courant swartland en weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
Swartland
10 Junie 2015
Bergrivier
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
dié
1
Uitgawe 324
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Grond omgedolwe in ploegdag
Alicia en Monica Loubser het die trekkers laat brul by Saterdag se Veterane Ploegdag op Swartbergsvlei, buite Yzerfontein. Hier is lande weer geploeg soos in die dae van ouds.
• 'BETREK straks KLEINER OLYF-PRODUSENTE'
‘Lok fees-voete terug’ Nege duisend kaartjies is vanjaar aan besoekers van die Riebeekvallei Olyffees verkoop – ‘n verhoging van 20% op die vorige jaar. Boonop glo Louis Steyn van die Riebeekvallei toerisme-vereniging dat heelwat meer mense as dié amptelike syfer die fees bygewoon het. Hy het Maandagaand gepraat by die fees se terugvoeringsvergadering. Alhoewel die vergadering min getalle gehad het, was daar nie 'n tekort aan 'n lewendige debat en oorspronklike idees vir die toekoms nie. “Uit ‘n toerisme-oogpunt moet ek sê dat dit meer na Wyn- en Olyffees lyk as andersom,” het Steyn gemaan en die vraag gestel: “Is dit wat ons wil hê?” Hy het telkens na dié vraag teruggekom en beklemtoon dat inwoners vroegtydig sal moet besluit in watter rigting die fees moet ontwikkel. “Ons sit met die DNS van ‘n fees wat nog baie kan groei en as dit nie nou die regte vorm aanneem nie, kan daar ‘n monster ontwikkel.” Steyn het die toerisme-vereniging se missie beskryf as die bemarking van die vallei en om voete daarheen te lok. Die naweek-paspoorte en vervoer was ook onder bespreking. Dit is duidelik dat toegang gestroomlyn sal moet word en dit moet maklik en verstaanbaar wees. Vervoer tussen die verskillende plase was volgens die terugvoer onvoldoende en het tot baie frustrasie gelei. Allerlei moontlike oplossings is genoem en dit sal weer aan die Olyfkomitee deurgegee
word. Daar sal onder meer ook gekyk word na meer parkeerruimtes. Heelwat gedagtes oor suksesse van vorige feeste is ook opgehaal. Hieronder is deelname van kleiner rolspelers. Daar is verwys na feeste waar klein vervaardigers van plaaslike olyfprodukte ‘n interessante kleur en verskeidenheid verskaf het. “Die olyfmark het die afgelope 20 jaar ontplof en dit het die kleiner spelers tot ‘n groot mate van die toneel laat verdwyn. "Wat ons moet dophou, is entrepreneurs wat op klein skaal olie en olywe aankoop en dit dan verwerk om by die fees te verkoop – nie noodwendig om wins te maak nie, maar om die fees ten volle te geniet.” Die doel van die Olyffees is om terug te ploeg in die gemeenskap. Een van die moontlikhede is om gratis stalletjies aan NGO’s te gee waar hulle kan woeker vir ‘n inkomste. Volgens die vergadering moet daar tweedens gekyk word na die emporium op Riebeek-Kasteel se plein. Hier wil hulle graag olyf- en olyfolie-proeë sien, met wyn en verversings voorsien deur die plaaslike inwoners. Verder is daar ook 'n behoefte aan ‘n speelpark vir kinders. Die huidige paspoort wat toegang verskaf, moet behoue bly, met sekere aanpassings, want dit is die hoofinkomstebron vir die toerisme-vereniging. Aandvermaak is ook bespreek aangesien besoekers wat vir die hele naweek na die fees kom,
behoefte aan ontspanning het om die dag af te sluit. Nog 'n voorstel is dat daar vir verskillende soorte markte voorsiening gemaak moet word, met die klem op ontspannende vermaak vir die Sondag. ‘n Voorstel wat heelwat byval gevind het, is om die Sondag ‘n paar sjefs te nooi vir ‘n kookkompetisie met olywe. Die kwessie van buitestaanders met goedkoop handelsware wat nie eie en uniek tot die vallei is nie, het ook onder die loep gekom. Terwyl daar ‘n gevoel is dat daar ‘n verbod op hulle moet wees, was daar ander wat gekyk het na die feit dat hulle dikwels die fees-gevoel vir die minder gegoede deel van die gemeenskap meebring. Een van die groot vrae bly: meer voete of meer besteding? Die slotsom was dat die lok van voete die rol van toerisme is. “Ons wins is nie die fees self nie, maar ons bemark ons vallei en ‘n lewenswyse wat mense weke en maande na die tyd teruglok – en daar lê ons werklike wins.” Nog ‘n stem van redelikheid: “Almal het hul eie agenda. Ons moet ophou om alles vir almal te probeer wees. Hierdie fees was die beste nog – die plaaslike ondersteuning was wonderlik!” Dit is duidelik dat daar nog baie gepraat gaan word oor die beplanning van die volgende, maar een ding is seker: dit gaan groter en beter wees as 2015. Heelwat gastehuise is reeds vol bespreek vir die 2016-fees!
NUUS • NEWS
10 Junie 2015
NUUS • NEWS
2
10 Junie 2015
Projek Winterhoop • 'n eerste vir malmesbury gee bietjie warmte Dit is weer die tyd van die jaar wat almal ekstra kos en klere nodig het, maar dit nie self kan bekostig nie. Projek Winterhoop is al ‘n ou bekende en word jaarliks van 1 tot 20 Junie gehou. Die ACVV neem deel aan hierdie landswye veldtog om ‘n verskil te maak in die lewens van ander. Hulle vra mense om baadjies, komberse, serpe, toiletware en nie-bederfbare kos in te samel en af te laai by die ACVV Dienssentrum, Piet Retiefstraat 21 op Malmesbury. Om dit makliker te maak vir ons lesers, kan bydraes ook by dié courant se kantore in Hugenotestraat 24, Malmesbury afgegee word, sodat dit dan weer aan die ACVV besorg kan word. Veral organisasies en besighede word aangemoedig om hieraan deel te neem en alles wat ingesamel word, sal aan werklik behoeftiges uitgedeel word. Vir verdere navrae kontak Riana Smit by 022 482 2245.
Nuwe huis bied ‘n spesiale tuiste
Skenking: Riana Smit van die ACVV ontvang skenkings vir die Tehuis vir Dimensie pasiënte van Helena Visser van die Malmesbury VLV.
Vivienne Saayman en Marieta Jooste neem 'n blaaskans in die sitkamer van Huis Thea van Niekerk.
