courant
BEKROON: Weskus se 1ste keuse
swartland en weskus Swartland
dié
1
11 Februarie 2015
Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury
Uitgawe 307
tel: 022 487 3221
Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS
Ekspo op Môreson dié naweek
Darling Sewes reg vir vuurwerke
Wen groot met Valentynsdag
•werksgeleenthede geskep by nuwe aanleg
Darling borrel en bruis Nuwe werksgeleenthede, ‘n toerismeaantreklikheid en ontwikkeling oor ‘n breë front: dit is wat Kevin en Philippa Woods in die vooruitsig stel wanneer hulle Darling Brew eersdaags op dié dorp hervestig. Die Swartland Munisipaliteit het onlangs die verkoop van ‘n stuk grond in die nywerheidsgebied van Darling vir dié doel goedgekeur. Die perseel van 3591 m² is in Caledonstraat geleë. Daar is ‘n bestaande gebou, wat voorheen vir ‘n kunsmark gebruik is, wat hulle gaan omskakel in ‘n fabriek, met kantore en ‘n restaurant. Die ontwikkeling beloop sowat R50 miljoen en tot 45 werksgeleenthede kan hieruit voortvloei. “Dit is ‘n enorme ontwikkeling en kan net tot voordeel van Darling en sy gemeenskap wees,” het burgemeester Tijmen van Essen gesê. Sommige van die poste is hoogs geskoold, soos die broumeester wat van Duitsland kom,
Philippa Woods (links) en Henrico Rooiland in die bierwinkel van Darling Brew.
maar daar sal ook heelwat ruimte vir plaaslike mense wees. “Ons personeel gaan goeie opleiding ont-vang,” het Philippa aan dié courant gesê. “As daar potensiaal is, sal ons van hulle as brouassistente oplei.” Nog ‘n vooruitsig vir die omgewing is die voorsiening van hop. “Daar is reeds belangstelling van plaaslike boere. Gesels met ons.” Darling Brew brou op die oomblik 40 000 liter bier per maand. Die nuwe aanleg sal hulle kapasiteit verdriedubbel. Philippa sê hulle verwag die eerste toerusting volgende maand van Duitsland af. “Ons wil graag die amptelike opening in September, saam met die blommeseisoen, hê.” Darling Brew het sy oorsprong in ‘n toer deur Afrika gehad. Die twee het in Oktober 2007 op ‘n 9-maande lange reis vertrek om veral Afrika se wildlewe te verken. “Drie dae ná ons vertrek het ons André van Sneeuberg Brouery by New Bethesda ontmoet. Hier het die kiem van ‘n mikro-brouery ontstaan en nadat ons brouerye in verskeie Afrika-lande besoek het, het ons geweet dit is wat die toekoms vir ons inhou.” “Ons het verwag om aan verskillende en interessante biere blootgestel te word, maar wat ons verras het, was die bierbottels wat al groter geword het. Ons het begin met 340ml in Botswana, 630ml in Zimbabwe, 550ml in Mosambiek en 750ml in Rwanda
“Ons bierdrink-aptyt het stadig gegroei soos ons noord gereis het. Toe ons suid draai in Zambië in het die klein 340ml-bottels weer opgeduik. Dit het nie reg gesmaak nie – dit was die helfte te min en het ons onvergenoegd gelaat. Ons het besef óns bier gaan in groot bottels kom. En die bottels gaan swart wees. “Terug op Darling het ons geweet dat daar ‘n groot taak voorlê om ons gedagtes en idees in ‘n realiteit te omskep. Ons was gereed vir harde werk, maar ons het nie die rompslomp voorsien nie.” Hulle het met ‘n klein brouery op Darling begin, maar maande later het hulle nog nie ‘n dranklisensie gehad nie. “Ons het ook besef dat ons daardie omstandighede nooit ons drome sou kon verwesenlik nie. Ons was op die punt om handdoek in te gooi, toe ons Chris Barnard, ‘n meesterbrouer, ontmoet. Hy het ingestem om te help. “Dit was sy kennis en passie vir bierbrou wat Darling Brew gebring het tot waar dit deel van die huidige bedryf geword het, wat biermaak tot ‘n kuns verfyn het.” Dit het ook beteken dat hulle besigheid tydelik Kaap toe verhuis het, met net ‘n bierwinkel op Darling. “Maar nou kom ons huis toe, waar ons hoort,” glimlag Philippa. Besoek hul webblad by www.darlingbrew. co.za vir meer inligting.
NUUS • NEWS
11 Februarie 2015
Buite-ekspo •NUUS 13-15 Februarie • NEWS 11 Februarie 2015
2
Sakekamer byeen Die Malmesbury Sakekamer se eerste vergadering van die jaar word op 17 Februarie gehou. Dit begin om 19:00 vir 19:30 by die Laerskool Swartland se sportsentrum. ”Ons wil graag al ons lede en hulle vriende en kollegas uitnooi om die jaar saam met ons te kom begin. Die bestuur wil veral die sakelui wat nie by die kamer betrokke is nie, uitnooi om die aand saam met ons te geniet.” Na die vergadering gaan hulle informeel om die braaivleisvure kuier, so aan die vooraand van ‘n besige jaar, wat reeds in volle swang is. Mense moet betyds bespreek, ter wille van die vleis wat voorberei moet word. Kaartjies beloop R100 per persoon en sluit die heerlike ete in. RSVP asseblief stiptelik teen Vrydag 13 Februarie om 15:45 by Toinette Niemann by Bester en Vennote, tel 022 482 1060.
Interskole:
Karlea Walters wen die 50m vlinderslag vir meisies 13 tot 14 by die Hoërskool Swartland se interskole gister teen Hugenote.
• verkiesing en jaarverslag onder die loep
Nuwe wyksgrense op vergadering bespreek
Twee belangrike openbare vergaderings vind binnekort in die Swartland plaas. Die eerste handel oor die herafbakening van wyksgrense met die oog op die plaaslike verkiesings in 2016 en die tweede oor die jaarverslag vir die afgelope boekjaar. • Die Munisipale Afbakeningsraad sal op Maandag 23 Februarie om 10:00 ‘n openbare vergadering in die banketsaal op Malmesbury hou. Swartland Munisipaliteit kwalifiseer weer vir 12 wyke vir doeleindes van volgende jaar se verkiesing. Gebaseer op die voorskrifte dat die getal kiesers per wyk in die geval van Swartland nie minder as 3281 en nie meer as 4439 kiesers per wyk mag beloop nie, het die afbakeningsraad ‘n voorlopige stel wykskaarte beskikbaar gestel, wat voorstelle bevat vir die herafbakening van sekere wyksgrense. Dié kaarte, wat nog geen wetlike status geniet nie, doen voorstelle aan die hand wat ge-
ringe wysigings behels van die grense van vier van die bestaande twaalf wyke, te wete wyke 1, 3, 4 en 6. Navrae kan gerig word aan me Madelaine Terblanche (direkteur: korporatiewe dienste) by die munisipale hoofkantoor (tel 022 487 9400). • Die Swartland Munisipaliteit se jaarverslag vir die 2013/2014 boekjaar, is nou ter insae van die die publiek. Dit sluit in die finansiële state, die ouditverslag van die ouditeur-generaal en die jaarlikse prestasieverslag. Mense kan vertoë met betrekking tot die jaarverslag skriftelik voor Woensdag 25 Februarie om 12:00 indien by: Die Munisipale Bestuurder, Munisipaliteit Swartland, Privaatsak X52, Malmesbury 7299. Die verslag is by die volgende kantore beskikbaar: Malmesbury: munisipale kantore, Wes-bank biblioteek, Malmesbury biblioteek; Moorreesburg: munisipale kantore, biblioteek; Koringberg poskantoor; Riebeek-Kasteel:
munisipale kantore; Riebeek-Wes: munisipale kantore; Darling: munisipale kantore, DarlingNoord biblioteek; Yzerfontein munisipale kantore; Abbotsdale: Bambino’s crèche, Kerstraat 143; Chatsworth biblioteek; Kalbaskraal: Cobblestone winkel; Riverlands: Highway kafee. Die jaarverslag is ook beskikbaar op die raad se webtuiste by www.swartland.org.za. Mense wat nie kan lees of skryf nie, kan gedurende normale kantoorure die munisipale kantoor op Malmesbury besoek waar u bygestaan sal word om u vertoë op skrif te stel. Navrae kan aan me Nicolette Brand (tel 022 487 9400) gerig word. ‘n Spesiale raadsvergadering vind op Donderdag 26 Maart om 11:00 plaas om die jaarverslag te bespreek, asook die vertoë daaromtrent ontvang. Die publiek is genooi om dié vergadering, wat in die Malmesbury banketsaal sal plaasvind, by te woon.
