Per Case
Black & White Whisky 750ml
PRICES VALID 7 - 10 MAY 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY, CERES AND WILLOWBRIDGE STORES
Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
90
OUT OF CASH? Spend your points
Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App
1193364_100 x 260
R
Terms and conditions apply.
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1193364_Vredenburg_LIQUOR_10x8.indd 1
2015/04/30 10:30 AM