Gesellig, warm, skilderye teen die mure, ‘n bak suurlemoene in die voorhuis: ‘n tuiste waar mense in vrede en liefde kan leef. Dit is Huis Thea van Niekerk, die nuwe toevoeging tot die ACVV se Aandskemering Tehuis vir Bejaardes op Malmesbury se versorgingsdiens aan bejaardes. Hier het elf mense, almal dimensie-lyers, Vrydagmiddag in hul nuwe tuiste ingetrek. “Ons het baie verander in die huis om dit vriendelik vir bejaardes te maak,” het Vivienne Saayman, die bestuurer van Aandskemering, aan dié courant gesê. “Hierdie is die beste ding wat Malmesbury nog getref het,” het suster Marieta Jooste entoesiasties bygevoeg. Sy is in beheer van programme vir die inwoners en verduidelik dat hulle die eerste veertien dae gaan gebruik om die inwoners in hul nuwe blyplek tuis te maak. “Hierna sal ons hulle emosionele vlak assesseer en begin met sintuiglike stimulering.
"Twee dae per week sal ons oefeninge doen en een dag gaan iemand die dames kom mooimaak. “Belangrik ook: ons gaan elke aand huisgodsdiens hou – hierdie gaan ‘n baie spesiale tuiste wees.” Jooste het verduidelik dat die huis soos ‘n gewone tuiste vir die inwoners moet wees. “Daarom het ons koffie, tee, suiker en melk nodig, sodat hulle enige tyd van die dag iets kan maak om te drink. En natuurlik snoepgoed en vrugte.” Ou boeke en tydskrifte, in Afrikaans en Engels is ook altyd welkom. “Ons is ook altyd op soek na dubbeldraadwol en inkleurboeke vir volwassenes. "Toilet-artikels is natuurlik altyd welkom." Saayman sê ‘n spesiale opening sal later gehou word, sodra die inwoners gevestig en rustig is. Intussen kan mense wat bydraes wil maak, die ouetehuis kontak by 022 482 1466.
Geleenthede by Swartland Munisipaliteit Besigtig die volledige advertensies, posvereistes en die aansoekprosedure by www.swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400
IKT-stelseladministrasiebeampte Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V9/15 • Salarisskaal: R251 988 – R327 096 p.j.
Hoof: Logistiek en Wegdoening Malmesbury Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verw: V8/15 • Salarisskaal: R223 824 – R290 532 p.j. Sluitingsdatum: 19 Junie 2015 om 12:00
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za
123432
NUUS • NEWS
3
10 Junie 2015
• Databasis help gestremdes
‘Staan saam, word gesien en geëien’
Werkswinkel: Hier is van die sprekers en organiseerders. Van links is Marieta Krie-
ling (Departement Sosiale Ontwikkeling: toesighouer), Ursula Titus (Departement Sosiale Ontwikkeling: maatskaplikewerker), Jan Nero, Corné Fouché, Christopher Maans, Edward Moos, Nozuko Nqokoto, Denise Amerika, Jano van der Merwe, James Moolman en Marguerite Holtzhausen (Swartland Munisipaliteit). Voor is Anthony Ghillino en Hillary Balie (Swartland Munisipaliteit). As ons almal op ons eie voortsukkel, gaan ons nie veel bereik nie. Ons het mekaar nodig om te kyk na sosiale ontwikkelingsprobleme. Só het die uitvoerende burgemeester van Swartland, raadsheer Tijmen van Essen, Donderdag by die werkwinkel vir vaardigheidassessering van gestremdhede op Malmesburym gesê. Tagtig mense met gestremdhede uit alle vlakke van die Swartland is na hierdie byeenkoms genooi en 19 van hulle is by Departement Arbeid geregistreer. Hillary Balie van die Swartland Munisipaliteit sê die doel is om ‘n volhoubare databasis van mense met gestremdhede op te stel. Hulle gaan op die databasis en ook by die Departement van Arbeid geregistreer word en dan sal daar mettertyd psigometriese toetse gedoen word. Ursula Titus, maatskaplike werker, het die doel van die werkswinkel verduidelik: in die eer-
ste plek om kapasiteit te bou en alle rolspelers betrek in die proses. Sy sê dit is belangrik om na die behoeftes van mense met gestremdhede te kyk en nie net na wetlike vereistes nie. Die databasis sal help om potensiaal te bepaal en om gelykheid en bewustheid van weerlose mense te bevorder. “Moenie gaan lê nie, maak seker dat julle sigbaar is, soek werk,” het James Moolman aan die gehoor gesê. Moolman, self ‘n gestremde, het as motiveringspreker opgetree. Dit gaan nie elke dag lekker nie, maar ek het werk. Dit gee my ‘n doel op te staan." Balie sê niemand hoef bekommerd te wees dat hulle oorgeslaan sal word nie. “Ons werk met al die gemeenskappe en organisasies en reik na almal uit,” het sy aan dié courant gesê. Navrae kan aan haar gerig word by 022 487 9400.
Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na izelle@diecourant.co.za met jou nuuswenke.
NUUS • NEWS
courant
10 Junie 2015
Sopkombuis:
Die Getsemane Mission Church op Abbotsdale het begin om elke Donderdag sop en broodjies aan sowat 340 leerders van St Michaels Primêr uit te deel. Hulle sal graag die diens wil uitbrei, maar het hulp nodig. Mense wat wil help met kos, kan pastoor Hercele Sedeman by 078 471 7914 skakel. Hier is pastoor Sedeman (naaslinks) by 'n groepie lidmate. Van links is Martin Fielding, Mirriam Bezuidenhout, Wilhelmina Sedeman, Damian Williams, Daphne Sedeman, Aggie Lewis en Catherine Sedeman.
dié
4
Almal het 'n plek in die son
Verlede week het gestremdes op Malmesbury saamgekom om op 'n databasis geplaas te word, sodat hulle geëien kan word. Dit is 'n baie goeie idee en moet uitgebou word. Die uwe het grootgeword met 'n dowe broer. Een wat vandag sy plek in die lewe volstaan. Een wat nie terugstaan vir enigiemand anders nie en wat nie toelaat dat sy gehoorverlies hom terughou nie. Ook nie weerhou van enige geleentheid wat sy kant toe mag kom nie. Hy het die besluit geneem om homself in 'n "normale" horende beroep te vestig en hy doen dit goed. Nie net is hy 'n voorbeeld vir ander dowes nie, maar ook 'n voorbeeld vir horendes wat dalk soms skugter is vir diegene wat dalk 'n bietjie anders as hulself is. Om saam met hom groot te word, was bevrydend, want dit maak jou oë oop vir 'n ander wêreld. Jy sien dinge anders. Jy het meer empatie met diegene wat dalk 'n gebrek het, maar jy laat nie toe dat jou siening van hulle as mens verander nie. "Net omdat ek nie kan hoor nie, maak my nie dom nie. My brein werk net so goed soos joune. My ore is net stukkend." Hierdie is ware woorde. Hoekom is ons so geneig om so in ons pasoppens te wees as iemand 'n bietjie anders is? Hoekom loop ons soos 'n kat op 'n warm sinkplaat rondom hulle? Soms is dit egter nodig dat ons sien dat ons bevoorreg is. Dat ons ons seëninge moet tel, want so maklik kan dinge verander en is ons alledaagse lewe nie so eenvoudig soos nou nie.