Laerskool Dirkie Uys Moorreesburg
GHOLFDAG 4 BBB Span inskrywing @ R1200
Laerskool Dirkie Uys se jaarlikse gholfdag word op Vrydag, 17 April 2015, in Moorreesburg aangebied. PRYSE EN ‘N HEERLIKE ETE VIR ALLE SPANNE! Skryf ‘n span in en kom geniet die dag saam met ons. As uself nie wil speel nie, maar net wil betrokke wees by die dag kan u pryse skenk, kontant donasies maak of ‘n span, setperk of bof borg. Borge is meer as welkom om hul bemarkingsmateriaal op die dag te vertoon. Laerskool Dirkie Uys is hoogs afhanklik van u bydrae en deelname en sal dit baie waardeer indien u sal inskryf. Kostes vir borgskappe: Span
@ R1200.00
Setperk @ R500.00 (putjie 1-8) @ R1000.00 (putjie 9) Bof
(Maksimum voorgee 18)
@ R500.00 (bowwe 2-9) @ R1000.00 (Bof 1)
Alle bydraes welkom.
Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak of vir die nodige inskrywingsvorms skakel gerus vir Eduan Meyer. Tel: 022 433 1082 Sel: 083 400 1986 KOM GENIET DIE DAG SAAM MET LAERSKOOL DIRKIE UYS!
NUUS • NEWS
3
11 Februarie 2015
Kontak ons by 022 487 3221 met nuus uit ons omgewing.
Dankie:
By die eerste algemene raadsvergadering van die Weskus Distriksmunisipaliteit is ‘n paar getroue werkers met sertifikate beloon vir hulle jarelange diens by die munisipaliteit. Die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harold Cleophas, wat die plegtigheid waargeneem het, het die lede bedank vir hulle onbaatsugtige diens. Onder diegene wat toekennings ontvang het, is amptenare met 25, 30 en 35 jare diens. Ook van die kant van die opposisie het die ANC hulle dank uitgespreek teenoor die werkers. Hier is die groepie saam met die burgemeester en Henry Prins, die munisipale bestuurder.
• VOLOP LEWENSVREUGDE
100 Jaar van vrede en liefde Lewensvreugde in oormaat - dit is die indruk wat tannie Baba Steyn (regs) by ‘n mens laat. Dié merkwaardige dame vier môre haar honderdste verjaardag saam met familie, vriende en die inwoners van Huis Aandskemering op Malmesbury. Tannie Baba is op Malmesbury gebore as Helena Jordaan Siebrits. “Maar my ma het begin om my ‘Baba’ te noem en vandag is ek `tánnie Baba’ – niemand sal weet wie Helena is nie.” Haar pa is oorlede toe sy drie jaar oud was en haar ma het vrou-alleen haar twee kinders grootgemaak. “Ons het gesukkel. Mamma was ‘n vroedvrou en ons was arm.” Die jonge Baba het die skool in st 7 verlaat om haar ma by te staan. Sy het al die jare in ‘n skoenwinkel gewerk, maar haar groot talent was naaldwerk: sy het haar eie klere gemaak, later ook vir haar kinders en ander mense. Op 24 is sy met Danie Burger getroud, ‘n rangeerder op die Spoorweë. “Hy het van Barrydale af gekom. Almal se vriend en ‘n groot Christen,” onthou sy met ‘n glimlag. Die egpaar het drie seuns gehad: Pietie, Dawie en Christie. Danie is ná 13 jaar oorlede en tannie Baba het besluit sy sal nie weer trou nie – sy sou nooit weer so ‘n goeie man kry nie. “Maar vyf jaar later ontmoet ek Danie Steyn van Riversdal. Hy het nes my eerste man gelyk (ek het dit nooit vir hom vertel nie): veral sy hande, ook sy geaardheid. Die Here het my man vir my teruggegee. Ons was só gelukkig! Danie was goed vir my kinders: streng, maar goed.” Danie het haar na 26 jaar ontval, “maar ek het soveel vriende. Almal is so goed vir my." Ook die personeel van Aandskemering kry net lof: “Hulle kyk so mooi na ons, selfs in die nag kom kyk hulle of alles reg is. Ek is lief vir hulle almal.” Tannie Baba se groot hartseer is haar seun, Dawie, wat aan ‘n hartaanval dood is. "Maar ek is oor dit en sy vrou is nog deel van my lewe. “Ek het die drie pragtigste skoondogters: hulle is baie goed vir my.” Tannie Baba het ook ses
kleinkinders en twee agterkleinkinders. Een van die kleinkinders kom al die pad van Japan om môre by haar verjaardag te wees. Sy het baie jare in Truterstraat 35 gewoon. Later het sy ‘n tyd lank in Elmarhof gebly, voor sy eers Amandelrug en toe Aandskemering toe is. Tannie Baba is ‘n kindermens by uitnemendheid. Sy kyk ook uit hierdie oogpunt na ander mense: “Ek het nie Mandela self geken nie, maar hy was ‘n kindervriend en dit is my Mandela wat ek liefhet. “Weet jy waar is hy nou? Hy staan by die hek van die hemel en hy verwelkom elke kind wat daar aankom…” Tannie Baba geniet goeie gesondheid. Sy loop deesdae wel met ‘n kierie en sukkel bietjie met haar oë: “Maar my dokter sê ek is die gesondste mens wat hy ken.” En haar geheim? Dit is nie net sommer praatjies as sy vertel dat sy gelukkig is nie, sy leef dit. “’n Mens moet net die Here se hand vashou. Vra wat jy nodig het, maar gee ook. As ek moet kla, sal ek sonde doen.” Hier is ‘n vrou wat deur die soet en suur van die lewe geleef en die vrede, liefde en geluk om haar versamel het.
NUUS • NEWS
courant
11 Februarie 2015
dié
4
Liefde, Valentyn, respek en agting
In Februarie is daar een dag waar ons die liefde vier. Waar daar rooi rose gekoop word dat dit klap, sjokolade verober word tot jy tot oorlopens toe soet is, liefdeswoordjies gefluister word tot selfs jy wonder waar die digter in jou vandaan kom. Die liefde is nou maar een van daardie dinge wat 'n mens nie kan verklaar nie. Hoekom jy juis vir een persoon lief word, weet ons nie. Die geleerdes sê dit het iets met feromone te doen, maar hiervan is ek nie so seker nie. As 'n klein dogtertjie droom die meeste vroue om eendag "prince charming" te ontmoet. Om van jou voete af geswiep te word, holder-stebolder geduik te word deur ware liefde en vir ewig en altyd gelukkig saam te leef. Dit is 'n sprokie. Die lewe is nie een wat begin met "eendag lank, lank gelede" nie. Die liefde kan jou slapelose nagte gee, kan jou kop deurmekaar maak, kan jou hart breek, maar dit kan jou ook op jou gelukkigste maak. Liefde en die huwelik is nie iets wat ligtelik hanteer moet word nie. Dit verg werk, wedersydse respek en vertroue. Om vir iemand lief te wees, moet jy eers vir jouself lief wees. Jy moet weet wanneer om te gee, wanneer om te neem. Wanneer om terug te staan, wanneer om die minste te wees. Jy moet weet wanneer jy 'n wag voor jou mond moet plaas en liefs op jou tande byt. Die liefde is die een groot lekkerte in die lewe. Dit hou jou warm. Gee jou veiligheid en stabiliteit. Hanteer dit met respek, want jy werk met jou hart én iemand anders sin. Jou man, vrou, kêrel, meisie, ander helfte, is nie 'n besitting nie. Dit is iemand in eie reg. Behandel hom/haar met die nodige respek en agting en jul liefde sal altyd blom.
Kerk toe met skoolklere: Die Jubilee Life Ministries op Moorreesburg se gemeente het onlangs
onder leiding van pastoor Freddy van der Horst 'n "Back 2 School"-diens gehad. Almal was geklee in skoolklere en die diens het herinner aan die dae toe ons nog op skool was. Die beplanning vir die jaar is dat die kerk elke eerste Sondag van die n puwe maand 'n tema sal hê waarvolgens gemeentelede sal aantrek. Op Sondag 1 Maart sal dit Jeans en Tekkies wees! Hou gerus facebook dop vir meer inligting. Almal is welkom.
