Die courant 08 april 2015 315

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Swartland

8 April 2015

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 315

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Passiespele herdenk Paasfees

Sestig akteurs uit die breë Darling-gemeenskap het weer Christus se kruisdood en ons verlossing van sonde herdenk met die jaarlikse Passiespele. Hier is koning Herodus (Richard Manchip) in ‘n argument betrokke met ‘n lid van die Sanhedrin (Denise Manchip). Drie kore, ‘n blaasorkes en twintig kinders van die Leandra-dansgroep was almal deel van die opvoering. Marie Hammann, wat verantwoordelik was vir die regie en teks, het aan dié courant vertel dat hulle al in Januarie begin oefen het aan die uitbeelding van dié grootse Christelike gebeurtenis.

• GROOT VERBETERING IN VERSLAE - OG

Skoon oudit vir WKDM Die uitvoerende burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, raadsheer Harold Cleophas, het sy dank en waardering uitgespreek aan sy personeel en raad met die toekenning wat hy van die ouditeur-generaal ontvang het vir die WKDM se vierde agtereenvolgende skoon oudit. Die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, het die toekenning gemaak tydens die jaarlikse funksie vir rolsplers. Dit was ook die inwyding van die OG se nuwe Wes-Kaapse kantore. Makwetu sê hoewel daar groot verbetering in oudit-verslae is op nasionale en provinsiale vlak, is daar ruimte vir verbetering. Ivan Meyer, Wes-Kaapse Minister van Finansies, het in sy Wes-Kaapse begrotingsrede gesê die ouditeur-generaal se verslag vir die 2013/14-boekjaar onderstreep die goeie bestuur en suksesse in die provinsie.

Hy sê die Wes-Kaapse regering se inisiatiewe om die standaard van finansiële bestuur in munisipaliteite te verbeter, lewer resultate. Van die 30 munisipaliteite het 29 ongekwalifiseerde oudits ontvang, 17 hiervan skoon. Dit verteenwoordig ongeveer die helfte van die totale getal munisipaliteite wat landwyd skoon oudits ontvang het. Meyer het die goeie uitslae toegeskryf aan die kwaliteit van leierskap en goeie bestuursbeginsels in munisipaliteite. “Ook die Wes-Kaapse Tesourie het meegehelp met die sogenaamde Municipal Governance Review Outlook (MGRO) – ‘n proses wat daarop gemik is om skoon regering op munisipale vlak te bevorder. “

Burgemeester Harold Cleophas met die toekenning.

NUUS • NEWS

8 April 2015


NUUS • NEWS

2

8 April 2015

SA-kleure in tweekamp vir Renelda

101:

Mev Joyce Sellicks, saam met twee familielede wat haar verjaardagpartytjie bygewoon het: Mareli Ward en John Delaney.

'voorreg om dit mee te maak’

Groot pret op 101 “Ons is so bevoorreg dat ons Joyce se verjaardag saam met haar kon vier.” Só het Mareli Ward, ‘n kleinniggie, aan dié courant gesê. Die familie wag ons in die sitkamer van Groeneweide op Darling in: besorgd oor en beskermend teenoor Joyce Sellicks wat Woensdag haar 101ste verjaardag gevier het. Sy het nie kinders nie, maar haar naastes en geliefdes is daar vir haar. Mareli en haar man, Rodger, het al die pad van Skotland gekom vir dié viering. John Delaney, ‘n kleinneef, en sy vrou, Olga, is ook daar. John en ‘n oud-buurvrou, Sheryl Caven, het gehelp met haar versorging tot ‘n jaar gelede. Mev Sellicks het tot op ‘n honderd jaar op haar eie gebly en tot op 98 nog haar motor bestuur. Vandag sit sy wel rukkies in ‘n rystoel, maar sy stap nog rond en geniet oor die algmeen goeie gesondheid. Joyce Sellicks is op 1 April 1914 gebore en sy

het grootgeword in Adderleystraat no 1. Haar pa was die hoof van die spoorwegpolisie onder Sir William Hoy. Haar man, Jack, het haar in 2001 ontval. Hy was ‘n geoktroieerde rekenmeester en die egpaar het in Kaapstad, Johannesburg en Durban gewoon. Mev Sellicks was ‘n regssekretaresse en ‘n top privaat-sekretaresse. Sy het tot in haar tagtigerjare nog vir die historikus, prof Bradlow, by Universiteit Kaapstad gewerk. Sy luister elke dag radio en laat ook gereeld haar mening hoor as sy nie saamstem nie. Die familie het die personeel van Groeneweide bedank vir die versorging van mev Sellicks. “Ons is so dankbaar vir die versorging wat sy kry – hulle is regtig puik,” het mev Ward gesê. Hulle het ook Darling Spar bedank vir die verjaardagkoek wat hulle geborg het.

Renelda Scholtz van Malmesbury het die naweek haar SA Kleure in Tweekamp verwerf toe sy skoonskip gemaak het by dié kompetisie. Renelda het aan die 40ste SA Tweekampkampioenskappe op Stellenbosch deelgeneem saam met 670 ander atlete van 15 verskillende streke in die nege nasionale provinsies. Altwee die bene van tweekamp, naamlik draf en swem, is onderhewig aan spesifieke standaarde. ‘n Atleet van haar ouderdom moet 1000m in 3 minute 45 sekondes aflê om 1000 punte te verdien. In die swem moet sy 100m binne 1 minuut 20 sekondes kafdraf om 1000 punte te behaal. Sy het in totaal 2334 punte behaal. Sy het haar persoonlike beste tyd in die draf aangeteken met ‘n tyd van 3 minute 11 sekondes. Die swem-item het sy voltooi in 1 minuut 3 sekondes. Renelda en haar ouers, Reinette en Joggie Scholtz, is baie dank verskuldig teenoor Rian, Olinka en Jessica Steyn ten opsigte van haar swem. “Johan Harmse moet baie krediet kry vir haar goue medalje, want sy het haar letterlik in ‘n medalje-posisie ingehardloop,” sê haar trotse pa.

Helpende hand: Mense

staan tou vir ‘n koppie sop en brood by Shofar-gemeente se gereelde sopkompbuis op Malmesbury.

Hoop om 'n verskil te maak

“Ek hoop ons maak vandag ‘n verskil in julle lewens,” het Jacques Carstens van die Shofargemeente op Malmesbury aan ‘n groep straatmense gesê. Shofar se selgroepe maak beurte om elke tweede Sondagmiddag hierdie mense te bedien met kos, die Woord en wat nog. Hierdie Sondag was daar sop, brood, vrugte en ‘n kombers vir die stuk of veertig mense wat by die ingang na Kaap Agri bymekaar gekom het. Sommige was gretig om met die kerkmense te praat, hulle vreugdes en hartseer te deel, te vra vir gebed – ander het net stil en verwese gestaan en wag vir iets om te eet en dan eenkant gaan sit.

“Dit gaan nie oor status nie: Jesus het gekom vir die armes,” het Carstens hulle verseker. “Jou situasie mag dalk vir jou hopleoos lyk, maar Jesus bring hoop. God het elkeen van ons spesiaal gemaak. Niemand is niks nie.” Die selgroep het musiek gemaak en hulle kinders het tussendeur die mense gespeel, gesels en saam geëet. Pastoor De Waal Esterhuizen het aan dié courant gesê hulle verwelkom enige hulp met die sopkombuis. Mense kan Shofar se kantoornommer skakel, 022 482 4640. “Help ons om die mense op straat te help en weet hulle kry nie bloot net kos nie, maar ook omgee en ondersteuning.”


NUUS • NEWS

3

8 April 2015

Kleuters laat wiel:

Die kleuters van die Swartland het mekaar die stryd aangesĂŞ op die atletiekveld en gekyk wie is nou eintlik die vinnigste van die jongetjies. Hier laat waai hulle op die velde van Illingelethu SekondĂŞr op Malmesbury.