Sinode:
Hierdie vroue van die NG Kerk Piketberg het die vierjaarlikse Sinodale byeenkoms van die Vrouediens by Eensgezind, Durbanville bygewoon. Agter is Suzette Fouché, Alida Meyer, Maatje Coetzee, Antoinette Joubert, Lenie Otto, Ezette Mouton met net voor hulle, Marietha Goosen en Christa Vorster en heel voor Marina Grobbelaar, Marieta Nel en Lynette de Witt. Foto: Marietha Goosen
Hoede:
Die Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury het pret met hoede gehad toe die inwoners hul eie hooftooisels moes ontwerp en maak. Hier is mej Ilse Louw, mev Martie Terblanche, mev Petro van den Berg, mev Babs Moolman, mev Aletta Crous (wenner), mev Judy le Roux, mev Blanche Struwig, mev Hannie Hanekom, mev Joey Louw, mev Trudie Smit en mej Sonja van Blerk. Voor is mev Jacomina Jacobs.
It's Good News
Dr Marc Blackwell Snr
Voluntary self-control? Galatians 5:22-23 “But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, longsuffering, kindness, goodness, faithfulness, gentleness, self-control. Against such there is no law.” Paul, the Apostle rejected just “talking the talk.” Many Christians “talk” about their Christianity - who will learn, at the end of their race that much of their Christian service was disapproved since they had only “talked” and not “walked the walk.” Paul used the illustration of the Greek games to challenge the Corinthians to exhibit self-control. More than just a source of passing pleasure, the Isthmian games for the Greeks were a passion. “The gymnasium was a prominent feature in every Greek city. Every candidate had to take an oath that he had been ten months in training and that he would violate none of the regulations.” His was a life of voluntary self-control in diet, in exercise and in abstaining from anything that would hinder his best effort. On another occasion, Paul wrote to Timothy, “ ...if anyone competes in athletics, he is not crowned unless he competes according to the rules.” Athletics require ambition, focus, knowledge, skill, effort, teamwork and (yes) self-control, as well. Paul applied these same elements to his spiritual efforts. Paul did not want to just “compete” in the game of life. Paul wanted to receive “the prize of the high calling of God in Christ Jesus”. Don’t you want to hear your Lord say, “Well done, thou good and faithful servant.” Without Spirit produced self-control, this will never happen for any of us. Each one of us needs to submit to Christ and to one another if self-control is to have any practical value.
Ambassadeur:
Diploma:
Die West Coast College op Malmesbury het Vrydag hul diploma-plegtigheid gehou. Hierdie studente het die kursus in kantoor-administrasie suksesvol voltooi. Agter is Asanda Duda, Shane Van Heerden, Sizeka Mavumengwana, Magolie Mbumbu en Phidiwe Duna. Voor is Busiswe Mpandie, Rene Middelton, Jo-Marie Fortuin, Verinique van Schoor en Aubrea Karolus.
Angelique van Niekerk (14) is 'n ambassadeur vir Ribbons for Roses. R4R is 'n nie-winsgewende organisasie wat geld insamel vir kinders met kanker, Downs-sindroom, outisme en gestremdhede. Hulle beoog om R500 000 in te samel vir kunsbene vir Marcelle van Vuuren (24) wat albei haar bene in 'n motorongeluk verloor het. Angelique verkoop lootjies @ R20 elk om te help geld insamel. Kontak Linda Van Niekerk by linda.annique@yahoo.com met navrae.
NUUS • NEWS 10 Junie 2015
Vroue kuier saam by Org de Rac Augustus is Vrouemaand en op Saterdag 8 Augustus kan die vroue gaan saam kuier by Org de Rac. Die bekende Le-Lue Roode van Bokradio tree op as seremoniemeester en geniet ‘n lekker ontbyt deur Kochelmanders berei. Elke vrou kry ‘n geskenkpakkie en daar is ook ‘n prys vir die beste hoed. Kaartjies is R150pp. Bespreek by Cindy, 022 913 2397 of wine@ orgderac.co.za.
Wyne van Cloof, Riebeek presteer Twee plaaslike kelders het vanjaar by die Concours Mondial de Bruxelles presteer. Cloof Wynlandgoed van Darling en Riebeek Kelders se wyn was vanjaar onder die meer as 8000 wyne van 45 lande wat vir drie dae lank deur ‘n paneel van 300 lede van 50 lande geproe en beoordeel is voordat medaljes toegeken is. Cloof het goud verdien met ‘n Merlot, Duckitt 2013, terwyl Riebeek Kelders twee silwer medaljes gekry het: vir die Kasteelberg Shiraz 2013 en die Short Street CGV 2014 (‘n Chenin Blanc). • Cloof het ook by die International Wine Challenge 2015 presteer. Die Very Sexy Shiraz 2012 het goud gewen, terwyl die Cloof Shiraz 2012 silwer ontvang het. Die International Wine Challenge word wêreldwyd as een van die top-wynkompetisies beskou en beïnvloed veral wyne wat op die Britse en Europese verbruikersmark bemark word.
5
• JEUGDAG MET GROENIGHEID GEVIER
Boomplantfees beplan Swartland Munisipaliteit gaan op Jeugdag, Dinsdag 16 Junie, met ‘n boomplantprojek in Alfa- en Holomistrate op Malmesbury begin. Dié projek s die begin van ‘n stedelike opdraderingsprojek, die sogenaamde Regional Socio Economic Programme (RSEP). Swartland is deur die provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkeling gekies om aan die program deel te neem wat fokus op misdaadvoorkoming en gemeenskapsdeelname. Die Nuwe Begin Boomplantfees is deur gemeenskapsverteenwoordigers en die munisipa-
liteit: die bome in Alfastraat sal herplant word en nuwe in Holomisastraat aangeplant word. Die fees dui op ‘n nuwe begin waar die mense van Malmesbury saamwerk vir ‘n beter lewenskwaliteit vir almal. Die program begin om ‘n kerkdiens van 08:30 tot 10:00 waar alle denominasies en gelowe welkom sal wees. Hierna volg die amptelike opening deur die burgemeester, met die boomplanting van 11:00 tot 12:30. Die dag word afgesluit met vermaak, soos Hip Hop en sport. Dit sal deur die Departement vn Kultuursake en Sport gereël
word. Al die aktiwiteite vind by Ilinge Lethu Sekondêr plaas, behalwe die bome wat in Alfa- en Holomisastrate uitgedeel sal word. Daar sal ook sop uitgedeel word in dié strate. Kerke en moskees is aangemoedig om bome aan te neem en te reël vir die grawe van gate en die plant van die bome op die dag. Die munisipaliteit sal hulle bystaan om die proses te oorsien en ná ‘n jaar sal mense wat die bome versorg het, pryse ontvang. Mense wat wil deelneem, kan Gloria by 022 487 9400 kontak.