Onder: Wim Smit, wynmaker van Hofstraat Kelder en Adi Badenhorst het hul wynkennis met die gaste gedeel.
DME:
Dis Goeie Nuus
Die Darling Music Experience het 'n draai op Malmesbury by Myrtledene gemaak en die gehoor met hul musiek bekoor. Bo is Dawen Carter, Mac McKenzie, Ramon Alexander, Wesley Valentine en Annamarie Nel.
Dr Andrew Bosman
Moenie oordeel nie Ons het almal ‘n opinie. Die opinie word gevorm uit ons ondervinding met soortgelyke ervaringe. ‘n Negatiewe opinie is ‘n vorm van oordeel. Ons spreek uit wat gaan gebeur in‘n sekere geval. Aan die ander kant kan‘n positiewe bydrae ‘n verskil in die lewe maak en deel van die oplossing wees. Mattheus-evangelie se hoofstuk sewe behandel oordeel. Ons word aangeraai om nie iemand of ‘n saak te oordeel nie, sodat ons ook nie geoordeel word nie. Ons sal met die gesindheid waarmee ons die saak benader ook self benader word! In ons land, veral in die politieke arena, kry ons baie oordeel en uitsprake. Selfs in die volksmond is daar verskillende gesegdes soos: mense wat in glashuise woon moet nie met klippe gooi nie, of vee eers voor jou eie deur. Maar wat sê die Woord? Om jou broer se splinter te verwyder sodat hy beter kan sien, moet ons eers die balk uit ons eie oog uithaal. In Johannes agt sê Jesus dat die een wat sonder sonde is die eerste klip kan gooi. Die beskuldigers het die een na die ander weggestap, sonder om ‘n klip te gooi!.
Skorsie: Paul Rossouw van Malmesbury het op sy plaas
Langkloof in die Paardeberg 'n tamaai-skorsie gekweek. Dié skorsie het die skaal laat kreun op 3.860kg, tog het die spesifieke groente geen ekstra aandag geniet nie en vanself so reusagtig gegroei. Links is die skorsie in vergelyking met 'n normale grootte skorsie, appel, piesing en suurlemoen.
Wetenskap: Die leerders van Dar-
ling College het hul lyf wetenskaplike gehou en allerhande eksperimente gedoen in hul "Mad Scientist"-dag. Foto: Jenine Jerling
NUUS • NEWS
5
11 Februarie 2015
Skryf in vir 'Jongboer van die Jaar' Inskrywings vir Agri Wes-Kaap en Santam Landbou se Jongboer van die Jaar-kompetisie sluit op Vrydag 27 Februarie. Die kompetisie kyk na jongboere wat deur toewyding en passie bydra tot die groeiende bevolking se behoefte aan voedselsekerheid. Die Wes-Kaapse wenner, wat in Mei aangekondig sal word, dring deur na die nasionale Toyota SA Agri SA Jongboer van die Jaar wat later vanjaar aangebied word. ‘n Splinternuwe Toyota-bakkie is onder meer vir die wenner op die spel. Agri Wes-Kaap gee ook vanjaar aan lede van die publiek die geleentheid om ‘n jongboer vir die kompetisie te nomineer. Enige produsent onder die ouderdom van 35 jaar mag aan die kompetisie deelneem en lede van die publiek wat voel ‘n spesifieke produsent verdien erkenning, kan hom of haar vir die kompetisie nomineer. Skakel Johanne Rossouw by 021 860 3804 of johanne@awk.co.za om ‘n waardige kandidaat te nomineer. Jongboere word ook aangemoedig om vir die kompetisie in te skryf om hulle kundigheid, ervaring en visie vir die landbousektor te deel deur die wye mediadekking wat aan die provinsiale wenners gegee word. Inskrywingsvorms is beskikbaar by Johanne Rossouw by 021 860 3804 of johanne@awk. co.za. Gaan 'like' die Agri Wes-Kaap Facebookbladsy om op hoogte van die kompetisie en die finaliste te bly.
Selected products on this page have been styled for photography
County Fair Fresh Chicken Drumsticks and Thighs
SAVE R14
E R O M
Per kg
49
R
PnP Bulk Farmhouse Wors Per kg
FRESH
Fresh Fruit
Butchery
Bakery
15
R
PnP Banana Prepack Each
Construction nearly completed
West Coast College in Malmesbury underwent immense transformation in the last few years. The Principal, Ms Osma Jooste-Mokgethi, said Malmesbury will, for the very first time, have its own campus as sixteen of the new classrooms have been completed and all students are expected to move onto the premises from this month. The new central office is expected to be completed in June whilst construction at various residence facilities is nearly finished. • With the national unemployment rate around 26% it has become critical for public and private sector to collaborate and partner to educate and up-skill individuals. West Coast College and the Department of Economic Development and Tourism (DEDAT) recently introduced an Occupational Readiness Programme (ORP) for unemployed individuals, who do not meet the minimum requirements for mainstream studies. The programmes will serve as a bridging course, which will enable the students to gain access into tertiary engineering studies. The multiphased training programmes will skill learners specifically in the artisan and engineering field. • Due to the high demand and popularity of engineering offerings the college will expand their Trimester N1 offerings to all campuses in 2015. The Minister’s declaration of 2014-2024 as “The Decade of the Artisan” aims to entice students to take up careers in the engineering fraternity. Students with a grade 9 qualification can enrol for these courses, offered in block of four months each. Subjects include Mathematics, Science, Steel Drawings, Metal Drawings and Electrical Wiring. On completion of an N2 students can be indentured as an apprentice. West Coast College’s engineering offerings are amongst the best in the country and recent reviews by host employers of students for Workplace Based Experience underlined this statement. Trades include Fitting and Turning, Fabrication, Electrical, Bricklaying, Painting and Carpentry. Engineering is also becoming more popular amongst female students: approximately 40% of the total annual intake, assisting the national shortage of women in this career field.
36
95
19
90
79
R
6
19
24
PnP Pure Sunflower Oil 2 Litre
PnP Milk Tart Each
Flora Fat Spread Assorted 500g Tub Each
Enterprise Bits o’ Bacon 250g
25
90
PnP Carrots 1kg
90
R
80
19
95
PnP Bulk Braai Pack Consists of Tenderised Steak, Lamb Braai Chops and Oukraal Wors Per kg
PnP Ring Doughnut 6s
Spekko Parboiled Long Grain Rice 2kg
18
70
89
SAVE R3
Douwe Egberts Coffee Assorted 200g (Excluding Decaf) Each
21
R
90
Clover Ultra Pasteurised Full Cream or 2% Milk 2 Litre Each
BUY ANY 4 FOR
10
R
Maggi 2-Minute Noodles 73g
SAVE R12
37
90
Sunlight 2-in-1 Auto Washing Powder 2kg or Liquid Detergent 1.5 Litre Each
OUT OF CASH?
SAVE R12
42
Spend your points
90
Twinsaver 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
Don’t pay a cent more than you have to.
Switch points to cash back on your card at the obil ob ile e Ap App p kiosk or on the Pick n Pay M Mobile Terms and conditions apply
See terms and conditions at www.picknpay.co.za/brandmatch
PRICES VALID 10 - 15 FEBRUARY 2015 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE ONLY Excluding Beaufort West, George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Namibia, Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. smart shopper points will still apply in Express stores, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. www.picknpay.co.za Customer Care 0800 11 22 88. Toll free landline only. Cellphone rates apply. Shop in store or online at www.pnp.co.za/shop. Some products may not be available in all stores. Certain promotional stocks are limited. Information correct at time of print. Prices inclusive of VAT, where applicable. smart shopper terms and conditions apply. E&OE. 1188303_390x198
6
NUUS • NEWS
11 Februarie 2015
Buite-ekspo 2015: Reg vir pret, plesier en avontuur Terreinkaart • Terreinkaart • Terreinkaart • Terreinkaart • Terreinkaart •
Wenners van naweekkaartjies Die wenners van die 15 enkel naweekkaartjies na die Kyknet Buite-ekspo is: Bernadene Liebenberg (Darling), Johan Spies (Porterville), Adri Esterhuizen (Malmesbury), Debbie van Zyl (Malmesbury), Martha Carstens (Moorreesburg), Pieter Hanekom (Moorreesburg), Dorethy Douglas (Malmesbury), André Verster (Langebaan), Guswill Cleophas (Darling), Petro Prichard (Malmesbury), Evenlencia Petersen (Abbotsdale), Marlene Carstens (Malmesbury), Vanya Botha (Malmesbury), Divan Wiese (Malmesbury). Baie geluk! Jul kaartjies kan by dié courant se kantore in Hugenotestraat 24 afgehaal word.