• vergaderings begin

Lig so jou mening oor begroting

Inwoners van die Swartland gaan van 9 tot 21 April kans kry om inligtingsessies oor die konsep-begroting vir 2015/16 en ook die 2012/17 GeĂŻntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) by te woon. Die stadsraad het die GOP en begroting op 26 Maart goedgekeur met die oog op insette en kommentaar van verskillende rolspelers en die gemeenskap. Dit is ook in die plaaslike media adverteer en die sluitingsdatum vir kommentaar is Woensdag 29 April. Die beplande vergaderings sal verder verseker dat inwoners volledig ingelig word en daar sal ook tyd wees vir vrae. Joggie Scholtz, die munisipale bestuurder, het mense aangemoedig om die inligtingsessies by te woon: “Dit bied aan u die geleentheid om

uit te vind hoe die munisipale beplanning en begroting u gaan raak en wat in u area beoog word. “Moenie deur allerlei praatjies, onwaarhede en verkeerde persepsies aan die neus gelei word nie. Kom kry eerder die regte inligting by die regte mense. U kan enige een of meer van die sessies bywoon. Al die vergaderings begin om 19:00. Donderdag 9 April: Rozenhof-gemeenskapsaal; Maandag 13 April: Yzerfontein-gemeenskapsaal; Maandag 13 April: Darling-gemeenskapsaal; Dinsdag 14 April: Riebeek-Wes stadsaal; Woensdag 15 April: IlingeLethu Thusong-sentrum; Donderdag 16 April: Wesbankgemeenskapsaal; Maandag 20 April: Chatsworth AGS-kerksaal; en Dinsdag 21 April Abbotsdalegemeenkapsaal.

Motorfietse brul vir liefdadigheid

Die jaarlikse Swartland Charity Bikers Braai vind eerskomende naweek, van Vrydag 10 tot Sondag 12 April plaas op die Moorreesburg-skouterrein. Geniet die naweek saam met jou gesin: slaan 'n tent op, bring 'n woonwa of huur 'n stal. Neem deel aan die massa-optog, geniet die lewendige musiek en DJ Swannie. Vrydagaand is daar musiek uit die 80-gerjare wat jou voete sal laat jeuk. Kosstalletjies, potjiekos, braaivleis en 'n kontantkroeg sal die innerlike versterk, terwyl mense kan rondsnuffel tussen al die snuisterye. Daar is ook gelukkige trekkings, trekkerritte, springkastele, poegie-ritte en afstandbeheerde vliegtuigies. Toegang is R100 per persoon, kinders onder 10 is gratis. Wapentjies kos R25. Navrae by Francois 083 956 0606; Erhardt 082 898 1026; Trudie (akkommodasie & stalletjies) 079 369 1276; Laurie (poegie-navrae) 082 321 8008.

BELANGRIKE KENNISGEWING DIE DEPARTEMENT VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID NOOI GODSDIENSTIGE ORGANISASIES UIT OM AANSOEK TE DOEN OM BEFONDSING VIR VEILIGHEIDSBEVORDERINGSPROGRAMME VIR DIE JEUG TYDENS DIE JUNIE- EN DESEMBER-SKOOLVAKANSIES Die Departement van Gemeenskapsveiligheid nooi godsdienstige organisasies (geregistreerde OSW’s) uit om voorstelle in te dien vir veiligheidsbevorderingsprogramme vir jeug wat in gebiede met hoĂŤ misdaadsyfers woon. Die Department onderneem om hierdie aktiwiteite te ondersteun teen ’n tarief van tot R50 per dag per deelnemer. Die enigste voorwaarde is dat hierdie aktiwiteite ten minste 8 uur per programdag in beslag moet neem en ten minste een maaltyd moet elke programdag aan elke deelnemer voorsien word. Aansoeke moet op die voorgeskrewe aansoekvorm ingedien word en vergesel word van ’n PowerPointDDQELHGLQJ PDNVLPXP VN\´HV +LHUGLH DDQELHGLQJ PRHW MRX RUJDQLVDVLH V\ SUHVWDVLHV WRW GXVYHU LQ JHPHHQVNDSVYHLOLJKHLG GLH SURJUDP ZDW M\ EHSODQ SURJUDPGRHOZLWWH ­Q EHJURWLQJ HQ ­Q gedetaileerde skedule van voorgestelde aktiwiteite bekendstel. Aansoekers moet hul voorstelle voorlĂŞ by ’n Departementele Evalueringspaneel-vergadering. Die Departement mag versoek dat aansoekers deelneem aan verdere veiligheidsbevorderingsaktiwiteite. Organisasies wat daarin belangstel om veiligheidsbevorderingsaktiwiteite te fasiliteer tydens die Junie- en Desembervakansies moet ’n aparte aansoek voltooi op die voorgeskrewe vorm vir elke tydperk. Aansoeke word ingewag vir die volgende: ‡ -XQLH VNRROYDNDQVLH -XQLH ¨ -XOLH ‡ 'HVHPEHU VNRROYDNDQVLH 'HVHPEHU ¨ -DQXDULH Aansoekvorms kan afgelaai word by: http://www.westerncape.gov.za/dept/community-safety. 'LH SURJUDP ZRUG JHwPSOHPHQWHHU LQ KRs SULRULWHLW JHPHHQVNDSSH +LHUGLH JHELHGH LV 1\DQJD *XJXOHWKX .KD\HOLWVKD 0LWFKHOOV 3ODLQ $WODQWLV (OVLHVULYLHU .UDDLIRQWHLQ 0DQHQEHUJ %HOKDU 5DYHQVPHDG :HVEDQN 'HOIW 5HWUHDW '\VVHOVGRUS 9UHGHQEXUJ 0DOPHVEXU\ 9LOOLHUVGRUS 3DDUO 2RVW =ZHOHWKHPED LQ :RUFHVWHU 'H 'RRUQV 7RXZVULYLHU /DLQJVEXUJ 3ULQV $OEHUW +HUPDQXV .OHLQPRQG 6WDQIRUG +HLGHOEHUJ $OEHUWLQLD 5LYHUVGDOH &ODQZLOOLDP &LWUXVGDO 3DDUO 2RVW 6PDUWLH 7RZQ HQ &KLFDJR 6WHOOHQERVFK 0DFDVVDU 6WUDQG HQ /ZDQGOH 1RP]DPR $DQVRHNH YLU YHLOLJKHLGVSURJUDPPH YLU MHXJ ZDW LQ DQGHU JHELHGH ZRRQ VDO RS PHULHWH EHRRUGHHO ZRUG Aansoeke vir befondsing vir die Junie-skoolvakansie moet nie later as Dinsdag 15 April 2015 ingedien word nie. Aansoeke vir die Desember/Januarie-vakansie moet nie later as 31 Julie 2015 ingedien word nie. Tree asseblief in verbinding met Amelia Pieterse by 021 483 3971 of Amelia.Pieterse@westerncape.gov.za indien u enige navrae het.

12047M/A


NUUS • NEWS

courant

8 April 2015

dié

4

Tronk gaan geel:

Gys Immelman, operasionele hoof van die Medium B-gevangenis op Malmesbury (links), by ‘n voorbeeld van die nuwe geel uniforms wat verhoorafwagtende gevangenes voortaan sal dra. By hom is Johan Marang (magasyn) en André Adams (eenheidsbestuurder). Vuyo Mlomo-Ndlovu, die adjunkkommissaris vir Ongevonniste Operasies Bestuur, het al die pad van hoofkantoor gekom om die implementering van die uniform te monitor.

Probeer, dis jou beste geweer

Probeer, probeer, probeer. Weer en weer en weer. As jy nie meet nie, sal jy nie weet nie. Hierdie sê-goed is iets wat talle male geuiter word in die uwe se huis. Dit is al deel van die meubels. As jy die eerste keer nie suksesvol is nie, staan op, skud die stof van jou af, en probeer maar net weer. Wat is dan nou lekker daaraan om elke keer met die eerste probeerslag iets reg te kry? Waar lê die uitdaging dan? Dit is soms die lekkerste lekker om iets kaf te draf, as jy nie gedink het jy sal dit kan doen nie. Dan is daardie sukses net soveel soeter en jy soveel trotser op dit wat jy bereik het. Ons stel vir onsself doelwitte en mylpale. Ons wil dit bereik en ons doen als in ons vermoë om daar uit te kom, maar wat as jy 'n paar keer plat op jou gesig val? Stof af, gaan aan, probeer weer. Sukses vorm ons. Dit bou aan ons persoonlikheid. Dit bemagtig jou en maak jou sterker. Wees egter versigtig dat dit nie jou doel bepaal nie. Dat dit al is waarna jy streef nie. Sukses, welverdiende sukses, moet gevier word met 'n luide handeklap en applous!