90 Dae van Hoop vir Bergrivier
Die winter is hier en dit is tradisioneel die swaarkry-tyd vir baie mense. Piketberg het begin met sy 90 Dae van Hoopprojek wat daarop gemik is om kos,klere en komberse in te samel en te versprei. Raadsheer Ray van Rooy het aan dié courant vertel dat die projek al sedert 2003 aankom:
"Ons wil graag ‘n verskil in Piketberg en op plase maak, veral in die koue weer. "Die projek eindig op 23 Julie en u kan die volgende skenk: wintersklere vir babas, kinders, volwassenes; komberse/duvets; enige tipe skoen/tekkie; handskoene/serpe/mussies; niebederfbare voedsel/blikkieskos/soppakkies.
Skenkings kan by die munisipale gebou, by Calendulastraat 23 of by Boland Superspar afgee word. Navrae kan by een van die volgende persone gedoen word: Ray van Rooy, 083 657 9615 of epos:vanrooyr@bergmun.org.za; of Kevin Faro, 082 229 3390.
WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT NOTICES / KENNISGEWINGS
(1) INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP) 2012/2016 REVIEW 3
(1) GEΪNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP) 2012/2016 3de HERSIENING
(2) THREE-YEAR BUDGET/MEDIUM-TERM REVENUE AND EXPENDITURE FRAMEWORK (MTREF) 2015/2018 - FINANCIAL YEAR
(2) DRIE-JAAR BEGROTING/MEDIUMTERMYN INKOMSTE EN UITGAWES RAAMWERK (MTIUR) 2015/2018 – FINANSIËLE JAAR
Notice is hereby given in terms of Section 75(A) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Integrated Development Plan 2012/2016 Review 3 and the Operating and Capital Budget for the 2015/2018 financial year was approved and adopted by the Municipality on 27 May 2015.
Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 75(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir 2012/2016 3de hersiening asook die Bedryfs- & Kapitaal-begroting vir die 2015/2018-finansiële jaar, deur die Munisipaliteit goedgekeur en aanvaar is op 27 Mei 2015.
The new rates will be implemented from 1 July 2015.
Die nuwe tariewe sal vanaf 1 Julie 2015 geïmplementeer word.
The approved budget and associated new rates (water, electricity, sewage, garbage, property tax, etc.) are available for review from Monday to Thursday during office hours (07h45 to 16h30) and Friday (07h45 to 15h15) at the Municipal Office in Moorreesburg.
Die goedgekeurde begroting en gepaardgaande nuwe tariewe (water, elektrisiteit, riool, vullis, eiendombelasting, ens.) is vanaf Maandag tot Donderdag gedurende normale kantoorure (07:45-16:30) en Vrydag (07:45-15:15) beskikbaar by die Munisipale Kantoor op Moorreesburg ter besigtiging.
Ref: 15/16/6/4; 4/2/1
Verw: 15/16/6/4; 4/2/1
MUNICIPAL MANAGER, WEST COAST DISTRICT MUNICIPALITY, TEL. 022 433 8400 / FAX: 086 692 6113 / P.O. BOX 242, MOORREESBURG, 7310.
MUNISIPALE BESTUURDER, WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT, TEL: 022 433 8400, FAKS: 086 692 6113, POSBUS 242, MOORREESBURG 7310.
6
NUUS • NEWS
Promosie: Yzerfontein Kwikspar
10 Junie 2015
Nuwe eienaars vir Amelia Rhode (assistent bestuurder) en Malizza Heiz (admin) besig met hul dag se take.
Tops: Amanda Davids
en Mariaan Cleophas is die vriendelike gesigte en Tops-kassiere.
Kassiere:
Zandrie Fredericks, Tracey Lee Kotze en Camelete Fortuin.
Vrugte en groente:
Yolandie Foentjies sorg dat die uitstalling netjies en aanloklik is.
NUUS • NEWS
Promosie: Yzerfontein Kwikspar
10 Junie 2015
Yzerfontein Kwikspar
Bo: Jason Nel (eienaar) en Morne Brits (bestuurder). Regs: Die nuwe winkeleienaars is Jason Nel en Ashleigh Reid. Die Yzerfontein Kwikspar spog met splinternuwe eienaars, Jason Nel en Ashleigh Reid. Dié verloofde paartjie is vol vuur en vlam om dié winkel tot groter hoogtes te dryf. Ashleigh het in Zimbabwe grootgeword en 10 jaar gelede na Kaapstad verhuis. Sy het 'n diploma in hospitaliteitsbestuur voltooi en was bestuurder van 'n boutique hotel in Kampsbaai en 'n restaurant op Stellenbosch. Na hierdie betrekkings het sy besluit om aktuariële wetenskap deur Unisa te studeer en is nou aan die einde van haar klerkskap en honeurs en mik om 'n geoktrooieerde rekenmeester voor die einde van 2016 te wees. Jason het op Marble Hall grootgeword, waar sy ouers met groente en vrugte vir die plaaslike en uitvoermark geboer het. Hy het die afgelope drie jaar vir Massmart (Game en Dion Wired Logistics) gewerk en nou die wending geneem in kleinhandel. Die paartjie glo dat hulle saam, met hul kennis, agtergrond, deursettingsvermoë en die ondersteuning van die dinamiese span van Yzerfontein Kwikspar, hierdie winkel van krag tot krag sal laat gaan. Ashleigh se ouers, Irvine en Gayle Reid, befonds die twee se projek en dis juis as gevolg van Irvine se vakansieherinneringe aan die Weskus, dat hulle hulself nou op Yzerfontein kom vestig het.
"Die Spar-handelsmerk is vir ons 'n baie gerespekteerde handelsmerk en na 'n paar maande van soek, is ons gebede verhoor toe die Yzerfontein Kwikspar in die mark kom. Ons het dit nie as 'n besigheid gesien nie, maar eerder as 'n Yzerfontein-leefstyl," sê Ashleigh. "Die leefstyl wat Yzerfontein sy inwoners bied, is iets uniek en nie sommer maklik te vinde in ons wêreld vandag nie. Vir ons is dit 'n perfekte plek vir alle ouderdomme, van kinders grootmaak tot aftree. Ons is lief vir alles wat Yzerfontein bied en kan nie wag om deel van die gemeenskap te word nie," sê sy. Eerste op hul te doen-lysie, is om die werksaamhede van die besigheid te leer ken en dan om te reageer op die navrae van die gemeenskap, sodat hulle in die behoeftes van die gemeenskap kan voorsien so bes moontlik as wat hul kan. "Ons nooi graag die gemeenskap om met ons te kom gesels, enige navrae en bekommernisse met ons te bespreek. Ons sal nie die brandende kwessies weet as hulle dit nie met ons bespreek nie. Slegs dan sal ons daaraan kan aandag gee. Ons sal ons uiterste bes doen om die gemeenskap te dien, om die regte produkte aan te hou teen die beste pryse," sê sy. Een van hul toekomsplanne is om die winkel te vergroot, maar dit sal eers teen die middel van 2016 kan begin.