Die terrein is gereed en daar word reeds kliphard gewerk om alles gereed te kry vir hierdie naweek se kykNET Buite-Ekspo wat die tweede keer op Môreson buite Malmesbury plaasvind. Nadat die besoekergetalle verlede jaar (bykans 12 000) alle verwagtinge oortref het, is die ekspo vanjaar groter met 'n wye verskeidenheid van gesinspret vir pa, ma en die kinders. Daar is tientalle buitelewe-uitstallings, ‘n groot Deli en Kunsmark vir die vroue, kindervermaak, 'n 4x4-baan en veldrenaksie vir die motorliefhebbers. Van die nuutste woonwa- en motor-modelle van die topfabrikate, reisuitstallers, kos, die heel nuutste in buitelewetoerusting, volop spesiale aanbiedinge, Makietie-kokke, Tiaan en Mynhardt, aan die kook in hul eie restaurant-tent, asook 'n Swartland Toerisme-uitstalling wat vanjaar die poort vorm tot die binnekring van aktiwiteite. In die Swartland: Meer Sonskyn, Meer Spasie, Meer Sielerus. Soos verlede jaar is daar 'n pretpark en helikopterritte, Andre de Villiers van Safari 4x4 Roetes se 4x4 ritte, heelparty restaurante en top-kunstenaars en 'n geleentheid vir 4x4-geesdriftiges om self te kom ry op die familiepretbaan. Weskus is sinoniem met snoek en die vure brand Vrydagaand hoog vir die amptelike opening en die Namchar-snoekbraai met Erik de Milander. Sjef Vaatjie van Toks en Tjops sal Saterdagoggend saam met Nadia Beukes (Boer soek 'n Vrou-aanbieder en nou ook te sien in Mooirivier), Neels van Jaarsveld en Romanz se André Venter die Jimmy Steakhouse sauce-potjiekosuitdaging aandurf met lede van die publiek. Daar is ook 'n Lollos-vertoning vir die kinders. Die Olof Bergh-verhoog is weer propvol gewilde kunstenaars waaronder David Fourie, Amore, Nadia Louw, Cheree, Rinel Day, Karen Ferreira, Wynand Windpomp en Riaan Grobler en Manie Jackson om Saterdag Valentynsaand af te sluit. Kaartjies is beskikbaar op computicket en by die hekke. Besoek gerus die buite-ekspo se webwerf: www.ekspo.co.za of hul facebook-blad.
Speelgoed met adrenalien Wild Adventure, WAVOLT, gaan die eerste keer hulle nuwe avontuur -leefstyl bekendstel gedurende die Kyknet Expo wat van Vrydag tot Sondag op die Môreson-plaas buite Malmesbury plaasvind. WAVOLT spesialiseer in avontuur-motorfietstoere in Suid- Afrika en buurlande. Hulle filosofie is om die individu vryheid te bied binne die beskerming van ‘n groep . Besoek hul avontuur-leefstylkamp by perseel 72 waar hulle nuwe roetekalender vir 2015 te same met die nuutste avontuur-motorfietse en -toerusting te siene is. WAVOLT - Where adventure is a way of life 082 500 1925.
NUUS • NEWS
11 Februarie 2015
7
NUUS • NEWS
8
11 Februarie 2015
Redder: Mar
de la Porte van Hoërskool Swartland is deur die NSRI vereer as Junior Bemanningslid 2014. Marc, wat reeds vyf jaar 'n lid van die NSRI Melkbosstrand is, het ook 98% gekry vir sy Vlak 3 Gevorderde Noodhulpkursus.
Krieket: Die krie-
ketspanne van Malmesbury en Darling het Saterdag teen mekaar op Malmesbury te staan gekom. Links is Divan Robertson van Malmesbury wat 'n bal van F Hoogbaard van Darling inwag, terwyl Nicky Arendse agter die paaltjies waghou. Malmesbury het Darling geklop en sodoende as die wenners van die BolandSentraal-liga die seisoen beklink.
HSS:
Helena Brits (links) en Burnese Jooste het hulle by die personeel van Swartland Hoërskool aangesluit.
Darling VRL: Die Laerskool Darling se nuwe verteenwoordigende raad van leerders Bome:
is agter: Sachin Apolles, Jenewieve Hopley, Johnne-Leigh Filander, Chad-Lee Valentine en Masiano Bruintjies. Voor is Sergio Williams, Tyla Curnow, Mozaine Marthinus, Julian Fortuin (hoofseun) en Rhuwena Tango (hoofmeisie).
Marius Jerling, die skoolhoof van Darling Kollege, het besluit om elke jaar op sy verjaardag 'n boom vir die skool te skenk. Dié bome kan dan saam met die skool groei en deel van 'n tradisie word. Die tweede boom, wat hy vanjaar geplant het, is in die pre-primêr se terrein geplant: 'n pragtige wit stinkhoutboom wat saam met die kleintjies kan groei en skadu gee.
Liebenberg:
Agt nuwe personeellede het vanjaar by Liebenberg Primêr begin. Voor: Azille Liebenberg, Dane Angelo Eksteen en Melissa Moses. Agter: Louise Els, Chantell Maarman, McWarren Harmse, EJ Pieterse en SJ van Rhyn.
Kontak ons met jou skolenuus by 022 487 3221 of stuur dit na izelle@ diecourant.co.za
Nuut: Simone Schil-
ling is as die nuwe Graad 2 Engelse onderwyser by Laerskool Riebeek-Kasteel aangestel.
NUUS • NEWS
9
11 Februarie 2015
Swartland Atletiek: Laerskool Rie-
beek-Kasteel het 20 leerders in die Swartland atletiekspan wat die naweek aan die WesBolandkampioenskappe op Porterville gaan deelneem. Hulle is: William de Bruin, Dylan Visser, Jano van Wyk, Hendrik Mouton, Corne Oliphant, Maretha Brink, Rone Swartz, Grete Dippenaar, Adhelle van der Poll, Dalene Koegelenberg, Haydre Hendricks, Callan Petersen, Jurian van Santen, Adriaan Vlok, Ileen van Schalkwyk, Zete Adams. Danelle Steyn en Kadie May Balie. Michelle van Schalkwyk en Lleyton Muller is afwesig.
Gala:
Liam Otto gee sekure hale in CPM op Malmesbury se swemgala.
Tweekamp: Hierdie atlete van Hoërskool Swartland was in die Bolandspan wat
aan die tussenprovinsiale byeenkoms op Oudtshoorn deelgeneem het. Van links is Renelda Scholtz, Ester van der Merwe, Micke Smit en Braam Esterhuizen. By die onlangse tweekampbyeenkoms op Robertson het hulle ook goed gevaar. In die meisies o.19 was Renelda eerste (2252 punte) en Ester tweede (1924). In die meisies o.17 was Micke eerste (2233) en Braam was sesde in die seuns o.17 (2081).
Presteer:
Wen: Malmesbury Superspar het in samewerking met Nestle
'n kompitisie aangebied waar 'n gelukkige wenner twee Campmaster stoele en koelboks kon wen. Cecilia Lambrecht van Malmesbury was die gelukkige wenner van die prys. Hier oorhandig Magda Booyens (links) haar prys.
Hierdie leerders van CPM op Malmesbury het by die Swartland atletiekbyeenkoms goed presteer en sal aan die Wes-Boland-kampioenskappe deelneem. Hulle is Hendré de Kock (vierde gewigstoot o.10), Dezré Goosen (eerste in gewigstoot o.11), Corli de Clercq (derde in diskusgooi o.13) en Kara Jordaan (tweede in diskusgooi en eerste in hoogspring o.13). By hulle is Diederik Niehaus, hul sportafrigter.