Munte: Die leerders van St Michaels Primêr op Abbotsdale het Vrydag 'n muntlegging gehou vir die

Malmesbury Kansa-tak. Die leerders het R1260 ingesamel. Hulle het ook veelkleurige T-hemde gedra wat die verskillende soorte kanker verteenwoordig. Rubena Adonis het hulle toegespreek oor kanker en die leerders het dit baie insiggewend en leersaam gevind.

Atletiek: Elna Durr het by die SA Atletiek-byeenkoms in Johan-

nesburg presteer en 'n silwer medalje in die 200m gewen. Sy het ook twee persoonlike beste tye opgestel en twee B-kwalifiserende tye vir die wêreldkampioenskappe.

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

As Christus nie opgewek is nie Paulus skryf in l Korinthiërs 15, dat as Christus nie opgewek is nie dan is ons prediking tevergeefs en julle geloof nutteloos, want dan is ons nog in ons sondes. Hierdie naweek wat verby is, oortref al die ander vakansiedae, asook Kersfees. Die smart van die kruis van Jesus plaas ons in ‘n regte verhouding met die Vader. Maar die opstanding van Jesus uit die dood bevestig die geloof en maak dit van krag. Anders as die gevalle soos Lasarus wat deur Jesus opgewek is uit die dood, het hulle weer gesterwe. Maar Jesus leef tot in alle ewigheid. Hy is die Eersteling uit die dood. Die dood is deur Hom oorwin. As Christus nie opgewek is nie getuig ons teen God dat Hy Jesus uit die dood opgewek het en word ons valse getuies genoem. Jesus is opgewek, Hy het waarlik opgestaan. Wie in Christus is, is ‘n nuwe skepping, ons lewe is nie meer dieselfde nie, alles het nuut geword. Soos die dissipels moes wag in Jerusalem totdat hulle toegerus is met Krag van bo, dit is die Gees van Christus, die Heilige Gees. Só word ons ook toegerus met die Heilige Gees as ons op Christus wag.

Kerkpret: Jubilee Life Ministries Moorreesburg het onlangs ‘n Jeans & Tekkies Sondag gehou. Van die ander temas wat hulle uitgebeeld het, sluit "Sport Sunday" in.

Polisie:

Die Vredenburg-groep, wat uit elf polisiestasies bestaan, het onlangs Polisiedag-vieringe gehou. By die geleentheid is ‘n potjiekoskompetisie gehou en Saldanha-polisie het hierdie afdeling gewen. Verskillende speletjies is gespeel en hier het Moorreesburg-polisie koning gekraai.


NUUS • NEWS

5

8 April 2015

Also at HYPERMARKETS Selected products on this page have been styled for photography

PnP Topside or Silverside Roast

FRESH

BEST BUY

65

R

Bediening:

Die bedieningsegpaar, Francois en Wilana Henn van Malmesbury, het hul nuutste CD, Hartstog, op dié dorp bekendgestel saam met 'n boodskap van geloof en liefde. Twee gelukkige lesers kan elk 'n kopie van dié CD, waarvan die meeste snitte deur Wilana geskryf is, wen. SMS die antwoord van die onderstaande vraag, saam met jou naam en tuisdorp na 084 8333 813 voor 14 April. VRAAG: Wat is die naam van Francois en Wilana Henn se CD?

3695

Per kg

County Fair Fresh Chicken Party Braaipack Per kg

54

R

PnP Ultimate Boerewors or Halaal Ultimate Boerewors Per kg

3490

15

R

Sea Harvest Hake Medallions 450g

Hemde: Die bestuur en afrigters van

Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury se eerste rugbyspan, spog met nuwe spandrag, geborg deur Malmesbury Superspar. Bo is Albie Coetzee (mede-eienaar van Malmesbury Superspar), André Claassen (skoolhoof) en Vos de Jager (afrigter).

CELEBRATE

SA’s 21st

39

R

BUY ANY 2 FOR

PnP Golden Delicious Apples 1.5kg

Flora Fat Spread Assorted 500g Tub

WITH PRICES THAT WILL HAVE YOU DANCING IN THE AISLES

850

Fatti’s & Moni’s Macaroni or Spaghetti 500g Each

Rolstoel: Die onderburgemeester van

die Swartland Munisipaliteit, Maude Goliath, het onlangs 'n rolstoel aan Mikeala Willemse van Liebenberg Primêr geskenk om die lewe 'n bietjie makliker te maak.

32

90

7

40

18

Bokomo Weet-Bix 900g

90

Koo Baked Beans in Tomato Sauce 410g

19

90

Jungle Crunchalots Chocolate or Honey 375g Each

7290 Nescafé Gold 200g Jar

Crosse & Blackwell Mayonnaise or Salad Cream Assorted 750g-790g Each

+ BUY ANY 3 FOR

25

50

Cadbury Dairy Milk Chocolate Slab Assorted 80g (Excluding Bubbly)

BUY BOTH FOR

19

90

Bakers Eet-Sum-Mor and Tennis Biscuits Assorted 200g

7490

PnP 2 Ply White Toilet Tissue 18s

PRICES VALID 7 - 12 APRIL 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Omo Auto Washing Powder 2kg Flexi Bag, Liquid Detergent 1.5 Litre or Ultra Concentrated Liquid 900ml Each

4390

Buy aid WELCOME OUT OF CASH? Spend your points

Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App Terms and conditions apply.

1191781_380x198


NUUS • NEWS

6

8 April 2015

Nuut: Saamstaan United Rugby- en Netbalklub is nou deel van die plaaslike sporttoneel. Belangstellendes kan Aletta Wessels skakel by 063 245 5915 of 022 482 8130. Hulle oefen elke Dinsdag- en Donderdagaand op Môreson.

Protea: Die Protea-netbalspeler, Erin Burger, en SA-netbalskeidsregter, Anso Kemp, het ‘n 2-dag-afrigtingskursus by Hoërskool Dirkie Uys aangebied. Behalwe al die netbalvaardighede het hulle ook hul aansteeklike passie vir die sport en die belangrikheid van deursettingsvermoë en harde werk oorgedra.

Ploeg: Die Swartland Veterane Trekker-

klub het van die fondse wat hulle by verlede jaar se Ploegdag op Abbotsdale geïn het, aan die Goue Aar Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury gegee. Hier is Louw van der Merwe (bestuurder) saam met Johan Hugo, sekretaris van die klub. Vanjaar se ploegdag word op 25 Julie op die Môreson-plaas op die N7, buite Malmesbury aangebied. Vir meer inligting, kontak Johan Hugo by 082 357 3413

Kook: Rossouw

Koen, 'n oud-leerder van Swartland, is deesdae by 'n internasionale sjef-skool in Kaapstad. Hy het onlangs 'n demonstrasie vir die Gr 12 Bedryfsklas gegee.

Bergklim:

Pastoor Piet Smit saam met ‘n paar van die mense wat onlangs aan die AGS Corpus Christi se stap teen Kastelberg deelgeneem het. Van links is Rina Gagiano, Leoni Gray, Norzita Collins Dirk Snyman en Chris Snyman.

Menseregte: Só is

Menseregtedag in die Eendekuil-gemeenskapsaal gevier. Die geleentheid is deur LPP Mathlodi Maseko en raadslid Johan Botha van Bergrivier vir die Eendekuil-plaasgemeenskap gereël. Hulle het meer as 200 mense onthaal. Die spreker was Zelda Jongbloed, wat oor menseregte gesels het. Percival Williams het oor gesondheid gepraat en die burgemeester het ook 'n woordjie met die gemeenskap gewissel. Die OVK was daar om mense in te lig oor volgende jaar se verkiesingsproses.