Regs bo: Louise Julies en Jenneviewe Alexander in die slaghuis. Regs: Albert Adams, Clint Cleophas, Peter Marcus en Aaron Mojo.
7
NUUS • NEWS
8
10 Junie 2015
Wesbank klop Abbotsdale in riller-rugbystryd Wesbank het Saterdag op ‘n volgepakte Wesbank-sportterrein vir Abbotsdale in ‘n spannende rugbywedstryd met ‘n telling van 48 punte teenoor 23 geklop. Dit was weer ‘n riller van ‘n wedstryd soos dit die groot kragmetings betaam, waarin Wesbank veral in die tweede helfte hul kanse beter benut het. Abbotsdale is ‘n klein gemeenskap maar met ‘n groot span. Hulle het in die eerste helfte hul stempel behoorlik afgedruk en het in die 25ste minuut met ‘n telling van 10-7 voorgeloop. In die 35ste minuut van die wedstryd is Abbotsdale oor vir ‘n verdere verdoelde drie wat die telling te staan gebring het op 17-7 in hul guns. Wesbank het egter nie op hulle laat wag nie en is onmiddellik daarna oor met ‘n vinnige drie onder die pale wat die telling op 17-14 te staan gebring het. Abbotsdale slaag daarna met ‘n strafskop, 20-14. Wesbank se vleuel, Ronnie Koopman, gaan
druk net voor rustyd in die hoekie en Deshton Welman slaag met die verdoelskop. Die manne gaan drink water met n telling van 21-20 in Wesbank se guns. Met die aanbreek van die tweede helfte laat Wesbank nie op hulle wag nie en is oor vir ‘n vinnige drie kort na afskoptyd. Die doelskop is suksesvol en die telling skuif op na 28-20. Met die verdere verloop van die wedstryd gebruik Wesbank sy 50/50 kanse goed en teken nog ‘n verdere drie drieë aan plus ‘n skepskop deur Deshton Welman teenoor Abbotsdale se enkele suksesvolle strafskop wat die eindtelling te staan bring op 48-23. In die proses het Wesbank se Ronnie Koopman en Enzo Stubbs elk 'n drie drië gedruk en behaal Wesbank ‘n bonuspunt uit die wedstryd. Abbotsdale daarenteen kon nie ‘n bonuspunt aanteken nie. Wesbank se tweede span wen 18-3 en sy derde span seëvier met 18-10. Saterdag reis Wesbank na Hopefield en die busse sal reeds om 11:30 vertrek.
Piketberg VLV gaan groen Herwin: VLV-lede met die sprekers. Van
links is Michelé Ziervogel, sameroeper van die byeenkoms, Hendrik Krőhn, adv Hanlie Linde, Nicoline Brown (voorsitter) en Rassie Bothma (streekingenieur).
Piketberg VLV het by hul onlangse vergadering oor herwinning gepraat en almal het aan ‘n prettige werkswinkel deelgeneem. Lede moes met drie verskillende kleure (swart, wit en groen) sakke, kreatiewe kledingstukke ontwerp. Adv Hanlie Linde, munisipale bestuurder van Bergrivier Munisipaliteit en die stadsingenieur, Hendrik Krohn, was die sprekers. Hulle het die vroue onder meer ingelig oor die noodsaaklikheid van herwinning, wat en hoe om te herwin en waarvoor elk van die swart, groen en deurskynende sakke gebruik moet word ten einde dit vir almal makliker te maak en ook op vullisverwyderingskoste te bespaar. Herwinbare produkte is karton, papier, glas, aluminium, foelie, skuifspelde, krammetjies,
drukspykers, spuitblikke (met etiket aangelos), blikke, metaaldeksels, plastiekhouers van skoonmaakmiddels en plastiekkoshouers. Alle houers moet uitgespoel en droog wees. Proppe moet verwyder word en blikke, plastiekhouers en kartondose moet platgedruk of –getrap word. Die volgende is nie-herwinbaar: waspapier, tetrapakke (soos melk en saphouers), deurslagpapier, plakkers, ponskonfetti, riembinders, kleefplastiek,die plastiek waarmee toiletpapierrolle en bierblikke toegedraai is. • Die volgende VLV-byeenkoms is die kunsteen handvlytvergadering op Donderdag 18 Junie om 09:30. Almal is welkom. Navrae by Nicoline Brown, 082 477 0665.
Kampioen:
Terence Brown van Piketberg is ‘n atleet van formaat – sy SA-rekord wat hy Maart by die WP Meesterskampioenskappe opgestel het in die 2000m-hindernis is nou ook as ‘n Afrikarekord erken. Hy het die afstand in 7:19.04 afgelê. Dit is ook die vinnigste tyd oor dié afstand wat vanjaar in die 60+-afdeling behaal is.
Truie: Die Bloues rugbyklub op Malmesbury spog met splinternuwe
truie, geborg deur McDonalds Malmesbury. Hier is Tekkies Theart, Frederick Swanepoel, Quinton Carelse, Emile Basson. Voor: Freddy McQuire, Henfre Brand, Ferdi Rich, Gerhard Januarie. Bloues speel eerskomende Saterdag 'n amptelike ligawedstryd teen Dennegeur tuis as voorwedstryd vir die Kavaliers vs Griffons op Dieprivier Sportgronde.
Landloop:
21 atlete van Chatsworth Primêr het onlangs aan ‘n landloop-byeenkoms op Riebeek-Wes deelgeneem. Twee van die atlete het medaljes verower. Hulle is (voor) Sergio Moses (gr 4) en Rufika Rous (gr 3).
NUUS • NEWS
9
10 Junie 2015
Rolbalklub sluit seisoen op hoë noot af slegs drie spelers klaar kom, aangesien Ivan Dicks die dorp verlaat het. Dus moes Martin en Nicky elk drie in plaas van twee balle rol en 25% van hulle totale skote afgee. Die ander bekerwenners was: Mans Parespel: Terry Shimmin en Robin Deyzel; Mans Driespel: Peter Hall, Dave Walker en Koos Muller, en die Enkelspel-kampioen Terry Shimmin. Die Sportmangeesbeker gaan aan Peter Hall vir uitstaande en onselfsugtige dienste. Hy is die perkopsigter, skakel met Unisa, help bedryf die kroeg en is een van die mees gereelde spelers. Volgens Roux Vermeulen, klubkaptein, het die ledetal met sewe gegroei tot 21. Malmesbury het derde geëindig in die liga. Die klub kampioenskappe is ook baie gedissiplineerd afgehandel, en daar is by afsnydatums gehou. Vroeg in die nuwe seisoen gaan die gewilde sakemanne-toernooi herleef. Sakelui is welkom om André Halvorsen nou al te kontak by andreh@mountroyalestate.co.za.