NUUS • NEWS
10
Never Despair speel tuis in kompetisie Never Despair Rugbyklub van Malmesbury draf Saterdag tuis teen SK Walmers uit in die eerste ronde van die Community Challenge Cup 2015. Tien klubs van die Boland Rugby Unie en WP Rugby Unie pak mekaar Saterdag in die eerste wedstryde van dié kompetisie. Die Boland-klubs is Hawston, Never Despair, Saldanha, Roses United en Vredenburg. WPklubs: Valsbaai, Belhar, Paarl Streek, SK Walmers en Primrose. Die doel met die kompetisie is om verhoudinge tussen Boland en WP Rugby te verstewig, asook om klubrugby te verbeter. Hierdie en ander kompetisies, soos die FNB Varsity Cup en die Cell C Community Cup, bied aan jong spelers waardevolle geleenthede om hul talente te ontwikkel en ten toon te stel. • Darling Rugbyklub bied Saterdag sy jaarlikse sewes-toernooi aan. Belangstellendes kan Benito van Bo kontak by 078 599 4174.
Kishou: Resé Neethling het Saterdag
haar vernuf op die tennisbaan gewys toe sy vir Malmesbury teen Maties gespeel het.
Oefen: Riebeek United
Rugbyklub het in aller erns met hul voorseisoen-oefeninge begin. Regs word André Heynse vir sy liggaamsvet getoets. Onder is dit Lorenzo la Meyer wat wegtrek met sy 40m naelloop wat hy in 5.42sek voltooi- het.
Wees sonslim Velkanker is een van die mees algemene kankers in Suid-Afrika. Die Kankervereniging van Suid-Afrika, Kansa, waarsku dat ten minste 80% van velskade wat deur die son veroorsaak word, plaasvind voor die ouderdom van 18 jaar. Kansa gee die volgende waarskuwingstekens van velkanker (A, B, C, D, E): A-simmetries – ‘n merk met een helfte anders as die ander helfte (dus nie simmetries nie). Gewone moesies is rond en simmetries.
11 Februarie 2015
Buitelyn-afwykings – gekartelde, swakomlynde kante. Gewone moesies is glad en het gelykmatige rante. Chromatiek – kleurvariasies: taankleurig, swart, bruin, rooi, wit of blou. Gewone moesies is gewoonlik ‘n enkel-skakering van bruin of swart. D – ‘n deursnit van meer as 6mm. Evoleer – word groter en meer prominent. Skakel Kansa tolvry by 0800 22 66 22 of gaan na www.cansa.org.za vir meer inligting.
Bederf jou vel so... ’N GOEIE REINIGINGSMIDDEL Gebruik ’n wateroplosbare middel en vermy sterk skoonmaakmiddels en lyfseep wat jou vel se natuurlike olies kan vernietig en jou vel se pH kan versteur. Vermy ekstra warm water, dis sleg vir jou vel en as jy dit gereeld doen, maak dit jou vel weerloos, droog en sensitief. Onthou, ons het ons natuurlike velolies nodig, anders sou ons dit nooit gehad het om mee te begin nie. Kies ’n produk wat by jou vel en leefstyl pas. Romerige reinigingsmiddels sal byvoorbeeld goed werk vir droë, sensitiewe of meer volwasse velle, terwyl ’n jel wat skuim meer geskik is vir ’n jonger vel, aknee of ’n olierige tipe vel. Jou vel behoort nie te trek of te droog te voel na die reinigingsproses nie. Indien dit doen, is die produk nie reg vir jou vel nie. ’N GOEIE AFSKILFERINGSMIDDEL As jy jonk is, vind natuurlike selhernuwing elke 28 dae plaas, maar soos jy ouer word neem die proses heelwat af en kan dit tot en met 90 dae neem. Die rede hiervoor is omdat ons vel se natuurlike ensiem, Cathepsin D, óf onaktief raak as gevolg van verwaarlosing óf verminder as gevolg van ouderdom. Die gevolg is dan dooie selle wat ophoop en ons vel leweloos en met ’n growwe tekstuur agterlaat. Dit is dus baie belangrik om gereeld van die dooie selle ontslae te raak deur middel van afskilfering. Hoe meer gereeld ons afskilfer, hoe vinniger vind die proses van selhernuwing plaas. Ou, beskadigde selle, word verwyder en nuwe, gesonde selle kom te voorskyn. Die gemiddelde afskilferingsproses kan tussen twee tot drie maal per week herhaal word en die regte produk moet weer eens gekies word volgens jou vel se behoeftes. Daar is drie verskillende vorme van afskilfering: -Meganies: ’n Metode wat tekstuur gebruik om die vel te skuur, byvoorbeeld korreltjies. Dit is goed vir bloedsirkulasie en om van dooie sel-
le ontslae te raak. Dit is ideaal vir ’n jonger, gesonder vel, maar nie die beste keuse vir swartkoppies, ouer velle of aknee nie. -Chemiese: Dit klink vreesaanjaend maar is eintlik ’n baie suksesvolle oplossing vir omtrent enige velkondisie. Al wat dit beteken, is dat die bestanddele in ’n laboratorium geformuleer is. Onthou water is ook ’n chemiese bestanddeel (H2O). Só, moenie dat die woord chemies jou afskrik nie. Chemiese afskilferings ‘skuur’ nie die vel nie, maar los die bindings tussen die dooie selle op en sodoende val die onnodige dooie selle af. Verskillende vorme van chemiese afskilferings is: AHA, Alfa-hidroksisuur – verbeter veltekstuur, kleur, hidrasie, gloei en absorbsie. Enige veltipe kan baat by hierdie bestanddeel behalwe baie droë en sensitiewe velle. BHA, Beta-hidroksisuur – help vir olierige, aknee en pigmentasie velle. Dit is ’n olieoplosbare bestanddeel, en verskaf dus die beste resultate vir oppervlakkige swartkoppies, verstoppings en aknee. -Ensiem: Sekere ensieme verteer proteïen en ‘eet’ dus letterlik die dooie selle (soos Pacman), so die afskilferingsproses is mikroskopies en heeltemal gevoelloos. Afhangende van watter produk jy gebruik, mag die ensiem klaar geaktiveer wees met aanwending (in ’n serum vorm), en soms benodig dit hitte en water om die ensieme te aktiveer. ’N GOEIE VOGROOM Daar is heelwat faktore wat ’n belangrike rol speel in die voginhoud in ons vel. ’n Goeie vogroom moet egter steeds elke dag aangewend word. Dis ook juis as gevolg van die uitstekende tegnologie wat vandag beskikbaar is dat ons fantastiese aktiewe bestanddele op die manier in ons epidermis kry. Goeie vogrome met die regte bestanddele sal jou vel genoeg voed en beskerm sonder om dit te verstop en velreaksies te veroorsaak. Dit is egter noodsaaklik om altyd ’n vogroom aan te wend na jy jou gesig gewas het. Selfs olierige velle het ’n sekere hoeveelheid vog nodig. ’n Bevogte vel is ’n gelukkig vel wat goed en normaal kan funksioneer. 4. SONSKERM Dit is seker die belangrikste produk, wat jy van jongs af moet gebruik. Die heel eerste stap van ’n gesonde velsorgroetine vir ’n vleklose vel begin met jou daaglikse sonskerm. Dit is immers die sonstrale of ultravioletbestraling wat grootliks verantwoordelik is vir die afbreek van kollageen, abnormale elastisiteit, dehidrasie, hiper-pigmentasie, die afbreek of onderdrukking van ons vel se immuniteit, die oorsaak van velkankers en sensitiewe velle, omdat die beskermende vellagie vernietig word. Dit is dus noodsaaklik vir velle van enige ouderdom – al is jy meeste van die tyd binne -ongeag wat die seisoen is.
NUUS • NEWS
11
11 Februarie 2015
Hou jou brein jonk Vergeet jy mense se name sekondes nadat hulle aan jou voorgestel is? Of sukkel jy dalk om te onthou waar jy jou sleutels en beursie gesit het? Hier is drie wenke om jou brein jonk te hou: Dans is goed vir jou brein: ’n 2003-studie wat in die New England Journal of Medicine gepubliseer is, wys dat bejaardes wat drie tot vier dae per week dans, veral baldans, ’n 75% laer risiko het om demensie te ontwikkel, vergeleke met dié wat glad nie dans nie. Leer nog ’n taal: Tweetalige mense ontwikkel demensie gemiddeld vier en ’n half jaar later as mense wat net een taal praat. Mense wat meer as een taal magtig is, konsentreer ook beter. Verander lettertipe: In plaas daarvan om dokumente in Arial of Times New Roman te lees, probeer liefs lettertipes soos Comic Sans of Bodoni wat moeliker is om te lees. Jou brein raak sterker as jy hom harder laat werk.