NUUS • NEWS

7

8 April 2015

Yzerfontein die plek vir see, son en pret oor Paasnaweek

Die poele water op die strand het vir interessante foto's gesorg.

'n Nuutjie op die mark is die Lemoenkloof Pinotage wat goed afgegaan het met ys.

BO: Die son het weer die strand in sy gloed vasgevang. LINKS: Hennie Richter van Yzerfontein het die Paas-mark bygewoon en rondgesnuffel tussen dit wat te koop aangebied is. HEELLINKS: Markgangers kon van die tuisgebak proe om die honger mae te stil.

LINKS BO: Die kosstalletjies het alle geure en kleure opgedis. BO: Die soetigheid was weer ‘n groot gunsteling. REGS BO: Só word pannekoek gebak. HEELLINKS: Gemarineerde hoender op die kole het die mae laat grom. LINKS: Wat is 'n basaar sonder die gewilde "basaarpoeding"?


NUUS • NEWS

8

Dagboek • Calender

Mavos-klasse 1-12 April - Die Malmesbury Volwasse Onderrigsentrum registreer mense vir rekenaar- en isiXhosa-klasse by die sentrum by Schoonspruit Sekondêr. Die rekenaaarklasse begin op 13 April by die sentrum; die Xhosa-klasse is gratis en word Woensdagaande om 19:00 by Bambino Crèche in Abbotsdale aangebied. Navrae: Trish Worship, 022 486 4541. ID-boekie nodig vir registrasie. Miracle Healing Services 9-11 April – Malmesbury Town Hall 9 & 10 at 19:30 and 11th at 18:00. Contact 0744 153 0519, 021 933 4322; email info@vpci.org.za Swartland Charity Bikers Braai 10-12 April: Moorreesburg Showgrounds; R100pp; children under 10 free; badge R25. Enquiries: Francois 083 956 0606; Erhardt 082 898 1026; (Trudie (accommodation & stalls) 079 369 1276; Laurie (poegie enquiries) 082 321 8008. Imagine Jeugsaamtrek 10-12 April - Interkerklike Jeug Lofprysing en Aanbidding Naweek; Megapark, Bredasdorp. Navrae: Esther Möller on 028 424 2890 / esther@ agrimega.co.za. Darling Museum Victorian Garden Party 11 April - Come and experience a typical Victorian Garden Party. Bring your family and enjoy an afternoon in beautiful surroundings with a top class farm style buffet, live music and refreshments. Stand a chance to win a prize for the best dressed picnic goer. Jacaranda House, 9 Station Road, Darling. 16:00 for 16:30. R140 pp covers food and a complimentary glass of wine. Contact Dianne on 022 492 3361. MTB pret-fietstoer 11April - !khwattu: registrasie 07:00, wegspring vir 50km om 08:00; 33km spring 08:15 weg en 10km om 08:30. Navrae by 022 492 2998. Clanwilliam Expo 16-18 April - Clanwilliam. 027 482 2833. Bowling Competition 17-19 April: Yzerfontein - Strandkombuis Classic. Carol Jordaan 072 905 4155. Straatmark 18 April - Velddrif - Aan Oewer Straatmark. 022 783 0048.

Hobie Nationals 25-27 April: Langebaan – Ladies and Tiger Nationals. 022 772 2466 www.hobie.co.za. Olive Festival 1 - 3 May: The Riebeek Valley Olive Festival is a lifestyle festival - voted one of the best food festivals in the Western Cape, because of the devine olives, wine, cheese, pickles, jams, bread and an eclectic mix of local character, to name but a few ingredients making up this feast. Riebeek Valley Tourism, 022 448 1545. Lagoon Celebration 1-2 May - Langebaan Lagoon Celebration 022 772 1515 www.capewestcoastpeninsula.co.za Open Day 16 May - Darling Museum Open Day 022 492 3361 www.darlingmuseum.co.za Amarider 100 Miler 23 May -The Amarider 100 Miler (Malmesbury) will again start and finish in Malmesbury. Time: 07:30; venue: Malmesbury Showgrounds; distance:160km with an 80km shorter option. Pre-entries will close on Monday 18 May. No late entries will be accepted. For further information email info@dirtopia.co.za or contact 021 884 4752. Wine Auction 23 May – Darling College Wine Auction. Christelle van der Vyver, wine@grootepost.co.za. MTB Challenge 30 May Darling Brew Extreme MTB Challenge. 082 907 2358 info@wolwefontein.co.za www.wolwefontein. co.za Quadbike Rally 6 June: Hopefield HDB Security Quadbike Rally. 022 723 0040 Swartbergsvlei 6 June: Darling - Swartbergsvlei Vintage Plough Day 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za Tenkmonsterproe 11 Junie - Vredendal - Weskus Wynroete Tenkmonsterproe. 027 201 3415 Outride 13 June - Darling Swartbergsvlei Outride 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za

Hoërskool Swartland Opedag 22 April - Opedag verskuif van 12 Maart na 22 April. Skakel die skool by 022 482 1469 vir enige navrae.

Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549

Kunstefees 24-26 April - Clanwilliam, Cederberg Rooibos Kunstefees. 027 482 2024.

Mega PetEX 1-4 Julie - Nasionale Huis- en Plaas Troeteldier Ekspo; 09:00-17:00; Mega Park, Bredasdorp. Pikkie Louw by 082 566 5880 / pikkie@agrimega.co.za

West Coast Marathon 25 April: Langebaan West Coast Marathon. 022 772 2707 / 072 290 8380 www.strandlopers.co.za.

Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-epos word.

Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 12 April - Sondagoggenddiens om 09:30; prediker: Roderick Onverwacht . Geen aanddiens tydens vakansie. Navrae: 073 447 2902.

Sondagskool om 09:00, Jeug Vrydae om 08:00, Aanbidding Donderdae om 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel by 074 277 1439. Ander navrae, pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297.

Dynamic Love Fellowship Dienste hervat op 24 Mei om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Vir meer inligting kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00).

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Navrae: Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498.

PPK Bethesda Malmesbury 12 April - Past Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18.30. Alle bedrywighede behalwe dienste gesluit vir skoolvakansie. Navrae: 083 722 7787.

Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service. Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Any further Inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623.

PPK Bethesda Porterville Alles gesluit vir skoolvakansie. Navrae: pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787.

House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Tomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com of pastoor Ken Pattison by 083 498 2990.

Getsemani Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Almal word genooi:

8 April 2015

Mentorvennootskap bou aan jeug en entrepreneurs Entrepreneurskap word algemeen aanvaar as die mees produktiewe skepper van werkgeleenthede vir ekonomiese groei en ontwikkeling. Veral jongmense stel hul fokus al meer hierop in. Maar is hulle opgewasse hiervoor? Rienzi Duvenage, hoof uitvoerende amptenaar van die innoverende Mentorvennoot, sê daar is ‘n spektrum van fondse en aansporingsmaatreëls in Suid-Afrika beskikbaar, maar daar is ‘n groot gebrek aan professionele mentering. “Mentorvennoot is ‘n Artikel 18A, nie-winsoogmerk maatskappy wat in Mei 2012 geregistreer is. "Ons is besig om ‘n vereniging op Malmesbury te stig en is opgewonde oor die jongmense wat só bereik kan word.” Die vereniging fokus op hoërskole en daar sal eersdaags besoeke aan plaaslike skole gebring word om eers met die hoofde en dan met die leerders te gesels. Deelnemende skole stig ‘n entrepreneursklub wat allerlei voordele vir die lede inhou, onder meer ‘n gratis kursus in die Junie-vakansie. Mentorvennoot is ‘n vrywillige sambreelnetwerk van die gevestigde landwye netwerke van ‘n spektrum Afrikaanse organisasies (in alfabetiese volgorde): Afrikanerbond, Afrikaanse Handelsinstituut, AgriSA, ATKV, Dameskring, FEDSAS, Helpende Hand, SA Akademie, SAOU en Voortrekkers. Duvenage sê Mentorvennoot se funksionering berus op twee eenvoudige beginsels: • Een persoon wat ‘n baie spesifieke probleem het, moet uitgebring word by een persoon wat die regte kennis en ervaring het wat kan help om die probleem te oorkom. • Die sambreelnetwerk aktiveer die bestaande netwerke van lid-organisasies om hierdie twee persone bymekaar uit te bring. Mentorvennoot se doel is om: • Slegs jongmense te ondersteun wat hulself graag wil ontwikkel maar weens redes buite hulle beheer, nie kan nie. • Die ryk poel van uitgebreide kundigheid en ervaring wat Suid-Afrikaners oor dekades ver-