REALISING OUR POTENTIAL Manager: Maintenance I (Ref. 150604JD04)
Essential Foods: Pasta, Malmesbury Requirements: • A relevant Technical Trade or National Training Certificate • 5-6 years’ relevant experience, with some experience in managing a team • A relevant Mechanical Technical Trade • An Industrial Engineering and Management Diploma. Key performance areas: • Implement reactive and preventative maintenance and optimised plant, vehicle or equipment • Manage internal maintenance projects and control maintenance cost, equipment and spares inventory • Implement equipment upgrades and enhancements • Ensure occupational safety and health • Manage a team.
Fitter and Turner (Ref. 150604JD03)
Essential Foods: Pasta, Malmesbury Requirements: • A relevant Technical Trade or National Training Certificate • 4-5 years’ relevant work experience • A valid driver’s licence. Key performance areas: • Diagnose processes and repair machinery and equipment • Manufacture parts on lathe and milling machine • Dismantle, fit and assemble machinery and metal parts • Plan and maintain machinery and equipment.
CLOSING DATE: 15 JUNE 2015 We offer comprehensive and competitive rewards.
Wes-Kaap Netbal:
Hierdie netbalspelers van Hoërskool Dirkie Uys is in die WesKaapspan opgeneem wat in die Junievakansie in Boksburg aan die nasionale kampioenskappe gaan deelneem: van links is Corin de Waal en Sydney Crow (o.15), Jaclyn Engelbrecht (o.17) en Kim Veloen (o.14).
Human Communications C119090
Terry Shimmin en Louis Swart laat die bal rol.
Die Malmesbury Rolbalklub het Saterdag sy amptelike afsluiting gehad vir die 2014/15-seisoen. Die middag is daar eers kookwater-rolbal gespeel. Daarna het al die kampioene saam met die verslane opponente gekuier voordat die bekers oorhandig is. Die eregas tydens die funksie was die klub se enigste lewenslange erelid, tannie Joey Louw, wat die bekers oorhandig het. Die 91-jarige tannie Joey was jare lank ‘n lid van die klub. Sy het meer as 40 jaar aktief rolbal gespeel en talle kompetisies gewen. Die klubhuis is vernoem na haar oorlede man, Hennie Louw, en saam het hulle baie bydraes op talle gebiede aan die klub gelewer. Die Mans Vierspel-kampioene is Saterdag ná ‘n titaniese stryd gekroon. Terry Shimmin, Altus Myburgh, Gielie van Niekerk en Joyce Jasson klop Louis Swart, Nicky van der Westhuizen en Martin Louw 19-18. Louis-hulle moes die grootste deel van die kompetisie met
Apply online at http://www.pioneerfoods.erecruit.co.za by selecting the “Careers” tag, or request and forward an application form via e-mail to careers@pioneerfoods.co.za or fax to (021) 807-5139. Only online or Pioneer Foods application forms will be accepted. These positions will be filled in line with the objectives of Pioneer Foods’ Employment Equity Plan.
10
Dagboek • Calender
Jeugkonferensie 12 Junie - Goedverwacht Trust en Departement Landelike Ontwikkeling hou konferensie, 09:00 tot 15:00. Almal 18-35 jaar welkom. RSVP vandag nog na 060 739 6607 of skakel die kantoor, 087 702 1985. Piekniekdans 12 Junie - Vrolike Vinkies Kleuterskool hou 'n dans aan in die Wesbank-gemeenskapsaal van 19:00 - 24:00. Prys is R70 per persoon. Die orkes is Bacarasj. Die kleurskema is swart en pienk. Bring eie kos en drank. Kaartjies by Vrolike Vinkies. Outride 13 June - Darling Swartbergsvlei Outride 084 593 2745; www.swartbergsvlei4x4.co.za. Piketberg Krieketklub 16 Junie - klub hou sy algemene jaarvergadering Dinsdag 16 Junie om 10:00 by die Tollie Adams Ovaal. Nuwe lede en vroue is baie welkom. Nuts & Bolts Rally 16 Junie – pretrit by die Plaas Tannie buite Moorreesburg. Registrasie begin die oggend om 08:00 en die rit is om 09:00. Kom met jou ou motor, bakkie, 4x4 of enige interessante voertuig. Inskrywings is R200 per voertuig en R100 vir passasiers of toeskouers. Dit sluit ‘n plaasontbyt en die rit in, asook ‘n beesstertpotjie vir middagete. Die opbrengs is ten bate van die Moorreesburg Lionsklub. Bespreking noodsaaklik. Kontak Helena Jordaan by Helena@onbedacht.com of 083 317 5536. Atletiekklub hou jaarvergadering 18 Junie - klub vergader om 18:30 by die Kaap Agri-ledesaal, Malmesbury. Lede en voornemende lede welkom. Piketberg VLV 18 Junie - kunste- en handvlytvergadering om 09:30. Almal is welkom. Navrae by Nicoline Brown, 082 477 0665. Moorreesburg Sakekamer 18 Junie - Ledevergadering is om 18.30 by Moorreesburg Gholfklub. Navrae by Babsie Horn, 082 326 3693 of babsieh@overbergagri.co.za. NG Kerk Darling & Yzerfontein winterbasaar 19 Junie - Darling-kerksaal van 17:00 af en om 18:00 sal die potjiekos bedien word (diakens sal die etekaartjies verkoop). Daar sal gebak wees, pannekoek, stokworsies en `n koeldrank- en lekkergoedtafel. Navrae by kerkkantoor, 022 492 2513 of 022 454 2616. Malmesbury Aglow 20 June - The next meeting of Malmesbury Aglow is on June 20th. At The Rivers of Life Christian Fellowship, 28 Arend St. Wesbank.
Starting at 15:00 (3pm). The Aglow Regional Board will be visiting. Everyone welcome. Refreshments will be served. Contact : Elaine Walker 072 590 6636 Snoek en Patatfees 26-27 June - Goedverwacht Snoek en Patatfees. 022 912 4410 / 073 957 3549. Bootsale/Markdag 27 Junie – Op die terrein van die Moorreesburg Koringbedryfmuseum van 08:00 tot 12:00. Kontak Annalize of Hermien by Moorreesburg/ Koringberg Toerisme kantoor vir navrae skakel 022 433 1072. Hengelkompetisie 27 Junie - Yzerfontein hengelkompetisie. Navrae: Gawie Steyn, 083 379 6044. Winter Potjiekos 27 Junie - Yzerfontein: kompetisie. Kontak Karin, 022 461 2819. Dit en Dat-markie 4 Julie - Yzerfontein: Dit en Dat markie in die Gemeenskapsaal. Van 09:00 tot 15:00. Kontak 084 511 5434. Mega PetEX 1-4 Julie - Nasionale Huis- en Plaas Troeteldier Ekspo; 09:00-17:00; Mega Park, Bredasdorp. Pikkie Louw by 082 566 5880 / pikkie@agrimega.co.za Back to School Dance 10 July - St Michaels & All Angels Church Abbotsdale have a dance in the Malmesbury town hall. School fees – R60. Tickets available from Oran Fund Committee. Contact Mr E Syster at 083 604 2011 for more details. Swartland Skou Damesdag 10 September - Die Swartland Skou op Moorreesburg se jaarlikse Damesdag vind om 09:00 plaas op die skougronde. Vertonings deur Dowwe Dolla en Jay. Kaartjies beloop R300 per persoon. Kaartjies beskikbaar by Computicket. Besoek www. computicket.com of skakel 0861 915 8000.