Veilige water-wenke vir enige huis Somer beteken hitte en dit is vir die meeste kinders sinoniem met water. Ongelukkig is daar elke jaar talle verdrinkings en amper-verdrinkings. Die slagoffers is meestal kinders tussen twee en agt jaar oud wat in openbare en privaat swembaddens, damme en riviere swem. - Die belangrikste reël is om kinders nooit sonder toesig en alleen by water te los nie. Dit is baie algemeen om onder water ’n kramp te kry of dat iemand dalk hul kop teen ’n swembadrand of ’n klip stamp; daarom is dit altyd noodsaaklik dat ’n volwassene in die omtrek
is ingeval ’n krisis ontstaan. - Veiligheid is die wagwoord by swembaddens. Kinders moet so jonk moontlik swemlesse kry, of ten minste dryf- of lewensreddingstegnieke leer. - Dit kan help as ouers en ouer kinders noodhulp leer ingeval ’n krisis ontstaan om die mens wat in gevaar is te stabiliseer. - Span ’n veiligheidsheining om jou swembad met ’n hek wat outomaties toeslaan en sluit. Moet nooit die hek by ’n swembad oop los nie. As daar ‘n net is, maak seker dit is altyd oor die swembad gespan.
NUUS • NEWS
12
11 Februarie 2015
Wen met dié courant en Valentynsdag dié courant, in samewerking met plaaslike besighede, gee in die week van liefde 'n klomp lekker pryse weg waarmee jy jou geliefde kan verras en bederf. Om hiervoor in aanmerking te kom, moet jy jou gedagtes vrye teuels gee, jou skrywerspen uitpluk en vir ons 'n liefdesgediggie van vier reëls skryf.
Stuur jou gedig voor môre-oggend 09:00 na 084 8333 813 en staan 'n kans om groot lekkertes te wen. Die wenners sal Donderdagmiddag bekend gemaak word en pryse kan Vrydagoggend by ons kantoor in Hugenotestraat 24, Malmesbury, afgehaal word. Toe-toe, laat waai en skryf!
Vanwaar die tradisie? Valentynsdag het waarskynlik sy oorsprong van die antieke Romeinse fees van Lupercalis, wat op 15 Februarie gevier word, gekry. Die feesvieringe is geleidelik geassosieer met die feesdag (14 Februarie) van twee Romeinse martelaars, albei St Valentine genoem, wat in die derde eeu geleef het. St Valentine is tradisioneel eerbiedig as die beskermheer van verliefdes. Vandag erken die Katolieke Kerk ten minste drie verskillende heiliges wat Valentine of Valentinus genoem was – van wie almal gemartel is op 14 Februarie – ten minste twee van hulle in Italië gedurende die derde eeu. Die mees gewilde kandidaat is egter ‘n derde eeuse priester wat Christenskap gepraktiseer en geheime huwelike voltrek het – teen direkte opdragte van Keiser Claudius II wat geglo het ongetroude soldate sou makliker by sy weermag aansluit. Die legende is dat Valentine ‘n nota aan sy vriendin (die gevangene se dogter) gestuur het wat sê “From your Valentine” voordat hy tereggestel is op 14 Februarie in 270 nC (Hierdie frase word steeds vandag prominent in kaartjies gebruik). Valentyn simbole: Volgens legende is rooi rose die gunsteling blom van Venus, die Romeinse godin van liefde. Rooi is ook ‘n kleur wat sterk gevoelens vereenselwig. Kant is lank gelede reeds gebruik om dames-sakdoekies mee te maak. Honderde jare gelede het vroue hul sakdoeke laat val wanneer hulle hul oog op ‘n man gehad het. Só het mense aan kant begin dink wanneer hulle aan die liefde dink. “Lovebirds”, soos ons almal weet, is ‘n kleurvolle voëltjie wat in Afrika voorkom. Hulle is só genoem aangesien hulle graag na aan mekaar sit, soos verliefdes doen. Duiwe is simbole van lojaliteit en liefde – hulle is lewenslank 'n paar en deel die verantwoordelikheid van hul kleintjies. Waar kom die “X” teken wat ‘n soen verteenwoordig van-
daan? Hierdie tradisie het met die Middeleeuse gebruik ontstaan. Mense wat nie kon skryf nie, is toegelaat om dokumente met ‘n “X” te teken. Dit ondertekenaar het ‘n soen op die “X” geplaas om sy opregtheid te bewys. Dit is hoe die “X” ontstaan het as ‘n teken van ‘n soen onder aan ‘n brief. Ander Valentyn tradisies: Die geskenk met blomme op Valentynsdag dateer waarskynlik terug tot so vroeg as die 1700's toe Charles II van Swede, die Persiese poëtiese kuns genaamd “the language of love” na Europa gebring het. Regdeur die agtiende eeu is ‘n blomme-woordeboek gepubliseer wat toegelaat het dat geheime uitgeruil word met ‘n lelie en geselskap het plaasgevind deur ‘n ruiker van blomme. Die roos, wat liefde vereenselwig, is waarskynlik die enigste blom met ‘n mening wat universeel verstaan word. Die rooi roos is steeds die mees gewildste blom wat deur mans vir hul geliefdes gekoop word. In meer onlangse jare het mense begin om hul geliefde blom vir hul geliefdes te stuur – in plaas van net rose. Van die gewildste blomme is lelies, tulpe, angeliere en madeliefies. Sjokolade in mooi versierde hart vormige boksies is ook baie gewild. Blykbaar het geskenke van sjokolade en blomme nie die gewilde Valentynsdag kaartjies vervang nie. Sedert 1915 het Hallmark, die leier in die kaartjie industrie, kaartjies ontwerp wat in koeverte gepos kon word. Die uitvinder, Joyce Hall het reeds so vroeg as 1910 begin deur kaartjies uit twee skoenbokse aan mense te verkoop. Hierdie Nebraska-tiener met die groot idees, het ‘n enorme besigheid en wêreld heerskappy gebou. Vandag maak Hallmark kaartjies in 30 tale en verkoop hulle in oor die 100 lande.
NUUS • NEWS
11 Februarie 2015
13
'Ja' op die Dagboek • Calender dag van liefde Melanie Stemmet en Joost Steenkamp gee mekaar Saterdag die ja-woord.
Valentyn is die dag van liefde en romanse. Vir Melanie Stemmet en Joost Steenkamp sal Saterdag ook die kroon op hulle liefdesverhaal span, wanneer hulle ewige trou aan mekaar beloof. “Ons het mekaar op die 1ste Januarie 2013 ontmoet en dit was liefde met die eerste oogopslag,” het Melanie aan dié courant vertel van dié aand wat sy en ‘n vriendin Joost by ‘n kuierplek op Agulhas ontmoet het. Hulle was onmiddellik aangetrokke tot mekaar. “Ek het skoorgesoek met hom en daar het alles begin!” Melanie het op Malmesbury grootgeword en
Joost op Wellington. Die twee woon deesdae op Swellendam, maar wou hier trou. “Valentynsdag was maar per toeval: dit is al datum wat beskikbaar was,” lag sy oor die troue by Het Vlock Kasteel, buite Riebeek-Kasteel. “Maar nou is dit ‘n bonus – Joost sal nooit ons troudag kan vergeet nie!” Dit is boonop sy pa se verjaardag. Ook die gaste is gelukkig: hulle Valentynsdag is sommer kant en klaar gereël! Melanie is die dogter van Johan en Susan Stemmet en Joost se ouers is Hennie en AnnaMaré Steenkamp.
Lewe, Landskap & Gedaante
Herdenk:
Jody en Genna Marais het op 13 Februarie 2014 trou aan mekaar beloof by die Strandkombuis op Yzerfontein. Jody het spesiaal 'n kopie van daardie week se uitgawe van dié courant aangevra, om Genna te verras met 'n spesiale geskenk vir hul eerste huweliksherdenking.
tot 15 Februarie – ‘n Tentoonstelling van onlangse skilderye deur Nicolaas Maritz by die Maritz Ateljee-gallery, Nemesiastr 5 op Darling. Slegs per afspraak: 022 492 3202, 078 419 7093 of e-pos maritzstudio@telkomsa.net.
Malmesbury Voortrekkers
11 Februarie – Waatlemoenfees en toutrek. Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejonghs@ swartland.org.za) of Heléne Nel (083 455 5299 of helene.nel09@gmail.com).