werf het, beskikbaar te maak aan diegene wat dit nodig het, sodat Suid-Afrika ‘n beter plek kan wees vir almal om in te woon. • ‘n Mentordiens te verskaf vir ‘n spesifiek gedefineerde, afgebakende en eindige versoek. • Mentordienste te verskaf aan almal wat dit benodig, ongeag kultuur of ras. • ‘n Volle spektrum van dienste te verskaf vanaf die hoogste vlak van strategiese beplanning aan die een end tot skoolleiding vir ontneemdes aan die ander end. • Staats-, institusionele en korporatiewe skenkings en donasies te werf om dienste te subsidieer vir die aansoekers wat dit nie kan bekostig nie. • Menteringsdienste te voorsien aan die wat daarvoor kan betaal en die inkomste daaruit te gebruik om dienste te subsidieer aan diesulkes wat dit nie kan bekostig nie. • Mentors ‘n beskeie fooi vir hulle dienste te betaal om langtermyn volhoubaarheid te verseker. Besoek gerus Mentorvennoot se webwerf by www.mentorvennoot.co.za of stuur ‘n e-pos aan Rienzi Duvenage by mentorvennoot@mweb.co. za vir meer inligting.

Laerskool Dirkie Uys Moorreesburg

GHOLFDAG 4 BBB Span inskrywing @ R1200

Laerskool Dirkie Uys se jaarlikse gholfdag word op Vrydag, 17 April 2015, in Moorreesburg aangebied. PRYSE EN ‘N HEERLIKE ETE VIR ALLE SPANNE! Skryf ‘n span in en kom geniet die dag saam met ons. As uself nie wil speel nie, maar net wil betrokke wees by die dag kan u pryse skenk, kontant donasies maak of ‘n span, setperk of bof borg. Borge is meer as welkom om hul bemarkingsmateriaal op die dag te vertoon. Laerskool Dirkie Uys is hoogs afhanklik van u bydrae en deelname en sal dit baie waardeer indien u sal inskryf. Kostes vir borgskappe: Span

@ R1200.00

Setperk @ R500.00 (putjie 1-8) @ R1000.00 (putjie 9) Bof

(Maksimum voorgee 18)

@ R500.00 (bowwe 2-9) @ R1000.00 (Bof 1)

Alle bydraes welkom.

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak of vir die nodige inskrywingsvorms skakel gerus vir Eduan Meyer. Tel: 022 433 1082 Sel: 083 400 1986 KOM GENIET DIE DAG SAAM MET LAERSKOOL DIRKIE UYS!


NUUS • NEWS

9

8 April 2015

Kruisspel:

Die Esterhof Kleuterskool op Riebeek-Kasteel het die Paas-boodskap op die planke gebring met die Kruisspel.

Opleiding by US lei tot moontlike beurse Die Sentrum vir Pedagogie (SUNSEP) in die Fakulteit Opvoedkunde by Universiteit Stellenbosch bied aktiwiteite aan om Professionele Leer vir Onderwysers te bevorder en Skoolgebaseerde Intervensies wat daarop gemik is om spesifiek leerders in spesifieke vakke te help om goed te presteer. In twee universiteitsvoorbereidingsprogramme word Graad 12’s en post-matrieks gehelp om toegang tot hoër onderwys te verkry. Navorsing onderlê alle aktiwiteite en navorsing word ook in elk van die afdelings onderneem. Dit lei daartoe dat die werk relevant en weldeurdag is. Gedurende die April-vakansie gaan byna 900 onderwysers en leerders 15 verskillende opleidingsessies van SUNSEP bywoon. Ses Hope@Maties-sessies word in die Suid-, Noord- en Wes-Kaap aan ongeveer 390-toppresterende Graad 12-leerders aangebied. In die HOPE@Maties-program, een van die Universiteitsvoorbereidingsprogramme van SUNSEP, kry Graad 12’s die geleentheid om gedurende skoolvakansies hul kennis en vaardighede in Wiskunde, Natuurwetenskappe en Rekeningkunde te verbeter. Die Sentrum vir Voornemende studente lig hierdie leerders ook in oor studiemoontlikhede by die US en help hulle later vanjaar om hul aansoeke vir SU te voltooi en in te dien.

Leerders wat hul top prestasie aan die einde van Graad 12 volhou, kom in aanmerking vir SU werwingsbeurse, beurse wat studente se eerste vier jaar by die US se klasgeld dek. In 2014 en 2015 het meer as 300 Hope@Maties leerders by SU ingeskryf. Die 22 Weskus-leerders wat deel is van die program, woon almal die week se opleidingsessies by Schoonspruit Sekondêre Skool bymekaar. Kontak gerus vir Shaun Marais 079 898 9386 as julle wil afspreek vir ‘n tyd wat almal sal pas vir ‘n foto en/of onderhoud met van die leerders. SUNSEP maak gedurende die vakansie ook voorsiening vir jonger leerders om hul vakkennis te verbeter. In Malmesbury, Villiersdorp, Worcester, Atlantis en Mitchell’s Plain gaan ongeveer 300 Graad 7-11 leerders ook vakansieskole in Wiskunde en Wetenskappe bywoon. Soos in die geval by Hope@Maties sal tutors wat deur die verskillende onderwysdepartemente geïdentifiseer is, saam met SUNSEP hierdie onderrigsessies aanbied. Ook hier bly die leerders vir die week in skoolkoshuis oor. Op Malmesbury nou net Graad 10- en 11-leerders.

Lidmaatskap van WKPSK opgeskort Boland Atletiek het ‘n brief van Sascoc (SA Sports Confederation and Olympic Committee) aan sy lede gestuur waarin sportfederasies ingelig word dat lidmaatskap aan die Wes-Kaapse Proviniale Sport Konfederasie (WKPSK), waaraan alle sportfederasies geaffilieer is, opgeskort is. Dit is as gevolg van ‘n konflik tussen Sascoc en WKPSK, hoofsaaklik oor die interpretasie van Sascoco se grondwet. Die Wes-Kaapse Hoër Hof het die twee partye verlede jaar beveel om ‘n oplossing deur arbitrasie te soek. Dié proses is nou aan die gang. Boland Atletiek vrees dat hul atlete oor die hoof gesien sal word as daar nasionale spanne gekies word. Daar word gehoop op ‘n spoedige oplossing. Intussen sal Boland sy lede op hoogte hou.

Spa vir Malmesbury slegs April-gek Verlede week se voorblad-foto en die meegaande berig op bladsy 2 het die Swartland behoorlik laat gons, maar dit is alles in die gees van 'n goeie grap gedoen... 'n April-grap om presies te wees. Alles in die berig, asook die grafika, is fiktief en deur die vindingryke redaksie van dié courant uitgedink.

IMPORTANT NOTICE

WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY Give your input on the West Coast District Integrated Transport Plan (ITP), in terms of what the Transport Needs are on the West Coast, at the Public Participation meeting to be held in your area. The Public Participation meetings will form part of the Integrated Transport Plan (ITP) which is a statutory requirement in terms of the National Land Transport Act (NLTA) section 36. :KDW LV WKH ,73" ,W LV D ´YH \HDU PXQLFLSDO WUDQVSRUW SODQ WR LGHQWLI\ SURMHFWV DQG SURJUDPPHV WKDW speak to the needs of the community. Join us and have your say. The Public Participation meetings will be held on: •

15th April 2015: Wesbank Community Hall, Jasmyn Street, Malmesbury 19:00pm – 20:30pm

15th April 2015: Louwville Community Hall, 6th Street, Louwville 19:00pm – 20:30pm

16th April 2015: Vredendal Sports Hall, Dam Street, Vredendal 19:00pm – 20:30pm

16th April 2015: Multi-Purpose Community Centre (Katy Johnson Saal), Bloekom Avenue, Clanwilliam 19:00pm - 20:30pm

22nd April 2015: Piketberg Library, Kerkstraat, Piketberg 19:00pm – 20:30pm.