Bridge Gatherings
17 July - Piketberg: Bergrivier Canoe Marathon Bridge Gatherings. Piketberg Tourism, 022 913 2063 www.piketbergtourism.co.za.
Darling Xmas in July
18-19 July - Xmas in July @ Evita se Perron 022 492 3930 www.evita.co.za.
Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-epos word vir plasing.
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 14 Junie - Pastoor Piet Smit preek die oggend om 09:30 en die aand om 18:00 (winterstyd). Navrae: 073 447 2902. PPK Bethesda Malmesbury 14 Junie - Past Kobus du Plessis preek om 10:00. Vroue vergader om Dinsdae om 10:00, gemeente-selgroep is Woensdae om 19:30 en Bybelstudie Donderdae 19:30. Evangelisasieveltog: 13-16 Junie - Pastoor Morné du Plessis van Boksburg is die spreker elke aand om 19:00, Sondag om 18:30. Navrae: 083 722 7787. PPK PortervillePorterville 14 Junie - Diens om 10:00 by die tennisklubsaal in Parkstraat. Dynamic Love Fellowship 14 Junie - Diens om 17:30 in Mount Royal se konferensiefasiliteit. Kontak kantoor by 022 487 3233 (Maandae tot Donderdae, 08:00 – 14:00). House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by die St Thomas Laerskool. in Wesbank; weekdiens Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46 (sr Katy Bocks). Kontak Hein Marais by 072 170 9766 of heingmarais@gmail.com of past Ken Pattison by 083 498 2990. Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat 21: Dienste Sondag 09:00; Bybelskool
Woensdag 18:00 – 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. Shofar Malmesbury 14 Junie om 09:30 by Hoërskool Swartland se saal. Kontak die kantoor vir meer inligting by 022 482 4640. Getsemane Mission Church Abbotsdale Sondae 10:00 in Skoolstraat. Sondagskool 09:00, Jeug Vrydae 08:00, Aanbidding Donderdae 08:00. Mense wat wil leer klawerbord speel, kan Nico Maarman skakel, 074 277 1439. Ander navrae: pastoor Hercele Sedeman, 078 695 0297. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00; home cells Wednesday 19:00. Church at 28 Arend Street, Wesbank. Service in English. Enquiries: pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening 09:00, bid-uur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; past Andrew Mesani, 076 486 4498. Malmesbury Methodist Church of SA 09:15 Sunday Worship Service; 08:15 Sunday School; Tuesdayevening prayer meeting; Bible Studies Wed evenings. Hall to rent 071 604 5387. Other inquiries: Rev John Beck at 022 482 3623.
NUUS • NEWS
10 Junie 2015
NUUS • NEWS
11
10 Junie 2015 Algemeen General
TUPPERWARE – Kom besigtig Tupperware se nuutste mikrogolf produk en nog meer. Gelukkige trekkings. Saterdag, 13 Junie 10:30 vir 11 uur. Banketsaal – Malmesbury. Kontak Annemarie 082 349 7729 / annemariejvn@ telkomsa.net
#2100
------------------------Identity document of Mr Masitoe Makoro found – Please contact Petro at 073 874 8071 to collect. #2102
Betrekking Vacancy Be your own Boss! – Reps needed for AVON, Northern Suburbs, Swartland and Winelands. No Experience Needed – Full training available. Contact Johan 074 061 3593 / Etoschia 079 539 510 #2088/1
------------------------BUSINESS OPPORTUNITIES STELLA SCENTS. Become an agent and sell and promote our Ladies & Gents oil based fragrances. Earn from R30-R60 per bottle. We post/ courier countrywide. Call Ronél Simon (071 361 7670 #2012/10
------------------------Evergreen Funeral Services is op soek na agente. Vergoeding is slegs kommissie. Kan as 'n permanente of aanvulling tot jou huidige beroep wees. Mail jou CV na ricardoreichert@live. co.za
FRIDGE REPAIRS at low cost. Free quotes in Malmesbury & surrounding areas. Contact Cliffie at 078 213 9857
#2087
------------------------Need cash – Just a phone call away, Call 060 840 8116, 073 632 1174, 073 048 5761, 073 193 1457 #2074/2
------------------------NEW FREEZE VERKOELING MOORREESBURG. Herstel yskaste, stowe en diens lugversorgers. Ons spuitverf ook yskaste en haal duike uit. Royalstraat 44, Moorreesburg. Tel.022 433 3831 Sel. 071 953 1292 / 082 573 1589
#2096
Algemeen General Counselling Psychologist available in Malmesbury. Specialist in depression, trauma and sexual health Contact Lily Visser 072 930 7656 /email: leanne.visser@ hotmail.co.za
#2093
Te Huur To Let
Vandag dink ons aan Mamma. Mis jou baie - wanneer ons van jou praat dan is daar nooit n traan, net met slaaptyd is daar altyd ‘n traan. Van : Goliaths, Van Boom, Blom, Thompson en Verwey gesinne #2094
Sterfgeval Death
JOHAN ONVERWACHT
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mansen vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/10
Memorium Memoriam JACOBIN SKIPPERS 14 Junie.