Swartland Besigheids Netwerk
13 Februarie - Byeenkoms by Jannos. R50 per kop. Van 07:30 tot 09:00 . Tema: Leer vier tegnieke om die 'nee' in verkope te omseil. Kom leer hoe om potensiële kliënte te beïnvloed om by jou te wil koop. Kontak Nora Marais by sbn.malmesbury@gmail.com. RSVP teen Woensdagmiddag.
Darling sewestoernooi
14 Februarie – Darling Rugbyklub bied die toernooi aan. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 25 Januarie. Belangstellende klubs kan Benito van Bo kontak by 078 599 4174 om in te skryf of vir enige navrae.
455 5299 of helene.nel09@gmail.com).
Klere te koop
23 Februarie - 10:00 tot 12:30 by ACVV Dienssentrum, Malmesbury.
Jazz on the Rocks 26 February - Paternoster. 021 591 5208.
Music Picnic under the stars
27 February - Music in the moonlight at Darling Cellars, with Klassik and Meerkat Ensemble. Bring your own picnic basket and blanket. Cheese platters @ R70 and wine will be for sale. Time: 19:00. Entry: R20 pp (includes a glass of Darling Cellars wine).
MKB Swartland Half Marathon & 10km
28 Februarie - Gene Louw Sport Grounds, Moorreesburg Hanlie Rossouw: 081 579 0222.
Malmesbury Voortrekkers
28 Februarie – Ouerbraai en vlotvaartbereiding (Verkenners). Navrae: Sunet de Jongh (082 877 4789 of dejonghs@swartland.org.za) .
Darling Cellars Annual Crush day
Malmesbury Museum Soirée
28 February - Picking, crushing, eating & drinking in the sun! Join them for a fun day: breakfast, picking & crushing your own grapes (with your very own wine & label to come 8-10 months later); label design competition and a traditional west coast lunch. Time 07:45 for 08:00. Booking essential. 022 492 2276 or www.darlingcellars.co.za.
VLV Malmesbury
7 March - Food, music and Riebeek wine. Bring your family and friends and have a great time! Alta Saayman 022 448 1213.
17 Februarie – ‘n Aand van gedigte en musiek. Word geïnspireer deur Lorein Katzke van Radio Tygerberg se waardering vir poësie. Bring jou gunsteling-gedig, dra dit voor of luister as Lorein dit laat lewe kry. Dit begin om 19:00 en kaartjies is R50 pp (sluit wyn en versnaperinge in). Bespreek voor of op 16 Februarie by 022 482 2332 of 082 961 6181. 18 Februarie - Malmesbury Gholfklubhuis om 09:30. Kom geniet ‘n koppie koffie/ tee en luister na ons spreker. Nie-lede is welkom @ R20. Louis Smith van Bio-Link gesels oor die produk en ADD/ADHD.
Ondersteuningsgroep
19 Februarie -Samekoms vir ouers wat kinders deur dood verloor het om 19:00 by NG Moederkerk Malmesbury se saal. Almal welkom. Kontak Magriet du Toit, 022 482 1550.
Malmesbury Voortrekkers
20-22 Februarie – Skuifknoop. Navrae: Heléne Nel (083
Riebeek Cellars Grape Stomp
Trans-Atlantic Endurance Race
13-15 March - Strandfontein 82 870 0259.
Cancer Walk
21 March - Piketberg: Cancer Walk of Life Scheppie Saus, Mountain Hock Danie Smit: 083 233 7772.
Kalenderinskrywings moet voor 18:00 op ‘n Maandag na redaksie@diecourant.co.za ge-epos word vir plasing.
Kerke • Churches AGS Corpus Christi, Malmesbury 15 Februarie - past Piet Smit praat om 09:30 oor die Nuwe Hemel & Nuwe Aarde 3. Aanddiens om 18:30: Waarom Josef nie gesondig het nie. Navrae: 073 447 2902.
PPK Bethesda Malmesbury 15 Februarie - Past Kobus du Plessis preek om 10:00 en 18.30. Sondagskool om 08:30. Biduur by kerk Woensdae om 19:30; Bybelskool oor Openbaring Donderdae om 19:30. Die kerk is weeksdae van 06:00 tot 07:30 oop vir gebed. Navrae: 083 722 7787. PPK Bethesda Porterville 15 Februarie - Diens om 10:00 by tennisklub, Parkstraat. Navrae: 083 722 7787. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag erediens 10:00, kinderbediening Sondae 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17 in Wesbank. Kerkkantoor: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 486 4498.
Shofar Malmesbury 15 Februarie - Hoërskool Swartland Skoolsaal om 09:30. De Waal Esterhuizen - Deel 3 van Die Geloofsbelydenis van Nicea. Vir navrae, kontak hulle by 022 482 4640. Dynamic Love Fellowship Dynamic Love Fellowship hou elke Sondag om 17:30 diens by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Die prediker is Bertie Brits. Die boodskap is genade-georiënteerd. Navrae by 022 487 3233 (Maandae – Donderdae vanaf 08:00 – 14:00).
Malmesbury Methodist Church of SA 2015 – St Thomas St Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service ; 08:30 Sunday School; Bible Studies Wednesdays. Hall to rent. Any inquiries contact Rev John Beck at 022 482 3623. AGS Wesbank Dienstye is Sondae om 09:30 en Woensdae om 19:30. Navrae by kerkkantoor: 022 486 5178 (Elsie Kastoor) of 083 880 7801 (Jo-Ann Januarie).
14
NUUS • NEWS
11 Februarie 2015
Buite-ekspo • 13-15 Februarie NUUS • NEWS 11 Februarie 2015 Dienste Services
AANDAG!! Vir die herstel van DIESELPOMPE, INJECTORS EN TURBO’S . Gratis kwotasies asook uitstekende gehalte diens. Kontak Fanus 022 487 1071/ 071 332 1843.
www.fvwykdiesel.co.za
#2000 -------------------------AIRCONDITIONING COOLING\HEATING. 12000 BTU special. Call 082 574 2985 or 082 290 3810. All areas. -------------------------DUPPIE’S TUINDIENSTE Vir sny van gras en bewerk van beddings. Kontak Duppie vir die beste prys by 083 533 4554. --------------------------
F.N.C: Skoonmaak van matte asook sitkamerstelle @ R170.00 p/kamer. Kontak Neil 060 448 8802. -------------------------KITS-MURE: Oprigters en vervaardigers van “vibacrete”mure. Kontak ons vir gratis kwotasies – 083 321 9357 -------------------------OP-N-GALLOP PERDRYKLUB (Malmesbury) bied plesierritte in groepe aan vir bedrewe ruiters en perdrylesse vir beginners. Kantoorure: 083 700 9494
Gesoek Wanted
AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547/084 794 7528. --------------------------
15 Te Koop For Sale
Een Greatdane tefie – bruin en wit 10 weke oud – inentings gehad – R3500,00. Kontak Petro 083 283 2018 -------------------------VERSKEIE 6 silinder diesel enjins (Perkens en Mercedes Benz) Ideaal vir koppel aan kragopwekkers. Malmesbury. Kontak Pieter 083 234 1509
Voertuie Vehicles
DADELIK KONTANT vir u motor of bakkie. Skakel, sms of whatsapp na 084 844 0000. Nie lopende bakkies & motors welkom. -------------------------VOERTUIE - Ek koop enige gebruikte voertuie vir kontant. Doen ook bankaflosse. Kontak 083 464 6960. --------------------------
ANNA GOLIATH Oorlede : 14/02/2014. Reeds ‘n jaar weg. Ons mis jou nog steeds baie. Van Goliath Familie _______________
Kontak ons gerus om hier te adverteer,
022 487 3221
Munisipaliteit Swartland, met sy hoofkantoor op Malmesbury, bedien die dorpe Malmesbury, Yzerfontein, Moorreesburg, Darling, Koringberg, Abbotsdale, Kalbaskraal, Chatsworth, Riverlands, Riebeek-Wes en Riebeek Kasteel. Die hart van die Swartland bied jou die beste van twee wêrelde. Jy woon en werk in ‘n aangename, landelike omgewing waar jy alle moderne geriewe kan geniet. En as jy soms wil wegbreek, is jy skaars 60 km van Kaapstad af en net ‘n hanetreetjie van die oorde langs die skilderagtige Weskus. Die Munisipaliteit beskik tans oor die onderstaande vakatures vir korrek toegeruste en gekwalifiseerde persone:
Toesighouer: Meterlesers (Malmesbury)
Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste • Verwysing: V1/15 • R142 632 - R185 148 per jaar (T9)
Ambagsman (Messelaar) (Moorreesburg)
Departement van die Direkteur: Siviele Ingenieursdienste • Verwysing: V2/15 • R142 632 - R185 148 per jaar (T9) Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Besigtig die volledige advertensie, posvereistes en die aansoekprosedure by www. swartland.org.za of skakel mnr. D. Carolus by 022 487 9400. Voltooide aansoeke waarop die posverwysingsnommer duidelik aangebring moet word en wat gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies insluit, moet gerig word aan die Menslike Hulpbronafdeling, Privaatsak X52, Malmesbury 7299. Stuur asseblief bewys van afsending na faks: 022 487 9460 of via e-pos na solomonsg@swartland.org.za of dejonghs@swartland.gov.za Geen aansoeke wat per faks of e-pos aangestuur word, sal oorweeg word nie. Laat of onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie. Twyfelagtige kwalifikasies of dokumentasie sal ’n aansoeker onmiddellik diskwalifiseer. Aansoeke sluit om 12:00 op Vrydag, 20 Februarie 2015. Indien ’n aansoeker binne ses weke ná die sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, kan aangeneem word dat die aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word. Die Raad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie. Swartland Munisipaliteit is verbind tot Gelyke Indiensneming en onderskryf die beginsels van Regstellende Aksie. Gestremde persone word derhalwe aangemoedig om aansoek te doen.