If you have any written inputs and comments please submit them, titled “West Coast ITP inputs”, including your name, organisation and contact details to: Mr M Brown Department of Transport and Public Works 140 Loop Street Cape Town 8000 or to (Mario.Brown@westerncape.gov.za)

12103M/E


NUUS • NEWS

10

Rainierstraat die perfekte tuiste vir oud en nuut

BO: CK Rumboll en Vennote se gebou is een van die oudstes in die straat.

Op Malmesbury dateer Rainierstraat reeds uit 1820. As een van die oudste strate in die Swartland, fokus die courant op dié bedrywige straat: *CK Rumboll en Vennote word bedryf uit ‘n historiese gebou met ses stads- en streeksbeplanners, ses landmeters en Sakkie Rumboll en Alwyn Steyl as vennote. Grondbeskrywings vir transaksies soos die onderverdeling en hersonering van eiendomme is hul missie. Sakkie het in 1982 dié maatskappy op Malmesbury gevestig en werk nou tot so ver as die Noord-Kaap. “My doel is om almal wat eiendom besit, toegang te gee tot eiendomsreg – iets iets wat ons moet beskerm. Verder wil ek die Swartland Munisipaliteit gelukwens met die milieu wat hulle vir ontwikkeling in die Swartland skep!” “By CK Rumboll het ons die mense én die toerusting om alle uitdagings op ons terrein doeltreffend te hanteer!

REGS: Die Trafalgar-sentrum huisves talle besighede, insluitend TJP Cycles. REGS ONDER: Okasi, of beter bekend as JT Verhuring, is jou eenstopverhuringswinkel.

Een van die oorblywende twee Malmesbury-gewels is in Rainierstraat.

J&T Huurdienste is 'n bekende besigheid in Malmesbury wat spesialiseer in funksiekoördinering, spyseniering, spitbraai en verhuuring van: eetgerei, glase , tafels, stoele, linne, blompotte, Kersstaander, dekor-items, elektriese

8 April 2015

ware en vele meer. Nuwe toevoeging tot ons besigheid is ons onthaallokaal, nou ook beskikbaar. Vir meer inligting skakel gerus Benita Bester. J&T is in die proses van 'n naamsverandering na O'kasi , dis 'n splinternuwe transformasie wat ondergaan word en almal sal nog steeds dieselfde vriendelike en betroubare diens ontvang , slegs onder die naam van O'kasi. Kom besoek ons gerus by O'kasi te Rainier straat 10C , Malmesbury of skakel Benita Bester by 083 4485924 , benita.okasi@gmail.com Gaan like & Share ook asb ons Facebook blad : O'kasi Spyseniering & Spitbraai Alles om u o'kasi onvergeetlik te maak. TJP Cycles TJP Cycles is trots op ons eerste jaar wat ons tot diens kon wees vir die Malmesbury en die omlugende gemeenskap. Dankie aan elke getroue ondersteuner wat help dat ons van krag tot krag kan ontwikkel om nog ‘n beter diens te kan lewer. Praat met ons en ons voorsien aan jul fietsry behoeftes. Nuwe voorraad ontvang. Kom besoek ons gerus vir 32Gi, Pocpac en First Ascent produkte, slegs by ons beskikbaar.


NUUS • NEWS

11

8 April 2015

Nuwe baadjie vir bekende Agrico-gebou op Piketberg Agrico op Piketberg spog met 'n splinternuwe baadjie en lyk soos 'n blinkgepoetste sikspens. Dié gebou, wat sedert 1981 in gebruik is, is verbou, verbreek en aangepas om 'n beter ervaring aan kliënte te bied. "Die uitleg en oppervlak kon nie meer tred hou met die groei in omset en verkope en dienslewering nie," sê Gilbert Theron, takbestuurder van dié tak op Piketberg. Die hele binneruim, asook die voor- en syaansig van die voorste stoor is oorgedoen. Die werkswinkel is effe uitgebrei om 'n sesde tegnikus te akkommodeer. Daar is nuwe ablusiegeriewe, kombuis, opleidingslokaal, selfdien-winkel, onderdele rakke en kantore gebou. Vir Theron is die nuwe, moderne skoon voorkoms 'n groot lekkerte. "Stof, stof, stof, geraas, geraas, geraas en die ontwrigting van die daaglikse aktiwiteite soos

kantore, voorraad en die personeel wat moes skuif, was vir ons 'n uitdaging," sê Theron. Agrico Piketberg is 'n eenstop-diens ten opsigte van meganisasie en besproeingsbehoeftes en hulle is trots op die kwaliteit diens wat hulle hier lewer. "By ons sal jy steeds toegewyde personeel vind om ons klante van diens te wees." "Baie dankie aan die Agrico-direksie vir hul visie om die Piketberg-tak te help en toe te rus, sodat ons 'n beter diensplatform vir ons klante het. Dankie ook aan al ons klante vir jul toegewyde ondersteuning deur al die jare en jul geduld met die aanbouings," sê Theron. Agrico Piketberg is 'n nuwe agent van Shakti Dompelpompe, JCB-toerusting en Siloking-voermengers. Agrico Piketberg se nuwe perseel is oop vir sake vanaf 07:30 tot 17:00 weeksdae en Saterdae vanaf 08:00 tot 12:00.

Regs: Alfred Andrag, Andries Jung, Rousseau Visser, Ivan Du Plooi en Abhinav Metha (Shakti). Voor is Abrie Visser, Gustav Enderstein en Franco Snyman.

Links: Niel Cartsens, Arno Basson, Lincoln Langeveld en Jonathan Jakobus.

Regs: Niekie Mouton, Christie Mouton, Klem Coetzee en Anton Mouton.

Links: Dirk Meiring, Elizna Visser en Gilbert Theron (takbestuurder).


NUUS • NEWS

12

8 April 2015

Veilings • Auctions

Geleenthede legio in landbou

13 April: Skaap en Bees; Klapmuts Veilingskrale; 13:00 TOT 17:00. Kontak Leon Strauss: 082 899 0809 of Appie Maritz: 082 825 3895.

Navrae kan gedoen word by die volgende: Lammie Basson, 022 482 2091/868, 083 691 3223 of m.joh. basson@gmail.com.

14 April: Gouda Slagveeveiling;

06 August: IPA Smit Production Sale; Eendekuil Showgrounds. Contact Isak Smit 022 942 1762, 082 523 9821 or sorgvliet@patat. za.net.

Leerders en leerkragte van onder meer Clanwilliam, Kaapstad, Malmesbury en Somerset-Wes het die vierde jaarlikse Agri-Voedsel Loopbaan- en Beursuitstalling op Stellenbosch bygewoon. Dit is op 25 Maart deur die internasionale “Produce Marketing Association” (PMA) se “Foundation for Industry Talent”-inisiatief en die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit AgriWetenskappe aangebied. Hoërskoolleerders en voorgraadse studente kon meer uitvind oor ‘n wye reeks beroepsgeleenthede en internskaps- en beursprogrammme in die groente- en vrugtesektor. Onder die uitstallers was groothandelaars, groot kommersiële boerderye, navorsings- en akademiese instansies, saadmaatskappye en voedsel- en drankprodusente. Meer inligting is ook verskaf oor studieopsies in die voedsel- en landboubedryf wat by die Universiteit Stellenbosch gevolg kan word. Onder andere is aangekondig dat die toelatingsvereistes vir studies aan die Fakulteit AgriWetenskappe verhoog is, met voornemende studente wat nou onder meer 60% moet behaal vir wiskunde in hul matriekeindeksamens. “Ek was gelukkig om in ‘n bedryf te kon begin waarin baie geleenthede gereeld oopgaan vir jongmense, onder meer omdat baie van ons jarelange kundiges nou begin uittree,” het Chirene Jelbert, plaaslike bestuurder van Bayer CropScience, vertel tydens ‘n inligtingsessie vir onderwysers. Dit is aangebied vir beroepsvoorligters en wetenskaps- en landbouwetenskapsonderwysers sodat hulle op datum kan wees oor die beroepsgeleenthede wat vir hul leerders in die varsvoedselproduksiesektor wag. Jelbert was al ‘n inseknavorser, ‘n lektor, ‘n kwaliteitsbestuurder wat sorg vir die gehalte van vrugte nadat dit gepluk is, en ‘n tegniese bestuurder by ‘n pakhuis. As produkbestuurder vir een van die wêreld se grootste voedselverspreiders het sy wêreldwyd onderhandelinge gedoen om Suid-Afrikaanse steen- en kernvrugte te bemark. Dié oudstudent van die Universiteit Stellenbosch en Missouri State Universiteit voltooi ook later vanjaar haar MBA. Dis nie sleg vir iemand wie se skoolvakke benewens wiskunde en fisiese ook kuns en verbruikerswetenskap ingesluit het nie! Na skool het Jelbert die kreatiewe én