Jy het ‘n groot leemte in ons lewens gelaat want dus jou 2de verjaarsdag weg van ons en dit voel nog soos gister. Ons mis jou verskriklik, die verlange is oneindig groot – jy sal altyd voortleef in ons gedagtes. Jou ouers, Sherise, Abigail & Wellmay #2095
-------------------------
THERESA’S EIENDOMMER3600.00 p/m - 2 slaapkamer woonstel op grondvloer. Baie netjies – Beskikbaar 1 Julie 2015. R9000.00 p/m – Baie netjies en modern – 3 Slaapkamer, 2 badkamer, studeerkamer, dubbel motorhuis – Baie veilige area. Pragtige uitsig, heeltemal omhein. Beskikbaar 1 Julie 2015. Skakel Theresa 082 552 4848 #2101
------------------------BESIGHEIDSPERSEEL beskikbaar in middel van Moorreesburg depot/batchelor flat/ kantoor. Beskikbaar 1 Januarie 2016. Kontak 084 444 3840
#2068/1
Te Koop For Sale
#2098
Gesoek Wanted
jou groot glimlag en mooi gesindheid. Jy sal gemis word – Liefde, Hannes Agulhas, Bonita en kinders #2099
#2024/3
------------------------MOTORHUISDEURE – verskaf, installeer en outomatiseer – ook hekmotors. Sekuriteitshekke en diefwering ook beskikbaar. Kontak 060 943 0488
#2097
------------------------SPEEDY MALMESBURY. Exhaust fitter DRINGEND gesoek met vorige ondervinding, goeie verwysings met lang diensjare. Moet onmiddellik kan begin. Kontak 082 370 9521 / 022 482 1373/4
KATY GOLIATH néé JOSEPHS – Gebore 22 Okt 1942 – Sterf : 25 Mei 1988
– Dit is met soveel hartseer dat ons afskeid neem van ‘n dierbare vriend. Sal jou altyd onthou met
Skoon plaasmis te koop @ R25/sak. 10 of meer sakke R20/ sak. Gratis aflewering
in Malmesbury, Riebeek-Wes & Riebeek-Kasteel. Skakel Laetitia 082 780 9422 #2072/5
Voertuie Vehicles DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom. #2006/7
-------------------------
courant
tel 022 487 3221
Derby: Wesbank se kaptein, Emgee Fredericks, laat spaander met die bal. Sien verslag
op bl 8.
Kavaliers pak Saterdag Griffons op Malmesbury Vier spelers in Boland opgeneem
10 Junie 2015
10 Junie 2015
Koringberg skitter teen Stars
Die naweek wag daar ‘n fees op Malmesbury vir rugby-liefhebbers. Die Boland Kavaliers Saterdag speel hul eerste wedstryd in die Absa Curriebeker-seisoen hier op die Dieprivier-sportterrein. Die program begin reeds om 10:30 met ‘n aanbieding van die Let’s Play-program. Om
NUUS • NEWS
SPORT
dié
12
11:30 speel Malmesbury (Bloues) se B-span teen Dennegeur B en om 13:00 pak dié twee klubs se A-spanne mekaar in die hoofvoorwedstryd. Die Kavaliers en Griffons draf om 15:00 op die veld. Toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir skoliere en voertuie.
Sportuitslae Sports results
Koringberg se rugbyklub het Saterdag korte mette gemaak met Morning Stars. Altwee die wedstryde was ‘n eenrigting-kragmeting met Koringberg wat die drieë ingeryg het. Koringberg se eerste span wen 85-0 met ‘n bonuspunt. Die speler van die wedstryd was Robin Jagers. Die drieë is gedruk deur Adriaan Pedro (2), Jandré de Wee, Robin Jagers (3), Elzin Alexander, Eugene Markus, Edwayne van Wyk (2), Rolan Thomas, The Beast en Morné Klaaste. Doelskoppe word deur Marlin Willemse, Winston-Lee van Wyk en Morné Klaaste oorgeskop. Koringberg se tweede span wen 41- 0 gewen, ook met ‘n bonus in die sak.
Krieketklub vergader Die Piketberg Krieketklub hou sy algemene jaarvergadering eerskomende Dinsdag, 16 Junie, om 10:00. Die vergadering is by die Tollie Adams Ovaal. Nuwe lede en vroue is baie welkom om die vergadering by te woon.
Boland Laerskole Rugby-Unie het vier plaaslike spelers in die Boland o.13-spanne opgeneem. Jayden Arvon Jacobus, binnesenter van Liebenberg Primêr en haker Corné Ethan Oliphant van Laerskool Riebeek-Kasteel is in die o.13 Cravenweekspan wat van 28 Junie tot 3 Julie op Witrivier, Mpumalanga deelneem. Hulle eerste eerste oefenkamp het verlede naweek op Ceres plaasgevind. Nog twee spelers is vir die Nashua XV-tal gekies wat van 5 tot 8 Julie op Sasolburg speel. Hulle is regtervleuel William Patrick de Bruin van Laerskool Riebeek-Kasteel en skrumskakel Lyle Matthew Booyse van Hoërskool Piketberg.
Malmesbury Gholfklub Vrydag Sundowner 05 Junie Enkel Stableford Joe Josephs 20, Sakkie Klasen 19, Marcelle Prinsloo 18, Paul Prinsloo 18, Percy de Leeuw 18, Jacobus Snyders 17, Kwas du Toit 17, Gawie Lambrechts 17. Saterdag 06 Junie - Enkel Stableford Marthele Neethling 38, Wynand van Niekerk 37, Steyn Neethling 37, G Saayman 36, Adriaan Louw 35, Jan Potgieter 35, Fritz de Beer 34, Christo Koch 34. Swartwes Rugby Moorreesburg 30 - Never Despair 41 Wesbank 48 - Abbotsdale 25 Saldanha 13 - Vredenburg 0 Velddrif 36 - Mamre 3 Darling 29 - Hopefield 12 Piketberg 28 - St Helenabaai 29 Logs 1. Wesbank 31 (155) 7 games 2. St Helena 30 (11) 8 games 3. Saldanha 28 (163) 7 games 4. Never Despair 28 (49) 7 games 5. Darling 22 (41) 8 games 6. Anbotsdale 22 (8) 8 games 7. Vredenburg 20 (4) 8 games 8. Moorreesburg 19 (-38) 8 games 9. Veldrif 16 (21) 8 games 10. Hopefield 8 (-101) 8 games 11. Piketberg 6 (-136) 8 games 12. Mamre 3 (-145) 8 games.
Rolbalkampioene:
Die Malmesbury Rolbalklub het Saterdag hul jaarlikse prysuitdeling gehou met die speel van die seisoen se laaste wedstryd. Die bekerwenners is soos volg: Altus Myburgh (vierspel), Gielie van Niekerk (vierspel), Terry Shimmin (enkelspel, pare en vierspel), Joyce Jasson (vierspel), Robin Deyzel (pare: hy speel vanuit ‘n rolstoel), Koos Muller (driespel) en Dave Walker (driespel). Voor is Peter Hall (driespel en sportmanskap).
25
90
R
REFRESHINGLY
PRICES
109
Black & White Whisky 750ml
R
85
55
R
Gordon’s Gin 750ml
R
154
4th Street Sweet White or Rosé 3 Litre Each Bell’s Whisky 750ml
PRICES VALID 11 - 14 JUNE 2015 AT PICK N PAYLIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, GRAANENDAL, DURBANVILLE, STELLENBOSCH SQUARE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY, CERES AND WILLOWBRIDGE STORES Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury, Wellington, Stellenbosch Square or Franschhoek Liquor. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
99
90
Amarula Cream Liqueur 750ml
Out of cash?
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
Carling Black Label Non-returnable Bottles or Cans 24 x 330ml Per Case
R
169
Switch points to cash back on your card at the kiosk or on the Pick n Pay Mobile App. Terms and conditions apply.
1193887_100 x 260
GOOD
Obikwa Wines Assorted 750ml Each