Munisipaliteit • Municipality • Umasipala www.ayandambanga.co.za
Memoriam
121877DIECOURANT
courant
tel 022 487 3221
Nuwe kombinasies beproef
Albert Myburgh
11 Februarie 2015
11 Februarie 2015
• Malmesbury rolbal weer gelykop Malmesbury se rolbalspan het die afgelope Saterdag in warm weersomstandighede by tye kookwater spel gelewer, maar moes ongelukkig tevrede wees met ‘n gelykop-uitslag van nege elk teen Vishoek. Vrydag moes die spanne verander word nadat Louis Swart, een van die topspelers, gehospitaliseer is vir ‘n voet-operasie. Nuwe kombinasies moes beproef word, en Pieter Willemse, wat pas herstel het na ‘n skoueroperasie, het inderhaas homself beskikbaar stel. Volgens Roux Vermeulen, die kaptein, het die klub goeie karakter getoon en behoort die nuwe kombinasies voortaan meer ge-olie te wees. Terry Shimmin, Ron Sheridan, Robin Deyzel en Hennie Yzelle het in ‘n taai stryd elke stel net-net hulle neuse voorgehou deur 10-9 en 8-7 te wen. Dit nadat hulle in albei stelle gerieflik voor was met 10-5 en 8-4 onderskeidelik. Hulle verdien dus ses waardevolle punte. Daniël Griebenauw het ingestaan as skipper in Louis Swart se plek, en saam met Peter Hall, Koos Muller en Ivan Dicks veg hulle terug van ‘n 0-4 agterstand om die eerste stel 8-6 te wen. In die tweede stel en buig hulle uiteindelik die knie met 7-10, danksy drie skote op die laaste skof. In die ontknopingsskof trek Daniël met die
NUUS • NEWS
SPORT
dié
16
laaste bal van die wedstryd die skoot om aan hulle ‘n gelykop uitslag van 3-3 elk te verseker. Die span van Roux Vermeulen was erg ontwrig weens die veranderinge, met Altus Myburgh wat moes in staan as derde, en Pieter Willemse wat sy eerste WP Vlag-wedstryd moes speel ná meer as twee maande op die krukkelys. Gert Adams is die tweede. Hulle was ongelukkig om die eerste stel 10-12 te verloor wat deurgaans gelykop verloop het, maar in die tweede stel val hulle 5-9 vas, maar dit weerspieël nie die stryd se felheid nie. Al die spanne sal nou goed gefokus moet wees vir die oorblywende vier wedstryde, waarvan die volgende twee tuis is en die laaste twee weg. Die klub was voor die wedstryd in die tweede plek, 3,5 punte agter die voorlopers, met twee spanne op hulle hakke 3 en 4 punte agter hulle. Verskeie spelers, waaronder van die top-spelers, is weens ander verpligtinge nie vir al die oorblywende wedstryde beskikbaar nie, en gaan groot druk plaas op die beskikbare spelers om die tweede posisie te behou. Eerskomende Saterdag ontvang Malmesbury vir Kampsbaai “B”. Die wedstryd begin om 14:00, en dit is bemoedigend dat daar met elke tuiswedstryd ‘n paar belangstellende toeskouers is.
Sportuitslae
Sports results
Gholf Malmesbury Vrydag Sundowner - 6 Februarie: Enkel Stableford Heinrich Robertson 20; Nic Goosen 19; Sakkie Klasen 19; Christo Gouws 19; Curtis Schacht 18; Lieb Liebenberg 18. Saterdag gholf - 7 Februarie: Enkel Stableford Gerhard Spangenberg 43, H de Waal 43, S Hugo 42, H Olivier 41, Jacob Goosen 39, Du Toit van Zyl 39, Riaan Els 39, André Bloem 39, N vd Merwe 39, Christo Kemp 38, G Potgieter 38. Krieket Hoërskool Swartland 19A wen Laborie met 45 lopies; 15A verloor teen Charlie Hofmeyr. Tennis Malmesbury Gemengde liga: Malmesbury A teen Maties A Malmesbury verloor 2 wedstryde teenoor 6 Braam Isaacs v T Franken 2/6, 4/6; David Isaacs v Z de Kock 5/7, 2/6; Kim Titus v J Davidson 3/6, 2/6; Rese Neethling v D le Roux 5/7, 1/6; Dirk Lategan & Lize-Marie Lategan k C Senekal & G Viljoen 6/2, 6/4; Braam Isaacs & Kim Titus v T Franken & J Davidson 3/6, 3/6; David Isaacs & Rese Neethling k C Senekal & G.Viljoen 7/6, 6/2; Dirk Lategan & Lize-Marie Lategan v Z de Kock & D le Roux 3/6, 2/6. Gemengde liga: Malmesbury B teen vd Stel A Malmesbury verloor 6 wedstryde teenoor 2 Daryl Blom & Alwyn Burger v Marius & Stephan 2/6, 6/7; Irvan Turner & Dmitri Marais v Anton & Paul 3/6, 2/6; Antoinette Snyman & Eudia Vermeulen v Anri & Hanri 3/6, 3/6; Anette de Wet & Andrea Gouws v Cecilia & Mari 0/, 1/6; Daryl Blom & Eudia Vermeulen k Marius & Anri 6/2, 6/2; Alwyn Burger & Antionette Snyman k Stephan & Hanre 6/7, 6/0, 6/0; Dmitri Marais & Anette de Wet v Anton & Mari 2/6, 0/6; Irvan Turner & Andrea Gouws v Paul & Cecilia 1/6, 2/6. Gemengde liga: Malmesbury C teen Kuilsrivier Malmesbury speel gelykop 3 wedstryde elk Sarel Steyn & Jessie Liebenberg v I Karomero & M Oosthuizen 7/5, 3/6, 6/7; Arnold van Jaarsveld & Nicolette Brand k W Snyder & A Kitshoff 7/6, 3/6, 7/6; Johan Moller & Johan Burger v R vd Merwe & D Cronje 1/6, 4/6; Jessie Liebenberg & Nicolette Brand k M Oosthuizen & A Kitshoff 6/3, 6/3; Sarel Steyn & Arnold van Jaarsveld k R vd Merwe & D Cronje 7/5, 6/4; Johan Moller & Johan Burger v I Karomera & W Snyder Prysgegee.
uitslae geborg deur
Hekkies: Die atlete van die
Hoërskool Swartland op Malmesbury het Saterdag op Dal Josafat aan die PMWbyeenkoms deelgeneem. Hier vlieg Liezel van der Merwe oor 'n hekkie. Foto: Ané Fourie
Skryf in vir Swartland-marathon
Dis weer tyd om in te skryf vir die jaarlikse Swartland-marathon wat op Moorreesburg gehou word.
Vanjaar kan langasems weer vir die halfmarathon, die 10km en die pretloop inskryf wat op 28 Februarie op die Gene Louw-sportgronde
wegspring. Voorafinskrywings sluit op 20 Februarie. Kontak Hanlie Rossouw by 022 433 3346 of 081 579 0222 vir meer inligting.