10:00 tot 16:00. Kontak William Immelman, 082 808 2668. 15 April: Villiersdorp Boeredag Name: Boeredag, Villiersdorp; Florina, Villiersdorp; 09:30 tot 16:00.

12 Augustus: Piket Boere Promosieveiling, Piketberg.

16 April: Sterkwater Boerdery Pro-

duksieveiling Ceres; Skaap & Bees; 11:00 tot 16:00. Kontak Gerhardt Louwcell: 082 771 5824 of Etienne Buchner: 082 825 3893.

13 Augustus: FC Bester Produksieveiling, Kruispad, Moorreesburg. Navrae: FC Bester, 022 433 2438, 082 493 8383 of xpboerdery@agrizone.co.za

20 April: Klapmuts Veilingskrale;

13 August: Bester Brs, Production

skaap & bees; 13:00 tot 16:00. Leon Strauss: 082 899 0809 of Appie Maritz: 082 825 3895.

15 July: Stellenbosch University Pro-

duction Sale; Mariendal, Elsenburg. Contact John Morris, 021 884200/460, 082 771 2285 or jm3@ sun.ac.za.

16 July: DH Wessels Production

Sale, Karsrivier, Bredasdorp. Contact Boeta Wessels, 028 425 1016 or 082 927 8320 or boetawessels@omail.co.za.

30 Julie: Suid-Kaap veiling, Agrimega, Bredasdorp. Navrae: BKB, 021 807 8900.

05 Augustus: Basson Broers Produksieveling, Kliprug, Malmesbury.

Sale, Kruispad Moorreesburg. Contact: Jandre Bester, 022 433 1890, 082 784 7686 or jandre@bestergroenewald.co.za.

25 August: M van Rooyen Produc-

tion Sale, Show Tromp Nel hall, Calvinia. Contact: Marcellene van Rooyen, 027 341 2253, 082 386 4048 or mvr@ hantam.co.za.

02 September:

Weskusveiling, Graansilo, Vredenburg. Navrae: BKB, 021 807 8900.

15 September: JJ & JHL van der Westhuizen Production Sale, Toorkop, Nieuwoudtville. Contact: Koenas vd Westhuizen, 027 218 1288, 083 425 1110 or vleiland@telkomsa.net.

By ‘n inligtingsessie op Stellenbosch kon beroepsvoorligters en wetenskaps- en landbouwetenskapsonderwysers meer hoor oor beroepsgeleenthede wat vir jongmense in die varsvoedselproduksiesektor wag. Teenwoordig was (agter van links) Monika Basson (US Fakulteit AgriWetenskappe), Tommy Botha en Albert van Zyl (albei van die Departement van Onderwys), en (voor) Desiree Titus (Hoërskool Gordon in SomersetWes) en Zuna Koen (Hoërskool Swartland op Malmesbury). Foto: Engela Duvenage analitiese sye van haar persoonlikheid ingespan om in hortologie en entomologie aan die Universiteit Stellenbosch te kwalifiseer. Dit het haar op die pad gesit na ‘n suksesvolle, uitdagende loopbaan in die plaaslike landboubedryf. Kobus Pienaar, tegniese bestuurder van Woolworths se Farming for the Future-divisie, was ook onder die sprekers by die inligtingsessie. Hy het ook die toenemende veroudering van die kundigheidsbasis in die plaaslike landbousektor beaam. “Tien jaar terug was die gemiddelde ouderdom van mense in die bedryf 57 jaar oud, maar vandag is dit 62 jaar,” het hy onlangse opnamesyfers aangehaal. In Amerika staan dit op 58 jaar, en in die Europese Unie is dit 54 jaar. Vir meer inligting oor landbougerigte studieopsies aan die Universiteit Stellenbosch, kontak Monika Basson by (021) 808 2978 of mh@sun.ac.za.


NUUS • NEWS

13

8 April 2015

Kewer Moenie inskrywings vir die maak Shiraz Challenge misloop moles in vyebome Links: Dié kewer eet homself trommeldik aan die heerlikheid wat die vyebome van die Swartland hom bied en is veral sigbaar op Malmesbury en Moorreesburg. Vrugtebome in die Swartland word deesdae aangeval deur die Vyeboom-kewer (“Fig tree beetle”). Die kewer kom oral in tuine voor en rig skade aan verskeie vrugtebome, soos amandel-, appelkoos- en vyebome. Dit is veral vyebome wat die gasheerplant is. Die kewers kou die sagte bas af op verskeie bome en die bome en take wat hulle op oorleef, gaa later dood - veral die groeipunte van die

bome en takke, omdat die voedingstowwe wat deur die bas/tak beweeg afgesny word. Dit kom veral in tuine op Moorreesburg en Malmesbury voor, maar die omliggende dorpe word almal tans geaffekteer. Vir meer inligting kan u na die volgende skakel op die Internet gaan kyk: http://www.biodiversityexplorer.org/beetles/cerambycidae/ phryneta_spinator.htm

Werkers in die vrugte- en wynbedrywe kan nog tot 30 April inskryf vir die Agri het Talent-sangkompetisie. Die projek bestaan uit ’n keuringsproses, ’n weeklange sangopleiding en lewensvaardigheidskursus vir die top tien finaliste, asook ’n gala-aand, waartydens ’n beoordelingspaneel die wenner aankondig. Deelnemers moet ʼn landbouwerker in die vrugte- of wynbedryf wees, hetsy op ʼn plaas of in ʼn pakhuis of kelder. Persone wat inskryf moet ouer as 18 jaar wees, mag slegs as individue inskryf (geen groepe), en kan in enige van Suid-

Afrika se inheemse tale sing. Skryf in deur ʼn 3-minute videosnit van ʼn sangitem van eie keuse te Whatsapp na 082 372 1557, of e-pos na info@hortgro.co.za. Sluit naam en van, eie selfoonnommer, naam van plaas/kelder/pakhuis in, asook naam van die naaste dorp by die inskrywing. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 April. Vir navrae kontak Retha Louw by 021 870 2900 en info@hortgro.co.za. Volg die aksie by www.agrisgottalent.wordpress.com, op die Agri’s got Talent Facebook-blad en @AgriTalent op Twitter.

Agri het talent - eersdaags

Protect Your Livestock

PROTECTION against clostridial diseases Trusted technology with PROVEN EFFICACY Backed up with sound trusted TECHNICAL ADVICE

Prondivax Botulism and Blackquarter Reg. No. G2549 (Act 36/1947), Prondivax Blackquarter Reg. No. G2550 (Act 36/1947), Prondivax Botulism Reg. No. G2546 (Act 36/1947), Prondivax Pulpy Kidney 1 Shot Reg. No. G2641 (Act 36/1947), Prondivax Pulpy Kidney Reg. No. G2548 (Act 36/1947), Prondivax Multi C7 Reg. No. G3343 (Act 36/1947) Registration holder: Animal Health Registration World Wide (Pty) Ltd, Co. Reg. No. 1998/017802/07 Manufactured by: Prondil SA, Montevideo Uruguay, www.prondil.com Distributed by: Afrivet Business Management (Pty) Ltd | Co. Reg. No. 2000/011263/07 P.O. Box 2009, Faerie Glen, 0043 R.S.A. | Tel: +27 (0)12 817 9060 | Web: www.afrivet.co.za | Helpline: 0860 VEEARTS or 0860-833-2787

Laat-inskrywings vir die derde Shiraz Wyn-uitdaag sluit op Maandag 13 April. ‘n Verhoogde inskrywingsfooi sal in dié geval gehef word. Suid-Afrikaanse produsente van hierdie edelkultivar word genooi om hul wyne in teskryf. Produsente kan hul wyne in twee kategorieë inskryf: Shiraz en Shiraz-versnitte. Die reëls van die kompetisie en vereistes vir deelname en wyne word in die katalogus uiteengesit. Die wenners in die twee afdelings sal op Woensdag 27 Mei by ‘n toekenningsfunksie aangekondig word. Meer inligting, katalogusse en inskrywingsvorms is verkrygbaar by Sandra Lotz by 082 924 7254 of info@shirazsa.co.za. Die dokumente is ook op Shiraz SA se webtuiste by www.shirazsa. co.za beskikbaar.


NUUS • NEWS

14

8 April 2015

Kontak ons gerus om hier te adverteer by 022 487 3221


NUUS • NEWS

15

8 April 2015 Dienste Services

AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.

www.fvwykdiesel.co.za #2000

------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. #2001/2 ------------------------F.N.C: Skoonmaak van matte asook sitkamerstelle @ R170.00 p/kamer. Kontak Neil 060 448 8802. #2015 ------------------------Just 4 Fun Balloons (Malmesbury). Helium Balloons & Balloon Décor. Kontak Annemie by 082 565 3722 #2016/2 ------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste. Diens en installeer lugversorgers. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 sel.071 953 1292/082 573 1589 #2003/2

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. #2005/2

Te Huur To Let

HUIS TE HUUR – 4 Slaapkamer huis met swembad vir R6000,00 per maand. Kontak 083 457 2107 #2039

Voertuie Vehicles

VOERTUIE DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom. #2006/2 ------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bank aflosse. Kontak 083 464 6960. #2007/2

Betrekking Vacancy BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an Agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/2 -------------------------

Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400

Proseskontroleur (Klas V) Malmesbury Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V4/15 • Salarisskaal: R189 588 – R246 096 per jaar Sluitingsdatum: 17 April 2015 om 12:00

Proseskontroleur (Klas III) Riebeek Kasteel Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verw: V5/15 • Salarisskaal: R112 548 – R146 064 per jaar Sluitingsdatum: 17 April 2015 om 12:00

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za

122663


courant

NUUS • NEWS

8 April 2015

SPORT

dié

16

tel 022 487 3221

8 April 2015

Die Laerskool Riebeek-Kasteel het hul jaarlikse Shiraz-gholfdag aangebied om fondse in te samel vir dié skool. Links slaan Wicus Schoeman af. Onder is die vierbal van SG du Toit, Leonard van der Watt, Ian Erasmus (skoolhoof) en Deon Opperman.

Stokke geswaai op gholfdag

Sportuitslae Sports results

Gholf Malmesbury Donderdag Sundowner - 2 April Enkel Stableford Freek Stander 21 Dirk Malan 20 Ulrich Greffrath 19 Brian de Beer 19 Saterdag 05 April - Beterbal Stableford J vd Merwe & G Lemon 46 H Pieters & E Liedeman Jnr 41 R Michaux & D Oosthuizen 40 W van Niekerk & A Ackerman 40 P Jackson & B Schutte 40 N Hand & F Theron 44

Bergrivier gasheer vir Vodacom-beker Boland Rugby, in samewerking met die Bergrivier Munisipaliteit, bied eersdaags ‘n groot rugbywedstryd op Velddrif aan. Die spanne van Boland en Griekwas pak mekaar op Saterdag 18 April in ‘n Vodavombekerwedstryd op die Smit-sportterrein.

Wesbank maak die Swartland trots

• Darling brew extreme se "bone crusher" wink

Ryers maak reg vir heuwels en dale na Darling beweeg, begin die groot klim. Die eerste waterpunt is na sowat 28km, met die tweede op 45km. Die 42km-roete (Black Mist) is spesifiek ontwerp vir ryers met gemiddelde ervaring. Die totale klim hiervan is 570m. As jy van plat-paaie hou, dan is die 18km-roete (Slow Brew) die een om te gebruik. Dit gee alle ryers die geleentheid om deel te neem met slegs 150m klim. Die Darling Brew Extreme 2015 vind plaas op 30 Mei en inskrywings is reeds oop. Besoek www.darlingbrew.co.za vir meer inligting en inskrywingsvorms.

wanneer hulle tuis teen die span van Samoa (Moorreesburg) te staan kom.

Ander liga-bepalings

• Boland Rugby-Unie het die ligabepalings, wat op Saterdag 11 April begin, bekend gemaak. In die Groot Uitdaagbeker lyk die liga só (tuisspanne word eerste genoem: Sentraal: Young Blues t Porterville; Voorberg t Die Dorings; Good Hopes t Dennegeur; Saron t Malmesbury; Villagers Newton t Riebeeck United. In die Gemeenskapskild lyk die eerste ronde só: Swart/Weskus: Vredenburg t Samoa; White Spirit t Morning Stars; Koringberg t Windriders; Saldanha Rigers t Young Proteas Young Tigers t Flying Eagles; Broodkraal (loslootjie).

Castle Lager Non-returnable Bottles 6 X 340ml

CHEERS TO JOLLY GOOD SAVINGS

97

R

BEST BUY

39

99

Per pack

VAT 69 Whisky 750ml

13990 79

Ballantine’s Scotch Whisky 750ml

90

Bols Brandy 750ml

• Stravinsky Vodka Whipped Crème or Espresso 750ml Available for 74.90 Each

PRICES VALID 9 - 12 APRIL 2015 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE AND FRANSCHHOEK ONLY

52

R

KWV Roodeberg Red Blend 750ml

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. www.picknpay.co.za. Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE.

69

R

Roberson Winery Natural Sweet Rosé 3 Litre

Multiply members earn up to 10x your points when shopping at Pick n Pay. To activate your benefit, visit momentum.co.za/multiply. Terms and conditions apply.

1193066_100 x 260_REV

'n Splinternuwe roete wag vanjaar op fietsryers in die Darling Brew Extreme. Dié fietsren bied ryers oor al die kundigheidsvlakke die geleentheid om hulself en hul vernuf te toets. Daar is drie verskillende opsies op die tafel: Die 62km, 42km en 18km. Die 62km-rit het 'n 1200m klim en staan bekend as die "bone crusher". Dit is 'n enkel-pad, oor heuwels en plaaspaaie. Die eerste 10km op dié paaie sal die aanvanklike vinnige pas aangee soos dit na Wolwefontein lei. Die roete plat stelselmatig af, maar soos dit

Die rugbyspan van Wesbank het Paasnaweek weer die Swartland se naam hoog gehou met hul deelname aan die finale top 8 van die SARU Gemeenskapsbeker. Die span het die skare op Rustenburg, asook voor die kassie, op hul voete gehad met die pragtige hardlooprugby wat hulle opgedis het. Wesbank het al drie sy wedstryde in die laaste minute verloor: 31-35 teen Hamiltons (WP), 31-36 teen Pretoria Polisie en 31-45 teen Wanderers (Leeus). Die groep spelers het hulle harte en lywe op die speel geplaas en alles gegee. Die afrigters en bestuur is trots op veral die jongmanne wat hulle hande opgesteek het tydens die toernooi. Die bestuur bedank almal wat die span ondersteun het en is baie trots op die manier hoe die speler teen beroepsklubs gespeel het. Die span se ligakompetisie begin op 25 April

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1193066_VredenburgLiquor_260x100_Rev.indd 1

2015/04/02 11:49 AM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.